vggsa ierse stamvaders vrystaat 1820 - 1902

18
VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902 Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein IERLAND

Upload: others

Post on 06-Jul-2022

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

VGGSA Ierse

Stamvaders Vrystaat

1820 - 1902

Aangebied deur

Johan J POTTAS

Bloemfontein

IERLAND

Page 2: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Lys van bekende stamvaders – 1820 - 1902

• ALLISON, William James • BAIRD, John • BECK, John Frederick • BOYCE, Thomas Robert • BOYD, James Catherwood • BRADLEY, Benjamin • BURKE, Edmund Hely • BURLEY, Patrick • BUTLER, James Philip • CLARK, Walter Inglis • CLARKE, Alexander • CLEAR, John

Page 3: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Lys van bekende stamvaders - vervolg

• CLEARE, William • CONROY, John Christopher • CRAUSTON, James • CROGHAN, Davis George • DANIEL, Sampson O’Malia • DICKSON, William Abbott • DICKSON, Robert Thomas Bird • DONEGAN, Thomas Tobias • DUNN, William Smith • EDGAR, William Hugh • ELLIS, John Oldham • ENNIS, Peter

Page 4: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Lys van bekende stamvaders - vervolg

• FLOOKS / FLOCKS, John George • GRIFFEN / GRIFFIN, Michael • GRIFFITHS, James • GUNN, William Henry • HAMILTON, John McCOUBREY • HARE, Samuel Robert Irving • HASSETT, John • HIGGINS, Joseph Patrick • IRVINE, John James Irvine • JOHNSTON, Mary • JOHNSTONE, William Alfred • JOYCE, John Fitzgerald • KENSLOO, Andy Peter (Andries KENSLOO)

Page 5: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Lys van bekende stamvaders - vervolg

• LAWLER, John • MONTGOMERY, John • MOONEY, Edward • MURRAY, Mary Jane • O’FLINN, William James • O’FLYNN, Mary Anne • O’NEALE, John Edward (Jack) • O’RYAN, Patrick • RALPH, Richard • RAMSBOTTOM, William • REES-POOLE, Charles

Page 6: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Lys van bekende stamvaders - vervolg

• REID, Lawrence • RICE, Michael • RICHARDSON, William Wicklow • ROBINSON, William • RYAN, Anna • RYAN, Daniel • RYAN, Lawrence Edward • SAUNDERS, Thomas • SCULLEY, Julia • SMITH, Anna • WARD, Charles Edward • WHITE, Alice

Page 7: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Joseph Patrick HIGGINS met dank Ann Higgins

HIEMSTRA • Joseph Patrick HIGGINS * Deerpark,

Newtonforbs, County Longford 12/08/1848 + Konsentrasiekamp, Norvalspont 12/11/1900 seun van Hugh HIGGINS en Eleonor KEAN

• x NGK, Philippolis 06/01/1890 ds C Fraser

• Aletta Danielina * Phillipolis 27/03/1872 + Kestell 15/12/1957 dogter van Daniël ROSSOUW en Fransina VAN DER MERWE, sy xx Bethulie 25/10/1902 Izaak Stefanus DE VILLIERS

Page 8: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Joseph Patrick HIGGINS vervolg

• Daar heers ‘n geweldige hongersnood in Ierland van 1841 tot 1870 in die tyd wat Joseph gebore is

• Sy ouers en broer sterf c 1859 juis weens die hongersnood

• Jospeh beland in die Workhouse op Newtownforbes na die afsterwe van sy familie

• Teen 1860 is hy aanboord een van die “Coffins Ships” vanuit Ierland en beland in Suid-Afrika

• Teen 1890 is hy ‘n boer van Paljasfontein, Philippolis

Page 9: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

Joseph Patrick HIGGINS vervolg

• Wat het gebeur tussen 1860 en 1890?

• Was hy moontlik getroud voor sy eerste bekende huwelik?

Page 10: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY met dank Anne MARTIN

John MONTGOMERY en

Susanna Jacoba VAN ZYL

Page 11: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• John MONTGOMERY * Dublin, Ierland 12/08/1803 + Brandfort 19/06/1878, begrawe in Brandfort, seun van John MONTGOMERY en Mary PARK

• X NGK, Cradock 22/12/1822 ds John Evans

• Susanna Jacoba VAN ZYL * Zwartland 04/04/1805 = NGK, Zwartland (Malmesbury) + Bloemfontein 19/02/1868, begrawe in President Swart begraafplaas, dogter van Johannes Benjamin VAN ZYL en Sara Maria VAN SCHALKWYK

Page 12: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• Word vermeld as ‘n 1820 SETLAAR, hoewel hy nie deel was van die amptelike Setlaars groepe nie

• John besluit op 3 Januarie 1820 op die ingewing van die oomblik om aan te sluit by die geselskap van kaptein Thomas Butler van Baltinglass wat op pad was van Wicklow na Cork

• Vertrek aanboord die Fanny op 12 Februarie 1820 vanaf Cork, gaan aanboord as die 13 jarige seun van Thomas FOWLER, kos rantsoen laat hom vinnig sy dienste aanbied as seeman om sy pasaat te betaal.

Page 13: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• John ontvang geen hulp by sy aankoms in SA nie en moet self ‘n bestaan maak. Hy gaan saam met die groep na Clanwilliam

• Keer terug na Kaapstad en vertrek na Algoa Baai (Port Elizabeth)

• Sluit aan by die Septhon groep te Salem en werk vir Richard Gush vir ongeveer 1 jaar

• Hy trek na Cradock en teen die tyd het hy ervaring opgedoen as ystersmid, skoenmaker en juwelier

• Hier ontmoet hy sy vrou en hul huwelik duur 46 jaar tot haar dood

Page 14: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• In die opgaafrolle van 1823 word John gelys as eienaar van ‘n onbekende plaas in Cradock

• Teen 1824 begin hy met sy lewenslange beroep as smous.

• Sy vrou vergesel hom tesame met hul oudste kind op sy eerste reis en trek tot net Noord van die Oranjerivier

• Sy tweede reis neem hom so ver Noord as die Hartsrivier en Vaalrivier

• Hy hou egter op die stadium sy basis in Cradock en bedryf hier ook sy besigheid, hoewel hy gereeld deur die omgewing reis en smous.

Page 15: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• Teen 1835 met die afsterwe van sy skoonpa,koop hy met sy en sy vrou se deel van die boedel die plase Doorn Hoek en Zuurfontein in Cradock, ongeveer halfpad tussen Cradock en Burgersdorp.

• Hy koop ook Spreekloof die plaas waarop Molteno uiteindelik aangelê is.

• Hy verskuif sy besigheid c 1839 na Colesberg nadat hy in 1836 en 1837 ook betrokke was as smous by die Groot Trek.

• Dit lyk ook asof John grootliks verantwoordelik was vir die bekendstelling van merino skape aan die binneland agv sy trektogte as smous.

Page 16: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• John is ook een van die stigters van Burgersdorp en het hy dan ook in die 1850’s heelwat berigte geskrif vir The Friend in Bloemfontein met die outeur vermeld as: “by John Montgomery, founder of Burghersdorp, Cape Colony”.

• Teen 1854 het John heelwat grond besit in die omgewing van Smithfield.

• Teen 1858 trek sy seuns uit die Kaap Kolonie na die Vrystaat nadat hy en sy seuns bankrot verklaar is en al hul eiendomme verloor het. Hy vestig op Tienfontein, Wepener.

Page 17: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• Teen 1865 besit john nie net Tienfontein nie, maar ook 4 ander pase in die distrikte van Kroonstad en Winburg, asook ‘n erf in Brandfort.

• Na die Basoeto Oorlog van 1865 is Tienfontein algeheel verwoes en koop John 3 erwe in Bloemfontein en keer hy in 1868 terug van ‘n handelstog om te verneem dat sy vrou tydens die tog oorlede is.

• Hy is een van slegs ‘n paar 1820 setlaars wat die 50 jarige viering in Grahamstad bygewoon het en plant hy boom nr 27 namens homself en boom nr 46 namens die Vrystaat op die Markplein.

Page 18: VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820 - 1902

John MONTGOMERY vervolg

• Teen 1870 het John weereens feitlik alles verloor en woon hy die laaste 8 jaar van sy lewe by seun Thomas in Brandfort.

• Tydens die tydperk onderneem hy nog steeds handelstogte en bou weereens ‘n boedel op.