vrystaat news 20140123
DESCRIPTION
Vrystaat News 20140123TRANSCRIPT
-
Tel (058) 303 5411 DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 WWW.VRYSTAAT.CO.ZA R3,80
9 771026 872001
00414
Weer hier
Oom
Suurtjie is
terug
bl. 5
Vieringe
Retiefboek-
winkel is
75 jaar
bl. 3
Sport
Karate-klas
nou op Bhm
aangebied
bl. 24
Susan Mar
DIE suiwelprojek op Vrede melk
nie beeste nie, maar belastigbeta-
lers, s Roy Jankielsohn, DA:
LPW. Tot nou het die omstrede
projek R342 miljoen uit belasting-
betalers gemelk.
Die Vrede-projek is geruime tyd
in omstredenheid gehul met
geheimsinnige ooreenkomste
tussen n Indiese maatskappy
genaamd Estina en die provinsia-
le regering. Volgens die ooreen-
koms kry Estina en sy Suid-Afri-
kaanse vennoot, Paras, altesaam
n 49%-aandeel met n R228
miljoen-belegging in die R570
miljoen-projek. Voorts kry 100
plaaslike begunstigdes gesament-
lik 51% van die aandele deur n
regeringsbelegging van R342
miljoen.
Dit impliseer Estina/Paras sal
n 49%-deel met aandele van net
40% van die projek verkry.
Die regering sal dus R114
miljoen meer in die projek bel as
sy vennote in die private sektor
sonder dat die bevoordeeldes n
deel van die aandele kry.
Verdere omstredenheid rondom
die projek sluit die Gupta-familie
se betrokkenheid in, geheime
ooreenkomste en die onwettige
landing van n vliegtuig op die
Waterkloof-lughawe.
Na bewering was die Indiese
minister van landbou op die
omstrede vlug met die Vrystaat as
beplande bestemming en die
provinsiale regering as sy
gasheer. Jankielsohn s die DA
het op versoek van die openbare
beskermer die aangeleentheid
ondersoek. Van die buitensporige
uitgawes van R342 miljoen wat
aan ho inflasie-uitgawes onder-
worpe is, is onder meer n
veiligheidshek en -huis vir R2,6
miljoen, 351 holstein-koeie vir
meer as R6,2 miljoen, n gruispad
van 2 km vir R1,2 miljoen, die
oprigting van n kuilvoerput vir
R5 miljoen, administratiewe
uitgawes van R12 miljoen, n
melkverwerkingsaanleg van
meer as R30 miljoen.
Die Vrystaatse regering het
volgens die DA-ondersoek
R2 838,00 meer vir 351 melkkoeie
betaal as wat nodig is.
Ernstige vrae bestaan ook oor
feitlik alle aankope en betalings
rakende die projek.
Die projek wat in Julie 2012
begin het, sal na verwagting in
Julie 2015 voltooi wees. Die
maatskappy Estina, n groot
belanghebbende by die projek,
moet R228 miljoen daartoe
bydra.
Volgens Jankielsohn word dit
nie uitgestippel wanneer Estina
die geld gaan betaal nie.
Hy het sy kommer uitgespreek,
omdat Estina n aandeel van 49%
in die projek kry, terwyl hy net
40% van die geprojekteerde koste
bygedra het. Die oorblywende 51%
sal glo aan begunstigdes behoort.
Die DA sal die projek verder
dophou en kontroleer met opvolg-
vrae aan die Vrystaatse wetgewer
en die provinsie se portefeulje-ko-
mitee vir landbou, s Jankiel-
sohn.
) Vrystaat het navrae oor die
projek aan die portfolio-komitee
van landbou in die Vrystaat,
asook aan die Vrystaatse wetge-
wer, gerig.
Wie word gemelk?
DIE Vredesuiwelprojek van die Vrystaatse provinsiale regering maak opslae weens uitspattige uitgawes wat aangegaan is om onder meer melk
koeie te koop. Foto: Ter illustrasie
-
2 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
VERSE: Judges 15:14
The Spirit of the Lord came
powerfully upon Samson, and
he snapped the ropes on his
arms as if they were burnt
strands of flax, and they fell
from his wrists.
) Let the Spirit of the Lord
come upon you in 2014.
)When we are empowered
by His Spirit we can overco-
me challenges.
) Do not try to do it on your
own, but let Him strengthen
you.
) It is by the Spirit of the
Lord that we can truly live
effective lives.
Prayer: Lord Jesus, I receive
the life and strength of Your
Holy Spirit in my life right
now.
Fill me and cause me to be
effective in all I do. Amen.
LEESKRING se eerste byeen-
koms: Die Bethlehem-leeskring se
eerste byeenkoms is op 3 Februa-
rie om 14:00 in die plaaslike
biblioteeksaal. Die gasspreker is
Igno van Niekerk, rubriekskrywer
van Vrystaat, en die tema is
Stories: hoe hulle ons raak en ons
vorm, aan die hand van Dorian
Haarhoff se boek The Halo and the
Noose.
Vetkoeke met maalvleis te koop:
Mre vind verkope ten bate van
die Hervormde kerk op Bethlehem
plaas. Bestellings: Dries van
Rensburg by 082-574-7724.
Besoek Vrystaat se webwerf
daagliks vir kraakvars nuus:
www.vrystaat.co.za.
DIE Rudmantweeling van Ficksburg, Guliana en Gail.
Twee familie se trots
DIE Rudman-tweeling van
Ficksburg is op 19 Desember
gebore, maar was veronderstel om
eers op 6 Januarie gebore te word.
Di tweetjies was een week in
die hosorg-eenheid in die
Mediclinic Bloemfontein en is op
26 Desember ontslaan.
Gail was met geboorte 48 cm en
Guliana 49 cm. Hulle is een
minuut uit mekaar gebore.
Guliana, wat om 12:20 gebore is, is
die oudste van die twee sussies.
Die meisietjies se ouers, Quintin
en Nicole, is albei oud-Ficksbur-
gers en baie bekend op di dorp.
Redene Labuschagne, verkoops-
konsultant van Vrystaat, is die
tweeling se trotse tannie.
Labuschagne vertel dat hul
oupagrootjie Wesson, ook van
Ficksburg, een van n tweeling
was, asook hul groot-oumagrootjie
Du Toit. Blykbaar was oupagroot-
jie Rudman, wat die kleinkinders
nooit geken het nie, ook een van
n tweeling.
Ons familie is regtig gesend
met hierdie tweetjies. Hulle is te
pragtig, s Labuschagne.
No pressu-
re, no dia-
monds.
Mary Case
Stop fighting over land and address issues
Garth Brook
SO do you own all the
land?
I guess the first
question is: Does South
Africa belong to the
people that may or may
not have been here in
the first place? There is
very little written
history to guide us on this questi-
on.
Some claim, without any
penned evidence, centuries
ago they owned all the land
and that they were driven
off by the might of a
colonial regime.
Others suggest the
history books have spoken.
In the meantime,
however, billions of rands
are spent on this rather
futile exercise.
The next question. Does the land
not belong to those that have done
something for it? Those that mined
it, created produce-delivering farms
for the masses and developed the
infrastructure so necessary in the
development of a growing populati-
on.
Who built the economy and
strengthened a currency with
which to trade? Who steered the
local and international policies
giving the country power and
commitment?
The British wrote or rewrote
portions of our early history, in
particular the gold, diamond
mining and Anglo Boer War period.
Then the Boers came along to turn
matters to their advantage. And
lets face facts who wouldnt.
Today, it is the ANCs turn, or is
it?
The EFF should stop fighting for
freedom. Its all over, chaps, if you
havent noticed already. Now you
need to start managing the resour-
ces you have taken or it will just
disappear into a new history book,
like the return of apartheid or
something like that.
I see Cyril, bless his soul, is
going in that direction.
Havent we learnt enough to
realise that we do not have the
resources to absorb failed govern-
mental experiments?
Time is running out, the people
need food and permanent jobs not
political rallies serving Fancy Fried
chicken to loud music.
Vir nog meer
nuus en
fotos besoek
www.vrystaat.co.za.
NUWEJAARSVOORNEMENS
behels dikwels die prysgee van
iets. Hierdie jaar vra die Suid-
Afrikaanse Nasionale Bloeddiens
(SANBD) nie dat jy iets prysgee
nie, maar eerder dat jy iets gee
bloed. Bloedskenkings red lewens.
Dit is n maklike voorneme om
te maak en by te hou.
Elke skenking neem ongeveer n
uur en kan tot drie mense se lewe
help red. Die skenkingsproses is
eenvoudig: jy sal n vraelys voltooi
rakende jou gesondheid en
leefstyl. Jou bloeddruk en n
druppel van jou bloed word dan
geneem om seker te maak jy is
nie anemies nie en dat dit veilig
is om te skenk.
n Gekwalifiseerde suster sal n
kort onderhoud met jou voer en
as als in orde is, word jou
bloedskenking geneem. Alle naalde
en toerusting word slegs een maal
gebruik en dan vernietig. N jou
skenking geniet jy koekies en
koeldrank.
Besoek gerus die Bethlehem-tak
van die SANBD in die Metropoli-
tansentrum op Bethlehem en
skenk bloed.
Kontak SANBS Bemarkingskon-
sultant Irene van Schalkwyk by
051-447-4122 of 082-379-9315. n
E-pos kan ook gestuur word na
Dismaklik
om bloed
te skenk
Quotation
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 3
Susan Mar
n BOEKWINKEL wat 75 jaar
gelede op 9 Januarie 1939 deur wyle
Ruth Ramage op Kestell begin is, is
vandag een van die oudste onderne-
mings op di dorp.
Die boekwinkel se naam is op 7
November 1939 na die Retief-boek-
winkel genoem na die Horskool
Retief verander. Tannie Ruth,
soos wat sy bekend was, het van
toe af vir dekades skoolboeke aan
die skool se leerlinge verskaf.
Vanaf dag een is Volksblad, die
oudste Afrikaanse dagblad in
Suid-Afrika en gewilde dagblad in
die Vrystaat, in die Retief-boekwin-
kel verkoop. Die koerant het tot in
1975 n skrale 10 sent per uitgawe
gekos en was netjies in bruinpapier
toegedraai.
Dit is die vorige aand om 18:00
uit Bloemfontein met die trein na
Afrikaskop gestuur vanwaar dit die
volgende dag omstreeks 12:00 saam
met ander posstukke per poskoets
na die plaaslike poskantoor op
Kestell geneem is.
Johann, seun van Ruth, vertel
dat sy ma die koerante by die
poskantoor gaan haal het. Al was
die nuus reeds n dag oud, was dit
vir Kestelliete kraakvars nuus.
Later jare is n busdiens van
Afrikaskop na Kestell ingestel en
kon die bus die dorp reeds die
volgende dag teen 11:00 met al die
koerante bereik. Die bestuurder het
altyd die toeter geblaas as die bus
verby die Retiefboek-winkel na die
poskantoor ry dan het tannie
Ruth geweet die koerante het op
die dorp aangekom.
Op 7 Maart 1991 het Volksblad sy
diens verbeter en is die dagblad vir
Kestell-inwoners per paneelwa na
die dorp geneem. Die paneelwa het
op die dag van uitgawe eers n
17:00 op Kestell aangekom.
Tannie Ruth, wat intussen tannie
Rita geword het, het toe besluit sy
en Johann en hul hondjie, Klein-
tjie, sou inwoners se Volksblaaie
per motor by hul huise gaan
aflewer.
Die intekenaars was in hul
noppies om vir die eerste keer die
koerant op dieselfde dag van
uitgawe te kon kry. Hulle het
tannie Rita toe tannie Volksblad
begin noem.
N 75 jaar is Volksblad steeds by
die Retief-boekwinkel te koop.
Tannie Volksblad is in 2007
oorlede en nie lank daarna nie het
hul geliefde hond, die 17 jaar oue
Kleintjie, ook die lewe verlaat.
Johann is nou die eienaar van
die winkel en sit die tradisie van
koerantverkope en -aflewering
voort. Hy en sy nuwe hond, wat
Volksblad heet, staan om 04:00 op
om Volksblad in te wag. Die
vierpotige Volksblad maak sy pa
gewoonlik voor 04:00 al wakker om
te s dit is opstaantyd vir die
koerant.
Nog n gewilde koerant en
weekblad in die Oos-Vrystaat,
Vrystaat, word sedert 7 Mei 1975
ook deur die Retief-boekwinkel
verkoop en op die dorp afgelewer.
Johann is onlangs deur Johanna
van Eeden, die redakteur van
Volksblad, genooi om die Retief-
boekwinkel se 75-jarige verbintenis
met Volksblad te vier.
Intussen gaan di boekwinkel,
wat ook n inligtingsentrum en
museum vir besoekers van heinde
en ver is, van krag tot krag.
Dit lyk asof Volksblad en
Vrystaat nog lank n ereplek in di
winkel gaan h.
Boekwinkel vier 75 jaar
LORNA BROWNELL from Bethle-
hem celebrated her 99th birthday
on 11 January. Family members
travelled to Bethlehem from as far
as London to celebrate this day
with her.
Born Lorna Miskin in Bethlehem
in 1915, she is the oldest of Arthur
and Grace Miskins three children.
She and her brothers, John and
Gordon, were raised on the farm
Krompan.
The celebration of Lornas 99th
birthday coincides with the 150th
anniversary of the Miskin-familys
arrival in Bethlehem. Her grandpa-
rents, John and Eliza Miskin,
disembarked in Cape Town from
Kent in England in December 1848
and worked their way up the East
Coast and into the Free State.
They settled down in the settle-
ment of Bethlehem in 1864,
becoming one of the first English-
speaking families to settle in the
Eastern Free State. The family
home was the sixth or seventh
house constructed in the new
village. In 1939 Lorna married an
Irishman, Fred Brownell. Together
they farmed on Krompan. In 1952
they purchased the farm Vaalplaat
in the Bethlehem district. The
couple had five children and
retired to their home in Jordania
in 1973. Lorna has now been a
widow for 32 years. She is still able
to walk unassisted and retains a
sense of humour. The celebrations
were held in the hall at the St
Augustines Church. The party was
preceded by a short service in the
church which Lornas grandfather
had helped to establish. The service
was conducted by Rev. Willem
Taal. No members of Lornas
family still live in Bethlehem. They
are scattered all over South Africa,
England, the United Arab Emirates
and Australia. The party was
attended by three of her children,
six grandchildren, five great-grand-
children, as well as other members
of her family and a few friends.
JOHANN RAMAGE, die eienaar van die Retiefboekwinkel op Kestell,
en Johanna van Eeden, die redakteur van Volksblad.
Milestone celebrated
AUNTIE LORNA BROWNELL (99) of Bethlehem (front, left) celebrated
her birthday at the St Augustines Anglican Church. With her are three
of her five children who were able to attend her birthday celebration.
With her in the front row is Fred; back: John and Colleen.
-
4 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
Toekoms in
hande van
onderwysers
HOE sekere Oos-Vrystaatse skole dit
regkry om jaar n jaar uitmuntend in
die matriekeksamens te presteer is
prysenswaardig. Talle ander skole wat
onderpresteer en selfs skande maak,
kan gerus by die presterende skole
gaan kers opsteek.
Die Oos-Vrystaat is vanjaar die
Vrystaat se nommereen-matriekpres-
teerder. Drie skole die Horskole
Voortrekker (vierde beste), Witteberg
(sesde beste) en Ficksburg (agtste
beste) is onder die tien toppresteren-
de skole. n Leerling van die Horskool
Reitz het die meeste vakonderskei-
dings in die provinsie behaal en die
skool sy soveelste jaar van n
100%-slaagsyfer.
Wat doen die skole anders om so in
die kollig te bly?
Onderwys is nie maklik nie. Onder-
wysers moet meer as ooit tevore op
hul tande byt om kinders in klaska-
mers te hanteer. Die dekadente tydgees
woed fel en lewer l meer ongeskikte,
ongergde, raak-my-nie-aan- en arro-
gante kinders op. Baie van die kinders
kom uit ouerhuise waar kinders doen
net wat hulle wil met ouers wat
veronderstel is om die gesagdraers en
leiers van die gesin as die onderge-
skiktes. Kinders wat hul eie ouers
regeer, toon getrou aan die probleem
geen respek aan enige volwassene nie,
veral nie onderwysers nie.
Horskole in die algemeen in
Suid-Afrika erf dikwels kinders van
laerskole wat nie behoorlik kan lees of
spel nie en wat aan syfervaardighede
te kort skiet. Wat is in die onderwys-
stelsel verkeerd dat so n kultuur
ontstaan het?
Vrystaat publiseer vandeesweek met
trots nuus van die Horskole Witte-
berg, Voortrekker, Ficksburg en Reitz.
Elke leser kan hom of haar vergewis
van die uitmuntende werk wat by die
skole gedoen word.
Onderwysers hou die toekoms van
Suid-Afrika in hul hande en al is die
mens wat hulle probeer vashou
dikwels meer storm as plesier is daar
geen mensegeleentheid soos juis di
nie.
Mag elke skoolhoof en onderwyser
vanjaar buitengewoon gesend wees.
Om deel van kinders se opvoeding en
lewensvorming te wees is n koning se
beroep. Die konings van die Oos-Vry-
staat weet dit. Dit is die rede waarom
sekere skole nie net maar nog n skool
is nie, maar paleise wat konings,
prinse en prinsesse huisves.
Om te gee is goud werd
SONDAGMIDDAG en fabels van Oscar
Wilde. n Vreemde leeskeuse vir n Sondag-
middag? Dit is in die tweegesprek tussen n
standbeeld The happy prince en n
individualistiese swaeltjie waarin ek my
verloor terwyl die son buite snikheet
neerbak. Van Wilde se nege fabels is The
happy prince waarskynlik die gewildste.
Hierdie Ierse skrywer, digter en dramaturg
het die fabels spesiaal vir sy kinders geskryf,
maar dit is ongetwyfeld ook goeie leesstof vir
grootmense. Hy het dit immers eers vir sy
Cambridge-studente voorgelees voordat hy
dit vir sy kinders gelees het.
rens in n vreemde stad was daar eendag,
lank gelede n prins wat in die verblinding
van rykdom en voorspoed geleef het en nooit
die nood en behoefte van die mense om hom
raakgesien het nie. Eers n sy dood toe hy in
die middel van die stad met n standbeeld
vereer is, het sy blinde oog vir die werklike
lewe oopgegaan. Hy het hoog uitgetroon
versier met robyne, juwele en blare van egte
goud. Toe, op n dag, kom n reisende
swaeltjie daar aan en wip moeg op die
standbeeld om te rus. Die swaeltjie was n
alleenloper wat aanvanklik nie saam met sy
maats na Egipte teruggevlieg het nie. Hy het
op n beeldskone rietvink verlief geraak en
agtergebly om liefde n kans te gee. Die
rietvink het sy hofmakery afgewys en ses
weke later het hy die terugtog na Egipte
alleen aangepak.
Die rietvink was n koket met n smal
middeltjie en dwalende oog te mooi. Die
swaeltjie se vriende het hom gewaarsku dat
sy in te veel verhoudings betrokke is en nie
n goeie lewensmaat vir hom sal wees nie.
Die liefde is egter blind, maar dit het hy
later eers besef. En op n dag bevind die
reisende swaeltjie hom in n vreemde stad
tussen die voete van n standbeeld. Terwyl
hy rus, val daar n druppel water op hom.
Hy was verbaas. Met geen ren in die lug
nie, waar kom die water vandaan? N die
derde druppel kyk hy op en sien die stand-
beeld se o vol trane; dit rol oor sy goue
wange en drup af, op hom. n Vreemde
gesprek begin tussen die hartseer prins en
die swaeltjie. Die prins vertel hom van sy
lewe op aarde. Hy versoek die swaeltjie om
n robyn in sy gordel uit te pik en na n
sekere adres te neem. Daar ver in n nou
straatjie is n huisie. Een van die vensters is
oop en ek sien n vrou by n tafel sit. Haar
gesig is bleek en sy lyk siek en maer. Haar
hande is grof gewerk en rooi geprik deur
naalde, want sy is n naaldwerker. Op n bed
in die hoek van die kamer l haar seuntjie.
Hy is siek, het koors en smeek vir lemoene.
Hulle het niks in die huis nie behalwe
rivierwater. Swaeltjie, swaeltjie, kleine
swaeltjie, sal jy die robyn uit my swaardgor-
del pik en vir haar neem? Ek kan dit nie self
doen nie . . . s die swaeltjie. So word die
twee oor n tydperk vreemd en verrassend by
die opheffing van arm en ellendige mense om
hulle betrokke. Die prins oortuig die swael-
tjie telkens om n robyn of goue blaar of
juweel na behoewende mense se huise te
neem. Eindelik is daar niks waardevol van
die kaalgestroopte standbeeld oor nie en
gaan die twee saam dood en beland op die
ashoop. Die prins as n gestroopte beeld.
Hierdie fabel van Wilde is reeds in 1888
gepubliseer. Die boodskap daarvan, op n
Sondagmiddag in 2014, is steeds toepaslik vir
die tyd waarin ons leef. Hier bo in Ararat-
straat op Bethlehem wonder ek: Is hier dalk
iemand op Bethlehem wat net kraanwater in
die huis het, met n le broodblik? Niks
anders in die huis nie? Kan ek dalk een van
my stoepswaeltjies stuur om so n adres te
gaan vind met n R100-noot in sy bek? n
Resensent skryf oor hierdie verhaal: Waar-
lik, liefde is wonderlik. Dit is waardevoller
as smarag en dierbaarder as die mooiste
opaal. Prels en granaatappels kan dit nie
koop nie. Dit is nie van handelaars te koop
nie, maar dit kan uitgeweeg word vir die
balans van goud . . . Goue oomblikke is om
te gee van jouself en van jou oorvloed.
Dankie vir steun
van koerant
WILLIE HATTINGH, president:
Bethlehem-Rotarirs:
BAIE dankie aan Vrystaat vir
sy bereidwilligheid om die
Rotarirs se Kersliggies-projek
met aankondiging en berigte te
bevorder.
Ongelukkig is die projek baie
swak deur die publiek ondersteun.
Ons kon nie anders as om dit te
kanselleer nie.
Nogmaals dankie vir jul goeie
gesindheid.
Ons vertrou ons sal in die
toekoms weer op Vrystaat kan
staatmaak vir ondersteuning.
) Vir seker kan julle op
Vrystaat staatmaak. Vrystaat
is n koerant met n hart
vir gemeenskapsake en waar-
deer die goeie werk wat
die Bethlehem-Rotarirs doen.
Red.
Abiding citizen
concerned
PAT RAUBENHEIMER, Clarens:
I REFER to Roy Jankielsohns let-
ter First Impressions (Vrystaat ,
19 December 2013) regarding the
proposed Truck Stop on the N3.
Firstly the N3 does not come
through Dihlabeng, so I assume it is
theN5 that is referred to passing the
Sol Plaatje Dam. Originally the
trucks used the ground adjacent to
the Engen garage where there are
ablutions and food available and
more importantly, safe overnight
parking ideal for those wishing to
lay over for a rest period as is requi-
red by law for truckers.
All that needed doing was for the
surface of the ground to be levelled
and gravelled so that trucks did not
bog down there.
This area was closed off forcing
the trucks to park on the open land
adjacent to the N5 in Panorama and
down the streets inBethlehem itself.
This area has now been closed off to
truckers as well.
Why? Surely it would have been
better to upgrade the land adjacent
to the Engen garage where the
trucks parked originally and facili-
ties were available and it was a safe
area for the truckers to lay over for
a rest.
Dihlabeng is forcing the truckers
to park their rigs in any open space
they can find, sometimes in places
where they couldwell be vulnerable
to attack and hijacking.
Perhaps the powers that be inDih-
labeng could reconsider their deci-
sion and reopen the land next to the
Engen garage and make this a safe
area for the truckerswhomust sure-
ly bringmuchneeded revenue to the
town.
I am neither a truck driver nor a
haulage contractor, merely concer-
ned about keeping the roads safe in
our country.
Kersdiens deur
mense oorstroom
HERMAN COETZEE, Reitz:
DIE kerkklok van die NG
Moederkerk op Reitz het op
Kersdag nie presies om 08:00 vir
die Kersdiens begin lui nie, want
die gemeentelede het nog die kerk
binnegestroom. Ek het lank laas so
baie mense n diens sien bywoon.
Om 08:05 het die klok gelui. Die
kerk was goed vol. Toe word n
fanfare op n trompet gespeel n
fanfare wat my aan my diensplig-
dae laat terugdink het. As die
bevelvoerder die troepe op die
paradeterrein bymekaar wou kry
om n belangrike aankondiging te
doen is dieselfde fanfare geblaas.
Die dominee het die gemeente
gesengroet en Stille Nag is
gespeel. Japie Pienaar en sy maat
(ek ken hom nie) het n tweestem-
mige musiekstuk met variasie
gespeel. Ek en n hele paar ander
kry toe so n watertjie in die oog
wat ons moes wegvee.
Die dominee doen toe die
aankondiging: Christus is gebore.
Die eeue oue verhaal word
vertel. Die verhaal wat 2 000 jaar
gelede sy ontstaan op Betlehem
gehad het, word splinternuut. Dit
word elke jaar wanneer dit vertel
word n goue verhaal.
Di Kersdag was vir my en baie
ander mense wat die diens byge-
woon het baie spesiaal gemaak
deur ds. Marius, Japie en sy
vriend, asook die orrelis. Ek weet
die gemeenskap waardeer jul
opoffering en die baie tyd wat julle
moes bestee om die sang so
spesiaal te kon maak.
Ek kan julle verseker diegene
wat die diens bygewoon het, gaan
dit nog baie lank onthou. Baie
groete en voorspoed vir 2014.
Tot siens en
baie dankie
BERTUS EN TIENTIE MEIN-
TJES, Posbus 1512, Kokanje,
0515 (vroer van Reitz), selfoon:
072-448-2052:
N meer as 40 jaar het die tyd
aangebreek dat ons tot siens moet
s.
Ons verhuis binnekort van die
plaas Japan in die distrik Reitz na
die Kokanje-aftreeoord net buite
Modimolle (Nylstroom).
Ons laat baie vriende en
kennisse agter. Vir julle almal s
ons baie dankie vir elkeen se
liefde en kameraadskap oor al die
jare heen.
Ons gaan julle beslis mis. Mag
dit met elkeen van julle goed
gaan.
Jammer dat ons nie persoonlik
kon gaan groet nie.
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 5
WYS my jou tootoo . . .
Iemand skryf op
Facebook: Klip in my
skoen! Wat verstaan ek
verkeerd? Sien toene-
mend celebs en ander
mense wat Jesus
Christus as hul Here bely, getatoeer?
Lev. 19:28: Julle mag ook nie julle
liggame sny of prente op julle vel teken
nie. Ek is die Here. (Bybel vir al-
mal) . . .
In n meningspeiling op Vrystaat se
Facebook-blad (http://facebook.com/
Vrystaat) oor tatoeermerke skroom
Vrystaat se lesers nie om reguit te s
wat hulle daarvan dink nie.
Corrie Leimecke Whitlock: Dis vieslik
verby.
Hannes Pelser: Wanneer ek die
Bybelgedeelte lees, is dit duidelik dat daar
teen heidense afgode gewaarsku word.
Verskillende gebruike waaronder inge-
prikte tekeninge in die vel, word genoem.
Dit is afkomstig van heidense praktyke en
is dus verkeerd om te gebruik, veral as jy
n weergebore kind van God is.
Drikus Wessels: Acts 13:39: Through
Him everyone who believes is justified from
everything you could not be justified from
by the law of Moses.
Danie Marais: Dit is on-Bybels en ek
verpes dit.
Phillip Heymans: Jy mag ter wille van
n dooie nie snye of ingeprikte tekeninge
op jou vel maak nie.
Vallerie Windt: Ek verstaan nie
hoekom mense altyd net daardie vers
aanhaal nie. Sien: Are Tattoos Sinful?
Jefferson Bethke op YouTube https://
www.youtube.com/watch?v=rN3vo-
ADV14Y.
Magdel Greyling: Dit is net verkeerd
en dit lyk aaklig.
Natasha Smit Ayres: n Persoon kon
tatoeermerke op sy liggaam gemaak het
en daarna tot bekering gekom het. Sal die
Vader hom dan wegwys? Ek twyfel . . .
Verne Burger: Al die mans moet dan ook
ophou om hul baarde te skeer en hul hare te
trim, want dit staan ook daar. En julle Bybel
s ook n mens mag nie ander veroordeel nie.
The difference between people with tattoos and
people without tattoos is we dont judge people
without tattoos.
Maritha Swanepoel: Volgens 1 Kor. 6 is
ons liggame tempels van God. Hoekom moet
een sogenaamde sonde teen jou liggaam
uitgesonder word bo ander? So dis aanvaar-
baar om jou liggaam vol gemorskos te prop,
te rook, drink of ander liggaamlike sondes
te pleeg, want darem het jy nie n onvergeef-
like tatoeermerk op jou nie. Mense en hul
dubbelstandaarde, tsk, tsk . . .
Dawie Olivier: Kyk, ek het ook tattoos. Ek
het dit laat opsit, want as n mens jonk is,
wil jy in voel by mense wat dit ook het. Ek
het ook gerook en gedrink. Ek het als gelos
toe ek die vrou in my lewe ontmoet. Al
wat ek nie kan afkry nie, is die tattoos.
Maar ek veroordeel niemand nie en wil
ook nie geoordeel word nie, want nie-
mand het daai reg nie.
Etienne Wepener: So, as my vrou my
nie gehoorsaam nie, moet ek haar stenig?
En ek mag nie varkvleis eet nie? O ja, ek
moet ook my broer se vrou as myne vat
as hy doodgaan. Sien, haal die Bybel uit
konteks aan en dinge lyk snaaks. Tweede
vraag: Is ons tempels (kerke) kaal, geen
verf, ensovoorts? Of is ons kerke in sonde
omdat dit mooi vensters, verf, ens. het?
Eloise Botha: Die Bybel is al s
aangepas volgens wat die mens graag wil
hoor en lees. Maria was God se hoofdissi-
pel en nrens in die Bybel lees jy dit nie,
want, o wee . . . Dit beteken vroue het dalk
n groter rol in die kerk waar hulle
uitgestoot is as mans. Hou op worry oor
ander en hul gewoontes en worry liewer
oor jou eie siel, want glo my, daar gaan
nie gekyk word wat op jou lyf aangaan
nie, maar wel na wat in jou hart is.
Hetty Steyn: Is die Bybel reg of
verkeerd? Lees wat daar staan en wees
gehoorsaam.
Eloise Botha: Hetty, dan kan jou man
jou ook stenig as jy hom minag.
Sonja Swanepoel: Goeiste, maar ons
ou volkie hou daarvan om te oordeel.
Elke mens aanvaar tog verantwoordelik-
heid vir sy eie lewe, doen en late. Ek kan
aan baie erger sondes dink as tatoeer-
merke.
Gerhard Wchter: Ek het n tattoo.
Gaan ek hemel toe? Ek is n Christen en
het n tattoo. Maak dit my nie n kind van
God nie? O, en ek gaan tien teen een nog
kry.
Kobus Kolver: Mense hou daarvan om
te oordeel. Dis mos ons ou volkie se
gunsteling-tydverdryf. Ek neem aan dat
diegene wie so oordeel en klippe gooi
almal sonder sonde is. Of hoe?
Gawie Bosman: Hou maar by die
sondes wat niemand op jou bo-arm kan
sien nie.
Is n tatoe taboe?
n MAN met n tatoe. Foto: Internet
Oom Suurtjie
SIT ek vanaand in die kerk en
luister na die skoling van
kerkraadslede. Oom Suurtjie
is nou al hoog in die kerkraad
en luister met aandag na die
moets en moenies van die
kerkraadslede. Dink ek nou
terug aan so 44 jaar gelede toe
ekmy eerste amp as diaken gekry het. Dit nogal
in die Tweetoringkerk in Bloemfontein. Ek was
toe 22 jaar oud en het lekker rugby gespeel. Die
meeste van die rugbyspelers of hul pas was in
ons gemeente en ek moes huisbesoek doen.
Soms in my rugbyklere n n oefening. Daardie
tyd was daar nog nie debietorders of internet-
oorbetalings nie. Die diaken moes die maande-
likse dankoffer kontant gaanhaal.Omdat ekmy
wyksemensegekenhet,konekniemeeras twee
besoekpunte per aand afhandel nie. Ekhet deer-
nis virmywyksemense gehaden saammethul-
le deur diep waters gegaan. Partykeer enkel-
diep, en ander kere twee enkels diep. Sien ek toe
dat mywyk die laagste bydrae permaandmaak
en kerkbywoning ook die swakste. Besoek oom
Suurtjie wat toe nog nie oom Suurtjie was nie,
weer sy wyk. Oom Stoffel soos oudergewoonte
wil toe sommer n knerts gooi. Nee, s ek, domi-
nee s dat ek in diens van die kerk is en dat as
die oom n knerts wil gooi, hy my R10 daarvoor
moet betaal, want dit is die kerk se tyd. So stap
ekdaardieaandmetR30en nwyegevoelbyoom
Stoffel weg. Dit was nie lank nie, of my wyk het
besef dat die kerk se tyd nie goedkoop is nie.
Dominee en die kerkraadwouweet hoe ek dit
reggekry het datmywyk binne driemaande die
wyk geword het wat die hoogste bydrae nog in
die gemeente se geskiedenis gelewer het.
SohetekmetdieVrystaatserugbybondgerel
dat ek elke maand twee rugbykaartjies gratis
vir ons rugbyklub kon kry. Di het ek beskik-
baar gestel aan wykslede wat die gereeldste
kerk toe is. Ag, wat n pragtige kerkbywoning
het ek tognie gehadnie.Wondernog of die kerk-
raad, as hulle geweet het, dit as sonde sou be-
skou. Oom Suurtjie hou steeds van sy knerts
enkeldiep of twee enkels diep.
Diaken
maak plan
-
6 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
DIE standaard van matriek in Suid-Afrika
was die afgelope weke sedert die 2013-uitslae
bekend geword het, n warm besprekings-
punt in die nasionale media. Is die stan-
daard van matriek werklik so swak en
waarom presteer Oos-Vrystaatse skole
steeds uitmuntend? Susan Mar, redakteur
van Vrystaat, het met die skoolhoofde van
die Horskole Voortrekker, Witteberg, Reitz
en Ficksburg gesels.
Hierdie vier topskole presteer jaar n jaar
en word oor die land heen hoog geag vir
besonderse prestasies en hul onderwysaan-
slag. Hulle gee hul mening en deel van die
geheime van hul onderskeie skole se sukses.
Dt is hoekom di skole presteer
1. IS die standaard van matriek in Suid-Afrika werklik so swak soos wat in die nasionale media beweer word?
2. Waarom presteer juis u skool al vir dekades?
3. Wat maak u skool en aanslag om kinders deur matriek te kry anders? Volg u n spesiale program met die
leerlinge?
4. Druip u rens voor matriek leerlinge wat nie n kans staan om matriek te slaag nie, gedagtig aan n
100%-slaagsyfer?
5. Is die ophef oor n 100%-slaagsyfer die alfa en omega van matriekuitslae?
6. Mag kinders nog druip?
7. Watter vakrigtings is op horskoolvlak die grootste probleme? Wat kan gedoen word om dit te verbeter?
8. Wat moet in Suid-Afrika gebeur om matriek en onderwys op n ho standaard te kry?
Agt vrae aan skoolhoofde oor matriekuitslae
DIE standaard van matriek is nie so swak
soos wat in nasionale media beweer word
nie. Die sogenaamde gesaghebbendes moet
eers weer die vorige stelsel gaan navors
voordat hulle uitsprake maak.
Die senior sertifikaateksamen in die ou
stelsel het ses vakke vereis met n slaagsy-
fer van 40% vir hor graad (HG) en 35% vir
standaardgraad (SG). Universiteitstoelating
was vier vakke op hor graad wat huistaal
moes insluit.
Die nasionale senior sertifikaateksamen
in die nuwe stelsel vereis sewe vakke. Die
slaagpersentasies is 40% vir huistaal, 40%
in nog drie ander vakke, 30% in twee vakke
en een vak kan gedruip word mits die
deurlopende assessering (DASS) volledig is.
Vir universiteitstoelating word vier vakke
gemiddeld op 50% vereis en dit moet n
huistaal insluit.
Wat in die vorige stelsel in die praktyk
gebeur het, was dat indien jy n vak op HG
druip, jy dit op SG kon slaag mits jy nie
minder as 35% kry nie. Indien jy n vak op
SG gedruip het, kon jy dit op LG slaag. Die
SG-vakke is in elk geval gekondoneer na n
slaag indien jy 33% behaal het.
Dit was dus glad nie so moeilik om te
slaag nie. Inteendeel, dit was dalk makliker.
Neem ook in ag dat die sillabusinhoud
aansienlik aangepas is om aan die tersire
instellings se vereistes te voldoen. Die
inhoud is dus moeiliker as wat ons in
matriek gedoen het. Enigeen wat nou n
kind in matriek gehad het, sal weet watter
harde werk en opoffering dit geverg het om
goeie uitslae te kry.
Waarom presteer Voortrekker jaar na
jaar?
Daar moet n kultuur van leer en presteer
in die skool bestaan. Leerlinge sowel as
onderwysers moet betyds in hul klasse wees
en die tyd effektief benut. Tradisie en trots
van almal betrokke speel n groot rol by
Voortrekker. Verder is die vennootskap
tussen ouer, onderwyser en leerling baie
belangrik. n Formele rooster vir na-uurse
ekstra klasse, wat van die tweede week
nadat die skole in Januarie geopen het in
werking gestel word, is van die uiterste
belang. Die samewerking tussen al die
betrokkenes om die ekstra klasse te laat
werk, maak die verskil.
Die bereidwilligheid van almal om die
ekstra myl te loop, selfs in die vakansie, is
eindelik die moeite werd. Ervaring van
onderwysers om leerlinge voor te berei vir
die eindeksamen maak die verskil. Die
uitwerk van ou vraestelle dra by tot goeie
uitslae. Ons het ook n stelsel van monite-
ring waarin die onderskeidingskandidate en
moontlike druipelinge in vakke gedentifi-
seer word vir ekstra intervensie en hulp,
sonder om van die gemiddelde kind te
vergeet. Al ons kinders by Voortrekker is
belangrik en daarom wil ons die beste vir
elkeen h. Dit is ook belangrik om te besef
dat dit n spanpoging is wat oor vyf jaar
strek. Die grondslag vir goeie matriekuit-
slae word reeds in gr. 8 gel.
Keer u rens voor matriekleerlinge
wat nie n kans staan om matriek te
slaag nie?
Die departement noem dit gatekeeping.
Baie skole druip die risikogevalle aan die
einde van gr. 11 sodat hulle nie die gr.
12-syfer in gevaar stel nie. By Voortrekker
was daar in die afgelope twee jaar geen
leerling wat aan die einde van gr. 11
gedruip het nie. Ons slaagsyfer deur die
hele skool (al die grade) is bykans 100%.
Gewoonlik is daar aan die einde van gr. 9
n druipeling of twee, maar dit is normaal
weens die progressie wat in die algemene
onderwys-en-opleiding- (GET) fase geld. Die
antwoord hierop is dus beslis NEE.
Is n 100%-slaagsyfer die alfa en
omega?
Nee, n te groot ophef word daarvan
gemaak. Die gehalte van die uitslae is
belangriker (lees ook die brief van Paul
Cassar van die Horskool Eunice wat in
Volksblad gepubliseer is).
Jy kan n 100%-slaagsyfer h met n
gemiddeld van 40% of 35%. Dit beteken dan
vir daardie leerlinge niks. Goeie matriekuit-
slae gaan oor die persentasie toelating tot
graadstudie, gemiddeld in die vakke en
aantal onderskeidings. By Voortrekker was
ons gelukkig genoeg om n baie ho
graadstudie-toelating van ongeveer 82% te
verwerf. Verder, met 1,4 onderskeidings per
leerling en n algehele vakgemiddeld van
68% voel ons dat ons vir die leerlinge n
kans tot verdere geleenthede gebied het.
Verder was die wiskunde derde en die
fisiese wetenskap tweede in die Vrystaat.
Die strewe na goeie uitslae moet dus op
hierdie punte geskoei wees.
Mag kinders nog druip?
Ja, een keer per fase. Dus, een keer in gr.
7 tot 9 en een keer in gr. 10 tot 12 van
2013. Daar is egter baie ruimte vir konsulta-
sie met die ouers. By die uitgangsfases in
die horskool (gr. 9 en 12) kan hulle egter
onbepaald druip.
Probleemvakke op horskoolvlak?
Wetenskap, wiskunde en rekeningkunde
bly die probleemvakke, soos wat dit nog
maar altyd was. Ons sukkel egter toene-
mend met leerlinge se leesvermo en
begrip. Dit het n impak op al die vakke.
Daar is baie faktore wat hiertoe bydra, soos
selfone en die sosiale media. Baie navorsing
word reeds daaroor gedoen en ek sal my
dus nie uitlaat oor die spesifieke oorsake
nie.
Wat moet in Suid-Afrika gebeur om
matriek en onderwys op n ho stan-
daard te kry?
Ons onderwys is in baie skole op n ho
standaard. Die res moet maar net eienaar-
skap neem van hul skole en begin werk.
Die kinders skryf nou net een vraestel in
plaas van die ou HG en SG. Dit is dus
logies dat di wat n gemiddeld van 70% en
hor kry, jou tradisionele HG-kandidate is
wat universiteit toe gaan. Die inhoud van
die sillabusse is relevant en genoegsaam.
Ek kan in alle eerlikheid, uit my jare
ervaring as eksaminator en moderator van
fisiese wetenskap, s dat dit moeilik is om
n onderskeiding te behaal.
Indien die eis vir hor slaagvereistes
gaan inslag vind, gaan die standaard van
die vraestelle beslis verlaag. Al wat die
matriekeksamen doen, is om die beskikbare
kandidate in n volgorde van 1 tot 500 000 te
plaas sodat die tersire instellings tussen
die kandidate kan onderskeid tref. Dit is
dus eintlik maar net n rangorde.
Gehalte is die alfa en
omega, nie die slaagsyfer
GYS COETZEE
EK dink die uitspraak dat die standaard van
matriek in Suid-Afrika nie so goed is nie,
baie meer kompleks is as wat deur n
oppervlakkige debat gedien kan word.
Kyk jy bloot na die inhoud van vraestelle
getuig dit van n goeie standaard. Kinders
moet deurgaans baie hard werk om onder-
skeidings te behaal. Dat daar egter aan rou
punte gestel word, vertroebel die prentjie
en laat ons nou maar eerlik wees: Politiek
speel ook sy rol. As ouer is ek tevrede dat
my kind geassesseer sal word met n
standaard wat vir my as professionele
persoon aanvaarbaar is.
Hoe presteer Witteberg jaar na jaar?
Dit is eenvoudig harde werk, toewyding
en meer as die spreekwoordelike myl wat
ons onderwysers in vennootskap met ouers
en kinders stap. By Witteberg verseker ons
dat kennis toepasbaar is ons doen nie net
eksamenafrigting nie, ons is bewus van die
uitdagings wat tersire onderwys stel en die
vaardighede wat n arbeidsmark vereis.
Volg Witteberg spesiale programme met
leerlinge?
Beslis. Die sleutel tot alle sukses is om
elke kind werklik te ken. Motivering is slegs
doeltreffend as jy dit met realistiese verwag-
tinge kan uitbalanseer. Ons lei kinders om
persoonlike doelwitte te stel en help waar
hulle nie hulself aan die gang kan kry nie.
Gehalte-onderrig vergemaklik dit, asook ure
se ekstra klasse.
Keer u voor matriek leerlinge wat nie
n kans staan om matriek te slaag nie?
Nee. Daar word egter by departementele
promosievereistes gehou. Gr. 9 is n moeilike
hekkie om oor te kom. Ouers moet daarop let
dat nuwe regulasies vereis dat n leerling
50% of meer in sy huistaal, 40% of meer in
sy tweede taal en 40% of meer in wiskunde
moet behaal ten einde gr. 9 te slaag in die
algemeen byna 10% hor as vereis vir 2013.
Is n 100%-slaagsyfer die alfa en omega
van matriekuitslae?
Die ophef is te groot. Die gemeenskap
gebruik dit as meetinstrument om die
goedheid van n skool te bepaal. Verder
word daar soveel op toppresteerders gefokus
dat ons vergeet dat die kind wat 50% kan
behaal en dan met 55% slaag, die ster is.
Mag kinders nog druip?
Ja, mits daar by departementele voorskrif-
te gehou word. Druip het egter geen waarde
as iets nie anders gedoen word nie. Die
ingesteldheid teenoor die tweede kans moet
by die leerling en sy ouers begin.
Probleemvakke op horskoolvlak?
Wiskunde bly maar n uitdaging vir baie.
Die grootste probleem in alle vakke is dat
kinders nie kan lees met begrip en nie
kennis wat bemeester is, kan toepas nie.
Wat moet in SA gebeur om matriek en
onderwys op n ho standaard te kry?
Kinders moet van kleintyd geleer word van
werksetiek, selfstandigheid, om keuses te
maak en verantwoordelikheid te neem. Hulle
moet gestimuleer word om probleme met
kreatiewe denke te benader en geleer word
om meningvormers te wees, kritiese denkers
en bowenal om standpunt in te neem.
Harde werk n beproefde resep
COENIE VENTER
DIE nasionale media en almal wat uitvaar
oor die standaard van matriek moet
terugkyk na die verlede. n Mens kan nie
die ou stelsel met die nuwe stelsel vergelyk
nie. Daar moet net onthou word dat daar
in die ou stelsel laer, standaard- en hor
graad was. Daar is dus voorsiening gemaak
vir die leerlinge wat sukkel. Die standaard
bly hoog.
Waarom presteer die Horskool
Ficksburg jaar n jaar?
Verseker dat die onderwyser in die
klaskamer opgelei is. Die onderwysers
moet in hul klasse wees en ook voorberei
sodat hulle in hul klasse kan werk. Die
verhouding tussen al die belanghebbendes
moet goed wees soos die departement,
ouers en leerlinge. Ons almal werk vir een
mikpunt, so die een kan nie sonder die
ander nie.
Keer u rens voor matriek leerlinge
wat nie n kans staan om matriek te
slaag nie?
Ons fokus nie op 100%-slaagsyfers nie,
maar op die leerlinge. Ons kyk waar daar
probleme is, help, verseker dat die leerling
die beste volgens hul vermo presteer.
Ouers moet ook betrokke wees.
Is n 100%-slaagsyfer die alfa en
omega?
Nee.
Watter soort persoon stuur ons die
buitewreld in en beteken hulle iets, sal
hulle goeie burgers wees vir ons land?
Ongelukkig is dit hoe die mense daar
buite die onderwys meet. Gelukkig kom die
ou tegniese vakke weer terug by die
Horskool Ficksburg, en wel van gr. 10 in
2015. So kan ons leerlinge met vaardighede
uitstuur.
Die doel van onderwys is om die kind
van onvolwassenheid na volwassenheid te
help lei. As die klem net op 100%-slaag val,
dan faal ons in dit wat gedoen moet word.
Mag kinders nog druip?
Kinders mag nog druip, maar almal wil
suksesvol wees so ons poog dat niemand
druip nie en as n leerling druip, moet
hy/sy nie soos n mislukking voel nie.
Probleemvakke op horskoolvlak?
Die groot probleem is tale. Die kinders
kan nie meer skryf nie. Moontlike oorsake
is TV, kinders wat nie meer lees nie,
selfone en selfoontaal. Leerlinge weet nie
meer hoe om altyd te kommunikeer (praat)
nie weens sosiale netwerke.
Wat moet in Suid-Afrika gebeur om
matriek en onderwys op n ho stan-
daard te kry?
Suid-Afrika moet n onderwysstelsel
ontwerp wat vir Suid-Afrika sal werk en
nie stelsels van ander lande hier wil kom
implementeer, soos OBE, wat nie werk nie.
Die onderwysers moet in die klas wees,
voorbereid wees en les gee. Leerlinge moet
aangemoedig word om te leer.
In 2013 het ons streek in die Vrystaatse
onderwysdepartement baie hard gewerk vir
dit wat bereik is.
Die groot uitdaging is om dit in 2014 ook
te doen en daar te bly as al die betrokke-
nes hul kant bring, naamlik die onderwys-
departement, gemeenskap, ouers, onderwy-
sers en leerlinge.
Standaarde steeds hoog
HENDRIK VAN ZYL
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 7
VOLGENS my is daar beslis nie n pro-
bleem met die standaard van werk nie. Die
slaagvereiste van 30% in sommige vakke is
waarskynlik die probleem waarna in die
media verwys word. Ongelukkig is dit so
dat daar steeds n groot verskil in stan-
daard tussen sekere skole is.
Waarom presteer Horskool Reitz?
Die Horskool Reitz (soos ander model
C-skole) handhaaf n baie ho standaard.
Die standaard sluit in goed opgeleide
onderwysers wat ten volle toegewyd is.
Daar is ook hardwerkende en gemotiveerde
leerlinge. Die Horskool Reitz se beheerlig-
gaam vertolk n groot rol in die sukses.
Waarom presteer Reitz jaar na jaar?
By die Horskool Reitz word reeds van
gr. 11 af n spesiale program aangebied. In
Junie-vakansies vind winterskole plaas.
Leerlinge wat bykomende hulp benodig,
word ook by n motiveringsprogram
ingesluit.
Keer u skool iewers voor matriek
leerlinge wat nie n kans staan om
matriek te slaag nie?
Die slaagvereistes soos deur die onder-
wysdepartement verskaf word slaafs
nagevolg. So, nee, die Horskool Reitz druip
nie doelbewus leerlinge in laer grade nie.
Is n 100%-slaagsyfer die alfa en
omega?
Die 100%-slaagsyfer is nie die alfa en
omega nie. Dit dui egter steeds op akade-
miese uitnemendheid. Hoprofielskole in
Bloemfontein het nie n 100%-slaagsyfer
behaal nie. Dit is duidelik die Horskool
Reitz se 17 jaar lange rekord van n 100%-
slaagsyfer is n uitsonderlike prestasie.
Mag kinders nog druip?
Kinders mag beslis nog druip. Die druip-
syfer in die meeste skole is hoog, veral in
gr. 9 weens die ho departementele slaag-
vereistes. Soos reeds genoem, is daar
hoprofielskole in Bloemfontein wat
druipelinge in gr. 12 het.
Probleemvakke op horskoolvlak?
Wiskunde en tale is in die algemeen n
probleem in die land. By die Horskool
Reitz is ons baie bevoorreg om in die
vakrigtings van die top-onderwysers in die
Vrystaat te h.
Wat moet in Suid-Afrika gebeur om
matriek en onderwys op n ho stan-
daard te kry?
Een van Suid-Afrika se grootste probleme
is die groot gaping tussen ou model C-skole
en die sogenaamde agtergeblewe skole. Kry
in elke skool gemotiveerde onderwysers wat
elke minuut tot hul beskikking gebruik om
leerlinge te onderrig.
Slaagvereiste
eerder n
probleem
HERMAN VAN DER MERWE
Vir nog meer nuus en fotos besoek www.vrystaat.co.za
-
8 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
THE refuse site between Bethlehem West
and Staffords Hill was supposed to be
restricted to a small fenced-in area, says
Pieter Olivier, DA councillor.
He says as a result of poor management it
has become a full-scale dump site without
any supervision (see photo).
The expensive fence has been bulldozed
out of the way and rubbish is being dumped
extensively to the west. An illegal squatter
keeps a number of pigs on the site. Approxi-
mately ten scavengers reside there perma-
nently.
The refuse is not being carted away
regularly, but merely bulldozed into the
Atbara stream resulting in pollution.
On behalf of the residents of this area I
strongly object to the situation and demand
that the municipal manager takes the
necessary steps to clear the area and to see
to it that the site is being properly managed.
If the matter is not cleared up within two
weeks, it will be reported to the Green
Scorpions.
Stream polluted by refuse
THE landfill site betweenBethlehemWest andStaffordsHill. The refuse ismerelybulldozed
into the Atbara Stream.
EiendommeEiendommeEiendomme
911
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 9
KOLLIG OPWARDEN
DIE Horskool Dirkie Uys se matriekklas vir 2014. Die leerlinge is van links, voor: Tshepiso Mosia, Keamohetwe
Letawana, AnushkaCloete, Kamohelo Letawana, BonoloNhlapo enKerilengSelekoe; agter: Karabelo Khophoche,
Fanie Tshabalala, Shayne Short en Shaldron Neels. Die klasonderwyser, Werner Louw, is nie op die foto nie.
Fotos: Louise Roets
TWEE onderwysers het die Horskool Dirkie Uys verlaat. Marelise
Schneider (links) tree n 31 jaar in die onderwys uit en saam met
haar is Valie van Wyk wat n pos op Polokwane in Mpumalanga
aanvaar het.
ETTIENE VAN DERMERWE het sy skoolloopbaan by die Horskool
Dirkie Uys begin. Hy beplan om te gaan rugby speel as hy klaar
is met matriek. Saam met hom is sy ma, Maritte van der Merwe.
BO: Twee onderwy
sers, voorheen van
die Intermedire
Skool Rooikop, het
hulle by die Hor
skool Dirkie Uys op
Warden aangesluit.
Van links is Jemiah
Zaba, gr. 1 (Sotho/
Zoeloe), Izebrandt
van NiekerkPretori
us, skoolhoof, en
Rose Radebe, gr. O
(Sotho/Zoeloe).
REGS: Klein Nnana
Letawana is met
haar trotse mam
ma, Mamoya
Letawana, na die
gr. Oklas van die
Horskool Dirkie
Uys op Warden op
pad.
Groet Dirkie Uys
EiendommeEiendommeEiendomme
911
-
10 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
DAAR is beslis geen alternatief vir die gees
wat by die Horskool Voortrekker op
Bethlehem (BVHS) heers nie: een van
akademiese uitnemendheid in n gelukkige,
lewenskragtige omgewing waar n gesonde
balans tussen akademie, sport en kultuur
heers. Di soort gees wat aan Voortrekker n
plek op prof. Jonathan Jansen se lys van
top-10-skole in Suid-Afrika besorg het.
Akademie geniet die hoogste voorkeur by
Voortrekker. BVHS bied n wye beroepsgerig-
te vakkeuse aan om aan meer as 90% van
die leerlinge toelating tot tersire studie te
bied. BVHS is ook n komprehensiewe skool
omdat daar n volledige tegniese afdeling is.
Jaarliks tel BVHS onder die Vrystaat se
topskole wanneer die matriekuitslae bekend
gemaak word en die personeel word beloon
tydens die prysuitdeling van die Vrystaatse
onderwysdepartement. BVHS spog ook met n
kategoriewenner van die nasionale onderwy-
serseerbewyse (NTAs) in die Vrystaat.
Goeie akademiese kant
n Gees van uitnemendheid blyk hier reeds
besonder duidelik uit die uitstaande uitslae
van 2013 se gr. 12-klas.
Nie net behaal hulle n 100%-slaagsyfer met
203 onderskeidings in die groep van 145 nie,
maar 98% van hulle kwalifiseer om aan
tersire instansies te gaan studeer en 81,4%
het toelating tot graadstudie behaal. Hierdie
prestasies plaas BVHS in die vierde plek in
die Vrystaat na Bloemfonteinse en Goudveld-
skole; dus eerste in die Thabo Mofutsanyana-
distrik.
Inge Kestlmeier (agt onderskeidings) en
Stephan van Dyk (ses onderskeidings) bevind
hulle onder die top-50-leerlinge in die
Vrystaat.
Inge behaal onderskeidings in Afrikaans
(huistaal), Engels (eerste addisionele taal),
wiskunde, fisiese wetenskap, lewensweten-
skap, rekeningkunde, rekenaartoepassings-
tegnologie en lewensorintering en Stephan
in Engels (eerste addisionele taal), wiskunde,
fisiese wetenskap, lewenswetenskap, reke-
ningkunde en lewensorintering. Nog n
leerling, die 2013-hoofmeisie Martin Janse
van Rensburg, behaal ook agt onderskei-
dings, naamlik in Afrikaans (huistaal),
Engels (eerste addisionele taal), Duits
(tweede addisionele taal), wiskunde, fisiese
wetenskap, lewenswetenskap, aardrykskunde
en lewensorintering.
n Verdere ses leerlinge behaal ses onder-
skeidings: Chrismarie Bester, Jean Coetzer,
Andrea Ferreira, Talya Goldmann, Est
Mathee en Jana van Doornick. Ses leerlinge
het vyf onderskeidings elk, vyf het vier As
en 11 drie elk. Di met twee en een onder-
skeidings voltooi die ryke oes.
Oor vakonderskeidings is dit noemens-
waardig dat kernvakke soos wiskunde spog
met 15, wiskundige geletterdheid met 19,
lewenswetenskap met 16, fisiese wetenskap
met 11, ingenieursgrafika-en-ontwerp met 12
en rekeningkunde met 7.
Die volledige vakonderskeidingslys is:
Afrikaans (huistaal) 7; Afrikaans (eerste
addisionele taal) 11; Engels (eerste addisio-
nele taal) 15; wiskunde 15; wiskundige
geletterdheid 19; fisiese wetenskap 11;
lewenswetenskap 16; ingenieursgrafika-en-
ontwerp 12; rekeningkunde 7; besigheid-
studie 8; aardrykskunde 7; rekenaartoe-
passingstegnologie 6; ekonomie 5; Duits
5; Gasvryheidstudie 4; Suid-Sotho 2;
Musiek 2; Dans 1; Drama 1; Visuele
Kuns 1; Wiskunde 3 1; LO 48.
BVHS is egter n skool wat op ander
terreine ook die beste vir hul leerlinge bied.
Op sportgebied
n Eerste vir 2014 is die NWU (Potchef-
stroom)/Voortrekker-netbalreeks wat ook n
eerste in die provinsie is. Blootstelling word
gegee aan die eerste, tweede, o.17A-, o.17B-,
o.16A-, o.16B-, o.15A-, o.15B-, o.14A- en
o.14B-netbalspan.
Die doel hiervan is om bykomende
wedstryd-blootstelling aan spelers te bied.
Die skole speel wedstryde op 12 April, 10 Mei
en 24 Mei met die eindronde op 31 Mei. Die
idee is dat die wenners van elke Saterdag
dan op 31 Mei om n wisseltrofee meeding.
Skole wat reeds betrokke by die reeks is, is
onder meer Standerton, Voortrekker Pieter-
maritzburg, Noordkaap, Goudveld, Afrikaan-
se Horskool en die Horskool Kroonstad.
Indien daar enige ander skole is wat sou
belangstel om deel te word van die reeks,
kan hulle gerus met Andi Wolmarans by
BVHS in verbinding tree.
Kultuur berei leerlinge voor
Op kultuur gebied lewer BVHS debatteer-
ders, musici en akteurs op. Leerlinge word
voorberei vir die lewensverhoog waarop
elkeen n rol kry wanneer hul die lewe n
matriek betree. Die jaarlikse revue bied die
geleentheid om hul kreatiewe kant uit te leef.
BVHS bied ook die geleentheid vir seuns en
meisies wat serenade wil sing. Die skool het
serenade-groepe wat die tradisie van sr laat
herleef en koshuisinwoners se harte warm
laat klop.
As n Christelike instelling word daar op
verskeie terreine geleenthede geskep om deel
te h aan verskeie aktiwiteite.
BVHS spog met eersteklasgeriewe wat
uitstekende prestasies ondersteun. BVHS se
klaskamers beskik oor multimedia-tegnolo-
gie, Wi-Fi vir almal, spog-badkamers en n
koshuis wat vir elke inwoner soos huis voel.
Die sportterrein brei uit en daar is in 2013
n derde rugbyveld bygevoeg. Toeskouers sal
nou ook op die onderdakpaviljoen na rugby
kan kyk tydens die interskole.
BVHS oorheers die Griffons-skoleliga met
goed afgerigte rugby.
Die verhitte onderdakswembad is voltooi
en swemmers kan hulle nou op BVHS se
terrein voorberei vir verskeie kompetisies.
Die bou van die astrobaan vir hokkie is n
werklikheid. Hokkiespelers sal nou met die
ander streke op gelyke vlak kan meeding.
BVHS se seunshokkie was in 2013 ook die
ligawenners wat op Vrystaat-vlak meegeding
het. Die netbalmeisies kan saans onder
spreiligte oefen en die tennisbane is nou ook
saans verlig. Gholfspelers speel op Clarens se
gholfbaan as hul tuisveld. Op Suid-Afrikaan-
se spanne is Voortrekker se teenwoordigheid
op die atletiekbaan duidelik sigbaar en atlete
neem wyd aan byeenkomste deel.
Leerlinge kry ook internasionale blootstel-
ling: Drie van die sewes-rugbyspelers het aan
n toernooi in Doebai deelgeneem. Neil
Powell het die span uit 16 skolespanne van
oor die land heen gekies wat aan die
toernooi deelgeneem het. n Span sal weer in
Februarie gekies word om in Doebai te toer.
Voortrekker se krieket kook en die skool
spog met n Suid-Afrikaanse skoleplatteland-
speler in sy eerste span. Die eerste krieket-
span is die driemalige kampioen van die
Goudveld-krieketliga. Ook in die T20-formaat
is die span hierdie seisoen nog nie geklop
nie en het weer na die volgende ronde
deurgedring. By Voortrekker word n
holistiese benadering gevolg om aan leerlinge
van die nuwe geslag genoeg nuwe geleenthe-
de te bied om hul toekoms as volronde
mense tegemoet te gaan.
Geleenthede rond leerlinge af
LEERLINGE van die Horskool Voortrekker het hier gras vir die derde rugbyveld geplant.
EERSTE skooldag vir die gr. 8s in hul kraaknuwepampoenrokkewat n jare lange tradisie
by die skool is. Fotos: Verskaf
NUWEgr. 8leerlinge vanggeesbyhul nuwe
skool.
FLAMBOJANT Voortrekker se serenadegroep, kampeer hier by Platrandlodge in KwaZu
luNatal.
PERSONEEL wat hulle nuut by die Hor
skool Voortrekker op Bethlehem aangesluit
het, is van links Miemie Swartzberg (wis
kunde), Leon du Plessis (aardrykskunde) en
Zeldie Odendaal (fisiese wetenskap).
FOKUSOPDIE HORSKOOL VOORTREKKER
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 11
-
12 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 13
-
14 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
DIE Horskool Witteberg op Bethlehem is
weer een van die toppresteerders met n
100%-slaagsyfer. Hy het ook n ryk oes
van onderskeidings wat tydens die
2013-matriekeksamen behaal is. Die skool
is sesde op die ranglys van die tien
toppresterende skole in die Vrystaat.
Geniet hierdie fotobeeld van die skool.
Die skoolhoof is Coenie Venter.
Witteberg weer onder die bestes
MARI LABUSCHAGNE
LIELIE GREYLING
DONAVIN LOURENS
MIA VAN DER MERWE
REDENAARS. LeratoMabuya en Janneke Venter het die tweede
en derde plek behaal toe hulle aan die ATKV se landwye rede
naarskompetisie deelgeneem het.
DIE Horskool Witteberg op Bethlehem se gr. 8kamp.
DIE Horskool Witteberg op Bethlehem spog met sewe nuwe
personeellede: Van links is, voor: Magnus Buys (tegnologie en
lewensorintering), Megan le Roux (wiskunde en lewensweten
skap), Lizelle Snyders (natuur en fisiese wetenskap) en Corn
Kotze (kuns en kultuur en lewensorintering); agter Jannie van
Rensburg (wiskunde en tegnologie), Donavin Lourens (gimnasi
umbestuurder) en Gustav Dreyer (administratief).
DIE leerlinge van die Horskool Witteberg.
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 15
Jannie Hennop
TWEE modelle wat Motors onder hande
geneem het en wat grootliks met hul eie
stalmaats ooreenstem of n geringe opknap-
ping ondergaan het, is sommer hier in
dieselfde storie saamgegooi.
Kia Cerato 1,6 EX-luikrug of -vyfdeur-
handrat
Motors het nie te lank gelede nie die
tweeliter-sedan met n outomatiese ratkas
bestuur en was toe al bendruk.
Die 1,6-liter het eweneens baie bendruk.
Die afwerking, gerief van die sitplekke,
maklike werking van die skakelaars,
kontroles en funksies is hoe dit hoort.
Die ratwisseling is eersteklas; ek verbeel
my dat die stuur nie meer so oorsensitief
voel nie en die ritgehalte is in die kol.
Wat wel pla, is die enjin se lui aard hier
hoog bo seevlak.
Die enjin is darem stil en soepel en voel
niks flouer as enige van sy mededingers se
enjins nie.
Beslis n gunsteling in die segment. (Kia
Cerato 1,6 EX; R229 995; 95 kW/157 Nm)
Mitsubishi ASX 2,0 GLS
Die dapper-stapper van n klein sportnuts
of dalk eerder kruissoort-voertuig kruip in
n mens se hart.
Daar is nou n keuse tussen n handrat-
model en een met n CVT-kas met ander
afwerkingsvlakke. Die GLS-model kry n
hele paar luukses en veiligheidstoerusting
by.
Dit sluit n elektroniese stabiliteitspro-
gram in, truratkamera en n lekker
lawaaierige Rockford Fosgate-klankstelsel
wat n bielie van n laebasluidspreker het.
Di 500 W-kneuwel sit in die kattebak en jy
kan maar die klank gooi, want hy loop
lekker wyd. Daarmee saam kry jy nege
luidsprekers.
Lekker voertuig; net jammer daar is nie
ook n dieselweergawe nie. Die GLX-weer-
gawe is effe goedkoper.
(Mitsubishi ASX 2,0 GLS-handrat;
R322 900; 110 kW/197 Nm.)
Di twee kruip in n mens se hart
DIE Kia Cerato 1,6 EXluikrug of vyfdeurhandrat.DIE Mitsubishi ASX 2,0 GLS.
-
16 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
RAYNO MOSTERT, die dux-leerling van
die Horskool Reitz, het in die afgelope
matriekeksamen nie minder nie as 13
A-simbole behaal.
Hierdie prestasie het van hom die
leerling met die meeste As in die Vrystaat
(en sover Vrystaat kan vasstel ook die
meeste in Suid-Afrika) gemaak.
Altesaam 11 van sy vakke is deur die
Vrystaatse onderwysdepartement aange-
bied en twee vakke, alpha-wiskunde en
gevorderde programwiskunde, het hy by
die Onafhanklike Gemeenskaplike Eksa-
menraad afgel.
Wat Rayno se prestasie nog meer
merkwaardig maak, is dat hierdie beskeie
jong man nie net heeldag met sy neus in
die boeke gesit het nie.
Hy het ook in sy matriekjaar Protea-
kleure in tentpensteek (tentpegging)
verwerf en Suid-Afrika in n toets teen
Pakistan verteenwoordig.
Rayno is ook n redenaar en debatteer-
der van formaat.
In 2013 is hy aangewys as die ATKV-
wenner van die redenaarskompetisie en in
2010 en 2011 was hy en sy spanmaat,
Johan Taljaard, nasionale wenners in die
ATKV-debatskompetisie en in 2012 naas-
wenners. Saam met hul ander spanmaat,
Jaco Bester, was die Reitz-drie ook vir drie
agtereenvolgende jare die Vrystaatwenners
van Volksblad se Jip-Dink-of-Sinkdebat-
skompetisie.
Sy beskeie ouers is Gerhard, n onaf-
hanklike grondkundige konsultant, en
Aggie, n wiskunde-onderwyser aan die
Horskool Reitz.
Hulle gee alle eer aan hul Hemelse
Vader en bedank die toegewyde span
onderwysers van die Horskool Reitz vir
hul oudste kind se prestasie.
Vrystaat het n paar vrae aan Rayno
gevra voordat hy na die Universiteit van
Stellenbosch is waar hy vanjaar met sy
studies in BCom aktuarile wetenskappe
wil begin.
Waarom juis 13 vakke en waar het jy
tyd vir alles gekry, Rayno?
Die getal vakke was vir my irrelevant.
Ek het elke ekstra vak geneem omdat ek
n passie vir die vakrigting gehad het, of
omdat ek geglo het dat dit n waardevolle
bydrae tot my tersire studie sou maak.
As jy op so n manier waarde heg aan
jou vakke raak die leerproses makliker en
vinniger.
Was jy altyd eerste in jou klas?
Glad nie! Ek het eers in gr. 10 regtig my
studie ernstig begin opneem.
Voor dit het ek min belangstelling in
skool en skoolvakke gehad en het dikwels
n vierde of vyfde plek in my klein klas
losgeslaan.
Wat was jou wenresep?
My wenresep? Uitstaande onderwysers
wat bereid was om my enige tyd te
akkommodeer, asook n sterk ondersteu-
ningsbasis my gesin wat my deur
matriek gedra het.
Maar selfs belangriker as dit:
Niks daarvan sou enigsins moontlik
gewees het sonder die Here se genade en
krag van bo nie - dit was, en is, my
behoud.
Wie was jou mentors en hoekom?
Buiten my onderwysers, was ek bevoor-
reg om ook uitstaande mentors van buite
te kon h.
In my redenaars- en debatloopbaan is ek
gementor deur die briljante prokureur
wyle Deon Taljaard, asook my ervare
Afrikaanse onderwyser, juffrou Magda
Venter albei het n reuse-bydrae gemaak
in my manier van dink en te werk gaan.
In musiek het die begaafde Sally Douwes
Dekker n voormalige musiekdosent aan
die Witwatersrand my musiek-vakkennis
in n rekordtyd bewerkstellig.
Waarom dink jy was dit moontlik vir
n plattelandse skoolseun om ander
leerlinge uit prestige-skole uit te stof?
n Klein plattelandse skool bied jou n
persoonlike leeromgewing. Op die platte-
land loop onderwysers die ekstra myl om
jou voor te berei vir jou eindeksamen
selfs al beteken dit dat hulle van hul eie
tyd vir jou moet afstaan.
Ek is seker daarvan dat ek nie dieselfde
sukses sou kon behaal in n groter skool
nie, juis omdat die leerervaring daar so
onpersoonlik, koud en onaanpasbaar is.
Waarna sien jy die meeste uit in
2014?
Die Stellenbosch-milieu en die studente-
lewe wat daarmee gepaardgaan.
Ek sien ook uit na my studie in n
vakrigting waarvoor ek baie lief is.
Rayno vertel van daardie 13 As
RAYNOMOSTERT van die Horskool Reitz en Jannie deWet van die Horskool Jim Fouch
laat die vonkelwyn vloei op hul rits onderskeidings.
HERMAN VAN DER MERWE, skoolhoof
van die Horskool Reitz, het rede om trots
en dankbaar te wees. Die matriekklas van
2013 het nie net die leerling met die mees-
te A-simbole in die land opgelewer nie,
maar die skool spog weer met n 100%-
slaagsyfer. Boonop het 100% van die matri-
kulante toelating tot tersire studie 71%
het universiteitstoelating vir graadkursus-
se en 29% kan diplomakursusse volg.
Waaraan skryf Van der Merwe sy
skool se sukses toe? Die Horskool Reitz
is bevoorreg om een van die beste groep
onderwysers vir van gr. 1 tot matriek
in die land te h. Omdat die skool in
kleiner klasse glo, kry elk leerling die
maksimum aandag om tot sy of haar volle
potensiaal te ontwikkel.
Ons leef die skool se leuse, Sapientis est
Laborare dit is van n wyse om te werk,
daagliks uit.
Die matrieks van 2013 het n gemiddeld
van 1,9 onderskeidings die hoogste in die
Oos-Vrystaat per leerling behaal.
In ses vakke het meer as 40% van die
klas onderskeidings behaal. Vakke waarin
puik gepresteer is, is lewensorintering
(54% As), wiskunde 3 (50% As), IGO (44%
As), dramatiese kunste (100% As) en
rekeningkunde (40% As). Die 20 vakke wat
in 2013 aangebied is, het vakgemiddeldes
van 60% of meer opgelewer.
Die skool is die enigste skool in die
Oos-Vrystaat wat die afgelope vyf jaar n
100%-slaagsyfer het en een van slegs agt
skole in die Vrystaat,
Van der Merwe bedank sy toegewyde
groep onderwysers vir hul harde werk.
Skoolhoof brebors
oor Reitz-leerlinge
HORSKOOL REITZ bastion in die Riemland. Die skool het die vyfde jaar agtereenvolgens
n 100%slaagsyfer in die 2013matriekeksamen behaal. n MODERNE koshuis met ho standaarde eie aan die Horskool Reitz.
n SAALBYEENKOMS van die leerlinge van die Horskool Reitz.
FOKUSOPDIE HORSKOOL REITZ
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 17
-
18 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
ATTIE MICHAU. Elektriese opleiding. CHRISTO SCHULZ. Elektriese opleiding.
STEYN ZIETSMAN. Pasendraaiopleiding.
IGNATIUS FOORD. Pasendraaiopleiding.
JAUDRE VAN RENSBURG. Sweisoplei
ding.
IGNATIUS FOORD en Louis Cierenberg.Mo
toropleiding.KOBUS LONTE. Siviele opleiding.
MOFEDI MANTOGOANE. Siviele opleiding.
GAVIN RUDMAN. Siviele opleiding.
DIE Horskool Ficksburg
is een van die enigste
horskole in die Oos-Vry-
staat wat n volledige
tegniese studierigting
aanbied.
Vakrigtings is meganies,
siviel en elektriese tegno-
logie. Spesialisering in di
rigtings sal in 2015 begin
wanneer spesialisering in
motorwerktuigkunde,
pas-en-draaiwerk, sweis-
en metaalwerk, boukon-
struksies, houtbewerking
en elektriese werk sal
plaasvind.
Om die tegniese rigting
verder te versterk sal
tegniese wetenskap,
tegniese wiskunde en
ingenieursgrafika en
ontwerp die kurrikulum
voltooi.
Skool bied van 2015 spesialisvakke
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 19
-
20 VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014
PERSOONLIKE
DIENSTE
DAGSORG
& CRCHES
1410
Nasorg by my huis: Gr
R en Gr 1. Loopafstand
van skool. Franza 083 775
6770.
OPLEIDING &
OPVOEDING
1480
STAR MAKER
PRESENTS:
Piano, guitar and keyboard
lessons for children from 5
years. Your child has a bet-
ter chance of relaxing and
concentrating at a
younger age! Phone 072
603 3334.
TE KOOP
ELEKTRIES
TOEBEHORE
1620
Kelvinator-staanvries-
kas met 2 deure in baie
goeie werkende toestand.
R1 500. Skakel 083 259
5117.
MEUBELS
1635
AANDAG: Ons koop alle
tweedehandse meubels en
losgoed vir kontant aan.
Skakel ons vir die beste
pryse in die dorp. Bel ons
gou en ons kom nou.
Skakel 058 303 2912 (kan-
toorure) 058 303 3194
na ure Rita 083 272 3045.
MASJINERIE
& TOERUSTING
1650
'Spinning'-fiets: Byna
nuut Trojan R2000 1 jaar
oud . Orbitrek 2 jaar oud.
R1 800. Baie goeie
toestand. 083 259 5117.
TROETELDIERE
1660
Pekinese hondjies:
5 weke. Skakel 078
222 5673/078 177 5524.
Pekinese: 6 weke oud.
R1 000 vir reuntjies, R1
200 vir tefies. Soek liefde-
volle, goeie huise. 058 871
4080/072 623 5897 Driekie
Roos.
Italian Greyhound x
Jack Russell puppies: 7
weeks old. R400 each.
Hannie: 074 369 5279.
Pragtige boerboel-
hondjies. Geregistreerde
pa. Skakel 079 104 7091 /
079 599 4995.
ALGEMENE &
HUISDIENSTE
BOUWERK &
KONSTRUKSIE
1801
HUGO'S INSTANDHOU-
DING: Bouwerk, tel, pla-
veisel, verf, ens. Hugo 083
631 9560. Johann 082 317
6112.
SKOONMAAK-
DIENSTE
1805
ELEKTRIES
1810
TE HUUR
1820
TUIN &
BESPROEIING
1825
FLOWER FUN KWE-
KERY: Nuwe voorraad,
spesiale aanbiedinge. Kom
maak gerusn draai: saai-
linge en verskeidenheid
plante beskikbaar.
058 303 8423. Cambridge-
straat 58. By silo's.
Oop Ma.-Sa.
Vir al u tuinbehoeftes:
Afsaag van bome, rommel wegry,
opsit van 'picket fence', vuurmaak-
hout en planke direk aan die eindver-
bruiker, sny van 'sleepers'.
AB TIMBERS: 083 388 0173.
ALLERLEI
1845
SANDSTONE:
Blocks, bricks, cladding,
rivens, tiles, etc. Tel.
0583034840.
12 Archbell Street, BHM.
LOODGIETERS
1855
VERVOER &
BERGING
1870
4-TON TRUCK with drop sides
available for any transport to be
done. Phone 083 388 0173.
LANDBOU
IMPLEMENTE/
MASJINERIE
2205
PZ SWIGERS-
KUILVOERKERWERS
te koop. Skakel
Johannes 082 417 9023.
- 1988- Fiat 980-2x4-
trekker.
- New Holland-toubaler,
baie ou model.
- 4-skaar-ploeg
- 4-ry-mielieplanter, kort
aandag
- Dis.
- Kom besigtig en maak
aanbod.
Skakel 083 444 0236.
LEWENDE HAWE
EN PLUIMVEE
2210
3 rooi verse, sigbaar-
dragtig: R7 000 stuk.
2 koeie op die punt om
te kalf: R8 000 stuk.
5 koeie met kalwers:
R8 500 stuk.
Skakel: 082 573 4703
alle ure. Bethlehem.
5 jaar oue Nguni-bul,
volledig getoets .
R10 000.
Skakel 082 926 8072.
2 jaar oue Rooi Angus-
bulle te koop. R10 000
stuk. Skakel 082 926 8072.
11 dragtige Nguni-
verse, R5 000 elk.
Skakel: 082 926 8072.
VAKANSIE
& REIS
AKKOMMODASIE
2635
SELFSORG
2626
Margate: Selfsorgvakan-
sietuinwoonstel, naby
UVONGO-strand. Ten volle
toegerus. 2 slk, 2 badk,
slaapplek vir 5, seeuitsig,
braai op groot stoep. DStv.
Eie dekodeerder. Tarief:
Buite seisoen R200 per
nag. Binne seisoen R400
per nag. Navrae 082 332
8649.
VOERTUIE
MOTORFIETSE
3055
2011 Honda E Storm,
125cc, 2 300 km op klok,
R9 900 o.n.k.a. Skakel
Johnny by 083 669 1562.
MOTORHERSTEL-
DIENSTE
3080
LESCOR MOTORS: Vir eerlike
herstelwerk aan ligte petrol- en
dieselvoertuie, veral alle VW-
fabrikate. Baie billike tariewe.
Skakel 058 303 7091. Bethlehem.
EIENDOMME
WOONSTELLE
TE HUUR
3250
Enkelwoonstel. R1 800
p.m. plus dep. W en l
ingesluit. Onmiddellik
beskikbaar. Bethlehem.
Skakel: 072 330 3109.
3-slk-woonstel, 1 badka-
mer, 1 afdak. Kragboks,
geen troeteldiere. Depo-
sito betaalbaar. Beskik-
baar 1 Maart. 2014. Huur
per maand R4 000. Besigti-
ging slegs na 17:00 weeks-
dae. Skakel: 083 956 4221.
Eenmanwoonstel:
Middedorp. Beskikbaar
1 Maart 2014. R2 460 p.m.
Deposito betaalbaar. Ska-
kel 058 303 7735.
EENMAN-, 1- EN 2-
SLK-WOONSTELLE:
Noordfront. Ruim. Motor-
huis of afdak. Skakel 058
303 6746 of 083 330 7346.
1-slk-tuinwoonstel
te huur. R2 800 p.m. Krag,
parkering, DStv en water
ingesluit. Beskikaar vanaf
1 Februarie 2014.
Besigtiging vooraf word
vereis. Skakel: 084 870
3751 of 073 161 3808.
Rooms from R1 200 p.m.
1-/2-bedroom flats. Available
immediately. Paxinos Flats.
High Street in Bethlehem.
Contact: Rental Administrator
PROCOR SA: Koki Mastabu .
Tel. 057 352 2990.
Fax: 086 558 7248.
Fax: 057 352 3775.
E-mail: [email protected]
Eenslaapkamerwoon-
stel (granny flat) te huur
in Panorama, Bethlehem,
R3 100 p.m. krag uitge-
sluit. Eie parkering, geen
troeteldiere. Dadelik
beskikbaar. Skakel Honey
083 297 7209.
Eenmanwoonstel vanaf
1 Feb. R2 200 p.m. Onder-
dakparkering.
Veiligheidsomheining.
Skakel: 083 307 8086.
R2 200 p.m. Panorama.
Gemeubileerde eenman-
woonstel. Isabel de Bruin
Eiend. 082 785 1111.
R3 800 p.m. Eureka.
Ruim 3-slaapkamer-woon-
stel met veilige afdak.
Isabel De Bruin Eiend. 082
785 1111.
Ruim eenslaapkamer-
woonstel vir 2 mense,
regoor Jordania-skool.
Koopkrag. R3 600 p.m.
Skoonmaakdiens 2 keer
per week ingesluit.
Onmiddellik beskikbaar.
Skakel Fransie 082 774
4534.
TE HUUR
3205
Verskeie groottes win-
keltjies te huur by Oude
Werf Sentrum.' Bache-
lor'-woonstel te huur,
beskikbaar vanaf einde
Januarie. R2 400 p.m.
1-slk-woonstel te huur:
Beskikbaar vanaf einde
Februarie. R3 500 p.m.
Skakel 058 303 5565/
076 079 2750.
TE KOOP
3201
Gepsey 4 B Karavaan .
Baie mooi. R36 000.
Skakel: 0824956625
Lindley .
GEMEUBILEERDE
AKKOMMODASIE
3256
GEMEUBILEERDE KAMERS elk
met en suite-badkamer, stoep en
private ingang, selfsorg. Skakel 082
927 7820.
Gem. kamers vanaf R1
700 p.m. W en l ingesluit.
Deel kombuis en stortge-
riewe. R600 dep. Onm.
beskikbaar. 072 339 8506.
MOTORHUISE/
BERGING
3260
STORAGE UNITS/
STOOREENHEDE
te huur.
Lang of kort termyn.
Veilig. Skakel:
Johann 083 952 5582.
HUISE TE KOOP
3275
SENEKAL: 75 km van
Bethlehem, 80 km van
Bloemfontein. 4 461 vk m.
Moderne huis met 3 slk, 2
volbadkamers, 1 en suite,
2 sitk, 2 groot stoepe.
Eetkamer met groot glas-
vensters. Spens, aparte
opwas en waskamer.
Binnebraai. Boorgat,
besproeiing. Blom-/groen-
tetuin. Pragtige uitsig.
Pas opgeknap. R850 000
o.n.a. Eienaar. 082 669
4909..
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
-
VRYSTAAT, DONDERDAG 23 JANUARIE 2014 21
HUISE TE HUUR
3270
1 ruim 3-slk-huis met
dubbelparkering. Sentraal
gele naby skole en banke.
Middedorp. Geen stoorka-
mer. Geen honde/katte. R4
950 p.m. Water, riool en
vullisverw. ingesluit. 058
303 7735. Kantoorure.
Huise en eenmanwoon-
stelle in Loch Athlone.
Gemeubileer en ongemeu-
bileer. Kontrakteurs-
behuising: R80 per dag per
persoon. Skakel Paula 082
927 0209.
Rondavel house: Two
bedrooms. 3 km from
Bethlehem on Small Grain
Centre Road. Available
immediately. R2 500 per
month incl. water and
electricity. No VAT. Phone
all hours: 058 303 4051 or
081 232 3522.
Rondawelhuis: Twee slk,
3 km van Bethlehem op
Kleingraansentrum-pad.
Onmiddellik beskikbaar.
R2 500 p.m. Sluit water
en krag in. Geen BTW nie.
Skakel alle ure: 058 303
4051 of 081 232 3522.
R5 100 p.m. Eureka.
3-slaapkamer-huis met
motorhuis. Isabel de Bruin
Eiend. 082 785 1111.
3-slaapkamer-huis te
huur in Paul Roux.
Leoni Prins 082 413 8049
of Francois van Zyl 082
417 9036.
LOSIES AANGEBIED
3280
J & M Properties: Te
huur.
-Eenmanwoonstel: DStv
ingesluit. R2 200 p.m.
- Rooms in guesthouse. R2
700 and R3 300 p.m.
- 2-slk-woonstel. Sentraal.
R4 400 en R4 900 p.m.
1-bedr. Upmarket town-
house, central town.
R3 950 p.m. 083 349
5945/082 316 9623.
LOSIES GEVRA
3285
Plaashuis of huis op
kleinhoewe te huur
gesoek. Skakel Thomas
082 632 3378.
Plaashuis of huis op
kleinhoewe te huur
gesoek. Skakel Thomas
082 632 3378.
KANTORE
3290
Office space to let in
Van der Merwe St. 150
square meters. Occ. imme-
diatly. R5 000 plus VAT.
Call 0422002400.
Kantore te huur:
Mullerstraat. Onmid-
delik beskikbaar. Kragboks.
Deposito betaalbaar. R6
000 BTW ingesl.
Skakel 083 956 4221.
Kantoor spasie te huur.
Onmiddelik beskikbaar.
205m R7000 per maand
Bethlehem. Kontak Dorie
0583035661.
EIENDOMME GESOEK
OM TE KOOP
3301
Kontantkoper soek
huis/meenthuis in
La Provence, Eureka, Pan-
orama tot R2 miljoen.
Geen agente. Skakel:
082 326 3083.
Huise/meenthuise in
Bethlehem tussen
R400 000 en R900 000.
Skakel Rynette 083 411
8537.
MEENTHUISE
TE KOOP
3330
La Provence: 3-slaapka-
mer-meenthuis, dubbelge-
riewe, binnetuintjie, binne-
braai. R1,4 miljoen.
082 553 3196.
MEENTHUISE
TE HUUR
3325
Gegoede, stylvolle, ruim,
oopplandrieslaapkamer-
meenthuis, twee badk,
binnebraai. Dubbelgarage
met afdak. Te huur.
Beskikbaar vanaf 1
Februarie 2014. R6 400
p.m. plus deposito. Skakel
082 718 4152 na 15:00/
071 363 6102.
BETREKKINGS
3600
DRYWERS
3650
Benodig n betroubare
Kode 14-insleepdiens-
drywer. Moet ondervinding
h van 9-spoed-Fuller-
transmissie. Moet ten
minste 5 jaar ondervinding
h. Insleepdiens in Bethle-
hem. Faks CV na 058 303
6907.
BETREKKINGS
GESOEK
3670
Julia soek werk as huis-
hulp of enige algemene
werk of as kinderoppasser.
Maandae - Vrydae.
Skakel 076 968 6495.
Op soek na werk as
sekuriteitsbeampte. Het
ondervinding. Ook alge-
mene kantoorwerk. Skakel:
Lettia 073 439 8913.
Jeminah is op soek na
werk as huishulp, kin-
deroppasser/kantoor-
assistent.
Skakel 083 563 2860.
Agnes is op soek na
werk: Het ondervinding as
huishulp, kinderoppaser /
verkope .
Skakel: 078 557 2033.
HARE/SKOONHEID
3685
Pos beskikbaar by wel-
bekende skoonheid-
salon in Bethlehem vir
skoonheidsterapeut. Moet
Cidesco, Itek of Saapsh
gekwalifiseerd wees. Moet
Afrikaans kan praat en op
haar eie kan werk en
gemotiveerd wees om
nuwe klinte te kry. Stuur
CV na yolande@imbalie
beauty.co.za
REGSKENNISGEWINGS
& TENDERS
DORPS-
BEPLANNING
4025
AANSOEK: OUMA-
WOONSTELLE
Kennis geskied hiermee dat
JACOBA HESTER HANEKOM
aansoek by die Dihlabeng
Plaaslike Munisipaliteit gaan
doen vir spesiale toestem-
ming om n oumawoonstel
op te rig op Erf nommer 97,
volledige straatadres:
Cillierstraat 19, gele in Paul
Roux 9800 (dorp).
Enige person wat beswaar
teen die voorgestelde bedryf
het, moet sodanige beswaar
by die Applikant en die
Munisipale bestuurder
indien binne 14 dae na die
laaste verskyning van hier-
die kennisgewing.
Die Applikant: JH Hanekom
Adres: Straat: Cillierstraat
19, Paul Roux 9800
Tel. 0837636362
APPLICATION ADDITIO-
NAL DWELLING
Notice is hereby given that
Mr & Mrs G &M Macchiona
intends to apply to the
Dihlabeng Local Council for
special permission to erect
an room into an existing
dwelling on Erf number 72
complete street address: 72
Malherbe Street situated in
Clarens ( town) .
Any person opposed to the
proposed operation must
lodge such complait to the
Application and the Munici-
pal Manager within 14 days
to the last publication of
this notice.
The Applicant: Mr &Mrs G &
M Macchiona
Address: Street address: 221
Main Street, Clarens, 9707
Telephone: 0836275333 /
0724894187
APPLICATION: GRANNY
FLAT
Notice is hereby given that
JACOBA HESTER HANEKOM
intends to apply to the
Dihlabeng Local Council for
special permission to erect a
granny flat on erf number
97, complete street address
19 Cilliers Street, situated in
Paul Roux 9800.
Any person opposed to the
proposed operation must
lodge such complaint to the
Applicant and the Municipal
Manager within 14 days to
the last publication of this
notice.
The Applicant: JH Hanekom
Address: Street address: 19
Cilliers Street, Paul Roux
9800
Telephone: 083 763 6362
AANSOEK TWEEDE
WOONEENHEID
Kennis geskied hiermee dat
Mr and Mrs G and M Mac-
chiona aansoek by die Dihla-
beng Plaaslike Munisipali-
teit gaan doen vir