breederivier gazette 09 12 2014

12
www.bolandgazette.co.za Breederivier Year 18 • 9 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212 X1PJ6TAM-BZ091214 Gazette se heel eerste gospelkonsert was ’n reuse- sukses! Konsertgangers het hulle verlustig in die variasie wat op die spyskaart was. Op die foto is die Dumisani-gospelgroep, die gaskunstenaar by die geleentheid, saam met Theresa Olivier (der- de van links, uitgewer van Breedevallei Media), James Combella (middel, seremoniemeester) en Annelda Grootboom (vierde van regs, geleent- heidskoördineerder van die Breederivier Gazette). Berig en nog foto’s op bl. 4. Fees van Gospel! Kragkrisis knou ekonomie in Vallei HILDERINE SCHRÖDER Die land se elektrisiteitskrisis wat die afgelope weke gereeld tot beurtkrag gelei het, kan die Vallei ’n geweldige ekonomiese slag toe- dien. Só sê die voorsitters van die Bon- nievale- sowel as Robertson-sakeka- mer. Volgens dr. Deon Joubert, van die Robertson-sakekamer, lyk die prent- jie tans donker vir die Vallei, hetsy dit vir plaaslike ondernemings of plaaslike fabrieke is. Of sake- of fabriekseienaars ’n kragopwekker het of nie, die ekono- miese uitwerking van beurtkrag bly groot, sê Joubert. “Die situasie strek die hele gemeenskap tot nadeel,” voeg hy by. Hansie Wolfaardt, van die Bonnie- vale-sakekamer, stem saam. Die geldwaarde van die uitwerking, voeg hy by, is moeilik berekenbaar, maar dit is in alle waarskynlikheid enorm. Veral plaaslike fabrieke, sê Jou- bert en Wolfaardt, word deur die kragonderbrekings gepootjie. Waar- skuwings vir kragonderbrekings word te laat uitgereik en dan hou die kragreus boonop dikwels nie by die skedules wat hy uitgereik het nie. “As ’n mens lank genoeg vooraf waarskuwing kry en Eskom hou by dié skedule, kan fabrieke hulle be- drywighede in ’n mate daarby aan- pas,” sê Wolfaardt. “Soos dinge egter op die oomblik gaan is dit bitter moei- lik om vooruit te beplan. Fabrieke werk op siklusse en dié siklusse kan nie binne ’n dag se kennisgewing aangepas word nie.” Sou die situasie voortduur kan dit lei tot groot finan- siële verliese, veral in die kaasbedryf wat tans op sy piek is, voeg hy by. Volgens Joubert steun die plaasli- ke ekonomie in ’n baie groot mate op die landbousektor. “Die hele ekono- mie hang van landbou af. As jy land- bou benadeel, benadeel jy die hele gemeenskap.” Die effek van beurtkrag is veral na- delig in fabrieke waar daar met be- derfbare produkte wat vinnig afge- koel moet word, gewerk word. “As die situasie op dié trant voortduur gaan die area nog slegter daaraan toe wees as dit parstyd is,” sê Joubert. Intussen sê Jo-Ann Otto, woord- voerder van Kaapse Wynlanddistrik van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, alle hospitale in die streek is gerat vir enige kragonder- brekings. Die Robertson- en Montagu-hospi- taal het albei kragopwekkers wat ten volle operasioneel is, aldus Otto. Die kragopwekkers is geprogrammeer om outomaties aan te gaan sodra daar ’n kragonderbreking is. “Hierdie onmiddellike aanskake- ling verseker dat daar nie ’n negatie- we effek op enige lewensondersteu- nende toerusting tydens kragonder- brekings is nie.” Volgens Otto word nie-noodsaakli- ke toerusting soos lugversorgers ge- durende kragonderbrekings afge- skakel om sodoende diesel te be- spaar. Alle medikasie wat verkoeling benodig word in gespesi- aliseerde yskaste wat hul tempera- tuur vir tot ses ure behou, bewaar. Geen van die klinieke het kragop- wekkers nie. Om te verseker dat die “koueketting” nie onderbreek word nie, word alle medikasie gedurende naweke na die hospitaalapteke ge- skuif. Die departement, sê Otto, doen al- les binne sy vermoë om te verseker dat sy dienste nie deur kragonder- brekings onderbreek word nie.

Upload: boland-gazette

Post on 06-Apr-2016

249 views

Category:

Documents


11 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 09 12 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 09 12 2014

www.bolandgazette.co.za

Breederivier

Year 18 • 9 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212

X1PJ6TAM-BZ091214

Gazette se heel eerste gospelkonsert was ’n reuse-sukses! Konsertgangers het hulle verlustig in dievariasie wat op die spyskaart was. Op die fotois die Dumisani-gospelgroep, die gaskunstenaarby die geleentheid, saammet Theresa Olivier (der-de van links, uitgewer van Breedevallei Media),James Combella (middel, seremoniemeester) enAnnelda Grootboom (vierde van regs, geleent-heidskoördineerder van die Breederivier Gazette).Berig en nog foto’s op bl. 4.

Fees vanGospel!

Kragkrisis knou ekonomie in ValleiHILDERINE SCHRÖDER

Die land se elektrisiteitskrisiswat die afgelope weke gereeld totbeurtkraggeleihet,kandieVallei’n geweldige ekonomiese slag toe-dien.

Só sê die voorsitters van die Bon-nievale- sowel as Robertson-sakeka-mer.

Volgens dr. Deon Joubert, van dieRobertson-sakekamer, lyk die prent-jie tans donker vir die Vallei, hetsydit vir plaaslike ondernemings ofplaaslike fabrieke is.

Of sake- of fabriekseienaars ’nkragopwekker het of nie, die ekono-miese uitwerking van beurtkrag bly

groot, sê Joubert. “Die situasie strekdie hele gemeenskap tot nadeel,”voeg hy by.

Hansie Wolfaardt, van die Bonnie-vale-sakekamer, stem saam. Diegeldwaardevandieuitwerking,voeghy by, is moeilik berekenbaar, maardit is inallewaarskynlikheidenorm.

Veral plaaslike fabrieke, sê Jou-bert en Wolfaardt, word deur diekragonderbrekings gepootjie. Waar-skuwings vir kragonderbrekingsword te laat uitgereik en dan hou diekragreus boonop dikwels nie by dieskedules wat hy uitgereik het nie.

“As ’n mens lank genoeg voorafwaarskuwing kry en Eskom hou bydié skedule, kan fabrieke hulle be-drywighede in ’n mate daarby aan-

pas,” sê Wolfaardt. “Soos dinge egteropdieoomblikgaanisditbittermoei-lik om vooruit te beplan. Fabriekewerk op siklusse en dié siklusse kannie binne ’n dag se kennisgewingaangepas word nie.” Sou die situasievoortduur kan dit lei tot groot finan-siëleverliese,veral indiekaasbedryfwat tans op sy piek is, voeg hy by.

Volgens Joubert steun die plaasli-ke ekonomie in ’n baie groot mate opdie landbousektor. “Die hele ekono-mie hang van landbou af. As jy land-bou benadeel, benadeel jy die helegemeenskap.”

Dieeffekvanbeurtkrag isveralna-delig in fabrieke waar daar met be-derfbare produkte wat vinnig afge-koel moet word, gewerk word. “As

die situasie op dié trant voortduurgaandieareanogslegterdaaraan toewees as dit parstyd is,” sê Joubert.

Intussen sê Jo-Ann Otto, woord-voerder van Kaapse Wynlanddistrikvan die Wes-Kaapse departementvan gesondheid, alle hospitale in diestreek is gerat vir enige kragonder-brekings.

Die Robertson- en Montagu-hospi-taal het albei kragopwekkerswat tenvolle operasioneel is, aldus Otto. Diekragopwekkers is geprogrammeerom outomaties aan te gaan sodradaar ’n kragonderbreking is.

“Hierdie onmiddellike aanskake-ling verseker dat daar nie ’n negatie-we effek op enige lewensondersteu-nende toerusting tydens kragonder-

brekings is nie.”Volgens Otto word nie-noodsaakli-

ke toerusting soos lugversorgers ge-durende kragonderbrekings afge-skakel om sodoende diesel te be-spaar. Alle medikasie watverkoeling benodig word in gespesi-aliseerde yskaste wat hul tempera-tuur vir tot ses ure behou, bewaar.

Geen van die klinieke het kragop-wekkers nie. Om te verseker dat die“koueketting” nie onderbreek wordnie, word alle medikasie gedurendenaweke na die hospitaalapteke ge-skuif.

Die departement, sê Otto, doen al-les binne sy vermoë om te versekerdat sy dienste nie deur kragonder-brekings onderbreek word nie.

Page 2: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 9 Desember 20142

X1NR0U3W-BZ091214

Kom eet ’n lekker pannekoekNog ’n nuwe restaurant in Voortrekkerstraat,Robertson? Ja, maar een met ’n verskil!

Hier kan jy ’n verskeidenheid pannekoeke komproe, soos nêrens anders in Robertson nie. Van ont-bytpannekoek, tot pannekoek met vulsels sooshoender en sampioen, bobotie, kerriehoender ofboerewors. Vir die soettand onder ons is daar pie-sang en karamel, appeltert, melktert, suurlemoen-skuimtert (lemon meringue) en sjokolademousse-vulsels, en natuurlik die tradisionele kaneelsuiker-staatmaker.

) Wat is die restaurant se naam? The PancakeChef

) Wie is die eienaar? Sonja Prins) Wat maak die restaurant spesiaal? Die unieke

verskeidenheid pannekoeke, maar dat daar ookvoorsiening gemaak word vir kliënte wat lus hetvir iets anders. O, en moet asseblief nie vergeet vandie heerlikste verskeidenheid platborde (platters)wat jy hier kan bestel vir die partytjie by jou huisof werk nie.

) Wie sal dit geniet om die restaurant te besoek?Dis regtig vir oud en jonk, en gesinne is veral wel-kom. Kom ontspan op die rustige, koel stoep metdie geluid van kabbelende water in die agtergrond.

) Watter gereg op die spyskaart is spesiaal? Diseintlikonmoontlikomonderskeid te tref,maarkomproe gerus die unieke ontbytpannekoek.

)Word alkohol bedien? The Pancake Chef en dieOn Route Wine Deli vorm ’n wenkombinasie. Ter-wyl jy jou ete geniet is die wye verskeidenheid vandie deli se wyne tot jou beskikking om te bestel.

) Is kinders welkom?Vir seker. Terwyl Ma en Pahulkosgeniet,kandiekindershuleiepannekoekiesbestel om te versier.

) Besigheidsure: Maandag tot Vrydag 08:30 tot17:00, en Saterdae van 08:30 tot 15:00.

) Sal die pryse my sak pas? Beslis baie bekostig-baar vir elke besoeker. Met pryse wat wissel tussenR20 en R50, maak dit die ruim porsies uiters bekos-tigbaar vir ieder en elk.

) Skakel: Sonja Prins, 082 852 6081, of besoek hul-le inVoortrekkerstraat,Robertson,( reg langsKFC).

ELKE DINSDAG) Die Christelike Afhanklikheids-diens (CAD) vergader 19:00 by dieThusong-sentrum. Navrae:0 082 666 9884 of 023 626 1337.

ELKE DONDERDAG) Alkoholiste Anoniem vergaderom 19:30 in die Eeufeessaal (ingangby parkeerplek agter Stadsaal) opRobertson.

EERSTE SATERDAG VAN ELKEMAAND

) Teetuin en oggendmark by die Ro-bertson-museumseanneks.GebruikLe Rouxstraat-ingang. Navrae:0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACHMONTH

) Montagu Alzheimer’s SupportGroup meets at 15:00 in the bottomlounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

DONDERDAG 25 DESEMBER) Kersfees-buffet by Bon Cap. Na-vrae: 0 023 626 2073.

SATERDAG 14 FEBRUARIE) Valentyn-gesinspiekniekbyOver-hex buite Worcester. Van 17:00 totlaat met hope vermaak vir die kin-ders. Navrae: Christal Meiring,0 023 347 5012.

SATERDAG 28 FEBRUARIE) Herberg Kinderhuis se jaarliksekermis. ’n Groot verskeidenheidvarsprodukte,gebakenvelemeersaloudergewoonte beskikbaar wees.Valleikalender: 0 023 626 5212

of 2 [email protected].

KERSLIGMETMUSIEK: Die AGSCoetzeestraatmannekoor bied op14Desember om18:00 ’n Carols by Candlelight-geleentheidby die AGS-sentrum in Coetzeestraat. Toegang is gratis, maar daar sal wel ’n sagte kollekte opgeneem word. Vir meerinligting, bel Dougie Mouries (ouderling) by 079 500 8244.

KERSVERTONING: Die McGregor AGS Jeug bied op 13 De-sember om 18:00 sy jaarlikse Christmas Celebration Showby dié gemeente aan. Dié geleentheid gaan elke jaar vankrag tot krag. Dié jaar se gaskunstenaar is evangelis JosephBergh (links).

X1PJ3C5M-BZ091214 AAAAAA-BZ091214 X1PJ9G8M-BZ091214

Page 3: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 Desember 2014 3

X1PG9XJJ-BZ091214X1PG9YQ2-BZ091214

Unused taxi rank vandalisedHILDERINE SCHRÖDER

Built to benefit the community, adeafening silence hangs aroundthe Zolani taxi rank outside Ash-ton.Novendors selling snacks, nohustle and bustle of commuters,no vehicles.

Since itwas completed in 2011, thistaxi rank hasn’t seen a single taxi orpassenger.This, says Malinge Zweni, a com-

munity leader in Zolani, has led toa number of problems. Not only hasthe taxi rank become the target ofvandals, but it is also a hideout fordrug users, he says.“Since its completion the taxi rank

has not been used at all. Not evenonce. Whywas it built if the commu-nity doesn’t benefit from it?”According to Zweni, transport re-

mainsamajorproblemforresidents.“With no taxis running from the

taxi ranks,peoplehavedifficultyget-ting to town andwork. Since themu-nicipality built the taxi rank, it’s themunicipality’s responsibility to seeto it that it is put to use. The fact thatit’s not being used means that it wasnothing but a waste of money.”In turn, the municipal manager of

the Langeberg Municipality, Soyis-ileMokweni, says the lackof taxi ser-vices at the Zolani taxi rank is dueto internal issues amongst local taxiassociations.“This made the handover of the

taxi rank difficult. However, elec-tions were recently held to appointa new board.”According to Mokweni the new

boardhasagreed to takeover the taxirank.

“Processes areunderway topave the way forthis to happen.As soon as thelease agreementis signed, re-pairs will takeplace and the fa-cility will be theresponsibility ofthe taxiassociation.”Mokweni

strongly deniesZweni’s allegation that the taxi rankwasawasteofmoney. “The taxi rankprojectwas identified by residents ofZolani as aneed. Itwas listed in theirIntegrated Development Plan as apriorityproject and implementedac-cordingly.”The construction costs amounted

to R2 349 470,26.According to

Mokweni, vandal-ism remains a ma-jor problem in theLangeberg area.“Costs to repair

vandalised proper-ty is high. Thesefunds could havebeen used else-where in servicedelivery.”Mokweni urges

the community toassist the municipality in its fightagainst vandalism. “Residents musttake ownership of the infrastruc-ture (that has been) built for them.Vandalismis illegalandshouldbere-ported to the police as soon as resi-dents see any suspicious activitynear municipal properties.”

Although completed in 2011, the Zolani taxi rank has never been used and has sincebecome the target of vandals.

Vrou haar handsak kwytDie Montagu-polisie benodigdie gemeen-skap se hulpom ’nman, watvermoedelikbetrokke wasby die diefstalvan meer asR7 000, op tespoor.Dit volg na-

dat ’n 47-jarigevrou geval hetvir ’n slenteren na verneemword haarhandsak in dieverdagte sesorg gelaat het.Volgenssers.

Suria Meyer,woordvoerder van die Montagu-polisie,wasdievrouop21Novem-ber besig om geld by StandardBank op Montagu te trek toe ’nman in ’n swart en groen hemphaar genader het. Hy het beweerdat hy ’n banksakkie met geld op-getelhet enhetditvirhaargewys.Hierop het hy gesê dat hy na La-dismith wil ryloop, maar nie se-ker is waar om te staan nie.Dieklaagster, sêMeyer,het aan

homverduidelikwaaromop’nge-leentheid te wag, maar hy het glodaarop aangedring dat sy saammethommoet stapomhomtewyswaar die plek is.Op pad na die betrokke plek het

nog ’n man, geklee in ’n vaalT-hemp, by hulle aangesluit. Hyhetaandieanderman,watdiekla-er oorspronklik genader het, gesê

dat hy na dieKWV-geboumoet gaan en sêdat hy ’n sakkievol geld opgetelhet omdat hyglo ’n beloningkan ontvang.Hy het dieklaagster oor-reed om saammet laasge-noemde moetstap sodat sykan bevestigwaarhydiegeldopgetel het. Hyhet haar oor-reed om intus-sen haar hand-sak in sy sorg telaat.

DieklaerhetnadieKWV-gebougestap, maar toe sy nie die manmet die groen hemp daar opspoornie, het sy besef dat sy mislei is.Diemansis fortmethaarhandsakwaarindaar sowatR7 518kontantwas.Die verdagte wat haar oor-

spronklikgenaderhet is tussen40en 50 jaar oud, slank gebou, om-trent 1,7 m lank en het ’n spleettussen sy tande. Hy het ’n donkergelaatskleur. Enigeen wat dieman herkenword versoek om dieMontagu-speurdiens by079 894 1784 of die noodnommer10111 te skakel.Meyerdoenopnuut ’nberoepop

die gemeenskap om versigtig tewees met hul persoonlike eien-dom soos bankkaarte, handsakkeen ander waardevolle items.

Die Montagu-polisie benodig die ge-meenskap se hulp om dié verdagte opte spoor.

Page 4: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 9 Desember 20144

Almal sing en dansHILDERINE SCHRÖDER

Nie eens beurtkrag kon die onge-looflikegeestelikeervaringbydieGazette se heel eerste gospelkon-sert in die wiele ry of demp nie.

Die Langeberg Sekondêre Skool sesaal was Saterdagmiddag 6 Desem-ber tot barstens toe gepakmetVallei-ers wat in dié geleentheid kom deelhet.Met kunstenaars uit die boonste

rakke was dit nie lank voor die helegehoor lustigmeegesing en -dans het

nie.Verskeie plaaslike kunstenaars,

waaronder Abigail Johnson (Worce-ster), JC’s Project (Robertson), Mar-tinAbrahams(Ashton),FaithGospelChoir (Montagu), AGS Jeug vanMontagu én Mcgregor, Glen Meas(Robertson), Gospel Bells Manne-koor en Robertson se eie Kenny G,Steve Jacobs het konsertgangers invervoering gehad.Die geleentheid se gaskunste-

naars,Dumisani-gospelgroep,het totlaataand die dakbalke laat lig methul treffers.

Die Breederivier Gazette se eerste gospelkonsert was ’n reusesukses. Die wye verskeiden-heid gaskunstenaars het die gehoor telkens op hul voete gehad.FOTO’S:HILDERINESCHRÖDER

Page 5: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 Desember 2014 5

X1PJ3CF1-BZ091214

GELUKKIGE WENNER: November was Nasio-nale Diabetes-maand. As deel hiérvan hetdieWynland Apteek in Robertson ’n kompeti-sie van stapel gestuur waar besoekers tydens’n gratis suikertoets, ’n kans gestaan het om’n suikertoetsmasjien te wen. Enid Mc Tyre(75), jarelange inwoner van Robertson, wasdie wenner van die masjientjie, nadat hy dietoets afgelê het, min wetende dat hy ook sui-ker het. Gelukkig kan hy nou ook sy suikernoukeurigmonitor. Op die foto oorhandig ap-teker Hennie van Dyk (regs) aan Mc Tyre sysuikertoetsmasjien.

Robertson optelevisieValleiers het hopelik verlede Donder-dag na die eerste helfte van die Mooi-loop-episode wat op Robertson opge-neem is, gekyk.Maak seker jy is dié Donderdag 11

Desember weer voor die kassie wan-neerdie laastegedeeltevandiéepisodeom 19:00 op SABC2 uitgesaai sal word.

Page 6: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 9 Desember 20146

X1PJ3C8R-BZ091214 X1PJ3CQD-BZ091214

X1PJ3D4W-BZ091214

X1PJ6RHM-BZ091214

X1PJ6RLR-BZ091214

X1PJ3CUH-BZ091214

X1PJ6RX5-BZ091214

Bright and bold artHILDERINE SCHRÖDER

SmartMagocha has two passions:bright colours and art.

When walking into his studio inNkqubela, onecanseehispassionre-flected on the canvasses against thewalls.Originally from Zimbabwe, Smart

made Nkqubela his home in 2008.He moved to South Africa in the

hopeof startinganart businesshere.“I created a lot of art while still inZimbabwe,butmyworkdidn’t reallysell,” Smart explains.Whenhe came toRobertson, itwas

love at first sight. “It is a beautifulplace with amazing people. I didn’twant to be anywhere else.”His love for nature and bright col-

ours is clearly reflected in his mas-terful pieces.“Pieces with bright colours sell

better. It attracts customers. Housesaren’t beautiful on their own. WhenI create something, I do it to makesomething to beautify people’shomes.”Smart, who prefers using acrylic

or oil paint, usually choses land-scapes or cultural topics, such as lifein a village or fishing towns.He never had any formal art train-

ing, but did follow a few informaltraining courses whilst still in Har-are. It was here that his mentors no-ticed his talent and encouraged himto carve a career from this talent.Although many of his pieces re-

flect nature, Smart can also createpieces to order. “If someone givesmea picture or photograph, I can turnit into a painting. Or if they tell mewhat they want, I can create that.”Smartstillhopestobuildasuccess-

ful career as a full-time artist. “I’mstill looking for someone who canhelpmebecome a recognised artist.”Until then, this local Picasso, who

started painting as a child, will con-tinue to create his colourful worksof art. “I believe God speaks to indi-viduals through the talents He hasgiven them. Iwill continue to use thetalent He gave me.”Anyone interested in Smart’s art

canvisithisstudionext to theJosephMatwa Old Age Home in Nkqubelaor call him on 071 942 8316.

Smart Magocha is a talented artist who also creates works to order.PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Verlig Herberg-kinders se FeesHILDERINE SCHRÖDER

Onthou jy nog . . .Dit is Oukersaand of Kersdag.

Vir dae lank hou jy die vrolik ver-sierde Kersboommet sy blink lig-gies en geskenke om sy stam aldop.En dan die groot oomblik wan-

neer Ma en Pa sê jy kan maar jougeskenke oopmaak.Kersfees is ’n spesiale tyd. Tyd

vir samesyn, kuier saam met fa-milie en geliefdes. Maar nie viralmal nie . . .By die Herberg Kinderhuis,

wat 122 kinders huisves, is daaraltyd ’n klompie kinders wat niena hul ouerhuis kan gaan nie. Virhúlle probeer Herberg om Kers-fees so spesiaalmoontlik temaak.Omgeld vir dié doel in te samel,

sê Petro Uren, bemarker by Her-berg, hou Herberg elke jaar ’nKersliggie-projek.Valleiers kan oudergewoonte

een of meer Kersliggies borg omnie net die Kersboom op te heldernie, maar ook geld in te samel omKerstyd vir die kinders wat byHerberg aanbly net so feestelik temaak soos die tyd wat Valleiers

in hul eie huise deurbring.Vir ’n skamele R50 kan Vallei-

ers ’n Kersliggie borg. Vyf Kers-liggies kos R250 en tien Kerslig-gies R500.Hoe meer liggies Valleiers

borg, sê Uren, hoe meer kindersse lewe kan verlig word.Valleiers kan direkte bankin-

betalings by Absa Robertsonmaak. Verwysing: Borg ’n liggie.Takkode: 334713. Tjekrekening-nommer: 1200390004.Vir navrae of meer inligting,

bel Uren by 023 626 3140 of stuur’n e-pos na [email protected].

Valleiers kan Kerstyd vir ’n paar kinders van Herberg ophelder deur deel te neem aan die kinderhuis se Kersliggie-projek.

AAAAAA-BZ091214

Page 7: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 Desember 2014 7

X1PEBPUD-BZ091214

) Die Robertson-polisie ondersoek ’nsaak van moord ná ’n man van dieplaas Keurkloof Sondag 7 Desemberbeswyk het ná hy glo met ’nmes in diebors gesteek is. Gert van Wyk (38) isop pad na die Robertson-hospitaaldood ná hy glo tydens ’n argument by-gedam is. ’n 39-jarige vrou is in ver-band met die voorval in hegtenis ge-neem. Sy sal in aanhouding bly totmethaar hofverskyning op aanklag vanmoord.

) Die Robertson-polisie ondersoek ’nsaak van strafbare manslag ná ’n manvan Robertson die afgelope naweeknet buite Robertson doodgery is. Ema-nuel Smith (40) het glo Saterdag 6 De-sember omstreeks 21:55 voor ’nwit To-yota Hilux-bakkie ingeloop. Die be-stuurder van die voertuig, vanWolseley, kon nie betyds uitswaai nie.Smith is op slag dood.

Page 8: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 9 Desember 20148

AAAAAA-BZ091214 X1PJ0AKR-BZ091214

‘Swetskom’ laat landsburgers rooi sienAi, kragtie. Of dalk eerder krag nié . . .Noem die woord “krag” en die kans is

goed dat iemand ’n kragwoord sal los, selfsin ordentlike geselskap.Die land se “kragreus” is deesdae eerder

’n bloedneus stoeier wat blindweg voort-steier en in die proses word landsburgers,Valleiers inkluis, dikwels onkant gevang.Soosnouonlangsweer.Sitnogdrukbesig

en werk toe Eishkom beduie dis tjailatyd.Kry so ewe ’nnuusflitswat dié toeskryf aaninstandhouding. Toe ek die laaste keer diéwoord in ’n verklarende woordeboek opge-soek het, het dit dié woord só verduidelik:“Daad om iets te laat bly bestaan, aan diegang te hou, in wese te bewaar”.Ekmag dalk nie oorle’ Einstein se niggie

iewers in die stamboom af wees nie, maaras die krag ewe skielik op ’n Vrydag agter-middag wyk beduie dít mos eintlik dat diesogenaamde “instandhouding” juis nié,wel, in stand gehou is nie. Wys my iemandin die staatsdiens wat ná vier nog gewoneinstandhoudingswerk doen, en ek wys jou

die roete na Atlantis (dis nou die een onderdie see waar daar heel waarskynlik krag is!).Eishkom se (laat) kommunikasiedrade is

waarskynlik ge-kruis, want minutelater reken nóg ’nnuusflits die kraggaan van só laat totsó laat af wees enmaan verbruikersom asseblief (hoehoflik!) ander reë-lings te tref.Net jam-mer die krag wasreeds af toe dié onwelkome boodskap homkom aanmeld.Net hier laat my geduld my in die steek!

As die slimmense by Swetskom (min mensehet waarskynlik mooi woorde gebruik) sobietjie vroeër laat weet het daar is instand-houding/beurtkrag/wieweetwatoppad, sóúdie meeste mense waarskynlik “ander reë-lings” getref het.Maar hoe gemaak as die hele dorp

krag(te)loossit?Sal ’noubydierybureafloopen hoor wie ’n gasstoof het of ’n braaivleis-vuurgepakhet en joudáár tuismaak?Ofdalk

na ’n restaurantgaan waar jy hoopdie res van die dorpnie reeds in ’n rystaan en wag vir ’nsitplek nie?Wonder nogal

hoe besluit diegrootbase van Es-dom (te oordeel aansy kommunikasie)

wiewanneersonderkragmoetsit.Ekverbeelmy daar sit ’n lywige man op sy neënde rug-werwel, voete op sy duur lessenaar, terwylhymet toe-oë en ’n grynslag ’n veerpyltjie na’n landkaart mik. Net om seker te maak is’n netjiese vierkantjie van die streek waarhýbly,uit diekaart geknip.Hiér salniemandskielik deur duisternis oorval word nie.Wonder nogal hoe lank Suid-Afrikaners

gaan dink kerslig is romanties . . .

RubriekRubriek

WEDEROM: Die Bonnie People-projek op Bonnievalehet onlangs afskeid geneem van sy projekbestuurderen prinsipaal van die afgelope drie jaar, Lee du Preez(heel links). Du Preez, wat die afgelope jaar ’n reuse-bydrae tot die projek gelewer het, tree aan die eindevan die jaar af.

Page 9: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 9 Desember 2014 9

Harde werk en studie beloonHILDERINE SCHRÖDER

Maande se harde werk het verledeweek vrugte afgewerp toe ’n grootaantal kelder- en plaaswerkersvan die Vallei sertifikate ontvanghet vir nuwe kwalifikasies, wathulle danksydiekursussewathul-le voltooi het, verwerf het.

Die werkers se nuwe kwalifikasiesis verlede Woensdag 3 Desember bydie Graham & Rhona Beck-vaardig-heidsentrum aan hulle oorhandig.Die kursusse is deur CVS College,

Sims Khula en VinPro aangebied,deur Agriseta (die sektorale oplei-dingsowerheid vir landbou) en Vin-Pro gefinansier.Die kursusse is by die Graham &

Rhona Beck-vaardigheidsentrumaangebied.Die uitvoerende hoof van Agriseta,

JerryMadiba, het die deelnemers aandieonderskeiekursussegeloofvirhulhardewerkendeursettingsvermoëen

hulle aangemoedig om dít wat hullegeleer het in praktyk toe te pas.Die kursusse wat voltooi is sluit be-

sigheidsbestuursdienste, generiesebestuur, plantproduksie, besproei-

ing, grondkunde, lowerbestuur, in-sek- en plaagbeheer, wingerdvesti-ging en ’n snoeikursus in.Verskeievandiekursusgangershet

meer as een van dié kursusse voltooi.

Plaas- en kelderwerkers van die Langeberg-area het rede gehad om verlede week breedte glimlag ná hulle vir die voltooiing van ’n verskeidenheid kursusse beloon is.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

X1PJ9GEW-BZ091214

Page 10: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 9 Desember 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

MUNNIK BESSEL MAR-TINGeb: 26/02/1944Gest: 06/12/2014Sag heengegaan in dieouderdom van 70 jaar.Begrafnisdiens Sondag 14Desember 2014 om 12uurby die huis in Langstraat 2,en 1nm in die MethodisteKerk, Mcgregor. Sal altydmet liefde onthou worddeur sy vrou, kinders enkleinkinders.

IN MEMORIAM

1015

MARIA MENTZA(Raaitjie)Geb: 11/12/1951Gest: 07/10/2014Mammie, dis jou eersteverjaarsdag weg van ons.Ons sou dit anders wou hê,maar God het sy blom kompluk. Mis jou baie en salaltyd lief wees vir jou. Vaneggenoot, kinders, klein-kinders, jou broer Mercy,Gareth, Heyward en diefamilie.

VOIGT JAY DEE RHU-MALDOGeb: 2/05/1995Gest: 10/12/2013Reeds, 1 jaar wegeneemvan ons. Ons mis jouonsettend baie. Van ma,pa, Eddison en Abigail.

VOIGT JAY DEE RHU-MALDOGeb: 2/05/1995Gest: 10/12/2013Toekomsplanne was deurons as vriende gemaak,veral in ons matriekjaar.Maar God se planne wasver groter. Die verlange isdie grootste deur die tyd,jy sal in ons harte bly! Onssal jou liefhê, VEREWIG!Van Frandall, die boys enal jou vriendinne!

GELUKWENSINGS

1030

CALVIN ANGELAan ons dogter en enigstesuster Angel ons, is baietrots op jou met dit wat jybereik het in die Weermag.Mag jy jou verblyf genietin Johannesburg. Ons gaanjou baie mis, want Uping-ton was alreeds te vêr.Liefde mammie, daddie endie seuns.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

DEBT CONSOLIDATIONOnline.Low credit score [email protected] 376 8824.

OPLEIDING &

OPVOEDING

1480

TE KOOP

ELEKTRONIES

& DIGITAAL

1625

COMPUTER SPECIALS.Pentium 4's fromR1299,00. Refurbishedwith warranty. Call DolfUys 072 705 8577.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

UITSTEKENDEGELEENTHEID. Bepaaljou eie inkomste. Maakmense bewus van ugesonde aktiewe lewens-styl 076 703 5155.

DIENSTE

2420

STEM HERSTEL KLA-VIERE alle areas. Profes-sioneel kwaliteit diensWessel de Beer 082 7043276.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

40 JARIGE DAMEbeskikbaar vir dadelikeindiensneming van admini-strasie pos (permanent)•15 jaar indiens gewees bysuksesvolle besigheid•Ondervinding in: debiteure enkrediteure•Btw en kasboek take•Uitstekende telefoonetiket•Rekenaarvaardig (pastel)•Dadelik beskikbaarKontak: 023 626 2258 vir CVen goeie verwysings.

X1PHXU51-BZ091214

X1PHBQA5-BZ021214

X1PJ16PR-BZ091214

SLIMKOPPE: Dié leerders aan Ashbury Primêr is by die jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid as die toppresteer-ders in die grondslagfase vereer. Agter (van links) is Zenaida Matthys (gr. 3C), Carly Hoffman (gr. 1B), Sheldonde Wee (gr. 1A), Nicole Philander (gr. 2A), Tashmid de Koker (gr. 1C) en Beyoncé Rossouw (gr. 3B). Vooris Shamel Goodwin (gr. 3A), Nicole Cloete (gr. 2B) en Percwill van Nooi (gr. 2C).

TOPLEERDERS: Dié leerders aan Ashbury Primêre Skool is by die skool se diplomaplegtigheid as die toppres-teerders in hul onderskeie grade aangewys. Van links is Megan Antonie (gr. 4), Share-Dee Weavers (gr. 5),Jonica Misithebo (gr. 6), Marsha-Lee Pekeur (gr. 7), Nicole Stellenberg (gr. 8) en Jean Pieterse (gr. 9).

WISKUNDIGE: Craig Rossouw,’n gr. 3-leerder aan RobertsonVoorbereidingskool, het by dieonlangse Cami-Maths-dis-triksfinaal ’n derde plekbehaal.

HOOFLEIERS: Angene Swanepoel en Ethan Japhets, van Ashbury PrimêreSkool op Montagu, is as die skool se hoofmeisie en hoofseun vir 2015gekies.

SPORTLUI: Dié leerders aan Ashbury Primêre Skool is aangewys as die skool se top sportpresteerders vir2014. Van links is Juhiran Soldaat (rugbyspeler van die jaar), Catherina Louw (sportmeisie van die jaar)en Dimitri Moses (sportseun van die jaar).

AAAAAA-BZ091214

Page 11: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 9 Desember 2014 11

X1PJ3EGM-BZ091214

TROFEEWENNERS: Dié leerders is by Ashbury Primêre Skool se onlangse prysuitdelingsgeleentheid met trofeë vereer. Van linksis Megan Antonie (Sankie Jordaan-trofee: wiskunde intermediêre fase; Bernecia Takeloo-trofee: natuurwetenskap en tegnologieintermediêre fase), Elrethe Nel (Johny Pekeur-trofee: entrepreneur van die jaar), Victoria Seronne (Sankie Jordaan-trofee: wiskundegr. 6), Enjean Pieterse (Cheronica du Preez-trofee: Afrikaans senior fase; Claude de Koker-trofee: natuurwetenskap senior fase;Neil Pieterse-trofee: sosiale wetenskappe; Wilmaré Baarman-trofee: ekonomiese- en bestuurswetenskappe; Michelle Botha-trofee:positiewe ingesteldheid), Abigail Galant (Trevor Pekeur-trofee: wiskunde senior fase), Alison Julius (Bryan Fluks-trofee: skeppendekunste; Winston Philander-trofee: skoolleierskap) en Damian Pieterse (Montagu Spar-trofee: skoolleierskap).

DAWID ENGOLIAT: Dié leerders aan die Laerskool Robertson het aan die teenoor-gestelde kant van die ry gestaan die dag toe lengte uitgedeel is. Van linksis Conrad Beyers (1,83 m, gr. 7), Jeflynne Voigt (1,43 m, gr. 7), Armand vanDeventer (1,86 m, gr. 7), Jodrey Jacobs (1,23 m, gr. 4), Anika de Bruin (1,89 m,gr. 7), Cari-Faith Marero (1,29 m, gr. 5) en Pero Palic (1,95 m, gr. 7).

Lekker vakansies wagHILDERINE SCHRÖDER

Die langverwagte skoolvakansieis hier en terwyl ouers oraloordalk nóú reeds hande in die haresitoorwathullegaandoenomdiejongspan besig te hou, kan diekleingoed nie wag vir die laaste

skoolklok om te lui nie.Die Gazette het by ’n paar leer-

ders gaan hoor wat hulle vakan-sieplanne is en uitgevind hullehet een ding in gemeen: hulle issommer báie bly die vakansie ishier!

Wessel Janse vanRensburg (11), van La-erskool Robertson sêhy kan nie wag om sypa te help boer nie. Hydra gewoonlik die em-mers aan tydens oes-tyd en neem leë em-mers terug om volge-maak te word.FOTO’S:HILDERINE SCHRÖDER

Hy sien nou reeds baieuit na sy en sy gesin sevakansie in Durban,vertel Wikus van Deven-ter (12). Hy gaan vir se-ker baie in die see swemen, nee, verseker hy, hyis glad nie bang virhaaie nie!

Buhle Mncibe (10) kankwalik wag vir die vakan-sie om te begin. “Ek gaanJohannesburg toe engaan my ma weer sien!”Sy is veral opgewondeomte gaan inwoon by die ge-sin vir wie haar ouma inJohannesburg werk. Sysien haar familie net inskoolvakansies en juisdaarom is sy so opge-wonde om almal weer tesien, vertel Buhle.

Hanno Botha (10) sienbaie uit na hul gesinsva-kansie. “Daar is ’n supertube om op te ry,” vertelhy opgewonde. En diebeste deel van die va-kansie? “Wel, tannie,daar gaan nie huiswerkwees om te doen nie, soek kan ontspan ná ’n jaarse werk.”

Hyze Jack (7) gaan diévakansie Beaufort-Westoe waar sy ongetwyfeldheerlik bederf gaanword. “Ons gaan by myouma kuier!

Hy is sommer baie bly ditis vakansietyd, sê Rigtervan Zyl (7). “Ons gaanFranskraal toe!”

Henré Swart (7) is net soopgewonde oor die va-kansie wat voorlê. “Onsgaan by my ouma opFranskraal kuier.” Blyk-baar bederf Ouma hullebehoorlik. “Sy gee netsoetgoed,” verklap hymet’n breë glimlag.

KirstenPockpas (8) gaanook dié vakansie by diesee deurbring. “OnsgaanStruisbaai toe,” ver-tel hy. Aan visvang het hynie veel erg nie, maar hysien baie daarna uit omin die see te swem en bysy ouma te kuier.

Ashlynne Joseph (7) sienbaie uit na haar seeva-kansie in die Kaap. “Ekgaan my nefies, oom enpeetmasien,” vertel sy. Syen haar nefies speel elkevakansie heerlik saam enis lief vir wegkruipertjie.

Page 12: Breederivier gazette 09 12 2014

Breederivier

Year 18 • 9 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212

X1PJ5D74-BZ091214

De Wet 4th overall in ‘Roof’Localmotorcyclist Altus deWet can tickoff a few things on his ‘Roof of Africa’list after he finished this race in theMountain Kingdom of Lesotho this pastweekend in the fourth place overall.

The 29-year-old rider fromMontagu, whoclaimed his sixth South African nationalchampionship title earlier this year byclinching the E2 championship for the sec-ond consecutive year, had a good event de-spite crashing during Thursday’s Aroundthe Houses street race in Maseru and theninjuring his little toe during the time-trialon the same day. He still posted the thirdfastest time after time-trial and started Fri-day’s racing section from the third positionon the grid.According to De Wet, who finished the

three-day “Roof” in 19:48:52, the challengewas not the most difficult participants hadto face in recent years, but, he adds, it wastough and exhausting.Friday’s route took competitors up and

down various new mountain passes. Afterracing formore than nine hours DeWet fin-ished the day in the fifth place in the GoldClass.After three days and a total of more than

19 hours in the saddle, De Wet finished the2014Roof ofAfrica, ratedasoneof the tough-est ‘HardEnduro’ events in theworld, in thefourth place overall.This is his second consecutive top 10

“Roof” result. Altus de Wet in action during the Roof of Africa challenge. PHOTO: IAN MCLAREN

KARATE: Dié kleingoed by Kleuterkampus het onlangs hul eerste Goju Kai-karate-toets met lof geslaag. Hulle is almal bevorder na die volgende vlak. By hulleis Sensei Nico Drake.

WEDVLUG-KAMPIOENE: Die Robertson Junior Dui-weklub het onlangs sy toppresteerders by sy prysuit-delingsgeleentheid vereer. Geanu Visagie (links) hetdie Toyota Jongduif-wisseltrofee losgeslaan en is askortpad- en klubkampioen gekroon. Demitrie Evert-son is as ope duiwekampioen aangewys ná hy dieWynland-unie se Kimberley-wedvlug gewen het. Ditis die eerste keer dat dié twee, onder leiding vanFrancois Visagie, op hoë vlak aan wedvlugte deelge-neem het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Gemengde welslae vir RobertsonDieRobertson-krieketklubhetdieaf-gelope naweek gemengde resultatebehaal in syonderskeiewegwedstry-de.In die Paarl wen Robertson se eer-

ste span die loot en besluit om eerstete kolf en het 206 lopies aangetekenvoor al sy kolwers uitgeknikker is.Vir Robertson doen Y. Abrahim (51),

A. Philander (31) enW.Abrahim (26)goed met die kolf, terwyl H. Paulse(4/23), L. Jansen (2/30) en G. Stevens(2/24) die Paarl se boulaanval geleihet. Met sy beurt voor die paaltjiesword die Paarl getref deur ’n boul-aanval waarvoor hy nie antwoordehetnieenwordalsykolwersterugge-stuur kleedkamer toe vir 69 lopies.

L. Jansen (13) en G. Stevens (14) hettevergeefs probeer veg met die kolf.VirRobertson,wat diewedstrydmet’n allemintige 137 lopies gewen het,het W. Abrahim (5/29), G. Padiachy(3/9)enZ.Abrahim(1/5)diepaaltjieslaat kantel. Robertson se tweedespan het egter nie welslae behaal insy wedstryd teen Worcester nie.

SportuitslaeGholf:Montagu (72): Enkel-Stableford – R. Ester-

huyse 34, D. Thornton 34, R. BRuwer 34, B.Stemmett 33, D. Thornton 32.Robertson (72): Enkel-Stableford – C. Cloe-

te 40, J. Theron 39, J. du Plessis 39, N. Smit39, J. Voges 39, L. Vercuiel 39, J. Coetzee 38,R. duPlessis 38,V.Newell 37,D. vanDeventer37.Worcester (72): Samespel-Stableford – D.

Moraal en B. Boshoff 50, O. Strydom en A.Pretorius 46, S. le Roux en J. le Roux 44, W.Faul enP. Cilliers 41, I. Viljoen enN. vanNie-kerk 40.

Krieket:Paarl t. Robertson: Robertson 205 (Yusif

Abrahim 51, Aubrey Philander 31, WarwickAbrahim 26). Paarl 68 (Warwick Abrahim5/18, Garneth Eadiadu 3/9). Robertson wenmet 137 lopies.