breederivier gazette 24 sept 2013

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 24 September 2013 | Tel. 023 626 5212 Dié “tronkvoëls” was darem nie werklik in die beskuldigdebank nie, maar hulle gaan wel vanaand in ’n skynhof voorkom omdat hulle, wel, te veel vir hul medemens omgee. Dié Jail & Bail-projek is deel van die Robertson Lenteskou en word aangepak om geld vir die Kankervereniging van Suid- Afrika (Kansa) in te samel. Mense wat bereid is om hulle vrywillig in hegtenis te laat neem, moet vanaand (Dinsdag 24 September; nié 25 September soos vroeër deurgegee nie) om 18:00 by die skouterrein se kantoor (nie die landbousaal nie) aanmeld. Daar sal hulle “in hegtenis geneem” word, in oranje oorpakke geklee en met geboeide hande in ’n transportwa na die “hof” in die landbousaal geneem word. Daar sal die publiek van 19:00 af kan sien hoe die “beskuldigdes” voor landdros Hannes Fölscher verskyn en dadelik skuldig bevind word aan bereidwilligheid om te help. Die straf is ’n boete wat dadelik betaalbaar is en waarvoor die beskuldigdes ’n kwitansie van Kansa sal ontvang wat hulle met die volgende belastingopgawe kan indien as ’n donasie aan die organisasie. Sakelui en ander organisasies word uitgedaag om hulle vir dié goeie doel tot “misdaad” te wend. FOTO: ZELDA KLOPPERS ‘Tronkvoëls’ beboet vir barmhartigheid Stakings laat misdaadsyfer opskiet ANITA DE KOCK Die gewelddadige plaaswerker- stakings van einde verlede jaar en begin vanjaar in die Vallei het meegebring dat die misdaadsy- fers wat pas deur die Suid-Afri- kaanse Polisie bekend gemaak is ’n dramatiese styging in openbare geweld en saakbeskadiging toon. Die misdaadstatistieke vir April verlede jaar tot Maart vanjaar is ver- lede week uitgereik. Volgens dié syfers het die Lange- berg-streek nie net meer openbare geweld en saakbeskadiging ervaar nie, maar ook meer inbrake en dief- stal. Dwelmverwante sake het ook toe- geneem. Dít word egter eerder toege- skryf aan verskerpte polisie-optrede as ’n werklike toename. Montagu is die dorp in die Vallei wat die grootste styging in misdaad beleef het. Hoewel die syfer vir moord met twee voorvalle gedaal het, was daar ’n drastiese styging in die voorvalle van poging tot moord, aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dié kategorieë toon ’n gesa- mentlike styging van 205 tot 255 voor- valle. Die getal roof- en diefstalvoor- valle het ook gestyg, met ’n dramatie- se styging in huisinbrake – van 65 voorvalle in 2011–’12 tot 124 in 2012– ’13. Daarteenoor is McGregor die dorp waar die minste misdaad gepleeg is en waar die toename in misdaad mi- nimaal is. Die voorkoms van diefstal, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwelmverwante misda- de toon ’n styging, maar vir die res is daar ’n geringe of geen toename in ernstige misdade nie. In Robertson was daar ’n toename in die voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer – van 261 voorvalle in 2011–’12 tot 317 voor- valle in 2012–’13. Huisbrake het ge- styg van 222 tot 313 en inbrake by mo- tors van 66 tot 137. Die getal winkel- diefstalle in die dorp het gestyg van 78 tot 99 voorvalle. Die syfers vir Ashton toon ’n sty- ging in inbrake by nieresidensiële gebiede – van 18 voorvalle tot 43. Daar was ook ’n geringe toename in voor- valle van kinderverwaarlosing – van geen voorvalle tot twee in die laaste boekjaar. Die res van die statistieke vergelyk goed met dié van 2012. Die syfers vir Bonnievale toon ’n toename in moord, poging tot moord en seksuele misdrywe, terwyl daar ’n afname in aanranding was. ’n Sty- ging in inbrake by huise en in motors het ook voorgekom. Die res van die syfers vergelyk goed met dié van 2012. In reaksie op die statistieke vir Ro- bertson het lt. Cynthia Mngcele gesê die toename in aanrandings en in- brake is vir hulle ’n groot kopseer en dat hulle patrollies in die dorp sal moet vermeerder en dat die polisie meer sigbaar in die openbare oog moet wees.

Upload: boland-gazette

Post on 22-Mar-2016

279 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 24 sept 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 24 sept 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 24 September 2013 | Tel. 023 626 5212

Dié “tronkvoëls” was darem nie werklik in die beskuldigdebank nie, maarhulle gaan wel vanaand in ’n skynhof voorkom omdat hulle, wel, te veelvir hul medemens omgee. Dié Jail & Bail-projek is deel van die RobertsonLenteskou en word aangepak om geld vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) in te samel. Mense wat bereid is om hulle vrywillig inhegtenis te laat neem, moet vanaand (Dinsdag 24 September; nié 25September soos vroeër deurgegee nie) om 18:00 by die skouterrein sekantoor (nie die landbousaal nie) aanmeld. Daar sal hulle “in hegtenisgeneem” word, in oranje oorpakke geklee en met geboeide hande in ’ntransportwa na die “hof” in die landbousaal geneem word. Daar sal diepubliek van19:00af kansienhoedie “beskuldigdes” voor landdrosHannesFölscher verskyn en dadelik skuldig bevind word aan bereidwilligheid omte help. Die straf is ’n boete wat dadelik betaalbaar is en waarvoor diebeskuldigdes ’n kwitansie vanKansa sal ontvangwat hullemet die volgendebelastingopgawe kan indien as ’n donasie aan die organisasie. Sakeluien ander organisasies word uitgedaag om hulle vir dié goeie doel tot“misdaad” te wend. FOTO: ZELDA KLOPPERS

‘Tronkvoëls’beboet vir

barmhartigheid

Stakings laat misdaadsyfer opskietANITA DE KOCK

Die gewelddadige plaaswerker-stakingsvaneindeverlede jaarenbegin vanjaar in die Vallei hetmeegebring dat die misdaadsy-fers wat pas deur die Suid-Afri-kaanse Polisie bekend gemaak is’ndramatiesestyging inopenbaregeweld en saakbeskadiging toon.

Die misdaadstatistieke vir Aprilverlede jaar tot Maart vanjaar is ver-lede week uitgereik.

Volgens dié syfers het die Lange-berg-streek nie net meer openbare

geweld en saakbeskadiging ervaarnie, maar ook meer inbrake en dief-stal.

Dwelmverwante sake het ook toe-geneem. Dít word egter eerder toege-skryf aan verskerpte polisie-optredeas ’n werklike toename.

Montagu is die dorp in die Valleiwat die grootste styging in misdaadbeleef het.

Hoewel die syfer vir moord mettwee voorvalle gedaal het, was daar’n drastiese styging in die voorvallevan poging tot moord, aanranding enaanranding met die doel om ernstigtebeseer.Diékategorieë toon ’ngesa-

mentlike styging van 205 tot 255 voor-valle. Die getal roof- en diefstalvoor-valle het ook gestyg, met ’n dramatie-se styging in huisinbrake – van 65voorvalle in 2011–’12 tot 124 in 2012–’13.

Daarteenoor is McGregor die dorpwaar die minste misdaad gepleeg isen waar die toename in misdaad mi-nimaal is.Dievoorkomsvandiefstal,aanranding met die doel om ernstigte beseer en dwelmverwante misda-de toon ’n styging, maar vir die resis daar ’n geringe of geen toename inernstige misdade nie.

In Robertson was daar ’n toename

in die voorvalle van aanranding metdie doel om ernstig te beseer – van261 voorvalle in 2011–’12 tot 317 voor-valle in 2012–’13. Huisbrake het ge-styg van 222 tot 313 en inbrake by mo-tors van 66 tot 137. Die getal winkel-diefstalle in die dorp het gestyg van78 tot 99 voorvalle.

Die syfers vir Ashton toon ’n sty-ging in inbrake by nieresidensiëlegebiede–van18voorvalletot43.Daarwas ook ’n geringe toename in voor-valle van kinderverwaarlosing – vangeen voorvalle tot twee in die laasteboekjaar. Die res van die statistiekevergelyk goed met dié van 2012.

Die syfers vir Bonnievale toon ’ntoename in moord, poging tot moordenseksuelemisdrywe, terwyldaar ’nafname in aanranding was. ’n Sty-ging in inbrake by huise en in motorshet ook voorgekom. Die res van diesyfers vergelyk goed met dié van2012.

In reaksie op die statistieke vir Ro-bertson het lt. Cynthia Mngcele gesêdie toename in aanrandings en in-brake is vir hulle ’n groot kopseer endat hulle patrollies in die dorp salmoet vermeerder en dat die polisiemeer sigbaar in die openbare oogmoet wees.

Page 2: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 24 September 20132

BMW-motorfietse byeenThe Great Winelands Adventure, ’nsaamtrek vir eienaars vanBMW-motor-fietse, word van 27 tot 29 September bydieCalliedeWet-sportstadioninRobert-son gehou.

Die saamtrek word gereël deur DanieMeiringwat tot onlangsnog ’n inwoner vandie dorp was en meen die pragtige omge-wing van die vallei is ’n ideale plek om rus-tig met jou fiets op die agterpaadjies rondte ry en die natuur te geniet.Dieprogramvirdienaweek isvol interes-

sante aktiwiteite soos ’n wingerdresies, ’nvaardigheids-uitdaging en allerhande an-der wedyweringe wat almal besig sal hou.Groot pryse is op die spel vir die verskil-

lende uitdagings en ’n spesiale veiling van’n 9F-bottel wyn gaan gehou word. Die geldgaanaan ’n plaasskool indieomgewingwatreeds deur die organiseerders geïdentifi-seer is.Die verrigtinge begin Vrydag 27 Septem-

ber wanneer registrasie vir die naweek bydie Van Loveren-wynlandgoed geskied. Dieaandword ’npotjiekos-etebydie stadionge-hou en van die omgewing se beste wynemaak deel uit van die spyskaart.

Saterdag kan deelnemers die natuur-skoon van die omgewing op hul eie genietop een van die talle beskikbare roetes, envir diegene wat nie wil rondry nie, is daardieRobertsonLenteskouwaarhullehulselfkan geniet.Die middag word ’n wingerdresies op die

Van Loveren-wynlandgoed gehou en laterdieaandkandiemannebydieCalliedeWet-stadion hulle vaardigheidmet hul fietse be-wys in ’n vaardigheidsuitdaging. Daarnaword daar gekuier.Talle interessante pryse kan gedurende

die naweek gewen word, en ’n spesiale bot-telwyngaanmet die prysuitdeling opgeveilword vir liefdadigheid. Verblyf vir die na-week kan by gastehuise gereël word of daarkantentopgeslaanengekampword.Sondagnáontbytkiesalmalweerdiepad terughuistoe. Die saamtrek is net vir eienaars vanBMW-motorfietse en plaaslike eienaarsword genooi omaandie naweek se pret deelte neem.Meer inligting is op die webwerf beskik-

baar by www.winelandsadventure.com ennavrae kan gerig word aan [email protected]. Danie Meiring kanook gebel word by 082 339 4667.

OPTOG VIR JESUS: ’n Christusfees is verlede naweek in Robertson gehou en een van die talle aktiwiteitewaaraan lede van die publiek kon deelneem, was ’n optog deur die strate van die dorp. Dit was’n koue, reënerige oggend, maar dit het nie die geesdrif van die optoggangers gedemp nie. Hieris hulle Saterdagoggend in Piet Retiefstraat.

GEWILDE SPREKER: Die gewilde 7de Laan-akteur Zane Meas was een van die sprekers tydens dienaweek se verrigtinge. FOTO’S: DEON VAN DEVENTER

Khoisan-byeenkoms uitgestel’n Erfenisdagbyeenkoms vir die Khoisan-gemeenskap, wat vir vandeesweek by dieRobertson-gemeenskapsaal in Hospitaal-

straat beplan was, is uitgestel na Oktober.Virmeer inligting, kontakevangelisF.Mal-gas by 074 962 4283.

) Die Afrikaanse Handelsin-stituut (AHI), insamewerkingmet die sakekamers van Bon-nievale en Robertson, biedvan 21 tot 25 Oktober gratisopleidingvirentrepreneursofvoornemende entrepreneursaan. Individue, kerke, skoleen besighede kan kandidateidentifiseer en hul besonder-hede teen Woensdag 25 Sep-tember stuur na Hansie Wol-faardt by [email protected] of na WillemKruger by [email protected].) Die departement van maat-skaplike ontwikkeling en TheValleys and Mountains Deve-lopment Foundation bied vanOktober af ’n kreatiwiteits-ontwikkelingskursus virjongmensetussen14en25aan.Dit sal fokus op die geleenthe-de in die toerismesektor virjongmense om ’n lewe temaak.Deelnemers sal ’n serti-fikaat ontvang wat deur diedepartementonderskryfword

en geleenthede kan oopmaak.Inskrywings kan persoonlikby die Vangnet-gebou in Hap-py Valley afgelewer word, ofbel0721783450.Boerewordge-vra om die inskrywings perplaas deur te stuur ter willevan roetebeplanning in dieplaasgebiede. E-pos [email protected]. InMon-tagu kan Olin Kiwietz by 072295 8441 gebel word. Inskry-wings sluit 25 September om16:00.) The Anna Foundation iscurrently running a bookdrive with the idea of giving700 children from Grade R tomatric an Afrikaans bookeach. With this project thefoundation aims to encouragereading but also to give eachchild his or her ownbook. Thedrive will continue until theend of September and bookscan be dropped off at ArabellaWine Estate as well as at Bar-gain Books in Worcester. It isthe aim of the foundation toimprove and increase readingamongstscholarsandit iscall-ing on people and institutionsto help with this endeavour.More information is availableon the foundation’s website at

www.annafoundation.com,or phoneCarolynClarkon 021809 1225.) Die produksie Vuur Seisoe-ne, met Mel Botes en JohanKelber wat immergewildeklassieke meesterstukke vanVivaldi, Bach, Beethoven enMozart sal speel, is op 17Okto-ber om 19:30 in die Robertson-stadsaal. Die vertoning is tenbate van baba Elizabeth Jor-daan wat deurgaans intensie-we mediese sorg nodig het.Kaartjies kos R250 per per-soon en sluit ’n ete en wyn in.Vir meer inligting, skakel023 626 4437 of stuur e-pos [email protected].) Geniet melktert en tee ofkoffiedie laasteVrydagvanel-kemaand om 10:00 by die Jou-bert-huis, Montagu. Groepemoet ’n week voor die tyd be-spreek by 023 614 1774.) Geniet pannekoek en koffieelke eerste Saterdag van diemaand van 09:00 af by dieMuseummark op Robertson.Daar is ook stalletjies waartuisgebak, boeke, snuisteryeen dies meer te koop is.) Send event details for theweekly diary to [email protected].

Page 3: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 24 September 2013 3

McGregor positief oorAsla-behuisingsprojekANITA DE KOCK

Die eerste voorlopige planne vir die beoog-de Asla-laekostebehuisingsprojek opMcGregor is verlede week tydens ’n opedag in die gemeenskapsaal aan inwonersvoorgelê en die planne is allerweë positiefontvang.

Dit volg ná kennisgewings in Julie vanjaargeadverteer is vir ’n voorgestelde projek virlaekostebehuising aan die oostelike grens vandie dorp teenaan Buitekantstraat en Meyer-singel.Dievoorlopigeskemasvandieontwikkeling

isopgetreknáberaadslagingmetallebetrokkepartyeenallebeswareenvoorstellewattydensdie opedag geopper is, sal oorweeg word voor-dat enige verdere besluite geneem word.Volgens Nicolas Hanekom, die omgewings-

konsultant, is daar met die voorlopige plannegepoogomdiebesmoontlikeontwikkelingvandie 17,41 ha grond te verkry. In die proses hethullemet alle betrokke instansies, ondermeerdie historiese vereniging van die dorp, onder-handel sodat die dorp se historiese voorkomsnie versteur sal word nie.Nagenoeg 525 huise word vir die projek be-

plan wat subsidie-behuising en enkelwoon-eenhedeinsluit. ’nBufferstrooktussendieont-wikkelingendieomringendeplasesalgebruikwordvirdiekweekvangroentevireiegebruiken vir verkoop. ’n Spesiale gebied waar ’nplaasmark en ander aktiwiteite aangebied salword, is ook deel van die beplanning.Daar word verder beoog om ’n landbou-op-

leidingsentrum daar te stel waar plaaslike in-woners opgelei sal word in die kweek vangroente en ander gewasse.Dit sal bydra tot die opheffing en bemagti-

ging van die inwoners.

Vrese dat moontlike informele nederset-tingsdiegebiedsaloorneem, isdeurdieLange-berg-munisipaliteitbesweer.VolgensraadslidDevon Hull sal die huise toegeken word aanplaaslike inwoners wie se name reeds baielank op ’n waglys is.Op ’n vraag of daar genoegwater vir die ont-

wikkeling en die voortbestaan van die projeksalwees, hetHanekomgesê die ingenieurs hethulle verseker dat water nie ’n probleem salwees nie. Die rivier langs die dorpmet sy vlei-landsalas ’nekologieseondersteuningsgebiedgebruik word. Daar sal ook ’n 32 meter-buffertussen die vlei en die ontwikkelingsgebiedwees. Daar is ook gekyk na die moontlikheidvan oorstromings, selfs die 100 jaar-vloedvlak-ke is in aanmerking geneem met die beplan-ning. Spesiale stormwaterstelsels vir die vloeivan water is in die planne ingewerk. ’n Wan-delpad of voetpad word beoog wat ’n kortpadvir skoliere sal verskaf.Dit wil voorkom asof die inwoners van die

dorp tevrede ismet die beplandeontwikkelingsoos dit uiteengesit is. Volgens inwoners hetdie beplanners hul huiswerk gedoen en sal dit’n verligting wees as die groot behuisingste-kort in die dorp verlig kan word.Volgens Ashley Habib, ’n inwoner, was die

beplande projek vir hulle ’n groot bekommer-nis, maar sy is tevrede met die planne soosvoorgelê. Sy is ten gunste van die goeie behui-sing wat met die projek daargestel sal word.Tony Saddington, ’n ander inwoner, was te-

vrede,maarhet steeds bedenkinge oor die ont-werp van die huise omdat dit volgens hom nieby die voorkoms van die dorp sal pas nie. Hyis ook van mening dat die huise te klein is,dat daarminder huise geboumoetword endatdiewatgebouword,grotergemaakmoetword.’n Finale verslag oor die ontwikkeling sal

binnekort bekend gemaak word.

Langeberg Municipalitysecond greenest in countryThe Langeberg Municipality has achievedthe second-best results countrywide intheir efforts to extend a green environmentto all its people.This is according to the results of the na-

tionalDepartment ofAgriculture, Forestryand Fisheries Arbor City Awards. In thiscompetition the Langeberg Municipalityearned second place, just behind Draken-stein Municipality which was placed first.Some of the primary objectives of this

competition were related to extendinggreening in local municipalities to previ-ously disadvantaged areas, ensuring thecompliance of greening legislation andraising the awareness of the importance

and value of trees in residential settle-ments.One of the key responsibilities of the pro-

gramme is the planting of fruit trees as anintegral part of food security.AntonBredell, provincialMinister of Lo-

cal Government, Environmental Affairsand Development Planning, said the suc-cess achieved by these municipalities isagaintestimonyto theexcellentworkbeingdone at a municipal level. “This is againwell deserved acknowledgement of theirsterling efforts and I would like to expressour heartiest congratulations to the may-ors,councillorsandmunicipalstaffat thesemunicipalities on this fine achievement.”

GHOLFDAG LEWER GOEIE OPBRENGS: Die Robertson Wynvallei het verlede week sy eerste gholfdagaangebied en hulle het 12 spanne ingeskryf vir die “4-Ball Alliance Medal Scramble”. Die doel vandie dag was om ’n sosiale dag te reël vir hul lede. Daar was ook borge vir die dag en uiteindelikis R12 000 ingesamel wat aan die Klaasvoogds Primêre Skool geskenk is. Hier by die oorhandigingis (van links) André le Roux (Lelienfontein), Elizma Spangenberg-Botha (Robertson Wynvallei), Elizevan Niekerk en Jan Damons van die Klaasvoogds Primêre Skool, asook Pieter le Roux (Tecko).

Page 4: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 24 September 20134

Medici, hoofman sluit ooreenkomsANITA DE KOCK

Mense in die mediese wetenskapen tradisionele leiers in die Bree-deriviervallei het Vrydagmiddaghande gevat en ’n geskiedkundigeooreenkoms in Robertson onder-teken om in die toekoms saam tewerk om die sterfgevalle tydenstradisionele inisiasierituele teverminder.

Die dokument is onderteken deursenior hoofman Jerica Family Mya-taza en dr. Luise Lunnon, die direk-teur van mediese dienste in die Lan-geberg, terwyl die Wes-Kaapse mi-nister van gesondheid, TheunsBotha, waargeneem het.Die ooreenkoms, die eerste van sysoort in die provinsie, fokus daaropom maniere te vind hoe die mediesewetenskap ’nbydraekan lewer indiebesnydingsproses sonderomdiekul-turele tradisie te skaad.Námaande se onderhandelinge ensamesprekinge is daar ooreengekomdat die departement in die toekomsMIV-toetse en steriele chirurgiesepakke vir die besnydenisproses salverskaf, asook enige na-operatiewebehandeling aan enigeen wat dit be-nodig. Daar sal ook gepoog word omdie proses na ander dele van die pro-vinsie te neem.Die onderhandelinge, wat etlikemaande geneem het, is geïnisieerdeur senior hoofman Myataza. Hyhet die departement van gesondheidgenader om te kyk of daar ’n maniergevind kan word hoe moderne me-diese praktyke saammet tradisione-le gebruike, om besnydingsprosessemet inisiasies veiliger te maakDie onderhandelingsproses is ge-doen onder die leiding van JamesKruger, bestuurder vir MIV, seksu-eel oordraagbare infeksies en TB.Omdat daar so ’n groot verskil is tus-sentradisioneleenmodernemediesepraktyke was die onderhandelings-proses moeilik, want wedersydsevertroue moes gevind word.Die hoofrede is egter dat seunswat

deur die inisiasieproses gaan, veilighuis toekom,datrespekvirdie tradi-sies getoon word en dat ’n goeie ver-houding tussen die twee groepe ge-skep moet word.InsytoespraakhetseniorhoofmanMyataza gesê dat die dood van kin-ders tydens inisiasies hom al baielankal pla en dat hy die departementgekontak het sodat daar ’n oplossinggevind kan word.Hy sal self betrokke wees met dieonderhandelingmetdieplaaslikege-meenskappe sodat hulle versekerkan word dat daar nie met die kultu-rele proses ingemeng gaanword nie,maar veral dat hulle kinders lewendsal terugkeer.Hy het ook gevra of die plaaslikeowerhede nie êrens ’n stukkie grondbeskikbaar kan stel vir inisiasiesko-le nie en hy het ook ’n beroep gedoenop mediese dokters om tradisionelepraktisynsby testaanenteonderrig.

Dr. Lunnon het in haar toespraakgesê die proses is ook belangrik indie stryd teenMIV.Daar isbewysdatbesnydenis ’n voorkomendemaatre-el teenvigs is endaar is reeds ’nvoor-komende program in die vallei inge-stel vir volwasse mans wat hulle willaat besny.Botha het in sy toespraak gesê datdie ooreenkoms daarop gemik is ombrûe te bou tussen die tradisioneleen mediese besnydenisprosesse endat dit daarop fokus dat die metodesdie tradisionele besnydenisprosessal verbeter sonder om die tradisiete skaad.Hyhetdiehoofmanookver-seker dat daar spesiale gebiede ge-vindsalwordvirdie tradisionele ini-siasie-skole in die area.Die onderhandelingsproses staanonder die leiding van die departe-ment van sport en kultuur wat saammetdiedepartementvangesondheidwerk.

Senior hoofman Jerica FamilyMyataza en dr. Luise Lunnon, direkteur vanmediese dienstein die Langeberg, onderteken die historiese ooreenkoms met minister Theuns Bothawat waarneem. FOTO: ANITA DE KOCK

Ambulansstasie vir R’sonANITA DE KOCK

Robertson se hospitaal sal in Desem-ber beskik oor ’nnuwe,moderneam-bulansstasie wat tans op die hospi-taalterrein in aanbou is.Die bouperseel is verlede Vrydagdeur die Wes-Kaapse minister vangesondheid, Theuns Botha, besigtig.Hywasvergeselvanonderanderedr.Beth Engelbrecht, direkteur-gene-raal van die Wes-Kaapse gesond-heidsdepartement.Diegebousalookbeskikoorkanto-re, voorraadkamers en gerieflikewagkamers vir pasiënte wat per am-bulans vervoer moet word.Botha het sy tevredenheid met diebouwerkuitgespreekengesêdatelkedorp in die streek oor sy eie ambu-lansstasie sal beskik sodatnooddien-ste vinniger en doeltreffender salfunksioneer.Hyhetdaarna ’nbesoekaandieon-gevalle-afdelinggebringwaarhymetdie dokters en verpleegpersoneel ge-sels het en saam met hulle vir foto’sgeposeer het.Die ander rede vir sy besoek aandie hospitaal was om sertifikate aandie personeel vandiehospitaal se ap-

teek te oorhandig. Die apteek is deurdie Aptekersraad aangewys as diebeste apteek in die openbare sektorin die land.Die personeel het, onder leidingvandieapteeksevorigehoof,Sampievan Staden, die werkverrigting endiensleweringaandiepubliektotnu-we hoogtes aangevoer. Hulle is ge-evalueer op organisasie, voorraad-beheer, kommunikasiemet pasiënteenklinieke, dienslewering veralmetbetrekking tot die etikettering vanmedisyne, opleiding van personeelen bemarking.Van Staden (wat einde Augustusafgetreehet),wat ’n jaarofwatgeledeook as Apteker van die Jaar aange-wys is, het ’n kleurkode vir die ver-skillende kroniese mediese toestan-de ingestel om die stelsel te verge-maklik.Hy het ook alternatiewe plekkedaargestelwaarpasiëntehullemedi-syne kan kom afhaal, wat meehelpom die toestroming by klinieke teverminder.Die minister het die personeel ge-loof vir hul toewyding en gesê hullestel ’n voorbeeld aan alle ander apte-ke om na te streef.

Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, Theuns Botha, by die nuwe ambulansstasieby die Robertson-hospitaal. Hier is (van links) dr. Luise Lunnon (direkteur van gesondheidin die Langeberg), Botha, Anita Mettelerkamp (primêre gesondheidsorgbestuurder), dr.Beth Engelbrecht, (direkteur-generaal van gesondheid in die Wes-Kaap) en ZachariaSiavhe van die Robertson-hospitaal. FOTO’S: ANITA DE KOCK

Twee moorde ondersoekDie verbrande lyk van ’n man isSondag in Zolani nabyAshton ont-dek en volgens die polisie op diedorp is hy vermoedelik aan diebrand gesteek ná ’n moord in dieomgewing.Die man is voorlopig geïdentifi-seerasReentseng IgnasiusMokhe-si van Lesotho.Die liggaam is tans inWorcestervir forensiese toetse. Die polisie isegter dringend op soek na naasbe-

staandes van Mokhesi sodat DNS-toetse gedoen kan word om die lig-gaam positief te identifiseer.’nMoorddossier is in Ashton ge-open en enigiemand met inligtingkan konst. R.L. George skakel by023 615 8120.In ’n ander voorval het ’n mannabeweringSaterdagmiddagsypamet ’nmes doodgesteek. Die oorle-denewasgloin’nrusiemetsy15-ja-rige dogter betrokke en hy sou

haar glo tydens die woordewisse-ling met die vuis geslaan het. Die26-jarige seun het toe na bewering’nmes gaanhaal en sypa indie ruggesteek. Die pa is op die toneeldood.’n Nadoodse ondersoek word ge-doen om die presiese oorsaak vandie dood te bepaal.Die seun is in hegtenis geneemop ’n klag van moord en het gisterop Montagu in die hof verskyn.

PRYSWENNER: Annelda Grootboom, verkoops-konsultant vir geklassifiseerde advertensies bydie Breederivier Gazette, het dit weer gedoen!Vir die tweede agtereenvolgendemaand het An-nelda die toekenning gewen vir GeklassifiseerdeKonsultant van die Maand in Boland Media.Dit beteken dat sy in Julie en Augustus die bespresterende geklassifiseerde verkoopskonsul-tant in die hele Boland Media-groep was. “An-nelda lewer uitstekende resultate vir dieBreede-rivier Gazette en help om die publikasie vanweek tot week na nuwe hoogtes te neem. Omdie toekenning vir twee maande na mekaar tewen, en in so ’n baie sterk kompeterende area,is ’nmerkwaardigeprestasie enAnnelda verdiendie hartlikste gelukwensing,” sê Annelien Dean,redaksionele uitgewer van Breederivier Gazette.

Page 5: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 24 September 2013 5

GROOT DAGGAVONDS: Die polisie in Montagu hetonlangs beslag gelê op ’n groot hoeveelheid daggatydens ’n roentine-padblokkade. ’n Blou Opel Monzamet ’n CA-registrasienommer is tydens die padblok-kade voorgekeer en deursoek en daar is op 67 pak-kies dagga en ’n sakmet ongeveer 25 kilogramdaggabeslag gelê. ’n Man en vrou, vermoedelik van Nyangain Kaapstad, is op die toneel in hegtenis geneemen het verlede week in die hof op Montagu verskynop ’n klag van dwelmhandel.

NUWE BOEK-HOEK: Vir Anne-Marè Redelinghuys iskos en boeke deel van haar lewe. Haar liefde virkos beoefen sy by die Passio-restaurant in Robertsonen nou wil sy ook haar liefde vir boeke daar uitleef.Sy het begin om ou Reader’s Digest-boeke te gebruikvir dekor en sy is besig om plek in te ruim waarmense goeie tweedehandse boeke kan koop. Geldwat deur die boekverkope verdien word, word aandie DBV geskenk. Hier is sy by van die boeke watreeds uitgepak is. FOTO: ANITA DE KOCK

Rock thrownat policeTheRobertsonpoliceare looking for informa-tion about a suspect who allegedly threw arock at the windscreen of a white Corsa be-longing to the Robertson police.The rock was thrown while police officers

were busy attending a complaint at Welven-pas in the La Chasseur rural area on 22 June.Anyonewith information concerning this in-cident is requested to phone Warrant OfficerQuinton Williams on 023 626 8349.

Page 6: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier Gazette Advertisement - Advertensie Dinsdag 24 September 20136

Page 7: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 24 September 2013 7

Page 8: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 24 September 20138

Kore word hier geslyp’n Slypskool vir nie-professionele gemeen-skapskore in die vallei is onlangs by dieGraham & Rhona Beck-vaardigheidsentrumgehou ter voorbereiding vir die RapportATKV-Korekompetisiewatop2Februarieaan-staande jaar in Kaapstad gehou word.Die kompetisie bereik op 2 Februarie tydens

die Suidoosterfees ’n hoogtepunt in dieKaapseStadsaal.Die kompetisie bestaan uit vyf kategorieë:

Gemengde Kore, Dameskore, Mannekore,Sanggroepe en Plaaskore.Die wenners van elke kategorie ontvang ’n

prys van R2 000 en die kategoriewenners magvir die daaropvolgende twee jaar nie aan die

kompetisie deelneemnie sodat ander kore ook’n kans gegun kan word om te presteer.Die slypskool is aangebied onder die leiding

van Lizl Gaffley, ’n koorkenner en een van die2013-beoordelaars.Syhethaarkennisvankoreasookvanaspek-

te vandie beoordelingsprosesmet diekoorledegedeel.KorehetvansoverasPlettenbergbaai,Ceres

en Vredendal gekom om die slypskool by tewoon en onder die gemeenskapskore was dieKromlin Plaaskoor van die Koue Bokkeveld,Hawston Stigterskoor, The Question Marksvan Worcester en die Straht Breede Dames-koor van Wolseley.

MKS gaan groot in 2013GK MATTHYSE

GK en Ravy en die MKS crewgaan groot gaan in 2013. Onsis rappersvanAshtonenwerkbaie hard om bo uit te kom.In 2007 het ons besefwat ons

ware talente is. Aanvanklikhet ons gesukkel met toerus-ting, maar met vertroue inGod het ons deurgedruk.Ek het ’n live band by ’n ta-

lentaand sien optree en be-sluit hulle kanmy groepmeerlewendig maak. Ek het hullegevra om by my crew ’n kon-trak te teken enhulle het inge-stem. Die MKS crew (MajorKids Salute) probeer onsselfnou bekend stel aan die land

en beplan om vertonings tehou, musiekvideo’s te maak,CD’s te verkoop en ook toneel-stukke te hou. Ons werk nouaan ’n fliek Save Haven watin November uitkom en sienbaie uit daarna. Ons wil vol-gende jaar inMaart inLondenoptree, maarmoet eers 15 ver-tonings in Suid-Afrika doen.Onshet beplanomonsvolgen-de show in Robertson te hou.Julle kan van ons mix tape

tracks aflaai by www.gkmus-ic.d8u.me.

’n Slypskool vir kore is vroeër die maand by die Graham & Rhona Beck-vaardigheidsentrum net buite Robertsongehou ter voorbereiding vir die Suidoosterfees aanstaande jaar. Hier is koorlede te sien wat die slypskoolbygewoon het.

GK en Ravy, twee rappers van Ash-tonwatonderdié verhoognameop-tree.

OM TE HELP: ’n Damestee is op 14 September deur die Round Table-vroue gereël ter bewusmaking vandie Sunflower-fonds wat kankerpasiënte help. Monica Lotter het gesels oor haar ervaring van borskankeren die invloed wat dit op haar en haar gesin gehad het. Die praatjie oor die gebruik van skenker-stamsellewat pasiënte met bloedkanker kan help, was besonder inspirerend. Op 12 Oktober word Bandanadag geviermet die verkoop van bandanas deur die Round Table en Pick n Pay (teen R25 elk). Die geld wat só ingesamelword, word aan die Sunflower-fonds geskenk. Bel Petra Roux by 083 280 2709 of besoek www.sunflower-fund.org.za. Hier is (van links) Tanya Brummer, Carin Brummer, Riza Janse van Rensburg en Esmarie Swart.

Page 9: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 24 September 2013 9

WISKUNDE-BREINE: Leerlinge van Laerskool Montagu het op 11 Septem-ber aan die finale ronde van die Amesa Wiskunde-uitdaging deelgeneemen 17 van die 32 leerlinge wat deelgeneem het, het sertifikate verwerf.Drie van die skool se leerlinge het goud verower en Antjie van Rooyenis aangewys as die wenner van die dag. Hier is die leerlinge wat goudverower het (van links): Antjie van Rooyen, John Wright en Antuan Nel.

BRONSTOEKENNINGS: Dié skoliere van Laerskool Robertson het bronsby die Worcester Eisteddfod verower. Hulle is (voor van links) MichelleBurger, Eudene Ayford, Nick Hlope en Jade van Deventer; (agter) KieraSchutte, Elisna van Deventer, Kayla Both en Nina-Lari Brewis.

MET LOF: Leerlinge van Laerskool Robertson het vanjaar aan dieWorcesterEisteddfod deelgeneem en baie goed presteer. Hier is die cum laude-wen-ners. Agter (van links) is Katina Ellis (voordrag), Chido Basvi (onvoorberei-de lees), Jay-Dee Meyer (onvoorbereide lees), Jade Benton (onvoorberei-de lees) en Emma van Deventer (digkuns); (voor) Simamkele Sibozo(digkuns), Getha Kloppers (digkuns) Jade van Deventer (digkuns) enMarietjie Visser (voordrag).

EISTEDDFOD-MEDALJES: Vier leerlinge van Laerskool Robertson het van-jaar tydens die Worcester Eisteddfod medaljes verower. Hulle is (vanlinks) Katinka Ellis (voordrag, onvoorbereide lees, prosa en digkuns),Getha Kloppers (voordrag), Emma van Deventer en Harry Gilson (beidevir onvoorbereide lees).

PROSPECT-KINDERS NEEM AAN HEERLIKE SPORTDAG DEEL: Leerlin-ge van Prospect NGK Primêre Skool het onlangs aan ’n mini-rugby-en -netbalsportdag deelgeneem wat by die H. Venter Primêre Skoolaangebied is. Die byeenkoms het plaasgevind op die sportterreinvan Kogmanskloof in Ashton. Onder die skole wat ook deelgeneemhet was Klaasvoogds Primêr, Wakkerstroom-Wes, Stockwell Primêren WA Rossouw Primêr. Hier wys die jong rugby- en netbalspan waar-toe hulle in staat is.

Page 10: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 24 September 201310

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

07

Gelukwensing

Congratulations

RAAIWIEWORD 1?

JANSEN JESHNIQUEBaie geluk met jouverjaarsdag, 28 September2013. Jy is die sonstraal inons lewe. Van jou Mammie,Daddie, Nanna, jou 2Mammas en Pappa.

08

Sterfgevalle

Death Notices

VANRYNEVELDNI-KLAASGeb.26/01/1934-Gest.22/09/2013Begrafnisdiens vind plaasSaterdag 28/09/2013 om9vm die huis inKeeromstraat 3 en 10vmby die VGK -kerk inLoopstraat, Robertson. Hyword oorleef deur sy vrou,6 kinders, 16 kleinkindersen 3 agterkleinkinders.

STEVENS CATHERINEGeb.22/04/1974-Gest.22/09/2013Die Roudiens vind plaasDonderdag, 26 September2013 om 7nm by die huisin Mullerstraat 32. Be-grafnisdiens is Sondag1 nm by die huis,Mullerstraat 32 en 2nm indie Anglikaanse kerk(Vaderse kerk). Sal onthouword deur Ma, Pa, 2 broers,5 kinders, oom, tantes,niggies en neefs.

11

In Memoriam

PAULINA HULLGeb.18/09/1926-Gest.01/10/2005Mamma, 8 jaar is verbyen die gemis en verlangena jou gaan nie verby.Maar jou liefde en mooiherinneringe sal ons altydin ons harte dra. Van:Elirie, Karen, Gerald & Pa-trick.

JAKOBSANDRéHENRYGeb.23/09/1973-Gest.02/09/2013Reeds 3 weke weg van jougeliefdes en gister(23 September) was joueerste verjaarsdag wegvan ons. Groot is dievermisting en verlange.Van jou vrou Verinay, kin-ders, familie en vriende.

PIENAAR, LILLIANGeb.3/08/1952-Gest.30/09/2005Sowaar 8 jaar van ons ge-skei en die verlange naMamma is erg. Herinne-ringe van jou sal nooitverdwyn, want jy was virons kosbaar. Van jou kin-ders Elirie, Karen, Gerald,Patrick en Pappa.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op‘n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.

JOBS

401

Algemeen

General Vacancies

ALGEMENEWERKER.Ouderdom +- 30 jaar oud,moet afrikaans kan lees enskryf. Geldige PDP rybe-wys. Ondervinding salvoorkeur geniet. Sit CV afby Bemchem Marketing,Langstraat 4A,Robertson of email [email protected]

MUSIKALE MEISIES: Twee leerlinge van LaerskoolRobertson het onlangs die Unisa-musiekeksamenafgelê enbaie goedpresteer. Jana vanZyl het klaviergraad 3 enGetha Kloppers klavier graad 2 geslaag,albei met lof.

GOUE TOEKENNINGS: Hierdie leerlinge van Laerskool Robertson het goud (80–89%) behaal by die WorcesterEisteddfod.

SILWER: Hierdie leerlinge van Laerskool Robertson het silwertoekennings gekry by vanjaar se WorcesterEisteddfod.

Page 11: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 24 September 2013 11

LOSLITPRET: Leerlingevan Laerskool Robertsonhet Loslitdag op Vrydag13 September gehou.Hier is (van links) EonWolfaardt, Mieke vanSchoor, Carla Visser, El-marie Burger en LiamLouw.

Die jong Robertsonnershet R2 270 ingesamelwat vir gestremdes ge-skenk is. Hier is (vanlinks) Liney van Wyk, El-marie Burger, Carla Vis-ser, RiancaLotter,MarnèHuddlestone, JefflynneVoigt, Mieke van Schooren Hernriette de Villiers.

Cari-FaithMarero,MichelleBurger, AnjeMarais enElizeFouchè.

David Robinson, Joshua van As, Tegan Titus, EudeneAyford en Anna Palic.

GOEIE HERINNERINGE:Personeellede vanSuperspar op Robert-son het onlangs tydensLoslitdag behoorlik uit-gehang met hulle kleur-volle kleredrag, tot grootvermaak van kliënte watdie winkel die dag be-soek het. Op die fotolinks is die personeelvan die groente- envrugte-afdeling.

REGS: Só het die kas-siere en pakkers gelyk.

Die vrolike personeel werk by die bedieningstoonbanke en in die kombuis. Die administratiewe personeel het “groot” hare gehad.

AFTREDE: Barend Burger tree na 46jaar diens by AH Marais Seuns af.Die bestuur sê: “Baie dankie vir jouonbaatsugtigediensenbereidwillig-heid om altyd die ekstramyl te loop.Ons hoop jy geniet jou aftreejare.”

TOEKENNINGS: Dawid Jacobs, Johannes Mouries, Jacobus Stevens,Augus Conradie, Bertie van Rhyn en Andrew Frazenburg is onlangsvereer tydens ’n spoggeleentheid by AH Marais Seuns, vir 25 jaarononderbroke diens. Elkeen het ’n goue horlosie ontvang.

Page 12: Breederivier gazette 24 sept 2013

Breederivier

Year 17 • 24 September 2013 | Tel. 023 626 5212

McGregor cycle raceThe tranquil village of McGregor host-ed the second edition of theRide2Nowhere three-day mountainbike race last weekend during whichthe 100 or so participants rode in a clo-ver-leaf format in the surroundingcountryside.

Accordingtoapressreleasebytheorgan-isers, the whole of McGregor seemed tohavegotten involved in theactivitiesas theeventaimedtoreinvest inthelocalcommu-nity.Local entertainment included the Mc-

Gregor Brass and Unistar Band, fire danc-ers and local musicians Konrad and Bar-bara and Steve, who all performed in therace village.Eachdayriderswerealso letout through

the neutral zone with the local Noddie car.Riders were exposed to the beauty of the

McGregor region as the routes took themthrough farms, nature reserves and dis-trict roads. On day three riders had to rowacross a dam, another unique element ofthe Ride2Nowhere.The race village was a hub of activity as

the locals in Lord’s Guest Lodge offeredgreat meals while the Overdraught Puband Lord’s Winery were present to ensuredrinks were catered for.LastSaturday(14September), thesecond

day of the race, saw the race village turninto a local market as many locals cameout to sell and display their products, anda kiddies’ race for the young ones.Results:Men’s teams: 1. Charl-Pierre Esterhuyse

and Ruohan Cronje (Roelou Barry Ford);2.André ImmelmanandErnstBruwer (Bo-er opToer); 3.GrahamMcKinonandKevinDewar (Road Rats).Women’s teams: 1. Jana Kruger and Ilse

Viljoen (Campabero); 2. Elaine Chestertonand Tammy vanNierop (Flying Piglets); 3.Ankia Coetzee and Hanlie Bezuidenhout(Anker).

Mixed teams: 1. Vera Adrian and FourieKotze (CWC Online-Fondriest); 2. NicolaWalker and Tony Walker (Return of theWalkers); 3. Neil Swarts and CathyCarstens (The Mixed Roadies).Solo ladies: 1.MarleenLourens; 2.Vanes-

sa Haywood; 3. Lesley Morillion.Solo men: 1. Pieter Calitz; 2. Lucas Mc-

Dowall; 3. Nicholas Greeff.The 2014 Ride2Nowhere will take place

from 12 to 14 September.

Leaders RouhanCronjé and histeam mate Charl-Willem Esterhuyseturn on the gas inthe Ride to No-where mountainbike racewhichwasheld in McGregorrecently. They tookthe honours in thethree-day event.PHOTO: DEON VAN

DEVENTER

The Ride to Nowhere mountain bike race was re-cently held in McGregor. It was the second yearthat the race took place in McGregor and it seemsto be very popular among cyclists. The race takesplace over three days and covers a distance ofabout 180 km which is divided into three stages.Die Roelou Barry Ford-span, consisting out ofRouhan Cronjé of Robertson and of Charl-PierreEsterhuyse of Worcester, were the winners of thisyear’s race. Their total time over the three dayswas 7 hours and 44 minutes. Two participantsof the Cape Epic, André Immeland en Ernst Bru-wer, were in the second place. The team fromRoelou Barry Ford won each of the three stagesas well as the team competition. They were alsothe overall winners. Here are Cronjé and Ester-huyse with the trophy. PHOTO: SUPPLIED

JUKSKEITOERNOOI: Lede van dieplaaslike jukskeiklub het onlangsaan die Kerneels van Deventer Ope-dag-toernooi in Worcester deelge-neem. Van die spanlede was (voorvan links) Elise van Zyl en HesterMaritz en (agter) Hennie Zeeman enWillem Kruger).

René van de Vyver en Reneè vanAss (voor) en Joshua van Wyk enHilda Barnard (agter) het ook deel-geneem.

VLUGVOETIG: Robertson se sosiale netbalklub het op 14Septemberin Worcester aan ’n toernooi deelgeneem en tweede in hul afdelinggeëindig. Hulle het 16-11 teen die Minions verloor, toe 23-4 teenWorcester B gewen en in die laaste ronde het hulle met 27-8 teenNID gewen. Hier is (agter van links) Frienda Nel, Jeanne-Mari Rouxen Elizna van Zyl. In die middel is Karin Crous, Karen Fouché enEnid Crous. Voor is Ansie Marais, Willemien Nieuwoudt en MarijkeHeyns.

READY TO PLAY: Thesoccer team of theRobertson LogosChristian School hasrecently received newsoccer attire. Theteam members willbe wearing it duringthe September holi-days when they willparticipate in a 6-a-side soccer tourna-ment that will be heldat the All Africa Stu-dent Convention inBloemfontein. PHOTO:DEON VAN DEVENTER

HOËRSKOOL HOU GHOLFDAG: Hoërskool Ro-bertson het op 14 September hul jaarliksegholfdag by Silwerstrand gehou. Die wennerswas Outien Rabie (middel) en sy seun Outienjr. Hier is hulle saam met Garth Schwegmann,die organiseerder van die gholfdag.

BOLAND-KLEU-RE VIR RUGBY:Tiaan Oosthui-zen, ’n leerlingvan LaerskoolAsthon, het on-langs sy Bo-land-kleure ver-werf vir dieo. 12-rugby-span.

TENNISSTER: MarethaBurger, ’n leerling vanLaerskool Ashton, hetonlangs aan die WPMini 5-tennistoernooiin Rondebosch deel-geneem. Sy het in dieo. 14-ouderdoms-groep deelgeneem entweede geëindig.