breederivier gazette 6 may 2014

8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 6 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212 Heenkome onseker ná brand HILDERINE SCHRÖDER ’n Familie van ’n skakelhuis in Kloofstraat moes verlede Dinsdag (29 April) raap en skraap om so- veel moontlik van hul besittings te red ná ’n brand in een van die vertrekke in die huis ontstaan het. Cecilia Kimoetoe (74) was saam met haar kleindogter, Hazel Pieter- sen, in die huis toe Pietersen opge- merk het dat rook die vertrekke be- gin vul. By nadere ondersoek het Kimoetoe swart rookwolke en tóé vlamme by ’n kragboks in ’n slaapka- mer sien uitborrel. Die rook en vlamme was só oorwel- digend dat sy nie naby die toestel kon kom om die vlamme te probeer blus nie. “Ek het uitgehardloop om hulp te kry, maar teen daardie tyd het die kamer reeds gebrand,” vertel sy. Bure het verbete teen die vlamme geveg terwyl hulle gewag het op die brandweer wat ook na die toneel ont- bied is. Van die besittings wat in die ver- trek was waar die brand ontstaan het, kon min gered word, sê Kimoe- toe. “Al ons beddegoed en klere is daarmee heen,” vertel sy. Die paar stukkies goed wat hulle wel kon red is pikswart van die roet en rook. Kimoetoe, wat die huis met haar dogter, Sally Pietersen, en vyf klein- kinders deel, was kort ná die voorval steeds onseker waar hulle ’n heenko- me gaan vind tot tyd en wyl die skade aan die huis herstel is. Omstanders het egter die versekering gegee dat daar na hulle omgesien sal word. Hoe hulle die items wat hulle in die brand verloor het, waaronder skool- boeke, gaan vervang, weet Kimoetoe ook nie. “Ek voel hartseer oor wat gebeur het, maar wat kan jy nou doen, dit het gebeur en jy moet maar aan- gaan,” sê sy. Kimoetoe en haar kleindogter was alleen in die huis toe die brand ont- staan het. Die hitte was só intens dat ’n muur van die vertrek waar die brand ont- staan het, gebars het. Kimoetoe sê sy vermoed die brand is deur ’n kort- sluiting in die kragboks veroorsaak. “Daar was geen ander elektriese toebehore aan toe dit begin het nie,” sê sy. Buiten rookskade is geen groot skade aan die aanliggende skakel- huis aangerig nie. Cecilia Kimoetoe (74) sê die vlamme in die vertrek waar die brand ontstaan het, was só warm dat sy nie naby kon kom om dit te probeer blus nie. Bure het ge- help om die vuur te blus. ’n Familie van Kloofstraat is baie van hul besittings kwyt ná ’n brand in ’n vertrek in hul skakelhuis ontstaan het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Upload: boland-gazette

Post on 26-Mar-2016

368 views

Category:

Documents


126 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 6 may 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 6 may 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 6 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

Heenkome onseker ná brandHILDERINE SCHRÖDER

’n Familie van ’n skakelhuis inKloofstraatmoesverledeDinsdag(29 April) raap en skraap om so-veel moontlik van hul besittingste red ná ’n brand in een van dievertrekke in die huis ontstaanhet.

Cecilia Kimoetoe (74) was saammet haar kleindogter, Hazel Pieter-sen, in die huis toe Pietersen opge-

merk het dat rook die vertrekke be-gin vul. By nadere ondersoek hetKimoetoe swart rookwolke en tóévlammeby ’nkragboks in ’n slaapka-mer sien uitborrel.Die rookenvlammewassóoorwel-

digenddat synienabydie toestelkonkom om die vlamme te probeer blusnie. “Ek het uitgehardloop om hulpte kry, maar teen daardie tyd het diekamer reeds gebrand,” vertel sy.Bure het verbete teen die vlamme

geveg terwyl hulle gewag het op die

brandweerwat ooknadie toneel ont-bied is.Van die besittings wat in die ver-

trek was waar die brand ontstaanhet, kon min gered word, sê Kimoe-toe. “Al ons beddegoed en klere isdaarmee heen,” vertel sy. Die paarstukkies goed wat hulle wel kon redis pikswart van die roet en rook.Kimoetoe, wat die huis met haar

dogter, Sally Pietersen, en vyf klein-kinders deel,was kort ná die voorvalsteeds onsekerwaarhulle ’n heenko-

megaanvind tot tyd enwyldie skadeaan die huis herstel is. Omstandershet egter die versekering gegee datdaar na hulle omgesien sal word.Hoehulledie itemswathulle indie

brand verloor het, waaronder skool-boeke, gaan vervang, weet Kimoetoeook nie.“Ek voel hartseer oor wat gebeur

het, maar wat kan jy nou doen, dithet gebeur en jy moet maar aan-gaan,” sê sy.Kimoetoe en haar kleindogter was

alleen in die huis toe die brand ont-staan het.Die hittewas só intens dat ’nmuur

van die vertrek waar die brand ont-staan het, gebars het. Kimoetoe sê syvermoed die brand is deur ’n kort-sluiting in die kragboks veroorsaak.“Daar was geen ander elektriese

toebehore aan toe dit begin het nie,”sê sy.Buiten rookskade is geen groot

skade aan die aanliggende skakel-huis aangerig nie.

Cecilia Kimoetoe (74) sê dievlamme in die vertrek waar diebrand ontstaan het, was só warmdat sy nie naby kon kom om ditte probeer blus nie. Bure het ge-help om die vuur te blus.

’n Familie van Kloofstraat is baie van hul besittings kwytná ’n brand in ’n vertrek in hul skakelhuis ontstaan het.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Page 2: Breederivier gazette 6 may 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 6 Mei 20142

Music treat in McGregorLocal music lovers are in for a double treatthanks to two exciting events taking placeat Wahnfried in McGregor.

Kicking off the musical feast on 11 May isthepopularandtalentedduoViolinaAnguelovandBeverleyChiat,whowill enchant theaudi-ence with well-loved items fromworks byMo-zart, Bizet and Puccini, along with songs fromoperetta, musicals and local and Bulgarianfolk songs. Pianist Victor Tichart will accom-pany them on Wahnfried’s 1873 Bechsteingrand piano.Chiat is a renowned coloratura soprano

from Cape Town with an impressive interna-tional repertoire, encompassing many musi-cal genres. Violina is a Bulgarian-born mezzosopranowho boasts a vast song repertoire andwho sings in 10 languages, while Tichart is ahighly qualified accompanist, performer andteacher, who also records for radio and televi-sion.On30Maytheaward-winningmusicalcome-

dyduoEmileMinnieandGodfreyJohnsonwillvisitMcGregor topresent theirnewshowClas-sical Cabaret at WahnfriedThis talented pair promises diverse enter-

tainment that ranges fromWeber grandeur toromantic French chanson, as they perform on

clarinet and piano to accompany their songs,comedy acts and more. They were voted fa-vourite Cabaret Act for 2012 by BroadwayWorld. Don’t miss out on this one!Tickets forboth showscostR100 each,which

include wine or soft drinks. Book [email protected].

The comedy duo Emile Minnie and Godfrey Johnson.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND) Teetuin en oggendmark by RobertsonMuseum. Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH) The Montagu Alzheimer’s Support Groupmeets at 15:00 in the bottom lounge of HuisUitvlucht, Montagu.

SATURDAY 10 MAY) Musicsocietyconcertat20:00at theMontaguMuseum in Long Street with Beverley Chiat(soprano) and Violina Anguelov (mezzo so-prano) accompanied by Victor Tichardt. Tick-ets: R90. Contact Andrea Cook on [email protected] or Janet 023 614 1221.

SUNDAY 11 MAY) Violina Anguelov and Beverley Chiat, ac-companied by pianist Victor Tichard, will per-form at Wahnfried, McGregor. Tickets: R100.Booking: 2 [email protected].) ErrolDyers treeom15:30opbydieKWVBin-nehof, Motagu. Kaartjies (by deur): R100. Kin-ders onder 16 gratis.

WOENSDAG 21 MEI) HeinzWinckler tree by Janeza op. Tyd: 18:30vir 19:00. Kaartjies: R140 (volwassenes),R80 (kinders). Besprekings of navrae: [email protected], besoek www.janeza.co.za of bel0 082 978 7020 of 023 616 3547.

5-8 JUNIE) Wacky Wine Weekend: 0 023 626 4364.

JAZZ IT UP! Jazz lovers can look forwardto a musical feast this Friday when Capemaestro Errol Dyers and his six piece bandfeaturing special guest Anders Paulssonfrom Sweden on soprano saxophone, willperform at the Langeberg SecondarySchool hall at 19:30. There will also bea free workshop for any interested musi-cians at 15:00 at the hall. Tickets for theconcert cost R10.

RESTAURANT OF THEWEEKThe Diesel & Crème Restaurant with its vintagelook and laid-back atmosphere is just the placeto enjoy a fabulous meal. This fully licenced res-taurant is family owned and everyone shares thepassionforservingtheircustomers toensurethatthey have a great experience, are well-fed andleave happy.

Who are the owners and chef? The ownersareArthurandLouisePharowithKirstenFugardas the chef and manager.

What is the restaurant’s unique sellingpoint? Diesel & Crème is a vintage diner with avery different look and atmosphere, both insideand out. It has a vintage look outside and is deco-rated with very interesting and original antiqui-ties from the owners’ personal collection. Diesel& Crème has a fire place that heats the entire res-taurant during the winter and can seat 40 people.On lazy summer days 24 people can be accommo-dated outside.

Who will enjoy visiting the restaurant?Therestaurant is favoured by all walks of life: localtourists, locals and international visitors. Every-one is welcome, even pets.

What items on the menu are definitely

worth a try?Definitely theburgers andmilkshakes. Therestaurant is be-coming famousfor its red velvetmilkshake,served in a Con-sol jar. The res-taurant’s Ameri-can sized waffles(served with aKaroo twist) is afavourite and allbreads and buns used for its burgers are baked on thepremises whilst the patties are also home made.

Opening hours: The restaurant is open seven days aweek. 07:00 – 18:00 in summer and08:00 – 17:00 in winter.Price range of main courses: R40 – R65 for lunches

and R30 – R60 for breakfasts .Contact details:Address: 2 Tennant Street, Barrydale.Tel: 028 572 1008 (trading hours).

breads and buns used for its burgers are baked on the

The restaurant is open seven days a

R40 – R65 for lunches

Page 3: Breederivier gazette 6 may 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 6 Mei 2014 3

UIT DIE BOONSTE GESTOELTES!Die bekende sangers MathysRoets en Danie Niehaus (van Ro-bertson) is almeer as 15 jaar lankvriende en sing nie net gereeldsaam nie, maar is ook albei be-kend vir hulle avontuurlus en dathulle van uitdagings hou. Toe hul-le onlangs vir ontbyt by die Rooi-berg Kelder opdaag, het Niehausdadelik vir Roets uitgedaag ommet sy rolstoel op die hoogstestoel in Afrika te gaan sit. Ná plan-ne hiervoor beraam is, het hy so-wat 20minute later die uitsig van-af dié landmerk by die kelder be-wonder. Op die foto is (van links)Johan du Preez (hoofbestuurder:Rooiberg), Niehaus, MarianneLochner (kommunikasiebestuur-der: Rooiberg), Viljoen Retief(sanger) en Roets.FOTO: JANÉ VAN LITSENBORGH

R60 eis sy soveelste slagofferHILDERINE SCHRÖDER

DieR60buiteRobertsonhet verledeweek sysóveelste lewe hierdie jaar geëis.

Die naasbestaandes van Pieter Fourie (55) isverpletter ná hy verlede Donderdag op slag doodis in ’n ongeluk digby die ingang na die GrahamBeck-wynlandgoed se Madeba House.

Fourie was verlede Donderdagmiddag (1 Mei)vanWorcesternaRobertsonoppadtoehybeheeroor sy BMW verloor het ná die een wiel glo ’nkol gruis getref het, sê lt. Cynthia Mngcele,woordvoerder van die Robertson-polisie. Dievoertuighetdeur ’nheining langsdiepadgebarsvoor dit in ’n wingerd tot stilstand gekom het.

Drie passasiers wat ten tyde van die ongelukin die voertuig was het ook beserings opgedoen.

Een sterk steeds in die Worcester-hospitaal aan.Sy dood laat die familie met ’n geweldige leem-

te, sê Fourie se skoonsuster, Erika Fourie. “Hywas verskriklik goedhartig, vriendelik en be-hulpsaam.”Die familie, sêsy, isgeweldiggeskoken verslae.

Erika beskryf haar swaer as ’n mense-menswat baie ernstig en presies was. “Hy was gewel-dig sorgsaam en het altyd ’n baie goeie verhou-ding met sy kollegas gehad.”

Fourie het jare lank as vragmotorbestuurderby Robertson Winery gewerk.

“Hy was geweldig familievas gewees,” sê Eri-ka. “Ons kon altyd vir enigiets op hom staat-maak. Ons sal sy belangstelling in sy familie diemeeste mis. Hy het gereeld gebel of ge-SMS omte hoor hoe dit met almal gaan.”

Buiten sy passie vir sy familie, was Fourie ook

baie lief vir houtwerk en leg-kaarte bou. Die rame om dielegkaarteindiesitkamerhethy sélf gemaak, vertel syskoonsuster.“Hyhet’nmooilewe gelei. Dít sal ons altydvan hom onthou,” voeg syby.

Fourie laat naas sy vrou,Rika, ook twee broers, Johnnie en Louis, ’n sus-ter, Rita Delport, vyf broerskinders en twee sus-terskinders agter. Sy begrafnis is Vrydag om11:00 vanuit die NG gemeente Robertson-Oos.

DieGazettehet in Februarie vanjaar berig oor’n botsing wat die lewe van drie vroue wat vanKayelitshana ’nbegrafnis inSwellendamoppadwas,geëishet.DieongelukhetookdigbydieGra-ham Beck-wynlandgoed plaasgevind.

’n Stukkie polisielint en stukkende heining is ál getuie-nis van die ongeluk wat die lewe van ’n Robertsonnergeëis het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Wyle Pieter Fourie

FUNDING A WELCOME BOOST: The McGregor sports grounds is one of the local projects thatwill benefit from funding from the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport. Thedepartment recently handed over a total of R1,2 million to a number of municipalities in theprovince. Besides the upgrading of the McGregor sports grounds, the Langeberg Municipality willalso use the funding for a number of other projects. The funds were handed over by Dr IvanMeyer,WesternCapeMinister of Cultural Affairs andSport (middle, front row).With himare represent-atives of the various municipalities.

Page 4: Breederivier gazette 6 may 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 6 Mei 20144

Om te stem of nie te stem nie, dit is die vraagHILDERINE SCHRÖDER

TerwylSuid-Afrikanerswathulleoorsee bevind verledeweek reedsdie geleentheid gekry het om hulkruisies in die nasionale verkie-sing te trek, sal derduisendelandsburgers Woensdag die ge-leentheid kry omhúlle stemme telaat hoor.

Die Gazette het met ’n paar Vallei-ers gesels om te hoor of hulle gaanstem en wat die rede vir hul besluitis.

AnnereneGaqavawerkwanneerdiemees-te ander Suid-Afrikaners in die ry sal staanom te stem. “Of ek gaan stem gaan afhanghoe die dag gaan loop. Dalk sal ek kanskry om te gaan stem.” Sy het nog nooitin die verlede gestem nie, omdat die rege-ring nog nooit hul beloftes nagekom hetnie.

Hy gaanbeslis stem, sêDawidSwanepoel.“Jy kan net jou sê sê as jy gestem het.Anders moet jy stilbly!”

“Ek sal seker maar moet stem,” sê PetrusBarends. “Ek wil nie eintlik nie, want aldie partye maak baie beloftes, maar hullekom dit nooit na nie. Jy stem, maar dankry die persoon vir wie jy gestem het aldie voorregte in plaas van dié mense watvir hom of haar gestem het.”

Adrian Hauman sê hy gaan beslis Woens-dag sy kruisie trek. “Daar is baie problemewat aangespreek moet word.”

Vandat sy in 1994 vir die eerste keer haarkruisie getrek het, stem sy nog in elke ver-kiesing, sê Charlotte Jaftha trots. “Onshet ’n beter lewe vandat Madiba presidentwas. My stem beteken vir my baie, wantdit beteken ’n beter lewe vorentoe.” Symoedig ook haar kinders aan om te stem.“Dis almanier om ’n beter lewe te verseker.”

Sy gaan nie stemnie, sê Jacqueline Julies.“Ek het nie geregistreer nie. Die politicimaak net leë beloftes wat hulle nie nakomnie. ’n Mens stem om hulle daar te sit,maar dan vergeet hulle van jou.”

Roelene Marinus sê sy gaan beslis stem.“’n Mens móét stem. Ek hoop net ek stemreg. Ek het vier kinders en my stem kanvir hulle ’n verskil beteken vir húlle toe-koms.” FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Denvin Matthys sê hy sien uit daarna omWoensdag sy kruisie te trek en só ’n verskilvir inwoners van die platteland ook temaak. “Die owerhede kyk net na die grootstede soos Johannesburg. Hulle sien onsnooit raak op die klein dorpies waar dieeintlike probleme is nie.”

“Ek gaan stem,” sêMichelle Januarie. “Dismy reg om te stem en ek wil ’n sê hê inwat die regering doen.”

DRIE DE WETS NOU LEDE VAN SPOG FRANSE WYN-ORGANISASIE: Johann deWet (regs) van DeWetshof op Robertson, is onlangs ingelyf by die Suid-Afrikaansevleuel van die Commanderie de Bordeaux, die Franse wynorganisasie wat menseoor die wêreld vereer vir hul rol in die waardering en uitbou van die wyne vanBordeaux. Hy is die derde De Wet wat hierdie eer ontvang. By hom is die medeCommanderie-lede, broer, Peter (links), en pa, Danie. In sy vereringsmotiveringhet die Commanderie de Bordeaux melding gemaak van Johann se bydrae totdieuitbouvan rooiwyn-kultivars soosmerlot encabernet sauvignonopDeWetshof,asook die feit dat hy saam met Peter gehelp het om prestige-rooiwyne op diebekende landgoed te vestig. FOTO: EMILE JOUBERT

WIELEBREKERS: Deelnemers aan die Le Chas-seur Agterkliphoogte-boereverening se 4x4-ge-leentheidhetmeer as genoeggeleentheid gehadom hul vernuf agter die stuur te toets tydens’n saamtrek wat op die plaas van Ferdie Roux,Hokaai, aangebied is. By die geleentheid is daarook kleiduif geskiet, gebraai en heerlik saamgekuier. Die boerevereniging bedank dieWands-beck Kelder (wat die wynproe en kaashappiesgeborg het), Roelou Bary Ford van Robertsonwat die nuwe4x4 Ford Ranger vir die geleentheidverskaf het, en Quénets Jag en Hengel van Wor-cester (wat die patrone en kleiduiwe geborg het).

FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

Jaco Both, een van die deelnemers aandie 4x4-saamtrek.

Page 5: Breederivier gazette 6 may 2014

Breederivier GazetteLetters - BrieweDinsdag 6 Mei 2014 5

Politiek en hoogmoedPolitiek en hoogmoedOm jou radio of TV aan te skakel in dié kritiesetydvanverkiesingsveldtogteen-beloftesdeurdieverskillende partye, dan praat ek nie eens vandie slegsê van mekaar nie, is ’n nagmerrie.As ek so in stilte oor alles nadink, bring die

helegedoentemytotdié insigte: sendingenhoog-moed en politiek en hoogmoed.Indie verlede is sendingwerkvanuit ’n posisie

vanmeerderwaardigheidgedoen.Diefeitdatsen-delinge nie eens die taal aangeleer het van diemense onder wie hulle gewerk het nie, om nikstesêvanhullegeskiedenisendiesosialegebruikenie, en verder ook die feit dat daar in die byeen-komste van die sendingkerk omtrent geen ele-ment van die Afrikakultuur, soos tromme endans, opgeneem is nie, spreek boekdele.Die evangelie ismeerwerd as omopmense af-

gedwing teword. Godwil hê dat onsHom in vry-heid sal liefhê en dien. Trouens, gedwonge liefdeisniedienaamliefdewerdnie.Onsmoetdusalle“ordentlike”, beskaafde druk op mense uitoefenomdie regte keuse temaak terwyl ons staatkun-dige godsdienstigheid ten volle eerbiedig en on-derskryf. Godsdiensgelykheid en -vryheid is nie’nmaklike saak nie. Só ook nie politiek nie. Elkepolitieke party sien homself as meerderwaardigen leer nie die taal of die gebruike van diemenseopvoetsoolvlakaannie,ditwilsêdítwatdiemen-se benodig nie. Politiek kan nie op mense afge-dwingwordnie.Gebruikbeskaafdedrukopmen-se om die regte keuse te maak en te besluit aanwatter politieke party hulle wil behoort en tenvolle sal eerbiedig en onderskryf.Die aarde is gemaak om mense te onderhou,

nie ommense se lewens te bedreig nie. Deur dievolgendepuntedaagliksteprobeeronderhoukanons ons land en wêreld ’n veel beter plek maakomintebly: liefde,vreugde,vrede,geduld,vrien-delikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederig-heid en selfbeheersing.Jesus isdiedieVerlosservandiewêreldennet

Hý, geen politieke party, kan die wêreld vanswaarkry red.

MARLON VILJOEN, Robertson

’n Lekker stroopsoet soetwyntjie aan die op-roepsentrum en die werkers van die Lange-berg-munisipaliteit betrokke by die regmaakvandiepyplekbyLeerdamstraat 11Robertson.Julle almalwasvinnig envriendelik.Ditmaakmens trots op jou munisipaliteit.

Begraafplaas kwelBegraafplaas kwelDieBonnievale-begraafplaas is ontoeganklikvirnaasbestaandeswat die laaste rusplek van ’n ge-liefde wil besoek. Eerstens is die hekke gesluiten daar is nie klein hekkieswat toegang verleennie. Die ironie is dat diemuur vir ongeveer 20mverwyder is nadat twee bome dit platgeval heten langs die een hek, wat gesluit is, is die muurafgebreektotopdiegronddeurverbygangerswatwaarskynlikbydiekraanwouuitkomomwaterte drink.So al manier om by die grafte uit te kom, is

omoordie rommel teklouter,watvironsbejaar-des gevaar inhou. Die saak is al onder die be-stuurdervanparkesowelasdiepersoonwatver-antwoordelik is, se aandag gebring,maar dit hetgeen effek gehad nie.

BEJAARDE, BonnievaleSoyisileMokweni, bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit reageer: Die ingangsmuur het ge-breekná’nboomdaaropgevalhet.Diemunisipali-teit isindieprosesomditteherstel.Dieproseswordvertraag deur die hoë bedrag wat vir die herstel-werkgekwoteeris invergelykingmetdiebeskikba-re begroting en aanpassings is ook gemaak. DieherstelwerksalnaverwagtingnáPaasnaweekaf-gehandel word.

Betreffende die sluiting van die hekke na die be-graafplaas,geskieddít inooreenstemmingmetdiemunisipaliteit se operasionele ure gedurende dieweek en naweke. ’nDeel van die planne vir die op-gradering van die begraafplase in die area is dieinstallering vandraaihekkewat aanvoetgangerstoegangtotdiebegraafplasesalgee,maarverhoeddat voertuie sonder toesig die perseel betree. Dithet duidelik geword dat daar ’n behoefte hieraanis en draaihekke sal hopelik ’n oplossing wees.

Page 6: Breederivier gazette 6 may 2014

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 6 Mei 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

JACOBS ALETTAGeb.11/05/1952-Gest. 23/12/2009Dis Sondag 11 Mei 2014,jou 5de verjaarsdag wegvan ons. Jou tyd was verbyen als was volgens God sebesluit. ’n Baie spesialeverjaarsdag, want dis ookMoedersdag. Van: Ricardo(seun), Pappa en familie.

ALETTA JACOBS(Mamma)Ons dink met mooi herin-neringe aan ’n liefdevollevrou en moeder spesifiekop Moedersdag. Van jouman Henry en kinders.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

ZIPPY Nippy met ekstrabatterye R1 100, PC metHP printer R 1 100,elektriese Roluxedge/kantsnyer met staal-lem R800 (stoot tipemet wiele).Skakel 023 626 5962.

SAKE

DIENSTE

2420

GESOEK

2425

SOEK erf te koop in Uit-breiding 15 of omgewing.Skakel 072 693 5100.

KAMPTYD! Leerders van die Laerskool Ashton het die afgelope Aprilvakansie groot pret gehad tydens ’nkamp by Rawsonville. Onder die aktiwiteite was ’n nagmars, spanwerk en hindernisbaan met ’n modderpoel.Nog ’n hoogtepunt was ’n besoek aan Kaapstad.

DIENSTE2420

Page 7: Breederivier gazette 6 may 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 6 Mei 2014 7

Maak gebruik vanskool-hulplynDie Wes-Kaapse departement van on-derwys (WKOD) herinner skole, onder-wysers en leerders om van sy VeiligeSkole-hulplyn gebruik te maak indienhulle hulp, leiding of inligting oor op-voedingsverwante veiligheidskwes-sies benodig.

Altesaam14 060mensehetgedurendeverlede jaar dié hulplyn, waar mishan-deling en misdaad ook aangemeld kanword, geskakel, berig die WKOD in ’npersverklaring. Van dié oproepe het3 343 verdere bystand benodig.

Volgens Donald Grant, Wes-Kaapseministervanonderwys,hetdiehulplynten doel om by te dra tot ’n veilige enmisdaadvrye skoolomgewing. “Die de-partement beskou kindermishande-ling in ’n baie ernstige lig en alle oproe-pe word met sensitiwiteit en sorg han-teer,” sê hy.

Uit dieoproepewatdiehulplynverle-de jaarontvanghet,het1 055metvanda-lismeendiefstal temakegehad, 612wasoor misdaadverwante sake en 425 oormishandelingen ’ngeboelie. ’nVerdere524 oproepe is oor beheerliggaam-ver-wante kwessies ontvang en 180 oor siel-kundige hulp en berading.

Die hulplyn hanteer dikwels kwes-sies soos tienerswangerskappe enMIV/Vigs.

Wanneer mense die hulplyn skakel,sê Grant, ontvang hulle bystand oor diefoon tydens ’n krisisoproep, terwyl nie-krisisoproepe verwys word na bera-dingsagentskappe van die departe-ment, nie-regeringsorganisasies en ge-meenskapsinstansies.

Die hulplyn is van Maandae tot Vry-dae van 07:00 tot 16:00 oop en kan gebelword by 0800 45 46 47.

Get that flu shot assoon as possible!If the Northern Hemisphere’s winter flu sta-tistics are anything to go by, South Africanswill need to be getting their flu shots as soonas possible.

Overthelast fewmonths, theCentre forDis-ease Control and Prevention (CDC) in theUnited States noted an unusually highnumberofsevererespiratoryillnessesamongyoung and middle-aged adults. Many of thesecases were linked to the H1N1 virus strain(swine flu).As theWorldHealthOrganisation(WHO)prescribes, theAmericanandEurope-an flu seasons firmly indicate what we canexpect as the South African winter strikes.

“Medical schemesand theNationalDepart-ment ofHealth alwaysurgehigh riskpatientsto get their flu shots before the flu seasonhits,” says chief executive officer of the Inde-pendent Community Pharmacy Association(ICPA), Jackie Maimin. “However, with sta-tistics now indicating thatmoreyoungadultsand children are being diagnosed with theseserious flu strains, it is now recommendedthat everyone from six months of age and upshould be vaccinated.”

Many medical schemes have started to cov-er flu vaccinations for all age groups, under-lining the value of a flu shot and its beneficialqualities.

“Even for those without a medical scheme,the cost of a flu vaccination is minimal whencompared to the medical expenses associatedwith treating influenza. These strains of flucan be life-threatening, and as such, vaccina-tion is one of the most cost-effective health-care investments you can make this year,”Maimin states.

Flu shot Myths and FactsMyth: “It’s not that serious…”Fact: Flu is a severe and life-threatening

disease, killing over half a million people an-nually.

Myth: “The flu shot gave me the flu!”Fact: Impossible. The vaccine actually con-

tains killed virus particles. Some minor side-effectsmightoccursuchasmildsoreness,red-ness, headache or a low grade fever.

Myth: “I was vaccinated last year, so I’ll befine.”

Fact: A new vaccine is manufactured eachyear due to the flu strains that circulate andchange.Youneed tobevaccinatedeveryyear.

Page 8: Breederivier gazette 6 may 2014

Breederivier

Year 18 • 6 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

Werkers wys sportvernufHILDERINE SCHRÖDER

Sowat 800 plaaswerkersvandieareasowelasdieresvan die Kaapse Wynland,Weskus, Eden, Overberg,Sentraal-Karoo en metro-pool het Saterdag op diesportveld deurgebringdanksy ’n sportdag watdeurdieWes-Kaapsedepar-tement van sport en kul-tuur aangebied is.

Diegene wat nie op die net-balbaan of rugby- en sokker-veld kragte gemeet het nie,het mekaar die stryd aangesêin toutrek en domino’s, ter-wyl diegene wat nie self deel-geneem het nie hul spannegeesdriftig aangemoedig het.In haar verwelkomingstoe-

spraak het die uitvoerendeburgemeester van die Lange-berg-munisipaliteit, DianaGagaiano, gesê plaaswerkersis een van die belangriksteskakels in die ekonomieseoorlewingsketting.“Die oes kan nie af sonder

hullenie endie ekonomiekannie groei sonder hulle nie.Daarom is gesonde verhou-dings van kardinale belang,”het sy gesê.Die sportdag, het sy byge-

voeg, is een van die manierewaarop gesonde verhoudingsgebou word.Op sy beurt het Reggie Dey-

sel, die departement se voor-sitter van die plaaswerkers-komitee, gesê die departe-ment poog om deur sport ’nbeter lewevirplaaswerkerste

bewerkstellig.Sport, het hy bygevoeg,

word gebruik om mense wegte hou van allerlei euwels inhul gemeenskappe. “In diedorpe het mense ’n verskei-denheid goed wat hulle kandoen om besig te bly. Sport opplase houmense besig sonderdat dit hulle geld kos. Deursport wil ons families weerbymekaar bring.”Die dag se verrigtinge is af-

gesluit met ’n prysuitdelings-geleentheid. Sentraal-Karoohet koning gekraai in die do-mino’s en toutrek, met die la-erWeskuswatdiewenspan indie rugby was. Hoër Weskushet met die louere in die net-bal weggestap, terwyl dieKaapseWynlanddie landloopen sokker gewen het.

Sowat 800 plaaswerkers van agt streke in die Wes-Kaap het die afgelope naweek aan 'n sportdag by dieCallie de Wet-sportterrein op Robertson deelgeneem. Onder die sportsoorte waarin daar kragte gemeetis, was toutrek. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

KLUB KRY VLERKE: ’n Duiweklub wat op die been gebring is om jongmense op ’n gesonde wyse besigte hou en ’n belangstelling in dié gewilde sportsoort te kweek, het onlangs ’n hupstoot gekry danksy’n skenking van duiwe van dieWynland-duiwekampioen, AndréMills (agter, naaslinks), aan die RobertsonJunior-duiweklub. Dié geleentheid is deur lede van die klub, sowel as Paul de Wet van die Suid-Afrikaansenasionale posduif-organisasie bygewoon. Enigeen wat ’n bydrae tot die klub wil maak kan die koördineer-der, Francois Visagie, by 072 014 7879 bel.