breederivier gazette 26 nov 2013

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 26 November 2013 | Tel. 023 626 5212 Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van sport en kultuursa- ke, het gister (Maandag 25 November) in Nkqubela buite Robertson besoek afgelê om die splinternuwe munisipale biblioteek vir die inwoners te open. Die projek het altesaam R4,5 miljoen beloop. FOTO: ZELDA KLOPPERS Splinternuwe biblioteek vir Nkqubela! Staking by Langeberg sloer HILDERINE SCHRÖDER Meer as ’n week ná werkers by Langeberg & Ashton Foods op Ashton vir hoër lone begin staak het, kon onderhandelaars in die loongeskil nog nie tot ’n vergelyk kom nie. Gister (Maandag) was die betrokke partye steeds in samesprekings be- trokke ná onderhandelinge verlede Vrydag (22 November) misluk het. Sowat 250 werknemers wat deur die vakbond Bawusa verteenwoor- dig word, eis ’n loonverhoging van 15%, sê Angus Syster, Bawusa-voor- sitter. Ander stakers, wat deur Solidari- teit en die Food and Allied Workers Union (Fawu) verteenwoordig word, het wel ’n 8,25%-verhoging wat op die tafel geplaas is, aanvaar. Tussen 400 en 600 werkers is be- trokke by die staking. Verlede Don- derdag is werknemers tot laatnag binne die fabriek se perseel vasge- keer. Polisiebeamptes is in groot ge- talle ontplooi om orde te handhaaf en die situasie word steeds gemonitor. Volgens kapt. Sylvan Smith, woordvoerder van die Ashton-poli- sie, is twee betogers sedert die begin van die staking in hegtenis geneem. Sake van opsetlike saakbeskadiging, aanranding gewoon (wat verband hou met verbale dreigemente) en die hou van ’n onwettige optog, word on- dersoek. Volgens ’n senior werknemer van Langeberg & Ashton Foods het die staking nog nie ’n wesenlike impak op produksie gehad nie aangesien die eerste vragte vrugte eers later die week verwag word. Kommer heers egter onder produsente oor die gevol- ge indien daar nie binnekort ’n einde aan die staking kom nie. Volgens Koos du Toit, voorsitter van die Robertson-landbouvereni- ging, kan probleme ontstaan indien vragmotors vol vrugte nie toegang tot die fabrieksperseel kry nie. Vroeër het Landbouweekblad be- rig dat werksgeleenthede vir sei- soenwerkers ook bedreig word in- dien die staking nie vinnig beëindig word nie. “As ’n boer nie in staat gaan wees om vrugte te lewer nie, gaan hy nie seisoenale werkers haal en in diens neem om te pluk nie, en daardie mense gaan nie ’n inkomste verdien nie,” het Wiehan Victor, uit- voerende hoof van die Inmaakvrug- te-produsentevereniging (IPV) aan die tydskrif gesê. “Die vrugte kan egter nie onbe- paald aan bome bly nie, aangesien die gradering gaan daal soos wat dit ryper word,” aldus Victor. Volgens verskeie bronne waarmee die Gazette gepraat het, blyk dit dat rolspelers moontlik binnekort tot ’n vergelyk kan kom. Só nie, sê Du Toit, het produsente reeds plan B in plek. Hy wou nie hieroor uitwei nie. Intussen, sê Burger Conradie, be- stuurder van Raimondi’s op Robert- son, het die staking wel verkope hiér geraak. “Baie mense wat hier aanko- pe doen is huiwerig om deur Ashton te ry om hierheen te kom,” sê hy. Die staking het egter nie ’n direkte im- pak op dié groothandelaar nie, sê hy. Hoe langer die staking voortduur, hoe groter is die kans vir ander han- delsname om ’n voet in die deur te kry, voeg hy by. Langeberg & Ashton Foods is deel van die Tiger Brands-groep.

Upload: boland-gazette

Post on 11-Mar-2016

290 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 26 nov 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 26 nov 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 26 November 2013 | Tel. 023 626 5212

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van sport en kultuursa-ke, het gister (Maandag 25 November) in Nkqubela buiteRobertson besoek afgelê om die splinternuwe munisipalebiblioteek vir die inwoners te open. Die projek het altesaamR4,5 miljoen beloop. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Splinternuwe biblioteek vir Nkqubela!

Staking by Langeberg sloerHILDERINE SCHRÖDER

Meer as ’n week ná werkers byLangeberg & Ashton Foods opAshton vir hoër lone begin staakhet, kon onderhandelaars in dieloongeskil nog nie tot ’n vergelykkom nie.

Gister(Maandag)wasdiebetrokkepartye steeds in samesprekings be-trokke ná onderhandelinge verledeVrydag (22 November) misluk het.Sowat 250 werknemers wat deur

die vakbond Bawusa verteenwoor-dig word, eis ’n loonverhoging van15%, sê Angus Syster, Bawusa-voor-sitter.

Ander stakers, wat deur Solidari-teit en die Food and Allied WorkersUnion (Fawu) verteenwoordigword,hetwel ’n8,25%-verhogingwatopdietafel geplaas is, aanvaar.Tussen 400 en 600 werkers is be-

trokke by die staking. Verlede Don-derdag is werknemers tot laatnagbinne die fabriek se perseel vasge-keer. Polisiebeamptes is in groot ge-talle ontplooi omorde tehandhaaf endie situasie word steeds gemonitor.Volgens kapt. Sylvan Smith,

woordvoerder van die Ashton-poli-sie, is twee betogers sedert die beginvan die staking in hegtenis geneem.Sakevanopsetlike saakbeskadiging,aanranding gewoon (wat verband

houmet verbale dreigemente) en diehou van ’n onwettige optog,word on-dersoek.Volgens ’n senior werknemer van

Langeberg & Ashton Foods het diestaking nog nie ’n wesenlike impakop produksie gehad nie aangesiendie eerstevragtevrugte eers laterdieweek verwag word. Kommer heersegteronderprodusenteoordiegevol-ge indiendaarnie binnekort ’n eindeaan die staking kom nie.Volgens Koos du Toit, voorsitter

van die Robertson-landbouvereni-ging, kan probleme ontstaan indienvragmotors vol vrugte nie toegangtot die fabrieksperseel kry nie.Vroeër het Landbouweekblad be-

rig dat werksgeleenthede vir sei-soenwerkers ook bedreig word in-dien die staking nie vinnig beëindigword nie. “As ’n boer nie in staatgaan wees om vrugte te lewer nie,gaan hy nie seisoenale werkers haalen in diens neem om te pluk nie, endaardie mense gaan nie ’n inkomsteverdien nie,” hetWiehanVictor, uit-voerende hoof van die Inmaakvrug-te-produsentevereniging (IPV) aandie tydskrif gesê.“Die vrugte kan egter nie onbe-

paald aan bome bly nie, aangesiendie gradering gaan daal soos wat ditryper word,” aldus Victor.Volgensverskeiebronnewaarmee

die Gazette gepraat het, blyk dit dat

rolspelers moontlik binnekort tot ’nvergelykkankom. Sónie, sêDuToit,het produsente reeds plan B in plek.Hy wou nie hieroor uitwei nie.Intussen, sê Burger Conradie, be-

stuurder van Raimondi’s op Robert-son, het die stakingwel verkope hiérgeraak. “Baiemensewat hier aanko-pe doen is huiwerig om deur Ashtonte ry omhierheen te kom,” sê hy. Diestaking het egter nie ’n direkte im-pak op dié groothandelaar nie, sê hy.Hoe langer die staking voortduur,

hoe groter is die kans vir ander han-delsname om ’n voet in die deur tekry, voeg hy by.Langeberg & Ashton Foods is deel

van die Tiger Brands-groep.

Page 2: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 26 November 20132

POTJIE-REUS! Die NG-gemeente Robertson-Oos het onlangs sy jaarlikse potjiekosgeleentheid gehou.Vanjaar is altesaam 30 potte gemaak, maar nie een kon kers vashou by dié bielie van ’n pot nie.Dié beesstertpot van ’n allemintige 47 kg beesstert, 10 kg uie, 10 kg aartappels en nog heelwatander lekker bestanddele, was die grootste in die kerk se geskiedenis. Die gemeenskap kon kaartjiesvir die verskillende potte koop. Die geld wat hierdeur ingesamel is gaan aan die kerk. Om die potis Wynand Malan en ds. Almo Zietsman by die potmakers van die rekordpot, Gerhard du Preezen Eduard Bruwer. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Oppas vir klipgooiersHILDERINE SCHRÖDER

Die Robertson-polisie maanpadgebruikers om versigtig tewees wanneer hulle Worcestervanuit die rigting van Robert-son binnery. Dít volg ná ver-skeievoorvallevanklipgooieryby hulle aangemeld is.Volgens lt. Cynthia Mngcele,

woordvoerder van die Robert-son-polisie, het verskeie inwo-ners die afgelope tyd skade aanhul voertuie gekrynáklippe nabewering sonder rede na dievoertuie geslinger is.Dieklipgooiersskuilveralby

die brûe oppadnaWorcester seingang op die Robertson-pad.Die Gazette se susterskoe-

rant, die Standard, het ook

vroeër vanjaar oor dié pro-bleem berig. Tóé het kol. WillisSmith,hoofvansigbarepolisië-ring opWorcester, aan die koe-rant gesê dit is meesal kinderswat vir dié voorvalle verant-woordelik is.Mngcele maan padgebrui-

kers om stadig te ry wanneerhulle die betrokke area naderen om op die uitkyk te wees virenigeen wat verdag voorkom.Enige voorval van klipgooie-

ry moet onmiddellik by dienaaste polisiekantoor aange-meld word.Volgens Smith kan die klip-

gooiers, ondanks hul jeug, vanopsetlike saakbeskadigingaan-gekla word indien hulle vasge-trek word.

IS DIT DALK JOUNE? Die Robertson-polisie soek na die wettige eienaars van dié Dell- en HP-skootrekenaarswat in die besit van verdagtes gevind is. Indien jy vermoed dat een van die skootrekenaars aan jou behoort,bel ao. Julian Stevens by 0 023 626 8354/8340.

Polisie soekooggetuieDie Robertson-polisie soekna enige inligtingwat hullekan help om met Riaan Jo-seph in verbinding te tree.Joseph was op 23 Augustus’n ooggetuie van ’n ongelukop die hoek van Paul Kru-ger- enPollackstraat enkanvan hulp wees met die on-dersoek na die voorval.Joseph het ten tyde van

dievoorval inPollackstraatgewoon, maar het intussenverhuis. Enigeen wat weetwaar hy hom bevind, kandie ondersoekbeampte, ao.Carina Beeslaar, by0 023 626 8349 of023 626 8340 bel.

Ons wen-bruid gekroon!Virwekeisdaargewon-der wie die wennergaan wees terwyl Val-leiers in hul massas ge-stem het vir die bruidvir wie hulle graag diekroon wou gee in dieBreederivier Gazette seBruidskompetisie.

Dié titel het gegaan aanMandy Moses (foto).Sy het die vier ander fi-

naliste in die kompetisie,Anke Jacobs, Jean-MariSmit, Cindy Swanepoelen Jeneveve Roman uit-gestof.As wenner stap Mandy

met fantastiese pryseweg.Dit sluit drie geskenk-

pakke van Van Loveren(borg) in wat bestaan uit’nbottelFourCousinsRo-sé, Four Cousins BlushBubbly en Four CousinsStrawberry.Beds B’us borg twee ge-

skenkbewyse ter waardevan R100 en Bed & PineCity borg twee CloudNine-kussings.Daar is ook ’n geskenk-

pak met skoonheidspro-dukte ter waarde vanR1 500 wat deur AvonCosmetics geborg is entwee geskenkbewyse vanHair Illusions.Sy en haar man wen

ook verblyf vir ’n nag bydie Leo-gastehuis.

Page 3: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 26 November 2013 3

Bejaarde se lyk gevindHILDERINE SCHRÖDER

Die Robertson-polisie ondersoek ’n saakvan moord ná die dood van ’n pensioen-trekker van die plaas Le Grand Chas-seur.

Die lyk van Anna Januarie (78) is verledeweek in ’n sloot op die plaas aangetref náfamilie en vriende ’n soektog van stapel ge-stuur het toe hulle agterkom sy het nie dievorige nag in haar huis geslaap nie.

Volgens lt. Cynthia Mngcele, polisie-woordvoerder, het die groep mense wat op

Januarie afgekom het aanvanklik gedink syhet verdrink. By nadere ondersoek is egtergevind dat sy ’n oop wond aan haar kop het.

Januarie was die aand voor haar doodsaam met ’n familielid na hul blyplek op padná hulle elders gekuier het, maar het agtergeraak, waarop sy haar familielid aangesêhet om solank vooruit te loop. Dit was dielaaste wat sy lewend gesien is.

Die polisie ondersoek ook die moontlik-heid dat Januarie verkrag is. Niemand is alin verband met die voorval in hegtenis ge-neem nie. Enigeen met inligting kan ao. Ra-chel Burger by 023 626 8353 bel.

‘Afstandbeheer-diewe’ aktiefHILDERINE SCHRÖDER

Maak doodseker jou voertuig is gesluit ná jydaardie afstandbeheer se knoppie gedruk het.

Dít is die dringende versoek wat die Robert-son-polisie aan Valleiers rig.

Diefstal vanuit voertuie is aan die toeneemen met die feesseisoen om die draai word Val-leiers gewaarsku om versigtig te wees om niedie prooi te word van mense wat op ’n slinksewyse toegang tot hul voertuie kry nie.

Boewe span ’n toestel in wat ’n kopie vandie sekerheidskode van ’n voertuig maak dieoomblik wanneer die eienaar van ’n voertuigdie afstandbeheerder inspan om dit te sluit.Die skelm wag bloot in die omgewing waar dievoertuigeienaar is tot dié sy voertuig sluit,waarop die sluitingskode in die toestelletjiein die skurk se hand gestoor word.

Dié word dan gebruik om die voertuig weeroop te sluit, waarop die dief doodluiters kanvoortgaan om items uit die voertuig te steel.

Nóg ’n truuk wat boewe inspan, is om te wagtot voertuigeienaars hul voertuie met ’n af-standbeheerder sluit en dan terselfdertyd hul

eie afstandbeheerder te druk.Só word die frekwensie van die voertuigeie-

naar se afstandbeheerder as ’t ware geblok-keer. Hoewel die voertuig se kenmerkendebliep-geluid gehoor word, is die voertuig sesluitmeganismeniegeaktiveernie,watboewevrye toegang tot die voertuig verleen.

Volgens lt. (v) Cynthia Mngcele, woordvoer-der van die Robertson-polisie, is verskeievoorvallevandiefstalvanuitvoertuiedieafge-lope maand aangemeld.

Die polisie se G-skof het onlangs verdagtesin hegtenis geneem ná hulle betrap is dat hulleop bogenoemde wyse by voertuie probeer in-breek het.

Die verdagtes is almal van Kayelitsha.Die polisie beveel aan dat mense op die uit-

kyk moet wees vir mense wat doelloos in dieomgewing van parkeerareas rondstaan, selfsal kom hulle netjies voor. “Bel eerder die poli-sie dat hulle kan seker maak alles is in orde,”sê Mngcele.

Valleiers word ook gemaan om onder geenomstandighede enige waardevolle items inhul voertuie te laat nie.

Maak seker jou voertuig is gesluitná jy jou afstandbeheerder seknoppie gedruk het. Diewe kan opslinkse wyse dié toestel systap ensó toegang tot jou voertuig verkry.

Page 4: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier Gazette Entertainment - Vermaak Dinsdag 26 November 20134

AppelkoosfeesWil jy die maand op ’n prettige noot afsluit?Maak dan seker jy maak ’n draai by McGre-gor se Appelkoosfees.Die jaarlikse Appelkoos-oes-afkarnaval

bied iets vir een en elk en vanjaar se HappieAppie is geen uitsondering nie.Die feestelikheid begin Vrydag 29 Novem-

ber met ’n Kersmark, kroning van Mnr. enMej. Appelkoos, en die aanskakel van dieKersliggies. En wat is só ’n geleentheid dansonder samesang en optredes deur ’n kooren blaasorkes?Saterdagbied ’npropvolprogramwatafge-

skop word deur ’n straatoptog met sierwa-ens, trompoppies, snaakse hoede en selfs ’nhanswors op stelte.Plaaslike blaasorkeste sal heeldag sorg vir

musiek en vir die jongklomp is daar hopepret, van gesigverf tot teikenskiet en paint-ball. Ander vermaak sluit ’n straatteater in.Die Skotse dansers is ’n moet-sien en die

talentkompetisie moet beslis ook nie gemisword nie. Ander hoogtepunte sluit die voor-stelling van Mnr. en Mej. Appelkoos in endie kroning van Mej. Appelkoosbloeisel enMnr. Pit.Soek sommer nou reeds Kersgeskenke uit

tussendie groot verskeidenheid stalletjies ofgeniet verskeie appelkoos-geïnspireerdedis-se.Dié wat hul krag wil toets kan inskryf vir

die toutrekkompetisie wat ook op dié dag ge-hou word.Sondag skop af met ’n dankseggingsdiens.

Gesinne, groepe of individue word ook ge-nooi om in te skryf vir ’n skattejag inMcGre-gor. Lekker pryse is hier op die spel.Die fees word afgesluit met ’n Kerssang-

diens by kerslig in die tuin van die NG-ge-meenteMcGregor.Bring joueie stoel ofkom-bers en kers.Vir meer inligting, besoek www.

tourismmcgregor.co.za of www.face-book.com/tourismmcgregor.Vir verder navrae, skakel gerus

023 625 1954.

Verlore in jakarandaVerlore in jakaranda’n Land met goue pragblare so sag soossterre in die nag.’n Boom met die kleur persskyn helder sonder ’n brandende kers.Die boom is gemaak van gouddaar kry jy nooit koud.Jakaranda ontvang net dromenie drome van ’n stoute kind.Jakaranda is ’n vriendelike boomsy dra ook elke dag haar goue kroon.Sy het ook maats wat elke dag ’n nes boudis waarvan jakaranda baie houjy kan haar ook dag en nag vertrou.In die somer hou sy daarvan om mensete koester,en geen jakaranda in Worcester.Maar als geleë in Robertson,daar is nie min maar omtrent baie.In die winter is sy baie soet,want sy’s goed opgevoed.Jakaranda het geen slegte kwaalen sy hou niks daarvan om rond te dwaal.Dis ons jakarandaswat niks hou van sterk brandersso pas haar goed op.

NICOLE KOERT

Die jakarandasDie jakarandasDie jakarandas blomen violet blomme lê soosconfetti gestrooi.In die strate van Robertsonmaar dis sowaar wonder-mooi.Want die indringerplantgeskep deur die Vader sehand.

So dat óns dag vir dagkan sien God se wonder-prag.Vanjaar se Jakarandafeesis in ieder en elk se gees.Want dis grote plesierwat net ’n kort tydperkduur.

EDWARD JENEKE

Purple beautyPurple beautyEvery late Octoberand early Novemberthe trees start to bloomand fill the streets with colour.The blossoms dangling fromeachstem so soft and lightlooking like purple bellsswaying ever so slightly.The bees adore them as wellso when you stroll among thembe sure to look aroundand observe how they playon the purple ground.People easily awed by the beautysoon forget about their dutyas the flowers fall like confettireminding several of their wed-ding.It’s a shame it onlyhappens once a year.This means the lovelysight will soon disappear.So take in as much as you canto remember them ‘tilnext time they bloom again.

MEGAN JANSE VAN RENSBURG

JakarandafeesJakarandafeesBoom in die grondFris en gesondJakaranda is die daadIn pers gewaadJakaranda is die daadLangs die tuin en bomelaanKuier plesierige skare aanStrate word getooiSoos jy jou blomme strooiDeur die jakarandabomeluister

Is dit of daar stemme fluis-terKom laat ons jolytOp die pers tapytDie skare dans dat dit knet-terSoos ’n cracker van al dielekkerSterk sal jy moet staanTot die fees gedaan

SHANNON JANSEN

Stem vir mooiste Jakaranda-gedigRobertson se Jakarandafeesmag dalk nog ’n paar dae wegwees, maar lesers het noureeds kans om vir hul gunste-ling gedig te stem in die gedig-tekompetisie wat deel is vandie fees.

Lesers het tot Vrydag kans omvir hul gunstelinggedig te stem.Die wenner van die gedigtekom-

petisie word Saterdag 30 Novem-ber by die Jakarandafees, waar-van die Breederivier Gazette diemediaborg is, aangekondig.Om vir jou gunsteling te stem,

SMS die woord “Gedigte” saammet die naam van die gedig na45527. SMS’e kos R1,50.Die Jakarandafees, wat van

10:00 tot 17:00 by die RobertsonToerismekantoor se parkeerter-

rein (waar die Robertson Far-mer’s Market gewoonlik gehouword) gehou word, beloof om ho-pe pret vir die hele gesin te bied.Besoekers sal tussen ’n wye

verskeidenheid stalletjies kanrondsnuffel en daar sal ouderge-woontevanjaarookweer ’ndans-kompetisie en ’nMnr. enMej. Ja-karanda-kompetisie wees.Valleiers wat aan die Mnr. en

Mej. Jakaranda-kompetisie ofdie danskompetisie wil deel-neem, kan inskrywingsvormsbydie Gazette- of toerismekantoorkry.Die Jakaranda-parade wat om

10:00 van die feesterrein af ver-trek, moet beslis ook nie misge-loopwordnie.Virmeerinligting,bel die toerismekantoor by023 626 4437.

Page 5: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier GazetteEntertainment - VermaakDinsdag 26 November 2013 5

) His Master’s Voice-gospelkoor van Finlandtree op 27 November in die NG Kerk Ashtonop. Toegang is gratis. Vir navrae, bel PatrickDickson by 0 084 444 5569.Die koor het sowat 50 lede en is 25 jaar geledegestig.Die koorleiers is Simon Djupsjöbacka en ElnaRomberg en die begeleiding word deur die pi-anis Daniel Stenbaek gedoen. Die koor singtradisionele sowel as kontemporêre koor-stukke.

) Flowers @ Work bied op 28 November om09:00 vir 09:30 Kerse, Kranse & Kristalle deurTrish Carter aan.Die geleentheid sal in die Eeufeessaal gehouword.Twee kranse sal ten bate van die ElizabethJordaan-trust uitgeloot word. Kaartjies kosR50 en is by Floral D Zign of die deur beskik-baar.

) TheMontaguMusicSocietypresentsaSun-set Concert by Brass Capes (Renaldo Walesand Peter Catzavelos on trumpet, Sigrid Ceu-nen on the French horn, Ash-lee Louwskieron trombone and Shaun Moir on the tuba) on30 November.The concert will include everything from Mo-zart to pop and carols.The show starts at 17:30 in the Nature Garden,Van Riebeeck Street, Montagu. Bring a picnicbasket and blanket.Tickets cost R80 for adults and R10 for chil-dren.

) Africa International Mission (AIM) will behosting a Bible seminar on 7 December.The event will take place from 10:00 at the Ro-bertson Libary in Van Reenen Street.The seminar is free and everyone is welcome.Seating, however is limited.For the free Bible correspondence course,write to Denville Willie, P.O. Box 36024, Glos-derry, 7702.

) Die Robertson Harmonic Youth Band biedop 7 Desember om 19:00 ’n musiekaand saammet die Robertson-koperblaasorkes aan.By dié geleentheid, wat in die Robertson-ge-meenskapsaal gehou word, sal daar ook ’nvoorlesing van ’n gedig deur die Worcestersedigter Floris Brown wees.Kaartjies kos R10 per persoon. Vir meer inlig-ting, bel Bazil Malgas by 0 079 395 2929.

Page 6: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier Gazette Promosie - Promotion Dinsdag 26 November 20136

Besig met enige bouwerk of opknappingaan jou huis? Dan is Build it nét die plekom aan te klop vir alles wat jy nodig het.

Build it is sinoniem met gehaltediens engehalteprodukte. Boonop kry jy hier alleswat jy nodig het onder één dak.

Die span by Build it glo aan persoonlikediens. Waar beter om aan te klop as jy raadnodig het oor die selfdoen-projek wat jyaanpak, of dit nou die opknap van die bad-kamer of die aanbou van ’n nuwe vertrekis?

By die onderneming se gasafdeling kangasbottels ook in ’n kits hervul word

Klante hoef ook nie kop te krap oor hoehulle ’n groot vrag bakstene of sement byhul huis sal kry nie. Build it se span saldit daar kom aflewer.

Die onderneming spog deesdae ook met’n vertoonlokaal waar produkte wat saamhoort uitgestal word en klante só ’n beteridee kan vorm van ’n nuwe badkamer ofkombuis byvoorbeeld.

Die eienaars van Build it, Hermie, Chrisen Louis Wentzel, Peter Pieters en WikusKriel, roem daarop dat hulle betrokke is byelke aspek van die onderneming, van kliën-tediens tot die aankoop van die hoogste ge-halte-produkte en heel nuutste soort bou-

materiaal wat beskikbaar is.Die span werknemers by Build it staan te

alle tye reg om klante van raad te bedien.Elke bestuurder van die onderskeie afde-

lings in die onderneming, of dit nou verf ofhardeware is, woon op gereelde basis kursus-se by om só te verseker dat hulle op hoogtevan die nuutste produkte bly en klante só vandie beste moontlike raad kan bedien.

Vir dié onderneming is puik nasorgdiensnet so belangrik. Geen steen sal onaangeroergelaat word om te verseker dat elke klant sebouprojek ’n sukses is nie.

Die groot bonus is Build it se mededingendepryse

Klante sal ver moet soek om dié gehaltepro-dukte en puik dienste elders te kry. Met dieBuild it-span se motto “Maak bouwerk mak-lik” kan klante met ’n geruste hart hiér aan-klop vir raad en al die nodige boumateriaal.

Build it is op weeksdae van 07:30 tot 17:00oop en Saterdae van 08:00 tot 13:00.

KWALITEIT TEEN ’N SAKPASPRYS: Build it bied nie netsakpaspryse nie, maar hiér kan klante te alle tye sekerwees van kundige raad om seker te maak hulle skafdie korrekte produkte aan.

VAN A TOT Z: By Build it kry jy al jou boubenodigdhede gerieflik onder een dak.

REG OM TE HELP: Build it se toegewyde span staan altyd reg om klante met kundige raad en vriendelikehulp by te staan. Die onderneming roem hom op sy uitstekende kliëntediens.

‘Maak bouwerk maklik’ met gehalte produkte en diens

Page 7: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier GazetteLetters - BrieweDinsdag 26 November 2013 7

All pay, oh all pay!All pay, oh all pay!1 tot 6 September was weer all pay-week.En so bly D (die einde van die jaar is hy 15

en kan dan skool verlaat) die week by die huisomdathysyallpaybysymakryendituitdrink.Hyloopheenenweer indiepadvoordieskool

en wag dat sy “maats” uit die skool kom.Self kan hy nie skool toe kom nie, “want hy

voel nie so goed nie”.So erken hy aan die skoolhoof.B (in graad R) kom ook nie skool toe nie.Hul buurvrou sê sy kan nie dié week met sy

ma praat nie, want “dié loop en skel. Dit wasmos all pay”.M en N se ma’s is susters en vloek en skel

en gooi goed rond sodat die buurvrou nie dink“dieweek is reg ommet hulle oor hulle kinderste gesels nie”.En so kom en gaan die all pay.Diekinders isverwaarloos.Allpayhelphulle

niks!LINDIE LOURENS

Gehoorsaam padreëls!Gehoorsaam padreëls!Baie dinge gebeur in die lewe wat ’n mens nieverstaan nie.Dángebeurdaardingewat as gevolg van self-

dissipline en disrespek vir ander die lewe van’n jongmanneem. ’nStopstraat isblykbaarver-ontagsaamendie persoonword indie fleur vansy lewe weggeneem. Sy familie en vriende enalmal wat vir hom dierbaar was moet nou be-rustingvindenvredemaakmet so ’nonsinnigedaad.EkwagSaterdagoggendopdie hoekvanPaul

Kruger- en Truterstraat voor die bakkery virmy vrou.In die sowat vyf minute wat sy weg was, het

nie een van die 15 tot 20 voertuie ordentlik ge-stop nie. Party het sommer totaal die stoptekenverontagsaam.Hierdie tendens is ’n siekte in ons dorp. Kin-

derswatsaammethulleouersrymagdalkdinkdit is reg so. Hulle gaan dalk eendag dieselfdedoen.Voor daar nog mense so tragies weggeneem

word van hulle ouers en familie, vra ek onswetstoepassers om asseblief dissipline terug tebringopstraat.Vanenigietsnegatiefskandaariets positiefs voortvloei.Ek hoop dat daar na aanleiding vanmy skry-

we ’nmensseregomte leweeerbiedig salword.CHRISTIE STEYTLER

Page 8: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 26 November 20138

MUNISIPALE SKENKING: Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) het on-langs skoolklere en skryfbehoeftes aan agt leerders by die Concordia NGK PrimêreSkool in die Koo-Vallei geskenk. By die leerders is (van links) Eric Scheffers (raadslid:Langeberg Munisipaliteit), Henry Jansen (onderburgemeester: KWDM) en Clara Meyer(speaker: KWDM).

UITBLINKER: By die Laerskool Dagbreek se onlangseprysuitdeling is Irene Lawerdien as die beste leerderin gr. 4 vereer. By haar is O’ryan Africa, voormaligeDagbreek-leerder en gasspreker by die geleentheid.

KOSHUISLEIERS: Dié leerders van die Hoërskool Montagu is aangewys as die nuwe koshuisprefekte vir 2014.Agter is Yanico Conradie, Hadley Hendricks (hoofseun), Jacqui Kriel (hoofmeisie) en Matthew Odendaal.Voor is Madre-lee Januarie, Daniel du Plessis, Randy Januarie en Carina Geldenhuys.

LEERDERRAAD: Die Laerskool Ashton se leerderraad vir 2014 is (agter) TandréHanekom, Chad Shirley, Frede Mellet (hoofseun), Jandré Mellet en MonraySaaiman.Voor isMishkaLakey, JanikaFabricius (hoofmeisie) enAlyssaMarson.

FOTO: VERSKAF

SLYPSKOOL: DehanStipp vandieHoërskoolRobertson is gekeur omin Desember Die Burgerse jeugleierskonferen-sie by Die Burger-strandhuis in Muizen-berg by te woon.

Page 9: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier GazettePromosie - PromotionDinsdag 26 November 2013 9

Maak ’n verskil dié KersfeesKerstyd is ’n tyd van samesyn en vreugde. BaieSuid-Afrikaners sal egter op dié spesiale dagkwalik kan bekostig om ’n ete op die tafel te sit,wat nog te sê van ’n Kersmaal soos dié wat baieander mense ken.Avok Finansiële Dienste wil ’n verskil in ’n

klompie families se Kersfees maak deur Kerse-tes aanhulle te skenk.Hiervoorhet die onderne-ming egter die gemeenskap se hulp nodig.Om te help is baie eenvoudig: klop aan by die

tak opWorcester en nomineer ’n familie watjy dink hulp verdien.Avok sal alle nominasies oorweeg en so-

veel mense moontlik binne sy begrotinghelp.Dié wat meer wil bydra tot hierdie gebaar

is ookwelkom.Ondernemingswat ’n bydraewil maak kan goedkoper produkte of sken-kings gee, terwyl kosprodukte of skenkingsdeur individue ook verwelkom sal word.Deur ’n klein bydrae kan daar saam ’n

groot verskil in ’n paar families se Kersfeesgemaak word.

Avok Finansiële Dienste beoog om vanjaar ’n verskilin die lewe te maak van ’n aantal gesinne wat nie’n Kersete kan bekostig nie. Die onderneming sebemarkingspan op Worcester is Heleceen Steen-berg, El-Ferile Titus en Elaine Hermanus.

MUSIEK WAT DIE VOETE LAAT JEUK: Die Route 62Live Band is beskikbaar om by funksies op te tree.Indien jy van hul dienste gebruik wil maak vir enigefunksie, partytjie of dans, kan jy Chantel by0 079 023 6224 bel.

Social media a road hazardThe risk of being involved in a car acci-dent while typing text on a cellphone issix times as high as when the driver isat the legal alcohol limit.This statistic, alongwithan increased

uptake on mobile phones to tap into so-cial media platforms and applications,has urged the Automobile Associa-tion (AA) to appeal to South Africans tolet go of this bad and dangerous habit.Gary Ronald, public affairs manager

at the AA, said in a media release thisincrease in mobile phone activity fortapping into applications such as Face-book, MXit, Twitter, Blackberry Mes-senger and WhatsApp could also causea spike in drivers using cellphoneswhile on the road.“Theonlyway this canbe stoppedand

brought under control is through selfdiscipline and strict law enforcement,”he said.He added that festive season accident

data is a clear indication that much

more still needs to be done in order toreach the UNDecade of Action for RoadSafety target of halving road deaths by2020.DuringDecemberthousandsofpeople

are arrested for reckless and drunk dri-ving.According to Ronald this is a clear in-

dication that thousands of South Afri-cans still insist on putting their lives aswell as those of fellow road users in dan-ger by breaking the rules.“Changing driver behaviour is the

first step towards decreasing the highnumber of accidents and fatalities onour roads.”With the new year looming, it’s a per-

fect time to start afresh and let go of oldbad driving habits such as textingwhiledriving,which isworse thandrivingun-der the influenceofalcohol,Ronaldsaid.“The AA supports a cellphone free

zone inallmotorvehicles onour roads,”he concluded.

Using your cell phone while driving can pose a serious threat toyou and other road users. PHOTO: MATTHEW SHELDON

Page 10: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier Gazette Classifieds Dinsdag 26 November 201310

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

EDWARDS ELSIEKATRINAGeb.08/03/1938-Gest.22/11/2013Die Roudiens vind plaasDonderdag 28 Novemberom 7nm in Freezialaan 28,Môreson. BegrafnisdiensSaterdag 30/11/2013 om9vm by die huis Freezial-aan 28 en 10vm in dieVGK kerk, Loopstraat . Salonthou word deur 1 dogter,kleinseun en familie.

IN MEMORIAM

1015

COERT MATTHEUSGeb.16/71946-Gest.29/11/2012Reeds 1 jaar van ons afweg. Die verlange engemis is groot. Van joukinders en kleinkinders.

DANKBETUIGINGS

1020

GRAAG wil ek, ValerieDuddy almal bedank vir dieomgee tydens my man,Neville Duddy vanRobertson se siekte enafsterwe. Elkeen wat ’nhanddruk, telefonroepe,sms, die besoeke, blommegegee het baie dankie. Inbesonders Hospice vir dieversorgingsdienste aanhom. Weereens, baie dan-kie.

GELUKWENSINGS

1030

Raai wie het 1 geword?CAROLUS NATHIABaie geluk met jou 1steverjaarsdag. Van Mammie,Daddie, Keegan en almalwat lief is vir jou.

SAKE

DIENSTE

2420

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheidvan rylesse vir kinders engrootmense vir beginnersen ervare ruiters.*Outri-des tussen die wingerdeen langs die Breërivier*Wynproeë op ’n perd serug of met die waentjie byMajor's Hill en Springfield.* Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies.*Mini kommando’s opSaterdae * Kinderpartyt-jies. Skakel ons gerus by072 291 7631 of082 402 7088.

Page 11: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier GazetteSportDinsdag 26 November 2013 11

Unie-duiwekampioeneLedevandieWynland-duiwe-unie isonlangs vereer vir hul prestasies indié mededingende sport.

André Mills van Montagu is vir diederde agtereenvolgende jaar as dieuniekampioen gekroon.

Die ander lede wat vir hul prestasiesbeloon is, is FransViljoen (Bonnievale,1 136 punte), Chris Breytenbach (Bon-nievale, 980punte), JannieBredenhand(Bonnievale, 945 punte), Jefrey Lekay(Robertson, 882 punte), Tony Swane-poel (Swellendam, 835 punte), WillemRossouw (Robertson, 754 punte), Jo-seph Carelse (Montagu, 694 punte), To-nie Erasmus (Montagu, 681 punte) enEdward Swart (Bonnievale, 641 punte).

Mills het met 352 punte ook koninggekraai in die kortpadkompetisie (wed-vlugte korter as 400 km) met Breyten-bach tweede (313 punte) en Viljoen der-de (309 punte).

Mills wasmet 450 punte ook eerste indie middelpad-kompetisie (wedvlugtetussen 400 en 600 km)met Breytenbach(440 punte) tweede en Viljoen (437 pun-te) derde.

In die langpad-kompetisie (wedvlug-te langer as 600 km)was dit Viljoenwatindie eerste plekwasmet 390puntemetMills tweede (379punte) enLakeyderdemet 375 punte.

Vanjaar se jongduifkampioenskap(alle jongduifvlugte) is deur Mills ge-wen met 483 punte gevolg deur Swane-poel (471 punte) in die tweede plek enViljoen (466 punte) derde.

Mills, met 698 punte, het ook die eer-ste plek in die ope-kampioenskap be-haal, met Viljoen met 670 punte wattweedewas en Breytenbach (587 punte)in die derde plek.

Vanjaar se beste jongduif was Deonde Vos van Swellendam se geruite hen,2790 ZAWYNLAND12,wat ’n alleminti-ge 205 punte gedurende die seisoen los-geslaan het.

Die beste ou duif was Breytenbach segeruite hen, 24026 ZAWKDU 10, wat 172punte verdien het.

Die Wynland-duiwe-unie bestaan uit81 lede wat van Robertson, Montagu,Ashton, Bonnievale, Swellendam enHeidelberg kom.

Diewedvlugseisoenbestaanuit18na-weke wat vanaf begin Junie tot middelOktober strek.

Elkenaweekwordtweewedvlugtege-vlieg, ’n jaaroud-wedvlug, waaraanslegs jongduiwe mag deelneem. Duiwevan enige ouderdom mag in die ope-wedvlug-afdeling meeding.

DiekortstewedvlugisdiévanLaings-burg af met Bloemhof, wat ongeveer870 km luglangs is, die langste.

André Mills van Montagu is onlangs vir die derde agtereenvolgendejaar as die Wynland-duiwe-unie se uniekampioen aangewys.

AANDIE STUUR: Jakkie Burger, hoof van die Laer-skool Ashton, is verkies as die voorsitter van SASkoletennis (laerskole). FOTO: VERSKAF

Page 12: Breederivier gazette 26 nov 2013

Breederivier

Year 17 • 26 November 2013 | Tel. 023 626 5212

PROPOSED ESTABLISHMENT OF NEW AND EXPANSION OFCURRENT BORROW PITS FOR ROAD BUILDING GRAVEL ONVARIOUS PROPERTIES

Notice is hereby given of a Public Participation Process in terms of Mineral and Petroleum ResourcesDevelopmentAct, 2002.

Applicant:Provincial Government:WesternCape,RoadsDepartment.

Description: An application for the mining of gravel was launched on the following property for use aswearing base for gravel road resurfacing.The application area is 3.35Ha in extent.

Location:Portion 1 of Farm165Zout PansDoorns, District Robertson

Consultant:Aurecon /NadesonConsulting Joint VenturePartnership

Participation Opportunity: Copies of the proposed EMProgs and Mine Plans are available from theconsultants.

All interested and affected parties (I&APs) are requested to submit their comments in writing and toregister as an I&AP before 11 Desember 2013. All comments must be accompanied by your name,contact details and an indication of any direct business, financial, personal or other interest which youhave in the application.

Contact Persons:Dudley Janeke /Natio vanRooyen

Contact details:Paardevlei BusinessPark, BuildingNo.2, DeBeersRdExtension, SomersetWest, 7130Fax: 086 518 2634E-mail: [email protected]

PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Montagu rider conquers ‘Roof’Montagu’s motorbikingphenomenon Altus de Wetrecentlyspentabout300kil-ometres and a tough 16hoursand44minutesontheseat of his 2-stroke Husq-varna TE300 to finish the2013RoofofAfricainawell-deserved seventh placeoverall in the Gold Class.

This is De Wet’s eighth“Roof” and seventh top 10 re-sult.A second day of incessant

rain and thick mist welcomedthe riders on the start line forthe final day of the 46th run-ning of the Roof of Africa.DeWet (Husqvarna Racing)

started the race in sixth placebehind Chris Birch and hisHusqvarnaRacing teammate,GrahamJarvis. It was a tough08:41:50 for the Montagu riderwho did not make use of“trials” tyres like many otherriders. This resulted in himstruggling in the slippery con-ditions, but he fought a tough

battle to the end to be one ofonly 23 riderswhomanaged tocomplete the full racedistancein the Gold Class.Of the 366 competitors who

started theRoof ofAfrica, a to-tal of only 62 in the gold (fulldistance), silver (75%) andbronze (50%) classes reachedthe finish at the top of Bush-man’s Pass.“I hoped for a better result,

but am happy with this posi-tion under the circumstan-ces,” De Wet said.“Theweather played a huge

role in this event and we didnot use trials tyres. Eventhough Ididnotgeta lot of sad-dle time with the 300TE 2-stroke before the race, it wasstill a good choice. I am veryimpressed with its perform-ance.”Husqvarna Racing in South

Africa hasmade its ownhisto-ry when De Wet won theAround theHouses street racein Maseru as well as the 45 ki-lometre prologue. Altus de Wet in action in the Roof of Africa race. PHOTO: ELZA THIART-BOTES

HARDE WERK BELOON: Tydens die LaerskoolDagbreek se onlangse prysuitdelingsgeleent-heid is Amber Joseph met die trofee as Sport-persoonlikheid van die Jaar beloon. Langshaar is O’ryan Africa (gasspreker by die ge-leentheid en die skool se hoofseun vir 2001)saam met Luciano Booysen wat die trofee asbeste leerder in gr. 5 gekry het.

SPOEDVRAAT: DianBeyers, ’n gr. 11-leerder aandieHoër-skool Robertson,gaan die komendevakansie aan dieTrans Agulhas Rub-berbootkompetisiedeelneem.