primêre skool jordania · by kinders lei. so hier is die uitdaging: ons as ouers moet versigtig...

4
Nr. 20/2019 7 Junie 2019 Die afgelope kwartaal het ons sportspanne uitstekend gevaar. Dit is natuurlik geen vloekskoot nie! Dit is eerder die resultaat van ‘n goed-gestruktureerde program waar talentvolle kinders en afrigters harde werk en baie tyd ingesit het, met die ondersteuning van ouers. En dit is hoe ons dit by Jordania doen. Almal gee altyd hulle beste – 100%. Maar ons moet almal versigtig wees dat ons nie die grense oorsteek nie. Onthou, om sport te doen gaan oor baie meer as net om te wen. Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek is self nie ‘n goeie verloorder nie. Maar as wen gesien word as die enigste uitkoms van sport, dan is ons besig om die punt te mis. Feit bly staan – om ‘n spesifieke wedstryd in ‘n spesifieke seisoen te wen, gaan nie ‘n kind se toekoms definieer nie. Om as deel van ‘n span te speel hou baie meer voordele in, soos die bou van selfvertroue en deursettingsvermoë, fisiese- en emosionele ontwikkeling, kameraderie, ens. Om byvoorbeeld saam met ander oorwinning en teleurstelling te ervaar is iets wat tot ongekende emosionele groei by kinders lei. So hier is die uitdaging: ons as ouers moet versigtig wees dat ons onsself so blindstaar teen ons kinders se sportsuksesse en die uitslae van wedstryde, dat ons vergeet wat die eintlike redes is waarom kinders sport moet doen. As ons net op die wenfaktor en of hulle in die A-span is fokus, striem dit juis al die ander voordele wat sport tot ontwikkeling kan bydra en haal ons ook nog moontlik die genot uit sport uit. Dink daaraan! Mooi loop. Primêre Skool Jordania Posbus 474, Bethlehem, 9700 Tel: 058 303 4116 / Faks: 058 303 4264 Epos: [email protected] www.jordaniaprimer.co.za Uit die kantoor

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Primêre Skool Jordania · by kinders lei. So hier is die uitdaging: ons as ouers moet versigtig wees dat ons onsself so blindstaar teen ons kinders se sportsuksesse en die uitslae

Nr. 20/2019 7 Junie 2019

Die afgelope kwartaal het ons sportspanne uitstekend gevaar. Dit is natuurlik geen vloekskoot nie! Dit is eerder die resultaat van ‘n

goed-gestruktureerde program waar talentvolle kinders en afrigters harde werk en baie tyd ingesit het, met die ondersteuning van ouers. En dit is hoe ons dit by Jordania doen. Almal gee altyd hulle

beste – 100%. Maar ons moet almal versigtig wees dat ons nie die grense oorsteek nie. Onthou, om sport te doen gaan oor baie meer

as net om te wen. Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek is self nie ‘n goeie verloorder nie. Maar as wen gesien word as die enigste

uitkoms van sport, dan is ons besig om die punt te mis. Feit bly staan – om ‘n spesifieke wedstryd in ‘n spesifieke seisoen te wen, gaan nie ‘n kind se toekoms definieer nie. Om as deel van ‘n span

te speel hou baie meer voordele in, soos die bou van selfvertroue en deursettingsvermoë, fisiese- en emosionele ontwikkeling,

kameraderie, ens. Om byvoorbeeld saam met ander oorwinning en teleurstelling te ervaar is iets wat tot ongekende emosionele groei

by kinders lei. So hier is die uitdaging: ons as ouers moet versigtig wees dat ons onsself so blindstaar teen ons kinders se sportsuksesse en die uitslae van wedstryde, dat ons vergeet wat die

eintlike redes is waarom kinders sport moet doen. As ons net op die wenfaktor en of hulle in die A-span is fokus, striem dit juis al die

ander voordele wat sport tot ontwikkeling kan bydra en haal ons ook nog moontlik die genot uit sport uit. Dink daaraan! Mooi loop.

Primêre Skool Jordania Posbus 474, Bethlehem, 9700

Tel: 058 303 4116 / Faks: 058 303 4264

Epos: [email protected] www.jordaniaprimer.co.za

Uit die kantoor

Page 2: Primêre Skool Jordania · by kinders lei. So hier is die uitdaging: ons as ouers moet versigtig wees dat ons onsself so blindstaar teen ons kinders se sportsuksesse en die uitslae

1. Mental Maths Wiskunde kompetisie Tydens die Departementele Wiskunde kompetisie het al drie ons

verteenwoordigers deurgedring na die Vrystaat rondte. Die uitslae was as volg:

Melieke Lamprecht – 1ste plek Oskar Busch – 3de plek (gesamentlik)

Zanike van Zyl – 3de plek (gesamentlik)

Baie geluk! Ons is trots op julle!

2. Skooltye tydens die eksamen Neem asb. kennis dat die skooltye tydens die eksamen 08:00-11:30

vir alle leerders sal wees. Leerders moet asb. elke dag betyds skool toe kom. Die skool sluit op Donderdag, 13 Junie om 10:00 vir die wintervakansie. Baie sterkte.

3. Vrystaat Tweekamp

Baie geluk aan Cara Cilliers wat in die Vrystaat o/13 Tweekampspan ingesluit is wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan delneem.

4. Vrystaat Netbalkampioenskappe

Baie sterkte aan ons o/12A- en o/13A–spanne wat hierdie naweek aan die Vrystaat netbalkampioenskappe te Bloemfontein gaan

deelneem. Gee net julle beste. Ons weet julle gaan goed doen. 5. Skaak

Uitslae van die afgelope kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein was as volg:

Afdeling G (Beginners): Marinus van der Merwe (Gr 1) - 1ste plek

Wian Steyn (Gr R) - 2de plek

Afdeling E (o/12): Hanco Steyn - 4de plek

Pieter van Blerk (Gr 5) - 12de plek Baie geluk aan hierdie leerders.

SLIMKOPPE!

MOOI SO!

Mooi!

Page 3: Primêre Skool Jordania · by kinders lei. So hier is die uitdaging: ons as ouers moet versigtig wees dat ons onsself so blindstaar teen ons kinders se sportsuksesse en die uitslae

6. Skoolgelde vir 2019 Maak asb. seker dat alle skoolgelde tot aan die einde van

die 2de kwartaal betaal is. Onthou dat skoolgeld R10200-00 vir die jaar beloop. Dit is betaalbaar eenmalig, kwartaalliks of in 10

paaiemente tot en met einde Oktober. Skoolgelde word aangewend vir baie belangrike sake bv. salarisse en lone,

diensterekeninge, skryfbehoeftes, voertuie, ens. Baie dankie aan al ons ouers wat hul skoolfonds getrou betaal. Kontak Estelle of Alta vir enige navrae.

7. Veiligheid om die skool

Ons doen weereens ‘n beroep op u om stadig en versigtig om die skool te bestuur. Parkeer asb. net op die aangewese plekke – nie op die voetoorgange en voor ingangshekke nie. Dit stel ons

kinders, asook ander persone in gevaar. Leerders word ook aangemoedig om die voetoorgange te gebruik. Ons kinders se

veiligheid is vir ons allerbelangrik. Baie dankie vir u samewerking.

8. Kleredrag Ons ervaar dat daar sommige leerders (en ouers) nie by die skoolreëls hou aangaande bogenoemde saak nie. Alle leerders

moet nou wintersklere (nie sweetpakke nie) skool toe aantrek. Sweetpakke mag slegs gedra word wanneer leerders LO as

vak het of direk na skool aan skoolsportwedstryde deelneem. Indien leerders nie korrek aangetrek is nie, sal hulle

ernstig aangespreek word en moet die gevolge daarvan dra. Baie dankie vir u samewerking.

9. Klerebank Die skool se klerebank verkoop tweedehandse, gebruikte klere teen

‘n minimale fooi. Die klerebank is oop Dinsdae tot Donderdae 07:30-08:00.

10. Bloedskenk U kan kom bloedskenk in die personeelkamer op Maandag, 10 Junie

vanaf 10:30 tot 12:30.

BAIE BELANGRIK!

NB!

Page 4: Primêre Skool Jordania · by kinders lei. So hier is die uitdaging: ons as ouers moet versigtig wees dat ons onsself so blindstaar teen ons kinders se sportsuksesse en die uitslae

VOLGENDE WEEK SE PROGRAM Maandag, 10 Junie: Eksamen: PSW Gr. 4 & 6; NW/Teg Gr. 5; Aardr. Gr. 7 Bloedskenk: 10:30-12:30 (Personeelkamer) Dinsdag, 11 Junie: Eksamen: EBW Gr. 7; AFr. Begripstoets Gr. 4-6

Ysbeertjie Fliek – 18:00 Gr. 3E uitstappie (Clarens Xtreme)

Woensdag, 12 Junie: Drop All and Read (Bring leesboek saam) Netbalafsluiting

Rugby: Griffons o/12 tot Saterdag (Klerksdorp) Donderdag, 13 Junie: Rugby: Griffons o/13 VKB tot Saterdag (Frankfort)

Hokkie: Elsie Coetzer toernooi tot Sondag (Bfn) Krieket: o/11 Goldi toernooi tot Sondag (Standerton) Gr. R Vadersdag bederf Skool sluit om 10:00

Vrydag, 14 Junie: Geen skool (Afdag vir Beeskompetisie) “Sports teaches you character, it teaches you to play by the rules, it teaches you to know how it feels to win and lose – it

teaches you about life.” Billie Jean King

LYNDON VD HAER TENNISAKADEMIE

Bied ‘n tenniskliniek in die vakansie vanaf Woensdag, 3 Julie tot Vrydag, 5 Julie 2019 aan. Sluitingsdatum: 18 Junie Skakel Lyndon by 082 441 6379 vir meer inligting.

JORDANIA – DIE 100% SKOOL

#LIEFLEES

Dink aan die volgende dinge wanneer jy ‘n storie lees:

Van watter karakter hou ek die meeste? Waarmee kan ek myself vereenselwig in

die storie? Wat kan ek uit die storie leer?

Sal ek weer ‘n boek van die skrywer kies?

#Lees is lekker!

PERSONEELVERJAARDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat verjaar: 9 Junie – Yolanda Linström 11 Junie – Du Toit van Huyssteen