20 april 2018 13/2018 - rooiskool · ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. kom...

6
20 April 2018 13/2018 Die wintersport is aan die gang. Ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. Kom ons probeer om nie skeidsregters te kritiseer nie. Ons verskil dikwels van die skeidregter, maar ongelukkig het hy/sy die fluitjie in die hand en ons en die spelers moet deeglik besef en bewus wees daarvan dat die finale sê by die skeisdregter lê. Onthou almal is mense, almal maak foute. Kom ons as Rooies respekteer die skeidsregters. Spelers wat seerkry op die veld is deel van wedstryde. Afrigters, ouers en ander spelers mag NIE op die veld kom of rondom „n beseerde speler saamdrom nie! Moet ook nie probeer om die speler wat beseer is te help nie, dit is waarom die noodhulp daar is. As spelers die beseerde speler wil help of gemaklik maak, kan dit net daartoe lei dat hulle die besering vererger. Wag maar tot die noodhulp daar is om aandag te gee. Dankie vir almal se samewerking in dié verband! Na die her-merke van die 2017 matriekeksamen bekend gemaak is, het die volgende 6 leerlinge onderskeidings by gekry: Jesse Janse van Vuuren (Wiskunde); Carli van Tonder (Wiskunde); Julani Smit (Engels FAL); Angelique Roux (Afrikaans HT); Angelique Roux (Lewenswetenskap) en Hanri Hendriks (CAT). Carli van Tonder het nou in totaal 8 onderskeidings; Jesse Janse van Vuuren 5; Hanri Hendriks 4 en Angelique Roux en Julani Smit elk 3. Baie geluk aan dié leerders! Die klas van 2017 het dus 83 onderskeidings. Wat afwesighede betref: u moet onthou dat, as „n leerder een periode nie in „n klas is sonder om terug te teken van waar hy/sy was nie, dan word die leerder vir die hele dag afwesig gemerk. Ouers moet die volgende dag „n brief na die klasonderwyser toe stuur indien „n leerder afwesig was. Leerders wat een periode “slip” word ook vir die hele dag afwesig gemerk en kry debietpunte. Probeer groot asseblief om leerders nie tydens skoolure na dokters en fisio‟s ens. te neem nie. Leerders mis belangrike werk en raak agter. ROOIES PET (KHAKI) Te koop @ R60 MATRIEKBALKIES Te koop @ R65 ROOIES Fleecy Kombersies Bestel @ R170 2 de Handse Skoolklere Te Koop Pryslys beskikbaar By die finansiële kantoor Ons skool het vanjaar die teetuin by Nampo. Kom ondersteun ons daar asseblief. Dankie vir almal wat so positief is en wil help. Elke ouer wat in beheer is van „n afdeling sal ook ander ouers kontak om te help op sekere dae. Dankie dat ons op u kan staatmaak. Ons vra asseblief dat waar u u weg oopsien om „n bydrae in die vorm van bestanddele te maak, dit sal opreg waardeer word. In dié verband ontvang elke leerder vandag ‘n brief met ‘n skeurstrokie wat hy/sy op Maandag, 23 April by die betrokke registeronderwyser moet inhandig. Die OOV het „n nuwe bestuur verkies. Die persone is: Mev. Tania Kruger as die Voorsitter, mev. Marie Crous as die onder-voorsitter en mev. Estie Lloyd as seketaresse. Dankie aan dié drie ouers wat bereid is om voor te loop en die span te lei! Die Sportondersteuners wil vanjaar weer „n Kotiljons aanbied. Kom ons word almal deel en gebruik ook ons talente om ander mense te vermaak. Ons soek persone wat dansitems of sangitems op „n anderste manier kan aanbied. Sentrale Volkskool nooi ouers uit om op 2 Mei 2018 om 18:00 na ds. Johan Smit (wat ook soms op die TV preek), te gaan luister. Kom laai u batterye by dié geleentheid. Kostes beloop R50 en u kan kaartjies by hulle skoolkantoor bekom. Die tweede kwartaal is baie besig. Help asseblief u kind om te onthou dat die eintlike rede hoekom ons in die skool is, is om te leer. Dié kwartaal skryf ons eksamen en gaan dit nie so

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 20 April 2018 13/2018 - Rooiskool · Ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. Kom ons probeer om nie skeidsregters te kritiseer nie. Ons verskil dikwels van die

20 April 2018 13/2018

Die wintersport is aan die gang.

Ouers, kinders en afrigters raak

opgewonde langs die veld. Kom ons

probeer om nie skeidsregters te

kritiseer nie. Ons verskil dikwels van

die skeidregter, maar ongelukkig het

hy/sy die fluitjie in die hand en ons en

die spelers moet deeglik besef en

bewus wees daarvan dat die finale sê

by die skeisdregter lê. Onthou almal is

mense, almal maak foute. Kom ons as

Rooies respekteer die skeidsregters.

Spelers wat seerkry op die veld is

deel van wedstryde. Afrigters, ouers

en ander spelers mag NIE op die veld

kom of rondom „n beseerde speler

saamdrom nie! Moet ook nie probeer

om die speler wat beseer is te help nie,

dit is waarom die noodhulp daar is.

As spelers die beseerde speler wil help

of gemaklik maak, kan dit net daartoe

lei dat hulle die besering vererger.

Wag maar tot die noodhulp daar is om

aandag te gee. Dankie vir almal se

samewerking in dié verband!

Na die her-merke van die 2017

matriekeksamen bekend gemaak is, het

die volgende 6 leerlinge

onderskeidings by gekry: Jesse Janse

van Vuuren (Wiskunde); Carli van

Tonder (Wiskunde); Julani Smit

(Engels FAL); Angelique Roux

(Afrikaans HT); Angelique Roux

(Lewenswetenskap) en Hanri Hendriks

(CAT). Carli van Tonder het nou in

totaal 8 onderskeidings; Jesse Janse

van Vuuren 5; Hanri Hendriks 4 en

Angelique Roux en Julani Smit elk 3.

Baie geluk aan dié leerders! Die klas

van 2017 het dus 83 onderskeidings.

Wat afwesighede betref: u moet

onthou dat, as „n leerder een periode

nie in „n klas is sonder om terug te

teken van waar hy/sy was nie, dan

word die leerder vir die hele dag afwesig gemerk.

Ouers moet die volgende dag „n brief

na die klasonderwyser toe stuur indien

„n leerder afwesig was. Leerders wat

een periode “slip” word ook vir die

hele dag afwesig gemerk en kry

debietpunte. Probeer groot asseblief

om leerders nie tydens skoolure na

dokters en fisio‟s ens. te neem nie.

Leerders mis belangrike werk en raak

agter.

ROOIES PET (KHAKI) Te koop @ R60

MATRIEKBALKIES Te koop @ R65

ROOIES Fleecy Kombersies

Bestel @ R170

2de Handse Skoolklere

Te Koop

Pryslys beskikbaar

By die finansiële kantoor

Ons skool het vanjaar die teetuin by

Nampo. Kom ondersteun ons daar

asseblief. Dankie vir almal wat so

positief is en wil help. Elke ouer wat

in beheer is van „n afdeling sal ook

ander ouers kontak om te help op

sekere dae. Dankie dat ons op u kan

staatmaak. Ons vra asseblief dat waar

u u weg oopsien om „n bydrae in die

vorm van bestanddele te maak, dit sal

opreg waardeer word. In dié verband

ontvang elke leerder vandag ‘n brief

met ‘n skeurstrokie wat hy/sy op

Maandag, 23 April by die betrokke

registeronderwyser moet inhandig.

Die OOV het „n nuwe bestuur

verkies. Die persone is: Mev. Tania

Kruger as die Voorsitter, mev. Marie

Crous as die onder-voorsitter en mev.

Estie Lloyd as seketaresse. Dankie aan

dié drie ouers wat bereid is om voor te

loop en die span te lei!

Die Sportondersteuners wil vanjaar

weer „n Kotiljons aanbied. Kom ons

word almal deel en gebruik ook ons

talente om ander mense te vermaak.

Ons soek persone wat dansitems of

sangitems op „n anderste manier kan

aanbied.

Sentrale Volkskool nooi ouers uit om

op 2 Mei 2018 om 18:00 na ds. Johan

Smit (wat ook soms op die TV preek),

te gaan luister. Kom laai u batterye by

dié geleentheid. Kostes beloop R50 en

u kan kaartjies by hulle skoolkantoor

bekom.

Die tweede kwartaal is baie besig.

Help asseblief u kind om te onthou dat

die eintlike rede hoekom ons in die

skool is, is om te leer. Dié kwartaal

skryf ons eksamen en gaan dit nie so

Page 2: 20 April 2018 13/2018 - Rooiskool · Ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. Kom ons probeer om nie skeidsregters te kritiseer nie. Ons verskil dikwels van die

maklik wees om goeie punte te behaal

nie. Leerders, werk elke dag, doen jou

huiswerk en bly by asseblief. Dit is

deel van selfdissipline. Veral die

graad 11‟s en 12‟s moet seker maak

dat hulle goeie punte behaal omdat dit

„n invloed op hulle naderende

toekoms het. Moenie jou drome

prysgee omdat jy lui is nie. Elkeen is

verantwoordelik vir sy eie rapport.

Glo in jouself en werk hard. Vra

onderwysers vir hulp, hulle wil graag

help!

Die week het ek „n paar keer die

opmerking gehoor dat ons vir “lekker”

kinders skoolhou en integriteit is

beslis deel hiervan. Wian Viljoen het

by die rugbytoer „n beduidende bedrag

geld opgetel en dit vir die persone in

beheer gevat. Die kind wie s‟n dit

was, was in trane van dankbaarheid dat

Wian dit nie in sy eie sak gesteek het

nie. Vrydag by die skool het

Lirischka Strydom (Lila) ook „n

groot bedrag geld opgetel en dit vir my

gebring en nie vir haarself gehou nie.

Wian en Lirischka, dit is kinders soos

julle wat baie ver in die lewe sal kom.

Dankie vir integriteit en eerlikheid.

Rooies salueer julle!

Ons was vandag TV-sterre! Dankie

vir elkeen wat „n finansiële bydrae

gemaak het om dié geleentheid

moontlik te maak!

Die Beheerliggaam is in die proses om

hulle voelers uit te steek om „n

geskikte kandidaat te identifiseer vir

die skoolhoofpos. Ons wag vir die

Gazette vanaf die Departement om te

verskyn waarin die Skoolhoofpos en

DPH-poste geadverteer gaan word. U

is welkom om name vir die

beheerliggaamlede te gee, van

kandidate wat u as geskik vir die pos

beskou.

Ek sien u Saterdag by die sport of by

die netbalproewe. Kom geniet die

lekkerte van langs die veld sit om die

spelers aan te moedig!

Top 20 1

ste Kwt

2018

Graad 8

1 Kyle Cuperus 89,44

2 Megan van Biljon 86,00

3 Juan de Vries 85,00

4 Elisna Eloff 84,78

5 Madelein Pretorius 83,89

6 Liebré Potgieter 83,44

7 Corlia van Zyl 82,33

8 Hendre Fourie 81,56

9 Su-rize Welman 81,33

10 Neléne Bruwer 79,89

11 Jacques Groenewald 79,44

12 Zahn Fullard 79,11

13 Talia Kock 77,89

Janico van Coller 76,89

15 Delenéy Swart 75,33

16 Zaniel van Huyssteen 74,89

17 Marike van Schalkwyk 74,67

18 Hendrik Lloyd 74,56

19 Lara Viljoen 74,44

20 Dandré Kruger 74,11

Graad 9

1 Surina Claassen 86,89

2 Jeané Engelbrecht 86,67

3 Jané Vorster 82,33

4 Jandré du Plessis 81,11

5 Johané Botha 79,44

6 Lise-Mari Loubser 78,44

7 Gizelle Haarhoff 77,56

8 Sonika Saunderson 75,78

9 Marko Smith 75,56

10 Attie Crous 74,89

11 Nicole Hugo 74,78

12 Carma Mostert 74,11

13 Jayden Hartslief 73,78

14 Franna Karsten 73,44

15 Larissa Coetzer 72,89

16 Zaskia Muller 70,44

17 Janco v/d Berg 70,11

18 Ashlyn Jansen 70,00

19 Stephan Kriel 69,22

20 Werner Nel 69,11

Graad 10

1 Johané van Coller 89,00

2 Christelle van Zyl 86,14

3 Tahlita Landman 85,13

4 Nkité Pretorius 84,00

5 Nadia Engelbrecht 82,29

6 Hano Kriel 81,88

7 Megan-Lee Pretorius 80,71

8 Zany Beneke 80,13

9 Evarné Myburgh 80,00

10 Janus Coetzee 79,00

11 Nicole Zealand 78,29

12 Renée Muller 77,86

13 Richelle Abreu de Silva

77,63

14 Renské Bruwer 77,13

15 Ivor Thompson 76,43

16 Hanu Visagie 76,25

17 Melissa Westraadt 76,00

18 Donatien Welthagen 75,50

19 Marlien Smalberger 75,44

20 Manie van Niekerk 75,29

Graad 11

1 Lumé v/d Merwe 92,75

2 Annabella Zitzke 91,71

3 Wilmari Crous 84,57

4 Naas van Rooyen 84,00

5 Shandré Botha 82,43

6 Tanya Fourie 82,29

7 Esmari Basson 80,29

8 Anlu Keeve 78,57

9 Heino Griessel 78,38

10 Eliana du Toit 78,14

11 Yzelle Fourie 77,71

12 Joos Theron 77,00

13 Tharicha de Beer 76,71

14 Anja van der Merwe 76,57

15 Christien Potgieter 76,00

16 Lezanne Geldenhuys 74,57

17 Christiaan Hennings 74,29

18 Jeline van Biljon 73,71

19 Delana Gravett 72,43

20 Anri Muller 72,14

Graad 12

1 Clarissa de Jonge 87,50

2 Jolize Kleingeld 87,17

3 Jolanda Lombard 85,50

4 Brian van Niekerk 84,67

5 Jaap Erasmus 83,17

6 Shanicé Prinsloo 82,17

7 Hano Strydom 82,00

8 Marlize Nel 81,83

9 Janet van Niekerk 81,00

10 Danica van Zyl 80,00

11 Wian Viljoen 78,67

Abrie Visagie 78,67

13 Jannie Crous 78,33

14 Esmie Rossouw 78,17

15 Lirischka Strydom 77,17

16 Steven Engelbrecht 77,00

17 André van Zyl 76,67

18 Misa van Niekerk 76,00

19 Lettie van Zyl 74,83

20 Janke Goodchild 74,33

Page 3: 20 April 2018 13/2018 - Rooiskool · Ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. Kom ons probeer om nie skeidsregters te kritiseer nie. Ons verskil dikwels van die

KYKNET - “Ontbytsake” Kamera, ligte, AKSIE!

“Hier sal jou kind groei, om ambisieus die lewe in te gaan om net die beste vir sy of haar naaste te wil gee. Met goeie koshuis, ‘n restaurant en gimnasium op die terrein, staan Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad trots met ryke tradisies en blinkoog kinders as produk…”

Hierdie is „n uittreksel van ons

insetsel wat op 5 Mei 2018 op KYKNET se Ontbytsake

uitgesaai gaan word. Ons is trots en opgewonde om ons skool en sy kinders op hierdie gewilde program ten toon te stel. Om een van die 5% Afrikaanse skole in Suid-Afrika te kan wees, top gehalte kinders te lewer wat die geleentheid het om aan sport, kultuur en sosiale geleenthede, gehalte akademie in „n gedissiplineerde en veilige ruimte te kan presteer die afgelope 61 jaar, kan nét as „n voorreg beskou word.

Die skool was „n miernes van bedrywigheid vandag om almal op hulle plekke te kry en toesprake te onthou, als tot groot vermaak om die geleentheid te kan hê om op tv te kan verskyn. Ons IS TROTS op ons skool en daarom kon ons nié hierdie geleentheid laat verby gaan om vir die hele land te wys watter gehalte skool in die hartjie van die Vrystaat lê nie.

Wees saam met ons #TROTSROOI soós die afgelope 60 jaar sodat ons kan voortbou op ons tradisies, Afrikaans en ons kultuur.

CAT 8ste vak BETALING asseblief!

Alle klasgeld moet VOOR die begin van die eksamen betaal wees asseblief! Ons vra u samewerking in dié verband. Kontak mev. Wilneldi Oliver indien nodig.

GASVRYHEIDSTUDIES

Ons is tans besig om kosboeke te versamel vir „n klein biblioteek wat ons by die Restaurant wil begin. Indien daar enige ou resepteboeke of enige kosboeke is wat u nie meer gebruik nie, sal ons bly wees as u dit aan ons kan skenk. Ou tydskrifte is ook enige tyd welkom. Stuur dit asb. na mev. Suzelle Strydom.

GRAAD 9-PROJEK

Jaglooitjies

Hierdie jaar is daar 5 pryse te wen!

1ste = 2 x Blesbokke om te jag en

oornag vir 4 persone

2de = 1 x Blesbok om te jag

3de = 1 x Blesbok om te jag

4de = 1 x Springbok-karkas

5de = 1 x Springbok-karkas

Ondersteun asseblief ons gr. 9‟s

deur by hulle kaartjies te koop. Die

trekking van gelukkige wenners sal

op 4 Junie 2018 gedoen word.

Kontak mev. Claassen by

0726975780 vir navrae.

Toneeloptredes

Graad 12

8:00 - 8 Mei @ R80 “Onderwêreld”

8:00 - 17 Mei @ R80 “Mis”

Graad 11

8:00 - 31 Julie @ R70 “My Japan”

Geld moet vooraf by die finansiële kantoor inbetaal word en die kwitansie

na die kind se Afrikaanse onderwyseres geneem word.

ONTHOU ELVIS

BLUE-OPTREDE!! 3 Mei 2018

18:30 vir 19:00 by

KROON Boma

Ma’s wat Omgee

Kom bid saam op Maandae om 7:30 in die sportkamer.

ALLE Ma’s is Welkom

Uitslag van sport @ Voortrekker (Tuis)

14 April 2018

Rugby: Span AHS Voortrekker

1ste span 25 33

2de span 0 37

0/16 A 7 73

0/15 A 0 54

0/14 A 10 12

0/14 B 10 19

Netbal: Span AHS Voortrekker

1ste span 28 32

2de span 19 21

3de span 8 20

0/16 A 9 18

0/15 A 9 39

0/14 A 11 22

0/14 B 9 12

0/14 C 18 5

Dogtershokkie: Span AHS Voortrekker

1ste span 0 7

2de span 0 6

0/16 A 0 2

0/16 B 0 7

0/14 A 0 7

“„n Vriendin versterk jou met

haar gebede,

seën jou met haar liefde, en bemoedig jou

met haar hoop”

~ANONIEM~

Page 4: 20 April 2018 13/2018 - Rooiskool · Ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. Kom ons probeer om nie skeidsregters te kritiseer nie. Ons verskil dikwels van die

VERANDERING

LET DAAROP DAT DIE LIGABEPALINGS AS VOLG

VERANDER HET:

21 April 2018 Rooies vs Hentie Cilliers (tuis)

12 Mei 2018

Rooies vs Welkom Gimnasium (tuis)

PROGRAM

VOLGENDE 2 WEKE

20 April Vrydag

Boekkontrole D 2

Tennis: Dogters 0/15: @ Bloues Seuns 1ste: @ AHS 0/15 Dogters 1ste: @ SS

SKAAK: Rooies vs Marquard Gekombineerd (tuis)

21 April Saterdag

Rooies vs HENTIE CILLIERS (tuis)

Netbal: Fezile Dabi-proewe (Sasol)

23 April Maandag

BL-vergadering om 18:00 D 3

24 April Dinsdag

D 4

Fezile Dabi-hokkie: H/S Viljoenskroon vs Rooies (weg)

Formele bal (dans)

25 April Woensdag

Rugby: 1ste D 5 Rondte Griffons-proewe

Hokkie: MEISIES NVS-proewe: 1ste Ronde te VUT (Vanderbijl) 0/14, 0/16, 0/18 (8:30 – 17:00)

26 April Donderdag

D 6

27 April Vrydag

Publieke Vakansiedag VRYHEIDSDAG (geen skool) Juf. Marthie Kleynhans verjaar

30 April Maandag

SKOOL VAKANSIEDAG (geen skool)

1 Mei Dinsdag

Openbare Vakansiedag WERKERSDAG (geen skool)

Hokkie: SEUNS Finale NVS-proewe te VUT (Vanderbijl) 8:00 – 16:30

2 Mei Woensdag

D 7

3 Mei Donderdag

TOETSPERIODE D 1

Boerevereniging: Uitstappie

Netbal: vs AHS Sasol (tuis)

4 Mei Vrydag

Hokkie: Meisies: D 2 Finale Ronde NVS-proewe te Bethlehem (9:00 – 17:00)

Landloop: Liga 1 ATKV Redenaars:

1ste Rondte Netbal: 0/14 & 0/16-

proewe Tennis:

Dogters 1ste

Span vs Parys Seuns 1

ste Span vs

Parys Seuns 0/15 vs Parys Dogters 0/15 vs SS

Afsnydatum vir betaling van 2de kwt se Wi-Fi by koshuis

Toetsdatums

Datum Gr

Vak

4 Mei 8 Wisk: Projek uit

9 Wisk: Projek uit

VERJAARSDAE

Suzanné du Toit (20 April) Tshepiso Mpholo (21 April) Francois Erasmus (23 April)

Linda Rood (24 April) Juan Kruger (25 April)

Donatien Welthagen (25 April) Elisna Eloff (26 April)

Nkite Pretorius (26 April) Juf. Marthie Kleynhans (27 April)

BAIE GELUK!

Page 5: 20 April 2018 13/2018 - Rooiskool · Ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. Kom ons probeer om nie skeidsregters te kritiseer nie. Ons verskil dikwels van die
Page 6: 20 April 2018 13/2018 - Rooiskool · Ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. Kom ons probeer om nie skeidsregters te kritiseer nie. Ons verskil dikwels van die