algemene jaarverslag 2016/17 - badisa tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging...

20
Algemene Jaarverslag Algemene Jaarverslag 2016/17 2016/17

Upload: others

Post on 23-Jan-2020

16 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

Algemene Jaarverslag Algemene Jaarverslag

2016/172016/17

Page 2: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

Visie:

Aksie vandag vir ’n beter more!

Missie:

Badisa Tygerberg is ’n dinamiese organisasie met ’n

Christelike grondslag.

Ons streef daarna om deur omvattende

gemeenskapsgebaseerde programme en in

samewerking met vennote, mense met maatskaplike

behoeftes in staat te stel om selfstandig

te funksioneer.

Page 3: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

Voorwoord:

Deur Waarnemende Voorsitter,

“Daar is altyd hoop…”

’n Paar jaar gelede het ek en my vrou

Marié aansoek gedoen vir visums om

in die buiteland te gaan woon en

werk.

Haar visum is enkele dae voor ons

vertrek afgekeur. Dit was ’n enorme

krisis. Ons moes van vooraf aansoek

doen. Die groot vraag was: sou hulle

hierdie keer haar aansoek goedkeur?

En indien wel, sou dit betyds hier in

die Kaap aankom?

Een van die amptenare wat die

aansoeke hanteer was bewus van

ons angs en spanning. Sy kalm

kommentaar was: “There is always hope…”

Badisa Tygerberg word teen

die agtergrond van hierdie

belydenis bedryf:

“DAAR IS ALTYD HOOP…”

Eintlik is dit ’n getuienis van

geloof en vertroue. Want

geloof so sê die Bybel is ’n

vaste vertroue op die dinge

wat ons hoop.

En dit is wat die afgelope jaar

gebeur het.

Badisa Tygerberg het ten

spyte van groot uitdagings

op sowel administratiewe as

finansiële gebied daarin

geslaag om al sy verant-

woordelikhede ten opsigte

van kinderbeskermingsdienste

na te kom.

Page 4: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

Ek haal graag die terugvoer van ons Kantoorhoof,

Thys De Coning aan:

Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling het gedurende

September 2016 ’n volledige monitering en evaluering gedoen,

en ons het met trots kennis geneem van die gevolgtrekking wat

in die moniteringsverslag gemaak is:

‘‘It can be concluded that Badisa Tygerberg renders services of

good quality within a service delivery area characterised by

gang related activities, substance abuse, violence

and poverty.’’

Dit kon alleenlik bereik word met die samewerking van ’n span

personeellede wat passievol hulself tot dienslewering aan jong

kinders en hul gesinne wat erge nood ervaar verbind.”

Die nuut saamgestelde Beheerraad het onlangs gekonstitueer.

Die primêre taak van dié nuwe bestuurspan sal wees om die

standaard van Badisa Tygerberg as kinderbeskermingsprogram

vir die groter Parow gebied te handhaaf en op ’n volhoubare

vlak te bestuur.

Page 5: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

Ons wil elke vrywilliger en donateur vir hul onmisbare bydraes

en getroue ondersteuning opreg bedank.

Baie dankie vir u betrokkenheid en vir die subsidies wat ons van

u ontvang het.

Dit het ons bemagtig om soveel meer kinders en hulp-

behoewende gesinne by te staan. Ons sien met groot

opgewondenheid uit na die nuwe termyn wat voorlê.

Ons het volle vertroue in die kapasiteit van die nuwe Beheerraad.

Ons is ook dankbaar vir elkeen wat hulle gewig

onvoorwaardelik ingooi om die Badisa Tygerberg-wa deur die

drif te trek. Die hoop waarmee ons ons taak verrig sal ons nie

beskaam nie. Ons glo dat die God wat ons tot hierdie uitdagende

diens geroep het getrou sal bly en nooit die werk van Sy hande

sal laat vaar nie.

Dr Andrie Kilian

Waarnemende Voorsitter

Page 6: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

BEDIENINGSGEBIED

Badisa Tygerberg lewer kinderbeskermingsdienste aan die

volgende gemeenskappe:

Parow

Parow Vallei

Uitsig

Ravensmead

Cravenby

Eureka

Connaught

DIENSLEWERING

Badisa Tygerberg lewer omvattende

kinderbeskermingsdienste aan individue, gesinne, groepe

en gemeenskappe.

Hierdie dienslewering geskied op

vier vlakke, naamlik:

Voorkoming

Vroeë Intervensie

Statutêre Dienste

Herintegrasie

Page 7: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

VOORKOMINGS- EN BEWUSMAKINGSPROGRAMME

Met die toenemende voorkoms van klein kinders wat aan

ernstige kinderverwaarlosing, mishandeling en seksuele

molestering blootgestel word, is dit vir ons belangrik dat jong

kinders oor genoegsame kennis en vaardighede beskik om hulself

in gevaarlike situasies te kan beskerm.

Bewusmakingsprogramme is deurlopend in samewerking met die

Laerskole in ons bedieningsgebied aangebied, met die fokus op

die voorkoming van kindermishandeling en gepaardgaande regte

en verantwoordelikhede.

Bewusmakingsprogramme is by die volgende skole aangebied:

Uitsig Primêre Skool 138

Eurecon Primêre Skool 189

Northway Primêre Skool 65

Wepener Primêre Skool 178

Page 8: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

LEWENSVAARDIGHEDE

Graad 7 leerders word by hierdie

sessies betrek om hulle te bemagtig

om verantwoordelike besluite te kan

neem en tot selfstandige optrede te

begelei.

Hierdie programme word in

samewerking met ’n vrywilliger

aangebied om die tieners te help om

meer selfhandhawend te kan optree.

456 leerders het by die

lewensvaardigheidsessies, wat by

die volgende skole aangebied is,

ingeskakel:

Northway Primêre Skool

Eurecon Primêre Skool

Ons opregte waardering aan Carol

Green wat so getrou haar dienste

vrywillig aanbied met die aanbieding

van hierdie sessies by ons skole.

BREAD FOR MY BUDDY PROJEK

In samewerking met die personeel, ouers

en leerders van Parow-Oos Laerskool

word daar weekliks broodjies voorsien wat

dan aan skole in mindergegoede

gemeenskappe versprei word.

Vier skole in Ravensmead en drie skole in

Uitsig vind by hierdie projek baat.

Page 9: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

BOKSIE VIR BUKSIES PROJEK

Met die toenemende dwelmmisbruik wat ontoereikende

ouerskap tot gevolg het, gebeur dit dikwels dat jong kleuters

nie voldoende gestimuleer word om hul skool gereedheids-

potensiaal ten volle te bereik nie.

Om hierdie probleem aan te spreek, word dagmoeders in die

gemeenskap opgelei om voltyds tuis speelgroepies, waarby

kleuters vanuit die gemeenskap kan inskakel, te bestuur.

Hierdie dagmoeders word deur Badisa opgelei en van die

nodige opvoedkundige hulpmiddele voorsien ten einde dan

hierdie kleuters deur opvoedkundige spel te stimuleer en te

ontwikkel, met die doel om hul skoolgereedheidsvlakke te

verbeter.

Sewe dagmoeders is so opgelei en bestuur elk ’n speel-

groepie vanuit hul woning. Badisa bied die opleiding aan en

moniteer deurlopend die gehalte van programme wat

aangebied word. 42 kinders is voltyds by hierdie projek in-

geskakel.

Die kinders word ook daagliks van ’n voedsame maaltyd

voorsien.

Ons opregte waardering aan die Nuwe Apostoliese

Gemeente in Goodwood vir die donasies van voedsel wat

vir hierdie speelgroepies geskenk is.

Page 10: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

KLEREPROJEK

Kleredonasies wat ontvang word, word aan gesinne in nood en

bejaardes in Ravensmead voorsien.

Hierdie projek het ook ’n entrepreneurskapontwikkelings-

komponent waar werklose moeders begelei word om hul eie

klein ondernemings te bedryf deur die koop en verkoop van

klere. Fondse word dan genereer om hul gesinne selfstandig te

kan onderhou.

“Ons hartlike dank aan al ons donateurs wat getrou

vir ons klere skenk om in hierdie behoefte

te kan voorsien.”

Aan al die vrywilligers betrokke by hierdie projek, ons

opregte waardering. Dankie aan Esmé Brink en haar span

personeellede van EB Consulting wat soveel ure vrywillige

diens gelewer het by ons kantoor om ons te help met die

organisering van ons noodklerekamer.

Hierdie gebaar het ons personeel se hande versterk en

verseker dat babas en kinders dringend met die

noodsaaklikste benodighede voor plasing by

veiligheidsouers toegerus kan word.

Page 11: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

VROËE INTERVENSIE

Ten spyte van Suid Afrika se

gesofistikeerde regsstelsel en

wette wat geweld teen vroue en

kinders aanspreek, bied dit

steeds nie aan vroue en kinders

voldoende beskerming nie.

Dit is baie ontstellend om te

sien dat daar, na drie en twintig

jaar van demokrasie in Suid-

Afrika, steeds soveel geweld

teen vroue en kinders in ons

samelewing is. Alhoewel daar

sterk en moedige oproepe is vir

vroue en kinders se regte van

menige menseregtegroepe,

kinderbeskermingsorganisasies

en individue wat toegewyd is

aan die bemagtiging van vroue

en kinders, is daar steeds vroue

wat bang is en swyg oor die

misbruik.

Kindermishandeling vind

dikwels plaas in gesinne waar

daar 'n kombinasie van

risikofaktore is. Mishandeling en

verwaarlosing kom die meeste

in gesinne voor wat onder druk

verkeer as gevolg van sommige

of al dié volgende faktore:

Armoede

Gebrek aan onderwys

Ernstige huweliksprobleme

Gereelde veranderinge van

adresse

Geweld tussen familielede

en bendegeweld

Gebrek aan ondersteuning

van die uitgebreide familie

Eensaamheid en sosiale

isolasie

Werkloosheid

Onvoldoende behuising

Dwelm misbruik

Gesinne word by die

aanmeldings-beampte

vir risiko assessering en sifting

aangemeld. Daarna word dit na

die Vroeë Intervensie span

verwys om kinderbeskerming

dienste te lewer.

Kinderbeskerming het ten doel

om seker te maak dat ons

kinders veilig is en dat daar aan

hul fisiese, emosionele,

geestelike, ekonomiese,

sosiale en kulturele behoeftes

voldoen word.

Dit gaan dus oor die

bevordering van die

gesondheid en welsyn van

kinders en jongmense deur

hulle te help om in ’n veilige

en ondersteunende

omgewing groot te word.

Page 12: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

Die meeste gesinne waarmee gewerk word, trotseer

multi-probleem omstandighede.

In die afgelope boekjaar is daar onder andere dienste gelewer

aan kinders t.o.v. die volgende problematiek:

Mishandelde kinders 108

Verwaarloosde kinders 291

Seksueel gemolesteerde 77

kinders

Verlate kinders 64

Weeskinders 65

Tienerswangerskappe 18

Gedragsmoeilike tieners 155

Slagoffers van geweld 40

Dwelmafhanklikheid onder 84

jeugdiges

Kindermishandeling, seksuele

en huishoudelike geweld is van

die mees vernietigende

ervarings waaronder vroue en

kinders ly. Die wye voorkoms

van hierdie tipe geweld eis ’n

enorme tol op die lewens van

individuele slagoffers sowel as

die wyer samelewing, deur

ontelbare gedrags-,

gesondheids-, sielkundige en

ekonomiese gevolge.

Daar is ook sterk bewyse dat

daar ’n ooreenkoms tussen

kindergeweld en volwasse

gesondheidsversteurings en

substansmisbruik bestaan.

Hierdie is dan ook een van

die oorheersende uitdagings

waarmee die gemeenskappe

te kampe het in die

gemeenskappe wat deur

Badisa Tygerberg bedien word.

Ons wil graag al ons veiligheidsouers bedank wat in

gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig

vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie

net veilige huisvesting bied nie, maar met liefde, begrip

en deernis hanteer op hul pad na ‘n beter toekoms.

Page 13: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

STATUTÊRE DIENSTE

Die Statutêre span by Badisa Tygerberg bestaan uit vyf

maatskaplike werkers en een hulp maatskaplike werker.

Die span lewer pleegsorgtoesigdienste aan die pleeggesinne

asook gesinsherenigingsdienste aan die biologiese ouers.

In die afgelope jaar is daar aan 554 pleegkinders en

193 gesinsherenigingsake dienste gelewer.

By gesinsherenigingsdienste het 5 biologiese ouers

gerehabiliteer. Die moontlikheid van terugplasing by hierdie

ouers kan nou ondersoek word.

Daar is 13 kinders hierdie jaar herstel in ouerlike sorg.

Die Pearson Institute het die afgelope jaar weer van hul

nagraadse studente beskikbaar gestel. Sodoende kon 18

pleegkinders suksesvol by terapetiese behandeling inskakel.

Ons kon ook kinders vir traumaberading, mediese behandeling

of rehabilitasie programme verwys.

Bendebedrywighede het in die gemeenskappe waar daar

dienste gelewer word toegeneem.

Kinders in hierdie gemeenskappe sukkel om bo hulle

omstandighede uit te styg en raak dikwels ook by

bendegeweld betrokke. Die ouderdom van kinders wat

gedragsprobleme openbaar en nie deur pleegouers beheer

kan word nie, word al jonger.

Maatskaplike dienste word aan die gesinne gelewer om die

kinders by die nodige ontwikkelingsprogramme in te skakel.

Vakansieprogramme waarby jong kinders kan inskakel word

ook in samewerking met Stad Kaapstad aangebied.

Page 14: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

Badisa Tygerberg is trots op gemeenskapslede

wat bo die omstandighede van bendegeweld,

middelmisbruik en armoede uitstyg.

Voorbeelde sluit die volgende in:

‘n 14-jarige seun wat twee goue medaljes by

’n danskompetisie verower het. Sy biologiese

moeder kon weens swak omstandighede nie

vir hom sorg nie en hy was gevolglik in

pleegsorg geplaas. Sy pleegmoeder is

oorlede en hy moes weer aanpas by nuwe

pleegouers. Steeds het hy presteer in sy

skoolwerk en uitgeblink in sy danstalent.

‘n 18-jarige moeder wat besluit het om haar

skoolloopbaan op te gee ten einde vir haar

kind te sorg en te kan voorsien.

‘n 12-jarige seun wat kies om fietse te herstel

om homself besig te hou en sakgeld te

verdien, eerder as om by verkeerde vriende

en bendebedrywighede betrokke te raak.

Daar is talle ander kinders en pleegouers wat bo

die druk van die samelewing uitstyg en baklei vir

iets beter.

Die Statutêre span by Badisa Tygerberg besef dat

die versorging van iemand anders se kind met

baie opofferings gepaard gaan. Dit verg baie

geduld, energie en omgee van die pleegouers om

te verseker dat die kinders veilig, goed versorg en

gelukkig is.

Ons wil ons waardering uitspreek vir elke

pleegouer wat hul hande uitsteek om ons met

hierdie groot taak te help.

Page 15: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

VENNOTE IN

DIENSLEWERING

Departement Maatskaplike

Ontwikkeling

Badisa Bestuursprogram

Kinder- en Jeugsorgsentrums

Kerke in ons bedieningsgebied

Skole en voorskoolse

ontwikkelingsprogramme

Nie-winsgewende organisasies

Pearson Institute

Hospitale en klinieke

SAPD

Die personeel en beheerraad bedank alle donateurs, kerke,

vrywilligers, besighede, organisasies, netwerke, veiligheidsouers

en pleegouers van die program wat die afgelope jaar bydraes

tot ons projekte gelewer het en by dienslewering aan ons

kinders en hul gesinne betrokke was. Sonder hierdie hulp en

ondersteuning sou ons nie al ons doelwitte tot dienslewering

kon bereik nie.

Opregte dank aan Esmé

Brink en haar span by EB

Consulting wat ons behulp-

saam was met die verspreiding

van ons nuusbriewe en die

bestuur van ons webtuiste en

sosiale media platforms.

Badisa Tygerberg se

Facebookblad het reeds oor

die 5 000 volgelinge en groei

maandeliks.

Die verkeer na ons webtuiste

het ook aansienlik toegeneem.

Ons het verskeie donasies

ontvang as gevolg van

plasings op ons Facebookblad

en baie bewusmaking geskep

oor ons aktiwiteite.

Dit het ons ook in staat

gestel om ons databasis te

vermeerder ten einde meer

kontakte te bereik met ons

nuusbrief.

Besoek gerus ons webblad by www.badisatygerberg.org.za

Page 16: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

BADISA TYGERBERG PERSONEEL

Ten spyte van die moeilike ekonomiese klimaat, het ons

personeel die afgelope jaar volhard en werklik daarna gestreef

om deur hul dienslewering die waardes van ons organisasie,

naamlik: Diensbaarheid, Uitnemendheid, Geregtigheid en

Rentmeesterskap, uit te leef. Ons het die jaar met geen vakante

poste afgesluit.

Maatskaplike Werkers

Cathy Bantom

Pauline de Villiers

Antoinette Ellis

Charmain Germishuys

Penny Sandler

Karin Vervaart

Gerda Visser

Anzette Traut

Michelle Victor

Annerie van der Made

Administratiewe Personeel

Dalene Kok

Maatskaplike Hulpwerker

Aa-isha Fredericks

Kantoorhulp

Daphne Rooy

Gemeenskapswerker

Ragel Boes

Bestuurder Maatskaplike

Dienste

Reneé Pretorius

Kantoorhoof

Thys de Coning

Page 17: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

BEHEERRAAD VAN BADISA TYGERBERG

Badisa Tygerberg het ’n nuwe Beheerraad wat tydens Maart

2017 aangestel is. Ons sien uit daarna om in samewerking met

die beheerraad die gehalte van ons kinderbeskermingsdienste

te verbeter en te ontwikkel tot ’n volhoubare vlak.

Beheerraadslede

Dr Andrie Kilian is tans die Waarnemende Voorsitter en

verteenwoordig Parow Panorama NG Gemeente.

Pastoor Nadine van Wyk het ’n bediening in die

gemeenskap van Uitsig en dien op die Bemarkings- en

Fondswerwingskomitee van die Beheerraad.

Loretta Jantjies verteenwoordig die gemeenskap van

Parow Vallei en dien op die Finansiële Komitee van die

Beheerraad.

Kobus Janse van Rensburg dien op die Finansiële Komitee

van die Beheerraad en verteenwoordig Parow Panorama

NG Gemeente.

Hermanus Mouwers is die Skoolhoof van Uitsig Primêre

Skool en dien op die Menslike Hulpbronne Komitee van

die Beheerraad.

Pastoor Kobus Roelofse is betrokke by dienste aan jong

jeugoortredes en dien op die Batebestuurskomitee.

Ds Aybrey Marais is predikant by die VGK Gemeente in

Ravensmead. Hy dien op die Menslike Hulpbronne

Komitee.

Page 18: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

FINANSIëLE STATE APRIL 2016 TOT MAART 2017

BADISA TYGERBERG

INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2017

INKOMSTE 2017 2016

Rand % Rand %

Donasies en Bemakings R 113 340 4 R 99 723,00 4

Toekenning NLDTF R -

- R 7 970,00 0

NLDTF ongespandeerde gelde R - - R - -

Badisa Bestuursprogram

Bydrae R 89 144 3 R 68 629,00 3

Fondsinsameling R 56 051 2 R 47 468,00 2

Huur Ontvang R 200 0 R 50,00 0

Rente Ontvang R 18 224 1 R 22 150,00 1

Spesiale Programinkomste R 8 754 0 R 11 287,00 0

Toename in Markwaarde van

Aandele R - - R 831,00 0

Subsidie R2 308 868 84 R2 254 559,00 86

Versekeringseise Ontvang R 3 046 0 R - -

Wins met Verkoop van Bates R 18 490 1 R - -

BEDRYFSVERLIES VIR DIE

JAAR R 119 409 4 R 107 697,00 4

TOTALE BEDRYFSINKOMSTE R2 735 526 100 R2 620 364,00 100

Page 19: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

UITGAWES 2017 2016

Rand % Rand %

Salarisse R2 157 023 79 R2 101 211,00 80

Vervoeruitgawes R 55 653 2 R 56 756,00 2

Kantooruitgawes R 216 048 8 R 183 246,00 7

Grond en Geboue R 21 632 1 R 6 826,00 0

Programuitgawes R 136 164 5 R 126 722,00 5

Spesiale Dienste R 130 658 5 R 134 051,00 5

Waardevermindering R 18 348 1 R 11 552,00 0

BEDRYFSOORSKOT VIR DIE

JAAR R - -

TOTALE BEDRYFSUITGAWES R2 735 526 100 R2 620 364,00 100

Page 20: Algemene Jaarverslag 2016/17 - Badisa Tygerberg · gevalle waar ons dringende veilige versorging benodig vir kinders, hul harte oopmaak en hierdie kinders nie net veilige huisvesting

27 Picton Street | PO Box 65, Parow, 7500

Tel: 021 939 9120 | Fax: 086 590 9460

Web: www.badisatygerberg.org.za

Email: [email protected]

011-891 NPO