efes 6:1-4 - gk daspoort 6,4.pdfverlede week was ons by efes 6:1-3. en daar skryf paulus vir ons...

27
Efes 6:1-4 Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom Junie 2013

Upload: others

Post on 29-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Efes 6:1-4Fokus: Efes 6:4

Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Junie 2013

Page 2: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Ps-vooraf Ps 105: 1, 2

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 105: 3, 4

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet – Ps 119: 4, 5, 7

2

Page 3: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed – 78: 1, 2, 4

3

Page 4: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Woorddiens.

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Efes 6:1-4

(sê iets oor reeks uit Efes 5:22-6:4)

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 90: 9

Ons Fokus op Efes 6:4.

Skrifverklaring

InleidingGeliefdes by Efes 6:4 sien ons

hoe Paulus werklik op elke deeltjie

van die gesinslewe van God se nuwe-mense ingaan.

Terugblik

In Efes 5:22-32 het Paulus geskryf

oor hoe ons as mans en vrouens in hulle huwelike moet leef.

Christus moet ons model wees.

En dan moet ons in liefde vir mekaar

weer God se skeppingsdoel en skeppingsorde vir die huwelik leef.1

**************

Verlede week was ons by Efes 6:1-3.

En daar skryf Paulus vir ons kinders.2

Opmerking

Ja vir die kinders.

Want God se nuwe-mensdom

wat Hy uit genade verlos is ‘n regte mensdom.

Daar’s pa’s en ma’s en hulle kinders!

Maar belangrik ons kinders

wat deel is van God se nuwe-mensdom

1 Vgl Efes 5,22-24.docx; Efes 5:25-27.docx; Efes 5:28-32.docx

2 Vgl Efes 6,1-3.docx

4

Page 5: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

moet ook die merktekens dra van God se nuwe-mensdom.

Verduidelik

Die merktekens van wedergeboorte en geloof en bekering

wat God deur sy Gees in elkeen van sy uitverkiesde mense bewerk.3

Maar ook die merktekens van liefde

wat nie meer gepla is oor my eie-ek nie

maar met selfopofferende liefde begin dien.

Toe ons by Efes 5:18-21 was kon ons meer daaroor leer.4

En vir kinders in God se nuwe-mensdom beteken dit:

liefdevolle gehoorsaamheid aan my pa en ma.

**************

Daarom dat Paulus in Efes 6:1-3 sê:

“Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here,

want dit is reg.

Eer jou vader en jou moeder—

dit is die eerste gebod met ‘n belofte—

sodat dit met jou goed mag gaan

en jy lank mag lewe op die aarde.”

Opmerking

En verlede week kon ons meer

oor hierdie wonderlike opdrag aan ons kinders leer.

**************

Terug by vandag

Maar nou’sie vraag: Hoe kom ons kinder hierby uit?

Hoe gaan ons kinders die merktekens begin dra van kinders

wat werklik ook deel is van God se uitverkore verloste nuwe-mensdom?

3 DL 1:12; 3/4:6-12

4 Vgl Efes 5,18.docx; Efes 5,19-21.docx

5

Page 6: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Hoe gaan hulle begin

om waarlik uit liefde gehoorsaam te wees aan hulle pa’s en ma’s.

**************

Wel alleen deur die werk van die Heilige Gees geliefdes!

Maar weet u: Nou het God dit bepaal

dat die Heilige Gees hierdie werk van Hom sal doen

deur pa’s en ma’s wat hulle kinders groot maak uit die Woord.5

En presies hieroor praat Paulus vanoggend met ons

as hy aan beweeg van die kinders af in Efes 6:1-3

en nou hier in Efes 6:4 by die pa’s uitkom en dan sê:

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,

maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

Daarom is ons tema:

Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

En dan kyk ons ...

• Wie verantwoordelik is.• Wat nie deel daarvan mag wees nie.• En hoe dit wel moet gebeur.

***************

1. So kom ons begin by wie verantwoordelik is.

Paulus sê dit in vers 4:

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,

maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

Hoor u dit? Vaders.

Met ander woorde: pa’s! Ons is verantwoordelik.

5 Deut 6:4-7; Ps 78:1-8

6

Page 7: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Verduidelik

En’it beteken nie

dat ma’s niks met hulle kinders se opvoeding te doen het nie.

Bewys

Nee! Allermins! In Spr 1:8 hoor ons bv:

“My seun, luister na die tug van jou vader,

en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.”

En Heb 11:23 wys ons dat die Griekse woord πατερες

wat ons in Efes 6:4 met vaders vertaal

ook die betekenis het van ouers.6

So Paulus is beslis nie besig om te sê

dat kinderopvoeding net pa’s se werk is nie.

Nee! ma’s is en moet altyd betrokke wees.

***************

Maar nou’sit tog belangrik dat ons moet raaksien

dat Paulus in vers 4 die klem op die pa’s laat val.

Bewys7

Hoe weet ons dit? Wel vanuit vers 1 waar Paulus sê:

“Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees ...”

En dan’s die Griekse woord

wat Paulus vir ouers gebruik γονευς.

Maar in vers 4 gebruik hy πατερες.

En so is’it asof Paulus vir ons sê:

‘Let nou mooi op!

Ek praat nou in hierdie konteks spesifiek met die πατερες die pa’s

6 Vgl Van Deursen se Efes komm bl 195; Stott se Efes komm bl 245; Bruce se Efes komm bl 398

7 Vgl O’Brien se EFes komm bl 445 voetnoot 25; Bruce se Kol komm bl 165 voetnoot 186

7

Page 8: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

en nie in die eerste plek met die pa’s en die ma’s die γονευς nie!’

Toepassing

Want pa’s is in die eerste plek verantwoordelik

vir hulle kinders se opvoeding.

• Nie die ma’s nie Die pa’s!• Nie die ouma nie Die pa’s!• Nie die kleuterskool of die skool nie Die pa’s!• Nie die kerk of die katkisasie nie Die pa’s!

Ja dis ons broeders.

Dis ons wat eenmaal as moet antwoord gee aan die Here8

oor ons kinders se opvoeding.

Al is daar ander mense

soos onderwysers en oumas en noem maar op

by my kind se groot-maak betrokke

ons as pa’s is die verantwoordelike persone.9

Daarom praat Paulus spesifiek hier met die pa’s.

*****************

Maar waarom is die pa’s verantwoordelik?

Openbaringshistories10

Wel omdat Paulus in Efes 2:10 vir die verloste kerk sê:

“ons is (God se) maaksel (se skepping),

geskape in Christus Jesus ...”

sodat ons God se nuutgemaakte skepping kan wees11

waar God se skeppingsorde weer geleef kan word.

8 Rom 14:10-12; 2Kor 5:10

9 Vgl Van Deursen se Efes komm bl 195

10 Vgl ook 1Kor 11:8-9; 1Tim 2:13; NIDNTT vol 1 bl 617; Olyott se Efes komm bl 122; Waltke, An OT theology bl 242; Hardenbrook in Piper&Grudem, Recovering Biblical Manhood&Womanhood, bl 378.

11 Vgl Efes 1,1-kanoniek

8

Page 9: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

En die pa weer die liefdevolle hoof van sy gesin moet wees.

Maar dit beteken dan ook

dat pa’s die verantwoordelike een is by kinderopvoeding.

**************

Maar met dit alles gesê

gaan net hier ‘n aaklige kan wurms oop.

Want weet u: Deur die eeue is dit juis hier

waar pa’s besig is met ontsettende sonde.

Want ons is so ontsaglik onverantwoordelik

as dit kom by die opvoeding van ons kinders.

Kultuurhistories

In die tyd van Paulus was daar twee uiterstes.

Al twee ewe verkeerd.

A.12 Aan die eenkant was daar die harde liefdelose pa’s.

En dit was ‘n manier van pa-wees

wat uit die ou-Griekse-en-Romeinse tyd gekom het.

Hierdie manier van pa-wees

het aan die pa die absolute mag gegee.

En die ou-Griekse-Romeinse reg het dit wetlik beskerm.

Ja, die pa het soveel mag gehad

dat hy sy eie kinders kon dood maak.

***************

B.13 Aan die anderkant het die voorspoed en rykdom

wat die Romeinse wêreldryk gebring het

veral in die tyd toe Paulus leef

12 Vgl TDNT vol 5 bl 640,948, 949,950; Van Deursen se Efes komm bl 191-192,194; Duvenage, Dekor vandie NT, bl 15; Stott se Efes komm bl 245.

13 Vgl Duvenage, Dekor van die NT, bl 15-16; TDNT vol 5 bl 640; Jones, Capturing the Pagan mind, bl 13; Reformation study Bible bl 1713; O’Brien se Efes komm bl 441; Van Deursen se Efes komm bl 191-192

9

Page 10: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

veroorsaak dat morele-waardes ontsettend geval het.

Egskeidings het deur wetgewing ontsettend maklik geword

en toegeneem.

Aborsies aan die orde van die dag.

En die pa’s? Wel dit was vir hulle lekkerder

om by die gimnasium saam met ander mans kaal te swem

as om besig te wees met die regte kinderopvoeding.

****************

C. En in ons tyd?

Wel die egskeidingsyfer is steeds verskriklik hoog.

Die gemiddeld is

dat een uit elke drie Afrikaner kinders in gebroke huise groot word.14

In 2012 is 77 771 sogenaamde wettige aborsies gedoen.

31% meer as in 2011.

Tussen 2008 en 2010 is meer as 400 000 aborsies gedoen.15

By Afrikaners is die kindergetal 1,6 kinders per gesin.

So oor so 100 jaar sal ons nog net in geskiedenis boeke bestaan.16

En pa’s? Wel ons is al hoe meer onbetrokke

by ons vrouens en ons kinders en by hulle groot-maak.17

Bewys

En daarvan kan ek getuig sommer net uit my huisbesoeke uit.18

14 http://blog.solidariteit.co.za/solidariteit-helpende-hand-stel-verslag-oor-stand-van-afrikaanse-gesinne-bekend/

15 http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Minister-bekommerd-oor-toename-in-aborsies-20120821

16 http://www.dekat.co.za/?p=637&lang=af

17 http://www.hstygerberg.co.za/wp-content/uploads/2013/03/Tieroog-04-2013.pdf; Hardenbrook in Piper&Grudem, Recovering Biblical Manhood&Womanhood, bl 378vv.

10

Page 11: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Maar Christus sê deur sy apostel:

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,

maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

So vaders ons en niemand anders nie is verantwoordelik!!

Toepassing

En vaders as ons werklik deel is

van God se nuwe-verloste-mensdom

as ons werklik vervul is deur die Heilige Gees

soos ons daaroor kon leer in Efes 5:18

• dan sal die Gees ons deur hierdie opdrag van Paulus ons aangryp.

• Dan sal ons wil breek met die sonde van liefdelose harde pa’s.

• Dan sal ons wil breek met die sonde van afwesige pa’s.

• Dan sal ons met vurige smeekgebede

opgewek deur die Heilige Gees

smeek dat ons Here ons gesinne sal red.

• Ons sal ons Here smeek om ons te red om weer pa’s te wees wat verantwoordelikheid neem vir ons kinders se opvoeding.

• Dan sal ons wil ywer met ‘n ywer wat die Gees van die Here HERE in ons opwek

vir ons gesinne en ons kinders.

• Dan sal ons pa’s word wat opstaan en verantwoordelikheid neem en begin doen en nie net afwesig sit nie.

• Dan sal ons ons Bybels vat en die HERE smeek om die res van Efes 6:4 vir ons oop te maak en ‘n werklikheid te maak in ons lewens.

18 Ouers vertel my dat hulle 6-uur in die oggend hulle kinders aflaai en eers weer 6-uur vanaand weer

oplaai. En dan’sit bad en kos maak en 7de-laan kyk en slaap ... Maar nie huisgodsdiens nie.

11

Page 12: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

2. So kom ons kyk wat sê die res van vers 4.

En nou’s ons by ons tweede punt

wat gaan oor wat nie deel mag wees

van ons kinders se opvoeding nie.

En hieroor sê Paulus:

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie (of kwaad maak nie19) ...”

Maar wat beteken dit? En hoe gebeur dit?

**************

Wel daar’s seker ‘n klomp maniere.

Maar kom ons fokus net op een

wat ons kry as ons na vers 4 self kyk

en die Griekse woord wat ons vertaal met vertoorn of kwaad-maak.

Verduidelik20

Nou die Griekse woord

wat ons hier vertaal met vertoorn of kwaad-maak

kry ons ook in die Griekse-vertaling van die OT.

Dis die woord παροργιζω.

En in die OT is dit ‘n woord vir die HERE se toorn

of die HERE se woede oor Israel

omdat Israel baie vroom kan sê:

• Die HERE het ‘n verbond met ons. • Ons is die HERE se volk. • Die HERE se Tempel is by ons. • Die HERE woon by ons.

19 Vgl Baljon bl 746; NIDNTT vol 1 bl 107

20 Wat baie belangrik is, is dat παροργιζω in die OT van God gebruik word in sy toorn/kwaad wees as gevolg van Israel se afgodery (TDNT vol 5 bl 409-410; Chapell se Efes komm bl 317 voetnoot 11). Hieruit leer ek baie oor wat van my optrede my kinders kwaad maak. Dit, naamlik dat die HERE kwaad geword het vir Israel omdat hulle sigbaar in die verbond leef maar dan besig is met afgodery (vgl bv Deut 4:25vv; 19:18; 31:29; 32:21; 1Kon 14:9; 15:30; 16:2,7,13,26; 2Kon 22:17; 23:19; 2Kron 34:25). So maak ek my kinders kwaad as ek Godsdienstig baie vroom een ding sê en dit vir hulle leer maar met my optrede trek ek ‘n streep deur wat ek preek (vgl Chapell se Efes komm bl 317-318) – kyk na praktiese toepassings hiervan op bl 318vv.

12

Page 13: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Maar kyk jy na hulle lewe,

dan lyk’it nes die goddelose Kanaäniete rondom.

En dit vertoorn die HERE verskriklik.

Dit maak Hom kwaad.

**************

Toepassing

En presies dit maak ons kinders ook kwaad

met ‘n woede van ‘ons kan nie ons pa’s en ma’s verstaan nie’.

Voorbeelde21

A. Want ons pa’s kan so baie vroom

al agter Paulus aan in Efes 1:1 sê

dat die kerk dat ons heiliges is.

• Maar dan drink ons te veel. • Daar’s pornografie op my rekenaar. • Ek’s sommer net kwaai

omdat dinge nie loop soos ek dit wil hê nie.

B. Of baie vroom sal ek my kinders uit Efes 1-3 leer

van die HERE se verlossing uit genade alleen.

• Maar as my kinders ‘n krisis beleef dan bid ek nie saam met hulle nie.

C. Of baie vroom sal ek my kinders uit Efes 2 leer

dat God ‘n nuwe mensdom in Christus herskep

om weer in liefde en eenheid by mekaar te wees.

• Maar dan baklei ek en my vrou. Maar nooit maak ons’it reg nie.

• Nooit gaan sê ons vir ons kinders jammer nie.

D. Of baie vroom sal ek my kinders leer uit Efes 4:22-24

dat ons as God se nuwe mense weer God se beeld moet vertoon.

21 Vgl Efes 1,1-kanoniek.docx; Efes 5,18.docx; Ferguson se Efes komm bl 164; Chapell se Efes komm bl 320; Stott se Efes komm bl 246; O’Brien se Efes komm bl 446; Calvyn se Efes komm bl 328-329; Van Eck se Kol komm bl 202; Van Deursen se Efes komm bl 195.

13

Page 14: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

• Maar dan kraak ek my kinders af.• Ek is sarkasties met hulle.• Ek verneder hulle.

So asof hulle ‘n stuk ding is en nie God se beeld nie.

E. Of baie vroom sal ek voortgaan

met my onderrig oor die beeld van God.

En ons kinders leer

dat elke mens ‘n unieke persoonlikheid is.

Omdat God uniek is. En ‘n Persoonlike God is.22

• Maar dan wil ek van ons kinders maak wat ek wil.In plaas daarvan dat ek hulle opvoed om die HERE te ken en Hom lief te hê.

***************

Nou dit alles is voorbeelde

van hoe ons ons kinders kwaad maak.

En hoekom? Wel omdat ons een ding glo en bely en leer

maar ons doen sê iets heel anders.

En dit geliefdes maak ons kinders kwaad.

Nes’it die HERE kwaad maak.

*************

Wat ons moet aangryp en bang moet maak

is dat dit ons kinders ook skuldig maak.23

Want ons kinders is anders as die HERE.

Die HERE se toorn en woede is heilig.

Ons kinders se toorn en kwaatigheid

is vol opstand en rebellie en ongehoorsaamheid.

22 Vgl Schaefer, Genesis in space and time, bl 47

23 Vgl NIDNTT vol 1 bl 110; Grosheide se Efes komm bl 92

14

Page 15: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Toepassing

En wee ons dan!!

Want met woedende kinders in ons huise

gee ons vir Satan kans om te verwoes.

En dit omdat ons die woord van Paulus in Efes 4:27 verag het

toe hy daar gesê het:

“gee aan die duiwel geen plek nie.” 24

En by dit alles bring ons onsself

onder die skrikwekkende toorn van Christus

wat eenmaal in Luk 17:2 gesê het:

“Dit is beter vir (jou) as ‘n meulsteen aan (jou) nek gehang

en (jy) in die see gegooi word,

as dat (jy) een van hierdie kleintjies sou laat struikel.”

**************

Bevinding

En weet u: dan krimp my hart ineen.

Want hoe baie maal is ek as pa nie besig met hierdie sonde

van om my kinders kwaad te maak nie.

Maar broeders en susters nou moet ons

wanneer ons aangeryp word deur ons sondebesef

wat die Heilige Gees deur sy Woord in Efes 6:4 in ons opwek onthou:

Ja ons moet onthou

wat die apostel Johannes eenmaal in 1Joh 2:1-2 gesê het.

Hy’t gesê:

“My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle,

dat julle nie moet sondig nie;

en as iemand gesondig het,

ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.

En Hy is ‘n versoening vir ons sondes ...”

24 Vgl O’Brien se Efes komm bl 445-446

15

Page 16: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

En in 1Joh 1:9 het hy gesê:

“As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig

om ons die sondes te vergewe

en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”

Maar daarby moet ons ook die woorde

van Jakobus in Jak 5:16 onthou waar hy sê:

“Bely mekaar julle misdade ...”

En dan moet ons dit gaan doen.

Ook teenoor ons kinders

wat ons so vreeslik vertoorn

wanneer ons vroom praatjies oor die HERE maak

maar dit nie leef nie.

Ja dit moet deel wees van ons opvoeding.

************

3. En dan? Wel dan moet ons biddend fokus

op die tweede helfte van Efes 6:4 waar Paulus sê:

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,

maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

Opmerking

En dis ons derde punt

wat gaan oor hoe ons as pa’s ons kinders dan wel moet opvoed.

En dit is met opvoeding “in die tug en vermaning van die Here.” 25

Maar wat beteken dit?

Gedagtestruktuur

Wel dit kom ons agter deur eers te fokus op

25 αλλα = koppel 4a en 4b kontrasterend aan mekaar. Dus, waar Paulus in 4a gesê het wat ek nie moet doen nie, sê hy nou, in 4b, wat ek wel moet doen (Greek grammer beyond basics bl 671).

16

Page 17: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

• “maar voed hulle op ...” • en dan op “... in die tug en vermaning van die Here.”

**************

A. Paulus sê in Efes 6:4

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op ...”

So broeders dis wat pa’s26 moet doen.

Ons mag nie ons kinders vertoorn nie.

Nee aanhoudend moet ons hulle opvoed.27

En opvoed beteken ons maak van ons kinders ordentlike volwassenes.28

Maar dis nie al nie!!

Bewys

Want die Griekse woord wat Paulus hier gebruik

en wat ons vertaal met ‘opvoed’

is dieselfde woord wat Paulus gebruik in Efes 5:29-30

as hy sê dat ons as manne ons eie vroue

wat een-liggaam met ons is

moet “voed en koester”

net soos Christus ook sy kerk

wat een-liggaam met Hom is

“voed en koester” .29

En hoe wonderlik doen Christus dit nie!

Toe ons by Efes 5:28-32 was kon ons meer daaroor leer.

26 Let mooi op!: Die subjek wat hierdie opdrag moet uitvoer is die οι πατερες ... ons is verantwoordelik ... ons kan nie die verantwoordelikheid afgee nie!!! – nie aan ma’s, oumas, dagmoeders, bediendes, kleuterskool-tannies ens nie (Ferguson se Efes komm bl 165).

27 εκτρεφετε = praes imperat akt 2de mv van εκτρεφω, met die betekenis van ‘voed op’ (Baljon bl 298). Die praes imperat dui op ‘n handeling wat οι πατερες voortdurend/aanhoudend moet uitvoer – hulle moet aanhou om dit te doen nie (Binnewerk bl 35).

28 Vgl NIDNTT vol 3 bl 779; Baljon bl 298; O’Brien se Efes komm bl 446

29 Vgl Ferguson se Efes komm bl 164; O’Brien se Efes komm bl 446

17

Page 18: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Verduidelik

Ja wanneer Christus sy kerk voed dan gee Hy Homself vir ons.

Hy word vir ons aan die kruis die brood van die ewige-lewe

sodat elkeen wat in Hom glo die ewige-lewe kan hê.30

**************

Toepassing31

En nou moet dit ons aangryp broeders.

Dit moet die groot-doel word van ons opvoeding.

Ja ons opvoeding moet hierdie een groot doel hê:

En dit is om ons kinders by Christus te bring

by die Een wat ons voed

sodat ons en ons kinders die Ewige-lewe kan hê.

Dit is waarlik opvoeding.

Verduidelik

• Want wat help dit as ons kinders wonderlik presteer op skool.Maar hulle het nie die lewe nie.

• Wat help dit ons seuns is wonderlike rugby-spelers.Maar hulle het nie die lewe nie.

• Wat help dit ons kinders het matriek.Maar hulle het nie die lewe nie.

• Wat help dit ons kinders sit almal met ‘n goeie-werk en selfs universiteitsgrade.Maar hulle het nie die lewe nie.

Dit help absoluut niks nie! Dis tevergeefs hopeloos

sonder God en sonder die ware lewe.

**************

So as Paulus in Efes 6:4 sê:

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,

30 Vgl Efes 5,28-32.docx

31 Vgl Ferguson se Efes komm bl 164

18

Page 19: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

maar voed hulle op ...”

dan moet die woord voed ons na Efes 5:29-30 toe vat

en na ons Here Christus wat sy liggaam voed

sodat ons ewig kan leef.

En dit moet ons groot-doel wees met ons opvoeding

om ons kinders by Christus te bring wat ons voed.

*************

B. Maar hoe moet ons dit doen?

Wel deur ons kinders op te voed

“in die tug (of die opvoeding32) en vermaning van die Here.”

Opmerking

En nou gaan ons hierop fokus.

Op hierdie opvoeding “in die opvoeding en vermaning van die Here.”

Want dit is hoe33 opvoeding is

wat ons kinders by ons Here Christus bring.

Dis opvoeding

wat opvoeding en vermaning van die Here Christus is.34

**************

Maar wat behels hierdie opvoeding en vermaning van die Here?

Wel dit bestaan uit drie dinge.

I Opvoeding en vermaning van die Here

is heel eerste opvoedinge en vermaning deur die Here self.

32 Dit lyk my of mens by παιδεια met ‘n wyerige betekenis-veld sit – dissiplineer, tug, onderwys, onderrig, rig, oplei, leer – dit is ook die betekenis in die NT (NIDNTT vol 3 bl 776,777,778; O’Brien se Efes komm bl 446). Νουθεσια het in die OT sowel as in die NT die betekenis van ‘opbouende waarskuwing’ vanuit die Skrif om my kind te bring by volwassenheid in Christus (Kol 1:28; 3:16) (NIDNTT vol 1 bl 568-569).

33 Vgl Grosheide se Efes komm bl 92

34 εν παιδεια και νουθεσια sê hoe εκτρεφετε moet gebeur (Grosheide se Efes komm bl 92). En het dan die betekenis van ‘in die sfeer van/deur/in ooreenstemming met opvoeding en vermaning ...’ (Greek grammer beyond basics bl 372; Baljon bl 646, 721).

19

Page 20: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Of dis opvoedinge en vermaning wat die Here self gee.35

Bewys

Moses praat daaroor met Israel as hy in Deut 4:36 sê:

“Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor

om jou te onderrig (of op te voed36) ...”

En in Deut 8:5 sê Moses:

“Erken dan in jou hart

dat die HERE jou God jou onderrig (of opvoed)

soos ‘n man sy seun onderrig (of opvoed).”

*************

En hoe doen die Here dit?

Wel vir Israel het Jahwe by die berg Sinai opgevoed

met sy donderende-stem uit die vuur.37

Deur die res van die OT het Jahwe met Israel gepraat deur sy profete.38

Heb 1:1 sê dat Jahwe “in hierdie laaste dae

tot ons gespreek deur die Seun ...”

En dit alles hierdie onderrig van God en sy Seun ons Here

kry ons in die Bybel.

35 κυριου is ‘n gen wat beide παιδεια en νουθεσια verder beskryf (vgl ook Van Leeuwen se Efes komm bl 132; NIDNTT vol 3 bl 779-780). κυριου kan hier die volgende genitiewe wees: I subjek-gen omdat παιδεια verwant is aan παιδευω (Baljon bl 721) en νουθεσια verwant is aan νουθετεω (Baljon bl 646-647; Greek grammer beyond basics bl 113; O’Brien se Efes komm bl 446). Dus: ‘in die sfeer van/deur/in ooreenstemming met die opvoeding en vermaning deur die Here gegee.’=> Deut 4:36; 8:5; Hos 7:12; 10:10; Spr 3:11 wys my dat die HERE παιδεια gee (NIDNTT vol 3 bl 776; O’Brien se Efes komm bl 447).=> NIDNTT vol 3 bl 776 wys my dat die OT verstaan van wat Paulus hier sê, iets soos volg is: ‘in die sfeer

van die opvoeding en vermaning deur die Here gegee.’=> die uitdrukking παιδεια κυριου kom uit Deut 11:2. Hier gaan dit oor die direkte onderig deur die

HERE. Hierdie onderrig deur die HERE geskied dan deur sy groot dade van verlossing uit Egipte en in die woestyn (NIDNTT vol 3 bl 777).

36 Onderrig is in die LXX παιδευω verwant aan παιδεια hier in Efes 6:4

37 Deut 5:4

38 Heb 1:1

20

Page 21: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Bewys39

Want in 2Tim 3:16 sê Paulus:

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig

tot lering,

tot weerlegging,

tot teregwysing,

tot onderwysing (of opvoeding40) ...”

****************

So hoor u dit?

Opvoeding wat ons kinders by Christus en die lewe bring

moet die opvoeding en vermaning wees wat die Here self gee.

Toepassing en verduideliking

En hoe doen die Here dit?

Wel deur pa’s en ma’s.41

En dan nie ingewikkeld nie.

Ons Here leer ons kinders op ‘n baie informele manier.

Sommer so terwyl ons gewoonweg by ons kinders is.

En ons besig is om ons Here te dien.

• Daar waar ons hulle saamvat na die erediens.• Daar waar jy in jou elke dag se lewe by jou kinders is.

Dis daar dat jou kinders jou gaan begin vra.

• Wat is dit daai? • Wat beteken daardie water by die doop? • Hoekom drink julle almal uit een beker? • Hoekom is ek nie ook so gelukkig soos Pietie

wie se ma en pa hom nooit kerk toe vat nie? • Wat het die dominee bedoel toe hy gesê het ‘glo in Jesus’? • Hoekom trek ma nooit so kaal aan

soos die ander tannies op die strand nie?• Hoekom moet ons ewig en altyd bid voor ek kan eet?

39Vgl NIDNTT vol 3 bl 779

40 Die Griekse woord is net soos hier in Efes 6:4 παιδεια.

41 Ps 78

21

Page 22: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Die HERE sê vir ons in sy Woord dat dit so sal wees.

Ons lees daarvan bv in Eks 12:26 en Eks 13:14 en Jos 4:6.42

Ons gaan by ons kinders wees saam met hulle leef.

En dan gaan hulle vra.

En dan? Wel dan moet ons antwoord.

Hoe? So dat ons Here self begin praat en opvoed.

En hoe gaan dit gebeur?

Wel as ons met ons kinders begin praat uit sy Woord.

Ons gaan hulle vertel.

En altyd gaan ons weer en weer by die Here uitkom

by Christus en die lewe by Hom.

****************

En daarby gaan ons huisgodsdiens hou.

Gereeld elke dag soos die HERE ons beveel in Deut 6:6-7

waar die HERE sê:

“En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel,

moet in jou hart wees;

en jy moet dit jou kinders inskerp

en daaroor spreek as jy in jou huis sit

en as jy op pad is

en as jy gaan lê en as jy opstaan.”

Selfondersoek

Nou dit broeders is die eerste ding

waaruit die opvoeding en die vermaning van die Here bestaan.

Dit is opvoeding en vermaning deur die Here self.

42 Baie belangrik: Die HERE het nie in Israel ‘n opvoedingsinstansie ingestel nie, ‘n departement van onderwys of iets dergeliks nie. Nee, opvoeding moet in die sfeer van die HERE gebeur (εν παιδεια και νουθεσια κυριου). Dit sien ons baie mooi uit die frases soos, “En as julle kinders julle vra” en “jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.” (Eks 12:26; Ekes 13:14; Deut 6:7,20; Deut 11:19; Jos 4:6,21). So, in die elke dag se lewe in die verbond, terwyl ons die HERE lief het en Hom dien, moet ons met ons kinders praat. Ons moet so lewe dat hulle vra ... En dan moet ons daar wees om te antwoord (NIDNTT vol 3 bl 777; Van Deursen se Efes komm bl 196).

22

Page 23: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

En ons Here doen dit deur ons wat daar is vir ons kinders.

Ons wat gereeld huisgodsdiens doen.

***************

En nou’sie vraag: Waar is ons pa’s?

Is ons daar vir ons kinders?

Is ons betrokke by ons kinders?

Is ons daar as hulle begin vra?

Of is die kleuterskool-tannie die een wat sal moet antwoord.

En later die onderwyserres wat sê:

‘Die Bybel is nie eintlik waar nie Die Evolusie-teorie is beter.’

Maak ons tyd vir huisgodsdiens?

Of maak ons net tyd vir Rugby

en die nuwe kombuis

en die lapa met die mooi kroeg wat ek wil bou?

Ja die vraag is broeders en susters:

Kom ons ons verantwoordelikheid na?

Is ons kanale waardeur die Here self ons kinders opvoed?

******************

Want dis die eerste ding

waaruit opvoeding en vermaning van die Here bestaan.

Dis opvoeding en vermaning deur die Here self.

En Hy doen dit deur ons en deur sy Woord.

II Maar nou’s daar ook ‘n tweede ding

waaruit die opvoeding en vermaning van die Here bestaan.

En dit is dat hierdie soort opvoeding altyd

23

Page 24: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

na ons Here Christus toe terugwys.43

Toepassing en verduideliking

Daarom broeders sal ons met ‘n heilige ywer waak

oor ons kinders se skool onderrig.

Ons sal daarby betrokke wees.

Ons sal seker maak

dat wat ons kinders geleer word

altyd ons Here en Christus uitwys en verheerlik.

Opmerking

En hoekom? Wel omdat Paulus in Kol 1:16 sê

dat God “alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape” het.

Daarom moet alles ons God en sy Christus en ons Here verheerlik.

Daarom sal ons onderwysers soek en onderrigmetodes en kurrikulums

wat ons kinders wys hoe

• wiskunde na ons Here toe wys.• En Afrikaans taalleer • En lewens wetenskappe• En fisiese wetenskappe

En by lewensoriëntering sal ons daarop aandring

dat ons kinders geleer word

dat ons ganse lewe deur ons Here en sy wil georiënteer word.

***************

III En daarby en dis die derde ding

waaruit die opvoeding en vermaning van die Here bestaan

43 κυριου kan hier die volgende genitiewe wees: II Kwalitatiewe-gen of ‘n gen wat aandui wat die inhoud van die opvoeding en vermaning moet wees (Van Leeuwen se Efes komm bl 132; Binnewerk bl 80; O’Brien se Efes komm bl 447; NIDNTT vol 3 bl 780). Dus: in die sfeer van/deur/in ooreenstemming met die opvoeding en vermaning wat oor die Here gaan.’ κυριος moet dus die totale inhoud van my παιδεια en νουθεσια deursuur. Dit moet my kind altyd weer by κυριος uitbring ... Dit moet Christelike opvoeding wees (O’Brien se Efes komm bl 447; NIDNTT vol 3 bl 777; Grosheide se Efes komm bl 92).

24

Page 25: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

ja ... daarby sal ons besef

dat ons opvoeding onder ons Here se heerskappy staan.44

Verduidelik en toepassing

Nie ek as pa of my vrou as ma

mag here wees as dit kom by die opvoeding van ons kinders nie.

Nee! Ons moet instrumente wees

waardeur ons Here werk. En Hy alleen.

Hy bepaal ons kinders se opvoeding totaal.

• Nie ek met my sondige grille en giere nie.• Ook nie die staat met sy ideologie nie.

En hoekom nie?

Wel omdat daar nie een stukkie van ons en ons kinders is

wat nie aan die Here behoort nie.

Daar’s nie een stukkie waaroor Hy nie Koning is nie.45

Slot

Daarom sê Paulus in Efes 6:4 ...

“vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,

maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

So broeders waar staan ons?

Onthou: Ons is verantwoordelik.

*************

Daarom kom ons kom almal waarlik dag vir dag tot bekering

oor hierdie saak van ons kinders se opvoeding.

44 κυριου kan hier die volgende genitiewe wees: III NIDNTT vol 3 bl 780 wys my dat dit hier gaan om παιδεια και νουθεσια wat totaal en al onder die heerskappy van die Here Christus staan – daar mag geen ander Here betrokke wees by my kind se opvoeding nie. Dus: ‘in die sfeer die opvoeding en vermaning wat onder gesag van die Here staan.’

45 Sien voetnoot 44

25

Page 26: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Dis wat pa’s doen

wat deel is van God se nuwe mensdom.

Ja kom ons kom tot bekering saam met ons vrouens.

Kom ons smeek ons Here

dat Hy ons kragtig deur sy Gees sal opwek

• om verantwoordelikheid te neem• betrokke te raak• tyd te maak • daar te wees • sonder om ons kinders kwaad te maak.

Ja kom ons bid

dat ons almal se opvoeding sal wees

“in die tug en vermaning van die Here.”

Want dan doen ons Here wonderlike dinge deur ons.

Dan voed Hy ons kinders op

sodat hulle kinders word in God se nuwe verloste mensdom.

Kinders wat weet en vir wie dit ‘n werklikheid is

dat “alle dinge is deur (ons Here) en tot (ons Here)” is

en dat Hy Verlosser en Koning van ons hele lewe is.

AntwoorddiensAmen.

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 90: 9

Gebed

26

Page 27: Efes 6:1-4 - GK Daspoort 6,4.pdfVerlede week was ons by Efes 6:1-3. En daar skryf Paulus vir ons kinders.2 Opmerking Ja vir die kinders. Want God se nuwe-mensdom wat Hy uit genade

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 145: 1, 2, 3, 5

Slotpsalm : Ps 71: 10, 11, 12

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.

27