laerskool selectionpark...9. ouers wat in die karre sit en wag vir groter kinders mag nie hulle...

18
Telefoon: 011 362 6858 / 9 Faks: 086 607 1075 Posbus 11401 Selcourt 1567 E-Pos: [email protected] Webwerf: www.laerskoolselectionpark.co.za Laerskool Selectionpark Ons kommunikeer met die ouers deur middel van die “kommunikeerder”. Ons vra vriendelik dat u die “D6 Communicator” aflaai op u foon of rekenaar – “Kies Laerskool Selectionpark”. Op hierdie manier sal u altyd op hoogte wees van wat aangaan by die skool

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Telefoon:

011 362 6858 / 9

Faks:

086 607 1075

Posbus 11401

Selcourt

1567

E-Pos: [email protected]

Webwerf: www.laerskoolselectionpark.co.za

Laerskool Selectionpark

Ons kommunikeer met die ouers deur middel van die “kommunikeerder”.

Ons vra vriendelik dat u die “D6 Communicator” aflaai op u foon of

rekenaar – “Kies Laerskool Selectionpark”. Op hierdie manier sal u altyd

op hoogte wees van wat aangaan by die skool

2

INHOUDSOPGAWE

1. Brief van Departements Hoof – Grondslagfase ......................... Bl 3

2. Briefie aan nuwe Gr 1 maats ............................................................ Bl 4

3. Personeelinligting ...................................................................... Bl 5

4. Kostes:

❖ Skoolfooie / Naskoolsentrum ........................................... Bl 5

❖ Skryfbehoeftes ……………………………………………………………… . Bl 6

5. Klerewinkeltye ..... .......................................................................... Bl 8

6. Skooltye ………………………………………………………………………………………… Bl 8

7. Skooldrag:

❖ Seuns ........................................................................... Bl 9

❖ Dogters ....................................................................... Bl 9

8. Wagklas- en Hekreëlings .................................................................... Bl 9

9. Afsprake met ouers / onderwysers ...................................................... Bl 11

10. Reëlings vir Gr 1 ................................................................................... Bl 11

11. Huiswerk ............................................................................................... Bl 12

12. Buitemuurse aktiwiteite ...................................................................... Bl 13

13. Kan jou kind die volgende doen ............................................................. Bl 15

14. Skoolkwartale vir 2019 ………………………………………………………….….. Bl 16

15. Resep vir klei ……………………………………………………………………………………….… Bl 17

16. Eienskappe van ‘n PARKIE …………………………………………………………..….. Bl 18

3

Geagte Gr 1 ouers

“Groot-skool” is vir elke kind ‘n baie belangrike

gebeurtenis!

Wie sien die meeste uit na die eerste dag? Kind of

ouers?

Daarom is dit belangrik dat u die regte keuse sal maak

ook sodat u kind gelukkig in sy nuwe skool sal wees.

Hier by Parkies kan ons u verseker dat ons net die beste

vir u kosbaarste besitting wil bied, hetsy dit op

akademiese-, sport- of kultuurgebied is.

In Parkieland is elke kind ‘n wenner. Ons bied aan elkeen

‘n kans om oral deel te neem.

Weet dat kommunikasie die wagwoord hier is! Ons deure

en harte is oop om met u te praat.

Welkom, en word gerus deel van ‘n wenspan!

4

‘n Spesiale briefie aan ons nuwe Graad 1 maats:

Liewe Graad een maat Ons is so bly jy kom volgende jaar na ons toe. Ons weet jy gaan baie gelukkig wees hier by ons. Ons gaan jou help om net so slim soos Pappa en Mamma te word. Hier is baie nuwe maats wat saam met jou skool toe kom en julle kan almal lekker leer en speel. Ons sien uit daarna om jou in jou nuwe skoolklere te sien as die skool begin. Groete Graad een juffrouens

5

PERSONEELINLIGTING

HOOF : MNR A.F. DU PLESSIS

ADJUNK-HOOF : MNR O.J. VAN SCHALKWYK

Departementshoof – Grondslagfase : Me Suzan Joubert

KOSTES

Skoolfooie:

➢ Gr 1 – Gr 7 : R700-00 per maand per kind Betaalbaar oor 11 maande (Januarie tot November)

❖ Internet betalings word aanbeveel!

❖ Debietorder fasiliteite kan gereël

word

❖ Onthou asseblief om u familiekode te

gebruik as verwysing wanneer u ‘n

betaling maak

NASKOOL:

Naskoolsentrumfooie is betaalbaar oor 11 maande:

Eerste leerling - R820-00 per maand

Tweede leerling - R750-00 per maand

Derde leerling - R700-00 per maand

* Voorlopige fooie, skoolfooie sal bekragtig word op ‘n Ouervergadering later

vanjaar

AFGEROLDE BOEKE: U kind ontvang die boeke sodra die skole begin, hierdie boeke is ingesluit by die

skoolfonds. Alle boeke bly die eiendom van die skool. Sou u verhuis, of u kind

na ‘n ander skool neem moet ons skool se boeke ingehandig word voordat ons u

van ‘n Oorplasingskaart kan voorsien.

6

SKRYFBEHOEFTES – GR 1 2019 LYS VAN BENODIGDHEDE Volledige pakket is beskikbaar in die “Kleretrommel” - Koste: R520

1 Witbord

2 Witbordpenne – Swart (Maxiflo White Board Marker)

1 20’s Faber-Castell Trigrip Inkleurpotlode

1 x 12’s Mon-Ami vetkryt (uitdraai)

10 H-Potlode (Faber Castell)

2 Stetro “pencil grip”

1 Skerpmaker (metaal) (Die een met 1 x groot + 1 x klein

gaatjie) – nie met houer asseblief

2 Amos – Glue Stick (35g)

1 Skêr

1 Uitveers

1 Liniaal 30cm

1 Telraam

1 Stoelsakkie

1 Materiaal geldsakkie

1 A4 “Library Bag”(materiaal) met rits en handvatsel

1 A4 96p Waterlyne - Hardeband

7 A4 72p “17mm Speckled with margin

1 A4 160g Kleur kartonne (Helder) 20’s

Skryfbehoeftepakkette

is reeds in die

Kleretrommel

beskikbaar

Items soos die “Library Bag” met rits, witbordjie en stoelsakkie word

aan die einde van die jaar aan die kinders se nuwe onderwyseres gegee

en u hoef dit dus nie in Gr 2 weer aan te koop nie

7

Die volgende items moet asseblief self aangekoop word:

➢ 1 Houer waterverf met 12 verskillende kleure verf

➢ 1 Space Case 30cm - GEEN PENNESAKKIES

➢ 1 Dik Inkleurboek

➢ 1 50 Stuk Legkaart (Skryf asseblief kind se naam op elke blokkie)

Plaas prentjie van legkaart saam met legkaartstukkies in ‘n 2 liter

roomysbak. Skryf asseblief u kind se Naam op die bak

➢ 1 Stoflap

➢ 1 Plastiek plekmatjie (vir kleispeel)

➢ 1 Houer wet wipes

➢ 3 Rolletjies toiletpapier

➢ 2 Bokse sneesdoekies (Tissues)

➢ 3 Lee Roomysbakke (1 vir klei, 1 vir legkaart en 1 vir ekstra items van

die pakket. Dit word in die klas gebêre)

➢ Klei - Nie gekoopte klei asseblief. Maak asseblief die klei volgens die

resep in die boekie. Plaas klei in ‘n 2 liter roomysbak. Skryf asseblief u

kind se Naam op die bak

Alle skryfbehoeftes moet 1 vir 1 gemerk word en ALLES word by die klasonderwyseresse ingehandig binne die EERSTE week. NIKS word tuis gehou nie!!!

Skrifte kan met enige mooi

papier oorgetrek word.

Leerder se Naam en Van

kan op ‘n plakker bo, regs

aangebring word

8

KLEREWINKELTYE

Maandae tot Donderdae 13:00 tot 14:30

Vrydae 13:00 tot 13:45

Die winkel sal ook op die volgende dae en tye oop wees:

➢ Saterdag 5 Januarie 2019 09:00 tot 13:00

➢ Maandag 7 Januarie 2019 09:00 tot 13:00

➢ Dinsdag 8 Januarie 2019 09:00 tot 13:00

SAL VANAF 11 Desember 2018 GESLUIT WEES!

SKOOLTYE

Gr RR, Gr R, Gr 1,2 en Gr 3:

➢ Maandae tot Vrydae:

Skool begin STIPTELIK om 07:25

tot 13:05

➢ Wagklas:

▪ Indien u nie u kind om 13:05 kan kom haal nie kan

die kind, onder toesig, in die wagklas wag tot

13:35

▪ ‘n Kind mag hier wag vir ‘n ouer broer of suster

totdat die skool uitkom

9

LAERSKOOL SELECTIONPARK

Leweransier: “Die Kleretrommel” by die skool

SEUNS:

Skoene : Swart Kouse : Grys met skoolkleure ingeweef Broek : Grys kortbroek in die somer en Grys langbroek in die winter Hemp : Wit Das : Maroen Trui : Maroen met skoolkleure Drymac : Blou, maroen of wit – NIE SWART NIE

DOGTERS:

Skoene : Swart plathakskoene Kouse : Kort wit kouse in die somer,

Lang grys kouse in die winter

Rok : Maroen skoolrok Trui : Maroen met skoolkleure of Moulose trui met skoolkleure Haarlinte : Maroen, Wit, Geel of Blou

WAGKLAS EN HEKREËLINGS

Hierdie reëling is geldig vanaf die eerste dag wat die skool begin. Ons vra asseblief ons ouers se samewerking met hierdie reëlings. Indien u nie hou by hierdie reëling nie, beteken dit dat u kind op ‘n plek is waar daar geen toesig van personeellede is nie. Hier volg die reëlings en ons vra u vriendelik dog baie dringend om daarby te hou: 1. Vanaf 9 Januarie 2019 tot 11 Januarie 2019 verdaag die Gr 1 leerders om

12:00. Ouers kry leerders by hulle klasse. Vanaf Maandag 14 Januarie 2019 verdaag die Gr 1’s elke dag om 13:05. Die leerlinge word deur ‘n Onderwyseres na die Ooshek geneem. Die hek word eers om 13:05 oopgesluit. Gr 1 tot Gr 3 beweeg almal saam na die Ooshek

2. Die Gr 2 en Gr 3 leerders verdaag om 13:05 3. Ouers wat hulle kinders kom haal, wag by die hek aan die OOSTE KANT van

die skool. (Hek by Snoepwinkel) GEEN ANDER HEK SAL VIR DIE LEERDERS OOP GESLUIT WORD NIE !!!

10

Ouers moet nie kinders by klasse kom haal nie – sodra hulle, hul ouers sien wil hulle dadelik uitgaan en dit bemoeilik ons afsluiting- en verdagingsroetine

4. Om 13:05 sal die leerders wat dan huistoe gaan na die hek beweeg waar u hulle dan kry. Geen ouer word toegelaat om die ingang in Allenweg te gebruik waar die klokkie in die kantoor gelui moet word om hekke oop te maak nie. Slegs die Ooshek word as ingang gebruik. Graad 1-ouers word slegs toegelaat om leerlinge die EERSTE WEEK (tot 11 Januarie 2019) by die klas te kom afhaal, daarna geld die reëling soos uiteengesit. ➢ NB!! Leerders sal slegs tot 13:10 toegelaat word om vir u by die hek

te wag. Die onderwyser aan diens sal dan die leerders na die wagklas neem waar u dan self u kind moet gaan haal. Gee asseblief u kind die versekering dat indien u nie betyds is nie, u hom / haar wel sal kom kry. GEEN LEERDER WORD TOEGELAAT OM BY STRAAT-HOEKE TE STAAN EN WAG NIE.

5. Kinders wat wag vir groter boeties en sussies of aan sport deelneem, bly

onder toesig in die ‘WAGKLAS’, by die netbalbane verste van die snoepie . Leerders wat met ander bussies gehaal word, soos Aljander, bly by die klasse en sal daar deur spesifieke persone afgehaal word gedurende die eerste week. Daarna gaan die leerlinge saam na die Ooshek of bly in die wagklas totdat die bussies opdaag.

Gr R en Gr RR “bussie” kinders beweeg na die Ooshek onder toesig. As die bussie nie daar is nie gaan hulle terug na hulle klasse toe. Bussie personeel moet dan self die kinders gaan haal. Geen Gr. 1-3 leerling mag 13:05 na die Gr. RR/R klasse/speelgrond gaan om daar “te wag” nie.

6. NASKOOLSENTRUMLEERDERS wag ook in die wagklas en beweeg eers na

die naskoolsentrum sodra die klok om 13:35 lui. 7. GEEN kinders word toegelaat by die Naskoolsentrum, sportgronde,

kleedkamers, ens. in Wagklastyd nie. Geen ouers mag ‘n kind na die Gr R klasse toe laat gaan om daar vir hulle te wag nie. Daar is nie toesig nie en hulle pla die groter kinders wat nog skoolgaan.

8. Die ander kinders wat 13:35 moet huis toe stap of motor ry, beweeg dan na

die hek aan die OOSTE KANT van die skool waar u hulle kry. Boeties en sussies wat saam moet stap, moet asseblief deeglike reëlings tref waar hulle mekaar ontmoet.

9. Ouers wat in die karre sit en wag vir groter kinders MAG NIE hulle kinders

toelaat om gewone klere te gaan aantrek in wagklastyd nie. Die kinders mag ook nie rondspeel op die terrein nie, hulle moet eerder deel wees van die Wagklas by die Netbalbane.

Bogenoemde reëlings is ingestel om u kind se veiligheid te alle tye te verseker. Ons wil graag die druk verkeer in ALLENWEG waar baie motors beweeg verminder, daarom vra ons u vriendelik om liewer aan die OOSTEKANT, waar daar ook heerlike koelte is, vir u kinders te wag.

By voorbaat baie dankie vir u samewerking.

11

AFSPRAKE MET OUERS / ONDERWYSERS

Die Grondslagfasedames hou twee maal per week graadvergadering en van die ander dae is hulle op wagklasdiens.

Ons vra ouers asseblief om skriftelik in die kinders se “Briefieboek” ‘n afspraak te maak met onderwysers. Ouers sal ook soms telefonies deur personeel geskakel word om ‘n belangrike afspraak te maak

REëLINGS VIR GRAAD 1

Hierdie reëls geld die hele jaar en dit vergemaklik roetine en dissipline in en voor klasse:

➢ Daar lui altyd 2 klokke. Maak seker dat jy die kleedkamer gedurende pouse of na die eerste klok gelui het besoek

➢ As die tweede klok lui moet almal netjies in rye voor hulle klasse staan

➢ Huiswerkboeke, briefieboeke en leesboeke word in die seilsakkie met die rits geplaas

➢ Haal die seilsak uit jou tas as die klok gelui het.

➢ Tasse word buite die klas teen die muur in ‘n ry geplaas

➢ Sodra die klas oopgesluit word en ons geopen het, sal die onderwyseres geld en briefies inneem. GELDE WORD GEPLAAS IN DIE

SAKKIE / BEURSIE WAT IN DIE PAKKET IS! Omdat kontant altyd ‘n risiko is verkies ons dat alle gelde per Internet of Bankdeposito gemaak word

➢ Gebruik asseblief die “Briefieboek”! Hierdie is ‘n goeie kommunikasiemiddel vir Mammas en Juffrouens. Teken asseblief hierdie briefies dan weet ons u het dit gesien!

➢ KOSPAKKIES: NB!! NB!! ❑ Geen kind kan behoorlik konsentreer as hy nie

soggens ontbyt geëet het nie! Asseblief Mammas, help ons!

❑ Geen Gr 1 kind mag eerste pouse lekkers, skyfies, koek ens. eet nie. (Die verhoogde suikervlakke veroorsaak dat hulle nie behoorlik

12

kan konsentreer nie) ❑ Pak asseblief ‘n heilsame kospakkie:

Broodjies

Jogurt

Vrugte

Water / Aanmaakkoeldrank / Vrugtesap

❑ GEEN gaskoeldranke in blikkies nie! ❑ Geen lekkers vir eerste pouse nie! ❑ Kinders mag wel tweede pouse lekkers eet

❑ Gr 1 leerders mag slegs op ‘n Vrydag na die snoepie gaan.

❑ Maak gerus gebruik van die Snoepiekaart ( Meer inligting sal deurgegee word)

Bogenoemde reëlings werk baie goed!

Plaas asseblief geld in ‘n beursie of in jou kind se skoen

KINDERS MAG ASSEBLIEF NIE SPEELGOED SKOOL TOE BRING NIE!

TUISWERK

➢ Gr 1 ontvang nie die eerste ± maand addisionele werksopdraggies nie!

➢ Ons gee wel ouditiewe opdraggies (onthou om _____ te bring. ens) Vra dus vir jou kind wat was sy “onthou-opdraggie”!

➢ Elke kind word op die Bestuurstelsel geregistreer. Kyk gereeld (minstens een keer per week) wat geplaas word.

➢ Daar sal vir elke dag ‘n paar vrywillege opdragte wees

➢ Moet asseblief nie vooruit werk nie, sodoende leer jou kind van kleins af om elke dag werkies te doen. Doen liewer elke dag of so gereeld moontlik ‘n opdraggie saam met jou kind

➢ Die Groen klanke boek is n KLASWERK boek - moenie daarin werk by die huis nie .Gebruik dit slegs om die woorde te leer vir toetse

➢ Bogenoemde werksopdragte gaan nooit gekontroleer word nie. U kind gaan nie gepenaliseer word as die addisionele werk nie gedoen is nie

13

BUITEMUURSE AKTIWITEITE GRAAD 1

ATLETIEK: ❖ Alle Gr 1’s neem deel aan die interhuisatletiek – ontvang ‘n seël

op Erkenningsertifikaat vir deelname ❖ Ons hardloop elke dag en soek so die beste twee (2) atlete vir

deelname teen ander skole en interhuis ❖ Ma / Pa weet net dat die onderwyseresse neerskryf watter posisie

jou kind behaal het want: Elke Gr 1 kind het eerste gekom (volgens hulle !!!)

MINI-NETBAL - GRATIS: ❖ Vind in die middae plaas in die netbalseisoen. Balvaardighede

word aangeleer ❖ Daar sal per brief reëlings getref word vir middag-oefening ❖ Hulle ontvang ‘n seël op die Erkenningsertifikaat as hulle gereeld

geoefen het MINI-KRIEKET: ❖ Slegs vir seuns ❖ Daar is spanne vir elke graadgroep (Gr 1 tot Gr 3) ❖ Deelname en oefen gee ‘n seël vir erkenning

PLAYBALL: ❖ Word een keer per week vir 30 minute, direk na skool, op ‘n

Woensdag aangebied (Betaling aan Playball) Kontak Mev. Mandie Wagner – 011 811 6329

❖ Erkenning vir deelname RUGGA KIDS: ❖ Word een keer per week vir 30 minute na skool aangebied

(Betaling aan Rugga Kids) Kontak Mnr Johan van Schalkwyk – 082 327 0846

❖ Erkenning vir deelname

TENNIS: ❖ Lesse word deur professionele persone by die skool aangebied

(Betaling aan afrigter) Kontak Mnr. Hennie Stoltz - 082 969 6904 ❖ Erkenning vir deelname

BALLET: ❖ Lesse word in die Onthaallokaal (Langs die pawiljoen) aangebied

(Betaling aan afrigter) Kontak René 082 304 8191

14

❖ Erkenning vir deelname NETBAL PETITE: (Moenie dit verwar met mini-netbal nie!!) ❖ Word een keer per week vir 30 minute, GEDURENDE Wagklastyd

aangebied Betaling aan Netbal Petite – Kontak Mnr Johan van Schalkwyk 082 327 0846

❖ Erkenning vir deelname LANDLOOP: ❖ Reeds vanaf Graad 1 kan die leerlinge deelneem aan Landloop ❖ Erkenning vir deelname

DRAMA: ❖ Word in wagklastyd en na skool aangebied, in die voorportaal van

die saal ❖ Kontak Carla Bruinette 082 613 8446

RUGBY: Ons Gr 1-leerlinge speel nie in skoolverband rugby nie, hulle speel wel Valkie-rugby. Oefening vind in die aande plaas en hulle word afgerig deur pappas. Afrigting is gratis. Kontakpersoon: Mariette Faber 0795079701 MINI-SKAAK: ❖ Vind plaas een keer per week vir 30 minute, gedurende

Wagklastyd in Juffrou Lucinda MacMahom se klas by Gr R ❖ Kontakpersoon: Me Suzan Joubert 082 316 5181 ❖ Erkenning vir deelname ❖ Betaling: EFT in dieselfde rekening as skoolfonds met n duidelike

verwysing Mini-skaak NIE DIE FAMILIEKODE NIE BRAINGYM:

❖ Word een keer per week gedurende Wagklastyd aangebied Kontak vir Thys Lourens by 082 254 1138

YOUNG ENGINEERS:

❖ Word slegs op n Vrydagmiddag naskool by die Naskoolsentrum saal aangebied. Kontak vir Ronel by 083 715 3339

15

Kan jou kind die volgende

doen?

❖ Sy naam skryf ❖ Tel van 1 tot 10 ❖ Syfers herken tot 10 ❖ Kleure herken ❖ Vorms benoem ❖ Legkaart bou ❖ Knip sodat die buitelyn nog sigbaar is

❖ My prent omlyn teen die buitelyn

❖ Inkleur - Saggies, egalig heen en weer

❖ Plak sonder dat die prent opkrul en ‘n deel oorhang

❖ Tou spring

❖ Bal gooi en vang

❖ Eenbeentjie spring (4 x op elke been)

❖ Balanseer op ‘n reguit tou ❖ Eenvoudige opdragte uitvoer (Ouditief en skriftelik) ❖ ‘n Mens teken (Nie ‘n stokmannetjie nie!) ❖ Liggaamsdele benoem

16

❖ Ouditiewe geheue (opdragte onthou) ❖ Lateraliteit (Ken links en regs) ❖ Groot motoriese ontwikkeling (Kan ek huppel, spring, rol

en kruip) ❖ Ek praat nie meer babataal nie

❖ Ek kan my skoenveters vasmaak! (BAIE BELANGRIK!!)

SKOOLKWARTALE VIR 2019 KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 VAN TOT VAN TOT VAN TOT VAN TOT

09/01 15/03 02/04 14/06 09/07 20/09 01/10 04/12

17

RESEP VIR KLEI

500ml Meel

200ml Sout

30ml Kremetart

Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by:

o 500ml Water

o 30ml Olie

o 2,5ml Geursel of Kleursel

Roer oor vinnige hitte in kastrol tot klonte vorm.

Verlaag hitte. Roer tot klammigheid verdwyn. Wag

tot afgekoel is voor begin knie. Knie vir 5 minute –

(Gee elastisiteit)

NB: Moet asseblief nie enige van die bestanddele

(veral die kremetart) uitlaat nie - dit verleen

elastisiteit aan klei!!

Speel asseblief self met die klei om te kyk of dit aan

die hande klou – as te pap is, kook nog ‘n rukkie

18

In Parkieland

❖ IS elkeen ‘n WENNER

❖ GEE ONS OM

❖ Bou ons KARAKTER

❖ Wil ons graag soos

JESUS wees