1000 pote? 1000 eiers! - kyffhauser · 2015. 11. 27. · hmmmmmm! kraakvarslekker! ons mense vind...

2
Inligting kortliks: - Duisendpote behoort tot by die ongewerweldes (invertebrates) - Daar is nie 1 000 bene nie, minstens 6, op die meeste 680 afhangende van die soort. - Daar is omtrent 8 000 bekende soorte, maar nog nie almal is ontdek nie. - Die grootste Namibiese spesie word tot 25 cm lank. - Duisendpote dra 'n uitwendige geraamte soos 'n korset. - Duisendpootdames le tussen 500 en 1 000 eiers (geen wonder, hulle is partykeer HORDES!) Die eiertjies word in klein kleiballetjies onder die grond gebere. - Die kleintjies kruip met min (3) bestaande segmente uit die eiertjie, maar sit by elke vervelling agter segmente by tot hulle uitgegroei is. - Die voorste gedeelte van die dier dra een paar bene per segment, daaragter twee paar per segment. - Die beentjies is ook meerdelig, dus beweeglik in sigself. - By voortbeweging werk ALMAL SAAM in golfbewegings. - Hulle vreet ALLES, hoofsaaklik ontbindende plantmateriaal, partykeer ook vars plante (ek het hulle al bo uit die koejawelboom gehaal), soos sagte vrugte, wortels waar die plante dikwels water kry (nat grond), partykeer vreet hulle ook insekte (ruspes). - Hulle vyande is: ratels, jakkalse, rotte, ander knaagdiere, voels (bv.neushoringvoels, Toko) en MENSE 1000 Pote? 1000 eiers! lief vir mekaar geknoop torinkie Wie's bo, wie's onder netjies opgekrul Een van die OUDSTE land-diersoorte op aarde is die duisendpoot; amper net in groote verander bewoon hulle al vir omtrent 435 miljoen jaar hierdie aardbol! Die grootste duisendpoot wat ooit gelewe het, was ietwat oor die twee meter lank. Aangesien hulle leefwyse blykbaar nie veel verander het nie (hulle hou van vog en donker), is daar baie min fossiele; die uitwendige geraamte het vergaan en nie uitgedroog en versteen of afdrukke gelos nie. kleibolletjies met eier(s) in BILD:; voor een paar bene, agter twee paar per segment

Upload: others

Post on 19-Aug-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1000 Pote? 1000 eiers! - Kyffhauser · 2015. 11. 27. · Hmmmmmm! Kraakvarslekker! Ons mense vind duisendpote vermaaklik, kinders speel met hulle, hulle trek aandag, die golfbeweging

Inligting kortliks: - Duisendpote behoort tot by die ongewerweldes (invertebrates) - Daar is nie 1 000 bene nie, minstens 6, op die meeste 680 afhangende van

die soort. - Daar is omtrent 8 000 bekende soorte, maar nog nie almal is ontdek nie. - Die grootste Namibiese spesie word tot 25 cm lank. - Duisendpote dra 'n uitwendige geraamte soos 'n korset. - Duisendpootdames le tussen 500 en 1 000 eiers (geen wonder, hulle is

partykeer HORDES!) Die eiertjies word in klein kleiballetjies onder die grond gebere.

- Die kleintjies kruip met min (3) bestaande segmente uit die eiertjie, maar sit by elke vervelling agter segmente by tot hulle uitgegroei is.

- Die voorste gedeelte van die dier dra een paar bene per segment, daaragter twee paar per segment.

- Die beentjies is ook meerdelig, dus beweeglik in sigself.

- By voortbeweging werk ALMAL SAAM in golfbewegings.

- Hulle vreet ALLES, hoofsaaklik ontbindende plantmateriaal, partykeer ook vars plante (ek het hulle al bo uit die koejawelboom gehaal), soos sagte vrugte, wortels waar die plante dikwels water kry (nat grond), partykeer vreet hulle ook insekte (ruspes).

- Hulle vyande is: ratels, jakkalse, rotte, ander knaagdiere, voels (bv.neushoringvoels, Toko) en MENSE

1000 Pote? 1000 eiers!

lief vir mekaar geknoop torinkie Wie's bo, wie's onder netjies opgekrul

Een van die OUDSTE land-diersoorte op aarde is die duisendpoot; amper net in groote verander bewoon hulle al vir omtrent 435 miljoen jaar hierdie aardbol! Die grootste duisendpoot wat ooit gelewe het, was ietwat oor die twee meter lank. Aangesien hulle leefwyse blykbaar nie veel verander het nie (hulle hou van vog en donker), is daar baie min fossiele; die uitwendige geraamte het vergaan en nie uitgedroog en versteen of afdrukke gelos nie.

kleibolletjies met eier(s) in

BILD:; voor een paar bene, agter twee paar per segment

Page 2: 1000 Pote? 1000 eiers! - Kyffhauser · 2015. 11. 27. · Hmmmmmm! Kraakvarslekker! Ons mense vind duisendpote vermaaklik, kinders speel met hulle, hulle trek aandag, die golfbeweging

- Hulle (die namibiese spesies) is onskadelik, maar lastig in tuin en huis (hulle kruip ORALS in/onderin). Op ander plekke , bv. Asie, kom giftiges voor.

- Onaangenaam is die (stink-)vloeistof wat hulle uitskei om hulleself teen vyande te beskerm.

- Dooie duisendpote kan dikwels in die veld gesien word. Hulle bleik van die son uit tot heeltemal wit. Die segmente val uitmekaar.

R.I.P.

Hmmmmmm! Kraakvarslekker!

Ons mense vind duisendpote vermaaklik, kinders speel met hulle, hulle trek aandag, die golfbeweging van hulle bene fassineer asook die perfekte spiraalvorm van 'n opgekrulde duisendpoot. Hulle prikkel mense se verbeeldingskrag, bv is 'n Suid-Afrikaanse trein daarna benoem (Shongololo). .....'n diertjie, wat menigte mense laat lag, ander laat gril, tuiniers laat grom, fotograwe die kameras laat uitpak, weinig mense sonder reaksie daarop laat. Inligtingsbronne: Tierleben in Suedwest Afrika (F.Gaerdes) Wikipedia Teks en fotos: Anka Eichhoff Fotos: Hmmmmm! Kraakvarslekker! En voor 1 paar bene, agter 2 paar per segment: Alex Dreyer (dankie)

November 2015