13 november 2016 tiende- - ngkflorauna.za.net · eugene en ida kitching janri en tania strydom...

2
d Adventsdiens Sondag, 20 November 2016 om 09:00 Sondag 13 November 2016 (Nagmaal) 07:30 Kapeldiens: Herman Carelsen Wees saam met my bly, want die skaap wat weg was, is gekry! 09:00 Erediens in Kerk: Herman Carelsen Gr 6 Geloofsgetuienis 09:00 Kleuter- en Laerskoolkerk (Afsluiting) 10:00 Jr Geloofsontwikkeling (Afsluiting) 18:00 Aanddiens: Herman Carelsen Maandag 14 November 2016 Dinsdag 15 November 2016 Woensdag 16 November 2016 Donderdag 17 November 2016 08:30 Bybelskool 19:00 BDK Vergadering Vrydag 18 November 2016 Saterdag 19 November 2016 08:30 GL Beplannings- vergadering Sondag 20 November 2016 09:00 Adventdiens: Frikkie du Plooy 10:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms 18:00 Aanddiens: Heinrich Stapelberg Sondag 27 November 2016 (Eerste Advent) 09:00 Erediens in Kerk: Herman Carelsen 10:00 Doopgesprek 18:00 Aanddiens: Sonika Krüger Sondag 4 Desember 2016 (Tweede Advent) 09:00 Erediens in Kerk (Doop): Herman Carelsen 13 - 19 November 2016 Tiende- maand Dankoffer 2016 In die geloofsgemeenskap van Florauna het ons ‘n tradisie dat ons die 10de maand dankoffer gedurende Oktober en daarna opneem. Hierdie dankoffers word nie vir enige aktiwiteite binne die gemeente aangewend nie. Al die fondse word vir aksies en projekte in ons gemeenskap aangewend in ooreenstemming met ons visie dat ons nie net na binne die liggaam van die Here versorg nie, maar diensbaar in ons gemeenskap wil wees. Daar is GEEL koeverte in die voorportale beskikbaar indien u nog nie een ontvang het nie. Hierdie GEEL-kleurige koevert kan op een van die volgende wyses ingedien word: Plaas die koevert in die kollekte-mandjie; Of in die GEEL houer in die in- gangsportale; Of handig dit in by die Kerk- kantoor. Indien u die 10e maand dankoffer brief per epos ontvang het, kan u ‘n GEEL-kleurige koevert in die kerk se voorportaal neem en ook, soos hierbo vermeld, daarmee handel. Sou u u bydrae deur middel van die internet wil doen, vermeld dan asseblief die volgende inligting: 10de Maand, Noemnaam en Van. Bankbesonderhede: NG Gemeente Florauna, ABSA Pta-Noord, Rek: 060 591 857, Takkode: 509 145 Navrae: Riaan Engelbrecht 083 376 1938 / 012546 5724 GEEN KAPELDIENS vanaf 20 November 2016 Let asseblief daarop dat daar vanaf 20 November tot 9 Januarie 2017 geen Kapeldienste sal wees nie. NAGMAAL Sondag, 13 2016 Nagmaal sal by al drie eredienste bedien word. GRAAD 6 GELOOFSBELYDENIS 13 November 2016 NAGMAAL Alle graad sesse word uitgenooi om Sondagoggend 09:00 saam met hul ouers te kom nagmaal geniet tydens die erediens. GEEN AANDDIENSTE Neem asseblief kennis dat daar vanaf 11 Desember 2016 tot 8 Januarie 2017 geen aanddienste sal wees nie Leraars Bosberaad 21 – 22 November 2016 NUWE LIDMAATBYEENKOMS Sondag, 20 November 2016 Om 10:00 Jeug Afsluiting Vanoggend sluit die Kleuter- en Laerskoolkerk sowel as Jr Geloofsontwikkeling af. Jr Geloofsontwikkeling, Sr Geloofsontwikkeling en Kleuter- en Laerskoolkerk hervat weer op Sondag 15 Januarie 2017.

Upload: trinhminh

Post on 30-Jun-2018

221 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 13 November 2016 Tiende- - ngkflorauna.za.net · Eugene en Ida Kitching Janri en Tania Strydom Kinders: Layton, Mia en Jandré Lorma Naudé Baie welkom in ons gemeente. Ons

d

Adventsdiens Sondag, 20 November 2016

om 09:00

Sondag 13 November 2016 (Nagmaal)

07:30 Kapeldiens: Herman Carelsen

Wees saam met my bly, want die

skaap wat weg was, is gekry!

09:00 Erediens in Kerk: Herman Carelsen

Gr 6 Geloofsgetuienis

09:00 Kleuter- en Laerskoolkerk (Afsluiting)

10:00 Jr Geloofsontwikkeling (Afsluiting)

18:00 Aanddiens: Herman Carelsen

Maandag 14 November 2016

Dinsdag 15 November 2016

Woensdag 16 November 2016

Donderdag 17 November 2016

08:30 Bybelskool

19:00 BDK Vergadering

Vrydag 18 November 2016

Saterdag 19 November 2016

08:30 GL Beplannings-

vergadering

Sondag 20 November 2016

09:00 Adventdiens: Frikkie du Plooy

10:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms

18:00 Aanddiens: Heinrich Stapelberg

Sondag 27 November 2016 (Eerste Advent)

09:00 Erediens in Kerk: Herman Carelsen

10:00 Doopgesprek

18:00 Aanddiens: Sonika Krüger

Sondag 4 Desember 2016 (Tweede Advent)

09:00 Erediens in Kerk (Doop): Herman

Carelsen

13

- 1

9 N

ov

em

be

r 2

01

6

T iende- maand D a n k o f f e r 2 0 1 6

In die geloofsgemeenskap van

Florauna het ons ‘n tradisie dat

ons die 10de maand dankoffer

gedurende Oktober en daarna

opneem. Hierdie dankoffers word

nie vir enige aktiwiteite binne die

gemeente aangewend nie. Al die

fondse word vir aksies en projekte

in ons gemeenskap aangewend in

ooreenstemming met ons visie dat

ons nie net na binne die liggaam

van die Here versorg nie, maar

diensbaar in ons gemeenskap wil

wees.

Daar is GEEL koeverte in die

voorportale beskikbaar indien u

nog nie een ontvang het nie.

Hierdie GEEL-kleurige koevert kan

op een van die volgende wyses

ingedien word:

Plaas die koevert in die

kollekte-mandjie;

Of in die GEEL houer in die in-

gangsportale;

Of handig dit in by die Kerk-

kantoor.

Indien u die 10e maand dankoffer

brief per epos ontvang het, kan u

‘n GEEL-kleurige koevert in die

kerk se voorportaal neem en ook,

soos hierbo vermeld, daarmee

handel.

Sou u u bydrae deur middel van die

internet wil doen, vermeld dan

asseblief die volgende inligting:

10de Maand, Noemnaam en Van. Bankbesonderhede: NG Gemeente

Florauna, ABSA Pta-Noord, Rek:

060 591 857, Takkode: 509 145

Navrae: Riaan Engelbrecht

083 376 1938 / 012546 5724

GEEN KAPELDIENS vanaf 20 November 2016

Let asseblief daarop dat daar vanaf 20 November tot 9 Januarie 2017 geen

Kapeldienste sal wees nie.

NAGMAAL Sondag, 13 2016

Nagmaal sal by al drie eredienste bedien word.

GRAAD 6 GELOOFSBELYDENIS

13 November 2016

NAGMAAL

Alle graad sesse word uitgenooi om

Sondagoggend 09:00 saam met hul

ouers te kom nagmaal geniet tydens

die erediens.

GEEN AANDDIENSTE

Neem asseblief kennis dat daar vanaf 11

Desember 2016

tot

8 Januarie 2017 geen aanddienste sal wees nie

Leraars Bosberaad

21 – 22 November 2016

NUWE LIDMAATBYEENKOMS Sondag, 20 November 2016

Om 10:00

Jeug Afsluiting

Vanoggend sluit die

Kleuter- en Laerskoolkerk

sowel as

Jr Geloofsontwikkeling af.

Jr Geloofsontwikkeling, Sr

Geloofsontwikkeling en Kleuter-

en Laerskoolkerk hervat weer op

Sondag 15 Januarie 2017.

Page 2: 13 November 2016 Tiende- - ngkflorauna.za.net · Eugene en Ida Kitching Janri en Tania Strydom Kinders: Layton, Mia en Jandré Lorma Naudé Baie welkom in ons gemeente. Ons

Onmiddellike Behoeftes

Ons hou op 2 Desember 2016 die jaarlikse Kersboomfunksie vir die 110 kinders betrokke by die projek. Dis seuns en dogters van gr R tot gr 11. Ons wil graag vir elke kind 'n Kersgeskenk van R150 in waarde skenk en het u ondersteuning nodig omvan hierdie poging 'n sukses te maak. Ons kort tans om en by 40 van die 110 geskenke. U kan 'n geskenk van R150 gee of 'n geskenk met daardie bedrag borg deur die bedrag in ons bankrekening te deponeer.

Rekeningbesonderhede is: Wolmer Gemeenskapsprojek,

ABSA tjekrekening 630 674 255, takkode 632005.

Skakel Nadia de Jonge, ons administrasieklerk, by 012 - 565 6332

of [email protected] vir meer besonderhede.

Ons maak ook reeds kos bymekaar vir die Kerspakkies van die inwoners wat ons ondersteun en kort voor Kersdag uitdeel. Ons sal u eersdaags voorsien van die lys items wat ons in so 'n pakkie plaas. Intussen kan u ons asb solank met enige blikkieskos (groente, vleis en vis) ondersteun. Ons het 'n vakature vir 'n kombuishulp by Huis Judea. Verkry verdere inligting by Stephen Nell (kontakbesonderhede onderaan).

Deurlopende Behoeftes

Met die voortdurende stygende pryse van kos kan ons met ons beperkte fondse nie naastenby genoeg aankoop vir die behoeftes nie. Kos wat aan ons geskenk word is dus altyd baie welkom. Ondersteun ons asb met enige kos, ook vars produkte, want ons beskik oor verkoelings-geriewe. Ons het ‘n dringende behoefte aan nie-bederfbare items soos blikkieskos, asook stapelvoedsel soos mieliemeel en brood. Inkopiesakke om items in te versprei, is ook altyd nodig.

Ons kan van enigiets gebruik maak wat uit jou huis kom, mits dit nog in ‘n werkende toestand is. Ons het nie tegnici wat stukkende items kan herstel nie. Dus, afgesien van kos, klere en finansiële ondersteuning, kyk of daar nie iets in jou huis is wat jy nie meer gebruik nie en bloot plek opneem. Oorweeg dit dan om dit aan ons te skenk.

Besoek ons webwerf www.wolmercommunityproject.co.za

vir meer inligting, ook hoe om ons aanlyn finansieel te ondersteun. Onthou ons is geregistreer om finansiële donateurs van art 18A-belastingsertifikate te voorsien.

Dankie dat ons op jou welwillentheid kan reken.

Vir verdere inligting oor TNO se werksaamhede en behoeftes, skakel:

Rene Geldenhuys, ons

gemeenteverteenwoordiger by 012 – 546 4886 / 076 153 9059

Frikkie Loots,

TNO se projekbestuurder by 012 – 546 6205 / 082 334 1407 /

[email protected]

Stephen Nell TNO se bestuurder by

012 – 565 6332 / 082 851 3244 / [email protected]

Tshwane North Outreach (TNO)

Indien u graag ‘n afspraak wil maak sodat ‘n leraar by u huisbesoek doen, skakel asb. vir Zita by die Kerkkantoor

012 - 546 5071 / 012 - 565 5724

HUISBESOEK

AFSPRAKE

GELOOFSBELOFTEOFFER September, Oktober &

November 2016

BEDRYF

Die deurkollekte wat gedurende hierdie tydperk ontvang word sal vir die bedryf van ons gemeente aangewend word.

Tans is die fasiliteitsbestuurder besig om ‘n opname te doen van onderhoudswerk wat aan ons geboue gedoen moet word. Hierdie onderhoudswerk sal natuurlik groot uitgawes meebring.

U bydrae sal dus baie waardeer word.

Ons het tot dusvêr R7 940.00 ontvang.

Baie dankie

Mart Fourie tree aan die einde van die jaar af

en sal nie meer in 2017 beskikbaar wees vir die aanbied van die handwerkklasse nie.

Ons wil nie graag hê dat die klasse moet

doodloop nie, daarom vra ons dat daar

asseblief 2 dames sal aanmeld om die klasse

oor te neem.

Dit behels eenvoudige naaldwerk-tegnieke

asook 'n geestelike boodskap elke

Donderdag van 15:00 tot 16:45 in die

Jeughuis.

U kan vir Mart kontak

by 073 225 4319

vir meer besonderhede

Handwerkklasse vir

Huishulpe

NUWE LIDMATE

Die volgende nuwe lidmate se attestate is van hul vorige gemeentes

ontvang:

Schalk en Hannalie van Niekerk

Danelle van Niekerk

Adriaan van Niekerk

Eugene en Ida Kitching

Janri en Tania Strydom

Kinders: Layton, Mia en Jandré

Lorma Naudé

Baie welkom in ons gemeente. Ons vertrou dat u gelukkig hier sal wees.

U word uitgenooi om by ons verskillende bedieninge betrokke te raak.

DOOP ONDERHOUDE

Elke eerste Sondag van die maand is Doopsondag.

Voornemende doopouers moet asb. daarop let dat hulle ‘n

dooponderhoud moet bywoon voordat hulle hul baba kan laat doop.

Dooponderhoude word in die KAPEL gehou en datums van komende

dooponderhoude is:

Sondag, 27 November 2016 om 10:00 Sondag, 29 Januarie 2017 om 10:00 Sondag, 26 Februarie 2017 om 10:00

Registreer asb. voor die doop-onderhoud by die kerkkantoor

012 546 5071

Koeweit

Koeweit is ʼn klein nasie met ʼn sterk ekonomie, hoofsaaklik as gevolg van oliehandel. Dit is een van die rykste lande in die Arabiese wêreld.

Die Koeweitse samelewing is konserwatief. Islam verskaf die voorskrifte vir ʼn wye verskeidenheid van reëls aangaande persoonlike-, familie- en gemeenskapslewe.

Die regering maak gebruik van die tradisionele konserwatiewe stamgemeenskap van die land om liberale en linksgesinde groepe uit te skakel en was tot dusver baie suksesvol daarin.

In die proses word ander godsdienstige minderhede ook ernstig geraak. In Koeweit staar Christene die meeste vervolging in die private-sfeer van hul lewens, gevolg deur die gemeenskap-sfeer in die gesig. Bekeerlinge staar die ergste vorm van vervolging, hoofsaaklik vanaf hul familie, gemeenskapsleiers, godsdienstige leiers en regeringsamptenare in die gesig.

Jy kan Efesiërs 3:17-18 bid: "… sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is…"

BYBELSKOOL AFSLUITING

Bybelskool sluit af op

Donderdag 24 November 2016.

KONINKRYKSBLAD Die geel Koninkryksblad vir November is

by die deure beskikbaar. Neem gerus een.