jacobsdal primêre skool - web viewlede word herinner aan die ... ons wil weer hierdie jaar vir...

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 11 15 – 22 April 2016 OUERS: BEHEERLIGGAAMVERGADERING: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering en opleiding om 14:00, op Maandag, 18 April. BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Kennis geskied hiermee van ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing wat op Dinsdag, 26 April 2016 plaasvind. (Datum het verskuif!) Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 Stemming: 11:00 tot 13:00 Tel van stemme: Vanaf 13:00 Slegs een (1) kandidaat word benodig en nominasievorms is in die kantoor beskikbaar. Let asseblief daarop dat die genomineerde ook ‘n gedeelte op die nominasievorm moet voltooi. ‘n Ouerkieslys is in die kantoor beskikbaar indien ouers hulle besonderhede wil kontroleer. TOER: Baie dankie aan ons ouers en afrigters wat die toer meegemaak het, asook alle donasies en produkte wat ontvang is. Julle ondersteuning en opoffering word opreg waardeer. Tannie Lanie en tannie Stella was op diens in die kombuis en het gesorg dat ons kinders lekker eet. Hulle het behoorlik gesmul! Baie dankie daarvoor! Dankie aan mnr Alfred Hodgson wat al die organisasie gedoen het. Alles het so glad soos seep verloop. Dank aan ons Hemelse Vader wat ons almal veilig tuis gebring het. JAGPAKKET: Ons skool het ‘n Rooibok persent gekry wat ons kan uitloot om fondse in te samel. Ons wil graag die pakket vergroot om dit werklik die moeite werd te maak vir persone om kaartjies daarvoor te koop. Indien daar ouers is wat bereid is om wild of skaap/bees te skenk sal ons dit baie waardeer. U kan mnr Tait kontak in hierdie verband. WINTERSKLERE: Ons nuwe wintersklere is byna klaar en behoort volgende week hier te wees. Merk asseblief dadelik u kind se klere! ONDERSTEUNERSHEMDE / PETTE: [AFSKEURSTROKIE] Die paar denim ondersteunershemde is steeds beskikbaar: Pryse is as volg: Dameshempie: S/M/L: R160 XL–XXL: R170 3XL- 5XL: R180 Manshemp: S/M/L: R180 XL–XXL: R190 3XL-5XL: R200 Maak asseblief by Maryka ‘n draai en kry jou Jakkie denim ondersteunershemp! Op versoek van ouers gaan ook groen sporthempies, @ R150 elk, beskikbaar gestel word vir ouers wat dit wil aankoop. “Jakkie Ondersteuner” word daarop geborduur.

Upload: dangdien

Post on 06-Feb-2018

217 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 11 15 – 22 April 2016OUERS:BEHEERLIGGAAMVERGADERING:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering en opleiding om 14:00, op Maandag, 18 April.

BEHEERLIGGAAMVERKIESING:Kennis geskied hiermee van ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing wat op Dinsdag, 26 April 2016 plaasvind. (Datum het verskuif!)Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 Stemming: 11:00 tot 13:00Tel van stemme: Vanaf 13:00Slegs een (1) kandidaat word benodig en nominasievorms is in die kantoor beskikbaar. Let asseblief daarop dat die genomineerde ook ‘n gedeelte op die nominasievorm moet voltooi.‘n Ouerkieslys is in die kantoor beskikbaar indien ouers hulle besonderhede wil kontroleer.

TOER:Baie dankie aan ons ouers en afrigters wat die toer meegemaak het, asook alle donasies en produkte wat ontvang is. Julle ondersteuning en opoffering word opreg waardeer. Tannie Lanie en tannie Stella was op diens in die kombuis en het gesorg dat ons kinders lekker eet. Hulle het behoorlik gesmul! Baie dankie daarvoor!Dankie aan mnr Alfred Hodgson wat al die organisasie gedoen het. Alles het so glad soos seep verloop. Dank aan ons Hemelse Vader wat ons almal veilig tuis gebring het.

JAGPAKKET:Ons skool het ‘n Rooibok persent gekry wat ons kan uitloot om fondse in te samel. Ons wil graag die pakket vergroot om dit werklik die moeite werd te maak vir persone om kaartjies daarvoor te koop. Indien daar ouers is wat bereid is om wild of skaap/bees te skenk sal ons dit baie waardeer. U kan mnr Tait kontak in hierdie verband.

WINTERSKLERE:Ons nuwe wintersklere is byna klaar en behoort volgende week hier te wees. Merk asseblief dadelik u kind se klere!

ONDERSTEUNERSHEMDE / PETTE: [AFSKEURSTROKIE]Die paar denim ondersteunershemde is steeds beskikbaar: Pryse is as volg:Dameshempie: S/M/L: R160 XL–XXL: R170 3XL-5XL: R180Manshemp: S/M/L: R180 XL–XXL: R190 3XL-5XL: R200Maak asseblief by Maryka ‘n draai en kry jou Jakkie denim ondersteunershemp!Op versoek van ouers gaan ook groen sporthempies, @ R150 elk, beskikbaar gestel word vir ouers wat dit wil aankoop. “Jakkie Ondersteuner” word daarop geborduur.

Dames: Small tot 3XL Mans: Small tot 4XLOuers kan ook mans- en damespette bestel met hul name agterop geborduur. Ons wil duidelik sigbaar wees langs die veld!Ons gaan net een bestelling doen om so vinnig as moontlik die klere hier te kry. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur dit op Maandag, 18 April na die klasonderwysers. Kontant met bestelling asseblief.Ons gaan Maandag reeds die bestelling wegstuur.

OUERVERGADERING:Die notule van die Ouervergadering, wat op Maandag, 11 April gehou is, word by die nuusbrief ingesluit vir ouers se aandag.

KOSHUIS:Hiermee geskied kennisgewing van ‘n Koshuiskomiteevergadering op Maandag, 18 April om 7:30 in die koshuis.Ouers moet asseblief vir koshuiskinders genoeg warm klere en beddegoed saamstuur. Dit begin nou koud word. Elke kind moet ook ‘n flits/liggie saambring vir beurtkrag.

LEERDERDEELNAME:HULP MET AFRIGTING:Ons benodig hulp met afrigting vir ons 0/10 netbal- en 0/9 rugbyspan.

Indien daar kundige ouers is wat kan help, kan hulle met Alfred Hodgson kontak maak.

RUGBY- EN NETBALUITSLAE:RUGBY:

SPAN: DOUGLAS: KOFFIEFONTEIN: BARKLY-WES:0/7 Wen 50 – 5 --- ---0/9 Wen 37 – 5 Wen 50 – 0 ---0/11 Wen 27 – 5 Wen 35 – 5 ---0/13A Wen 22 – 10 --- Wen 20 – 0 0/13B Wen 17 – 14 Verloor 35 – 14 ---

NETBAL:SPAN: DOUGLAS: KOFFIEFONTEIN: BARKLY-WES:0/70/9A Wen 7 – 6 Gelykop 1 – 1 Wen 3 – 0 0/9B Verloor 7 – 6 --- ---0/10 --- --- Verloor 5 – 1

0/11A Wen 11 – 7 @ 0/11AWen 10 – 1 @ 0/11B --- ---

0/11B Verloor 18 – 0 @ 0/11AVerloor 1 – 0 @ 0/11B --- ---

0/12 --- --- Wen 18 – 1 0/13A Wen 22 – 3 Wen 27 – 0 Wen 25 – 2 0/13B Wen 9 – 2 @ 0/12A Wen 20 – 0 @ 0/12B ---

RUGBY: [AFSKEURSTROKIE]Geluk aan die volgende seuns wat deur is na die volgende rondte rugbyproewe wat op Maandag, 18 April om 14:30 te Newton in Kimberley plaasvind. Baie sterkte! Die bus vertrek om 13:40 en R30 busgeld is vooraf betaalbaar. Indien ouers ons kan help met vervoer sal dit waardeer word.0/13:Louis van der Westhuizen en CJ Marx.0/12:Wynand Botha, Vuyani Moore, Pieter Duvenage, Wikus Wessels en Janus Kriek.‘n Finale 0/12-span van 23 spelers gaan gekies word en hulle sal aan die Wildeklawer Toernooi te Newton, Kimberley, vanaf 27 – 29 April deelneem. ‘n Finale 0/13-span van 23 spelers gaan nie na die Wildeklawer Toernooi nie maar neem aan die Griekwaland-Wes rugbyproewe op 13 en 14 Mei deel.WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: Die 0/9 en 0/11 rugbyspanne speel op Maandag, 18 April wedstryde teen President Brand in Bloemfontein.

Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle vervoer te bevestig. Die bus vertrek om 12:15 en R50 busgeld is vooraf betaalbaar.

NETBAL: Baie geluk en sterkte aan die volgende dogters wat as deel van die Letsemeng Netbalspan op Woensdag, 4 Mei aan die Xhariep netbalproewe in Bloemfontein deelneem:0/12: Miandi Steenkamp, Ninke Jacobs, Anke Duvenhage, Magdelize van Zyl, Elana le Roux, Chrisna Roelofse en Marina van der Watt.0/13: Juané Ludwick, Evita de Kock, Jomari Lübbe, Jonelri Botha, Michela Steenkamp, Anri Meades.NB: Al hierdie netbalspelers moet asseblief so gou as moontlik ‘n gesertifiseerde afskrif van hulle geboortesertifikaat, asook ‘n ID-foto by juffrou Delene inhandig. NETBAL TEEN NEWTON:Ons speel op Woensdag, 20 April netbalwedstryde teen Newton hier op ons bane. Die volgende spanne speel:0/9A en B, 0/10, 0/11 A en B, 0/12, 0/13A, B en C.Daar sal verversings te koop aangebied word. Onthou asseblief dat leerders sportdrag moet aanhê as hulle toeskouers by sportbyeenkomste is.

SUID-VRYSTAAT NETBALLIGADAG:Die netbalwedstryde wat op Saterdag, 23 April sou plaasvind is afgestel.

TOESKOUERS/AFRIGTERS/ONDERWYSERS/LEERDERS:‘n Vriendelike dog ernstige beroep word op almal gedoen om tydens die rugby- en netbalseisoen net ons beste gedrag en taalgebruik langs die sportvelde/-bane te openbaar. Tree altyd met respek op teenoor ons teenstanders (kinders) en hulle afrigters/onderwysers, asook die skeidsregters. Skoolhoofde het opdrag vanaf GWLRU gekry om te verseker dat hulle skole se ouers/onderwysers/kinders die nodige respek toon sodat almal die sport rugby/netbal kan geniet. Persone wat hulle nie kan gedra nie sal van die terrein verwyder word. Ons is trots om te sê dat ons nog nooit nodig gehad het om so ‘n drastiese stap te neem nie. ONS IS TROTSE JAKKIES! Geniet hierdie rugby- en netbalseisoen saam met u kind/ers.

ALGEMEEN:JKJA:Ons benodig een ouer om met JKJA op ‘n Donderdagoggend te help. Kontak juffrou Elza van Wyk asseblief.

JAKKIES OPWAARTS SENTRUM: [BESTELVORM]Lekker “cup cakes” kan elke week by die Sentrum bestel word. Sien die aangehegte bestelvorm.

SKAPIEPROJEK:Grade word uitgenooi om vir die volgende twee weke aan ‘n kompetisie deel te neem om geld in te samel vir die verspreiding van Bybels in die Midde-Ooste. Bring al julle kleingeld en gooi dit in houertjies wat in klasse beskikbaar is. Die klas wat wen kry koek en tweede plek kry lekkers! Daar is ‘n plakker wat jy vir R2 kan koop om om jou eie blikkie te plak vir kinders wat self geld op hulle eie wil spaar vir die projek. Jy kan die hele jaar lank spaar en as jou blikkie vol is betaal jy dit by juffrou Elza in.

..............................................Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Maryka van StraatenTersia Mostert

Sarie Knoetze (Rugoperasie gehad)Charmaine van Niekerk (Maltakoors)

GELUKWENSING:

Baie geluk aan Max Oosthuizen wat ‘n boetie ryker geword het!

Tannie Barbara benodig:Sagte speelgoed en ou tydskrifte

om haar geselshoekie in die biblioteek lekker in te rig.Indien ouers hierdie artikels by hulle huise het, en dit nie meer nodig het nie, kan dit asseblief op Maandag, 18 April kantoor toe gestuur word. Ouers kan gerus terugvoering gee deur vir tannie Barbara ‘n

briefie te skryf indien sy met u kind werk.

JAKKIES OPWAARTS SENTRUM BENODIG:

Ou kerseGee asb. by die boekstoor af.

OUERS!!

Ons wil weer hierdie jaar vir al ons kinders op ‘n Vrydag lekker sop en broodjies tydens pouse gee en benodig

ouers wat die sop kan voorberei en bedien.

Skenkings van sopvleis, groente, brood en botter word ook benodig.

Kontak mnr Tait indien u hiermee kan help.

BAIE DANKIE BY VOORBAAT!

AFSKEURSTROKIE: ONDERSTEUNERSHEMPIES EN PETTE

OUER: ________________________________________

BESTELLING VAN HEMPIES: (R150 PER HEMPIE)

MANSHEMPIE: NO.: ______ (Small – 4XL)

DAMESHEMPIE: NO.: ______ (Small – 3XL)

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R _______

BESTELLING VAN PETTE: (R70 PER PET)

MANSPET: NAAM OP PET: ___________________

DAMESPET: NAAM OP PET: __________________

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R _______

HANDTEKENING VAN OUER: _______________________

NB: SLEGS EEN BESTELLING WORD OP MAANDAG,18 APRIL GEDOEN

AFSKEURSTROKIE: 0/12 & 0/13 RUGBYPROEWE + 0/ 9 EN 0/11 NA BFN

OUER: _______________________________________

SPELER: __________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KBY / BFN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA KBY / BFN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ________________________

DATUM: _____________ Bus/vervoergeld: R 30 + R50

NOTULE VAN DIE OUERVERGADERING GEHOU OP MAANDAG, 11/4/16

1. OPENING:Mnr Tait open die vergadering en heet almal welkom. Jesaja 40: 9 – 11 Soek julle geluk in God.

2. KONSTITUERING:Presensielyste word deur ouers by die deur geteken. Die vergadering word as gekonstitueer verklaar.

3. PERSONALIA:Mnr Tait wens mnr Riaan Jacobs geluk met sy verjaardag wat op 2 April plaasgevind het.

4. SAKALYS:4.1 AKADEMIE:4.1.1 Akademie is die kern van ons skool. Statistiese terugvoer aan ouers:

269 Leerders is geassesseer waarvan 32 akademiese erkenning ontvang het.Gemiddelde persentasie van grade:Graad 4: 63.13%Graad 5: 65.7%Graad 6: 60.7%Graad 7: 64.7%‘n Goeie balans word tussen die grade gehandhaaf. Mnr Tait gesels met die ouers oor druipelinge en grensgevalle en wat gedoen word om hulle te help.Probleme en uitdagings wat jong onderwysers ervaar, word aan die ouers deurgegee.

4.1.2 Vakansiedae in die tweede kwartaal:Dit bly ‘n groot probleem vir ons skool. Dit is ontwrigtend en leerkragte verloor akademiese tyd. Daar is by die Onderwysdepartement aansoek gedoen om Hemelvaartdag as vakansiedag vir ons skool te vier. Daar is ook ‘n moontlikheid van nog twee dae (29 en 29 April) wat vakansiedae kan word.

4.2 LEERDERS:4.2.1 Getalle: Ons het tans 274 leerders in die skool4.2.2 Statistieke soos op nuusbrief: Graad 2 het geen positiewe inskrywings nie. By die ouer grade blyk die

grootste probleem dissipline en huiswerk te wees. Ouers hou ‘n bespreking daaroor en vra dat huiswerk eerder elke dag gegee word en versprei word as wat baie huiswerk op ‘n slag gegee word.

4.2.3 Trots kweek: Daar is reeds tydens die kwartaallikse prysuitdeling oor hierdie saak gepraat. ‘n Gevoel van trots ontbreek onder ons kinders. Moenie moeg word om oor ons skool en leerders te spog nie. Dit kweek trots. Goeie kommunikasie is uiters belangrik. Ouers kan ons gerus laat weet van hulle suksesse/mylpale sodat ons met hulle kan spog. Daar word ‘n versoek gerig dat ouers ondersteunershemde, onderbaadjies of pette moet aanskaf om per geleentheid aan te trek. Die saak sal ondersoek word en bestellings sal geplaas word.

4.3 KOSHUIS:4.3.1 Getalle: Daar is tans 108 leerders in die koshuis. Navrae word gedoen oor die moontlikheid van ‘n

Kleuterskoolkoshuis? ‘n Aparte plek? Die saak sal deur die Koshuiskomitee en Beheerliggaam ondersoek word.

4.4 PERSONEEL:4.4.1 Suid-Sotho leerkrag: Me Mary Jingose het met onmiddelike effek bedank. Leerders het die onderrig in SS

baie geniet. Ons wag vir die Departement om pos weer te vul.4.4.2 Kommunikasie (Jakkieloer): Die “facebook”-blad is kommunikasie van en na die skool. Dit kan baie meer

effektief gebruik word. Die SMS-stelsel help maar probleme word ondervind indien ‘n ouer ‘n nuwe selfoon aanskaf. Ouers is welkom om ‘n epos aan die skool te stuur.

4.5 BEHEERLIGGAAM:4.5.1 Tussenverkiesing: Mev Shelene Oertel het bedank en ‘n tussenverkiesing moet gehou word. Mnr Tait

bedank haar vir die tyd wat sy diens verrig het op die komitee. Die datum van die tussenverkiesing is 19 April maar moet moontlik verskuif word as gevolg van die vakansiedae.

4.6 OUERS EN OUERLEIERVERENIGING:4.6.1 Ouerleierkomitee: Leiers se ouers dien op hierdie komitee en werk volgens ‘n voorafopgestelde program.

Mnr Tait vra ander ouers se hulp en ondersteuning aan hierdie komitee.4.6.2 Toeskouers by sportveld – KLRU: Daar word in die Kimberley omgewing baie probleme ondervind met

ouers wat hulle nie goed langs sportvelde gedra nie. Mnr Tait doen ‘n beroep op ons ouers om ‘n voorbeeldige toeskouer te wees.

4.6.3 Gedragskode: Die Onderwysdepartement vereis dat skole ‘n gedragskode vir ouers moet hê. Die Beheerliggaam sal met hulle volgende vergdering daarna kyk.

4.7 KLERE:4.7.1 Leerders se klere: Ouers moet asseblief hulle kinders se klere merk. Kinders moet trots wees op hulle

skoolklere en dit mooi oppas. Wintersklere is baie duur en sommige ouers kan dit nie bekostig nie. Ouers wat skenkings aan die klerewinkel kan maak moet dit asseblief doen. Behoeftige kinders word so gehelp. Die koshuis het ook ‘n klerebank en hulp aan hulle sal ook waardeer word. Selfs skenkings van kos kan gebruik word vir gesinne wat swaarkry. Die personeel versoek ouers om nie seuns toe te laat om ski-pants onder hulle rugbybroeke te dra nie. Die ou groen sporthempie moet uitgefasseer word en almal moet die nuwe hempie in 2017 hê. Wit kousies moet op ‘n Woensdag by leerders se tekkies gedra word. Geen bont kleure nie. Charmainé van Niekerk voel dat wit kousies onprakties is en stel grys kousies voor. ‘n Ander voorstel van wit, grys of swart kouse word gemaak. Die vergadering gee ‘n mandaat aan die personeel om daaroor te besluit.

4.8 SPORT:4.8.1 Vervoer: Mnr Tait bedank ouers wat altyd help om leerders na sportbyeenkomste te vervoer. Dit word

werklik waardeer. Hy vra ouers om seker te maak dat hulle die toestemming het van spelers, wat saam met hulle ry, se ouers.

4.8.2 Sport- en opvoedkundigetoer: Mnr Tait bedank alle betrokkenes vir hulle aandeel om ‘n groot sukses van die toer te maak.

4.8.3 Gimnastiek: Mnr Tait bedank ouers wat ingespring het om die Gimnastiekklub te laat voortbestaan. Oefening begin hierdie week en geen beperking word op getalle geplaas nie.

4.8.4 Skaak: Mev Vera Staankamp doen navrae oor die skaakoefening wat nie op die buitmuurse rooster verskyn nie. Mnr Tait sal navrae daaroor doen..

4.8.5 Netbal: Ouers bedank personeel vir hulle insette om netbal by die skool te verbeter.

4.9 ALGEMEEN:4.9.1 Onderwysdepartement: Tema van die jaar: “Xhariep learners deserve better, act now ”4.9.2 Spreekbeurt mnr Riaan Jacobs:

- Alle navrae oor die jaarlikse Prysuitdeling kan by mev Schoeman gedoen word.- Baie dankie aan mev Charmainé van Niekerk en haar span helpers vir hulle harde werk met die

PANNAR dag.- ‘n Komitee moet gestig word om die ondersteunersklere te organiseer. Mevv Loucile Bruwer en

Lizette Krause sal dit doen.- Daar word ‘n moontlikheid ondersoek om meer akademiese bekers op die jaarlikse Prysuitdeling uit te

deel. Die prysuitdelingkomitee sal dit ondersoek.- Skool se kreet moet meer gesing word. Kan spelers dit nie voor en na elke sportbyeenkoms doen nie?

Mnr Tait onderneem om dit aan die afrigters deur te gee.

DIE VERGADERING VERDAAG