ons toekoms - kom ons laat dit werk...ons, die mense van die land, behóórt aan mekaar. ons ís en...

43
Suid-Afrika behoort aan al sy mense. Ons, die mense van die land, behóórt aan mekaar. Ons ís en lééf die reënboog. Ons huise, buurte, stede, dorpe en statte is veilig – luister na die gelag! Deur ons instellings orden ons ook ons lewens. Ons kinders se gesigte toon die toekoms – ’n toekoms wat ons self gebeeldhou het. Ons toekoms - kom ons laat dit werk OORSIG

Upload: others

Post on 15-Mar-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Suid-Afrika behoort aan al sy mense.

Ons, die mense van die land, behóórt aan mekaar.

Ons ís en lééf die reënboog.

Ons huise, buurte, stede, dorpe en statte is veilig – luister na die gelag!

Deur ons instellings orden ons ook ons lewens.

Ons kinders se gesigte toon die toekoms – ’n toekoms wat ons self

gebeeldhou het.

Ons toekoms - kom ons laat dit werk

OORSIG

2 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

InleIdIngDie Nasionale Ontwikkelingsplan is daarop gemik om teen 2030 armoede uit te skakel en ongelykheid te verminder. Suid-Afrika kan hierdie doelwitte bereik deur die energie van sy mense te benut, ’n inklusiewe ekonomie te

ontwikkel, vermoëns te bou, die kapa-siteit van die staat te vergroot en lei-erskap en vennoot-skappe dwarsdeur die samelewing te bevorder.

Suid-Afrika het m e r k w a a r d i g e vordering gemaak met die oorgang van apartheid na demokrasie. Hierdie oorgang het vreed-saam geskied on-danks die land se

geskiedenis van gewelddadige konflik en on-teiening.

In byna elke faset van die lewe word vorder-ing gemaak met die ontwikkeling van ’n ink-lusiewe samelewing, terwyl die skadu van die geskiedenis weggestoot word en ge-leenthede vir almal vergroot word. Suid-Af-rika het daarin geslaag om die instellings te skep wat vir ’n demokratiese en transformer-ende staat nodig is. Die Grondwet verskans ’n regtegebaseerde benadering en beoog ’n vooruitstrewende, nierassige, nieseksistiese demokrasie wat aan al sy mense behoort. Die genesing van die wonde van die verlede en die regstelling van die onbillikhede van eeue van rasse-uitsluiting is grondwetlike vereistes. Toegang tot dienste word verbreed, die ekon-omie is gestabiliseer en ’n nierassige same-lewing begin verskyn. Miljoene wat voorheen

uitgesluit is, het toegang tot onderwys, wa-ter, elektrisiteit, gesondheidsorg, behuising en bestaansbeveiliging. Nagenoeg 3 miljoen meer mense het vandag werk as in 1994, die armoedekoers daal en gemiddelde inkomstes groei bestendig in reële terme.

Na 18 jaar van demokrasie is Suid-Afrika steeds ’n baie ongelyke samelewing waar te veel mense in armoede lewe en te min mense werk het. Die gehalte van skoolonderwys vir die meeste swart leerders is swak. Die ruimte-like verdeling van apartheid oorheers steeds die landskap. ’n Groot persentasie jongmense voel dat hulle nie ’n billike kans in die lewe kry nie. En die nalatenskap van apartheid bepaal steeds die lewensgeleenthede vir die oor-grote meerderheid. Hierdie ontsaglike uitdag-ings kan die hoof gebied word slegs deur ’n pasverandering in die land se prestasie.

Om vooruitgang te versnel, demokrasie te verdiep en ’n meer inklusiewe samelewing te bou, moet Suid-Afrika politieke emansipasie omskakel in ekonomiese welsyn vir almal. Dit is alle Suid-Afrikaners se plig om die toekoms te bepaal, en ons moet vandag daarmee be-gin.

Hierdie plan beoog ’n Suid-Afrika waar almal voel dat hulle vry maar tog aan andere gebind is; waar almal hul volle potensiaal verwesenlik, ’n land waar geleenthede nie deur geboorte bepaal word nie maar deur bekwaamheid, onderwys en harde werk. Die verwesenliking van so ’n samelewing sal transformasie van die ekonomie vereis, asook gefokusde po-gings om die land se vermoëns uit te bou. Om armoede uit te skakel en ongelykheid te verminder, moet die ekonomie vinniger groei en op maniere wat alle Suid-Afrikaners tot voordeel strek.

“Geen politieke demokrasie kan oorleef en floreer nie as die

oorgrote meerderheid van ons mense steeds in armoede verkeer,

sonder grond, sonder ’n tasbare vooruitsig op ’n beter lewe. ’n Aanslag op armoede en

verwaarlosing moet gevolglik die eerste prioriteit van ’n

demokratiese regering wees.”

Die Heropbou- en

Ontwikkelingsprogram, 1994

3OORSIG

In die besonder verdien jongmense beter onderwys- en ekonomiese geleenthede, en gefokusde pogings is nodig om geslagsonge-lykheid uit te skakel. Die bevordering van ge-slagsgelykheid en groter geleenthede vir jong-mense is geïntegreerde temas wat dwarsdeur hierdie plan loop.

Nasionale ontwikkeling was nog nooit ’n lineêre proses nie en ’n ontwikkelingsplan kan ook nie in ’n reguit lyn vorder nie. Gevolglik stel ons ’n multidimensionele raamwerk voor om tot ’n positiewe kringloop van ontwik-keling te lei, terwyl vordering op een gebied vooruitgang op ander gebiede steun.

President Jacob Zuma het die Nasionale Beplanningskommissie in Mei 2010 aangestel om ’n visie en nasionale ontwikkelingsplan op te stel. Die Kommissie is ’n adviesliggaam bestaande uit 26 mense wat hoofsaaklik van buite die regering afkomstig is en op grond van hulle kundigheid op sleutelgebiede gekies is.

Die Kommissie se Diagnostic Report, wat in Junie 2011 uitgereik is, skets Suid-Afrika se prestasies en tekortkominge sedert 1994. Dit identifiseer die versuim om beleide te implementeer en die afwesigheid van breë vennootskappe as die vernaamste redes vir trae vordering, en stel nege primêre uitdagings:

1. Te min mense werk.2. Die gehalte van skoolonderwys vir swart mense is swak.3. Infrastruktuur is swak geleë en ontoereikend en word swak onderhou.4. Ruimtelike verdelings belemmer inklusiewe ontwikkeling.5. Die ekonomie is onvolhoubaar hulpbronintensief.6. Die openbare gesondheidstelsel kan nie in die vraag voorsien of gehalte

volhou nie.7. Openbare dienste is ongelyk en dikwels van swak gehalte.8. Korrupsievlakke is hoog.9. Suid-Afrika bly ’n verdeelde samelewing.

Suid-Afrikaners van alle lewensterreine het die diagnose verwelkom as ’n eerlike, opbouende evaluering. Dit het gelei tot die ontwikkeling van die konsep nasionale plan, wat in November 2011 bekend gemaak is. Die plan bou voort op die diagnose en voeg vier tematiese gebiede by: plattelandse ekonomie, maatskaplike beskerming, streek- en wêreldsake, en gemeenskapsveiligheid.

Die Kommissie het wyd oorleg gepleeg oor die konsepplan. Ons openbare forums het duisende mense gelok; ons het met die parlement gepraat, die regbank, nasionale departemente, provinsiale departemente, ontwikkelingsfinansieringsinstellings, staatsbeheerde entiteite en plaaslikeregeringsformasies; en ons het samesprekings gevoer met vakbonde, die sakesektor, godsdiensleiers en organisasies sonder winsoogmerk.

Suid-Afrikaners steun die konsepplan oor die algemeen en het met wysigings en voorstelle om dit doeltreffend te kan implementeer vorendag gekom. Hulle insette het ’n waardevolle bydrae tot hierdie plan gelewer.

Agtergrond

4 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Hoe sal dit in die praktyk werk? Suid-Afri-ka se grootste uitdaging is om armoede en ongelykheid te verminder. Die verhoging van lewenstandaarde tot die minimumvlak wat in die plan beoog word, sal ’n kombinasie van die volgende behels: groter indiensneming, hoër inkomste deur produktiwiteitsgroei, ’n maatskaplike voordeel1 en openbare dienste van goeie gehalte. Al hierdie uitdagings is onderling gekoppel. Byvoorbeeld, beter on-derwys sal tot groter indiensneming en ver-dienste lei, terwyl sneller ekonomiese groei groter geleenthede vir almal sal skep en die hulpbronne sal oplewer wat nodig is om on-derwys te verbeter.

Die grafiese voorstelling hieronder toon die noue verband tussen vermoëns, geleenthede 1 Maatskaplike voordeel verwys na geriewe wat uit openbare

fondse aan die samelewing verskaf word. Dit sluit in maatskaplike toelaes, gratis basiese elektrisiteit en water, en skoolonderwys sonder skoolgeld.

en indiensneming en die uitwerking daar-van op maatskaplike en lewenstoestande. Dit toon dat leierskap, ’n aktiewe burgery en doeltreffende regering ontwikkeling in ’n so-siaal samehorige omgewing kan help dryf.

’n Benadering tot veranderingDie plan fokus op die kritieke vermoëns wat nodig is om die ekonomie en die samelew-ing te transformeer. Hierdie vermoëns sal nie outomaties verkry word nie, en hulle sal ook nie verskyn as die land op sy huidige baan voortgaan nie. Stygende vlakke van frustra-sie en ongeduld toon dat tyd van die groot-ste belang is: versuim om op te tree, sal demokratiese wins bedreig. Suid-Afrika moet in die besonder maniere kry om ontstellende vlakke van jeugwerkloosheid dringend te ver-laag en breër geleenthede vir jongmense te bied.

SIKLU

S V

AN

ON

TW

I KK

EL I N

G

FIG 1.1 ’N BENADERING TOT VERANDERING

SOSIALESAMEHORIGHEID

OMSTANDIG-

GELE

ENTH

EDE

VERMOËNSINDIENS-

GROEIVERMINDERING

STYGENDE

AKTIEWE BURGERY

STERK LEIERSKAP

DOELTREF-FENDE

REGERING

LEWENSTANDAARDE

VAN ARMOEDENEMING

HEDE

5OORSIG

Vordering oor die volgende twee dekades vereis dat dinge anders gedoen moet word. In die lig van die kompleksiteit van nasionale ontwikkeling stel die plan ses onderling ge-koppelde prioriteite: ¢Verenig alle Suid-Afrikaners rondom ’n

gemeenskaplike program om voorspoed en billikheid te verkry.

¢Bevorder aktiewe burgerskap om ontwik-keling, demokrasie en aanspreeklikheid te versterk.

¢Bring vinniger ekonomiese groei, hoër belegging en groter arbeidsabsorpsie teweeg.

¢Fokus op sleutelvermoëns van mense en die staat.

¢Bou ’n bekwame en ontwikkelingsgerigte staat.

¢Moedig sterk leierskap dwarsdeur die samelewing aan om saam te werk ten einde probleme op te los.

Beweeg vorentoe met die plan Dit is ’n plan vir Suid-Afrika. Dit bied ’n breë strategiese raamwerk as riglyn vir sleutelkeus-es en -handelinge. Die sukses van die plan sal daarvan afhang of alle Suid-Afrikaners verant-woordelikheid vir die plan aanvaar, gelei deur die President en die Kabinet.

Hierdie oorsig is ’n hoëvlakopsomming van die plan. Die 15 hoofstukke dek die vernaam-ste tematiese gebiede in besonderhede en verskaf bewyse, aanbevelings en duidelike raamwerke vir implementering.

Die plan heg baie waarde aan die idee van vermoëns. Sleutelvermoëns wat uit ontwikkelingsliteratuur blyk, sluit in: ¢ Politieke vryhede en menseregte¢ Sosiale geleenthede wat uit onderwys, gesondheidsorg, openbare vervoer en ander openbare dienste

voortspruit¢ Bestaansbeveiliging en veiligheidsnette¢ ’n Oop samelewing, deursigtigheid, openbaarmaking en ’n kultuur van aanspreeklikheid¢ Ekonomiese fasiliteite, werk, verbruik, transaksievermoë, belegging en produksie.Saam met harde werk en inspanning is dit vermoëns en die geleenthede wat uit ontwikkeling voortvloei, wat individuë in staat stel om die lewe te lei waarna hulle hunker. ’n Ontwikkelingsgerigte staat bou die vermoëns van mense om hulle eie lewe te verbeter, en gryp in om historiese ongelykhede reg te stel. Nóg die regering nóg die mark kan die nodige vermoëns op hulle eie ontwikkel.

Burgers het die reg om van die regering te verwag om sekere basiese dienste te lewer en om leiers aanspreeklik te hou vir hulle dade. Hulle het ook verantwoordelikhede teenoor ander burgers, insluitende onderlinge respek, verdraagsaamheid en nakoming van die landswette. Leiers dwarsdeur die samelewing moet die mag wat hulle het, balanseer met verantwoordelikheid, insluitend om te luister na, en om verdraagsaam te wees teenoor verskillende en uiteenlopende menings asook die bevordering van sosiale samehorigheid en samewerking bewerkstellig om probleme op te los.

Komplekse wissel werking tussen rolspelers en aksies sal vereis word om die plan te laat werk. Vordering op een gebied hang feitlik altyd af van vordering op ander gebiede aan alle sektore van Suid-Afrikaanse samelewing.

’n BenAderIng tot verAnderIng: verBeterde vermoëns en AktIewe Burgery

6 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Na publikasie van die plan sal die Kommissie fokus op: ¢Mobilisering van die samelewing om die

plan te steun, en die verkenning van ’n sosiale kontrak om armoede en ongelyk-heid te verminder deur belegging en indi-ensneming.

¢Navorsing oor kritieke kwessies wat langtermynontwikkeling raak.

¢Advies aan die regering en sosiale ven-note oor die implementering van die plan.

¢Samewerking met tersaaklike staatsagentskappe om oor die vordering met die oogmerke verslag te doen.

Die Kommissie is van mening dat as ons ’n beter Suid-Afrika wil bou, ons vandag moet begin.

Groei en werkgeleenthede, onderwys en vaardighede, en ’n bekwame en ontwik-kelingsgerigte staat Hoewel die bereiking van die oogmerke van die Nasionale Ontwikkelingsplan vordering oor ’n breë front vereis, is drie prioriteite van besondere belang: ¢ Verhoog indiensneming deur vinniger

ekonomiese groei¢ Verbeter die gehalte van onderwys, vaar-

digheidsontwikkeling en innovering¢ Vergroot die vermoëns van die staat om

’n ontwikkelingsgerigte, transformeeren-de rol te speel.

’n Volhoubare toename in indiensneming vereis ’n ekonomie wat vinniger groei en die verwydering van strukturele hindernisse, soos onderwys van swak gehalte of ruimtelike ves-tigingspatrone wat die meerderheid uitsluit. Hierdie dinge is noodsaaklik ten einde hoër vlakke van belegging en mededingendheid te behaal en produksie en uitvoer te verhoog. Die sakesektor, arbeid, gemeenskappe en die

regering sal moet saamwerk ten einde vinni-ger ekonomiese groei te behaal.Sosiale samehorigheid moet die strategie anker. As Suid-Afrika vordering maak met die ontrassing van eienaarskap en beheer van die ekonomie sonder om armoede en onge-lykheid te verminder, sal transformasie opper-vlakkig wees. So ook, as armoede en onge-lykheid verminder word sonder aantoonbaar veranderde eienaarskapspatrone, sal die land se vordering onstuimig en twyfelagtig wees.

Om ontwikkeling te versnel, het Suid-Afrika ’n behoefte aan die daadwerklike steun van alle burgers, leierskap in alle sektore wat die land se kollektiewe belange bo eng kortter-myndoelwitte plaas, en radikaal verbeterde regeringsprestasie. In sommige gevalle sal beleidsverandering dalk nodig wees, maar op die meeste gebiede gaan dit daaroor om die basiese dinge reg te kry, regeringspro-gramme te implementeer, mense vir hul op-trede aanspreeklik te hou en innoverende oplossings vir ingewikkelde uitdagings te kry.

Regstreekse en onmiddellike maatreëls om armoede te takelDie plan bied ’n langtermynstrategie om in-diensneming te verhoog en geleenthede te vergroot deur onderwys, beroepsopleiding en werkervaring, openbare indiensnemingspro-gramme, gesondheid en voeding, openbare vervoer en toegang tot inligting. Hoewel daar op elk van hierdie gebiede “kitsvoordele” be-haal kan word, sal die strategieë tyd verg om ’n grootskaalse uitwerking op armoede te hê. Om die knellende gevolge van armoede vir miljoene Suid-Afrikaners op kort termyn te verlig, beoog die plan die volgende:

¢Stel aktiewe arbeidsmarkbeleide en aans-porings in om indiensneming te verhoog, veral vir jongmense en in sektore wat

7OORSIG

relatief laag geskoolde mense in diens neem.

¢Brei openbare indiensnemingspro-gramme uit tot 1 miljoen deelnemers teen 2015 en 2 miljoen teen 2020. Namate die aantal werkgeleenthede in die formele en die informele sektor toeneem, kan open-bare indiensnemingsprogramme afges-kaal word.

¢Versterk primêre gesondheidsorgdienste en verbreed distriksgebaseerde gesond-heidsprogramme, soos die programme vir gemeenskapsgesondheidswerkers en vroedvroue, en gesondheidsopvoeding.

¢Brei welsynsdienste en openbare indien-snemingsprogramme uit, wat dit vir die staat moontlik maak om arm gemeen-skappe van dienste te voorsien en te ondersteun, veral dié met hoë vlakke van misdaad en geweld.

¢Stel ’n voedingsprogram vir swanger vroue en jong kinders in en brei vroeë kinder ontwikkelingsdienste uit vir kinders jonger as vyf.

¢Verbeter die gehalte van onderwys in on-derpresterende skole en kolleges vir ver-dere onderwys en opleiding.

¢Bevorder gemengdebehuisingstrategieë en meer kompakte stedelike ontwikkeling om mense te help om openbare ruimtes en fasiliteite, staatsagentskappe en werk- en sakegeleenthede te benut.

¢Investeer in openbare vervoer, wat lae-inkomstehuishoudings sal bevoordeel deur mobiliteit te verbeter.

Demografiese tendense en eksterne dry-wers van verandering Suid-Afrika se ontwikkeling word beïnvloed deur wat in die streek en die wêreld gebeur. Sukses sal afhang van die land se begrip van en reaksie op sulke ontwikkelings. Benewens ’n gedetailleerde oorsig van demografiese projeksies bespreek die plan vyf belangrike

tendense: wêreldwye ekonomiese verskui-wings, tegnologie, globalisering, klimaatver-andering en ekonomiese groei in Afrika.

Demografiese tendenseHoe sal Suid-Afrika in 2030 daar uitsien? Die land het ’n stadium in sy demografiese oor-gang bereik waar geboortekoerse daal en die bevolking stabiliseer. Hierdie oorgang het verreikende implikasies vir bevolkingstruktuur, die groeikoers van die arbeidsmag en die vraag na dienste soos onderwys en gesond-heid.

Die arbeidsmag (diegene tussen 15 en 64 jaar) maak vandag 64 persent van die bevolk-ing uit, en kinders en bejaardes behels klein-er persentasies. Internasionaal word demo-grafiese profiele soos dié dikwels geassosieer met stygende inkomste, vinniger groei in pro-duktiwiteit, groter spaargeneigdheid en sty-gende lewenstandaarde. Alternatiewelik kan dit lei tot ’n frustrerende en destabiliserende omgewing waar jongmense nie werk kan kry nie, wat tot geweld, misdaad, alkoholmisbruik en ander maatskaplike euwels bydra. Die bepaler van sukses is of ’n land die voordeel van ’n groot aantal jongmense wat in staat en gewillig is om te werk, kan benut. Om dit te doen, beteken om hulle van onderwys en vaardighede te voorsien en om skoolverlaters te help om werk te kry wat stimulerend is en waardeur hulle hul aspirasies kan verwesenlik.

Geboortekoerse vir wit Suid-Afrikaners het in die 1950’s en 1960’s begin daal, terwyl ge-boortekoerse vir swartes laat in die 1970’s en vroeg in die 1980’s begin daal het. In albei gevalle was toenemende verstedeliking en beter onderwysstandaarde beslissende fak-tore. Vandag groei Suid-Afrika se bevolking teen 1 persent per jaar, en volgens projeksies sal dit teen 2030 teen 0.5 persent per jaar groei.

8 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Ons waarnemings sluit die volgende in:¢ Die persentasie Suid-Afrikaners wat

in landelike gebiede woon, het sedert 1994 met ongeveer 10 persentasie-punte gedaal. Vandag woon ongeveer 60 persent van die bevolking in stedelike gebiede. In ooreenstemming met inter-nasionale tendense sal die beweging van mense van die platteland na die stede na verwagting voortduur, en teen 2030 sal

nagenoeg 70 persent van die bevolking in stedelike gebiede woon. Gauteng en die stede eThekwini en Kaapstad is die stadstreke wat die vinnigste groei, met implikasies vir die beplanning en lewering van basiese dienste.

¢ Immigrasie sal volgens projeksies in die tydperk tot 2030 tussen 0.1 persent en 0.2 persent per jaar tot die bevolkings-groeikoers bydra.

Suid-Afrika het ’n verstedelikende, jeugdige bevolking. Dit bied ’n geleentheid om ekonomiese groei te versnel, indiensneming te verhoog en armoede te verlaag. Die Kommissie besef dat jongmense die spit afbyt ten opsigte van werkloosheid en het ’n “jeuglens” aangeneem by die opstel van sy voorstelle, wat insluit:

¢ Voedingsingryping vir swanger vroue en jong kinders.¢ Universele toegang tot twee jaar vroeë kinderontwikkeling. ¢ Verbeter die skoolstelsel, insluitende verhoging van die aantal

leerders wat meer as 50 persent in geletterdheid en wiskunde behaal, verhoging van leerderretensiekoerse tot 90 persent en verbetering van onderwysersopleiding.

¢ Versterk jeugdiensprogramme en stel nuwe, gemeenskapsgebaseerde programme in om vir jongmense opleiding in lewensvaardighede en entrepreneurskap te bied, asook geleenthede om aan gemeenskapsontwikkelingsprogramme deel te neem.

¢ Versterk en vergroot die aantal VOO-kolleges om die deelnamekoers tot 25 persent te verhoog.

¢ Verhoog die slaagkoers van VOO-kolleges tot 75 persent.¢ Verskaf volle befondsingsbystand, wat onderrig, boeke, akkommodasie en

lewenstoelaes vir studente uit arm gesinne dek.¢ Ontwikkel gemeenskapsveiligheidsentrums om misdaad te voorkom en

betrek die jeug by hierdie inisiatiewe.¢ ’n Belastingaansporing vir werkgewers om die aanvanklike koste om jong

toetreders tot die arbeidsmark aan te stel, te verlaag.¢ ’n Subsidie vir die plasingsektor om matrikulante te identifiseer, voor te berei

en in werk te plaas. Die subsidie sal by suksesvolle plasing betaal word.¢ Brei leerderskappe uit en stel opleidingskoepons regstreeks aan

werksoekers beskikbaar.¢ ’n Geformaliseerde werwingskema vir gegradueerdes vir die staatsdiens om

hoog geskoolde mense te lok.¢ Vergroot die rol van staatsbeheerde ondernemings by die opleiding van

ambagsmanne en tegniese beroepslui.

Bou ’n toekoms vIr suId-AfrIkA se jeug

9OORSIG

¢ MIV/vigs het ’n diepgaande uitwerking op die bevolking, met beduidend hoër oorkoepelende sterftesyfers sedert 2000 en ’n laer persentasie vroue van vrugbare ouderdom. Daar is tekens dat die land ’n ommeswaai begin maak as gevolg van ’n doeltreffende program van opvoeding en behandeling. Die MIV-infeksiekoers het op ongeveer 10 persent gestabiliseer. Nuwe infeksies onder jongmense neem af en die lewensverwagting styg. Ten spyte van hierdie winste sal daar nog dekades lank ’n aansienlike aantal vigswesies en kinders wees wat daadwerklike steun van die staat en gemeenskappe nodig het.

Om maksimum voordeel uit hierdie – demo-grafiese dividend – te trek, het die land beter voeding en gesondheidsorg nodig, asook beter onderwysstandaarde, groter toegang tot verdere en hoër onderwys, makliker toe-trede tot die arbeidsmark en groter arbeids-mobiliteit (die vermoë om te beweeg na waar werkgeleenthede beskikbaar is). Al hierdie faktore moet by nasionale beplanning in aan-merking geneem word.

Beleid in ’n dinamiese internasionale omgewingInternasionale en streekontwikkelings raak Suid-Afrika op ingewikkelde maniere. Ons siening is dat, op die keper beskou, inter-nasionale tendense positiewe implikasies vir Suid-Afrika se ontwikkeling kan hê, ondanks verskeie belangrike risiko’s. Begrip van en ge-paste reaksie op ingewikkelde internasionale uitdagings is die eerste taak van beplanning.

’n veranderende wêreldekonomie Langtermynverskuiwings in internasionale handel en belegging verander die wêreldekon-omie en internasionale politiek. Die vernaam-ste van hierdie ontwikkelings is die opkoms van snel groeiende ekonomieë, veral China,

Indië en Brasilië. Nadat nasies byna drie eeue lank uitmekaar beweeg het, is ongelykheid tussen hulle besig om af te neem. Verstede-liking en industrialisering in China en Indië sal die aanvraag na natuurlike hulpbronne waar-skynlik nog ’n dekade of langer relatief hoog hou. Die opkoms van meer verbruikers in ontwikkelende lande sal groter geleenthede vir alle ekonomieë meebring.

In die dekades wat voorlê, namate op-komende ekonomieë hulle deel van die wêreldhandel en belegging vergroot, sal die relatiewe afname in die ekonomiese gewig van die Verenigde State, Europa en Japan gepaardgaande gevolge vir hulle politieke en militêre invloed hê. Dit kan lei tot ’n herorgan-isering van die internasionale diplomatieke en regeringsargitektuur, wat nuwe sentrums van invloed weerspieël.

Suid-Afrika kan baat vind by snelle groei in ontwikkelende lande, wat tot ’n groter aan-vraag na kommoditeite en uitbreidende ver-bruikersmarkte lei. Terselfdertyd hou hierdie tendense uitdagings vir middelinkomste-lande in as gevolg van groter mededinging in vervaardiging en sekere inligtingtegnologiev-erwante dienste. Die opkoms van ontluikende markte vergroot ook internasionale meded-inging, wat afwaartse druk plaas op die lone van laag geskoolde werkers in verhandelbare sektore.

Suid-Afrika se uitvoer na gevorderde ekono-mieë het oor die afgelope vyf jaar gedaal as gevolg van ’n laer aanvraag. Hierdie afname word geneutraliseer deur ’n groter aanvraag uit Asië en hoër pryse vir kommoditeite. Hoewel Suid-Afrika ’n redelik gesonde han-delsbalans handhaaf, grotendeels te danke aan hoë kommoditeitspryse, is dit sorgwek-kend dat hoë waardetoevoegings- en ar-beidsintensiewe uitvoere verlangsaam.

10 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Op medium termyn moet Suid-Afrika op hier-die tendens reageer deur mededingendheid en belegging in bedrywe met hoë waardeto-evoeging te verhoog en die volume van min-eraaluitvoere te vergroot. Op langer termyn moet Suid-Afrika meer doen om mededing-endheid te verbeter op gebiede van verge-lykende voordeel wat vir meer mense werk kan bied. Deur die vaardigheidsbasis te ver-

beter en mededingendheid te verhoog, kan die ekonomie diversifiseer, wat die verwring-ende uitwerking van hoë kommoditeitspryse op die rand sal neutraliseer.

Ekonomiese groei wêreldwyd sal waarskyn-lik oor die volgende dekade laer wees as gedurende die vorige dekade. Dit sal groter beleidsfokus, doeltreffende implementering van nywerheidsbeleide en verbeterde vaar-digheidsontwikkeling vereis.

Globalisering Met globalisering word oor die algemeen be-doel die toenemende internasionale handel en groter vloei van mense, kapitaal, idees en tegnologieë oor grense heen die afgelope

dekades. Hierdie tendense steun oor die al-gemeen die ontwikkeling van arm en midde-linkomstelande en verleen aan hulle toegang tot markte, goedere, dienste, kapitaal, tegnol-ogie en vaardighede. Globalisering dra ook by tot toenemende “onderlinge verbondenheid” wat versperrings vir toetrede verlaag en die bestek van kennis verbreed.

Globalisering dra egter ook by tot hoër risiko en kompleksite-it in wêreldsake – van wissel-valligheid op finansiële markte tot die migrasie van geskoolde mense uit ontwikkelende lande tot veranderende magsver-houdings tussen state en ka-pitaal. As gevolg van hierdie patrone hou die huidige ekono-miese verlangsaming in ontwik-kelde lande ’n beduidende risiko vir ontwikkelende lande in.

Suid-Afrika se ervaring van glo-balisering sluit tasbare voordele en groter kompleksiteit in. Die

uitdaging is om voordeel uit geleenthede te trek en terselfdertyd Suid-Afrikaners – veral die armes – te beskerm teen die risiko’s wat met nuwe handels- en beleggingspatrone ge-paardgaan. Byvoorbeeld, Suid-Afrika het ’n lae vlak van spaargeneigdheid en maak op buitelandse kapitaal staat om sy belegging te finansier. Afhanklikheid van eksterne kap-itaalvloei verhoog die risiko van wisselvallig-heid in die plaaslike ekonomie. Traer groei in ontwikkelde lande gaan gepaard met sterk vraag uit ontwikkelende lande, wat bydra tot ’n welkome herbalansering van die land se uitvoer. Hierdie tendens hou egter ook ’n uit-daging in vir beleidsmakers en vervaardigers, want die huidige vraag uit ontluikende markte hel oor na kommoditeite en grondstowwe

11OORSIG

eerder as na ’n meer gediversifiseerde mand-jie produkte wat deur ontwikkelde lande ben-odig word.

Afrika se ontwikkelingDie ekonomieë van baie Afrikalande het oor die afgelope dekade vinniger gegroei, wat die uiterste armoede vir die eerste keer in on-geveer ’n halfeeu beduidend verminder het, en die vasteland het groter seggenskap in wêreldinstellings verkry.

Op politieke gebied maak demokrasie onew-eredige vordering. Die onlangse opstande in Noord-Afrika is ’n sterk waarskuwing teen die risiko’s van swak regering en swak instellings wat elites in staat stel om rykdom op te gaar ten koste van die mense.

Sterk groei in Afrika bied ook geleenthede vir Suid-Afrikaanse maatskappye en nywerhede, wat tot ontwikkeling bydra deur belegging in telekommunikasie, bankwese, mynbou, konstruksie en die kleinhandel. Nouer ven-nootskappe tussen lande, maatskappye en mense sal ekonomiese en sosiale integrasie verdiep en sodoende tot hoër koerse van groei en ontwikkeling bydra.

Verskeie strukturele swakhede moet oorkom word sodat Afrika vinnige groei en ’n sterker vraag na kommoditeite kan omskakel in sty-gende indiensneming en lewenstandaarde. ’n Belangrike feit is dat swak vervoerskakels en infrastruktuurnetwerke asook tarief- en nietar-iefversperrings die koste van sake doen ver-hoog en sowel belegging as interne handel be-lemmer. Swak regsinstellings en, in sommige gevalle, swak regering verhoog die risiko van belegging. Die situasie verbeter voortdurend, maar daar is steeds uitdagings, ook in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wat te staan kom voor hindernisse rakende infrastruktuur, handelsversperrings

en regering. Hoewel Suid-Afrika dit moeilik sal vind om in laevaardigheidsvervaardiging mee te ding as gevolg van sy hoë kostestruktuur, kan baie lande op die vasteland wel meeding omdat produksiekoste in Oos-Asië styg.

Verskeie van Suid-Afrika se uitdagings kan slegs deur streeksamewerking die hoof ge-bied word. Suid-Afrika is ’n waterarm land, maar verskeie buurlande het ’n oorvloed wa-ter. Daar is ander gebiede waar aanvullende nasionale bates geleenthede vir wedersyds voordelige samewerking bied. Byvoorbeeld, Suid-Afrika moet in die groot verskeidenheid geleenthede vir laekoolstofenergie uit hidro-el-ektrisiteit en ander skoon energiebronne in Suider-Afrika investeer en dit help ontgin.

klimaatveranderingDie vrystelling van koolstofdioksied en ander kweekhuisgasse verander die aarde se kli-maat, wat potensieel beduidende wêreldw-ye koste sal meebring wat die armes buite verhouding sleg sal tref. Stygende temper-ature, wisselvalliger reënval en uit- er- s t e weersgesteldhede sal waarskynlik ’n uiters nadelige uitwerking op Af-rika hê, met groter verspreiding van tropiese siektes en groeiende verliese (menslik en finansieel) deur droogtes en oorstromings. Klimaatverander-ing het die potensiaal om voedsel-produksie en die beskikbaarheid van drinkwater te verminder, met gevolge vir migrasiepatrone en vlakke van konflik.

Su id -A f r i k a is nie net ’n bydraer tot k w e e k h u i s -gasvrystellings nie – hy is

12 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

dIe plAn kortlIks

teen 2030 ¢ Skakel inkomstearmoede uit – Verminder

die aantal huishoudings met ’n maandelikse inkomste van minder as R419 per persoon (in 2009-pryse) vanaf 39 persent tot nul.

¢ Verminder ongelykheid – Die Gini-koëffisiënt moet van 0.69 tot 0.6 daal.

Bemagtigende mylpale¢ Verhoog indiensneming vanaf 13 miljoen in

2010 tot 24 miljoen in 2030.¢ Verhoog inkomste per capita vanaf R50 000

in 2010 tot R120 000 teen 2030. ¢ Verhoog die deel van die nasionale inkomste

van die onderste 40 persent van 6 persent tot 10 persent.

¢ Vestig ’n mededingingsbasis van infrastruktuur, mensehulpbronne en reguleringsraamwerke.

¢ Verseker dat geskoolde, tegniese, professionele en bestuursposte die land se rasse-, geslags- en gestremdheidsprofiel beter weerspieël.

¢ Verbreed eienaarskap van bates na histories benadeelde groepe

¢ Verhoog die gehalte van onderwys sodat alle kinders ten minste twee jaar voorskoolse onderwys kry en dat kinders in graad 3 kan lees en skryf.

¢ Voorsien bekostigbare gesondheidsorg van gehalte en moedig goeie gesondheid en welsyn aan.

¢ Vestig doelmatige, veilige en bekostigbare openbare vervoer.

¢ Produseer voldoende energie om nywerhede teen bekostigbare pryse te kan ondersteun, arm huishoudings toegang daartoe te gee en terselfdertyd ons koolstofvrystellings met een derde per eenheid elektrisiteit te verminder.

¢ Verseker dat alle Suid-Afrikaners toegang het tot skoon lopende water in hulle huise.

¢ Stel hoëspoed-breëbandinternet universeel beskikbaar teen bekostigbare pryse.

¢ Behaal ’n voedselsurplus waarvan een derde deur kleinboere of huishoudings geproduseer word.

¢ Verseker voedsel- en voedingsekuriteit vir huishoudings.

¢ Verskans ’n bestaansbeveiligingstelsel wat alle werkende mense insluit, met maatskaplike beskerming vir die armes en ander nooddruftige groepe soos kinders en gestremde mense.

¢ Verwesenlik ’n ontwikkelingsgerigte, bekwame en etiese staat wat sy burgers met waardigheid behandel.

¢ Verseker dat alle mense veilig woon, met ’n onafhanklike en regverdige strafregstelsel.

¢ Verbreed sosiale samehorigheid en eenheid terwyl stappe gedoen word om die onbillikhede van die verlede reg te stel.

¢ Speel ’n leidende rol in kontinentale ontwikkeling, ekonomiese integrasie en menseregte.

kritieke optrede1. ’n Sosiale kontrak om armoede en

ongelykheid te verminder en indiensneming en belegging te verhoog.

2. ’n Strategie om armoede en die impak daarvan die hoof te bied deur uitgebreide toegang tot werkgeleenthede, versterking van die maatskaplike voordeel, verbetering van openbare vervoer en verhoging van inkomste in landelike gebiede.

3. Stappe deur die staat om die staatsdiens te professionaliseer, aanspreeklikheid te versterk, koördinasie te verbeter en plegers van korrupsie te vervolg.

4. Bevorder private belegging op arbeidsintensiewe gebiede, mededingendheid en uitvoer, met aanpassings om die risiko verbonde aan die aanstelling van jonger werkers te verminder.

5. ’n Aanspreeklikheidsketting vir die onderwyssektor, met lyne van verantwoordelikheid van die staat na die klaskamer.

6. Faseer nasionale gesondheidsversekering in, met klem op die opgradering van openbare gesondheidsfasiliteite, opleiding van meer professionele gesondheidswerkers en vermindering van die relatiewe koste van private gesondheidsorg.

7. Openbare infrastruktuurbelegging teen 10 persent van die bruto binnelandse produk (BBP), befonds deur tariewe, openbaar-private vennootskappe, belasting en lenings met die klem op vervoer, energie en water.

8. Ingryping om ’n volhoubare omgewing te verseker wat toekomstige skokke kan weerstaan.

9. Nuwe ruimtelike norme – verdigting van stede, verbeterde vervoer, werkgeleenthede waar mense woon, opgradering van informele nedersettings en regstelling van gapings in die behuisingsmark.

10. Verminder misdaad deur versterking van die strafregstelsel en verbeterings van gemeenskapsomgewings.

13OORSIG

ook besonder kwesbaar vir die gevolge van klimaatverandering vir gesondheid, lewen-sonderhoud, water en voedsel, met ’n buite verhouding groot impak op die armes, veral vroue en kinders. Terwyl nywerhede en hu-ishoudings by hierdie veranderinge aanpas, moet hulle ook hul negatiewe impak op die omgewing verminder. Dit sal verreikende ve-randeringe verg aan die manier hoe mense lewe en werk.

Die impak van klimaatverandering word wêreldwyd gevoel en wêreldwye oplossings moet gekry word, met behoorlike inagneming van streek- en nasionale toestande.

Tegnologiese veranderingDie wetenskap en tegnologie bring steeds ’n omwenteling teweeg in die manier hoe goedere en dienste geproduseer en verhan-del word. As ’n middelinkomsteland moet Suid-Afrika sy kennis en innoverende pro-dukte gebruik om mee te ding. Meer me-dedingende produksiekoste op sigself sal nie genoeg wees om die wêreldwye teenwoor-digheid van die Suid-Afrikaanse nywerheid te vergroot nie. Dit geld vir sowel nuwe bedrywe as tradisionele sektore, soos mynbou. As ’n middelinkomsteland wil ontwikkel, is innova-sie noodsaaklik.

Die wetenskap en tegnologie kan ook aange-wend word om van die grootste uitdagings in onderwys en gesondheid die hoof te bied. In baie dele van Afrika wat nooit voorheen vaste-lyntelefonie gehad het nie, word daar op groot skaal van doeltreffende selfoonnetwerke ge-bruik gemaak om ’n verskeidenheid dienste te lewer. Onderwysmateriaal kan elektronies aan afgeleë dorpies gelewer word. Die weten-skap ontgin nuwe terreine in die stryd teen siektes en die verlaging van die koste van wa-tersuiwering.

Ongeveer 17 persent van Suid-Afrika se bev-olking het vandag toegang tot die internet – en die syfer styg met nagenoeg 20 persent per jaar. Die gebruik van digitale kommunika-sie verander die samelewing op maniere wat nog nie ten volle verstaan word nie. Dit is egter duidelik dat jongmense die nuwe media hulle eie maak, en dit bied ’n potensieel krag-tige manier om sosiale insluiting te bevorder.

Suid-Afrika moet innovasie bevorder en aan-hou bydra tot internasionale wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang. Dit vereis groter belegging in navorsing en ontwikkeling, beter benutting van bestaande hulpbronne en ratser instellings wat innovasie en beter samewerk-ing tussen openbare wetenskaps- en tegnol-ogie-instellings en die private sektor fasiliteer. Die hoë plaaslike koste van breëband-intern-etkonnektiwiteit is ’n groot belemmering. Alle Suid-Afrikaners behoort kennis doeltreffend te kan verkry en gebruik. Met hierdie doel voor oë moet die institusionele reëlings om die inligting, kommunikasie en tegnologie (IK-T)-omgewing te bestuur, beter gestruktureer word om te verseker dat Suid-Afrika nie die slagoffer van ’n “digitale kloof” word nie.

Die plan in meer besonderhedeDie Nasionale Ontwikkelingsplan is ’n breë strategiese raamwerk. Dit skets ’n same-hangende en holistiese benadering om ar-moede en ongelykheid te konfronteer op grond van die ses gefokusde, onderling ge-koppelde prioriteite wat hieronder opgesom word.

Verenig Suid-Afrikaners rondom ’n ge-meenskaplike programDie Grondwet bied ’n visie van ’n verenigde, welvarende, nierassige en nieseksistiese samelewing; ’n land wat behoort aan almal wat in hom woon, verenig in sy verskeiden-heid. Die Grondwet verplig die land ook om

14 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

die verdelings van die verlede reg te stel en erken dat Suid-Afrika kom uit ’n stelsel waar die meeste van sy burgers geleenthede ontsê is.

Hierdie tweeledige vereistes is voorvereistes vir suksesvolle nasionale ontwikkeling. Die ve-reniging van Suid-Afrika is sowel ’n noodsaak-like inset in die proses om armoede en onge-lykheid te verminder as ’n regstreekse uitkoms van suksesvolle armoedevermindering. Om ’n sosiaal samehorige samelewing te bou, moet Suid-Afrika armoede en ongelykheid vermin-der deur geleentheid en indiensneming te ver-breed deur middel van ekonomiese insluiting, onderwys en vaardighede, en spesifieke reg-

stelmaatreëls; wedersydse respek en inklus-iwiteit bevorder deur op te tree volgens die grondwetlike vereiste dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, en dat almal gelyk is voor die reg; en die waardering van burgers se verantwoordelikhede en verpligtinge tee-noor mekaar verdiep.

Die stryd teen apartheid was in die eerste en belangrikste plek oor die konstruksie van ’n nierassige en nieseksistiese demokratiese samelewing waarin alle mense gelyke regte het. Ondanks volgehoue vordering sedert 1994 bly Suid-Afrika ’n verdeelde same-lewing, met ras wat steeds die vernaamste kloof uitmaak. Individuele stereotipering van

kuns, kultuur, ekonomIe en sAmelewIng

Kuns en kultuur is kragtige ruimtes vir debatvoering oor waar ’n samelewing hom bevind en waarheen hy op pad is. As dit effektief bevorder word, kan die skeppende en kulturele bedrywe wesenlik bydra tot kleinsakeontwikkeling, werkskepping en stedelike ontwikkeling en vernuwing.

In 2011 was Suid-Afrika se musiekbedryf R2.2 miljard aan verkope werd; die handwerksektor het R3.3 miljard tot 2010 se BBP bygedra, met meer as 273 000 mense in diens, en die visuele kunste het ’n omset van bykans R2 miljard. Die land se ryk kultuurerfenis en die kreatiwiteit van sy mense beteken dat Suid-Afrika unieke stories, stemme en produkte aan die wêreld kan bied. Voorts kan artistieke prestasies en uitdrukking waardes koester, heling fasiliteer en nasionale trots herstel.

Effektiewe maatreëls om die kunste te bevorder sluit in:¢ Verskaffing van finansiële en Inligting en Kommunikasie tegnologie of IKT-

steun aan kunstenaars vir die skepping van werke wat nasionale kreatiwiteit uitdruk, terwyl ruimte vir lewendige debatvoering geskep word.

¢ Versterking van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika se mandaat vir nasiebou en waardevestiging.Aansporing van kommersiële verspreidingsnetwerke om kuns te versprei en/of aan te bied.Ontwikkeling en implementering van planne vir ’n doeltreffender kurrikulum vir kuns en kultuur in skole, met gepaste opvoedersteun.Steun vir inkomstegelykmaking vir kunstenaars in ’n spesiale werkloosheidversekeringskema en evaluering van befondsingsmodelle vir sulke inisiatiewe.Ontwikkeling van wetgewende raamwerke vir sektorale vasstelling om werknemers in die kunstesektor te beskerm.

¢ Samewerking om IKT-bewustheid en -toegang onder kultuurwerkers te ontwikkel om baat te vind by groeiende digitale bemarkings- en verspreidingskettings.

15OORSIG

ras en etnisiteit kom wydverspreid voor en diskriminasie bestaan steeds. Die land se in-stitusionele raamwerk en sy breë ekonomiese en sosiale tendense dra by tot geleidelike ontrassing, maar vordering is nie voldoende of diep genoeg nie. Ofskoon daar vordering gemaak word om die lewe van vroue te ver-beter, is daar steeds diskriminasie, patriargale houdings en swak toegang tot onderwys van gehalte. Die plan hanteer hierdie faktore holis-ties en erken dat sleutelprioriteite soos onder-wys of landelike ontwikkeling die grootste im-pak op arm vroue sal hê.

Suid-Afrika se eie geskiedenis en die ondervin-ding van ander lande toon dat eenheid en so-siale samehorigheid nodig is om sosiale en ekonomiese oogmerke te verwesenlik. Die aanhef tot die Grondwet verwoord hierdie bal-ans die beste. Dit erken die staat se verant-woordelikheid om die gevolge van apartheid om te keer in ’n konteks waar alle burgers deel voel van die land en sy programme.

Om hierdie balans te verkry en te handhaaf, vereis die samevloeiing van verskeie faktore, wat nie almal onder die regering se beheer is nie. ’n Groeiende ekonomie, stygende indien-sneming en inkomste, dalende ongelykheid, ’n onderwysstelsel wat verbeter, vrugbare toestande vir entrepreneurskap en loopba-anmobiliteit sal beduidend daartoe bydra om Suid-Afrika se mense te verenig. Programme soos regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming werk die doeltreffendste wanneer die ekonomie groei en die onderwysstelsel verbeter word. Sonder so ’n omgewing kan hierdie maatreëls die vlakke van sosiale spanning laat styg. Hierdie plan maak verskeie voorstelle om die doeltr-effendheid van regstelprogramme te verbeter, veral dié rakende breër ekonomiese geleen-thede vir die histories benadeeldes.

Ons nasieboupoging is moeiliker in tye van st-adiger ekonomiese groei. Suid-Afrika kan nie ’n afwaartse spiraal wat sosiale spanning ver-hoog, bekostig nie. Sterk leierskap is nodig om die visie van die Grondwet te bevorder. ’n Formele sosiale kontrak kan help om die belyning tussen groei, ontwikkeling en nasie-bou te versterk en ’n goeie kringloop voort te bring.

Benewens maatreëls om sosiale billikheid te bevorder wat elders geskets word, stel ons die volgende voor:¢Die Handves van Verantwoordelikhede,

wat deur die Departement van Basiese Onderwys en ander ontwikkel is, moet bekend gemaak word om almal aan te moedig om die waardes van die Grondwet uit te leef.

¢’n Belofte wat op die aanhef tot die Grondwet berus, moet ontwikkel en by skoolbyeenkomste gebruik word. Die aanhef moet in alle werkplekke vertoon word.

¢Alle Suid-Afrikaners moet aangemoedig word om ’n Afrikataal aan te leer en regering-sprogramme moet hiervan ’n w e r k -l i k h e i d maak.

¢Die Kommissie op Geslagsgelykheid en die Ministerie vir Vroue, Kinders en Mense met Ges-tremdhede moet ge-samentlik duidelike teikens vir die bevordering van vroueregte stel en moet jaarliks oor vordering verslag doen.

¢Diensbillikheid en ander herstelmaatreëls moet doeltreffender gemaak word deur te

16 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Inkomste, deur indiensneming of bestaansbeveiliging, is van kritieke belang om lewenstandaarde te definieer, maar mense het meer as inkomste nodig. Hulle het ook voldoende voeding nodig, hulle het vervoer nodig om by die werk te kom, en hulle begeer veilige gemeenskappe en skoon buurte. Hierdie elemente vereis optrede deur individue, die regering, gemeenskappe of die private sektor.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan maak ’n vaste verbintenis om ’n minimum lewenstandaard te verkry wat progressief verwesenlik kan word deur ’n veelfasettige strategie. In hierdie plan definieer ons nie daardie minimum lewenstandaard nie maar bied ons wel ’n raamwerk vir die aanvaarding van ’n minimum lewenstandaard deur die samelewing. Hierdie benadering is in ooreenstemming met die Kommissie se siening dat die bereiking van so ’n vloer die steun en deelname van alle sosiale vennote sal vereis, en gevolglik word die definiëring daarvan oorgelaat aan die voortgesette werk van die Kommissie.

Die volgende prentjie skets hierdie benadering.

Hierdie benadering tot die definiëring van lewenstandaarde op ’n holistiese wyse is in ooreenstemming met die vermoënsbenadering wat die Kommissie voorstaan. Die benadering fokus op die sleutelvermoëns wat individue nodig het om die lewe te lei waarna hulle hunker. Van hierdie vermoëns is onderwys en vaardighede, en die geleentheid om te werk, die elemente waar die behoefte aan vordering in Suid-Afrika die grootste is.

fokus op die omgewing waarin vermoëns ontwikkel word.

¢Die land moet deurlopend poog om die doeltreffendheid van swart ekonomiese bemagtigingsmodelle te verhoog.

¢Herstelmaatreëls in die werkplek moet fokus op ondernemingsontwikkeling, toe-gang tot opleiding, loopbaanmobiliteit en mentorskap.

Burgers moet aktief aan hulle eie ontwik-keling deelneemSuid-Afrika het in baie opsigte ’n aktiewe bur-gery wat hulle stemme laat hoor, maar ’n on-voorsiene gevolg van regeringsoptrede is die verswakking van burgers se aansporing om regstreekse deelnemers aan hulle eie ontwik-keling te wees. Om te voorkom dat hierdie praktyk gevestig raak, moet die staat burgers se betrokkenheid daadwerklik steun en aan-moedig, en moet burgers:¢Daadwerklik geleenthede vir vordering,

leer en ervaring soek.

elemente vAn ’n ordentlIke lewenstAndAArd

elemente vAn 'n ordentlIke

lewenstAndAArd

Voeding Behuising, water,

sanitasie, elektrisiteit

VerVoer

onderwys en Vaardighede

Veiligheid en sekuriteitgesondheidsorg

indiensneming

ontspanning en Vrye tyd

skoon omgewing

17OORSIG

¢Met andere in die gemeenskap saamwerk om ontwikkeling te bevorder, probleme op te los en die kwellings van die stem-loses en gemarginaliseerdes te opper.

¢Die regering, die sakesektor en alle leiers in die samelewing aanspreeklik hou vir hulle optrede.

’n Aktiewe burgery en sosiale aktivisme is nodig om die demokrasie en ontwikkeling te laat gedy. Die staat kan nie bloot namens die mense optree nie – hy moet saam met die mense optree en met ander instellings saam-werk om geleenthede vir die vooruitgang van alle gemeenskappe te bied.

Alle sektore van die samelewing, insluitende die wetgewers en die regbank, moet seker maak dat die vrugte van ontwikkeling die arm-stes en mees gemarginaliseerdes toekom, en moet moontlike pogings deur elites om hulle eie belange ten koste van swakker gemeen-skappe te beskerm, neutraliseer.

Wetgewing bied talle moontlikhede vir burg-ers om aan die regeerproses deel te neem afgesien van verkiesings. Forums soos skool-beheerliggame, wykskomitees, gemeenskap-spolisiëringsforums en kliniekkomitees gee aan burgers ’n stem en geleenthede om die instellings naaste aan hulle te beheer. Ge-meenskappe kan ook aan die opstel van plaaslikeregeringsplanne deelneem. Ondanks hierdie geleenthede is daar ’n groeiende ver-wydering tussen burgers en die regering. Uitbrekings van geweld in sommige gemeen-skapsbetogings weerspieël nie net frustrasie oor die tempo van dienslewering nie maar ook kommer dat daar nie regtig na gemeen-skappe geluister word nie.

Beter kommunikasie, meer eerlikheid en ’n groter mate van nederigheid deur diegene in magsposisies sal baie help om ’n samelewing

te bou wat probleme kollektief en vreedsaam kan oplos.

Burgers het ’n verantwoordelikheid om leiers te oorreed om nie eng, kortsigtige en populis-tiese standpunte in te neem nie. Lewendige openbare gesprekvoering en ’n kultuur van vreedsame protes sal tot ’n dieper begrip van die uitdagings vir gemeenskappe bydra en sal aanspreeklikheid onder verkose beampt-es versterk. Byvoorbeeld, as leeruitkomste in ’n skool laer as hulle legitieme verwagtinge is, kan ’n gemeenskap help om die situasie reg te stel deur skoolbeheer te versterk en te verseker dat leerders en onderwysers stipte-lik is en dat die steunstrukture van openbare amptenare doeltreffend is.

Die burgerlike samelewing bevorder ontwik-keling en gemeenskapsamehorigheid. In talle arm gemeenskappe lewer nieregeringsorgan-isasies (NRO’s) op welsynsgebied en ander gemeenskapsgebaseerde organisasies uiters belangrike maatskaplike en indiensneming-sprogramme.

Daar moet meer werk gedoen word om klem te plaas op die verantwoordelikhede wat burgers in hulle eie ontwikkeling het en om met ander in die samelewing saam te werk om spanning te verlig en uitdagings die hoof te bied. Die refrein “sit agteroor en die staat sal dit doen” moet aan die kaak gestel word – dit is nóg realisties nóg in ooreenstemming met Suid-Afrika se regeringstelsel.

Vinniger en meer inklusiewe ekonomiese groei ’n Ekonomie wat meer werkgeleenthede sal skepSuid-Afrika het ’n ekonomie nodig wat meer inklusief, meer dinamies is en waarin die vrugte van groei billik verdeel word. In 2030

18 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

moet die ekonomie naby volle indiensneming wees, mense toerus met die vaardighede wat hulle nodig het, verseker dat eienaarskap van produksie meer uiteenlopend is en vinnig kan groei, en die hulpbronne verskaf om vir be-legging in fisiese en mensekapitaal te betaal.

Suid-Afrika toon eienskappe van ’n laegroei-, middelinkomstestrik wat gekenmerk word deur gebrek aan mededinging, groot getalle werksoekers wat nie die arbeidsmark kan be-tree nie, lae spaargeneigdheid (en gevolglik afhanklikheid van buitelandse kapitaalinvloei) en ’n swak vaardigheidsprofiel. Baie van hier-die eienskappe is gewortel in die evolusie van die ekonomie oor die afgelope 150 jaar. Die netto effek is hoë vlakke van werkloosheid en ongelykheid, en lae vlakke van belegging.

Om hierdie ekonomie te transformeer, is ’n uitdagende en langtermynprojek. Ter opsom-ming beoog ons om mensekapitaal, produk-siekapasiteit en infrastruktuur te verbeter ten einde uitvoer te verhoog, wat hulpbronne vir belegging sal vermeerder en die afhanklikheid van kapitaalinvloei sal verminder. Hoër beleg-ging, gesteun deur beter openbare infrastruk-tuur en vaardighede, sal die ekonomie in staat stel om vinniger te groei en produktiewer te word. Stygende indiensneming en produkti-witeit sal lei tot stygende inkomste en lewen-standaarde en minder ongelykheid. Met die oog op langtermyn ekonomiese voorspoed is dit nodig om die ekonomie te verskuif na meer belegging en laer verbruik.

Indiensnemingscenario’s wat deur die Kom-missie saamgestel is, toon dat die meeste werkgeleenthede waarskynlik in inwaarts gerigte ondernemings geskep sal word, en in meer klein en middelslagondernemings. Hoewel die meeste werkgeleenthede nie reg-streeks in uitvoermaatskappye geskep word nie, het die sektore wat internasionaal sake

doen, gewoonlik ’n groter potensiaal om plaaslike newevoordele te stimuleer. In die lig van Suid-Afrika se lae spaarkoers en die behoefte om teen ’n hoër koers te investeer, is dit belangrik om uitvoer te verhoog en die uitset in daardie sektore te vergroot. Suid-Af-rika se handelsprofiel het oor die afgelope 15 jaar nie een van hierdie oogmerke bereik nie. Om vordering te maak, sal die land se interna-sionale teenwoordigheid op gebiede van me-dedingingsvoordeel versterk moet word, ter-wyl die nodige infrastruktuur en vaardighede uitgebou word.

Ekonomiese groei moet op ’n meer inklus-iewe wyse versnel. Dit is twee gelykwaardige voorvereistes. Die regering se Nuwe Groeipad beoog om tussen 2010 en 2020 sowat 5 mil-joen nuwe werkgeleenthede te skep. Dit moet gedoen word deur ’n ondersteunende omge-wing vir groei en ontwikkeling te verskaf, ter-wyl ’n meer arbeidsabsorberende ekonomie geskep word. Sy voorstelle is bedoel om die lewenskoste vir arm huishoudings en vir sake-ondernemings te verlaag deur geteikende mikro-ekonomiese hervormings, veral op die gebied van vervoer, openbare dienste, tele-kommunikasie en voedsel. Die verlaging van die lewenskoste is ’n noodsaaklike vereiste om die lewenstandaard te verhoog en beleg-ging aan te moedig; dit sal ook die aandrang op matiger loonverhogings in die middelste en die boonste deel van die inkomstespek-trum steun.

Die Kommissie is van mening dat die land teen 2030 sowat 11 miljoen werkgeleenthede kan skep deur:¢Die koördinering en implementering van

ekonomiese beleid te verbeter¢Vennootskappe tussen die openbare se-

ktor, die sakesektor en arbeid te vorm om belegging op arbeidsintensiewe gebiede te fasiliteer, te lei en te bevorder.

19OORSIG

¢Mededingendheid en uitvoerverdienste te verhoog deur beter infrastruktuur en openbare dienste, die verlaging van die koste van sake doen, die verbetering van vaardighede en innovasie, en staatsteun vir spesifieke sektore te teiken.

¢Die funksionering van die arbeidsmag te versterk om vaardigheidsverwerwing te verbeter, werksoekers en werkgeleen-thede bymekaar te bring en konflik te ver-minder.

Om die oogmerke van die plan te verwesen-lik, vereis leierskap om implementering te dryf en om Suid-Afrikaners te oortuig van die be-hoefte om wedersydse opofferings te maak vir voordele op langer termyn. Dit sal ook ’n verandering vereis in die struktuur van die ekonomie en die tempo waarteen dit groei. Die groot vraag is hoe. Om die ekonomie te transformeer en volhoubare uitbreiding vir werkskepping teweeg te bring, beteken dat die ekonomiese groeikoers gemiddeld meer as 5 persent per jaar moet wees. Om dit te doen, stel ons die volgende voor: ¢Verhoog uitvoer, fokus op die gebiede

waar Suid-Afrika reeds natuurlike bates en verge-lykende voordele het, soos mynbou, konstruk-sie, midvaardigheidvervaar-diging, landbou en agroproses-sering, hoër onderwys, toerisme en sakedienste.

¢’n Doeltreffender en mededing-ende infrastruktuur. Infrastruktuur ter fasilitering van ekonomiese ak-tiwiteit wat bevorderlik is vir groei en werkskepping. ’n Benadering sal ontwik-kel word om sleuteldienste soos kom-mersiële vervoer, energie, telekommu-nikasie en water te versterk en terselfder-tyd die bekostigbaarheid en volhoubaar-heid daarvan op lang termyn te verseker.

¢Verlaging van die lewenskoste vir lae-inkomste- en werkersklashu-ishoudings. Ongelykheid en armoede kan deur middel van hoër inkomste die hoof gebied word deur produktiwiteit te verhoog en die lewenskoste te verlaag. ’n Verbintenis tot ’n minimum lewen-standaard sal verseker dat alle huishoud-ings sinvol aan die ekonomie kan deel-neem. Die koste van voedsel, pendelv-ervoer en behuising moet verlaag word en die gehalte van gratis of laekoste-onder-wys en -gesondheidsorg moet verbeter word.

¢Verlaagde koste van reguler-ingsnakoming, veral vir klein en mid-delslagondernemings.

¢’n Groter en doeltreffender innovasi-estelsel, wat nóú saamwerk met maat-skappye in sektore wat met die groeistrategie in ooreenstem-ming is.

¢Steun vir kleinsakeondernemings deur beter koördinering van tersaaklike agentskappe, instellings vir ontwikke-lingsfinansiering en openbare en private broeikaste.

20 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

¢’n Uitgebreide vaardigheidsbasis deur beter onderwys en beroepsopleiding.

¢Sterker finansiële dienste om die ko-ste daarvan te verlaag en toegang vir klein en middelslagondernemings te verbeter.

¢’n Verbintenis tot openbare en private verkrygingsbenaderings wat plaaslike ny-werhede en werkskepping stimuleer.

¢’n Hoër beleggingskoers, met beleg-ging deur die openbare sektor wat pri-vate belegging aanspoor. Dit sal afhang van vennootskappe met die private se-ktor, beleidsekerheid en die uitbou van vertroue in die langtermyngroei van die ekonomie.

¢’n Arbeidsmark wat meer responsief is vir ekonomiese geleenthede. Dit vereis lewenslange leer en loopbaan-vordering; stabilisering van die arbeid-somgewing; versterking van instellings vir geskilbeslegting; hersiening van reg-ulasies en standaarde vir klein en mid-delslagondernemings; hantering van arbeidsverhoudinge in die openbare se-

ktor; versterking van die toe-

passing van m i n i m u m standaarde o n d e r w e r k -g e w e r s , werwing-sagent-skappe

en make-laars; verst-

erking van aktiewe arbeidsmarkbeleide en arbeidspassing; en om geskoolde immigrasie moontlik te maak.

¢Verbeterde kommersiële diplo-matieke dienste om die vergroting van Suid-Afrika se deel van die wêreldmark te steun.

Hierdie oogmerke is aanvullend by die doel-witte wat in die Nuwe Groeipad uiteengesit word.

Om ekonomiese groei tot meer as 5 persent per jaar te verhoog, sal vereis dat die sakese-ktor en arbeid ’n gedeelde visie steun.

Suid-Afrika moet reageer op die feit dat mil-joene gesonde mense wil werk. Op kort ter-myn moet die ekonomie werkgeleenthede skep vir werklose Suid-Afrikaners, van wie talle jonk en laag geskool is, terwyl vaar-dighede en kennis opgegradeer moet word vir ’n andersoortige ekonomie in die toekoms. Hoër vlakke van indiensneming sal voordele inhou benewens die bemagtigende ervaring wat ’n werk meebring. Dit sal mense help om in die onderwys van hulle kinders te investeer, hulle huise op te gradeer en lewensrisiko’s te bestuur. Werk en onderwys sal burgers in staat stel om hulle eie lewens te verbeter.

Dit is noodsaaklik om die lewenskoste van arm huishoudings te verlaag. Sekere elemente van die plan sal ’n kosteverhogende uitwerking op die ekonomie hê. In die besonder sal die mod-ernisering van infrastruktuur na dekades van onderbelegging dalk hoër tariewe vereis. Om hierdie stygings te neutraliseer, moet beleid fokus op die verhoging van mededingend-heid en belegging in nuwe infrastruktuur op gebiede wat die armes regstreeks raak, soos die voedselwaardeketting, openbare vervoer, onderwys en gesondheid, en telekommunika-sie. Groter doeltreffendheid in die openbare sektor sal ook tot ’n laer kostestruktuur vir die ekonomie lei.

21OORSIG

’n Omstrede kwessie is of Suid-Afrika werk-lose mense kan mobiliseer met die oog op produksie vir uitvoermarkte. Sommige voer aan dat die ekonomie nie mededingend in arbeidsintensiewe vervaardiging is nie omdat die kostestruktuur te hoog is, die wisselkoers te wisselvallig is, infrastruktuur ontoereikend is en die vaardigheidsbasis te beperk is. Tog kan Suid-Afrika in ’n aantal kategorieë meed-ing as hierdie kwellings aandag kry – en dit kan in groot mate die hoof gebied word. Wisselvalligheid van die wisselkoers skep ’n hindernis vir sukses, en die plan betoog dat die hantering van plaaslike hulpbronkoste en die beskikbaarheid van vaardighede ’n volhoubaarder impak op koste sal hê. As ’n

middelinkomsteland moet Suid-Afrika meed-ing op die basis van uitstekende produkte en handelsname, en doeltreffende toetrede tot wêreldwye verspreidingskanale. Dit sal groter verbintenis tot navorsing en ontwikkeling en die kommersialisering daarvan vereis, asook ’n doelmatige logistiekplatform en doeltref-fende ekonomiese diplomasie.

Terwyl daar na ordentlike werk vir almal be-weeg word, moet die korttermynpriorite-it wees om indiensneming te verhoog en aansporings vir die toetrede van jongmense tot die arbeidsmark te bied, en terselfdertyd daarteen te waak dat bestaande werkvoor-waardes vervang of verswak word. Sommige

Vroue maak ’n groot persentasie van die armes uit, veral in landelike gebiede. Die plan neem geslag – saam met ras en geografiese ligging – in aanmerking en beoog ’n aantal maatreëls om vroue se gelykheid te bevorder. Opsommenderwys is ons aanbevelings in dié verband soos volg:¢ Openbare indiensneming moet uitgebrei word om werk te verskaf vir die

werkloses, met ’n spesifieke fokus op die jeug en vroue.¢ Die transformasie van die ekonomie moet die daadwerklike deelname en

bemagtiging van vroue insluit.¢ Die rol van vroue as leiers in alle sektore van die samelewing moet

daadwerklik gesteun word.¢ Sosiale, kulturele, godsdiens- en onderwysversperrings vir vroue om die

arbeidsmark te betree, moet die hoof gebied word. Konkrete maatreëls moet getref word en die resultate moet oor tyd geëvalueer word. Toegang tot veilige drinkwater, elektrisiteit en vroeë kinderonderwys van gehalte, byvoorbeeld, kan vroue van onbetaalde werk bevry en hulle help om werk te soek.

¢ Teen 2030 moet mense wat in Suid-Afrika woon, geen vrees vir misdaad hê nie. Vroue, kinders en kwesbare mense moet voel dat hulle beskerm word.

¢ Sekerheid van grondbesit moet geskep word vir kommunale boere, veral vroue.

¢ Die Departement van Gesondheid moet ’n voedingsingrypingsprogram vir swanger vroue en jong kinders ontwerp en instel.

¢ Dekking van antiretrovirale behandeling vir alle MIV-positiewe mense wat sulke middels nodig het, moet uitgebrei word, saam met behandeling van hoërisiko MIV-negatiewe persone. Doeltreffende mikrobedoders moet roetinegewys aan alle vroue van 16 jaar en ouer gebied word.

vroue en dIe plAn

22 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

werkgeleenthede sal individue dalk nie in staat stel om onmiddellik die lewe te lei wat hulle begeer nie. Om volhoubare lewensonderhoud te bevorder, is dit belangrik dat individue of gesinne, ongeag inkomste, toegang kan kry tot dienste soos goeie onderwys, gesond-heidsorg of openbare vervoer. Dit is ook bel-angrik dat iemand wat sy werk verloor, werk moet kan kry in openbarewerkeprogramme of gemeenskapsgebaseerde indiensneming-skemas. Sodoende sal openbare beleid en openbare optrede aansluit by individue se pogings in die arbeidsmark en sal volhoubare lewensonderhoud aan die werkende armes verskaf word.

Moeilike keuses sal gemaak moet word. Om grootskaalse werkskepping te bevorder, sal die funksionering van die arbeidsmark moet verbeter. Die Kommissie maak voorstelle wat daarop gemik is om jongmense te help om die arbeidsmark te betree, reëls vir kleinsake-ondernemings te verslap, spanning en konf-lik te verminder en prosedures vir ontslag en wangedrag duideliker te maak. Daar moet ook meer aandag gegee word aan deur-lopende opleiding vir bestaande werkers en om loopbaanpaaie vir alle werkers te bied.

Die rol van openbare indiensnemingsinisi-atiewe, soos die uitgebreide program van openbare werke, moet ook oorweeg word. Selfs al haal Suid-Afrika BBP-groei van meer as 5 persent per jaar en al styg indiensneming vinnig oor die volgende dekade, sal daar steeds ’n behoefte aan sulke programme wees.

Die transformering van die ekonomie beteken om patrone van eienaarskap en beheer te ve-rander. Pogings om eienaarskap van produk-siebates oor te dra, het tot dusver nog nie die gewenste resultate opgelewer nie, en skemas vir werknemeraandeeleienaarskap speel ’n

minder beduidende rol. ’n Sterker benadering en duideliker teikens is nodig. Beleidsinstru-mente om die private sektor aan te moedig om eienaarskappatrone te verander, sluit in vrywillige telkaarte, verkrygingsregulasies, li-sensiereëlings (soos in telekommunikasie en mynbou) en ontwikkelingsfinansiering.

Dit is nodig om die doeltreffendheid van bog-enoemde instrumente te verbeter, met be-grip vir die kompromieë wat daar is. Voorts is meer klem nodig om kleinsakeondernemings te steun, om die regering en die private sektor aan te moedig om aankope by klein maat-skappye te doen, en om die ontwikkeling van swart en vroulike bestuurders en beroepslui te verbeter. ’n Snel groeiende ekonomie wat na nuwe sektore diversifiseer, sal geleenthede oopstel vir maatskappye in swart besit en kleiner ondernemings, wat inklusiewe groei sal bevorder.

Suid-Afrika moet sy sterk punte benut om uitvoer te vergroot. As die ekonomie op een gebied minder mededingend is, sal hy op ander gebiede beter moet vaar. Die land se vergelykende voordele sluit in sy minerale en natuurlike hulpbronne, ’n gesofistikeerde fi-nansiële en sakedienstesektor, nabyheid aan vinnig groeiende Afrikamarkte, universiteite van hoë gehalte en ’n moderne, produktiewe landbousektor. Suid-Afrika het ook maat-skappye wat wêreldleiers is in sektore soos siviele konstruksie. Suid-Afrika het groot persentasies van die wêreld se platinumgroep metale, goud, di-amante, mangaan, steenkool, ystererts en uraan. Oor die afgelope dekade het die plaaslike mynbedryf egter nie daarin geslaag om met die wêreldwye groeitendens in miner-aaluitvoer tred te hou nie, terwyl regulerings- en beleidsraamwerke belegging belemmer. Suid-Afrika kan baie baat vind by Asië se groeiende vraag na kommoditeite. Om dit te

23OORSIG

doen, moet water-, vervoer- en energie-infra-struktuur verbeter word en moet groter seker-heid oor beleid en regulering aan investeerd-ers gegee word. Dit sal die mynbousektor in staat stel om die beskikbare vaardighede, hulpbronne, kundigheid en kapitaal aan te wend, en sal die regering in staat stel om baie meer belastinginkomste in te samel as tans.

Daar is belangrike kompromieë wat by min-eraalveredeling in ag geneem moet word. Suid-Afrika verloor wêreldwyd markaandeel in produkte soos ferrochroom. Eerstestadi-umprosessering of -smeltery is egter hoogs energie- en kapitaalintensief, wat energie en kapitaal potensieel weg van ander sektore trek. Suid-Afrika moet selektief wees oor die gebiede waar hy beoog om eerstestadium-veredeling te steun. Prioriteitsgebiede moet insluit dié waar geskikte kapasiteit reeds bestaan, of waar veredeling waarskynlik tot sekondêre vervaardiging sal lei. Die veredeling van al die land se minerale is nóg uitvoerbaar nóg noodsaaklik vir die ontwikkeling van ’n groter vervaardigingsektor.

Die wêreldekonomie gaan na verwagting oor die volgende aantal jare teen ’n beskeie tempo groei. In hierdie omstandighede moet Suid-Afrikaanse ondernemings mooi dink oor wat hulle produseer, vir watter markte, en watter vermoëns hulle gebruik. As ’n klein, oop ekonomie kan Suid-Afrika nisprodukte ontwikkel. As die land ’n klein deeltjie van die wêreldvraag kan inpalm op gebiede waar plaaslike maatskappye kan meeding, kan dit ’n groot impak hê. Byvoorbeeld, Suid-Afrika kan ’n wêreldleier in vervaardigde goedere en dienste vir die mynbedryf wees, waar hy oor aansienlike kundigheid beskik. Dit sal ’n bel-angrike bydrae lewer tot industrialisasie in ’n internasionale nismark.

Regionale ekonomiese integrasie kan ekon-omiese groei in alle lande in Suider-Afrika ’n hupstoot gee. Die streek het oor die afgelope dekade vinnig gegroei, met sterk vertonings in minerale, landbou, telekommunikasie en toerisme. Ekonomiese integrasie vereis die identifisering van praktiese geleenthede waar samewerking wedersydse voordele kan bied; belegging in infrastruktuur; versterking van streekhandelsblokke; verlaging van tariewe, en aandag aan nietariefversperrings, soos ondoeltreffende grensposte.

Suid-Afrika moet sy ekonomiese beleidsprior-iteite doeltreffend implementeer. Gebrekkige koördinasie, verdeelde aanspreeklikheid en oorvleuelende mandate belemmer die imple-mentering van bestaande beleide.

Langtermyngroei en -belegging vereis ’n gedeelde visie, vertroue en samewerking tus-sen die sakesektor, arbeid en die regering. Die vlak van vertroue is vandag laag en ar-beidsverhoudinge het uitermate gespanne (en soms gewelddadig) geword. Dit is ondenkbaar dat die ekonomie op ’n meer ar-beidsintensiewe wyse sal ontwikkel as hierdie toestande voortduur. Om vinniger, werkskep-pende groei te bevorder, beteken dat hierdie spannings eerlik en openlik die hoof gebied moet word.

’n Inklusiewe en geïnte-greerde landelike ekonomieSuid-Afrika se landelike gemeenskappe moet groter geleenthede kry om ten volle aan die ekonomiese, sosiale en politieke lewe van die land deel te neem, ges-teun deur goeie onder-wys, gesondheidsorg,

24 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

vervoer en ander basiese dienste. Suksesvolle grondhervorming, werkskepping en stygende landbouproduksie sal tot die ontwikkeling van ’n inklusiewe landelike ekonomie bydra.

Suid-Afrika se hinterland word gekenmerk deur hoë vlakke van armoede en werkloos-heid, met beperkte indiensneming in die land-bou. Die apartheidstelsel het ’n groot deel van die swart bevolking na barre landelike reser-vate geforseer. Die gevolg was ’n gevorderde en gediversifiseerde kommersiële boerder-ysektor wat op swak besoldigde plaasarbeid staat maak, en verarmde, digbevolkte ge-meenskappe met beperkte ekonomiese ge-leenthede en minimale regeringsdienste.

Om dit te verander, stel ons ’n veelfasettige benadering voor:

¢Skep meer werkgeleenthede deur land-bou-ontwikkeling, gebaseer op effek-tiewe grondhervorming en die verhoging van landbou- en grondproduksie onder besproeiing.

¢Verskaf basiese dienste wat mense in staat stel om vermoëns te ontwik-kel om geleenthede dwarsoor die land te benut, wat hulle in staat stel om tot hulle gemeen-skappe by te dra deur geldoorplasing en vaardigheidsoor-drag.

¢Ontwikkel bedry-we soos agroproses-sering, toerisme, visserye en kleinsakeondernemings waar die potensiaal bestaan.

Institusionele kapasiteit is ’n kernvereiste vir die sukses van hierdie benadering, in-

sluitende hervormings om betwiste verhoud-ings tussen tradisionele en grondwetlike lig-game die hoof te bied.

Opbou van vermoë Kritieke vermoëns op landsvlak is onder meer regs- en ander instellings, infrastruktuur (tele-kommunikasie, water, energie en vervoer), die onderwys- en opleidingstelsel, volhoubare bestuur van die omgewing, innovasiestelsels en patrone van ruimtelike ontwikkeling. Men-slike vermoëns sluit in onderwys, gesond-heid, maatskaplike beveiliging en gemeen-skapsveiligheid.

Verbeter infrastruktuur Infrastruktuur is nie net vir vinniger ekonomiese groei en hoër indiensneming noodsaaklik nie. Dit bevorder ook inklusiewe groei en bied aan burgers die middele om hulle eie lewens te verbeter en hulle inkomste te verhoog. Infra-struktuur is noodsaaklik vir ontwikkeling.

Investeringbesteding in SA het gedaal van gem-iddeld byna 30 persent van die BBP vroeg in

die 1980’s tot ongeveer 16 persent van die BBP teen die vroeë 2000’s. Openbare

infrastruktuurbeste-ding is ook op lae vlakke volgens his-

toriese standaarde. Suid-Afrika het in effek ’n geslag van kapitaal-

belegging in paaie, spoor-lyne, hawens, elektrisiteit, water,

s a n i t a s i e , openbare vervoer en behuising

verloor. Om vinniger en op ’n meer inklusiewe wyse te groei, moet die

25OORSIG

land ’n hoër vlak van kapitaalbesteding be-haal. Bruto vastekapitaalvorming moet teen 2030 ongeveer 30 persent van die BBP wees, en belegging deur die openbare sektor moet ongeveer 10 persent van die BBP wees om ’n volgehoue impak op groei en huishoudelike dienste te maak.

Sowel die openbare as die private sektor kan ’n belangrike rol speel om infrastruktuur te bou, insluitende grootmaatinfrastruktuur. Sedert die resessie van 2009 is die private sektor onwillig om sy gesonde vlakke van ter-uggehoue verdienste in produksiekapasiteit te investeer. Terselfdertyd gee die openbare sektor voorrang aan verbruik bo belegging. Die regering besef dit en het ’n verskuiwing in die samestelling van besteding in die rigting van belegging aangekondig, ’n noodsaaklike voorvereiste om die dooie punt uit die weg te ruim. Investering deur die openbare sektor kan oor tyd help om private belegging aan te spoor.

Die Kommissie se aanbevelings oor ekono-miese infrastruktuur dek finansiering, beplan-ning en instandhouding.

Wie betaal vir ekonomiese infrastruktuur? Se-kere tipes infrastruktuur bied breë sosiale en ekonomiese voordele. Om die agterstande in te haal, beteken egter dat koste op kort tot medium termyn moet styg om dienste finan-sieel lewensvatbaar te maak. Die uitdaging blyk uit die feit dat een nuwe kragstasie (wat 4 800 MW elektrisiteit opwek) ongeveer twee keer meer kos as die hele gedepresieerde kapitaalvoorraad van bestaande kragsta-sies (wat 40 000 MW opwek). Voorts maak hoë vlakke van werkloosheid en ongelykheid sommige van hierdie dienste onbekostigbaar vir die meeste mense tensy dit gesubsidieer word.

Die Kommissie se siening is dat gebruikers op lang termyn die grootste deel van die koste van ekonomiese infrastruktuur moet betaal, met behoorlike beskerming vir arm huishoud-ings. Die regering en die fiskus se rol is om die vereiste waarborge te verskaf sodat die koste oor tyd geamortiseer kan word, om die pryspad sodoende gelyker te maak. Die staat moet ook gepaste regulerings- en bestuurs-raamwerke instel sodat die infrastruktuur doel-treffend bedryf word en tariewe op gepaste vlakke gestel kan word. Vir infrastruktuur wat finansiële opbrengste voortbring, moet skuld wat aangegaan word om fasiliteite te bou, op die balansstate wees van staatsbeheerde on-dernemings of private maatskappye wat die werk doen. Waarborge moet selektief gebruik word om die koste van kapitaal te verlaag en om langtermynfinansiering te verseker. Subsi-dies aan arm huishoudings moet so direk en so deursigtig as moontlik wees. Sosiale infra-struktuur wat nie finansiële opbrengste lewer nie – soos skole of hospitale – moet uit die begroting gefinansier word.

Die elektrisiteitskrisis van 2008 en ander on-langse verwikkelings het institusionele swak-hede rakende staatsbeheerde maatskappye wat vir netwerkinfrastruktuur verantwoordelik is, aan die lig gebring. Duidelike institusionele reëlings, deursigtige aandeelhouersooreen-komste, skoon lyne van aanspreeklikheid en gesonde finansiële modelle om volhoubaar-heid te verseker, is nodig om sulke probleme te vermy. Ons doen aanbevelings op elk van hierdie gebiede. Wette wat regulering beheer, is dikwels verwarrend en laat beleid en regul-ering saamsmelt. Ons stel maniere voor om dit reg te stel.

Vir infrastruktuur wat menslike vestiging ste-un (behuising, water, sanitasie, paaie, parke en dies meer), is die prentjie onnodig inge-wikkeld. Die beplanningsfunksie is op plaas-

26 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

like vlak gevestig, die behuisingsfunksie op provinsiale vlak, en die verantwoordelikheid vir water- en elektrisiteitsvoorsiening is ver-deel tussen diegene wat vir grootmaatdienste en benetting verantwoordelik is. In die praktyk werk hierdie reëlings nie. Menslike nederset-tings is oor die algemeen swak beplan, met weinig koördinasie tussen diegene wat water-benettingsinfrastruktuur installeer en diegene wat vir die verskaffing van grootmaatinfra-struktuur verantwoordelik is. Die verantwoor-delikheid vir behuising moet verskuif word na die vlak waar beplanning geskied: die muni-sipale vlak. Die plan bevat aanbevelings vir doeltreffende stedelike ontwikkeling.

Plaaslike regering kom voor verskeie ver-wante uitdagings te staan, insluitende swak kapasiteit, swak administratiewe stelsels, onbehoorlike politieke inmenging in tegniese en administratiewe besluitneming, en onge-lyke fiskale kapasiteit. Die Kommissie is van mening dat daar binne die raamwerk van die Grondwet meer ruimte is vir die asimmetriese toewysing van bevoegdhede en funksies en vir meer diversiteit by die implementering van ontwikkelingsgerigte prioriteite. Om dit te bereik, is langertermynstrategieë nodig, soos om kapasiteitbeperkings te hanteer, om meer proefneming met institusionele vorms toe te laat en om met die nasionale en provinsiale regering saam te werk.

Vergeleke met die beste internasionale standaarde is Suid-Afrika se IKT-infrastruk-tuur power. Doeltreffende inligtinginfrastruk-tuur wat ekonomiese groei en groter insluit-ing bevorder, vereis ’n sterker breëband- en telekommunikasienetwerk en laer pryse. Die ekonomiese en indiensnemingsvoordele oor-skadu die koste.

Die volgende infrastruktuurbeleggings moet geprioritiseer word:¢Opgradering van informele nedersettings

op gepas geleë grond.¢Openbare vervoerinfrastruktuur en

-stelsels, insluitende die vernuwing van die pendelspoorvloot, gesteun deur ver-beterde skakels met padgebaseerde di-enste.

¢Ontwikkeling van die Durban-Gaut-eng-vragkorridor, insluitende ’n nuwe uit-gegraafde hawe op die terrein van die ou Durban-lughawe.

¢Bou van ’n nuwe steenkoolspoorlyn om die steenkoolafsettings in die Waterberg te ontsluit, verlenging van bestaande steenkoollyne in die sentrale kom en op-gradering van die steenkoollyn na Rich-ardsbaai en die ysterertslyn na Saldanha.

¢Ontwikkel, op ’n tydige wyse, verskeie nuwe waterskemas vir lewering aan stedelike en nywerheidsentrums, nuwe besproeiingstelsels in die Umzimvubu-riv-ierkom en die Makatinivlakte en ’n nasion-ale waterbewaringsprogram om waterge-bruik en -doeltreffendheid te verbeter.

¢Bou infrastruktuur om vervloeide aard-gas in te voer en vergroot eksplorasie om plaaslike gasvoorrade te kry (insluitende ondersoeke na skalie en steenkoolbed-metaanreserwes) om die energieverskei-denheid te diversifiseer en koolstofvryst-ellings te verminder.

¢Verkry ten minste 20 000 MW hernieu-bare elektrisiteit teen 2030, voer elek-trisiteit uit die streek in, stel verouderende steenkoolkragstasies van 11 000 MW uit diens en vergroot belegging in energie-doeltreffendheid.

¢Vestig nasionale, regionale en munisipale veseloptiese netwerke om die ruggraat vir

27OORSIG

breëbandtoegang te verskaf. Private be-legging moet die toon aangee op hierdie gebied, aangevul deur openbare fond-se wat nodig is om sosiale oogmerke te verwesenlik. Doeltreffende beleide, regul-ering en institusionele reëlings om dit te verwesenlik, is dringend nodig.

By die implementering van hierdie infrastruk-tuurprioriteite is dit belangrik om te verseker dat landelike gemeenskappe baat vind by sowel grootmaat- as benettingsinfrastruktuur en dat die prysvasstelling van hierdie infra-struktuur sensitief is vir die behoeftes van lan-delike gemeenskappe.

omkering van die ruimtelike gevolge van apartheidApartheid het ’n verskriklike ruimtelike nal-atenskap. Hoewel ongeveer 3.2 miljoen hu-ishoudings by nuwe behuising baat gevind het2 en dienste en infrastruktuur aan baie ge-meenskappe verskaf is, is daar nog net bep-erkte vordering gemaak met die omkeer van verskanste ruimtelike onbillikhede. In som-mige gevalle word die ruimtelike verdelings deur beleide van na 1994 versterk deurdat lae-inkomstebehuising aan die buiterand van stede geplaas word.

Die omvorming van Suid-Afrika se stede, 2 The Presidency (2011). Development Indicators.

Sport speel ’n belangrike rol om welsyn en sosiale samehorigheid te bevorder. Die plan hanteer sport as ’n dwarsliggende aangeleentheid, met verbandhoudende voorstelle in die hoofstukke oor onderwys, gesondheid en nasiebou.

Sport en liggaamsopvoeding is ’n integrale deel van ’n kind se ontwikkeling. Die Departement van Basiese Onderwys en die Departement van Sport en Ontspanning het belangrike stappe gedoen om sport weer in skole in te stel. Dit moet uitgebrei word sodat alle skole infrastruktuur vir ten minste twee sportsoorte ontwikkel en in stand hou.

Alle gemeenskappe moet toegang tot sportfasiliteite hê en moet die vorming van amateurligas aanmoedig. Die buiteluggimnasium in Soweto is ’n innoverende inisiatief wat in baie gemeenskappe herhaal kan word. Plaaslike owerhede kan oefening ook bevorder deur te verseker dat stedelike paaie behoorlike sypaadjies het, fietsbane te ontwikkel en maatreëls vir verkeerskalmering te tref.

Die plan stel ’n inisiatief voor om Suid-Afrikaners aan te moedig om te loop, te draf, fiets te ry of aan spanspele deel te neem op die tweede Saterdag van elke maand. Die uitgebreide netwerk van formele en informele sportklubs kan gemobiliseer word om hierdie byeenkomste te organiseer.

Die uitbreiding van geleenthede vir deelname aan sport sal help om te verseker dat sportspanne alle sektore van die samelewing verteenwoordig. Dit sal ook verseker dat Suid-Afrika resultate lewer wat pas by sy passie vir sport.

sport en ’n gesonde lewenswyse

28 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

dorpe en landelike nedersettings is ’n inge-wikkelde langtermynprojek wat groot her-vormings en politieke wil vereis. Dit is egter ’n noodsaaklike projek, gesien die enorme sosiale, omgewings- en finansiële koste wat deur bestaande ruimtelike verdelings meege-bring word.

Die Kommissie beoog ’n nasionale fokus op ruimtelike transformasie oor alle geografiese skale. Beleide, planne en instrumente is nodig om reisafstande en reiskoste te verlaag, veral vir arm huishoudings. Teen 2030 moet ’n grot-er persentasie van die bevolking nader aan werkplekke woon, en die vervoer wat hulle gebruik om te pendel, moet veilig, betroubaar en energiedoeltreffend wees. Dit vereis:¢Sterk maatreëls om verdere ontwikke-

ling van behuising op marginale plekke te voorkom

¢Verhoogde stedelike digtheid om open-bare vervoer te steun en spreiding te ver-minder

¢Betroubaarder en bekostigbaarder open-bare vervoer en beter koördinering tussen verskillende vervoermodusse

¢Aansporings en programme om werkge-leenthede en belegging na die digte dor-pe aan die stadsrand te skuif

¢Gefokusde vennootskappe met die pri-vate sektor om die behuisingsgaping-smark te oorbrug.3

Landelike gebiede bied besondere uitdag-ings. Meer as ’n derde van Suid-Afrika se bevolking woon in die voormalige “tuislande”, en ’n groot deel van hierdie groep is ekon-omies gemarginaliseer. Daar is beleide nodig om huishoudings in hierdie gebiede na die hoofstroomekonomie te bring. Daar is egter landelike gebiede waar vervoerskakels goed

3 Die “gapingsmark” verwys na mense wat meer verdien as die vlak wat nodig is om ’n staatsgesubsidieerde huis te kry, maar minder as die vlak wat nodig is om ’n verband van ’n handelsbank te kry.

is en waar verdigting plaasvind in afwesigheid van effektiewe grondgebruikbestuur en stads-bestuur. Dringende ingryping is hier nodig.

Ons voorstelle om lewenskragtige stedelike nedersettings te skep en nuwe lewe in lande-like gebiede te blaas, sluit in:¢Die instelling van nuwe norme en ’n na-

sionale ruimtelike raamwerk. ¢Die integrasie van verspreide befonding-

strome in ’n enkele fonds vir ruimtelike herstrukturering.

¢Die heroorweging van die behuisings-toekenning- en -subsidieskema om te verseker dat die instrumente wat gebruik word, in ooreenstemming is met posi-tiewe veranderinge in die beleid oor men-slike vestiging.

¢Die hervorming van die beplanningstelsel om gefragmenteerde verantwoordelikheid vir beplanning in die nasionale regering, swak gekoördineerde tussenowerheids-beplanning, misverstande oor munisipale grense heen en die beperkings van geïn-tegreerde ontwikkelingsplanne reg te stel.

¢Die versterking van die regering se bep-lanningsvermoëns.

¢Die ontwikkeling van ruimtelike verdrae op buurtvlak om die burgerlike samelew-ing, die sakesektor en die staat byeen te bring om probleme op te los.

¢Om burgers in staat te stel om aan ruimte-like visie- en beplanningsprosesse deel te neem.

Uitbou van omgewingsvolhoubaarheid en veerkragSedert laat in die 19de eeu ontgin Suid-Afrika sy mineralerykdom met weinig ontsag vir die omgewing. Veranderinge is nodig ten einde die natuurlike omgewing te beskerm en ter-selfdertyd die land in staat te stel om baat te vind by sy mineraalafsettings. Benewens die beduidende niehernubare mineralerykdom

29OORSIG

sluit die land se natuurlike hulpbronne sy aan-grensende oseane, grond, water, biodiversi-teit, sonskyn en ’n lang kuslyn in.

Vanuit ’n omgewingsperspektief kom Suid-Af-rika voor verskeie verwante uitdagings te staan, waarvan party met mekaar bots. Die land moet die volgende doen: ¢Die natuurlike omgewing in alle opsigte

beskerm ten einde vir latere geslagte ’n nalatenskap van ten minste gelyke waarde na te laat.

¢Die bestandheid van mense en die ekon-omie teen klimaatverandering verbeter.

¢Die mineralerykdom ontgin ten einde die hulpbronne voort te bring om lewen-standaarde, vaardighede en infrastruk-tuur op ’n volhoubare wyse te verbeter.

¢Die vrystelling van kweekhuisgasse ver-minder en energiedoeltreffendheid ver-beter.

Ons stel drie maatreëls voor om die land se natuurlike hulpbronne te beskerm: ¢’n Omgewingsbestuursraamwerk. By

ontwikkelings wat ernstige omgewings- of maatskaplike gevolge het, moet daarvoor vergoed word deur steun vir verbeterings in die betrokke gebiede.

¢’n Teiken vir die hoeveelheid grond en oseaan onder beskerming (tans word on-geveer 7.9 miljoen hektaar grond, 848 km kuslyn en 4 172 km2 oseaan beskerm).

¢’n Stel aanwysers vir natuurlike hulp-bronne, gepaardgaande met die publika-sie van jaarverslae oor die gesondheid van geïdentifiseerde hulpbronne om be-leid te steun.4

Klimaatverandering het reeds ’n impak op Suid-Afrika, met duidelike wisselings in tem-peratuur en reënval en stygende seevlakke.

Navorsing dui daarop dat dit moontlik is om die vrystelling van kweekhuisgasse afkom-stig van elektrisiteitsopwekking te verminder en nogtans die mineraal- en mineraalproses-seersektore te laat groei. Die algemene be-nadering berus op die volgende sleutelvoor-stelle:¢Implementeer die Geïntegreerde Hulp-

bronplan van 2010 (verkry ten minste 20 000 MW elektrisiteit uit hernubare ener-giebronne) om die koolstofvrystelling van die elektrisiteitsbedryf van 0.9 kg per kilo-watt-uur tot 0.6 kg per kilowatt-uur te ver-minder.

¢Verbeter die energiedoeltreffendheid van mynbou en mineraalprosessering teen 2030 met 15 persent. Dit kan die sluiting van die energie-ondoeltreffendste aan-legte behels.

4 Byvoorbeeld, die Departement van Omgewingsake is besig om ’n standaard vir grondgehalte te definieer en beoog om jaarliks oor die stand van hierdie hulpbron verslag te doen.

30 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Die Geïntegreerde Hulpbronplan stel ’n effe-ktiewe skaduprys op koolstof in. Aanvullende fiskale hervormings is nodig ten einde die prys van koolstof te verhoog om doeltreffendheid en belegging in groener tegnologieë dwars-deur die ekonomie aan te moedig.

Op kort termyn moet beleid vinnig en effektief reageer om die natuurlike omgewing te besk-erm en die gevolge van klimaatverandering te versag. Op lang termyn kan Suid-Afrika, met realistiese, sterk strategieë en wêreldwye vennootskappe, die oorgang na ’n laekoolst-ofekonomie bestuur teen ’n tempo wat in oo-reenstemming met die regering se openbare beloftes is, sonder om indiensneming of me-dedingendheid te benadeel.

Verbeter die gehalte van onderwysDie gehalte van skoolonderwys vir die meeste swart kinders is swak. Dit ontsê baie leerders toegang tot werkgeleenthede. Dit verminder ook die verdienstepotensiaal en loopbaanmo-biliteit van diegene wat wel werk kry – en be-perk die potensiële dinamisme van Suid-Afri-kaanse ondernemings.

Teen 2030 moet Suid-Afrika ’n onderwysstel-sel met die volgende eienskappe hê:¢Universele vroeë kinderonderwys van hoë

gehalte ¢Skoolonderwys van gehalte, met interna-

sionaal mededingende standaarde van geletterdheid en gesyferdheid

¢Verdere en hoër onderwys en opleiding wat mense in staat stel om hulle potensi-aal te verwesenlik

¢’n Uitbreidende hoëronderwyssektor wat tot stygende inkomste, hoër produkti-witeit en die skuif na ’n meer kennisinten-siewe ekonomie kan bydra

¢’n Breër stelsel van innovasie wat univer-siteite, wetenskapsrade en ander rolspe-lers in navorsing en ontwikkeling koppel met prioriteitsgebiede in die ekonomie.

Verbetering van die gehalte van onder-wys vereis streng bestuur, steun van alle belanghebbende partye en tyd. Volgens ’n 2010-studie5 van hervorming in 20 on-derwysstelsels dwarsoor die wêreld begin gesonde benaderings resultate oplewer on-5 McKinsey (2010). How the world’s most improved schooling

systems keep getting better.

Gestremdheid en armoede werk in ’n bose kringloop. Gestremdheid lei dikwels tot armoede, en op sy beurt lei armoede dikwels tot gestremdheid. Mense met gestremdhede kom voor talle diskriminerende versperrings te staan.

Gestremdheid moet in alle fasette van beplanning geïntegreer word, met die besef dat wat vir een persoon werk, dalk nie vir iemand anders geskik sal wees nie.

In ooreenstemming met die prioriteite van die plan moet mense met gestremdhede beter toegang tot gehalte-onderwys en indiensneming hê. Pogings om tersaaklike en toeganklike programme vir vaardigheidsontwikkeling vir mense met gestremdhede te verseker, saam met gelyke geleenthede vir hulle produktiewe en lonende indiensneming, moet geprioritiseer word.

mense met gestremdhede

31OORSIG

geveer ses jaar nadat hervormings ingestel is en verskyn volgehou dividende op die lang termyn.

Sedert 1994 is daar beduidende vordering in die onderwys gemaak. Voor 1990 het minder as ’n kwart van swart leerders matriek voltooi. In 2012 is hierdie syfer naby twee derdes. Suid-Afrika maak snelle vordering met die verbreding van voorskoolse onderwys en bykans 8 miljoen kinders kry ’n ete by die skool. Skoolbefondsing is gunstig vir armes, en klasgroottes daal in elke provinsie. Tog bestaan daar steeds uitdagings ten spyte van hervormings wat sedert 2009 ingestel is, veral betreffende die toets van leerders en steun vir onderwysersontwikkeling. Dringende optrede is nodig aan verskeie fronte: ¢Huishoudings en gemeenskappe. Be-

hoorlike voeding en dieet, veral vir kinders jonger as drie, is noodsaaklik vir gesonde fisiese en verstandelike ontwikkeling. Die Kommissie doen aanbevelings oor kindervoeding, hulp aan ouers en gesinne om die siklus van armoede te verbreek, en die verskaffing van die beste voor-bereiding vir jong kinders – insluitende ’n voorstel dat elke kind ten minste twee jaar voorskoolse onderwys moet kry.

¢Bestuur van die onderwysstelsel. Die vermindering van lae van burokra-sie sal meer hulpbronne beskikbaar stel om skole en onderwysers te steun. Die algemene praktykreëls is dat ingryp-ings, sowel ondersteunend as regstel-lend, omgekeerd eweredig moet wees aan skoolprestasie. Op hierdie wyse kan skole wat beter presteer, die vryheid ge-gee word om voort te gaan met hulle werk, so lank daar meetbare verbetering is. Ons doen spesifieke aanbevelings wat fokus op beter steun aan skole, die lew-ering van die basiese noodsaaklikhede vir ’n goeie opvoeding en die meting van die

regte dinge. Ons stel ’n veldtog voor om infrastruktuur in arm skole te verbeter, ve-ral in landelike gebiede.

¢Bekwaamheid en kapasiteit van skoolhoofde. Die gemeenskaplike eien-skap van alle goed bestuurde skole is leierskap. Die Departement van Basiese Onderwys het onlangs ’n program inges-tel om die bekwaamheid van hoofde en adjunkhoofde te meet. Hierdie opname sal ook help om swak presteerders te identifiseer, gebaseer op leerdertellings, en sal voorsiening maak vir steun aan hoofde en onderwysers. Hoofde moet suiwer op meriete gekies word, moet groter bevoegdhede oor skoolbestuur kry en moet aanspreeklik gehou word vir prestasie.

¢Onderwysersprestasie. Ons voorstelle dek opleiding, besoldiging, aansporings, tyd vir die taak, prestasiemeting, en in-houdelike en pedagogiese steun. Pro-fessionalisme en die toestande wat pro-fessionele gedrag verbeter, moet herbou word en aanspreeklikheid vir prestasie moet vergroot word. Dit beteken dat pro-fessionele ontwikke-ling, portuure-valuer ing, skoolin-f r a -

32 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

struktuur, die verskaffing van leerderste-unmateriaal en onderwysersteunstelsels versterk moet word. Onderwysers, in-dividueel sowel as op skoolvlak, moet aanspreeklik gehou word vir leerder-prestasie, met behoorlike inagneming van die leeromgewing.

¢Verdere onderwys en opleiding (VOO). Die VOO-stelsel is nie doeltreffend nie. Dit is te klein en die uitsetgehalte is swak. Deurlopende gehalteverbetering is nodig terwyl die stelsel uitbrei. Die gehalte en relevansie van kursusse moet drin-gend aandag kry. Wanneer gehalte begin

verbeter en die indiensneem-baarheid van gek-

walifeerdes begin styg, sal die vraag na VOO-dienste

outomaties styg. Om die sektor bloot

uit te brei sonder om op gehalte te fokus,

sal waarskynlik duur en de-m o r a l i s e r -end vir jong-mense wees

en sal die stel-sel verder stig-

matiseer. Teen 2030 moet die VOO-se-ktor ongeveer 25 persent van die oud-erdomsverwante kategorie dek, wat ’n toename van nagenoeg 300 000 vandag tot 1.25 miljoen teen 2030 impliseer.

¢Hoër onderwys. Die prestasie van bestaande instellings wissel van wêreld-klas tot middelmatig. Deurlopende ge-halteverbetering is nodig terwyl die stelsel teen ’n matige tempo uitbrei. ’n Groot uitdaging is dat swak skoolonderwys dit duurder maak om gegradueerdes op te lewer, en ’n betreklik klein aantal swart

studente gradueer aan universiteite. Die verhoging van deelname- en gradueerko-erse, met die opsie van ’n vierjarige uni-versiteitsgraad, gekombineer met oor-bruggingskursusse en meer steun vir universiteite om swart studente uit be-nadeelde agtergronde te help, sal waar-skynlik groter opbrengste oplewer.

¢Navorsing en ontwikkeling (N&O). ’n Gelyktydige fokus op N&O en op die ka-liber van onderrig sal die gehalte van hoër onderwys verbeter, maar sonder aandag sal kennisproduksie en innovasie deur on-toereikende mensekapasiteit aan bande gelê word. Universiteite moet sentrums van uitnemendheid word aan die voor-punt van die tegnologie. Deur studente van oorsee te lok, kan universiteite inkom-ste voortbring en die vaardigheidspoel vergroot. Studente van oorsee wat aan Suid-Afrikaanse universiteite gradueer, moet vir ’n werkpermit van sewe jaar kwalifiseer om hulle aan te moedig om hier te bly en te werk. Hoewel Suid-Afri-ka meer aan N&O oor die algemeen moet bestee, moet die institusionele opset ook die skakel tussen innovasie en sakevere-istes verbeter. Die regering moet met die private sektor saamwerk om die vlak van N&O te verhoog, met hulpbronne wat geteiken word op die bou van die na-vorsingsinfrastruktuur wat vir ’n moderne ekonomie nodig is.

Gesondheidsorg van gehalte vir almalLangtermyngesondheidsuitkomste word be-paal deur faktore wat grotendeels buite die gesondheidstelsel is: lewenstyl, dieet en voed-ingsvlakke, onderwys, seksuele gedrag, oe-fening, padongelukke en die vlak van geweld-pleging. Die Kommissie doen aanbevelings op elk van hierdie gebiede. Prioriteitsgebiede sluit in seksopvoeding, voeding, oefening, en die bekamping van rook en alkoholmisbruik.

33OORSIG

Hierdie dinge is sosiale verantwoordelikhede wat verdien om deur elke burger ernstig op-geneem te word en deur gesinne en instell-ings bevorder te word.

Goeie gesondheid is noodsaaklik vir ’n pro-duktiewe en vervullende lewe. Die Diagnos-tic Report toon die skrille onderling verwante uitdagings wat deur ’n verkrummelende gesondheidstelsel en ’n stygende siektelas gestel word. Suid-Afrika se gebroke open-bare gesondheidstelsel moet reggemaak word. Groter gebruikmaking van private sorg, waarvoor gebruikers of gesondheidsversek-ering betaal, is deel van die oplossing, maar dit is nie ’n plaasvervanger vir die verbetering van openbare gesondheidsorg nie. ’n Wortel-en-lat-poging om die gehalte van sorg te ver-beter, is nodig, veral op primêre vlak.

Teen 2030 moet die gesondheidstelsel gehal-tesorg aan almal bied, gratis by die dienspunt, waarvoor openbaar of privaat befondste versekering betaal. Die primêre en distriks-gesondheidstelsel moet universele toegang bied, met klem op voorkoming, opvoeding, siektebestuur en behandeling. Hospitale moet doelmatig en doeltreffend wees en moet sekondêre en tersiêre sorg van gehalte ver-skaf vir dié wat dit nodig het. Meer gesond-heidsberoepslui moet beskikbaar wees, veral in armer gemeenskappe.

Die hervorming van die openbare gesond-heidstelsel moet fokus op: ¢Verbeterde bestuur, veral op institusionele

vlak¢Meer en beter opgeleide gesondheids-

beroepslui¢Groter diskresie oor kliniese en adminis-

tratiewe sake op fasiliteitsvlak, gekombi-neer met effektiewe aanspreeklikheid

¢Beter pasiëntinligtingstelsels wat meer gedesentraliseerde en tuisgebaseerde

sorgmodelle steun¢’n Fokus op moeder- en babagesond-

heidsorg.

Op institusionele vlak verkeer gesondheid-sorgbestuur in ’n krisis. Die Departement van Gesondheid het onlangs ’n program ingestel om bestuursbekwaamheid te evalueer. Aan-vullende hervormings moet die groter dele-gering van bevoegdheid oor personeel, skof-strukture en roetineverkryging insluit.

’n Distriksgebaseerde benadering tot primêre gesondheidsorg is deel van die loodsfase van nasionale gesondheidsversekering. Om hierdie benadering te laat slaag, moet die gesondheidstelsel meer personeel kry (in-sluitende beroepslui en paramedici), asook nuwe vorms van bestuursgesag en versterkte statutêre strukture vir gemeenskapsverteen-woordiging.

Die MIV/vigs-epidemie toon Suid-Afrika se vermoë om monumentale sosiale en politieke foute te maak – asook sy vermoë om dit reg te stel en ’n komplekse program doeltreffend te implementeer. Die sukses van die gesond-heidstelsel om die epidemie oor die afgelope vyf jaar te bestuur, is lofwaardig. Daar is egter geen ruimte vir selftevredenheid nie. Daar is ’n voortdurende behoefte aan opvoeding, voorkoming, toetsing en behandeling. Die verlaging van die koers van nuwe infeksies sal die druk op die openbare gesondheidstelsel verlaag. Maar selfs al is daar geen nuwe infek-sies nie, sal daar steeds ’n aansienlike aantal MIV-positiewe mense wees wat behandeling nodig het, wat voortdurende uitdagings stel vir die tuberkulose-infeksiekoers en die risiko dat middelweerstandige MIV-stamme kan ontwikkel. Die epidemie en die implikasies daarvan vir openbare beleid sal waarskynlik nog ten minste ’n geslag lank voortbestaan – moontlik twee geslagte.

34 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Die bou van ’n nasionale gesondheidversek-eringstelsel is ’n belangrike doelwit. Om dit te laat slaag, is daar vier voorvereistes: verbeter-ing van die gehalte van openbare gesondheid-sorg, verlaging van die relatiewe koste van private sorg, werwing van meer beroepslui in sowel die openbare as die private sektor, en die ontwikkeling van ’n gesondheidsinligting-stelsel wat openbare en private gesondheid-sorgverskaffers dek. Hierdie hervormings sal tyd neem, samewerking tussen die openbare en die private sektor vereis en beduidende hulpbronne verg.

Maatskaplike beskermingMaatskaplike beskerming bring maatskaplike solidariteit mee en verseker ’n basiese lewen-standaard. Dit speel ook ’n belangrike rol om huishoudings en gesinne te help om lewens-risiko’s te bestuur, en dit vergemaklik arbeids-markoorgange, wat tot ’n aanpasbaarder ekonomie bydra.

Teen 2030 moet Suid-Afrika ’n omvattende stelsel van maatskaplike beskerming hê wat insluit toelaes vir bestaansbeveiliging, verpligte aftreespaarstelsels, risikovoordele (soos voor-dele vir werkloosheid, dood en ongeskiktheid) en vrywillige aftreespaarstelsels.

’n Deel van ons benadering tot maatskaplike beskerming is deur ’n maatskaplike voordeel, wat skole sonder skoolgelde, gratis basiese dienste en gesubsidieerde openbare vervo-er insluit. Benewens die skepping van meer werkgeleenthede in die private sektor sal ’n beduidende verbreding van openbare indien-snemingsprogramme ook help om te versek-er dat minder huishoudings onder ’n bepaal-de inkomstevlak lewe.

Om die oogmerke van breër maatskaplike veiligheidsdekking te verwesenlik, stel ons die

volgende voor: ¢’n Aanvaarbare minimum lewenstandaard

moet gedefinieer word, insluitende wat nodig is om mense in staat te stel om hulle vermoëns te ontwikkel.

¢Die aftreespaar- en risikovoordeelgaping moet oorbrug word deur hervormings, insluitende verpligte bydraes, met oorwe-ging van subsidiëring van hierdie bydraes vir lae-inkomste- of periodieke werkers.

¢Maatskaplike welsynsdienste moet uitge-brei word, met meer onderwys en opleid-ing vir maatskaplikewerkpraktisyns en ’n hersiening van befondsing vir organis-asies sonder winsoogmerk.

¢Openbare indiensneming moet uitgebrei word, met ’n fokus op die jeug en vroue. Openbare indiensneming sal teen 2020 na raming die ekwivalent van 2 miljoen voltydse werkgeleenthede bied.

¢’n Verbintenis tot huishoudelike voedsel- en voedingsekuriteit met optrede deur die openbare en die private sektor.

Bou veiliger gemeenskappeTeen 2030 moet mense wat in Suid-Afrika woon, veilig voel en geen vrees vir misdaad hê nie. Vroue, kinders en kwesbare groepe moet beskermd voel. Hulle moet vertroue in die strafregstelsel hê om misdadigers wat indiv-iduele en gemeenskapsveiligheid skend, effe-ktief aan te keer en te vervolg. Die Suid-Afri-kaanse Polisiediens en die metropolisie moet professionele instellings wees wat beman word deur opgeleide, gedissiplineerde, etiese persone wat hulle werk waardeer en die ge-meenskap dien.

Die verwesenliking van hierdie visie vereis geteikende optrede op vyf sleutelgebiede: ¢Versterk die strafregstelsel. Dit vereis

samewerking tussen alle departemente in die regering se justisie-, misdaad-voorkoming- en sekuriteitgroep. Die

35OORSIG

aanbevelings in die Review of the South African Criminal Justice System sal baie doen om die stelsel se huidige swakhede die hoof te bied.

¢Maak die polisiediens professioneel. Die polisie se gedragskode en kode van professionalisme moet aan bevordering en dissipline in die diens gekoppel word. Werwing moet bekwame, opgeleide ber-oepslui lok deur ’n tweebaanstelsel: een vir offisiere en een vir onderoffisiere.

¢Demilitariseer die polisiediens. Die besluit om die polisiemag te demilitarise-er en weg te beweeg van sy geskiedenis van brutaliteit, was ’n sleuteloogmerk van transformasie na 1994. Die hermilitariser-ing van die polisie die afgelope jare het nie groter respek vir die polisie of hoër skuld-igbevindingskoerse tot gevolg gehad nie. Dit het hoogstens tot geweld bygedra. Die polisie moet gedemilitariseer word en soos ’n professionele burgerlike diens bestuur word.

¢Volg ’n geïntegreerde benadering. Om ’n veilige samelewing te kry, beteken dat die fundamentele oorsake van misd-adigheid getakel moet word, wat ’n wye verskeidenheid staats- en gemeenskap-shulpbronne vereis.

¢Ontwikkel gemeenskapsdeelname. Organisasies van die burgerlike same-

lewing en burgerlike deelname is nodig om veilige gemeenskappe te vestig. Ge-meenskapsveiligheidsentrums moet oor-weeg word.

Die Kommissie steun die sewepuntplan wat deur die strafregstelsel opgestel is en in Hoof-stuk 12 in besonderhede bespreek word.

’n Bekwame en ontwikkelingsgerigte staatBeter bestuur’n Plan is net so geloofwaardig as wat die leweringsmeganisme daarvan lewensvatbaar is. Daar is ’n wesenlike risiko dat Suid-Afri-ka se ontwikkelingsagenda kan misluk omdat die staat nie in staat is om dit te implemen-teer nie. Die Kommissie maak verreikende voorstelle vir institusionele hervorming om die ongelyke en dikwels swak prestasie van die staatsdiens en plaaslike regering reg te stel.

’n Ontwikkelingsgerigte staat takel die gron-doorsake van armoede en ongelykheid. ’n Suid-Afrikaanse ontwikkelingsgerigte staat sal ingryp om ontwikkeling te steun en te lei sodat die hele samelewing (veral die armes) daarby baat vind, en sal konsensus bou so-dat langtermyn nasionale belange voorrang kry bo korttermyn seksionele belange.

’n Ontwikkelingsgerigte staat moet bekwaam wees, maar ’n bekwame staat kom nie per dekreet tot stand nie, en ook nie deur wetge-wing of verklarings nie. Dit moet gebou word, steen vir steen, instelling vir instelling, en moet oor tyd volgehou en vernuwe word. Dit vereis leierskap, goeie beleide, vaardige bestuurders en werkers, duidelike lyne van aanspreeklik-heid, geskikte stelsels, en konsekwente en billike toepassing van reëls.

Beleidsonstabiliteit is ’n kwelling. Hoewel daar gevalle is waar beleid moet verander, onder-skat die regering dikwels die ontwrigtende

36 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

uitwerking van groot beleidsaanpassings op dienslewering. Daar moet ewewig wees, en dié ewewig ontbreek tans.

Om die aspirasie van ’n bekwame en ontwik-kelingsgerigte staat te verwesenlik, moet die land die Parlement se toesigrol versterk, die politiek-administrasie-koppelvlak stabiliseer, die staatsdiens professionaliseer, vaardighede opgradeer en koördinasie verbeter. ’n Meer pragmatiese en proaktiewe benadering is ook nodig ten einde die interowerheidstelsel te bestuur om ’n beter verhouding tussen ve-rantwoordelikheid en kapasiteit te verseker. Die staat moet insgelyks bereid wees om te eksperimenteer, om uit ervaring te leer en om uiteenlopende benaderings te volg ten einde gemeenskaplike doelwitte te bereik.

Om die staatsdiens te profes-sionaliseer, stel ons die vol-gende voor:

¢’n Administratiewe hoof van die staatsdiens moet geskep word, met ver-antwoordelikheid om die loopbaanvordering van departement-shoofde te bestuur, insluitende die byeen-roep van panele vir werwing, prestasie-beoordeling en dissiplinêre prosedures.

¢’n Hibriede stelsel vir die aanstelling van departementshoofde moet ingestel word, wat sowel politieke as administratiewe el-emente bevat.

¢’n Werwingsprogram vir gegradueerdes en ’n vaardigheidontwikkelingstrategie vir plaaslike regering moet ingestel word om kandidate van hoë gehalte te lok.

¢Die rol van die Staatsdienskommissie by die bevordering van norme en standaarde en die monitering van werwingsprosesse moet versterk word.

¢’n Suiwer administratiewe benadering moet vir aanstellings op laer vlakke gevolg word, met senior amptenare wat volle gesag kry om personeel in hulle departe-mente aan te stel.

Die vaardigheidsprofiel van die staatsdiens is ’n spieëlbeeld van die nasionale vaardigheid-sprofiel. Daar is kritieke tekorte aan goeie dok-ters, ingenieurs, inligtingtegnologieberoepslui, forensiese spesialiste, speurders, beplanners, rekenmeesters, aanklaers, kurrikulumadvi-seurs en dies meer. Die bestuursvermoë van senior personeel in ’n komplekse organisa-toriese, politieke en maatskaplike konteks vereis voorts meer aandag. Om die tekorte aan sowel tegniese as bestuursvaardighede

die hoof te bied, moet die re-gering ’n langtermynperspek-tief aanvaar vir die ontwikke-ling van die vaardighede wat hy nodig het deur loopbaan-padbeplanning, mentorskap en nouer verhoudings met universiteite en bestuurskole.

Aanspreeklikheid is noodsaak-lik vir die demokrasie. Daar is

verskeie swakhede in die aanspreeklikheid-sketting, met ’n algemene kultuur van blaam-verskuiwing. Die aanspreeklikheidsketting moet van bo tot onder versterk word. Om mee te begin, parlementêre aanspreeklikheid is swak en die Parlement slaag nie daarin om sy mees basiese oorsigrol te vervul nie. Onderwysuitkomste kan nie verbeter nie ten-sy aanspreeklikheid dwarsdeur die stelsel ver-sterk word, van leerderuitslae tot die lewering van handboeke. Die toenemende aantal be-togings oor dienslewering toon dat die staat dit ook vir burgers makliker moet maak om kwellings te opper. Wanneer burgers ’n open-bare gebou binnegaan, moet hulle kan sien watter diens hulle kan verwag en waarheen

37OORSIG

hulle moet gaan en met wie hulle moet praat as hulle nie tevrede is nie.

Aanspreeklikheid in staatsbeheerde onderne-mings vervaag as gevolg van ’n ingewikkelde en onduidelike aanstellingsproses en, by tye, onbehoorlike politieke inmenging. Ons beveel aan dat lyne van aanspreeklikheid duideliker gemaak word deur openbarebelangmandate te ontwikkel wat uiteensit hoe elke staatsbe-heerde onderneming die openbare belang dien, sodat daar verseker kan word dat aan-stellingsprosesse meritokraties en deursigtig is en koördinasie tussen die beleidsafdeling en die aandeelhouersafdeling verbeter kan word.

Verbeterings is aangebring in die doeltreffend-heid van dienslewering in dele van die ower-heid, spesifiek die Suid-Afrikaanse Inkomste-diens en loodsprojekte in die Departemente van Binnelandse Sake, Gesondheid en Jus-tisie. Bedryfsbestuur en stelselverbeterings lê aan hierdie hervormings ten grondslag, en hierdie suksesse moet op meer gebiede in die owerheidsektor herhaal word. Hierdie ervar-ings toon wat bereik kan word wanneer leiers en personeel daartoe verbind is om saam te werk ten einde prestasie te verbeter.

Die doeltreffendheid van die tussenower-heidstelsel is ’n onderwerp wat tot intense gesprekvoering lei. Die verskillende sfere van regering is onderling afhanklik en ons moet maniere kry om te verseker dat hulle doeltr-effender saamwerk. Die plan beoog ’n ver-andering in benadering weg van pogings om nuwe strukturele reëlings te kry, wat destabi-liserend is, na die identifisering en oplossing van bepaalde swakhede in koördinasie en kapasiteit. Die staat moet die bestuur van die stelsel verbeter, insluitende bemiddeling-sooreenkomste tussen distriks- en plaaslike munisipaliteite waar daar duplisering of konf-

lik is oor die toewysing van verantwoordelik-hede en hulpbronne. Provinsies moet op hulle kernfunksies fokus en hulle kapasiteit ontwik-kel om plaaslike regering te steun en toesig daaroor te hou.

Die grondwetlike raamwerk maak voorsien-ing vir meer differensiasie by die toewysing van bevoegdhede en funksies, en dit moet gebruik word om ’n beter verhouding tussen die kapasiteit en verantwoordelikhede van provinsies en munisipaliteite te verseker. Die bestaande stelsel kan verbeter word, met opheldering van verantwoordelikhede op die gebied van behuising, water, sanitasie, ele-ktrisiteit en openbare vervoer. Groot stede moet groter fiskale en politieke bevoegd-hede kry om die opgradering van menslike vestiging, vervoer en ruimtelike beplanning te koördineer. Op ander gebiede kan streek-nutsmaatskappye dienste lewer namens mu-nisipaliteite met minder hulpbronne, maar dit moet deur munisipaliteite gelei word om te voorkom dat demokratiese aanspreeklikheid en dienslewering ondermyn word.

Beveg korrupsieHoë vlakke van korrupsie dwarsboom die samelewing se vermoë om billik en doeltref-fend te funksioneer en die staat se vermoë om sy ontwikkelingsmandaat ten uitvoer te bring. Volgens Transparency International se internasionale opname van korrupsie het die vlak van korrupsie tussen 2001 en 2010 gestyg. Korrupsie behels dikwels deelnemers in sowel die openbare as die private sektor. Die persepsie van hoë vlakke van onwettige handelinge op senior regeringsvlakke maak die stryd teen korrupsie soveel moeiliker.

Sterk sosiale faktore speel ’n bydraende rol. Persepsies dat die struktuur van die ekono-mie onregverdig is, historiese onbillikheid en nuwe vorms van bemagtiging wat individue

38 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

met die regte politieke bande bevoordeel, bevorder ’n kultuur waarin korrupsie gedy, in die regering asook in die sakesektor. Hierdie onderliggende sosiale verskynsels moet die hoof gebied word as deel van die stryd teen korrupsie. Politieke wil is noodsaaklik om hierdie plaag te bekamp. Politieke wil word gemeet deur te bepaal hoeveel geld aan die bekamping van korrupsie bestee word, die regsarse-naal wat korrupsiebestrydende instellings tot hulle beskikking het, die onafhanklikheid van teenkorrupsie-owerhede van politieke inmenging en die konsekwentheid waarmee die reg toegepas word. Inkonsekwentheid word geïmpliseer as daar sag opgetree word in kleiner sake of ongewoon hard opgetree word oor korrupsie waarby politieke oppo-nente betrokke is.

Benewens politieke wil moet korrupsie aan drie fronte beveg word: afskrikking, voorkom-ing en opvoeding. Afskrikking help mense om te verstaan dat hulle waarskynlik gevang en gestraf sal word. Voorkoming gaan oor stelsels (inligting, oudit en dies meer) wat dit moeilik maak om by korrupte dade betrokke te raak. Die sosiale dimensies van korrupsie moet aandag kry deur op waardes te fokus deur opvoeding.

Ons stel verskeie maatreëls voor om Suid-Afrika se teen-korrupsie-arsenaal te versterk: ¢Bekwame,

vaardige i n s t e l l -ings soos die Open-bare Besker-

mer en die Spesiale Ondersoekeenheid moet toereikend befonds en beman word en vry van eksterne inmenging wees.

¢Duisende sake word ondersoek, maar min beland in die hof. Gespesialiseerde spanne aanklaers en spesiale howe moet ingestel word.

¢Die regering se verkrygingsbeleide laat die lyne vervaag wat korrupsie betref, en die staat se verkrygingstelsel het oor-matig geburokratiseer geword. Die klem op nakoming deur regmerkies te maak, maak die stelsel duur, lomp, ondoeltr-effend en vatbaar vir bedrog. Ons stel voor groter sentrale toesig oor groot en langtermyntenders, om dit onwettig te maak vir staatsamptenare om sekere ti-pes sakeondernemings te bedryf en om individue aanspreeklik te maak vir verliese in gevalle van bewese korrupsie.

Die land het nog skaars begin om same-lewingsfaktore wat tot korrupsie bydra, die hoof te bied. Suid-Afrika se geskiedenis van staatsgesteunde begunstiging laat etiese

standaarde verder vervaag. Die ervaring internasionaal toon dat korrupsie be-duidend verminder en die publiek se vertroue herstel kan word met politieke wil en volgehoue toepassing van die

regte strategieë.

Leierskap en ver-antwoordelikheid dwarsdeur die samelewingDie suksesvolle implementering van hierdie plan vereis sterk lei-erskap van die regering, die sakesek to r, arbeid en die

39OORSIG

burgerlike samelewing.

Suid-Afrika het leiers dwarsoor die same-lewing nodig om saam te werk. Net soos die oorgang van apartheid ’n wen-wen-oplossing was pleks van ’n kortsigtige magstryd, sal die stryd teen armoede en ongelykheid voordele inhou vir almal – wit en swart, ryk en arm. In die lig van die land se verdeelde verlede is leiers soms voorstanders van posisies wat eng, korttermynbelange dien ten koste van ’n breër langtermynagenda. Dit is noodsaaklik om uit hierdie siklus uit te breek, met leiers wat gewillig en in staat is om groter verant-woordelikheid te aanvaar ten einde Suid-Afri-ka se uitdagings die hoof te bied.

Om hierdie plan suksesvol te implement-eer, het die land vennootskappe dwarsoor die samelewing nodig wat saamwerk vir ’n gemeenskaplike doel. Op die oomblik het Suid-Afrika hoë vlakke van wantroue tussen groot sosiale vennote. ’n Goeie kringloop van die opbou van vertroue en betrokkenheid by samesprekings om die knellendste uitdagings die hoof te bied, is nodig – een wat ’n langter-mynsiening volg.

Die regering sal verantwoordelik wees vir ’n groot deel van die aanbevelings in die plan. Om hierdie aanbevelings te im-plementeer, sal die regering sy aanspreeklikheidsketting moet versterk, sy kapasiteit moet verbeter, bereid moet wees om moeilike besluite te neem en om met andere in die samelewing saam te werk om uitdagings die hoof te bied. Dit betek-en om eerlik en opreg met die publiek te kommunikeer, ter-wyl burgers vir hulle

dade aanspreeklik gehou word. Leiers, veral in die regering, moet ook moeilike besluite en kompromieë hanteer. Sterk leierskap beteken om sulke besluite te neem en die samelewing effektief te oortuig dat die beste pad gevolg word.

Die staat stel die etiese standaard vir die same-lewing as geheel. As die persepsie bestaan dat korrupsie in die regering aanneemlik is, sal dit ’n uitwerking hê op die manier hoe die samelewing optree. Dit maak dit nog belan-griker dat die regering moet optree teen die hoë vlakke van korrupsie in sy geledere.

Die private sektor het ongeveer driekwart van Suid-Afrika se werkers in diens en lew-er meer as twee derdes van die belegging en N&O-besteding op. Suid-Afrika het ’n florerende private sektor nodig wat in pro-duksiekapasiteit investeer. Die winsmotief dryf sakeondernemings, maar maatskap-pye kan nie groei nie tensy hulle bedrywig is in ’n omgewing waar indiensneming en inkomstevlakke styg. Wetgewing vereis van sakeondernemings om aandag te gee aan diensbillikheid, swart ekonomiese bemagtig-ing, die omgewing, vaardigheidsontwikke-ling, plaaslike inhoud, kleinsakeontwikkeling, maatskaplike gemeenskapsverantwoordelik-heid en verskeie liggingspesifieke vereistes

40 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

soos ontwikkelingstrategieë vir mynbouge-biede. In hierdie ingewikkelde konteks is dit in die langtermynbelang van alle ondernemings dat die land vinniger moet groei en dat meer mense in diens geneem moet word.

Dit is ook in belang van ondernemings dat die vlak van ongelykheid verlaag moet word. Ongelykheid verhoog die koste om sake te doen, trek die markstruktuur skeef en bep-erk uiteindelik groeigeleenthede. Dit skep ook wantroue en spanning. Buitensporige besol-diging vir uitvoerende beamptes dra weinig daartoe by om ’n meer inklusiewe samelew-ing te bou waar almal voel dat hulle in die vrugte van ontwikkeling deel. Dit is onprak-ties om salarisse deur wetgewing te reguleer, maar die leierskorps moet verseker dat maat-skappye verantwoordeliker optree.

Ondanks gesonde balansstate investeer baie Suid-Afrikaanse maatskappye nie omdat die wêreldekonomie swak bly. Maatskappye is ook besorg oor veranderinge in beleid en die reguleringsomgewing wat koste kan verhoog. Lae belegging is in ’n mate ook die gevolg van ontoereikende infrastruktuur wat deur staatsbeheerde ondernemings verskaf word. Suid-Afrika moet hierdie siklus van lae groei en lae belegging verbreek. Die regering het ’n

belangrike rol om te speel deur vertroue te

bou om langtermynbelegging aan te moedig. Die sakesektor het ook ’n rol om te speel – as almal meer investeer, sal die private sektor die ekonomiese wins kry.

Suid-Afrika het ’n goed ontwikkelde en le-wendige vakbondbeweging. Vakbonde speel histories ’n rol in die politiek en besef dat die kwessies wat hulle lede raak, nie by die fab-riekshek eindig nie. Vakbonde bevorder die belange van hulle lede en gee ’n stem aan kwesbare werkers, soos plaaswerkers, hu-ishulpe en los werkers. Die regte en voordele wat werkers gekry het en stygings in lewen-standaard wat die meeste werkers sedert 1994 ondervind, is ’n beduidende wins vir die land.

Om aan te hou vordering maak met die ver-hoging van inkomste en lewenstandaarde, moet produktiwiteit ook toeneem. Suid-Afri-ka se arbeidsmark word dikwels gekenmerk deur twiste tussen winsgewende maatskap-pye en redelik goed besoldigde werknemers. Uitkomste wat in bedingingsprosesse bepaal word, laat weinig ruimte vir nuwe toetreders om die werkplek te betree. Om hoë vlakke van werkloosheid die hoof te bied, veral onder die jeug, sal buitengewone maatreëls verg. Vakbondleierskap is van kritieke belang om te verseker dat winste deur lede op lang termyn

volhoubaar is. Om dit te verwesenlik, moet pro-

duktiwiteit en indien-sneming deurlopend

styg.

In ’n ontwikkelingsgerigte staat deel vakbonde verant-

woordelikheid vir die gehalte van dienste gelewer, vir die verbetering van regeringsprestasie en vir die bekamping van korrupsie en on-doeltreffendheid.

41OORSIG

Leiers in die burgerlike samelewing verteen-woordig burgers oor kwessies wat hulle die naaste aan die hart lê en moet ernstig opge-neem word. Hierdie leiers is daarvoor verant-woordelik om te verseker dat kritiek en protes met waardigheid en volwassenheid gesk-ied. Hoewel leiers van die burgerlike same-lewing soms net eng belange in ’n breë en uiteenlopende samelewing verteenwoordig, vorm hulle ’n integrale deel van ’n lewendige demokrasie wat mense by hulle eie ontwikke-ling betrek.

Kritieke suksesfaktore vir die planDie rol van die Nasionale Beplanningskom-missie is om die regering en die land te ad-viseer oor kwessies rakende die land se langtermynontwikkeling. Dit is ’n plan vir die hele land, en alle dele van die samelewing moet verantwoordelikheid aanvaar om dit ’n werklikheid te maak. Om die plan suksesvol te implementeer, het die Kommissie ’n aantal kritieke suksesfaktore geïdentifiseer.

Gefokusde leierskapOmdat die plan bedoel is om fundamentele verandering oor ’n tydperk van byna twee dekades teweeg te bring, vereis dit ’n mate van beleidskonsekwentheid wat oor verand-eringe in leierskap in die regering, die sakese-ktor en arbeid heen strek. Baie aspekte van die plan sal jare se werk vereis om resultate op te lewer. Byvoorbeeld, die oorgang na ’n laekoolstofekonomie sal langtermynbeleide vereis, en regulasies vir ruimtelike beplanning sal dekades neem om die geografiese ver-delings van apartheid te oorkom. Beleidsver-anderinge moet versigtig benader word op grond van ondervinding en bewyse sodat die land nie sy langtermynoogmerke uit die oog verloor nie.

’n plan vir almal Breë steun dwarsoor die samelewing is nodig vir die suksesvolle implementering van die plan. In ’n lewendige demokrasie sal hierdie steun nie onkrities wees nie. Lewendige de-batvoering is noodsaaklik om breë konsensus en breed gebaseerde eienaarskap van die plan te bou. Opbouende debatvoering dra ook tot nasiebou by en stel Suid-Afrikaners in staat om ’n beter begrip te ontwikkel en om eienaarskap van hulle kollektiewe prioriteite te neem. Verskillende dele van die plan vere-is aanvaarding en opoffering van verskillende sektore. Wanneer daar verskille ontstaan, is dit belangrik dat die redes vir meningsverskil bespreek en uitvoerig verduidelik moet word, sodat daar breë konsensus oor die pad vor-entoe kan wees. Die Nasionale Beplanning-skommissie kan sy byeenroepbevoegdheid gebruik om belanghebbendes bymekaar te bring ten einde dialoog te fasiliteer en oploss-ings te ontwikkel.

Institusionele vermoëns’n Groot deel van die plan handel oor die institusionele hervormings wat nodig is om swakhede in die openbare sektor te oorkom, veral waar openbare agentskappe nie in staat is om hulle verantwoordelikhede teenoor arm gemeenskappe na te kom nie. Hierdie voors-telle gaan oor die ontwikkeling van die eien-skappe wat nodig is om die plan te steun. Die bou van institusionele vermoëns vereis tyd en moeite. Die hoofstuk oor die bou van ’n bekwame en ontwikkelingsgerigte staat bied rigtingwysers oor die benadering wat gevolg moet word. Instellings verbeter deur voort-durende leer en inkrementele stappe; deur die ernstigste probleem te takel en op te los en dan na die volgende prioriteit oor te gaan. Dit vereis goeie bestuur, ’n verbintenis tot hoë prestasie, ’n onversetlike fokus op etiek en ’n gewilligheid om uit ondervinding te leer.

42 NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN - 2030

Verskeie uitdagings vereis aandag, insluitende ’n kritieke gebrek aan vaardighede, ’n kom-plekse tussenowerheidstelsel, hoë vlakke van korrupsie, swak lyne van aanspreeklikheid, ontoereikende wetgewende toesig en ’n lang geskiedenis van vervaging van die skeidslyne tussen party en staat. Dit is moeilike kwess-ies, en dit vereis eerlike nadenke, deeglike be-planning en beslissende leierskap.

Hulpbronmobilisering en ooreenstem-ming oor kompromieëDie Nasionale Ontwikkelingsplan sal hulp-brontoewysing oor die volgende twee deka-des rig, maar dit sal nie jaarlikse begrotings bepaal nie. Die beste manier om hulpbronne te genereer om die plan te implementeer, is om die ekonomie vinniger te laat groei. As die ekonomie met meer as 5 persent per jaar groei, sal staatsinkomste en die wins van pri-vate maatskappye oor die volgende 20 jaar meer as verdubbel.

Die plan steun die regering se voorneme om hulpbronne geleidelik te kanaliseer na beleg-ging wat die ekonomie hervorm, meer geleen-thede skep en vermoëns vergroot. As gevolg daarvan sal ander dele van die nasionale be-groting stadiger moet groei.

Groter besteding aan belegging is net die eerste stap. Suid-Afrika moet ook die gehalte van hierdie besteding verbeter deur beter beplanning, gesonde verkrygingstelsels en groter mededinging in die ekonomie. Daar bestaan ’n behoefte aan groter doeltreffend-heid op alle gebiede van staatsbesteding, omdat die totale bedrag op medium termyn waarskynlik betreklik stadig gaan groei. Be-sondere aandag moet aan die bestuur van die staat se loonrekening gegee word sodat hulp-bronne vir ander prioriteite beskikbaar gestel kan word. Dit behels dat ’n balans gevind sal

moet word tussen mededingende vereistes, soos die vergroting van personeelgetalle, to-ereikend besoldigde geskoolde beroepslui en die verbetering van voordeeldekking.

Die plan beoog ’n drieledige mensehulpbron-strategie wat ’n langtermyn-opleidingstrate-gie, beter uitsette van die hoëronderwyssek-tor en strategiese toewysing van skaars hulp-bronne behels.

Volgorde en bereidheid om te prioritiseerDie regering moet bereid wees om te priori-tiseer. Die Kabinet en senior openbare amp-tenare moet die meeste van hulle aandag op ’n paar strategiese prioriteite toespits. Hier-die plan bied so ’n strategiese raamwerk. Dit identifiseer hoëvlakprioriteite en, op sommige gebiede, ’n spesifieke volgorde. Byvoorbeeld, die plan skets die behoefte om die gehalte van VOO-kolleges te verbeter voordat kapasiteit vinnig uitgebrei word. Die implementering van hierdie plan sal ’n aantal moeilike, potensieel ongewilde besluite vereis.

Duidelikheid oor verantwoordelikheid’n Herhalende tema in die plan is dat die aanspreeklikheidsketting versterk moet word. Die publiek moet ’n duideliker idee kry van wie waarvoor verantwoordelik is. Daar moet stelsels wees om alle leiers in die samelewing aanspreeklik te hou vir hul optrede.

Swak stelsels wat swak presteer, maak dit moeilik om verantwoordelik toe te wys, wat dikwels tot gevolg het dat niemand aanspreek-lik is nie. Die plan noem die voorbeeld van wat gebeur wanneer daar bevind word dat die water in ’n dorp ondrinkbaar is. Die media pak die skuld op die Minister van Waterwese. Die gemeenskap blameer die burgemeester. Die burgemeester sê dis die hoof van die water-nutsonderneming se skuld. Die hoof van die waternutsonderneming blameer die tegniese

43OORSIG

ingenieur. Die ingenieur sê die instandhoud-ingsbegroting is die afgelope drie jaar besnoei en nou is die water ondrinkbaar. Die hoof van finansies in die munisipaliteit sê die begroting is besnoei omdat geld vir instandhouding vir personeelkoste aangewend moes word. Die burgemeester sê die salarisstruktuur is op na-sionale vlak deur die Suid-Afrikaanse Plaas-likeregeringsvereniging beding. Die vereniging sê munisipaliteite kan hulle aan hierdie oo-reenkomste onttrek as dit onbekostigbaar is. En so gaan dit aan.

Suid-Afrika se tussenowerheidstelsel is inge-wikkeld, maar hierdie uitdaging is nie ’n ver-skoning om lyne van verantwoordelikheid te laat vervaag nie. Die instelling van die Depar-tement van Prestasiemonitering en -evaluer-ing is ’n positiewe stap om die aanspreeklik-heidsketting sterker te maak. Die Kommissie doen ook ’n oproep dat aandeelhouersoo-reenkomste met staatsbeheerde onderne-mings en prestasieooreenkomste met kabi-netsministers bekend gemaak word.

Daar moet duidelikheid wees wanneer par-tye buite die regering verantwoordelik is vir die implementering van dele van die plan. Die sakesektor, arbeid en die burgerlike samelew-ing is uiteenlopende groepe en praat selde uit een mond. Desondanks is duidelike ver-antwoordelikhede en aanspreeklikheidsket-tings, ook met sosiale vennote, noodsaaklik vir die sukses van die plan. Op baie gebiede kan die sakesektor, arbeid en die burgerlike samelewing identifiseer hoe hulle tot die plan se prioriteite kan bydra. In sommige gevalle sal hierdie rol egter geformaliseer moet word. Samewerking om bepaalde oogmerke van die plan te verwesenlik, sal help om vertroue sowel binne as tussen sektore te bou.

Ter afsluitingOm oor die volgende twee dekades sinvolle,

snelle en volgehoue vordering met die vermin-dering van armoede en ongelykheid te maak, moet Suid-Afrika die toekoms bepaal – en vandag daarmee begin. Hierdie plan skets ’n nuwe ontwikkelingsbenadering wat beoog om gemeenskappe, die jeug, werkers, werk-loses en die sakesektor te betrek by ’n ven-nootskap met ’n bekwamer staat. Die doel is om die vermoëns van individue en van die land te ontwikkel en geleenthede vir almal te skep. Dis belangrik dat die plan klem plaas op die dringende behoefte om vinniger vordering aan verskeie fronte te maak om armoede en ongelykheid volhoubaar te verminder.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan berus op uitgebreide navorsing, oorlegpleging en be-trokkenheid. Hoewel dit nie volmaak of voll-edig is nie, doen die plan stewige voorstelle aan die hand om die land se probleme op te los en om die betrokkenheid van Suid-Afri-kaners uit alle lewensfere by die bou van ons toekoms te verdiep.

Die land wat ons teen 2030 wil bou, is regver-dig, redelik, voorspoedig en billik. Bowenal is dit ’n land wat elke enkele Suid-Afrikaner met trots sy of haar tuiste kan noem. Dit hang van alle Suid-Afrikaners af om ’n rol te speel om die toekoms te bepaal.