ons bly by ons verbintenis om die ekonomie op die regte pad te plaas
TRANSCRIPT
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
ISSUED BY: National TreasuryTel: (012) 315 5757
www.treasury.gov.za
ONS BLY BY ONS VERBINTENIS OM DIE EKONOMIE OP DIE REGTE PAD TE PLAAS
Die 2016-Begroting bevestig die regering se verbintenis om die gaping tussen
besteding en inkomste kleiner te maak en om ’n plan vir sterker ekonomiese groei te implementeer.
Dit gaan daaroor om by ons planne te bly ten spyte van toenemende uitdagende omstandighede. Die regering se oogmerk is om ondoeltreffende besteding uit te skakel en om uitgawes op nie-kritiese items te verminder, om dienslewering vol te hou en sterk openbare finansies te handhaaf.
Reeds vir ’n aantal jare was Suid-Afrika se ekonomiese groei nie sterk genoeg om indiensneming aan te moedig, belegging te bevorder en staatskuld te verminder nie. In die afgelope maande het die situasie verder agteruitgegaan terwyl verwagtinge vir groei verminder het, die rand gedepresieer en besigheids- en verbruikersvertroue gedaal het.
Ekonomiese groei was 1.3 present in 2015 en sal na verwagting na 0.9 persent in 2016 daal voordat dit na 1.7 persent in 2017 en 2.4 persent in 2018 toeneem.
Die lae ekonomiese groei lei tot laer belastinginkomste. Die gaping tussen staatsbesteding en inkomste staan op 4.2 persent van die BBP in 2015/16. Besteding het inkomste oortref want die regering het met diensleweringprogramme voortgegaan ten spyte van swak ekonomiese prestasie. In daardie periode het die skuld geleidelik toegeneem.
Oor die volgende drie jaar sal die regering die bestedingsplafon verlaag, belastinginkomstes verhoog, en die grootte van die werksmag van die regering bestuur, wat ’n groot bron van uitgawe is. Om dit te bereik sal die regering vergoedingsbegrotings verminder met R10 miljard in 2017/18 en
R15 miljard in 2018/19.’ n Addisionele R48 miljard in belastingsinkomste sal oor die volgende drie jaar verhoog word deur belasting aan te pas en belastinginvordering te verbeter.
Alhoewel die bestedingsplafon verlaag word, sal dit steeds matig groei. Maatskaplike toelaes is
beskerm en kern maatskaplike en ekonomiese programme sal instand gehou word.
Die land benodig vinniger inklusiewe ekonomiese groei om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik en sy openbare finansies te verbeter. Hierdie soort groei is afhanklik van verhoogde vlakke van vertroue en belegging deur die privaatsektor. Dit sal bereik word deur verbeterde samewerking tussen die regering en die sakesektor. Die regering sal in venootskap met die privaatsektor in infrastuktuurprojekte, ondernemerskap, vaardigheidsontwikkelingsprojekte en die onafhanklike kragprodusentprogram, wat kragvoorsiening sal laat toeneem, belê. Hierdie vennootskap met die privaatsektor, ’n groeiende toerismesektor, minder arbeidsonrus en beter wêreldwye groeitoestande behoort ’n oplewing in ekonomiese groei oor die medium termyn te ondersteun
www.treasury.gov.za RSA Budget #Budget2016
1. Boodskap van die minister
2. Vinniger ekonomiese herstel
3. Beskerm maatskaplike toelaes
4. Maatskaplike toelaes
1. Naskoolse onderwys en opleiding
2. Waar geld vandaan kom
3. Hoe sal die geld bestee word
4. Befondsing van munisipaliteite
1. Inkomstebelastingwysigings
2. Sondebelasting
3. Belastingkoerse
4. Suikerbelasting
n Gesamentlike publikasie van die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
Phot
o pr
ovid
ed b
y G
CIS
2 3 4
AFR
IKA
AN
S
WAT IS DIE BEGROTING
Jaarliks, gedurende Februarie, kondig die Minister van Finansies die regering se spanderings-, belasting-, en leningsplanne vir die volgende drie jaar aan. Dit word die Nasionale Begroting genoem. Die Nasionale Begroting verdeel geld tussen nasionale departemente, provinsies en munisipaliteite.
Die regering sal in venootskap
met die privaat-sektor in
infrastuktuur
projekte, onderne- merskap,
vaardigheidsont-wikkelingsprojekte
en die onafhanklike kragprodu-
sentprogram, wat kragvoorsiening sal laat toeneem,
belê
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids2
Mede-Suid-Afrikaners, ons lê hierdie begroting voor aan die mense van Suid-Afrika,
in erkenning dat ons verantwoording doen aan die publiek oor hoe ons hulle belasting en die geld wat ons leen bestee.
Hierdie Begroting kom op ’n tyd van verhoogde onsekerheid in die wêreld ekonomie; ‘n tydperk wat gekenmerk word deur negatiewe beleggersentiment teenoor ontluikende markte. Hierdie wêreldwye agtergrond en ons uitdagings wat elektrisiteitstekorte en droogte insluit, beteken dat ‘n moeilike tydperk ons in die gesig staar. Ons ekonomie is nie inklusief of groei vinnig genoeg om betekenisvolle deelname deur alle Suid-Afrikaners te verseker nie.
’n Groeiende ekonomie gee ons meer inkomste; ons leen minder, skep werksgeleenthede, nuwe geleenthede vir die jeug en stel ons in staat om nuwe tipe besighede te begin. Ons fokus is om saam met die sakesektor en arbeid te werk om die ekonomie te laat groei. Ons is verbind om die openbare finansies van Suid-Afrika te herstel na ’n gesonde toestand. Dit vereis dat ons moeilike besluite moet neem.
Ons as regering het dus besluit om ondoeltreffende besteding verder te sny, meer selfbeheersing aan die dag te lê en ook ‘n paar projekte uit te stel. Maar ons sal nie ’n kompromie aangaan oor die besteding aan maatskaplike dienste vir die armes nie. Verdere toekennings aan hoër onderwys sal verseker dat meer studente uit arm agtergronde toegang tot universiteite sal hê. Dit is maar een voorbeeld van ons verbintenis tot die beskerming van maatskaplike besteding. Ons is ‘n veerkragtige nasie en ons uitdagings is nie onoorkombaar nie, as ons saam kan werk
Die waarde van maatskaplike toelaes sal in 2016/17 verhoog om te verseker dat toelaes tred
hou met inflasie.
Verhogings in die Maatskaplike Beskermingsbegroting sal ook voorsiening maak vir ‘n styging in die aantal begunstigdes, hoofsaaklik diegene wat die ouderdomspensioenstoelaes en kinderonderhoudstoelaes ontvang. Hierdie toename in begunstigdes is hoofsaaklik as gevolg van beter verskaffing van gesondheidsorg en basiese dienste deur die staat oor die jare - ou mense leef langer en kindersterftes neem af. In 2016/17 sal die ouderdomspensioenstoelae met R90 en die kinderonderhoudstoelae met R20 verhoog word
BESKERMING VAN MAATSKAP-LIKE TOELAES BEGUNSTIGDES TEEN STYGENDE INFLASIE
2015/16 2016/17STAATSOUDERDOMSPENSIOEN
R1 415 R1 505
STAATSOUDERDOMSPENSIOEN, OUER AS 75
R1 435 R1 525
TOELAE VIR OUDSTRYDERSR1 435 R1 525
ONGESKIKTHEIDSTOELAER1 415 R1 505
PLEEGSORGTOELAER860 R890
SORGAFHANKLIKHEIDSTOELAER1 415 R1 505
KINDERONDERHOUDSTOELAER330 R350
MAATREËLS MET DIE OOG OP VINNIGER EKONOMIESE HERSTEL
Die regering is verbind tot die verhoging van groeikoerse oor die medium en lang termyn.
Sukses sal afhang van die aktiewe ondersteuning van die sakesektor, arbeid en die burgerlike samelewing vir die Nasionale Ontwikkelingsplan.
Sleutel areas van ingryping sluit in: • Fokus op elektrisiteitsvoorsiening:
Elektrisiteit was die grootste beperking op vinniger ekonomiese groei. Die regering fokus dus op maatreëls wat elektrisiteitsvoorsiening en die bou van infrastruktuur sal verhoog om beleggings aan te moedig en werk te skep. Oor die volgende 3 jaar, sal Eskom R157 miljard belê om elektrisiteitsopwekkingsvermoë uit te brei
• Die bou van infrastruktuur is noodsaaklik vir die aansporing van beleggings, werkskepping en die ontwikkeling van die regte omgewing vir die ekonomie om vinnig te groei. In ooreenstemming met die Nasionale Ontwikkelingsplan, prioritiseer die 2016- Begroting besteding aan infrastruktuur. Oor die volgende drie jaar, het die regering R796 miljoen geoormerk vir belegging in behuising, paaie, openbare vervoer, water en elektrisiteit.
• ‘n Totaal van R121.5 miljard is toegeken vir water en sanitasie. Die Departement van Waterwese en Sanitasie sal voortgaan om te fokus
op die ontwikkeling en rehabilitasie van waterinfrastruktuur en om huishoudings daarby aan te sluit.
• Fokus op sektore wat minder energie-intensief en meer arbeidsintensief is soos toerisme, die oseaan-ekonomie, landbou en landbou-verwerking. Die regering sal regulatoriese beperkings wat steeds groei in hierdie sektore belemmer, identifiseer en verwyder.
• Die gebruik van openbare hulpbronne om ekonomiese aktiwiteit te stimuleer deur die prioritisering van besteding aan aksies wat ’n direkte impak op die ekonomie het.
• Fokus op klein besighede, veral besighede wat nuut begin.
• Die transformasie van die stede na gemengde inkomste buurte waar mense naby aan netwerke, werksgeleenthede en vervoer is. Dit behels ook deurlopende belegging in die instandhouding van infrastruktuur.
Om die momentum van groei te herstel vereis groter vertroue in die toekoms deur alle Suid-Afrikaners. Vinniger groei in privaatbelegging is belangrik vir ekonomiese herstel en werkskepping. Herstrukturering van die ekonomie na ‘n vinnig groeiende een behels die skep van wêreldwye mededingende sektore. Die regering is bewus daarvan dat hierdie moeilike proses tyd neem en sal dus fokus op daardie maatreëls wat die ekonomie sal laat groei en werk skep
Phot
o pr
ovid
ed b
y G
CIS
Phot
o pr
ovid
ed b
y G
CIS
BOODSKAPVAN DIEMINISTER
MAATSKAP-LIKE TOELAES
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gidsDie publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids 3
Die grootste gedeelte van die geld wat die regering bestee is afkomstig uit
die Nasionale Inkomstefonds, hoofsaaklik deur belastings en heffings.
Die regering leen ook van beleggers, sodat skole, hospitale en beter paaie gebou kan word. As gevolg van die wisselvallige ekonomiese groei en belastinginvorderings wat onder
druk kom, het die regering lenings in die afgelope jare verhoog. Net skuld het van R673 miljard in 2009/10 tot R1.8 triljoen tans verhoog.
Die regering is deeglik bewus van die risiko’s wat verband hou met opgehoopte skuld en verwag gevolglik van departemente om meer doeltreffend met openbare fondse te werk en vermorsing te verminder
BELASTINGINKOMSTE 2016/17 %PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING 441.0 37.5
KORPORATIEWE INKOMSTEBELASTING 198.3 16.9
BTW 301.3 25.6
DOEANEBELASTING 54.0 4.6
BRANDSTOFHEFFINGS 64.5 5.5
ANDER 115.7 9.8
TOTAAL 1 174.8 100.0
PersoonlikeInkomstebelasting
KorporatieweInkomstebelasting BTW Doeane-
belastingBrandstof- heffings Ander
Uitbreiding van toegang tot hoër onderwys bly ‘n prioriteit vir die regering ten einde die
vaardighede te voorsien wat nodig is om poste te vul en die ekonomie ’n hupstoot te gee.
Die behoefte om die uitdaging van die befondsing van hoër onderwys aan te spreek is na vore gebring na studente-opstande by universiteite landswyd. Ná die aankondiging dat daar geen verhogings in 2016 sal wees
nie, het President Zuma ’n taakspan aangestel om ondersoek in te stel oor hoe die uitdagings aangespreek kan word en moontlike oplossings voor te stel. Die geen verhoging in fooie vir 2016 het ‘n R2.3 miljard tekort tot gevolg gehad, wat deur middel van bydraes van die regering en universiteite gefinansier sal word.
Sedert die ontstaan van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFHS) in 1991, is
1.5 miljoen studente uit arm agtergronde met R50 miljard in lenings en beurse vir universiteit en beroepskolleges, bygestaan. Die NSFHS befondsing sal R32.1 miljard oor die mediumtermyn beloop. Sowat R8 miljard sal huidige onbefondsde nuwe en voortgesette studente ondersteun en R2.5 miljard sal verligting aan 71 753 universiteitstudente bring wat nie in staat was om lenings tussen 2013 tot
2015 te kry nie. Hierdie addisionele befondsing word moontlik gemaak deur die verskuiwing van fondse weg van ander regeringsprogramme sowel as kostebesparingsmaatreëls in die department.
Hoëronderwysinstellings sal subsidies van R93.1 miljard oor die volgende drie jaar ontvang met ‘n gedeelte daarvan wat vir die finansiering van infrastruktuur en die bedryf van die nuwe Universiteit van Mpumalanga en Sol Plaatje Universiteit aangewend sal word.
Die Nasionale Vaardigheidsfonds en Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO) speel ook ‘n belangrike rol in die voorsiening van vaardigheidsontwikkeling en opleiding. Dit word hoofsaaklik gedoen deur vaardigheidsprogramme, leerlingskappe, internskappe en vakleerlingskappe, en vennootskappe met beroepskolleges, universiteite en die arbeidsmark, om studente te voorsien van geleenthede om ervaring in die werkplek te kry. Inkomste uit die vaardigheidsontwikkelingsheffing word direk aan die SOOO en die Nasionale Vaardigheidsfonds oorgedra, en sal R22 miljard teen 2018/19 bedra
UITBREIDING VAN TOEGANG TOT NASKOOLSE ONDERWYS EN OPLEIDING
WAAR DIE GELD VANDAAN KOM
Munisipaliteite speel ‘n belangrike rol om te verseker dat mense in behoorlik
gedienste, skoon en waardige stede en dorpe woon.
Hulle voorsien dienste soos water en sanitasie, elektrisiteit, vullisverwydering, stormwaterbestuur en straatbeligting en subsidieer sommige hiervan, vir die armes. Van die totale begroting, word
9.1 persent aan munisipaliteite toegeken. Hulle ontvang ‘n kleiner aandeel omdat hulle self inkomste invorder deur middel van verbruikerskostes, heffings en belastings. Die grootste oordrag is die plaaslike regering billike deel, wat gebaseer is op ‘n formule wat verseker dat arm en landelike munisipaliteite groter oordragte ontvang. Munisipaliteite ontvang ook voorwaardelike toelaes, wat infrastruktuurbouwerk befonds
HOE BEFONDS DIE REGERING MUNISIPALITEITE?
Phot
o pr
ovid
ed b
y G
CIS
MAATSKAP-LIKE TOELAES
HOESAL DITBESTEEWORD
AnderR153.7 Mjd
Basiese OnderwysR228.8 Mjd
Menslike Nedersetting
en Munisipale Infrastruktuur
R182.6 Mjd
Verdediging,Openbareorde en VeiligheidR181.5 Mjd
GesondheidR168.4 Mjd
Naskoolse Onderwys en OpleidingR68.7 Mjd
Maatskaplike Beveiliging
R167.5 Mjd
Algemene Openbare
DiensteR73.7 Mjd
Ekonomiese Sake en LandbouR238.4 Mjd
500
400
300
200
100
0
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids4 Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids4
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
BELASTINGKOERSE
BELASTINGVOORSTELLE
SUIKERBELASTING
Vetsug wek wêreldwyd kommer, maar Suid-Afrika het tans die mees ongewenste vetsug-posisie in Sub-Sahara Afrika. Dit het ’n groter risiko aan hartsiektes, diabetes en kanker tot gevolg. Die Regering stel dus voor dat ’n belasting op suikerversoete drankies vanaf 1 April 2017 gehef word om die oormatige inname van suiker te verminder.
BRANDSTOFHEFFING
Die algemene brandstofheffing sal toeneem met 30c per liter vanaf 6 April 2016. Dit sal die algemene brandstofheffing na R2.85 per liter brandstof en R2.70 per liter diesel verhoog.
PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING
HOE BEÏNVLOED DIE WYSIGINGS IN PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING JOU?
BELASTINGDREMPELS 2015/16 2016/17Onder die ouderdom van 65 R73 650 R75 000
Ouderdom 65 to 74 R114 800 R116 150
Ouderdom 75 en ouer R128 500 R129 850
BELASTINGKORTINGS BELASTING- JAAR 2015/16
BELASTING- JAAR 2016/17
Elk van die eerste twee begunstigdes R270 R286Elke adisionele begunstigde R181 R192
Belasting betaalbaar vir die belastingjaar wat op 28 Februarie 2017 eindig
BELASBARE INKOMSTE VAN INDIVIDUE (R)
BELASTING BETAALBAAR (R)
0 tot 188 000 18% van belasbare inkomste
188 001 tot 293 600 33 840 + 26% van belasbare inkomste bo 188 000
293 601 tot 406 400 61 296 + 31% van belasbare inkomste bo 284 100
406 401 tot 550 100 96 264 + 36% van belasbare inkomste bo 406 400
550 101 tot 701 300 147 996 + 39% van belasbare inkomste bo 550 100
701 301 en meer 206 964 + 41% van belasbare inkomste bo 701 300
Trusts uitgesluit spesiale trusts
Belastingkoers van 41%
INKOMSTEBELASTING: MAATSKAPPYE
Finansiële jaar wat eindig op enige datum tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017
Tipe Belastingkoers (R)
Maatskappye 28% van belasbare inkomste
INKOMSTEBELASTING: KLEINSAKEKORPORASIES
Finansiële jaar wat eindig op enige datum tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017
Belasbare Inkomste (R) Belastingkoers (R)0 – 75 000 0% van belasbare inkomste
75 001 – 365 000 7% van belasbare inkomste bo 75 000
365 001 – 550 000 20 300 + 21% van belasbare inkomste bo 365 000
550 001 en hoër 59 150 + 28% van belasbare inkomste bo 550 000
OMSETBELASTING VIR MIKRO-BESIGHEDE
Finansiële jaar wat eindig op enige datum tussen 1 Maart 2016 en 28 Februarie 2017
0 – 335 000 0% van belasbare omset
335 001 – 500 000 1% van belasbare omset bo 335 000
500 001 – 750 000 1 650 + 2% van belasbare omset bo 500 000
750 001 en hoër 6 650 + 3% van belasbare omset bo 750 000
BELASTINGKOERSE
Die 2016-Begroting maak voorsiening vir ’n vermindering van R5.65 miljard in persoonlike
inkomstebelasting vir individue. Dit is saamgestel uit R5.5 miljard
om die impak van inflasie op die belasting betaalbaar deur lae- en middelinkomstegroepe gedeeltelik te verminder en R1.1 miljard wat toegeskryf kan word aan ‘n toename in maandelikse mediese skema belastingkrediete minus R950 miljoen as gevolg van die verhoging van kapitaalwinsbelasting.
Hierdie Begroting maak voorsiening vir ‘n paar veranderinge aan persoonlike inkomstebelasting, insluitend aanpassings aan die drie onderste belasbare inkomste belastingskerwe en die primêre korting, om ‘n bietjie verligting vir laer inkomste individue vir die effek van inflasie te verskaf. Die bedrag wat ‘n individu kan verdien voordat van hulle verwag word om belasting te betaal is as volg aangepas vir die jaar van aanslag wat strek vanaf 1 Maart 2016 tot 28 Februarie 2017:
SONDEBELASTING
Aksynsbelasting op alkoholiese drank (veral bier, appelwyn, vrugte drankies en sterk drank) sal met tussen 6.7 en 8.5 persent verhoog. Die verhogings in aksynsbelasting is soos volg:
VERHOOG MET :Moutbier 11c per 340ml blikkie
Ongefortifiseerde wyn 18c per 750ml bottel
Gefortifiseerde wyn 27c per 750ml bottel
Vonkelwyn 59c per 750ml bottel
Appelwyn en alkoholiese vrugte drankies 11c per 340ml bottel
Sterk drank R3.94 per 750ml bottel
Sigarette 82c per pakkie van 20
Sigarettabak 94c per 50g
Pyptabak 27c per 25g
Sigare R4.32 per 23g
0800 007 277 | www.sars.gov.za
BELASTING OP SUIKERVERSOETE DRANKIES
VERHOGING IN BELASTING OP TABAK EN ALKOHO
VERHOGING IN DIE ALGE-MENE BRANDSTOFHEFFING