weke in gesprek met god - kruiskerk.com · as mens so onpersoonlik en meganies oor gebed dink, raak...

37
Weke in gesprek met God

Upload: others

Post on 13-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Wekein gesprekmet God

322

Daar is ’n Latynse gesegde in die kerk wat lui: Lex orandi, lex credendi, lex vivendi. Dit beteken: soos mense bid, so glo hulle en so lewe hulle ook. Maw hoe jy bid en hoe jy glo en hoe jy lewe, staan alles in direkte verband met mekaar. Dit is dus duidelik dat hoe ons bid dikwels veel meer verklap van ons lewe met God en met mekaar in hierdie wêreld as wat ons dalk self besef.

Toe die dissipels Jesus eendag gevra het om hulle te leer bid, het Hy vir hulle die Onse Vader-gebed geleer. In hierdie Sewe Weke gaan ons die Onse Vader-gebed as basis gebruik om ons te help om met God te praat oor Sy teenwoordigheid, heiligheid, Sy wêreld, Sy wil, behoeftes en begeertes, vergifnis en boosheid en broosheid.

Die doel van die proses is om as individue, maar ook as gemeente, saam dieper te groei in ons verhouding met God. Iets wat ons die afgelope jare saam al meer ontdek het, is dat Bybelse geloof nie primêr gaan oor kennis van God nie, maar oor die ken van God. Mag hierdie gesprekke met God ons help om ons geloof te vorm, sodat ons God beter kan ken, en mag dit ons lewens verander, sodat ons vir God ‘n Rivier van Lewende Water in hierdie wêreld kan wees.

Sewe Weke in gesprek met God oor… Week 1 - Sy teenwoordigheidWeek 2 - HeiligheidWeek 3 - Sy wêreldWeek 4 - Sy wilWeek 5 - Behoeftes en begeertesWeek 6 - VergifnisWeek 7 - Boosheid en broosheid

Jy word uitgenooi om saam te kom op hierdie opwindende reis van geloofsgroei.

Welkom op hierdie sewe-weke-reis

• Ons kom weekliks in kleingroepe bymekaar en gesels oor die erediens en help mekaar om saam die tekste te lees en God se stem daarin te hoor.

Hoe gaan ons dit doen?

• Elkeen word ook aangemoedig om die daaglikse persoonlike geloofsoefening in die handleiding te doen.

• Ons gaan saam kyk na verskillende bedes van die Onse Vader-gebed en ander teksgedeeltes wat met die bedes verband hou. Ons kom dan op ‘n Sondag tydens die erediens bymekaar om te luister wat ons hoor uit die Here se Woord.

• Elke persoon word aangemoedig om elke dag in die week weer die teksgedeeltes te lees en notas te maak oor wat jy die dag hoor en raak lees.

54

Hoe kan jy stil word met die teksgedeelte?

LECTIO DIVINA

Die Bybel wil gelees en gehoor word as die lewende stem van God. Daarom moet ons luisterend, wagtend wees. Lectio Divina is ‘n ou luistermetode vanuit die vroeë kerk, wat ons kan help:

Die vloei van die Lectio Divina:1. Gaan sit vir ‘n oomblik rustig. Sit jou selfoon af en gee die tyd vir die Here

om deur Sy Woord met jou te praat.

Om te help met die stilword-oomblik stel ons voor dat jy die “palms op, palms af-gebed” bid.

Begin deur jou hande met die palms na onder te sit as simbool daarvan dat jy al jou bekommernisse wat jy mag hê, oorgee aan God. Praat met God oor alles wat swaar op jou hart lê.

Draai daarna jou palms na bo as teken van jou behoefte om van God te ontvang.

Stiltetydmetodes:2. Lees die teks rustig deur. Probeer verstaan wat jy lees. Moet egter nie vashaak by

dinge wat jy nie verstaan nie.

3. Lees die teks ‘n tweede keer deur:

- Lees luisterend, wagtend, om God se stem vir jou te hoor.- Is daar ‘n woord, beeld of sin wat vir jou uitstaan?- Gaan “sit” in daardie woord, beeld of sin wat vir jou uitstaan en hoor wat die Gees vir jou wil sê.- Wy 75% van jou tyd aan hierdie punt 3.

4. In ‘n kort gebed, antwoord op wat jy gehoor het.

5. Skryf neer wat jy gehoor het. (Jy sal nie elke dag iets hoor of iets nuuts hoor nie – dis normaal.)

VISUALISERING (die “fliekmetode” – dit werk veral goed met verhale in die Bybel):

• Verbeel jou dat jy deel is van die gebeure van die teks.

• Stel jou voor dat jy een van die karakters in die verhaal is.

• Wat gebeur?

- Wat sien jy?- Wat hoor jy?- Waaraan kan jy vat?- Wat ruik jy?- Wat proe jy?

• Wat verras jou?

• Wat maak jou opgewonde?

MATT 6:9-13A – 1933-VERTALING:

Onse Vader wat in die hemele is,Laat u Naam geheilig word;Laat u koninkryk kom;Laat u wil geskied, soos in die hemel netso ook op die aarde;gee ons vandag ons daaglikse brood;en vergeef ons ons skulde,soos ons ook ons skuldenaars vergewe;en lei ons nie in versoeking nie,maar verlos ons van die Bose.

MATT 6:9-13A – 1983-VERTALING:

Ons Vader wat in die hemel is,Laat u Naam geheilig word;Laat u koninkryk kom;Laat u wil ook op die aarde geskied,net soos in die hemel.Gee ons vandag ons daaglikse brood;en vergeef ons ons oortredingssoos ons ook dié vergewewat teen ons oortree;en laat ons nie in versoeking kom niemaar verlos ons van die Bose.

6

Notas:

7

Kom saam op die

geloofsreis!

8

AFSKOP9 – 14 Februarie

GROEPADMIN

Maak seker dat almal in die groep weet wanneer en waar julle eerste byeenkoms is. Besluit op ‘n lekker plek waar julle saam kan kuier.

LEKKER IDEES

• Kry ‘n bak roomys en kuier in iemand se woonstel.

• Gaan slag ‘n waatlemoen op Coetzenburg se rugbyvelde.

• Stap na die Eerste Waterval in Jonkershoek en kuier daar saam.

• Stap hangbrug toe met ‘n bak roomys en gaan sit op die klippe met julle voete in die water.

• Kry sommer net yskoue koeldrank en kuier in ‘n koshuiskamer.

• Julle kan selfs see toe ry en die eerste aand saam op die strand gaan kuier met “sundowners”.

• Wees kreatief!! Die bedoeling vir hierdie eerste week is dat almal mekaar moet ontmoet en gemaklik saam kuier.

WAAROOR GESELS ONS?

As jy jouself aan die groep moet voorstel, wat is die drie belangrikste dinge wat hulle van jou moet weet om jou so vinnig as moontlik, so goed as moontlik te leer ken?

As jy jouself met ‘n dier moet vergelyk, watter dier sal dit wees? Hoekom sê jy so?

Wat is jou verwagtinge van die groep in die volgende paar weke?

Hoe moet die groep wees en wat moet hier gebeur dat jy aan die einde van die sewe weke sal voel dit was absoluut die moeite werd?

WAARTOE VERBIND ONS ONS IN DIE SEWE WEKE?

Tyd?

Plek?

Belangrike waardes?

SLUIT AF:

Laat iemand afsluit met ‘n gebed.

9

WEEK 111

WEEK 1 15 Februarie – 21 Februarie

Een van die belangrikste dinge wat Jesus Sy dissipels in die Onse Vader wil leer, is dat gebed nie ‘n meganiese saak is van die regte houdings of regte formules nie, maar dat dit in wese ‘n persoonlike gesprek is met Iemand. As ‘n mens nie gehelp word nie, kan jy baie maklik baie onpersoonlik oor gebed dink. Dan kan jy dink gebed is soos om ‘n lysie op te maak van goed wat jy nodig het en dit dan iewers te gaan inlewer – heel onpersoonlik, sonder om eers op te let aan wie jy jou “bestelling” gee.

As mens so onpersoonlik en meganies oor gebed dink, raak sake soos die regte gebedshoudings, regte formules, regte woorde wat jy moet kies, dalk selfs geheime kennis wat jy moet hê, natuurlik vir jou belangrik.

Uit die aanhef van die Onse Vader kan ons egter seker weet dat gebed nie gaan oor houdings of handgebare of formules nie. Dit het ook niks te doen met geheime kennis wat ‘n mens moet hê om die regte knoppie te druk om die geheime slot tot die skatkamers van die hemel oop te sluit nie. Nee. By die deur staan daar Iemand wat jy moet ontmoet. ‘n Iemand met wie jy kan praat, ‘n Iemand wat wil hê dat julle mekaar beter sal leer ken. Iemand wat altyd teenwoordig is. Gebed begin waar jy dit besef en die Iemand leer ken. Hierdie Persoon, hierdie Iemand, het baie name, maar sy hoofnaam, sy eerste naam wat ons maar kan gebruik – so sê Jesus vir sy dissipels – is “Vader”.

Coenie Burger

SY TEENWOORDIGHEID

Notas:

10

12WEEK 1

Matt 6:9a

Ons Vader wat in die hemel is…

Romeine 8:11- 17

11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

12 Daarom dan, broers/susters, staan ons onder ‘n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie.

13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.

14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.

15 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.

16 Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan Sy lyding, sal ons ook deel hê aan Sy heerlikheid.

Ons lees dié week Matt 6:9 en Romeine 8:11- 17.

Wat het ek gehoor tydens vandag se erediens?

Sondag se erediens:

13 WEEK 1

Dag 1

Dag 3

Dag 5

Dag 2

Dag 4

Dag 6

Lees elke dag die teksgedeelte en maak ‘n paar aantekeninge oor wat jy in die gedeelte hoor:

Persoonlike Stiltetyd

14WEEK 1

Persoonlike stiltetydoefening vir die week:

15 WEEK 1

Dink na oor die beeld van God as Vader… Is dit ‘n beeld/metafoor wat jou in jou gesprekke met God nader aan God bring of is dit vir jou ‘n struikelblok? Hoekom?

Deel jou lewe op in vier fases, bv kinderjare, laerskool, hoërskool en nou. Wat was die dominante Godsbeeld of Godsverstaan vir jou in elkeen van die lewensfases? (bv God as Vader/Moeder, God as Vriend, God as afwesig, God as Herder, ens)

Wat is jou verstaan van God nou – in hierdie stadium van jou lewe? Hoe en wie is God in dié tyd vir jou? Gebruik dié week genoeg tyd om hieroor na te dink en te skryf…

(Vir hierdie oefening elke week kan dit betekenisvol wees om jou gedagtes neer te skryf.)

Stop vir ‘n oomblik en raak bewus van God se teenwoordigheid… (gebruik genoeg tyd hiervoor)

Wie is God vir jou? (skryf ‘n paar sinne oor wie God vir jou persoonlik is)

16 17 WEEK 1WEEK 1 16

God was ‘n familielid vir wie Ma en Pa groot bewondering gehad het, en vir wie hulle beskryf het as ‘n hegte familievriend, iemand met gesag, wat in ons almal belang stel. Uiteindelik word ons vir ‘n besoek aan die “goeie ou oom George” gevat. Hy bly in ‘n indrukwekkende kasteel van ‘n huis, het ‘n groot baard, en daar is iets grofs en dreigends omtrent hom, sodat ons nie ons ouers se matelose bewondering vir hierdie wonderlike familievriend kan deel nie. Aan die einde van die besoek draai oom George hom na ons en sê met ‘n streng gesig: “Luister nou mooi, kinders, ek wil julle een keer elke week hier sien, en as julle versuim om te kom, kom kyk wat gaan met julle gebeur”.

Hy lei ons af na die kelderverdieping van sy yslike huis, en namate ons afdaal, word dit warmer en warmer, en begin ons ‘n onaardse geskreeu hoor. In die kelder is daar staaldeure. Oom George sluit een oop. “Kyk wat sien julle daarbinne,” sê hy. ‘n Nagmerriegesig is dit: ‘n klomp brandende oonde met klein duiweltjies wat tussendeur rondskarrel en die mans, vroue en kinders daar instoot wat oom George nie besoek het nie of op ‘n manier opgetree het wat hom nie aangestaan het nie. “Onthou, as julle my nie besoek nie, is dit vir seker waar julle gaan eindig,” herhaal oom George die dreigement. Hy vat ons daarna weer boontoe na Ma en Pa toe.

Terwyl ons huis toe stap, met ons hande styf vasgeklou aan Ma aan die een kant en Pa aan die ander, leun Ma oor ons en sê: “En nou, kinders, het julle nie vir oom George lief met julle hele hart en siel, verstand en krag, nie?” En hoewel ons die monster wat ons so pas gesien het, verafsku, antwoord ons maar ja op die vraag, want om enigiets anders te laat blyk, sal wees om by daardie tou wat in die oond gegooi gaan word, aan te sluit. Op ‘n baie jong ouderdom dus het geestelike skisofrenie ingetree, en vertel ons vir oom George hoe lief ons vir hom is, hoe goed hy is en dat ons net dit wil doen wat hom behaag. Want ons merk op dat dit wat vir ons voorgesê word, sy wens is. Selfs nie teenoor ons self durf ons erken dat ons hom verafsku nie.

Hoeveel van ons het nie grootgeword met die sinnetjie: “Onthou, God sien wat ons doen”, met die bedoeling om so ons gedrag te beïnvloed nie? En selfs al het ons hierdie beelde en verstaan van God reeds afgeskud, sal ons dikwels tog die stemme in ons self of vanuit ons gemeenskappe hoor wat ons wil laat glo dat ons nie God se kinders kan wees as ons nie op sekere maniere glo en dink en leef nie.

Bespreek die karikatuur en hoe ons dit dikwels in ons eie lewens en in dié van ander mense sien. Watter invloed het juis dit op ons gesprekke met God, en ook op ons elke dag se leef?

Kleingroepbyeenkoms:

ONS ONTMOET MEKAAR…

Deel die hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week met mekaar.

ONS ONTMOET GOD…

• Steek ‘n kers aan as simbool van die Here se teenwoordigheid. Iemand kan ‘n gebed doen.

• Lees Matt 6:9 en Romeine 8:11-17.

• Gee geleentheid dat elkeen ook op hulle eie rustig die gedeeltes weer deurlees.

ONS DEEL MET MEKAAR…

• Deel met mekaar wat jy onthou van Sondag se erediens en wat vir jou uitgestaan het.

• Wat hoor jy spesifiek in die twee teksgedeeltes?

• In die boek The God of Surprises van Gerald W Hughes skep hy ‘n karikatuur van God wat hy noem “Good Uncle George” – goeie ou oom George. Met die karikatuur wys hy op die geestelike skisofrenie waaraan ons dikwels ly. Hughes se bedoeling met die karikatuur is om ons te wys op die versteekte beeld van God wat ons dikwels met ons saamdra, waarin ons verkondig dat God ‘n God van liefde is, maar terselfdertyd leef ons met die vrees dat God ons sal straf vir die dinge in ons lewens wat ons verkeerd doen:

18WEEK 1 18

• Prof Hofmeyr, een van die eerste dosente by die Kweekskool op Stellenbosch, het destyds ‘n boekie geskryf waarin hy die opmerking maak dat daar van die diepste veranderings in Christene se lewe plaasvind die dag wanneer hulle ophou om God te dien soos slawe hulle heer dien, en begin om met God te leef soos kinders met hulle vaders. Bespreek die stelling in die groep. Kyk dalk weer saam na Rom 8 en die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15.

• Laat die groepslede daaroor praat of die beeld/metafoor van “God as Vader” hulle op hulle geloofsreis help of nie. Dink ook na oor ons ervarings van ons eie pa’s en die invloed hiervan op hierdie beeld van God. Deel dit in die groepe met mekaar.

• Dink saam na oor hoekom Jesus sy dissipels wil leer om met God te praat as “Vader”. Wat wil Jesus vir hulle en ons vandag hiermee leer?

• Jesus leer ons bid: “Onse Vader wat in die hemel is…”Aan die een kant hoor ons die persoonlike beeld van God as Vader, intiem en persoonlik, maar in die tweede deel, “..in die hemel…”, hoor ons afstand, onbekendheid en misterie. CS Lewis skryf:

Images of the Holy easily become holy images – sacrosanct. My idea of God is not a divine idea. It has to be shattered time after time. He shatters it Himself. He is the great iconoclast. Could we not almost say that this shattering is one of the marks of His presence? The Incarnation is the supreme example; it leaves all previous ideas of the Messiah in ruins. And most are “offended’’ by the iconoclasm; and blessed are those who are not.

Kan dit wees dat Jesus met die aanhef van die gebed ons wil help om te verstaan dat God tegelykertyd persoonlik en kenbaar is, en tog ook misterie, en veel meer as wat ons ooit met ‘n beeld of metafoor sal kan vasvat? Bespreek dit in die groep…

• Die derde belangrike woordjie in die bede is die woordjie “Ons”. Dink saam as groep oor die waarde van die keuse: “Onse Vader” en nie “My Vader” nie.

• Watter betekenis en waarde het die bede “Onse Vader wat in die hemel is…” vir jou gesprek en lewe met God daagliks?

Ons bid saam…Sluit af deur die Onse Vader-gebed hardop saam te bid.

19 WEEK 2

WEEK 2 22 Februarie – 28 Februarie

Van al die bedes in die Onse Vader is die bede “Laat U Naam geheilig word” die moeilikste een om goed te verstaan. Ons ken die uitdrukking en sê dit maklik as ons bid, maar wat beteken dit presies dat God se Naam geheilig word?

Om die bede te verstaan, moet ons mooi kyk na die twee woorde “naam” en “heilig”. In die Bybel was ‘n naam baie belangrik. Iemand se naam het in daardie tye gewoonlik vir mense iets van die persoon self gesê. So beteken Adam “mens”, en Eva “lewensmoeder”. Vir Israel was God se Naam, wat aan hulle bekend gemaak is, daarom ‘n saak van groot erns. Die Naam het vir hulle gesê wie God is: die God wat hulle tegemoetgekom en hulle sy volk gemaak het. Wat meer was: hierdie Naam was op ‘n manier al wat hulle van hierdie God gehad het. Vir Israel was God se Naam geassosieer met God self; as jy oor die Naam gepraat het, het jy oor God gepraat – Hy was sy Naam. As jy gevra het dat sy Naam geheilig word, het jy gevra dat Hy self, God, geheilig sou word.

Die tweede belangrike woord in die bede is die woord “heilig”. Die woord “heilig” beteken in Matt 6 iets soos geëer word, erken word, gesien word vir wat dit in werklikheid is.

Om daarom te bid dat God se Naam geheilig word, beteken om te vra dat God self geëer word, dat Hy gesien, erken en eerbiedig sal word vir die groot en magtige en wonderlike God wat Hy is.

Coenie Burger

OOR HEILIGHEID

20WEEK 2

Matt 6:9b

Laat u Naam geheilig word.

Johannes 17:25-26

25 Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het.

26 Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.

1 Sam 17:26

Dawid het vir die manskappe wat by hom staan, gevra: “Wat sal gebeur met die man wat die skande van Israel wegneem en die Filistyn daar anderkant verslaan? Wie is hierdie heiden, hierdie Filistyn, nogal dat hy die linies van die lewende God verkleineer?”

1 Sam 17: 31-45

31 Die woorde wat Dawid gesê het, het rugbaar geword. Die manskappe het dit vir Saul vertel, en hy het hom laat haal.

32 “‘n Mens moenie oor hóm moedeloos word nie,” sê Dawid toe vir Saul. “Ek sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.”

33 Maar Saul sê vir Dawid: “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is jonk en hy ‘n vegter van kindsbeen af.”

34 Toe sê Dawid vir Saul: “As ek die kleinvee vir my pa oppas, en daar kom ‘n leeu of ‘n beer en dra ‘n lam weg uit die kudde,

35 gaan ek agter hom aan en slaan hom dood en red die lam uit sy bek; as hy op my afstorm, gryp ek hom aan sy baard en slaan hom dood.

36 Ek het die leeu en ook die beer doodgeslaan, en hierdie heiden, hierdie Filistyn, sal soos hulle word, want hy het die linies van die lewende God verkleineer.”

37 Verder het Dawid gesê: “Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hý sal my red uit die mag van hierdie Filistyn.” Toe sê Saul vir Dawid: “Gaan, en mag die Here by jou wees.”

38 Saul het sy eie uitrusting vir Dawid laat aantrek: hy het ‘n bronshelm op sy kop gesit en hom ‘n harnas laat aantrek,

39 en Dawid het Saul se swaard bo-oor sy uitrusting vasgegord. Maar hy kon nie loop nie, want hy was dit nie gewoond nie. Dawid sê toe vir Saul: “Ek kan nie hiermee loop nie, want ek is dit nie gewoond nie.” En Dawid het dit uitgetrek.

40 Hy het sy kierie in sy hand gevat, vyf gladde klippies in die spruit uitgesoek en dit by sy skaapwagtersgoed in sy slingersak gesit. En met sy slingervel in die hand het hy op die Filistyn af geloop.

41 Die Filistyn het al hoe nader gekom na Dawid toe, terwyl sy skilddraer voor hom was.

42 Toe hy vir Dawid sien, het die Filistyn hom met minagting aangekyk omdat hy jonk was, met ‘n rooi gelaatskleur en ‘n mooi voorkoms.

43 Die Filistyn het vir Dawid gesê: “Is ek ‘n hond dat jy met kieries na my toe kom?” Hy het Dawid toe in die naam van die Filistynse gode vervloek.

44 Verder het die Filistyn vir Dawid gesê: “Kom ‘n bietjie hier dat ek jou vleis vir die roofvoëls en vir die wilde diere kan gee.”

45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met ‘n dolk en ‘n spies en ‘n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.”

Ons lees dié week Matt 6:9b en Joh 17:25-26 en 1 Sam 17:26, 31-45.

Sondag se erediens:

21 WEEK 2

Wat het ek gehoor tydens vandag se erediens?

Dag 1

Dag 3

Dag 5

Dag 2

Dag 4

Dag 6

Lees elke dag die teksgedeelte en maak ‘n paar aantekeninge oor wat jy in die gedeelte hoor:

Persoonlike Stiltetyd

22WEEK 2

Persoonlike stiltetydoefening vir die week:

23 WEEK 2

Antwoord: “Hier is ek, Here” en verwoord teenoor die Here wat jou “hierwees” nou behels – vreugde, spanning, moegheid, siekte, ouderdom, ens.

Bevestig nou: “U is hier, Here” en bedink die teenwoordigheid van God as Vader (persoonlik, teenwoordig, intiem) .

Bevestig nou: “Ons is hier saam…” Bevestig vir jouself dat jy God se tuiste is – dat God in jou woon en teenwoordig is. Vertoef daar…

Vra nou: “Wie is ek, Here?” Laat God toe om met sy sagte stem in jou te praat.

Vra nou: “Wie is U, Here?” Laat die Gees toe om bekende grense te oorskry,dat God veel meer is as hoe ons Hom ooit met ons gedagtes en denke sal kan definieer.

Vra dan: “Wie is ons saam, Here?”

Wees vir ‘n tyd net rustig in die teenwoordigheid van die Here.

Hierdie week se persoonlike stiltetydoefening is ‘n gebed wat jou kan help: “Hier is ek, Here. U is hier, Here. Ons is saam hier.”

Gebruik elke dag ‘n paar minute. Jy kan dit doen as jy opstaan, voor jy gaan slaap of sommer iewers deur die dag tussen klasse of by die werk of waar jy ook al mag wees.

Raak vir ‘n oomblik stil in jouself…

Hoor dat die Here jou op jou naam roep…

24 2524 WEEK 2

• Baie mense dink dat die heiliging van God se Naam daaroor gaan dat ons nie moet vloek of lelik praat nie, dat ons respek vir God se Naam moet hê. Dit is sekerlik een van die betekenisse van hierdie bede, maar dink as groep saam wyer oor wat die breër betekenis van die bede kan wees. Kyk hoe die teksgedeeltes van Dawid in 1 Sam 17 en Johannes 17 julle denke kan stimuleer. Deel jul gedagtes spontaan in die groep.

• In die Heidelbergse Kategismus, Sondag 47, word die vraag gevra na die betekenis van hierdie bede. Die antwoord begin dan met die frase: “Dit beteken allereers dat ons God vra om Hom reg te ken…” Bespreek dié deel van die antwoord saam…

• Dink prakties aan situasies waar jy voel God se Naam geheilig is. Dink aan gebeurtenisse of stories en deel dit met mekaar. Dink ook aan situasies/verhale waar julle juis dink God se naam ontheilig is. Deel ook dit met mekaar.

• Watter betekenis en waarde het die bede “Laat U Naam geheilig word….” vir jou gesprek en lewe met God daagliks?

Ons bid saam…Sluit af deur die Onse Vader-gebed hardop saam te bid.

Notas:

WEEK 2

Kleingroepbyeenkoms:

ONS ONTMOET MEKAAR…

• Is daar iets wat jou op dié stadium opgewonde maak wat jy met die groep wil deel of dalk iets wat jou bekommerd maak?

• Laat groepslede vir mekaar vertel waar hulle name vandaan kom en indien hulle weet wat dit beteken, kan hulle dit ook vertel…

ONS ONTMOET GOD…

• Steek ‘n kers aan as simbool van die Here se teenwoordigheid. Die groep kan saam die geloofsoefening van die week doen:

“Hier is ek, Here. U is hier, Here. Ons is saam hier.”

• Lees Matt 6:9b en Johannes 17:25-26 en 1 Sam 17.

• Gee geleentheid dat elkeen ook op hulle eie rustig die gedeeltes weer deurlees.

ONS DEEL MET MEKAAR…

• Deel met mekaar iets wat vir jou uitgestaan het tydens Sondagaand se erediens..

• In die bede “Laat U Naam geheilig word” word daar gefokus op twee woorde: “Naam” en “heilig”. In die groepsbyeenkoms kan die groep saam dink oor die twee woorde.

In die Bybel was ‘n naam altyd baie belangrik. Iemand se naam het in daardie tye gewoonlik vir mense iets van die persoon gesê. God se Naam was “Jahweh” wat eintlik “die onuitspreeklike” was – ‘n woord wat nie in Hebreeus uitgespreek kon word nie. Hiermee het die volk geweet God is altyd meer as wat hulle ooit sal kan besef of verwoord. Vir Israel was God se Naam geassosieer met God self; as jy oor die Naam gepraat het, het jy oor Hom gepraat. Hy was sy Naam. As jy dus gevra het dat sy Naam geheilig word, het jy gevra dat Hy self, God, geheilig sou word vir wie Hy is – meer as wat hulle kon verwoord.

27 WEEK 3

WEEK 3 1 Maart – 7 Maart

In die eerste bede “Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word” kom roep die Here ons as’t ware weg van die gewone lewe om voor Hom en voor sy troon te kom staan. Hy vra ons om ‘n rukkie lank te vergeet wat daar buite aangaan, dit uit ons koppe te sit en voor Hom te kom staan. Dit is asof die Here daar sê: “Kom kyk na My, kom dink oor My, stap rondom my troon, kom hoor my Name; praat met My, luister na My en na my Woord.” Dit is waar die gesprek met God begin.

Maar daarna kom daar ‘n punt waar die Here sê: “Goed, dit is nou genoeg. Staan nou van jou knieë af op. Ek wil jou iets anders wys”. Dan is dit asof Hy met ons na ‘n venster stap en aan ons die wêreld daar buite wys. Die wêreld wat maar sleg lyk, waar verskillende goed gebeur, maar tog ook die wêreld wat Hy gemaak het, wat Hy liefhet en wat eintlik Syne is. Dit is asof die Here dan vir ons sê: “Sien julle daardie plek wat so sleg lyk? Nou ja, Ek het besluit om dit reg te maak. Ek het ‘n plan vir die genesing van die wêreld en ek wil hê jy moet my daarmee help. Ek is lief vir daardie plek en vir al daardie mense wat ek gemaak het. Ek gaan dit nie sommer prysgee nie.”

Coenie Burger

OOR SY WÊRELD

Notas:

WEEK 2 26

28WEEK 3

Matt 6:10a

Laat u koninkryk kom…

Gen 18:22-33

22 Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan.

23 Abraham het toe nader gekom na die Here toe en gevra: “Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig?

24 Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad. Sal U die plek werklik vernietig? Sal U dit nie spaar oor vyftig regverdiges daarin nie?

25 U sal tog nie so iets doen en die regverdiges saam met die goddeloses om die lewe bring nie! U sal tog nie die regverdiges soos die goddeloses behandel nie! Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie?”

26 Toe sê die Here: “As Ek vyftig regverdiges in Sodom kry, sal Ek die hele plek spaar oor hulle.”

27 Abraham het gesê: “Ek is maar net stof en as, en tog het ek gewaag om met die Here te praat.

28 Sê nou die regverdiges is vyf minder as vyftig: sal U die hele stad vir vyf verdelg?” Hierop antwoord die Here: “Ek sal dit nie verdelg as Ek vyf en veertig daar kry nie.”

29 Toe praat Abraham weer met die Here: “Miskien sal daar veertig gevind word,” en die Here sê: “Ook oor veertig sal Ek dit nie doen nie.”

30 Abraham sê toe: “Moet tog nie kwaad word as ek nog ‘n keer praat nie, Here. Miskien sal daar dertig te kry wees,” en die Here sê: “Ek sal dit nie doen as Ek dertig daar kry nie.”

31 Maar Abraham sê: “Ek bly waag om met die Here te praat. Miskien word daar twintig gekry,” en die Here sê: “Oor die twintig sal Ek dit nie verdelg nie.”

32 Toe sê Abraham: “Moet tog nie kwaad word nie, Here! Ek wil nog net een keer praat; miskien word daar tien gekry.” En die Here sê: “Ook oor tien sal Ek dit nie verdelg nie.”

33 Toe die Here klaar met Abraham gepraat het, het Hy weggegaan, en Abraham het na sy plek toe teruggegaan.

Joh 14:12-14

12 Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

13 Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.

14 As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Ons lees dié week Matt 6:10a en Gen 18:22-33 en Joh 14:12-14.

Sondag se erediens:

29 WEEK 3

Wat het ek gehoor tydens vandag se erediens?

Dag 1

Dag 3

Dag 5

Dag 2

Dag 4

Dag 6

Lees elke dag die teksgedeelte en maak ‘n paar aantekeninge oor wat jy in die gedeelte hoor:

Persoonlike Stiltetyd

30WEEK 3

Persoonlike stiltetydoefening vir die week:

31 WEEK 3

Waar het jy vandag iets van die mooi van die lewe gesien of die goedheid van mense en verhoudings beleef?

Waarvoor kan jy vandag vir die Here dankie sê?

Waar het jy vandag bewus geword van die nood en seer in God se wêreld en van God se kinders?

Dink na oor God se hart hiervoor en gebruik ‘n tyd om met die Here hieroor te praat en vir die sake te bid.

BEPEINSINGSGEBED:

Gebruik die week om elke dag iewers stil te word. Dink na oor jou dag se gebeure, die nuus wat jy geluister het oor radio of TV, die koerant wat jy gelees het, die mense wat in die dag jou pad gekruis het, die ervaringe wat jy gehad het.

32 33 WEEK 3

1. God se droom – God se ryk is waar God se droom nagejaag word. Dit vertel iets van God se mooiste wense vir Sy skepping en alles en almal daarin…

2. God se revolusie – Die mensdom het ‘n bedeling tot stand gebring waarin daar nie liefde, respek en omgee vir mekaar is nie, maar waarin sonde, selfsug en ongeloof hoogty vier. God se ryk lyk revolusionêr anders as dit waaraan ‘n mens gewoond geraak het. God se ryk is ‘n bedeling waar liefde heers. In hierdie revolusionêre opset word mense met mekaar versoen en reg en geregtigheid seëvier.

3. God se sending/missie – God se ryk is waar God se visie vir die wêreld tot sy reg kom.God se ryk is die bedeling waar alles met God versoen is en waar die sosiale lewe en politieke landskap daarmee saam verander.

4. God se fees – Jesus het God se ryk baie keer in die Nuwe Testament met feeste en maaltye vergelyk. Waar God se ryk deurbreek, is daar vreugde, want Jesus bring versoening en nuwe lewe. Dit is ‘n bedeling waar alles herstel word. Waar mense in vreugde kan saam wees, omdat God tussen hulle is.

5. God se netwerk – God se ryk word verstaan as ‘n bedeling waar mense diep en betekenisvol aan mekaar verbind is. Die ou invloed van individualisme wat mense uit mekaar gehou het, word deurbreek, sodat mense die vreugde van saamwees kan ervaar.

6. God se dans – Mens kan oor God se ryk as ‘n dans dink. Dans beteken daar is nie ‘n onoorbrugbare afstand tussen God en die mens nie. Die koninkryk is daar waar mense die vreugde van die lewensdans met God ontdek het.

7. Ubuntu – In die woorde van aartsbiskop Desmond Tutu: “A person with Ubuntu is open and available to others, affirming of others, does not feel threatened that others are able and good, for he or she has a proper self-assurance that comes from knowing that he/she belongs in a greater whole and is diminished when others are humiliated or diminished, when others are tortured or oppressed.” Ubuntu is ‘n lewensbeskouing waar alles met God in verband gebring word. Die lewe is die koninkryk van God.

32WEEK 3

Kleingroepbyeenkoms:

ONS ONTMOET MEKAAR…

Die kwartaal is nou goed op dreef. Laat almal sommer spontaan vertel hoe dit met elkeen gaan.

ONS ONTMOET GOD…

• Steek ‘n kers aan as simbool van die Here se teenwoordigheid. Iemand kan ‘n gebed doen.

• Lees Matt 6:10a en Gen 18:22-33 en Joh 14:12-14.

• Gee geleentheid dat elkeen ook op hulle eie rustig die gedeeltes weer deurlees.

ONS DEEL MET MEKAAR…

• Voor ons te diep met die teksgedeeltes begin omgaan, sê spontaan in die groep wat julle dink die betekenis is van die bede “Laat U koninkryk kom”. Wat het vir jou uitgestaan in Sondag se erediens?

• Nelus Niemandt skryf in sy boek Nuwe drome vir nuwe werklikhede dat ons nuwe woorde moet vind vir ‘n ou begrip soos “koninkryk van God”. Hy gee dan 7 moontlike eietydse terme wat hy in kort beskryf:

3434WEEK 3

Praat oor die sewe terme en hoe dit ons help om “koninkryk van God” beter te verstaan.

• Hoe kan ons Gen 18:22-33 in verband bring met dié spesifieke bede? Laat iemand ook die 1933-vertaling lees en let op die verskillende vertalings van Gen 18:22 in die ou en nuwe vertaling. Die ou vertaling lui: “Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die Here.” Die nuwe vertaling lui: “Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan”. Watter interpretasieverskille is moontlik met die twee vertalings?

• Watter troos lê daar vir ons in dié bede?

• Watter uitdaging lê daar vir ons in dié bede?

• Dink na oor ons eie konteks – dorp, land en kontinent. Laat elke groepslid twee situasies (in ons dorp, land en/of wyer en/of ook persoonlik) noem waarvoor ons in die week spesifiek kan bid dat God se koninkryk daar sal kom…Dit kan groot of klein sake wees. Laat groepslede hul eie ervarings (by die werk, vriende, dorp en omgewing) deel.

• Praat ook saam oor hoe ons deel kan wees van die koms van God se koninkryk juis hier in ons omgewing en konteks.

Ons bid saam…Sluit af deur die Onse Vader-gebed hardop saam te bid.

Notas:

Notas:

35 WEEK 3

37 WEEK 4

WEEK 4 8 Maart – 14 Maart

Origenes het van hierdie bede (“Laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde”) gesê: As die wil van God op aarde gedoen word soos in die hemel, sou die aarde nie langer aarde gewees het nie, maar sou ons almal in die hemel gewees het. En omgekeerd het CS Lewis gesê dat die wese van die hel ten diepste niks anders is nie as dat ons onophoudelik ons eie wil soek en dit wil laat geskied. Hel is dat God ons oorgee aan ons eie wil en sê: Nou goed, doen dit, en dra die gevolge. Hel is dat ons vasgemaak word aan, gehou word by, ons eie opstandigheid en eiewilligheid. Alle gevolge van ons eie wil sluit altyd ook ‘n stukkie vloek en hel in, vir onsself, maar ook vir ander.

Dirkie Smit

OOR SY WIL

Notas:

WEEK 3 36

39 WEEK 4

Ons lees dié week Matt 6:10b en Matt 26:36-46.

Matt 6:10b

Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Matt 26:36-46

36 Daarna kom Jesus met sy dissipels by ‘n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.”

37 Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword

38 en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.”

39 Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

40 Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?

41 Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.”

42 ‘n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.”

43 Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie.

44 Hy het hulle weer alleen laat bly en ‘n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesê.

45 Toe kom Hy na die dissipels toe terug en sê vir hulle: “Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee.

46 Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.”

Real obedience is the highest of all the virtues.No great work can be brought to fulfilment without it.All tasks, however great or trivial,Are improved by this discipline of obedience.To be obedient is to be carefree;To be obedient is to be filled with bliss.When we purify ourselvesGod, by nature, flows into us.

When we surrender our own willwe invite God to will for uswhat God would will for God’s self.And God is obliged to will for mebecause to do otherwisewould be to neglect me,and in the process neglect God’s self.

When I give up choosing for myself,God can choose for me.And what will God choose for me?God will choose that I should not choose for myself.

When I deny myselfGod’s will becomes the same as my own will.An obedient person never says,“This is what I want.”An obedient person seeks only to deny self.

Such a person will not askTo be made virtuousOr to be given eternal life.This person asks to knowOnly what God desires.And such a prayer is infinitely superiorTo the previous ways of praying.

God’s true disciple is not pleasedWhen someone gives her somethingOr tells him what he wishes to hear.

Our only desireIs what is most pleasing to God.

Meister Eckhart

True Obedience

WEEK 4 38

Sondag se erediens:

WEEK 4 40 41 WEEK 4

Dag 1

Dag 3

Dag 5

Dag 2

Dag 4

Dag 6

Lees elke dag die teksgedeelte en maak ‘n paar aantekeninge oor

wat jy in die gedeelte hoor:

Persoonlike Stiltetyd

Wat het ek gehoor tydens vandag se erediens?

Persoonlike stiltetydoefening vir die week:

WEEK 4 42

Lees saam met die week se teksgedeeltes ook elke dag die stuk van Meister Eckhart, “True obedience”, aan die begin van week 4.

Kyk watter frase elke dag vir jou uitstaan. Dit kan elke dag ‘n ander deel wees of dieselfde.

Skryf dit neer en maak die gedeelte deel van jou dag se denke en gesprek met God.

Notas:

43 WEEK 4

44 45 WEEK 4

• Gebed gaan nie net daaroor dat ek met God moet praat nie. Gebed en gesprek met God gaan ook daaroor dat ek moet luister. In die soeke na en oorgawe aan God se wil is 1) eerlike oop gesprek en 2) stil wees en luister waarskynlik die belangrikste dinamika. Toe iemand eenkeer vir Moeder Theresa gevra het wat sy doen as sy bid, was haar antwoord: “Ek luister gewoonlik…”. Die persoon het toe gevra: “Wat sê God vir jou?”. Waarop sy toe antwoord: “Hy luister gewoonlik…”. Laat die groep saam hieroor praat.

• Hoe luister jy gewoonlik vir en hoor jy God se stem in jou lewe? Ons almal sal dit verskillend ervaar. Gee ruimte vir almal se ervaringe.

• Om iets van God se wil te probeer verstaan, luister ons dié week saam na ‘n storie:

HEL EN HEMEL – ‘N STORIE UIT OOSTENRYK

‘n Toegewyde vrou met die naam Grethe het een oggend in haar stilword voor die Here vir Hom gevra of Hy haar nie ‘n prentjie van die hemel en hel sal wys nie. Sy word ouer en weet sy sal nie meer te lank leef nie en sy wil haar voorberei vir dit wat wag. Dit was asof sy in ‘n diep slaap gegaan het en die droom wat sy gekry het, was die volgende prentjies:

Sy het heel eerste voor ‘n groot, swart hek gekom met groot letters daarop: HEL. Die plek was hoegenaamd nie wat sy haar voorgestel het nie! Alles was pragtig. Skynbaar het sy met etenstyd daar aangekom, want reg voor haar sien sy ‘n reusagtige banketsaal met lang, versierde tafels waarop die aantreklikste en geurigste kos wat sy in haar lewe gesien het, uitgestal is.

Al die inwoners van die hel het rondom die tafels gesit. Almal het soos doodgewone mense gelyk. Maar toe sy nader gaan, merk sy op dat hulle arms buitengewoon lank is. Regtig onbehoorlik lank – amper twee meter. In hulle hande het hulle vurke vasgehou, gereed om die kos te geniet. Maar hulle kon nie. Hulle arms kon nie buig nie. Hulle kon nie die kos by hulle monde kry nie.

So aangenaam soos dit in dié banketsaal gelyk en geruik het, so aaklig het dit daar geklink. Hopelose, hulpelose mense wat gil van die honger . . .

44WEEK 4

Kleingroepbyeenkoms:

ONS ONTMOET MEKAAR…

Verlede week was ons in gesprek met God oor Sy wêreld. Wat het veral vir jou uitgestaan (in die teksgedeeltes, geloofsoefening, kleingroepbyeenkoms of erediens) wat jy met jou saamneem op jou geloofspad?

ONS ONTMOET GOD…

• Steek ‘n kers aan as simbool van die Here se teenwoordigheid. Iemand kan ‘n gebed doen.

• Lees die teksgedeeltes saam: Matt 6:10b en Matt 26:36-46.

• Gee geleentheid dat elkeen ook op hulle eie rustig die verhaal weer deurlees.

ONS DEEL MET MEKAAR…

• Wat uit Sondag se erediens onthou jy wat jou geraak het? Deel jul indrukke in die groep… Dié wat nie daar was nie, kan dan sommer hoor wat gebeur het.

• Soms is God se wil vir mens baie duidelik en eintlik voor die hand liggend, maar soms is dit moeiliker om presies te weet. Laat die groep gedagtes uitruil oor wat in hulle eie lewens hulle al gehelp het in die soeke na God se wil. Dink byvoorbeeld aan hoe jy besluite neem in jou lewe. Wat is die goed wat jy gewoonlik in ag neem in jou besluite? Neem jy vinnig besluite of sukkel jy met besluite? Wat is die goed wat jou gewoonlik beïnvloed in die keuses wat jy moet maak? Dink aan voorbeelde uit jou lewe soos bv jou studies, vriende, ens. Wat leer ons by mekaar in dié verband?

• Laat die groep gesels oor wat hulle veral opmerk in die verhaal van Jesus in Getsemane in Matt 26:36-46 en Jesus se soeke na God se wil.

• Lees as groep ook saam die gedeelte van Meister Eckhart oor “True obedience”. Wat in die gedeelte van Eckhart val julle veral op?

47 WEEK 5

WEEK 5 15 Maart – 21 Maart

Wat hoor ons in die bede: “Gee ons vandag ons daaglikse brood”? Ons hoor ‘n God wat weet dat ons fisieke behoeftes in die lewe het en wat ons graag daarmee wil help. Dit is interessant dat van die vroeë kerkvaders hierdie ding nie so goed verstaan het nie en dat baie van hulle die bede vergeestelik het deur “brood” te sien as ‘n verwysing na die nagmaal. Hulle bedoelings was seker goed, maar ons het geen ondersteuning daarvoor nie. Dit gaan in die bede oor ons fisieke behoeftes – en dit word hier genoem voor ons geestelike behoeftes! Die Here weet dat ons soms so bekommerd kan raak oor ons daaglikse, tydelike benodigdhede dat Hy daaraan aandag gee voordat ons by ons geestelike behoeftes kom. Dit is regtig so dat ons na die Here kan kom met al ons bekommernis en sorge.

Die waarheid oor God is dit: Hy het ons liewer as wat ons Hom het. Hy gee vir ons meer om as wat ons vir Hom omgee. Hy is meer gereed om ons te antwoord as wat ons dikwels is om met Hom te praat. Hy is meer gereed om ons te help as wat ons dikwels is om Hom om hulp te vra. Dit is die God wat ons dien.

Coenie Burger

OOR BEHOEFTES EN BEGEERTES

46WEEK 4

Skielik voel dit of Grethe weggevoer word tot voor spierwit, glinsterende hekke. In groot letters het sy gelees: HEMEL. Tot haar verbasing sien sy dat daar eintlik niks anders is as in die hel nie. Daar was dieselfde yslike banketsaal met gedekte tafels – presies dieselfde asemrowende kos op die lang tafels – net soos sy oomblikke vantevore op DIE ANDER PLEK gesien het. Al die inwoners sit ook om die tafels. Dadelik kyk sy na hulle arms: net so lank! Oók geen elmboë nie, en met vurke in hulle hande.

Maar die klanke wat sy hier hoor, was baie anders as dié in die hel. Die mense was vrolik aan die lag en gesels . . . en kou! Hulle lang, reguit arms was nie vir húlle ‘n probleem nie. Elkeen het eenvoudig die heerlike kos opgeskep en vorentoe geleun om ‘n vriend oorkant die tafel te voer.

Tussen HEMEL en HEL was daar net een verskil: onselfsugtige gasvryheid. In die HEMEL het hulle mekaar se behoeftes raakgesien en mekaar gehelp.

• Wanneer Jesus sy dissipels leer bid, begin die gebed met ONS Vader… – so al asof Hy daarmee wil kom sê dat wanneer julle bid, julle anders moet kyk. In hierdie bede van God se wil, kom staan dit teenoor wat ek wil. As ons bid, “Laat U wil geskied op aarde soos in die hemel”, gaan dit ook daaroor dat ons mekaar sal raaksien, op mekaar ingestel sal wees, mekaar sal help.

• Hoe dink julle as groep wil dié bede ons help in ons elke dag se gesprek en leef met God?

Ons bid saam…Sluit af deur die Onse Vader-gebed hardop saam te bid.

4848WEEK 5

Matt 6:11

Gee ons vandag ons daaglikse brood…

Matt 6:25-34

25 Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?

26 Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

27 Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?

28 En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie.

29 Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.

30 As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

31 Julle moet julle dus nie bekommer en vra: Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek? nie.

32 Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

34 Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.

Ons lees dié week Matt 6:11 en Matt 6:25-34.

Sondag se erediens:

49 WEEK 5

Wat het ek gehoor tydens vandag se erediens?

Dag 1

Dag 3

Dag 5

Dag 2

Dag 4

Dag 6

Lees elke dag die teksgedeelte en maak ‘n paar aantekeninge oor wat jy in die gedeelte hoor:

Persoonlike Stiltetyd

50WEEK 5

Persoonlike stiltetydoefening vir die week:

51 WEEK 5

Sal hierdie behoefte/begeerte my nader neem aan God of nie?

Sal hierdie behoefte/begeerte my toelaat om meer volledig myself te wees of nie?

Sal hierdie behoefte/begeerte my help om meer outentiek te leef of nie?

Sal hierdie behoefte/begeerte my help om meer vrygewig en na buite te leef of sal ek meer selfsugtig raak?

Wat is die waarde van hierdie oefening? Wat ontdek jy in die beantwoording van die vrae?

Praat nou spontaan met die Here oor die bepaalde behoefte/begeerte.

Word stil in die teenwoordigheid van die Here… Dink aan ‘n paar behoeftes en begeertes in jou lewe en noem dit vir die Here…

Vra nou die volgende paar vrae oor dié spesifieke behoeftes en begeertes en beantwoord dit so eerlik moontlik vir jouself en voor die Here:

52 5352 WEEK 5

ONS DEEL MET MEKAAR…

• Laat elkeen sê wat vir hulle in die teksgedeelte uitstaan.

• Beteken die teksgedeelte dat ons enigiets wat ons wil van die Here kan vra en daarop kan reken dat ons dit altyd sal kry? Bespreek dit in die groep.

• In die manier waarop Jesus hierdie bede geformuleer het, sit daar vier woordjies wat elkeen met betekenis gelaai is. Dit is die moeite werd om oor elkeen van die woordjies apart na te dink: “brood”, “ons”, “daaglikse” en “vandag”. Dink as groep saam na oor die betekenis van elkeen van die afsonderlike woorde. Hoe help dit ons om die bede beter te verstaan?

• In die film Shadowlands is daar ‘n toneel waar CS Lewis probeer sin maak uit sy vrou se siekte. ‘n Vriend van hom reageer dan op ‘n stadium deur te sê dat God iewers moet gehoor gee, want Lewis is so getrou in sy gebede. CS Lewis se antwoord hierop was toe: “I don’t pray because it changes God; I pray because it changes me.” Praat in die groep saam oor die betekenis van hierdie woorde van CS Lewis en jou ervaring van gebed.

• Hoe dink julle help dié gebed ons in ons gesprek en elke dag se leef met God?

Ons bid saam…Sluit as groep af deur hardop saam die Onse Vader-gebed te bid.

WEEK 5

Kleingroepbyeenkoms:

ONS ONTMOET MEKAAR…

Verlede week was ons in gesprek met God oor Sy wil. Wat het veral vir jou uitgestaan (in die teksgedeeltes, geloofsoefening, kleingroepbyeenkoms of erediens) wat jy met jou wil saamneem op jou geloofspad?

ONS ONTMOET GOD…

• Steek ‘n kers aan as simbool van die Here se teenwoordigheid. Iemand kan ‘n gebed doen.

• Lees Matt 6:11 en Matt 6:25-34. Lees ook die Message-vertaling:

25-26 If you decide for God, living a life of God-worship, it follows that you don’t fuss about what’s on the table at mealtimes or whether the clothes in your closet are in fashion. There is far more to your life than the food you put in your stomach, more to your outer appearance than the clothes you hang on your body. Look at the birds, free and unfettered, not tied down to a job description, careless in the care of God. And you count far more to him than birds.

27-29 Has anyone by fussing in front of the mirror ever gotten taller by so much as an inch? All this time and money wasted on fashion—do you think it makes that much difference? Instead of looking at the fashions, walk out into the fields and look at the wildflowers. They never primp or shop, but have you ever seen color and design quite like it? The ten best-dressed men and women in the country look shabby alongside them.

30-33 If God gives such attention to the appearance of wildflowers—most of which are never even seen—don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you? What I’m trying to do here is to get you to relax, to not be so preoccupied with getting, so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works. Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met.

34 Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.

• Gee geleentheid dat elkeen ook op hulle eie rustig die teksgedeeltes weer deurlees.

Notas:

55 WEEK 6

WEEK 6 22 Maart – 28 Maart

OOR VERGIFNIS

Ons weet die Here wil ons vergewe, Hy kan ons vergewe, Hy het alles klaar gedoen, Jesus het die prys betaal, sodat God ons kan vergewe – maar ons moet ook ons skuld bely. Ja, die Here kan en wil ons vernuwe, ons verander en ons heelmaak en ook alles daarvoor is klaar gedoen en betaal. Maar skuldbelydenis, skulderkenning en gebrokenheid is die smal poort waardeur die Gees van die Here inkom in ons lewe om sy werk daar te doen. As ons Hom nie hier laat inkom nie, kan ‘n klomp van die goed wat die Here in ons lewe wil doen, net nie gebeur nie.

Die Here druk hierdie saak op ons hart en staan daarby dat ons ons sondes sal bely – nie omdat dit ‘n voorwaarde vir vergifnis is, of omdat Hy kwaai is, of omdat Hy ons wil verneder nie, maar omdat sonde-erkenning en gebrokenheid die plek, die enigste plek, is waar hartsvernuwing en lewensverandering begin. Ter stawing van hierdie stelling: Het jy opgemerk dat sondevergifnis volgens die Onse Vader-gebed al geestelike gawe is waarvoor Jesus sê ons moet bid?

Ons word nêrens in die gebed van Jesus gevra om vir vernuwing te bid nie. Ons bid nêrens om heiligmaking of vir geestelike groei nie. Ons bid nêrens vir die Heilige Gees en sy gawes of vir die vervulling met die Gees nie. Hoekom nie? Nie omdat hierdie dinge nie belangrik is nie – dit is ontsettend belangrik. Ons hoef nie daarvoor te bid nie, omdat hulle almal begin by sondebelydenis en vergifnis, by gebrokenheid van gees. Dit is die deur waardeur al die ander gawes van God ons lewe binnekom.

Coenie Burger

Notas:

WEEK 5 54

56WEEK 6

Matt 6:12

Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergeef wat teen ons oortree…

Psalm 51

1 Vir die koorleier. ‘n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan

2 dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.

3 Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

4 Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!

5 Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus.

6 Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.

7 Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

8 Maar U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.

9 Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.

10 Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel.

11 Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit!

12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

13 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!

14 Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

15 Dan sal ek oortreders leer wat U van ‘n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.

16 Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.

17 Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.

18 ‘n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; ‘n brandoffer wil U nie hê nie.

19 Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

20 Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind: herbou tog die mure van Jerusalem.

21 Dan sal die offers wat voorgeskryf is, weer vir U aanneemlik wees: offerdiere wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altare offer.

Ons lees dié week Matt 6:12 en Ps 51.

Sondag se erediens:

57 WEEK 6

Wat het ek gehoor tydens vandag se erediens?

Dag 1

Dag 3

Dag 5

Dag 2

Dag 4

Dag 6

Lees elke dag die teksgedeelte en maak ‘n paar aantekeninge oor wat jy in die gedeelte hoor:

Persoonlike Stiltetyd

58WEEK 6

Persoonlike stiltetydoefening vir die week:

59 WEEK 6

Praat met die Here oor jou gevoelens en wat dit aan jou doen. Dink veral na oor hoekom dit jou seergemaak het.

Vra vir die Here om jou die wysheid te gee om die saak reg te hanteer en die gawe om die persoon te vergewe.

Waar het jy dalk vandag of die afgelope tyd iemand te na gekom of seergemaak? (Dit kon bewustelik of dalk selfs onbewustelik gewees het.)

Praat met die Here oor hoe dit jou laat voel…

Vra vir die Here om jou die moed te gee om die saak met wysheid te hanteer. Vir wie moet jy dalk gaan sê: “Ek is jammer”?

Gebruik iewers in die dag ‘n paar minute om stil te raak in die teenwoordigheid van die Here. Laat jou dag soos ‘n film voor jou afspeel. Dink na oor al die gebeure, gesprekke, ontmoetings met mense, verhoudinge, telefoongesprekke, e-posse, ens.

Waar het iemand jou dalk vandag of die afgelope tyd te na gekom of seergemaak? (Die persoon kon dit dalk bewustelik of onbewustelik gedoen het.)

60 WEEK 6

• Wat maak dit so moeilik om ander mense te vergewe wat jou seergemaak het? Laat die groep saam hieroor praat om op dié wyse ook by mekaar te leer.

• “Absolute egte eerlikheid met God oor hierdie sake is die deur na vryheid en vergifnis.” Praat as groep oor hierdie stelling.

• “Vergifnis is dikwels ‘n pad wat mens moet stap wat met verloop van tyd gebeur.” Praat oor julle eie ervaringe van hierdie pad en proses.

• “Vergifnis is ‘n geskenk van God waarvoor ek kan vra, maar wat nie uit myself gebore word nie.” Bespreek die stelling in die groep.

• Hoe dink julle as groep wil dié bede ons help in ons elke dag se gesprek en leef met God?

Ons bid saam…Sluit as groep af deur die Onse Vader-gebed hardop saam te bid.

6160WEEK 6

Kleingroepbyeenkoms:

ONS ONTMOET MEKAAR…

Verlede week was ons in gesprek met God oor ons behoeftes en begeertes. Wat het veral vir jou uitgestaan (in die teksgedeeltes, geloofsoefening, kleingroepbyeenkoms of erediens) wat jy met jou saamneem op jou geloofspad?

ONS ONTMOET GOD…

• Steek ‘n kers aan as simbool van die Here se teenwoordigheid. Iemand kan ‘n gebed doen.

• Lees Matt 6:12 en Ps 51.

• Gee geleentheid dat elkeen ook op hulle eie rustig die teksgedeeltes weer deurlees.

ONS DEEL MET MEKAAR…

• Lees saam die aanhaling van Coenie Burger aan die begin van week 6. Let veral op die deel: “Die Here druk hierdie saak op ons hart en staan daarby dat ons ons sondes sal bely – nie omdat dit ‘n voorwaarde vir vergifnis is, of omdat Hy kwaai is, of omdat Hy ons wil verneder nie, maar omdat sonde-erkenning en gebrokenheid die plek, die enigste plek, is waar hartsvernuwing en lewensverandering begin.” Bespreek dié gedeelte in die groep.

• As ons nie vergewe nie, hou ons onsself en mekaar gevange. Om werklik vry te wees, moet ons vergifnis kan ontvang en/of kan gee. Bespreek die stelling in die groep.

• Wat maak dit so moeilik om God se vergifnis in ons eie lewens te aanvaar? Laat die groep hieroor praat, want ons almal het dikwels verskillende ervaringe.

Notas:

63 WEEK 7

WEEK 7 29 Maart – 2 April

OOR BOOSHEID EN BROOSHEID

Wanneer laas is jy versoek? Wanneer laas het jy voor ‘n versoeking te staan gekom? En wat was dit?

Die oomblik as mens so begin praat, sulke vrae begin vra, dan word dit duidelik dat ons half nie antwoorde het nie. Nie weet hoe om hieroor te dink of dit te antwoord nie. Trouens, as ons nog so nou en dan oor versoekinge praat, dan is dit meestal vrolik, byna ligsinnig, in ‘n grappie, of terwyl ons met mekaar spot. Daarmee openbaar ons egter dat ons maar min van hierdie bede verstaan.

Die Bybel, kan ‘n mens amper sê, is ‘n boek van versoekinge, een lang aaneengerygte verhaal van versoekingsgeskiedenisse. Ons lees van talle soorte van versoekingsverhale: van verhale waar mense vir God versoek, van verhale waar God mense versoek, van verhale waar mense mekaar versoek, van verhale waar die verskrikkinge van die lewe gelowiges versoek en van Jesus se eie versoekinge.

Waarom is versoekinge so ‘n verskriklike ernstige saak? Omdat dit in versoekinge, in aanvegtinge, gaan om die moontlikheid dat ons van God losgeruk kan word, dat ons alles kan wen terwyl ons aan God skade ly, dat ons selfs, ongemerk en onbewus, die belangrikste wat daar is, kan mis. En dit kan op soveel maniere gebeur. Dikwels gebeur dit juis deur die onskuldigste, oënskynlik goeie dinge in die wêreld; deur die gawes van die lewe wat vir ons belangriker word as die Gewer.

Dirkie Smit

Notas:

WEEK 6 62

64WEEK 7

Matt 6:13

Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose.

Romeine 8:28-39

28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê, van wie Hy die Eerste is.

30 Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

31 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?

32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te

red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

33 Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry.

34 Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

35 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?

36 Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.”

37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte

39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Ons lees dié week Matt 6:13 en Rom 8:28-39.

Sondag se erediens:

65 WEEK 7

Wat het ek gehoor tydens vandag se erediens?

Dag 1

Dag 3

Dag 5

Dag 2

Dag 4

Dag 6

Lees elke dag die teksgedeelte en maak ‘n paar aantekeninge oor wat jy in die gedeelte hoor:

Persoonlike Stiltetyd

66WEEK 7

Persoonlike stiltetydoefening vir die week:

67 WEEK 7

Wat het jou vandag verhinder om bewus te wees van God se teenwoordigheid in jou lewe? Watter gebeurtenisse, verhoudings, gesprekke, optredes, ens het jou weggeneem van God en jouself?

Doen die oefening elke dag in die week. Kyk aan die einde van die week wat jy geskryf het en wat jy uit die oefening leer.

Word stil in die teenwoordigheid van die Here… Dink na oor jou dag se gebeure…

Wat het jou vandag gehelp om meer bewus te wees van God of watter gebeure en verhoudinge en gesprekke het jou gehelp om nader aan God en jouself te leef?

68 6968 WEEK 7

• Hoe dink julle as groep wil dié bede ons help in ons elke dag se gesprek en leef met God?

• Dink as groep weer saam oor die verloop van die Sewe Weke-proses en die tema: Sewe Weke in gesprek met God oor… Sy teenwoordigheid…Heiligheid… Sy wêreld… Sy wil… Behoeftes en begeertes… Vergifnis…Boosheid en broosheid.

Laat elkeen in kort sê wat hulle veral met hulle wil saamneem op hulle geloofsreis.

Ons bid saam…Sluit af deur almal hardop saam die Onse Vader-gebed te bid.

Vier die Sewe Weke-proses en julle dankbaarheid saam op ’n kreatiewe manier.

Elke groep kan saam besluit hoe hulle dit wil doen. Gaan hou ‘n piekniek of gaan

eet ‘n pizza saam, ens.

WEEK 7

Kleingroepbyeenkoms:

ONS ONTMOET MEKAAR…

Verlede week was ons in gesprek met God oor vergifnis. Wat het veral vir jou uitgestaan (in die teksgedeeltes, geloofsoefening, kleingroepbyeenkoms of erediens) wat jy met jou saamneem op jou geloofspad?

ONS ONTMOET GOD…

• Steek ‘n kers aan as simbool van die Here se teenwoordigheid. Iemand kan ‘n gebed doen.

• Lees Matt 6:13.

ONS DEEL MET MEKAAR…

• Laat die groep saam gesels oor hoe Dirkie Smit se aanhaling aan die begin van week 7 ons help om te dink oor versoekings en die bose.

• Praat saam oor die vraag deur watter boosheid en met watter versoekings julle daagliks gekonfronteer word by die werk, op kampus, op sosiale netwerke, ens.

• Een manier om versoekings te hanteer, is om dit na die lig toe te bring. Tog is dit juis dit waarmee ons soms die meeste sukkel. Wanneer ons ons eie broosheid erken, is dit die begin van heling op daardie gebied. Bespreek dié stelling.

• Lees saam Romeine 8:28-39 en hoor watter troos julle daarin vind, juis vir ons wat daagliks gekonfronteer word met versoekings.

Naam + Van Selfoonnommer E-posadres

Groepslede:

Notas:

WEEK 7 70 71

Bronne genader in die samestelling van die handleiding:

McLaren, Brian. Naked spirituality. Hodder & Stoughton. 2011.

Burger, Coenie. Soos Jesus ons leer bid het. Lux Verbi. 2004.

Eckhart, Meister. God awaits you. Ave Maria Press. 1996.

Blackie, Margaret. Rooted in love. New Voices Publishing. 2013.

Niemandt, Nelus. Nuwe drome vir nuwe werklikhede. Lux Verbi. 2007.

Burger, Muller en Smit. Woord teen die lig 2/5. Lux Verbi. 1990.

Kopiereg vir hierdie handleiding berus by die NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente, maar gemeentes wat graag hiervan wil gebruik maak, is welkom om ons te kontak by 021 883 3458 of [email protected].