38 - …  · web viewjy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein toyota...

23
PROGRAM 38 - BOTRIVIER TIMING TEGNIES TEXT 30 sek Opening jingle 1 min Intro SOUND BITE INGRID More, ek is Ingrid MONIQUE En ek is Monique INGRID Jy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die Cape Country Meander platry – hierdie maand het ons begin daar in Caledon, toe draai gaan maak in Tesselaarsdal en nou is daar nog een stop voordat ons KSTD se rigting toe keer. MONIQUE Daardie stop in Botrivier – en moet nou nie maak soos ons gemaak het en se wat kan mens daar in Botrivier gaan doen nie – want ons kan vir jou hier van dinge vertel wat vir jou ‘n hele week sal besig hou. INGRID: Jong verseker as jy nou vir NIcky van Edge of Town Tours kry om jou deur die dorp te vat en alles van die geskiedenis vertel. MONIQUE: En sommer ook al die skandes en skandale. INGRID: Nee, dis nou nie waar nie – maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons begroet. WELKOM (20) MONIQUE: Ons het natuurlik ook probeer om Nama te leer praat maar die ou lui Afrikaanse tongetjies wou nie so lekker klap nie. INGRID:

Upload: ngodieu

Post on 01-May-2018

238 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

PROGRAM 38 - BOTRIVIER

TIMING TEGNIES TEXT30 sek Opening jingle1 min Intro

SOUND BITE

INGRIDMore, ek is Ingrid

MONIQUEEn ek is Monique

INGRIDJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die Cape Country Meander platry – hierdie maand het ons begin daar in Caledon, toe draai gaan maak in Tesselaarsdal en nou is daar nog een stop voordat ons KSTD se rigting toe keer.

MONIQUEDaardie stop in Botrivier – en moet nou nie maak soos ons gemaak het en se wat kan mens daar in Botrivier gaan doen nie – want ons kan vir jou hier van dinge vertel wat vir jou ‘n hele week sal besig hou.

INGRID:Jong verseker as jy nou vir NIcky van Edge of Town Tours kry om jou deur die dorp te vat en alles van die geskiedenis vertel.

MONIQUE:En sommer ook al die skandes en skandale.

INGRID:Nee, dis nou nie waar nie – maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons begroet.

WELKOM (20)

MONIQUE:Ons het natuurlik ook probeer om Nama te leer praat maar die ou lui Afrikaanse tongetjies wou nie so lekker klap nie.

INGRID:Ja en toeNIcky sien hoe sukkel die twee boere girls met die nama toe besluit hy hy leer ons maar eerder bietjie van die geskiedenis van die dorp.

MONIQUE:En dis ‘n vetterige geskiedenis hoor!

INGRID:Dit het niks te doen met gewig nie!

Page 2: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

MONIQUE:Voor 1652 was hierdie area ook ‘n voortvarende Khoi Khoi area – hulle het hier langs die Gouga rivier gebly

INGRID:En Gouga beteken vetterig.

MONIQUE:Die Khoi Khoi het doodgelukkig hier geboer met besste en skape – en hulle was voortvarende boere.

INGRID:Hulle se Olaf Bergh hier oor die Houw Hoek berg kom toe is hy verstom toe hy ‘n trop skape van 4000 en ‘n trop beeste van 2000 hier voor sy oe sien.

MONIQUE:Toe hy by die huis kom kon hy ook nie uitgepraat raak oor die heerlike heuning wat hy daar beproe het nie.

INGRID:Maar so 20 jaar voor Olaf daar aangekom het, het ander kolonialiste al die Khoi Khoi ontdek en hulle het allerhande goed geruil vir botter en heuning

MONIQUE:En ook skaap en baas ne. En gedurende daardie tyd word die dorpie se naam gegee as Botrivier –

INGRID:Bot is die Khoi woord vir vet. Die VOC open ‘n buitepos hier op Compangnes Drift Plaas...

MONIQUE:Vandag is dit bekend as Beaumont Landgoed...

INGRID:Maar ons praat later daaroor ...

MONIQUE:Veral oor die meul ne!

INGRID:Nou die grond was beskou as leengrond – wat beteken dit het aan die VOC behoort en die boere kon dit dan huur.

MONIQUE:En in 1806 alhoewel die Hollanders toe die Kaap aan die Britte moes oorgee – kry ‘n individu die grond by die VOC.

INGRID

Page 3: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

Maar al hierdie ontwikkeling was baie slefg vir die Khoi Khoi.

MONIQUE:Met die kaart en transport dokumente wat die Khoi wat nog nooit van so iets gehoor het nie en ook nie kon lees en skryf nie, het hulle waardevolste belegging verloor.

INGRID:Dit is nou hulle land. En hulle word amper totaal uitgewis met die uitbreek van ‘n kleinpokke epidemie in 1713.

MONIQUE:Natuurlik ‘n groot geleentheid vir die dorp was die treinspoor van Caledon na Kstd wat in 1902 gebou is.

INGRID:Dis nou op die einste spoor wat jy die Shuntin Shed sal kry – maar daaroor praat ons ook later.

MONIQUE:Hulle se daardie treinspoor daar oor die Hottentots Holland berg was ‘n ongelooflike ingeneur oorwinning hoor – want baie mense het gedink dit is nie moontlik nie.

INGRID:Weet jy die N2 is eers gebo una die Tweede Wereld Oorlog. En dit het spoorvervoer laat afneem.

MONIQUE:Ja, vandag sien mens maar net die goedere treine wat daar stop.

INGRID:Nou as jy van geskiedenis hou, dan moet jy verseker ‘n toer saam met Nicky van Edge of Town toere bespreek.

MONIQUE:En as jy nie weet wat ‘n riel dans is nie – dan gaan Nicky vir jou wys. Hulle het ‘n groep mense van Nawakwaland wat die dans doen as deel van die toer.

INGRID:Monique nooit van riel dans gehoor nie – sy het gedog dis ‘n cowboy dans!

MONIQUE:NOu weet e kook ne!

INGRID:Vertel vir die wat ook nie weet nie!

MONIQUE:

Page 4: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUND BITE

Dit is ou Khoi danse wat ‘n storie vertel – soos as die mans gaan jag het het hulle die dans gedoen – hulle maak meerkatte en leeus ens na.

INGRID:Kan jy dink as ek en jy moet so dans elke keer as ons terugkom van so lekker kuier!

MONIQUE:As ons dans soos ons praat sal ons super fit wees ne! Nou Nicky het ons ook na twee baie interressante inwoners geneem.

INGRID:Soos Henry wat die Nama stories vertaal.

MONIQUE:Daar is ‘n Nama man in die dorpie wat vir jou tradisionele stories vertel en dan vertaal Henry.

INGRID:Nie dat Henry Nama verstaan nie – hy se hy hoor die storie voor die tyd en dan vertaal hy soos hy onthou.

MONIQUE:Maar iets wat Henry van weet is leerwerk ne – maak mooiste sakke, belde, tot rekenaarsakke – wat jy sommer kan koop daar by sy huis.

INGRID:En hy maak alles met die hand ne! Se hy is oud onderwyser en het na aftrede iets gesoek om hom besig te hou – hy het hom self geleer.

MONIQUE:Rekenaar sakke pragtige –vat 3 dae om te maak – kos R 990 – kan koop daar by Greyton se mark.

INGRID:Dis net hier waar ons vir Henry en Nicky gekry het om vir ons van die karakters van die dorp

MONIQUE:Soos die Windvogels...

WIND (29)

INGRID:Nicky het ons ook geneem na ‘n plek waar jy blykbaar die lekkerste tradisionele kos in die dorp kan eet.

MONIQUE:Dit is nou daar by Merjana – wat al die lekker konfyte maak.

INGRID:Ja, as jy ‘n padstalkonfytliefhebber is sal jy al haar konfyte raakgeloop het.

Page 5: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUND BITE

MONIQUE:En jy eet sommer daar by haar huis.

INGRID:Luister waaraan jy kan smul...

MERJANA (28)

MONIQUE:Ons was te vroeg vir ete maar het darem van haar heerlike konfyt geproe!

INGRID:As jy hou van saam met die plaaslike mense kuier en nie net eet nie kan jy gerus oorslaap daar by Mervin Se Plek wat net om die draai van Merjana is.

MONIQUE:Blykbaar kuier die oorsese besoekers te lekker hier by Mervin. 7 Slaapkamers – kos R 350 per kmaer vir B&B.

INGRID:Botrivier is seker een van die kleinste dorpies met die mees interressantste eet en slaap plekke maar na die kompetisie vertel ons meer!

UE KOMP TYD SOUNDBITE KOMPETISIE:Moet nog prys kry...

5 min MONIQUE:Jy is ingeskakel by TM waar ek in Ingrid vandag die kleine dorpie Botrivier ontdek.

INGRID:En dit is nie al wat ons ontdek nie...

MONIQUE:Nee, ons hoor toe ons moet gaan kuier daar by Botrivier Hotel en na ‘n effe gesoek...

INGRID:Glo dit as julle wil – selfs in die klein dorpies moet ons soek...

MONIQUE:

Page 6: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

Kom ons toe daar by Botrivier Hotel op die plein uit.

INGRID:Nou teen die tyd is dit al donker en ons twee kan nie mooi sien waar ons moet heen nie.

MONIQUE:Dis nou nie oor die ouderdom nie – dit is oor die donkerte...

INGRID:En ons loop toe by die ontvangs in – maar daar is niemand nie – en dit lyk omtrent soos ‘n ontvangs uit ‘n cowboy fliek

MONIUQE:Ja, bo die toonbank hang ding wat soos ‘n buffel kop se geraamte lyk

INGRID:En aan die linkerkant is daar ‘n saal met ‘n verhoog wat soos ‘n ou saloon lyk...

MONIQUE:En daar is nie ‘n siel nie en ons dink ons is regtig in die movies.

INGRID:Gelukkig kom daar toe ‘n baie vriendelike dame om die draai wat sien hoe verlore ons lyk en sy red ons!

MONIQUE:Ek wonder van wat hets y ons gered?

INGRID:Sy is toe niemand anders as Liezel, Herman se suster nie.

MONIQUE:Nou Herman is die seun van die Gey Von Pittius egpaar wat ook die eienaars van die hotel is...

INGRID:En hy is skaam vir dames en dis hoekom sus toe moes kom uithelp met ons twee. Maar hy ken nie vir ons nie en gou gou het ons hom daar langs ons by die tafel...

MONIQUE:

Page 7: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUND BITE

En die eerste ding wat hy ons vertel is dat die ding daar in die ontvangs wat ons gedink het in ‘n buffel kop is eintlik ‘n baie besondere kunswerk.

INGRID:En ook waar die naam van die hotel restaurant – Blaasbalk vandaan kom

BLAASBALK (28)

MONIQUE:Herman het natuulik ‘n passie vir geskiedenis en hy se dit moet so bietjie tongue in the cheek wees.

INGRID:Wel die Blaasbalk is definitief tong in the cheek hoor! Vertel van dekor, skewe spieel, skoene wat meer as 200 jaar oud is.

MONIQUE:Dit het hulle eendag in die solder ontdek. Maar die hotel is ook al meer as ‘m 100 jaar oud en die vermoede is dat Cecil John Roads die hotel taal bou het.

INGRID:Baie interressant van die hotel – en dit is as jy van argitektuur hou – is dat jy twee baie defintiewe boustyle daar kan sien – Victoriaanse Styl en dan die Kaaps Hollandse Herelwingstyl.

MONIQUE:Ons twee weet nie veel van argitektuur nie, - maar wel kan se is dat dit ‘n pragtige hotel is met baie karkater.

INGRID:Tydens ons besoek was die familie besig om die hele akkommodasie gedeelte van die hotel te restoureer.

MONIQUE:In dit nou die Victoriaanse gedeelte?

INGRID:Ek weet nie - Jy se dan ons weet nie veel van argitektuur nie. Maar wat ek wel weet is dat daar binnekort 10 spliternuwe kamers gaan wees en hulle gaan so R450 per kamer kos.

MONIQUE:Dit is natuurlik ‘n goeie opsie om op ‘n saterdag daar te gaan oornag want dan is jy Sondag daar vir Ma Gay Von Pittius se wonderlike tradisionele middagete.

INGRID:

Page 8: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

Blykbaar is dit so gewild dat mense uit die kaap uit ry – en jy moet bespreek hoor!

MONIUQE:Vir net R 100 kry jy alles van bredie tot bobotie, soetpatas en al daai lekker boerekosse.

INGRID:En moet nie vergeet van die Jan Ellis poeding nie hoor!

MONIQUE:Op ander tye maak die Blaasbalk net sulke lekker kosse – Ons het so lekker gesmul aan die ribbetjies wat uit Caledon uit kom.

INGRID:Herman se hulle probeer so veel moontlik van hulle plaaslike produkte gebruik.

MONIQUE:Ja, en dan hou hulle in daardie saloon saal waar ons so verdwaal het musiekvertonings.

INGRID:Herman se baie Afrikaanse Blues en op staderdag aand is daar ‘n musiek met ete aanbod.

MONIQUE:Nog meer rede om die Saterdag aand oor te bly!

INGRID:As jy nou ‘n buitelug mens is en eerder buite die dorp wil gaan oorslaap dan het ons net die plek vir jou – dit is daar by Kol Kol

MONIQUE:En daar gaan jy nie net lekker oorbly nie – jy gaan ook lekker eet daar by die Kitchen@Kol Kol

INGRID:Dit is nou hier by chef Edmund Viljoen se kombuis. Vertel hoe die setting is – views en dekorasies built with logs, stone and glass!  It is a small setting with a warm atmosphere with seating for up to forty guests, complete with a large grass area which overlooks the Caledon Mountains.

MONIQUE:Rudi se unieke wynbalie tafels.... Edmund by baie bekende restaurante gewerk - The Fat Duck restaurant in Bray, England with Heston Blumenthal, The Burgundy Restaurant and Birkenhead House in Hermanus as well as Azura Retreats in Mozambique. 

INGRID:Vertel van ontbyt en Gesondheids Muesli – AB Flake, Botter, Heuning, Peacans, pistasios, Cashews, cinnamon – toast en eet.

Page 9: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUND BITE

SOUND BITE

MONIQUE:Man – hier is soveel lekker dinge om te eet – laat Edmund liewers self vertel

KOL KOS (47)

INGRID:En moet nie vergeet van die sjokolade mouse nie.

KOL SJOKOLADE (26)

MONIQUE:Edmund se jy moet op die uitkyk wees vir hulle spesiale aande waar van hulle baie het. Skotse aand – wou weet of hy gaan haggis maak en ja gese.

INGRID:Xmast in Winter vind plaas in Julie. En jy kan maar elke maand daar gaan eet want elke maand is daar nuwe spyskaart!

MONIQUE:Nog ‘n rede hoekom jy by Kol Kol draai moet maak is om te gaan bly in hulle pragtige akkommodasie – elkeen met hulle unieke warm swembaddens.

INGRID:Ja, elkeen van die 2 Kandadese hout hutte of die twee luukse tente het ‘n warm splash pool wat deur Rudi self gebou is.

MONIQUE:Die houthutte sin is ingebou op die stoepies en die tente sin is spesiaal gemaak uit ‘mn mold – werk met hout – stook jou eie vuur in swembad maak water warm.

INGRID:En dan kan jy daar in jou eie warm swembad sit terwyin jy so oor die berge uitkyk - almal le daar teen die koppie onder die dam le – met die pragtigste uitsigte

MONIQUE : (Chrip in en maak comments)Kol Kol Log Cabin - One x 2 Bed-roomed self catering log cabin with bed linen for both rooms , Loft with 2 x single beds plus double sleeper couch suitable for children, 2 bathrooms each with shower, toilet and washbasin (one is en-suite), Lounge area with stone fireplace,

INGRID:Dan se Rudi die tente is vir die wat iets uniek en ongewoon wil ervaar.

MONQIUE:Wat hy eintlik moet se is dit die tipe kamp vir die wat wil kampeer met die lewe se luukshede!

Page 10: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUNDBITE

INGRID:Soos ek en jy! Want die tente is in die bos en jy voel of jy kampeer doen jy dit in styl! Both tents are set on their own wooden decks, equipped for self-catering purposes – dubbel bed en xtra matras vir klein kind. Energy used for lighting and heating, is generated from solar panels and gas. 

MONQIUE:Kos R 980 vir hout huise en R 780 vir die tente per nag.

INGRID:Rudi en Karen maak ook seker dat jy nou nie heeldag is die warm swembad gaan sit nie. Kan gaan swem of visvang in die dam – waar jy dalk een van hulle 19 Telapias kan vang....

MONQIUE:Is dit ‘n siekte

INGRID:Nee man – varswater vis!

MONIQUE:Dalk vang die Telapia jou as jy nie oppas nie! Ek dink ek sal maar liewer een van die twee staproetes aandruf – klink beter as 19 telephias!

INGRID:Of as jy nou fliks is kan jy jou bergfiets vat en die VD STtell pas grondpad aandurf Botrivier toe.

MONIQUE:Bly in swembad met verkykers en kyk na voels.

INGRID:Ek is seker ‘n paar van ons luisteraars wonder waar die naam Kol Kol vandaan ikom?

MONIQUE:Ons het ook en vir Rudi gevra om te vertel

KOL NAAM

INGRID:Nou ons het nog baie oulike kuier plekke hier in Botrivier ontdek, maar voordat ons verder vertel luister eers waarop jy kan bie die maand.

PRET VEILING Sante

5 min MONIQUE

Page 11: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

Ons kuier nog hier in Botrivier waas plaasbly ‘n lekker opsie is vir die wat nou moeg raak vir die stad.

INGRID:

En jy kan amper jou wandelstok pluk ne – want Botrivier is mos maar net hier om die draai. Nou as jy van KSTD se kant af kom in plaas

daarvan om links te draai Botrivier toe, draai jy regs en net so entjie verder aan sal jy die groot hek sien van Wildekrans Wyn Landgoed.

MONIQUE:

Die wat nou die Cape Epic gery het sal Wildekrans ken want die roete loop mos hier deur die plaas.

INGRID:

Ja Janine wat die Uitspan Cottages hier op die plaas bestuur se dit was omtrent ‘n ervaring en ‘n gesig om die fietsyers en die helikopters en

die dinge te sien!

MONIQUE:

So jy is reg as jy aanneem dat men shier mag fietsry – maar iets waarmee hulle geen probeem het nie is quad bike en off road motorfietse nie.

INGRID:

Almal is welkom – hier is heelwat paadjies om ter y – maar jy moet jou eie speelgoed bring – is nie op die plaas nie.

MONIQUE:

Wat Janine wel vir jou kan reel is om te gaan perdry saam met Manfred.

INGRID:

Maar dit het ons nie probeer nie want Monique wil mos nie naby ‘n perd kom nie.

MONIQUE:

Of ‘n olifant nie – ek vat net die great whites dankie!

INGRID:

Dalk moet ons eendag gaan olifant ry – hulle loop stadiger en jou kanse om af te spring is makliker

MONIQUE:

Dis net ‘n bietjie hoer spring ne!

Page 12: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUNDBITE

INGRID:

NOu gelukkig is daar nie olifante op Wildekrans nie maar daar is 9 pragtige geresoreerde selfsorg huise waar jy kan gaan oorbly. 8 het 2

slaapkamers en een 3 slaapkamers.

MONIQUE:

Kos R 1000 per huisie.

INGRID:

As jy nou een van daardie stadsmense is wat nog wonder of jy moet kom, laat Janine jou maar oortuig.

WILDEKRANS (51)

MONIQUE:

Nog so ‘n werkende wynplaas waar jy kan gaan kuier is natuurlik die historiese Beaumont Plaas en hier is iets anders wat werkend is...

INGRID:

En dit is histories en dit is nie ek en Monique nie hoor !

MONIQUE

Maar ons vertel netnou daarvan.

INGRID:

Beaumont plaas is nou waar die oorspronklike 18 de eeuse buitepos vir die VOC was

MONIQUE:

Wat se naam daardie tyd Compagnes Drift Plaas was ne!

INGRID:

Wynboerdery is begin deur die huidige eienaars Raoul en Jane Beaumont en die kinders sit die tradisie voort met Sebastian wat nou die

wynmaker is hier.

MONIQUE:

Vir die van julle wat kan onthou teo ons vertel het van die Green Mountain Route – dit is nou waar jy stap en saans lekker slaap – Beaumont is

Page 13: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

deel van daardie roete en le dan ook binne die Kogelberg Biosphere.

INGRID:

Ek dink dit moet te wonderlik wees as jy so moeg een seer gestap is en jy kan in daardie pragtige dam daar voor die ou plaashuis induik.

MONIQUE:

As jy klaar geswem het en ‘n bed soek vir die seer lyf kan jy nou kies uit twee gerestoureerde huisies. The Peppertree Cottage is the smaller

more cosy one which has 1 bedroom with a double bed and two single beds in the lounge. (Sleeps max 4 people).

INGRID:

The Mill House is a very spacious cottage which has 1 bedroom with a double bed and a 2nd bedroom with two single beds and 2 extra beds in

the lounge. (Sleeps max 6 people).

MONIQUE:

BM is natuurlik ook baie bekend as ‘n trou venue – pragtige uitsigte oor die wingerde.

INGRID:

En dan ook vir daardie besonderese historiese werkende... nee wag – ons gaan mos netnou daaroor praat.

MONIQUE:

Kom ons gaan maak eers draai by nog ‘n historiese stop plek – en dit is daar op die trein peron – en moet net dink net Darling is die enigste

wat ‘n peron het nie!

INGRID:

Ja maar hulle is die engiste wat Evita het.

MONIQUE:

Wel Botrivier het die Shuntin Shed en mense ry uit ook uit Kaapstad omhier te kom eet.

INGRID:

En om die trein te sien ne!

MONIQUE:

Page 14: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUNDBITE

As jy gelukkig is want daar is mos deesdae net vrag treine wat hier verby kom.

INGRID:

Wat jy wel gaan kry is van die beste pizzas en ribbetjies in die omgewing.

MONIQUE;

Dit is ‘n kombinasie ne – pizzas en ribbes

INGRID:

Iets vir almal!

MONIQUE:

Nou die eienaar Lyndsey se lewensverhaal is het net so interressante storie soos die restaurant sin hoor – sy kom van Yorkshire af het 15 jaar

in Rusland gewerk en het kom aftree hier in Botrivier.

INGRID:

Die restaurant was oorspronklike laaistoor – deure aan beide kante en le op die treinspoor – met die verandering na restaurant baie van die

oorspronklike stoor gehou

MONIQUE:

Lyndsay is baie passievol oor die trein geskiedenis.

SHUNTIN (42)

INGRID:

En die kos is baie beter as 2de klas kos hoor! Alles word vars en met die hand gemaak.

MONIQUE:

Iets wat jy verseker moet probeer is die Shed Foccaccia – Gemsbok, bresoala op rocket. Lyndsey noem dit ‘n Eurpeses variaisie van ‘n pizza!

INGRID:

Dan moet jy ook uitkyk vir die spesiale aanbiedinge - toe ons daar was was daar pangebraaide dorado en vars Karoo vleis – kan kies T Been,

rump, fillet.

Page 15: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

MONIQUE:

Die een ding wat ons natuurlik nie kon miskyk nie was die pizza met die sjokolade sous!

INGRID:

En Lyndsey se Mo se Home Made Tipsy tert is ook uitstaande!

MONIQUE:

Ek wil net se ons het nie al die dinge probeer nie – as ons kon sou ons maar eerder die Health smoothies gedrink het ne Ingrid.

INGRID:

Praat vir jouself Monique! Ek sal moet teruggaan vir daardie nagereg pizza!

MONIQUE:

Op Sondae kan jy gaan luister na musiek en sommer gaan varkboud eet en in die week op Woens en Don aand is daar jamming sessie vir die

kunstenaars wat plekkie soek om te gaan speel!

INGRID:

En ek hoor hulle se jy kan gaan Kareoke op ‘n Saterdag aand.

MONIQUE:

Ek dink nie iemand sal hoegenaamd wil he ek moet Karaoke nie – die trein sal nie stop nie!

INGRID:

Ja voordat Monique karaoke en hulle dalk vir Radio Tygerberg van die lug afhaal – kom ons gee ‘n prys of twee weg!

GETAWAY AD GETAWAY AD

MONIQUE

As jy graag GW wil wen besoek ons webwerf en skryf in vir ons GW kompetisie – www.

INGRID:

Ek dink dit is nou tyd om julle van daardie historiese ding te vertel wat nog werk daar op Botrivier – en dit was nie Monique met haar notaboek

nie hoor!

Page 16: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

SOUNDBITE

SOUNDBITE

SOUNDBITE

MONIQUE:

Of Ingrid met haar recorder nie!

INGRID:

Glad nie – kyk of julle kan raai wat dit is.

MEULE (4)

INGRID:

Dit is ‘n watermeul en Botrivier spog ook een van die oudste werkende watermeule in die land en die meul kan jy kry daar op Beuamont plaas.

MONIQUE:Hulle weet nie heeltemal hoe oud is die meul nie , maar When Bishop La Trobe stopped overnight at the De Kock farm at Compagnes Drift farm in 1815 he noted in his diary that flooding had badly damaged the mill on the farm.

INGRID:En dit danksy die harde werk van Andy Selfe dat die meule vandag weer werksaam is – want hy was verantwoordelik vir die restourasie van die meule. Hoor hoekom se hy moet jy ‘n draai kom maak.

WHY MILL (18)

MONIQUE:Andy se hierdie meul was nie sommer net so meul nie = dit lyk vir hulle of die meul amper al die graan van die omgewing gemaal het.

INGRID:Vandag is daar drie meul masjiene in die meule waarvan een nog aangedryf word duer die pragtige hout water wiel wat mens aan die buitekant van die meul kan sien.

MONIQUE:Wat dit nog meer besonders maak is dat die meul sy oorsprong meer as 2000 jaar terug is omdat dit ‘n Vitruvian meul is.

VITRUVIUS (48)

INGRID:Andy is nie altyd op die plaas nie, maar hy se hy probeer naweke daar wees om vir besoekers te wys hoe die meul werk, so

Page 17: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

gaan maak gerus ‘n draai daar

MONIQUE:Dit is ongelooflik om te sien hoe so effektief antieke kennis nog kan werk!

INGRID:Iemand was nou nie noodwendig histories is nie, maar baie effektief met diere kan werk is Luke Cornell daar by Union Pictures.

MONIQUE:Nou julle wonder seker wat het Films en diere met mekaar te doen – en dit alles in Botrivier? Wel, Luke is dierehanteerder en dit is sy diere wat hier by Union Pictures bly en in al die oulike advertensies speel wat jy so op die TV sien.

INGRID:Soos daardie zebra wat die wereld vol reis..

MONIQUE:En die volstruis wat uit die vliegtuig uitspring.

INGRID:En as jy by Union Pictures daar buite Botrivier gaan kuier dank an jy al hierdie diere sterre persoonlik ontmoet.

MONIQUE:Ek moet se ons was verstom toe daar by Luke hulle aankom – ek dink hierdie diere ervaring is seker die bes bewaarste geheim in die Wes Kaap.

INGRID:Tussen Luke en die diere was hulle al deel van meer as 40 flieks en 100s advernsies.

MONIQUE:En Luke vertel dat ‘n ad wat die Australiese sokkerspanhier gemaak het laas jaar – het so pas ‘n groot toekenning in Australie gewen!

INGRID:Luke se ook dat hulle die welstand van hulle diere op hul harte dra...

MONIQUE:Ja, hulle is mos super sterre!

Page 18: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

INGRID:Hulle werk baie nou saam met baie van die Dierebeskermingsgroepe en hulle plaas is ‘n geregsistreerde dieretuin. En daarom kan hulle dit oopmaak vir die gewone persoon sodat jy ‘n persoonlike ervaring met ‘n wilde dier kan he.

MONIQUE:Ons was daar en het ‘n paar persoonlike ervarings gehad – insluitende die reisende Zebra wat net die pad wou vat toe die hek oopgemaak word.

INGRID:En dan die heel beste ontmoeting – die luiperd – vertel hieroor.

MONIQUE:As jy nou graag so in vervoering wil raak oor ‘n luiperd soos Ingrid, bel hulle gerus en dan sal Jesse jou op ‘n toer vat teen net R 50 (volwassenes) en R30 kinders.

INGRID:Hulle het ook baie oulike kothuise daar op die plaas waar jy kan oorslaap wat by R500 vir twee persone begin.

MONIQUE:So van movies en TV gepraat – weet jy watter TV reeks het Botrivier beroemd gemaak?

INGRID:Versker nie Egoli nie.

MONIQUE:Nommer asseblief – almal het op dorp aangekom op soek na die sentrale. Woutrine oud dosent van my.

INGRID:Daar is nog baie dinge wat mens kan vertel oor Botrivier en om te doen, maar ons tyd is nou op – so ons wil vir jou uitnooi om in jou kar te klim, oor die berg ter y en hierdie mees ongewone dorpie self te ontdek.

MONIQUE:Gaan besoek www.thecapecountrymeander.co.za

INGRID:www.tasseenmatrasse.co.za en facebook.

MONIQUE:

Page 19: 38 - …  · Web viewJy kuier vandag hier saam met ons waar ons nogsteeds met ons klein Toyota Yaris Zen die ... maar hy het wel vir ons bietjie Nama geleer – hoor hoe word ons

Ons is nog nie klaar gekuier op die Cape Country Meander nie – vlg week vat ons jou na die dorpie waar my voorsate vandaan kom

GROET