lgns.co.za  · web viewin herfs word die blare bruin en val van die bome af. gras word bruin in...

9
Wiskunde: Meting: Onderskei tussen die langste en kortste en tussen lank en kort. Leerders moet verstaan dat somige voorwerpe langer of korter is as ander voorwerpe. As ons voorwerpe saam plaas, gaan een die langste wees of langer as die ander wat korte is of die kortste is van almal. Die beste manier om hierdie konsep aan te leer is om verskeie lengtes wol of tou of stokkies te gebruik. Leerders moet die lengtes van die wol, tou of stokkies meet en vergelyk. Watter een is die langste? Watter een is die kortste? Voorbeeld van meting: Leerders moet voorwerpe kan versamel en sorteer volgens een spesifieke eienskap. Deur gebruik te maak van bottel proppies, blokkies of speel karre en nog meer. Leerders kan die voorwerpe sorteer volgens kleur en vorm. Byvoorbeeld: Al die blou bottel proppies kom saam, al die groen bottel propies kom saam. Hulle kan ook al die speelgoed en bottel propies saam meng, sorteer dan als sodat die speelgoed als saam is en dat die bottel propies als saam is. Byvoorbeeld: Taal: Luister en praat- Die voordrag van gedigte of rympies en die byvoeging van beweging in dit. Sien aangehegde rympie en liedjie. Laerskool Generaal Nicolaas Smit

Upload: others

Post on 28-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: lgns.co.za  · Web viewIn herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog

Wiskunde:

Meting: Onderskei tussen die langste en kortste en tussen lank en kort. Leerders moet verstaan dat somige voorwerpe langer of korter is as ander voorwerpe. As ons voorwerpe saam plaas, gaan een die langste wees of langer as die ander wat korte is of die kortste is van almal. Die beste manier om hierdie konsep aan te leer is om verskeie lengtes wol of tou of stokkies te gebruik. Leerders moet die lengtes van die wol, tou of stokkies meet en vergelyk. Watter een is die langste? Watter een is die kortste? Voorbeeld van meting:

Leerders moet voorwerpe kan versamel en sorteer volgens een spesifieke eienskap. Deur gebruik te maak van bottel proppies, blokkies of speel karre en nog meer. Leerders kan die voorwerpe sorteer volgens kleur en vorm. Byvoorbeeld: Al die blou bottel proppies kom saam, al die groen bottel propies kom saam. Hulle kan ook al die speelgoed en bottel propies saam meng, sorteer dan als sodat die speelgoed als saam is en dat die bottel propies als saam is.Byvoorbeeld:

Taal:

Luister en praat- Die voordrag van gedigte of rympies en die byvoeging van beweging in dit. Sien aangehegde rympie en liedjie.

Neem deel aan gespreke en reageer op vrae. Gebruik die tema herfs. Verduidelik die seisoen deur na sekere feite oor die seisoen te praat. In herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog vele meer. Na die tyd vra die leerder oor wat jy verduidelik het. As hulle gedurende die bespreking iets wil sê oor die tema, gee hulle `n kans.

Luister sonder onderbrekings. Gee die leerder jou kans om te bespreek of onderbreek die leerder jou ? Fokus daarop om die leerder te herrinner dat `n mens eers iemand anders laat klaar praat en dan kan jy ook na die tyd iets sê as jy wil. Hierdie leer die leerders om eers te luister na wat `n persoon gesê het en dan die inligting te verwerk voordat hulle daarop reageer.

Laerskool Generaal Nicolaas Smit

Grade R Homework - Week 4

Page 2: lgns.co.za  · Web viewIn herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog

Alledaagse aktiwiteite:

Tel vorentoe op hande, wys op vingers soos hulle tel byvoorbeeld:Sê een en wys 1 vinger, sê twee en wys dan 2 vingers (ander voorwerpe mag gebruik word byvoorbeeld: blokkies). Skryf die getalle 1 tot 6 met die getal se naam en die hoeveelheid kolle van die getal asook prente by die getalle byvoorbeeld: getal: 1, naam: een, een kol en een roomys . (Die leerder moet al hierdie getalle kan herken tot en met getal 6)

Terug tel: tel agteruit, hou ses vingers op, dan vyf vingers op en dan vier en dan drie en dan twee en dan een (soos wat jy `n vinger weg vat elke keer moet die leerder terug tel 6, 5, 4, 3, 2, 1). Gebruik die voorwerpe soos genoem is bo.

Leerders moet die volgende vorms kan herken en benoem en teken: vierkant, driehoek, sirkel, reghoek, ovaal, diamant en ster.

Leerders moet die volgende kleure kan herken en benoem: rooi, blou, geel, groen, oranje, pers, swart, bruin, wit en pienk

Leerders moet hulle eie naam en van kan herken en skryf. Die lees van pyle. Teken pyle op `n papier. Leerder moet die pyle dan lees deur te sê wat die rigting is

byvoorbeeld links en regs.

Groot motoriese vaardighede:

Rol `n bal vir jou vriend of ouers en hulle moet dit terug rol aan jou. Probeer om hierdie op verskeie afstande te doen.

Hardloop, fal gesig plat, lê op die grond, rol op jou rug en sye. Beweeg kante toe links en regs.

Fyn motoriese vaardighede:

Gebruik wasgoed pennetjies om watte balle op te tel uit een houer en in `n ander houer te plaas. Skeur: gee die leerder `n stuk papier of koerant papier om in klein stukkies te skeur. Skryf of teken in die sand. Teken `n prent of oefenom jou naam en van in die sand te skryf.

Meting Aktiwiteit 1

As jy nie toegang tot `n drukker het nie, voel vry om hierdie op `n skoon papier te teken of om `n soortgelyke prent te teken indien dit te

Page 3: lgns.co.za  · Web viewIn herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog

Maak gebruik van wol om die skoene te meet.

Beantwoord die vrae. Jy kan vir mamma of pappa wys of sê.

Watter skoen is die kortste?

Watter skoen is die langste?

Watter skoen is langer as die ander een?

Watter skoen is korter as die ander een?

Meting Aktiwiteit 2

Page 4: lgns.co.za  · Web viewIn herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog

Hierdie aktiwiteit is soos die vorige een. Hier moet jy verskillende voorwerpe meet en dan die vrae beantwoord wat volg.

Beantwoord die vrae. Jy kan vir mamma of pappa wys of sê.

Watter voorwerp is die langste?

Watter voorwerp is die kortste?

Sortering Aktiwiteit 1

Page 5: lgns.co.za  · Web viewIn herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog

Knip uit al die vorms en sorteer hulle dan volgens vorm.

Sortering Aktiwiteit 2

Page 6: lgns.co.za  · Web viewIn herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog

Sorteer aldie gesonde kos en al die ongesonde kos. Jy kan die ongesonde kos dood trek en die gesonde kos kan jy inkleur.

Rympie

Liedjie

Page 7: lgns.co.za  · Web viewIn herfs word die blare bruin en val van die bome af. Gras word bruin in plaas van groen. Dis bietjie koueras in die somer. Ons begin warmer klere dra en nog