m o n i e hoËrskool waterkloof klofiekan · klofiekan hoËrskool waterkloof v e r s t a n d s i e...

16
klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan www.klofies.co.za | admin@klofies.co.za UITGAWE 1 | 2020 BESTE SPORTBERIG NASIONALE SKOOLKOERANTKOMPETISIE 2019 / WENNERS BEELD-SKOOLKOERANTKOMPETISIE 2018 Liefdeskonsert - bl. 12 Valentynsbal - bl. 13 Atletiek - bl. 16 Krieket wen - bl. 16 Hollywood sou nie veel op die Klofies se eie Golden Globes kon verbeter nie. Die aand waarvoor almal gewag het, het op 6 Maart 2020 aangebreek. Soos ‘n toneel uit ‘n film, het die Mnr. en Mej. Waterkloof-aand almal se verbeelding aangegryp. Die kameras het gerol en die finaliste het die gehoor soos filmsterre met hul talente betower. Van Dylan Beckers se Moto Moto nabootsing tot Mean Girls se berugte danspassies, was die aand met hoogtepunte uit ons gunstelingflieks gevul. Die 20 finaliste was in Annemari Schutte, Gerrit Pienaar en Yihan Brönn se uitrustings geklee. Gaskunstenaar, Loki Rothman, en seremoniemeester, Gielie Hoffmann, het soos goeie regisseurs gesorg dat die aand ‘n box office-treffer was. Agter die skerms weet ons egter dat dit die gedugte span Klofie-onderwysers was (waarvan drie swanger is) wat self ‘n paar Golden Globes verdien. Al die kaartjies is uitverkoop omdat niemand hierdie sterbelaaide aand wou mis nie. Die “kragonderbreking” - dié keer nie Eskom se skuld nie - het tot groot opwinding gelei en die stuk Netflix Chill het met die prys vir die beste kreatiwiteitsitem weggeloop.’n Mens sou dink dat jy ‘n stuntman sou nodig hê vir al die waaghalsige toertjies wat uitgevoer is. Ma’am se afrigting van die dansroetines het vir goeie Instagram-materiaal gesorg en die gehoor het dit soos wafferse paparazzi afgeneem. Die Klofiekan-redaksie is dankbaar dat ons nie die moeilike besluit moes neem oor wie die wenners moes wees nie, want elke finalis was ‘n ster in eie reg. Die Golden Globe-wenners is soos volg: • Mej. Waterkloof: Camryn Coetzee • Mnr. Waterkloof: Xander MacGregor • Eerste prinses: Trudie Botha • Eerste prins: Juwan Blignaut • Tweede prinses: Monét Booysen • Tweede prins: Graydon Steyn • Mnr. Persoonlikheid: Dylan Beckers • Mnr. Fotogenies: JP Tverdon Mej. Fotogenies: Lara van den Berg Beste item: Monét Booysen, Gailyn Wessels, Monty Loubscher, JP Tverdon Kloof was vanjaar in rep en roer toe daar aangekondig is dat die nuutste toevoeging tot die Kloof-familie, die Druppels, uit ‘n reusagtige getal van 449 Klofies bestaan. Hierdie is ‘n eerste in die skool se geskiedenis. Skrikkerig en verbouereerd het die klomp vreemde gesiggies op Maandag 13 Januarie 2020 deur die hekke van Hoërskool Waterkloof gestroom. Van links en regs is hul begroet met “Druppels, kyk af” - dalk nie heeltemal die verwelkoming wat hul verwag het nie. Die suksesvolle Druppellympics het die Druppels ‘n voorsmakie gegee van wat dit beteken om ‘n betrokke Klofie te wees toe hulle in massas deelgeneem het. Skaars is hierdie aktiwiteit afgehandel, toe wag die volgende avontuur op hulle. Stampvol busse, gelaai met Druppels en Admirale, was gereed vir die Druppel-kamp te Altelekker-kampterrein. Die Druppels se uithouvermoë is beslis hier getoets met al die ure se oefening wat aan die Druppel-konsert spandeer is. Boonop was dit slegs die Admirale se voorreg om in die swembad te kon afkoel! Die Druppels is beslis tydens die Druppel-kamp afgebring aarde toe, maar die gevolg was ‘n gevoel van samehorigheid en trots om deel van die Kloof-familie te kan wees. Die Druppels se bekendstelling aan die Klofie-leefwyse is afgesluit met ‘n suksesvolle konsert en die baadjieseremonie, reeds ‘n trotse Klofie-tradisie. Ons is trots om elke Druppel as ‘n Klofie te verwelkom en sien met afwagting uit na die matriekgroep van 2024. Vir meer foto’s van die nuwe Druppels, blaai na bladsy 6. Grens … of wees grensloos, Druppels! Leshan Curlewis Mnr. en Mej. Waterkloof word gekroon Golden Globes – Aand van die sterre Jana Gous - Fotograaf: Cindy Klaver - - Fotograaf: Carla van Staden-

Upload: others

Post on 09-Mar-2021

16 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

klofiekanHOËRSKOOL WATERKLOOF

VERSTAND

S I E L

H

ARM O N I E

LI G

G

AA M

klofiekanwww.klo� es.co.za | admin@klo� es.co.za UITGAWE 1 | 2020

BESTE SPORTBERIG NASIONALE SKOOLKOERANTKOMPETISIE 2019 / WENNERS BEELD-SKOOLKOERANTKOMPETISIE 2018

Liefdeskonsert - bl. 12 Valentynsbal - bl. 13 Atletiek - bl. 16 Krieket wen - bl. 16

Hollywood sou nie veel op die Klofies se eie Golden Globes kon verbeter nie. Die aand waarvoor almal gewag het, het op 6 Maart 2020 aangebreek. Soos ‘n toneel uit ‘n film, het die Mnr. en Mej. Waterkloof-aand almal se verbeelding aangegryp.

Die kameras het gerol en die finaliste het die gehoor soos filmsterre met hul talente betower. Van Dylan Beckers se Moto Moto nabootsing tot Mean Girls se berugte danspassies, was die aand met hoogtepunte uit ons gunstelingflieks gevul. Die 20 finaliste was in Annemari Schutte, Gerrit Pienaar en Yihan Brönn se uitrustings geklee. Gaskunstenaar, Loki Rothman, en seremoniemeester, Gielie Hoffmann, het soos goeie regisseurs gesorg dat die aand ‘n box office-treffer was. Agter die skerms weet ons egter dat dit die gedugte span Klofie-onderwysers was (waarvan drie swanger is) wat self ‘n paar Golden Globes verdien.

Al die kaartjies is uitverkoop omdat niemand hierdie sterbelaaide aand wou mis nie. Die “kragonderbreking” - dié keer nie Eskom se skuld nie - het tot groot opwinding gelei en die stuk Netflix Chill het met die prys vir die beste

kreatiwiteitsitem weggeloop.’n Mens sou dink dat jy ‘n stuntman sou nodig hê vir al die waaghalsige toertjies wat uitgevoer is.

Ma’am se afrigting van die dansroetines het vir goeie Instagram-materiaal gesorg en die gehoor het dit soos wafferse paparazzi afgeneem. Die Klofiekan-redaksie is dankbaar dat ons nie die moeilike besluit moes neem oor wie die wenners moes wees nie, want elke finalis was ‘n ster in eie reg.

Die Golden Globe-wenners is soos volg:• Mej. Waterkloof: Camryn Coetzee• Mnr. Waterkloof: Xander MacGregor• Eerste prinses: Trudie Botha• Eerste prins: Juwan Blignaut• Tweede prinses: Monét Booysen• Tweede prins: Graydon Steyn• Mnr. Persoonlikheid: Dylan Beckers• Mnr. Fotogenies: JP Tverdon• Mej. Fotogenies: Lara van den Berg• Beste item: Monét Booysen, Gailyn Wessels, Monty

Loubscher, JP Tverdon

Kloof was vanjaar in rep en roer toe daar aangekondig is dat die nuutste toevoeging tot die Kloof-familie, die Druppels, uit ‘n reusagtige getal van 449 Klofies bestaan. Hierdie is ‘n eerste in die skool se geskiedenis.

Skrikkerig en verbouereerd het die klomp vreemde gesiggies op Maandag 13 Januarie 2020 deur die hekke van Hoërskool Waterkloof gestroom. Van links en regs is hul begroet met “Druppels, kyk af” - dalk nie heeltemal die verwelkoming wat hul verwag het nie.

Die suksesvolle Druppellympics het die Druppels ‘n voorsmakie gegee van wat dit beteken om ‘n betrokke Klofie te wees toe hulle in massas deelgeneem het. Skaars is hierdie aktiwiteit afgehandel, toe wag die volgende avontuur op hulle.

Stampvol busse, gelaai met Druppels en Admirale, was gereed vir die Druppel-kamp te Altelekker-kampterrein. Die Druppels se uithouvermoë is beslis hier getoets met al die ure se oefening wat aan die Druppel-konsert spandeer is. Boonop was dit slegs die Admirale se voorreg om in die swembad te kon afkoel! Die Druppels is beslis tydens die Druppel-kamp afgebring aarde toe, maar die gevolg was ‘n gevoel van samehorigheid en trots om deel van die Kloof-familie te kan wees.

Die Druppels se bekendstelling aan die Klofie-leefwyse is afgesluit met ‘n suksesvolle konsert en die baadjieseremonie, reeds ‘n trotse Klofie-tradisie. Ons is trots om elke Druppel as ‘n Klofie te verwelkom en sien met afwagting uit na die matriekgroep van 2024.

Vir meer foto’s van die nuwe Druppels, blaai na bladsy 6.

Grens … of wees grensloos, Druppels!Leshan Curlewis

Mnr. en Mej. Waterkloof word gekroon

Golden Globes – Aand van die sterre

Jana Gous - Fotograaf: Cindy Klaver -

- Fotograaf: Carla van Staden-

Page 2: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

Toe ons in kwartaal 1 instap, het ons dadelik die betekenis van die tema vir die jaar, Grensloos, ervaar. Dit maak nie saak of jy ‘n onseker Druppel of ‘n selfstandige matriek is nie. Die 2020-visie het jou voete onder jou uitgeslaan. Gaan groot of gaan huis toe! Dít is die mantra wat ons gaan volg om ons einddoel van grensloosheid te bereik. Daarvan kan die wit duiwe op die eerste dag van skool getuig! Elkeen van julle moet egter julle eie visie en missie hê om julle doelwitte te bereik. In kwartaal 1 lyk die toekoms blink en vol beloftes,

maar soos wat die jaar vorder, verloor ‘n mens soms ‘n paar penne en potlode langs die pad en dit is normaal! Solank jy die stukkies langs die pad optel en altyd die wenstreep in gedagte hou. So hou vas aan julle swart stoele voor juffrou Erika dit weer in die saal benodig en maak reg vir ‘n uitdagende rit met ‘n wonderlike uitsig oor wat die toekoms vir ons inhou. Dit is die begin van die jaar twenty-plenty, met grenslose mense en buitensporige geleenthede wat op jou wag. Pak die bul by die horings, vee jou brillense

skoon en kry ‘n nuwe uitkyk op die lewe. Dit is nie jou omstandighede wat jou lewe bepaal nie, maar eerder jou uitkyk op ‘n situasie wat jou hele lewe kan verander. Ek sluit af met ‘n aanhaling deur Danie du Toit, hoofsanger van Spoegwolf: “Moenie die bokant blink hou nie - hou die binnekant blink.” Kloof, keep your eyes on the prize en moenie vergeet waar jou krag vandaan kom nie. Hou jou ambisie in jou broeksak en jou visie in jou agterkop. Jy sal die vrugte daarvan pluk!Tot volgende keer.

Euléne

Redakteursbrief

Hoërskool Waterkloof

Angelique Bloemhof

Die volgende terugvoer is ontvang:

• Die nuwe LO-periodes is ‘n wonderlike idee en goeie dissipline word gehandhaaf. Tydens LO-prakties, word die leerders aan ‘n groter hoeveelheid sportsoorte blootgestel en hulle geniet die aërobiese dans, wat met ritme help. Nog net positiewe terugvoer is na die LO-praktiese periodes vanaf die leerders ontvang. Mnr. Jan Mollentze

• Ek is ten gunste van die vorige LO-periodes. Baie kinders kry LO-teorie slegs by een onderwyser waar ander weer by meer as een kry en dit skep verwarring. Die vorige LO-praktiese periodes was ook meer gereeld en het die kinders fiks en aktief gehou. Mnr. Morné Viljoen

• Die nuwe LO-sisteem is baie beter, solank dit net reg georganiseer word. Vorige jare het die leerders tydens die LO-praktiese periodes onder die bome gesit terwyl hulle deesdae een keer per kwartaal LO-prakties het en deelneem. Juf. Ina Davies

• Om LO-prakties een keer per kwartaal te hê, is vir my beter omdat ons gewoonlik net ‘n afperiode gehad het. Die feit dat ons by twee verskillende onderwysers LO-teorie kry, is vir my sleg. Jy is saam met ander kinders in ‘n klas en nie almal trek by dieselfde les nie. Melissa-Ann Steenkamp (gr. 11)

• Ek dink die sisteem is ‘n bietjie deurmekaar en die teorie word soms herhaal. Ek hou wel van die idee om LO-prakties te verminder, maar ek dink dit moet ten minste twee keer per kwartaal gedoen word sodat kinders meer oefening kry. Wandré Gilfillan (gr. 10)

• Die vorige LO-sisteem was beter. Ons was meer aktief en dit kon ander kinders motiveer om ook sport te beoefen. LO-teorie is wel beter omdat jy meer as een onderwyser het en elke onderwyser anders verduidelik. Só word kinders aan verskillende opinies blootgestel en kan ons die vak beter verstaan. Stefan Hartslief (gr. 9)

Laat jou stem telWat dink jy van die nuwe LO-periodes?“Meneer, wanneer moet ek my LO-klere bring?” is op almal se lippe. Die nuwe periodes is dalk vir die meeste Klofies ‘n warrelwind, maar hoe voel die LO-onderwysers oor die nuwe LO-sisteem?

Redaksie 2020- Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

Euléne Bornman

REDAKSIE

Vra vir Susan!Om ‘n tiener met ‘n gesig vol kraters te wees en te sukkel met hormone wat gedurig jou gemoed omvergooi, is nie vir sensitiewe kykers nie … veral nie as jou liefdesteleurstellings en ‘n gebroke hart met die beproewings en uitdagings van die hoërskool gemeng word nie. Deur al die eksamenstres en akademiese druk, is dit die liefde wat die grootste kopseer veroorsaak en raai wat, ‘n paar Panado’s is beslis nie sterk genoeg om die muisneste te bekamp nie, maar slegs gratis berading en roomys! Albert Einstein sê dat gravitasie nie verantwoordelik is vir mense wat verlief raak nie, maar ons almal weet van daardie een meisie of seun vir wie jy bollemakiesies sal slaan, al beteken dit dat jy hard met die grond gaan kennis maak. Hulle sê liefde is die antwoord, maar soms voel ons tieners dat die vraag eerder herformuleer moet word voordat ons in daardie slaggat trap.

Is jy onseker oor jou verhouding? Wil jy graag in ‘n verhouding

wees? Is jy moeg om elke jaar jou eie Valentyn te wees en dan die verskoning van feminisme vir jou eensaamheid te gebruik? Of is jy bloot net nuuskierig oor die verdoemende “L”-woord? Dan is Vra Vir Susan die perfekte oplossing vir jou! Vra Vir Susan is ‘n platform waarop tienerliefde van kop tot toon geanaliseer sal word. So, hou vas aan jou kêrel, meisie of jou kussing en maak gereed om jou liefdeslewe te laat blom met jou eerste Kloof-verhoudingsadviseur: Susan!

Kloof-dames en -here, hou op om vir die vierde keer dieselfde romantiese komedie te kyk met die hoop dat die storieboekliefde tussen Angelina Jolie en Brad Pitt jou ook eendag sal tref en Vra Vir Susan!

Susan kan gekontak word deur ‘n anonieme brief by ontvangs in “Susan se boks” te plaas. Susan sal dan ‘n paar briewe uitsoek vir wie sy in die volgende uitgawe sal raadgee!

JOERNALISTE:GRAAD 12Danielle Arnoldi

Euléne Bornman (Redakteur)

Leshan Curlewis

Carla Dippenaar

Zoë du Rand

Carina Meyer (spotprent)

Elani Smith

Louwrens Strydom

Estian Vermaak

GRAAD 11Roché Bloem

Angelique Bloemhof

Lourie Bosman

Cilliers Diedericks (Subredakteur)

Ansónel du Toit

Kristen Erasmus

Christine Geertsema

Leany Holtzhausen

Juné Jordaan

Megan Katzke

Dalen Lombard

Anje Millard

Zelda Steynberg

GRAAD 10Ané Hartzer

Jana Gous

GRAAD 9Juan de Wet

ONDERWYSERS:Me. Alma van der Walt

Me. Leandré Eksteen (proeflees)

Me. Annuska Pretorius (proeflees)

Mnr. Gareth Harris (foto’s)

Me. Janneke Vahrmeijer (foto’s)

BLADUITLEG:Camouflage Visual Solutions

2 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 3: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

NUWE ONNIESMnr. Herman en Juf. Elri Angelique Bloemhof en Juan de Wet

Volgens ‘n studie deur Markham Heid op 7 Mei 2018 is daar bevind dat musiek depressie kan afweer. Musiek kan ook jou bloedvloei bevoordeel en jou stresverwante hormone soos Cortisol verlaag. Daar kan dus afgelei word dat musiek en jou psigiese denke ‘n nou band vorm… Ons verwelkom die nuwe sielkundige, mnr. Herman de Jong en die nuwe musiekonderwyseres, juf. Elri Erwee.Heavy metal-kunstenaars soos Metallica, AC/DC en Nirvana sal jy beslis op mnr. Herman se speellys kry. Mnr. Herman kan natuurlik ook goed dans. Hy is geduldig, toegewyd, lojaal, familie-georiënteerd en individualisties. Aan die ander kant neig juf. Elri meer na ligter musiek, met Edith Piaf, Anna Netrebko en Ella Fitzgerald se stemme gereeld in haar ore. Sy beskryf haarself as kunssinnig, vasberade, gemoedelik en nes mnr. Herman is sy eiewys.Hoekom het Meneer Hoërskool Waterkloof as beroepsomgewing gekies? Die gees, die leerders met baie potensiaal en die ou wat die Porsche op die eerste skooldag bestuur het, het my gelok.

Hoe probeer Juffrou daagliks om ‘n verskil in die werksomgewing te maak? When things are fun, they get done.Het Juffrou enige geheime talente? Ek kan baie goed Tetris (1984) speel.

Watter les het Meneer uit u beroep geleer? Dat ‘n mens nie na ‘n persoon kan kyk en hul lewensverhaal kan sien nie. Mense dra altyd meer saam met hulle as wat hulle voorgee, daarom moet ons baie versigtig wees om mense te veroordeel. Ons moet eerder hul menswaardigheid probeer raaksien en waardeer. Almal doen maar net die beste met wat hulle het.

Hoekom is alle musiek volgens Juffrou terapeuties? Musiek het die vermoë om op ‘n ander vlak met ‘n mens se psige te kommunikeer en so vind jy uiting vir jou emosies.

----------Ons verwelkom die nuutste aanwins in die Sportwetenskapdepartement:

Juf. Sunel Swart, Mnr. Michael Brooks en Juf. Michelle Cronjé Zoë du Rand, Louwrens Strydom, Roché Bloem

Nie net het die drie nuwe onnies ‘n liefde vir sport nie, maar hulle het beslis ook ander dinge gemeen; ten minste as ‘n mens na hul Disney-karakters kyk! Op grond van eenvoudige vrae het ons bevind dat mnr. Brooks se Disney Prins, Prins Eric is - die geliefde prins van Ariel - omdat hy graag mense help. Verder het ons bevind dat me. Cronje en Me. Swart albei Pocahontas sou wees omdat hulle albei braaf en liefdevol is!Juf. Sunel is avontuurlustig en haar hande staan beslis vir niks verkeerd wanneer sy smaaklike disse in die kombuis optower nie! Met die volgende paar vrae leer ons haar beter ken:

Wat is die drie mees opwindende dinge wat Juffrou al ooit gedoen het? My troue was baie opwindend. Ek het met ‘n helikopter oor ‘n Groot 5-wildreservaat gevlieg. Ek was met vakansie in Thailand en Hong Kong.

Wat maak Juffrou bang? ‘n Dag sonder koffie. Seattle-koffie is my redding voor of na ‘n lang dag.

Mnr. Michael is die nuwe krag- en kondisioneringsafrigter vir die o. 14-rugbyspanne, die atletiek, die o. 15-krieket- en die graad 8- en 9-gholfspanne. Leer hom ‘n bietjie beter ken.

Dink Meneer dat sportliefhebbers slegs sport moet beoefen, of dink Meneer hulle moet tyd vir kultuuraktiwiteite ook maak? Ek dink hoërskoolleerders moet alles probeer en ervaar wat die skool vir hulle bied, want daar is ‘n moontlikheid dat ‘n leerling ‘n verskuilde talent het.

As Meneer net een boodskap kan gee, wat sal dit wees? Moenie jou tyd mors met die hoop om iets te bereik nie, gaan uit en wérk daarvoor.

Me. Michelle is musikaal aangelê en kan omtrent enige liedjie vanuit ‘n animasiefilm sing. Al is sy mal oor kultuuraktiwiteite, is sport beslis waar haar hart lê. Sy is mal oor waterpolo en is beslis van plan om al haar atlete na die beste van hul vermoë te laat presteer. Hier volg haar vrae:

Watter lewensles sal Juffrou aan die Klofies wil oordra? Behandel die terreinpersoneel met dieselfde respek en eerbied as wat jy die hoof en die onderwysers behandel.

Watter stokperdjies geniet Juffrou in Juffrou se vrye tyd? Draf, strandbesoeke, lees, baie slaap en koffie-afsprake.

----------Wêrelde uitmekaar, maar met een GGF.

Mnr. Armand Bezuidenhout en Juf. Alinda Lange Juné Jordaan en Zelda Steynberg

Twee verskillende onderwysers met ‘n klomp verskillende talente, vaardighede, belangstellings en persoonlik-heidseienskappe… Mnr. Armand Bezuidenhout en juf. Alinda Lange het egter meer gemeen as wat die blote oog kan sien. Hulle GGF is: Hulle liefde vir Wiskunde en hulle begeerte om musiekinstrumente te bemeester. Juf. Alinda sou graag die viool wou bespeel en mnr. Armand sou graag ‘n kitaar se snare wou tokkel. Die grootste gemene faktor tussen meneer Armand en juffrou Alinda is egter die feit dat hulle beide passievolle wiskundeonderwysers is.Mnr. Armand

Watter film beskryf Meneer se lewe die beste? Hacksaw Ridge. Die feit dat Desmond Doss elke keer net nog één wou help, is ‘n goeie beskrywing van my lewe.

Watter drie eienskappe onderskei Meneer van ander onderwysers? Sekerlik die feit dat ek hardwerkend is, so vriendelik as moontlik probeer wees en dat dit vir my lekker is om by verskeie aktiwiteite betrokke te wees. Hulle sê mos ‘n betrokke Klofie is ‘n gelukkige Klofie!

Juf. Alinda

Watter vakke gee Juffrou? LO, Wiskunde, RVK en IT.

Wat kikker Juffrou se dae op? My vriende, familie en dad jokes.

Watter vreemde talente het Juffrou? Ek kan ‘n deur met my voet oopmaak, terwyl ek koffie in my hande dra.

----------Taalonnies met towertonge!

Juf. Wilna Erasmus en Juf. Janneke Vahrmeijer Dalen Lombard en Anje Millard

Kloof, ons het ‘n paar nuwe Druppels in die skool, maar dié is ‘n spesiale spesie… Hulle kan jou ‘n meester van beeldspraak maak, jou in ‘n taalkundige omskep en jou in ‘n professionele tongknoper toor. Kloof, dié nuwe Druppels is eie aan die Afrikaans en Engels Departement en ons heet graag vir juf. Wilna Erasmus en juf. Janneke Vahrmeijer welkom. Juf. Wilna

As Juffrou nie ‘n onderwyser geword het nie, watter beroep sou Juffrou volg? Ek sou ‘n geleentheidsbeplanner geword het.

As Juffrou ‘n olifant present kry en Juffrou mag hom nie verkoop nie, wat sal Juffrou met hom doen? Ek sal ‘n groot afdak in my erf bou en seker maak dat sy/haar toonnaels altyd mooi pienk geverf is!

Juf. Janneke

Wat is een ding wat ‘n mens nooit in Juffrou se yskas sal vind nie? Bier! As jy dit binne-in my yskas vind, het jy die verkeerde adres.

Watter raad sal Juffrou vir kinders gee wat Juffrou se klas wil bank? Dis juis die ding, hulle sal nie. Ek moet egter noem dat die Klofieraad se stoorkamer reg langs my klas is … so as ‘n kind eendag besluit om daar in te glip en dit doen sonder dat ek agterkom, sal hulle moontlik suksesvol wees.

Hierdie juffrouens is duidelik reg om die wêreld met woordeboeke onder hul arms en spelreëls op hul hemde gelamineer, as trotse Klofies aan te pak!

----------

Mnr. Sean Finaughty groetJuan de Wet

“Look at my tie, see as I take it off, and put on my old Klofie tie. This is not a breakup, but a release into bigger things.” Dit was die spesiale woorde waarmee mnr. Sean ons gegroet het.

As jy iemand vroegoggend by die sportburo sien instap of iemand laataand op die hokkie-astro vind, dan moet jy weet: dit is mnr. Sean, besig om sy alles vir Waterkloof se hokkie te gee. Die Klofies sal die held beslis mis.

Wat sal Meneer nooit van Waterkloof vergeet nie? Dit is ‘n moeilike een. Kloof was my eerste werksgeleentheid. Daar is baie goeie herinneringe hier, maar dis die Klofies wat hierdie plek so spesiaal maak.

Wat was die vreemdste hokkiebesering waarvan Meneer al ooit gehoor het? ’n Kind se stok het aan die astro vasgehaak. Hy tref toe die boonste gedeelte van die handvatsel en breek al twee sy voortande.

Wat is Meneer se planne vir die toekoms? Ek en my vrou gaan vir ‘n jaar in Suid-Korea skoolhou. Ons sal sien wat daarna gebeur, maar ek dink ons sal graag eendag na Suid-Afrika wil terugkom. Nou wil ons net die nuwe avontuur geniet.

----------

Tannie Susra Labuschagne groet Louwrens Strydom

Na byna 14 jaar by Kloof tree een van ons geliefde kantoortannies, tannie Susra, af. Ons het gaan inloer om haar met die opwindende nuwe hoofstuk in haar lewe, sterkte toe te wens.Hoe lank was Tannie aan Hoërskool Waterkloof verbonde? Ek het op 1 Junie 2006 by Hoërskool Waterkloof begin.

Wat is Tannie se toekomsplanne? My man het reeds afgetree en ons wil reis; ons is albei dol daaroor. Ek het reeds ‘n kleinseun en ‘n kleindogter is op pad. Ek sien uit om baie tyd saam met hulle te spandeer.

Het Tannie enige boodskap wat Tannie aan die jeug wil oordra? Die tyd gaan so gou verby. Leef voluit, wees dankbaar vir wat jy het en probeer hard om dinge te doen wat jou gelukkig maak. Pru Leith het gesê dat jy moet lewe asof jy kosmaak. As die produk flop, gooi dit weg en probeer weer. As dit steeds nie goed werk nie, pas die resep aan en probeer weer en weer totdat die resep werk.

Tannie Maryke HoltzhauzenOns nuwe flukse finansiële dame! Ons nuwe tannie wat vir die skool se finansies verantwoordelik sal wees, is ‘n persoon wat liefdevol, vriendelik, bedagsaam en eerlik is!

Juné Jordaan en Angelique Bloemhof

Wat staan vir Tannie die meeste van Waterkloof uit? Definitief die gees van die skool!

Wat is Tannie se drie wenke om jou finansies beter te bestuur? Beplan, begroot en wees voorbereid!

Wat is Tannie se gunstelinggrappie? The quickest way to double your money is to fold it over and put it back in your pocket.Dink Tannie dit is belangrik om te weet hoe om met jou finansies te werk? Beslis ja, vandag se lewe is baie vinnig, gevorderd en duur. Jy moet kan byhou en vorentoe beweeg.

Alinda Lange en Armand Bezuidenhout - Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

Herman de Jong en Elri Erwee - Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

Janneke Vahrmeijer en Wilna Erasmus - Fotograaf: Gareth Harris -

Sunel Swart, Michael Brooks en Michelle Cronjé- Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

Sean Finaughty- Fotograaf: Gareth Harris-

Maryke Holtzhauzen en Susra Labuschagne- Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 3

Page 4: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

ONNIES

Wat kan Juffrou van die eerste maand as nuwe onderwyseres by Kloof onthou? Ek het twee begindatums by Hoërskool Waterkloof gehad. Ek het in 1980 as jong juffrou hier ‘n pos gekry toe die skool net begin het en mnr. Pieter Maartins die hoof was. Dit was drie heerlike jare in ‘n klein skooltjie. Daarna het ek die onderwys bedank en my twee dogters grootgemaak. My tweede begin was in 1994 toe ek as departementshoof vir Fisiese Wetenskappe aangestel is. Dit was toe die dinamiese dr. Christo Becker hoof was en ek was baie benoud om in ‘n bestuurspos by die bekende skool in te stap. Weer eens was dit ‘n wonderlike ervaring waar ek as mens gegroei het en so is dit vandag nog.

Het die damespersoneel se modes en haarstyle oor die jare baie verander? Modes en haarstyle het baie verander van toeka tot nou. Hare word meer natuurlik gedra - geen opgestapelde krulle op die kop nie. Lang, reguit hare of effens gekrul wat sag hang, is die mode. Klerestyle het verander van groot en lospassend na stylvol, nommerpas en nouer. Ons damespersoneel hou tred met die modes.

‘n Wetenskap-laboratorium kan baie “vlambaar” wees … was daar al ooit ‘n eksperiment wat skeefgeloop het? ’n Eksperiment met ‘n té groot stukkie kalium en water was só heftig en eksotermies dat die hitte die groot glasbak laat bars het; glasstukke, water en kinders het gespat, maar niemand het sigbare wonde opgedoen nie.

Onderwysers se sukses word dikwels aan uitslae gemeet, maar watter eienskappe

maak dat ‘n onderwyser lank nadat die rapporte uitgedeel is, deur kollegas en kinders onthou word? ‘n Streng, regverdige onderwyser met ‘n goeie sin vir humor is die een wat onthou word.

Hoogtepunte in die jare? As afrigter van die eerstespan, Nu Power- en Noordvaalwenne op die hokkieveld. Die beste Fisiese Wetenskappe-uitslae in die land is net vreugde, maar ook dankbaarheid om met sulke pragtige kinders te mag werk.

Hoe motiveer ‘n mens kinders om Wetenskap as vak te kies? Wetenskap is steeds ‘n vak wat vir baie studierigtings vereis word. Gelukkig hoef die onderwysers nie meer die leerders te motiveer om die vak te neem nie; die ouers doen dit sommer self.

Cilliers Diedericks

ONNIE-PERSOONLIKHEID

Juf. Marita Roode

Juf. Marita Roode- Fotograaf: Miracles Photography -

Op 8 Januarie 2020 het klein Mila-Muis besluit om die Pet-gesin vroeër te kom groet. Ons gesels met juf. Elandri Pet oor dié verrassinkie.

Wat is Juffrou se raad aan die Klofie-personeel wat ‘n eersteling verwag? Nie een baba is dieselfde nie. Moenie alles glo wat jy lees nie! Almal gee raad, maar jy is die mamma en weet wat jou lyfie nodig het. Volg net jou instink.

Hoe voel Zian oor sy klein sussie? Zian is mal oor sy sussie. Hy kan haar nie uitlos nie en wil haar net die heeltyd soen.

Watter Disney prinses sou Mila wees? Sy sou so braaf soos Merida wees en so mooi en fyn soos Sneeuwitjie, met Belle se pragtige, sagte hart.

Hoe het Juffrou op die naam besluit? Ek het lank voordat ek swanger was van haar gedroom. Later het ek wéér van haar gedroom. In beide drome was haar naam Mila. Ons het toe besluit om die betekenis van haar naam oor haar lewe te spreek. Braver than she believes, stronger than she seems.

Op 25 Desember 2019 het die Naudé-gesin vir Kersfeesvader gewys hoe ‘n perfekte geskenkie nou eintlik lyk toe klein Janré, versier met kersfeesliggies en rooi strikkies, die wêreld vir die eerste keer gegroet het.

As Meneer een ding vir Janré kon leer, wat sou dit wees? Moenie bang wees nie, die wêreld behoort aan die vreesloses.

Watter superkrag sou Meneer vir klein Janré gee? ‘n Super golfswing.

Het Janré al ‘n sporthemp? Watter span? Ek het vir hom ‘n WP-hempie gekoop.

Wat is u grootste wens vir u seun? Dat hy sy volle potensiaal sal bereik.

Alle Geskiedenis-leerders moet dríngend die volgende datum leer: 13 November 2019. Op dié datum is klein Nakita Heilie du Toit, dogter van juf. Nadine du Toit, gebore.

Wat is Juffrou se raad vir toekomstige Klofie-ouers? Die eerste maand is baie oorweldigend. Jy is in survival mode; jou huis is deurmekaar, jy slaap min en vergeet soms van dag en nag. Dis normaal. Sit jou foon af en slaap as die baba slaap.

Was daar slegte raad wat Juffrou ontvang het? Ja, twee bottels is genoeg vir ‘n baba. Op die stadium lyk my kombuis soos ‘n bottelfabriek. Jy het nooit genoeg bottels nie!

As Juffrou se dogter een persoon in die geskiedenis kon ontmoet, wie sou dit wees? Definitief koningin Victoria. Vir so ‘n klein vroutjie het sy op haar dag die magtigste koningryk gehad. Sy is ‘n bewys dat ‘n vrou enige iets beter as ‘n man kan doen.

Wat is die oulikste uitrusting wat sy het? Haar dinosauruspakkie.

Op 10 Februarie is die nuutste toevoeging tot die Kloof-familie gemaak toe Ilé, klein pienkvoet van juf. Maretha Smit, gebore is.

Wat is Juffrou se gunstelingdeel van ma-wees? Sover slaap sy die meeste van die tyd en om net te sien hoe perfek sy is, is so lekker. Ek moet myself steeds knyp om te glo dat sy my baba is.

Wat was Juffrou se grootste vrees? My grootste vrees was om te wonder hoe ‘n mens so ‘n klein mensie aan die lewe hou en of ek dit sal kan doen.

Is Juffrou se slaaproetine omvergegooi? Ja, ek het nie meer ‘n roetine nie.

Waarna sien Juffrou die meeste uit? Om te sien hoe haar persoonlikheid ontwikkel en na al ons girly outings.

Broodjie uit die oond!Roché Bloem en Leany Holtzhausen

Mila Pet- Foto verskaf -

In ‘n wêreld waar Druppels verward oor die pad hardloop, nuwe ouers die Klofie- parkeerarea betree en onderwysers van vooraf moet sukkel om by die skool se hek in te kom, is daar ‘n bestuurstelsel wat daarop gemik is om die risiko van ‘n botsing of ‘n ontstelde Druppel-ouer te verminder. Die stelsel staan as die K53 bekend en lui soos volg:

• ‘n Minimum volgafstand van 1 sekonde moet te alle tye gehandhaaf word om te voorkom dat voertuie indruk, maar steeds genoeg spasie vir ‘n leerder te los om verby te beweeg. (Figuur 1)

• As ‘n leerder ‘n blou veiligheidsbeffie dra, moet daar stilgehou word sodat die leerders die pad mag kruis. (Figuur 2)

• Daar moet vir voetgangers, wat die gestreepte kortafstandbaan betree, stilgehou word. Verskoon enige leerder wat nie aandag aan die voertuie gee nie. (Figuur 3)

• Wees op die uitkyk vir leerders wat nie van die gestreepte kortafstandbaan gebruik maak nie. Die meeste van dié leerders is vinniger as ons kortafstandatlete en bestuurders moet gereed wees om die rempedaal te trap wanneer dié atlete die pad kruis. (Figuur 4)

• As die padteken, wat op Figuur 5 te siene is, naby ‘n oop parkering staan, moet daar nie aandag daaraan gegee word nie. Die reserveerteken toon dat die parkering slegs deur volwaardige Klofies gebruik mag word.

• Moenie bekommerd wees nie, Druppel-ouers, Kloof besit een parkering wat slegs vir Druppels en hul familie uitgehou word. Om die sigbaarheid van die parkering te verbeter, is daar geel strepe op die area aangebring. Figuur 6 toon ‘n voorbeeld hiervan. (Figuur 6)

Die reëls hierbo is slegs uittreksels uit Kloof se amptelike K53. Vir meer inligting oor waar om die volle uitgawe te bestel, kan mnr. Denysschen, trotse skoolhoof van Hoërskool Waterkloof, gekontak word. Die uitgewers neem egter geen verantwoordelikheid vir enige onverantwoordelike bestuur of leerlinglisensies wat nie geslaag word nie. Bron: Gibson, C. et.al. 2018. Die Amptelike K53. Struik uitgewers: Kaapstad

Die amptelike K53: Leer hoe om Kloof-land se parkeerarea in styl te navigeer Leany Holtzhausen

Nakita du Toit- Foto verskaf -

Janré Naudé- Foto verskaf -

Ilé Smit- Foto verskaf -

Figuur 1 Figuur 2

Figuur 3 Figuur 4

Figuur 5 Figuur 6

Onnie-dirigenteKan jy hierdie onnie-dirigente herken? Antwoorde is elders in hierdie uitgawe.

1 2

3 4

4 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 5: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

KLOFIES

Elani Smith

Ons is nou al deeglik bewus van al die cute couples in ons skool, maar daar is natuurlik ook ‘n hele paar enkellopende Klofies. Caitlyn en Reinhardt, in graad 11, het besluit om hul

liefdespraatjies te beëindig en hulle is nou net beste vriende. Ons het gaan inloer om meer oor hulle uit te vind.

Wat het jy uit die verhouding geleer? Caitlyn: Dit het my geleer dat as jy nie jouself liefhet nie, kan jy nie ander liefhê nie.

Reinhardt: Ek moet sê, dieselfde!

Dink jy julle sal weer bymekaar uitkom? Caitlyn: Is die aarde rond?

Reinhardt: Is daar sout in die see?

Hoe gereeld sien julle mekaar, nóú dat julle net vriende is? Caitlyn: Elke dag.

Reinhardt: Omtrent elke 40 minute.

Voel jy, jy kan nog steeds alles met haar/hom deel? Caitlyn: Ja, hy is my beste maatjie.

Reinhardt: Ja, definitief.

Is daar iets van julle verhouding waaroor jy spyt is? Caitlyn: Ja, ons was toe nooit by ‘n arcade nie.

Reinhardt: Ja, ons het nooit saam rollercoasters gery nie.

Watter raad het jy vir paartjies wat opbreek? Caitlyn: Vat dit dag vir dag en koop ‘n hond.

Reinhardt: Moenie al jou vriende wegstoot nie.

Reinhardt en Caitlyn - Foto verskaf -

KLOFIE-PERSOONLIKHEID

Beskryf jouself in 15 woorde.Ek is net ‘n free spirit wat in die burbs bly en by die Spur eet.As jy ‘n Avenger was, watter karakter sou jy wees?Spiderman, want hy kan backflips doen! Ek slaap met ‘n Spiderman-kussing. Wat geniet jy die meeste by Kloof?Wanneer dit tyd is om te STAAK!Wie is jou rolmodel?Radio Raps. Ons albei hou daarvan om goeie gesprekke te voer en ons hou ook van die Afrikaanse kultuur. Glo dit of nie, ons albei kan goed sing!Wat sou jy anders by Kloof wou doen?Daar sal ‘n toesigklas wees waar jy kan eet en met jou vriende gesels, soveel as wat jy wil!Beskryf jou ideale Vrydag.My ideale Vrydag moet met opwindende kaperjolle begin en dan daarna ‘n klein ou stakinkie vir ‘n bietjie gees.Wat is jou lewensfilosofie?Life is about doing things that don’t suck, with people who don’t suck.Wat doen jy in jou vrye tyd?Ek geniet dit om vis te vang.As jy slegs een dag op aarde oor het, wat sou jy doen?Ek sal gaan visvang en Francois Van Coke se musiek saam met my vriende luister.

Siverio AggenbachSiverio AggenbachAné Hartzer

Ons gesels met die man met severe(io) persoonlikheid … dalk nog eendag ons eie wêreldbekende koordirigent (soos ons dit by die afgelope Liefdeskonsert aanskou het).

Dit lyk of daar baie visse in die see op Siverio wag. Dit is duidelik dat ‘n ongekompliseerde Kloof-leefwyse die beste raad is om na te streef!

Siverio Aggenbach- Fotograaf: Miracles Photography -

Danielle Arnoldi

Wiehan DelafieldWat het jou laat besluit om na Hoërskool Waterkloof terug te keer nadat jy jou matriekjaar in 2019 hier voltooi het? Ek was mal oor die gees van die skool en het so ‘n passie vir die skool ontwikkel. Toe daar ‘n geleentheid kom om by die skool te kon werk, het ek dit aanvaar sonder om twee keer te dink.

Kom dit vir jou natuurlik om vriende met die onderwysers, wat nou jou kollegas is, te maak? Dit was makliker as wat ek gedink het! Die onderwysers het my met ope arms verwelkom en ek kon maklik ‘n verhouding met hulle op ‘n heel ander vlak bou.

Wat is jou planne vir die toekoms? Ek werk tans by die skool, maar ek studeer ook deeltyds onderwys by Unisa, asook besigheidsbemarking by IMM Graduate School.

Watter raad kan jy vir die leerders gee? Graad 8: Ontspan, die lewe is nog maklik. Graad 9: Wees soet en leer hard vir Wiskunde. Graad 10: Minder kuier, meer skoolwerk. Graad 11: Werk hard, maar kuier ook hard. Graad 12: Sterkte…

Wat is daar wat niemand van jou weet nie? Ek is mal oor musiek soos die meeste mense weet, maar iets wat min mense weet, is dat ek ‘n model by Steele Model Agency is.

As leerling by Hoërskool Waterkloof, vanaf 2015-2019, wie was jou gunstelingonderwyser? Mnr. Roos! Ek het gereeld by hom in die kantoor gaan kuier…

Wiehan Delafield- Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

Die woorde “grysheid” en “wysheid” kan altyd as twee rymwoorde in ‘n gedig gebruik word, dus moet daar ‘n brokkie waarheid wees in die gesegde wat lui: “Met grysheid, kom wysheid.” Van pienkvoete tot kierielopers daag ons elke dag die veranderende pas van die 20ste eeu uit. Ons kyk op na ons mentors en bejaardes om ons touwys te maak oor al die hindernisse en krom draaie van die lewe. Alhoewel ons baie dankbaar vir die wyse raad is, is die wiel besig om stelselmatig te begin draai. Die jeug van vandag neem die leisels in hulle eie hande in ‘n poging om die ouer generasies op die regte pad van die tegnologiesveranderende 20ste eeu te lei. As jy jou ma vra om ‘n foto te neem en haar heel eerste instink is om die prentjie met haar duim en haar wysvinger te vergroot, sal jy saamstem dat as dit by sosiale media en tegnologiese toestelle kom, die wysheid beslis nie saam met die grysheid kom nie.

Ons sê gereeld vir ons ouers dat hulle tegnologies gestremd is, minwetend dat dit nie ver van die waarheid af is nie. Dis ‘n groot dag wanneer jou ouma besef Twitter en voëls het absoluut niks met mekaar uit te waai nie en dat Instagram nie ‘n platform is waarop jy dadelik en gerieflik enige eenheid na gram toe kan verander nie. Dit is die jeug se plig (wat sonder enige grysheid sit) om hulle wysheid rakende sosiale media met almal te deel!

Helen Winkle is die oudste vrou op sosiale media en besit sedert 2013 die invloedrykste Instagram-profiel. Sy het tans 3,8 miljoen volgelinge. Hierdie sosiale mediaster is ‘n volle 91 jaar oud en hou beslis nie terug nie! As Helen op 91 jaar so ‘n reusesukses van sosiale media kan maak, wat keer die ouer generasie van vandag om skouer aan die wiel te sit en die wondere van sosiale media te ontdek?

Hier is ‘n paar bobaaswenke vir die ouer generasie om sosiale media met sukses te gebruik:

• As jy meer blootgestel wil word aan genres waarin jy belangstel, volg ‘n hitsmerk, bv. #Valentynsdaggeskenke om meer inligting en foto’s te kry.

• Probeer om daarvan weg te bly om ‘n foto op te laai wat jou kinders in die verleentheid kan stel – vra eers vir toestemming!

• Daar is genoeg mense wat hulle ontbyt, middag- en aandete op sosiale media plaas – kry ‘n unieke handelsmerk!

• Moenie hardkoppig wees nie en vra as jy sukkel. Almal moet iewers begin – al is dit eers op 91!

Wysheid kom definitief met grysheid, maar dit is tyd dat die X-,Y- en Z-generasies die leisels moet begin roteer en in ‘n ander generasie se hande plaas, veral as dit by sosiale media kom. Ouma se raad bly nog steeds die beste nadat jy en jou kêrel uitgemaak het, maar boetie of sussie kan sosiale media soos ‘n towerstaf hanteer. So word albei generasies bevoordeel en sal die vrugte daarvan gepluk word!

Grysheid, sonder wysheid!

OUD-KLOFIE

Euléne Bornman

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 5

Page 6: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

DRUPPELS

Dit is al ‘n uitgemaakte saak dat die dassiekolonie van Hoërskool Waterkloof ten volle deel is van die Kloof-familie. Hierdie dassies het nie net vir talle oulike foto’s gesorg nie, maar ook vir ‘n paar warm gesprekke. Nadat die nuus aan die leerders oorgedra is dat die tydelike klasse in die karavaanpark met nuwe klasse vervang moet word, het sommige Klofies gemengde gevoelens gehad. Natuurlik was hulle uiters opgewonde, maar daar was een vraag op almal se lippe: “Wat sal met die dassies gebeur?”

In 2019 was daar selfs ‘n petisie wat deur heelwat leerders geteken is omdat hulle wou sekermaak dat die bouery nie begin voordat die dassies nie veilig is nie. Gelukkig is die bouproses afgehandel sonder dat enige dassie beseer is, en nou het ‘n hele nuwe kolonie klein dassies hul onder die robotika-klas tuisgemaak.

Kloof het besluit om van professionele hulp en kundigheid gebruik te maak om die kolonie veilig te verskuif aangesien dassies ‘n beskermde spesie is. Die span van Whimsical Rabbit Rescue, asook die South African Wildlife Rehablitation Centre het saam met juf. Lynette Seegers koppe bymekaargesit om die taak af te handel.

Namens Hoërskool Waterkloof groet ons hulle en wens ons hulle net die beste toe. Goed gaan dassies, julle sal gemis word.

Klein Klofies groet: Die dassies pak hulle tassies.Roché Bloem

Kloof se dassies.- Fotograaf: Duan Vijoen -

SPOTPRENTKunstenaar: Carina Meyer

‘n Wolkbreuk van Druppels vir Kloof- Fotograwe: Mari van Wyk, Monica Schuld Theunissen, Dané Bouwer, Carla van Staden, Vivienne Pio -

6 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 7: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

AKADEMIE EN KULTUUR

Toppresteerders + (Busrit + Bootrit) × Kamp – (Boeke + Toetse) = Pret²Ek is seker die meeste van julle dink: ‘n kamp vir akademiese toppresteerders - net ‘n klomp pliggies en boekwurms bymekaar … boring! Maar die akademiese wegbreek is totaal die teenoorgestelde van vervelig. Hierdie spulletjie jol volgens ‘n onfeilbare formule; dit is hééltyd speeltyd van die begin tot die einde.

Die naam “akademiese wegbreek” behoort vir jou alles te sê … wegbreek … Die kamp is vir die toppresteerders ‘n wegbreek van skool, van akademie, van hulle boeke en van die wanpersepsie (van die oningeligtes) dat hulle eintlik op ‘n skrootwerf hoort waar alle wrakke ‘n ou plekkie kry.

Die wegbreek het Saterdag 1 Februaie douvoordag afgeskop met musiek wat by die busvensters uit blêr en ‘n pad wat skoon en oop Hartbeespoortdam toe lê. Die eerste stop was ‘n besoek aan ‘n ten volle selfvolhoubare gastehuis. Sunplace Lodge gebruik net sonkrag en het ‘n opgaardam vir water. Dit was baie inspirerend om te sien hoe die gastehuis onafhanklik van sekere onbetroubare bronne van elektrisiteit funksioneer. Daarna is besoek by ‘n grofsmid se werkswinkel afgelê. Dit was indrukwekkend om al die voorwerpe, beelde en kunswerke te sien wat uit metaal gehamer en gebuig kan word.

Die dag het verder sy verloop geneem met ‘n rustige bootrit op Hartbeespoortdam waartydens almal lekker ontspan het en natuurlik honderde

“selfies” en “onsies” geneem het. By die kampplek het die hoof, mnr. Denysschen, almal oortuig dat jy jou met afrikanertjies moet omring en eerder van okkerneutbome moet wegbly … ‘n baie interessante storie vir ‘n ander dag. Die res van die middag is luilekker langs die swembad verwyl.

Die aand het dit katte en honde gereën, maar ongelukkig geen vlermuise nie. Wat veronderstel was om ‘n soektog na die grillerige gediertetjies te wees, het toe in ‘n baie interessante lesing oor vlermuise verander. Sjoe, maar die goedjies is lelik! ‘n Interessante feit: het jy geweet dat daar werklik ‘n vlermuis is wat bloed drink?! Gelukkig kom hulle nie in Suid-Afrika voor nie.

Die aand was egter nog ver van verby. ‘n Bietjie reën het niemand se pret in die wiele gery nie. Dit is tradisie vir die graad 9-groep om hulle plek op die kamp te verdien deur ‘n konsert met spesifieke voorskrifte te hou wat altyd baie … kom ons sê interessant en snaaks is. Die res van die aand is gedans, gejol en tot in die middernagtelike ure gekuier.

Na ontbyt is ‘n vinnige leersessie oor hoe om pro-aktief te wees kafgedraf voordat die pad huis toe aangedruf is.

Wat ‘n prettige partytjie voor die volgende rondte begin waar ons van voor af moet begin skarrel vir ‘n ou plekkie op hierdie akademiese partytjiebus.

Kristen Erasmus

Akademiese wegbreek- Fotograaf: Marinda Behr -

Hoe om ‘n toespraak te skryf? Ons Klofie-kletsers weet hoe…Inleiding: Robin Williams het gesê dat dit nie saak maak wat dit is wat mense jou vertel nie – woorde en idees kan die wêreld verander. Die Klofie-redenaars het die afgelope kwartaal die ouditorium en personeelkamer op horings geneem en die gehoor en beoordelaars stomgeslaan. Hulle het hul toespraakkaartjies opgetel, temas van alle kante af bekyk en die beoordelaars sprakeloos gehad. Met elke kaartjie wat hulle agter ‘n ander inskuif, het hulle probeer om die wêreld met hul woorde, idees en talente te verander…

Punt nommer 1: Tydens die Afrikaanse redenaarsaand het die Klofie-kletsers die ouers en die beoordelaars oopmond laat toekyk hoe hulle oor onderwerpe praat asof hulle kundiges op die gebied is. Voorbereide toesprake vanuit die boonste rakke. Onvoorbereide toesprake, wat netsowel voorbereid kon wees. Onderwerpe het gewissel van “Vroue is van Venus, mans is van Mars” tot “Almal moet ‘n stukkie murg in die sop gooi”.

Punt nommer 2: Die Engelse redenaarsaand het gesorg vir flaterlose Engelse toesprake. Onderwerpe soos: “The most powerful word is no” en “There is power in the tie” het vir ‘n paar kontroversiële en aktuele gesprekke gesorg wat die gehoor se verbeelding ‘n bietjie getoets het.

Punt nommer 3: Die Klofie-kletsers het die beoordelaars se werk behoorlik moeilik gemaak. Dit was nie maklik om ‘n wenner uit te sonder nie – elke Klofie was ‘n wenner in sy eie reg! Baie geluk aan die volgende graadwenners met jul toptoesprake tydens die Afrikaanse redenaarsaand: Mia Appelcryn (graad 8), Wilmarie Nolte (graad 9), Jana Gous (graad 10), Christine

Geertsema (graad 11) en Euléne Bornman (graad 12).

Ons sê dan ook baie geluk aan die onderskeie Engelse graadwenners met jul Klofie-kwaliteit toesprake: Arnoliez Bothma (graad 8), Francois van Wyk (graad 9), Jayden Bailie (graad 10), Kaylin Bouwer (graad 11) en Euléne Bornman (graad 12).

Slot: ‘n Klofie-kletser kán ‘n toespraak skryf. ‘n Klofie-kletser kán praat. ‘n Klofie-kletser kán woorde gebruik om jou anders te laat dink. ‘n Klofie-kletser is wêreldklas … ‘n Klofie-kletser is Klofie-kwaliteit.

Estian Vermaak

Soos elke jaar, het Kloof weer dié kwartaal ‘n Kloof Geloof-kamp gehad en dit was niks kort van fenomenaal nie! Met hul glimlagte en Bybels ingepak, was die kamp vir die Klofies een vir die boeke.

Alhoewel dit die Kloof GELOOF-kamp genoem word, is dit nie al waarop hulle fokus nie. Daar is uitdagende aktiwiteite, laatnagswemsessies en talle ander pretaktiwiteite. Die kamp het jaarliks ook ‘n nuwe tema wat as inspirasie dien. Hierdie jaar het hulle op emosies gefokus. Tydens verskeie werkswinkels het die Klofies baie van hulself leer ken en het elkeen ‘n beter mens teruggekom. Trane het gerol, glimlagte het van oor tot oor gestrek en nuwe vriendskapsbande is gesmee. Die leerders kan almal getuig dat hierdie nie net enige geloofskamp is nie, maar ‘n kamp is wat jou beslis verryk!

So, Kloof, skryf volgende jaar jou naam op vir die Kloof Geloof-kamp. Wie weet, dalk is dit die hoogtepunt van jou 2021!

‘n Desember-seevakansie! Dit is mos nou die lekkerste beloning wat op jou kan wag na ‘n uitmergelende eindeksamen en ‘n uitputtende jaar van harde werk. Die kinders van Huis Gracia het verlede jaar ‘n welverdiende seevakansie beleef. Die Klofies het weer eens die deure van hulle hartkamers oopgemaak deur ‘n fondsinsameling vir Huis Gracia te hou. Dit het ‘n onvergeetlike vakansie vir die kinders verseker.

Dié “Kersfees in ‘n boks”-projek het 16 September 2019 amptelik begin toe al die hoofleiers ‘n draai by Huis Gracia gaan maak het. Huis Gracia is ‘n niewinsgewende organisasie wat tans 84 kinders in twee privaathuise in Pretoria-Noord huisves. Hulle ontvang geen staatshulp nie en is ten volle van die gemeenskap afhanklik vir befondsing. Die Klofies se fondsinsameling is teen 18 Oktober 2019 afgehandel en op 20 November 2019 kon ons die oorhandiging met trots en dankbaarheid doen. Daar is sakgeld vir elke kind vir die vakansie ingesamel.

Met die hulp van juf. Johandri Kriek, die lewensverrykingskomitee en hulle hoofleiers, Miné van Wyk en Karel Verhoef, was die projek ‘n reusesukses. Dit was die Klofies se grootste liefdadigheidsfondsinsameling nog.

Die naam “Kersfees in ‘n boks” kom van die idee dat ‘n mens nie altyd gelukkig is met wat jy in ‘n boks kry nie. Die lewensverrykingskomitee wou die kinders die geleentheid gee om self te kies wat hulle in hulle bokse wou hê.

Die onderwysers het ook vir elke kind ‘n geskenkpakkie met sonroom en ‘n handdoek opgemaak. Die lewensverrykingskomitee het ook ‘n biljarttafel (pool tafel), speelgoed vir die kinders, en boeke vir Huis Gracia gegee. Hulle het die projek op 27 Januarie met ‘n heerlike kuier by Huis Gracia afgesluit.

Die inwoners van Huis Gracia het vir twee weke by Margate in die son, sand en see baljaar. Hulle was opreg dankbaar vir die verskil wat al die helpende hande van Hoërskool Waterkloof in hulle lewens gemaak het. Om by hierdie jaar se tema - Grensloos - aan te sluit, kom ons maak seker dat geen grense die Klofies terughou om hierdie jaar na die gemeenskap uit te reik nie!

Kersfees in ‘n boksCarla Dippenaar

Kloof-geloof - Fotograaf: Sherika van Dyk -

Kloof-geloof, geloof, GELOOF!Dalen Lombard

Francois van Wyk en Arnoliez Bothma- Fotograaf: Leshan Curlewis -

Wilmarie Nolte, Jana Oelofse, Jean Meiring, Laureanne Geertsema, Casey Robertson, Mia Appelcryn- Fotograaf: Leshan Curlewis -

Kloof-geloof - Foto verskaf -

Gracia-uitreik: Klofieraad en geskenke- Foto verskaf -

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 7

Page 8: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

Mnr. en Mej. Waterkloof - 2020- Fotograaf: Cindy Klaver -

SOSIAAL

8 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 9: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

SOSIAALMooi, mooier, Mnr. en Mej. Waterkloof! 2020 het beeldskone deelnemers vir ‘n skitterende kroningsaand opgelewer. Elke feëverhaal moet egter iewers begin. Kan jy die glansryke finalis by sy/haar oulike babafoto pas?Baba tot Beeldskoon

Danielle Arnoldi

Anchen du Toit Anne-May Bam Camryn Coetzee Chanté Jooste Christof van Veijeren

Demi du Plessis Dylan Beckers FA Naude Gailyn Wessels Graydon Steyn

JP Tverdon Juvan Blignaut Lara van den Berg Monét Booysen Monty Loubscher

Siverio Aggenbach Tiana Brink Trudie Botha Wernich van Dyk Xander MacGregor

17

1 2 3 4 5 6 7

8 9 10 11 12 13

14 15 16 18 19 20

?

Fotograaf: Cindy Klaver / Babafoto’s verskaf

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 9

Page 10: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

GEREELD / AKTUEEL

Loki Rothman is, om dit ligweg te stel, verskriklik talentvol. Sy oorspronklikheid en kreatiwiteit kan amper met sy ongelooflike kitaarspel kompeteer. Hy het sy musikale loopbaan begin toe hy in die topses van SA’s Got Talent geëindig het, en speel al lank saam met Suid-Afrika se gunstelingpopsterre. Toe het Hoërskool Waterkloof hom nadergetrek om ‘n liedjie te skryf vir dié jaar se tema: Grensloos.

Loki het op die eerste skooldag voor die pawiljoen verskyn en natuurlik eers sy vaardigheid op die kitaar gewys. Die verrassing was egter ‘n liedjie wat hy spesiaal vir die skool geskryf het.

Grensloos is soos ‘n goeie Afrikaanse popliedjie geskryf: ‘n liedjie wat op almal se lippe wil dans. Die woorde is geskryf om Waterkloof se visie vir die jaar uit te beeld. Die lirieke is eenvoudig, met ‘n vrolike melodie wat vinnig in die Klofies se koppe vasgesteek het. Die boodskap is duidelik: Ons is grensloos hier by Waterkloof!

Lirieke (Vir dié wat dit nie reeds ken nie) Dink buite die boks Sien al die geleenthede rondom jou Dis grensloos by die Kloof En ek hoop jy besef dit gou

Die toekoms is blink en Enigiets is moontlik nou Jy kan wees wat jy wil Dis nou die tyd om dit te bou

KOOR: Ons is grensloos hier by Waterkloof Ons bou in geloof Voel die krag van die woord

AL die Klofies staan saam Kom ons droom groot Ons is grensloos hier by Waterkloof Ons is grensloos hier by Waterkloof

Hierdie is die Kloof Raak betrokke kom aanboord Met trots is ons Klofies En ons dra altyd die naam hoog

Ontdek potensiaal Moenie bang wees droom groot Al die sleutels is daar Dis jou beurt so maak die deure oop

KOOR: Ons is grensloos hier by Waterkloof Ons bou in geloof Voel die krag van die woord

Al die Klofies staan saam Kom ons droom groot Ons is grensloos hier by Waterkloof Ons is grensloos hier by Waterkloof

Musiekresensie:

Lourie Bosman

Grensloos – Loki Rothman

Tik-tok … die eerste kwartaal staan sowaar op sy kop. Kan julle glo hoe vinnig dit verby- geswiep het? Ons het hierdie blitsaanval van ‘n kwartaal oorleef! Die eerste kwartaal van die nuwe dekade het ons soos ‘n missielaanval uit Iran getref … dit was alles verby nog voor ons behoorlik hoogte kon kry!

Die nuwe skooljaar is op ‘n skouspelagtige noot met ‘n lugvertoning afgeskop (nee, mnr. Denysschen was dié keer op die grond) sowel as die bekendstelling van ons eie Afrikaanse treffer “Grensloos” wat Loki Rothman spesiaal vir die Klofies geskryf het. Die rugbyveld is deur ‘n vloed van nimmereindigende Druppels oorstroom… 449 van die bloedjies het Hoërskool Waterkloof amptelik in die rekordboeke ingehuppel. Hulle is die heel grootste graad 8-groep wat nog ooit in ‘n Afrikaanse skool ingeneem is.

Dit is normaal om ‘n nuwe baadjie aan die begin van ‘n nuwe dekade te wil aantrek, maar Kloof het sommer op ‘n shopping spree gegaan en ‘n hele nuwe klerekas gekry. Dit is nie net die atletiek- en LO-drag wat verander het nie. Die nuwe LO-praktiese periodes een keer per kwartaal het ons almal onkant gevang (R.I.V. afperiodes onder die boom). Daar is ook heelwat nuwe gesigte in die personeelkamer. “Pappa D” het ‘n hele paar nuwe onderwysers aangestel om sy hande te versterk en glo my … hy het dit nodig! Om van hierdie nuwe “beffie-brigade” respektabele Klofies te maak, lyk na ‘n gewigtige taak! Gelukkig weet ons die man skrik vir niks nie (behalwe vir weerlig).

Gepraat van “onnies”… daardie jong manne wat in hulle Faf-speedo’s oor die veld gehardloop het, het die arme Druppels, al 450 van hulle, so groot laat skrik dat hulle na hul asems gesnak het en na hul fone gegryp het om hul mammas te bel. Die ouer meisies het ook na hul asems gesnak en na hul fone gegryp, maar nie uit ontsteltenis nie…

Hier by Kloof het ons alles wat nodig is vir ‘n suksesvolle realiteitsprogram … ‘n getroue kameraspan, ‘n temalied en tonne liefdesdramas wat vir seisoene propvol intriges sal sorg. Almal weet wat skrikkeljaar beteken en die Kloof-meisies het definitief nie op hulle laat wag nie! Dit was die een soetsappige openbare liefdesverklaring na die ander, wat sommige meisies groen van jaloesie gemaak het en van die ander sommer net groen om die kiewe.

Mnr. Roos het grootskaalse pandemonium onder die dames (jonk … en oud) veroorsaak toe hy as ‘n item op die Valentynsveiling verkoop is. Kom ons los dit net by die volgende: dit is duidelik dat Waterkloof se dames bereid is om hul hande baie diep in hul sakke te steek en bereid is om enige iets te doen om te kry wat hulle regtig-egtig baie graag wil hê. ‘n Mens kon sommer ‘n duidelike sug van verligting onder ‘n hele klomp benoude manne hoor toe Valentynsdag en al die geleenthede (en verleenthede) uiteindelik verby is.

Almal het die Liefdeskonsert baie geniet en die Valentynsbal was so reg uit ‘n sprokiesboek … dit het kompleet gelyk en gevoel asof ons in ‘n toneel in die pragpaleis van Beauty and the Beast dans.

Die gees wat voor interhoër gevang is, het beslis sy werk in oormaat gedoen. Hoewel die sonskyngeel hoedjies op die Klofies se koppe nie die reën en donderstorms kon weghou nie, het die Klofie-atlete bewys dat die murg in hulle pype met of sonder ‘n skare geen einde ken nie.

Mooi, mooier, mooiste! Mnr. en Mej. Waterkloof was weer eens fabelagtig en skouspelagtig, ‘n aand om te onthou. Al die deelnemers is uiters talentvol en is pragtig van binne en buite. Julle maak ons trots om Klofies te wees … al was ‘n paar van ons se selfbeeld ‘n bietjie broos aan die einde van die aand.

Lekker rus, Klofies. Julle verdien dit, reis veilig en pas julself mooi op.

Tong-in-die-

Kies Kristen Erasmus en Ansónel du Toit- Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

Into the unknown is nie net die lirieke van die titellied van Frozen 2 nie; dit beskryf ook die tema van die ongelooflike, betowerende animasieverhaal.

Wees egter gewaarsku dat hierdie lirieke vir weke na die tyd steeds in jou gedagtes sal vassteek.

Die karakters Elsa, Anna, Sven, Kristoff en Olaf vertrek almal saam op ‘n betowerende reis om agter te kom vanwaar die geheimsinnige stem vandaan kom, wat Elsa na haar hoor roep. Die pragtige tonele neem kykers na ‘n ander wêreld waar Elsa besef sy moet help om haar koningryk te beskerm.

Die film beeld ook die verhouding tussen die twee susters, Elsa en Anna, op ‘n bekoorlike manier uit en saam met die skattige Olaf, is dit ‘n genotvolle film. Die film is nie net vir kleuters nie. Tieners en volwassenes met jong harte sal hierdie film werklik geniet. Die musiek en tonele maak dit ‘n film wat jy nie kan misloop nie!

Filmresensies: Frozen 2Megan Katzke

- Fotograaf: Cindy Klaver -

Skep vir jouself ‘n scenario. Jy het soveel moeite gedoen om jou pakkie sigarette sonder jou mammie se medewete in die hande te kry. Daarna het jy na baie mooipraat eindelik by jou juffrou ‘n stoepstrokie in die hande gekry en siedaar: waar daar ‘n rokie trek … is daar ‘n teugie in die badkamers. Baie meer rus vir die siel as Oom Newton in die klas.

Dit klink beslis beter, maar wat is nou eintlik die implikasies daarvan op jou lewe? Die alom bekende vraag bly egter: Moet ek eerder rook, of moet ek vape? Ons lewe in ‘n tydperk waar buite-faktore klaar ons lewens moeilik genoeg maak. Waarom sal jy met jou gesonde verstand ‘n bydrae daartoe lewer? Die statistieke, waarvan jy liefs nie moet deel word nie, spreek vanself: sigaretrook veroorsaak meer mense se dood as HIV, alkoholmisbruik, voertuigongelukke en vuurwapeninsidente! Rook kan ook jou bloedvate beskadig deur dit te verdik wat veroorsaak dat die hart vinniger moet klop en harder moet werk. En dan sit jy ook met jou oupa se hoë bloeddruk op 15. Laastens is daar ‘n sombere prentjie van verskeie soorte kankers wat uit jou tabakgewoontetjies voortspruit. Lipkanker is die mees algemene tipe en ons is seker daar is nie een van julle wat liploos deur die lewe wil gaan nie.

Na afloop van hierdie skokkende feite is dit so duidelik soos die rookwolkie wat by die matriekseuns se badkamers uitwarrel, dat rook beslis nie ‘n goeie plaasvervanger vir Oom Newton is nie. Is vape dalk die alternatiewe antwoord?

Voor jou rookbenewelde sinne oorneem, dink beslis weer! Of jy nou e-sigarette, hubbly-bubbly of enige ander vorm van nikotien-tot-peperment-tot-daggaolie insuig, vape maak jou beslis nie so kalm soos ‘n daggawalm sonder newe-effekte nie. Die hele hart- en bloedvatsisteem ly onder hierdie liggaamsvreemde wolkies. Dit maak die rookprobleem selfs ernstiger, want die gevolge hiervan is: beroertes en hartaanvalle. Alhoewel navorsing tans toon dat die uitwerking op jou longe nie dadelik sigbaar is nie, sal die giffieskade in die peperment-vanilla-sjokolade-kakiebosgeure heel moontlik na ‘n geskatte twintig jaar (in die middel van jou werksjare … so saam met die vrot tande en inflammasie in jou tandvleis) sigbaar wees. Wat ‘n pragtige vooruitsig vir jou én jou boesemtjomma wat langs jou sit en self nie eers vape nie!. Jy skenk hom mos darem die gratis tweedehandse-vape-probleempies.

Daar het julle dit. Die antwoord op die bekende debat oor rook of vape: nie een van die twee nie! Jy is letterlik besig om jou lewe, nes Pappa D se bril, op te fog. Gaan luister eerder na Oom Newton. Of wil jy geken word as iemand wie se twak nat is?Bronne: • Cattamanchi, A. (2020). Is vaping bad for you? And 12

other FAQs. www.healthline.com. Accessed on 24 February 2020.

• Martins, T. (2019). How smoking affects health and society. Very well mind.

• Stills, B. (2019). Can Vaping lead to lung disease? Health Matters: Stories of Science, Care, and Welness. New York: Presbyterian

• Foto: www.freepic.com

IN DIE NUUS:

Rook of vape?

Christine Geertsema, Anje Millard en Ané Hartzer

Vergeet my nieWat ‘n voorreg om nog ‘n plaaslike, Afrikaanse film wat hier in ons midde geskiet is, te hê.

Ek praat natuurlik van Vergeet my nie – ‘n film geskoei op die ware liefdesverhaal van Mardaleen en Hugo Derks. Hul stormagtige liefdesverhaal speel in ons eie Potchefstroom af, maar maak ook in Namibië en London ‘n draai.

Mardaleen is ‘n gekultiveerde student van Potchefstroom, wie se hart haar na die liggies van London lei. Hier raak sy op ‘n Namibiër, van alle mense, verlief!

Mardaleen moet kophou en besluit of sy haar beroep of haar hart wil volg. Dit lei na beloftes van horisonne, sonsondergange en kaalvoetliefde. Die verhaal handel oor die keuses wat met die liefde gepaardgaan. Kies jy om die roete van tuimeldroërliefde te volg of gaan jy dit veilig speel en jou hart beskerm?

As jy van lang uitgerekte romantiese verhale hou, is dit net die film vir jou. Die storielyn is boeiend en kykers word in die emosies van Mardaleen en Hugo se reis na ware liefde ingetrek.

10 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 11: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

INDIEPTEONDERSOEK

Is jy veilig by ‘n skoolkamp?Louwrens Strydom, Elani Smith, Zoë du Rand en Zelda Steynberg

‘n Skool word as ‘n veilige hawe gesien waar kinders hulself kan geniet en hul kennis kan verbreed, maar is dit werklik nog die geval? Dit is die vraag wat die redaksie gevra het na aanleiding van verskeie tragiese sterftes by skoolkampe en -aktiwiteite die afgelope drie maande. Daar is ondersoek ingestel om te bepaal of skoolleerders steeds veilig by skoolkampe is.

Agtergrond

Sedert die begin van die jaar, is daar al meer as 13 skoolleerders oorlede - en dit slegs in Gauteng! Enock Mpianzi van Parktown Boys High School het tydens die skool se graad 8-kamp in die Krokodil-rivier verdrink. Op 22 Januarie 2020 is ‘n leerling van Graceland Education Centre in Elsburg, Germiston, se lyk gevind. Laticia Jansen het na skool huis toe geloop nadat die skool se bussie vir haar weggery het. Nog ‘n leerling het van ‘n skool se derde verdieping afgeval en gesterf nadat hy ‘n epileptiese aanval gekry het.

Die Suid-Afrikaanse Skolewet

Wie is vir die tipe voorvalle aanspreeklik? Is dit die Departement van Basiese Onderwys? Is dit die skole? Is dit die ouers? Die antwoord lê in artikel 8 van Wet 84 van die Suid-Afrikaanse Skolewet opgesluit, asook in die regulasies bekend as die Regulations for safety measures at public schools, gepubliseer in 2001 en aangevul in 2006. Artikel 60(1) van die Skolewet bepaal dat die staat aanspreeklik is vir enige skade of verlies as gevolg van ‘n opvoedkundige aktiwiteit, wat deur ‘n openbare skool bedryf word. Indien ‘n leerder dus tydens ‘n opvoedkundige aktiwiteit seerkry, behoort die beheerliggaam van die betrokke skool nie aanspreeklik te wees nie.

Bywoning van skoolkampe

Die regulasies oor veiligheidsmaatreëls bevat egter meer besonderhede ten opsigte van skoolkampe, onder andere dat die skool die ouers volledig moet inlig oor al die aktiwiteite wat sal plaasvind en dat die skool skriftelike toestemming van die ouers moet verkry sodat die leerder die kamp mag bywoon. Verder moet leerders ingelig word oor die gevare en veiligheidsmaatreëls by wateraktiwiteite en daar moet te alle tye toesig wees. Die skool moet verder ten minste twee maande voor enige aktiwiteit waartydens leerders van die skoolterrein geneem word, ‘n 15 bladsy lange verslag by die Departement van Basiese Onderwys indien om toestemming te verkry om leerders na enige plek buite die skool te neem. Hierdie verslag moet naamlyste met geboortedatums van die leerders, die busroetes, identifikasiedokumente van personeel en busbestuurders, sowel as die lisensies van die busbestuurders en die busse bevat alvorens toestemming aan die skool verleen word.

Vrywaringsvorms

Een van die vrae wat in ons gedagtes bly vassteek het, was die funksie van ‘n vrywaringsvorm. Kan dit die kind regtig help? Beskerm dit slegs die skool? Is die vormpie nog enigsins relevant? In die toestemmingsbrief van ‘n skool dra die ouer sekere verantwoordelikhede na die skool toe oor - onder andere dat die kind veilig moet bly en dat daar opgetree moet word indien die kind in gevaar is. Indien daar nie ‘n toestemmingsvorm is nie, mag wilde skoenlappers jou ronddra sonder dat iemand bekommerd hoef te raak. Die vorm bevat ook noodsaaklike inligting wat die skool benodig vir ingeval iets skeefloop of iemand dalk skeef trap. Volgens Bertus Verster, ‘n prokureur by Verster Attorneys, mag die skool glad nie noodhulp toepas of selfs die hulp van ‘n ambulans inroep indien die toestemmingsvorm nie ingevul is nie.

Ouers word ook hierdeur beskerm omdat die skool verantwoordelik gehou word as hulle nie streng volgens beleid optree nie, of as hulle

die verkeerde stappe neem. Volgens mnr. Verster beperk die vrywaringsvorm die skool se aanspreeklikheid, maar in die geval van nalatigheid van die skool se kant af, sal die skool ten volle aanspreeklik gehou word, of daar ‘n vrywaringsvorm is of nie. Hierdie klein vormpie is relevant omdat die skool nie agter die vorm kan skuil indien stappe geneem word om die skade, besering of dood te vermy nie. Die vrywaring mag egter nie onbillik wees nie – die skool hoef jou nie van ‘n perdebynes te red as jy dit met klippe gooi nie. Die skool kan dus nie nalatig optree nie, maar hulle word beskerm indien hulle reg optree en paraat is.

Prosedures gevolg by Hoërskool Waterkloof

Laastens het Hoërskool Waterkloof ook etlike prosedures wat die bestuur volg om leerders se veiligheid by veral skoolkampe te verseker. Volgens die skoolhoof, mnr. Chris Denysschen, besoek hy, die Klofieraad- en die graadhoofde vooraf die kampterreine om die veiligheid daarvan te verseker. Klem word op die veiligheid van slaapplek, ablusiefasiliteite, kombuise en noodtoerusting geplaas. Die skool verskaf ook altyd ‘n veiligheidsak en ‘n veiligheidsbeampte. Kostes word uiteraard in gedagte gehou, maar nooit ten koste van skoolleerders se veiligheid nie. Die skool gebruik ook etenstye om presensie te hou om sodoende voortdurend te verseker dat alle leerders aanwesig is.

Metode en Resultate

Na aanleiding van die navorsing wat gedoen is, is ‘n groep van 50 graad 10-, 50 graad 11- en 50 graad 12-leerders se opinie getoets. ‘n Vraelys met vrae wat op die veiligheid van leeders op skoolbusse, voldoende toesig by skoolkampe, verpligte deelname aan aktiwiteite en die funksie van ‘n vrywaringsvorm gefokus het, is voltooi.

Die analise van die resultate het getoon dat die oorgrote meerderheid van die leerders van Hoërskool Waterkloof veilig voel by aktiwiteite wat deur die skool aangebied word. Die meerderheid leerders stem saam dat daar voldoende toesig tydens aktiwiteite is en dat deelname aan bepaalde aktiwiteite tydens skoolkampe nie op hul afgedwing word nie. Die leerders is ten gunste van die stelsel van vrywaringsvorms, maar stel tog voor dat die indiening van vrywaringsvorms, beter gekontroleer moet word.

Gevolgtrekking

Veiligheid by skoolkampe is van uiterste belang, veral na aanleiding van die tragiese gebeure by skole hierdie jaar. Dit is duidelik dat leerders

se veiligheid tydens enige skoolaktiwiteit vir die Departement van Basiese Onderwys en ook vir Hoërskool Waterkloof, ‘n hoë prioriteit is. Die bestuur van die skool volg verskeie stappe om die leerders se veiligheid te verseker. Die gevolg hiervan is dat die skool se leerders veilig voel tydens uitstappies en toere, soos uit die grafieke afgelei kan word. Hierdie feit word opgesom in

die kommentaar van een van die respondente: “Die Klofies gee vir mekaar om en pas mekaar op!”Bronne: • Regulations for safety measures at public schools, 2006.• Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996)• Internet: wcedonline.westerncape.gov.za. Wes-Kaapse

Regering van Onderwys omsendbrief.

Vervoer van skoolkinders in Pretoria-Oos en

onmiddellike omgewing

Ek help ook graag met naskoolse aktiwiteite asook bloktye gedurende eksamens.

My doel is om ‘n verantwoordelike en veilige

diens te lewer aan ouer en kind.

CARMIA HOMEIER

084 400 4037

49 6

4641 44

0

10

20

30

40

50

Graad 10 Graad 11 Graad 12

1. HET JY AL OOIT ONVEILIG OP ‘N BUS, OP PAD NA OF TERUG VANAF

‘N SKOOLAKTIWITEIT, GEVOEL?Ja Nee

4740

48

310

20

102030405060

Graad 10 Graad 11 Graad 12

2. VOEL JY DAT DAAR GENOEGSAME TOESIG OP

SKOOLKAMPE IS?Ja Nee

29 272321 23

27

0

10

20

30

40

Graad 10 Graad 11 Graad 12

3. HET JY DIE VRYMOEDIGHEID OM NIE AAN SEKERE AKTIWITEITE OP SKOOLKAMPE DEEL TE NEEM NIE?

Ja Nee

4741 44

39 6

0

20

40

60

Graad 10 Graad 11 Graad 12

4. VOEL JY DAT DIE SKOOL SE VRYWARINGSVORMS

GENOEGSAME VERSEKERING VIR JOU VEILIGHEID IS?

Ja Nee

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 11

Page 12: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

SOSIAAL EN KULTUUR

Liefdeskonsert 13 Februarie

O, die liefde…Elani Smith

Dit is skrikkeljaar! Dis mos nou ‘n teken dat die dames vir ‘n slag die romantikusse moet speel. Kloof se dames het behoorlik uitgehaal en gewys! Oral op die skoolgronde het die meisies met baie moeite, liefde en brawe harte, die Kloof-manne gevra om hulle na die Valentynsbal te vergesel.

Tristan Venter en Mikayla van Vuuren- Foto verskaf -

Benjamin Potgieter en Megan Norval- Foto verskaf -

Heinrich Denysschen en Suzelle Havenga- Foto verskaf -

Jaclyn Greyling en Simeon de Bruyn- Foto verskaf -

Fotograwe: Carla van Staden en Janneke Vahrmeijer

Nicola Naudé

Welkom Ambulans Xander Koekemoer

Euléne Bornman, Kaylen Weiss, Inge Groenewald Eben se band Emilie Melzwig

12 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 13: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

SOSIAAL

Elani Smith

Die Valentynsbal was letterlik iets uit ‘n sprokie! Met Beauty and the Beast as die tema, het nie net die dames nie, maar selfs die manne almal soos regte Beauties gelyk! Die gelag van tienerstemme en die romantiese sokkiemusiek, sal nog lank in die skoolsaal weergalm.

Beauty and the Beast- Fotograaf: Carla van Staden -

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 13

Page 14: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

SOSIAALKULTUUR

PaparazziPaparazzi

Carina Meyer

Kan jy met kaarte kul? Probeer die volgende kaarttoertjie…

• Skommel ‘n pak kaarte soveel as wat die toeskouer se hart begeer.

• Plaas die pak kaarte gesigkant na onder in die toeskouer se hand.

• Voorspel wat die boonste kaart is.

• Vra die toeskouer om die kaart aan jou te gee, sonder dat jy kyk watter kaart dit is.

• Plaas die geselekteerde kaart eenkant.

• Vra die toeskouer om ‘n kaart uit die middel van die pak te haal.

• Voorspel nou wat hierdie kaart is.

• Sonder om na die kaart te kyk, plaas die tweede kaart ook eenkant.

• Vra die toeskouer om die onderste kaart van die pak vir jou te gee.

• Sonder om na die kaart te kyk, voorspel nou wat hierdie laaste kaart is.

• Vra die toeskouer om die drie kaarte op te noem.

• Wys nou die drie kaarte wat jy eenkant geplaas het vir die toeskouer. Dit is natuurlik presies al drie die kaarte wat jy voorspel het.

Die geheim?

Om te toets of jy werklik die geheime van kulkuns kan aanleer, sal jy vir die volgende Klofiekan-uitgawe moet wag…

Fotograwe: Dané Bouwer, Xavier Odendaal, Vivienne Pio, Marli Viljoen

Antwoorde: p4 - 1: Albert Alexander; 2: Hantie de Villiers; 3: Carli Webber; 4: Lydia HartleyAntwoorde: p9 - 1: Demi; 2: Gailyn; 3: FA; 4: Monét; 5: Tiana; 6: Monty; 7: Christof; 8: Trudie; 9: Siverio; 10: Camryn; 11: JP; 12: Anchen; 13: Lara; 14: Dylan; 15: Juvan; 16: Anne-May; 17: Chanté; 18: Wernich; 19: Xander; 20: Graydon

14 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 15: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

SOSIAAL

Op 8 Februarie het die Aas-span (dis nou die Klofie-hengelaars) ‘n interne kompetisie by die Bronkhorstspruitdam gehou. Boulyn Kolletjies Voer was die borg. Dit het katte en honde gereën en elke visserman en -vrou se tegniek en fisiese uithouvermoë is tot die uiterste beproef. Gelukkig het mnr. Chris Boylan en professionele hengelaar, mnr. George Ruthven, hand bygesit en praktiese opleiding het sommer so langs die oewer plaasgevind. Daar is veel méér aan skolehengel as net ‘n mogge troffe ingooi van ‘n bolletjie pap en ‘n uurtjie of wat langs die dam kuier. Hierdie sport het in die laaste paar jaar ‘n gedaantewisseling ondergaan en junior hengelaars wat Protea-kleure in hul visier het, kan nou reeds aan baie kompeterende kompetisies deelneem. Die byt vir die dag was bemoedigend en Stephan Esterhuizen se drie visse, met ‘n totale gewig van 3.95 kg, het hom die eerste plek in die kompetisie besorg. Christo Bester se drie visse wat ingeweeg het teen 1.27 kg en Stephan du Toit se groot enkelvangs van 2.21 kg het die res van die podium volgemaak.

Klofie-hengel stel vis-ier hoog.Cilliers Diedericks

Stephan Esterhuizen- Fotograaf: Vanessa van Jaarsveld -

H2O maak golwe … sonder ‘n swembad!Daar is dalk baie visse in die see, maar daar is net een Kloof-swemspan. Alhoewel Kloof nie sy eie swembad het nie, kan niks die ongelooflike Kloof-swemmers keer nie. Die swemspan oefen saam met hulle afrigter, Gerhard Zandberg, by St. Mary’s. Daar ry byna daagliks ‘n bussie sodat die swemmers die geleentheid kan kry om te oefen.

Kloof-swemmers: Dewald Hattingh, Abigail Swanepoel, Dylené Roos, Anel Zehnder, Larmont Steele, Denise Buys, Sandra van den Berg en Michelle Zehnder het aan die Midmar-myl deelgeneem en gewys waarvan Kloof gemaak is. Kloof se eie onnies het ook deelgeneem. Juf. Louri Gray, sowel as juf. Adri Campbell was soos visse in die water. Juf. Adri Campbell sê dat dit ‘n baie interessante ervaring was.

Waterkloof se A-span, wat 18 Februarie aan die interhoër deelgeneem het, het ‘n derde plek behaal en swem met die meeste medaljes (22), van al die deelnemende skole, weg. Die Klofies het tien goue medaljes, sewe silwer medaljes en vyf brons medaljes ingepalm. Die B-span staan ook nie vir ‘n uitdaging terug nie en behaal ook algeheel ‘n derde plek.

Met die leuse: “Met nuwe gees, kom ‘n nuwe beeld,” streef die Klofie-swemspan na hoër hoogtes.

Ansònel du Toit

Geen swembad- Fotograaf: Janneke Vahrmeijer -

‘n Kishou word geslaan en ‘n Klofie is op die baan.Met die wêreld se oë op die epiese Match in Africa in Kaapstad vasgenael, sou net die geoefende oog die Klofie op die baan kon uitken. Die Match in Africa-toernooi het op 7 Februarie 2020 in die hartjie van Kaapstad plaasgevind en is wêreldwyd uitgesaai.

Ons eie Druppel, Beukes van den Berg, het as een van die 32 baljoggies op die baan gedraf. Wie sou kon dink dat van die wêreld se rykste, snaaksste en bekendste mense almal saam op een tennisbaan sou wees? En nou praat ‘n mens nie eens van Rafael Nadal en Roger Federer nie. Die bekende sakeman, Bill Gates en Suid-Afrika se eie Trevor Noah het saam in die dubbelspel gespeel: Federer en Gates in wit, teen Nadal en Noah in pienk. Eersgenoemde span het 6-3 gewen, met soveel grappe en pret tussenin dat dit ‘n Wimbledon-tannie aan haar tee sou laat stik het. Boonop was die Springbokrugbykaptein, Siya Kolisi, deel van die opwinding toe hy ‘n Springboktrui aan Federer - ‘n groot Bokondersteuner - oorhandig het.

Die ongeveer 52 000 toeskouers het die wêreldrekord vir die meeste tennistoeskouers nóg by ‘n toernooi, gebreek.

“Ek het die kans gehad om Federer en Nadal se hande te skud en my toegangskaartjie is deur die einste Rafa geteken!” het Beukes opgewonde vertel. “Ek moes myself die heeltyd herinner dat dit nie ‘n droom is nie.”

Beukes is betrokke by die JL’s Tennis Academy wat hom die geleentheid gegee het om deel van so ‘n besondere ervaring te wees. Dié akademie, wat aan John-Laffnie (JL) de Jager behoort, was die meesterbrein agter die toernooi. Die Handshake Challenge wat Kloof ondersteun, is ook sy inisiatief.

Aan die einde van die dag het Roger Federer vir Rafael Nadal met 6-4, 3-6 en 6-3 gewen. R54 miljoen is vir die Roger Federer Foundation ingesamel wat opvoedingkundige programme in landelike dele van Suid-Afrika ondersteun en moontlik maak. Dit was ‘n kragtige oomblik in tennis en Suid-Afrika se geskiedenis, waaroor nog lank gepraat sal word.

“Ek het nuwe energie vir tennis en ook sommer hernude hoop vir ons land,” sê Beukes.

Jana Gous

Klofie, Beukes van den Berg (vierde van regs) saam met Rafael Nadal, Roger Federer en ander baljoggies by ‘n oefening vir die Match in Africa-wedstryd.

- Foto verskaf -

SPORT

Spiertier tot die mag drie!Megan Katzke en Juné Jordaan

Die Klofies het ietsie vir almal: hengel, fietsry, rugby en ook rolbal. Ons het selfs ons eie spiertiere wat tussen ons rondloop. Ons eerste spiertier, Lisa Roos, loop op hakskoene rond en behaal ‘n eerste plek in die bikinikategorie in liggaamsbou. Sy is tans besig om hard vir haar volgende groot kompetisie op 30 Mei voor te berei. Ons tweede spiertier, beter bekend as Jurie O’Connell, behaal ‘n eerste plek by die Gauteng-kampioenskap vir gewigoptel. Hy het ook die Suid-Afrikaanse kampioenskap gewen en vir die wêreldkampioenskap gekwalifiseer. Laastens is ons jongste spiertier Heinrich Bester. Hy behaal ‘n eerste plek tydens die SA-kampioenskap vir gewigoptel en word gekies vir die span wat Suid-Afrika by die wêreldkampioenskap sal verteenwoordig.

Ons is voorwaar trots op die drie Klofie-tiere!

Lisa RoosWat het jou laat besluit om op liggaamsbou te fokus? ‘n Paar jaar gelede het ek ‘n voetoperasie gehad en het besluit om netbal en atletiek op te gee a.g.v. die pyn wat ek ervaar het. Ek was nog altyd baie sportief en wou gesond leef. Ek het begin oefen en van toe af het my liefde daarvoor gegroei.

Hoe reageer mense as hulle hoor watter sport jy beoefen? Mense verstaan dit nie! Hulle dink dit kom maklik en ja, jy lyk baie goed, maar hulle verstaan nie hoeveel tyd en geld in jou voorkoms ingaan nie. Almal dink ook dat liggaambouers steroïede gebruik en dat dit die rede is waarom hulle gespierd lyk.

Hoekom spraytan die meeste mense wat liggaamsbou doen? Dit is báie nodig! Die verhoog se ligte is baie skerp, so al is jy van nature bruin, sal jy steeds baie wit op die verhoog lyk. Hoe donkerder jy is, hoe maerder lyk jy. Dit laat ook jou vel sagter lyk en veroorsaak dat jou spiere meer uitstaan.

Heinrich BesterWat het jou laat besluit om gewigoptel te beoefen? Ek het van die fisiese uitdagings gehou wat dit bied.

Hoe reageer mense as hulle hoor wat jy doen? Die meeste van die tyd weet die mense nie wat dit is en wat dit alles behels nie.

Dink jy die meisies hou meer van jou omdat jy weight lifting doen? Ek is nie heeltemal seker nie, maar as dit so is, sal ek nie kla nie.

Dink jy dit maak jou ‘n klein bietjie meer arrogant? Nee, ek dink nie so nie.

Jurie O’ConnellWat is die grootste uitdaging van die sport? Beserings! Nog ‘n uitdaging is om positief te bly as jy ‘n slegte week het of nie van jou korttermyndoelwitte bereik nie.

Hoe lank moet jy oefen om aan ‘n kompetisie deel te neem? Seker so ses of sewe maande - dit hang af van hoe jy vorder en ook of jy gereed voel vir ‘n kompetisie.

Gebruik jy enige spesiale middels? Nee nie regtig nie, soos in enige sportsoort is heelwat middels verbode.

Lisa Roos - Foto verskaf -

Heinrich Bester - Foto verskaf -

Jurie O’Connell - Foto verskaf -

Die Kloof-hengelaars het ‘n paar algemene riglyne vir binnelandse hengel met ons gedeel:

1. Sekere sterk aasgeure soos knoffel, kan visse aantrek terwyl soeter geure soos piesang, hulle sal laat vashaak en vir kos laat soek. Die smaaksintuie is goed ontwikkel en karpe kan vinnig proe of kos vir hulle voedsaam of giftig is.

2. Karpe lê eiers in die somer in die vlakker water en dan moet jy strategies ingooi.

3. Kies ‘n stil area en vermy raserige dele langs die dam. Bespied die water in die verte om te sien waar visse spring. Stringe borrels of kolkende water kan aandui waar visse hulself bevind. Warmer kolle met obstruksies soos riete en klippe waar kos vassit, lok meer monde.

4. Begin met een vlak en een diep stok en kyk waar daar byt is. Hoe meer die wind waai, hoe swaarder die tipe aas en hoe sterker die geur. Hoe kouer, hoe ligter en kleiner die aas omdat visse traag eet in die koue.

5. Bou ‘n voerkol deur konstant op dieselfde plek in te gooi. Hierdie vermoë kom met konstante oefening en onderskei dikwels die wedstrydwenners van minder ervare hengelaars.

6. Aas kan bestaan uit rooi erdwurm (wat langer aan die hoek leef as gewone tuinwurms en sterker ruik), maroek (‘n afvalproduk van brouerye) en wit rys.

THE HEALTHIER CHOICEE

Refined Sugar orArtificial Sweeteners

Taurine

Gluten

Preservatives

Artificial Flavours

Sodium

Unpleasant Aftertaste

+ Colourants

NONONONONONONO

#BeeBad #beesneversleep . www.beebad.com . [email protected]

@beebadsouthafricaHigh Caffeine Content

Not For Children Under 12Not For Use During Pregnancy and Lactation

Made from High Quality Naturalingredients, Fresh,

Crisp, Unique tasting, lightly carbonated.

OFFICIALENERGY DRINK

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 15

Page 16: M O N I E HOËRSKOOL WATERKLOOF klofiekan · klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan ˜ es.co.za | admin@klo˜ es.co.za UITGAWE

Krieket is een van die gewildste sportsoorte in die wêreld, en baie Suid-Afrikaners sal redeneer dat hulle die sport so goed soos hulle moedertaal ken. Hoërskool Waterkloof se eerste krieketspan is egter duidelik vlot daarin soos bewys deur hulle nuwe titel as die kampioene van 2020 se CSA T20-skoleuitdaging nadat hulle Kaapstad se tonge in die SACS-finaal laat knoop het.

Kloof het talle teenstanders op 8 Maart in hulle woorde laat verstik. SW Kemp (45) was Kloof se openingskolwer. Hy is ook as speler en kolwer van die toernooi aangewys weens sy uitstekende totale lopietal van 233 en sy kolfgemiddeld van 38.8 lopies per wedstryd. Hardus Coetzer (77) het ook ‘n groot inset in die finaal gelewer om die span by 186 lopies te kry, en hy het slegs 54 balle nodig gehad om dit reg te kry! Richardt Ackermann se insette as bouler het SACS se kolwers met ‘n indrukwekkende 4 paaltjies vir 17 lopies in toom gehou. Saam kon hulle die woordeboek toemaak en die trofee huis toe neem nadat hulle SACS met 15 lopies gewen het. Hulle het ‘n

ongelooflike R112 000 prysgeld gewen - ‘n klinkklare bewys dat die Klofies se eerste span ‘n buitengewone woordeskat aangeleer het.

En dit is ook nie so maklik nie!

Daar is ongelooflik baie druk op die spelers gedurende elke wedstryd en elke speler is ewe belangrik. Waterkloof se eerstespankaptein, Simeon de Bruyn, is van mening dat krieket die moeilikste sport is omdat elke oomblik tel en die wedstryd enige oomblik kan omdraai. Só moet die kolwers, die boulers en die veldwerkers almal ewe hard werk om die lang ure op die veld te laat tel.

Jy mag dalk nog nie daarvan gehoor het nie, maar die Duckworth Lewis-metode is ‘n spook wat meeste ernstige krieketspelers al moes ontmoet. Twee wiskundiges en krieketliefhebbers, Frank Duckworth en Tony Lewis, het koppe bymekaargesit om met ‘n metode vorendag te kom wat wedstryde se uitkoms bepaal wanneer dit deur reën of ander

onbeheerbare verskynsels kortgeknip word. Die metode is gebaseer op hoe aggressief die kolwers punte aan die begin van die wedstryd aanteken. Alhoewel dit vandag gebruik word, kan die Duckworth Lewis-metode ‘n span benadeel wanneer hulle in werklikheid dalk die wedstryd kon wen. Waterkloof se eerste span is al ‘n paar keer daardeur benadeel, maar die muntstuk val gelukkig beide kante toe en hulle het darem ook al voordeel daaruit getrek.

Dié seisoen het verloop soos Waterkloof nog nooit vantevore beleef het nie. Buiten die ongelooflike titel as kampioene van die T20-skoleuitdaging, het hulle deur die kwartaal die Finsbury-reeks gemaklik gewen en Centurion van hul titel beroof. Simeon stem saam dat hulle span aanvanklik effens oor hul woorde gestruikel het, maar die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit het en Waterkloof se naam hoog gehou het. Dit klink of daar nog heelwat toekomstige Protea-spelers soos Janneman Malan in die Klofie-geledere is … wie weet?

Lourie Bosman

Kloof se krieket rol sommer van die tong af!

“Klofies, Klofies, together standing tall…” Hoor jy die magtige dreuning? Dis die stem van bykans 2000 adrenalienbelaaide Klofies waar hulle bankvas agter ‘n spogatletiekspan staan. Dis die lied van ‘n skool se ontwaking. ‘n Blou see wat die 2020-visie van “alle grense” met mening oortref…

Hierdie visie was die motto waarmee Kloof sy atletiekseisoen afgeskop het en ook regdeur met trots uitgeleef het. Met die borrelende gees wat reeds soos ‘n reënboog na ‘n storm tydens die interhuis kop uitgesteek het, het ons geweet dat die Klofies die pot goud sal wegdra. En weliswaar het 2020 se interhoër nie teleurgestel nie! Herinneringe is bymekaargemaak wat meer as goud werd is. Vuurmaakhout vir die oudag, selfs al was dit amper vroegtydig met blitse aan die brand gesteek…

Alles het op hierdie merkwaardige dag, BLITSvinnig gebeur. Die atlete het BLITSvinnig vir Kloof ‘n skitterende algehele tweede plek ingepalm, en selfs die toeskouers het soos wafferse naellopers BLITSvinnig na die busse toe teruggekeer toe die weer dreigend nadergestaan het en die weerlig amper irriterend, langdradig rondgedans het. Maar nou ja, die Kloof laat hom nie afsit nie en hulle doen niks half nie. Hoe vinniger, hoe beter. En hierdie jaar se BLITSige interhoër, was beslis een vir die boeke.

Christine Geertsema

Grensloos, vreesloos en BLITSig

Trotse wenners van die CSA T20-skoleuitdaging.- Foto verskaf -

SPORT

Daar is ikoniese films wat vandag se jeug gedurende hul kinderjare gevorm het. Al wil leerders (veral ‘n paar macho tienerseuns) dit nie altyd erken nie, was die meeste van ons versot op die film: High School Musical. Kamers is met plakkate versier en jy ken nou nog al die lirieke uit jou kop. As ‘n naïewe kind het jy heel moontlik oor dié opwindende tye wat vir jou in die hoërskool voorlê, gedroom. Daardie borrel het egter vinnig gebars toe jy besef dat niemand in die hoërskool uit die bloute begin sing en dans nie. Basketbal is nie ‘n skoolsport nie (nog nie). Daar is geen teken van die bekende Wildcat cheerleaders en hulle gelukbringer nie. Die kanse is ook goed dat jy nog nie ‘n Troy en Gabriella-tipe liefdesverhaal ervaar het nie.

Kloof, daar is goeie nuus. Ons is een stap nader om die ideale hoërskooldroom te verwesenlik. Hoërskool Waterkloof het nou ons eie cheerleader-groep en gelukbringer (mascot). Die dansonderwyser, Mongené Burgh, het die cheerleader-groep gestig. Hulle sal by atletiekbyeenkomste en rugbywedstryde optree en lyk pragtig in hulle blou rokkies. Hulle danspassies

en toertjies is fantasties. Dié groep is ‘n nuwe bron van gees en bevestig weer eens ons skool se wêreldklasstatus.

Hierdie jaar se dirigente (Petra Coetzee, Doné Pretorius, Elani Smith, Leoné Vos, Marco Bekker, Janro Botha, CJ Liebenberg en Juandré van Schalkwyk) is besig om Kloof se gees te transformeer. Hulle het selfs ‘n Instagram-blad: @dieblouwitgeel. Die hoofdirigente Eulene Bornman en Petrich Swart is aan die stuur van die Klofie-golf. Hulle visie is om deur die jaar ‘n gevoel van eenheid in die skool te skep. Hulle wil die regte hoeveelheid blootstelling aan elke sportsoort en kultuuraktiwiteit gee. Daar is al ‘n paar sing songs gehou. Die nuwe liedjies soos: “Blou, Wit, Geel,” “Sal Vesta” en “Power” laat die Klofies se harte blou klop. Tydens die A-bond-atletiekinterhoër het die dirigente die koppe met hulle vrolike uitrustings laat draai.

Daar is ook ‘n nuwe sanggroep op die been gebring. Hierdie leerders sal sorg dat die gees te alle tye uitnemend bly. Die groep van 400 ywerige Klofies sal ook by die wintersportgeleenthede betrokke wees.

Die cheerleader-groep gee vir ons ‘n smakie van wat die lewe as ‘n tiener in East High School sou wees. Die dirigente en die sanggroep hou Hoërskool Waterkloof se naam hoog. Die cheerleaders saam met die dirigente en die sanggroep is ‘n wenresep vir onblusbare gees!

Carla Dippenaar

Die hartklop van Kloof se gees

- Fotograwe op hierdie bladsy: Dané Bouwer, Vivienne Pio, Mignon de Wet, Xavier Odendaal, Marli Viljoen -

Richardt Ackermann- Foto verskaf -

SW Kemp- Foto verskaf -

16 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN