die hoërskool bonnievale se hoofkoerant:

9
Beste hoërskoolkoerant in SA (Media24 NSP 2014) R7,00 Voorwaarts SKOOLKOERANT VAN DIE HOËRSKOOL BONNIEVALE - 29 MEI 2015 facebook.com/VoorwaartsSkoolkoerant NUUS | 4 HSB huisves Noord-Boland- byeenkoms >>> ONDERHOUD | 6 Mnr. Godfrey verlaat die HSB-familie >>> Verskeie leerders van Hoërskool Bonnievale (HSB) se veiligheid word bedreig deur plaaslike taxibestuurders. Die taxi’s wat leerders na die skool bring en weer in die mid- dae oplaai, stop gereeld op on- wettige plekke in die pad voor die skool. Daar is wel ’n area aangewys waar hul mag stop, maar die taxibestuurders hou nie altyd daarby nie. Die gevaarsituasie vind plaas as leerders saamdrom om in ’n taxi te klim. Die taxibestuurders stop in die sirkel wat rondom die kerk loop, waar verbygaande verkeer maklik die leerders kan tref wat by die taxi’s staan. Volgens ’n graad 12-taxipende- laar wat anoniem wou bly, is daar geen orde as die taxi’s stilhou nie. Die bestuurders is volgens haar “roekeloos” . Sy voel dat enige iets op enige oomblik kan gebeur, dat dit regtig gevaarlik is en dat die leerders baie maklik seer kan kry. Volgens mnr. Johan Els (skool- hoof) mag hy nie verkeer buite die skoolterrein reël nie. Hy hét egter van sy kant af iets probeer doen om te voorkom dat leerders van HSB nie beseer word nie. Mnr. Els het die verkeersde- partement versoek om padte- kens op te sit wat motoriste waarsku dat daar ’n skool naby is sodat hul stadiger moet ry. Die tekens is wel aangebring. Die verkeersowerheid is ook gevra om die taxistaanplek te verskuif na die gruisoppervlak langs die skool sodat dit uit die verkeer geleë is. Dit is ook ge- doen. Dié area is egter slegs vir ’n tydjie gebruik voordat die taxi- bestuurders weer in die pad voor die skool begin stilhou het. Die verkeersafdeling is gevra om taxi’s te beboet wat nie op die regte parkeerplek staan nie. Dit is een of twee keer gedoen, maar daar is egter nie lank vol- gehou met dié wetstoepassing nie. Voorwaarts het mnr. Regi- nald Sampson, die eienaar van Sampson Taxi’s, op Dinsdag 19 Mei om 14:40 telefonies gekon- tak vir sy mening, maar hy het bloot gesê, “Geen kommentaar.” Mnr. Els het selfs met die taxi- bestuurders en -eienaars verga- der, maar hul redenasie is dat die skool nie kan voorskryf waar hulle wat mag doen nie. Die probleem is ook met die Wes-Kaapse Onderwysdeparte- ment bespreek, maar hulle kan niks aan die saak doen nie om- dat dit ‘n private reëling moet wees tussen die ouers en die taxi-ondernemings. Mnr. Els noem die volgende: “Dit is duidelik dat hierdie gevaar- like situasie slegs opgelos kan word deur ouers wat self druk op die taxi-eienaars moet plaas.” 'n Taxi stop op 'n onwettige plek in die pad voor die skool terwyl leerders saamdrom om in te klim. |FOTO: NADIA FEYT Wettige parkeerplek 15 meter verder TAXI'S SAAI BOHAAI NADIA FEYT

Upload: netwerk24

Post on 08-Dec-2015

2.036 views

Category:

Documents


3 download

DESCRIPTION

Dit was ’n kop-aan-kop-stryd om vanjaar die beste skoolkoerant in Suid-Afrika aan te wys.

TRANSCRIPT

Page 1: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

Beste hoërskoolkoerant in SA (Media24 NSP 2014)

R7,00

VoorwaartsSKOOLKOERANT VAN DIE HOËRSKOOL BONNIEVALE - 29 MEI 2015

facebook.com/VoorwaartsSkoolkoerant

NUUS | 4

HSB huisves Noord-Boland-

byeenkoms >>>

ONDERHOUD | 6

Mnr. Godfrey verlaat dieHSB-familie

>>>

V e r s k e i e leerders van Hoërskoo l Bonnievale (HSB) se

veiligheid word bedreig deur plaaslike taxibestuurders.

Die taxi’s wat leerders na die skool bring en weer in die mid-dae oplaai, stop gereeld op on-wettige plekke in die pad voor die skool. Daar is wel ’n area aangewys waar hul mag stop, maar die taxibestuurders hou nie altyd daarby nie.

Die gevaarsituasie vind plaas as leerders saamdrom om in ’n taxi te klim. Die taxibestuurders stop in die sirkel wat rondom die

kerk loop, waar verbygaande verkeer maklik die leerders kan tref wat by die taxi’s staan.

Volgens ’n graad 12-taxipende-laar wat anoniem wou bly, is daar geen orde as die taxi’s stilhou nie. Die bestuurders is volgens haar “roekeloos”. Sy voel dat enige iets op enige oomblik kan gebeur, dat dit regtig gevaarlik is en dat die leerders baie maklik seer kan kry.

Volgens mnr. Johan Els (skool-hoof) mag hy nie verkeer buite die skoolterrein reël nie. Hy hét egter van sy kant af iets probeer doen om te voorkom dat leerders van HSB nie beseer word nie.

Mnr. Els het die verkeersde-partement versoek om padte-kens op te sit wat motoriste

waarsku dat daar ’n skool naby is sodat hul stadiger moet ry. Die tekens is wel aangebring.

Die verkeersowerheid is ook gevra om die taxistaanplek te verskuif na die gruisoppervlak langs die skool sodat dit uit die verkeer geleë is. Dit is ook ge-doen. Dié area is egter slegs vir ’n tydjie gebruik voordat die taxi-bestuurders weer in die pad voor die skool begin stilhou het.

Die verkeersafdeling is gevra om taxi’s te beboet wat nie op die regte parkeerplek staan nie. Dit is een of twee keer gedoen, maar daar is egter nie lank vol-gehou met dié wetstoepassing nie.

Voorwaarts het mnr. Regi-nald Sampson, die eienaar van

Sampson Taxi’s, op Dinsdag 19 Mei om 14:40 telefonies gekon-tak vir sy mening, maar hy het bloot gesê, “Geen kommentaar.”

Mnr. Els het selfs met die taxi-bestuurders en -eienaars verga-der, maar hul redenasie is dat die skool nie kan voorskryf waar hulle wat mag doen nie.

Die probleem is ook met die Wes-Kaapse Onderwysdeparte-ment bespreek, maar hulle kan niks aan die saak doen nie om-dat dit ‘n private reëling moet wees tussen die ouers en die taxi-ondernemings.

Mnr. Els noem die volgende: “Dit is duidelik dat hierdie gevaar-like situasie slegs opgelos kan word deur ouers wat self druk op die taxi-eienaars moet plaas.”

'n Taxi stop op 'n onwettige plek in die pad voor die skool terwyl leerders saamdrom om in te klim. |FOTO: NADIA FEYT

Wettige parkeerplek15 meter verder

TAXI'S SAAI BOHAAI

NADIAFEYT

Page 2: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

Voorwaarts29 Mei 20152 Aktueel

KULTUUR

SOTTEKONSERT: SAAI SIRKUS 2015 se sottekonsert sorg vir volop vermaak en klappende tonge

om die Sottesirkus op te voer. Akrobate, narre, katte en bere is in die kollig gebring.

“Toe Yolandi du Toit (gr.8) op die verhoog rondgekruip en soos ’n kat gemiaau het, het die gehoor gelag. Dit was definitief my gunsteling-toneel,” was die mening van Fredeline Herder (gr.12).

“Daar was nie duidelike foute nie en eintlik het alles mooi glad

Die gr.8-klas van 2015 het Donderdag 16 April ge-

hoor hulle sal baie vinnig hare op hul tande moet kry. Hulle het gehoor dat hulle slegs vyf dae kans het om ’n volledige sot-tekonsert voor te berei.

Die tema van hierdie konsert was “sirkus”. Die volle graad 8-klas móés deelneem aan hierdie kaskenades.

Die oefening het dadelik be-gin. Daar is Vrydag en Maan-dag tydens klastyd geoefen. Die onderwyser waarby hulle sou klas hê, het vir die periodes toesig gehou.

Vir ’n klas van 37 leerders is dit onmoontlik om tot ’n verge-lyk te kom. Menings het tydens oefeninge heen-en-weer in die skoolsaal gespat en humeure het dikwels opgevlam.

Volgens Abraham Wentzel (gr.8) wou die kinders nie altyd stilbly nie, maar Rachel Jonker (gr.8), het leiding geneem en hulle kon dinge uitwerk.

Die sotte van 2015 is tydens ’n saalperiode die kans gegee

verloop,” het Rachel Jonker na afloop van die konsert gesê.

Volgens Tristan Roseveare (gr. 12) was die konsert heel gemiddeld.

Fredeline meen ook dat hierdie jaar se graad 8-klas meer respek toon teenoor die matrieks as verlede jaar s’n en dat hulle baie gehoor-samer is.

Die gr.8's sluit hul sottekonsert af met 'n gesamentlike dans. |FOTO: JANA WESSELS

Die "sirkus" se drie hansworse wys hulle komiese kant op die verhoog. |FOTO: JANA WESSELS

SKOOL-KLERE (WEER)

TE KOOP

Die Bonnies sal binnekort weer sonder skaamte op hul groen

baadjies getakseer kan word. Die skool se beheerliggaam

het besluit om me. Annette Swanepoel (die koshuis se ma-trone) te nader oor die verkoop van skoolklere.

Aan die einde van Januarie het Ladida, die klerewinkel wat HSB se skoolklere, -skoene en -tasse verkoop het, toegemaak.

Me. Swanepoel het gesê die nuwe klerewinkel is juis op die koshuisterrein opgerig sodat wanneer ouers hulle kinders by HSB inskryf, hulle nie nodig het om heen-en-weer te ry om skoolklere te koop nie. Sy sê dat daar ook vir meisies haarbe- nodighede verkoop gaan word.

EK IS BAIE OPGE-WONDE OOR DIE WINKEL

Me. Swanepoel noem dat nie almal sommer skoolklere mag verkoop nie. Sy sê dat die skoolwapen by die Buro van He-raldiek geregistreer is; daarom moet dit aan sekere spesifika-sies voldoen.

Me. Swanepoel het gesê, “Ek is baie opgewonde oor die win-kel. Ek hoop dat almal baie te-vrede gaan wees met die diens. Ek is van plan om kwaliteitsklere teen bekostigbare pryse te verkoop. Ek beoog om goeie diens te lewer en om al my kliënte tevrede te stel.”

MARÉSCHREUDER

o T I K S

LO-prakties nie meer "af periode" – nou word daar geswoeg en gesweet

WATSE GE-AF PERIODE?!

In Hoërskool B o n n i e v a l e word LO-prak-ties nie meer gesien as so-

genaamde “af periodes” nie. “Dit is beslis nie ’n af periode

nie, ’n mens is nogals moeg na LO-prakties,” was die woorde van Alexander van Zyl (gr.10).

Tydens LO se praktiese peri-odes doen leerders die basiese aktiwiteite. In die somer oefen hulle swem, fiksheid en atle-tiekvaardighede. Tydens die win-termaande oefen die leerders netbal/rugby, gimnastiek, fiks-heid of tennis.

Daar is nog in elke klas leerders wat nie aan die prak-tiese periodes wil deelneem nie; dikwels meer meisies as seuns en dis ook meer te siene by die

hoër grade. Die deelname is eg-ter besig om te styg.

“Daar is definitief ‘n verskil tussen die gr.7-leerders en die gr.12-leerders,” was die mening van me. Brink. “Dis positief om te sien dat die jonger generasie gretig is om deel te neem en hul vaardighede ontwikkel.”

’n Groot gedeelte van die prak-tiese punt is slegs vir deelname, so om deel te neem is uiters be-langrik.

“Die deelname hang dikwels af van die temperatuur en ook van die tipe aktiwiteit,” is die mening van me. Surita Brink (LO-onder-wyser).

Volgens me. Brink is dit vir ’n groot aantal leerders die enigste oefening wat hulle kry. Vir kinders is oefening noodsaaklik om goed te presteer op akademiese vlak. “Gereelde oefening laat ’n mens se punte styg,” noem me. Brink.

LINKS: In die verlede was passiewe ge-drag in LO-prakties vol-op. Deesdae is dit egter skaars.ONDER: Die gr.8-klas aktief besig met vlugbal.|FOTO: JANA WESSELS

KULTUUR

KOOKWATERKONSERT Danza La Vida dans vloer aan die brand by danskonsert

kel het. Dit is gegee aan Kia Mouton (gr.9), Hilda Jonker (gr.9), Michaela Stevens (gr.7), Johané Neethling (gr.6), Annamart Wentzel (gr.11) en Aleza van Zyl (gr.7).

Vyf leerders, Alicia la Grange (gr.4), Nicola van der Westhuizen (gr.1), Marlé Oosthuizen (gr.5) en Wilma Steyn (gr.11), het elk ’n prys ontvang vir die dansers met die meeste potensiaal.

Ansa van der Merwe (gr.11) en Jaco Hamersma (gr.10) het die prys ont-vang vir Most Outstanding Dancer.

Rachelle du Preez (gr.7) het die Passion and Excel-lence-prys ontvang.

Die tema van die konsert was Remember, Be, Ima-

D a n z a La Vida, B o n -n i e v a l e se dans-

skool, se dansstudente het op die 13de Mei beslis met die regte voet uit die bed geklim. Hulle het ’n baie suksesvolle danskonsert in die Maria Beukmansaal uitgevoer.

Daar was elke aand 600 kaartjies beskikbaar. Die eerste aand is 580 kaartjies verkoop. Die tweede aand is die danskonsert uit-verkoop en daar moes nog stoele ingedra word vir ekstra mense.

Daar is ses pryse uitgedeel vir die leerders wat die meeste ontwik-

gine. “Remember” verwys na die verlede: Adam en Eva, die skepping van die aarde, die wêreldoorloë en die oermense. Dit is dinge wat altyd onthou sal word.

“Be” is dit wat nou ge-beur en “Imagine” het na die toekoms verwys.

“Ek is baie trots op al die dansers. Dit was ’n onge-looflike konsert en almal het hard gewerk. Dit was Emmie, Fredeline, Ber-nelee en Marianne (almal gr.12) se laaste konsert, so ek wou hê dit moes onvergeetlik en baie spe-siaal wees. Dans het die potensiaal om mense te inspireer en ek voel ons het dit gedoen,” was die woorde van Danique Ful-lard, Danza La Vida se dansinstruktrise.

Ansa van der Merwe (gr.11) in aksie tydens een van die danse. |FOTO: VERSKAF

|FOTO: HILDA JONKER

Aktueel Voorwaarts29 Mei 2015 3

JDWENTZEL

HILDAJONKER

JANAWESSELS

Page 3: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

Aktueel4 Voorwaarts29 Mei 2015

Swak gedrag tydens saalperiodes vinnig in kiem gesmoor

instap (voorheen was daar geen onderwysertoesig nie); en mnr. Johan Els, skoolhoof, verdaag die leerders nou aan die einde van elke saalbyeenkoms ry-vir-ry en nie in ’n bondel nie.

Marianne Steyn in gr.12 sê,

Vanaf die begin van h i e r d i e jaar sukkel die HSB-

leerders om dissipline te volg tydens saalbyeenkomste.

Aan die begin van die tweede kwartaal is daar egter ’n paar veranderings gemaak om die probleem op te los.

By saalbyeenkomste is leerders veronderstel om in rye voor die saal aan te tree. Die leerders het dit egter heeltemal verkeerd verstaan en eerder die teenoorgestelde gedoen.

Die skool se Bestuurspan het toe die volgende reël gemaak: me. Angelique van Schoor en me. Emily-Ann Maddison sorg nou dat die meisies netjies in rye aantree voor die tyd en stil

“Almal het sommer gelyk by die saal se deure, wat slegs twee mense toe-laat om gelyk deur te stap, probeer in-storm.” Die leerders wat almal gelyk deur die deure probeer kom, het ook ’n klomp geraas veroorsaak en dit vir almal baie ongesel-lig gemaak.

Leerders wat nie kon ophou praat nie was nie al probleem nie. Wanneer daar

Aktueel

SKOOLSAALSKANDES GESTAAKvir hulle gesê word om hulle stemme te gebruik tydens die sing van die skoollied, het die meerderheid van die kinders hulle tonge verloor en dit dan eers weer gevind wanneer die saal in stilte moet verdaag.

CSV

JONGER GENERASIE HOU GOD SE NAAM HOOG H o ë rs ko o l

Bonnievale (HSB) se Ve re n i g d e Raad van

Leerders (VRL) het op Dinsdag 19 Mei hul eie Pinkstergeleent-heid by die skool gehou.

Leerders het om halfsewe die aand in HSB se skoolsaal byme-kaargekom om te Praise and Worship.

Mnr. Valen van Heerden was die spreker van die aand. Hy het letterlik sy skoene op die ver-hoog uitgeskop om by die tema aan te sluit. Daarna het hy ’n paar kragtige boodskappe aan die leerders gelewer.

Vrae is gestel wat baie van die leerders laat wonder het, byvoorbeeld hoe hulle sou voel as hul hulself in ander leerders

se skoene kon plaas. Hy het ook aan die leerders

vertel hoe baie hy van avonture hou.

Sy stories het ’n groepie HSB-leerders inspireer om hulself uit te daag. Hulle het besluit om vir ’n week lank elke oggend vyfuur op te staan om te dink aan arm mense wat daardie tyd moet werk toe gaan.

J.D. Wentzel, een van hierdie leerders, het die volgende gesê oor dié uitdaging: “Die eerste paar oggende was maklik, want ek was gemotiveerd. Dit het al hoe moeiliker geraak. Veral oor die naweek was die versoeking om te slaap maar groot! Ek het aangehou, want ek weet daar is mense wat as gevolg van hul omstandighede so vroeg moet opstaan.”

Daar was ongeveer 66 mense by die geleentheid.

Jaco Hamersma (gr.10) het die volgende te sê gehad: “By Praise and Worship-aande word jy altyd verryk deur ander se stories. As

Eskom dit toegelaat het, sou ek graag meer liedjies wou sing.”

Beurtkrag het verrigtinge om 20:00 laat eindig.

Leerders besig om te sing tydens die CSV-aand. |FOTO: JENNA ROSEVEARE

Ten spyte van die volks- en skoolliedere wat gefluister in plaas van uit volle bors gesing word, voldoen die gedrag van leerders gedurende die saal-periode nou meer aan die stan-daarde van trotse HSB-leerders.

Voorwaarts29 Mei 2015 5

JENNAROSEVEARE

WILMASTEYN

ATLETIEKBYEENKOMS

BYEENKOMS BETER BY HSB HSB bied Noord-Boland-byeenkoms met groot sukses aan

geniet het. Alhoewel hulle koud gekry het en ’n tartanbaan ver-kies het, was hulle verbaas om te sien dat al die dag se items volgens skedule plaasvind.

Christo Erasmus, van HTS Drostdy, het gesê dat hy beïn-druk is met hoe netjies en skoon die kleedkamers is.

Karla van Rensburg van HTS Drostdy het ook gesê dat sy ver-baas is alles het volgens skedule verloop, want gewoonlik raak al die items agter. Sy het ook gesê dat dit sleg is dat dit nie ’n tartan-baan is nie, maar dat die tartan-baan op Worcester baie swak is. Sy het ook van die aankondiger, mnr. Paul van Schoor, se kom-mentaar gehou.

’n Beampte, mnr. Dirkie Adams, het gesê dat dit atletiek van gehalte was. Hy reken as die baan nie nat was nie, sou die hekkiesatlete beter kon vaar. Hy voeg by dat die etes baie lekker was en dat hy die gees van die dag geniet het. Volgens hom het die byeenkoms goed kompeteer met ander. “Ek sal definitief weer kom,” het hy entoesiasties byge-voeg.

Mnr. Pieter Brink van HSB, die hooforganiseerder van die byeenkoms, het gesê dat hy die uitdaging geniet het en dat die skool goed gedoen het. Hy sê

alhoewel daar klein probleme was, was daar niks wat hulle nie kon bestuur nie. Hy sê ook dat die baan nie ’n verskil op die uit-slag gehad het nie en dat die tye goed vergelyk met vorige byeen-

komste. Volgens HSB se skoolhoof,

mnr. Johan Els, was die byeen-koms puik. Die dag het presies op tyd begin en presies op tyd geëindig.

Hoërskool Bon-nievale (HSB) het hierdie jaar vir die eerste keer die Noord-

Boland-at le t iekbyeenkoms aangebied – met groot sukses.

Dié byeenkoms is in die verlede in Worcester gehou, maar as gevolg van die swak toestand van hul tartanbaan is ’n nuwe tuiste daarvoor gesoek. HSB het aangebied om dit te huisves.

Die toeskouers en atlete se algemene indrukke oor dié dag was grotendeels positief.

Volgens me. Amy Brewis, van Robertson, was HSB se veld goed onderhou en was die dag goed georganiseer. “Ek het veral gemerk op die vriendelikheid van die HSB-leerders,” het sy genoem.

Andrea Oberholzer, ’n atleet van Hoërskool Montagu, het gesê dat sy nie omgegee het om op ’n grasbaan in plaas van ’n tartanbaan te hardloop nie.

’n Groep leerders, Jeanette Roux, André Theron en Dawid Kock, van Hoërskool Worcester Gimnasium het gesê dat dit ’n baie lekker byeenkoms was en dat hulle die gees van die dag

Steven Stallenberg op sy beste tydens die Noord-Boland byeenkoms. |FOTO: MARIANNE STEYN

Bouwerk aan heining voor skool ná groot gesloer voltooi

muur en heining voor die skool is in April voltooi.

Daar is reeds in Junie 2014 met die bouprojek begin. Die heining moes egter reeds in Augustus 2014 voltooi gewees het.

Volgens mnr. Johan Els, skool-hoof van HSB, is beide Exotics Staalwerke en WEC Consult te blameer vir die lang gewag. “Hulle het net so twee dae per week opgedaag om aan die muur te werk,” noem mnr. Els.

Exotics Staalwerke, die tender-

Van sit en staan, kom daar niks g e d a a n . . . ook nie as

dit by die bou van heinings kom nie.

Leerders, ouers en personeel van Hoërskool Bonnievale (HSB) se gesukkel oor halwe bakstene en nat sement is uiteindelik iets van die verlede. Die bou van die

hZ

SKOOLHEINING ÉÍNDELIK KLAAR

houer vir die projek, meen dit is volgens stakings in die staalbe-dryf dat hulle nie vroeër kon klaarmaak nie.

WEC Consult, die ingenieurs-maatskappy, noem egter dat die staking lankal verby was en die staal vir die heining klaar ge-maak was toe daar nog steeds geen bouery plaasgevind het nie.

Exotics Staalwerke sal ’n boete van byna R1500 per dag vir elke dag waarmee hulle die spertyd

oorskry het, moet betaal. Die heining is op onkoste van

die Wes-Kaapse Onderwysde-partement aangebring.

Die hekke sal elektronies be-heer word.

Alle hekke gaan gedurende skooltyd en ná skool gesluit wees. Besoekers sal slegs die skoolterrein kan betree indien hulle by die skool se sekretares-se, deur middel van ’n interkom langs die hoofhek, die doel van hul besoek bevestig het.

MEGANFRICK

BARENDESTERHUYSE

Page 4: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

Ondersoek Voorwaarts29 Mei 2015 7

EN SWANGER M IGUEL KL IM

Om sonder om te blik of bloos met ’n “broodjie in die oondjie” op die skoolgrond rond te loop, is ’n tendens wat toenemend in Suid-Afrika voorkom.

Volgens ’n verslag deur die BBC het daar laasjaar ongeveer 182 000 swanger tienermeisies in Suid-Afrika voorgekom.

Volgens Badisa, ’n maatskap-like organisasie wat veral spe-sialiseer in kindersorg, is daar verskeie redes hoekom tiener-meisies beplan of onbeplan swanger raak. Hulle sê dat daar in ag geneem moet word dat almal die een of ander stadium seksuele voorligting gehad het. Dit is dus ’n ingeligte besluit en die persone betrokke het geweet wat die gevolge kan wees.

Nog ’n faktor wat glo bydra, is dat tieners se ouers “ontoe-reikende ouerskapvaardighede” het. Die ouers het nie huisreëls wat konsekwent toegepas word nie of hulle keur nie verhoudings met ouer mans af nie.

As die ouers wel die verhou-dings afkeur, is daar glo baie min ouers wat ’n klag van statutêre verkragting (iemand wat ’n sek-suele verhouding met iemand jonger as 16 het) maak.

Meisies weet ook dat hulle nie verantwoordelik hoef te wees

nie, want hulle ouers sal heelte-mal vir die babas sorg.

Die gevolge van ’n tiener-swangerskap is dikwels nadelig. 35% van alle moeders wat sterf tydens geboorte is tieners.

Tienermeisies se liggame is nog nie volledig ontwikkel nie en kan nog nie die veranderinge van ’n swangerskap hanteer nie.

Baie swanger tienermeisies word ook positief getoets vir MIV (Menslike Immuniteitsgebreksvi-rus).

Die maatskaplike gevolge is net so omvattend. Die verant-woordelike ma is betrokke by die grootmaak van haar kind. Sy moet ook dikwels laat skofte werk om te help betaal aan die onkostes of sy moet die besluit neem om haar kind op te gee vir aanneming.

Persentasie swanger leerders in sommige SA-skole

Skokkende statistieke Ongeveer 180 000 tienermeisies word elke jaar in SA swanger.

Hierdie meisies is meestal tussen 14 en 18 jaar oud.

Meer as 35% van sterftes tydens kraming is tieners.

Daar is skole in SA waar 60% van die leerders swanger is.

Riché Taylor(Gr. 11)

Ek is sterk daarteen gekant. Tieners is nog nie emosioneel volwasse genoeg vir só ’n verant-woordelikheid nie. Dit is hartseer om te sien dat swanger tieners so algemeen voorkom.

David Rouch(Gr. 11)

Ek verstaan dat tieners soms swanger raak as gevolg van hul omstan-dighede, maar hulle moet voorsorg tref.

Zanelle Draai(Gr. 10)

Ek dink nie tieners verstaan die verant-woordelikheid van ’n baba hê nie. Ek weet dat sommige kinders in moeilike omstan-dighede grootword, maar dis nie ’n ver-skoning om swanger te word nie.

Anine Moton(Gr. 9)

As iemand swanger is, skep dit ’n baie negatiewe beeld van die skool. Ek dink dit is heeltemal ver-keerd om swanger te wees op so ’n jong ouderdom. ’n Tiener moet ander drome hê!

Jadee Moses(Gr. 12)

Ek voel meestal dis tieners se eie keuse, maar ek kry wel die meisies baie jammer vir dit waardeur hulle moet gaan.

Javian Slingers(Gr. 9)

Om swanger te wees as ’n tiener voel vir my soos ’n mors van tyd! Kinders moet soms skool verlaat as die baba gebore word en kan dan nie hul doelwitte as skoliere bereik nie.

Hoe voel jy oor tienerswangerskappe?

So ’n besluit lei dikwels tot geweldige stres.

Daar ís glo sukses-stories, maar Badisa sê daar is nog werk wat gedoen moet word by die pa's van die baba.

“Feit bly staan, die keuse om swanger te raak terwyl jy nog self ’n kind/tiener is, is ’n keuse wat jou, maar ook jou ongebore baba se hele lewe beïnvloed. Hierdie baba het nie gevra om hier te wees nie en verdien net die beste versorging wat hom/haar gebied kan word. Jy as ma/pa van die kind is volgens die Kinderwet (38 van 2005) die persoon wat hierdie verantwoordelikheid moet uit-voer,” noem Alma Botha, ’n maatskaplike werkster. Volgens The Guardian van 11 Maart het presi-dent Jacob Zuma gesê babas moet van hulle tienerouers af wegge-neem word. Alhoewel hierdie taktiek dalk te drasties is, is dit ’n feit dat iets aan tiener-swangerskappe gedoen moet word.Inligting in hierdie ondersoek is verkry by Badisa. Voorwaarts bedank graag vir Alma Botha, die bestuurder van Maat-skaplike Dienste van Badisa in die Suid-Kaap, vir haar bydrae.

Profielonderhoud PROFIELONDERHOUD

LEGENDE VERLAAT DIE BONNIE-FAMILIE Mnr. Kevin Godfrey tree af ná twee legendariese dekades

Voorwaarts het 'n onderhoud met die onnie gevoer wat 'n groot leemte in die skoolgange en in die Engelse woordeskat van HSB se leerders gaan laat

Hoeveel jaar gee Meneer nou al skool en wat het Meneer laat besluit dit is tyd om af te tree? 21 jaar. Prediker se hoofstuk 3 verwys na elke ding wat sy tyd het. Ek is nou ’n grysaard en dit het tyd geword dat ek die leisels aan ’n jonger leerkrag oorgee.

Beskryf Meneer in twee woorde.Independent loner.

As Meneer in Meneer se lewe net drie boeke kon lees, wat-ter drie sou dit wees?Die Bybel, The Beadle en King Lear.

As Meneer in Meneer se lewe net drie rolprente kon kyk, watter films sou dit wees?Seabiscuit, Life is Beautiful en Shaw-shank Redemption.

Meneer was nie altyd 'n onderwyser nie. Wat het Me-neer voor dit gedoen en wat het Meneer laat besluit om 'n onderwyser te word?Ek was ’n soldaat. Tydens ’n valskerm-sprong was ek genoodsaak om my noodvalskerm te ontplooi. Dié het egter skaars ontplooi of ek en die mense op die grond het besef dat ek kontak met die grond teen daardie spoed nie sou oorleef nie. Die Here het egter my gebede verhoor en vir ’n wonderwerk gesorg – ek het in die sanderige bed van die Olifantsrivier geland, skaars vyf meter van die klipharde vliegveld! My roeping na die onderwys het daar ontstaan.

Wat dink Meneer is die grootste probleem met die samelewing vandag?Eiebelang...

Wie is die invloedrykste per-soon in Meneer se lewe?My stiefma, Barbara.

As Meneer Meneer se lewe kon oorhê, watter ander beroep sou Meneer volg?Ek sou ’n wildbewaarder of ’n tuinbou-kundige wees.

Meneer is vir baie van ons die toonbeeld van goeie maniere. Wat is volgens Meneer die belangrikste maniere om te hê?Bedagsaamheid en nederigheid. Dit bring mee dat ander voel dat hulle hoog geag word.

Veronderstel Meneer is vas-gekeer op 'n verlate eiland. Daar is vars water, vis, vrugte en groente op die eiland en Meneer gaan oor 'n jaar ge-red word. Watter drie items sou Meneer by Meneer wil hou om die jaar te oorleef?Ceylon-tee, melk en suiker – ek is 'n teeholis!

As Meneer so gelukkig kan wees om 'n paar miljoen in die Lotto te wen, wat sou Me-neer met die geld maak? Ek sou dit nie hou nie! Dit wat met be-hulp van die geluksgodin geïn word, bring geen seën of vreugde nie.

Noudat Meneer klaar skool-gehou het, waarmee gaan Meneer Meneer besig hou?Ek sal graag my dienste by die Die-rebeskermingsvereniging en Bonnie People Projek wil aanbied. Onder-houdswerk aan my tuiste en tuinwerk sal my ook behoorlik besig hou, want ek het dit vir baie jare afgeskeep.

Gunsteling-kos Pizza

Gunsteling-gedig

Stokperdjie Tuinwerk

|FOTO'S: LELANI OOSTHUIZEN

"A Psalm of Life" deur Henry Wadsworth Longfellow

6 Voorwaarts29 Mei 2015

MARIANNESTEYN

Swanger:

60%

Nie swanger:

40%

GRAFIKA: LELANI OOSTHUIZEN

Om te hoor van nóg 'n tienerswangerskap, skok niemand regtig meer nie. Voorwaarts ondersoek dié tendens.

Vir ernstige GEVOLGE van tienerswangerskappe skandeer dié kode met jou

slimfoon.

Page 5: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

8 Kommentaar Kommentaar 9

BONNIES EN HULLE DINGEOu liefde, nuwe liefde en vele meer...

BONNIES EN HULLE DINGE

Bernelee

Soos 'n koeksister inme-

kaargevleg... Constant Tamboer en Mercia Pawuli

Lerato Mhlambeli en Yonela Pawuli

Marco Swartz en Marionet Booysen

J.D. Wentzel en Ané Rademeyer

Nicole Williams en Wilburn Hartzenberg

TK Hamersma en Lee-Anne Steyn

MAT

RIE

K-VE

RH

OUD

ING

S

ONS DINK DÍT SAL WERK:

Adr

i Tam

boer

en

Stev

en S

talle

nber

g

Ner

een

Goo

dman

en

Jem

iel J

acob

s

Die lewe is vol liefdesvierkanteAdri Jemile

Nereen Steven

Toevallig of beplan?

Karla VAN RENSBURG

Johannes JONKER

CJ VAN RENSBURG

Hilda JONKER

Broer + susterBroe

r + su

ster

Metgesel

Metgesel

Valentynsbal 2015

Anja

BarendEmile

++

Kelly en Kurt Annemari en

JacquesMaré en WimpieSan-Mari en

Pierre Ruzeanne en SJ

Maande 9 7 3

Leandri en Du Toit het mekaar uiteindelik gevind,

Emile en Bernelee is soos dag en nag aan mekaar verbind.

Annamart en William se liggie is weer aan die brand, maar

Emmie en De Wet se bootjie is begrawe onder die sand.

Die jc's se verkope het drasties gestyg, want as JC verby loop word daar deur sekere meisies na hul asems gehyg.Amy-lee en Al-duwaan se vliegtuig

vlieg nog hoog, TK het nou al omtrént lank vir Lee-

Anne in die oog.

Rion glimlag tog te breed vir Anine,hulle vlam kort nog net 'n bietjie paraf-

fien.Maud se drukkies maak Joandré mal, maar is dit by haar diesefde geval?

1434

Kyle

Die pyl is uit-

eindelik geskiet.

En die Bonnies se dinge gaan aan...

+

=Tristan en Megan, almal weet eintlik al klaar, maar is daar dalk iets wat julle aan die res van ons

bekend wil maak?

ONNIES EN HULLE DINGEEendag toe hulle matrieks was...

Me. Surita Brink en haar metgesel, George Oosthuizen.

“Ek het die aand baie ge-niet! Ons met-gesel moes 'n leerder van dieselfde skool wees. As ons iemand van 'n ander skool kon vra, sou ek iemand anders gevra het.”

Mnr. Valen van Heerden en sy

metgesel, me. Anja Haupt.

“Ons het met 'n swart Volla gery. Ek was van plan om haar te vra, maar toe vra sy my eerste.”

Me. Anet Coetzee en haar metgesel, Wian Roux.“Ons het in 'n wit Limo gery. Ek was na sy matriekafskeid toe gevra in Brackenfell. Wat ek kan onthou, is dat die kos en langarmdans lekker was.”

Het julle geweet dat een van ons onnies ook Mej. Wynland 2013/14 heet? Spieëltjie, spieëltjie in my hand, juf. Annette Coetzee is die mooiste in die Wynland!

Me. Githe-Mari Goosen

Waarom is Alexander

deesdae so aan die brand? het

dit dalk iets te doen met Hartenbos?

Mnr. Paul van Schoor en sy metge-sel, me. Amanda van Zyl.

“Ons ete was slegs vir matrieks in ons skool, toe gaan ek saam met Amanda van Zyl. Daarná was die dans waar ons dates van ander skole mag gevra het en toe gaan ek saam met Ka-ren Jacobs.”

Die onderwysers deel hul matriekafskeidfoto's en vertel so 'n bietjie oor hul matriekafskeide.

Mia

Die redaksie sê baie dankie vir mnr. Johan Broodryk van Bonnievale Slaghuis dat hy ons spoggerige nuwe tops geborg het!

Voorwaarts29 Mei 2015

Voorwaarts29 Mei 2015

Page 6: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

10 Resensies 11Voorwaarts29 Mei 2015

DEU R : BAREND ES TERHUYSE |GRAF IKA : L E L ANI OOSTHU IZEN

SteersSteers is ook meer tegemoetkomend

deurdat hulle ’n wyer reeks burgers verkoop. Hulle bied ook meer gesonde opsies vir hul kliënte.

Die grootste nadeel van Steers is dat die wag vir jou kos soms langer is as die van ’n vyfgangmaaltyd.

Nog ’n nadeel van Steers is dat daar nie Drive Thru's is nie, so ongelukkig kan jy nie in jou pajamas vinnig met ’n motor ’n wegneemete by hulle kry nie. Anders as McDonald’s en KFC, lewer hulle wel by jou huis af.

As jy smag na heerlike slaptjips is Steers definitief die regte plek. Hul slaptjips is kraakvars en word eers ge-maak as jy dit bestel.

’n Medium porsie bevat 360 kalorieë.Anders as by McDonald’s eet jy 100%

vleis by Steers. Hul bekende en heer-like King Steers Burger bevat 653 ka-lorieë en dit sal jou maag behoorlik vol stop.

Daar is wel sprake dat Steers se burgers nie so gesond en goed vir jou is nie, maar dit is nog nie bewys nie.

KFCSlegs 10% van KFC se bestanddele

is natuurlik en ’n yslike 90% is van che-miese oorsprong.

Alhoewel die diens swak is, is die kos by KFC wel aangenaam. Geen ander plek, volgens my, kom naby KFC se Mash and Gravy nie.

KFC is ook baie betrokke by die ge-meenskap deur hul Add Hope-veldtog. Dit gee kliënte die kans om R2 of meer by hul rekening te voeg. Hierdie geld word dan gebruik om honger kinders in Suid-Afrika te voed.

KFC het bekendheid verwerf vir hul diepgebraaide hoender, wat inderdaad lekker is, tot jy dieper kyk. ’n Enkele hoendervlerkie bevat 120 kalorieë en ‘n medium porsie slaptjips 294 kalorieë.

Al KFC se kosse word gebraai in canola-olie, wat meestal gebruik word om masjiene te olie. Dit stel giftige gasse vry as die olie verhit word tot by ’n sekere punt. ’n Paar van KFC se kombuispersoneel het al longkanker opgedoen as gevolg van die gasse wat vrygestel word, volgens www.health-wyze.org.

McDonald'sen vleis só lank vars bly?

McDonald’s se patties is nie 100% vleis soos wat jy dink dit is nie. Die mid-delste deel van die patty word vervang met ander alternatiewe “vleisighede”. Hulle bekendste burger, die Big Mac, bevat 522 kalorieë en ’n medium porsie slaptjips daarby, 482 kalorieë.

McDonald’s se Drive Thru's is wel een van die vinnigstes in Suid-Afrika. Dus hoef jy nie lank te wag vir jou “kos” nie.

Die persoon wat die alombekende slagspreuk van McDonald’s, I’m loving it! uitgedink het, het beslis nie sy mond aan hulle kos gesit nie. Die kartonagtige burgers is propvol sout en lug. Die bur-ger sal waarskynlik begin sweef as jy dit lank genoeg kans gee.

Tans word ’n 15 jaar oue McDonald’s-burger vertoon in een van hul takke in Amerika. Dié burger het nie ’n enkele kolletjie muf op nie… Kan regte brood

± R150 vir 2

± R150 vir 2

± R150 vir 2

|BRON: WWW.STEERS.CO.ZA

|BRON: BULAWYO24.COM

|BRON: WWW.FAMOUSLOGOS.NET

KITSKOS-RESTOURANTE ONDER VERGROOTGLAS

Voorwaarts29 Mei 2015 Fotoblad

Page 7: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

Redaksioneel

REDAKSIE 2015

REDAKTEURLelani Oosthuizen

VOORWAARTSSkoolkoerant van die

Hoërskool Bonnievale

VOLLE REDAKSIE

Gr.12Barend EsterhuyseLelani OosthuizenMaré SchreuderMarianne SteynNadia FeytTristan Roseveare

Gr.11Andrew van ZylAdia WillemseAnsa van der MerweAnnamart WentzelJohannes JonkerMegan FrickWilma Steyn

Gr.10Jana WesselsJ.D. WentzelJenna Roseveare

Gr.9Altus LindeConstant TamboerLuané WesselsMia BeukesMiguel KlimHilda Jonker

VOORWAARTSIEMegan Frick

ADVERTENSIESTristan Roseveare

TESOURIERBarend Esterhuyse

Bestuur

AANLYN-REDAKTEURAdia Willemse

BEMARKINGAnsa van der Merwe

DEUR: ANDREW VAN ZYL

Die towerkuns in papier

Ek het my termyn as redaktrise begin soos ek dink al die vorige redaktrises dit begin het: skrikkerig, onseker, vol idees, opgewonde en met ’n twyfelagtige gemoed oor of ek die tyd gaan hê om voluit aandag aan die koerant te gee.

Nou eindig ek my termyn met ’n gemoed wat effens kontrasteer met hoe ek aan die begin gevoel het: dankbaar, nog steeds vol idees, opgewonde vir die volgende redakteur en met die wete dat daardie ek-het-nie-tyd-nie houding wat deesdae soos snoepiekos opgeëet word, sommer net ’n groot klomp nonsens is.

As iemand vandag vir my sou sê dat ek iets waarby ek in die skool betrokke is moet opgee, sal die skoolkoerant ongetwyfeld een van my laaste opsies wees. Mense dink aan die amp redaktrise en dan maak hulle die konnotasie dat dit nét harde werk, laat nagte en ’n gesuk-kel is. Ja, dit ís vrek harde werk. Jy móét soms jou slaap opoffer en natuurlik is dit nie altyd net maanskyn en rose nie, maar wat ís?

Die opwinding en trots maak egter vir seker op vir al die laat nagte en gesukkel wanneer ’n blad se plasing perfek uitwerk; wanneer die koerant gedruk word en dit is presies wat jy in gedagte gehad het; wanneer jy ’n berig deurlees en dit

REDAKTEURSBRIEF is absoluut uitstekend geskryf; wanneer jy deur die vierkant loop en om elke hoek en draai die bemarking sien lyf wys; of wanneer jy by die huis kom en net eenvoudig eerder aan die koerant sal werk as om huiswerk te doen of te leer.

As ek nóú aan die titel redaktrise dink, dink ek aan ’n kunstenaar wat al haar emosies, gedagtes, idees en denke slegs met skreeuende of fluiste-rende kleure, aktiewe of passiewe lyne en ’n kwas gedoop in towerkuns op ’n doek kan neerlê. Ek dink aan iemand wat die voorreg het om hom- of haarself uit te beeld deur middel van woorde, op-skrifte, foto’s, grafika en plasings.

Ek is dankbaar vir elke oomblik wat ek redak-trise kon wees. Vir die sagte gras asook vir die harde, doringbedekte grond. Ek is dankbaar dat ek kan sê dat dit werklik iets was wat ek geniet het en waarvoor my entoesiasme en passie deur die termyn meer gegroei het as wat ek verwag het.

Alhoewel my verf nou op is en my doek vol, het ek nog steeds ’n kwas met ’n bietjie towerkuns op wat ek sal hou en wat ek weet vir my nog baie gaan beteken in die toekoms, want volgens my is daar min dinge wat ervaring en inspirasie kan vervang.

Ek sluit my termyn as redaktrise af met die woorde van Mahatma Gandhi: tevredenheid lê in die poging, nie in die sukses nie. ’n Volle poging is ’n volle oorwinning.

Lelani

Voorwaarts29 Mei 201512

Almal kan nou nie

onder een kombers

slaap nie. Hallo mnr. Els, daardie komberse waarmee julle leer-ders pouse sit, skep darem 'n vreeslike bontspul!

KommentaarRUBRIEK: LETTERLIK

L

Alle Briewe Aan Die Redakteur

E-pos jou brief na: [email protected]

Voorwaarts29 Mei 2015 13

EWE ESKOMEk het begin dink aan die ongemak-like situasie waarin jy, ESKOM, jouself bevind. Hoe jy daar gekom het maak nou nie saak nie. Ek wil eintlik net dankie sê.Dankie dat jy die oogverdowende

ligte afskakel sodat ek vir ’n slag weer die sagte, suiwer ligte van my huisgesin se persoonlikhede kan sien. Ons gesels om die tafel, verlig deur ’n kers, en leer mekaar vir die eerste keer ken.Dankie, ESKOM, dat jy die skreeuen-

de klanke van televisies en radio’s onderdruk en stilte verhef. ’n Stilte waar ek myself kan uitleef en myself

ontdek. ’n Stilte waar ek my vrees vir stiltes ontdek het en die vrees kon oorwin. ’n Geheimsinnige stilte waar-in min mense vrede vind. Dankie, want deesdae begin ek die

goud-oranje skilderye, wat die sons-ondergang en die sonsopkoms vir ons skep, weer koester. Ek gryp na elke ligstraal, want ek is onseker of ek daardie aand weer helder lig sal sien.Dankie dat ek weer die sterre kan

sien in hulle volle glorie. Wanneer die nagemaakte ligte weg geneem word, begin ek soek na oorspronklike bronne van lig wat nie afgeskakel kan

word nie: die sterre, maan en son.Jy het my ook laat besef dat daar

groot fout in Suid-Afrika is. Jy het my opgemaakte, nie-so-erg-soos-wat-almal-sê-nie wêreld onder my uitgeruk en die realiteit aan my be-kendgestel. Daar is meer probleme as wat ek ooit in my geïsoleerde ge-maksone vir myself kon erken. Jammer oor al die grappe wat ek

van jou gemaak het wanneer ek nie besef het wat jy alles vir my doen nie. En ek is jammer, ESKOM, dat die

ander mense dit nie ook besef nie.

Die uwe

Die hekke was ’n slim idee, maar nie heeltemal goed deurdink nie.

Gevangene

VRYPAS TOT RAAS EN RUMOER – OF NIE...“Kan ons net aandag kry vir die volgende afkondigings voor pouse asseblief?”

Dink jy dié sin is ’n vrypas vir jou om te begin raas en rumoer? Heel duidelik, JA! Óf jy verstaan nie Afrikaans nie óf jy het een-voudig net nie maniere nie.

Die interkom gaan aan. Leerders skrik wakker en kry ewe skielik ’n hupstoot in hul e-nergievlakke. Soveel só dat mnr. Els se stem wegdryf in die mier-

EK SIT IN 'N TRONKNa máánde se gewag is die e-lektroniese skoolhekke uiteinde-lik gekoppel.

Die skoolhekke is aangebring om ons ouers gerus te stel dat ons veilig binne die skool gehou sal word.

Maar waaraan hulle nooit gedink het nie, is die feit dat die ware oortreders eintlik saam met ons op die skoolbanke sit.

So nou sit ek in ’n tronk. Die verskil is: in hierdie tronk is hier skuldiges én onskuldiges.

Niks is meer veilig nie. Sel-fone verdwyn soos koperkabels. Selfs jou penne en handboeke is nie meer veilig nie en sal in die hande van skelms beland.

nes wat sopas lewe gekry het.Wat van ons wat wél die af-

kondigings wil hoor? Ons daag nie op by plekke waar ons moet wees nie bloot omdat ons nie hóór ons moet daar wees nie.

As die eerste boek toeklap, is dit soos ’n Mexican Wave. Hallo, net omdat jý nie die afkondigings wil hoor nie, beteken dit nie die res van ons wil hoor hoe hard jy jou boek kan toeklap nie!

Ek wil met alle geweld die af-kondigings hoor, maar met 30 ander stemme kan ek nie kom-peteer nie. Drie keer ’n dag vir vyf dae van die week gáán jy afkondigings hoor. Maak vrede daarmee.

Dowe Ore

DRAADSITTER-DANSDie debat van sportjunkies: Is dans sport of kuns?

Dans het tog al die elemente van sport: Jy moet fiks, sterk en soepel wees en jy moet goeie uithouvermoë hê.

Maar dans is nie nét ’n sport nie. Dit is ook ’n kuns.

Die groot ding wat by die meeste sportsoorte ontbreek, is kreatiwiteit. Wat dans so kom-pleks maak, is die feit dat jy nie net die gehoor se aandag moet behou met jou bewegings nie, maar ook die kreatiewe idees en emosies wat deur die bewegings uitgebeeld word, moet onthou.

Ek as danser en netbalspeler is gewoonlik stokflou na enige van hierdie sportsoorte, maar dans is nie net ’n eenvoudige spel wat jy moet verstaan nie. Dit is om bewus te wees van elke deel van jou liggaam én die dan-sers om jou, om die ritme te hou én nie jou spier te skeur terwyl jy split nie.

Dus is dans eintlik ’n kreatiewe sport wat hoër geklassifiseer moet word as nét ’n sport.

Dansjunkie

ANSAVAN DER MERWE

Page 8: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

Sport TENNIS

TENNISSPANNE SUKKEL Tekort aan spelers laat tennisspanne sukkel

15

Hoërskool Bon-nievale se ten-nisspanne het die afgelope seisoen klei

getrap in die tennisliga weens ’n tekort aan spelers.

Die meeste van die wedstryde is ver verloor. Tog is daar hier en daar ’n stel of twee gevat.

“Nadat ons ’n paar goeie spe-lers laasjaar verloor het, was dit te verwagte dat ons nie weer hierdie seisoen so goed sou presteer nie. Ek dink egter die verlaging in prestasie moenie vergelyk word met die aantal ten-nisspelers nie, maar eerder die toewyding van die betrokke spe-

lers,” sê mnr. Valen van Heerden (afrigter).

Die meisies het hierdie sei-soen gesukkel om een span vol te maak en het as ’n span geen

wedstryde gewen nie. Hulle het teen Hoërskool Montagu, Hoër-skool Robertson asook Worces-ter Gimnasium verloor. Hulle het 22-2 teen Hoërskool Bredasdorp

en 15-7 teen Hoërskool Charlie Hofmeyr verloor.

Die seuns, aan die ander kant, kon twee volle spanne bymekaar maak, maar het steeds gesukkel om die ander skole ore aan te sit. Die eerste span het twee uit die vyf van hul wedstryde teen Hoërkool Robertson en Hoër-skool Montagu gewen, waar die tweede span geen oorwinnings behaal het nie.

“Alhoewel ons skool sukkel om meer tennisspelers te kry, is dit steeds vir die skool sinvol om teen ander skole te kompeteer, want individuele tennisspelers kry die geleentheid om in die sport te ontwikkel,” was die me-ning van Lukas Wentzel (eerste span se no. 3).

Johannes Jonker (gr.11) tydens 'n wedstryd teen Worcester Gimnasium. |FOTO: VERSKAF

TWEEKAMPERS MIK NA SA'Sdeelgeneem het, is drie opge-neem in die Boland-tweekamp-span: Nelius Moller, Constant Tamboer en Jana Wessels.

Hulle neem op Saterdag 4 April deel aan die SA Byeenkoms in Stellenbosch.

“Ek sien uit na die SA Byeen-koms. Ek voel goed en fiks na al die harde oefening by oom Attie Louw en mnr. Pieter Brink,” was

Nelius Moller se kommentaar. Jana Wessels noem dat sy

glad nie verwag het dat sy só ver sal vorder nie. “Dit het as n verrassing gekom. Ek het nie gedink ek gaan verder as Noord-Boland kom nie.”

Die leerders het al vroeg in die vierde kwartaal van 2014 begin oefen vir tweekamp.

Constant Tamboer sê die senu-

wees skop al vroeg in op die dag van ’n byeenkoms. “Ek sal ge-woonlik ’n piesang of ’n halwe Bar-One eet voor die tyd vir ek-stra energie.”

Hierdie is sportmanne en -vroue wat bewys dat aanhou-dende harde werk, ’n liefde vir die sport, baie tyd, sweet en ’n hele sak vol uithouvermoë beslis nodig is om die toppunt te bereik.

Op Saterdag 28 Februarie 2015 het heel-wat leerders van Hoërskool

Bonnievale uitstekend presteer by die Boland Tweekampbyeen-koms in die Paarl.

Uit die tien Bonnievalers wat

SportVoorwaarts29 Mei 201514

K2-TOERNOOI

NETBALMEISIES LAAT VERE WAAI OP OUDTSHOORN

In die land van volstruise het Hoërskool B o n n i e v a l e (HSB) se Top

10-netbalmei-sies onlangs ’n veer gevoel vir hul opponente. Dié meisies het van 24 tot 27 April 2015 aan die K2 Hoërskole Top 10 Toernooi te Oudtshoorn deelgeneem.

Daar was landswye deelname. Van die skole wat deelgeneem het, was Hoërskool De Kuilen, Hoërskool Brackenfell, Gill Col-lege en Hoërskool Nico Malan.

HSB het op Saterdag 25 April vir Hoërskool DF Malherbe 20-16 gewen, maar ongelukkig 11-36 teen Hoërskool Nico Ma-lan verloor.

Die hoogtepunt was beslis toe HSB Hoërskool Oudtshoorn se vere gepluk het. HSB het in die hitte van die dag – op die Strui-sies se tuisveld – hulle 22-18 geklop.

Me. Aletta Els, HSB se afrigter, het na afloop van die toernooi die volgende gesê: “Die toernooi was uitstekend georganiseer en ons was gasvry ontvang. Daar het baie toeskouers melding gemaak van hoe goed HSB pre-

steer het, veral omdat ons so ’n klein skool is. Ek is ook baie trots op die meisies, want hulle het elke minuut van elke wedstryd geveg en hulle beste gegee.”

Sondag het die Bonnievale-meisies hulle batterye gaan herlaai in Hartenbos se seewa-

'n TROTSE ondersteuner van die BESTE SKOOLKOERANT IN SA

Bonnievale Spar 0236162670 E-pos: [email protected]

Annamart Wentzel in aksie tydens 'n wedstryd by die K2-toernooi. |FOTO: MARIANNE STEYN

ter. Die aand het al die spelers ook hulle geestelike petroltenke gevul deur ’n kerkdiens by te woon.

Maandagoggend vroeg het die uitspeelwedstryde begin. HSB het teen Hoërskool Brandwag uitgespeel vir vyfde en sesde

plek en het uitstekende netbal gespeel. HSB het ongelukkig 37-17 verloor en sesde geëindig.

Lelani Oosthuizen, kaptein, se kommentaar was: “Die naweek was ’n mengsel van baie gelag, seer voete, vingers en volkome spanwerk tussen al die meisies.”

Voorwaarts29 Mei 2015

ANNAMARTWENTZELJOHANNES

JONKER

LUANÉWESSELS

Page 9: Die Hoërskool Bonnievale se hoofkoerant:

SPORT

SPORT | 15

Tennis-spanne sukkel >>>

SPORT | 15

Tweekampers presteer by Boland

SKOOLKOERANT VAN DIE HOËRSKOOL BONNIEVALE - 29 MEI 2015

Die o.19A-span se rugbywed-stryd was die s p a n n i n g s -volle hoogte-

punt van die sportstryd tussen Hoërskool Bonnievale (HSB) en Hoërskool Montagu op 23 Mei op HSB se tuisveld.

Die eindtelling van die wed-stryd was 47-7 in HSB se guns. Dié opwindinde wedstryd het omtrent die skare op hul voete gehad.

Steven Stallenberg het ’n in-drukwekkende vier drieë gedruk.

Taylyne Barkley, Elton Mfundisi en Jenovan Jacobs het elk een drie gedruk.

Na afloop van die wedstryd was Steven se mening: “Die span het vandag regtig baie goed gevaar omdat elke speler presies geweet het wat van hom verwag word.

Die spanning het nie net hoog geloop tussen die spelers nie, maar ook lángs die veld. Die af-rigters van beide spanne het kort ná halftyd betrokke geraak in ’n roesemoes stryery.

Montagu se afrigter het vir om-trent tien minute sy span se spe-lers van die veld gehaal.

Die bekgeveg tussen die af-rigters het ontstaan nadat daar volgens Montagu se afrigters nie opgetree is teen ’n HSB-speler wat een van Montagu se spelers in die losgemaal probeer skop het nie.

Volgens mnr. Francois Hat-tingh, lynregter en afrigter van

HSB se o.13-span, het hy wel sy vlaggie in die lug gesteek om die voorval by die skeidsregter aan te meld. “Ek kon nie met die skeidsregter praat voor hy nie die spel stop nie. Toe kom hulle [Montagu] se afrigter en tik my op my skouer nog voor die flui-tjie blaas en vra hoekom ek niks doen nie.”

HIERNÁ HET DIE WOORDE BE- HOORLIK GESPAT TOE BEIDE SPANNE SE AFRIGTERS OP MEKAAR AFSTORM

Die wedstryd is vir omtrent vyftien minute gestop toe die skeidsregter moes spook om al-mal te kalmeer.

Ná die onderbreking het die HSB-spelers verkies om hul praatwerk óp die veld te doen. Hul het die telling van 22-7 na 47-7 vergroot met puik agterlyn-spel.

Montagu se verdediging kon net nie die Bonnies se geoefende agterlynbewegings keer nie.

Op die netbalbane en het dit nie so goed met HSB gegaan nie. Die netbalspanne het twee van hul wedstryde verloor.

JC Lourens ontvang die bal tydens die o.19A-rugbyspan se wedstryd teen Montagu. |FOTO: MARIANNE STEYN

MET MONTAGUO.19A-SPAN MORS

Span Wen/verloor Bonnievale MontaguNetbalo.15 wen 21 18o.16A verloor 6 25o.19B verloor 9 20Rugbyo.15A verloor 0 17o.19B verloor 14 27o.19A wen 47 7

TELLINGS TEEN MONTAGU

ADIAWILLEMSE

Vir foto's van die netbalwedstryde

skandeer dié kode met jou slimfoon.

SPORT | 14

Netbalmeisies vlieg hoog in Oudtshoorn >>>

facebook.com/VoorwaartsSkoolkoerant