bladsy 22 hoËrskool bellville...bladsy 22 hoËrskool bellville hierdie jaar se mnr en mej bellville...

6
Geagte Ouer en Leerder Daar het onlangs ‘n klomp foto’s van die Hoërskool Bellville- leerders se individuele prestasies verskyn. Hierna skryf ‘n oud- leerder, ene Elize du Plessis (néé Greef), vir my die volgende. “Ek was beïndruk met hierdie foto’s hul spreek van dissipline en kultuur wat seldsaam is in hierdie tyd waarin ons leef. Ek het in 1948 matriek gemaak en dit is verblydend dat ek nog met trots kan verwys na my ou skool.” Watter wonderlike advertensie vir die skool! So kan ek nog verskeie gevalle opnoem waar oud- leerders, ouers en voornemende aansoekers die trots, dissipline en vasberadenheid by leerders waar- neem. Daar is niks in die wêreld wat kan kom by vasberadenheid om jou doel te bereik nie. Nie talent nie, want duisende mense met volop talent het desnieteenstaande nêrens gekom nie, nie genialiteit nie, want die aantal genieë wat nooit erken is vir wat hulle was nie, is feitlik spreekwoordelik, nie opvoeding nie, want die wêreld is vol hooggeleerde mislukkings. Slegs drie dinge bring jou waar jy bedoel is om te wees: die vertroue dat God jou sal help as dit ‘n goeie saak is buitengewone volharding doodgewone vasberaden- heid om te bly vasbyt. Dit was beslis die volharding en vasberadenheid wat ek hierdie kwartaal beleef het by die Hoër- skool Bellville wat my net weereens laat besef het watter wonderlike tradisieryke skool ons het om voor dankbaar te wees. Dit is nie net al die WP-spelers in skolesport wat ons skool hierdie kwartaal opgelewer het nie, maar ook die talle aktiwiteite wat plaasgevind het. Ek dink veral aan al die sportprogramme, die baie geslaagde Laerskole Koorfees en die Nasionale Toneelspelkompe- tisie. Op kulturele gebied moet ek die leerders en personeel wat tot die semifinale van die Redenaars en debatte gevorder het, uitsonder. Dit is voorwaar ‘n prestasie om tot die top twintig in die Wes-Kaap te vorder. Ek wil ook die orkes en die koor uitsonder. Terwyl die orkes sy bekende segetog voortgesit het, het die Hoërskool Bellville koor binne twee jaar tot een van die top-kore in die Wes- Kaap gevorder. Op sportgebied het ons talle hoogtepunte beleef. Ons moet egter melding maak van die puik prestasies van ons seuns- en dog- tershokkiespanne wat van vanjaar in ‘n hoër liga speel. Op akademiese gebied het ons hierdie kwartaal die inwerking- stelling van Global Saspac beleef. Ek kan met opregtheid sê dat daar ook ‘n vasberadenheid en vol- harding by ons personeel is om net die beste vir elke leerder in die Hoërskool Bellville te gee. Daarom kan ons bors swel van trots op hierdie wonderlike skool en al sy pragtige prestasies. Ons maak elke leerder beslis ge- reed vir die toekoms! Paratus ad Omnia (Gereed vir alles) Deon du Plessis SKOOLHOOF De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 /Faks: 021 948 4140 /E-pos: [email protected] Volume 2, Uitgawe 02/13 21 Junie 2013 15 Jul 15 Jul 15 Jul 15 Jul - SKOLE HEROPEN SKOLE HEROPEN SKOLE HEROPEN SKOLE HEROPEN 19 Jul 19 Jul 19 Jul 19 Jul - Rapporte Rapporte Rapporte Rapporte 23 Jul 23 Jul 23 Jul 23 Jul - Oriënteringsaand nuwe Oriënteringsaand nuwe Oriënteringsaand nuwe Oriënteringsaand nuwe leerders (2013) leerders (2013) leerders (2013) leerders (2013) 30 Jul 30 Jul 30 Jul 30 Jul - Oueraand ( Oueraand ( Oueraand ( Oueraand (18:00 18:00 18:00 18:00—20:00 20:00 20:00 20:00) 3 Aug 3 Aug 3 Aug 3 Aug - Winterbal (Gr 8 & 9) Winterbal (Gr 8 & 9) Winterbal (Gr 8 & 9) Winterbal (Gr 8 & 9) 5 Aug 5 Aug 5 Aug 5 Aug - Groepfoto’s word geneem Groepfoto’s word geneem Groepfoto’s word geneem Groepfoto’s word geneem 6 Aug 6 Aug 6 Aug 6 Aug - Gr. 9: Oueraand (vakkeuse) Gr. 9: Oueraand (vakkeuse) Gr. 9: Oueraand (vakkeuse) Gr. 9: Oueraand (vakkeuse) 17 Aug 17 Aug 17 Aug 17 Aug - Interskole vs DF Malan Interskole vs DF Malan Interskole vs DF Malan Interskole vs DF Malan 21 Aug 21 Aug 21 Aug 21 Aug - Gr. 12 Dramakuns Prakties Gr. 12 Dramakuns Prakties Gr. 12 Dramakuns Prakties Gr. 12 Dramakuns Prakties 24 Aug 24 Aug 24 Aug 24 Aug - Matriekafskeid Matriekafskeid Matriekafskeid Matriekafskeid 26 Aug 26 Aug 26 Aug 26 Aug - Graad 12 Graad 12 Graad 12 Graad 12—Eksamen begin Eksamen begin Eksamen begin Eksamen begin 28 Aug 28 Aug 28 Aug 28 Aug - Johann Vos Klavierkom Johann Vos Klavierkom Johann Vos Klavierkom Johann Vos Klavierkom- petisie (finaal) petisie (finaal) petisie (finaal) petisie (finaal) 29 Aug 29 Aug 29 Aug 29 Aug - Senior Leierverkiesing begin Senior Leierverkiesing begin Senior Leierverkiesing begin Senior Leierverkiesing begin 9 Sept 9 Sept 9 Sept 9 Sept - Graadleierverkiesing begin Graadleierverkiesing begin Graadleierverkiesing begin Graadleierverkiesing begin 20 Sept 20 Sept 20 Sept 20 Sept - Rapporte vir Graad12’s Rapporte vir Graad12’s Rapporte vir Graad12’s Rapporte vir Graad12’s - Matriekdag Matriekdag Matriekdag Matriekdag - SKOOL SLUIT SKOOL SLUIT SKOOL SLUIT SKOOL SLUIT

Upload: others

Post on 06-Feb-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Geagte Ouer en Leerder Daar het onlangs ‘n klomp foto’s van die Hoërskool Bellville-leerders se individuele prestasies verskyn. Hierna skryf ‘n oud-leerder, ene Elize du Plessis (néé Greef), vir my die volgende. “Ek was beïndruk met hierdie foto’s hul spreek van dissipline en kultuur wat seldsaam is in hierdie tyd waarin ons leef. Ek het in 1948 matriek gemaak en dit is verblydend dat ek nog met trots kan verwys na my ou skool.” Watter wonderlike advertensie vir die skool! So kan ek nog verskeie gevalle opnoem waar oud-leerders, ouers en voornemende aansoekers die trots, dissipline en vasberadenheid by leerders waar-neem. Daar is niks in die wêreld wat kan kom by vasberadenheid om jou doel te bereik nie. Nie talent nie, want duisende mense met volop talent het desnieteenstaande nêrens gekom nie, nie genialiteit nie, want die aantal genieë wat nooit erken is vir wat hulle was nie, is feitlik spreekwoordelik, nie opvoeding nie, want die wêreld is vol hooggeleerde mislukkings. Slegs drie dinge bring jou waar jy bedoel is om te wees: • die vertroue dat God jou sal

    help as dit ‘n goeie saak is • buitengewone volharding • doodgewone vasberaden-

    heid om te bly vasbyt.

    Dit was beslis die volharding en vasberadenheid wat ek hierdie kwartaal beleef het by die Hoër-skool Bellville wat my net weereens laat besef het watter wonderlike tradisieryke skool ons het om voor dankbaar te wees. Dit is nie net al die WP-spelers in skolesport wat ons skool hierdie kwartaal opgelewer het nie, maar ook die talle aktiwiteite wat plaasgevind het. Ek dink veral aan al die sportprogramme, die baie geslaagde Laerskole Koorfees en die Nasionale Toneelspelkompe-tisie. Op kulturele gebied moet ek die leerders en personeel wat tot die semifinale van die Redenaars en debatte gevorder het, uitsonder. Dit is voorwaar ‘n prestasie om tot die top twintig in die Wes-Kaap te vorder. Ek wil ook die orkes en die koor uitsonder. Terwyl die orkes sy bekende segetog voortgesit het, het die Hoërskool Bellville koor binne twee jaar tot een van die top-kore in die Wes-Kaap gevorder. Op sportgebied het ons talle hoogtepunte beleef. Ons moet egter melding maak van die puik prestasies van ons seuns- en dog-tershokkiespanne wat van vanjaar in ‘n hoër liga speel. Op akademiese gebied het ons hierdie kwartaal die inwerking-stelling van Global Saspac beleef. Ek kan met opregtheid sê dat daar ook ‘n vasberadenheid en vol-harding by ons personeel is om net die beste vir elke leerder in die Hoërskool Bellville te gee.

    Daarom kan ons bors swel van trots op hierdie wonderlike skool en al sy pragtige prestasies. Ons maak elke leerder beslis ge-reed vir die toekoms! Paratus ad Omnia (Gereed vir alles) Deon du Plessis SKOOLHOOF

    De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 /Faks: 021 948 4140 /E-pos: [email protected]

    Volume 2, Uitgawe 02/13 21 Junie 2013

    15 Jul15 Jul15 Jul15 Jul ---- SKOLE HEROPENSKOLE HEROPENSKOLE HEROPENSKOLE HEROPEN

    19 Jul19 Jul19 Jul19 Jul ---- RapporteRapporteRapporteRapporte

    23 Jul23 Jul23 Jul23 Jul ---- Oriënteringsaand nuwe Oriënteringsaand nuwe Oriënteringsaand nuwe Oriënteringsaand nuwe leerders (2013)leerders (2013)leerders (2013)leerders (2013)

    30 Jul30 Jul30 Jul30 Jul ---- Oueraand (Oueraand (Oueraand (Oueraand (18:0018:0018:0018:00————20:0020:0020:0020:00))))

    3 Aug3 Aug3 Aug3 Aug ---- Winterbal (Gr 8 & 9)Winterbal (Gr 8 & 9)Winterbal (Gr 8 & 9)Winterbal (Gr 8 & 9)

    5 Aug5 Aug5 Aug5 Aug ---- Groepfoto’s word geneemGroepfoto’s word geneemGroepfoto’s word geneemGroepfoto’s word geneem

    6 Aug 6 Aug 6 Aug 6 Aug ---- Gr. 9: Oueraand (vakkeuse)Gr. 9: Oueraand (vakkeuse)Gr. 9: Oueraand (vakkeuse)Gr. 9: Oueraand (vakkeuse)

    17 Aug17 Aug17 Aug17 Aug ---- Interskole vs DF MalanInterskole vs DF MalanInterskole vs DF MalanInterskole vs DF Malan

    21 Aug21 Aug21 Aug21 Aug ---- Gr. 12 Dramakuns PraktiesGr. 12 Dramakuns PraktiesGr. 12 Dramakuns PraktiesGr. 12 Dramakuns Prakties

    24 Aug24 Aug24 Aug24 Aug ---- MatriekafskeidMatriekafskeidMatriekafskeidMatriekafskeid

    26 Aug26 Aug26 Aug26 Aug ---- Graad 12Graad 12Graad 12Graad 12————Eksamen beginEksamen beginEksamen beginEksamen begin

    28 Aug28 Aug28 Aug28 Aug ---- Johann Vos KlavierkomJohann Vos KlavierkomJohann Vos KlavierkomJohann Vos Klavierkom----

    petisie (finaal)petisie (finaal)petisie (finaal)petisie (finaal)

    29 Aug29 Aug29 Aug29 Aug ---- Senior Leierverkiesing beginSenior Leierverkiesing beginSenior Leierverkiesing beginSenior Leierverkiesing begin

    9 Sept9 Sept9 Sept9 Sept ---- Graadleierverkiesing beginGraadleierverkiesing beginGraadleierverkiesing beginGraadleierverkiesing begin

    20 Sept20 Sept20 Sept20 Sept ---- Rapporte vir Graad12’sRapporte vir Graad12’sRapporte vir Graad12’sRapporte vir Graad12’s

    ---- MatriekdagMatriekdagMatriekdagMatriekdag

    ---- SKOOL SLUITSKOOL SLUITSKOOL SLUITSKOOL SLUIT

  • BLADSY 22 HOËRSKOOL BELLVILLE

    Rapporte met resultate van die Junie-eksamen sal teen Vrydag 19 Julie aan leerders oorhandig word. Graad 12-leerders het reeds op Donderdag 20 Junie die geleentheid gehad om vraestelle van vakke wat tot en met 14 Junie geskryf is te kontroleer en sal vanaf die eerste dag van volgende kwartaal volstoom begin werk aan kwartaaltake en voorbereiding vir die eksamen wat volgende kwartaal geskryf word, sowel as die eind-eksamen. Onthou dat jaarpunte ʼn belangrike deel uitmaak van die finale punt en dat alle take voltooi moet wees om te kwalifiseer om die eindeksamen te kan skryf. Ons vra u as ouer dat u u kind se uitslae met hom/haar sal bespreek en u kind sal bystaan om die beste moontlike prestasies te kan lewer. Vir sukses moet ʼn leerder elke dag teenwoordig wees, aandag gee in die klas, huiswerk pligsgetrou afhandel en vroegtydig om hulp vra indien nodig. BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS

    NEEM ASSEBLIEF KENNISNEEM ASSEBLIEF KENNISNEEM ASSEBLIEF KENNISNEEM ASSEBLIEF KENNIS 19 Oktober 19 Oktober 19 Oktober 19 Oktober

    Laaste skooldag vir Graad 12’s

    ‘n Vriendelike dog baie ernstige versoek is dat u as ouer/voog sal toesien dat u kind, op die eerste dag van die nuwe kwartaal, se skooldrag en voorkoms volgens die gedragskode van die skool sal wees. Ons gaan baie streng optree teenoor leerders wat dit nie nakom nie. Indien ‘n leerder nie op die eerste dag volgens die ge-dragskode is nie, sal u as ouer/voog gekontak en versoek word om die leerder te kom haal. Die leerder is slegs welkom indien sy/haar voorkoms en kleredrag volgens die gedragskode is. U samewerking sal hoog op prys gestel word. U word versoek om asseblief weer aan-hangsel A op bladsy 26 – 29 in die Paratus te gaan lees.

    Die voorlopige eksamenrooster vir die September-eksamen is aan die einde van die kwartaal aan die leerders gegee en die volledige rooster, wat skryftye insluit, sal volgende kwartaal uitgedeel word. Let ook daarop dat Gr. 8 – 11 nie die derde kwartaal eksamen skryf nie, maar dat alle take en toetse bydra tot die kwartaalpunt. Die toetsprogram is in die Paratus dagboeke. Inhandi-gingsdatums vir take word deur die onderwysers deurgegee en in sommige vakke word werkstukke in klastyd voltooi. BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS

    NEEM ASSEBLIEF KENNISNEEM ASSEBLIEF KENNISNEEM ASSEBLIEF KENNISNEEM ASSEBLIEF KENNIS

    Don 19 en Vry 20 SeptemberDon 19 en Vry 20 SeptemberDon 19 en Vry 20 SeptemberDon 19 en Vry 20 September

    Graad 8 – 11 Stelwerkeksamen

    Dinsdag 8 OktoberDinsdag 8 OktoberDinsdag 8 OktoberDinsdag 8 Oktober

    Graad 12 Eindeksamen RTT (Prakties)

    Woensdag 9 Oktober Woensdag 9 Oktober Woensdag 9 Oktober Woensdag 9 Oktober

    Graad 12 Eindeksamen IT (Prakties)

    Ons is baie bekommerd, iemand het nou seer gekry. Dit nadat ons her-haaldelik met die ouers en leerders gepraat het. Daar is daagliks toene-mende klagtes wat in kom van leer-ders wat onverskillig/roekeloos ry met hulle motors en motorfietse na skool. Padreëls word totaal en al verontag-saam. Leerders moet in besit wees van ‘n wet-tige bestuurslisensies. Daar gaan in die toekoms streng opgetree word deur die verkeersdepartement. Motorfietse moet tydens skoolure in die fietshok toegesluit word. Motorfietse wat nie tydens skoolure daar in gepar-keer is nie, sal gekonfiskeer word. Geen leerder mag sy motor of motor-fiets besoek tydens skoolure nie. Geen leerder mag op die skoolterrein ry nie. Middae tydens sport mag leerders slegs by die sportgronde se hek in en uit gaan en hulle motors/motorfietse parkeer by die paviljoen, kleedkamers en hokkie-velde.

    Hierdie jaar se Mnr en Mej Bellville het begin met 69 nominasies / in-skrywings waarvan 40 semi-finaliste gekies is om op 13 Maart vir onder-houde te gaan. Daar is ook onder-houde op 25 Maart gevoer om ‘n semi-finalis wat op die hokkietoer na Pretoria was, te akkommodeer. Vandaar is 13 seuns en 13 meisies aangewys as ons Mnr en Mej Bell-ville 2013 finaliste. Na ‘n hele paar oefeninge en baie ure agter die skerms is die gala-geleentheid gehou op Dinsdag, 21 Mei. Die aand was ‘n groot sukses met Garith Schultz en Anchen van Dyk wat as ons nuwe Mnr en Mej Bell-ville vir 2013 gekroon is. Handré Rall en Marlia Fivaz is as 1ste Prins en 1ste Prinses onderskeidelik gekroon en ons 2de Prins en 2de Prinses is Johan van Zyl en Tamar Brand. Mnr/Mej Persoonlikheid toekenning het gegaan aan Earl van de Rhede en ons Mnr/Mej Fotogenies was Carla Truter. Die finaliste het altesaam meer as R45 000 ingesamel vir liefdadigheid. Die organisasies wat deur hierdie finaliste ondersteun was, is: NG Kerk: Straatwerk; Lucky Lucy; Hen-sie Vroom; VERA skool; Durbanville Kinderhuis; Sarepta Ouetehuis, Sis-tiese-fibrose Vereniging; Susan La-poorta Kinderhuis; Stikland Hospi-taal; Ubuntu Huis; Cheré Botha; Operation Smile; Missing Children SA en Red Sock Friday. Bedankings gaan aan almal wat hierdie jaar se Mnr en Mej Bellville moontlik gemaak het. Die Bellville gemeenskap het vir ons baie be-teken in terme van die borg van pryse en ondersteuning. Daarmee saam moet verhooghelpers, die MC van die aand, Mej Robyn van de Rhede, al die beoordelaars, onderwysers wat gehelp het en dan ook die ouers wat hul kinders onder-steun het gedurende die aanloop tot die finale aand spesiaal bedank word vir hulle tyd en moeite.

  • BLADSY 33 VOLUME 2, UITGAWE 02/13

    Die orkes het 'n buitengewoon besige, dog baie suksesvolle kwartaal gehad. Dis afgeskop met die Bands Extrava-ganza in die Endlersaal saam met die orkeste van die Universiteit Stellen-bosch en Hoërskole Durbanville en Wynberg. Ons 30 minute program het groot byval by die waarderende gehoor gevind en veral "Instant Concert" was 'n groot treffer. Die orkes het die volgende dag saam met die skoolkoor na Hermanus vertrek vir 'n 3-dag toer. Die twee groepe het pragtige konserte gegee by die NG Kerk in Kleinmond, 'n aftree-oord in Hermanus en by die Hoërskool Herma-nus. Laasgenoemde was veral met luide applous ontvang. Die Laerskole-koorfees was volgende en die aand is afgesluit met 'n 400-sterk koor wat die "Ode to Joy" van Beethoven en "Do you hear the people sing" uit Les Miserables saamgesing het in die Hugo Lambrechts Ouditori-um. 'n Verdere hoogtepunt was die jaarlikse WindWorx Fanfare wat die jaar ook by die Hugo Lambrechts aangebied is. 12 orkeste het deelgeneem en ons is trots op die Diploma wat ons verwerf het vir ons twee groot werke "Seagate Overture" en "Odyssey". Die aand is afgesluit met 'n 350-sterk massa-orkes onder leiding van Liam Burden en Riaan van Wyk. Verdere optredes was by die graad 7 ope-aand, wat Janu Engelbrecht waar-geneem het en die finale aflsluiting by die Chrismar Villas aftree-oord. Die nuwe juniororkes, onder leiding van Caren Heyes, het ook hulle eerste uitvoering gegee en ons sien uit om nog meer van hulle later in die jaar te hoor. Die 3de kwartaal gaan besig wees met die Tygerberg Eisteddfod en die Interskole-konsert saam met DF Malan.

    NASIONALE TONEELSPELNASIONALE TONEELSPELNASIONALE TONEELSPELNASIONALE TONEELSPEL---- KOMPETISIEKOMPETISIEKOMPETISIEKOMPETISIE

    Daar was vanjaar weer ‘n rekordgetal inskrywings (458) van regoor die land. Na uitdunrondtes in Maart is 70 kandidate genooi na die finale rondtes in die Kunstekaap Teater vanaf 16 tot 18 Mei 2013. Hierdie kompetisie is ‘n groot ad-vertensie vir ons skool en baie posi-tiewe terugvoer is van die deelne-mende skole ontvang. Die onder-wysers en leerders wat as ver-hooghelpers opgetree het, was ware ambassadeurs van die skool. Alhoe-wel hulle baie lang ure gewerk het, het hulle nog steeds elke deelnemer spesiaal laat voel. Baie geluk aan Nicolette van Schalk-

    wyk wat die Top 8 van die kompe-

    tisie gehaal het. Sy is ook deur RSG

    gekies om in ‘n radiodrama te speel

    en sal ook in die produksie Agtervol-Agtervol-Agtervol-Agtervol-

    gergergerger speel by die Suidoosterfees en

    die Woordfees in 2014.

    Die eerste rondte van die ATKV-

    Redenaarskompetisie het op 23 April

    plaasgevind. Twee van ons leerders,

    nl. Nicolette van Schalkwyk (senior)

    en Annerike du Plessis (junior) is deur

    na die tweede rondte wat op 25 Mei

    plaasgevind het. Hier neem slegs die

    twintig beste seniors en juniors van

    die Wes-Kaap deel. Ons is BAIE

    trots op ons leerders wat hul so

    goed van hul taak gekwyt het.

    Die koor het ‘n baie suksesvolle kwartaal gehad. Die koor het ‘n baie opwindende toer saam met die orkes na Hermanus, Kleinmond en Cale-don onderneem tydens die naweek van 20 – 22 April. Hulle het ‘n besige naweek van optredes gehad, wat ook baie goeie oefening was vir die Eisteddfods wat gevolg het. Die koor het aan die volgende Ei-steddfods en konserte deelgeneem:

    1 Mei— Stellenbosch Eisteddfod Die koor in die afdeling, gemengde kore, met Cum Laude, word uitge-nooi na die Gala konsert op Sondag 2 Junie 2013

    2 Mei - Laerskole Koorfees Tree op in die Hugo Lambrechts saam met vyf van ons voeder laer-skole (Fanie Theron, Bellpark, Bellville –Noord, De Kuilen en Mikro).

    13 Mei - Tygerberg Eisteddfod Die koor behaal Cum Laude, met ‘n gemiddeld van 91,3% en word na die Gala konsert op 30 Augustus genooi. Bellville gaan dan teen De Kuilen en DF Malan meeding in die finale rondte.

    2 Junie - Stellenbosch Gala konsert Die koor sing by die Stellenbosch Eisteddfod se Gala konsert in die Endler saal en verower die Gawie Cillie trofee.

    8 Junie—Cape Town Eiseddfod Die koor neem deel aan die Cape Town Eisteddfod in Seepunt en ontvang ‘n Diploma (tussen 90 en 95 %).

    Die skool aanvaar geen verant-woordelikheid vir die verlies van so-danige toestelle nie. Indien ‘n leerder ‘n “sellulêre of toe-stel“-oortreding begaan sal die toe-stel afgeneem word vir een week addisioneel tot die strafmaatreël. (Sellulêre telefoon sal in ‘n verseëlde koevert in die kluis gebêre word vir die tydperk.)

  • BLADSY 44 HOËRSKOOL BELLVILLE

    SEUNSSEUNSSEUNSSEUNS

    Die Seunshokkie beleef ‘n besige

    seisoen met menige wedstryde en

    toernooie wat al gespeel is, en

    verskeie uitstappies na die Suidelike

    voorstede wat afgelê is. Die suksesse

    van verlede jaar het ons leerders

    hierdie jaar blootgestel aan ‘n nuwe

    liga en dus sterker kompetisie. Die

    O/19A-span kwyt hulself uitstekend

    van hul taak en het al vir gelykop

    uitslae teen premierligaspanne, asook

    ‘n wen teen ‘n voormalige pre-

    mierligaspan gesorg. Hul mikpunt is

    duidelik gestel: om volgende jaar

    premierliga-hokkie speel.

    Daar is 5 seunshokkiespanne en in

    totaal is 58 ligawedstryde gespeel.

    Slegs 9 van hierdie wedstryde het op

    gras plaasgevind, en met die aan-

    bouing van ons mini-Astrobaan,

    maak die skool die transisie na astro

    hokkie sonder moeite.

    Hoogtepunte in die 2de kwartaal sluit

    in:

    Die skool se “skills”-kliniek en

    skeidsregterkursus wat in samewerk-

    ing met die 1ste span afrigter Leon

    van Schalkwyk aangebied is.

    Ongelooflike ervaring in ‘n premier-

    ligatoernooi tydens die Fairmont

    Easter Tournament in die April vakan-

    sie vir die O/19A’s. ‘n Fantastiese

    toernooi vir O/16 spanne by die Fair-

    mont Human Rights day-toernooi en

    goeie vertonings deur die O/14A

    span by die DF Malan-toernooi.

    Die 1ste span het prag oorwinnings

    oor Westerford en SACS behaal

    asook ’n goeie vertoning teen Pine-

    lands gelewer.

    Verskeie seuns wat na die WP en

    sone proewe genooi is, het ons skool

    se naam hoog gehou. Die Hoërskool

    Bellville lewer dan ook hierdie jaar

    twee O/14 spelers vir die WP noord-

    sone hokkiespan. Hierdie puik pres-

    tasie voorspel wonderlike dinge vir

    die toekoms. Baie geluk aan Kevin

    Brand en Henricus Botha.

    Ons verwag groot dinge van die

    seunshokkie gedurende die volgende

    kwartaal en lek ons lippe af vir die

    komende Interskole teen DF Malan

    op 16 en 17 Augustus 2013.

    DOGTERSDOGTERSDOGTERSDOGTERS

    Bellville se dogtershokkie speel se-dert hierdie jaar vir die 1ste keer in die Premier Liga. Vir elke span is dit ‘n nuwe uitdaging en totale nuwe ervaring, meeste spanne speel net op astro en speel teen skole waarteen hul nog nooit vantevore teen gespeel het nie. Al die meisiespanne het tot dusver skitterend gevaar met uitsondering van Bellville se 0/18B dogterspan wat tot dusver saam met die premierspan top 3 in die liga lê. Bellville lewer hierdie jaar 14 WP dog-Bellville lewer hierdie jaar 14 WP dog-Bellville lewer hierdie jaar 14 WP dog-Bellville lewer hierdie jaar 14 WP dog-ters op ters op ters op ters op Lindi Anker - WP 0/18A Nicola Olivier - WP 0/18A Elmari Verwey - WP 0/18B Angelique Truter - WP 0/18B Jean-Mari Morren - WP 0/18 Sone Minnette Gous - WP 0/18 Sone Genevee Drake - WP 0/18 Sone Chanelle van Wyk - WP 0/18 Sone Rozanne Compion - WP 0/16A Elri v/d Westhuizen - WP 0/16 Sone Mieke Nagel - WP 0/16 Sone Marilana v Deventer - WP 0/16 Sone Anke Marais - WP 0/14 Melissa Trautman - WP 0/14 In die 3de kwartaal bly daar nog net

    4-liga wedstryde oor vir die meisies,

    julle ondersteuning word opreg

    waardeer.

    Die rugbyseisoen begin reeds op 16 Maart waar die O/19A-span deel-neem aan Boland Landbouskool se Rugbydag.

    Op 20 & 21 Maart neem die O/14A-span, die O/15A-span, O/16B-span en die O/19A-span deel aan Hoër-skool Brackenfell se sportdag. Die O/16’s reis na Hermanus waar hulle aan ‘n toernooi deelneem.

    Tydens die Aprilvakansie onderneem die volgende spanne toere:

    • Die O/14’s gaan na Riversdal waar hulle speel teen Hoërskool Windhoek, Hoërskool Sentraal (Bloemfontein) en Oakdale (Riversdal).

    • Die O/15’s gaan na George waar hulle speel teen Garsfontein (Gauteng), Rustenburg en Dia-mantveld (Kimberley).

    • O/19’s reis ook na Riversdal waar hulle speel teen Oudtshoorn, Upington en Stellenbosch.

    Die tweede kwartaal skop af met die Hoërskool Bellville Sportdag vir Laer- en Hoërskole op 12 & 13 April waar al ons spanne teen Brackenfell speel.

    Wedstryde teen Worcester Gim-nasium, Tygerberg, Bishops, Swart-land, Durbanville, Milnerton, HTS Bellville en De Kuilen volg.

    In die derde kwartaal word wedstryde gespeel teen Stellenberg (tuis), Mon-ument Park (weg), Strand (weg), DF Malan - Interskole (weg) en Primrose RFC (tuis).

    Baie geluk aan Ryan MullerRyan MullerRyan MullerRyan Muller wat ver-kies is tot die WP 0/16-span wat ge-durende die Junievakansie gaan deelneem aan die Grant Khomo Week wat deur die Valke Rugbyunie aangebied sal word.

    Ons herinner u aan die prysuitdelings-funksie wat op 30 Augustus plaas-vind .

    Baie dankie vir elkeen se ondersteun-

    ing tot dusver!!!

  • BLADSY 55 VOLUME 2, UITGAWE 02/13

    Die landlopers is goed op dreef na die liga’s tydens die kwartaal. Daar was altesaam 6 liga’s waaraan ons atlete deelgeneem het waarvan een hier by ons skool gehou was.

    Zani Kruger behaal sover vyf 1ste plekke en Mario Jantjies vier 2de plekke, een 3de plek en ‘n 1ste plek. Inge Engelbrecht O/15 vaar uitstekend en behaal drie 4de plekke en een 3de plek.

    Die volgende atlete is almal goed op pad om vir die Noordsone span te kwalifiseer; 0/14 Eugene Fouche, Nico Olivier, Corne Grobbler en Liza Maas. O/15 Inge Engelbrecht en Ilani Grobler. O/16 Giovanni Tait, Wilmi Agenbag en Christine Smit. O/17 Zani Kruger O/19 Mario Jantjies, Bertram van der Westhuizen, Neil Lesch en Anushka Jantjies.

    Indien hierdie atlete in die Noordsone span opgeneem word sal hulle aan die WP-Kampioenskappe gaan deelneem en staan dus ‘n kans om die WP-span te haal.

    Hoërskool Bellville se gholfspanne neem deel in die WP se Noordelike Sone. Die A-span het reeds wedstryde gespeel teen Edgemead, Brackenfell en Stellenberg. Wedstryde teen Fair-mont, Tygerberg, SAGDB en DF Malan sal volg.

    Die B-span het reeds wedstryde teen Brackenfell, De Kuilen, HTS Bellville en Curro voltooi. In die derde kwartaal sal hulle nog speel teen Strand, Durban-ville, Stellenberg, HHH, Atlantis, Jan Kriel en Monument Park.

    Baie geluk aan Zilke BalZilke BalZilke BalZilke Bal wat verkies is tot die Boland Junior Damespan. Sy neem van 23-25 Junie deel aan die “Nomads SA Girls Championships 2013” by Orkney Gholf Klub. Hoër-skool Bellville wens jou sterkte toe!!!

    Ons het hierdie kwartaal uitstekend

    gevaar deur al ons wedstryde te wen!!

    Ons is baie dankbaar dat ons vanjaar

    2 spanne het wat aan die liga-

    wedstryde kan deelneem. Baie dankie

    aan die rekord-getal spelers wat so

    getrou die professionele afrigting

    bywoon! Ons sien uit na die derde

    kwartaal se wedstryde!!!

    Hoërskool Bellville het aan die begin van die kwartaal vir die eerste keer ‘n Atletiek- en Tennisprysuitdelingsfunk-sie aangebied. Tydens hierdie ge-leentheid is sertifikate aan verdienste-like spelers oorhandig, sowel as medaljes aan die Tweede dogterspan wat die WP-ligawenners in hul afdeling is. Die aand was ‘n groot sukses. Privaat-tennisafrigting is gedurende die

    kwartaal op ons bane aangebied. ‘n

    Groep van 10 spelers het van hierdie

    geleentheid gebruik gemaak.

    Daar is sambrele met die skoolwapen op te koop @ R150 elk.

    Die Netbalseisoen het afgeskop met die Bellville Sportdag op 13 April toe 74 netbalspanne aan hierdie toernooi deelgeneem het. Die liga-wedstryde het die volgende week begin. Op hierdie stadium is die volgende spanne onoorwonne in die W.P. liga-kompetisie : O/16 A + B; O/16 D; O/15 B; O/14 C O/14 D. Die volgende spanne het elk net EEN liga-wedstryd verloor: O/16 C; O/15 A; O/14 A. Ons is baie trots op al ons speelsters wat die W.P.-spanne gehaal het. Naamlik: O/14O/14O/14O/14 – Talana Fourie Mieke Alberts Micayla Szebelledi O/15O/15O/15O/15 – Janika de Beer O/16O/16O/16O/16 – Melissa Franken Mieke Rogotta O/17O/17O/17O/17 – Janika Kroon O/18O/18O/18O/18 – Anelle Claassen Vicky Brand Bogenoemde speelsters neem op 21-22 Junie aan ‘n interstreekstoer-nooi op Worcester deel. Baie geluk aan elkeen!! Ons is ook bevoorreg dat Ané MaraisAné MaraisAné MaraisAné Marais vir die Wes – Kaap O/18 – span ge-kies is, wat gedurende die vakansie aan die S.A. toernooi in Margate deelneen. Baie geluk aan haar. Ons vertrou dat al al bogenoemde speelsters die toernooie sal geniet. Daar sal van die eerste oefening in die 3de kwartaal baie hard geoefen moet word, want daar lê nog moeilike wedstryde voor en ook Interskole op 17 Augustus 2013.

  • BLADSY 66 HOËRSKOOL BELLVILLE

    Ons het hierdie kwartaal ons jaar-likse Jesusweek gehad. Die tema was Geloof, Hoop en Liefde. Ver-skillende sprekers het die week baie besonders gemaak. Ons het die week afgesluit met ‘n gesamentlike WOW-geleentheid vir omliggende skole by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch waar meer as 1000 leerders die ge-leentheid bygewoon het. Ons skool het die geleentheid oorhoofs ge-reël. Elkeen van die leerders wat die geleentheid bygewoon het, was oorstelp van vreugde dat so iets nog moontlik was. Die daaropvol-gende Vrydag het ons saam met Straatwerk in Kaapstad uitgereik. Wat ‘n besonderse geleentheid… en ook nie die laaste een hierdie jaar daarheen nie.

    Die volgende geleentheid was die Worshipkamp by Wellington wat deur Artisan aangebied is. Tans is ons besig met oudisies vir “Bellville Got Talent” wat volgende kwartaal sal plaasvind. Ons het ook ‘n Paarl-bergstaptog op die 17 Junie tydens die eksamen.

    Met die kringe gaan dit baie goed

    en ons prys die Here vir die

    getrouheid van ons kringleiers. In

    die saal kon ons ook besonderse

    groepe soos die Victory Gap Year-

    span, Straatwerk van Kaapstad,

    Timothey Jeugspan, Gideons en

    baie van ons omliggende predikan-

    te verwelkom. Reggie Dabbs van

    Miami, Amerika besoek ons weer

    volgende kwartaal. Prys die Here

    vir Sy getrouheid en voorsienigheid

    in alle omstandighede.

    Die tweede kwartaal het afgeskop met Roosevelt High School (RHS) se jaar-likse besoek aan Suid-Afrika. Verskeie na-skoolse aktiwiteite met ons ska-kelskool, Isilimela Comprehensive School (ICS) in Langa het in hierdie twee weke plaasgevind asook een van die hoogtepunte van hulle besoek, ons naweekkamp met al drie skole by Melkbos Oppisee. Die Roosevelt leer-ders is deur Bellville gesinne gehuisves en het ook tyd in die klasse deurge-bring. Die gereelde Woensdag-middag verga-derings vir HSB het ook tydens die res van die kwartaal plaasgevind. Hierdie kwartaal word dan afgesluit met ons “Minutes for Mandela”-projek wat HSB en ICS saam by ‘n kinderhuis in Langa gaan aanpak.

    Daar is inskrywings gedoen vir die Tygerberg Internasionale Eisteddfod en ook die eksterne musiekeksamens soos Unisa en ABRSM (die nuwe naam vir Royal Schools). Marguerite Fouche het ‘n Hennie

    Joubert Merieteprys ontvang vir haar

    uitstaande prestasie in die graad 3

    Musiekteorie-eksamen – 100%. An-

    nerike du Plessis is gekeur vir die Con-

    certofees van Hugo Lambrechts. Sy

    speel in Augustus saam met die sim-

    fonie-orkes. Sy gaan in Junie ook aan

    die Musiekkompetisie in Grahamstad

    deelneem.

    Hierdie kwartaal het die debat-teerders 'n storm losgepraat en die Hoërskool Bellville baie trots gemaak. 6 Spanne het deelge-neem aan die ATKV-debat en drie spanne is gekies om aan die semi-finale rondtes deel te neem. Twee van ons seniorspanne en een juniorspan het die Hoërskool Bellville by die semi-finaal ver-teenwoordig. Nicolette van Schalkwyk en Marelize du Plessis as die een en Inneke Brand en Herne Rautenbach as die ander seniorspan. Die juniorspan bestaan uit Annerike du Plessis, Emile Opperman en Nicolas Bosman. Almal het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Twee spanne het ook aan die jaarlikse Dink-of-Sink debat by die Hoërskool DF Malan deelge-neem. Ons seniorspan (Jean-Mari du Plessis, Retha van Zyl en Vicki-Lee Willemse) en ons junior-span (Marko Fivas, Emile Opper-man en Nicolas Bosman) het beide twee van hulle debatses-sies gewen. Retha van Zyl, Jean-Mari du Plessis, Marko Fivaz en Emile Opperman het pryse losgeslaan as beste spreker in hulle onderskeie debatsessies. Dit was voorwaar 'n opwindende

    en suksesvolle kwartaal en ons

    sien baie daarna uit om in die

    derde kwartaal DF Malan te laat

    les opsê by die interskole debat.

    SapiensSapiensSapiensSapiens vier vanjaar sy 50ste verjaardag. Op 24 Mei het Wicus Pretorius, adjunk-redakteur van HuisgenootHuisgenootHuisgenootHuisgenoot en oudleerder van die skool, die skool besoek as deel van Sapiens Sapiens Sapiens Sapiens se verjaardag.