klofie klets - hoërskool waterkloof · genooi om aan die olimpiade se tweede rondte deel te neem....

21
KLOFIEKLETS UITGAWE 10 VAN 2020

Upload: others

Post on 21-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

KLOFIEKLETS

SAS UITGAWE 10 VAN 2020

Page 2: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

‘n Hartlike goeiedag uit die hartskamer van Klofieland!

So kom ons aan die einde van die eerste kwartaal…’n ongelooflike eerste kwartaal. ‘n Welverdiende

vakansie lê vir die personeel en die leerders voor. Baie dankie vir een en elkeen se harde werk en opoffering

hierdie afgelope kwartaal. Hierdie blou golf het 2020 ingestorm en beloof om net nog verder te rol! Die

Klofies het beïndruk sover as wat hulle gegaan het en is op almal se lippe.

In die lig van die aankondiging deur President Cyril Ramaphosa, het die skool Dinsdag, 17 Maart gesluit.

ALLE sporttoere en -geleenthede en kultuuraktiwiteite wat die komende vakansie sowel as gedurende die

tweede kwartaal sou plaasvind, is gekanselleer of tot verdere kennisgewing uitgestel. Sien die persverklaring

wat deur die skool uitgereik is verderaan in die Klets.

Baie geluk aan die Matriekgroep van 2019 wat, na die uitslae van die hernasien bekendgemaak is, spog met

nog ‘n verdere 14 onderskeidings. Daar is egter nog heelwat hernasienuitslae uitstaande.

Baie dankie aan almal betrokke by aktiwiteite wat gedurende die afgelope week plaasgevind het. Baie geluk

met puik prestasies en ongelooflike gees!

Baie geluk aan elke hokkie-, netbal- en rugbyspeler wat die afgelope naweek KloofGEES gewys het. Die

blou bloed van trots het deur my are gebruis!

‘n Geseënde vakansie word u toegewens en onthou om na die sterre saam met u familie te kyk!

Mnr. C.H. Denysschen

[email protected] 012 347-0277

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Goeie dinge is op ons almal se pad … moenie ophou om te stap nie.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Page 3: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

KLOOF: KOMMUNIKASIE RAKENDE KORONAVIRUS

Page 4: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots
Page 5: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots
Page 6: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

SOSIALE MEDIA PLATFORMS

NEEM KENNIS!!

Na afloop van Woensdag, 11 Maart se kuberaanval op ons skool, het Hoërskool Waterkloof ‘n saak by die SAPD

oopgemaak en die skool wag vir ‘n 205-dagvaardiging van die SAPD af.

Daar is tans verskeie buitemaatskappye, in samewerking met die SAPD, besig om die saak te ondersoek en die

skuldiges vas te trek. Ons hou u op hoogte.

Page 7: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

AKADEMIE

MATRIEKUITSLAE 2019 (ná hernasiene)

Na die hernasienuitslae is dit vir ons aangenaam om aan te kondig dat Hoërskool Waterkloof ‘n verdere 14

onderskeidings ryker is. Daar is egter heelwat hernasienuitslae nog uitstaande.

Baie geluk, Matrieks 2019! En baie geluk aan die matriekpersoneel!

EKSAMENUITSLAE: 2019 (na hernasiene)

SAMEVATTING

• Aantal kandidate wat eksamen geskryf het: 343

• Aantal wat slaag: 343

• Aantal onderskeidings(Alpha Wiskunde ingesluit): 754

• Aantal kandidate met toelating tot graadstudies: 321

• Persentasie toelating tot graadstudies: 93,58%

• Matriekklas 2019 gemiddeld: 70,15%

• Aantal B-simbole: 650

• Onderskeidings per leerder: 2,15

• Kandidate met 7 of meer onderskeidings: 18

• Skool met TWEEDE meeste universiteitstoelatingskandidate

• Aangewys as die nommer TWEE skool in Gauteng

• 100% slaagsyfer vir die 30ste opeenvolgende jaar.

• Sedert 2008 nege keer as Top Akademiese Skool in Gauteng aangewys.

TOPPRESTEERDERS VOLGENS AANTAL ONDERSKEIDINGS

9 ONDERSKEIDINGS 2019 Alpha Totaal

1 Verhoef Jo-Ané 8 1 9

8 ONDERSKEIDINGS 2019 Alpha Totaal

1 Schouwstra Marjon Lucille 7 1 8

2 Barnard Bjorn 7 1 8

3 Durr Tanzin 7 1 8

4 Marais Nicolaas Francois 8 8

5 Millard Tiaan Pieter 7 1 8

6 Van der Horst Tertius Jacques 7 1 8

7 Visagie Ruhan 7 1 8

Page 8: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

7 ONDERSKEIDINGS 2019 Alpha Totaal

1 Engelbrecht Edrich Theodor 6 1 7

2 Steynberg Elizabeth 6 1 7

3 Botha Christiaan Johannes 6 1 7

4 Swart Dané Adri 6 1 7

5 Swarts Lia 6 1 7

6 Carsten Lise Mari 7 7

7 Goosen Leoné 7 7

8 Swanepoel Wiehan 7 7

9 Terblanche Elzaan Shani 7 7

10 Van Dyk Shenka 7 7

6 ONDERSKEIDINGS 2019 Alpha Totaal

1 Jansen van Vuuren Ané 6 6

2 Dalton Nico Thomas 5 1 6

3 Du Randt Jean Vincenzo 5 1 6

4 Els Jolien 6 6

5 Johnson Robert Andrew 5 1 6

6 Ras Marize 5 1 6

7 Robinson Megan 5 1 6

8 Schmidt Megan Jane 6 6

9 Tukker Ruben 5 1 6

10 Van Tubbergh Markus 5 1 6

11 De Villiers Suzaan 6 6

12 Dreeckmeier Jana 6 6

13 Du Plessis Jean-Luc 6 6

14 Du Toit Jacobus Christiaan Faure 6 6

15 Erasmus Daniel Francois 6 6

16 Erlank Dawid Ruan 6 6

17 Vallun Kelly Naomi 6 6

STUDIEHULP TYDENS VERLENGDE SKOOLURE

NEEM ASSEBLIEF KENNIS!!

Op die D6-kommunikeerder is verskeie alternatiewe bronne

aangedui wat leerders kan help om hulle skoolwerk op

datum te hou. Gaan kyk onder NUUS, sowel as BRONNE.

Page 9: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

KLOFIE GEKIES VIR IPhO

Cassie Pelser, ‘n graad 12-leerder, is vir die Wetenskapolimpiadespan wat Suid-Afrika in Julie in Luthuania in Rusland

gaan verteenwoordig, gekies. Die span bestaan uit die vyf leerders wat die hoogste punte vir Fisika in die land behaal

het

Zoë Malan, ‘n graad 12-leerder, is nommer ses in die land en is die eerste reserwe vir die span indien een van die lede

nie kan gaan nie.

Baie geluk aan hierdie twee Klofies, ons is so trots op julle!

HERNASIENUITSLAE VAN NSS-EKSAMEN 2019

Cassie Pelser

Zoë Malan

Die hernasienuitslae van die NSS-eksamen van 2019 is by die skool beskikbaar en kan tydens skoolure afgehaal

word.

Page 10: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

RTT/CAT NASIONALE AANLYN REKENAAR OLIMPIADE

Hoërskool Waterkloof het 15 matriekleerders ingeskryf om aan die eerste rondte van die Nasionale

Rekenaartoepassingstegnologie Olimpiade Elite-afdeling vir 2020 deel te neem. Die Olimpiade is op Donderdag,

5 Maart aanlyn geskryf en bestaan uit 'n reeks uitdagende probleme wat met behulp van rekenaarkennis en integrasie

tussen programme opgelos moes word.

Landswyd het daar 1304 graad 12-leerders aan die Olimpiade deelgeneem en slegs 'n handjievol matrieks is uiteindelik

genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf.

Hoërskool Waterkloof is besonder trots om aan te kondig dat nege leerders van ons skool vir die volgende rondte van

die kompetisie gekies is. Dit is die eerste jaar wat ons so baie leerders het wat na die tweede rondte deurgedring het.

Baie geluk aan hierdie leerders! Kloof is trots op julle!

Klofies wat deurdring na die tweede rondte is van links na regs (interne plekke behaal is in hakies):

Rohan Laubscher, Suné van Zyl, Luzaan de Graaff, Juwan Jordaan, Noé van Hanxleden Houwert, Riaan van

der Walt (derde plek), Justine Barwise (eerste plek), Megan Harmse en Sherika van Dyk (tweede plek –

afwesig)

Page 11: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

SPORT

SEUNSHOKKIE: UITSLAE o. 16-NORTHERNS BEKER

: Hier is die uitslae van die o.16-Northerns Beker wat Vrydag 13 Maart tot Sondag 15 Maart plaasgevind het:

Span Afrigter Wedstryd Klofies Opponent Wen /

Verloor

o. 16A Dean Lamprecht Poelwedstryd 1:

Southdowns College 5 0 Wen

Poelwedstryd 2:

Midstream College 0 0 Gelykop

Kwartfinaal:

St. Alban’s College 2 1 Wen

Halffinaal:

Die Hoërskool Menlopark 3 0 Verloor

Uitspele posisie 3 - 4:

Hoërskool Garsfontein 3 1 Verloor

Die o. 16-span eindig algeheel vierde in die toernooi.

SEUNSHOKKIE: UITSLAE o. 19-NORTHERNS BEKER

: Hier is die uitslae van die o.19-Northerns Beker wat Vrydag 13 Maart tot Sondag 15 Maart plaasgevind het:

Span Afrigter Wedstryd Klofies Opponent Wen /

Verloor

Eerstespan Mark Lamprecht Poelwedstryd 1:

Sutherland College 5 0 Wen

Poelwedstryd 2:

Midstream College 10 0 Wen

Kwartfinaal:

Hoërskool Garsfontein 0 6 Verloor

Uitspele 5 – 8:

Midstream College 2 1 Wen

Gelykop 0 elk. Wen

met shoot outs

Uitspele 5 – 6:

Cornwall Hill College 3 2 Wen

Die o. 19-span eindig algeheel vyfde in die toernooi.

Page 12: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

DOGTERSHOKKIE: UITSLAE vs ST, MARY’S WAVERLEY

: Hier is die uitslae van die dogtershokkie wat Saterdag, 14 Maart teen St. Marys’ Waverley plaasgevind het:

Span Afrigter Klofies Opponent Wen/

Verloor

o. 14A Izelle Prinsloo en Polite Setlobobo

0 0 G

o. 14B Liza Meyer 0 0 G

o. 14C Claudia Tredoux 1 0 W

o. 15A Micaela Roos en Jeanie Pienaar

0 1 V

o. 15B Anya Dippenaar 2 0 W

o. 15C Salome Marran 0 4 V

o. 16A Mark Lamprecht 3 2 W

o. 16B Shevaun Ströh 1 0 W

o. 16C Jean-Leigh du Toit 0 3 V

Derdespan Tharina van Aarde 1 0 W

Tweedespan Anita Schmidt 0 1 V

Eerstespan Omari Pienaar Geyer en Jeanie Pienaar

1 3 V

NETBAL: UITSLAE vs HELPMEKAAR KOLLEGE

: Hier is die uitslae van die netbal wat Saterdag, 14 Maart teen Helpmekaar Kollege plaasgevind het:

Span Afrigter Klofies Opponent Wen/

Verloor

o. 19A Doretha Hattingh 28 19 W

o. 19B Bernike van Dyk 32 11 W

o. 17A Japie Claassens 26 14 W

o. 17B Janté Beukes 6 28 V

o. 16A Heike Kotze 27 25 W

o. 16B Chantelle Swart 24 24 G

o. 16C Sumari Hall 10 39 V

o. 15A Pienke Mhlanga 13 31 V

o. 15B Gerda Moulder 27 20 W

o. 15C Chezelle Probst 6 23 V

o. 14A Anneri Stoop 19 25 V

o. 14B Imke van der Merwe 14 32 V

o. 14C Kyra Smit 24 18 W

o. 14D Kyra Smit 14 18 V

Page 13: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

RUGBY: UITSLAE AFGRI PRESITGE-DAG

: Hier is die uitslae van die rugby wat Saterdag, 14 Maart tydens die Afgri Prestige-dag op Loftus Versveld plaasgevind

het:

Span Afrigter Klofies Opponent Opponente-

telling Wen/

Verloor

Eerstespan Cobus van Dyk Renier de Villiers

7 Hoërskool Outeniqua 38 V

Tweedespan Rigardt Roos Theo Pienaar

5 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 36 V

Derdespan Armand Bezuidenhout 5 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 34 V

Vierdespan Jaco van Wyk 5 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 19 V

o. 16A Leon Coetzer Marthinus Stoop

26 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 27 V

o. 16B Leon Coetzer Marthinus Stoop

17 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 5 W

o. 15A Jan Mollentze SJ Naudé

24 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 0 W

o. 15B Jan Mollentze SJ Naudé

12 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 17 V

o. 14A Muller van der Nest Neels de Klerk

15 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 14 W

o. 14B Muller van der Nest Neels de Klerk

14 Hoërskool Dr. E.G. Jansen 7 W

o. 14C Paul van Jaarsveld Wihan Delafield

51 Hoërskool Garsfontein 0 W

GHOLF

: Reagan Kraft en Michael Ferreira na ‘n goeie wen.

Hoërskool Waterkloof wen teen Midstream College 1 tydens die Voorsitterstrofee.

Page 14: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

KLEINSPORT NUUSFLITSE SkolIerrugbyskeidsregterprogram:

Die skolierrugbyskeidsregterprogram vir 2020 is besig om vinnig momentum te kry. Indien daar nog leerders is wat in hierdie kursus sou belangstel, kan name na mnr Muller van der Nest op 0827795352

of [email protected] gestuur word.

Rolbal:

Rolbal se oefening vind op Woensdae vanaf 15:00 tot 16:30 by Wingate Buiteklub plaas.

Vir meer inligting kan me. Marinda Behr by [email protected] gekontak word.

Tafeltennis:

Vir meer inligting rakende tafeltennis kontak gerus die organiseerder me. Simoné Botes by

[email protected].

Boogskiet:

Hoërskool Waterkloof resorteer onder Archers Edge Klub. Ons kompetisiegetalle groei en daar is reeds 27 leerders

wat geregistreer het. Die span oefen op Maandae vanaf 15:00 by Archers Edge. Ons gee ook graag vir u die nommer van die eienaar van Archers Edge, mnr Redge Grant (082 378 0539). Hy sal u

met enige vrae rakende toerusting en oefentye by die klub en winkel kan bystaan.

Hoërskool Waterkoof se organiseerder, mnr Jaco Labuschagne, kan ook enige tyd vir navrae by

[email protected] gekontak word.

Swem:

Vir meer inligting rakende oefentye en vervoer kontak gerus vir me. Imke van der Merwe by

[email protected].

Perdry:

Me. Ina Davis is die skool se organiseerder en kan by [email protected] vir meer inligting gekontak word.

Bergfiets:

Hoërskool Waterkloof gebruik vir die 2020-seisoen die dienste van die COACHONE Bergfiets Afrigtingspan en glo dit

gaan ‘n langtermyn- vennootskap word.

Vir enige navrae kontak gerus vir mnr FJ Brand by [email protected].

Skaak:

Me. Judy-Marie Steenkamp is die organiseerder wat seker maak dat Hoërskool Waterkloof die Top skaakskool in

Suid-Afrika bly. Die oefeninge vind in die nuwe skaaklokaal aan die tennisbane se kant plaas en ons vertrou dat meer

leerders aan skaak, as sportsoort, sal deelneem.

Vir meer inligting omtrent skaak en oor hoe om betrokke te raak kontak gerus vir Judy-Marie by

[email protected].

Hengel:

Vir meer inligting kontak gerus die hengelorganiseerder, me. Vanessa van Jaarsveld by

[email protected].

Gholf:

Vir meer inligting oor hoe om by Hoërskool Waterkloof se gholf betrokke te raak, oefeninge en kostes kontak gerus

die organiseerder, me. Christine Hare by [email protected].

Page 15: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

ALGEMEEN

KLOFIE PERSONEELLID IN HUWELIK BEVESTIG

Me. Heike Heydenrych, Kloof se Snoepiebestuurder, is op 14 Maart in die huwelik bevestig. Sy sal voortaan as me.

Heike Ellis bekend staan.

Baie geluk, me. Ellis!

GRAAD 9-VAKKEUSE-AAND UITGESTEL

NEEM KENNIS!! Die graad 9-Vakkeuse-aand en die graad 9-Tegniese Vakaand is onbepaald uitgestel. Nuwe

datums sal in die tweede kwartaal bekendgemaak word.

Page 16: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

Die Bestuur- en Uitvoerende Komitee van Hoërskool Waterkloof het besluit om die blou skoollangbroek uit te faseer

en eerder die grys langbroek, wat algemeen by klerehandelaars beskikbaar is, as deel van die seuns se skooldrag in

te sluit. Die blou langbroek se materiaal word van oorsee af ingevoer en is onbetaalbaar duur. Die uitfasering gaan

oor ‘n tydperk van een jaar plaasvind. Teen 2021 moet AL die seuns die grys langbroek dra. Die grys langbroek gaan

ook beter saam met die skool se kortbroek vertoon.

Die klereverskaffers is van hierdie verandering in kennis gestel. Ouers moet asseblief nie meer die blou langbroek

aankoop nie.

Daar word elke Dinsdagmiddag vanaf 14:00 tot 15:00 handskrifklasse vir leerders wat sukkel om leesbaar te skryf,

aangebied. Dit is gratis en vind in K42 plaas. Leerders wat belangstel moet asseblief ‘n brief vir hul ouers by mev.

Lorita van der Westhuizen in K42 afhaal, selfs al is hulle by sport betrokke.

UITFASERING VAN SEUNSLANGBROEK

HANDSKRIFKLASSE

Hoërskool Waterkloof beskik oor Artikel 18 A-status. Dit beteken enige gewaardeerde borg/donasie wat aan die

skool geskenk word, is belastingaftrekbaar vir u besigheid.

Sodra die skool die borg/donasie ontvang, reik ons die sertifikaat uit.

FINANSIES: BORGE EN DONASIES

Page 17: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

Jy het hier as ‘n Druppel ingestap en na vyf jaar as Jong Volwassene jou laaste treë by Hoërskool Waterkloof gegee. Stap van vandag af nog ‘n paar treë saam met jou alma mater en help om Hoërskool Waterkloof dié wêreldklasskool te maak wat die leiding in opvoedende onderwys neem.

WaterkloofAlumni strewe daarna om oud-Klofies in voeling met Hoërskool Waterkloof te hou en die geleentheid aan oud-Klofies te bied om in kontak met mekaar te bly. Ons hou julle op hoogte van nuus van die skool en skep geleenthede waar oud-Klofies sosiaal met mekaar kan verkeer. Ons maak ook van julle vaardighede en kundigheid gebruik óf gee julle die geleentheid om dit met ander te deel.

Raak betrokke by Kloof!! Ons het julle almal nodig in ons strewe daarna om toonaangewend, toekomsgerig die toekoms in te gaan en van Hoërskool Waterkloof 'n wêreldklasskool te maak.

Ons sien uit om 'n pad saam met julle te stap. Registreer by die onderstaande skakel om so ‘n bydrae te maak tot die Klofie Fonds. Die doel van Klofie Fonds is om fondse te in vir Hoërskool Waterkloof en die fondse sal op meriete as volg aangewend word nadat aansoek gedoen is vir fondse:

• opbou van oud-Klofie struktuur (kommunikasie en netwerke)

• opbou van lokaal vir reünies

• opgradering en instandhouding van Alumnikamer

• spesiale projekte waaraan WaterkloofAlumni gekoppel sal word

• bemarking van die skool

• om enige behoeftige leerder van Hoërskool Waterkloof op onderskeidelik akademiese gebied, kultuur-, sport- en leierskapsgebied, te help en te ondersteun;

• opgradering van akademiese fasiliteite, sportfasiliteite en kultuurfasiliteite

https://docs.google.com/forms/d/1Z538393EmKfUYzYvgd2UadqSJjwpP999v9OymtgrZ1I/edit

WATERKLOOFALUMNI: REGISTRASIE

AANDAG ALLE OUD-KLOFIES!! Of jy nou ‘n oudleerder of -onderwyser is, gaan “Like” die oud-Klofies facebookblad en volg

die oud-Klofies op die oud-Klofies Instagramblad. Bly só in kontak met die Klofie-familie.

WATERKLOOFALUMNI: FACEBOOKBLAD EN INSTAGRAMBLAD

Page 18: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

* Februarie is die laaste maand wat die oorbelletjies teen R325 aangekoop

kan word. Van Maart af verhoog die prys na R350.

KLOFIE-OORBELLETJIES

KLOFIE-BOEKTAS

Die Klofie-boektas is nou by die Klofie-klerewinkel teen R600 (slegs kontant) beskikbaar.

Page 19: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

SPORTKLERE

Geagte ouers van Hoërskool Waterkloof,

Ons is al vir 18 maande besig met ‘n proses om ons sportdrag te hersien om te vernuwe. Na baie vergaderings en

voorleggings is daar op XCO as ons nuwe sportklereverskaffer besluit. Let wel dat die atletiekklere al verlede jaar

deur CHASESPORT voorsien is.

‘n Paar belangrike punte wat ons onder u aandag wil bring:

1. Wedstryddrag: Die meeste sportsoorte se kleredrag (seuns én dogters) lyk dieselfde. Die doel hiermee is om die aankope sover as moontlik ekonomies te maak. Dus, indien u kind netbal sowel as hokkie speel, word dieselfde wedstrydklere gedra. Dit geld ook vir al die ander sportsoorte tydens wedstryde.

2. Eerstespanklere lyk anders as die res van die spanne en sal voorsien word soos deur sportdirekteure gekommunikeer.

3. Skool sportdrag: a. Die LO-drag is ‘n gholfersnithemp asook ‘n kortbroek vir seuns en dogters. Dit is baie netjies en sal

ook as ‘n uitstappiehemp vir enige aktiwiteite gedra word. b. Die skoolsweetpak sal tydens praktiese LO-periodes asook by enige buitemuurse sportaktiwiteite

gedra word. Die baadjie kan ook as ‘n uitstappiebaadjie gedra word. 4. Rugbyklere: Rhino is ons nuwe rugbyklereverskaffer en borg. Die rugbyklere kan by die sportwinkel op die

skoolterrein aangekoop word. 5. Swemklere: Die nuwe swemklere word tans by die tweedehandse winkel verkoop en sal in die toekoms ook

op XCO se platform gekoop kan word.

Ons huidige sportwinkel het alreeds van verlede jaar af geen sportklere verkoop nie. LO-drag en sweetpakke is wel

verkoop. Ons beoog ‘n uitfaseringsperiode van 18 maande. U hoef glad nie onmiddellik die nuwe LO-drag én die

sweetpakke aan te koop nie. Skaf dit aan soos dit u sak pas.

Ons wil u wel vra om een pakkie sportdrag vir u seun of dogter aan te koop indien hulle aan enige sportsoort

gaan deelneem. Die wedstryddrag is prioriteit.

Hiermee dan ‘n opsomming van die beoogde tye wanneer die leerders in dié sportdrag gaan begin deelneem:

U KAN DUS VANAF WOENSDAG 19 FEBRUARIE BESTELLINGS PLAAS

AFLEWERINGS SAL SOOS VOLG PLAASVIND:

1. Einde Februarie: Hokkiewedstryddrag (hemp, romp, hotpant en lang, gestreepte kous)

Rugbyklere slegs by Sportwinkel op die skoolterrein beskikbaar

2. Middel Maart: Netbalwedstryddrag (hemp, romp, hotpant en kort, wit kous) 3. Einde Maart: Skoolsweetpakke (betyds vir winter). Sweetpakke sal oor 18 maande

uitfaseer word. 4. Vanaf tweede kwartaal: LO-drag sal dan beskikbaar wees. LO-drag sal oor 18 maande uitfaseer.

(Gholfhemp en kortbroek)

Page 20: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

DIE GOEIE NUUS IS KLOFIES HET NOU HULLE EIE AANLYNWINKEL!

WEDSTRYDDRAG EN SKOOLSPORTDRAG KAN AANLYN GEKOOP WORD.

Aankoopproses sal as volg werk:

1. U kind kan klere by die tweedehandse winkel op die skoolterrein vir die eerste aankope gaan aanpas. Daarna sal u weet watter grootte om te bestel.

2. Gaan dan voort met die aanlynbestel en -betaling. 3. Daar is ook verkillende afleweringsopsies beskikbaar.

Verskillende aankoopopsies:

Opsie 1: Bestel en betaal aanlyn. Daar sal ook drie verskillende afleweringsopsies verskyn: (EERSTE OPSIE)

• By u huis teen ekstra koste: R60.00

• By die skool (geen ekstra koste) Opsie 2: U kan self gaan koop by XCO (Route 21) se winkel. (ALTERNATIEWE OPSIE)

10% Ekstra sal op die aankope by die winkel self gehef word.

(BEPERKTE VOORRAAD WORD BY XCO AANGEHOU)

Aanlynbestelproses:

Stap 1: Gaan na ons nuwe webtuiste: www.klofies.co.za

Stap 2: Klik op Aanlyn-Klereaankope

Stap 3: Klik op die gekose sportsoort

Stap 4: Die korrekte skakel sal verskyn

Stap 5: Bestel en betaal vir die korrekte sportklere aanlyn

Enige verdere navrae kan gerig word aan: [email protected].

Page 21: KLOFIE KLETS - Hoërskool Waterkloof · genooi om aan die Olimpiade se tweede rondte deel te neem. Rondte twee word op 20 Mei 2020 geskryf. Hoërskool Waterkloof is besonder trots

KLOOF-GELOOF: GEBEDSTOEP