6/2021 - hoërskool menlopark

10
Wedlope word dikwels as meta- foor vir die lewe gebruik, maar anders as wedlope, word die lewensreis nie in afstand gemeet nie. Alhoewel ons lewens ʼn be- paalde tyd duur, is tyd óók nie ʼn geskikte maatstaf om die kwaliteit van ʼn lewe te bepaal nie. In ʼn wed- loop, behoort die goue medalje tog aan die atleet wat ʼn vasgestel- de afstand in die vinnigste tyd aflê en ʼn mens kan tereg wonder waarom die lewe dan dikwels met ʼn wedloop vergelyk word. Miskien is die gemene deler die strewe om die beste weergawe van onsself te wees — ʼn stelling wat deur die rekordboeke (en at- lete soos Bolt en Kie) beaam word. Op Menlo-bodem is ons leuse, Excelsa Petamus, die kompas wat ons optrede in die daaglikse handel en wandel rig. Hier word Menlo- parkers aangemoedig om die tyd uit te koop en die ekstra myl te loop. Die Insig bied weekliks ʼn skermgreep van Menloparkers wat hulle doelwitte vir ʼn bepaalde tyd bereik het, maar dit word terself- dertyd ʼn metafoor van AL die Par- kies wat daagliks klein oorwinnings behaal wanneer ʼn moeilike som skielik sin maak, of ʼn kunsprojek gestalte aanneem. In ʼn wedloop is daar een goue me- dalje, maar in die lewenswedloop is daar talle belonings langs die pad. Die soetste hiervan? Om saans te gaan slaap met dié wete: Ek het vandag my bes gedoen. Ouers word herinner aan die gebedsbyeenkoms wat Donderdae vanaf 07:30 tot 08:30 in die koshuis se sitkamer plaasvind. Navrae en gebeds- versoeke kan aan 082 579 4968 gestuur word. Skrif: Jesaja 28:26 & 29 "Sy God leer hom en gee hom die kennis hoe om alles te doen soos dit hoort. Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom af kom is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop." 30/3 Gr. 8: EBW; Gr. 9: SW (Gesk.); Gr. 10: Rek.; Gr. 11: RTT; Gr. 12: LW/IT 31/3 Gr. 11: Duits; Gr. 12: Gasvryheidstudies 1/4 Gr. 8: Eng.; Gr. 9: EBW; Gr. 10: IT/Toerisme; Gr. 11: Eko/Dra/Kuns; Gr. 12: Wiskunde 2/4 Goeie Vrydag 6/2021 @ by die te koop

Upload: others

Post on 14-Nov-2021

17 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 6/2021 - Hoërskool Menlopark

Wedlope word dikwels as meta-foor vir die lewe gebruik, maar anders as wedlope, word die lewensreis nie in afstand gemeet nie. Alhoewel ons lewens ʼn be-paalde tyd duur, is tyd óók nie ʼn geskikte maatstaf om die kwaliteit van ʼn lewe te bepaal nie. In ʼn wed-loop, behoort die goue medalje tog aan die atleet wat ʼn vasgestel-de afstand in die vinnigste tyd aflê en ʼn mens kan tereg wonder waarom die lewe dan dikwels met ʼn wedloop vergelyk word.

Miskien is die gemene deler die strewe om die beste weergawe van onsself te wees — ʼn stelling wat deur die rekordboeke (en at-lete soos Bolt en Kie) beaam word.

Op Menlo-bodem is ons leuse, Excelsa Petamus, die kompas wat ons optrede in die daaglikse handel en wandel rig. Hier word Menlo-parkers aangemoedig om die tyd uit te koop en die ekstra myl te loop. Die Insig bied weekliks ʼn skermgreep van Menloparkers wat hulle doelwitte vir ʼn bepaalde tyd bereik het, maar dit word terself-dertyd ʼn metafoor van AL die Par-kies wat daagliks klein oorwinnings behaal wanneer ʼn moeilike som skielik sin maak, of ʼn kunsprojek gestalte aanneem.

In ʼn wedloop is daar een goue me-dalje, maar in die lewenswedloop is daar talle belonings langs die pad. Die soetste hiervan? Om saans te gaan slaap met dié wete: Ek het vandag my bes gedoen.

Ouers word herinner aan die gebedsbyeenkoms wat Donderdae vanaf 07:30 tot 08:30 in die koshuis se sitkamer plaasvind. Navrae en gebeds-versoeke kan aan 082 579 4968 gestuur word.

Skrif: Jesaja 28:26 & 29

"Sy God leer hom en gee hom die kennis hoe om alles te doen soos dit hoort. Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom af kom is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop."

30/3 Gr. 8: EBW; Gr. 9: SW (Gesk.); Gr. 10: Rek.; Gr. 11: RTT; Gr. 12: LW/IT

31/3 Gr. 11: Duits; Gr. 12: Gasvryheidstudies

1/4 Gr. 8: Eng.; Gr. 9: EBW; Gr. 10: IT/Toerisme; Gr. 11: Eko/Dra/Kuns; Gr. 12: Wiskunde

2/4 Goeie Vrydag

6/2021

@ by die te koop

Page 2: 6/2021 - Hoërskool Menlopark

Opedag: Graad 7’s en ouers is welkom!

Dis eersdaags tyd vir een van die grootste hoogtepunte op die Menlo-kalender en die skool is in rep en roer om voorbereidings vir die opedag te tref. Ons sien daarna uit om die graad 7’s en hulle ouers vir ʼn blitskyk in die uitsonderlike Menlo-lewe by die skool te ontvang.

Die skool wil onderstreep dat alle opedagreëlings aan landswette onderhewig is. Dit beteken dat die opedag slegs virtueel sal plaasvind indien inperkingsmaatreëls ʼn stokkie voor ons planne steek. Alle graad 7’s en hulle ouers is welkom om die opedag by te woon, terwyl leerders in ander grade die gebeure op die skerm kan volg. Die skakel vir hierdie uitsending sal eersdaags via ʼn QR-kode beskikbaar wees.

Intussen word graad 7’s en hulle ouers versoek om die inligting op die advertensies deeglik te bestudeer, maar indien daar steeds onbeantwoorde vrae is, kan navrae aan [email protected] gerig word. Let asseblief daarop dat parkering op die terrein beskikbaar is. Die ouers beweeg dan na die pawiljoen en die graad 7’s versa-mel voor die krieketklubhuis vir ʼn insiggewende Menlo-belewenis. #SienJulleDaar

Page 3: 6/2021 - Hoërskool Menlopark
Page 4: 6/2021 - Hoërskool Menlopark

Graad 8

Tina Viljoen, Ryan Hill, Wilna Beetge, Cobus Nel, Elsjé Groenewald, Alexander Pakendorf, Ininke Human, Tiaan Serfontein, Alexa Beyers, Marelize van Baalen, Arielle Behr, Minette Tolmay, Nadine Gie, Melissa de Wet, Selmé Beetge, Jasper Smit, Jamian Freeman, Isabella van der Walt & Anemé Breytenbach.

Graad 9

Carli Dicks, Ruben van Biljon, Marike Louw, Cari Billman, Lelize van der Walt, Danielle Hogg, Lize Booysen, Daniël Pienaar, Monya van Zyl, Lente van Nieuwenhuizen, Viljee Smit, Ewald Meyer, Bianca Schmulian, Amoré Frazao, Carli van Wyk, Danielle de Wet, Kayleigh Rippel, Nadine Roux, Jan-Paul de Beer, Liezl van der Berg, Ernst Kromhout & Willem Sevenster.

Graad 10

Cari Bellingan, Reghardt van Biljon, Dannhauser van der Merwe, Mikal Venter & Regardt Grobler.

Graad 11

Joshua Welgemoed, Erika Minnaar, Ian Smith, Diehan van der Westhuizen, Amelie van der Merwe, Lané van Wyk, Celeste Jansen van Rensburg, Arno Meyer, Francois van der Walt, Chantelle Ferreira, Jeanne Craig, Leonard Davies, Beate du Plessis, Nicole Laubscher, Burnett Steyl & Francois Pienaar.

Graad 12

Benett Nel, Danie Schutte, Philip Morkel, Duan Weyers, Marnel Janse van Rensburg, Hanco Benade, Talia Behr, Annika Fechter, Iwan Lubbe & Carmen Schmulian.

Intussen het ʼn paar graad 10-leerders aan die Indonesian International Mathematics Competition (IIMC) deelgeneem. Hou hierdie spasie dop vir die uitslae.

Die leerders wat aan die IIMC deelgeneem het, is:

Cari Bellingan, Erasel Boer, Sheliza de Wet, Luca du Plessis, Kian du Toit, Kiara Geldenhuys, Regardt Grobler, Karlien Lambrechts, Antonie Pieterse, Milandri Schutte, Reghardt van Biljon, Dannhauser van der Merwe, Rulé van der Merwe, Jadyn van Jaarsveld, Mikal Venter en Luani Visser.

Olimpiese koors heers onder Parkie-wiskundiges

Dit is nie net in Japan waar Olimpiese koors hoog loop nie, maar hierdie verskynsel is ook op plaaslike bodem waargeneem waar die Parkie-wiskundiges onlangs hulle staal in die Wiskunde-olimpiade gewys het.

Dié swaargewigkompetisie meet weliswaar nie spierkrag nie, maar toets die soepelheid van die brein deur deelne-mers aan somme, wat nie vir sensitiewe kykers bedoel is nie, te onderwerp. Dis ʼn alombekende feit dat Parkies nie vir uitdagings terugdeins nie en die talle deelnemers wat vir die stryd aangetree het, het hierdie stelling weer-eens bo alle redelike twyfel bewys.

Net soos by die ware Jakob, bestaan die Wiskunde-olimpiade uit verskeie rondes en die Insig berig vandeesweek trots oor die talle Menloparkers wat die pyp in die eerste ronde gerook het.

Terselfdertyd hou ons duim vas dat hierdie klompie somfikse leerders die septer ook in die tweede ronde sal swaai. Baie geluk aan die deelnemers en onderwysers wat die pas in die Wiskundeklas aangee. #BlyKalmEnVindVirX.

Die volgende leerders sal in die tweede ronde in aksie wees:

Page 5: 6/2021 - Hoërskool Menlopark

Menlo-sjefs verdien hulle sterre

Volgens TimesLive, sal jy jou motor se Michelin-bande pap ry en nie ʼn enkele restaurant, wat met dié gesogte ster bekroon is, op plaaslike bodem vind nie. Die rede? Michelin se connoisseurs onderneem nie Afrika-safari’s nie. Die handjievol Suid-Afrikaanse sjefs wat met Miche-lin-sterre spog, het die gastronomiese prestasie op oor-sese bodem behaal.

ʼn Mens kan nie help om oor die wysheid van hierdie besluit te wonder nie, want Suid-Afrikaners is mos deeglik opgelei in die voorbereiding van fynproewerskos en dis veral ons vermoë om ʼn braaibroodjie te maak

wat wêreldwyd beïndruk. In Menlo se eie kombuis is die kreatiwiteit nie tot melktert en braaibroodjies beperk nie en moes die matrieks onlangs ʼn skemerkelkie in buf-fetstyl aanbied — wat ʼn mondvol! Me. Michelle Scholtz, die gesoute doyenne van Menlo-cuisine, het die aspi-rantsjefs onder haar vlerk geneem en die dertien peu-selhappies wat opgedis is, het sonder twyfel elke koslief-hebber se goedkeuring weggedra.

Michelin-sterre mag dalk skaars wees in Suid-Afrika, maar op Menlo-bodem, spog ons met ʼn hele paar sjefs wat met Michelle-sterre bekroon is.

Om beter te kan sien, my kind

Hoe gemaak as die onderwerp van bestudering so klein is dat dit nie met die blote oog sigbaar is nie? Jy trek ʼn Menlo-mikroskoop nader vir ʼn duidelike beeld! ʼn Groep toekomstige bioloë, op die oomblik nog bekend as Men-loparkers in graad 9, het hierdie raad vandeesweek ter harte geneem om plant– en dierselle van naderby te be-kyk. Volgens die leerders is selle óf prokarioties, óf eu-karioties. Die Insig kon nie daarin slaag om hierdie inlig-ting te verifieer nie, maar ons kan met sekerheid sê dat die selle op Menlo-bodem almal patrioties is!

Te oordeel aan die foto’s moet ʼn sel nie op sy baadjie getakseer word nie en bestaan ʼn ui uit heelwat meer lae as wat aanvanklik vermoed is. Op die oog af, is ʼn wang-sel ook nie juis ʼn opwindende onderwerp nie, maar op die keper beskou, is die graadneges nou kenners op die gebied van selle en ander (voorheen) onsigbaarhede. #KykHoeKykHyVirDieSel

Page 6: 6/2021 - Hoërskool Menlopark

Nog ’n Parkie op pad na Olimpiese proewe

Die Insig het verlede week berig dat Catherine van Rensburg en Zander Landman genooi is om hulle slag by die Olimpiese proewe te gaan wys. Die skool het intussen verneem dat hierdie eer ook vir Tayla Jonker te beurt geval het. Ons is absolut verheug hieroor en wens vir Tayla, Catherine en Zander voorspoed vir die proewe toe. Die skool staan bankvas agter julle!

Menlo-swem: ’n span met diepte

Menlo-swem het soveel diepte dat daar die afgelope tyd duike in die medaljetafels van verskeie byeenkomste gemaak is. Baie geluk aan al die Parkies wat gekwalifiseer het om eerskomende naweek aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskap (SANJ) deel te neem. Hulle is:

Genna Cloete, Zhaneardt Grahan, Tayla Jonker, Ennés Zietsman, Naidene Bouwer, Danelle Bosman, Antonie Pieterse, Daniëlle Webster, Dean de Clerck, Reinhardt de Jager, MJ Findlay, Jeandré Kleynhans, Keila Mathe, Ilme Taljaard, Catherine van Rensburg, Darno van der Merwe, Anje van Papendorp, Alexander Wehmeyer en Michal du Toit.

Menlo spog selfs met swemmers wat dit buite die veilige grense van die baantoue waag en hulle slag by die Suid-Afrikaanse Oopwaterswemkampioenskap gewys het. Baie geluk aan Alexander Wehmeyer, Catherine van Rensburg en Jeandre Kleynhans wat die skool by hierdie elite kampioenskap verteenwoordig het. Catherine het puik gevaar en die eerste plek in die 7.5 km-item verower, terwyl Jeandre met sy eerste plek in die 3 km-item, en die agtste plek in die 5 km- item, gewys het dat hy ʼn swemmer is om dop te hou.

BL-verkiesing suksesvol afgehandel

Die tonele wat Woensdagmiddag skuins voor 18:00 by die skool afgespeel het, het aan die hoogdrama herinner wat jaarliks by die Comrades-marathon plaasvind. Almal wat dié ultramarathon al op televisie gevolg het, kry koue rillings wanneer die gevreesde Comrades-beampte, met sy hand omhoog en sy rug op die atlete gekeer, laatmiddag gereed maak om die finale skoot af te vuur — ʼn skoot wat ʼn klompie atlete medaljeloos sal huis toe stuur. Die taak op Menlo-bodem was minder uitputtend, maar eweneens uitdagend: om op ʼn nat en koue dag, genoeg ouerstemme te kry vir ʼn kworum in die BL-verkiesing. Die Menlo-mense het die uitdaging ouderge-woonte met albei hande aangegryp en en masse opgedaag om hulle stemme uit te bring. Diegene wat teen ske-mer in die skool se rigting gekyk het, sou die vreugdevure hoog sien brand.

Elke stem is intussen getel en die skool maak graag die name van die BL bekend: mnr. Cobus Boshoff, mnr. Chris de Beer, dr. Japie de Wet, prof. Johan Hanekom, mnr. Francois le Roux, mnr. Neil Strydom, me. Elmeri Taljaard, mnr. Schalk van der Walt en mnr. Johan Venter.

Voorts wil die skool sy opregte waardering uitspreek teenoor elke ouer wat gehoor gegee het aan die wekroep om te stem. Elke stem maak ʼn verskil!

Page 7: 6/2021 - Hoërskool Menlopark

MEENTHUIS TE HUUR LYNNWOOD GARDENS

3 slaapkamers 2 badkamers 2 motorhuise (outomatiese deure) Nuwe kombuis Waskamer Sekuriteitskompleks Loopafstand van die skool Beskikbaar: 1 April Huur R15 000.00 pm Water ingesluit

Klerebank

Slegs per afspraak.

Kontak me. Lize Preston by

[email protected]

Menlo se Sportwinkel

Ma., Di., en Do.: 13:30 - 14:30

Wo. & Vr.: 07:00 - 08:00

Kontak mnr. Tinus Vermaak by

[email protected]

TUINWOONSTEL / STUDIO IN SEKURITEITSAREA TE HUUR

Oopplanvertrek met studeerarea & kombuishoek / Aparte badkamer / Loopafstand van die skool / Water en Wifi ingesluit / Onmiddellik beskikbaar / Huur: R3950 per maand

Slegs dames asb.

Kontak: Elca 082 575 1280

Page 8: 6/2021 - Hoërskool Menlopark

Volg gerus die skakel om te

registreer of stuur ʼn e-pos

na

[email protected].

Te huur in Pierre van Ryneveldpark

Tweeslaapkamerdupleks met volbadkamer en gastetoilet

Voorafbetaaldekragmeter

Kombuis met ruimte vir skottelgoedwasser en enkeldeuryskas

Waskamer met ruimte vir wasmasjien, tuimeldroër en ekstra ys-/vrieskas

Toesluitmotorhuis en een parkering

Geen troeteldiere nie

Deposito en maandelikse huurgeld: R7 500

Klein privaat tuin

Skakel: 076 884 2623

Page 9: 6/2021 - Hoërskool Menlopark
Page 10: 6/2021 - Hoërskool Menlopark