2-11 maart 2018 hoërskool program kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/hoerskool...

21
2-11 MAART 2018 HOËRSKOOL PROGRAM Kaartjies by Computicket | www.woordfees.co.za MEDIAVENNOOT: KINDERPROGRAM WOW-DEBATFEES So ’n bek moet jêm kry! Dis ons negende debatfees in die negen- tiende Woordfees-jaar! Debatvoerders van skole uit die Wes-en Oos-Kaap gaan kragte meet. Verlede jaar het Bellville Hoër die Harde Koejawel-afdeling (ervare spanne) gewen, Bloemhof die Ou Hande-afdeling (spanne met taamlike ervaring) en Atlantis Sekondêr die Nuwe Besems-kategorie (spanne met min ervar- ing). Die onderwerpe sluit by vanjaar se Woordfees-tema, 100%, aan. Ja-nee, by dié fees gaan leerders ongetwyfeld sommer lekker 100’e met hul woorde aanteken. Vir navrae, stuur ‘n epos aan [email protected]. 10 Maart 08:00 | 7 ure | Lettere en Sosiale Wetenskappe R400 per span (drie leerders en een opvoeder) Inskrywings sluit 31 Januarie 2018.

Upload: trinhdieu

Post on 03-Sep-2018

231 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

2-11 MAART 2018

HoëRskool PRoGRAM

kaartjies by Computicket | www.woordfees.co.za

MediAvennooT: kindeRPRoGRAM

WOW-DEBATFEESSo ’n bek moet jêm kry! Dis ons negende debatfees in die negen-tiende Woordfees-jaar! Debatvoerders van skole uit die Wes-en Oos-Kaap gaan kragte meet. Verlede jaar het Bellville Hoër die Harde Koejawel-afdeling (ervare spanne) gewen, Bloemhof die Ou Hande-afdeling (spanne met taamlike ervaring) en Atlantis Sekondêr die Nuwe Besems-kategorie (spanne met min ervar-ing). Die onderwerpe sluit by vanjaar se Woordfees-tema, 100%, aan. Ja-nee, by dié fees gaan leerders ongetwyfeld sommer lekker 100’e met hul woorde aanteken. Vir navrae, stuur ‘n epos aan [email protected].

10 Maart 08:00 | 7 ure | Lettere en Sosiale Wetenskappe R400 per span (drie leerders en een opvoeder) Inskrywings sluit 31 Januarie 2018.

Page 2: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

WOW-DAG VIR ONDERWYSERSKom ontmoet die skrywers. Sowat 200 onderwysers en finale-jaarstudente van UWK volg ’n dagprogram wat begin met ’n skrywersgesprek tussen WOW-studente en Marion Erskine (Vlerke vir almal) en Carin Krahtz en Jan Vermeulen, twee finaliste in die Sanlam-kompetisie vir jeugboeke. Simon Bruinders gesels oor sy nuwe boek, Die DJ, en John W. Fredericks, skrywer van Noem my Skollie, deel sy storie. Daarna tree ’n genooide kunstenaar op en volg ’n ligte ete. Uitgewers stal ook hul jongste jeugboeke en skool-ondersteunende materiaal uit.

3 Maart 09:30 | 3 ure | Bloekomhoek | Gratis

RSG RADIODRAMA-SLYPSKOOLIn samewerking met RSGLeerders word touwys gemaak in die skryf van radiodramas deur kundiges van RSG. Alle noodsaaklike komponente van ’n radio- drama word bespreek en deeglik deurgewerk, veral die tegniek van ’n teks skep vir radio. Leerders word ook aangemoedig om deel te neem aan die RSG-kompetisie vir radiodramaskrywers.

3 Maart 09:00 | 3 ure | Coetzenburg | Gratis, maar plek is beperk

Page 3: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

KINNESDEBUUT | DRAMAVervaardig deur Pedro Kruger vir Wordsmith’s Theatre Factory, ondersteun deur die Distell Stigting.Regie: Hennie van GreunenTeks: Chase Rhys (wenner van die Adam en Rosalie Small-toekenning) Met: Lee-Ann van Rooi, Dean-John Smith, Dustin Beck, Gretchen Ramsden, Shannon WilliamsAnwaar kry ’n taste van fame wanneer hy ’n gangster in ’n fliek speel, maar hoeveel daarvan is acting? En wat maak ’n mens as die fame opdroog? Nicole vaar goed op skool en wil ’n sukses van haar lewe maak, maar eerste liefde is ’n harde leermeester. Derick wil poetry skryf, want woorde maak sy kop stil, maar woorde betaal nie die bills nie. Mary kyk uit vir haar kind; hy’s immers al wat sy het. En wanneer hy ’n flatscreen koop en Vibracrete-mure om die huis laat sit, vra sy nie waar die geld vandaan kom nie. Rolanda wil ’n Cape Kardashian wees, haar flat iron in haar sak. Maar die Cape Flats is hard op drome en real life beteken jy moet doen wat jy kan om te survive.

2 Maart 10:00 | 3 Maart 13:00 | 4 Maart 20:30 | 5 Maart 10:0080 min | HB Thom-laboratorium | R120 | R140 by die deur

Page 4: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

WOW GRAFIESEKUNS-WERKWINKELIn samewerking met NB-UitgewersGraad 8- en 9-leerders wat belang stel in grafiese kuns ontmoet die wêreldbekende illustreerders Piet Grobler en Roger Mello, wat wenke gee oor hoe om te illustreer sodat lesers die boodskap snap. Tydens dié interaktiewe sessie word hul vaardighede geslyp en verborge talent ontsluit. Vir navrae, stuur ‘n e-pos aan [email protected].

8 Maart 14:00 | 2 ure | PJ Olivier-kunssentrum Gratis, maar plek is beperk

DIE BABA MET DIE BADWATERDEBUUT | KOMEDIE

Teks: Christopher Durang Regie: Henry Mylne Met: o.a. Lindie Stander en Kaz McFadden

Weet voornemende ouers werklik wat om te verwag as hulle verwag? Of het jy ‘n kroos en is jy soms bekommerd dat jy ‘n slegte ouer is? Dan is dié absurde komedie net die opvoering om jou vertroue in jou eie vermoëns te herstel. ‘n Paartjie kom tuis met hul pasgebore baba, onseker wat die kind se geslag is. Die onbevoegte, maar liefdevolle ouers besluit (verkeerdelik) dis ‘n dogtertjie en noem haar Daisy. Daarna kan dit nie slegter of snaakser gaan nie. ‘n Klassieke komedie wat die toets van tyd deurstaan het.

7 Maart 12:30 | 8 Maart 10:00 | 9 Maart 20:00 | 10 Maart 9:30 | 11 Maart 17:30 | 105 min | HB Thom-ouditorium | R100 - R140 | R120 - R160 by die deur

Page 5: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

VLERKE VIR ALMALDEBUUT | DRAMA Gegrond op die jeugroman deur Marion ErskineRegie en verwerking: Vicky DavisMet: Leon Kruger, Wian Taljaard, Sima Mashazi, Leanna Deyer, René Cloete, Arno Horn, Banele Mthembu, Maria Strauss, Jana van der Merwe en Sithembile Zungu Musiek: Schalk JoubertVerhoogbestuur: Pierre Nelson

Die 17-jarige Dewald hakkel en probeer nog aanpas en inpas by ’n nuwe skool. Saam met sy eksentrieke vriende vind Dewald ’n manier om die boelies te laat les opsê. En in hoop vind hy sy vlerke. Dié opwindende jeugteater, ’n produk van die Nasionale Toneelspelkompetisie, vertoon van die beste ontluikende talent in die bedryf

8 Maart 15:00 & 17:30 | 9 Maart 17:30 | 10 Maart 16:00 & 20:3060 min | kykNET Hoërskool Stellenbosch R60 - R120 | R70 - R140 by die deur

8 Maart 16:15 | Marion gesels oor die toneelstuk | Toegang gratis

Page 6: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

BELOOFDE LAND | PROMISED LANDDEBUUT | POPPETEATER Vervaardig deur The Loft Puppet Company Ondersteun deur NATi en die US Woordfees Regie: Oliver James Hymans Teks: Louis Roux Met: Talita Beyl (musiek), Elisha Zeeman, Marelize Viljoen, Anoecha Kruger (poppemeesters), The Abonwabisi Brothers (koor en poppemeesters) en Andrico Goosen (as Juno Florensis) Stelontwerp: Andrico Goosen Beligtingsontwerp en verhoogbestuur: Jako Beyleveld Kostuums: The Loft Puppet Company Musiek: Talita Beyl Animasie: Arno Daiber Geen o/12Wie kan die skokfoto van ’n verdrinkte Siriese baba uitgespoel op ’n Griekse strand in 2015 vergeet? Die wêreld is geruk deur die verknorsing van vlugtelinge en ontworteldes wêreldwyd, ’n dilemma skynbaar sonder oplossing. Twee jaar later is daar steeds ekstremisme, oorlog, armoede en nood terwyl mense steeds die

Beloofde land

Page 7: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

oseane aandurf op soek na hul beloofde land. The Loft Puppet Company saam met The Abonwabisi Brothers en die Londense regisseur Oliver James Hymans, self ’n bedrewe poppemeester, vertel die aangrypende storie van ’n jong seun op pad deur dié ongenaakbare wêreld. ’n Multidimensionele musiekproduksie met poppeteater, animasie en koorsang. Agter die masker van ’n nar skuil die gesig van menslikheid en hoop.

3 Maart 20:30 | 4 Maart 11:00 | 9 Maart 20:30 |11 Maart 16:3080 min | Rhenish Girls’ High SchoolR80 - R140 | R90 - R160 by die deur

VASELINETJIERegie: Corné van Rooyen Draaiboek: Corné en René van Rooyen Met: Marguerite van Eeden, Nicole Bond, Elani Dekker, Arno Greeff, Royston Stoffels, Shaleen Surtie-Richards, e.a.

2017 Silwerskermfees-toekennings: Beste speelfilm en beste opkomende aktrise (Marguerite van Eeden)

Helena ‘Vaselinetjie’ Bosman is ’n wit dogtertjie wat deur haar bruin grootouers grootgemaak word. Op ’n dag word sy deur die welsyn na ’n staatsweeshuis in Johannesburg gestuur. Die lewe daar is in skel kontras met haar vorige bestaan en Vaselinetjie word gekonfronteer met wrede werklikhede en kinders wat deur hul ouers verwerp is. In ’n wêreld waar niemand vir mekaar omgee nie, raak sy emosioneel afgestomp.

2 Maart 17:30 | 10 Maart 20:00103 min | Pulp Cinema Neelsie | R40 | R50 by die deur

Page 8: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

AKTUEELOPKOMENDProduksie: Olie en Vuur Produksies Regie: Izak BergTeks: Lara HattinghMet: Izak Berg en Lara Hattingh Beligtingsontwerp: Jako Beyleveld Tegnies: Divan PutterKostuums: Rouvé Hattingh Verhoogbestuur: Emma van Heyn Geen o/16Hoe ver sal mense gaan om aan die eise van ’n absurde Instagram-samelewing te voldoen? Kom skakel in op ’n skerts-program met twee akteurs wat aanbieders é n gaste op die pro-gram voorstel. Lara Hattingh se satiriese kabaretstyl oor LYF, LIEF, LUS en LEEF lewer skerp kommentaar en is boonop trots Suid-Afrikaans. Pasop, dalk herken jy jouself. (En lag sal jy beslis lag.)

3 Maart 17:00 | 5 Maart 13:00 60 min | HB Thom-laboratorium | R100 | R120 by die deur

Page 9: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

DIP-THUNKEMERGING TALENT Director: Caitlin Wiggill Script: Arlin Bantam With: Ian van der Westhuizen, Matthew Kriel, Lana Scott and Mario de Abreu Stage manager: Kay-leigh Annandale Music: Mario de Abreu No u/14 (L)The Cape Town punk scene is dying. Three young adults struggle to navigate life, love and ideology as their modern habitat is slowly flooded with designer coffee. This scalding play forces us to confront the question whether our dreams are still worth fighting for.

7 March 13:00 | 9 March 17:00 | 10 March 10:00 100 min | HB Thom Laboratory | R90 | R100 at the door

Page 10: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

VUIL WASGOEDRegie: Morné du Toit Draaiboek: Bennie Fourie Met: Bouwer Bosch, Charlie Bouguenon, Leandie du Randt Bosch, Bennie Fourie, Simoné Nortmann, Nico Panagio, Stiaan Smith, Tim Theron, e.a.

2017 Silwerskermfees-toekennings: Beste regisseur, beste akteur (Bennie Fourie), beste klankontwerp en oorspronklike musiek, beste produksie-ontwerp en beste redigering Wim en Kevin werk by ’n wassery. Deur die dag is dinge vervelig, maar wanneer die son sak, hou hulle partytjie in hul kliënte se klere. Tydens een so ’n makietie ontdek hulle ’n afgesnyde vinger in ’n aandpak se baadjiesak. Die onderduimse eienaar van die vinger, sy seuns en ’n ongenaakbare verraaier is op Wim en Kevin se spoor.

3 Maart 20:00 | 10 Maart 18:00100 min | Pulp Cinema Neelsie | R40 | R50 by die deur

Page 11: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

FOTOSTAATMASJIENDEBUUT | WOORDKUNS Moontlik gemaak deur NATi en die US Woordfees Regie: Wessel Pretorius Teks: Bibi Slippers Met: Anna-Mart van der Merwe, Schalk Bezuidenhout, Bibi Slippers, Emma Kotze en Len-Barry Simons Verhoogbestuur: Kanya Viljoen

’n Kopie van die werklikheid, of die lewe self? Fotostaatmasjien, Bibi Slippers se veelbekroonde digbundel, is ’n postmoderne kragtoer waar die persoonlike, professionele en openbare personas van die skrywer ontmoet. Daar’s flitse van bewussyn, deurweek met popmusiek, katte, voëls van verskillende vere en die eksistensiële hartstog rondom fotostate. Maar bowenal sal jy hier, met behulp van musiek en visuele kuns, vier Bibi’s vind – en een afskrif van ’n man.

6 Maart 21:00 | 7 Maart 16:00 | 10 Maart 14:00 & 16:30 | 11 Maart 20:00 | 80min | Rhenish Girls’ High School R120 - R140 | R130 - R160 by die deur

Fotostaatmasjien

Page 12: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

KLARA MAAS SE HART IS GEBREEK, ENSOMEER: DIE VLOEISTOF-TRILOGIEKOMEDIE Teks, regie, stelontwerp en vervaardig deur: Wessel Pretorius Met: Wessel Pretorius en David Viviers Beligtingsontwerp: Wessel Pretorius en Dara Beth Kometz Verhoogbestuur: Dara Beth Kometz Musiek: Gideon Lombard Geen o/16 ( T, G)Mense soek hom. Party wil hom ondervra, ander wil hom beskerm. Op ’n afgeleë plaas kruip ’n jong man in ’n hondehok weg. Die netjiese stapels klippe om hom is die mense wat weg is – party onlangs, ander lankal. Sy boesemvriend van lank gelede is nou vir hom ’n vreemdeling. Terwyl hy in die hondehok sit en bewe, verskiet die een ster na die ander. Van binne die plaashuis roep sy bedlêende ma na hom.

3 Maart 16:00 | 4 Maart 17:30 | 7 Maart 21:0065 min | Hoërskool Cloetesville | R120 | R140 by die deur

Klara Maas se hart is gebreek

Page 13: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

WONDERLUSRegie en draaiboek: Johan Cronjé Met: Lea Vivier, Beer Adriaanse, Marvin- Lee Beukes, Mila Guy, Adam Heyns, Lynelle Kenned, Edwin van der Walt, Ansu Visser, e.a.

2017 Silwerskermfees-toekennings: Beste draaiboek, beste aktrise (Lea Vivier) en beste manlike byspeler (Beer Adriaanse)

’n Troue ontspoor en die volgende oggend probeer vriend en vyand uitpluis wat die vorige aand gebeur het. In die soeke na antwoorde sit ’n bruidegom die liefde van sy lewe agterna, moet ’n bruid haar van haar verlede bevry en probeer ’n kelnerin aan haar hede ontsnap.

3 Maart 18:00 | 9 Maart 20:00116 min | Pulp Cinema Neelsie | R40 | R50 by die deur

ADAM SMALL: DENKER, DIGTER, DRAMATURGMet: Sandra Kotzé, Cobus Rossouw, Steward van Wyk en Pieter Odendaal Aangebied deur Protea Boekhuis

In 1974, tydens die eerste professionele opvoering van Kanna hy kô hystoe in die destydse Nico Malan-teater, was die wit gehoor in vervoering oor dié poëtiese ‘nuwe stem’. Sandra was Makiet onder regie van Pieter Fourie en Cobus, Kanna. In ’n gesprek met Heindrich Wyngaard onthou dié twee teatergrotes daardie dae, terwyl Steward terugkyk na Small se letterkundige nalatenskap en Pieter sy aangrypende gedig voorlees oor sy pa en Adam Small.

7 Maart 15:3060 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

Page 14: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

HOEKOM IS DIE BADKAMER SE VLOER NAT?OPKOMEND Regie: Reuben Murphy Teks: Reuben Murphy, Hendrik Nieuwoudt en Kristin Pienaar Met: Hendrik Nieuwoudt, Kristin Pienaar, Andries Meyer en Wian Taljaard Stel- en beligtingsontwerp: Reuben Murphy Verhoogbestuur: Roelien van Jaarsveld Geen o/14 (S, T)’n Partytjie ruk hand-uit. ’n Man verjaar. ’n Seun verdrink. Man vier sy 20ste verjaardag by Seun se begrafnis. Man beskou dit as sy plig om die mensdom uit sy foute te laat leer en om sy medemens te verlos van die erns. Daar’s spermselle, kampeerders, ruimtevaarders en studente. En wat maak Patricia Lewis ook daar? In dié skerp satire oor ’n Afrikaanse gesin in die suidelike voorstede sien jy dalk jou eie familie.

5 Maart 17:00 | 8 Maart 17:00 | 10 Maart 13:0050 min | HB Thom-laboratorium | R100 | R120 by die deur

aKINGAlle paaie lei na Bloekomhoek. Kom luister daagliks na uiteenlopende gesprekke, gratis, of besoek die Media 24 Feeskafee. En dan albei naweke gepak met musiek vir elke gier en geit, van aKing tot Klipwerf – koop een kaartjie vir die hele dag! Of kom kyk saans stand- up-komedie en bly vir die musiek daarna. Jy het nie twee kaartjies nodig nie, maar jy kan ook nét die musiek luister as jy wil. Kos en drankies is heeldag te koop.

10 Maart 16:30Bloekomhoek | R130 - R150 | R120 - R140

Page 15: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

KOMMAPUNTOPKOMEND | DRAMA ‘n Meermin Produksie Ondersteun deur die ATKV Regie en saamgestel deur: Du Toit Albertze Storievertellers en skrywers: Du Toit Albertze, Francois du Plessis, Marichje de Necker, Allison-Claire Hoskins, Suzanne Koen, Lisa Strydom, Janke Mostert, Apelele Zamampinga Mvamva en Randy Januarie Geen o/16 (T, N)Selfmoord en geestesgesondheid is die temas in hierdie boeiende teaterervaring wat konvensies uitdaag met verskeie persoonlike verhale wat skok, ontroer, inspireer en jou laat lag. Poësie en fisieke teater in Afrikaans, Engels en isiXhosa. Dié produksie is in 2016 vereer met ’n Woordtrofee vir die Beste nuwelinge.

2 Maart 17:00 | 11 Maart 17:0060 min | HB Thom-laboratorium | R90 | R100 by die deur

Page 16: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

LIEFDE IS ROOIDEBUUT | OPKOMEND Regie en stelontwerp: Lee-Ann van Rooi Teks: Enrico Hartzenberg Vertaling: Alicia Brydon Met: Chenal Tarren Kock, Patricia Laylen Baadjies en Enrico Hartzenberg Beligtingsontwerp en tegnies: Jako Beyleveld Verhoogbestuur: Philip Theron Geen o/13Alles is nie pluis met die Witbooi-gesin in hulle viervertrekhuisie in Tafelsig, Mitchells Plain, nie. Rooikappie woon nou saam met haar broer en stiefsuster op die Kaapse Vlakte. Dis hier waar James vir sy twee susters, Prudence en Mara, sorg. Mara is boonop bipolêr en sy en James waak oor ’n groot geheim.

4 Maart 15:00 | 10 Maart 17:30 | 11 Maart 10:0065 min | Hoërskool Cloetesville | R60 | R80 by die deur

MUSIEKJOSHUA NA DIE REENDié sanger/klavierspeler is so bekend dat dit moeilik is om te glo dat Die wereld binne my slegs sy tweede album is. Hy skryf en sing weer uit die hart uit oor sy persoonlike ervarings. Die album het in 2017 ’n SAMA- en twee Ghoema-musiektoekennings ontvang.

9 Maart 19:00 | 10 Maart |12:30 Weltevreden- restaurantteater 70 min | R130 | R150 by die deur

Page 17: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

TWEE – INTIEMMet: Herman Kleinhans en Maria Rademan

Dié duo gaan die hartsnare met mening streel met al hul ou gunstelinge asook van die splinternuwe liedjies wat op hul tweede album verskyn.

10 Maart 19:00 | 11 Maart 16:00Weltevreden- restaurantteater | 70 min | R130 | R150 by die deur

JAN MARAIS NATUURRESERVAATSYMPHONIc REBELLION WITH MATTHEW MOLEKom geniet ’n buiteligkonsert in die pragtige Stellenbosse natuurskoon en kry iets te ete by die kosstalletjies. Bring net iets om op te sit en ’n trui of baadjie om aan te trek.

9 Maart 18:30Jan Marais Natuurreservaat | R100- R120 R80 - R90

SPOEGWOLF Kom geniet ’n buiteligkonsert in die pragtige Stellenbosse natuurskoon en kry iets te ete by die kosstalletjies. Bring net iets om op te sit en ’n trui of baadjie om aan te trek.

8 Maart 18:30Jan Marais Natuurreservaat | R100 - R120

Page 18: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

REFENTSE Kom geniet ’n buiteligkonsert in die pragtige Stellenbosse natuurskoon en kry iets te ete by die kosstalletjies. Bring net iets om op te sit en ’n trui of baadjie om aan te trek.

6 Maart 18:30R100 - R120

Die riel van hip hop

DIE RIEL VAN HIP HOPMUSIEKTEATER

Moontlik gemaak deur die US Woordfees, kykNET en Shihaam Domingo (The Domingo Effect) Regie: Elton Landrews en Lauren Hannie Musiekregie: Camillo Lombard, Frazer Barry, DJ Ready D

Page 19: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

Kunstenaars: Youngsta, Hakkiesdraad Hartman, V.I.T.O, dr. Willa Boezak, Deniel Barry, Zenobia Kloppers, Des-Lee McKenzie Hip hop-dansers: Melissa de Vries, Kelly Ernstzen, Drew Deezy Reid, Charlton Taylor Rieldansers: Die Betjies van Betjiesfontein: Garcia Oliphant, Anisha Kotze, Lee-Ann van Wyk, Martina van Schalkwyk, Charlene October, Shaida Cedras, Nikita Barneys, Karabo Matiwees, Devan van Rooy, Bradwin Tieties, Marcelino October, Tyrone Claaste, Tshehohatso Matsione, Clayton Koopman, Maustvan van Rooy Die Top Dog Band: Donveno Prins (saksofoon), Charlton Daniels (bas), Mornay Hoffmeester (tromme) Animasie: Last Born Pictures in samewerking met Skyeteesha Animation House Graffiti-kunstenaar: Mak1one Verhoogbestuur: Dian Micheal Harcovecchio Beligtingsontwerp: Faheem Bardien

Stoftrappers Onbeperk! Die riel van hip hop is ’n vertoonvenster vir seepgladde, energieke diversiteit deur dans, musiek en liriese rymklets. DJ Ready D is deel van die musiek waar rieldans en hip hop op plofbare maniere ontmoet. Hier word Standaardafrikaans uitgedaag deur ’n verskeidenheid Afrikaanse dialekte in ’n balda-dige viering van ons gemengde herkoms en verbintenis deur die gesproke woord. En het ons ver gekom! Dié is pure inspirasie en entertainment met musiek wat jou uit jou seat sal lig!

4 Maart 11:00 en 15:00 60 min | Stadsaal | R60 - R120 | R70 - R140 by die deur

Page 20: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

FAMILIEDAG

Bring die hele gesin en bederf al jou sintuie. Coetzenburg se spyskaart is feestelik met diverse musiek, geurige kos en voortreflike vermaak. Kom geniet gesonde en veilige  gesinsvermaak met stalle-tjies en mallemeulens, en vir die volwassenes is daar die bier-en wyntent. Bring jou eie stoel en kombers en maak jou gemaklik voor die buitelugkonserte afskop. Dié prettige Familiedag is beslis groot waarde vir jou geld.  

3 Maart 11:30 | 11 ure 30 min | Coetzenburg R150 volwassenes (R60 vir leerders en studente)Kinders onder 6: gratis | R50 per koelboks (geen drank en glas nie)

Early B Jeremy Loops

Page 21: 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by …woordfees.co.za/pieces/downloads/HOERSKOOL PROGRAM.pdf · 2-11 MAART 2018 HoëRskool PRoGRAM kaartjies by Computicket | MediAvennooT:

Tyd Produksie07:00 - 10:00 Tuiskoms Veldtrap10:15 - 10:45 Pieter en die wolf11:00 – 11:30 Silwer Valke Lugskou11:30 - 12:15 Georgetown12:25 - 13:05 Ramon Alexander, Maya Spector13:05 - 13:45 Bad Peter13:45 - 14:15 Emile Swiegers14:15 - 14:50 Youngsta & Early B14:50 - 15:20 Bongeziwe Mabandla15:20 - 15:50 Tribal Echo15:50 - 16:20 Jarrad Ricketts16:20 - 16:55 Haar kitaar16:55 - 17:25 Les Javan17:25 - 18:05 The Rockets18:05 - 18:50 Theuns Jordaan18:50 -19:10 Die riel van hip hop19:20 - 20:15 Top Dog, Loukmaan Adams,

Maya Spector, Salome20:15 - 21:05 Jeremy Loops21:05 - 21:55 Jimmy Nevis21:55 - 22:45 The Black Cat Bones