24 pgr winter 08 afr -...

24
’n Omnia Kunsmis Publikasie WINTER 2008 KORING NUWE PERSONEEL WEIDINGS SUIKERRIET SITRUS TEE NUWE PRODUKTE APPELS GEKOMBINEERDE KONGRES 2008

Upload: others

Post on 25-Dec-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

’n Omnia Kunsmis Publikasie

W I N T E R 2 0 0 8

KORINGNUWE PERSONEELWEIDINGSSUIKERRIETSITRUSTEENUWE PRODUKTEAPPELSGEKOMBINEERDE KONGRES 2008

Page 2: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

2

Praat met ons. Dit betaal.Omnia Huis Posbus 69888 Tel: +27 (011) 709 8778Sloanestraat 13 Bryanston, 2021 Faks: +27 (011) 463 3022Epsom Downs, RSA Gauteng, RSA

www.omnia.co.za [email protected]

ZAMBIË ZIMBABWETel: +260 1 243 441 Tel: +263 4 369 390/1/2/4Faks: +260 1 246 542/3/4/5 Faks: +263 4 369 393

UITVOERE AUSTRALASIATel: +27 11 709 8899 Tel: +64 9 534 0309Faks: +27 11 709 8927 Faks: +64 9 534 0319

MALAWITel: +26 51 71 1310 / 71 0271Faks: +26 51 71 0287

WESKAAP LAEVELDTel: (021) 975 2040/1 Tel: (013) 792 4234/5/6Faks: (021) 975 2083 Faks: (013) 792 4240

OOSKUS HOËVELDTel: (033) 239 9700 Tel: (013) 665 2291/2Faks: (033) 239 9735 Faks: (013) 665 2284

VRYSTAAT NOORDWESTel: (058) 304 8000 Tel: (018) 462 9831/2Faks: (058) 304 1830 Faks: (018) 462 2098

OOS-KAAPKontak asseblief Ooskus

PLAASLIK

INTERNASIONAAL

Page 3: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

3

SUKSESSTORIES

Nutrilogie® verbeter Vrystaat-koringopbrengs ................................................................................................ 5

Blaarbespuitings verhoog tee-opbrengs ......................................................................................................... 6

OmniPresies™ suksesse in sitrus .................................................................................................................. 11

Sukses met presisieboerdery op Zimbabwe-suikerriet ................................................................................ 16

Nutrilogie® verhoog buffeltelling ................................................................................................................... 19

Nutrilogie®-sukses in die Oos-Vrystaat ......................................................................................................... 22

ARTIKELS

Kunsmis help met windbreek probleem ......................................................................................................... 9

Winsgewende koringproduksie met Nutrilogie® ........................................................................................... 18

Gekombineerde Kongres 2008 ..................................................................................................................... 20

NAVORSING EN ONTWIKKELING

Opbrengsverhoging met NUTRICAL 19™ op ‘Golden Delicious’ appels ...................................................... 10

Dit betaal om na die klein outjies om te sien! ............................................................................................... 14

GEREELD

Briewe en kommentaar ................................................................................................................................... 4

Produkfokus: SUPRASET™ ............................................................................................................................ 8

Profiel: Ontmoet die deskundiges ................................................................................................................ 12

Boek-oorsig ................................................................................................................................................... 23

Op ’n ligter noot ............................................................................................................................................ 24

Nutrilogie® NuusbriefRedakteur Hantie Jansen van VuurenKontaknommer (011) 709-8778E-pos [email protected] Posbus 69888, Bryanston, 2021Straatadres Omnia Huis, Sloanestraat 13, Epsom Downs

Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm hervervaardig word, hetsy elektronies, meganies, kopiëring, of andersins, sonder die geskrewe toestemming van Omnia Kunsmis nie.

INHOUD

Page 4: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

4

Briewe en kommentaar

W E N ’ n P R Y S !

Ons anonieme skrywer wen ’n baadjie vir hierdie wenbrief. As u die beste brief vir die volgende uitgawe skryf, kan u hierdie netjiese baadjie wen. Skryf gerus in Engels of Afrikaans en rig u briewe aan Hantie Jansen van Vuuren. Die posadres, e-pos adres en faksnommer verskyn elders op hierdie bladsy. U mag onder ’n skuilnaam skryf, maar sluit asseblief u regte naam, posadres en telefoonnommer by die brief in. Hou dit maar kort – ons hou die reg voor om enige briewe te redigeer. U brief moet ons voor einde Julie 2008 bereik om in aanmerking te kom vir die prys.

Hantie Jansen van Vuuren

Posbus 69888Bryanston2021Suid-Afrika

of

E-pos: [email protected]

of

Faks no.: +27 11 463-3022

Briewe en kommentaar

Liewe Anoniem,

Die voorstel en opmerkings word waardeer. Dit is waarom die Winter-uitgawe van die nuusbrief van nou af in April sal uitkom en die Somer-uitgawe rondom September. Die Winteruitgawe sal meesal op koring fokus en die Someruitgawe op mielies. Ons sal steeds artikels oor ander gewasse en stories plaas. Gedagtes van ander lesers is altyd welkom!

Redakteur

Skryf asseblief aan:

BRIEF UIT DIE VELD

Ek geniet regtig die Omnia nuusbriewe. Dit is goed om oor nuwe produkte wat my besigheid kan bevoordeel te lees en ook om herinner te word aan ouer produkte wat nog goed is.

Een ding wat ek graag wil voorstel is dat julle die publikasiedatum van die tydskrif verander. Soos meeste boere in Suid Afrika, plant ek koring en mielies. Gewoonlik wanneer ek die nuusbrief kry is dit te laat om die nuwe produkte waarvan ek lees toe te dien. As julle die nuusbrief voor of na die seisoen uitgee, het ek meer tyd om dit te lees en dan kan ek die nuwe produkte gedurende die nuwe seisoen uitprobeer.

ANONIEM, VRYSTAAT

Page 5: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

5

Suksesstorie

Fanie de Jager bemark al Omnia produkte in die Reitz area, Noordoos-Vrystaat vir die afgelope 16 jaar.

’n Paar jaar gelede het Fanie ’n nuwe woord gehoor: Nutrilogie®. Eers was hy skepties, hoewel Fanie vroeg in sy loopbaan geleer het om nuwe dinge te ondersoek.

Hy het OmniSap® monsters van die hoofgewasse in sy area begin neem. Met behulp van hierdie inligting verstaan Fanie nou die plante se behoeftes beter en weet hy hoe om enige “medisyne” toe te dien.

Calne Boerdery in Daniëlsrus het Pannar 3434-koring met aanvullende besproeiing

geplant. Fanie het hulle bygestaan met kunsmis-aanbevelings sowel as met besproeingskedulering. In ’n gebied waar ses ton per hektaar “die uiterste opbrengs” was, het Calne Boerdery ’n opbrengs van 7,11 ton per hektaar verkry!

Op die tweede land, is Matlabas-koring sonder besproeiing geplant. Fanie het ’n kalk- en kunsmisprogram, op Nutrilogie® gegrond, uitgewerk. ’n Opbrengs van 5,12 t/ha is verkry.

In beide gevalle was skepelgewig 81 of meer – dit beteken Supergraad.

Die kliënt is tevrede en oorweeg nie eers om sonder Nutrilogie® te boer nie!

7,11 t/ha!

verbeterNUTRILOGIE®

V r y s t a a t k o r i n g o p b r e n g s

Callie Venter (links) en Fanie de Jager (regs) in die koringland

Fanie de Jager082 570 2926

Page 6: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

6

Suksesstorie

OmniSap® -monsters is maandeliks geneem en blaarvoedings is op die resultate gebaseer. Tee word nog altyd volgens tradisie in suur grond gekweek. Dit was duidelik op die OmniSap®-ontleding; aluminium-vlakke in die plante was hoog en die voedingstowwe in die blare is nie optimaal gebruik nie.

Daar is besluit om die voedingsbalans te verander en die aktiwiteitsvlakke in die plantselle te verhoog. Dit is gedoen deur maandeliks KELP-P-MAX™/OMNIBOOST™ en MAP/ KELP-P-MAX™ om die beurt toe te dien.

Soos aan die resultate gesien kan word, was dit uiters suksesvol. Opbrengsverhogings in die behandelde blokke het slegs gestaak nadat die toedienings opgehou het.

BLAARBESPUITINGS62% Totale verhoging!

VERHOOG TEE-OPBRENGS Deur Malcolm Jones

’n Foto van die blokproef

Laat ons net die hele plaas nou doen! Omnia Zimbabwe Agent: R. Stone

Zimbabwe het ’n dramatiese verhoging van ’n ander aard beleef. Hierdie keer is dit nie die pryse van verbruikersgoedere nie, maar in die Tanganda Tea Company se gewasopbrengs!

Tee-bemesting het nie veel in die afgelope 30 jaar verander nie, hoewel die nuutste boerderytegnieke soos Presisieboerdery en blaarvoeding baie belangstelling in die sub-Sahara tee-industrie wek. In die Oostelike Hooglande op die grens met Mosambiek lê Tanganda se 2,500 hektaar tee-plantasies. In Januarie 2006 het hulle met OmniPresies™ op ’n demonstrasie blok tee begin eksperimenteer. Later dieselfde jaar het hulle besluit om die doeltreffendheid van Omnia Nutrilogie® blaarvoedings op tee te toets.

Page 7: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

7

Suksesstorie

Met hierdie resultate, kyk Tanganda Tea Company daarna om die area onder blaarvoeding en Presisieboerdery van 25 hektaar na 800 hektaar te vergroot.

Die teeprodusent kommunikeer goed met ander in die SADCC gebied. Met soortgelyke suksesse in Malawi sien ons uit na positiewe veranderinge in die tee-bemestingsbenadering oor die hele gebied.

Teen ’n prys van US$ 1.00 per kilogram verwerkte tee, toon die tabel dat die totale opbrengsverhoging net oor 60% was. Die US$ voordeel, met alle bykomende kostes ingesluit, was US$ 836.37 per hektaar. Dit beteken ’n verhoging in wins van net onder 49%. Ander kostes, soos arbeid, is nie in berekening gebring nie.

Blok ABehandel

Blok BKontrole

Blok GBehandel

Blok HKontrole

Verwerkte tee t/ha 1,297 797 1,327 838

Waarde t/ha US$ 1,297.22 US$ 796.83 US$ 1,327.38 US$ 838.10

Nutrilogie® program US$ 2,624.60

Algemene program US$ 1,634.92

Verskil US$ 989.68

Koste van blaarvoeding US$ 153.32

Voordeel US$ 836.37

Page 8: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

Produkfokus

Samestelling:

Stikstof 20.5 g/kgFosfor 46 g/kgMagnesium 8 g/kgSwael 11 g/kgYster 93 mg/kg EDTA CheleerdKoper 1 mg/kg EDTA CheleerdMangaan 19 mg/kg EDTA CheleerdSink 12 mg/kg EDTA CheleerdMolibdeen 2 mg/kg Boor 24 mg/kgGibberellien 3.371 g/kgOuksiene 0.34 mg/kg

SUPRASET™ word aanbeveel vir boorde in vol produksie. Maak seker dat die sproeibemestings- of plantvoedingsprogram die verhoogde vruglas kan ondersteun.

Vir meer inligting aangaande hierdie produkte, kontak u Omnia Nutrilogie® landboukundige.

Dit is bewys dat Gibberellien die skakel tussen die ontwikkelende vrug en die boom versterk. Ingesluit in die formulasie is voedingstowwe wat die boom se metabolisme stimuleer om bykomende suikers te produseer wat nodig is om die swaarder vruglas te ondersteun.

SUPRASET™

Die vrugset-blaarvoeding

SUPRASET™ is geformuleer om opbrengs te verhoog deur vrugset te verbeter.

In proewe met SUPRASET™ is ’n opbrengsverhoging van 6% (3.3 ton per hektaar) in sitrus verkry sonder enige afname in vruggrootte. Met makadamia is opbrengsverhogings van 10 tot 30% in jong bome drie tot vyf jaar oud (28 tot 330 kg/ha) gesien.

Mango-proewe het opbrengsverhogings van 9-30%, gelykstaande aan 448-480 kg/ha, tot gevolg gehad.

8

Page 9: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

9

Artikel

Metaan, ’n kragtige kweekhuisgas, word vrygestel wanneer beeste winde breek en is verantwoordelik vir ongeveer 5% van wêreldwye kweekhuisgas uitlatings. Dit lei tot aardverwarming. Wanneer herkouende diere soos koeie en skape wei, breek bakterieë in hul maag die plantvesels af en dit veroorsaak metaan. Die gas word vrygestel wanneer die diere winde breek terwyl hulle herkou.

Terwyl hulle ’n geval van vergiftiging ondersoek het, het die Japanese navorsers gesien dat die beeste wat aan goedbemeste gras gewei het, minder metaan produseer.

’n Navorsingspan by die Obihiro Landbou en Veekunde Universiteit in Hokkaido, Japan het per ongeluk ’n manier ontdek om kweekhuisgasse te verminder. Die span is deur Professor Junichi Takahashi gelei.

KUNSMIS h e l p m e t

windbreek probleem

By verdere ondersoek, het hulle gevind dat aanvullings van die aminosuur sistien in die beeste se dieet, veroorsaak dat selfs minder metaan produseer word. Dit het ook voorkom dat hoë konsentrasies nitrate (in die kunsmis) die beeste vergiftig.

Melkgehalte is nie deur die nitraat beïnvloed nie. Patente vir die tegniek is reeds in verskeie lande insluitend Japan, die Verenigde State en Australië verkry.

Page 10: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

10

Navorsing

NUTRICAL 19™ op ‘Golden Delicious’ appels

Kyk net! O p b r e n g s v e r h o g i n g m e t

Omnia se Navorsing- en Ontwikkelingsafdeling in die Wes-Kaap het gedurende die 2005/2006 seisoene appelproewe in die Villiersdorp en Grabouw areas gedoen. Die doel van die proewe was om die effek van NUTRICAL 19™ op die gehalte van appels te toets.

Die navorsingspan het uitstekende produksieverhogings, asook ’n positiewe effek op vruggehalte verkry.

NUTRICAL 19™ is twee keer teen 6 l/ha toegedien. Die eerste toediening was een week na vrugset (begin November) en die tweede, twee weke later (middel November).

’n Gemiddelde opbrengsverhoging van 11.9 ton per hektaar was gedurende die 2005 seisoen en 9.3 t/ha in die 2006 seisoen verkry. Dit het 955 bykomende kartonne in die 2005 seisoen en 748 bykomende kartonne in 2006 gelewer. Die verhoging het die inkomste met R22 920 per hektaar (2005) en R17 952 per hektaar (2006) verhoog (indien ’n standaard karton van 12.5 kg gebruik word teen ’n plaashek inkomste van R24 per karton).

Deur Marinda Kellerman, Omnia Navorsing en Ontwikkeling

Slegs 15 kartonne meer per hektaar was nodig om die produkkoste van beide toedienings te dek.

’n Verbetering in vruggewig en grootte is verkry en meer appels het in die “Optimum” klas geval – ’n aanduiding dat die kwaliteit van die appels verbeter het.

Mikroskopiese analise van die vrugte het statisties beduidende verhogings in sellengtes gewys.

Hierdie bevindings is by die 2008 Gekombineerde Kongres te Grahamstown voorgelê.

Plaasnaam

Effek van NUTRICAL 19™ op appel produksievir die 2006 seisoen

Page 11: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

Suksesstorie

11

Zimbabwe se Mazoe Citrus Estates, 50 km noord van Harare, het ’n OmniPresies™ demonstrasieblok in Junie 2006 begin en alle aanbevelings aanvaar. Mazoe Citrus is, met 600 hektaar, een van die grootste sitrusplase in Zimbabwe. Hulle het ’n blok van 8.3 hektaar aan Omnia Zimbabwe afgestaan om ’n volle OmniPresies™, blaar- en bemestingsprogram uit te voer.

Nadat die kaarte deur OmniPresies™ in Suid-Afrika opgetrek is, is die 8.3 hektaar blok in vier aparte areas opgedeel met twee variëteite in elke blok. Die doel was om bestaande praktyke in beide variëteite met presisie boerdery te vergelyk.

Die lae vlakke fosfaat- en kaliumpersentasies is identifiseer as beperkend vir gewasproduksie (sien kaarte onder). Omnia het die ergste areas op die kaarte gekies en aanbevelings daarvolgens gedoen. Dit was die westelike helfte van die blok.

Deur Malcolm Jones, (Voorheen van Zimbabwe)Agent: E. Mutseta

S u k s e s s e i n Sitrus

’n Volle grondregstelling- en voedingsprogram (blaarvoedings ingesluit) is vir Mazoe Citrus gegee vir implementering. Die resultate is as volg:

Tabel 1: Blok opbrengs

Blok Behandel Kontrole Verskil % Verskil

Ton (4 ha)

U11 Navels 128.1 111 17.1 15.41

U12 Deltas 15.58 6.9 8.68 128.8

Tabel 2: Finansiële oorsig

Blok Opbrengs-verskil/ha

(ton)

Verhoogde inkomste/

ha (R)

Verhoogde inkomste minus kunsmiskoste/

ha (R)

U11 Navels 8.55 28,500 19,900.00

U12 Deltas 4.34 14,375 5,775.00

Die syfers in Tabel 2 wys dat, selfs in ’n slegte Delta jaar, die voordele van OmniPresies™ en Nutrilogie®-program die volle kostes van die program by verre oortref.

Omnia sal, gewapen met hierdie resultate wat pas vrygestel is, met Mazoe Citrus Estates onderhandel om die area onder Omnia Nutrilogie® aansienlik te vergroot met die doel om uiteindelik die hele plaas te diens.

OMNIPRESIES™

U11; 06 (8.26 ha.) - Megasurface - P(Bray1) (mg/kg) U11; 06 (8.26 ha.) - Megasurface - K%

Page 12: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

12

Profiel

D I E D E S K U N D I G E S

L a n d b o u k u n d i g e sHoëveld

ST Potgieter 083 414 4595Brits, Koedoeskop, Thabazimbi

Chris Burbidge 083 702 0760Groblersdal, Marble Hall

David Fouche 082 923 0438Witbank, Oos-Rand, Delmas, Bethal

Gerrit de Jager 082 388 2176Ermelo, Piet Retief, Middelburg

Jan Schoonraad 083 441 2508Standerton, Volksrust

Johan Engelbrecht 082 573 3877Bethal, Delmas

Pieter de Jager 082 456 4563Bronkhorstspruit, Balfour, Grootvlei, Johannesburg

Wilhelm de Koker 082 567 1977Naboomspruit, Sterkrivier

Wes-Kaap

Marius van der Westhuizen 083 454 5643George

Marinus de Beer 083 655 0129Hexrivier, Grabouw, Robertson

Attie Haasbroek 083 557 5321Sandveld & SwartlandJan van Zyl 083 283 8311Vredendal & CitrusdalPietman Wessels 072 582 0019Ceres

Laeveld

André Smit 082 893 2785Noord-Transvaal

Hentie Cilliers 082 904 2429Kaapmuiden – Komati

Hantie Reed 082 468 3975Nelspruit

Noord-Wes

Oatley Coetzer 084 626 8930Upington

Jannie Peyper 083 288 7131Parys, Koppies, Klerksdorp, Potch., Ventersdorp

Kobus van Zyl 083 633 9540Viljoenskroon, Bothaville

Phillip Venter 082 496 1144NWK

Anton Schulenburg 083 262 3628NWK

Stefan de Jager 082 376 8915Wolmaransstad, Schweizer, Delareyville

Ontmoet’n Hoogs bekwame span het die OmniPresies™ afdeling by Omnia oorgeneem.

Uys Lourens het ’n doktersgraad in

Landbouweerkunde en was een van die

baanbrekers van OmniPresies™. Uys sluit na ’n paar jaar weer by

Omnia aan.

Hennie Langenhoven het ’n landbougraad

en was voorheen in die Vrystaat werksaam voor

hy na OmniPresies™ oorgeplaas is.

Mia Pope het ’n MA Graad in Geografiese Informasiestelsels en was voorheen by Geo Pollution Technologies werksaam voor sy by Omnia aangesluit het.

Chris Keen het ’n MSc graad in landbou,

spesifiek in bosbou en biofisika. Hy is betrokke by gewasgroeimodule-

ring vir produksie risikoberaming.

Bates Booyens lei die grondkartering-

span met ’n magdom ondervinding opgedoen

by, onder andere, die Dept. van Landbou en

NWK.

Tiaan Terblanche het ’n B. Sc. Agric graad in landbou en landbou-ekonomie. Hy gaan

grondkartering doen.

Johan Campher (links) en JC Bezuidenhout (regs) het albei B.Sc. Agric grade in grond- en besproeiingskunde.

Hulle sal albei by grondkartering betrokke wees.

Page 13: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

13

Profiel

L a n d b o u k u n d i g e sOos-Kus

Kevern Macaskill 082 887 2653Eston, Richmond, North Coast

Peter King 083 679 4066Oos-Kaap

Brian Hesom 083 679 1962Noord-Natal / Midlands

Rollo Woodhead 083 679 1953Oos-Griqualand

MC Veldsman 082 771 5495Humansdorp

William Gibson 082 856 2581Noordkus, Richmond, Spesialiteite

Vrystaat

Johan Bredenkamp 082 304 6867Hoopstad, Wesselsbron, Hennenman

John Craven 083 626 1783Bethlehem, Reitz, Warden

Lafras Fouche 083 235 6556Bethlehem, Heilbron, Frankfort, Vrede

Piet de Wet 082 788 5342Clocolan, Bloemfontein, Ladybrand

Stefan Vrey 082 610 4184Christiana, Hopetown, Douglas

Australië

Troy Morgan (Queensland N.) +61 429897074

Bob Wilson (Bundaberg) +61 419554207

Bruce de Gersigny (Brisbane) +61 400887876

Dr. Sammy Heng (Melbourne) +61 448064860

Jan de Jager (Perth) +61 429898131

Janus Erasmus (Melbourne) +61 448064860

Malawi

Ken McKenzie +265 1710287

Zambië

Bertie Serfontein +26 097770590

Kobus Smith +26 096764351

Vincent Mkuyamba +26 097999697

Gerhard Eloff (South) +26 097770589

Gawie Peens (North & Central) +26 097999226

Zimbabwe

Mark Tindle +263 4369393

Navorsing & Ontwikkeling

Teferi Yeshitela (Noord & Sentraal) 072 584 8783

Charles Wright (Noord-Wes,Vrystaat) 082 782 1379

Tanya Singh (Glashuis) 011 709 8930

Marinda Kellerman (Wes-Kaap) 082 899 7780

Hydroponics

Sonja Botha 011 7098919

D I E D E S K U N D I G E SOntmoet’n Aantal nuwe landboukundiges is in verskeie posisies en besigheidseenhede by Omnia aangestel.

Marsel Slabbert het sy B. Agric. graad by die Universiteit van

die Vrystaat verwerf. Hy is aangestel as ’n

verteenwoordiger in die Laeveld.

Attie Haasbroek het ’n landbougraad en

het baie ondervinding opgedoen deur sy werk

by die LNR en Kaap Agri. Hy werk as ’n

landboukundige in die Wes-Kaap.

Jan van Zyl het ’n M.Sc. landbougraad

by die universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy is aangestel as ’n land-

boukundige in Vredendal in die Wes-Kaap.

Pietman Wessels het ’n M.Sc.-graad van die Universiteit van

Stellenbosch. Hy was voorheen werksaam by Colours Fruit en

sluit by Omnia as land-boukundige in die Ceres

gebied aan.

Marinus de Beer het ’n B.Sc. Honeursgraad in

Bodemkunde. Hy is reeds vyf jaar

by die Kaap landbou-sektor betrokke

en is aangestel as landboukundige in die

Wes-Kaap.

Johan Fourie is aangestel as tegniese adviseur in Upington. Hy het ’n B.Sc.-graad

met bosbou as hoofvak en het as ’n bemar-

kingsbestuurder vir die Dept. van Waterwese

gewerk.

“Moenie die pad volg nie; loop eerder waar daar nie ’n pad is nie en los ’n spoor”

Ralph Waldo Emerson1803-1882

Page 14: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

14

Navorsing

FUNGIMAX™ is ’n bron van organiese stowwe wat natuurlik voorkom en ryk is aan koolstof wat nodig is vir die groei van swamme. Dit is geformuleer om die ontwikkeling van swamkolonies in die grond te bevorder en om die biologiese diversiteit in die grond te behou. Dié swamme verken die grondomgewing en stel voedingstowwe (veral fosfaat) aan die plant vry. Hulle groei hoofsaaklik tussen die wortels en vestig ’n netwerk wat voedingstowwe aan die plant verskaf in ruil vir suiker.

FUNGIMAX™ is op sitrus (Delta Valencia en Star Ruby) toegedien teen 5 l/ha vanaf Oktober tot Januarie op plase in die Groblersdal en Hectorspruit areas in die 2005/2006, sowel as 2006/2007 seisoene. Die doel van die proef was om swampopulasies in die grond, asook totale opbrengs, te verhoog. Ses-en-twintig stroke is getoets. Die proef is volgens statistiese beginsels uitgelê en ontleed.

Statisties beduidende resultate is verkry vir die volgende:

BETAAL D i t

om na die klein outjies om te sien!

Figuur 1. Verskil (%) tussen swamtellings van behandelde stroke in vergelyking met die kontrole in 2005/2006 seisoen.

Gemiddelde swampopulasie verhoging van 38%

Deur Dr. Teferi Yeshitela, Navorsing & Ontwikkelingsafdeling

Behandelde sitrusbome Kontrole

Page 15: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

15

Navorsing

In die 2007 oesjaar is opbrengste met ’n gemiddeld van 6 ton per hektaar (10%) verhoog.

Die gemiddelde vrugdeursnee het met 1 mm (2%) verhoog. Die opbrengsverhoging het nie enige nadelige invloed op vruggehalte gehad nie.

Hierdie verhoging het ’n bykomende inkomste van R16,500 per hektaar tot gevolg gehad (R2.75 per kg). By TSB Whiskey en Hektorspruit is opbrengsverhogings van 14 en 10 ton per hektaar behaal. ’n Addisionele inkomste van R38,500 per hektaar en R27,500 per hektaar, onderskeidelik, is hier verdien.

Page 16: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

16

Suksesstorie

Aan die begin van Desember 2005, is die OmniPresies™-konsep aan die Hippo Valley Sugarcane Estate in Chiredzi, Zimbabwe bekend gestel.

Om presisieboerdery te demonstreer was suikerriet- lande aan teenoorgestelde kante van die plaas, met verskillende grondtipes, naamlik ’n sanderige grond en ’n basalt klei gekies.

Resultate het op verskeie voedingstoftekorte soos byvoorbeeld baie lae kalsium persentasies in die grond gedui. Die lande is uitgemeet volgens die OmniPresies™ kaarte en ’n reeks Kalsitiese kalk toedienings is gedoen.

Om die effektiwiteit van regstellende maatreëls te demonstreer, is die standaard kunsmisprogram van die plaas behou.

Figuur 1 wys die vergelyking van opbrengs per jaar vanaf 1998. Dit was ’n vierde suikerriet jaar en 2002 was ’n plantriet jaar. Grondtipe in hierdie land is sanderig met ’n EKUK van gemiddeld 10 cmolc per kg. Omtrent 60% van die land het ’n kalsiumpersentasie van minder as 60% gehad.

Figuur 2 wys die vergelyking van opbrengs per jaar vanaf 1998, wat ’n vierde suikerriet jaar was. Grondtipe in hierdie land is swaar

basalt klei met ’n EKUK van gemiddeld 45 cmolc per kg. Omtrent 65% van die land het ’n

kalsiumpersentasie van laer as 60% gehad.

Deur Malcolm Jones

uksesSS

Figuur 2 – Opbrengs vir basalt klei

Figuur 1 – Opbrengs vir sanderige grond

met presisieboerdery

op Zimbabwe suikerriet

Page 17: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

17

Suksesstorie

Tabel 1

Die volle voedingregstellende program plus volle Omnia Nutrilogie® program (blaarvoedings ingesluit) in die suikerriet, kos US$ 1,032.48 per hektaar. Dit beteken die gemiddelde verhoging in inkomste na regstellende maatreëls in 2007, het vir meer as die volle voedingsprogram vir 2008 betaal.

Danksy hierdie resultate is Omnia Zimbabwe tans in gesprek met die nuwe Triangle Corporation, wat beide Hippo Valley Estates en Triangle insluit – ’n totaal van ± 30,000 hektaar suikerriet. Die huidige ekonomiese toestande tans plaas ’n demper op ons onderhandelings, maar ons sal aanhou!

Sanderige grond Opbrengs (t/ha) Verhaalbare kristal (%)

Totale verhaalbare kristal

Prys/mtUS$

Totale waarde/haUS$

10-jaar beste 133.42 10.85 14.48 224.00 3,242.64

OmniPresies™ 2007 165.57 10.85 17.96 224.00 4,024.01

Inkomste Verhoging (US$)Persentasie Verhoging

781.3724.1%

Basalt klei Opbrengs (t/ha) Verhaalbare kristal (%)

Totale verhaalbare kristal

Prys/mtUS$

Totale waarde/haUS$

10-jaar beste 102.48 12.27 12.57 224.00 2,816.64

OmniPresies™ 2007 154.93 12.27 19.01 224.00 4,258.22

Inkomste Verhoging (US$)Persentasie Verhoging

1,441.5851.2%

Page 18: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

18

Artikel

Winsgewende koringproduksie met NUTRILOGIE®

Deur Jan Wolmarans

Wins in gewasproduksie kan verhoog word deur, óf die insetkoste te verlaag, óf om die inkomste te verhoog. Dikwels word daar net op die verlaging van insetkoste gekonsentreer en die uitsetkant heeltemal vergeet. So ’n benadering kan veroorsaak dat gulde geleenthede wat bestaan om wins te verhoog, nie benut word nie. Omnia Nutriology® het die kundigheid om u winsposisie te verbeter.

Opbrengsverhogings kan bewerkstellig word deur die toepassing van:

Met wisselende graanpryse is dit onafwendbaar dat alternatiewe in graanboerdery ondersoek moet word om volhoubaarheid te verseker. Omnia Nutrilogie® beskik oor die kennis en tegnologie om dit moontlik te maak.

2. Bewerkingspraktyke

Die voordele wat bewaringsbewerking bring, is beter waterinfiltrasie met minder afloop, en gevolglik meer water in die grond, minder kompaksie asook verbetering van die grond-struktuur wat deurlugting verbeter. Hierdeur word die kilogram graan wat per millimeter water geproduseer word verhoog. Om sukses met bewaringsbewerking te behaal, mag dit nodig wees om die hulp van kundiges in te roep. Dié kundigheid is binne Nutrilogie® beskikbaar.

3. Bestuur van plantstres (OmniSap®)

Plantstres benadeel verskeie prosesse in die plant. Indien stres vinnig opgespoor kan word, kan die gewas gehelp word om die strestoe-stand te hanteer. Sodoende kan opbrengs- en kwaliteitsverliese beperk word. OmniSap® is ’n baie handige hulpmiddel om voedingstres vinnig op te spoor en ’n oes te bestuur.

1. Presisieboerdery (OmniPresies™)

OmniPresies™ stel die produsent in staat om die uitgawes wat hy aangaan op die regte plekke in sy lande te spandeer en die regte gewaskeuse te maak. Hierdeur kan die kilogram graan wat per millimeter water geproduseer word, met soveel as 115% verhoog. Die toepassing van ware presisieboerdery (OmniPresies™) het die vermoë om ’n daadwerklike invloed op die boer se winsgewendheid te hê.

Page 19: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

19

Suksesstorie

BUFFELTELLING N U T R I L O G I E ® V E R H O O G

Nuwe boere-eksperiment

Een van ons kliënte in die Vrystaat wou sy buffelbesigheid uitbrei. Om meer eiendom aan te koop, beteken dat die hele plaas ten duurste elektries omhein sou moet word. En, soos ons almal weet, eiendom is nie goedkoop nie.

Die oplossing: brei vertikaal uit! Met behulp van Omnia Nutrilogie®, kon die kliënt sy aangeplante weiding verbeter, wat hom instaat gestel het om die veld se dravermoë aansienlik te verhoog.

Wie sou kon dink dat kunsmis gebruik kan word vir wildteeling?

Deur Thinus LouwAgent: PW Pelser

Foto deur Charles Wright

Page 20: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

20

KONGRES 2008

Industrie Nuus

Gewasproduksie;

Onkruidwetenskap;

Tuinbouwetenskappe.

Die kongres is deur 339 afgevaardigdes bygewoon, meesal van universiteite, kunsmis-, chemiese- en saadmaatkappye, en die Landbounavorsingsraad.

Drie van Omnia se werknemers het referate by die kongres gelewer: Dr. Teferi Yeshitela, Marinda Kellerman en David Fouche. Sien asseblief bladsy 10 vir meer oor Marinda se navorsing.

David Fouche het ’n referaat gelewer oor die drempelwaardes vir kalium (K) en mielieproduk-sie in die sanderige gronde van Suid-Afrika. Met hierdie navorsing het David die onderste en boonste drempelwaardes vir grond K bepaal.

Resultate van veldeksperimente gedurende vier aaneenlopende seisoene dui ’n laer onderste drempelwaarde van 125 mg/kg K aan en ’n boonste drempelwaarde van 190 mg/kg K. Onder 125 mg/kg K sal mielies na verwagting op addisionele K reageer en oor 190 mg/kg K sal dit nie reageer nie.

Die opneembare K van ongeveer 25,000 grond-monsters wat van mielieboere ontvang is, dui aan dat ongeveer 50% van dié monsters minder K as die onderste drempelwaarde bevat, ongeveer 30% was tussen die onderste en boonste waardes. Na verwagting sal hierdie mielielande geleidelik uitgeput raak en meer K sal nodig wees om opbrengs te handhaaf en verbeter.

Rhodes Universiteit-hoofgebou – waar die Gesamentlike Kongres gehou is

Een van die konferensiesale waar referate gelewer isFoto deur Charles Wright

Gekombineerde

Die Gekombineerde Kongres 2008 is vanaf 21 tot 24 Januarie 2008 in Grahamstad gehou. Die kongres word deur vier verenigings aangebied, naamlik:

Page 21: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

21

Industrie Nuus

Dr. Teferi Yeshitela se referaat fokus op die evaluasie van twee saadbehandelings op die ontkieming van mielies. Omnia Kunsmis het twee saadbehandelings ontwikkel en dié proef ondersoek die voordeel en moontlike toksiese uitwerking op mielie-ontkieming en -vestiging.

Glashuisproewe wys dat behandelde plante ’n hoër ontkiemingspersentasie gehad het in vergelyking met die kontrole, hoewel daar teen dag 14 nie meer ’n statistiese verskil was nie. Plantlengtes op 14 dae wys ’n duidelike verskil: die behandelde plante was dubbel die hoogte van die kontrole. Geen verskille is waargeneem tussen die toedieningspeile of tussen die twee formulasies nie.

Die saadbedekkings was nie toksies teen die getoetste peile nie. Die verhoogde ontkieming en vroeë vegetatiewe ontwikkeling is ’n aanduiding dat hierdie produkte boere sal help om die risiko’s gepaardgaande met ’n nie-eenvormige stand te bestuur.

By die kongres het Omnia se Dr. Johan van Biljon ’n ere-lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Gewasproduksie ontvang vir sy waardevolle bydrae tot die Vereniging en tot die Suid-Afrikaanse landbou oor die algemeen.

Dr. Van Biljon is, sover bekend, die jongste persoon wat ooit hierdie toekenning ontvang het. Johan was ’n lid van die SAVG raad vir nege jaar in verskeie ampte. Onder sy leiding het die Vereniging bande met die besigheidswêreld versterk wat die finansiële stand van die Vereniging geweldig verbeter het.

’n Omnia Nutrilogie® Studente Meriete-toekenning word aan die student met die beste aanbieding by die kongres gegee. T.J. Tsilo was eerste met sy referaat oor koring stamroes (University of Minnesota). Tweede was P.J.R. Cronje met ’n referaat oor sitrusbemesting (Universiteit van Stellenbosch).

Dr. Van Biljon ontvang ’n ere-lidmaatskap van Prof. Albert Modi, President van die SAVG

Van Links na Regs: Dr. Johan van Biljon, T.J. Tsilo, P.J.R. Cronje en Prof. Albert Modi

Foto’s van Dr. Teferi Yeshitela se referaat. Links is die kontrole en regs is die behandelde pot – beide vyf dae na plant geneem.

Page 22: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

22

Suksesstorie

1 t/ha opbrengsverhoging!

-sukses in die NUTRILOGIE®

O o s - V r y s t a a tDeur John Craven, Omnia Vrystaat (Tel: 083 6261783)

Behalwe vir die 2007/2008 koringseisoen, was die laaste paar seisoene redelik moeilik. Opbrengste was laag en boere het oorweeg om minder koring te plant.

Clarens in die Oos-Vrystaat, gewoonlik ’n goeie koringproduksie gebied, het ook lae opbrengste beleef. Een van die kunsmispraktyke is die uitstrooi van ureum en die gebruik van 6.2.1(31) Zn as ’n plantermengsel. So word 50 kg stikstof per hektaar in totaal toegedien.

Deur Nutrilogie® te gebruik, is dié praktyk verander deur ’n kombinasie van N-Gas™ en 2.2.1(25) Zn vloeibaar toe te dien. Die totale stikstof was daardeur na 60 kg stikstof per hektaar verhoog. In die eerste jaar (2006/ 2007), het opbrengste van 3.5 tot 3.9 t/ha verhoog.

Gedurende die 2007/2008 koringseisoen is ondergrondmonsters geneem en die nodige regstellings met kalk en gips gemaak. N-Gas™ is ook op twee verskillende gronddieptes toegedien instede van een gronddiepte soos vantevore. Dit het beter verspreiding van stikstof deur die grondprofiel veroorsaak en verbeterde wortelontwikkeling en beter opbrengste tot gevolg gehad. Die totale stikstof is ook verminder na 55 kg stikstof per hektaar.

Die gemiddelde opbrengs vir die 2007/ 2008 seisoen was 4.5 t/ha.

Toediening van N-Gas™

Beraming van diepte en verspreiding van N in die grond na toediening.

Resultate van Nutrilogie®

Page 23: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

Boe

k O

orsi

g

23

Boek Oorsig

Biological Control of Crop Diseases

Bewerker: Samuel S. GnanamanickamPrys: $219.95 van www.amazon.com ISBN-10 Nr: 0824706935Bladsye: 480

Uitgewer: CRC; 1st edition

Met bydraes van meer as 30 internasionale deskundiges, kombineer hierdie boek teorie met wêreldwye praktyke. Die klem val op die dag-tot-dag uitdagings van organiese gewasbestuur vir koste-effektiewe realistiese toediening. Die boek behandel die biologiese beheer van siektes in 12 groot gewasse. Dit fokus op die gebruik van gasheerplantweerstand deur transgenies en geïnduseerde sistemiese weerstand as deel van biologiese beheer. Onderwerpe in die boek sluit die rol van biobeheeragente

vir die aanduiding van weerstand, effektiewe eko-vriendelike alternatiewe om bakteriële en virale infestering te bekamp en dit behandel transgeniese gewasse in siektebestuur. Die meeste hoofstukke bevat insiggewende tabelle en/of syfers. Die boek is ’n interessante en bruikbare gids.

The Farming Handbook

Outeur: Barry SmithPrys: R208.25 van www.kalahari.net ISBN Nr.: 9781869140908Bladsye: 432Uitgewer: University of KwaZulu-Natal Press Tel. No. (033) 260 5226 vir lokaal en +27 (33) 260 5226 vir internasionale navrae).

’n Unieke en omvattende boek wat ’n wye reeks landbou onderwerpe en ondernemings in een maklik-bruikbare volume dek. Hoewel die fokus hoofsaaklik op Suid-Afrikaanse toestande is, kan die landboubeginsels en praktyke maklik op enige plek toegepas word. Regdeur sy loopbaar het Barry Smith praktiese metodes geformuleer en bymekaar gemaak met die benadering dat dit beter is om naastenby reg te wees as absoluut verkeerd. Daar kom 150 van hierdie metodes in die boek voor, wat tyd en moeite kan spaar en maklik is om te onthou en toe te pas. Dit is ’n noodsaaklike gids tot natuurlike hulpbronne (klimaat, plantegroei, grond en water) en bruikbare inligting oor veldbestuur, landwaardasie, landbou-ingenieurswerk (gronderosie, grondvoorbereiding ens.) en besproeiing.

Barry Smith se omvangryke kennis en ondervinding kom deur in die praktiese hulpmiddels vir diere-produksie (bees, melk, varke, skape, bokke, pluimvee en wild), weidings, veldgewasse, boordgewasse, groente en hout. Hy het die topbestuurstoekenning by die Departement van Landbou ontvang vir die ontwerp van 28 voorspellende opbrengsmodelle vir veldgewasse, weidings, boorde en groente. Dié modelle is ingesluit in “The Farming Handbook” en sal van die grootste belang vir boere, studente en landbou-adviseurs wees.

Page 24: 24 pgr winter 08 afr - overendstudio.co.zaoverendstudio.co.za/websites/omnia_website/pdf/omnia_publications/winter_newsletter_08...Suid-Afrika of E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za of

24

Op ’n ligter noot

op ’n ligterNootBoer se Klagte

Dit het als in 1960 begin toe hulle van Ponde na Rande oorgegaan het – en my bankskuld verdubbel het.

Ek het dit net begin gewoond raak, toe bring hulle kilogramme instede van ponde in en my wolbale se gewig val met die helfte.

Toe verander hulle die reën na millimeters en ons het nog nie weer een duim gehad nie.

Wat doen hulle toe? Bring ’n ding genaamd Celsius in en die temperatuur val met 20 grade. Geen wonder my pynappels groei nie!

Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle toe van akkers na hektare en ek eindig op met net helfte van die grond wat ek gehad het.

Ek besluit toe om te verkoop. Ek het net die plek in die mark gesit toe hulle verander van myle na kilometers – en nou is ek te vêr uit die dorp uit vir enigiemand om belang te stel!

Dis vooruitgang.

Tegnologie

Van der Merwe het per ongeluk sy karsleutels binne-in die kar toegesluit.

Dit het hom ’n hele vyf ure geneem om sy familie uit die kar uit te kry!

Jaghond

’n Jaghond lê in ’n erf waar ’n ou man in ’n oorpak op die stoep sit.

''’Skuus tog meneer, byt u hond?'' vra ’n toeris. Die ou man kyk op oor sy koerant en sê, ''Nee.''

Toe die toeris uit sy kar uitklim, begin die hond grom en tande wys en val toe die man aan. Soos wat die toeris woes in die stof sy arms rondswaai, skree hy, ''Ek dog jy sê jou hond byt nie!''

Die ou man mompel, ''Dis nie my hond nie.”

Wees baas

’n Man onder die pantoffelregering het ’n sielkundige gaan sien om homself meer te laat geld. “Moenie dat jou vrou op jou kop sit nie,” sê sy. “Gaan huis toe en wys haar wie’s baas.”

Die man besluit om die sielkundige se raad te volg.

Hy gaan huistoe, slaan die deur, waai sy vuis in sy vrou se gesig en grom, “Van nou af doen jy wat ek sê. Ek wil nou my aandete hê. Sodra dit op die tafel is, gaan boontoe en kry my klere vir vanaand reg. Ek gaan uit saam met die ouens. Jy gaan by die huis bly waar jy hoort. En nog ’n ding, weet jy wie gaan my das knoop?”

“Ek weet, ja,” sê sy vrou kalm, “die begrafnisondernemer.”