awsum suid kaap (sep) - laerskole

12
SEPTEMBER 2013 SOUTHERN CAPE PRIMARY SCHOOL LAERSKOOL GRATIS FREE NUUS NEWS Tel: 021 872 3880 [email protected] www.awsum.co.za Fax: 086 574 4798 3 Local is lekker 4 Laerskool Hartenbos 7 George Voorbereiding 9 Laerskool Blanco 12 Laerskool Buffeljags Hierdie avontuur is vir die hele familie, ouma inkluis. Dit is gebaseer in die pragtige inheemse woude van die Tsitsikamma op die ooste kant van die Tuin Roete. Vir klein kinders en bangbroeke is daar die opsie om in tandem te doen met ‘n gids aan jou sy. Te oordeel aan die breë glimlagte kan jy sien dit is vet pret en dat die kinders vreesloos is en eerder verkies om solo te gaan. Terwyl almal se harnasse in geknip word, is daar baie tyd om rond te kyk en die natuurskoon te bewonder. Die bos bewe letterlik van die voëltjies, ape en ander diere. Of jy nou die stilte waardeer of soos Tarzan ‘n oerkreet uitlaat, jy doen dit op jou manier. Die dag begin met ‘n veiligheidspraaitjie en ‘n 4x4 rit om. Daar is 10 ‘foefie slides’ wat jou zip van een boomtop platform na die volgende. Hulle begin redelik stadig en matig en dan neem die spoed toe. Die kinders en grootmense geniet die reuse boomhuise, wat baie hoër is as enige boomhuis wat jy as kind gehad het. Geen bome is beseer tydens die installasies nie, nie ‘n enkele spyker is in ‘n boom gekap nie. Hoe is daai vir eko vriendelikheid? (Fotos van Tsitsikamma Canopy Tours) Wat maak jy die vakansie?

Upload: awsum-news

Post on 28-Mar-2016

292 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

SEPTEMBER 2013 SOUTHERN CAPEPRIMARY SCHOOL LAERSKOOLGR

ATIS

FREE

NU

US

NEW

S

Tel: 021 872 3880 [email protected] www.awsum.co.za Fax: 086 574 4798

3 Local is lekker 4 Laerskool Hartenbos

7 George Voorbereiding

9 Laerskool Blanco

12 Laerskool Buffeljags

Hierdie avontuur is vir die hele familie, ouma inkluis. Dit is gebaseer in die pragtige inheemse woude van die Tsitsikamma op die ooste kant van die Tuin Roete. Vir klein kinders en bangbroeke is daar die opsie om in tandem te doen met ‘n gids aan jou sy. Te oordeel aan die breë glimlagte kan jy sien dit is vet pret en dat die kinders vreesloos is en eerder verkies om solo te gaan. Terwyl almal se harnasse in geknip word, is daar baie tyd om rond te kyk en die natuurskoon te bewonder. Die bos bewe letterlik van die voëltjies, ape en ander diere. Of jy nou die stilte waardeer of soos Tarzan ‘n oerkreet uitlaat, jy doen dit op jou manier. Die dag begin met ‘n veiligheidspraaitjie en ‘n 4x4 rit om. Daar is 10 ‘foefie slides’ wat jou zip van een boomtop platform na die volgende. Hulle begin redelik stadig en matig en dan neem die spoed toe. Die kinders en grootmense geniet die reuse boomhuise, wat baie hoër is as enige boomhuis wat jy as kind gehad het. Geen bome is beseer tydens die installasies nie, nie ‘n enkele spyker is in ‘n boom gekap nie. Hoe is daai vir eko vriendelikheid? (Fotos van Tsitsikamma Canopy Tours)

Wat maak jy die vakansie?

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

2

In 1998 was die gemiddelde opbrengs op geldmarkfondse sowat 22% per jaar! Baie mense het gedurende hierdie tyd na geldmark beleggings beweeg en dié wat van rente-inkomste afhanklik is, het breed geglimlag. Vandag lewer dieselfde geldmark beleggings ‘n gemiddelde opbrengs van ongeveer 5% per jaar en is dit met inflasie in ag genome, ‘n bateklas wat negatief groei… Steeds is daar tans 37 Suid Afrikaanse geldmarkfondse met ‘n ongelooflike totale waarde van sowat R264 biljoen. Hierdie statistiek dui daarop dat beleggers steeds bereid is om lae opbrengste te aanvaar wat toegeskryf kan word aan 2 hoofredes: ‘n Gebrek aan goeie advies of ‘n gebrek aan alternatiewe geleenthede… Hoe bestuur ek my kontant portefeulje? Eerstens is dit belangrik om te sorg dat u likiede fondse die bes moontlike geldmarkkoers verdien. Beleggers is dikwels onbewus dat die 37 fondse se opbrengskoerse weekliks verander wat veroorsaak dat baie mense minwetend aan die agterste speen suig. NIFLAS bied aan u die geleentheid om die top geldmarkkoers te verdien op ‘n daaglikse basis.Tweedens moet u advies verkry rondom watter deel van u beleggings portefeulje aan alternatiewe instrumente bloodgestel kan word om sodoende verbeterde opbrengste te verkry. Met behulp van goeie advies en goed berekende risikos sal u aangenaam verras wees hoe eenvoudig dit is om u opbrengs na sowat 13% te verhoog. Of dit goeie tye of dit swak tye is, die belangrikste is om jou eie geld ekonomie te skep.Vir meer inligting of advies skakel my gerus vir ‘n afspraak. Wilhelm (Tel. 086 164 3527)

Geldmark is swak belegging op sy eie

The waves surf shop will be offering at this year’s sports festival and street party.1. 20th September 2013 – Pre registration for Downhill Skaters at WAVES SURF SHOP, 47 Marsh Street, Mossel Bay 2. 21st September 2013 – Downhill racing starts at 7h30 from 17th Avenue, where 17th ave intersects with 18th ave & 15th avenue. 3. The Red Bull Arch will be placed at the finish line. This will be at the base of “Park Side West”4. There will be a break for an hour [roughly 12:30 – 13: 30] during the race for reseeding to take place after, practice runs, time trials and pre-qualifying heats. 5. 13h30 / 14h00: the start of the final heats with the event coming to an end by about 18h00. Prize giving : WAVES SURF SHOP, 47 Marsh Street at 18h15 for 18h30. 6. The Element mini ramp will be ready for FREE skating by 10h00 onwards on the 21st, directly opposite WAVES SURF SHOP, 47 Marsh Street. 7. “Grind the Metal” skate contest for Beginner, Junior and Open divisions: On the Element mini ramp on the 21st from 15h00 – 17h00 at WAVES SURF SHOP, 47 Marsh Street. Entry fee will be R50. 10. From about 18h45 / 19h00, the Behoort / Belong Church will be offering live music with bands from Cape Town, a Rock Band with hip hop dancers from Pretoria, a local Rap duo, a Local school band and much more. The stage and sound systems: adjacent to WAVES SURF SHOP in front of the Free Masons Stone building. 11. During the evening of the 21st, a public viewing of the Red Bull Movie, “The Art of Flight” will be shown on a big screen.12. Sunday, the 22nd September : “Slide & Cruise Alwyndal” skating

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

3

So everybody is going on about Low Food Miles. What is the big deal, and why should we be concerned? Food Miles can best be described as the total distance food travels from the grower to your plate, including travel to and from processors and retailers. In days gone by, this never used to be a problem, we as consumers had to make do with whatever the land produced. Eating oranges in the middle of summer? Never! Asparagus in July? Never heard of it!But then if it is available somewhere on the globe, why shouldn’t we indulge? The world is getting smaller after all! Because transporting your food long distances involves lorries and aeroplanes. And lorries and aeroplanes use lots of fuel and emit tons of CO2 emissions, contributing to global warming. But that’s just the starting point. Other reasons why we should be reducing food miles wherever possible include wanting to eat fresher food, in season; supporting local and regional producers and the economy; and preventing 3rd world countries from cutting down forests and losing their own food, because big companies see food as a commodity, rather as a way to feed the people of that country.That is why we at Meade Café are so passionate about supporting our local farmers, buying what is in season, from farmers we know by name. We believe in local trade, fresh and innovative food choices and putting the best of the Garden Route on your plate. Our Harvest Table that is decked out in Bistro Style between 12pm and 2pm is evident of this. Expect to see sun ripe tomatoes, plump strawberries and the crispiest salad greens and herbs on the menu. Not to mention fresh Ricotta and Mozzarella! Sounds like the best Caprese Salad in town? You bet!

Why Local is Lekker

Die KFC Punt Krieketfees word vanjaar vir die 15de keer vir O/19 Krieketspanne aangebied vanaf 20 – 24 September. Die 28 spanne wat vanjaar die grootste skole Krieketfees in Afrika gaan bywoon is:1. Hoërskool Punt2. Hoër Landbouskool Oakdale3. Hoërskool Outeniqua4. Glenwood House5. Hoërskool Oudtshoorn6. Langenhoven Gimnasium7. Hoërskool Sentraal (Beaufort-Wes)8. Hoërskool Dirkie Uys9. Hoërskool Stellenberg10. Hoërskool Hentie Cilliers11. Hoërskool Sentraal (Bloemfontein)12. Table View High13. Hoërskool DF Malan14. Worcester Gimnasium15. Hoërskool Brackenfell16. Die Brandwag Hoërskool17. Hoërskool De Kuilen18. Nico Malan Hoërskool19. Somerset College20. Hoërskool Durbanville21. Hoërskool Tygerberg22. Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar23. Hoërskool Despatch24. Hoërskool Bellville25. Hoërskool Strand26. Winterberg Uitnodiging27. Hoërskool Charlie Hofmeyr28. Hoërskool FairmontOp Saterdag 21 September vind daar ‘n Super Over wedstryd onder die ligte plaas. Elke span nomineer sy beste spelers om kragte te meet in hierdie wedstryd. Die idee van die wedstryd is om vir die spelers die geleentheid te bied om vriendskappe te bou met spelers van ander skole in ‘n minder kompeterende omgewing.

Blootstelling tydens die KFC Punt krieketfees 2013

www.awsumonline.co.za

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

4 Laerskool Hartenbos

0/12 Rugby:Na afloop van die SWD 0/12 finale Proewe te George is die volgende seuns Sarel Botha, Wallie Roux en Heinrich Alberts gekies om SWD tydens die jaarlikse o/12 Kusstreek Rugby Toernooi te verteenwoordig. Die toernooi vind plaas, vanaf 19 -21 Sept 2013 te Riversdal. Spanne verteenwoordig. SWD, Boland, WP, OP en Grens.

Revue 2013 “ ‘n Lewe” was hierdie jaar die tema van ‘n onvergeetlike en hartroerende Revue by Laerskool Hartenbos. Maande se voorbereiding en harde werk het gesorg dat oud en jonk dit geniet. Tydens 2 September tot 6 September was kaartjies elke aand uitverkoop en daar is gesorg dat elkeen in die gehoor die saal verlaat met ‘n mooi boodskap of goeie herrinnering. “Oupa en Ouma” het deur hul plakboek geblaai en dit het hul laat terugdink oor hulle lewe…… studente- lewe en troue, as jong werkende ouers, uitstappies na die dieretuin saam met hul groeiende kroos, oorsese vakansies, swaarkry, keuses wat hulle moes maak en dan hul geloof! Dit was absoluut die viering van die “ ‘n Lewe”! Geluk, hoop, liefde, blydskap en geloof!

Personeel spanbou:Die persooneel van Ls Hartenbos tydens n spanbou naweek. Die rooispan het die ander spanne uitgestof met die gees/ afdeling. Almal het die aktiwiteite en sprekers baie geniet.

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

5Laerskool Van Reede

Loslit dag:Onderwysers gaan terug skool toe op Loslit Dag 6 September 2013.

Van Reede Primary was founded in 1959. We have had the privilege of teaching and coaching a number of sportsmen and women who have achieved great heights in their specific fields. Sonia Laxton (athletics) , Barry Wolmarans (Springbok rugby), Herman Potgieter (javelin), Manie Olivier (SA Colleges and WP Country Districts Cricket) , Pedrie Wannenburg (Springbok rugby), Callie Wannenburg (SA u/19 rugby), J. C. Janse van Rensburg (SA u/19 and captain of the Lions rugby team), Cornell Hess and Garrick Matthee (SA/u19 rugby) , Bernado Botha (Springbok Sevens) , Gerhard Nortier currently playing for the Leopards rugby team and Waldo Lategan SA u/18 cricket and presently for SWD.

Krieket:Goeie sportmanskap gebeur nie net tussen ons leerders nie, maar selfs ons ouers en personeel speel lekker teen mekaar krieket.

Ons is trots op ons groep leerders wat SWD, Wes-Kaap & SA kleure ontvang het.

Drum Majorettes: RightVan Reede’s Drum Majorettes have been SWD champions for 11 years and have represented SWD at the past 9 SA National Championships. After finishing under the top ten for a number of years, they were selected to participate in the elite group this year. This was a huge challenge and a lot of hard work, but their hard work was rewarded with them achieving an official 8th place in the Champion of Champions category of the SA Nationals primary school section. Well done girls and coaches.

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

6 Laerskool Park

ATKV Redenaars-kompetisie:Laerskool Park se redenaars het weer baie goed presteer en het na die ATKV Redenaars-kompetisie se halfeindrondte in Port Elizabeth deurgedring.Agter v.l.n.r.: Marina Barnard; Amoreen EngelbrechtVoor v.l.n.r: Karlien De Wet; Zia Dippenaar.

Landloop:Drie landloopatlete om dop te hou. Dié drie het deurgedring na Mosselbaaistreek Kampioenskappe. Ons is baie trots op hulle.V.l.n.r.: Danelle Human; Anika Snyders; Jandri Snyders.

Ringbal:Ons is baie trots op ons ringbalspelers wat ingesluit is in die SWD Ringbalspan.V.l.n.r.: Shané Snyders; JP Delport, Lizelle Oosthuizen, Jazélle Els.

Die Burger-vasvrakompetisie: Hierdie vier leerders het Laerskool Park se naam hoog gehou tydens huldeelname aan die Burger-vasvrakompetisie in Durbanville waar hulle ʼn algehele 4de plek behaal het.V.l.n.r.: Christiaan Van Der Walt; Altus Lourens; Dillan Crause, Rika Nortjé.

Gimnastiek:Tydens die Kaaplanse Proewe vir gimnastiek het die drie leerders puik presteer. Hulle het al drie hul SWD-kleure in hul onderskeie dissiplines verwerf. Hulle het by die SouthZone Kampioenskappe in Uitenhage op 23-24 Augustus gaan deelneem.Tenuschca en Sarah is veelsydige gimnaste en is ook gekies om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in Oudtshoornop 6 – 7 September vir trampolien deel te neem. Ons is baie trots op julle.V.l.n.r.: Lolly Johnson; TenushcaBartman; Sarah Botha.

Skaak:Ons is baie trots op ons eie skaakkampioen, ReevanHeppelwat gekies is vir die SWD Skaakspan.

Yacht-en-Boat Klub:Karlien Van Der Bank seil nog net een jaar by die Yacht-en-Boat Klub en het reeds aan 3jaar se vlakke deelgeneem en deurgekom. Sy is ook aangewys as die leerder wat die beste vordering vir die jaar gemaak het. Ons is trots op jou en sien uit na groter prestasies.

Baie geluk!

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

7George Voorbereiding

OnderwystoekenningsVoorbereidingskool het vir Margot Kotze (Graad R- afdeling) en Ida Esterhuizen (Laerskole- afdeling) genomineer vir die Nasionale Onderwystoekennings. Baie geluk aan Margot Kotzé wat na die volgende rondte deurgedring het. Op die foto is (v.l.n.r.): Ida Esterhuizen, Mnr AD Roux en Margot Kotzé.

EisteddfodDevon Botha het ‘n A++ op die eisteddfod vir die voordrag van “Papegaai” ontvang. Hy is ook genooi om aan die Eisteddfod feeskonsert deel te neem.

EisteddfodCarlo van den Berg het ‘n A++ vir Vokale sang op die eisteddfod ontvang. Hy het almal met sy nagtegaalstemmetjie bekoor.

PretstapWat ‘n oulike dag, maar ‘n vrolike gebeurtenis! Voorbereidingskool se lentestap het in trietsige weer gebeur, maar die leerders se uitgelatenheid het almal se harte warmer laat klop.

GimnastiekLila Theunissen het by ‘n Suid-Afrikaanse gimnastiekkompetisie ‘n silwer medalje verower vir 6-jariges (vlak 1). Sy het ‘n algehele vierde plek op die dag behaal.

GimnastiekJayda van Antwerp het by ‘n suid-Afrikaanse gimnastiekkompetisie ‘n goue medalje verower en ‘n algehele tweede plek op die dag behaal.

SkaakVoorbereidingskool se skaakspan het met hul eerste plek deurgedring na die WP Topskole Uitdungeleentheid. Die slimkoppe is v.l.n.r: Conrad Holm, Cameron Caie, Heike Steinberg, Tim van Staden, Mathias Loubser en Michael Sweetbert.

EisteddfodVoorbereidingskool het meer as 70 kunsinskrywings vir die eisteddfod ingeskryf. Hier is ‘n paar van die kunstenaars met hul spogprente.

AWSUM!

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

8 Laerskool Wesbank

Netbal:Wesbank se 0.12A-netbalspan wat aan die “Top Skole” kompetisie in Stellenbosch deelgeneem het. Die span is in die Suid-Kaap onoorwonne vanaf 0.7:Agter: Anlizé Vermeulen, Elmé Botha, me. S Wallace (afrigter), Catherine Jonker, Anandie Kruger, Voor: Lea Loock, Laureka Wallace, Paula Coetzee, Marizaan Janse van Rensburg.

Netbal:Wesbank se 0.11A-netbalspan wat hierdie seisoen onoorwonne was in die Suid-Kaap.Agter: Nadia Coetzee, Minette Greeff, Erna Ganzevoort, Yvette Schreck, Christelle RetiefVoor: Anelda Coetzee,Louisa Swart, Jana Colyn.

Netbal:Wesbank se 0.10A-netbalspan wat hierdie seisoen onoorwonne was in die Suid-Kaap.Agter: Welmari Delport, Jonéll Botha, E van Rensburg, Kayla Steyn, AnukMaloneyVoor: RunéCameloVenancio, Lydia le Roux, Hannelize Olivier.

Ons onderwysers vier fees!Die onderwysers vier fees nadat hulle by die sportafsluiting die dogters 0.13-netbalspan gewen het.

Leerderraad 2de semester:Agter:Simoné Fourie, Pietie Botes, Charisa Steyn, Karla Roos, Johan du Plessis, Louis le Grange, John Barnard, Theuns Oosthuizen (onderhoofleier).3de ry: MC Adams, Carli Munro, Ruan Schreck, Jan-Ernst Brink, Roswitha Serfontein (hoofleier), Bertu Nel (hoofleier), Carla Swart.2de ry: Arno van der Berg, Leandré Gilbert, Clarissa Saaiman, Liesje Kruger, Jané Venter.Voor: Simoné Berry, Tarien Jonck (onderhoofleier), Leandré Beneke, JC Els.

Kermis: Kermis is groot pret by Wesbank. 20 Onderwysers in een ou antieke motor van Rawson-eiendomme.

Baie geluk!www.awsumonline.co.za

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

9Laerskool Blanco

Die ArendeDie Arende se bestuur, afrigters en spelers het ’n besoek aan Laerskool Blanco gebring. Handtekeninge is uitgedeel en die leerders kon die spelers beter leer ken. Michael du Plessis (foto) en Hannes Gous kon die dag van die wedstryd saam met die spelers deurbring en die voorwedstryd- en kleedkamer aktiwiteite ervaar.

EntrepreneursdagDie Grondslagfase hou entrepreneursdag. Leerders kon lekker eetgoed koop. Selfs die ouers was byderhand om te help.

Jeugskou-kompetisieTydens die George Landbouskou het leerders van die skool vir die eerste keer aan die Jeugskou-kompetisie deelgeneem.

EisteddfodEmma Cronje word aangewys as die mees veelsydige junior dogter tydens die Eisteddfod.

Laerskool Blanco presteer met kultuur by george eisteddfodLaerskool Blanco het vanjaar 158 inskrywings by die George Eisteddfod gehad. Selfvertroue, karakterbou en die ontwikkeling van talente op hierdie vlak word sterk deur die skool aanbeveel. 134 Diplomas met ’n A-simbool of beter is aan die Blanco leerders toegeken.Laerskool Blanco is trots om op elke gebied binne die skoolstruktuur mededingend te wees met die ondersteuning van die onderwysers, ouers en gemeenskap. Sulke uitslae vestig net weer die aandag op die tipe vennootskappe wat daar in die skool bestaan.Emma Cronje wen vanjaar die trofee vir mees veelsydige junior dogter. Dit is dan ook die tweede agtereenvolgende jaar waar die wenner van hierdie prys van die George Eisteddfod van Laerskool Blanco is. ’n Puik prestasie in die lig van die hoeveelheid inskrywings.Marelise Coetzee wen ook vanjaar die trofee beste junior dogter, vokaal. Marelise was gedurende 2012 ook ’n groot uitblinker.Laerskool Blanco lewer ook 3 items tydens die feeskonsert waar die deelnemers uitgenooi word. Die Graad RR spreekkoor van me. Marianna Breedt was ook deel van hierdie konsert.Laerskool Blanco wil ook die aantal buite-afrigters bedank vir hul bydrae tot die sukses van die leerders asook die komitee vir die organisering van die George Eisteddfod wat hierdie geleentheid bied.

Laerskool blanco hou wynveiling12 September 2013 was ’n hoogtepunt op die kalender van fondsinsameling. 220 Gaste is op spesiale wyse trakteer by Tramonto as deel van die jaarlikse wynveiling van die skool. Hierdie geleentheid het so in statuur gegroei dat daar ’n

omset van meer as R200 000 bereik is. Die sukses, goeie wyne te koop, ’n uitstekende geleentheid en ’n BHL wat hard agter die skerms werk om hierdie funksie suksesvol te bestuur.

Jaco Jacobs besoek as deel van leesweek 2013Die bekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, het die leerders bietjie van sy geheime en nuwe boeke vertwel. Ons leerders is gek na lees en hy was verbaas dat soveel leerders baie van sy boeke ken. Kreatiewe ontwikkeling bly deel van die visie en missie van die skool.

Prestasie op sportgebiedBraam van Huyssteen word gekies vir die 0/13 SWD 7’s wat gedurende die vakansie in Pretoria gaan deelneem.Simonn Swanevelder word gekies om die Weskaap gimnastiekspan te verteenwoordig.Margo Viljoen verteenwoordig SWD perdry en kwalifiseer vir WP kleure.

SkoolsakeInskrywings vir graad 1 het gesluit nadat die getal leerders die perk van die skool bereik het. Slegs kansellasies kan voornemende ouers in staat stel om toelating tot die skool te kry.Die skool het 2 nuwe interaktiewe borde ontvang. Hyundai George was die hoofborg van hierdie projek. Ons leerders word nou blootgestel aan moderne tegnologie en onderrig wat op ’n baie meer praktiese en visuele manier oorgedra word. Graag bedank ons ouers, besighede en vriende van die skool wat gedurende hierdie kwartaal gehelp het om deel te vorm van ons skool se suksesverhaal.

Suidkaap KinderkoorLuanke Pieters, Emma Cronje en Anemie Werner as deel van 2013 Suidkaap Kinderkoor.

SWD SkaakRC Coetzee, Uys Cronje, Jan Abraham MostertPierre van Loggerenberg, Ainé Ferreira en Thinus van den Berg.

Leerders wat aan George Eisteddfod deelgeneem het.

Braam van Huyssteen SWDGekies vir die O/13 SWD 7’s

Simonn Swanevelder Weskaap gimnastiek.

Ons leerders blink uit

AWSUM!

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

10 Laerskool Oudtshoorn Noord

Krieket:Lian Botha is verkies tot die Oudtshoorn-streek krieketspan. Sy afrigter en sportassistent by ons skool, mnr. Deon Oliphant, is as afrigter van die span aangewys. Lian het op Saterdag 14 September tydens ’n wedstryd teen Mosselbaai se streekapan, die besondere pretasie behaal deur 5 paaltjies te neem en slegs 12 lopies af te staan.

WOW Spelkompetisie: Elf leerders van Laerskool Oudtshoorn-Noord het op Saterdag, 7 September aan die WOW (Woorde Open Wêrelde) Spelfees se distrikskompetisie op Knysna deelgenaam. Dit vorm deel van die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees. Vyf van die leerders het na die Provinsiale WOW Spelfees deurgedring wat op 21 September op Stellenbosch plaasvind. Tussen hulle het hulle drie silwer en een brons medalje verower.Die elf deelnemers is voor van links Nolani Fourie, Nikita du Plessis, Lin-Mari Raal. Middel van links is Willem Schoeman (brons medalje), Quintin Retief, MAreike Steyn, Mia Brynard (Silwer medalje). Agter links is LAnè Gerber (Silwer medalje), Rahma Mohamud (brons medalje), Me. Hanlie Crous, Jarista Young (een van die leerders wat deurgedring het ) en Johmic Lourens.

Modeparade senior afdelingTydens ’n modeparade wat op Vrydag 13 September by L/s Oudtshoorn-Noord aangebied is, is die senior afdeling se uitslae soos volg: Chris-Marié Tolken - Mej. Oudtshoorn-Noord; Cole Louw – mnr. Oudtshoorn-Noord; Carlin Campher – eerste prinses; Aiden Felkers – eerste prins; Hanlie de Kock –tweede prinses en Ruaal Booysen – tweede prins.

Modeparade junior afdeling.Lin-Mari Raal - Mej. Junior Oudtshoorn-Noord; Gustav Barkhuizen – mnr. Junior Oudtshoorn-Noord; Michaan Booysen – eerste prinses; Quintin Retief – eerste junior prins; Carie Maphalaphatwa –tweede junior prinses en Junaide Felkers – tweede junior prins.

Karate:Thysie Fourie het op Sat. 17 Augustus aan die OGKK Provinsiale Kampioenskappe 2013 deelgeneem. Hy het goue medaljes in Kata en Irikume behaal. Thysie was die enigste deelnemer van sy klub wat dubbel goud verwerf het.

Laerskool Volschenk

Laerskool Volschenk EisteddfodDie jaarlikse Ratem Eisteddfod het hierdie jaar van 26 tot 29 Augustus in Riversdal plaasgevind. ‘n Groot aantal Volschenk leerders het weereens hierdie jaar aan al drie afdelings deelgeneem en uitstekend gevaar.

Eisteddfod musiek items

Die beoordelaar van hierdie afdeling was dr. Sjoerd Alkema, dirigent, musiekkenner en UNISA-beoordelaar, vanaf die Kaap.

Eisteddfod voordrag gr. 4-7

Gholfdag: Laerskool Volschenk het Saterdag, 7 September, ‘n baie geslaagde gholfdag gehou.Op die foto staan vlnr. Mnr. Neil Bredenhann (ouer), Stephan Erasmus (leerder) en sy pa, mnr Frikkie Erasmus en mnr Danie van der Nest (skoolhoof) gereed om af te slaan.

Tennis SWDTien van Laerskool Volschenk se tennis spelers is reeds vanjaar in die SWD-tennisspan opgeneem. Hulle is:Agtervlnr: Dayan Simon, Le Roux Pepler en José SilvaMiddelvlnr: DerickJooste, InéLourens, MariechenGoedhalsen Jovan SimonVoorvlnr: Pieter Marais, Stefan Marais en Emilio Silva

Die leerders van Laerskool Volschenk se Musiekakademie het op Woensdag, 14 Augustus, hul talente op die verhoog by die jaarlikse musiek aand ten toongestel.Daar was kitaar-ensembles, ’n xilofoon orkes, klaviersolo’s en-duette, klawerbord solo’s en blokfluite. Die musiek onderwyseressee, mee. Tersia Muller, Petro Botha en Maggie Filmalter, is baie trots op hulleerlingewat so mooioefen. ‘n Mens kry mos niks regs onder harde werk nie!

Baie geluk!

Eisteddfod kuns gr. 4-7Eisteddfod kuns gr. 1-3

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

11Laerskool Knysna

Ons het die afgelope weke ‘n fantasties Revue aangebied genaamd : Viva la Musica

Revue 2013 Laerskool Knysna se Revue was weer eens ‘n reuse sukses!Pragtige sang en goed afgerigte danspassies, het meer as 2 400 mense tydens 8 vertonings vermaak en op hul voete gehad! Saterdag, 31 Augustus was die Gala-aand wat “koninklik” was en absoluut glans aan die tema “Crowns and Crystals” verleen het. Ons is trots op die hele personeel van Laerskool Knysna en veral op die 170 kinders wat aan hierdie puik produksie deelgeneem het.

Dit is die Laerskool Knysna, die bésigste, bésigste skool:

Dit is die maand Augustus,Die bésigste, bésigste maand.Dan oefen die kinders RevueSommer tot laat elke aand! Dit is die maand Augustus,Die bésigste, bésigste maand.Onnies samel punte inEn hou nog toesig indie aand. Dit is die maand Augustus,Die bésigste, bésigste maand.Die dames sing en ons hoorDarem gelukkig geen kattekoor. Dit is die maand Augustus,Die bésigste, bésigste maand.Dis kostuum, tafels en krap in die stoorEn wraggies, rapporte lê nog voor. Dit is die maand Augustus,Die bésigste, bésigste maand.Die kinders slaan en oefen nog hul hoekiesHierdie hokkiespelers is harde koekies. Dit is die maand Augustus,Die bésigste, bésigste maand.Na Revue, is onnie, ouer en kind gedaan,Elke hart nou sag, op elke wang ‘n traan. Dit is die Laerskool Knysna,Die bésigste, bésigste skool.Almal verlang na bietjie erkenning,Maar, hierdie werk is baie nes sending,Nie altyd op aarde word danke gedoen,Maar, op jou knieë, voor die Skepper, sal jyOp elke wang ontvang, ‘n groot klapsoen. Rob Stoker

KPS learners Kirsty Havenga and Amy-Li Warnick’s artworks were selected by Hospice Knysna to be reproduced on the organisation’s Christmas cards, to be printed soon. Hospice was very impressed by the standard of art produced by the school’s learners. The Christmas cards will be sold to raise funds for Hospice.

Mandela Day:Five years ago, a group of Gr. 1 learners and their siblings volunteered their time during the school holidays to plant indigenous plants in the school garden.They honoured Nelson Mandela’s wish that one should spend 67 minutes of your time towards a good cause. On the 12th of August 2013, Julia Norval, Leigh Paton,Lily and Sebastian Welgemoed, spent another 67 minutes of their time to work in the garden. They had the opportunity to assess the growth of the Aloes they had planted in 2009. They also planted a “vertical garden” with drought-hardy plants.We commend their work.

Little Elephants (voederskool tot Laerskool Knysna) se graad R’s besoek die plaaslike Polisie.

AWSUM!

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

12 Laerskool Buffeljags

Woensdagaand, 26 Oktober 2012 het die inwyding van die boomklasse en kaasfabriek plaasgevind. Byna 60 borge met hulle gades en ouers, het die aangename en geskiedkudige geleentheid bygewoon. Ongelukkig kon die borge van Duitsland, ens. nie die geleentheid bywoon nie.Die twee klaskamers se name is tydens die inwyding bekend gemaak : “Buffeltjienes” en “Hooggedroom”

Boomklasse en Kaasfabriek inwyding

Heike Badenhorst na SpanjeHeike Badenhorst, graad 7 leerder, het tydens die Desember 2012 vakansie, aan die SA Dance Grand Prix kompetisie in Sasolburg deelgeneem.Danseresse het in twee groepe deelgeneem naamlik as ‘n duet en as ‘n trio. Heike was deel van ‘n trio. Heike se groep was baie gewild onder die mense en het goue medaljes verower. As dansskool het hulle ook ‘n trofee verower as die dansskool wat die meeste punte tydens die kompetisie behaal het.Hulle groep is ook gekies as deel van die Suid-Afrikaanse groep dansers wat Suid-Afrika by die Europese Dance Grand Prix, wat gedurende Junie 2013 in Barcelona plaasvind, sal verteenwoordig.‘n Spesiale woord van dank aan Heike se dansafrigster, Me. Rochelle Skead, wat ons kinders hierdie geleentheid bied en hulle baie goed voorberei vir hierdie soort kompetisies.Heike, Laerskool Buffeljagsrivier is baie trots op jou met die prestasie behaal en wens jou en jou spanmaats alles van die beste toe vir die komende kompetisie.

En so breek die dag van feesviering aan, Reünie 2013.Met Laerskool Bertie Barnard oppad vanaf Stilbaai, is daar ‘n opgewondheid wat heers. Daar ‘n groot gewerskaf in die lapa. Voorbereidings word getref vir al die etes wat voorberei moet word vir al die honger kinders, ouers, vriende en onderwysers.Met ‘n geesdriftige skare leerlinge, onderwysers en ouers teenwoordig, begin die dag se verrigtinge. Op die rugby- en netbalvelde word kwaai gekompeteer. Van die O/7 spannetjie tot met die O/13 spanne speel laat dit bars en elke leerling gee sy beste.

Reunie 2013

Die skoolhoof van Laerskool Buffeljagsrivier , Mnr. Edward Fritz, is op ‘n spoggeleentheid van die WKOD aangewys as die Provinsiale wenner vir die afdeling, “ Leierskap in Primêre Skole”.Mnr. Fritz is vereer vir sy innoverende en kreatiewe denkwyse en die manier waarop hy sy skool se leerders bemagtig deur veel meer as net die gewone onderwys te bied. Hier word veral verwys na sy uitstaande toutrekresultate deur die jare, die melkbokboeredery en kaasmakery wat hy by die skool tot stand gebring het, boomklasse waarin die kinders skoolgaan en ook die feit dat die skool een van die beste akademiese presteerders in die Wes-Kaap is. Voorts het hy ‘n wonderlike gawe om met kinders te werk en die beste uit elke kind te haal en sy grootste ideaal is dat skoolgaan vir hul lekker en sinvol moet wees. Hy glo as kinders positief oor hul skool is, dit ook positief reflekteer in hul skoolwerk en alles wat hul aanpak.Mnr Fritz sê dat hy nie hierdie sukses by sy skool sou bereik het, as dit nie was vir die ondersteuning en hulp van die beheerliggaam, ouers en gemeenskap van Buffeljagsrvier nie. “Hul glo in my en gee vir my die geleentheid om my drome vir die kinders, uit te leef.”

Ons skoolhoof is provinsiale wenner (“teachers awards”)

Laerskool Buffeljagsrivier het in 2011 uitstekend gevaar by die Agri Megaweek se Junior Bokskou gehou te Bredasdorp. Van die graad 1 leerders het vir die eerste keer deelgeneem en baie goed gevaar. Die beoordeellaars was vol lof vir die “klein Buffeltjies” en het ook die nodige advies gegee vir toekomstige kompetisies.

Junior bokskou

Baie geluk!