awsum suid kaap (sep) hoërskole

12
SEPTEMBER 2013 SOUTHERN CAPE HIGH SCHOOL HOËRSKOOL GRATIS FREE NUUS NEWS Tel: 021 872 3880 [email protected] www.awsum.co.za Fax: 086 574 4798 3 Goodbye razor 4 Hoërskool Outeniqua 7 Hoërskool PW Botha 9 Hoërskool Oudtshoorn 12 Hoërskool Langenhoven Hierdie avontuur is vir die hele familie, ouma inkluis. Dit is gebaseer in die pragtige inheemse woude van die Tsitsikamma op die ooste kant van die Tuin Roete. Vir klein kinders en bangbroeke is daar die opsie om in tandem te doen met ‘n gids aan jou sy. Te oordeel aan die breë glimlagte kan jy sien dit is vet pret is en dat die kinders vreesloos is en verder verkies om solo te gaan. Terwyl almal se harnasse in geknip word is, daar baie tyd om rond te kyk en die natuurskoon te bewonder. Die bos bewe letterlik van die voëltjies, ape en ander diere. Of jy nou die stilte waardeer of soos Tarzan ‘n oerkreet uitlaat, jy doen dit op jou manier. Die dag begin met ‘n veiligheidspraaitjie en ‘n 4x4 rit. Daar is 10 ‘foefie slides’ wat jou zip van een boomtop platform na die volgende. Hulle begin redelik stadig en matig en dan neem die spoed toe. Die kinders en grootmense geniet die reuse boomhuise, wat baie hoër is as enige boomhuis wat jy as kind gehad het. Geen bome is beseer tydens die installasies nie, nie ‘n enkele spyker is in ‘n boom gekap nie, hoe is daai vir eko vriendelikheid? (Fotos van Tsitsikamma Canopy Tours) Wat maak jy hierdie vakansie?

Upload: awsum-news

Post on 28-Mar-2016

293 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013 SOUTHERN CAPEHIGH SCHOOL HOËRSKOOLGR

ATIS

FREE

NU

US

NEW

S

Tel: 021 872 3880 [email protected] www.awsum.co.za Fax: 086 574 4798

3 Goodbye razor 4 Hoërskool Outeniqua

7 Hoërskool PW Botha

9 Hoërskool Oudtshoorn

12 Hoërskool Langenhoven

Hierdie avontuur is vir die hele familie, ouma inkluis. Dit is gebaseer in die pragtige inheemse woude van die Tsitsikamma op die ooste kant van die Tuin Roete. Vir klein kinders en bangbroeke is daar die opsie om in tandem te doen met ‘n gids aan jou sy. Te oordeel aan die breë glimlagte kan jy sien dit is vet pret is en dat die kinders vreesloos is en verder verkies om solo te gaan. Terwyl almal se harnasse in geknip word is, daar baie tyd om rond te kyk en die natuurskoon te bewonder. Die bos bewe letterlik van die voëltjies, ape en ander diere. Of jy nou die stilte waardeer of soos Tarzan ‘n oerkreet uitlaat, jy doen dit op jou manier. Die dag begin met ‘n veiligheidspraaitjie en ‘n 4x4 rit. Daar is 10 ‘foefie slides’ wat jou zip van een boomtop platform na die volgende. Hulle begin redelik stadig en matig en dan neem die spoed toe. Die kinders en grootmense geniet die reuse boomhuise, wat baie hoër is as enige boomhuis wat jy as kind gehad het. Geen bome is beseer tydens die installasies nie, nie ‘n enkele spyker is in ‘n boom gekap nie, hoe is daai vir eko vriendelikheid? (Fotos van Tsitsikamma Canopy Tours)

Wat maak jy hierdie vakansie?

Page 2: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

2

In 1998 was die gemiddelde opbrengs op geldmarkfondse sowat 22% per jaar! Baie mense het gedurende hierdie tyd na geldmark beleggings beweeg en dié wat van rente-inkomste afhanklik is, het breed geglimlag. Vandag lewer dieselfde geldmark beleggings ‘n gemiddelde opbrengs van ongeveer 5% per jaar en is dit met inflasie in ag genome, ‘n bateklas wat negatief groei… Steeds is daar tans 37 Suid Afrikaanse geldmarkfondse met ‘n ongelooflike totale waarde van sowat R264 biljoen. Hierdie statistiek dui daarop dat beleggers steeds bereid is om lae opbrengste te aanvaar wat toegeskryf kan word aan 2 hoofredes: ‘n Gebrek aan goeie advies of ‘n gebrek aan alternatiewe geleenthede… Hoe bestuur ek my kontant portefeulje? Eerstens is dit belangrik om te sorg dat u likiede fondse die bes moontlike geldmarkkoers verdien. Beleggers is dikwels onbewus dat die 37 fondse se opbrengskoerse weekliks verander wat veroorsaak dat baie mense minwetend aan die agterste speen suig. NIFLAS bied aan u die geleentheid om die top geldmarkkoers te verdien op ‘n daaglikse basis.Tweedens moet u advies verkry rondom watter deel van u beleggings portefeulje aan alternatiewe instrumente bloodgestel kan word om sodoende verbeterde opbrengste te verkry. Met behulp van goeie advies en goed berekende risikos sal u aangenaam verras wees hoe eenvoudig dit is om u opbrengs na sowat 13% te verhoog. Of dit goeie tye of dit swak tye is, die belangrikste is om jou eie geld ekonomie te skep.Vir meer inligting of advies skakel my gerus vir ‘n afspraak. Wilhelm (Tel. 086 164 3527)

Geldmark is swak belegging op sy eie

Read AWSUM online at www.awsumonline.co.za

Page 3: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

3

We all know how embarrassing it can be to suddenly have hair appear in areas that we did not think possible! Worse even, if you develop a skin rash, trying to get rid of these hairs. There are a number of methods of removing unwanted hair: shaving, plucking, waxing and creams– all of which can be painful, time consuming and expensive over time. Shaving may last a day, waxing a couple of weeks, but none of them last forever – and therein lies the true beauty of laser hair removal.Laser hair removal as offered by Skinlogic, is a safe, virtually painless method of removing unwanted hair. It works by focusing a laser beam at the base of the hair follicle, halting hair growth. Laser hair removal can be used on any part of the body, including the most common problem areas: face, bikini area, legs and underarms. Many professionals and celebrities choose laser hair removal as it is considered the highest quality, most safe and effective way to remove unwanted hair. At Skinlogic, our experienced laser therapists fully explain the process and provide you with goggles to protect your eyes. We offer the latest in motion pain free procedure, however, some may experience light stinging or tingling during the session. Depending on the area being treated, it could take between 15 and 45 minutes to treat the area. You will need more than one treatment to achieve the best results. It is important that you do not suntan during or before your treatments. The Skinlogic team of doctors and therapists pride themselves in the high quality, safe and effective treatments that they offer. Why not book a free consultation and test patch with a laser therapist and experience the results for yourself.Contact Skinlogic - Tel: 044873655838 CJ Langenhoven Road

Goodbye razor, hallo laser!

Die KFC Punt Krieketfees word vanjaar vir die 15de keer vir O/19 Krieketspanne aangebied vanaf 20 – 24 September. Die 28 spanne wat vanjaar die grootste skole Krieketfees in Afrika gaan bywoon is:1. Hoërskool Punt2. Hoër Landbouskool Oakdale3. Hoërskool Outeniqua4. Glenwood House5. Hoërskool Oudtshoorn6. Langenhoven Gimnasium7. Hoërskool Sentraal (Beaufort-Wes)8. Hoërskool Dirkie Uys9. Hoërskool Stellenberg10. Hoërskool Hentie Cilliers11. Hoërskool Sentraal (Bloemfontein)12. Table View High13. Hoërskool DF Malan14. Worcester Gimnasium15. Hoërskool Brackenfell16. Die Brandwag Hoërskool17. Hoërskool De Kuilen18. Nico Malan Hoërskool19. Somerset College20. Hoërskool Durbanville21. Hoërskool Tygerberg22. Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar23. Hoërskool Despatch24. Hoërskool Bellville25. Hoërskool Strand26. Winterberg Uitnodiging27. Hoërskool Charlie Hofmeyr28. Hoërskool FairmontOp Saterdag 21 September vind daar ‘n Super Over wedstryd onder die ligte plaas. Elke span nomineer sy beste spelers om kragte te meet in hierdie wedstryd. Die idee van die wedstryd is om vir die spelers die geleentheid te bied om vriendskappe te bou met spelers van ander skole in ‘n minder kompeterende omgewing.

Blootstelling tydens die KFC Punt krieketfees 2013

Page 4: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

4 Hoërskool Outeniqua

Ons eerste rugbyspan, geneem nadat ons Marlow, Cradock met 18 – 6 geklop het in die Media 24 semi finaal. Ons span het vanjaar slegs een wedstryd verloor en het onder andere afgereken met Grey (Bloemfontein), Grey ( P E), Dr EG Jansen, Paarl Boys High, Noord Kaap, Waterkloof, en Glenwood. Die span is tans 3e op die SA Skole rugby top 20.

Die eerste rugbyspan

Ons hou ons 90 jaar fees

Ds Solly Osrovech (Hoofseun 1946) tydens die saal byeenkoms.

Leerders in vrolike luim tydens die saal byeenkoms.

9 Oud Kwaggas kry ere-toekennings van Outeniqua tydens die Feesdinee.

Hoërskool Outeniqua se eerste seunshokkiespan het 'n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Een van die hoogte van die seisoen was hul deelname aan die 0/18 Kaapstadse Internasionale Skolehokkiefees waaraan 38 seun -en dogtersspanne deelgeneem het. Hier het hul onder andere gelykop gespeel teen Nederland en HJS Paarl (Boys' High)gemaklik gewen.

Die eerste seunshokkiespan

Eskom Expo Juvan Nel en Alitia Grey het deelgeneem aan die Eskom Expo for Young Scientists in Stellenbosch. Hulle het ‘n goue medalje verwerf en ‘n spesiale prys vir die Beste Senior navorsingsprojek in ’n Fisika rigting ontvang. Hulle is verkies om die streek te verteenwoordig by die Nasionale byeenkoms in Gauteng.

Die Kwaggas se eerste krieketspan neem die vakansie deel aan die KFC Punt Krieketfees. HS Outeniqua se wedstydbepalings vir die gewilde toernooi is : Saterdag, 21 September teen HS Fairmont, Maandag, 23 September teen HS Brackenfell en Dinsdag, 24 September teen HS DF Malan - die wedstryde vind almal op Outeniqua se velde plaas en beloof om krieket uit die boonste rakke te lewer.

Die eerste krieketspan

Page 5: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

5Hoërskool Outeniqua

Kwaggas skitter in nasionale senior afrikaans olimpiadeVan die 79 leerders van Hoërskool Outeniqua wat hierdie jaar vir die nasionale Senior Afrikaans Olimpiade ingeskryf het, het 7 die top 100 lys gehaal. Die Kwaggas het besonder goed gevaar as in ag geneem word dat die nasionale wenner 81.3% behaal het, aangesien Danielle Vellema (gr. 10) en Sumeri Tromp (gr. 12) albei 80% behaal het. Persentasiegewys het hulle ‘n gesamentlike derde plek behaal.Die leerders wat die top 100 gehaal het, is Danielle Vellema. Sumeri Tromp, Danica de Bruin, Anri Holtzhausen, Annika Saunders, Mari Fölscher en Anneke Jordaan.Danielle, Sumeri, Danica, Anri en Annika is ook op die top 20 lys van Wes-Kaap.

DBVDie Kwaggas het onlangs tydens hul 90-jarige verjaarsdagvieringe 'n insamelingspoging ter ondersteuning van die DBV van stapel gestuur.Hier verskyn van die Kwaggas tydens die oorhandiging van die produkte saam met Tossie Botha (heellinks) van die DBV.

Kwaggaraad Hoërskool Outeniqua se Kwaggaraad vir die 2012/2013 - termyn het onlangs 'n geselligheid gehad waar daar afskeid geneem is van 'n voortreflike groep Kwaggaleiers. Hier verskyn die jong leiers in 'n ontspanne luim na die heerlike funksie wat erkenning verleen het vir uitstaande diens gelewer aan skool en gemeenskap.

Hoërskool Outeniqua se nuwe leerderleierskorps vir die 2014 - termyn is onlangs aangewys. Hier verskyn die nuutverkose Kwaggaraad :Vlnr : Riaan Kleyn, Kayla Lombard, Marli Droomer, Ilse-Marié Holtzhausen, Tiffany-Amber Phillips, Jade Mooi, Mari Fölscher, Anri Holtzhausen (hoofdogter), Esmarie Harmse en Karla Ferreira.Tweede ry lnr : Inge Conradie, Werner Venter, Kayla Ferreira en Leandri Dekker.Derde ry lnr : Adri Uys, Emma Engelbrecht, May du Plessis, Jeani Kruger, Lize Coetzee, Gabriël Louw, Thomas Fouché, Levin MÜller en Suané van As.Agter lnr : Gerrit Botha (Hoofseun), Eugene Collins, Christopher Roelofse, Wouter Jordaan, Jeandré Joubert, Bruwer Ackermann, Curtley Prins, Marnus Loubser, Marianne Breytenbach en Le Roux Baard.

Kwagga redenaars is kookwaterBaie geluk aan Estian Maree(gr 12) wat na die finaal van die nasionale ATKV redenaarskompetisie deurgedring het. Die Kwaggas wat na die semi-finaal deurgedring het:V.l.n.r: Ronell Robertson, Chloë de Swardt, Marli Koekemoet, Alida Fölscher, Basson Engelbrecht, Janel van Jaarsveld en Estian Maree wat ook na die finaal deurgedring het. Die Kwaggas is baie trots op hierdie leerders wat hulle woord met soveel selfvertroue kan doen.Kwaggas skitter in musiekblyspel

As deel van die feesvieringe tydens hulle 90ste bestaansjaar het die Hoërskool Outeniqua van 20 tot 25 Mei die Cole Porter musiekblyspel, “Anything Goes”, aangebied. Die leerders se talent is behoorlik ontgin en die Kwaggas het geskitter! Die danse, sang, orkesbegeleiding , kostuums, dekor en toneelspel was betowerend. Ook die verhoogbestuur is deur Kwagga-leerders behartig. Die produksie is onder die bekwame leiding van me Louise Louw(regie), me Karin Netley(musikale regie) en mnr Wehan van Jaarsveld(choreografie) aangebied. Die orkes is meesterlik deur mnr Norman Carless gedirigeer. Hierdie produksie het die skool se slagspreuk , KWAGGAS VIR KWALITEIT, weer gestand gedoen.

Kwaggas gaan op Belgiese toer!

AWSUM!

Baie geluk!

Page 6: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

6 Langenhoven Gimnasium

Die dirigente het Saterdag 17 Augustus tydens die jaarlikse interskole, Gimmie Gees laat vlam vat. Die dirigente het opgedaag op n groot geel brandweerwa, sirenes en al. Die tema van die dag was FIRE, en dit is duidelik uitgebeeld deur die hele dag! Gimmies het hulle harte uit gesing en die spanne ondersteun.Jochire Strauss, Stefani Swanepoel, Renette Du Plessis, Quinn-Lee Lourens, Nigel Jantjies en Tyron Korkee.

Saterdag 17 Augustus het die dag gemerk waarvoor elke Gimmie Eerste Seunshokkiespan speler heeljaar gewerk het. Ten spyte van die onvoorsiene omstandighede wat die week vooraf gegaan het, (2 spelers in motorfiets ongeluk) het die spelers met ‘n posetiewe gemoed en lus vir die dag by die veld opgedaag.Tydens die wedstryd het elke speler uitstekende passie en trots gewys. Die verdediging op die veld was uitstekend met Karl-Johann Ewerts en Sydney Stopforth wat soos rotse was. Gedurende die eerste halfte kon Punt nie een hou op doel kry nie. Ons aanval het in die tweede halfte meer in die wedstryd gekom, met Ruben Maritz wat goeie vaardighede getoon het en Schalk Marais wat die Punt verdediging deurmekaar gehardloop het.Ten spyte van die kanse wat geskep is, kon ons ongelukkig nie ‘n doel kry nie. Die wedstryd het 0-0 gelykop geëindig.Baie dankie aan elke lid van die span wat van hierdie jaar ‘n sukses gemaak het. Iemand bel die brandweer! GIMMIES IS AAN DIE BRAND!

'n Pienk Rugbybroek:’N PIENK rugbybroek het nuwe betekenis gekry vir die o.16A-rugbyspan van Langenhoven Gimnasium, wat besluit om met die dra van ’n pienk rugbybroek hul jaar op te dra aan Gimmies se onder-hoofmeisie, Mariska Barnard. Deur haar positiewe ingesteldheid en veggees het Mariska ’n inspirasie vir die span geword. Die o.16A’s word deur Aifa geborg en het Mnr. Willie Marais nadat die span beide Struisies en hul interskole teen Punt oortuigend gewen het, die truie aan die spelers geskenk. Die pienk broek het ’n wensimbool vir die span geraak en is die span besig met uitreike in hul gemeenskap om ook ’n verskil aan minderbevoorregtes te maak.

Netbal Interskole 2013:Dit was beslis ‘n moet sien wedstryd! As jy dit gemis het, het jy baie gemis. Dit was ‘n opwindende mooi wedstryd, waar albei spanne puik gespeel het. Gimmies was hart en siel in die wedstryd, maar ons oponente het gewen.Die emosie en trots van die wedstryd was waarlik iets om te beleef, en die spangees was ongelooflik. Elke speler het haar hart uitgespeel, en dit is ‘n voorreg om deel van Gimmies se eerste netbalspan te wees.

7's Rugby:Langenhoven Gimnasium het die jaarlikse Bredasdorp, 7's toernooi gewen. Daar was 16 top skole wat deelgeneem het aan die groot sportdag. Gimmies wen Paarl Gimnasium, 28-19 en Outeniqua, 15-12. In die finaal speel Gim teen Albert Myburg, Bredasdorp se tuisspan, en wen 29-0Die spelers,Voor: Brandon HaasMiddel: JC Meiring, Andre Williams, Johan Steyn(K), DJ Potgieter, Wikus OoosthuizenAgter: Michael Wood, Winre Stoffels, Shelwyn Dyssel, Charles Radebe, Domenic Smit & Robin LoloAfrigter: Tian StemmetFoto deur: Tian Stemmet

Langenhoven Gimnasium is Woensdag 28 Augustus deur Mnr. Pieter Snyman van die SKA (Square Kilometre Array) besoek. Hy het die leerders ingelig oor hierdie reuse projek buite Carnavon, asook die moontlike beroeps en loopbaan geleenthede wat beskikbaar is.Gimmies bied Akademiese sowel as Tegniese vakke aan, en ons Elektriese, Meganiese en Siviele-ingeneurs leerders het veral die praatjie baie geniet.

Eerste seunshokkie teen punt

Baie geluk!

Ons Dirigente

Square Kilometre Array

Page 7: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

7Hoërskool PW Botha

Ingenieurs grafika en ontwerp behels die integrasie van kognitiewe denke en vaardighede wat gebruik word om te ontwerp ten einde ‘n produk te vervaardig. Die vak konsentreer baie op die teken van masjienonderdele (Meganies) en huis / geboueplanne (Siviel). Die leerders kan die vak dan vanaf Graad 10 kies as een van hul keuse vakke. Die vaardighede van teken en ontwerp word dan geleer en daarna skakel hulle oor na rekenaartekene (CAD) PW Botha Kollege is baie bevoorreg aangesien ons reeds oor ‘n ten volle toegeruste rekenaarlabratorium beskik vir die uitsluitlike gebruik van die I.G.O. leerders.

Die kiewiet PW Botha se eie koerant:PW Botha Kollege se redaksiespan is ‘n groepie leerlinge wat soos ervare joernaliste probeer om die nuus van ons skool bymekaar te bring. Daar word eers nuus ingesamel en foto’s geneem. Daarna word die berigte geskryf en weer herskryf totdat elke lid tevrede is. Dit is ‘n groot spanpoging en daar is altyd ‘n groot afwagting en opgewondenheid voor “Die Kiewiet” George se strate tref. Hulle is ‘n groepie leerlinge wat ons as skool baie trots maak. Ons sien uit na “Die Kiewet” se volgende uitgawe.

PW Botha “Loslit” vir Carpe Diem:PW Botha is op baie vlakke betrokke by die gemeenskap maar op Loslitdag is dit die beurt van ons bure, Carpe Diem Skool. Op Loslit dag trek die leerders “civvies”aan en word die inkomste hiervan direk aan Carpe Diem geskenk.

PW Botha Kollege Netbal presteerders:V.l.n.r: Anna-Mi Grootboom (SWD o/19 Netbal), Me Seugnet Staats, Monique Barlow (SWD o/15 Netbal).Hierdie twee leerders van PW Botha Kollege het aan die Weskaap interprovinsiale netbaltoernooi in Worcester deelgeneem. Anna-Mi het baie goed gespeel en die skool is baie trots op haar. Die o/15 span, waar Monique gespeel het en Me Staats die afrigter was, het derde geëindig in die toernooi. PW Botha Kollege is baie trots op die prestasie van ons leerders en personeel.

Pw’s got talent!Tydens PW Botha se jaarlikse talentaand, PW’s Got Talent, het leerders aan hierdie skool weereens bewys dat hulle talente nie slegs tot die sportveld beperk is nie.Wilhelm Williams, ‘n leerder aan die skool, het ook verseker dat die aand ‘n reuse sukses was. Hy het verskeie deelnemers op die klavier begelei tydens hul optrede en het self ook deelgeneem aan die program met twee sang items.

Voice of an angel: Many learners at P.W. Botha College excel at extra mural activities and in so doing enrich the cultural wealth of the school. Sopranos and Baritones are encouraged to perfect their art in the school choir. Wilhelm Williams and Farren Augustus play an inspirational role by sharing their unique musical talents with all the learners. Farren was also chosen to take part at the Gala evening of the George Eistedfodd where she did a duo with Johan Potgieter.

Leerders word beloon vir goeie gedrag en skitterende samewerking!!Daar word maandeliks ‘n Ster van die maand gekies by die skool, gebasseer op goeie gedrag en samewerking. Elke register onderwyser moet ‘n leerder voorstel. Hierdie maand was ‘n uitsondering aangesien ‘n hele groep leerders gekies is.Die groep Graad 9 leerders is beloon met ‘n uitstappie na Engen waar hulle heerlik gekuier en ‘n melkskommel gedrink het.

Hamburger rekord!!!Die meerderheid leerders van die skool is afkomstig uit die agtergeblewe gemeenskap, dus is ons grootliks afhanklik van fondsinsamelings om ons skoolfonds aan te vul. Elke kwartaal word daar 1 groot projek aangepak om fondse te in. Hierdie kwartaal is daar besluit om hamburgers te verkoop. Almal se stoutste se verwagtinge is oortref met die bestellings wat in gekom het en die taak om 2 300 hamburgers te maak is aangepak. Dit was ‘n groot taak wat met ywer aangepak is en almal se hulp was ingeroep. Die dag was ‘n groot sukses!!

Ringbal spelers van formaatTwee van die skool se leerders het as deel van die SWD 0/17 seuns span gaan proewe speel in die Kaap by die Wes-Kaap proewe. Die Wes-Kaap span word gekies uit die vier unies naamlik WP, SWD, Boland en Weskus. Slegs 12 spelers word vir hierdie span gekies uit ‘n groep van 48. Met harde werk en goeie spel het hul albei hul Wes-Kaap kleure verwerf. Hul het die Wes-Kaap gaan verteenwoordig by die SA Kampioenskappe tydens die naweek van 6 September 2013. Die tellings was as volg: Wes-Kaap teen Gauteng 15 – 23, Wes-Kaap teen Gauteng ontwikkeling 36 – 24 en Wes-Kaap teen Vrystaat 16 – 12. Hier verskyn hul saam met hul afrigter van links André Hickman, Wayne Cameron en Alex Hickman.

Eisteddfod: RegsMercedes Koopman het puik gevaar tydens die Eisteddfod wat gehou was in Riversdal. Sy het met haar pratige stem ‘n sangsolo gelewer en ‘n Goud + verwerf. Met selfvertroue het sy ‘n voordrag gelewer en Goud verwerf. Op die foto staan sy saam met die skoolhoof, Mnr Karelse.

EisteddfodDie groepie leerders van die skool het deelgeneem aan die Eisteddfod wat gehou was in Riversdal. Daar is verskeie welslae behaal. Op die foto veskyn hulle saam met die skoolhoof, Mnr Karelse.

Hoërskool Albertinia

Page 8: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

8 York High School

Real Life Week at York took place from 2 September to 6 September. The grade 10's went to De Hoek near Oudtshoorn where they participated in a number of activities (abseiling, rock climbing, geology excursions, leadership development, GPS orienteering, ecology and nature conservation activities and loads of fun challenges). The intention of the week is to help grade 10 learners to develop their own leadership potential and to learn to tackle physical challenges.

Real Life Week

Gr. 10 Ecology Trip

Gr. 10 Learners at camp

Gr. 10's having fun on a waterslide Sarah Alcock absailingVenon Prins on waterslide

The grade 8’s had a week of creativity and fun. The theme of the week for the grade 8's were "Learn to give - green" They were asked to bring a number of material from home (recycling) and we created no-sew pillows and puzzles for underprivileged crèches, baked cookies for the old age homes in George, made aromatherapy scrubs that will be distributed at Phambihle home for battered women and children and at oncology, made soccer balls from plastic bags and made bean bags and skittles from old t-shirts and empty coke bottles. It is a week were the learners learn some crafts, create beautiful objects and have to give it away at the end of the day! Quite a life lesson.

"Learn to give - green"

Gr. 8's no sew pillows Gr 8's making aromatherapy scrubs

Grade 8's decoupage Mila Gould and Jason Boyes decoupaging bowls

Page 9: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

9Hoërskool Oudtshoorn

Kultuur by Struisies lewe behoorlik! Voor: v.l.n.r Chemealon Mei (drama) Marlene Vlok en Theunis Jacobs (musiek) middel: Danielle Stander en Hanneri van Vuuren (drama) agter: Kura en Katja Samouilhan. Küra Samouilhan is aangewys as die Hoërskole wenner in die kunsafdeling.

Jeugkuns en Fotoweek:Voor v.l.n.r Katherine Venter (algehele wenner Fotografie), Christelle Joubert, Mikhaila Coerecius middel: Ruth Coetzer (algehele wenner Hoërskole afdeling) Mia le Roux, Hilde Stumpf, Paula-Mari Roller, Nicole Verweyagter: Mnr. J Coetzer, Katja Samouilhan, Kura Samouilhan, Liza Marais en mnr. J Claassen

Kannaland Uithou/Vasbyt marathon: (Links)Ongelooflike prestasie ! Jessica-Lee Gough het in ysige weer deelgeneem aan die Kannaland Vasbyt Halfmarathon oor 40km en 'n brons medalje ontvang !!!

Gr10 Ontwerp Modeparade: (Regs)Heunis Hills het uitrustings uit weggooibare materiale gemaak vir sy opdrag in die vak Ontwerp en sy mede klasmaats het opgetree as modelle !Foto: Heunis Hills, Jana Bell en Bea Ellis

Baie geluk!

Page 10: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

10 Hoërskool Oakdale

Die 560kg-toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale is tydens die SA-kampioenskappe weer vanjaar as die SA-span aangewys vir deelname aan die Wêreldkampioenskappe gedurende September. Die span het op Vrydag, 6 September, hul SA-kleure in ontvangs geneem tydens ʼn amptelike oorhandigingsfunksie. Die span vertrek op Saterdag, 14 September, saam met hul afrigters, mnre. Piet Lourens en Riaan Stander, na Assen in Nederland waar die Wêreldkampioenskappe gaan plaasvind. Die Hoër Landbouskool Oakdale het nog 8 leerders aangewys om saamte toer sodat twee spanne ook aan die wêreld-klubkampioenskappe kan deelneem. Hul program vir deelname lyk soos volg:• Donderdag, 19 September - 560kg-klubkampioenskappe• Vrydag, 20 September - 640kg-klubkampioenskappe• Saterdag, 21 September - 560kg-wêreldkampioenskappeDie 560kg-toutrekspan van Oakdale het ook gedurende 2012 die land by die Wêreldkampioenskappe verteenwoordig en is as wêreldkampioene gekroon tydens die geleentheid.Hierdie span is oorgehaal om Suid-Afrika met trots te verteenwoordig en sal net tevrede wees met die beste.Die span:Agter vlnr – Alwyn Dippenaar, Anton du Randt, EP Odendaal, Stefanus Schoeman, James Cowley, Jan van Wyk, Leon Zietsman en Hans Schutte.Middel vlnr – Gerrit Swanepoel, Streicher Möller, Xander Barnard, Ian de Wet, MC du Plessis, Pieter Uys, Paulus Barnard en Franco CilliersVoor vlnr – Johann Neethling, Nemo Roelofse, Stadler Grobelaar, mnre. Riaan Stander (afrigter), Koos van Zyl (verteenwoordiger van Sentraal Suid Koöporasie – Hoofborg), Piet Lourens (afrigter), Johan Swart en mev Alana Odendaal (spanbestuurder)

Oakdale kombineer sport met opvoedkundige toer en besoek ook frankrykAfgesien van die toer na Assen in Nederland vir deelname aan die Toutrek-Wêreldkampioenskappe vertrek die 20 Oakdalers en hul afrigters na deelname aan die kompetisie na Frankryk waar hulle onder andere twee dae in Disneyland gaan vertoef en ook Parys gaan besoek. Hierdie groep se toerprogram lyk soos volg:23 – 24 Sept. - ParysHier besoek ons Disneyland, Eiffel Tower Chams Elysees, Arc de Triumph, Notre Dame de Paris, Cathedral, Louvre Museum, Saint Germain des Pres, Invalides.25 – 26 Sept. - AmsterdamOns gaan op ʼn begeleide bustoer wat ons neem deur die pragtige stad met sy geskiedkundige agtergrond en besoek ook verskeie kanale wat ʼn belangrike rol in Amsterdam se geskiedenis deel. Ons gaan ook die geleentheid hê om ʼn eksklusiewe boorreis deur van hierdie kanale te onderneem vanwaar ons die stad kan besigtig.

Oakdale oppad na wêreldkampioenskappe – verteenwoordig Suid-Afrika

MuurbalOns het die liga-uitslae van die muurbalontvang en is uiters trots op onsseuns se prestasie:• Oakdale 1ste-span wen die SWD 1ste liga vir die derde agter een volgende jaar.• Oakdale 3de-span wen SWD 2de-liga gesamentlik met H/S Punt.• Oakdale 5de-span is die naaswenners van die SWD 3de liga.Foto: Eerstemuurbalspan – vlnr Botha van Greunen, Benri van Greunen, Louhan Stanvliet en Johan van Schalkwyk.

Tennis: Oakdale-tennisakademie werp vrugte afOakdale beskik sedert 2010 oor die dienste van professionele afrigter, mnr. Wimpie Helmand. Wimpie is,afgesien van sy skitterende kwaliteite en prestasies as tennisspeler ‘n motiveerder en opvoedkundige wat die belange van sy spelers eerste plaas. Oakdale is ook vanjaar die ligawenners van die SWD-skoleliga, asook die wenners van die Boland-tennistoernooi in die Paarl en die Tjaart Vorster Tennistoernooi te Cradock.Foto: Agter vlnr – Harold Volschenk (1ste span), Kurt Eybers (1ste span), Francois du Toit, William Eybers en NJ Simon.Middel – Stef van HeerdenVoor vlnr – Mnr. Coco Theron (afrigter), Wilhelm Briers (1ste span), David Saayman (1ste span) en mnr.Wimpie Helmand (hoof afrigter).

Page 11: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

11Hoërskool Punt

Ons gouemedalje wenners, Werner Theron en Megan Janse van Rensburg in Gr.12, het ons naam hoog gehou met hul projek ‘Pond petrol’ en het ook die prys gewen vir die beste senior projek in die afdeling

Alternatiewe Energie. Werner en Megan is ook gekies om die skool te verteenwoordig by die nasionalekompetisie in Boksburg wat einde September sal plaasvind.

Anke van Zyl en Delia Sandilands het silwermedaljes ontvang vir hul projek ‘Marks making a point’. Hulle het ook die prys ontvangvir die beste senior projek in die afdeling Wiskunde en Statistiek.

Chané van der Westhuizen in Gr.11 het ‘n bronsmedalje ontvang vir haar projek ‘Recharge your car 4free’.

Hoërskool Punt behaal sukses in 2012In 2012 het Hoërskool Punt vir die eerste keer deelgeneem aan die Eskom Wetenskap Expo. Ons was die enigste skool in die Eden Karoo distrik wat deelgeneem het. Die skool het 4 projekte ingeskryf waarvan 1 goud, 2 silwer en 1 brons gewen het by die streekskompetisie in Stellenbosch. Chané van der Westhuizen en Robyn Collins het goud gewen met hulle projek ‘Tumble dryer saves ocean’ en Werner Theron en Santoné Benn het silwer gewen met hulle projek ‘ From peels to meals ‘. Hierdie twee projekte was ook gekies om in September aan die Nasionale kompetisie in Boksburg

deel te neem waar Chané en Robyn weer goud gewen het. Die leerders het ook ‘n iPad elk ontvang. Werner en Santoné het silwer gewen met hulle projekte.By die nasionale kompetisie kry leerders baie blootstelling en leerders kan gekies word om internasionaal te gaan deelneem. Daar is ook besighede wat leerders se idee kan oorkoop of beurse vir verdere studies kan aanbied.

Punt weer suksesvol in 2013Hierdie jaar het Punt weer gaan deelneem aan die streekskompetisie in Stellenbosch. Van die 3 projekte wat ons ingeskryf het

was daar 1 goud, 1 silwer en 1 brons. Werner Theron en Megan Janse van Rensburg het goud gewen met hulle projek ‘Pond Petrol’ wat handel oor biodiesel wat berei kan word uit alge. Hulle is ook gekies om Oktober in Boksburg by die Nasionale Ekspo te gaan deelneem. Delia Sandilands en Anke van Zyl het ‘n silwer medalje ontvang vir hulle projek ‘Marks making a point’ en Chané van der Westhuizen het ‘n brons gekry vir haar projek ‘Recharge your car 4free’.The benefits of participating in the Eskom Science Expo• Increase their awareness of the wonders of science

• Learn how to do proper research• Add to their knowledge and entrepreneurial possibilities• Give learners the opportunity to think creative and come up with new ideas• Broadening their scientific horizons• Meet new people and interact with experts in each fieldThe regional competitions normally take place each year at the end of August. We hope to host the regional competition for our district in 2015 at Point High School.

Punt een van twee leerders in Eden-Karoo distrik wat aan Eskom Wetenskap Expo deelneem

Baie geluk!Read AWSUM online at www.awsumonline.co.za

Page 12: AWSUM Suid Kaap (Sep) Hoërskole

SEPTEMBER 2013

NEWS NUUS

12 Hoërskool Langenhoven

Sommer vroegdag op Interskoledag, was die Swellies van Hoërskool Swellendam reeds in die moeilikheid teen ̀ n klomp goedgemotiveerde, entoesiastiese Dasse. Die punte wat die wenner van die Interskoletrofee bepaal, het met reëlmaat vir die Dasse ingerol, met mooi oorwinnings wat behaal is.

Toe die Dasse se eerste hokkiespan `n goeie oorwinning van 3-1 behaal en dit nog boonop opgevolg word met `n ewe puik 26-16 wen in die eerstespan netbalwedstryd, was die skrif aan die muur. Die eerste rugbyspan het in `n ewe opwindende wedstryd met 12 elk gelykop gespeel, maar

voor dié wedstryd is die plek waar die Interskoletrofee vir die volgende jaar gaan staan, rééds bepaal. Die Dasse verwerf 78 uit `n moontlike 100 punte… en sonder om te veel daaroor te sê, dink ek die geesdriftige Dasse was ook op die pawiljoen die wenner!

Dasse stoomroller die swellies

Stilte voor die storm:Die Dasse se afrigter, me. Lynette Gerber, Majo Kleynhans (Kapteine) en mnr. Piet de Villiers (Skoolhoof) klink ̀ n glasie voor die aanvang van die Eerstespan Netbalwedstryd, wat die Dasse met 26-16 beklink het.

Interskole is in die sakkie! Die seëvierende kapteins van Hoërskool Langenhoven se eerstespanne Jannes Bosman (Rugby), Izaan du Preez (Hokkie) en Majo Kleynhans (Netbal) spog met die Interskoletrofee.

Dasse gekeur:Vreugde is om te weet dat jou harde werk nie verniet was nie. Cobus Vermeulen(links), Nicola van Zyl( Hoofdogter) en Justin Marais (Hoofseun), is van die eerste matrikulante van Hoërskool Langenhoven wat gehoor het dat hulle vir uitdagende studierigtings gekeur is. Beide Nicola en Justin gaan medies studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, terwyl Cobus gekeur is vir die gesogte Veeartse- nykunde studierigting aan die Universiteit van Pretoria.

Jou skuif, ou maat!Dié twee Dasse is opgeneem in die SWD Skaakspan wat vanaf 14 tot 21 Desember 2013 aan die Interprovinsiale Skaaktoernooi in Durban gaan deelneem… en Krishna Hattingh (links) en Carl Adams (regs), weet watter skuiwe om wanneer te maak.

Eisteddfod-uitblinkers: Die Dasse het “ge-act”, gedrama, gesing, geskryf, “geteken” en gespeel – en as dit dalk baie snaaks klink, dit is nie.Eintlik het die Dasse hulle net duidelik laat geld in die jaarlikse Ratem Eisteddfod en het die volgende leerders uitsonderlik presteer : Agter vlnr : Patsy Oosthuizen (Skryf:Gedig – 88%), Andrea de Waal ( Kuns – 95%), Janke Schonken (Gedramatiseerde Poësie – 90% en Poetry – 100%), Gerswin Cupido (Poësie – 86%), Magdel van Zyl (Solosang – 97%), Jesse Vermeulen (Kuns – 92%), Anmari Janse van Rensburg (Klawerbord – 90%), Anja Uys (Blaasinstrumente – 97%; Klavierduet – 90%), Reze Fox ( Gedramatiseerde Poësie – 90%; Solosang – 90%) Voor vlnr : Stephren Saayman (Gedramatiseerde Poësie – 100%) en Christene Meyer (Klawerbordsolo – 92%) Petru van Nierop ( Kuns – 92%) was afwesig.

Ons drie eerstespanne:Die Dasse van Hoërskool Langenhoven op Riversdal, is ̀ n vrolike, vriendelike lot. Hier word dit duidelik weerspieël deur die skool se drie entoesiastiese eerstepanne. (Regs)

Rugby : `n goeie seisoenDie Dasse se eerste rugbyspan het `n goeie seisoen agter die rug.- iets waarop die skool besonder trots is. Benewens goeie uitslae wat regdeur die jaar gehandhaaf is, het die skool vanjaar ook seggenskap in Die Burger rugbykompetisie vir Kleinskole gehad. Nadat hulle die SWD-kroon verower het, het hulle die OP-kampioen (Ndzondolelo High) geklop om tot die finaal deur te dring. Ongelukkig het hulle hierdie wedstryd teen Hoërskool Excelsior van die Kaap, verloor.FOTO SCX-4623 : `n Opgewonde Dasse-eerstespan, na hulle oorwinning teen die OP- kampioen.

Baie geluk!