suid-afrika vir suid-afrikaners

Upload: mapstudio

Post on 10-Oct-2015

158 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

TBC

TRANSCRIPT

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    1/11

    MUSEUM

    S

    RESTAURANT

    E

    UITSIGRO

    ETES

    NATUURLEWE

    AVONTU

    RE

    MONUME

    NTE

    NASIONA

    LEPARK

    E

    SLAGVELD

    E

    BERGPA

    SSE

    VOETSLAAN

    PAAIE

    STRA

    NDE

    KULTUUR

    TERREINE

    BERGFIET

    SROETES NATUU

    RWANDE

    LINGS

    WYNPLASE

    GALERYE

    Deur Marille Renssen en Hirsh Aronowitz

    vir Suid-Afrikaners

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    2/11

    Bladsy

    Kitsvinder 3

    Kaart van Suid-Afrika 4

    Roete 1 - Tzaneen na Kruger 6

    Roete 2 - N2 Kaapstad na Oos-Londen 14

    Roete 3 - R62: Robertson na Oudtshoorn 24

    Roete 4 - Calitzdorp na Beaufort-Wes 32Roete 5 - Calvinia na Upington 38

    Roete 6 - Upington na Thabazimbi 46

    Roete 7 - Swellendam na Saldanhabaai 54

    Roete 8 - Swellendam na Calvinia 62

    Roete 9 - Grahamstad na Uniondale 70

    Roete 10 - Aliwal-Noord na Underberg 78

    Roete 11 - Bloemfontein na Harrismith 86

    Roete 12 - Pietermaritzburg na Harrismith 94

    Roete 13 - Durban na Oos-Londen 102

    Roete 14 - Port Elizabeth na George 110

    Roete 15 - Swellendam na Gordonsbaai 118

    Roete 16 - Calvinia na Kimberley 128

    Roete 17 - Johannesburg na Welkom 136

    Roete 18 - Beaufort-Wes na Vryburg 142

    Roete 19 - Kaapstad na Bloemfontein 150

    Roete 20 - Bloemfontein na Musina 158

    Roete 21 - Ceres na Clanwilliam 168

    Roete 22 - Durban na Mokopane 174

    Roete 23 - Harrismith na Kosibaai 184

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    3/11

    DorpsplanneNasionale parke

    Skandeer hierdie QR-kodes vir kaarte van nasionale parke en

    dorpsplanne vir hierdie afdeling (sien laaste bladsy van boek)

    102

    Durban se groot aantrekkingskrag is sy gematigde klimaaten betreklik warm see, veral in die middel van die winterwanneer die res van die land onder n ysige kleed bibber. Dieaangename winterweer is te danke aan die Indiese Oseaan sewarm Agulhasstroom wat die water tussen April en Oktoberteen om en by 25 C hou. Durban se strande is ook van dieland se veiligste; 234 km se haainette beskerm 320 km kuslyn,van Port Edward in die suide tot Zinkwazi-strand naby die

    Tugelamond, met n beskermde strook by Richardsbaaiverder noord.

    Die kus noord sowel as suid van Durban is bekend vir diestring dorpies en oorde; di gebied het trouens die hoogstekonsentrasie dorpe binne die kortste afstand van mekaar. Opplekke is dit skaars 10 km. Toerismeliggame het die Suidkus

    tot die Saerkus herdoop vanwe sy 40 km diepblou oseaan.Die Wildekus, daarenteen, wat van die KwaZulu-Natalse

    grens suidwaarts tot by Oos-Londen strek, word deur syafgesonderheid, eensaamheid en dus (iets om voor dank-baar te wees) sy onderontwikkeldheid gekenmerk. Jy kan diestrande steeds ongerep noem, terwyl die see agter die langskuimwit branders turkoois is. Die gebrek aan infrastruktuurbeteken dat elektrisiteit afwesig is en sonkrag dus heers,

    terwyl verblyf gewoonlik eenvoudige grasdakrondawelsbeteken maar dis juis waarvoor besoekers aan die Wildekusso lief is. En moenie n funksionele paaienetwerk verwag nie:die teerpaaie wat van die N2 na Port St Johns en Koebaaiafdraai, is die ene slaggate, het nie padskouers nie en worddeur roekelose minibustaxis oorheers.

    Durban en die Suidkus, Wildekus, Dwesa-, Cwebe- en

    Mkhambathi-natuurreservaat

    DURBAN NA OOS-LONDEN

    GOEIE REDES OM TE BESOEK

    SEISOENSINLIGTING

    Beste tyd van die jaar om die streek tebesoek, en vir kampering, stap,bergetsry, voetslaan of 4x4Heeljaar (somer baie vogtig, horenval)

    Beste tyd vir watersport en duikHeeljaar (Aliwal Shoal: Mei toteinde Jul)

    Beste tyd vir die sardientjieloopJun tot Jul

    ROETE13

    688km/8u

    ur30min

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    4/11

    103

    HOOGTEPUNTE BladsyRekspring van Moses Mabhida-stadion af 104Skubaduik by Aliwal Shoal 105Stap of bergets langs die Pondolandkus 106

    SO BAIE OM TE DOEN EN TE SIENBring tyd op Durban se strande deur 104Neem die kleintjies na Mini Town, Durban

    se seekant 104Neem fotos van die laaste riksjas 104Speel by Wet n Wild, uShaka Marine World 104Besoek die akwarium en dolfyne by Sea World 104Gaan op die Xpanda-haaiduik by uShaka 104Neem Moses Mabhida se kabelspoorkar 104Doen die Moses Mabhida-avontuurstap 104Laat jou kinders in Durban se Natuur-

    wetenskapmuseum slaap 104Besoek die Port Natal Maritieme Museum 104Haal die Inchanga-stoomtrein 104

    KRY KOERS NA DIE OOP RUIMTESBring tyd op aManzimtoti deur 105Foeeslaaid oor Oribi Gorge 105Beproef Lake Eland WR se bergetsroetes,

    Port Shepstone 105Toets die 4x4-, motorets- en vierwieler-

    baan, Lake Eland 105Ry Clearwater Trail Centre se vier

    bergets-roetes 105Gaan saam met jou kinders op Clearwater

    se wonderlike roete 105

    Ervaar Mkhambathi NR se natuurskoon 106Verken Port St Johns se natuurskoon 106Beleef Koebaai se wye ruimtes 107Aanskou die sardientjieloop in Junie/Julie 107Moenie Butterworth se Bawa- en Gxarha-

    waterval misloop nie 108Kyk vols in Oos-Londen 108Beproef Kidds Beach se bergetsroetes 108

    ANDER INTERESSANTE UITSTAPPIESStap of 4x4 in die Dwesa en Cwebe NR 107Bly in The Haven Hotel, Cwebe NR 107Neem die Keirivier-pont tot by Trennerys 108

    Middel Feb Dusi-kanomarathon, www.dusi.co.zaDerde week Mrt Time of the Writer-fees, Durban,

    www.cca.ukzn.ac.zaMrt/Apr Festival of Chariots-sierwaoptog, Durban,

    www.indianspice.co.za/2013/03/durban-festival-of-chariotsEinde Apr Oos-Londense Landbouskou, www.elshow.co.zaEinde Apr Tour Durban-bergetsren (105 km, 45 km) en 55 km-Cyclo-Cross, www.tourdurban.co.zaEerste week Jun Durban Surf Carnival, Sentrum vir Skeppende Kuns,

    http://durbansurfcarnival.blogspot.com/Eerste week Jul Vodacom Durban July-perdewedren,

    www.vodacomdurbanjuly.co.zaEerste week Jul Mr Price Pro Ballito-branderplankkompetisie,Durban, www.mrpricepro.comMiddel Jul KZN Winter Air Tour (Durbanse vliegskou), Virginia-lughawe,

    www.kznwinterairtour.co.zaSien Topgebeurtenis hieronder

    >> Derde week Jul Imana Wild Ride-bergetsren (4 dae, 200 km),Wildekus, www.wildride.co.za/route.htm

    Laat Jul Durbanse Internasionale Filmfees, www.durbanlmfest.co.zaLaat Jul Wild Coast Jikeleza-fees (plattelandse kermis), InkwenkweziPrivate Wildreservaat, www.wildcoastjikeleza.co.zaLaat Jul Wild Coast Jikeleza Wet & Wild-fees, www.inkwenkwezi.comEinde Jul Bomvu-kultuurmusiekfees, Koebaai,

    www.wildcoastholidays.com/coee-bay.htmlLaat Aug Jomba! Kontemporre dansfees, Durban,

    www.sneddontheatre.co.za/12th-jomba-contemporary-dance-festival.html

    Vroeg in Sep Inheemse Plant-fees, Botaniese Vereniging SA, Durban,www.indigenousplantfair.org.za

    Derde week Sep Durbanse Sandkasteelkompetisie,

    http://streetscene.co.za/events/sandcastle-competition/Vroeg in Okt Diwali Fees van Ligte, Durban,www.indianspice.co.za/tag/durban-diwali-festival/

    Middel Okt Poetry Africa, Durban, www.cca.ukzn.ac.za

    >> TopgebeurtenisWildekus se Imana Wild RideDi opwindende bergetsren wat 200 km in vier dagskofte dek, neemryers van die Groot-Keirivier se mond tot die Umngazi River Bungalows,wat 20 km suid van Port St Johns gele is. Weens die wildheid en afge-sonderheid van die kusgebied is dit onmoontlik om n presiese roete uitte stippel, maar deelnemers ontvang n gelamelleerde roetekaart metuitvoerige instruksies en n voetslanerkaart van die kuslyn. Die doel is omdie gety te ry en daarom word deelnemers gevra om by die kusstrookte hou. Ryers beweeg net van die kusstrook binneland toe wanneer dieterreingesteldheid hulle verhoed om te ry of te dra.

    Deelnemers dek ongeveer 45 km per dag, met n taai 63 km op die laasteskof. Dis n siek veeleisende wedren wat strandry, rivier- en pontoorgange,uitputtende heuwelklimme (met draseksies) en steil afdraandes insluit.Maar die natuurskoon en die skofte deur die inheemse bos in die Dwesa/Cwebe- en die Hluleka-reservaat help om jou die pyn te laat vergeet.En daar is niks wat die redelik ervare bergetsryer nie kan baasraak nie.

    GEBEURTENISSE, FEESTE, WEDRENNELANGS DIE ROETE

    OR TAMBO-ERFENISTERREINOp die R61, noordwes van Port Edward, is

    Mbizana; 32 km noordwes daarvan draai n pad

    af na Nkantolo, Oliver Tambo se geboorteplek. Werk is

    hier aan die gang om die nuwe OR Tambo Heritage Precinct

    and Garden of Remembrance te voltooi. Die terrein sal deel

    word van die Nasionale Erfenisroete, wat ingestel is om die

    bevrydingstryd te herdenk. Die gedagte is om Tambo se

    geboorteplek met sy laaste rusplek in Wattville, Benoni, te

    verbind. Op die terrein is rondawels, n kraal, n woonhuis, ver-

    tolkingsentrum en grafstene opgeknap, en daar word gewerkaan die Gedenktuin, wat n erfenispaadjie met inligting en n

    meer as lewensgroot standbeeld van Oliver Tambo sal bevat.

    Hier kan besoekers meer te wete kom van Tambo se jeug,

    sy tyd in ballingskap en die land se eerste swart prokureurs-

    rma wat hy en Nelson Mandela gestig het.

    :http://dac.sita.co.za/content/or-tambo-house

    :http://liberationheritage.co.za/

    UNIEK SUID-AFRIKAANS

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    5/11

    104

    1 REKSPRING VAN MOSES MABHIDA-STADION AFDi vernuftig ontwerpte stadion met sy saagtand-

    balke, wat soos die vlymskerp tande in n haai se

    oopgesperde kake lyk, is op sigself n skouspel.

    Maar nou kan jy ook aan sy rukrek spring en swaai.

    Jy staan in die stadion op n brug 106 m bo die sport-

    veld, spring in die ruimte in en swaai in n boog van

    220 m onder die sentrale koepelboog.

    2 NEEM MOSES MABHIDA SE KABELSPOORKARn Kabelspoorkar, wat oor die lengte van die stadion se noordelike boog loop,

    neem 2 minute van die onderste tot die boonste stasie se SkyPlatform, waar

    jy met verstommende 360-uitsigte oor die stad begroet word. Passasiers

    staan regop en hou aan n handreling terwyl hulle oor die boog beweeg. Om-

    dat die boog se gradint aansienlik wissel, is die kar met n selfgelykmakende

    vloer toegerus.

    4 HAAL DIE INCHANGA-STOOMTREINuMgeni Steam Railway word deur n groep vrywillige stoomtreinentoesiaste

    bestuur, wat ou lokomotiewe restoureer en hulle dan vir georganiseerde ritte op

    n spoorlyn van Kloofstasie, waar die Stokers Arms-kroeg/restaurant gele is, na

    iNchangastasie en terug gebruik. Die spoorlyn na iNchanga, n koloniale stasie wat

    in 1895 gebou is, is self in die laat 19de eeu gel en is een van die oudste aktiewe

    spoorlyne in Suid-Afrika. Die rit van 45 min, aan die rand van die betowerende

    Vallei van n Duisend Heuwels, vind die laaste Sondag van elke maand plaas. Treine

    loop ook van Pietermaritzburg na Bayneseld, Nottingham Road en Wartburg.

    3 DOEN DIE MOSES MABHIDA-AVONTUURSTAPDi keer op die stadion se suidelike boog, word tot nege mense op n slag van

    veiligheidstoerusting voorsien, waarna hulle onder die wakende oog van gekwali-

    seerde instrukteurs oor sowat 500 trappies na die top van die boog (en ondertoe)

    klim. Jy gaan staan op verskeie plekke om jou aan die kromming van Durban se see

    en sand te verkyk. Wanneer jy by die Groot Swaai se brugplatform verbystap, kan

    jy jou op die rug klop dat jy jou nie deur vriende of gesin laat ompraat het nie

    Durban Port Edward

    VIER DINGE OM IN EN OM DURBAN LANGS DIESTRAND TE DOEN Bring tyd op die beste Suidkusstrande deur. Di

    wat onlangs Blouvlagstatus verwerf het d.w.s.

    hulle is skoon, veilig en omgewingsgesond is

    onder meer Hibberdene, Southport (net noord van

    Port Shepstone), Lucien en Marina (naby Margate,n baie gesinsgeorinteerde oord), Ramsgate en

    Trafalgar (net noord van Port Edward). Verskeie

    van die strande het getypoele.

    Neem jou kinders na Mini Town aan die Durbanse

    seekant. Hier is al die stad se beroemde landmerke

    tot knieho modelle (n skaal van 1:24) verklein.

    Treine tjoek-tjoek ononderbroke langs n uitge-

    breide spoornet, en n skip en sleepboot vaar in

    die hawe rond.

    Kyk hoe polisie op hul perde die kuslyn langs

    Durban se Promenade patrolleer.

    Neem n foto in die vakansietyd van die laaste

    oorblywende Zulu-riksjatrekkers op MarineParade. n Mens moet hulle eenvoudig bewonder:

    die veelkleurige, sierlike hooftooisels, sewe keer so

    lank soos hul kop, wat bo hul wenkbroue uittroon.

    VIER AKTIWITEITE BY uSHAKA MARINE WORLD Gly by die Wet n Wild-temapark op die Plunge,

    n vryvalglybaan, tot in n poel. As jy daarna nog

    staan, kan jy die Tornado- of Kamikaze-glybaan

    aandurf om jou ingewande om te woel. En jy kan

    natuurlik nie die aftog blaas voordat jy dit op die

    Drop Zone van 18 m, glo Afrika se hoogste glybaan,gewaag het nie.

    Ervaar Sea World, die grootste akwarium in

    die Suidelike Halfrond, deur sy ondergrondse

    kykvensters. Betree 500 m se galerye wat die

    seediere se natuurlike habitats naboots en volgens

    n spookskiptema ontwerp is deur n gat in een

    van vier ou skeepswrakke.

    Besoek die dolfyne om onder meer vir Gambit,

    Frodo en hul kleintjie, Khethiwe, te ontmoet; en

    groet die groenseeskilpad bekend as Wasabi.

    Sluk jou vrees by uShaka Marine World en waag

    dit op die Xpanda-haaiduik. Trek swemklere aan,

    sit n masker en snorkel aan en sak in n akrielhok

    af om Zambezi- en skeurtandhaaie van aangesigtot aangesig te ontmoet. Dis nie so erg nie, regtig;

    party haaie kring om die hok, ander gly stadig

    verby, maar dis die naaste wat jy ooit aan di

    jagters van die diep waters sal kom.

    uShakaMarineWorld

    TWEE MUSEUMS VIR DIE KINDERS Watter kind klouter nie graag oor bote, veral as dit n stoomaangedrewe sleep-

    boot of n mynver is nie? In die Port Natal Maritieme Museum se kleinboothawe,

    het die 38 jaar oue sleepbootJR Morese oliestookenjin tallose bergingsvaarte op

    die onstuimige see oorleef. Die mynver SASDurbanis 42 jaar oud, maar n snuiter

    langs die steenkoolgedrewe uLundi, wat al 75 jaar daar is. Daar is ook n bonus:

    toegang tot die museum is gratis!

    As jy in die Julieskoolvakansie in die stad is, doen navraag by Durban se Natuur-

    wetenskapmuseum, wat in die stadsaal gele is, of hulle n uitslaapaand beplan.

    Jou kinders sal hul eie Nag in die Museum, net soos in die iek, beleef.

    ROETE13

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    6/11

    105

    5 BRING TYD OP aMANZIMTOTI DEURDi strand en oord is gewild onder gesinne; die waterglybane gee

    die kleintjies se stembande oefening, terwyl Funland n oplossing vir

    tiener-kortaandagspan-sindroom is. Volgens Zulu-oorlewering het

    die naam aManzimtoti in 1828 by Koning Shaka ontstaan wat, toe hy

    n kalbas met water uit die rivier (later Manzimtoti genoem) gegee is,

    ges het Kanti amanzi mtoti(So, die water is soet).

    7 FOEFIESLAAID OOR ORIBI GORGEIn die Lake Eland-wildreservaat, 40 km buite Port Shepstone, is n

    4,5 km lange reeks van 14 foeeslaaids oor die dramatiese Oribi Gorge

    aangebring. Met die een kabel gons jy oor die 300 m diep ravyn, met

    n ander sweef jy laag oor die meer (kyk of jou tone deur die water kan

    klief), en met die laaste een gly jy deur n tonnel en oor n rivier.

    8

    BEPROEF LAKE ELAND WR SE BERGFIETSROETES, 4x4-, MOTORFIETS-EN VIERWIELERBAANVan die 4 km Bambi-baan vir kinders tot die 2445 km-roetes vir die

    meer ervare bergetsers, is daar in die Lake Eland-wildreservaat buitelug-

    aktiwiteite vir almal. Goed onderhoude roetes neem bergetsers deur

    skilderagtige wildkykwreld wat deur vier verskillende ekosisteme (bosveld,

    grasveld, vleigebied, kuswoud) loop, maar ook n veeleisende klim teen

    Dunstonespas uit insluit.

    Daar is n spesiaal ontwerpte 4x4-baan in die reservaat, ook geskik vir motor-

    etse en vierwielmotoretse.

    6 SKUBADUIK BY ALIWAL SHOALIn Suid-Afrikaanse skubaduikkringe (en ook internasionaal), word

    Aliwal Shoal in dieselfde asem as die beste van die land se warm-

    waterriwwe genoem. Met uitstekende sigbaarheid en temperature

    wat selde tot onder 19 C daal, ervaar duikers n rif met lewendige

    koraal waar dit wemel van seediere soos steenvisse, vuurvisse, bont-

    palings en aartappelbaarse. Selfs meer opwindend is die seeskilpaaie,

    re en walvisse. Maar die heel opwindste is seker die Zambezi-, skeur-tand- en tierhaaie.

    Butterworth Oos-Londen

    Koedoe-ooi

    OribiGorge

    10 CLEARWATER SE WONDERLIKE ROETE VIR KINDERSDi 800 m lange sirkelpaadjie, n mengsel van pret, natuur en

    leer in die Clearwater Trail Centre, lei kinders deur bergwoud en

    rotsagtige grasveld. Die sentrum se ryke verskeidenheid vols

    en wild word met lewensgroot geskilderde uitsnymodelle gevier,

    elkeen genommer met verwysing na n kontrolelys wat jy met

    jou saamneem. n Ystervark beloer jou van agter n bos uit, n

    bosbok verras jou onder n boom, en skielik sien jy n glimp van

    kleur uit die hoek van jou oog n bosloerie op die tak bo jou!

    Wie weet, op die ou end is jy net so betower soos jou kinders.

    9 VIER BERGFIETSROETES BY CLEARWATER TRAIL CENTREDi sentrum, net buite Port Edward, het vier roetes gebou, wat van maklik tot

    moeilik gegradeer is en van 6 km tot 14 km oor grond, gruis en teer wissel.

    Ryers word deur natuurlike opdraandes, skerp sigsagdraaie, berms, bre en

    driwwe uitgedaag.

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    7/11

    106

    11 IKONIESE WILDEKUSWat maak die Wildekus so uniek (buiten sy blougroen water

    en strooisuikerstrande)? Eerstens, die grasdakrondaweltjies

    wat babablou, pastelgroen en roomyspienk geverf is. Dan is daar

    die buitebande wat potplanthouers geword het en elke tweede

    grasdakspits versier (kyk uit vir die aalwyne!). En die mees

    ikoniese is die koeie wat soos slaapwandelaars op die strand

    dwaal. Glimlag maar; hulle is eintlik baie vriendelike siele.

    12 ONTDEK N PARADYS IN DIE MKHAMBATHI NRKlein, maar asemrowend mooi: hoboomwoud, digbegroeide

    groen klowe, sandsteenkranse en tuimelende watervalle, waarvan

    een oor kranse regstreeks in die see stort. Di reservaat is wild,

    afgele en ongerep. Elande, koedoes, rooihartbeeste en sebras

    wei op die grasveld; en wees op die uitkyk na die endemiese

    Pondopalm. Verblyf is in die vorm van n luukse selfsorgherbergen selfsorgrondawels.

    13 BERGFIETS- EN STAPROETES AAN DIE PONDOLANDSE KUSn Onderneming bekend as Drifters het, met die samewerking van

    plaaslike gemeenskappe, vier wilderniskampe langs die pragtige

    kusstrook tussen die Mkhambathi-natuurreservaat en Port St Johns

    ontwikkel. Bergetsers en voetslaners het die keuse om een van

    die kampe as basis te gebruik of om die kuslyn van kamp tot kamp,

    elk tussen die melkhoutduine, te verken. Jy moet selfversorgend

    wees, maar die grasdaktenteenhede bevat al die nodige geriewe.

    Voetslaners stap tot 16 km op n dag, terwyl bergetsers 35 km vantegnies moeilike en veeleisende terrein moet aanpak: verwag steil

    heuwels, kleierige paadjies, knieho gras, trapsgewyse rotslyste en

    sagte sand.

    Hoogtepunte is tuimelende dolfyne en spuitende walvisse;

    Waterfall Blu, waar n rivier 100 m loodreg in die see stort; en

    Katedraalrots se gebarste en versplinterde sandsteenboog.

    16 BLY OOR IN DIE UMNGAZIRIVIER-BUNGALOWSDi oord denieer feitlik die Wildekus; hy is pragtig gele (glo

    een van die beste plekke aan die Wildekus), uiters gewild, en

    gesinne stroom keer op keer hierheen. Gele aan die uMngazi-

    riviermond, naby die Silaka-natuurreservaat (goeie vollewe omdie Gxwalenirivier), is dit nie n plek waarheen jy vir alleenheid kom

    nie. Dis vir die georganiseerde kinderaktiwiteite, die kanovaarte,

    voetslaan en bergetsry, die visvang, die strandmeer, wit sand

    en bruisende branders.

    14 RUSTIGE PORT ST JOHNSPort St Johns word gekenmerk deur twee

    duidelike pieke, Mount Thesiger en Sullivan,

    waartussen die Mzimvuburivier vloei. Dis n plek

    van bre-blaarpiesangbome en subtropiese woud.

    Buiten vir die subtropiese natuurskoon en die

    beroemde kusvoetslaanpad na Koebaai, kom

    mense hierheen om agteroor te sit en te ontspan.

    Party met n bietjie hulp van n bekende plant.

    Port St Johns se beste kamerahoeke is ongeveer

    5 km buite die dorp teen Mount Thesiger op. Trap

    versigtig by die verraderlike afgronde, want daar is

    nie relings om jou te beskerm nie, maar die uitsigte

    op die Mzimvuburivier, waar hy lui-lui in die see

    vloei, is verruklik.

    17 NEEM FOTOS VAN DIE HOLE IN THE WALLEk weet, jy het die foto al n duisend keer gesien, maar nou kan jy

    jou eie beeld vir die nageslag vasl. Di beroemde, groenbedekte

    rotsformasie waardeur die meedonlose aanslae van die see n ton-

    nel geboor het, word omraam deur n grys klippiestrand en n see

    wat n diep turkoois gekleur is.Stap dan die 500 m na Boiling Point, waar die see stoei en bruis

    en tussen twee kranse breek. Die water skiet 5 m die lug in en laat

    n fyn sproei neerdaal wat jy op jou vel kan voel.

    15 STAP NA DIE BLAASGAT EN DIE GAPINGOngeveer 2 km buite die dorp sal jy di twee natuurverskynsels

    aantref. Om by Die Gaping-rotsformasie te kom, moet jy met n

    primitiewe paalleer teen n krans ondertoe klim. n Gewurm deur

    die nou Gaping bring jou by n tweede leer, waarlangs jy alim na

    die Blaasgat toe, wat jy op n gladde swart rotslys sal tekom. Die

    rustelose see skiet in n klipskoorsteen op en spuit waaiervormig

    uit. Slaan ag op die teken wat hulle herdenk wat deur die siedende

    see afgeslaan en meegesleur is. Dis gevaarlike wreld. Wees op die

    uitkyk na die dolfyne se boogspronge in die deining.

    Durban Port Edward

    DIE WILDEKUS SE PAAIEHou in gedagte dat n rit oor die Wildekus se grond- en gruis-

    paaie, ongeag die omstandighede, n stadige proses sal wees.

    Paaie vermy altyd versperrings, wat beteken dat hulle kronkel en

    dikwels daal om oor riviere in diep valleie te kom. Hulle is ook klip-

    perig en verspoel en die ene slaggate; wanneer dit ren, raak hulle

    klewerige glybane van modder en klei. Onthou ook dat, in hierdie

    deel van die wreld, skape, bokke en beeste voorrang het. En hulleoefen daardie reg dikwels uit.

    TipieseWildekustoneel

    ROETE13

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    8/11

    107

    19 AANSKOU DIE SARDIENTJIELOOPGedurende ses weke in Junie en Julie, migreer miljoene

    sardientjies (of, eh, sardyne dieselfde ding), deur n koue

    seestroom uit die Suid-Kaap meegevoer, al langs die Pondo-

    landse kuslyn tot by Durban en verder teen die ooskus op. Dit

    lok derduisende seevols wat plonsduik om aan die ongewe-

    naarde fees deel te h. Dis ook n goeie tyd vir walvisse, haaie

    en dolfyne, wat nie op hulle laat wag om saam fees te vier nie.

    18 KOFFIEBAAI: BESOEK DIE MINDER BEKENDE PLEKKERoep n gids se hulp in, want die minder bekende aantreklikhede spoor

    jy nie maklik self op nie. Die pad na Baby Hole, die babaweergawe van

    die meer bekende gat, loop langs die rand van n duiselingwekkende

    afgrond bo die woedende see. n Entjie nadat jy die Mtonjanerivier

    oorgesteek het (nat of droog na gelang van die tyd van die jaar) kan jy

    die gat, wat deur n kleiner rif uitgekalwer is, net sien deur terug te kyk.

    Ongeveer 500 m die binneland in en 5 minute se stap van die grond-

    pad af, skuil die voorvaders, saam met n aantal oerdiere, volgens oor-

    lewering in die Heilige Poele se geheimsinnige dieptes. Palms omsoom

    die waterkant en in die somerhitte kan jy van oorhangende bome in

    die water spring. Maar wie die voorvaders se sluimerslaap sal wil ver-

    steur (en jou dalk hul toorn op die hals haal), gaan my verstand te bowe.

    Butterworth Oos-Londen

    HoleintheWall

    Wildekusstrand

    RAAK DEEL VAN DIE KOFFIEBAAIGEES

    Laat kolletjies in die Xhosatradisie op jou gesig skilder en leeriets van die plaaslike kultuur.

    Koop n handgemaakte tamboer by n plaaslike kunstenaar.

    Bly n nag (of n paar) in die Coee Shack rugsakherberg om die

    gesellige bymekaarkom van mense uit alle uithoeke van die wreld

    te ervaar.

    20 STAP EN KYK VOLS IN DWESA NR EN CWEBE NRDi twee klein reservate, wat deur die Mbasherivier geskei

    word, is betreklik onontwikkel met hoofsaaklik voetpaaie en

    4x4-spore as n manier om die verskillende habitats te verken.

    n Mengsel van inheemse kusbos, grasbedekte heuwels wat

    na die kus toe golf, kronkelende riviere en n afgele kuslyn

    maak di reservate aanloklik, en volkyk is uitstekend. Kyk ofjy sangers, tinktinkies, visvangers en die bosloerie kan opspoor.

    n Bykomende aantreklikheid in Dwesa is die hervestigde

    wild buels, elande, blouwildebeeste en rooihartebeeste

    terwyl Cwebe met watervalle in die bos en n pragtige meer

    spog, waar jy dalk n groototter kan verras.

    Die reservate het n swak reputasie vir gesluite en onbe-

    mande hekke, besprekings wat soms nie nagekom word nie

    en swak diens ontwikkel, dus moet jy maar voorberei kom.

    21 GAAN TUIS IN CWEBE SE HAVEN HOTEL

    Die voordeel van di gesinshotel, met sy rietdakchalets watop n grasbedekte bult gerangskik is, is sy ligging binne

    die reservaat. Dis, aan die een kant, n klipgooi van die

    pragtige woud met geelhout, ysterhout, nieshout en

    wildevy en, aan die ander kant, van die kuslyn met

    sy wit branders. Stap na die Banyane-waterval, wat

    30 m oor n krans stort; klim daarlangs af na n poel

    om te swem of piekniek te hou. Of geniet n hand-

    galoppie langs die strand op een van The Haven

    se Boerperdreune.

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    9/11

    108

    22 HAAL N PONT OOR KEIRIVIERMONDVakansiegangers van Oos-Londen wat by die gewilde Trennerys

    Hotel aan die Qholoramond wil uitkom, moet die Keiriviermond,

    noord van Morganbaai, op n pont oorsteek. Twee ponte, wat

    elk twee voertuie kan vervoer, vaar gelyktydig heen en terug en

    neem ongeveer 10 min van die een na die ander oewer.

    26 BERGFIETSRY BY KIDDS BEACHVan Kidds Beach af straal n reeks bergetsroetes uit, van ritte met

    die strand langs en tot in die Gulu- en Tyolomnqa-kusreservate tot

    binnelandse plaasroetes wat gerek kan word om 100 km te dek.

    Die strandroete loop oor harde en sagte sand met veeleisende

    rotsgedeeltes, en gaan verby Gulu se pragtige sandduine. Die plaas-

    roete is n enkelspoor wat op en af oor sand, gruis en rotse en deur

    landelike gehuggies loop.

    23 BAWA-WATERVAL, PLEK VAN TEREGSTELLINGMoenie die Bawa-waterval, suidoos van Butterworth, in

    n afgele sytak van die Groot-Keirivier, misloop nie. n Dun

    pluim baan sy weg deur n nou kanaal wat in soliede rots uit-

    gekalwer is en stort 103 m tot in n donker poel. Toergidse vertel

    graag dat dit hier is waar Xhosa-opperhoofde di wat van

    heksery beskuldig is oor die krans se rand

    gestoot het.

    24 BESOEK DIE GXARHA-WATERVALTussen Butterworth en Qholoramond is

    die Gxarha-waterval in die rivier van dieselfde naam, wat deur

    die Xhosa-profetes, Nongqawuse, beroemd gemaak is. In 1856

    het Nongqawuse haar beroemde visie op die oewer van die rivier

    gehad, wat tot die ondergang van duisende van haar mense gelei

    het. Volgens die boodskap van haar voorvaders moes die mense

    hul vee slag en hul gesaaides verbrand, waarna die Britte in die

    see gedryf sou word. Die Xhosas sou dan met n oorvloed beeste

    en graan beloon word. Die werklikheid was dat haar mense vanhonger omgekom het.

    Ry na The Gates, 3 km noord van Nongqawuse se kraal,

    waar die Qholorarivier deur n dramatiese kloof tussen ho

    kranse vloei.

    25 GAAN KYK VOLS IN OOS-LONDENn Netwerk klein reservate om die stad huisves n verskeiden-

    heid habitats, van kusbos en ruigte tot kuslyn. Die Umtiza-

    natuurreservaat is die tuiste van woudvols in Oos-Londen,

    terwyl vleivols in die Gonubie-natuurreservaat oorheers. In die

    Nahoon-riviermonding kan volkykers waadvols sien en in die

    kusbos word jy onder meer met die grysborstjagra en Knysna-

    speg beloon. In die Amalinda-natuurreservaat, boer Europese

    rietsangers en visvangers om die dam.

    Durban Port Edward

    Keimondpont HuisetussenButterworthenMthatha

    ROETE13

    NELSON MANDELA-JEUG-EN-ERFENISSENTRUM, QUNUDi sentrum is op Qunu, Nelson Mandela se tuisdorp

    net suid van Mthatha, gele. Dit bevat uitstallings wat sy

    lewe en sy beroemde pad na demokrasie in Suid-Afrika uitbeeld,

    maar die beste manier om te ervaar wat die museum te bied het, is

    om n Footprints Village Tour mee te maak. Op di wandeling sien jy

    onder meer die velde waar Mandela as kind gespeel het, die oorblyf-

    sels van die laerskool waar n onderwyser hom op sy eerste skooldag

    die naam Nelson gegee het, n gladde rots waarop hy en sy maats af-

    gegly het, en die oorspronklike woning met sy tradisionele hutte waar

    hy grootgeword het.Op Mthatha word die Bhunga-museum, deel van die Nelson

    Mandela-museumkompleks, vir heropening in 2014 opgegradeer.

    Intussen word geskenke wat Mandela van mense, inrigtings en rege-

    rings van oor die wreld ontvang het, in die Qunu-museum uitgestal.

    047 538 0217:www.nelsonmandelamuseum.org.za

    UNIEK SUID-AFRIKAANS

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    10/11

    109

    HOOGTEPUNTE

    Aliwal Shoal: skubaduik

    039 973 2233 (Aliwal Dive Centre):www.aliwalshoal.co.za/contact.html

    Moses Mabhida-stadion: rekspring!

    031 312 9281

    :www.mosesmabhidastadium.co.za

    Pondolandkus: voetslaan of bergets

    011 888 1160 (Drifters)

    :www.drifters.co.za

    DINGE OM TE DOEN EN TE SIEN

    Durbanse Natuurwetenskapmuseum

    031 311 2256

    :www.durban-tourism.com/Natural-Science-

    Museum.html

    iNchanga-stoomtrein

    082 353 6003:www.umgenisteamrailway.co.za

    Mini Town, Durbanse seekant

    031 337 7892

    :www.durban-tourism.com/Mini-Town.html

    Moses Mabhida-stadion: Kabelspoor of

    Avontuurstap

    031 582 8242

    :www.mosesmabhidastadium.co.za

    Port Natal Maritieme Museum

    031 311 2231

    :www.durban.gov.za/city_services/

    parksrecreation/

    Sea World, uShaka Marine World

    031 328 8222, www.seaworld.org.za

    uShaka Marine World

    031 328 8000

    :www.ushakamarineworld.co.za

    Wet n Wild, uShaka Marine World

    :www.ushakamarineworld.co.za

    BUITEAKTIWITEITE

    Clearwater Trail Centre: bergets, pretstap

    083 549 6710:http://clearwatertrails.co.za/

    Koebaai: verken

    :www.wildcoast.co.za

    Oos-Londense natuurreservate: volkyk

    043 701 9600

    :www.ecparks.co.za

    Kidds Beach, Oos-Londen: bergetsroetes

    043 781 1624 of 082 838 4181

    Lake Eland WR: foeeslaaid, bergetsroetes

    039 687 0395

    :www.lakeeland.co.za

    Port St Johns se skilderagtige plekke

    047 564 1187

    :www.portstjohns.org.za

    Sardientjieloop in Junie/Julie021 422 0394 of 082 253 5678

    :www.sardinerun.net

    ANDER INTERESSANTE UITSTAPPIES

    Dwesa NR en Cwebe NR: voetslaan of 4x4

    047 499 7900 (Dwesa) of 073 866 7895 (Cwebe)

    :www.wildcoast.co.za/dwesa

    :www.ecparks.co.za

    Mkhambathi NR

    043 701 9600

    :www.ecparks.co.za/product/2231/

    Mkhambathi_Nature_Reserve

    VERBLYF

    Koebaai, Coee Shack Backpackers

    047 575 2048 of 083 656 4350:www.coeeshack.co.za

    Cwebe NR, The Haven Hotel

    047 576 8904 of 083 996 5343

    :www.havenhotel.co.za

    Durban

    :www.wheretostay.co.za/kzn/dm/

    Durban Suidkus

    :www.wheretostay.co.za/kzn/sc/

    Oos-Londen

    :www.wheretostay.co.za/ec/am/

    accommodation/east-london-area.php

    Port St Johns, uMngazi River Bungalows

    047 564 1115/6/8/9

    :www.umngazi.co.za

    Qholoramond, Trennerys Hotel047 498 0004/95

    :www.trennerys.co.za

    Wildekus

    :www.wildcoast.co.za/accommodation

    NASIONALE PARKE & RESERVATE

    Dwesa- en Cwebe-natuurreservaat

    047 499 7900 (Dwesa)

    073 866 7895 (Cwebe)

    :www.wildcoast.co.za/dwesa

    :www.ecparks.co.za

    Mkhambathi-natuurreservaat

    043 701 9600

    :www.ecparks.co.za

    WOONWA & KAMPERING

    aManzimtoti, Wavecrest-oord

    031 916 1617 of 082 568 5976

    :www.wavecrest.caravanparks.co.za

    Oos-Londen, Gonubie-vakansieoord

    043 705 9748

    :www.gonubie.caravanparks.co.za

    Port Edward, TO Strand-vakansieoord

    039 319 2729

    :www.tostrand.net

    Port Shepstone, uMtentweni-woonwa-oord039 695 0531

    :www.umtentweni.co.za

    Port St Johns, The Pont

    047 564 1324 of 083 340 1762

    :www.thepont.co.za

    Queensburgh, Queensburgh-woonwaoord

    031 464 5800

    :www.queensburgh.caravanparks.co.za

    Scottburgh, Greenpoint Lodge & Caravan Park

    039 973 0211 of 072 128 3350

    :www.greenpointlodge.caravanparks.co.za

    RESTAURANTE

    Durban

    :www.wheretostay.co.za/restaurants/kzn/dm

    Durban Suidkus

    :www.wheretostay.co.za/restaurants/kzn/sc/

    Oos-Londen

    :http://eatout.co.za/Restaurants/City/512/

    East-London

    Port Shepstone

    :http://eatout.co.za/Restaurants/City/596/

    Port-Shepstone

    DORPSTOERISTESENTRUMS

    Durban-toerisme

    031 322 4164

    :www.durbanexperience.co.za

    Koebaai

    :www.sa-venues.com/attractionsec/

    coee-bay.php

    Oos-Londen

    :www.eastlondon.org.za (kontak deur

    webwerf)

    Port Shepstone

    :www.southcoasthappenings.co.za/

    portshepstonehomepage.htm

    Port St Johns

    047 564 1187

    :www.portstjohns.org.za

    STREEKSTOERISTESENTRUMS

    Durban en Suidkus (Saerkus)

    :www.durbanexperience.co.za

    Oos-Kaapse Parke043 701 9600 of 086 111 3320

    :www.ecparks.co.za

    Wildekus

    :www.wildcoast.co.za

    :www.wildcoastholidays.com

    Langs die Roete: Besienswaardighede en Verblyf

    Ander Kontakte

    Butterworth Oos-Londen

  • 5/20/2018 Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

    11/11

    Ons land is groot ons het n landoppervlakte van net meer as 1,2 miljoen km,ongeveer so groot soos Frankryk en Spanje saam. Suid-Afrikaners is daarom

    gewoond om groot afstande te ry net om van A na B te kom (die totalepaaienetwerk is 747 000 km). Dink net: as jy skuins oor die land ry, van Kaapstadin die suidweste tot Musina in die verre noorde, l jy sowat 2 000 km af. Ons doel

    hier is om reise oor sulke afstande so interessant moontlik te maak.

    In Suid-Afrika vir Suid-Afrikanersdeurkruis 23 roetes van wisselende afstandedie hele land, baie van hulle oor nasionale en provinsiale paaie. Daar is baie omin ons nege provinsies te verken, en die wye hemelruin, eindelose vergesigte en

    ure se sonskyn het van ons n aktiwiteitsoekende buitelugnasie gemaak. Dis waaropdi boek ingestel is. Met elke provinsie wat radikaal verskil wat biome, landskap

    en klimaat betref, is die aansporing groot om jou reis te onderbreek en langsdie pad met die gesin pret te h. Op n lang reis gaan dit tog

    nooit net om die bestemming nie.

    Die doel van di boek is nie om net op die groot toeriste-aantreklikhede te fokuswaarmee Suid-Afrikaners so bekend is nie, maar om liewer weg te draai van dieoorbekende besoekerspaaie, en minder bekende, ongewone aktiwiteite bekendte stel. Van voetslaan, bergetsry, 4x4-roetes en wildkyk tot volkyk, visvang en

    strandlopery, is di boek vol nuwe verrassings. Reisigers word ook genooi om meerte verken as die meestal saai hoofstraat wat deur plattelandse dorpies loop.

    Van koddige padstalle, kleindorpse museums, monumente en stadswandelingstot slagvelde, kultuurterreine en interessante munisipale parke, dit kry jy alles hier.

    Jy leer dalk nog n paar dinge wat jy nooit van jou land geweet het nie

    Deur Marille Renssen en Hirsh Aronowitz

    vir Suid-Afrikaners

    ISBN 9 7 8 - 1 -7 7 0 2 6 -5 2 1 - 9

    9 781770 265219

    MAC/CPT/0114/NB/GH/TG

    Skandeer hierdie QR-kode omdie MapStudio-webwerf te sien

    ENIGE KOMMENTAAR [email protected]

    BESOEK ONS WEBWERF VIR BYWERKINGS, AFLADINGS,

    KAARTE, KATALOGUSSE & SPESIALE AANBIEDINGS

    MapStudio en die MapStudio-logo is handelsmerke wat aanNew Holland Publishing (South Africa) (Pty) Ltd. behoort.1ste uitgawe MapStudio 2013.Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie maggereproduseer, in n ontsluitstelsel bewaar of weergegee word inenige vorm of op enige manier, hetsy elektronies of meganies, deurfotokopiring en die maak van opnames of andersins, sonder dieskriftelike toestemming van die Kopiereghouer nie.