sondag 26 april 2020 1 petrus 1:17-23 · 2020. 4. 24. · 5 die here is genadig en regverdig, ons...

27
Sondag 26 April 2020 1 Petrus 1:17-23 1. Kom tot rus Kom tot rus met die luister van hierdie lied: Here my toevlug: https://youtu.be/4B60FQkEim0 2. Openingsgebed Lees die woorde van Psalm 116 stadig totdat dit jou hart raak: Ek het die Here lief 1 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. 2 Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. 3 Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. 4 Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!”

Upload: others

Post on 24-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Sondag 26 April 2020

    1 Petrus 1:17-23

    1. Kom tot rus

    Kom tot rus met die luister van hierdie

    lied:

    Here my toevlug:

    https://youtu.be/4B60FQkEim0

    2. Openingsgebed

    Lees die woorde van Psalm 116 stadig

    totdat dit jou hart raak:

    Ek het die Here lief

    1 Ek het die Here lief, want Hy verhoor

    my smeekgebede.

    2 Hy het na my geluister toe ek Hom

    aangeroep het.

    3 Bande van die dood het my omsluit,

    doodsangs het my aangegryp,

    ek het benoud en bekommerd geword.

    4 Toe het ek die Naam van die Here

    aangeroep: “Here, red my tog!”

    https://youtu.be/4B60FQkEim0

  • 5 Die Here is genadig en regverdig, ons

    God ontferm Hom oor ons.

    6 Die Here beskerm die hulpeloses: ek

    was magteloos, maar Hy het my gered.

    7 Ek moet nou tot rus kom, die Here het

    goed aan my gedoen:

    3. Lied

    Luister na Fernando Ortega se

    Give me Jesus:

    https://youtu.be/vtpO7PkkzD4

    4. Skriflesing: 1 Petrus 1:17 – 23

    Losgekoop met die kosbare bloed

    van Christus 17 Aangesien julle Hom as Vader aanroep

    wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir

    Hom gedurende die tyd van julle

    vreemdelingskap in die wêreld.

    18 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud

    https://youtu.be/vtpO7PkkzD4

  • losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose

    bestaan nie. 19 Inteendeel, julle is losgekoop met die

    kosbare bloed van Christus, die Lam wat

    vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. 20 Reeds voor die skepping van die

    wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter

    wille van julle het Hy eers in hierdie

    eindtyd gekom. 21 Deur Hom glo julle in God wat Hom uit

    die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle

    geloof en hoop op God gerig.

    Weergebore deur die lewende en ewige

    woord van God 22 Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om

    mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en

    vurig liefhê.

    23 Julle is immers weergebore, nie uit

    verganklike saad nie, maar uit

  • onverganklike saad: die lewende en

    ewige woord van God. 24 Die Skrif sê:

    “Die mens is soos gras,

    en al sy prag soos 'n veldblom;

    die gras verdor en die blom val af,

    25 maar die woord van die Here,

    dít bly vir ewig.” Jes. 40:6,8

    En hierdie woord is die evangelie wat

    aan julle verkondig is.

    5. Kindermoment

    Luister hier na die kindermoment:

    https://youtu.be/Sm72wyWJTFM

    Ons wil graag van die kleiner kinders hoor. Stuur hulle prentjies vir ons aan

    sodat ons dit op Facebook kan laai!

    6. Loflied

    Here redder groot en magtig:

    https://youtu.be/4EoT4cGVs3k

    https://youtu.be/Sm72wyWJTFMhttps://youtu.be/4EoT4cGVs3k

  • 7. Boodskap

    Luister hier na die boodskap:

    https://youtu.be/T4j2ymTVCqg

    Of lees die opsomming van die

    boodskap:

    Ons luister vandag verder na die stem van die Here deur die woorde van

    Petrus aan die gemeente in Klein-Asië.

    Vreemdelinge in die wêreld:

    In vers 17 herinner Petrus ons wie ons is. Dis ’n herhaling van sy groetwoorde in

    vers 1 van die brief. Ons is

    vreemdelinge in hierdie wêreld. Hierdeur beklemtoon hy die feit dat ons

    nie gemaak is om in hierdie wêreld tuis te wees nie. Ons plek van tuiswees is

    elders. Ons leef hier as mense wat elders

    ’n ander plek van rus en veiligheid en vrede het. Dit is die lewe saam met

    Jesus, in en by die Vader.

    https://youtu.be/T4j2ymTVCqg

  • Dit herinner aan die woorde van Jesus wat ons leer dat ons nie gemaak is om

    hier tuis en knus te wees nie. (Joh.

    15:18-21)

    Hoewel hierdie wêreld funksioneer

    volgens reëls en waarhede wat van

    mense slagoffers maak van vrees en sonde, is ons nie meer aan die reëls en

    manier van leef van hierdie wêreld

    gebind nie.

    Ons leef in ontsag, eerbied en

    verwondering vir God.

    Dit herinner aan die woorde van Jesus in

    Lukas 12:4-6 waar Hy ons vermaan om nie vir dinge vrees en ontsag te hê wat

    ons lewe en liggaam op aarde kan

    benadeel nie.

    Ons vrees, aandag en ontsag moet gaan

    aan die Een wat ons lewe in Sy hande

    hou vir nou en vir altyd.

    Dis hierdie Here wat ’n God van sorg,

    deernis en liefde is.

  • Ons haak so maklik vas by tydelike dinge. Ons wil gesond wees, ons wil

    gelukkig wees, wil genoeg hê en veilig voel. Daarom dat ons maklik ons hoop

    en aandag gee aan dit wat hierdie dinge

    vir ons kan bewerk.

    So kan ons vergeet dat ons ’n lewe by en in God het wat onvernietigbaar is en

    geborge is vir nou en in ewigheid.

    Hierdie lewe wat ons by God het, het

    nie goedkoop gekom nie.

    Losgekoop met liefde wat nie kan

    vergaan nie.

    Vers 18: Ons is losgekoop nie met

    verganklike dinge soos goud nie.

    Losgekoop omdat ons slawe geword het

    van tydelike dinge wat ons aandag en gedrag bepaal. Dinge aan wie ons ons

    harte uitverkoop het en wat ons dinge

    laat najaag wat die doodsheid en

    leegheid in ons al meer laat word.

  • Die manier waarop God ons uit hierdie doodlooplewe loskoop is met die

    onverganklike krag van die liefde.

    Dit doen Hy deur Jesus se lewe, sterwe en opstanding op aarde. Jesus wat so

    seker geweet het dat Sy eintlike

    woonplek by die Vader was.

    Jesus wat so veilig en gelief gevoel het in Sy Vader se liefde dat Hy vry was om

    Sy aardse sekuriteite en lewe te gee uit liefde vir ons om ons harte met liefde te

    oorrompel.

    Dit herinner aan die storie wat van

    Abraham Lincoln vertel word. Lincoln het gestap na die plein waar die slawe

    verkoop word. Daar het hy gesien dat ’n jong meisie verkoop gaan word. Hy

    het toe self die kind gekoop.

    Toe die meisie na hom gebring word,

    het hy vir haar gesê: “Jong dame, jy is vry!”

    Sy het gevra: “Wat beteken dit?”

  • “Presies wat ek gesê het - jy is vry!”

    “Vry… beteken dit ek kan maak soos ek wil, doen soos ek wil en gaan waar ek

    wil?” vra die jong meisie.

    “Ja, dis presies wat dit beteken” het Lincoln geantwoord.

    Met trane wat by haar oë afloop, het sy

    vir Lincoln gesê: “Dan wil ek saam met

    u gaan.”

    Dis Petrus se punt, God het uit liefde jou hart vrygekoop uit ’n lewe van

    slawerny aan verganklike dinge. Jy het nou ’n lewe saam met Hom wat tot in

    ewigheid by Hom sal bly bestaan.

    Onthou dit en leef verbind aan Hom vanuit daardie lewe.

    Waarom dan nog bly leef hier op

    aarde?

    Nou kan ons die vraag vra: As God soveel moeite doen, hoekom moet ons

    nog hier op aarde deur geloof in hoop

    bly leef op eendag?

  • Hoekom kan ons nie nou al die onverganklike lewe ingaan by Hom en

    die lewe op aarde agterlaat nie?

    Hoekom moet ons hier as vreemdelinge leef en ons heeltyd inspan om nie weer

    aan verganklike dinge verknog te raak

    nie?

    Die antwoord: Want God gee om! Want mense op aarde het siele! Want die

    enigste ding wat mense kan vrykoop uit hierdie dooie bestaan van verganklike

    dinge is liefde.

    Hy maak ons vry, om met ons tuiste by

    Hom - uit ’n verhouding met Hom - mekaar en ander deur Sy liefde vry te

    koop om hier op hierdie aarde ’n teken

    van hoop en liefde te wees.

    Barbara Brown Taylor vertel hierdie

    wonderlike storie van haar neef Will se

    eerste verjaarsdag:

    Die klein seuntjie was die middelpunt van almal se aandag en so het hy met

    vreugde vir hulle ’n dansie uitgevoer.

  • Totdat ’n jaloerse sesjarige, Jason, op hom afgestorm het, albei sy hande op

    Will se borskas gesit het en hom hardhandig gestamp het. Will het hard

    geval. Hy het eers hard op sy sitvlak te

    lande gekom en daarna het sy kop die

    grond met ’n slag getref.

    Hy het eers baie verbaas gelyk.

    Niemand het hom nog ooit vantevore

    seergemaak nie en hy het nie geweet hoe om dit te verstaan nie. Toe maak

    hy sy mond oop en hy skreeu kliphard, maar nie te lank nie. Sy ma het hom

    opgetel en hom vasgedruk en hom toe

    op sy voete gehelp.

    Die eerste ding wat Will gedoen het, was om na Jason toe oor te waggel. Hy

    het geweet Jason het agter die hele ding gesit, maar omdat sulke wreedheid

    nog nuut was vir hom, het hy nie

    presies geweet hoe om dit te hanteer

    nie.

    So, toe doen hy wat hy altyd doen.

  • Hy het sy arms om Jason gesit en sy koppie teen die nare seuntjie se lyf

    neergelê.

    “Wat Will aan Jason gedoen het, het ’n einde gebring aan al die negatiewe

    gevoelens in daardie vertrek.”

    Dis waartoe Petrus ons oproep in vers

    22. Die enigste mense wat hier op aarde met die liefde van God kan optree en

    deur die krag van die liefde ander se siele bevry is mense wat deur God se

    liefde gekoop is en tuis is in ’n ewige

    lewe by Hom. Dis ons, die kerk!

    My en jou een agenda is om tuis te wees in ons lewe by God, en vanuit

    daardie lewe, hier op aarde met liefde

    te leef.

    Die doel van gemeente wees is om

    mekaar te herinner aan ons lewe in en

    by God, om dié lewe te vier en om in hierdie wêreld ’n voorteken te wees van

    die lewe wat in alle ewigheid sal bly

    bestaan.

  • Gemeentes is oefenplekke vir die uitleef van die liefde van God. Dis die veilige

    tuistes van waar die Here ons uitstuur om deur woorde en dade van liefde

    ander vry te koop om hulle siele tot

    lewe te laat kom.

    8. Gebed

    9. Lied

    Lied: Wie is

    ek…https://youtu.be/alYwX4BQxnk

    Of

    Laat Heer U vrede deur my vloei:

    https://youtu.be/vxY7GWpinKo

    10. Bedink die volgende vrae:

    Dink jy aan jouself as ’n vreemdeling en ’n reisiger op aarde wat net

    tydelik hier is om liefde te leef, maar

    reeds veilig in en by God is?

    https://youtu.be/alYwX4BQxnkhttps://youtu.be/vxY7GWpinKo

  • Wat gebeur met jou geloofslewe en jou verhouding met God as jou lewe

    en omstandighede hier nie maklik en gerieflik is nie?

    Wanneer laas het jy die vreugde en vryheid ervaar dat God jou hart en

    lewe vrygekoop het met Sy liefde en

    dat jou siel nou by Hom lewe?

    As die inoefen en uitleef van God se liefde die agenda en bestaansdoel

    van die kerk is, is ons gemeente

    besig met die regte dinge?

    Waartoe nooi die boodskap van

    vanoggend jou?

    11. Lied

    Praat ek mense engeletale:

    https://youtu.be/soREbtdeJkQ

    https://youtu.be/soREbtdeJkQ

  • 12. Dankoffer

    Ons is bewus daarvan dat die

    noodsituasie in die wêreld tans almal se finansies onder druk plaas. Ons wil

    sensitief wees daarvoor.

    Laat weet asb. die kerkkantoor as u

    weet van enige persone wat hulp

    verlang of self hulp nodig het.

    As jy graag wil deelneem aan ons

    hulpverlening, hou asb. aan om by te dra. Ons het tot dusvêr, sedert die

    begin van die inperking reeds meer as

    R40 000 ontvang wat ons in kospakkies

    kon omskakel en uitdeel.

    Ons as leraars en kerkraad wil vir julle

    dankie sê. As julle maar besef hoeveel lewens aangeraak word en vir hoeveel

    mense hierdie hulpverlening weer hoop

    gee.

    Let asb. daarop dat jy nog steeds, soos in die verlede, jou dankoffer kan EFT.

  • Ons het bloot die SNAPSCAN opsie bygevoeg, omdat dit

    goedkoper is as normale bankdienste, maar net so

    veilig is.

    Vir meer info oor hoe

    SNAPSCAN werk óf vir ons bankbesonderhede, besoek ons

    webtuiste www.ngkerkmelkbosstrand.co.za

    of kliek hier

    https://ngkerkmelkbosstrand.co.za/index.

    php/bankbesonderhede/

    13. Slotlied

    Luister of sing saam die volgende as

    slotlied: Neem my lewe:

    https://youtu.be/3NzqXysgVUw

    http://www.ngkerkmelkbosstrand.co.za/https://ngkerkmelkbosstrand.co.za/index.php/bankbesonderhede/https://ngkerkmelkbosstrand.co.za/index.php/bankbesonderhede/https://youtu.be/3NzqXysgVUw

  • 14. Seëngebed

    Ek nooi jou om hierdie week elke dag

    die woorde van hierdie gebed in

    rustigheid en uit jou hart te bid:

    Universele Gebed. Sheila Cussons

    “Heer, ek glo in U: versterk my geloof.

    Ek vertrou op U: versterk my vertroue.

    Ek bemin U; laat ek U nog meer bemin. Ek is spyt oor my sondes;

    verskerp my spyt. Ek aanbid U as my eerste begin,

    Ek verlang na U as my laaste einde,

    Ek loof U as my gedurige hulp, Ek roep U aan as my liefdevolle

    beskermer.

    Laat U wysheid my lei.

    Korrigeer my met U regverdigheid. Vertroos my met U genade.

    Beskerm my met u mag.

    Ek gee u my gedagtes, Heer, laat hulle oor U wees;

    My woorde:

  • dat hulle U in gedagte steeds hou; My dade; dat hulle my liefde

    vir U mag weerspieël; My lyding om verduur te word tot U

    groter heerlikheid.

    Ek wil doen wat U van my vra;

    soos U dit vra,

    solank U dit vra, omdat U dit vra. Heer, verlig my begrip,

    Versterk my wil, reinig my hart, en maak my heilig.

    Help my om my sondes van die verlede

    te erken, en om versoeking in die toekoms

    te weerstaan.

    Help my om my menslike swakhede te bowe te kom

    en om sterker te word as Christen.

    Laat my U liefhê, my Here en my God,

    en help my om myself te sien soos ek is:

    ’n pelgrim in hierdie wêreld,

    ’n christen geroep om die lewens wat ek aanraak te respekteer

  • en lief te hê, die gesag bokant my, my vriende en my vyande.

    Help my om woede

    met sagmoedigheid te oorwin,

    hebsug met vrygewigheid, Halfhartigheid met toegewydheid.

    Help my om myself te vergeet

    en uit te reik na andere. Help my om verstandig te beplan

    en om risiko’s moedig te neem. Laat ek geduldig wees in leiding,

    beskeie in voorspoed.

    Help my om aandagtig te bid, En om matig te wees met voedsel

    en drank,

    Getrou in my werk, standvastig in my goeie besluite.

    Amen

  • 15. 3iG (Dissipelskap) Ons kleingroepe mag nou wel nie in hierdie tyd

    bymekaarkom nie, maar aangeheg is die 3iG-

    produk. 3iG staan vir “3 is Genoeg”.

    Dit is ’n ongelooflike spesiale Bybelstudie wat so

    opgestel is dat jy dit in groepies van 3 via sosiale

    media kan doen!

    So, ons daag jou uit om in hierdie tyd so ’n groepie

    te vorm met twee vriende of familie. Dit kan selfs

    met van jou kinders of kleinkinders wees wat

    oorsee bly of nou vêr van jou af is.

    Daar is ’n paar moontlike platforms wat jy kan

    gebruik. Bv. WhatsApp óf epos óf Skype óf Zoom óf Houseparty. Vir die drie laaste platforms sal jy

    meer data benodig, maar dan kan julle mekaar nie

    net hoor nie, maar ook sien!

    As jy nie weet hoe om so ’n WhatsApp-, Zoom- of

    Houseparty-groep te vorm nie, kontak gerus vir

    Ds Faani by 0838561951

    óf 0214931779

    óf [email protected] óf jou naaste

    tiener (hulle weet alles) vir tegniese bystand.

    Kom ons praat met mense oor die hoop wat in ons

    leef!

    mailto:[email protected]

  • 3 STAPPE ‘n 3iG-groep is ‘n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.

    2 ANDER Dit is slegs ek en 2 vriende wat ‘n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.

    1 GESREK Ons maak weekliks met mekaar kontak (deur ’n koffie-afspraak of telefonies) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier – wat elke week wissel – sorg dat ons mekaar daardie week sien.

    saam groei

    saam bid

    3iG ’n saam-glo dissipelskap gesprek

    saam gesels

    saam stap

    26 APRIL 2020

    Ons vind nie tyd vir gebed nie, ons maak dit.

    B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid: “23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”

    Petrus skryf sy eerste brief in die vroeë sestigerjare vanuit Rome, waar daar ’n gemeente van gelowiges bestaan het en wat hy aandui met die naam Babilon (5:13). Dit was ’n tydperk wat gekenmerk is deur ’n toename in die lyding en vervolging van gelowiges onder die skrikbewind van keiser Nero. Trouens, die eerste amptelike vervolging van Christene het in die jaar 64 nC plaasgevind toe Nero die Christene daarvan beskuldig het dat hulle die oorsaak van ’n groot brand in Rome was. ’n Sterk vermoede bestaan dat die apostel Petrus iewers tussen 64-68 nC ’n marteldood gesterf het toe Nero die keiser was. Nero is in 68 nC dood en daarom word die aanname gemaak dat hierdie brief voor 68 nC geskryf is. Petrus rig sy brief aan die vreemdelinge in die Diaspora, wat gewoonlik ’n aanduiding was van die Jode wat verspreid oor die hele wêreld buite Palestina gewoon het, maar hier word dit op die Christus-gelowiges van toepassing gemaak (1:1). Hy rig sy brief aan gelowiges uit die heidendom wat verspreid in Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië woon. Lees nou 1 Petrus 1:17-25 aandagtig deur.

    Ons lees nie die Bybel nie, ons laat die Bybel ons lees.

    Jesus verwag van ons minder nastaar (admiration) en meer naleef (imitation).

    1. Ons almal bevind ons na drie weke steeds in ‘n grendeltydperk. Deel julle ervarings met mekaar van hierdie tyd. Wat is vir jou moeilik? Waarom? Wat het jy al in hierdie tyd geleer?

    2. Ons leef elke dag coram Deo – voor die aangesig van God. Bespreek die motivering wat Petrus opper vir hierdie lewe van eerbied en ontsag vir God as Vader. Hoe belangrik is dit vir ons as Jesus-volgelinge om ook met hierdie motivering elke dag

    Geloofsgewoonte: Om God te aanbid. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om blymoedig en vreugdevol ons in God te verlustig, ons saam met ander in God se teenwoordigheid te verbly en in verwondering oor sy Woord Hom in gebed en sang, maar ook in stilte te aanbid. Lees hieroor Ps. 16:7, 9 en 11; 139:14; 47:1Fil. 1:9-10 en Kol. 1:9. . Doen-dinge:

    1. Waar beleef jy God se teenwoordigheid die meeste? In die natuur? Terwyl jy na christelike musiek luister? Tydens ’n erediens? Of in stilte? Soek die plek gereeld op. Deel met God in gebed wat jy daar beleef.

    2. Noem al God se gawes aan jou op. Maak ’n lysie van sy voorsiening, leiding en liefde. Skryf ’n lied of gedig of maak ’n collage van jou belewenis van God.

    3. Vier God se groot verlossingsdade in aanbidding regdeur die kerkjaar: advent,

    kersfees, epifanie, lydenstyd, paasfees, pinkstertyd en die tyd van die koninkryk. .

    Dink-dinge: 1. Wat gaan deur jou gemoed wanneer jy ander gelowiges sien wat God aanbid en

    dit soms op maniere wat heeltemal van jou manier van aanbidding verskil?

    2. Dink aan iemand wat werklik die lewe en God heelhartig geniet en vier. Wat dink jy kan jy by sy/haar manier van aanbidding leer?

    3. Hoe kan aanbidding van God ’n lewenswyse word?

    Eers vorm ons gewoontes en dan vorm die gewoontes ons.

    rekening te hou? 3. Besin saam oor die uitdrukking “vreemdelinsgskap in die wêreld”. Iemand het een

    keer gelowiges beskryf as “te vroeg vir die hemel, maar te laat vir die aarde”. Waarin, dink julle, kom Jesus-volgelinge se vreemdelingskap vandag tot uitdrukking?

    4. Petrus se oproep is nie slegs om hulle hele lewe aan God te verbind en vir Hom as

    Vader te leef nie, maar om ook mekaar van harte en vurig life te hê. Hier word die word “onophoudelik” gebruik. Dis die soort liefde wat pas by diegene wat deur die ewige God se nimmereindige liefde oorweldig is. Gesels saam oor die uitdagings om onophoudelik liefde te betoon.

    5. Hierdie liefde word moontlik gemaak deurdat die ewige God ‘n harts- en

    lewensverandering in ons kom bewerk deur sy Woord. God se ewige vernuwingswerk in ons kan nie ongedaan gemaak word nie. Petrus kontrasteer God se werk met die mens se bestaan wat tydelik en van verbygaande aard is soos die gras en die veldblomme. Ons ewige hoop vir die toekoms en ons onverganklikheid berus volledig nie op onsself nie, maar op God. Bespreek die troos wat hierin vir volgelinge van Jesus opgesluit lê in tye van swaarkry en beproewings

  • ons nuwe storie

    ons storie

    GOD se storie Rituele en gewoontes

    FAMILIE TUISBLAD

    1 Petrus 1: 17-23

    26 April 2020

    Vertel vir mekaar wat is julle ervaring van die

    tyd van imperking “lockdown”

    Wat mis julle die meeste.

    Wat is vir julle die swaarste

    Wat is vir julle lekker.

    Waarvoor is julle bang?

    Al is ons in “lockdown” is ons ook los!

    Praat met mekaar wat die gedagte vir julle beteken.

    Hoe sou dit anders gewees het as ons ook

    nog gewonder het oor ons “status” by God.

    Dit veroorsaak ook dat ons nie net losgekoop

    is van die oordeel nie maar ook los is van onsself.

    Praat oor hoe julle sal gesin hierdie tyd jouself kan “los” en ander kan dien.

    Ons het nou meer tyd want niemand mag ry nie.

    Dink oor iets wat julle hierdie week kan doen vir

    iemand wat nie “los” is nie maar “vas”.

    Dien die persoon dan met die gawes wat die Here julle gegee het. Al is dit net om iemand te

    vergewe en dit vir hom/haar te sê.

    In vers 17 gebruik Petrus 'n interessante

    woord. Hy praat van ons vreemdelingskap

    in die wêreld. Op 'n manier voel ons nou almal soos vreemdelinge!

    Maar dalk is dit belangrik dat ons hierdie

    ervaring probeer onthou. Ons is net maar

    vreemdelinge in hierdie wêreld. Ons

    behoort eintlik aan 'n nuwe wêreld wat onverganklik is.

    Die meeste mense is bang die virus gaan

    meer en meer raak en baie lank vat om te

    oorkom. Maar luister net die troos wat die

    gedeelte gee. Ons is losgekoop deur die

    bloed van Jesus en NIKS kan ons vaskeer nie! Ons is los

  • PRAKTIESE WYSHEID VIR KLEINGROEPE

    word stil

    26 April 2020

    Waarom kan ons ons geloof en hoop op God rig? Watter verskil maak dit in jou lewe? Jy is losgekoop op grond van dit wat Jesus gedoen het. Wat is die implikasies van hierdie wete? As ons almal losgekoop is, hoekom maak dit dan saak hoe ons elke dag ons lewe leef? Watter bewyse sien julle van gelowiges wat ander van harte en vurig liefhet? Hoe verskil dit van ongelowiges?

    As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is: As daar tyd is, kan elkeen dit daarna weer op sy/haar eie tyd lees.

    Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Gesels oor die gedagte dat elke mens onpartydig volgens hulle dade geoordeel word. Is genade dan nie genoeg nie? Wat beteken, “lewe dan in eerbied vir Hom?” Hoe doen ons dit?

    Lees Psalm 116: 1-4, 12-19

    Dink na oor hoe jy die Here kan vergoed vir al sy weldade aan jou.

    Hoe ons nuut dink, doen en leef in die wêreld rondom ons.

    Verder en Voor: Lees weer vers 22. Waartoe (na wie toe?) word jy opgeroep?

    Beantwoord een van die vrae oor jou week: Hoeveel uit 10 sal jy jou week gee en hoekom? Waarvoor is jy dankbaar en wat was vir jou moeilik? Waar het jy God aan die

    werk gesien?

    Hoe is jou geloofslewe nou anders as vyf tot tien jaar gelede?

    1 Petrus 1: 17-23

    Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid? Dit sal goed wees as julle ’n gebedsjoernaal kan begin waarin julle gebedsversoeke kan neerskryf. Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Hoe en waar het jy die afgelope week vir God beleef?

    Dank God daarvoor.

    Noem enige iets uit die prediking wat jou geraak het of wat jy nie verstaan nie.

    Wat dink julle was die hoofgedagte? Kan julle dit in een sin opsom?

  • Onder-Visrivier Boerevereniging

    Calvinia Distrik.

    17 April 2020.

    Ons hier in die Karoo kry nie dikwels gaste nie. So wanneer ons uitsien na ‘n

    kuier, ‘n oorslaap-kuier, is ons baie opgewonde. Daar word geslag, brood en

    beskuit gebak, selfs ‘n sjokoladekoek. Ons begin lekker lang kuiers op die stoep

    visualiseer, en maak sommer oorvertel-stories in ons kop bymekaar. Daar word

    seker gemaak in watter kamp die springbokke loop, sodat die jag lekker glad

    kan verloop.

    Hierdie selfde regmaak en uitsien is iets wat die kontantskenkings in ons

    Boervereniging se KLK-rekening veroorsaak het.

    Ons het sedert einde 2019 deposito’s in die rekening gekry. Die skenkers wissel

    van familie, vriende, individue wat ons glad nie ken nie en gemeentes. Elke

    bydra was met groot harte ontvang. Ons het dit netjies bymekaar neergesit,

    opgestapel, eenkant gehou. Want eendag, wanneer die tyd reg is, en die regte

    koop beskikbaar is, en die moed boomskraap is, gaan ons dit gebruik. Dan kan

    ons elkeen van julle in ons voerkraal ontvang, dankbaar vir die sameloop van

    Vader se Voorsiening.

    Sien, elke bedrag wat ingeplaas was , is kosbaar. IS KOSBAAR, aaneenlopende

    teenwooordige tyd. Die betekenisvolheid daarvan gaan nie verby wanneer die

    voer op is nie. Ons staan tussen die nou- lammende- ooie, en weet dat elke

    aflaai van ‘n vrag voer, elke uitgooi van ‘n sak pille, het ons tot hier gebring. En

    elkeen wat sy hand, sy sak, sy hart oopgemaak het, het as’t ware ‘n harts-reg in

    my kraal, en op my veld. Elkeen wat in blinde vertroue sy hardverdiende geld

    aan ons as vreemdelinge toevertrou het, het hartsreg op die volhoubaarheid

    van die Karoo-bestaan. Weet verseker dat elke ooi wat sterk genoeg was om

    te lam en elke lam wat aankom, moontlik is, omdat jy genoeg omgegee het

    om onvoorwaardelik, en met oorgawe te gee. Dit beteken ‘n deel van die

    kernkudde bly behoue.

    So nou, 2de helfte van April is ‘n goeie reëntyd vir ons. Maar die reën wat in

    Februarie geval het, se effek was ongelukkig baie min omdat daar nie

  • opvolgbuie was nie. Die driedorings het baie mooi geblom, en hier en daar het

    die boesmangras gepluim, maar die onderveld het nie kans gehad om te

    ontwikkel nie. Die dae was nog baie warm en die na-somer se spore het nog

    diep getrap. Die veld is nie weibaar nie. Nou, in die mid-herfs, is die klimaat

    sag, en die son vriendelik, maar ons moed vir reën is min, selfs boomskraap.

    En dit is dus NOU dat ons daardie geld in die “aanteelrekening” aanwend. Ons

    het van Agri-Noordkaap ondersteuning gekry en derde graadse lusern van die

    Oranjerivierboere. Agri- Noordkaap help met die vervoer, en ons koop die voer

    aan. R1127 per “big-pack”. Ons kon die prys met die helfte subsidieer, wat dit

    vir elkeen bekostigbaar maak.

    Ons laai sentraal in die Onder-Visrivier se wyk af, en dan kom almal op Vrydag

    17 April 2020, na Tontelbos, om te kom voer laai. ‘n Blye dag, ‘n dag van gesels,

    ‘n dag waarop ons julle in ons harte ontvang, asof vir ‘n lekker lang oorslaap-

    kuier. Ons wens ons kon vir elkeen ‘n bed in die gastekamer regmaak, ‘n braai

    onder die sterre gee.

    Maar hiermee moet ons dan volstaan, ‘n BAIE GROOT DANKIE!, en foto’s.

    Gous en Lisa Wilson

    Namens almal hier in die Onder-Visrivier Boerevereniging.

    Cj en Lizri Badenhorst, Willie en Maret Esterhuyse, Elias en Rhona Kamfer, Lee Loubser, Adriaan en Elbie Nel, Kobus en

    Hester Steenkamp, Driekelien van Rensburg en Bokkie, Schalk en Alta van Wyk, Japie van Wyk, Japie en Sonia van Zyl, Hein

    en Jolandie Visagie,Hugo en Ria Visagie, Ettienne en Elmarie Visagie, Hennie en Daleen Visagie, Hannes en Carine Visser,

    Gerrit en Kitta Visser, Schalk en Adelia Wilson