17 januarie 2016 hartklop · ons ontdek die wonder van kerk-wees! seën op 2016. ons staan...

6
VANOGGEND SE DIENS (DR WILHELM BURGER) GOD MORS MET WATER (JOH 4:1-15 & JOH 7:37-39) Water is in hierdie dae op almal se lippe, of juis die gebrek daaraan! Die droogte het ons weer bewus gemaak van hoe afhanklik mens en dier van water is. 'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie. Ons is weer daarvan bewus gemaak dat water kan opraak. Dit bring diep emosies na vore. Ons gemeente stuur hierdie week talle kanne vol water na die dorpe wat nie meer het nie. Lidmate kan dit Sondag kerktoe bring. Daarmee sê ons ook dat ons omgee vir ander men- se. Hulle nood is ook ons nood. Om water te deel, is 'n eenvoudige teken van Christenskap. Jesus het vir baie mense water aangebied. Water is skaars in Palestina, daarom het water die simbool geword van Lewe. Jesus praat dus dikwels van Lewende Water en bied dit aan dorstige sondaars aan - vandag steeds. Is mense vandag meer dors as ooit te vore? Ons het ook weer besef hoe gevaarlik dit is om met water te mors. Dit is nog meer gevaarlik om met genadewater te mors. Ons gemeente stuur graag 'n vragmotor met water na die binneland, maar wil ook daarmee 'n fontein wees waar mense se geestelike dors geles kan word. Mag ons die helende water deel met almal wat honger en dors het. Mag strome van seën vloei uit Onrusrivier . . . en mag ons geseën word met Genadige Reën. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SONDAGMIDDAE SAAMKUIER OM 15:30 DIENSSENTRUM Vir alle 50 plussers. Nie seker wat om met jou Sondagmiddag te doen nie? Lus vir gesels en lag en kuier? Kom geniet die geselskap en ‘n heerlike koppie tee/ koffie. Mans en vroue, enkel of getroud u is almal baie welkom. Vir enige navrae: Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Huis Lettie Theron. Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning Wees Lig! HARTLIK WELKOM Die Advent-tyd is verby en ons het die kerkliedere uit volle bors gesing. Kersfees is gevier en ons moes 4 eredienste aanbied om al die besoekers te verwelkom. En dit bring ons na ‘n nuwe seisoen in die kerkjaar, naamlik Epifanie. Met Epifanie (wat duur van 6 Januarie tot Lydenstyd, die 7de Februarie) fokus ons ook op Jesus se woorde en dade. Van se eerste woorde was: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel” (Matt. 5v3) En wat moet ons hoor? Ons moet hoor dat ons arm en afhanklik is. Jy kan nie alles koop nie. Jy kan nie alles regmaak nie. Jy kan ook nie self regkom nie. Maar ons moet ook hoor dat ons geseënd is. Ons het Jesus om op terug te val..... wanneer die broodblik leeg staan wanneer die hospitaalrekening te hoog is wanneer die verhouding vertroebel wanneer die toekoms onseker lyk. Dan het ons Jesus om op terug te val. Geseënd! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 17 JANUARIE 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 24 JANUARIE CLIFFORD HEYS Job se vriend Sofar, worstel met God. Hy kan God nie verstaan nie Lees Job 11v7-9. Filippus wil graag vir God sien. Lees Jesus se antwoord in Joh. 14v7-9. Dis nou jou beurt: As jy môre die Here Jesus sou raakloop, wat sou jy Hom vra ....? (Jy mag Hom 3 Vrae vra) 2. En wat dink jy sou Hy jou antwoord? 3. ‘n Ander vraag wat ek sou vra is: ‘Here, waarom het U gebid ...?’ En wat dink jy sou Hy my kon antwoord? GEBED VIR DIE EREDIENSTE EN LERAAR ELKE SONDAGOGGEND @ 08:30 GEBEDSKAMER Ons nooi u almal om saam te kom bid vir die dag se diens, vir die leraar en almal betrokke by die diens, asook vir elke persoon teenwoordig. Welkom!

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 17 JANUARIE 2016 Hartklop · Ons ontdek die wonder van Kerk-wees! Seën op 2016. Ons staan bymekaar. Ons staan onder die seën van die Here. Ons staan sterk en trots! Baie dankie

VANOGGEND SE DIENS (DR WILHELM BURGER)

GOD MORS MET WATER (JOH 4:1-15 & JOH 7:37-39)

Water is in hierdie dae op almal se lippe, of juis die gebrek daaraan! Die droogte het ons

weer bewus gemaak van hoe afhanklik mens en dier van water is. 'n Mens kan nie van

brood alleen lewe nie. Ons is weer daarvan bewus gemaak dat water kan opraak. Dit bring

diep emosies na vore.

Ons gemeente stuur hierdie week talle kanne vol water na die dorpe wat nie meer het nie.

Lidmate kan dit Sondag kerktoe bring. Daarmee sê ons ook dat ons omgee vir ander men-

se. Hulle nood is ook ons nood. Om water te deel, is 'n eenvoudige teken van Christenskap.

Jesus het vir baie mense water aangebied. Water is skaars in Palestina, daarom het

water die simbool geword van Lewe. Jesus praat dus dikwels van Lewende

Water en bied dit aan dorstige sondaars aan - vandag steeds. Is mense vandag meer

dors as ooit te vore?

Ons het ook weer besef hoe gevaarlik dit is om met water te

mors. Dit is nog meer gevaarlik om met genadewater te mors.

Ons gemeente stuur graag 'n vragmotor met water na die

binneland, maar wil ook daarmee 'n fontein wees waar mense

se geestelike dors geles kan word. Mag ons die helende

water deel met almal wat honger en dors het. Mag strome

van seën vloei uit Onrusrivier . . . en mag ons geseën word

met Genadige Reën.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

SONDAGMIDDAE SAAMKUIER

OM 15:30 DIENSSENTRUM

Vir alle 50 plussers. Nie seker

wat om met jou Sondagmiddag te

doen nie? Lus vir gesels en lag en

kuier? Kom geniet die geselskap

en ‘n heerlike koppie tee/

koffie. Mans en vroue, enkel of

getroud – u is almal baie welkom.

Vir enige navrae: Hannie Koch

028 316 1595 / 081 271 2290

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Huis Lettie Theron.

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Die Advent-tyd is verby en ons het die kerkliedere uit volle bors gesing. Kersfees is

gevier en ons moes 4 eredienste aanbied om al die besoekers te verwelkom. En dit bring

ons na ‘n nuwe seisoen in die kerkjaar, naamlik Epifanie.

Met Epifanie (wat duur van 6 Januarie tot Lydenstyd, die 7de Februarie) fokus ons ook

op Jesus se woorde en dade.

Van se eerste woorde was: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is,

want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel” (Matt. 5v3)

En wat moet ons hoor?

Ons moet hoor dat ons arm en afhanklik is.

Jy kan nie alles koop nie.

Jy kan nie alles regmaak nie.

Jy kan ook nie self regkom nie.

Maar ons moet ook hoor dat ons geseënd is.

Ons het Jesus om op terug te val.....

wanneer die broodblik leeg staan

wanneer die hospitaalrekening te hoog is

wanneer die verhouding vertroebel

wanneer die toekoms onseker lyk.

Dan het ons Jesus om op terug te val.

Geseënd!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

17 JANUARIE 2016

TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 24 JANUARIE

CLIFFORD HEYS

Job se vriend Sofar, worstel met

God. Hy kan God nie verstaan nie

– Lees Job 11v7-9.

Filippus wil graag vir God sien.

Lees Jesus se antwoord in

Joh. 14v7-9.

Dis nou jou beurt:

As jy môre die Here Jesus sou

raakloop, wat sou jy Hom vra ....?

(Jy mag Hom 3 Vrae vra)

2. En wat – dink jy – sou Hy jou

antwoord?

3. ‘n Ander vraag wat ek sou vra

is: ‘Here, waarom het U gebid ...?’

En wat – dink jy – sou Hy my kon

antwoord?

GEBED VIR DIE

EREDIENSTE EN LERAAR

ELKE SONDAGOGGEND

@ 08:30 GEBEDSKAMER Ons nooi u almal om saam te kom

bid vir die dag se diens, vir die

leraar en almal betrokke by die

diens, asook vir elke

persoon teenwoordig. Welkom!

Page 2: 17 JANUARIE 2016 Hartklop · Ons ontdek die wonder van Kerk-wees! Seën op 2016. Ons staan bymekaar. Ons staan onder die seën van die Here. Ons staan sterk en trots! Baie dankie

ONS BID VIR ... Louis Stassen

Hennie Botha

Wilkie du Toit

Helena van Vuuren

Annette Solomon

Zelda (Adri Flam se

kleindogter)

Magriet Louw

Ons dink ook besonder aan alle

bejaardes in ‘n siekeboeg.

MEEGEVOEL

met die families van André van

der Spuy (Onrus Manor),

dr Nico Roos (Fernwood) en

Tannie Retief (HLT).

SPESIALE GEBED

Ons bid hierdie week vir al ons

pragtige skoolkinders en

uitstekende onderwysers. Ons

bid vir ‘n geseënde jaar, vir baie

energie, beskerming, geduld en

liefde in oorvloed vir mekaar.

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

MA. 18 JANUARIE DI. 19 JANUARIE WO. 20 JANUARIE

Indien u belangstel om u HARE TE LAAT

SNY (mans en vrouens), droogblaas, krullers

indraai (set) ensovoorts kontak vir Ester du

Toit by 028 316 2229 of 083 407 7973 en

maak ‘n afspraak. Ester sal fooie verskaf.

08:30 KOSPAKKIES word gepak. Baie

dankie vir almal se getroue bydraes.

SOPKOMBUIS

09:30 - 10:00 NAALDWERK: Ons het ‘n

“reparasie/hersteldiens” by die dienssen-

trum. Rita (028 316 2981)

10:00 KOM WEES KREATIEF en geniet

dit! Kontak Joan of Hannie by die dienssen-

trum (028 316 1745).

10:00 - 12:00. KLINIEK IS OOP Kontak

vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak

gerus 'n afspraak.

08:00 VOETE– & HANDE VERSORGING.

Voete en hande versorging deur Marilyn

Prinsloo. Maak afspraak by 082 532 6931.

10:00 TRIMGIM in die sysaal deur Mathilda

Roos (gekwalifiseerde bio-kinetikus). Almal

is welkom: lede (R30 per maand) en nie lede

(R45 per maand).

11:00 - 13:00 KLEREKAS is weer oop.

11:00 LOFDANSE oefening in die sentrum

vir volwassenes. Kom sluit gerus aan. Kontak

Veronica 083 751 4319 vir enige navrae.

17:30 EREDIENSBED. VERG: Vir al die

Blomme en Simboliek persone. (Maalruimte)

18:00 EREDIENSBED. VERG: Vir al die

Gasvryheid en Parkering persone. (Sysaal)

DO. 21 JANUARIE VR. 22 JANUARIE SA. 23 JANUARIE

10:15 DIENSSENTRUM PRAATJIE:

Kanker: doodsvonnis of geleentheid vir hoop.

Die sprekers is Prof. George Watermeyer en

ds. Michiel de Kock. Welkom!

10:00 GEBED in die Gebedskamer. Kom bid

saam vir ons eredienste, Gemeente en ge-

meenskap.

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 24 JANUARIE ?

08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir

die erediens. U is welkom.

09:00 EREDIENS: Dr Clifford Heys gaan

voor. U is baie welkom.

10:15 LOFDANSE vir kinders en tieners in

die sentrum direk na die erediens. Kontak

Veronica 083 751 4319 vir enige navrae.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 13)

God se pad om ons te laat rus, is om Hom te vertrou. Hoekom? Want net God ken die toekoms. Hy weet wat vir ons voorlê. Met God se oog op môre,

lei Hy ons vandag. Dankie Vader vir U genade, liefde en seën. Dankie, vir ‘n Nuwe Jaar.

Jahwe-Jireh: Hoe bemoedigend om te weet God sien ons behoeftes raak en sal ryklik daarin voorsien. Dankie Vader, vir die belofte wat bepaal dat U vir ons sal

voorsien. U is alwetend. U is alwys. U is magtig. Here, dankie, wanneer U sien, voorsien U ook.

Vandag, Here, erken ek opnuut dat U die God van alle vrede is. U bied vir my U vrede aan. Ek kan dit maar net ontvang. U lei my na waters waar daar

vrede is. Dankie vir die hand wat U na my toe uit steek, en al wat ek moet doen, is U hand te neem.

Vader, U is ons wonderlike Herder, wat nie net in liggaamlike behoeftes voorsien nie, U sien ook ons geestelike behoeftes raak. Dankie, Here, U verkwik ons

geestelike sowel as liggaamlik.

Vader, U let op die weë van ons huishouding, en U sien die paaie waarop ons loop. Net soos ons seerkry en swaarkry oor dié mense vir wie ons lief

is, net so is U, ons God, oor ons besorg. Dankie vir U besorgdheid en liefde.

PRACTICE THE PAUSE.

When in doubt, pause. When

angry, pause. When tired,

pause. When stressed, pause.

And when you pause … pray!

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

Gr 6 na die Erediens (Gebedskamer)

TEENTRIX Gr 7 - 11 @ 18:00 in die Sentrum

Page 3: 17 JANUARIE 2016 Hartklop · Ons ontdek die wonder van Kerk-wees! Seën op 2016. Ons staan bymekaar. Ons staan onder die seën van die Here. Ons staan sterk en trots! Baie dankie

Dit is die 1ste Januarie. Dit is net na 2:00. Die foontjie lui en dis Wilhelm:

Die Berg brand! Die middernagtelike skares het (in hul dwaasheid) flares die lug in gevuur

en die berg aan die brand gesteek. Kidbrooke Place se Frail Care word ontruim. Die senior

inwoners kom kerk toe.

En soos Boy Scouts is ons 'prepared'. Ons gee matrasse en verversings. Ons gee ons goeie

vriende selfs om 8:00 'n goeie ontbyt met roereiers, kaas en roosterbrood. Eers

teen 9:00 kom haal die verpleegsters die kerkgangers (net te laat vir die middernagdiens).

Wow, die nuwe jaar begin met groot opwinding, aksie, versorging, barmhartigheid, kerk-

wees, humor, lag, diplomasie, .... maar ook met min-min slaap.

Ons ontdek die wonder van Kerk-wees!

Seën op 2016.

Ons staan bymekaar.

Ons staan onder die seën van die Here.

Ons staan sterk en trots!

Baie dankie vir almal se liefdevolle hulp. Oproepe in die middel van die nag is

met vriendelikheid en ‘n: “Ek is nou daar!” beantwoord.

Dankie Onrusgemeente!

‘n Dankie sê van Kidbrooke af - voorraad

vir die kospakkies. Baie dankie daarvoor.

DIE BERGE BRAND

OP 1 JANUARIE 2016

Page 4: 17 JANUARIE 2016 Hartklop · Ons ontdek die wonder van Kerk-wees! Seën op 2016. Ons staan bymekaar. Ons staan onder die seën van die Here. Ons staan sterk en trots! Baie dankie

MAANDAG, 18 JANUARIE Haarkapper: Maak afsprake by Ester du Toit (081 453 8130)

Tyd: 10h00 - 12h00

DINSDAG, 19 JANUARIE Sitkamer om 10h00 – 12h00: kom wees kreatief en leer om met verskillende kunsvorms te werk

Naaldwerk: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op ‘n Dinsdag

(09h30 – 10h00) na die dienssentrum.

Kliniek 10h00 – 12h00: Kontak sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak

WOENSDAG, 20 JANUARIE

Trimgim in Ark om 10h00 – 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus)

Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede)

Voete- en hande versorging vanaf 8h00: Maak ‘n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931.

DONDERDAG, 21 JANUARIE Sitkamer om 10h15: Prof. Watermeyer en ds Michiel de Kock is die sprekers.

Kanker: doodsvonnis of geleentheid vir hoop.

VRYDAG, 22 JANUARIE Geen teetuin (open weer op 5 Februarie)

BELANGRIKE INLIGTING OM TE ONTHOU:

Uitstappie na Somerset Mall op Woensdag, 27 Januarie 2016. Ons wil kyk of hierdie uitstappie ‘n behoefte is. Ons gaan saam met

die Hermanus Dienssentrum. Daar is slegs 4 sitplekke vir ons lede beskikbaar @ R100 per persoon. Bespreek onmiddellik vir ‘n plek by

Hannie/Joan.

Onthou geskenkbewys by teetuin: Slegs R30 vir tee en koek. Dit is ‘n baie lekker verjaarsdag- of bederf geskenk vir u vriend/

vriendin/kollega.

Onthou Vriende van die dienssentrum. Ons wil u graag sien as ‘n “vriend by die dienssentrum”. Sommige mense voel hulle is nog nie oud

genoeg om aan te sluit nie maar wil as ‘n vriend bekend staan. Om te kwalifiseer as vriend is u welkom om ‘n donasie vir ons te gee en in

ruil daarvoor sal ons u naam aanbring op ‘n lys wat in/by die dienssentrum besigtig kan word. U moet ook vir ons hierdie vorm invul sodat

ons u besonderhede kan kry – elke vriend van die Dienssentrum sal vir ons baie belangrik wees. Ons nooi u ook dan uit vir ‘n gratis koppie

koffie/tee by die teetuin as blyk van dankbaarheid. Gee asseblief hierdie lys met u donasie in by Joan/Hannie by die dienssentrum.

——————————————————————————————————————————————–— VRIENDE VAN DIE DIENSSENTRUM

Naam: ______________________________________________________ Verjaarsdag: _________________________

Adres: ______________________________________________________

Huistelefoonnommer en selfoonnommer: ______________________________ E-Pos: ______________________________

Waarmee wil/kan help: ________________________________________________________________________________

Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)

Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)

Haarsny en droogblaas (“blow dry”) R75 (nie lede R95)

Haarsny en krullers indraai (“set”) R80 (nie lede R100)

Was hare en droogblaas (“blow dry”) R40 (nie lede R60)

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

PROGRAM 18 - 22 JANUARIE 2016

Kontak vir Joan of Hannie by 028 316 1745

(09h30 – 12h30) indien u enige inligting benodig.

Page 5: 17 JANUARIE 2016 Hartklop · Ons ontdek die wonder van Kerk-wees! Seën op 2016. Ons staan bymekaar. Ons staan onder die seën van die Here. Ons staan sterk en trots! Baie dankie

KATEGESE / TEENTRIX

Ons verwelkom aldie kinders weer terug

na ‘n heerlike vakansie. Mag julle almal

hierdie jaar geseën word deur elke byeenkoms.

REËLINGS VIR SONDAG 17 JANUARIE Kinders Rooitrein (3 - 6 jaar) gaan na die Ark

na die Rooitrein.

Bybelgroepe Graad 1 - 5 gaan na die Dienssentrum na

die Rooitrein waar almal in klassies gedeel gaan word.

Graad 6 gaan na die diens na hul klas in Gebedskamer.

Graad 7 - 11 bly saam met hul ouers in die sentrum

agter sodat ons die veranderinge en reëlings vir die

jaar kan verduidelik. (Vanaf Sondag 24 Jan sal die

Teentrix Sondagaande wees @ 18:00 in die sentrum).

Ons wil graag 2 groepe mense nooi om deel te wees van

die aktiwiteite by die kerk op Sondae –

(1.) Gesinne met laerskoolkinders wat deel wil wees

van die diensspan elke Sondag. Hierdie gesinne

sal gewoonlik een keer per maand help met die

verwelkoming by die deure, help met die insame-

ling van die kollekte en bv. help om ekstra stoele

in te dra ens.

(2.) Enige volwassenes wat kan help met die

aanbied van Kategeseklasse. Alle materiaal word

verskaf.

Vir enige navrae, kontak Frans Wessels (082 557 1440)

of Roeleen Wessels (082 679 2792).

ONS WERK SAAM BLAD VIR SONDAG 31 JAN. Ons nooi graag gemeentelede om hul advertensies te stuur vir

die volgende blad. Indien u ‘n pos beskikbaar het, werk soek of

‘n klein besigheid het of produkte verkoop - ons adverteer graag!

U is welkom om inligting na Karin by die kerkkantoor te

stuur na [email protected] teen 26 Januarie.

WATER VIR DROEË DELE

VAN ONS LAND

Baie dankie vir almal se skenkings

al hierdie week - die water gaan

volgende week na Worcester waar

dit vandaar geneem word na die

regte plekke. Elke Woensdag gaan daar ‘n vragmo-

tor ry na Worcester, so u is baie welkom om nog

kanne / houers water na die kerk te bring.

BAIE DANKIE!

PERSONAL: PREPARING MY HEART FOR REVIVAL

Before sin becomes an act, it is first a thought. We call that

being tempted. If we do not call out to God for help and

deliverance in these moments of temptation, or if we allow

ourselves to indulge the thought of sin in our minds, we will

likely commit the sin eventually. Once we sin, God gives us a

means to escape from sin’s lure and grip, through the power

of the Holy Spirit who lives within us. We call this conviction

– that internal “call” to turn around and change direction

when we have sinned. Just as sin begins in our minds (as

temptation), so repentance begins in our minds as the Holy

Spirit brings conviction. The mind is a crucial part of our

spiritual anatomy. (Matthew 22:37, Romans 12:1-2)

WAAR KAN EK DIEN HIERDIE JAAR?

Die seën van ‘n redelik groot Gemeente is dat daar soveel

geleenthede is om ‘n verskil in die koninkryk te maak. Ons nooi

u almal om gerus deur die kalender te blaai by die bedieninge

afdeling en te kyk of daar ‘n iets is wat jou hart roer. Kontak

dan gerus die bedieningsleier en kom skakel in!

By die volgende lys van geleenthede het ons dringend

mense nodig wat hul gawes kan bring vir God:

Blomme/Simboliek

Kategese leiers

Parkering aanwys Sondae

Gasvryheid (verwelkom by deure en plek aanwys Sondae)

Gee gerus jou naam by die kerkkantoor, ons sal sorg dat dit by

die regte persone uitkom.

Kyk ook asb deur die jaar na die Ligdraers kolom op agterblad

van die Hartklop.

Daar is altyd nuwe

geleenthede wat

Vader dalk net vir

jou uigekies het.

Alle seën vir ‘n jaar

vol DIEN!

NUWE PREEKREEKS BEGIN 7 FEB - 20 MAART 2016

7 WEKE IN GESPREK MET GOD (ONS VADER GEBED)

Die nuwe boekie sal volgende Sondag (24 Jan) beskikbaar wees

by die kerkkantoor. Daar is riglyne vir persoonlike

stiltetyd, kleingroepe en vir families. Ons moedig

lidmate en groepe aan om by die reeks in te skakel.

Mag ons almal saam daarin verryk word en meer leer

van ons Vader. Seën vir u elkeen.

Page 6: 17 JANUARIE 2016 Hartklop · Ons ontdek die wonder van Kerk-wees! Seën op 2016. Ons staan bymekaar. Ons staan onder die seën van die Here. Ons staan sterk en trots! Baie dankie

BYBELSKOOL Die Skool heropen DV Woensdag 17 Febr. om 18:00 in Hermanus en Donderdag 18 Febr. om 9:00 in Onrusrivier. Prof Kobus Kellerman gaan ‘n reeks oor Filippense aanbied. Meer inligting later. Navrae: Clifford by 018 316 4895. SPOELKLIPPE-OPENING VRYDAG 19 FEBRUARIE DV Hou datum asseblief in gedagte! Meer besonderhede volg later. ONSTEATER WOENSDAG 10 FEBRUARIE 14:30 FLIEK: FRENCH TOAST 'n Franse sjef help 'n Suid-Afrikaanse meisie, Lise, (Lika Berning) om 'n familiegeheim te ontrafel. Slegs 'n DONASIE word gevra vir die Dienssentrum. NB: Slegs elke TWEEDE WOENSDAG van elke maand word 'n DVD vertoon. Maak dit 'n vaste en gereelde afspraak om saam met vriende te kom ontspan! SIEN JULLE DAAR!

KOLWYNTJIE TEETUIN Dames, julle werksrooster vir 2016 is beskikbaar by die kerkkantoor. Die teetuin open die 5de Februa-rie! Ons is baie opgewonde oor dit wat ons Vader alreeds vir ons beplan vir die nuwejaar. Ons glo dit van harte! Mag ons 65 dames Sy liefde gaan deur-gee aan elke besoeker wat ons gaan bedien met 'n heerlike koppie koffie/tee en 'n eetdingetjie vir net R30! Lede van die dienssentrum betaal net R20! Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf!

DIE VRIENDE VAN HUIS LETTIE THERON en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na ’n vergadering op Donderdag 21 Januarie 2016 om 14h30, by die tehuis. SPOELKLIPPE : MY FAIR LADY! Datum: Saterdag 30 Julie 2016 Blokbespreking vir 21 persone by KUNSTEKAAP! Busvervoer plus toegang: R335 pp Betaal so gou as moontlik by kerkkantoor en wees verseker van jou plek! Betaal nie later as einde Maart nie. Joep 083 297 9230 of 028 316 4018. KLEINGROEPE Wil jy graag by ‘n kleingroep aansluit? Ons is weer besig om te kyk hoe ons mense bymekaar kan bring. Stuur gerus jou kontak besonderhede na Frede Wakeford by [email protected] of kontak haar by 084 257 7457.

KOSPAKKIES 18 JAN 2016 DV Kospakkies word more oggend gepak in die moed-erskamer om 8:30. Mag ons Vader sy hand van seën oor ons as gemeente hou sodat ons in 2016 altyd 'n oop hand, hart en beursie sal hê vir hulle in nood. KYK ASSEBLIEF AGTER IN DIE KALENDER WAT JOU WYK SE BYDRAE IS VIR DIE KOSPAKKIES. KLEREKAS: Die klerekas se rakke is redelik leeg! Gaan loer gerus bietjie deur u kaste en daardie klere wat jy nou al vir 2 jaar nie dra nie - ons sal dit baie waardeer indien u dit kan skenk vir die klere. Bring gerus na die kerkkantoor. Baie dankie! Die inkom-ste hieruit word gebruik vir die kospakkies. MEDIATEEK BEURTE SONDAE NA EREDIENS Hettie benodig nog mense wat kan help diens doen by die Mediateek. Kom sommer hierdie Sondag na die Mediateek (langs die maalruimte) en kom gee jou naam op of kontak Hettie by 028 316 2342.

SOPKOMBUIS: DINSDAE SOPKOOK Ons benodig nog persone om te help sop kook op Dinsdae by die kerk. Ook om elke tweede Don-derdag uit te ry na Hawston en sop af te lewer by die kliniek. Kontak asb vir Siska by 028 316 2109. KINDERSORG het 'n 6 jarige pragtige dogtertjie wat in permanente pleegsorg geplaas moet word weens omstandighede. Kontak asseblief vir Erika indien u belangstel om hierdie dogtertjie in pleegsorg te neem. DINSDAE SOPGROEP 3 Dames, julle werksrooster vir 2016 is by die kerkkan-toor beskikbaar. Ons eerste kookbeurt is die 2 de Februarie DV. Mag die HERE al die sopspanne seën sodat ons Sy liefde kan deurgee aan elkeen wat 'n koppie sop gaan ontvang. GASVRYHEIDSBEDIENNING: Het u al gewonder hoe gaan u nuwe vriende maak en nuwe mense ontmoet? Die Gasvryheidsbediening is net die plek! Word deel van die vriendelike span wat Sondae mense by die deure verwelkom en plekke aanwys. Ons het jou nodig!! Kom gee gerus jou naam op by die kerkkantoor.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER

Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

CORNEL JANSE VAN VUUREN 083 704 8636 | 028 316 3657

[email protected]

www.realnet.co.za