nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · web...

15
GESPREK OOR KERKWEES Julle moet mekaar altyd liefhê! Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25 . Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2. 1. AANKONDIGINGS: 2. STILTE & FOKUS terwyl die klok lui 3. TOETREDE: G168:1-3 4. VOTUM: In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? 5. SEËN: Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal met ons almal wees. Amen. 6. LOFSANG: Geliefdes, God het ons met Sy wonderlike seën gegroet. Laat ons met blydskap daarop antwoord deur Gesang 188:1+3 te sing. 1 | ZUURFONTEIN – 3Maart 2019 Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

1. AANKONDIGINGS:

2. STILTE & FOKUS terwyl die klok lui

3. TOETREDE: G168:1-3

4. VOTUM:

In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?

5. SEËN:

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die

gemeenskap van die Heilige Gees sal met ons almal wees. Amen.

6. LOFSANG: Geliefdes, God het ons met Sy wonderlike seën

gegroet. Laat ons met blydskap daarop antwoord deur Gesang

188:1+3 te sing.

7. VOORLEES: Eddie Huggett.

Alle mense soek na die sinvolheid van die lewe. Nie alle mense weet

waar om dit te vind nie. Gelowiges leef elke dag met die vaste wete: Die

1 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 2: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

versoening wat God in Jesus Christus vir elke gelowige bewerk, bring

sinvolheid en vreugde in die lewe. In tye van voorspoed en in tye van

teenspoed hou gelowiges hieraan vas.

Kom lees saam met my uit Filippense 4:2-9

8. Filippense 4:2-9

2 Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te

wees in die Here. 3 Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie

vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van

die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se

name in die boek van die lewe staan.

4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.

6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur

gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle

harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles

wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug

of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle

2 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 3: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

gedagtes rig. 9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en

gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

Sing saam met my oor die vergifnis wat ons van God ontvang, Gesang

245:2-3.

9. Gesang 245:2-3.

10. GEBED:

Vader, ons aanbid u vandag, u aan wie die hele gemeenskap van

gelowiges in die hemel en op die aarde behoort.

Ons bid dat U deur U Gees aan ons die krag sal gee om innerlik sterk te

wees.

Ons bid dat Christus deur die geloof in ons harte sal woon en dat ons

dade daarom van liefde sal getuig.

Mag ons in staat wees om te besef hoe wyd en ver en hoog en diep U

liefde strek.

Mag ons U liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag

ons heeltemal vervul word met u teenwoordigheid.

Aan U kom die eer toe, in die kerk, in ons gemeente, in die wêreld.

Tot in ewigheid en ewigheid. Amen.

3 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 4: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

11. INLEIDING:

Die eerste artikel van die eerste uitgawe van Die Hervormer hierdie jaar

is geskryf deur dr Andre Ungerer. Die opskrif van die artikel: Ontwrigting

is ‘n geleentheid om God se wil te ontdek. In hierdie artikel skryf dr

Ungerer oor die uitdagings van ons tyd vir kerkwees. Uitdagings wat ook

op die pad van gemeente Zuurfontein lê.

Dan kom die skrywer tot ‘n gevolgtrekking, een wat ek dink ons ernstig

moet opneem: “Dalk is dit tyd om die aktiwiteite op die

gemeentekalender te verminder, die koorsagtige gejaag na finansiële

teikens te temper, die angsvalligheid oor getalle groei opsy te skuif, en ‘n

slag DIEP TE BESIN OOR WAT GOD SE WIL VIR DIE GEMEENTE IS.

Vandag besin ons oor die wil van God vir die gemeente. Die wil van God

is eerstens in die Woord van God. En vandag lees ek sommer aan die

begin van die teksgedeelte (Hebreërs 13:1-25) dat ons lief moet wees vir

mekaar en ons moet nie nalaat om gasvry te wees nie. Dit is belangrik

vir kerkwees in ons tye: liefde vir mekaar en gasvryheid teenoor mekaar.

12. SKRIFLESING TWEE: Hebreërs 13:1-25.

1 As broers moet julle mekaar altyd liefhê.

4 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 5: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het

sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste

gehuisves.

3 Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié

wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.

4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die

huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal

onder die oordeel van God kom.

5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.

God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat

nie.”

6 Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen

vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?”

22 Broers, dit is my dringende versoek: Julle moet geduldig na hierdie

woorde luister waarmee ek julle bemoedig het, al het ek dit net kortliks

aan julle geskrywe. 23 Julle weet seker al dat ons broer Timoteus

vrygelaat is. As hy gou genoeg kom, bring ek hom saam wanneer ek

julle besoek. 24 Groete aan al julle voorgangers en aan al die gelowiges.

Dié wat van Italië afkomstig is, stuur ook vir julle groete.

25 Die genade van God sal by julle almal wees!

5 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 6: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

13. PREEK:

Dit is 'n behoefte van my hart om vanmôre vir u te sê: Dit is lekker om

saam met u kerk te wees. Dit maak ons mos familie van mekaar. Groot

en klein is elkeen van ons broers en susters vir mekaar. Wat vanmôre

spesiaal maak is die feit dat ons, as geloofsfamilie, die voorreg het om

saam te kan wees. God is elke oomblik van elke dag by ons, en dit is 'n

wonderlike voorreg, maar ons kan net op 'n Sondag in die erediens so

saam wees en dit is spesiaal. Daarom dat die skrywer van die Hebreër

brief weer sy luisteraar, die gemeentes, ons, herinner om vir mekaar lief

te wees en om gasvry teenoor mekaar te wees.

Weet u my broer en suster, 2019 is al ons elfde jaar saam. En met die

Here se genade het dit met die gemeente ongelooflik goed gegaan oor

hierdie amperse elf jaar. Miskien beter as wat die meeste van ons

gedroom het. Ons het moeilik begin, ons koppe opgetel, deur ‘n dip

gegaan en nou gaan dit weer met ons goed. Maar wat van die toekoms?

Die uitdaging is net dalk dat ons te gewoond geraak het aan mekaar.

Dat ons so gewoond geraak het aan mekaar in die gemeente, dat ons

nie meer mekaar vurig en van harte liefhet, soos wat dit hoort by 'n

gemeente van God nie. Dat ons so gewoond geraak het aan mekaar,

dat ons mekaar nie meer waardeer nie. En weet u, en dit is ook waar

van elke ander verhouding waarin ons staan, of dit nou ons verhouding

met God is, ons verhouding met my man, vrou of kinders, of wie ook al,

6 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 7: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

as ons te gewoond geraak het aan mekaar, dan verdwyn die liefde vir

mekaar. Of kom ek sê dit nog nader aan die waarheid, dan word ons

liefde vir God en vir mekaar net lippe taal.

Jesus het Sy liefde vir ons bewys deur sy lewe vir ons te gee. Sy liefde

was nie net lippe taal nie, maar dit het ook oor gegaan in liefdesdade.

Dit het oorgegaan in dade van omgee vir ons. Ons, u en ek kan ook ons

liefde vanmôre toets deur na ons dade te gaan kyk, getuig u en my dade

van elke dag dat ons deur die liefde van God gevul is. Hebreërs sê ons

liefde moet oorgaan in dade wat omgee vir God se saak en die nood van

my naaste.

Liewe gemeente, ek glo nog steeds, soos op dag een, dat God 'n plan

het vir gemeente Zuurfontein. Ek glo nog steeds dat Hy in en deur ons

gemeente 'n verskil wil maak in die gemeenskap waarin ons woon. Ek

glo elkeen van ons is deel van daardie plan, nie een van ons is maar

toevallig hier of selfs toevallig deel van die gemeente nie. Maar dink ons

so daaraan? Hoekom is ons vanmôre hier? Hoekom is dit vir ons

spesiaal om juis as gemeente bymekaar te wees? Wat kom maak ons in

die kerk vanmôre?

In hierdie laaste klompie weke het ek weer baie gewonder oor kerk, oor

kerkwees. Trouens ek het so baie gelees en gedink dat ek nie weet waar

om vanmôre met u te begin deel nie. lewers het ek iets gelees van

dryfsand, wel, as ons nie skielik weer gaan begin dink oor kerk en

7 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 8: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

kerkwees nie, as elkeen van ons nie skielik weer erns gaan maak met

hierdie saak, gaan kerkwees vir ons in wêreld se dryfsand wegsak.

U Sien, ek is bang dat kerkwees vir ons oor verkeerde goed gaan. Dalk

dink ons aan die kerk as 'n geestelike klub waaraan ek behoort. My

offergawe is my ledegeld en die dominee en sy kerkraad moet diens

lewer, anders onttrek en my ledegeld en gaan soek ek 'n ander

geestelike klub.

Miskien dink ons aan die kerk as die plek waar ek gedoop, gekatkiseer,

getroud en begrawe moet word. Dalk dink ek aan die kerk as 'n gebou

waarheen ek Sondae gaan om te gaan aanbid. Of dalk dink ek aan die

kerk as die ouens wat my moet besoek en warm hou, gelowige hou, die

kerk moet sorg dat ek in die hemel kom.

Broers en susters, liewe jongmense; eers wanneer ons saam die Bybel

lees en eerlik daarin soek na God se wil, sal ons antwoorde vind oor

kerk en kerkwees. Ek wil hierdie belangrike woorde graag herhaal: eers

wanneer ons almal saam die Bybel lees en eerlik begin soek na God se

wil, sal ons antwoorde vind oor kerk en kerkwees.

Eenvoudige antwoorde oor kerk en die afvalligheid van ons mense is net

nie goed genoeg nie. Om te preek vir die in die kerk en dan te sê die

afvallige mense moet net weer kerk toe kom, dan sal alles reg wees. Is

8 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 9: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

nie 'n eerlike saam lees uit die Woord van God en soeke na Sy wil nie.

Om te sê ons moet net weer terugkeer na hoe dinge in die oue dae

gedoen is, is ook nie eerlik in wat die Bybel ons leer oor kerkwees nie.

Ons kan ook nie wil kerkwees ter wille van die instandhouding van

strukture en ordes nie. Want een van die eerste dinge wat ons in die

Bybel sal raak lees is dat kerkwees nie 'n instansie moet wees nie, maar

'n persoonlike verhouding met God.

Kom ons kyk 'n bietjie na die Hebreër boek. Die brief aan die Hebreërs is

gerig aan mense wat nie meer lus gehad het vir die Christelike pad nie.

Die lidmate van hierdie gemeente het begin voete sleep op hulle

gemeentelike pad. Hulle het begin verskonings vind vir alles wat in en

deur die kerk gedoen moes word. En weet u, die skrywer van hierdie

brief wil vir daardie mense sê dit is so gevaarlik.

Dit is mos net wat Petrus se brullende leeu, die duiwel wil hê van 'n

gemeente. Die duiwel sal nooit ooit 'n gemeente voor die keuse stel om

God te dien of Hom te verloën nie, maar hy wat brullend rondloop, se

einddoel is om ons te verslind, maak ons stukkie vir stukkie afvallig.

Stukkie vir stukkie raak ons meer en meer onbetrokke by die

werksaamhede van God se kerk en meer en meer betrokke by onsself

en vir wêreldse dinge wat vir ons belangriker geword het.

Broers en susters, liewe kinders; ek weet onder ons kan ons nou dink,

ja, daar gaan die dominee al weer, weet hy dan nie ons wil eerder luister

9 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg

Page 10: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../Julle-moet-mekaar-altyd-liefhê.docx  · Web view2019-02-27 · In die Woord staan daar: God is vir ons, wie kan dan teen ons ... Ons bid dat

GESPREK OOR KERKWEESJulle moet mekaar altyd liefhê!

Tekste: Filippense 4:2-9 / Hebreërs 13:1-25.Liedere: G168:1-3 / G188:1+3 / G245:2-3 / G308:1-5 / G442:1-2.

na preke oor redding en genade nie, oor hoe God alles doen en ons niks

hoef te doen nie. Oor hoe lief God ons het al is ons hoe sleg nie. Ek

weet dit, liewe gemeente, en niks hiervan is onwaar nie, God het ons

baie lief, en Hy is genadig, maar ons moet ook ons dankbare

verantwoordelikheid wys. Dit help nie maar net ons naam is op die

gemeente se register nie, dit help nie ons gee elke maand offergawe net

om die kerk van my nek af te kry nie, ons moet vir 'n slag weer eerlik

wees oor ons verwagtings van die kerk.

Ons moet vir 'n slag weer met mekaar saam Bybel lees en met mekaar

saam dink en praat oor wat God se bedoeling in en deur die kerk is. God

se bedoeling in en deur die gemeente Zuurfontein is. God se bedoeling

in en deur my en jou is.

Ek wil hê ons moet Gesang 308, later saam sing. Maar eers wil ek hê

die orrelis moet vir ons iets moois speel terwyl elkeen van ons die

woorde van hierdie lied stil deurlees. Ek wil hê ons moet eers dink oor

wat ons gaan sing, voordat ons net sommer opstaan en goed aan God

belowe waaroor ons nie eers meer ernstig is nie.

14. SLOTSANG: Gesang 308:1-5.

15. SEëNGROET:

16. WEGSENDING: Gesang 442:1-2.

10 | Z U U R F O N T E I N – 3 M a a r t 2 0 1 9Ds. JG (Hannes) Janse van Rensburg