nn 02 04 web issuu

12
UNDERGROUND LEAK & UTILITY DETECTION CCTV CAMERA SEWER INSPECTION Die 16-jarige verdagte in die Kiesling- moordsaak waarin Will (69) en Anje (66) Kiesling op hul plaas, Merebank, in die Swartwater-distrik vermoor is sal Maandag in die streekshof op Mokopane verskyn. Die seun, wat ‘n familielid van die egpaar is, is Maandag in Mosselbaai gearresteer en is volgens die polisie tans die enigste verdagte in die saak. Die Kieslings se ontbinde liggame is verlede Vrydag in hulle plaashuis deur lede van die plaaslike polisie aangetref. Volgens George Kiesling, ‘n kleinneef van die egpaar, is Anje se liggaam in die sitkamer, waar sy steeds op die stoel met haar leesbril aan gesit het, gevind. Will het in die slaapkamer op sy maag op die bed gelê. Kiesling wou nie uitbrei oor die verdagte nie, behalwe om te sê dat hy ‘n probleemkind is. “Ons het gehoor dat hy met dwelms deurmekaar was en dat hy na die plaas gestuur is om sy kop skoon te kry.” Volgens hom woon Will Kiesling sy lewe lank in die Swartwater distrik. “Hy het vir ‘n kort tydjie die Bosveld verlaat Plaasmoord: tiener is enigste verdagte om sy vakleerlingskap as diesel- en petrol- werktuigkundige in Pretoria te voltooi en is kort daarna weer terug Swartwater toe. “Oom Will was baie lief vir die Bosveld en ons het graag na sy jagstories geluister. Dit was sy wens dat sy as gestrooi sal word by die rivier waar hy graag Waterbokke gejag het. Hy het die plek Kanaan genoem. Oom Will en tannie Anje was albei baie geliefd in die gemeenskap,” het hy Woensdag aan Noordelike Nuus gesê. Anje het ‘n paar jaar gelede die Messiaanse Joodse geloof aangeneem en Will was ‘n lid van die NG gemeente op Swartwater. Kolonel Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het hierdie week bevestig dat die seun Maandag by sy voog se huis in Mosselbaai in hegtenis geneem is. Hy is Woensdag reeds na Mokopane geneem waar hy in aanhouding sal bly tot sy hofverskyning Maandag. Die resultate van die na-doodse ondersoek sal ook dan eers bekendgemaak kan word. Will en Anje Kiesling is verlede Vrydag dood aangetref op die plaas Merebank in Swartwater.

Upload: helena-raats

Post on 13-Mar-2016

295 views

Category:

Documents


31 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper - Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 02 04 web issuu

UNDERGROUND LEAK & UTILITY DETECTION CCTV CAMERA SEWER INSPECTION

Die 16-jarige verdagte in die Kiesling- moordsaak waarin Will (69) en Anje (66) Kiesling op hul plaas, Merebank, in die Swartwater-distrik vermoor is sal Maandag in die streekshof op Mokopane verskyn. Die seun, wat ‘n familielid van die egpaar is, is Maandag in Mosselbaai gearresteer en is volgens die polisie tans die enigste verdagte in die saak.

Die Kieslings se ontbinde liggame is verlede Vrydag in hulle plaashuis deur lede van die plaaslike polisie aangetref. Volgens George Kiesling, ‘n kleinneef van die egpaar, is Anje se liggaam in die sitkamer, waar sy steeds op die stoel met haar leesbril aan gesit het, gevind. Will het in die slaapkamer op sy maag op die bed gelê.

Kiesling wou nie uitbrei oor die verdagte nie, behalwe om te sê dat hy ‘n probleemkind is. “Ons het gehoor dat hy met dwelms deurmekaar was en dat hy na die plaas gestuur is om sy kop skoon te kry.”

Volgens hom woon Will Kiesling sy lewe lank in die Swartwater distrik. “Hy het vir ‘n kort tydjie die Bosveld verlaat

Plaasmoord: tiener is enigste verdagte

om sy vakleerlingskap as diesel- en petrol-werktuigkundige in Pretoria te voltooi en is kort daarna weer terug Swartwater toe. “Oom Will was baie lief vir die Bosveld en ons het graag na sy jagstories geluister. Dit was sy wens dat sy as gestrooi sal word by die rivier waar hy graag Waterbokke gejag het. Hy het die plek Kanaan genoem. Oom Will en tannie Anje was albei baie geliefd in die gemeenskap,” het hy Woensdag aan Noordelike Nuus gesê.

Anje het ‘n paar jaar gelede die

Messiaanse Joodse geloof aangeneem en Will was ‘n lid van die NG gemeente op Swartwater.

Kolonel Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het hierdie week bevestig dat die seun Maandag by sy voog se huis in Mosselbaai in hegtenis geneem is. Hy is Woensdag reeds na Mokopane geneem waar hy in aanhouding sal bly tot sy hofverskyning Maandag. Die resultate van die na-doodse ondersoek sal ook dan eers bekendgemaak kan word.

Will en Anje Kiesling is verlede Vrydag dood aangetref op die plaas Merebank in Swartwater.

Page 2: Nn 02 04 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 4 APRIL 20142

Page 3: Nn 02 04 web issuu

4 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

LEPHALALE SQUARE3,4 & 5 April

coming to

OADR SHOW

BONUS MOTORSVan Riebeeckweg 33, Mokopane

Dirk 073 664 8775

New & Used cars

Pieter 073 483 8718

Golf

Jasper Raats ([email protected]

Despite all the turbulence in the platinum industry, Mogalakwena mine is one of the few producers still in production and the mine will remain a driving force in the local economy for many years to come. This was the message from Mogalakwena Platinum Mine manager, Richard Cox, at last Thurs-day’s networking meeting arranged by the Mokopane Chamber of Business at Ismail’s Hardwarehouse.

Cox said the mine is spending R75-million per month on contractors and R100-million on stores. “Unfortunately most of this money is leaving town. We need to find a way of retaining it here,” he said.

Cox said the biggest obstacle to sourcing local product and services is guaranteed delivery. He explained that the mine cannot afford to buy from a local supplier who cannot supply products or services at desired quality and quantities consistently.

“But we have a vested interest in helping local businesses to grow to the extent that they can meet our needs.”

Cox assured the audience that the mine has a long future in Mokopane. “We have been here for a long time and we’re still going to be here 100 years from now,” he said. “So we have time to establish trust between us and you as business people can afford to take on risk to expand and posi-tion your businesses to the extent that it can meet our needs. You can plan long-term, even for when your children one day run your business.”

‘Think long-term’ - Cox tells local business

Cox said the mine will rely heavily on the business chamber for guidance in its commitment to make Mokopane a better place. “Your chamber is 90 years old. It has established a lot of knowledge and experience over all those years. We don’t always know what’s best to do next. We are miners. We chase dirt. But together we will find the answers,” he concluded.

The networking session was a joint effort by the Mokopane Chamber of Business and the Mogalakwena Platinum mine to introduce all contractors who supply services to Mogalakwena Platinum mine as guests off the chamber and its members. This afforded local businesses an opportunity to network with con- tracting companies of the mine.

Department se aandag op Beauty pad

LEPHALALE - An employee of a local business in Lephalale was hijacked in front of Absa on Monday.

The employee was about to park the company vehicle to bank money when he received a call on his cell phone. Before he could answer, three suspects approached the vehicle and climbed into the car. With a weapon aimed at his private parts the employee was forced to drive away from the bank. When he realised that the weapon was in fact a toy gun, he immedi-ately reacted by hitting one of the suspects on the mouth. He was thrown from the vehicle and the three suspects fled with the company vehicle and an undisclosed amount of cash. The vehicle was later found abandoned next to the road. Accord-ing to W/O Frans Mokoena, no arrests have been made.

Hijacked with toy gun

Boere wat daagliks gebruik maak van die D171 Beauty-pad net buite Lephalale sê die pad is bykans onbegaanbaar. ‘n Boer in die omgewing, Gawie van Zyl, het verlede Dinsdag verskeie verteenwoordi-gers van die provinsiale en plaaslike de-partment van paaie op ‘n besigtigingstoer geneem om amptenare bewus te maak van die swak toestand van die pad.

“Met tye wou hulle omdraai omdat die pad na hulle mening te sleg is om te ry,” vertel hy. “Ek het aangedring dat hulle die hele pad saam met my ry, sodat hulle self kan sien waarmee ons te doene het.”

Die amptenare het volgens van Zyl gesê die department het nie grond en gruis om die gate te vul nie. “Ons het in 2011 toe die pad ook weggespoel het, grond gratis beskikbaar gestel. Ek het onderneem om weer met boere in die omgewing te on-derhandel om grond beskikbaar te stel. Dan is daar geen meer verskonings vir die departement nie. Ons dring daarop aan dat die departement so gou as moontlik ons in die saak bystaan,” het van Zyl gesê.

Page 4: Nn 02 04 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 4 APRIL 20144

Die MG handelsmerk is waarskynlik so eie aan sportmotors as wat die Moord-drift monument aan Mokopane is, en nou is hierdie legendariese motors met hul jare lange sport bloedlyne in Mokopane beskikbaar.

BKG Motors is die nuwe agentskap vir MG in Limpopo en het verlede week die eerste MG3 in die provinsie verkoop en afgelewer aan ‘n kliënt in Polokwane. BKG staan nou onder die nuwe bestuur van Dougie Rule, ‘n man met 30 jaar ondervin-ding en ‘n passie vir die motorbedryf.

Terwyl Dougie na die hele BKG groep se belange gaan omsien, is Lucia Loubser verantwoordelik vir die MG handelsmerk se bemarking en verkope. Sy self kan nie wag om haar hande op haar eie MG3 te kry nie.

Hoewel die MG3 supermini reeds in Oktober verlede jaar by die Johannes-burgse Internasionale Motorskou bekend-gestel is, is dit nou eers in Suid-Afrika beskikbaar. In die Verenigde Koninkryk is dit reeds die top verkoper by MG hande-laars.

Hoewel hierdie legendariese Britse mo-tors steeds in Europa vervaardig word, be-hoort die MG handelsmerk deesdae aan ‘n Sjinese maatskappy. Dit val so reg in BKG motors se kraal.

Dougie is goed vertroud met van die Sjinese handelsmerke wat onder die BKG vaandel bemark word en kan nie uitgepraat raak oor die kwaliteit van hierdie produkte nie. Hy het hom duidelik ingestudeer op die gebied en kan die koring van die kaf skei.

Hy verduidelik byvoorbeeld hoe die nuwe reeks bussies wat nou ook deur BKG bemark word in Sjina vervaardig word,

MG maak geskiedenis in Mokopane

maar onder lisensie van die Max-us handelsmerk wat vroeërjare as Leyland bekendgestaan het. Beide MG en Leyland is gebore uit die Morris motormaatskappy.

“Die MG is nog pure sports-kar,” gesels Dougie, “maar deesdae is die fokus op familie sportmotors met vier sitplekke en al die rygerief van sy kompetisie. Maar onder die enjinkap brul ‘n hele trop turboaangejaagde resiesperde.”

Dougie sê soos die MG reeks is hy ook nou gereed om rustiger te raak.

“Ek het vir 30 jaar die gewoel en gejaag van Gauteng geniet. Nou wil ek op ‘n meer persoonlike vlak besigheid doen en as-te-ware tyd hê om stil te staan by my kliënte. Ek glo Potties is net die plek daarvoor.”

Vlieënier ongedeerd na noodlandingPlaaslike besigheidsman en vlieënier, Emile Pepler, het Dinsdag ‘n noue ontkoming ge-had toe hy met ‘n helikopter onderweg na Lephalale ‘n noodlanding moes doen.

Hy vertel dat hy êrens tussen Thabazimbi en Lephalale probleme ondervind het en homself reggemaak het vir ‘n noodlanding. Die bosse en bome het dit moeilik gemaak. Emile, wat ‘n solovlug onderneem het, het skraapwonde en kneusplekke opgedoen.

Diesel diefstal raak ‘n kopseerBoere en besighede in Lephalale word ge-waarsku om op die uitkyk te wees vir verdag-tes wat diesel steel en verkwansel. Tydens ‘n onlangse landelike veiligheid vergadering is daar gewaarsku dat dit wil voorkom of ‘n die-sel diefstal sindikaat in Lephalale bedrywig is. Volgens bronne word die diesel vanuit ‘n huis in Onverwacht verkoop.

Die diefstal van diesel is ook in die Steen-bokpan omgewing verlede week gerapporteer. Volgens wyk voorsitter, Pieter du Plessis is sonpanele en elektriese toerusting ook op ‘n plaas in die omgewing gesteel. Boere daar het verlede week 12 onwettige immigrante vasge-trek en aan die Stockpoort polisie oorhandig.

Promosie artikel

Page 5: Nn 02 04 web issuu

4 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Valerie Cilliers ([email protected])

Lephalale Municipal Manager (MM), Bob Naidoo, was placed on special leave on Monday following a special council meet-ing held last Thursday. The matter relates to a forensic investigation into alleged irregularities in re-spect of upgrades of sewer pump sta-tion 1 and 23.

According to sources within the municipality, an internal audit recommended that a forensic audit be done regarding pos-sible irregularities. Naidoo then appointed Siswe Ntsaluba Gobado who completed the audit in October last year. The report recommended that disciplinary actions be taken against all staff implicated in the matter. The council decided to suspend Andrew Leseka, head of sanitation and April Shiko divisional head of water.

The Mayor, Jack Maeko, was tasked with proceeding with disciplinary action

Lephalale MM under investigationagainst the MM while he remained in his post.

The decision by council was criticised by the South African Municipal Workers Union who called for Naidoo’s suspen-sion. In a statement to the media SAMWU Regional Secretary, Patric Aphane said:

“Council has failed to act on the recommendation given by the forensic audit report and the High Court chamber to take disciplinary action against the MM, Bob Naidoo, due to his negligence of proper control over the financial adminis-tration of the Municipality. Failure to suspend those who are implicated including Naidoo may have conse-quences that possible wit-nesses may be intimidated and evidence and documents may also disappear.”

Public debates over the issue placed added pressure on council to act and at a council meeting last Thurs-day council decided that it would be best to place Naidoo on special leave while the matter is being investigated. Sources say the investigation could take up to six weeks.

ONVERWACHT - The post box facility at the Onverwacht Post Office doubles as a bedroom, kitchen and toilet unit for the homeless and residents are fed up with the smell and sight of urine, vomit and rubbish. “It is a health risk,” a resident complained to Northern News last week. “I dread coming to this place to collect my mail and I don’t feel safe coming here after hours or on weekends.”

Management at the Post Office say they have sent several letters to the regional of-fice to complain about vagrants living on the property. They say the Lephalale police requested a letter from the regional office to instruct them to remove anyone living on the premises.

Spokesperson for the Lephalale police, W/O Frans Mokoena says he visited the site last week and agrees that something should be done. He says police will arrest vagrants but that it is the responsibility of the municipality and the Post Office to clean up the mess and remove the belong-ings of the people living there.

When Northern News investigated on Friday the smell of urine, vomit and human faeces was overwhelming. Head of Waste Management, Joshua Hlapa, said that he would visit the site so see how the munici-pality can assist in clearing the waste. He also promised to report the matter to the department of health and safety. However, when Northern News went to print on Wednesday, there was no improvement.

Fetching your mail - a health risk?

Page 6: Nn 02 04 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 4 APRIL 20146

Pieter Vogel het geen bekendstelling in Mokopane nodig nie. Hy is hier gebore, het aan Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer en het sy tande in die kleinhandel gesny as kassier by George’s Café.

Later het hy die Spar in Lephalale vir sy swaer, José Gouveia, bestuur.

Daar het hy die hele Spar Groep beïndruk met sy voor-bereide opskep etes. Hy het selfs gepryk op blaaie van die tydskrif, Restaurant Business.

Hy het later saam met José die nuwe Spar in Onverwacht oopgemaak, maar kort daarna het die twee swaers besluit om hul supermarkhoede op te hang.

Pieter het Die Stoep restaurant oopgemaak en sommer gou bekend geraak vir sy pizzas en lekker wegneemetes.

Maar sy hart was al die jare in Mokopane. Aan die einde van verlede jaar het hy en sy vrou, Alandi (ook oor-spronklik van Mokopane), besluit om terug te verhuis en die kennis en ervaring wat hulle oor die jare opgebou het hier in hul ou tuisdorp te kom inploeg.

Pieter se aanvanklike gedagte was om ‘n wegneem ete restaurant oop te maak, maar hy kon nie dadelik ‘n perseel kry nie. “Dit was ‘n bedekte seën,” sê hy “noudat ek terugkyk besef ek die Deli is wat die dorp wou hê.”

Dit het Pieter besef toe hy begin het om ‘platters’ en gekookte wegneemetes op bestelling te maak terwyl hy vir

Promosie artikel

Nou het Mokopane ook ‘n Deli‘n perseel gesoek het. Hy het ook by sy eertydse verskaffers aangeklop en koue vleis en kase op bestel-ling aangekoop en aan kliënte op sy Facebook-groep, Chops & Chives, aangbied.

Die steun was oorweldigend. Hy kon amper nie voorbly met die kosmaak en voorraad aanry nie.

Toe hy verlede maand ‘n perseel kry was die weg-neemetes vergete. Die logiese stap was om Chops & Chives van Facebook en WhatsApp af na ‘n winkel toe te skuif.

Dit was ‘n wen-wen besluit vir Pieter en Mokopane. Chops & Chives het nou ‘n adres en die inwoners van die dorp het nou ‘n tradisionele deli waar hulle alles van koue vleis en kaas tot Deeghuys produkte en speserye kan koop. Vir diegene wat nie lus het om te kook nie is daar opskepbakke met heer-like kook kos en as daar iewers ‘n partytjie gehou word is Chops & Chives nie net die regte plek om ‘platters’ te bestel nie, maar daar is ‘n hele partytjie afdeling met alles van balonne tot geskenkpakkies.

Geleë reg oorkant die biblioteek in Van Riebeeck-weg is Chops & Chives die ideale plek om gou op pad huis toe te stop vir vars broodrolletjies en iets lekkers vir die kinders se kosblikke.

Gaan loer gerus in en groet ‘n ou bekende.

PaaskonferensieOor Paasnaweek besoek “Jews for Jesus” die plaaslike Volle Evange-lie Kerk op Vrydagoggend 18 April 2014 om 09:00. Met hul besoek word die konnotasie tussen die Ou Testamentiese Paasfees en die he-dendaagse op ‘n praktiese manier uit gewys.

Items wat op ‘n eg Joodse manier gebruik is en hul heen wyse na die koms van Jesus Christus word ver-duidelik.

The purpose of the “Christ in the Passover” presentation is to enhance the Christian understanding of the New Testament by showing a Jew-ish background for the communion celebration. Ancient and modern Jewish customs are described with an emphasis on the aspect of the redemption accomplished by Christ on Calvary.

Almal is welkom om die besondere geleentheid by te woon. (Hul aanbie-ding sal in Engels geskied). Kontak gerus die kerkkantoor vir enige ver-dere navrae by tel: 015 491 3343.

Pluimbal maratonDie Mogol Pluimbal klub bied op 11 en 12 April ‘n 26-uur Pluimbal maraton by die Lephalale Mall aan. Spanne bestaande uit twee mans en twee dames kan inskryf en besighede en instansies word uitgedaag om ook spanne in te skryf. Die Mogol pluimbalklub sal rakette en pluime voorsien.

Die eerste wedstryde begin Vrydag 16:00 en die laaste wedstryde eindig Saterdag 18:00.

Die inskrywing beloop R200.00 per span. Vir enige navra kontak gerus vir Chris Loretz by 082 354 3549 of JJ van Zyl by 082 802 0907.

Page 7: Nn 02 04 web issuu

4 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Pietersburg TakSchoemanstraat 34PolokwaneTel: (015) 291 1648

Louis Trichardt TakBurgerstraat 93Maranata SentrumLouis TrichardtTel: (015) 516 0801

AVB NOORDELIKE NORTHAN NEWS 1

Ons is hier vir jou

Die lewe mag wel oor die reis gaan...

...maar dit gaan ook oor hoe jy klaar maak.

Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnis- versekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB dat daar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.

KRY TOT R4000 KORTING OP ‘N BEGRAFNIS

Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer vir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word.

Terme en voorwaardes geld.Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer.

Vir meer inligting kontak ons

Limpopo premier candidate, Langa Bod-lani, DA provincial leader, Jacques Smalle (MP) and DA Limpopo legislature caucus leader, Desiree van der Walt (MPL) visited Lephalale last Thursday to participate in a dialogue with Young Professionals about various topics affecting South Africa’s po-litical landscape.

The dialogue was the DA’s initiative to connect with young professionals who are committed to bring about change in South Africa especially in Limpopo. The event was hosted by local DA Councillor Stephen Manamela and the DA Lephalale team.

The DA’s leadership exchanged ideas

Die lappies grond wat die Mokopane Noodforum aan behoeftige gesinne af-staan om vir hulself groente te produseer kan een van die dae ‘n voorbeeld van nuwe bewerkingsmetodes wees vir almal wat groentetuine wil maak.

Die Noodforum se bestuurder, Eulogia de Wet, het Maandag vertel sy het verlede week besoek ontvang van Pierre de Jager van ‘n projek genaamd Gardening God’s Way.

Pierre spesialiseer glo daarin om mense op te lei om volhoubaar voedsel vir hulself te produseer terwyl hulle die grond waarop hulle werk versorg sodat dit nie uitgeput raak nie.

“Soos ek dit verstaan word daar mini-maal aan die grond gewerk. As ‘n mieli-plant uitkom, word daar ‘n boontjiesaad in daardie selfde gaatjie geplant en so word plante geroteer dat die een aanvul wat die ander uit die grond geput het,” vertel Eulogia.

Die groentetuine by die Noodforum word deur ‘n boorgat wat die plaaslike Rotariërs geborg het van water voorsien. Behalwe vir die groente wat die Noodfo-rum self aanplant om in kospakkies te plaas wat aan gesinne uitgedeel word is daar byna 20 gesinne wat ook vir hulself groente plant op stukkies grond wat aan elkeen toegeken word.

Hoewel mense hierdie groente hoof-saaklik vir hul eie gebruik plant, kan hulle ook daarvan verkoop as hulle kontant no-dig het, verduidelik Eulogia.

Sy sê die Noodforum het eintlik ‘n toesighouer nodig om ‘n ogie te hou oor die groentetuine. “Iemand wat so eenmaal per week kan kom kyk en sekermaak die mense versorg hul tuine en wat dalk

Linke word tweeLinke Nel, die dogtertjie van Lephalale wat tans behandeling in Australië ontvang vir 'n seldsame vorm van Akute Limfoblasties Leukemie, het hierdie week haar tweede verjaarsdag in die Westmead kinderhospitaal in Sidney gevier. Die organisasie Cupcakes for Kids with Cancer het Linke hierdie week verras met heerlike kolwyntjies. Hier is sy saam met boetie Marco en mamma René.

Groenteprojek kry dalk ‘n hupstoot

genoeg van landbou af weet om probleme met peste en plae te kan identifiseer. Eni-giemand wat hiermee kan help kan die Noodforum skakel by 015 491 2500.

Young professionals meet with DAand interacted with participants who were eager to throw pressing questions about DA policy their way.

Amongst issues discussed were BEE, land reform and corruption. Some of the participant wanted to know whether the DA proposes an all out capitalist state. In response Bodlani said that the DA does not believe in a laissez-faire type of economy, but would rather work toward a free market economy where there is equal opportunity and enough policy stability to boost investor confidence.

“Investors are nervous to invest in South Africa because over the past few

months several bills were amended in parliament. Investors need to be assured that our policies promote economic growth, stability and sustainability.”

On the topic of BEE, Bodlani said that the DA supports redress.

“We believe in the upliftment of previously disadvantaged communities, but we do not believe in a quota system as purported by the ANC. As a young professional black person I want to know that I got the job because of merit. We believe that if we focus on education and providing opportunities for young black South Africans, they will soon be in top positions in companies because of the academic excellence they showed and because of merit. Education is the key. We need textbooks delivered on time and schools that offer the best education possible.

Page 8: Nn 02 04 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 4 APRIL 20148

Ons IS Glas

mobile PG Glass LephalaleTel: 014 763 3953Epos: [email protected] Lee Str, Winkel nr 3

Links bo: Die Potgietersrus CVO skool se hoërskool atlete het skoonskip gemaak tydens die onlangse die BCVO Atletiek SA-kampioenskappe op Sasolburg van 21-22 Maart. Links is die laerskool atlete wat medaljes gewen het tydens die onlangse BCVO Atletiek SA-kampioenskappe in Maart.

Potties CVO palm medaljes in Die Potgietersrus CVO skool het ook vir hul rugby en netbal spelers op 29 Maart ‘n kliniek aangebied om hul vernuf te verbeter (links is die hoërskoolkinders).Onder is die laerskool kinders van die CVO skool wat die netbal en rugby kliniek bygewoon het verlede week.

Links is Zelda Genis van die Potgietersrus CVO skool wat aan die Interprovinsiale skiet kompetisie in Florida deelgeneem in die veer geweer afdeling waar sy silwer medaljes ontvang het vir drie posisies (3p), 10m staan en algeheel silwer. Na die interprovinsiale kompetisies is die top 10 skuts landswyd uitgenooi om in Bloemfontein aan die nasionale SANSSU proewe deel te neem. Haar eerste 3p het sy 495 punte geskiet, die tweede 3p het sy 494 punte geskiet en vir haar 10m staan het sy 310 geskiet vir ‘n groottotaal van 1 299 punte. Sy was 4de in die 3p, 4de in die 10 staan asook vierde algeheel landswyd.

Atlete van Hardekool Akademie in Lephalale het verlede naweek aan die BCVO Atletiek SA-kampioenskappe op Sasolburg gaan deelneem en het weereens uitstekend gevaar.Leerlinge wat goue medaljes ontvang het is:Voor: Michaela Venter (turbo spies - rekord), Helgard Muller (1200m), Christelle van der Merwe (80m, 100m, verspring - rekord, turbo spies - rekord). Agter: Mia Venter (aflos), Jandri Venter (verspring, spiesgooi - rekord, aflos), Stefanie Heystek (200m, gewigstoot - rekord, diskus - rekord), Sume Venter (800m). Silwer medalje-wenners was (voor) : Mia Venter (gewigstoot, turbo spies), Neldri Ellis ( 60m, 80m), Marnel Venter (75m hekkies). Agter: Jandri Venter (gewigstoot), Thinus van Rooyen (400m, 200m), Johannes Opperman (800m, 1500m), Ruan Geyser (verspring).Brons medalje-wenners (onder links): Voor: Neldri Ellis (600m), Agter: Thinus van Rooyen (100m), Helgard Muller (turbo spies), Wilmari Muller (1200m).Die volgende drie leerders verwerf ook BCVO-erekleure vir atletiek (foto onder). Hierdie atlete het meer as 800 ABSA-punte gekry in hulle onderskeie items. Hulle is van links: Michaela Venter (turbo spies), Mia Venter (gewigstoot) en Stefanie Heystek (gewigstoot en diskusgooi) .

Hardekool atlete vaar goed by SA’s

Page 9: Nn 02 04 web issuu

4 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Die Nyl Boerevereniging het verlede Donderdag weer sy jaarlikse gholfdag by die Ka-meeldoring Buiteklub in Moko-pane aangebied.

Die dag is goed ondersteun deur plaaslike spelers en ook besoekers van ander klubs, maar dit wat die Gilbertson Body Au-to-span van Mokopane wat met die Louere weggestap het.

Die Nyl Boerevereniging Voorsitter, Pieter Boshoff, het sy dank uitgespreek teenoor die gholfkomitee, spelers en die borge wat die dag moontlik ge-maak het.

Dis nog net 30 dae oor voor die 2014 Windpompfees op Mookgophong begin en dit beloof om weereens 'n “fees der feeste” te wees. Die fees word jaarliks aangebied ten bate van van Euphorbia Christelike Skool. Die organiseerders het aan Noordelike Nuus gesê dat hierdie jaar se fees op gesom kan word in drie woorde: "Groot, Goedkoop en Gesin”.

Die Windpompfees is een van die grootste feeste van sy soort in Limpopo met van die grootste Suid-Afrikaanse en internasionale maatskappye wat as borge na vore getree het. Die fees duur van een tot drie Mei en sluit vermaak vir groot en klein, oud en jonk in.

Feesaktiwiteite sluit laser kleiduif-skiet, ‘n padwedloop en bergfiets wedren in.Daar gaan ook 'n ploegkompetisie wees en selfs 'n span ploegosse sal in aksie gesien kan word. Daar sal 'n vee uitstallings, 'n wildsveiling en veteraanmo-torskou aangebied word.

'n Sangkompetisie in samewerking met Groot FM is ook 'n eerste en gee 'n ge-leentheid vir jong opkomende kunstenaars om hulle talent te wys.

Windpompfees is om die draai!

Die deelnemers wat deurdring na die semifinaal, sing Vrydag 2 Mei op die hoof verhoog. Baie ander bekende kuns tenaars soos, Liani May, Kurt Darren, Theuns Jordaan en Steve Hofmeyr gaan deurentyd te sien wees.

Meer inligting kan op die webwerf: www.naboomwindpompfees.co.za gekry word.

Zulite Johnson(links) en Carien Botha flink aan die werk vir Windpompfees 2014.

Nog ‘n gholfsukses vir Nylboere

Hans Human se span was tweede en onvang hulle Rainbow Slaghuis vleispakke van Pieter Boshoff. Hulle is: K. Meyer, K. Freeman, Hans Human en N. le Grange.

Bo: In die eerste plek was die Gilbertson Body Auto span met K. Nel, H. Moulder, H. Groenewald en P. le Grange wat hul Meat City vleispakke van Pieter Boshoff ontvang.

HF Mining se span was in die derde plek. Hulle is: A. Beytell, A. Lubbe, J. van Staden en J. Bester.

Vir foto's, berigte, gebeurtenisse en vele meer, volg ons op Twitter (@Noordelikenuus) of gaan loer in by

www.noordnuus.co.za

Page 10: Nn 02 04 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 4 APRIL 201410

Page 11: Nn 02 04 web issuu

4 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Page 12: Nn 02 04 web issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

Laerskool Krugerpark se o/11 A rugbyspan het verlede week saam met die eerste span na Marble Hall getoer waar hulle Donderdag, Vrydag en Saterdag teen skole van regoor die noordelike provinsies gespeel het.

Kleiner spelers het ook getoerDie hardebaarde van die laerskole was skaars terug van hulle rugby-toer na Marble Hall toe is dit die jonger spelers se beurt. Laerskool Bosveld Primary se o/9 en o/ 10 rugbyspanne het puik gevaar en vol-gens hul afrigters baie geleer.

Rugbyspanne toer na Marble HallHier is die o/11 spannetjie in hulle nuwe rugbybroeke geborg deur Hyundai Mokopane. Ander borge vir die toer was Meat City en Debonairs Pizza.

Bo: Laerskool Bosveld van Lephalale het ook na Marble Hall getoer. Hier speel hulle eerste span teen Laerskool Klipfontein.

Ruan Mostert hier in aksie tydens die o/9 span se wedstryd teen Laerskool Marble Hall.

Reinhardt Pretorius skop af tydens die o/10 span se wedstryd teen Laerskool Phalaborwa