nn 16 1 web issuu

8
Boere en natuurbewaarders het teen Woensdagmiddag asem opgehou dat die twee olifantbulle wat verlede Vrydag vanaf Botswana oor private plase en reservate tot by Lephalale gestap het terug sou keer na waar hulle vandaankom. Kort nadat die olifante verlede week die eerste keer opgemerk is was daar druk uit bewaringskringe om die twee jong bulle te spaar. 'n Bewaringskenner wat Noordelike Nuus te woord gestaan het, het boere geloof vir hul verdraagsaamheid ten spyte van skade wat die olifante aangerig het. Die twee het meer as 100km afgelê vanwaar hulle die grens oogesteek het tot by die Mokolo Dam Natuurreservaat. Vandaar het hulle gestap tot by DiNyala Natuurreservaat voordat hulle omgedraai en al op hul spoor teruggestap het. Teen Woensdag- middag was hulle net 20km van die Botswana grens af. Hier is een van die bulle in die Mogolrivier net buite Lephalale. Sonneblom reik na die hemel Grootvoete kom kuier Dawid Coetzee van Mokopane spog met ’n gesonde oes son- neblomme en mielies in die dorp. Coetzee sê hy het nog nooit sulke groot sonneblom- me gesien nie, terwyl hy in die lug wys na die langer as dakhoogte plante. “Ek en my kleindogter het sommer ’n paar saadjies en mieliepitte in die grond gedruk en ek het ’n dik laag kompos daaroor gegooi,” sê hy. Foto: S. Pienaar.

Upload: helena-raats

Post on 07-Apr-2016

277 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Boere en natuurbewaarders het teen Woensdagmiddag asem opgehou dat die twee olifantbulle wat verlede Vrydag vanaf Botswana oor private plase en reservate tot by Lephalale gestap het terug sou keer na waar hulle vandaankom.

Kort nadat die olifante verlede week die eerste keer opgemerk is was daar druk uit bewaringskringe om die twee jong bulle te spaar. 'n Bewaringskenner wat Noordelike Nuus te woord gestaan het, het boere geloof vir hul verdraagsaamheid ten spyte van skade wat die olifante aangerig het.

Die twee het meer as 100km afgelê vanwaar hulle die grens oogesteek het tot by die Mokolo Dam Natuurreservaat. Vandaar het hulle gestap tot by DiNyala Natuurreservaat voordat hulle omgedraai en al op hul spoor teruggestap het. Teen Woensdag-middag was hulle net 20km van die Botswana grens af. Hier is een van die bulle in die Mogolrivier net buite Lephalale.

Sonneblom reik na die hemelGrootvoete

kom kuier

Dawid Coetzee van Mokopane spog met ’n gesonde oes son-neblomme en mielies in die dorp. Coetzee sê hy het nog nooit sulke groot sonneblom-me gesien nie, terwyl hy in die lug wys na die langer as dakhoogte plante. “Ek en my kleindogter het sommer ’n paar saadjies en mieliepitte in die grond gedruk en ek het ’n dik laag kompos daaroor gegooi,” sê hy.

Foto: S. Pienaar.

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 16 JANUARIE 20152

LEPHALALE - ‘n Geliefde inwoner van Lephalale, Hennie Henderson (64), is dood in ‘n motorongeluk twee dae voor Kersfees. Hennie en sy dogter, Madhea, was op pad na Preto-ria toe ‘n ander voertuig ‘n vragmotor verby gesteek het en in hulle baan op hulle afgepyl het.

“My pa het gesê ek moet van die pad afswaai om ‘n ongeluk te voorkom,” sê Madhea, wat tydens die ongeluk sowat sewe maande swanger was. Madhea wat hul Mazda bakkie bestuur het, het egter beheer oor die voertuig verloor en hul motor het omgeslaan en ‘n paar keer gerol.

Beide Madhea en haar pa is uit die voertuig geslinger. Madhea kon opstaan en het dadelik geroep na haar pa om te sien waar hy was. Nooddienste is ontbied en paramedici het Hennie in die ambulans gelaai. Dit blyk egter of hy ook ‘n har-taanval gehad het en was reeds dood toe hy by die hospitaal aankom. Al het Madhea en haar ongebore baba ongedeerd uit die ongeluk gekom, was sy vir twee dae in die hospitaal opgeneem vir observasie.

Hennie is begrawe vanuit die PPK Lighuis gemeente op 6 Januarie. - Mariska Ehlers

Ongeluk eis bekende in Lephalale

MOKOPANE - ’n Vlieënier van Mokopane het oorleef nadat hy op 4 Januarie in sy ligte vliegtuig op die Bela-Bela-vliegveld neerge- stort het. Johan Schoeman het op 3 Janu-arie vanaf Rustenburg tot op Bela-Bela ge-vlieg waar hy oorgebly het. Hy sou van daar af tot op Mokopane vlieg.

Volgens ’n ooggetuie, Pieter Roux, het Schoeman die vliegtuig die Sondag voor die vlug nagegaan. Na ’n aanloop van 900m het die vliegtuig eers opgestyg, het Roux gesê.

Kort nadat Schoeman opgestyg het, het die enjin skielik die gees gegee en die vlieg-tuig het grond toe getuimel. Die vliegtuig het binne sekondes buite sig neergestort.“Ons kon nie sien waar hy geval het en of daar rook was nie, maar net daarna het ons ’n oproep van Johan gekry. Hy was binne in die vliegtuig vasgekeer,” het Roux gesê.

Nadat die vliegtuig gevind is, is Schoe-man uit die wrak gehaal. Roux sê hy was lig beseer, maar het gesukkel om te loop. Hy is na die Montana-hospitaal in Pretoria vir be-handeling geneem en is reeds ontslaan.– LiN Nuus/Die Pos

Vlieënier bel vanuit vliegtuig ná hy neerstort

Armed robbers target Mokopane CBDA Polokwane police task team has been established to investigate an armed robbery that occurred in the central business district (CBD) of Mokopane last Friday morning.

The driver of a British American Tobacco panel van was caught off guard wen an armed robber overpowered him while he was making deliveries to cigarette retailers. The hijacckers threw the driver out of the van when police gave chase. The driver was not harmed.

Police, local security personnel and some neighborhood watch members tried to stop the vehicle, but to no avail. The vehicle and its load was later found abandoned on the R519 between Mookgophong and Crecy.

No arrests have been made. - Martie Pretorius

Jail for illegal immigrantsLEPHALALE - Six illegal immigrants were arrested recently in the Lephalale area. These immigrants could not provide Police with the necessary documentation and were sentenced to 60 days in prison. "Illegal im-migrants remain a big problem in our coun-try and the Police handle these cases daily," a police spokesperson said..

Looking for stolen vehicle LEPHALALE - The owner of a Mazda 323 with the registration: BZK 321 L opened a case of car theft at the Lephalale Police sta-tion after the vehicle went missing at Exxaro mine.

The vehicle is still missing and anyone with details on the whereabouts of the car can contact the Police station on: 014 762 1010.

Victim becomes suspectLEPHALALE - A 38-year-old driver of a truck claimed that he was robbed at gun point. Upon investigation it seems that the driver stole R43 000 and thought he would get away with it. The suspect was arrested on charges of robbery.

16 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

LEPHALALE – Polisie het Phillip Kgoantha (22) gearresteer in verband met die moord op Susan Kotze op die plaas Sumadi in die Kuipersbult-omgewing verlede Dinsdag. Kgoantha het vlugtig op 12 Januarie in die Lephalale Landdroshof verskyn nadat die polisie hom verlede Vrydag by sy oom se huis in Northam gearresteer het.

Kotze se lyk is in haar sitkamer aange-tref waar sy klaarblyklik met die draad van ‘n klerehanger verwurg is. Volgens die polisie verslag het die aanvaller slegs twee selfone, ‘n klein kontantbedrag en Kotze se donker-blou Ford Bantam bakkie gebuit. Die gesteel-de goedere is teruggevind.

Daar word vermoed dat die verdagte

Moordverdagte vasgetrekop een van die buurplase gewerk het, maar vroeër die maand afgedank is. Hy het Kotze glo vir werk gevra en sy het ingestem dat hy vir haar klein takies op haar werf verrig.

Kotze, ’n weduwee wat tot onlangs op klein skaal met beeste geboer het, het die laaste paar maande by ’n gastehuis op Afguns gewerk.

Kgoantha sal op 19 Janu-arie weer in die hof verskyn.

Regs: Phillip Kgoantha is aangekla van die moord op Susan Kotze (bo).

Major dagga bustLEPHALALE - A 49-year-old woman was arrested on Monday for pos-session of 22kg of dagga. Warrant of-ficer Frans Mokoena from the Lephalale police says the street value of the dagga is R12 000. The suspect appeared in the Lephalale Magistrate’s court on Wednesday .

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - ‘n Steenbok karkas sonder ‘n kop is Dinsdagoggend in die Mokopane biblioteek se parkeerterrein gevind. Volgens munisipale werkers wat verhinder word om terug te keer werk toe weens die twis tussen die omstrede Thalefi Mashamaite en burgemeester, Malose Mabuela, is die karkas se ver-skyning ‘n boodskap wat as ‘n dreige-ment dien.

Munisipale ampsdraers en werkne-mers vergader al meer as ‘n maand elke dag buite die biblioteek in Van Riebeeck-straat nadat hulle deur Mashamaite se trawante en die polisie uitgeboender is. Daar skuil glo ‘n boodskap agter die karkas en van die werkers is oortuig dat dit die werk van kwaaddoeners is wat hul die skrik op die lyf wil jaag. Dié kwaaddoeners, meen werkers, probeer hulle ten alle koste verhoed om hulle poste by die Mogalakwena Munisipaliteit te hervat.

Maar een van die Mogalakwena Resi-dents Association (MRA) se woordvoerders

Kop-af steenbok karkas ontstel

sê hulle voel nie geïntimideer nie.Intussen is daar geen nuwe verwik-

kelinge by die Mogalakwena Munisipaliteit nie. Belastingbetalers kla steeds oor die gebrek aan dienslewering en die onseker-hede wat in die munisipaliteit heers soos voorheen berig duur voort.

Marcelle Maritz, bestuurder van die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) sê ‘n saak van dieremishandeling word ondersoek

‘n Onsmaaklike toneel wat homself Dinsdagoggend op die parkering van die plaaslike biblioteek afgespeel het.

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Livette Rambau Maudla (22) het Sondag by Tibani Lodge naby Mokopane verdrink toe hy en twee vriende in ’n dam by die oord wou swem.

Die drie het na verneem word van rotse af in die dam gespring.

Itumeleng Lekanganyane

A 46-year-old man, accused of cattle theft, was beaten to death by Maroteng village community members and his co-accused badly injured after apparently trying to steal a herd of cattle.

Community members apparently spotted two men trying to steal a herd of cattle near the village. A chase ensured and the suspects fled, but the community members caught up with them and assaulted them. Upon ar-riving on the scene, the Mahwelereng police

Community takes law into own handsfound one suspect dead and the other badly injured.

The injured man was taken to the Moko-pane hospital where he was treated.

A case of cattle stock theft and murder has been opened. The injured suspect will appear in court once he is released from hospital.

The Mahwelereng police urges the community not take the law into their own hands and to rather alert the police when any criminal activities are noticed.

The police calls upon live-stock farmers to brand their live stock to deter theft.

Man verdrink na hy van rotse spring

Vriende van Maudla, wie se name nie bekend gemaak is nie, het aan polisie gesê hulle het Maudla na sy sprong nie weer gesien nie. Dit is verbode om in die dam te swem.

Personeel by die oord het gekies om nie kommentaar te lewer nie.

Die rotse waarvan Maudla gespring het - hy het daarna onder die water verdwyn.

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 16 JANUARIE 20154

Soos elke jaar het die emosies van die nuwe Graad 1’s en hulle ouers (wat hul kleingoed vir die eerste keer aan die skoolbanke moes afstaan) wipplank gery – daar was bietjie trane, baie glimlaggies en heelwat warm drukkies! Talle nuwelinge is Woensdagoggend met die afskop van die nuwe skooljaar hand-aan-hand deur hulle ouers na die verskillende laerskole in die Bosveld vergesel. Sommige se gesigte het gestraal van opgewondenheid en hier-en-daar moes ma’s net keer vir die trane toe hulle hul kleingoed by die klasse groet. “As mens só daarna kyk en alles verloop goed dan is vanjaar se Graad 1’s die groep matrieks van 2026,” het een van die ma’s met ‘n knop in haar keel gesê na sy swaar moes afskeid neem van haar 6-jarige dogter wie se 12-jaar skoolloopbaan Woensdag afgeskop het.

Gemengde emosies vir Graad 1's

16 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Bosveld verwelkom nuwe Graad 1'sLEPHALALE - Vele Graad 8 leerders het Woensdag be-

gin met hul inlywing by verskeie hoërskole. Volgens die jaar se matrieks is die nuwelinge nog net Assies en moet hulle hard werk om Rassies te word. Elke assie moes 'n voorskoot aantrek en 'n stortkappie op hulle kop hê met ‘n bordjie om die nek wat ‘n baba foto op het en ‘n naam. Elke assie is ook verantwoorde-lik vir sy eie troeteldier wat, in dié geval, ‘n asblik is met ‘n halsbandjie. Die groep nuwe leerders sal vir die volgende drie weke nog ingelyf word en dan met die groentjie konsert waardige Rassies wees.

Regs: Cassidy Potgieter saam een van die prefekte tydens hulle eerste inlywings dag.

EHS se 'assies'

Ellisras Hoërskool verwelkom ‘n paar nuwe jong, vars leerkragte – hier is Dandrè Grobler in die elektriese departement, Zirk Buys by engels, Charlize Raath by wiskunde en Rudolph Fourie, ook by wiskunde.

Nuwe onnies in Rassie land

Martie Pretorius ([email protected])

Mokopane Primary School’s principal, Ockert Groenewald, says he is prepared for a new school year with the support of his teachers and three new educators.

One thousand one hundred learners are registered for 2015 says Groenewald and admits it is sad to turn away the many more applications that are still streaming in. “The school is operating at capacity and we are unable to take in any further learners,” he says, adding that his 27 classes are already accommodating 40 learners per class. An extra class had to be created for the remaining 40 learners.

The well-known teacher, Amy van De-venter, has been appointed as the school’s

Mokopane Primary prepared for 2015

new deputy principal. She will be teaching Life Orientation and Economical Manage-ment Services to the Grade 7 learners.

After more than six great years at HPP as the deputy principal she is now con-tinuing her journey at Mokopane Primary School.“Life goes on and I am excited to take on a new challenge,” she said.

Mokopane Primary School welcomes their three new teachers. From the left, MR Khosa, Amy van Deventer and Mashoa.

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 16 JANUARIE 20156

16 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Checkers in Mokopane het armes in die dorp se nood help verlig deur meer as R10 000 aan die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) te oorhandig.

Carike Jordaan, ’n student maatskaplike werker by die SAVF in Mokopane het haar opregte dank uitgespreek teenoor Checkers wat aan die federasie die geleentheid gebied het om so groot som geld te kon in-samel oor die feestyd.

Verteenwoordigers van die SAVF het geskenkpakkies vir die gemeens-kap wat hulle kersinkopies by dié ket-tingwinkel gedoen het, toegedraai en is met donasies vergoed vir hul knap werk.

“Die gemeenskap was ons baie goedgesind,” het Jordaan dankbaar gesê.

Regs bo: Die SAVF ontvang meer as R10 000 van Checkers wat deur middel van ’n fondsinsamelingsprojek moontlik gemaak is om die armes in die dorp se nood te help verlig. Van links, Checkers Mokopane se Joyce Mokale, Kate Nare, Carike Jordaan (SAVF) en Tebogo Molokomme, administrasie bestuurder, Checkers Mokopane.

Checkers help armes se nood verlig Hoërskool Ellisras se matrieks 2015 is ryklik beloon tydens die Waterberg prysuitdeling Vrydag 9 Januarie in Bela Bela.

Nandri de Beer ontvang twee toe-kennings vir beste leerder in die distrik in Afrikaans Huistaal en English First Additional Language. Nadia Louw ont-vang toekennings vir die beste leerder in Rekenaartoepassingstegnologie en Ingenieursgrafika en Ontwerp. Sy is ook algeheel die vierde beste leerder in die Waterberg distrik.

Rassie Matrieks is tops

Spesiale vermelding moet ook van die betrokke onderwysers gemaak word, want sonder hulle aanmoediging, ondersteuning en liefde was hierdie toekennings nie moontlik nie! Daarom word die volgende onderwysers geëer: Mariette Weber (RTT), Theunes van Staden (IGO), Salome Heath (Afrikaans Huistaal) en Annelie Wessels (Eng FAL).* Noordelike Nuus het verlede week verkeerdelik berig dat die Rekenaartoepassings-tegnologie departement ses onderskeidings behaal het - RTT het 14 onderskeidings behaal.

Community cleans up municipal refuseMartie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - At the lack of munici-pal services some community mem-bers in Extension 17, Mokopane, on Saturday cleaned up refuse that was scattered in an area where learners pass on their daily route to school.

Vincent Rafapa (photo below), a resident in the area said they had no other choice as the ANC-led munici-pality failed to deliver such service. “As a community, we decided to take responsibility for the sake of our kids,” he said.

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

Find us on Facebook: www.facebook.com/noordelike.nuus

Follow us on Twitter:@Noordelike Nuus

...or � nd a newspaper each Friday at most shops in Mokopane & Lephalale

8000 distributed weekly

Lephalale se jongmanne het verlede week by die Mogolklub bymekaargekom om die kor-ing van die kaf te skei. Volgens die rugbyafrigter, Jurg van Heerden, het daar baie spelers opgedaag, maar kort die klub nog heelwat. Alle jong mans wat belangstel om te speel kan gerus vir Jurg kontak by: 082 814 4300 vir meer inligting. Die eerste weg-wedstryde vir die dorpspan is alreeds op 24 Januarie teen die span van Polokwane op hulle tuisveld.

Mogol rugby skop af Sussies doen dit weerLEPHALALE - Malinda en Charlize du Ples-sis het verlede Saterdag deelgeneem aan die Mej. Druiwefees kompetisie wat tydens die Druiwefees in Modimolle aangebied is.

Die tema was Denim en Diamante. Elke deelnemer het die eerste rondte in ‘n uitrus-ting wat die tema uitbeeld op die loopplank geloop. Na die eerste rondte is daar finaliste in elke kategorie gekies wat later weer in aanddrag moes paradeer voordat die finale kroning kon plaasvind.

Die twee Du Plessis sussies het ook deel-geneem aan die Mej Bene afdeling.

Malinda (16) is gekroon in haar ouder-domsgroep as Mej. Bene 2015. Baie deelne-mers van oraloor het aan die kompetisie deel geneem. Charlize (11) is as algehele eerste prinses gekroon in haar ouderdomsgroep.

Referring to information on Eskom’s load shedding page, http://loadshedding.eskom.co.za/, they are currently not load shedding.

Despite a recent announcement from Eskom reporting a vulnerable system imple-menting a stage 1 emergency, it now seems under control as consumers have experi-enced no load shedding since last year De-cember.

Eskom urges consumers to continue to

No load shedding says Eskom

use electricity sparingly and say the risk of load shedding has increased as many indus-tries reopened after the festive season, thus electricity demand has increased.

Extra load or faults in the system may necessitate the need to implement load shedding. Consumers are advised to visit the above website for load shedding sched-ules should it become necessary for Eskom to excercise control over electricity.