laerskool kruinsig | laerskool...

4
LAERSKOOL KRUINSIG SOSIALE WETENSKAP GR.7 GEOGRAFIE / AARDRYKSKUNDE 24 Augustus – 28 Augustus Bevolkingsgroei en veranderinge Werkkaarte en Memo Lees Bl. 54 tot 55 deur. Hoe beïnvloed oorloë die geboorte en sterfte syfer. Miljoene mense het al in oorloë, konflik en volksmoord gesterf. Soldate en burgerlikes word in gewapende konflik gedood. Die sterftekoers in lande wat in oorlog gewikkel is of wat ernstige nasionale gewel ondervind, is baie hoog. In oorlogstyd sal die geboortekoers waarskynlik ook beïnvloed word, omdat soldate hul huise vir lang tydperke verlaat. Baie mense is ook huiwerig om te kies oom ʼn keuse te maak om ʼn baba in oorlogstyd te hê, as hulle die keuse het. In oorlogstyd sal die geboortekoers waarskynlik afneem, maar wanneer die oorlog verby is, sal dit weer toeneem. (Byvoorbeeld, na die Tweede Wêreldoorlog – wat in 1945 geëindig het – was daar ’n groot toename in babas – “baby boom” – oor die hele wêreld na die soldate teruggekeer het huis toe. 1. Bespreek die verskil tussen China en Japan se regeringsbeleid op toepassing vir vandag . Op vandag is daar nie ‘n groot verskil tussen China en Japan se regeringsbeleide nie. Beide regerings het maandelikse kontantbetalings aan paartjies om hul aan te moedig om meer kinders te hê. Beide regerings het Aborsie gewettig en dit veroorsaak dat daar ‘n tekort aan kinders en veral dogters is in die oosterse lande. Die grootste verskil is dat China met hul een kind beleid het die mense gedwing het om minder kinders te hê. Dit het veroorsaak dat ouers,

Upload: others

Post on 18-Nov-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/08/Gr.-7... · Web view2020/08/28  · Dit het veroorsaak dat ouers, kinders en families gewoond

LAERSKOOL KRUINSIGSOSIALE WETENSKAP

GR.7GEOGRAFIE / AARDRYKSKUNDE

24 Augustus – 28 AugustusBevolkingsgroei en veranderinge

Werkkaarte en MemoLees Bl. 54 tot 55 deur.

Hoe beïnvloed oorloë die geboorte en sterfte syfer.Miljoene mense het al in oorloë, konflik en volksmoord gesterf. Soldate en burgerlikes word in gewapende konflik gedood. Die sterftekoers in lande wat in oorlog gewikkel is of wat ernstige nasionale gewel ondervind, is baie hoog. In oorlogstyd sal die geboortekoers waarskynlik ook beïnvloed word, omdat soldate hul huise vir lang tydperke verlaat. Baie mense is ook huiwerig om te kies oom ʼn keuse te maak om ʼn baba in oorlogstyd te hê, as hulle die keuse het. In oorlogstyd sal die geboortekoers waarskynlik afneem, maar wanneer die oorlog verby is, sal dit weer toeneem. (Byvoorbeeld, na die Tweede Wêreldoorlog – wat in 1945 geëindig het – was daar ’n groot toename in babas – “baby boom” – oor die hele wêreld na die soldate teruggekeer het huis toe.

1. Bespreek die verskil tussen China en Japan se regeringsbeleid op toepassing vir vandag .

Op vandag is daar nie ‘n groot verskil tussen China en Japan se regeringsbeleide nie.

Beide regerings het maandelikse kontantbetalings aan paartjies om hul aan te moedig om meer kinders te hê.

Beide regerings het Aborsie gewettig en dit veroorsaak dat daar ‘n tekort aan kinders en veral dogters is in die oosterse lande.

Die grootste verskil is dat China met hul een kind beleid het die mense gedwing het om minder kinders te hê. Dit het veroorsaak dat ouers, kinders en families gewoond geraak het slegs aan een kind in ‘n huishouding. As gevolg van verstedeliking wat plaasvind, is daar minder mense in landelike gebiede om die groot aanvraag tot voedsel te beantwoord. In die stede werk jong mense hard om ‘n bestaan te maak en dit veroorsaak dat minder mense tyd het om na kinders om te sien. Daarvolgens is dit baie duur om kinders groot te maak en dit veroorsaak ook ‘n afname in geboortesyfers. Die groot tekort aan jong dames maak dit ook nie maklik vir China om hulle bevolkingsgroei te laat toeneem nie, daar is net nie genoeg vrouens vir mans om mee te trou nie.

Al bogenoemde sake is ‘n Probleem wat in China en Japan voorkom.(Leerders moet asb. Self hulle eie paragraaf deurlees en punte gee. Daar is nie ‘n regte of verkeerde antwoord nie.)

Page 2: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/08/Gr.-7... · Web view2020/08/28  · Dit het veroorsaak dat ouers, kinders en families gewoond
Page 3: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/08/Gr.-7... · Web view2020/08/28  · Dit het veroorsaak dat ouers, kinders en families gewoond