nuustak 2019 - laerskool...
TRANSCRIPT
Nuustak 2019 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : [email protected] Web-adres : www.laersskoolkruinsig.co.za
Geagte Ouer Die week deel ek graag ʼn waardevolle les van Johan Smith van VitaAmp
Gee aan jou kinders erkenning
Johan Smith
Ons leef in ’n harde, ongenaakbare wêreld waar dit gaan om die oorlewing van die sterkstes en die heel bestes. Erkenning word gegee aan die wat uitstekende punte behaal, vinnig kan
hardloop, presteer in ander sportsoorte en mooi en goed gebou is. Die gemiddelde kinders kry selde erkenning; inteendeel, hulle ervaar groter druk om te presteer omdat hulle so graag
erkenning wil hê. Ons is almal "fools" vir erkenning! Oud en jonk! Jy moet besef dat as jý nie vir jou kind erkenning gaan gee nie, gaan niemand nie. Die
samelewing beloon nie pogings en deelname nie. Nee, slegs prestasie word beloon. Dit is genoeg om enige kind moedeloos te maak. Baie kinders ervaar dan ook druk van ouers om
beter te presteer omdat die ouer se naam op die spel is.
Dit alles veroorsaak dat baie kinders doodgewoon vou en ’n swak selfbeeld ontwikkel. Jare later loop hulle nog met die gedagte in die kop: “Ek het dit nie gemaak nie” of: “Ek is nie goed
genoeg nie.” Erkenning in die ouerhuis kan dit verander.
Kinders moet in hulle ouerhuise erkenning kry vir enige iets waaraan hulle deelneem of enige inisiatief wat hulle aan die dag lê. Wees oordadig met lof aan jou kind. Moenie net erkenning gee vir prestasie nie. Dink net weer hoe maklik kinders gekritiseer word en hoe selde hulle
geseën word met aanmoediging en bemoediging. Negatiewe kommunikasie breek kinders se moraal en demotiveer hulle tot ’n punt van ophou-probeer.
’n Gebrek aan erkenning lei daartoe dat ’n kind verwerp voel. Verwerpingsgedrag lei tot verdere verwerping later in ’n jongmens se lewe en dit word ’n nare sirkel wat moeilik gebreek word.
Skrifgedeelte:
Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees;
wyse mense bring genesing met wat hulle sê.
~ Spreuke 12:18 ~
Groete uit die Nuustakkantoor.
DR. JOHAN KRUGER
SKOOLHOOF
NUUSTAK 6/2019 14 - 20 Februarie 2019
PERSONEEL
VERJAARSDAE
16 Februarie
Liza Stacey 17 Februarie
Jenine van der Walt
KLETSKOUSIES
VERJAARDAE 15 Februarie Tatum Bezuidenhout 18 Februarie Loubser Basson Ava van Eeden 19 Februarie Nathan Van Biljon Skylar Naude 20 Februarie Ludré Jonker Dirk Badenhorst
Dijanique Theron Graad: 5C
15 Februarie Zara Sadie Quinton Van der Walt Ruan Swart Michéla Alston Liliana Schäffner 16 Februarie Juané van Aswegen Carissa Van Aarde Ariska Wessels Ané van Aswegen Mandri van Kraayenburg Amalia Venter
Hanré van Aswegen
17 Februarie Nienke Deijs Rossouw Cloete Mikaela Broodryk 18 Februarie Alexander Van Aswegen Ethan Botha Carla Jonker 20 Februarie Braam Oosthuizen Alec Steinmann Noa Berrington
KRUINIE
VERJAARDAE:
WISKUNDE GRAAD 6
• Breuke 22/2 (15) • Probleemoplossing 1/3 (10) • Kwartaaltoets 8/3 (50)
GRAAD 6 LEIERONTWIKKELINGSKAMP
Ons is tans by Hartbeeshoek Natuurreservaat en geniet elke oomblik!! Baie dankie aan elke Graad 6 ouer en borg wat dit vir elke kind moontlik gemaak het
om die kamp by te woon.
Kruinies sê dankie aan Mnr Marius Kruger van Dis Chem wat ons kamp se Noodhulptas gratis opgevul het vir leerders en Onderwysers.
Laerskool Kruinsig het opregte waardering vir U!
Baie dankie.
Skaakflitse
Leerders wat aan die Kruinie-Skaak-Proewe wil
deelneem moet asseblief hul name by Kamer 34 opgee.
Slegs Kruinies wat KAN speel, kan aan die proewe
deelneem.
SENIOR RONDTE 1 DINSDAG 19 FEB 06:30 – 07:25
JUNIOR RONDTE 1 WOENSDAG 20 FEB 06:30-07:25
NETBAL- & RUGBY BALLE
Te koop by die kantoor teen
LAERSKOOL KRUINSIG Sportballe te koop
ONDERSTEUNERSHEMP
R240 per ondersteunershemp. Kontant met bestelling. Groottes beskikbaar in kantoor vir aanpas. Mans-en damesgroottes is beskikbaar.
NETBAL 2019 “Boek die datums”
Netbal Kursusse: 2019 0/9 - 0/12 A+B + 0/13: 26 +27 Feb Kostes R±400 0/9-0/13 C Spanne: 19 Feb Kostes ± R230
2018 Jaarboek te koop teen R120 in die kantoor
Wanneer: Saterdag 9 Maart
Tyd:9:00—12:00
LAERSKOOL KRUINSIG
GR R + 1 OPEDAG
KOM KYK WAT DIE KRUINIES
BIED !!!
Wiskunde Gr.4 – Opdragte • Dinsdag, 19 Februarie: Aftrek opdrag 10 punte • Vrydag, 22Februarie: Probleemoplossing (10 punte) • Woensdag, 27 Februarie: Tyd (10 punte)
Netbal Oefentye: Oefeninge begin die week van die 11de Feb
Slot 1 Gr. 1 + 2 13:15 – 14:00
Slot 2 0/9 A, B, C 0/10 A, B, C
0/11 C
14:15 – 15:30
Slot 3 0/11 A, B 0/12 A, B, C
0/13 A, B, C
15:30 – 16:45
•
FOR SALE – WOODBRIDGE Double Storey Sectional Title
R1 970 000 3 Bedrooms, 2 bathrooms, guest toilet, lounge, dining room, kitchen, scul-lery, double automated garage, patio. For viewing call Wayne – 082 974 1051
Ons nooi U na die Biolink praatjie
in Laerskool Kruinsig skoolsaal
Dinsdag, 26 Februarie, 18h30