nuustak 11/2018 10-18 april 2018 - laerskool...
TRANSCRIPT
![Page 1: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing](https://reader033.vdocuments.site/reader033/viewer/2022041510/5e279e20a59acc141824c030/html5/thumbnails/1.jpg)
Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8
Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528
e-pos : [email protected]
Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za
Geagte Ouer
Na ʼn vakansie, wat soos ʼn verlengde naweek gevoel het, skop ons die tweede kwartaal met spoed af. Baie welkom aan die nuwe Kruinies wat by ons aangesluit het. Geniet die Kruinie-wees met oorgawe. Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing in Harmonie, rugby teen Randhart en ook die Super 12 Groepwedstryde wat in Rustenburg plaasvind. Die ATKV redenaars vind ook plaas. Neem asseblief kennis dat die Super 12 semifinale en finale op 19 April 2018 by TUKS Sport plaasvind. Weens die groot aantal leerders en personeel betrokke sal op 19 April geen formele onderrig plaasvind nie. Daar sal wel toesig by die skool wees. Hou asseblief die kwartaalprogram, wat op die webblad en school communicator is, dop. Baie geluk aan ons 0/13A netbalspan wat in George mooi presteer het en algeheel 7de geëindig het. Ons 0/11A en 0/13A rugbyspanne het werklik met eer uit die stryd getree. Ons 0/11A span keer terug as Grey Super series kampioene vir 2018. Ons wintersport-ligas skop volgende week af. Tradisioneel gaan dit met meer emosie gepaard as die at-letiek, hokkie en krieket. Onthou dit is kinders wat speel – omdat dit lekker moet wees en hulle dit moet geniet. Onthou dit is onderwysers wat as skeidsregters optree – nie professionele skeidsregters wat deur tegnologie ondersteun word nie. Ek deel graag ʼn brief aan ʼn rugby-pa wat op Solidariteit- Helpende-hand se webblad gepubliseer is. Neem kennis dat 27 April ʼn openbare vakansiedag is. 30 April is ʼn skoolvakansiedag en 1 Mei is weer ʼn openbare vakansiedag. Die skool sluit 26 April om 10:00. Die geskeduleerde rugby-ligawedstryde teen Laerskool Impala vind steeds op 26 April vanaf 10:00 op ons velde plaas.
RUGBY-PA
Baie dankie dat jy jou seun toelaat om rugby te speel - en dít nogal teen die moderne neiging en teen Ma se waarskuwings en vrese in! Om seker te maak jou seun baat optimaal by sy deelname aan hierdie wonderlike spel moet ons oor ʼn paar dinge reguit gesels.
1. Jou seun gaan heel waarskynlik NIE eendag professioneel rugby speel nie. Daarvoor is daar eenvoudig net te veel kompetisie. Dit is daarom van kardinale belang dat jou denke hieroor uitgeklaar is en jy jou gesprekke, besluite, kommentaar, opmerkings en doelwitte vir hom en komplimente oor sy spel, hierby sal aanpas. Indien jy uitsluitsel het oor hierdie feit, sal dit jou en jou seun baie baat om ʼn rustigheid by hom te skep en te demonstreer oor dinge soos afrigtersbesluite, spankeuses by sy skool, skeidsregter-beslissings, wedstryd-uitslae en sy eie spel. In hierdie rustige atmosfeer kan jou seun homself wees en vreesloos deelneem aan die wonderlike spel.
NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018
![Page 2: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing](https://reader033.vdocuments.site/reader033/viewer/2022041510/5e279e20a59acc141824c030/html5/thumbnails/2.jpg)
2. Rugbyskeidsregters gaan foute maak. Dit is ʼn feit net soos die feit dat jy reeds in die verlede verkeersfoute in jou lewe gemaak het en miskien nog meer in die toekoms gaan maak. Haal dus jou fokus totaal (en ek bedoel geheel en al) van die skeidsregter af wanneer jy vanuit die pawiljoen ondersteun en wanneer jy en jou seun na die tyd oor die wedstryd gesels.
3. Rugbyafrigters sal keuses maak waarmee jy nie gaan saamstem nie. In ʼn spansport met 15 spanlede is dit
menslik onmoontlik om nooit te fouteer nie. Verkeerde spankeuses, ʼn verkeerde spelpatroon of verkeerde hanteer van dissiplinêre aangeleenthede, gaan heel moontlik gebeur. Toon ook hierin ʼn verant-woordelikheid teenoor jou seun en help hom om op ʼn volwasse manier op te tree. Die beste manier om hierdie oënskynlike “foute” te hanteer is om dit te aanvaar. Indien jy heelhartig saamstem met punt 1 hierbo sal die raad om foute te aanvaar nie vir jou en jou seun moeilik wees nie. Verder het ʼn rugbyafrigter baie veranderlikes waaraan hy aandag moet gee. Voortrekkery en die onregverdige behandeling van jou seun is absoluut nie deel van sy beplanning of verwysingsraamwerk nie. Hy rig jou seun gratis af in sy eie kosbare tyd en vir die liefde van die kinders en die spel.
4. Vanweë die fisiese aard van rugby, gaan dit gepaard met baie emosies. Wen, verloor, seerkry, uit die span
gelaat word, tydens die wedstryd deur die afrigter vervang word, ʼn swak aangee van ʼn spanmaat ontvang én driftige aanmerkings van toeskouers slegs meters van jou af, dra alles by om spelers (en toeskouers) se emosies te toets. Neem jou vóór die seisoen, en voor elke wedstryd voor om in beheer van al jou emosies te bly. Jou seun sal jou rustigheid oor die “krisis” van ʼn wedstryd wat in die doodsnikke verloor is, aanvoel en sy aller-belangrike perspektief behou. Dan sal hy alles kan put wat uit hierdie wonderlike spel te put is.
(https://helpendehand.co.za/brief-aan-die-rugby-pa/
Groete uit die Nuustakkantoor.
JOHAN KRUGERSKOOLHOOF
SMARTBRAIN Daleen Saaiman 083 651 5200 / [email protected]
Om goed te kan lees en spel, maar ook te kan verstaan wat jy lees, is die belangrikste sleutel tot enige kind
se skoolsukses.
Kinders wat swak lees sukkel onder andere om hul eksamenvraestelle te verstaan, begriptoetse te beant-
woord en onderpresteer dus.
Hy/sy raak ook negatief teenoor skool en kan selfs ‘n swak selfbeeld ontwikkel. Hierdie is alles net simp-
tome van iemand wat nie ‘n goeie leesvaardigheid ontwikkel het nie. Ongelukkig verdwyn die probleem
nie en word slegs erger soos wat die werkslading toeneem.
Hierdie kursus word in Afrikaans asook in Engels aangebied.
SmartBrain bied die oplossing en nooi u uit om u kind gratis te laat evalueer by ‘n SmartBrain sentrum.
Individuele aandag word aan elke kind gegee aangesien ‘n maksimum van slegs 3 leerlinge per uur ‘n klas
bywoon.
Indien u enige addisionele inligting benodig of ‘n u kind wil laat evalueer, kontak my asseblief by boge-
noemde nommer of e-pos adres.
Ken jouself!
Eers as jy weet wie jy is, sal jy weet wat
jy kan word.
![Page 3: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing](https://reader033.vdocuments.site/reader033/viewer/2022041510/5e279e20a59acc141824c030/html5/thumbnails/3.jpg)
KUNSWEDSTRYD
2018
Leerders wat wil in-
skryf vir die Kempton
Park Kunswedstryd
kan vanaf Maandag
16 April vorms by Juf.
Amilia afhaal.
WISKUNDE GRAAD 4
Donderdag 26 April
Heelgetalle opdrag (10 punte)
Bl.76-85
Donderdag 3 Mei
Hoofreke Toets (20÷2=10punte)
2 tot 12 x en ÷
Graad 6
Leierontwikkelingskamp
DVD’s is reeds aan leerders gegee op Dinsdag 10 April.
Ons bedank graag die borge wat gehelp het
met die leierontwikkelingskamp. Leerders
het vandag briewe ontvang om aan ouers te
oorhandig.
EKSTRA KLASSE
Hulp met huiswerk en
leerwerk, veral Wiskunde en
NW.
Kontak: Dera van Heerden
083 242 0606
Broodjieprojek lyste is op die webblad beskikbaar.
![Page 4: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing](https://reader033.vdocuments.site/reader033/viewer/2022041510/5e279e20a59acc141824c030/html5/thumbnails/4.jpg)
29 Maart Lucy van Loggerenberg
Lelani van Aarde
30 Maart
Tyron van den Heever
Elzé Bornman
Johanné Bornman
Luken de Lange
Melize Fourie
31 Maart
Jeané van Staden
1 April
Clarissa Miller
2 April
Alicia Foster
Eduard Pretorius
3 April
Neil Visser
Hano Strydom
Billy Steinmann
Mincke Kinghorn
4 April
Carmen Toms
Megan vd Merwe
Harnell Van Eeden
Ruan van Niekerk
Lindel vd Westhuizen
5 April
Hanré Bornman
Rueben le Roux
Megan Smith
Zhandré Badenhorst
6 April
Lianie Minnie
Jané Craven
7 April
Ethan Kotze
Kiara Bantjes
Lu Chelle Breedt
Gandon Maritz
8 April
Nadia Twyman
Matt van Molendorff
Janco du Preez
30 Maart
Mandi Beetge
10 April
Silvia le Grange
14 April
Marietjie v Niekerk
15 April
Tristan Nel
17 April
Jaco Snyman
Geseënde verjaardag
aan u elkeen.
Personeel Verjaarsdae
TE HUUR:
Huis in sekurititeitskompleks naby skool.
3 slaapkamers, 2 badkamers, dubbel ga-
rage, buite patio en braai
Beskikbaar einde April,
Korttermyn huurkontrak.
Kontak Sandrea
082 926 6424
2 April
Martin Taylor
10 April
Zander de Jager
12 April
Christian Oosthuizen
13 April
Mason Brand
14 April
Liam du Toit
17 April
Hennie Terblanche
Johané Terblanche
Simoné Terblanche
Kiara de Beer
18 April
Isabelle Erasmus
KRUINIE
VERJAARDAE:
9 April
Ewhan O'Connell
Armand Henning
Anton Pieterse
Zané Pieters
Arno Fourie
10 April
Gabriella Nothnagel
Christine Kriel
Noah Roberts
11 April
Leandi Steyn
Zanté Visagie
12 April
Zanru Kruger
Aden Basson
Karlia Huyser
13 April
Janco Bornman
Jordan Heather
André du Plessis
Cornél Bothma
Amber van Niekerk
14 April
Kyle Cameron
Kylene Cameron
Dylan Zevenster
15 April
Larae Viljoen
Mikayla Coetzee
Hanno Bothma
Taylah Butler
16 April
Liam Prinsloo
Quinton Pretorius
Daniella Malan
17 April
Alyssa Smit
18 April
Megan Knowles
Waldie Pretorius
Teagan Gadney
Leané Koen
NETBAL
Baie dankie vir Romilda Strydom wat vir die 0/9 Netbalspanne water vir die seisoen geborg het. Ons het groot waardering daarvoor.
![Page 5: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing](https://reader033.vdocuments.site/reader033/viewer/2022041510/5e279e20a59acc141824c030/html5/thumbnails/5.jpg)
Leiers 2018
Plek: Safair
Datum: Vrydag
13 April 2018
Tyd: 13:00-16:00
Drag: Leierdrag
Leiers sal iets kry om te eet en drink.
ENGELSE
INTERNE
REDENAARS
Gr.1-3 7 Mei
Gr.4-7 14 Mei
Ane Loubscher— Gr.4E
HOKKIE
Baie geluk aan die volgende
dogters wat deel is van die
Oos-Gauteng Hokkie spanne
0/13 Juliette du Toit
0/12 Abigail Sweeney
Lana Basson
Lu Chelle Breedt
Ons Kruinies is baie trots op
julle!
![Page 6: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing](https://reader033.vdocuments.site/reader033/viewer/2022041510/5e279e20a59acc141824c030/html5/thumbnails/6.jpg)
SKAAKFLITSE
Kempton Skaak Liga Spanlyste is op by Kamer 34
Briewe vir Maandag se wedstryd gaan
vandag in die tas wees.
A-spanne—Laerskool Mooifontein (tuis)
B-spanne—Birch Acres Primary (tuis)
Skaakgroete
Juf.Celeste
NETBAL
Die volgende dogters het Woensdag 21 Maart
aan die 1e rondte Gauteng proewe deelge-
neem:
0/12 Lu Chelle Breedt
0/13 Nadia Overweg
Sané van Niekerk
Die volgende leerders behaal die Gauteng
oefengroep en het aan rondte 2 van Gauteng
proewe deelgeneem:
0/12 Lu Chelle Breedt
0/13 Nadia Overweg
Ons hou duime vas vir goeie uitslae.
WOONSTELLE TE HUUR
Glen Hof kompleks Veldstraat Glen Marais
Bachelors, een, twee en drie slaapkamer woonstelle te huur.
500m vanaf Laerskool Kruinsig
Binne veiligheidskompleks met
toegangsbeheer.
Skakel Kathy
076 743 9570
Skaakoefening
Kamer 34
Vrydag 13 April
6:45-7:25
Dinsdag 17 April
6:45-7:25