hoe dien ek in die koninkryk in 2017? - wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te...

16
Om die koninkryk van Christus in 2017 (of enige ander jaar) te dien, beteken dat gelowiges die Koning se heerskappy moet erken en daardie heerskappy moet verkondig en die riglyne daarvan moet uitleef en gehoorsaam, in ons verhouding met ander mense en instansies. Om dit te kan doen, is dit nodig om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die Koninkryk dien. Op die politieke vlak gaan dit ‘n moeilike jaar wees. Die regerende ANC is grootliks as gevolg van die optrede van sy leier en dié se binnekring in die moeilikheid. Mnr Zuma gaan waarskynlik net tot die einde van die jaar die leier van die ANC wees, maar gaan president van die land bly tot ten minste einde 2018 of selfs tot kort voor die algemene verkiesing van 2019. Die opvolgstryd in die ANC gaan fel wees, met adjunkpresident Ramaphosa en Afrika-unie hoof Dlamini-Zuma as die twee hoof-opponente. Die ANC se raadplegende- en beleidskonferensies wat vir middel 2017 beplan word, sal hierin rigtinggewend wees. Groeiende ongelukkigheid binne die ANC oor president Zuma se staatskaping en ander optredes, sal veroorsaak dat baie ANC-lede ‘n verandering in leierskap sal eis. Die verkiesingskonferensie in Desember 2017 sal hieroor uitsluitsel gee. Die DA het goed gedoen in die plaaslike regeringverkiesings in 2016, maar sal in 2017 vir die eerste keer self die metropole se begrotings moet opstel en goedkeur. Hulle sal hulle alliansievennote en die EFF moet oortuig om hulle te steun. En dan moet dit uitgevoer word. Die vraag of die DA genoeg diepte in sy leierskap het, sal beantwoord moet word. Op nasionale vlak sal die EFF waarskynlik steeds ‘n destruktiewe rol speel, maar op plaaslike vlak mag dit meer konstruktief wees. Of die EFF werklik van ‘n anti-Zuma-beweging na ‘n politieke party sal beweeg, sal gesien moet word. Kleiner partye soos die VF+, Cope en die IVP sal veral op plaaslike vlak deur alliansies ‘n positiewe verskil kan maak. Die beste manier om in hierdie situasie die Koninlkryk te dien is om die perspektief te behou dat Christus Koning is en dat hierdie probleme van verbygaande aard is. Waar gelowiges in die partypolitiek betrokke is, kan hulle op ‘n prinsipiële manier ‘n verandering maak. In hierdie opsig moet gelowiges die Grondwet as basis gebruik, en ook die owerhede daaraan hou. Die krag van gebed mag nooit onderskat word nie. Wat die regering op aldrie vlakke betref, is daar ‘n wydverspreide probleem van gebrek aan kapasiteit. Dit is veroorsaak deur kader-ontplooiing, regstellende aksie en die ideologie van demografiese verteenwoordigendheid (waarvolgens alle onderdele van alle departemente die nasionale rassedemografie van 80% swart, 9% bruin, 9% wit en 2% Indiër moet weerspieël). Die gevolge hiervan gaan baie regeringsvlakke wat deur die ANC beheer word, nog vir lank lamlê. Dan is daar ook die gebrek aan samehangende en gefokusde beleid (alhoewel nie orals nie). Die Nasionale Ontwikkelingsplan word gewoon nie toegepas nie. En endemiese korrupsie maak al die bogenoemde nog erger. Ons kan dus verwag dat protes oor gebrekkige dienslewering (veral skoon water, sanitasie, elektrisiteit en paaie) steeds wyd sal voorkom. Christene wat in die staatsdiens werk, het die verantwoordelikheid om onder hierdie moeilike omstandighede hulle beste te lewer. Vir alle gelowiges mag korrupsie (selfs deur ‘n vekeersman ‘n R50 in die hand te stop) nooit aanvaarbaar word nie. Jesus se uitspraak dat aan die keiser betaal moet word wat hom toekom, geld steeds, maar as landsburgers kan ons die owerhede ook aanspreek en verantwoordelik hou vir swak dienslewering. Op ekonomiese vlak lê daar ongelukkig ook ‘n moeilike jaar voor. Alhoewel beter ekonomiese groei van meer as 1% verwag word (hoofsaaklik as gevolg van die beter reën en landbouproduksie), gaan dit nie naastenby genoeg wees om enigsins ‘n impak op die “moeilike drieling” van armoede, werkloosheid en ongelykheid te maak nie. Hierdie situasie raak alle Suid- Afrikaners, maar veral die armstes, wat soms as enigste inkomste die sosiale toelaes het. Waar gelowiges kan, moet ons mense in diens neem en ‘n goeie salaris betaal. Waar dit nie moontlik is nie, moet ons deur barmhartigheidsoptrede die armes help (deur die kerk, maar ook persoonlik). In alle gevalle moet ons entrepreneuriese denke beoefen en aanmoedig. Dr. Theuns Eloff (voormalige kanselier van die NWU en uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting) HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? 1 Maart 2017 Finansies Vir die jonges van gees Kruiskultuur Wapadrant- Ouers

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

Om die koninkryk van Christus in 2017 (of enige ander jaar) te dien, betekendat gelowiges die Koning se heerskappy moet erken en daardie heerskappymoet verkondig en die riglyne daarvan moet uitleef en gehoorsaam, in onsverhouding met ander mense en instansies. Om dit te kan doen, is dit nodigom in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Onsreaksie daarop sal bepaal of ons die Koninkryk dien.

Op die politieke vlak gaan dit ‘n moeilike jaar wees. Die regerende ANC isgrootliks as gevolg van die optrede van sy leier en dié se binnekring in diemoeilikheid. Mnr Zuma gaan waarskynlik net tot die einde van die jaar dieleier van die ANC wees, maar gaan president van die land bly tot ten minsteeinde 2018 of selfs tot kort voor die algemene verkiesing van 2019. Dieopvolgstryd in die ANC gaan fel wees, met adjunkpresident Ramaphosa enAfrika-unie hoof Dlamini-Zuma as die twee hoof-opponente. Die ANC seraadplegende- en beleidskonferensies wat vir middel 2017 beplan word, salhierin rigtinggewend wees. Groeiende ongelukkigheid binne die ANC oorpresident Zuma se staatskaping en ander optredes, sal veroorsaak dat baieANC-lede ‘n verandering in leierskap sal eis. Die verkiesingskonferensie inDesember 2017 sal hieroor uitsluitsel gee.

Die DA het goed gedoen in die plaaslike regeringverkiesings in 2016, maarsal in 2017 vir die eerste keer self die metropole se begrotings moet opstel engoedkeur. Hulle sal hulle alliansievennote en die EFF moet oortuig om hulle testeun. En dan moet dit uitgevoer word. Die vraag of die DA genoeg diepte insy leierskap het, sal beantwoord moet word.

Op nasionale vlak sal die EFF waarskynlik steeds ‘n destruktiewe rol speel,maar op plaaslike vlak mag dit meer konstruktief wees. Of die EFF werklikvan ‘n anti-Zuma-beweging na ‘n politieke party sal beweeg, sal gesien moetword. Kleiner partye soos die VF+, Cope en die IVP sal veral op plaaslike vlakdeur alliansies ‘n positiewe verskil kan maak.

Die beste manier om in hierdie situasie die Koninlkryk te dien is om dieperspektief te behou dat Christus Koning is en dat hierdie probleme vanverbygaande aard is. Waar gelowiges in die partypolitiek betrokke is, kanhulle op ‘n prinsipiële manier ‘n verandering maak. In hierdie opsig moet

gelowiges die Grondwet as basis gebruik, en ook dieowerhede daaraan hou. Die krag van gebed magnooit onderskat word nie.

Wat die regering op aldrie vlakke betref, is daar ‘nwydverspreide probleem van gebrek aan kapasiteit. Dit is veroorsaak deurkader-ontplooiing, regstellende aksie en die ideologie van demografieseverteenwoordigendheid (waarvolgens alle onderdele van alle departementedie nasionale rassedemografie van 80% swart, 9% bruin, 9% wit en 2% Indiërmoet weerspieël). Die gevolge hiervan gaan baie regeringsvlakke wat deurdie ANC beheer word, nog vir lank lamlê. Dan is daar ook die gebrek aansamehangende en gefokusde beleid (alhoewel nie orals nie). Die NasionaleOntwikkelingsplan word gewoon nie toegepas nie. En endemiese korrupsiemaak al die bogenoemde nog erger. Ons kan dus verwag dat protes oorgebrekkige dienslewering (veral skoon water, sanitasie, elektrisiteit en paaie)steeds wyd sal voorkom.

Christene wat in die staatsdiens werk, het die verantwoordelikheid om onderhierdie moeilike omstandighede hulle beste te lewer. Vir alle gelowiges magkorrupsie (selfs deur ‘n vekeersman ‘n R50 in die hand te stop) nooitaanvaarbaar word nie. Jesus se uitspraak dat aan die keiser betaal moetword wat hom toekom, geld steeds, maar as landsburgers kan ons dieowerhede ook aanspreek en verantwoordelik hou vir swak dienslewering.

Op ekonomiese vlak lê daar ongelukkig ook ‘n moeilike jaar voor. Alhoewelbeter ekonomiese groei van meer as 1% verwag word (hoofsaaklik as gevolgvan die beter reën en landbouproduksie), gaan dit nie naastenby genoegwees om enigsins ‘n impak op die “moeilike drieling” van armoede,werkloosheid en ongelykheid te maak nie. Hierdie situasie raak alle Suid-Afrikaners, maar veral die armstes, wat soms as enigste inkomste die sosialetoelaes het.

Waar gelowiges kan, moet ons mense in diens neem en ‘n goeie salarisbetaal. Waar dit nie moontlik is nie, moet ons deur barmhartigheidsoptrede diearmes help (deur die kerk, maar ook persoonlik). In alle gevalle moet onsentrepreneuriese denke beoefen en aanmoedig.

Dr. Theuns Eloff (voormalige kanselier van die NWU enuitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting)

HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017?

1

Maart 2017

FinansiesVir die jonges

van geesKruiskultuur Wapadrant-

Ouers

Page 2: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

2

Ons sal weer hierdie jaar probeer om elke maand in die Maand-Krant die gemeente se finansiële situasie, soos ditontvou, bekend te maak. Soos in die verlede gaan ons weer van bogenoemde illustrasie gebruik maak, in die vormvan maandelikse grafieke wat werklike inkomstes en uitgawes aantoon, gemeet teen die gemiddelde begroting enverwerk tot ‘n maandelikse tabel. Dan kan julle saam met ons sien hoe dit verloop. (Neem in ag dat dit altyd eenmaand by die opstel van die Maandkrant agter sal wees, omrede die laaste maand se syfers nog nie afgesluit is nie.Daarom toon bg grafiek net Januarie.)

Vir meer helderheid en verklaring wil ons verduidelik waaruit die rooi lyn op die grafiek opgemaak is, wat vir 2017staan op van die totale begroting (die vaste koste komponent):

Al die personeelsalarisse en verwante uitgawes; beraamde kostes om per telefoon en internet te kan kommunikeer;rekenaarsagteware se verpligte lisensie gelde; munisipale koste soos elektrisiteit, water en vullisverwydering;brandbestrydinginstandhouding; jaarlikse lisensie- en ledegelde, veral vir die musiekbediening; sinodale ramings watdeur die Administratiewe Buro van ons kerkverband per belydende lidmaat gehef word; daarstelling vansekuriteitsmaatreëls; eiendomversekering; skoonmaakmiddels; beraamde barmhartigheidsuitgawes wat deur dieDiakonie aangegaan word; Nagmaaluitgawes; bankkoste; verpligte donasies aan die uitreikprojekte van diegemeente waar langtermynooreenkomste met die instansies aangegaan is.

(Hoe dien ek (vervolg)

Op sosio-maatskaplike vlak, staan ons land voor ‘n groot uitdaging metbetrekking tot rassistiese uitsprake en die reaksie daarop. Oor die feestyd wasdaar weer in die sosiale media uitsprake deur ‘n wit mens wat swart mense askakkerlakke beskryf het. Die swart reaksie hierop sal weer haatdraend wees.Hierdie spiraal van rassisme en haatspraak moet gebreek word.

As gelowiges moet ons teenoor alle mense versoenend optree en ons Koningse liefde uitleef. Ons moet rassisme en haatspraak verdoem, waarvandaan ditook al kom.

Teen hierdie agtergrond gaan die jaar op kerklike gebied ook nie maklik weesnie. Al die bogenoemde tendense het ‘n invloed op lidmate en dominees,kerkrade en diakonieë. Ons kan en mag dit nie ignoreer nie, ook nie in onspreke, pastrorale gesprekke en barmhartigheidswerk nie.

Die kerk se profetiese stem moet gehoor word, ook deur die owerheid. Onsmoet die ruimtes en meganismes skep om ook hier die Koninkryk te dien. Omdie groot samelewingskwessies die hoof te bied, is Interkerklike samewerkingen selfs breë samewerking met ander geloofsgemeenskappe noodsaaklik. Diereformatoriese ingesteldheid laat nie eiland-denke toe nie.

Ter afsluiting: wat ook al om ons gebeur, en hoe moeilik ons dit ook aan onssak en lyf voel, mag ons nooit die geloofsperspektief verloor dat Christus onsKoning is en dat ons Hom en Sy Koninkryk moet dien nie. Dit begin bygehoorsaamheid aan die koninksryksriglyn van liefde aan en geregtigheid viralle mense.

DIE KERKBLAD ~ Februarie 2017

.

2

FINANSIËLE SAKE VAN GEMEENTETOT EN MET EINDE JAN 2017

Page 3: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

33

Die res van die begroting wat uitmaak, moet sake soos die volgende dek: Honorariums vir die daarstelling vanmusiek-, klankvoorsiening en video-opnames; professionele dienste soos vir die beraders en ouditeurs; kursusse enseminare; toerusting en opleiding; boeke en ander leesstof; drukwerk; skryfbehoeftes; hulpmiddels; alleinstandhouding van geboue en toerusting; funksies, byeenkomste en kampe; doopgeskenke en verversings (onderandere Sondae se koffie/tee).

Hieruit sou julle kon aflei dat daar nie veel beweegruimte is in die gemeente se huidige finansiële situasie nie en datdit tans onder druk verkeer. Kom ons probeer almal in 2017 om die inkomstelyn/kolomme so naby as moontlik tekry aan die 100% merk op die grafiek.

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van aan ons breër kerkverband wat tans ongeveer per maand beloop en wat

oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat, as elke belydende lidmaat ‘n minumum van R70 per maand betaal, die kerkraad u nie daarvoor te “subsidieer” nie.

op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank.Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIEBELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening. Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm

http://www.wapadrant.co.za/finansieumlle-sake.html

Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betalingGaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies

1 135**(1 803)

37032.60%

1028,99%

14813,04%

51545,3%%

1 155**( 1 798)

42736,97%

18215,76%

252,16%

52145,11%

Page 4: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

4

Wat is die kleur van ‘n kameelperd se tong?

Op Saterdag 25 Maart om 18:00 is daar ‘n algemene kennis vasvrae by dieGereformeerde Kerk Derdepoort.

Dit is R50/groep vir groepe van 3 of meer. Daar sal ook vetkoek en koeldrank tekoop wees daardie aand.Bring jou vriende saam en kom geniet die aand terwyl ons mekaar se kennisverbreed.

… en ‘n kameelperd se tong is swart.

Kontak asseblief vir Nico van der Kruk vir enige inligting of navrae by sel: 073 087 1768 of e-pos:[email protected]

K D

erde

poor

t se

Alg

emen

eK

enni

s Va

svra

eKRUISKULTUURDaar kan ‘n mening wees dat boere nie eintlik omgee virkleur nie; hierdie afleiding is gebaseer op die waarnemingvan boere se kleredrag. Maak nie saak hoe vrolik ‘n boer diedag voel nie, hy kies altyd ‘n kaki hemp om te pas by sy kaki-broek, wat mooi saamgaan met sy kaki kouse. Daar is wel ‘npaar uitspattiges wat sommer waaghalsig ‘n bloudenimkortbroek by ‘n kaki hemp sal probeer. Maar oor diealgemeen hou die manne maar by die beskikbare skakeringsvan kaki!

Die gebrek aan variasie in kleredrag beteken nie dat boerenie kleurgevoelig is nie. Vat maar ‘n boer se persoonlikebakkie, dit kan enige kleur wees solank dit net wit is! Diekleur van trekkers speel ook ‘n groot rol in menige boer segemoed. Daar is manne wat sweer by groen, ander raakopgewonde oor rooi trekkers en dan is daar diegene watdromerig raak oor blou trekkers! Die kleur van beeste is ookeffens sensitief; in elke boer se hart klop daar ‘n liefde vir ‘nsekere soort en kleur bees en elkeen kan met gestaafte feiteaandui hoekom sy soort bees die beste soort bees is.

Maar as daar nou ‘n kleur is wat boere professioneel onderdie knie het, is dit groen. ‘n Boer het ‘n kennersoog vir elkeplantaardige ding se groen. Jy kry vaal-groen as die vogbegin min raak, geel-groen as die stikstof in die grond teskraps is, donker-groen sit ‘n glimlag op elke boer se gesig.Dis egter daai blou-groen wat manne bokspronge laat maakas niemand kyk nie, blou-groen wys dat die skuld hierdie jaargaan pakslae kry.

Maar watter soort groen daar ookal op die plaas is, ‘n boerkan werk en hoop solank die groen hou. Selfs ‘n vaal-groendra in homself die werklikheid van lewe en ‘ntoekomsverwagting.

In elkeen van ons se lewe is daar ook die voorkoms vanverskillende groene. Dele van ons lewe is helder lente-groen,ander plekke het geelgroen-kolle en daar is dikwels ookstowwerige vaalgroen-lande waar ons lewensplanteuitgelewer staan. Ai, en as mense is ons geneig om in ons

gedagtes so vas te haak by die vaalgroen-lande dat onsvergeet van die diep-groen wat ook in ons lewensteenwoordig is. Ons hele lewensboerdery voel soms soos ‘nbankrotplaas omdat ons gedagte-trekkers net ploeg op diestofkolle van ons omstandighede.

Soms moet ons doelbewus gaan ry tussen die blougroen-lande wat seënend in elke mens se lewe staan. Gereeldmoet ons toelaat dat ons Vader Boer ons die hele plaas vanons lewe wys, gereeld moet ons dalk hoor dat selfs die vaal-groen met Sy krag ‘n oes kan lewer. Hy sal die groen nie laatwegkwyn nie, Hy sal ons nie bankrot boer nie, Hy word juisverheerlik as ons baie vrug dra, Hy is ons lewe, Hy gee diegroen! Daar is groen in jou lewe, daar is altyd hoop!

Ons is daarom dankbaar vir al die groen hoop wat die Herein ons bediening hier in Ficksburg saai.

Skool

Die kinders op ons skoolwerf word elke jaar meer, oral drafvrolike gesiggies rond wat gretig van oral luidkeels groet.Ons is dankbaar dat ons hierdie jaar reeds 129 kinders in onsskool het. Ons het met julle hulp ook twee nuwe klasseaangebou wat reeds in gebruik is. Die nuwe graad 4-meneeris ook volstoom aan die gang. Daar is selfs kinders wat vanafdie dorp kom om op ons skool se banke te kom sit, wat ‘nvoorreg!

Ons het wel ietwat van ‘n uitdaging, alhoewel ons nuwegraad 4-meneer al aan die gang is, het ons nog nie heeltemalgenoeg fondse om hom maandeliks ten volle te betaal nie.Ons vertrou dat God vir ons sal voorsien soos Hy nog altydgedoen het.

Ons gr R-juffrou is al twee weke in die hospitaal virbehandeling en die dokters is nie heeltemal seker wat dieinfeksie in haar liggaam veroorsaak nie. Bid asseblief saammet ons vir juffrou Sandra.

4

Page 5: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

5

(Kruiskultuur (vervolg)

Drop-in-Centre

Hierdie jaar het ons ‘n mooi klomp kinders wat ons na skool inMeqheleng onderrig. Ons help hierdie jaar 90 kinders met onsprogram. Ons het ook nuwe hulponderwysers aangestel en isbesig om hulle op te lei. Ons beleef ook dat ons dissipelskap-sessies met hierdie groep onderwysers wonderlik geseënd ismet baie entoesiasme.

Aan die begin van die jaar kom daar ‘n kind na my vrouMarietjie en sê vir haar: “Mam, I am so thankful for yourafterschool program because this year I am in grade 7, doinggrade 7 maths and grade 7 English!”. Dis so wonderlik dat dieHere die toekoms van kinders verander.

Christen-plaasgemeenskap

Ons het verlede jaar November begin met interkulturelebyeenkomste op Sondae by ons skool. Die visie is dat boereen plaaswerkers saam die Here in eenheid aanbid; dis ‘ntweetalige diens sodat almal kan verstaan en welkom voel.Ons is dankbaar dat die Here reeds hierdie byeenkomstegebruik om mense nader aan mekaar te bring en ons te helpom as een gemeenskap te leef. Ons kyk veral na geleenthedehoe ons saam ons gemeenskap kan dien en die nood van onsomgewing kan aanspreek. Verlede Sondag het onsbyvoorbeeld klere uitgedeel vir weeskinders van onsomgewing.

Bid asseblief saam met ons dat die Heilige Gees mense seharte sal aanspreek sodat meer mense toegevoeg kan wordtot ons geloofsgemeenskap. Bid saam met ons dat ons mooisal verstaan wat ‘n ware geloofsgemeenskap is en hoe ons ditmoet uitleef.

Kliniek

Ons is dankbaar dat ons kliniek reeds baie mense in dieomgewing help. Ons is besig om met die staat te onderhandelmbt samewerkings ooreenkomste wat ons in staat sal stel ommeer dienste aan ons gemeenskap te lewer. Ons hou DVeersdaags ‘n byeenkoms op die plaas waar die MEC vanGesondheid teenwoordig sal wees. Ons gaan op hierdie dagverskillende dienste aan die gemeenskap lewer. Dit lyk of dieregering al meer belangstelling toon in die verskillendeprojekte waarmee ons besig is.

Bid saam met ons dat die Here vir ons deure sal oopmaaksodat ons nog meer dienste aan ons gemeenskap kan lewer.Ons wil ook graag die kliniek langer oopmaak vir lewering vandienste waarvoor ons finansies gaan nodig hê.

Met ons ander projekte gaan dit goed danksy die genade vandie Here. Ek dink ek het egter nou genoeg inligting gegee virjulle om te midde van jul besige programme te lees!

Weer eens dankie vir elkeen se betrokkenheid, ons eer dieHere vir wat Hy doen. Geniet die Here!

Groete, Sloet en Marietjie Grové

.

Oud-leerders van Laerskool Lynnwoodword versoek om asb. die volgende vir die

skool se argiewe aan te stuur:

- Foto’s- Staaltjies- Koerantknipsels- Jaarblaaie- Kaspase

Stuur asb na: [email protected]

VAKATURE BY PKK REDDERSBURG:KINDERVERSORGER – SENIOR DOGTERS

President Kruger KinderhuisReddersburg is ‘n kinderhuiswat residensiële versorging enterapeutiese behandeling aankinders verskaf deur te voorsienin fisiese, maatskaplike,emosionele en psigologiese

behoeftes. Die kinderhuis funksioneer onder toesigvan die Gereformeerde Kerke van SA.Meelewende lidmate van Gereformeerde,Hervormde en NG Kerke word genooi om aansoekte doen.

NAVRAE: Mnr Izak FourieSLUITINGSDATUM: 19 Maart 2017

Besoek die kennisgewingbord in die saal om meerinligting te bekom.

5

Maart 2017 dagstukkies elektroniesbeskikbaar by www.cjbf.co.za

Page 6: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

6

Besoek aan GK Wonderboom

Prof Byl sal ons toespreek ná die aanderediens oor diebaie aktuele vraag: Weerspreek wetenskaplike feite dieBybel?

Alle Gereformeerde gemeentelede word hartlikuitgenooi na ’n Legamusaand waar ons ’n bekendeinternasionale gereformeerde spreker gaan verwelkom!

Dr. John Byl is in Den Haag in Nederland gebore in 1949en het as jongeling na Kanada geëmigreer. Hy het sy BScin Wiskunde aan die Universiteit van British Colombia in1969 verwerf en sy PhD in Sterrekunde in 1973. Hy istans ’n afgetrede professor van Trinity WesternUniversiteit, waar hy in 1978 begin het en die hoof vanWiskundige Wetenskappe geword het in 1980. In 1985word hy volle professor. Hy het verskeie studies oorSterrekunde, Fisika en Wiskunde gepubliseer. Onlangshet sy fokus verskuif na die Filosofiese en Teologieseaspekte rakende Wiskunde, Fisika en Kosmologie. Dit hetgelei tot die publikasie van die volgende boeke:

God and Cosmos: A Christian View of Time, Spaceand the Universe;

The Divine Challenge: On Matter, Mind, Mathand Meaning;

How should a Christian Approach Origins?

Hy is gelukkig getroud en die vader van ses kinders en 8kleinkinders. Hy is ’n aktiewe lidmaat van die KanadeseGereformeerde Kerke en dien as ’n ouderling.

Daar word dringend persone benodig vir toesig Vrydae vanaf 13:30 tot ongeveer17:00. Indien daar genoeg persone reageer kan toesig op ‘n aflosbasis funksioneer.Kontak Magda Bester by 084 409 1858.

Ek is tans betrokkeby www.biblesforeveryone.co.za en onshet tans 'n uitermate groot behoefte virBybels in Suid-Afrika en internasionaal.

Is daar Bybels wat in ons huise watoortollig is. Bring dit asb kerk toe of eksal dit persoonlik kom afhaal en naKaapstad stuur vir die verspreiding.Enige taal, enige toestand en enigevertaling sal werk, alhoewel die grootstebehoefte aan Engelse Bybels is.

Gaan gerusna www.biblesforeveryone.co.za ofkontak Erina Retief 021 913 3055/Werner Badenhorst 072 58 128 75.

6

Graag wil ek vir Peet en vir Rassie baie dankie sê vir die talle besoeke tydens my langdurige siekte.Hulle besoeke, gebede en ondersteuning het vir my baie beteken.Ook aan ons kleingroep vir wat hulle in die tyd vir my, en ons gesin, beteken het.En dan die lidmate: ek kan  nie name noem nie, daar is te veel, vir gebede, oproepe en sms’e.

Dit het ons geweldig ondersteun! En bo dit alles dank aan ons Hemelse Vader, vir die wonderwerkdat ek vandag kan getuig wat Hy vir my gedoen het. Ps 30, verse 3 en 4.

Teunie Schouwstra

VERJAARSDAE SALVOORTAAN OP DIE

KENNISGEWINGBORD INDIE SAAL WEES EN NIEMEER IN DIE MAAND-

KRANT NIE.DIT KAN OOK OP DIE

WEBWERF GESIEN WORDBY

http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html

Page 7: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

7

CHRISANTE

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300

5-11 MAART 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498

12-18 MAART 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548;Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

19-25 MAART 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498

26 MAART – 1 APRIL 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548;Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

2-8 APRIL 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498

9-15 APRIL 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548;Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

16-22 APRIL 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498

LIFE FAERIE GLEN-HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S);

KLOOF-HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869; Clara de Jonge:083 609 9259 / 012 662 3822

WILGERS-HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100

5-11 MAART 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); TruusMeindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry)

12-18 MAART 2017Braam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma)

19-25 MAART 2017Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264;

Irma Kruger: 084 514 4842

26 MAART – 1 APRIL 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); TruusMeindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Wo/Vry)

2-8 APRIL 2017Braam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350

9-15 APRIL 2017Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264;Irma Kruger: 084 514 4842

16-22 APRIL 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); TruusMeindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry)

ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS:André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUISPASTEUR, MEDFORUM, ZUID AFRIKAANSBen Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen

MUELMED, HART- & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL,JAKARANDA, UROLOGIEAndré Sandilands: 081 205 8669

KINDERBEDIENING:Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Voster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;

MOOIGELEË:Carla Boer: 012 998 6575 / 083 739 2588

KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEMatty Coetzee: 072 330 1545Anet Hofmeyer: 072 5312 378

het vrywilligers nodig om ten minste 2 ure per week af testaan. As jy ‘n hart, ore en ‘n passie het vir hulp en ondersteuning aan trauma-slagoffers, kan jy by ons aansluit! Kontak Collette Nienaber by 012 770 7700 of [email protected]

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

7

Page 8: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

8

BEST BUILD (PTY) LTD

NHBRC geregistreerNuwe huiseMotorhuiseGrensmureBadkamers

WaterdigtingVerfTeëls

PlafonneAanbouings

GRATIS KWOTASIESAdriaan Smit - 083 457 4301

3500 gebreide en gehekelde blokkies isontvang. Nou moet dit komberse word! Dames(en mans) wat bereid is om te help om ‘nrandjie om blokkies te hekel en/of blokkiesaanmekaar te werk, kan ‘n sak blokkies in diesaal neem. Voltooide komberse moet teen 18April ingehandig word. Navrae by HettaHenning 082 594 5885.

EL-PIDÁ DIENSSENTRUMbenodig ‘n boekhouer wat

finansies tot by proefbalans kandoen op ‘n vrywillige basis,

indien moontlik.

Kontak asb vir Judy by

083 325 2102 of epos [email protected]

8

Page 9: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

9

Na ongeveer 11 jaar sediens in die kerkkantoortree Renie af. Baie dankie,

Renie, vir jou lojaliteit en harde werk. Dit moet spesialemense wees wat die Here uitkies om met hulleGodgegewe gawes en passie vir Hom te werk by dieinstansie wat ons Kerk noem, om hulle wat Sy kindersis (wat eintlik die “Kerk” is en ook bekendstaan as ‘ngemeente), so op die aarde by te staan as deel vanhaar beroep. Dit is waarmee Renie die laaste 11 jaarvoltyds besig was. So het Renie bygedra en gehelp dathierdie gemeente ten volle kon funksioneer. Geniet jouaftrede saam met Herman.

neem oor by Renie. Ons heet haar baie welkom in diekerkkantoor en glo sy sal vinnig inskakel by Gawie,Helena, Anlia, Jan en Errol.Haar pligte sluit administrasie van lidmate, opdateringvan die lidmaatdatabasis, algemene navrae, opstel vanalle diensbeurtroosters, gereelde herinnerings per sms,opstelling van GPS, dataprojektors, Maand-Krant asookreëlings rondom doop- en belydenisaansoeke in.

Irene Hugo, diekoster van diegemeente, is

Irene, baie dankie vir jou getroue diens en diebesonderse manier waarop jy alles in orde hou hier bydie kerk.

Saam met Irene het Martha, die skoonmaker, begin. Syis twee maal per week hier om skoon te maak. Aan dieeinde van Maart tree Martha af.

Jul lojaliteit en getrouheid word opreg waardeer.

Musiekbedie-ning verloor ‘nformidabele

kundige wat musiek betref, wat in ‘n kort tyd diepspore in ons gemeente se musiekbediening getrap het.Alna het die afgelope paar jaar hoofsaaklik agter dieskerms ‘n groot omwenteling in musiekbediening byons gemeente gelei.

Alna, ons gaan jou mis as Lofprysingskoördineerder.Jou kundigheid het ‘n baie groot verskil gemaak.

Namens die gemeente en dieErediensdiensgroep wil ons jouhartlik bedank vir die diens wat jyaan die gemeente gelewer het asLofprysingkoördineerder. Ons sienuit daarna om steeds jou musikalekundigheid en talente in onsgemeente en elders te geniet op diepad vorentoe.

Terselfdertyd verwelkom onsvir Anneke Glas as musiekleierby die Straatkafee-erediens.

Anneke is verantwoordelik viral die volgende aspekte van diemusiekbediening van hierdiebetrokke erediens:

Beplan, organiseer enkoördineer die inoefening en begeleiding vooren tydens die betrokke byeenkoms/erediens insamewerking met die betrokke liturg watverantwoordelik is daarvoor.

Bepaal die musikante wat nodig mag wees enhou rekord daarvan om deur te gee aan diekerkkantoor vir uitbetalings.

Verseker ook dat die bewoording en volgordevan die liedere gekontroleer is met diedataprojektorspan.

Beplan en inisieer groei (vernuwing enverdieping) van die musiek in die betrokkebyeenkoms/erediens.

Gesamentlik verantwoordelik vir diemusiektoerusting.

WAPADRANT PERSONEEL

9

Page 10: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

10

Voorsiening van gaar groente in houers:Gems, wortels, groenbone, blomkool,broccoli, spinasie, botterskorsies en patats.Alles gereed om in die mikrogolf te druk,warm te maak en te eet. R17.50 per houer.Kontak Sarel Venter vir bestellings ennavrae by 083 710 8237.

9-stuk gegote wit ystertuinstel @ R7 500.Kontak Frikkie by 079 763 5734.

Kroegyskassie en ‘n klein hangkassiegesoek: vir een van die sekuriteitswagte bydie kerk. As jy een beskikbaar het, skakelasb die kerkkantoor by 012 991 1395.

Student benodig klein yskas. KontakChrista Pretorius by 082 576 5491 as jy kanhelp hiermee.

Te koop: koeksisters @ R25 per dosyn envleisrolletjies R40 per dosyn. KontakSannetjie de Klerk vir navrae en bestellingsby 076 203 0237.

Afrikanerblomsaad. Pakkies saad isbeskikbaar by John en Judith teen R5 perpakkie. Kom kry jou pakkie by die rondawelby die ingang van die kerkterrein.

Strandhuis: SanLameer Gholfoord, KZNSuidkus, 4-slaapkamerhuis met swembadte huur. Beskikbaar vir April-skoolvakansie. Kontak Annali by0827892570 of [email protected]

10

Die MAAND-KRANT iselektronies beskikbaar op die

WEBWERF BYhttp://www.wapadrant.co.za/

maand-krant

Page 11: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

11

Daar is geen ander gewoonte wat meer kan doen omjou lewe te verander en wat jou meer soos Jesus kanmaak, as om die Woord van God te bestudeer en jougedrag daarop te bou nie. 'n Gesonde dissipel van Je-sus se eerste prioriteit is om deur die Woord van Godgevoed te word. Jesus noem dit "getrou bly aan dieWoord". In Joh. 8:31 staan daar: "As julle aan mywoorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels".

'n Christen behoort daarna te streef om: liewer te word vir die Woord van God as voor-

heen Die Woord beter te leer ken as ooit tevore Die Woord meer uit te leef as ooit tevore

God se Woord is nie net bedoel om aan jou inligting tegee nie, maar om jou te verander. Dit is nutteloos omBybel te lees, navorsing te doen, dit te oordink en tememoriseer as ons dit nie in die praktyk toepas nie.Jakobus 1:22-25 sê dat ons "doeners van die Woord"moet wees sodat God ons lewens kan seën.

God se Woord is anders as enige ander boek. Dit lewe.Wanneer God praat, sal jou lewe verander word, maardit kan slegs gebeur wanneer jy die Bybel die kompasvir jou lewe maak.

Kleingroepe bied 'n unieke geleentheid om saam metander Christene die Woord te bestudeer, te oordinken toe te pas. Ons behoort egter ook op ons eie dieWoord te bestudeer.

Hoe rig ek my stiltetyd met God in sodat dit sinvol kanwees? Ons het almal dieselfde hoeveelheid ure in 'ndag. Ruim eerste tyd in vir wat die belangrikste in joulewe is en hou daarby. Maak Bybelstudie dus diehoogste prioriteit van die dag. Dit is die tyd van diedag wanneer jy jou aan God toewy; jou pad op koersbring; jy God ontmoet en jy groei om meer soos Hy teword.

1. Begin met die regte gesindheid. God kyk na jouhart. Kom met die verwagting dat jy krag sal ontvang.Moenie jaag nie. Begin sommer al die vorige aanddeur vroeg genoeg te gaan slaap sodat jy uitgerus kanwees.

2. Kies 'n spesifieke tyd. Spandeer minstens 15 min.Laat dit natuurlik groei van daar af.

3. Kies 'n unieke en spesiale plek waar jy alleen kanwees en stilte kan ervaar.

4. Volg 'n eenvoudige plan. Word eers stil. Doen 'nkort gebed in afwagting op die Here. Bid Ps. 119:18"Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van uwet ervaar". Lees 'n gedeelte; lees dit stadig. Dinkdaaroor na. Memoriseer die kernvers. Skryf jou ged-agtes neer. Onthou: die kortste potlood is langer asdie langste geheue. Doen 'n gebed; praat met God engee al jou bekommernisse oor aan Hom. 1 Pet 5:7.

(Verwerk uit: 40 dae in die Woord - Rick Warren)

"

11

Transoranje Instituut ondersteun 5 skole finansieel: Transoranje-skool vir Dowes, Sonitusskoolvir Gehoorgestremdes, Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid, Prinshofskool virGesiggestremdes en Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes.

Die drie Susterkerke en hul gemeentes bly steeds die grootste bydraer tot die fondse van dieInstituut. Fondse word ook verkry van private donateurs, rente en erflatings. Die Instituut is geregistreer omArtikel 18A-kwitansies te mag uitreik. Donasies is aftrekbaar van belasting. Ons wenslys sluit in finansiëlebydraes, nie-bederfbare voedsel, truie, windjakkers, skoolskoene, skooltasse, toiletware en skryfbehoeftes.

Op 5 Maart (oggenderedienste) en 12 Maart (by Straatkafee) word spesiale liefdegawes vir die TransoranjeInstituut vir buitengewone onderwys opgeneem.

Page 12: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

12

God se belofte

Ek is jammer dat ouers dikwels perfeksionismeverwar met uitnemendheid (excellence). Hulleverwag van hulle kinders dinge wat hulle selfnooit kon vermag nie. Die geweldige druk wathulle op hulle kinders plaas, laat kindersdikwels knak.

Ongelukkig kan ons nie altyd ouers se houdingverander nie. Jy kan bid daarvoor, maar hier is‘n strategie wat jou ook kan help om ‘n kritieseouer te hanteer:

1. Gee jouself toestemming om nie perfek tewees nie. Niemand kan dit wees nie. Ons het inelk geval die enigste perfekte mens gekruisig:Jesus!

2. Moet jouself nie so vinnig verkleineer nie, alverkleineer jou ouers jou. Glo in jouself en leeruit jou foute.3. Doen iets nice vir jouself. Vier jou prestasies,al dink jou ouers dis nie goed genoeg nie.4. Leer om positief te dink. Begrawe die ek-kan-nie, sien die glas halfvol in plaas van halfleeg.5. Leer om te vergewe. Moenie grudges houteen jou ouers of jouself nie. Dit maak jou bitterin plaas van beter.

.

Uit: Aanvaar God my net soos ek is van Ewald van Rensburg)

Kol. 3:21 Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.

Uitnemendheid, die strewena zero-defek, is ‘n positiewe ding,

veral as ons gedurig onthou dit kannet ‘n strewe bly, want in dié lewekan ons nooit zero-defek bereik nie.Daarom roep die Bybel ons op omdie beste gebruik te maak van elke

geleentheid (vgl. Kol. 4:5).

12

Kleur die prentjiein en teken diereby die ark

Page 13: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

13

Ds. Malan van Rhyn reël ‘n toer na die twee lande in samewerking met Seagull Toere.Ons besoek onder andere Petra, Masada, Jerigo, Betlehem, Nasaret, Kapernaum, Jerusalem en nog

Koste is ongeveer R 44 000 per persoon wat deel. Dit sluit o.a. die vliegkaartjie, luukse hotelverblyf en

Volledige inligting kan aangevra word by [email protected] of 082 858 0538.Raadpleeg ook Seagull Toere se webblad by www.seagulltoere.co.za.

Israel en Jordanië: 9-20 Desember 2017

1 2

5

7 8 6

4 3

Rondomtalieraai

Begin by 1 en werk al in die rondte tot by dieswart blokkie. Die laaste letter van elkewoord is altyd die eerste letter van dievolgende woord.

1. Job se oudste dogter (Job 42)2. Hy en Rufus was seuns van Simon vanSirene (Mark 15)3. Jakob se oudste seun (Gen 29)4. Paulus stuur groete aan hulle uit hierdiehuis wat tot geloof gekom het (Rom 16)5. Die skrywer van die boek Spreuke6. Paulus stuur groete aan hierdie persoonen al die ander gelowiges (Rom 16)7. Paulus het ook hierdie een se huisgesingedoop (1 Kor 1)8. Sy seun Gaddi is saam met elf anderteruggestuur om Kanaän te verken (Num 13)

13

Page 14: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

14

AttestateAttestate/Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Geref Brooklyn: Petrus Johannes Geere Roeloffze; Eunicecrest no 7Geref Brooklyn: Jan Herkulaas & Gerda Venter en dooplidmaat Johannes Herculaas; Thelmastraat 733Geref Oos-Moot: Nicolaas Filippus & Ronell van Wyk en twee dooplidmate Bea en Carlie; Collinslaan 1289Geref Lichtenburg: Christine Coetzer; Selikats Village 42Geref Stellenbosch: Mariëtte Rieks Brand & Kuno; Plot 151 TiegerpoortLaurentius en René Duncker; Cedar Wood Crescent 109Pieter Neveling en Anneleen Snyman dooplidmate Michaela en Ulrich Jandré; Kandelaarlaan 300

Attestate/Bewys aangevra:Johanna Alida VenterLuandré VenterNa Geref Pietersburg-Noord: Jani ErasmusNa Geref Potchefstroom Die Bult: Stephen Albert Nel

BeroepeBeroepe ontvang

Ds KP Steyn (Karel) van Potchefstroom-Oos na Vredenburg/Saldanha-kombinasieDs CJ van Heyningen (Johan) van Stellenbosch na Windhoek-Suid

Beroepe aanvaarProponent PJ Hattingh (Peter) na Okahandja.Proponent PF Venter (Peter) na Vanderbijlpark Trinitas.

DIEVOORTREKKERMONUMENT

- Spesiale tariefvir pensioenarisse- Spesiale tarief vir ‘n gesinvan 5, R140 alles ingesluit.- Perdry- Fietsry- Piekniekterrein- Markte/Feeste- Musiekkonserte

[email protected] / 012 326 6770

www.facebook.com/Voortrekkermon/

www.vtm.org.za

14

Page 15: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

15

Almal vanons wil

graag meerdoelgerigwees om

dieChristelikegeloof aanons kindersoor te dra

In Spreuke 22:6 lees ons: Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hysal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie, en dan besef ons ons weet nie eintlikwat dit presies beteken nie. Ons het onsself belowe dat ons nie dieselfde foute gaanmaak as wat ons ouers gemaak het nie, maar bo en behalwe hiervoor vind ons ditwaarskynlik moeilik om vorendag te kom met ‘n duidelike, samehangende, Bybelsestelling van wat dit behels om ‘n jongmens te leer hoe hy moet lewe.

Jy dink dalk nou: Wat dan van die kerk? Is ons kinders se geestelike onderrig dan niedie kerk se verantwoordelikheid nie? Dis mos darem waarvoor leraars opgelei word,nie waar nie?

Dit is wel waar dat leraars God se Woord doeltreffend verkondig en gevolglik ligbring in baie lewens, maar die geestelike onderrig van kinders was nooit bedoel ombeperk te word tot ‘n enkele uur op ‘n Sondag nie. Saam met kerkbywoning isgeestelike onderrig ook bedoel om elke dag voor kinders uitgeleef te word deurhulle ouers en grootouers wat hulle liefhet.

In Deuteronomium 6 lees ons hoe ons veronderstel is om ons liefde vir God elke dagin die huis aan ons kinders oor te dra. Maar hoe gee ek leiding aan ‘n jongmens oorhoe hy moet leef as niemand my ooit gewys het hoe dit gedoen moet word nie?

Om ‘n kind te leer om Jesus te ken, Hom lief te hê en te dien, vereis nie die kennisvan ‘n professionele teoloog nie. Dit vra net toewyding om die proses te begin endoelgerig daarmee vol te hou. Om die waarheid te sê, as jy weet hoe om ‘n ballonop te blaas, het jy alles wat nodig is om jou kinders lewensveranderende waarhedete leer oor die liefde en aard van God die Vader.

Dikwels wonder kinders of God regtig bestaan omdat ons Hom nie kan sien nie. Isdaar enige iets wat bestaan wat ons nie kan sien nie? Wat van lug? Blaas ‘n ballonop en knyp die opening toe. Lug is genoeg om die ballon op te blaas. Het lug enigekrag? Laat los die ballon sodat dit oor die tafel trek: “Just like air, God is there!”

Speel vandag hierdie speletjie met jou kind. Wat beteken die speletjie dan? Godbestaan werklik en Hy het krag, al kan ons Hom nie sien nie. Stap in ‘n park en bekykGod se kreatiwiteit en skoonheid van naderby. Ons kan God nie sien nie, maar onssien bewyse van Hom deur Sy skepping.

Sluit af deur Psalm 148 saam te lees.

(Geestelike groei van kinders - Focus on the Family)

Kleingroep G015 ondersteun Alet Stroebel van Danville wat daagliks aan ongeveer 100 mense in Danville kosvoorsien.  Die kleingroep verskaf op ‘n weeklikse basis bestanddele vir Dinsdae se ete en aan die einde van die jaarvoorsien ons ongeveer 100 kospakkies aan die gesinne vir ‘n volledige Kersmaal.

Elke jaar Desember reël Alet ook ‘n Kersfunksie en deur middel van skenkings kan sy ook aan elke gesin ‘nkospakkie uitdeel met genoeg voedsel vir ongeveer ‘n maand.

Ons kan nie genoeg dankie sê aan ons Hemelse Vader vir Sy groot genade nie en ook aan al die lidmate vanWapadrant wat elke jaar so getrou ons projek ondersteun.

Indien jy graag betrokke wil raak by ons projek is jy welkom om Winnie Stoppel by 082 4684 076 te skakel.15

Page 16: HOE DIEN EK IN DIE KONINKRYK IN 2017? - Wapadrant · 2019-11-12 · om in die “wêreld” te wees, en te verstaan wat in 2017 gaan gebeur. Ons reaksie daarop sal bepaal of ons die

16