· web viewdie roetes kan ook met ander gekombineer word. saterdag pak ons toe die god’s window...

3
Slagthoek 17-19 Februarie 2017 - deur Lettie Kloppers Met die bedreiging van die tropiese storm Dineo wat oor Mosambiek inbeweeg het na Mpumalanga, was die Slagthoek stappers maar bekommerd en het alle voorsorg getref vir ‘n reënerige naweek. Wat toe gladnie so uitgedraai het nie. Die ligte wind en Vrydag se wolke was die enigste tekens van reën. Die meeste stappers het by die naaste garage ontmoet en saam die plaaspad aangedurf. Almal het nes geskop en die aand heerlik saam gekuier. Slagthoek het 2 roetes, God’s Window loop van 12 en Cycad loop van 11km. Die roetes kan ook met ander gekombineer word. Saterdag pak ons toe die God’s Window loop aan en stap aanvanklik baie gemaklik oor grasvlaktes met redelik baie klip. ‘n Baie mooi landskap. By ‘n baie groot rotsreeks kan ons opklim en kry ‘n panoramiese uitsig oor ‘n kronkelende rivier . Op ‘n stadium is 6 stappers bymekaar en Danie bied aan om teewater te kook – toe raak die gas op en die teetyd kortgeknip! Na ‘n ruk bereik ons ‘n hoë rotsgedeelte wat nogal moeilik klim. Weereens ‘n pragtige uitsig oor ‘n ander kronkelende gedeelte van die Olifantsrivier! Ons klouter oor hoë rotse en is maar te dankbaar vir die hulp van vriende. Ons stap verder met die rivier daar ver onder. Uiteindelik bereik ons ‘n laer gedeelte, by die vlak van die rivier en is verlig dat die ergste klim en klouter verby is. Of is dit? Die voorste stappers gaan koel af in die rivier en begin die laaste skof terug na die Slagthoek huis. Die laaste deel blyk toe ‘n uitmergelende klim en klouter oor groot en kleiner rotse te wees saam met ‘n tak van die rivier.

Upload: others

Post on 08-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:  · Web viewDie roetes kan ook met ander gekombineer word. Saterdag pak ons toe die God’s Window loop aan en stap aanvanklik baie gemaklik oor grasvlaktes met redelik baie klip

Slagthoek 17-19 Februarie 2017 - deur Lettie Kloppers

Met die bedreiging van die tropiese storm Dineo wat oor Mosambiek inbeweeg het na Mpumalanga, was die Slagthoek stappers maar bekommerd en het alle voorsorg getref vir ‘n reënerige naweek. Wat toe gladnie so uitgedraai het nie. Die ligte wind en Vrydag se wolke was die enigste tekens van reën.

Die meeste stappers het by die naaste garage ontmoet en saam die plaaspad aangedurf. Almal het nes geskop en die aand heerlik saam gekuier.

Slagthoek het 2 roetes, God’s Window loop van 12 en Cycad loop van 11km. Die roetes kan ook met ander gekombineer word.

Saterdag pak ons toe die God’s Window loop aan en stap aanvanklik baie gemaklik oor grasvlaktes met redelik baie klip. ‘n Baie mooi landskap. By ‘n baie groot rotsreeks kan ons opklim en kry ‘n panoramiese uitsig oor ‘n kronkelende rivier .

Op ‘n stadium is 6 stappers bymekaar en Danie bied aan om teewater te kook – toe raak die gas op en die teetyd kortgeknip!

Na ‘n ruk bereik ons ‘n hoë rotsgedeelte wat nogal moeilik klim.

Weereens ‘n pragtige uitsig oor ‘n ander kronkelende gedeelte van die Olifantsrivier! Ons klouter oor hoë rotse en is maar te dankbaar vir die hulp van vriende.

Ons stap verder met die rivier daar ver onder. Uiteindelik bereik ons ‘n laer gedeelte, by die vlak van die rivier en is verlig dat die ergste klim en klouter verby is. Of is dit? Die voorste

stappers gaan koel af in die rivier en begin die laaste skof terug na die Slagthoek huis.

Die laaste deel blyk toe ‘n uitmergelende klim en klouter oor groot en kleiner rotse te wees saam met ‘n tak van die rivier.

Genadiglik is daar baie bome wat koelte verskaf. Sodra ‘n mens oor een

Page 2:  · Web viewDie roetes kan ook met ander gekombineer word. Saterdag pak ons toe die God’s Window loop aan en stap aanvanklik baie gemaklik oor grasvlaktes met redelik baie klip

‘boulder’ gekom het, lê die volgende een voor. Dit voel soos ‘n ewigheid. ‘n Paar van ons het lekker swaar gekry en om alles te kroon moet ons nog in ons moeë toestand onder ‘n omgevalle boomstomp deurkruip.Maar die einde was in sig.

Al die barmhartige samaritane het die gees en doel van ons stapklub mooi uitgeleef met die hulp aan ons medestappers.

Getrou aan ons gewoonte het ons die aand heerlik gebraai met ‘n groentepot en vrugteslaai.

Sondagoggend het die fikses onder ons die Cycad roete gestap terwyl ‘n paar rustig by die huis gebly het en die ander saam met die bestuurder, Johan en sy vrou, Natasha in hul bakkies op ‘n wildrit gegaan het.

Heelwat diere is gesien oa blouwildebeeste, een rooihartbees, koedoes, gemsbokke, rooibokke, vlakvarke, kameelperde, luiperdspore en ‘n groot slangsleepsel. Daar was ook mooi voëls en baie skoenlappers en naaldekokers.

Ons het by 2 uitsigpunte gestop en die panoramiese uitsigte bewonder en almal het baie fotos geneem, veral met die vallei daar ver onder as agtergrond. Die Cycadstappers het ook by die tweede uitkykpunt aangekom – nie so moeg soos die vorige dag nie.

Ons gidse het die wildrit vir almal interessant gemaak met hul onderhoudende vertellings.

Die stiltetye was baie bemoedigend en die temas het weereens saamgevloei. Daar is deur die naweek ook land en sand gesels en stappers het mekaar leer ken. Daar was heelparty nuwe stappers.

En so het nog ‘n lekker stapnaweek tot sy einde gekom.

(‘n Groepfoto van die 20 wat vir die naweek saamgegaan het)

NB:

Onthou om ook op Facebook te gaan kyk na fotos van die Slagthoek stap. (LleR)

Page 3:  · Web viewDie roetes kan ook met ander gekombineer word. Saterdag pak ons toe die God’s Window loop aan en stap aanvanklik baie gemaklik oor grasvlaktes met redelik baie klip