nuus uit die sinode - ng kerk vrystaatngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/vrypos uitgawe 10...nuus...

9
Jaargang 16 - Uitgawe 10 30 Maart 2018 REDAKSIONEEL Geniet ook die vakansietyd, ons gesels DV weer op 13 April 2018 met julle... NUUS UIT DIE SINODE BEDIENINGSBEGELEIDING Netwerk: JONK Vrystaat Vrystaat #imagine 2018: Onthou van hierdie geleentheid! Klik op die flyer vir al die besonderhede en indien jy ‘n kontakpersoon soek, klik hier. BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO)

Upload: others

Post on 22-Jan-2020

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Jaargang 16 - Uitgawe 10 30 Maart 2018

REDAKSIONEEL

Geniet ook die vakansietyd, ons gesels DV weer op 13 April 2018 met julle...

NUUS UIT DIE SINODE

BEDIENINGSBEGELEIDING

Netwerk: JONK Vrystaat Vrystaat #imagine 2018:

Onthou van hierdie geleentheid! Klik op die flyer vir al die besonderhede en indien jy ‘n kontakpersoon soek, klik hier.

BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO)

Hospitaal Vrywilligers benodig: E-Nuus Maart 2018: Klik op die blokkie om die

nuusbrief te lees:

TEOLOGIESE NADENKE

Die belangrikste vermoë vir die toekoms, deur Roedolf Botha Verlede jaar is EQ (emosionele intelligensie) aangewys as die belangrikste vermoë wat enige iemand gaan moet

besit om suksesvol te wees in die jaar 2020. Verhoudings is alles! Onlangs het navorsers egter begin geluide maak dat daar wel één eienskap is wat emosionele intelligensie heel moontlik gaan uitstof wanneer dit kom by belangrikheid vir sukses. Dit is CQ, oftewel kulturele intelligensie. Wikipedia tipeer CQ as volg: Cultural intelligence can be understood as the capability to relate and work effectively across cultures. Ons wêreld is besig om kleiner te word en onderskeie kulture en sub-kulture is besig om baie nader aan mekaar te beweeg as ooit tevore.

Dit bring ‘n dringende behoefte na vore en dit is die vermoë om met mekaar te kan saamwerk en woon, oor die grense van kulture heen. Lees hier verder oor wat CQ (kulturele intelligensie) behels.

GEMEENTE NUUS

Besoek gerus ook ENGO se webblad by www.engo.co.za vir meer inligting oor al

hulle werksaamhede

NG Frankfort bied aan: NG Fouriesburg:

Klik hier vir die kontakbesonderhede, reëls, asook inskrywingsvorm om aan die wedloop deel te neem.

NG Welkom-Wes bied aan... ‘n Jerusalemfees: Hierdie geleentheid word vir Saterdag 26 Mei 2018 beplan en dit gaan op hulle kerkterrein geleë te, h/v Fuschiasingel en Heidelaan, Jim Fouchépark, gehou word. In kort kom dit daarop neer dat die terrein soos Jerusalem van ouds opgetooi gaan word - die kosse van

die dag sal ook ooreenstem met dié Bybelse tyd. Daar word ook beoog om die volledige Bybel in sewe en veertig minute deur te lees as deel van ‘n gemeenskapsprojek. Hierdie dag behoort iets groots te wees en daarom word alle gemeentes en belangstellendes uitgenooi om dié dag saam met hulle te kom geniet. Kontak asseblief vir Hannes van Vuuren op 083 309 9540, of by [email protected], vóór of op Saterdag 31 Maart 2018, indien julle aan die Bybel-leesprojek wil deelneem.

NG Vierfontein:

Klik hier vir al die besonderhede oor hierdie kompetisie.

KONFERENSIES / KURSUSSE

Konferensie - ‘Unheard voices’ in the Bible: Die Teologiese Fakulteit, Universiteit van die Vrystaat,

bied op Woensdag 11 April 2018 vanaf 08:00 tot 16:20, hierdie geleentheid aan. Dit sal in Kamer 120 by dié fakulteit plaasvind, dit is gratis, ligte verversings sal bedien word en 10 x VBO-punte kan vir die bywoning daarvan, verdien word. Belangstellendes moet egter vóór Sondag 8 April 2018 registreer deur D65776 + jou naam en e-pos adres per SMS na 31029 te stuur - lidmate/gemeenteleiers/gades en ander belangstellendes is baie welkom. Klik hier vir die program en meer inligting.

NB: Onthou dat persone sonder toegangskaarte die kampus slegs by Hek 5 in DF Malherberylaan kan binnekom (naby die Landbougebou), waar die Besoekersentrum geleë is. Meld asseblief by die Besoekersentrum aan - onthou om jou ID/rybewys saam te bring om hier te toon.

Trauma Konferensie… vir leraars en kerkrade:

Hierdie geleentheid vind vanaf 16 - 18 April 2018 by die NG Gemeente Gariepdam (Springfontein), plaas. Klik op die biljet vir ‘n groter weergawe om al die inligting te bekom, bespreek asseblief vóór of op Dinsdag 3 April 2018. Hierdie is regtig ‘n wonderlike geleentheid om by te woon, veral met al die trauma wat lidmate, vriende, familie, ensovoorts, deesdae ervaar… hierdie is ook ‘n VBO-geleentheid.

Dr Gustav Gous bied aan… ‘n kursus in huweliksberading en vele meer:

Die volgende geleenthede word aangebied:

Huwelike: 18 April 2018, 09:00-12:30 by NG Riebeeckstad (Welkom)

Huwelike: 19 April 2018, 09:00-12:30 by NG Aandbloem (ENGO)

Huwelikverrykingsnaweek: 1-3 Junie 2018, Vry 16:00 - Sat 21:00 by Menuha (naby Brandfort) - VBO geleentheid. Klik hier vir volledige besonderhede (besprekings, kontakbesonderhede, ens)

Lidmate Netwerk in samewerking met NG Luckhoff, bied aan: Rede Vir Lewe-kursus deur ds Piet Albertyn op Saterdag 12 Mei 2018 te Luckhoff Gemeentesentrum vanaf 08:00 tot 16:00. Die koste beloop R100pp (kursusmateriaal & verversings ingesluit). Bespreek asseblief by ds Theo Oosthuyzen, per WhatsApp of SMS op 082 388 5002, of per e-pos by [email protected]. Kom ontdek jou plek binne die Liggaam van Christus en word toegerus om ook ander in jou gemeenskap toe te rus!

Fakulteit Regsgeleerdheid (Universiteit van die Vrystaat) bied ‘n sertifikaatkursus in mediasie aan: Mediasie as alternatief vir ‘n hofgeding of arbitrasie is aan

die groei en geleenthede vir geakrediteerde mediators ontwikkel. Vind gerus meer uit oor Free State Mediation (FSM) op hul webblad, lees gerus ook die

artikel wat onlangs in Bloemnuus (Netwerk24) verskyn het.

Die NG Kerk Vrystaat het ‘n spesiale prys van R8 250pp vir hierdie kursus vanaf 11 tot 15 Junie 2018 beding. Kry meer inligting oor die onderwerpe wat aanbieders gaan behandel, in die brosjure - belangstellendes kan vóór Vrydag

4 Mei 2018 inskryf, klik hier vir die inskrywingsvorm.

AKTUEEL / ALGEMEEN

EKOLOGIE #Brokkie 7: Om “groener” te leef…

Wenke om water te spaar Al reën dit tans baie lekker in die Vrystaat (somerreënvalgebied), moenie dink dat jy altyd volop water sal hê om te gebruik nie. Suid-Afrika word as 'n waterskaarste-land geklassifiseer en het ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van 492 millimeter, terwyl die res van die aarde, 985 millimeter kry. Dit is bykans die helfte van die

aarde se gemiddelde reënval! Klik hier vir eenvoudige wenke om in en om die huis baie water te kan spaar.

Gemeentes, plaas gerus hierdie inligting in julle weeklikse afkondigings/nuusbriewe!

ALGEMEEN

Gelukwense: Een van die Sinodale Kantoor se personeellede is onlangs getroud.

Danielle Theron (werksaam met die studente-beurse en lenings), is op 10 Maart 2018 met Attie van Heerden in die prentjiemooi Fouriesburg-omgewing getroud. Baie geluk met die groot stap julle twee, mag die Here julle huwelik seën, met wonderlike tye saam.

Advertensie - Blomhouers vir nissies by gedenkmure: Die eenhede

bestaan uit ‘n stewige rakkie, houer en skroewe met skroefproppe, van vlekvrye staal. Die prys per eenheid is R105.00 (sonder beker, R85.00). Belangstellendes kan vir Jan van Straten kontak by 053 861 7040 / 082 388 0307, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

‘n Musiekuitvoering:

Klik hier vir meer inligting oor hierdie koor.

LADY GREY PASSIESPEL Die Passiespel van Lady Grey is al dikwels vergelyk met Oberamergau en is al Suid-Afrika se eie pelgrimstog genoem. Die Lady Grey Kunste-Akademie, in samewerking met die NG Kerk en breër gemeenskap van Lady Grey, is verantwoordelik vir hierdie skouspel wat jaarliks, sedert 2002, gedurende Paasnaweek in Lady Grey afspeel.

Hierdie meesterlike kombinasie van verskeie kunsvorme, insluitend musiek, dans, drama en selfs visulele kuns, beeld die geboorte, lewe, dood en opstanding van Jesus Christus op ‘n unieke manier uit.

Besoekers se Paaservaring begin Goeie Vrydag met die skeppingsverhaal en uittreksels uit die Ou Testament, gevolg deur die wonderwerke en die roeping van die eerste dissipels. Na Saterdagoggend se stoep-ontbyt saam met die karakters, word die Passiespel voortgesit met die bergpredikasie by die Perdedam, waarna die karakters en die gehoor vir Jesus op sy donkie deur die strate van Lady Grey volg tot by die Kunste-Akademie se binnehof, waar die reiniging van die tempel plaasvind. Die oggend word afgesluit met die verloëning van Jesus.

Saterdagaand se program, deur baie beskou as die hoogtepunt, begin met Judas se verraad en die inhegtenisname en verhoor van Jesus, gevolg deur die kruisiging.

Sondagoggend se vroeë Paasdiens word gevolg deur tonele by die oop graf, Jesus se verskyning aan die dissipels en die Hemelvaart. Die produksie word afgesluit met ‘n massakoor-uitvoering van die Hallelujakoor uit die Messias van Handel.

Besoek gerus www.ladygreypassionplay.co.za vir meer inligting oor die Passiespel, of skakel die Lady Grey Kunste-Akademie op 051 603 0046.

NUUSBRIEWE EN PUBLIKASIES

CLF NUUS: Vir dekades al word na hulle as die Donkies van Wellington verwys. Vir die

sendingstudente was en is dit ’n erenaam. Die ontstaan van die naam, Donkie vir ’n sendingstudent aan die destydse Wellingtonse Sendinginstituut, kom uit die beginjare van die “Boeren Zending School”. By die opening van dié skool in 1903, het prof John Murray onder andere van die studente gesê dat hulle, “zich aanbieden

zullen om den naam van Christus te dragen voor de heidenen in ver verwijderde deelen van Afrika.” Toe die Wellingtonse sendingstudente daarna aan ’n naam begin dink, het dr Andrew Murray met die naam “Donkie” vorendag gekom, na aanleiding van Jesus se intog in Jerusalem op die rug van ’n donkie. So sou die donkie die sendeling as draer van Jesus se naam en die evangelie voorstel. Naamdraers van Jesus vertel die verhaal van die 567 Donkies wat in die loop van 85 jaar by die Sendinginstituut gestudeer het. Hulle het die naam van Christus en die evangelie oor grense heen met ongeëwenaarde ywer gedra. In die kerkgeskiedenis sal hulle altyd bekendstaan as die toegewyde naamdraers van Jesus. Kontak CLF by 021 873 6964, of stuur ‘n e-pos na [email protected] om ‘n eksemplaar te bestel.

Paasfees is baie belangrik, veral in Afrika kerke. Die publikasie, Seven words from the Cross, fokus op die Laaste Woorde van ons Here Jesus op Goeie Vrydag. Dié publikasie help die leser om die lyding van Jesus Christus te verstaan. Dit verduidelik die sewe woorde wat aan die kruis gesê is en dit vertel van die belangrike dinge wat gebeur het toe Jesus uit die graf opgestaan het. Kontak CLF by bogenoemde kontaknommer of e-pos adres, indien jy ‘n eksemplaar hiervan wil bestel.

In Pinkster vertel ons weer die verhaal van God se Gees wat skep en heelmaak, wat lewe gee en groei laat opbloei, wat diep verandering bewerk en wysheid skenk. Ons bring tyd deur saam met die Heilige Gees wat in ons harte getuig, wat ons leer dans en feesvier, wat ons laat sing en uitbundig lag. Pinkster herinner ons immers dat ons die lewe in oorvloed ontvang het. Kom ons herinner mekaar nou weer aan hierdie lewe in oorvloed. Klik hier vir

inligting oor publikasies/produkte spesiaal vir die Pinkstertyd.

TRANSORANJE INSTITUUT VIR BUITENGEWONE ONDERWYS (TOIBO): Klik hier

vir hul 2017/18-Jaarverslag.

Sewe Kruiswoorde van Jesus

PREDIKANTE NUUS

BEROEPENUUS:

Ds D (Delmarie) Viljoen, Tentmaker by die NG Gemeente Springfontein, het die beroep na die NG Gemeente Queenstown (Sinode Oos-Kaap) aanvaar en sal vanaf 1 Mei 2018 daar in diens wees - sy word DV op Sondag 6 Mei 2018 bevestig. Ons mooiste wense en seënbede vergesel vir Delmarie, Vernon en klein Stephan, mag dit met julle baie goed gaan in die Oos-Kaap.

Ds HJ (Hans) Griesel, leraar van die NG Gemeente Koppies, het ‘n beroep na die NG Gemeente Hertzogville aanvaar en word DV op Sondag 6 Mei 2018 in sy nuwe gemeente bevestig. Ds Hans, seënwense met die bediening in julle nuwe omgewing.

Ds HM (Helgard) Janse van Rensburg, leraar van die NG Gemeente Villiers, het op Sondag 25 Maart 2018 sy afskeidspreek gelewer en het daarna die Akte van Demisie met die oog op emeritaat op 31 Maart 2018, ontvang. Hy en Marthie verhuis nou na George in die Suid-Kaap, vir diegene wat kontak wil behou, sy nuwe selnommer is 082 925 8943. Ds Helgard was vir 29 jaar leraar in Villiers en was ook bedrywig met talle Sinodale verpligtinge. Hy was geruime tyd die voorsitter van die Sinodale Taakspan Kerkorde (STK) en het ook tydens die vorige Sinode as Moderator gedien. Ons bede vir ds

Helgard en Marthie is Lied 268, “Laat Heer u seën op hul daal, u guns uit Sion hul bestraal! U wat beveel en dit geskied, wil Heer, u seën oor hul gebied! Mag hierdie nuwe fase in julle lewe ‘n wonderlike avontuur wees, geniet elke oomblik daarvan, ons gaan julle baie mis...

AFLOSLERAARS: Klik hier vir ‘n lys van leraars/proponente wat beskikbaar is om in gemeentes af te los.

VAKATURES

TERREINOPSIGTER & ONTVANGS (EGPAAR) - MOOIGENOEG KAMPTERREIN: Die Sinodale

kantoor van die NG Kerk Vrystaat, is op soek na ‘n selfversorgende, afgetrede egpaar wat die nodige toesig kan uitoefen en kleiner onderhoudswerk op die Mooigenoeg kampterrein in Bloemfontein kan verrig. Vergoeding: R3500pm vir die Terreinopsigter en R3500pm vir Ontvangs (sy gade) en ’n tweeslaapkamerwoonstel op die terrein, met gratis water en elektrisiteit, word ook aangebied.

CV’s moet dié kantoor vóór Woensdag 18 April 2018 bereik - stuur per e-pos aan [email protected], of per faks na 051 447 2145 (aandag mnr De Ruiter), of lewer per hand af by die Sinodale Sentrum, Van Heerdenweg 20, Wilgehof, Bloemfontein. Indien daar enige navrae is, skakel mnr Adriaan de Ruiter (Direkteur: Ondersteuningsdienste, NGK-VS), by 051 406 6700. Die suksesvolle kandidate sal so spoedig moontlik ná 18 April 2018 genooi word vir ’n onderhoud, met diensaanvaarding is vanaf 1 Junie 2018.

Die bestuur verbind hom geensins daartoe om een van die kandidate wat aansoek gedoen het, aan te stel nie en behou hom die reg voor om die vakature weer te adverteer.

VOLTYDSE LERAAR - NG STELLENBERG: Vir meer inligting oor hierdie vakante pos in die Wes-Kaap

Sinode, klik hier. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 6 April 2018.

LERAAR, VASTETERMYN KONTRAK 2JR - NG AMALIA: Hierdie gemeente, geleë in die Goudland

Sinode, beskik tans oor ‘n vakante pos vir ‘n leraar. Die kontrak is na twee jaar onderhandelbaar en proponente, bevestigde leraars en emeriti is welkom om aansoek te doen, kry al die besonderhede hier. Die sluitingsdatum is Saterdag 14 April 2018, met indiensneming so spoedig moontlik.

VOLTYDSE LERAAR - NG LADYBRAND-NOORD: Hierdie vakature ontstaan binnekort by dié

gemeente, klik hier vir volledige inligting. Die sperdatum vir indiening van aansoeke is Maandag 30 April 2018.

VAKATURES - e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante

kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

VERJAARSDAE

... mag dit vir elkeen van julle ‘n geseënde dag en lewensjaar wees:

30 Maart: Mev Christelle Smith - SINODALE KERKKANTOOR - 051 406 6700, [email protected]

8 April: Ds Org van der Watt - KERKENBERG - 082 226 7635, [email protected]

9 April: Ds Jors Reynders - BLOEMHEUWEL - 082 783 0730, [email protected]

TEN SLOTTE

Kom ons leer om saam met die dissipels bid... Gedurende hierdie kwartaal het die “Ten slotte”-nadenke oor die Onse Vader-gebed gehandel. Ons sluit hierdie reeks af deur te kyk na die elemente van gebed wat ons in die Onse Vader-gebed kan identifiseer. Daar is ses elemente wat in hierdie gebed voorkom en wat ons in ons gebedslewe kan gebruik:

Aanroep - DIe gebed begin deur ons Vader in die hemel aan te roep.

Lof - In hierdie gedeelte word gebid dat God se Naam geheilig moet word.

Oorgawe - Hiermee word gebid dat God se reëls vir God se koninkryk nagevolg sal word en dat ons dit sal gehoorsaam… dit is hoe God se wil geskied en uitspeel in die lewe.

Voorbidding - Hier leer Jesus die dissipels om vir hulle daaglikse behoeftes voorbidding te doen en om God daarmee te vertrou.

Skuldbelydenis - Wanneer ‘n mens in die teenwoordigheid van die Lewende God staan, kan jy nie anders as om bewus te raak van jou eie sonde nie. Dit bring ‘n mens noodwendig by skuldbelydenis uit.

Beskerming/Geestelike oorlogvoering - Die laaste bede maak ‘n mens pynlik bewus van die feit dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die Bose, daarom leer Jesus die dissipels om te bid dat hulle bewaar moet word van die Bose.

Mag hierdie struktuur van bid vir jou tot seën en verdieping van jou geloofslewe wees.

Dr Carin van Schalkwyk is Tentmakerleraar by NG Philippolis,

asook Skriba van die Vrystaat Sinode

KONTAK ONS

THEA BOSMAN

Samesteller/Redaksioneel: [email protected] of [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp)

AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

Stuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] / [email protected]

(spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00, behalwe tydens skoolvakansies)

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier