ligdraer - ontdekkers · wys die gees ons opnuut god se vaderhart en waarmee hy besig is in ons...

12
Ligdraer Gereformeerde Kerk Ontdekkers 29 Oktober 2017 Oggenddiens: 9H30 Aanddiens: 18H00 (Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 - 7 jaar) Jaar 49 – nr. 42 Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by die feesmaal van ons Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee / koffie in die saal te geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken. B aie dankie aan ons buurgemeentes, Bergbron, Newclare, Princess Crossing en Witpoortjie wat die afgelope week saam met ons die hervormingsfees gevier het. Vanaand sluit ons met ’n multi-kulturele sang en Skriflesing af. Sal elkeen asseblief ’n bordjie eetgoed bring dan kuier ons na die verrigtinge heerlik saam. Dit is met leedwese dat ons verneem het van Dick Niezen se afsterwe die afgelope week. Ons dra vir Ankie, Kobus Kruger en familie aan die vertroostende hand van die Here in hierdie tyd op. Die begrafnisreëlings sal deur gegee word. Dink asseblief in julle gebede aan Marietjie Venter wat in die hospitaal opgeneem is. Daar is 2 mans wat dringend werk soek, indien jy kan help skakel hulle asseblief, bl. 4. Gaan besoek gerus die skakel op bl. 11 en kyk op “youtube” na Juanita du Plessis: “As vandag my laaste dag is”. Die Jeug het ’n Vrydagaand by die kerk ’n deur nag gehou. JC en Heleen het saam met hulle die nag “wakker” gebly, fotos op bl. 4. En daarmee groet ek tot aanstaande week, mooi loop en groete van huis tot huis. Mockie ([email protected] 083 280 2092)

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

Ligdraer Gereformeerde Kerk Ontdekkers

29 Oktober 2017

Oggenddiens: 9H30 Aanddiens: 18H00

(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 - 7 jaar) Jaar 49 – nr. 42

Hartlik welkom aan elkeen vanoggend

by die feesmaal van ons Here

Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens

saam met ons ’n koppie tee / koffie in die saal te geniet.

Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.

B aie dankie aan ons buurgemeentes, Bergbron, Newclare, Princess

Crossing en Witpoortjie wat die afgelope week saam met ons die

hervormingsfees gevier het. Vanaand sluit ons met ’n multi-kulturele sang en

Skriflesing af. Sal elkeen asseblief ’n bordjie eetgoed bring dan kuier ons na die

verrigtinge heerlik saam.

Dit is met leedwese dat ons verneem het van Dick Niezen se afsterwe die

afgelope week. Ons dra vir Ankie, Kobus Kruger en familie aan die

vertroostende hand van die Here in hierdie tyd op. Die begrafnisreëlings sal deur

gegee word.

Dink asseblief in julle gebede aan Marietjie Venter wat in die hospitaal

opgeneem is.

Daar is 2 mans wat dringend werk soek, indien jy kan help skakel hulle

asseblief, bl. 4.

Gaan besoek gerus die skakel op bl. 11 en kyk op “youtube” na Juanita du

Plessis: “As vandag my laaste dag is”.

Die Jeug het ’n Vrydagaand by die kerk ’n deur nag gehou. JC en Heleen het

saam met hulle die nag “wakker” gebly, fotos op bl. 4.

En daarmee groet ek tot aanstaande week, mooi loop en groete van huis tot

huis. Mockie ([email protected] 083 280 2092)

Page 2: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

2

Baie geluk aan ons lidmate wat gedurende die komende

maand verjaar. Mag dit ’n baie spesiale dag wees!

Lidmate se name en telefoonnommers is in die almanak,

skakel hom / haar gerus.

Siekebesoek vir die maand van November word deur Sonia

Richards, 082 633 1200 en Martie Diederichs, 084 011 6288

behartig. Indien jy van enigiemand weet wat siek is en ’n

besoekie sal waardeer, is hulle die dames wat geskakel kan

word.

Spaar jouself die moeite en laat die Dutch Deli vir jou kook!

R 58 /persoon, /ete, bestel asseblief daagliks of weekliks voor 10H00.

Whats-app of sms JC - 072 087 0932. Met jou naam, adres, telefoonnr. &

hoveelheid. Gratis aflewering in Horison, Horisonpark, Discovery, RSB Af-

tree-oord, Wilropark Aftree-oord & omgewing. Wilropark, Helderkruin,

Constantiapark & Florida = R 10.00 per aflewering ekstra.

Maandag: Spaghetti bolognaise met 3 slaaie

Dinsdag: Beef Stroganoff, rys, stir-fry groente & soetwortels

Woensdag: Hoenderpastei, aromat aartappels, room spinasie & groente

Donderdag: Maalvleis frikkadelle, rys, pampoentert & groente

Vrydag: Varktjops met kapokaartappels, wortelslaai & beetslaai

Vakansie woonstel te huur:

St Michaels 9 - 16 Desember 2017 4 Persone R 10 000

2x badkamers 2 minute se stap van die see onderdakparkering &

sekuriteit Balkon kyk uit oor die see Woonstel word daagliks

skoongemaak

Skakel Lizette Henop: 082 930 9283

Page 3: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

3

Eenlyn-waarhede - deur Stephan Joubert

Mense is lief vir “one-liners,” daardie gevatte kort uitsprake oor die lewe. Vat die

volgende een: “Give God what's right - not what's left.” In hierdie woordspel

word ’n groot lewenswaarheid saamgevat, naamlik dat alles aan God behoort.

Ons moet aan die Heer alles gee wat Hom toekom.

Wat van die volgende een: “A lot of kneeling will keep you in good standing.” Of

hierdie een: “He who kneels before God can stand before anyone.” Inderdaad!

Om voor God te buig, maak dat jy altyd in hierdie wêreld kan regop staan.

Wees elke dag op die regte Plek op jou knieë – voor God - sodat jy op alle an-

der plekke regop kan loop.

Van gebed gepraat, onthou ook die volgende: “When praying, don't give God

instructions - just report for duty.” Gebed is nie om elke keer met jou voorskrifte

en versoeke by die hemel op te daag nie. Gebed is nie kruidenierslysies met

opdragte aan God nie: “Doen dit; maak so; help hier – o ja, doen dit sommer

nou dadelik! Gee my nou wat ek wil hê!” Gebed is om jou eie wil ondergeskik

aan God se planne te stel. Gebed is om te leer om in pas met Hom te loop,

nooit andersom nie, nooit nie!

Gebed loop ook hand aan hand met studie van God se Woord. Of soos wat nog

’n “one-liner” dit mooi stel: "fight truth decay - study the Bible daily." Immers:

"Dusty Bibles lead to dirty lives." Wanneer jou Bybel stof opgaar, raak jou kop

vol spinnerakke. God se Woord is jou enigste rigtingwyser in hierdie deurme-

kaar wêreld. Dit is dié lig op jou pad; dié padwyser vir jou eie voetval. Hou vas

aan die waarhede uit God se Woord. Maak dit deel van jou daaglikse dieët.

Want jy kan nie net van aardse brood alleen leef nie. Leef uit elke woord wat uit

God se mond kom. Geloof vra om gebed en kennis van God se Woord. Geloof

vra om ’n nuwe manier van leef. Ware geloof maak ons lewe splinternuut. Ont-

hou daarom: “We don't change God's message -- His message changes us.”

Militêre Veterane As u enigsins in die SA Weermag diens verrig het, kan u as Militêre Veteraan registreer. Van die voordele is soos volg: Gratis Mediese dekking vir die veteraan – nie eggenote nie. Beurse/ Studiegeld vir u kinders of self. SDR- Pensioen van R1200-00 per maand as u jaarlikse inkomste minder as R125 000-00 is. Kompensasie vir Beserings/ Sielkundige skade tydens diensplig opgedoen. Vir meer inligting skakel Marius Boshoff 0711763646.

Page 4: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

4

Kan jy asseblief help of weet jy van iemand wat werknemers soek?

2 mans soek dringend werk:

Andries Lourens in die sekuriteitsveld, kontaknommer: 065 194 1568

Johan Hartzenberg is 49 jaar en gestrem, maar bestuur sy eie motor en kom

heeltemaal self oor die weg. Het ’n N5 Diploma in Meganiese Ingeneurswese,

asook ’n diploma in padvervoer en bestuur. Hy het ervaring as besigheidsbe-

planner en besigheidsanalis. Kontaknommer: 083 235 9744

Daar is een plek vir ’n damesstudent vir 2018 by GK Cachet se gemeentesentrum beskikbaar.

R 2 100 /maand /student wat ’n kamer deel.

Op kampus; parkering, water, ligte, internet en skoonmaak ingesluit.

Kontak asseblief vir Brahm Robinson indien jy belangstel

064 656 1374

Page 5: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

5

PREEKSKETS: 2 Kronieke 16: 1 - 17: 1

Wanneer God ons in die Ou-Testament van sy Seun vertel, lees ons van die Kneg wat

deur almal verag gaan word, maar deur wie se werk daar verlossing vir baie gaan kom.

As Jesus in die Nuwe -Testament ons van die Vader leer, dan sien ons hoe Hy stukkende

sondaars met die liefde van God bedien deur aan die kruis in ons plek te sterf. Nêrens

skitter die wese van God so helder uit as in sy Dienskneg... JESUS AAN DIE KRUIS...

nie. God help sy kind. So skitter God se heerlikheid ook uit in die woorde van die sie-

ner Ganani as hy sê: “9Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat

met hulle hele hart op Hom vertrou.”

Asa het God vir 35 jaar gedien en sy vertroue op God alleen gestel. God het Hom

geseën met vrede en voorspoed. Dis dan wanneer ons in 2 Kron. 16 lees hoe die ko-

ningskap van Asa begin verkeerdloop het, want hy’t nie meer op God alleen vertrou

nie. Vir Asa het die werklikheid van sy gevare groter geword as die lewendige God self.

Daarom gryp hy eerste na die geldkoffers en maak hy eerder staat op sy eie planne.

As Asa sy vertroue in God verloor, was dit nie omdat God vêr van hom af was nie. Ook

nie omdat hy God nie geken het nie. God het reeds vir Asa gewys dat dit die moeite

werd is om op Hom te vertrou (hfst. 14). Asa moes op God kon vertrou omdat hy God

geken het as God Almagtige wat die swakke help.

Hoeveel meer ken ek en jy nie hierdie Almagtige God wat al sy mag gebruik om die

swakke te help nie. Uit ons diepste nood het Hy ons gered. Ons grootste vyand wat ek

en jy op ons eie nie kon baasraak nie, het Hy aan die kruis verslaan. Net soos Asa het

ons al die redes om al ons vertroue net op Hom te stel.

Ganani skets vir ons die volmaakte Vader wat soekend en kykend betrokke is in die

lewe van sy kind. Hy kan nie wag om hand by te sit en te help, te rig of te ondersteun

nie. Die God wat sy Seun gegee het om alles uit die weg te ruim sodat Hy by ons kan

wees EN wat deur sy Gees tot in ewigheid by ons is, is by ons OM ONS TE HELP!

Sondag vir Sondag as die goeie nuus van Christus van hierdie kansel gepreek word,

wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan

doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou.

Waar God se kinders Hom ken en met alles op Hom vertrou, daar ontvang Hy die eer

wat Hom alleen toekom.

Page 6: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

6

Aanddiens: 6H00

REFORMASIE 500

En so bereik die viering van die Protestantse

Hervorming wat 500 jaar gelede deur Martin

Luther gevonk is vanaand ’n hoogtepunt. Wit-

poortjie, Newclare, Bergbron, Princess Cross-

ing bediening en Ontdekkers sluit vanaand die

afgelope week se feesvieringe met multi-kultu-

rele sang en Skriflesing af.

Na afloop van die diens sal koffie / tee &

verversings in die saal bedien word. (Sal elke

lidmaat asseblief ’n bordjie eetgoed vir ons gaste

bring. By voorbaat dankie)

Oggenddiens: 9H30

Eer God deur Hom te ken en op

Hom alleen te vertrou!

Stemmingsliedere

Lied 276: 1 & 2 & Lied 547: 1 & 3

ONTMOETINGSDIENS

Votum / Seëngroet

1 Kronieke 19: 1 & 3

Geloofsbelydenis: Apostolicum

VERSOENINGSDIENS

Selfondersoek: Nagmaalsformulier

Joël 2: 12 - 13 / Sing: Ps. 130: 1 & 2

WOORDDIENS

Gebed

Lied 163 (Solis: Linmari Kruger)

Skriflesing: 2 Kronieke 16: 1 - 10 (Fokusvers: 9)

NAGMAAL

Formulier: Gedagtenis

Lied 431: 2 & Lied 253: 1 & 2

ANTWOORDDIENS

Gebed

Opneem van offergawes

Ps. 146: 1 & 3 & 6

GROETSEËN / AMEN

TOT EER VAN GOD ALLEEN

CHRISTUS ALLEEN

GELOOF ALLEEN

DIE SKRIF ALLEEN

GENADE ALLEEN

Page 7: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

7

Beurtlys vir diakonie

5 November 2017

Kollekteer en tel van kollektes

Antoinette van Niekerk (K)

Ankie Kruger

Martie Lessing

Bettie Voges

Kollekteer

Mieke Boshoff

Oplaaibeurte

Ons Huis

Koos Richards

Tjaart Kruger

082 633 1200

084 487 3507

D McDonald

Koos Richards

082 633 1200

Klein Helderkruin

Elize Coetzee

072 490 5402

Middagdiens - Ons Huis 16:45

Bettie Voges

Gedagte vir die week

“Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat

My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie,

maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.” Johannes 5: 24

Bybelstudie

Maandae 19H00

Tema: Opregte berou

Woensdae 8H30

Tema: Vreugdevol Vry!

29 Oktober 2017

Kollekteer en tel van kollektes

Koos Richards (K)

Olga Venter

Martie Lessing

Antoinette van Niekerk

Kollekteer

Elize Coetzee

Oplaaibeurte

Ons Huis

Koos Richards

Nardus van der Walt

082 633 1200

082 325 3600

D McDonald

Koos Richards

082 633 1200

Klein Helderkruin

Elize Coetzee

072 490 5402

Middagdiens - Ons Huis 16:45

Rein Coetzee

Page 8: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

8

Goeiedag aan almal,

Dit gaan goed met Ons Huis. Die opgradering van ons sit/eetkamer is gedoen en

dit lyk ongelooflik mooi. Ons wag nog vir ons gordyne en stoele en dan kan ons

begin mooi maak. Ons is baie dankbaar vir hierdie verandering en dit is heerlik

om die groot area te hè wat lig en oop is. Baie dankie vir almal se geduld ge-

durende die projek, dit het baie goed verloop. Ons gaan ’n ondersteunings groep

vir die familie en vriende van mense wat leef met dementia begin. Die beplan-

ning is die laaste Donderdag van die maand in die oggend 10 uur en die aand

18h30. Kontak asseblief vir Wilna Dreyer by [email protected] of 011 672

5018.

Ons wil graag ’n afsluitings funksie reël vir ons personeel die 3de en 10de No-

vember 2017. As enige van u ’n bydrae kan lewer kan ons dankie sê aan hierdie

mense wat baie hard deur die jaar werk.

Ons benodig ook die volgende in die kombuis: ’n Skottelgoedwasser, menger en

voedselverwerker. As enige iemand ’n kontak of goeie prys of ’n donasie het sal

dit ons lewe baie makliker maak.

Ons benodig ook hangers asseblief. Enige tipe hanger sal werk. As u 2de handse

klere het of u doen “springcleaning” hierdie Desember en u raak ontslae van

enige van u goed in u huis kom laai dit by ons af. Ons neem enige iets.

Ons benodig eetkamer stoele en ’n mooi hoë lening stoel vir ’n fokus punt in ons

nuwe sitkamer. Ons wil ook graag van die muur plakkers (boom en windpomp

met vlinders en voëls wat daar uit vlieg) teen ons mure plak.

Ons het ook toiletware nodig. Tandepasta, sjampoe, babbel Bath, Skeermesse,

skeerroom, lyf room, baba poeier, aqua scream, Zink en Castor room, tan-

deborsels, waslappe, handdoeke, sterident, onderarm sproei vir mans en vroue.

Baie dankie vir u belangstelling en omgee.

Ons Huis Groete

Marita van den Berg

Bestuurder/ Manager

Page 9: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

9

Redaktrise: Mieke Boshoff

As vandag my laaste dag is . . .

Leef jou lewe asof môre nie gaan kom nie.

Lewe elke oomblik asof dit jou laaste is.

Natuurlik het ons dit almal al gehoor. Almal

sal jou waarsku om dit of dat te doen en

moenie so maak nie. Elke mens het altyd

wonderlike planne wat om met jou lewe te

doen. Stilletjies het ek al besluit hoe my

toekoms gaan lyk. Nie een van ons kan sê

dat ons nog nie gedroom het oor waar ons

oor 10 jaar gaan wees nie. Is dit nie maar wat op ons afgedwing word deur die wêreld

waarin ons bly nie?

Sê nou maar dis vandag jou laaste dag. Sou jy paniekerig raak? Op ’n hopie gaan sit en treur?

Wie van ons weet dat ons sterfdag ons laaste op aarde sou wees?

Ja dis reg. Ons Here Jesus Christus het geweet. Hy het self besluit wanneer Sy werk hier op

aarde voltooid sou wees. Hoeveel keer lees ons nie in die Evangelies die volgende nie: ”want

dit was nog nie Sy tyd nie”? Hy het sy laaste dag op aarde gebruik om vir ons sonde te

betaal. Sy alomvattende liefde met ons te deel. Dus hoef ons nie in paniek te raak nie. Elke

dag kan ons laaste wees. Daarom moet ons elke dag lewe asof dit ons laaste is. Maak Sy

Naam groot. Vertel aan ALMAL dat hierdie groot geskenk beskikbaar is. Jy en ek moet dit

net aanvaar. Vir die Here dankie sê vir ons redding en dankbaar lewe. Wie is ons om nie

hierdie groot geskenk te wil uitdeel nie?

Daar is geen mens te sleg vir JESUS se aandag nie. Dit behoort

vandag vir jou ’n groot boodskap van ondersteuning te gee.

“Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan

losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, en sing

onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing

met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd

oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. Wees uit

eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.” (Efesiërs 5: 18 - 21)

Page 10: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

10

“Neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor. 10: 5)

Gebruik jou Bybel vir die Blokraaisel –

Geniet!

1. Die Here laat my lewe omdat Hy

my . . . Ps 119: 88

2. Ek smag na . . . Ps 119: 123

3. Die wet van die Here . . . Ps 119: 27

4. Ek ken geen . . . nie. Ps 119: 6

5. Die wet van die Here . . . Ps 119: 35

6. God se woord wys met die . . . Ps

119: 105

7. Die wet van die Here . . . Ps 119: 30

8. Sonder God se woord is ek ’n

verlore . . . Ps 119: 176

9. Waaraan hou ons vas? Ps 119: 11

10. God se woord is my . . . Ps 119: 54

11. God se woord is my . . . in ellende.

Ps 119: 50

12. Die wet van die Here.. . Ps 119: 33

13. Die wet van die Here... Ps 119: 36

14. Die wet van die Here.. . Ps 119: 17

15. God se beloftes weerhou my van. . .

Ps 119: 11

16. Vir die goddelose is geen . . . nie.

Ps 119: 155

17. God se woord is . . . Ps 119: 105

18. Hoe moet die jongmens sy lewe

hou? Ps 119: 9

Page 11: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

11

————————————————————————————————————

Gebedsversoek. Skeur af en plaas in kollektesak. Ek sal as gebedskoördineerder dit na

die diens insamel. Jy kan anoniem bly of die versoek onderteken.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

https://www.youtube.com/watch?v=r0T8FtLCeQc

Page 12: Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God

12

GEBEDSLEIDING

Here, God van Israel, in die hemel of op

die aarde is daar nie nog ’n God soos U

nie. U hou U aan die verbond en bly

getrou teenoor u dienaars wat met volle

oorgawe voor U lewe. (1 Kon. 8: 23)

Ons dank U vir die geleentheid om 500 jaar van genade te mag vier. Dat ons

uit genade alleen mag lewe. Here Jesus U wat die Seun van die Mens is,

spaar die lewens van ons wat aan borskanker ly, wees met die siekes in die

hospitale en wat nie goed voel nie. Tank Grobler wat ons gemeente gaan lei

om ons gawes te ontdek. Staan haar met hierdie taak by en die dorings in

die vlees wat U vir haar gelaat het. Here U ken die bejaardes se behoeftes,

die wat swaarkry en ook nie gesond is nie. Gee elkeen van ons

vergewingsgesindheid en die onderskeidingsvermoë sodat ons in liefde met

mekaar U kan dien. Gee ons die insig om ons predikant, leiers en alle

gelowiges aan U op te dra. Here dag vir dag. U weet wat ons almal nodig

het. U het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien. Gee ons die

Gees van dienaars in U koninkryk. Gee ons predikant tyd om U woord te

bestudeer en tyd met U deur te bring, sodat hy ons as gemeente kan voed.

Ons herdenk dat U die brood geneem en gedank het “Neem eet, dit is my

liggaam” daarna die beker “drink almal daaruit want dit is my bloed, die

bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot

vergewing van sondes”

En wat my betref, sal ek weer voor U staan. As ek wakker word, sal ek my

verbly in U teenwoordigheid. (Psalm 17: 15)