maart/march 2019 volume 1 jaar/year 39 when in … · god lankal vir ons gedra. ons moet nooit op...

16
MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 HANDEL REG Ons het verjaar ! 12/01/2019! Spelling is not one of the easi- est tasks in the world. For some high school learners, it’s as easy as falling on your face (or, as the famous Afrikaans saying goes, “So maklik soos val uit die boom”). For the ma- jority of learners, it’s not that easy. Josef Joubert is one of those who doesn’t stutter when he is asked to spell words like “Abrakadabra”, “Aluminium- vensterrame” or the winning word of the 2018 WOW national spelling competition: “Verdelingskoëffisiënt”. Josef is not only dedicated to academic success, but he is also a strong-minded person. Enough is never good enough for him. When confronted with hateful or jealous attitudes of others, he keeps his head high and his eyes focused on the more important things in life – things like “Op die Spel”, a television programme that he recently entered. The programme invites school children to enter the spelling competition and they are chal- lenged to spell all kinds of words. Josef says he entered the competition because he wanted to try something new and he thought that nothing would come of it. He went onto the website of “Op die Spel”, answered the online questions and, a few weeks later, received a call with more questions. His father received a call in- forming him that Josef had successfully qualified to ap- pear on the programme. The first recording of the pro- gramme was on the 20 th of February. Josef came second. Continued on page 3 WHEN IN DOUBT … SPELL IT OUT! Mia Olivier Foto: Reviewonline

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39

HANDEL REG

Ons het verjaar ! 12/01/2019!

Spelling is not one of the easi-est tasks in the world. For some high school learners, it’s as easy as falling on your face (or, as the famous Afrikaans saying goes, “So maklik soos val uit die boom”). For the ma-jority of learners, it’s not that easy. Josef Joubert is one of those who doesn’t stutter when he is asked to spell words like “Abrakadabra”, “Aluminium-vensterrame” or the winning word of the 2018 WOW national spelling competition: “Verdelingskoëffisiënt”. Josef is not only dedicated to academic success, but he is also a strong-minded person. Enough is never good enough

for him. When confronted with hateful or jealous attitudes of others, he keeps his head high and his eyes focused on the more important things in life – things like “Op die Spel”, a television programme that he recently entered. The programme invites school children to enter the spelling competition and they are chal-lenged to spell all kinds of words. Josef says he entered the competition because he wanted to try something new and he thought that nothing would come of it. He went onto the website of “Op die Spel”, answered the online questions and, a few

weeks later, received a call with more questions. His father received a call in-forming him that Josef had successfully qualified to ap-pear on the programme. The first recording of the pro-gramme was on the 20th of February. Josef came second.

Continued on page 3

WHEN IN DOUBT … SPELL IT OUT! Mia Olivier

Foto: Reviewonline

Page 2: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

2 Maart 2019 Redaksioneel/Editorial

Redakteur René Buitendag

Bemarking René Buitendag Pietie Vogel

Fotograaf Altus van der Merwe

Joernaliste Mariam Cassim Kaylen Deysel Denja Pretorius Mmotegi Mothiba Elmerie Fourie Josef Joubert

Salomina Joubert Marinel Muller Mia Olivier Altus van der Merwe Anina van der Wateren Pietie Vogel

Redigering en Proeflees Karin Steyn

Proeflesers Rienie Dekker Joekie Lessing

Bemarking Michelle Buitendag

Redaksiespan

So kom die eerste kwartaal tot ‘n vinnige einde. Dit was ‘n baie opwindende kwartaal met Notties wat Potties geword het, Interhoër 2019 wat plaasgevind het, Coach Bradley wat pa geword het en Meneer Oosthuizen wat die groot vraag gevra het. Good luck to all the teams that are going on tour this holi-day. Enjoy yourselves and be safe. Take a breather and come back more ready than ever for the second term. Ma-trics, prepare yourself for a short term before exams start earlier this year. Pas julle self op die vakansie en rus goed uit want die tweede kwartaal gaan nog vinniger en besiger wees. René

... AND SHE SAID YES!!!

Heerlike restaurantaand!

ALLES OP ’N DRAFSTAP …

FATHER OF THE YEAR!

Page 3: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

SOULFOOD

SIELSKOS

Geestelik/Spiritual March 2019 3

What if I were smarter? What if I were prettier? What if I were skinnier? What if I were richer? Think about it. Do “What if’s” really help us? Why focus on what could have been when you could focus on what is? We are so jealous of others that we don’t see what we already have. Imagine what type of world it could be if none of us were jealous. Start realizing how lucky you are to be here, to be alive. See it in the small things—like how you’re able to witness a flower blossoming. Realize how unique you are. There is no one else out there like you. Start loving yourself for all your quirks and imperfections. We need to focus on the present because this is where our future lies. Live your life in faith. With God in your life, you will never want more than what you already have. Philippians 4:12-13: I know what it is to be in need, and I know what it is to have plenty. I have learned the secret of being content in any and every situation, whether well fed or hungry, whether living in plenty or in want. I can do all this through Him who gives me strength.

God se liefde is oneindig vir dié wat na Hom luister. Elke dag, wanneer ons onseker is oor alles wat om ons in hierdie chaotiese wêreld aangaan, is daar een ding waarvan ons altyd seker kan wees: God se liefde. Omdat Hy vir ons lief is, sal Hy vir ons sorg. God gee vir ons nuwe hoop en krag om voluit te kan lewe. Wanneer dinge te veel raak, onthou: Dit wat ons nie meer krag voor het om te dra nie, het God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die op-lossing vir elke probleem en sal dit moeite-loos oplos. Al wat ons moet doen is om dit vir Hom te gee en Hom te vertrou; Hy het ons geskep en weet alles van ons lewe, al voor ons gebore is. Daarom kan ons rustig wees, want God is in beheer. Moet nooit die krag van gebed onderskat nie.

Salomina Joubert

Denja Pretorius

WHEN IN DOUBT … Continued from page 1

Josef believes in participating in as many activities as possible. He does public speaking, drama, tennis and is a journalist for the school paper, Pottiekaner. He writes stories and poems. When slammed down with responsibili-ties, Josef’s eyes look up and he asks God to guide him. His faith plays an enormous role in his success. After having had the wonderful opportunity to work with and in-terview Josef Joubert, Pot-tiekaner knows him to be funny, kind, caring and strong person. If ever you get the opportunity, sit down and get to know him. You won’t regret it. He’s truly a re-markable ambassador for our school.

DIE BIDDENDE HANDE (Helen Steiner Rice)

Die Hande in gebed gevou, is meer as kuns — veel meer Dit is n sieleskepping; ’n offer tot die Heer. ’n Meesterskeppingswerk is dit, van Liefde on-beperk; Simbool van onbaatsugtigheid — dog onbekroonde werk. Die hande ru deur werk verweerd, is ’n toon-beeld van die man Wat in sy plig, sy roeping, beantwoord aan God’s plan. En in die Godsplan is so veel wat ons nie kan verstaan; Ons moet maar in Sy Raad vertrou en op Sy leiding gaan. Ons tyd van drome en plesier, dit vra Hy soms vir Hóm; Sukses en voorspoed moet ons laat, wanneer die roepstem kom.

Page 4: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

4 Maart 2019 Nuus/News

PROSPERITA 2019 Mariam Cassim

NOTTIE TOT POTTIE Altus van der Merwe

It was a night filled with unity and excitement as the Grade 12's of 2019 were officially welcomed. Parents filled the pavilions and teachers gathered around. Each matriculant had the opportunity to write their name on a white pebble. Mr. Grové and Mrs. Niemand did an excellent job in organising this event to pass on information to learners as well as their parents about what 2019 has in store for the group that is aiming for a 100% pass rate. Kaylen Deysel (Head Girl) and Justin Nel (Head boy) read out our aims and pledges for the up-coming successful year. On that 17th of January 2019, the matrics pledged to do their best and dedicate at least three hours a day towards their studies. The matriculants of 2019 are grateful for an evening like this. It shows them that the school sup-ports them in their academic venture to pass with the best marks possible.

‘n Totaal van 190 leerlinge het as Not-ties by die skool aangekom op 9 Janu-arie 2019. Die graad 8’s is die eerste dag ontmoet deur ‘n pas-sievolle groep leer-lingraadslede wat ’n plan van aksie gehad het om die Notties in ware Potties te om-skep. ‘n Besige 2019 het vir die nuwe graad 8-leerlinge afgeskop met groentjiekonsert-oefening en “uni-brows”! Die eerste naweek van die kwartaal het hulle ‘n kamp op die A-rugbyveld gehad. Die doel was om ’n goeie verhouding tussen die Notties en die leer-lingraad te skep sodat hulle deel word van

die Bloumasjien. Met die eerste sokkie van die jaar moes die Notties hul droom-man of -vrou vir ’n draai op die dansvloer neem. Die Notties het vinnig geleer hoe om ‘n hoof te groet en hoe om hul skoolklere aan te pas vir die drag van ‘n Nottie. Hulle moes gou leer hoe om hulself so plat as moontlik op die vloer te laat val wanneer hulle die woord “BOM” gehoor het. Na vier weke se harde oefen het hulle in die groentjiekonsert opgetree en hulself soos ware sirkusnarre vertoon. Die konsert is hierdie jaar deur die leerlingraad geskryf en hulle het self al die

afrigting gedoen, wat gelei het tot ‘n sna-akse en unieke kon-sert. Na die tweede aand se optrede was daar ‘n seremonie waar die Notties aan-vaar is as Potties en die skool se eed moes aanvaar en hul het die skool se kreet uit volle bors geskree. Die volgende oggend was dit die finale stap om ‘n ware POTTIE te word. Die lui van die klok word aan die begin van die graad-8’s se skoolloopbaan gedoen en dan weer aan die einde van hul matriekjaar wanneer hulle uitgestuur word in die wêreld met blou bloed in hul are.

Page 5: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

Nuus/News March 2019 5

Altus van der Merwe

NUWE ONNIES

Pottiekaner het met twee van ons nuwe onnies wat hierdie jaar by Hoër-skool Piet Potgieter begin skoolhou het gaan gesels.

Juffrou Tamaryn du Plessis is iemand wat baie lief is vir haar werk. Sy is baie talentvol en kan sing, klavier en baskitaar speel. Sy verkies ’n boek bo ’n film omdat sy dan self kan bepaal hoe die karakters en wêreld in die storie moet lyk. Op skool het juffrou Tamaryn netbal en hokkie gespeel, en op universiteit het sy sokker en bas-ketbal vir die koshuis gespeel. Sy glo daaraan dat deelname baie belangrik is. Sy glo dat jy dit moet doen vir die span, die skool en veral vir die pret. Sy het ook deelgeneem aan haar skool se revue, koor en redenaars. Haar motto wat sy aanbeveel vir leerders is: “Maak elke keuses asof dit die res van jou lewe kan verander.” Juffrou Tamaryn leef haar lewe volgens die volgende motto: “Be the change you want to see in the world.” Sy glo dat die volgende karakterseien-skappe belangrik is in elke persoon: vriendelikheid, liefdevolheid, omgee, integriteit en geduld. Sy beskryf haarself as ’n “hopeless romantic” en glo dat sy verdraagsaamheid in die skool kan in-bring.

Juffrou Selma Joubert is ’n vrou van vele talente. Sy kan kitaar speel, drie balle “juggle” en ’n bal op haar vinger spin. Sy beveel aan dat haar kinders en leerders die motto “Stop en dink aan wat kan gebeur” moet onthou voor hul dinge doen. Haar eie lewensmotto is “Live a little!” Op skool het sy tennis, skyfskiet, netbal en spiesgooi beoefen. Sy glo dat deelname baie belangrik is, want dit lei tot selfaktualisering. In teenstelling met Juffrou Tamaryn, verskies Juffrou Selma ’n film bo ’n boek. Op skool het sy aan re-vue, koor en redenaars deelgeneem. Juffrou Selma glo dat sy ’n passievolle denkwyse by die leerders kan aanleer.

Pottiekaner wil beide Juffrou Tamaryn en Juffrou Selma hier by Hoërskool Piet Potgieter welkom heet. Julle het reeds ’n groot verskil gemaak by ons en ons hoop julle gaan dit geniet om deel van die Bloumasjien te wees.

PRET EN PLESIER BY POTIFAR Anina van der Wateren

Die ATKV-groep, bekend as Potifar, nooi alle Pottie leer-ders om deel te wees in die pret. Hulle doen projekte reg deur die jaar. 2019 gaan beslis ’n groot jaar wees vir Potifar-lede en hulle beplan om klomp nuwe dinge aan te pak. Hulle het op 14 Februarie die personeel en leerders bederf met ’n soethappie om hulle ’n

bloedrooi Valentynsdag 2019 toe te wens. Die Potifar-lede wil graag hierdie jaar die Kieriekoshuis (outehuis) besoek met ’n ges-kenkie vir elkeen wat hul no-dige behoeftes insluit. Hulle beplan ook om ’n ver-skil te maak by die DBV. Sluit gerus by hulle aan en help om ’n verskil te maak.

Page 6: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

6 Maart 2019 Vermaak/Entertainment

Jakaranda FluisteringeJakaranda FluisteringeJakaranda FluisteringeJakaranda Fluisteringe

DOWN PIET POT LANE ...

Terwyl Akademie en Interhoër in ons gedagtes rond sluip, het die maand van liefde ons stilletjies bekruip – En wie begin die nuwe jaar met romanse en liefde?

Pietie en Anina is met rooi hartjies aan mekaar vasgebind, terwyl Lachelle en Jandré vir ons wys hoe liefde lyk as jy die regte een kan vind.

Wie maak ’n lyngrafiek wat deur jou hart loop? Het Michael (Klein Gallie) dalk iemand in die oog? Kyk net vir JC en Justin se liefdes – ver hier vandaan… Kupido se pyle skiet soms ver van sy boog.

Zander en Wiehan is eers besig in die gym Want rugby is vir hulle prioriteit # 1! Megan en Janus! Hoe lank gaan dit nog hou? Niemand kan voorspel of antwoorde verleen.

Liefdesbriefies heen en weer is Oo so mooi! Maar wie’s die nuwe kêrel en wie is die nooi?

René en Dian; ja, né! Wie sou dit kon raai???? En dan is daar Jeanri en Marcel … WHAT!!! Gaan ons dalk ’n ‘Nottie-tot-Pottie’ liefde hê? Graad 8’s ons wag…

Carla, Marisa, Franco, Henriko, Of is dit dalk jou tweelingbroer?

Hello Pottie-heartthrobs! 2019 has begun with a bang Because NEW LOVE officially sprang.

While the Grade 8’s still seem to be adjusting Let's not leave out Megan and Louis who are still madly in love; And Junior and his “meisie” – don’t we just love secrets – When it’s official, we’ll have something to speak of!

As for our matrics, it’s going to be a romantic year: Cupid’s been very busy and there’s a lot to be told. William and Mac we hope will blossom pretty soon Because Lebo and Fedile are now getting old.

Katlego is smitten and has her eyes on a special prize; Toufique and Deaundrè are my personal new rave! While Mariam has a certain “Mr” tagged on insta. I can’t say enough about Marvin and Billy, our all time fav!

Term 1 has ended, but fear not! We have a whole year For something new to brew! xoxo

Page 7: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

VALENTYNSDANS

Pietie Vogel

Nuus/News March 2019 7

Liefde was in die lug op 14 Februarie met Piet Pot se jaarlikse Valentynsdagvieringe. Die skool se leerders kon vir die dag gewone klere aantrek, mits hulle R5 betaal het. Daar is ’n tema vir elke graad gegee waarvolgens hulle vriendelik versoek is om aan te trek. Hierdie tema’s is deur die Graad 11’s verskaf, wat ook die Valentynsdans gereël het. Die leerders wat die Valentynsdans bygewoon het, het beslis waarde vir hulle geld gekry. Met goeie musiek, goeie kos en goeie vriende was dit ’n resep vir ’n goeie aand. Die fotohoekie was verniet, en meeste van die foto’s is op die skool se Facebook-profiel gelaai. Hierdie jaar se verrigtinge het gesorg vir die beste gees en “vibe” in jare. Die Graad 11’s het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Hulle het ’n vars perspektief en kwaliteit idees na die organi-sering van die dag gebring.

Pietie Vogel

top skool se trots en top pri-oriteit te wees. Met ongelooflik baie moeite wat elke jaar met die toekennings en opmaak van die saal gedoen word, is hierdie 'n aand wat nie mis-geloop kan word nie. Met innoverende toekenning gebaseer op akademiese prestasie, is dit een van die mees eksklusiewe geleent-hede op die skoolkalender. Hierdie jaar was daar ’n insluiting van 'n nuwe toeken-ning. Die Stimulus Maksima-prys word aan die Graad 8- en 9-

leerders gegee wat die beste presteer het tydens die skool-jaar in die Reading Rocket- leesprogram. Die program was ’n nuwe instelling van 2018. Pryse soos die bogenoemde is goeie motivering en be-loning vir harde werk wat deur die jaar gedoen is. Pottiekaner sien uit om oor volgende jaar se wenners te berig. Die onderskeie graadwenners is ook tydens die verrigtinge aangewys. Ruben Glover, Pietie Vogel, Christopher Isaac en René Buitendag is as

die beste in hulle onderskeie grade aangewys. Pottiekaner hoop dat die hoe-veelheid leerders by die Astra-aand in 2020 sal toeneem en wens alle leerders sterkte toe met die res van die akade-miese jaar.

Foto: HPP Facebook

Dit is weer amper sulke tyd met die Bosveld Kunstefees. Die opgewondenheid hang sommer al klaar in die lug. Daar is 'n groot aantal Piet Potgieter-leerders wat aan die Bosveld Kun-stefees deelneem. Die Bosveld Kunstefees behels monoloë, samesprake, poësie, en vele meer. Pottiekaner wil julle graag aanbeveel om deel te neem aan hierdie spoggeleentheid. As jy ’n probleem het om voor mense te praat, gaan jy dit som-mer gou-gou oplos met hierdie fees! Ons sien graag uit na wat die volgende kinders gaan oplewer: Anina van der Wa-teren, Erna Kruger, René Buitendag, Marnus Vosser, Josef Joubert, Charlize Collins en Fralize van der Hoven. Kom wees deel hiervan! Dis vet pret!

GEES HANG IN DIE LUG Josef Joubert

Hoërskool Piet Potgieter se jaarlikse praggeleentheid, naamlik die Astra Academia Aand van 2019 het as 'n reuse sukses afgespeel. Hierdie geleentheid is ingestel ter viering van die leerders van Piet Pot se akademiese presta-sie. Akademie behoort enige

STERRE SKITTER BY ASTRA!

Page 8: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

8 Maart 2019 Opinie/Opinion

“Ikigai” I read a story once about a girl who had been in a terrible car accident. She was in a coma and on the verge of death. She suddenly had a feeling that she was taken up to heaven and stood before the Judgement Seat. “Who are you?” a voice asked her. “I’m the daughter of the mayor.” she replied. “I did not ask whose daughter you are, but who you are.” “I’m the sister of two little boys.” “I did not ask whose sister you are, but who you are.” “I’m a hockey player at Ridge-wood.” she tried again. “I didn’t ask what sport you play, but who you are.” So it continued. No matter what she replied, she did not seem to give a satisfactory an-swer to the question.

She failed the examination and was sent back to earth. When she recovered from her injuries, she was so deter-mined to find out who she was. That, my friend, made all the difference! There’s a Japanese concept,

“Ikigai” (pronounced: ee-ki-guy) which connects perfectly with this story. “Ikigai” roughly translates to a reason for be-ing or a sense of purpose.

This got me thinking...Who am I? What defines me? What drives me? What do I believe? What is my purpose? What should my goal be in life? How can I be happy? What is my “Ikigai”? Well, there’s no easy answer that you can quickly search on Google. You have to take the time and get to know yourself. Happiness is a choice only you can make. Choose to love truly and for-give quickly. Be passionate. Know your values and build your character around them. Stand for something because if you don’t, you will fall for everything and that’s not the purpose God intended for you.

Kaylen Deysel

At the “Go and Glo” evening of 28 February, Mr. Johnny Louw, a spiritual leader in Mokopane, inspired the learners. He told them that they are oriëntated by the Holy Spirit. Mr. Louw has a dream for Piet Pot. The school will not sink. Piet Pot will always go forward and upwards! “We need to change the world we live in. To be a child of God, you need to stand out.”

Mr. Louw told the learners that they need to fight against this unheavenly earth with God’s Spirit. “We are filled with God’s Spirit, goodness and kindness. We must not fight fire with fire!” Mr. Louw told the learners that the most important thing to do is to kneel; you should fight your battles on your knees and pray from there, too. Mr. Louw explained how im-perfect we all are, but there is

power in the Lord’s name. He described us as angels. He asked us to take out of our hearts everything that is bad. We must let our Father cleanse it with His Words. “There is no plan without God, otherwise it will fail.” Mr. Louw said that we need to pray for our school and that we need to love each other. Don’t miss the next “Go and Glo” evening on 4 April. It’s really worth attending.

THE SCHOOL TURNS TO JESUS Josef Joubert

MEANDERING THOUGHTS

Page 9: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

BOEKRESENSIE

Vermaak/Entertainment March 2019 9

Ark: Survival Evolved is “Studio Wildcard’s” ambitious “Open World Survival Crafting” game. It is a breath of fresh air in a stale genre. After nearly two years, the game made tremendous leaps towards a full release in 2017. The premise of the game is a simple one. You wake up on a dinosaur infested island with no memory of your prior life and an implant in your arm. Your objective is to survive, and thrive. From here on out, you can follow your own path, with no obvious plot, or test your skills against up to 100 other players in multiplayer servers. What the game offers you is eventual freedom. The good qualities of Ark: Survival

Evolved include a

M i n e c r a f t -esque building, a huge variety of

dinosaurs to tame, an extensive open world, and the ability to live out childhood fantasies of riding dinosaurs around an abandoned island. You can also experience all of the above with friends. Ark: Survival Evolved entered production in 2014, the same year that Studio Wildcard was founded, which explains some of the game’s many shortcom-ings. An abundance of glitches, cheating, infrequent updates

and poor developer support highlights what is keeping Ark: Survival Evolved from being a truly outstanding game. Some problems still need to be addressed. These prob-lems break your immersion and detracts from an other-wise excellent game. Some of the gameplay mechanics also become too repetitive as you progress to the later stages of your play-through. With another expansion on the rise, here’s hoping that it will address longstanding issues and help this 7/10 game reach it’s full potential.

GAME REVIEW Pietie Vogel

Perks of Being a Wall Flower is geskryf deur Stephen Chbosky. Die boek is gepas vir tieners 14 jaar en ouer. Charlie is ’n 15-jarige genie, wat sy eerste jaar van hoërskool begin. Hierdie roman word in briewe aan ’n anonieme persoon geskryf, wat sy ervarings verduidelik wanneer hulle plaasvind. In hierde briewe leer ons sy familie en vriende ken.

Hy begin sy briewe deur te praat oor sy vriend Michael wat selfmoord ge-pleeg het. Charlie is besig om te leer hoe om aan die lewe ‘deel te neem’. Hy bevriend ’n groep interessante ouer kinders. Hulle is nie eintlik gewild nie, maar hulle help hom met sy sosiale lewe en toon respek vir sy sensiti-witeit. In hierdie storie leer Charlie baie oor homself en oor liefde, vervreemding, depressie en geestelike onstabiliteit. Uiteindelik word hy vertel dat hy nie net kan sit en almal se lewe bo sy eie plaas en dink dat dit as liefde tel nie. Hy leer oor ’n tydperk van ’n jaar om self in die oomblik te lewe. Ek persoonlik gee hierdie boek ’n 6/10, reeds omdat dit ’n positiewe boodskap oordra en tieners leer dat die lewe meer is as net die gewone.

Ruchalein Fourie

Page 10: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

PIETIE PRAAT PRONTUIT

DIT WAS RIDDERLIK! Elmerie Fourie

10 Maart 2019 Nuus/News

Ons skoolhoof, Mnr. Steele, het in 2018 ’n nuwe atle-tiektradisie begin. Hierdie tradisie is ’n lekker lusmakertjie vir die jaar se atletiek wat voorlê en om die opgewondenheid in ons te laat borrel. Al die druppels sweet, elke sonstraal en elke seer spier is die moeite werd om die dag suksesvol te maak. Die gees loop hoog in die Bosveld as dit by ons skool kom. So het ons drie spanne: Atheners, Trojane en Spar-tane wat teen mekaar gekompiteer. Die Spartane het weereens (soos verlede jaar) die atletiek gewen en die Trojane die sangbeker. Die Ridderatletiek het ’n oorweldigende positiewe reaksie van die gemeenskap gekry en is besig om ’n goeie naam te bou. Hou die kamera gereed, of jy gaan dit mis, want ons gaan vir julle wys wat ons kan doen. Potties julle is wenners!

Fotos: HPP Facebook

Met die aanbreek van 2019 was tyd ’n waardevolle kom-moditeit. Ons almal het ons eie aktiwiteite waarmee ons besig was. Die vraag wat ek aan julle wil stel: is akademie steeds Piet Pot se top prioriteit? Hoërskool Piet Potgieter was nog altyd ’n uitblinkskool op akademiese, sport- en kultuur-vlak. Ek is van die mening dat ons ons fokus verloor het oor waarom ons in die skool is – akademie, en selfs ons toe-koms.

Met ’n hewige tekort aan werk in ons land, is kwalifikasies nou meer belangrik as ooit. Daar is onder ons uitblinkers in sport en kultuur, wat Piet Pot se trots is. Tog is dit in die moderne wêreld van kardinale belang dat ons op akademiese vlak ook goed presteer. Met Interhoër wat verby is en die wintersport wat eersdaags begin, moet ons opnuut kyk na ons prioriteite. Dit help nie dat jy droom om ’n Springbok-rugbyspeler te word as jy Gr. 9

vir die tweede keer herhaal nie. Ons moet met ’n nuwe passie die boeke aanpak en begin om ons akademiese prestasies krities te evalueer. Ons moet toppresteerders na nuwe hoogtes druk, en die leerders met swakker presta-sies motiveer om nie op te gee nie. Ons punte moet die A in Akademie terugsit.

Pietie Vogel

Page 11: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

SPLISH-SPLASH! PAINT/LOCKDOWN! Mariam Cassim

Nuus/News March 2019 11

This year's learner council showed us how big of a deal lockdown 2019 is! With Interhigh around the corner we knew that our annual lockdown was at its peak, but with a certain twist of course. Our principal, Mr. Jimmy Steele, had three different riddles to solve each day. With the clock tick-ing, he failed to complete this task on day three. It was then officially announced and lockdown 2019 was held on 20 February. It was a total blast for the learners who went to the hockey field. They played with water balloons, paint and had fun on a DIY slide. For the Grade 8’s, new memories were made at their first lockdown. For the Grade 12 learners, it has been a memorable last lockdown!

Fotos: HPP Facebook

Daar was ’n komiese en inter-essante atmosfeer in die lug toe Pottiekaner met Mnr. Mar-tiens Joubert gaan gesels het. Mnr. Joubert het my gerus-gestel toe hy genoem het dat hy eintlik baie vriendelik is. Hy hou baie van mense en kinders, maar somtyds wan-neer die kinders hom teen die mure opdryf, raak hy krapperig. Mnr. Joubert het ’n baie besige lewe wat wissel tussen kinders- grootmaak, die dame in sy lewe gelukkig te maak (Juffrou Selma Joubert) en om Adminis-trateur van Hoërskool Piet Pot-gieter te wees. Hy is die Dis-siplinêre Hoof, Bemarker en Koshuis– en Terreinbestuurder. Hy is ook aktief betrokke as Juba, wat in die vermaaklik-

heidsbedryf sy volle aandag geniet. Juba bly sy groot liefde want musiek vloei deur sy are. Mnr. Joubert vertel hoe verskriklik opge-wonde hy is om by Hoërskool Piet Pot-gieter betrokke te wees. Hy is in Pretoria ge-bore en het vir die afgelope 15 jaar in en om Nylstroom ge-woon. Dit was vir hom ’n groot aanpassing om na Mokopane te verhuis. Hy het twee seuns in die laer-skool en sy dogter, Elné, is hier in die hoërskool. Mnr. Joubert glo vas dat hy en sy gesin hulle voete hier sal

vind en lekker by die gemeen-skap sal inskakel. Pottiekaner is opgewonde oor die nuwe gesin in ons dorp. Ek is oortuig dat hulle nog baie vreugde met hul vrolikheid en musikaliteit hier gaan ervaar.

BESTUUR OP ’N MUSIKALE NOOT Josef Joubert

Page 12: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

12 Maart 2019 Sport

Hallo Pottiekaners! Met harte vol hoop en ’n nie so ’n stille versekerheid nie, het Hoërskool Piet Pot-gieter na die Bosveld Interhoër vertrek om ons titel as oorwinnaars te verdedig. Tog het die dag ’n totale ander wending geneem. “Hoe kan dit wees?” is ’n vraag wat ek heelwat na die afloop van Interhoër 2019 gehoor het. Om van verdedigende kampioene na vierde te sak, is ’n reuse teleurstelling — nie net vir ons skool nie, maar vir ons hele gemeenskap. Mnr. Jimmy Steele het tydens verskeie openinge verklaar dat as die sangspan van ’n skool wen, dit goed gaan met die skool. Hoërskool Piet Potgieter se sangspan was tweede. My vraag aan jou is: Was 2019 een van die jare met die minste gees? Ons kyk na die jaarlikse “Lockdown”. Was dit ’n byeenkoms sonder gees? Hoe hou mens ’n geesvang sonder gees? Die skoolgronde het oor die jare altyd lewendig gevoel en almal was altyd opgewonde oor iets, maar met die aanbreek van 2019, is dit anders. Vir my het dit gevoel asof die skool van alle op-gewondenheid en gees beroof is. Dit blyk dat daar ’n soort wolk oor die skool hang: ’n wolk van negatiwiteit. Dit sal beslis elke skoolaktiwiteit aantas. Die Bloumasjien is effens geroes. Die hoofspreker by die Astra Akademia Aand se tema was, “You were made to stand out”. Hoe kan ons uitstaan as almal negatief is? In elke skool word leerders gedwing om dieselfde te lyk. Reëls is in plek om te verseker dat almal met ’n netjiese voorkoms kan spog. Baie sal redeneer dat jou haarlengte geen invloed op jou akademiese en sportvermoëns het nie. Ander meen dat die leerders van hul kreatiwiteit en vermoë van uitdrukking beroof word. Hoe kan ons dan uit-staan? Ons kan uitstaan deur verkwikkend anders te wees as ons minder op die negatiewe gefokus is. Die wenners van die Bosveld Interhoër 2019, Hoërskool Ellisras, het gestreef na oorwinning. Hulle het die hele skool agter hulle saak gekry. Hulle het die volle ondersteuning van die leerders en ouers gehad, wat wondere kan verrig. Hulle het die leerders genoeg ruimte gegee om hulself uit te druk en behoorlik gees te vang. Hulle was positief. Dalk is dit tyd dat ons weer aandag gee aan ons eenheid as skool. Hoërskool Piet Potgieter moet begin saamwerk. Ons moet die leerders en hulle ouers se totale ondersteuning werf. Ons het ’n gemeenskap nodig wat in die Bloumasjien glo. Ons moet terugkeer na ons waardes en tradisies van ’n wenskool. Ons moet meer spasie toelaat vir individuele kreatiwiteit en uitdrukking deur positief te wees teenoor ’n ander se perspektief en

idees. Ons het die Interhoër verloor, maar tog lui die bekende spreekwoord: “Elke wolk het ’n silwer randjie.” As ons nou saamstaan met ’n positiewe hou-ding, kan ons ’n win-tersport-sege uit die kake van die Interhoërnederlaag ruk. Komaan, Piet Pot! Ons moet almal ons deel doen om die Bloumasjien weer op dreef te kry. Handel Reg! Spookgroete!

Boe! Pottie Spook

Photo: HPP Facebook

Page 13: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

Sport March 2019 13

SEUNS GOUD SILWER BRONS

0/14 Henro Collins -200m

Karabo Bopape – 800 m

Bokang Mphakela – 1500m

0/15 Michael de Beer- 100m & 300m hekkies

Victory Baloyi- 100m

Michael de Beer- 400m

0/16 Eric Strydom – 400m hekkies

Tsakane Masingi - 3500m

0/17 Pieter Venter – 200m Louis Olifant – 100m

Dicks Sethegi – 1500m & 3000m

0/19 William Mohlaloga –

100m & 400m hekkies William Mohlaloga-

110m hekkies Marvin Mathaba-

800m

Mogaka Masemene – 200m

Josua Nyawene -1500m

Johan Neethling-3000m

Karabo Maripa-800m

Josua Nyawene -3000m

DOGTERS GOUD SILWER BRONS

0/14 Kedibone Manyama-100m & 200m

Carla Greyling-90m hekkies

0/15 Miané Muller-400m Miané Muller-300m hekkies

0/16 Marlie Hattingh-100m hekkies

Bernice Laboff-1500m

0/17 Lachelle de Beer-100m & 100m hekkies

Lachelle de Beer- 400m hekkies

0/19 Hestrie Botha -800m & 1500m

Jeany Matshaba-400m & 800m

Hierdie seuns en dogters het goud, silwer of brons ontvang vir hul deelname in die 56ste Bos-

veld interhoër wat op 23 Februarie in Warmbad plaasgevind het. Mnr. Ruan Potgieter sê weer-

eens dankie aan elke atleet wat hul beste gegee het.

INTER SE BOBAAS BAANBREKERS! Altus van der Merwe

Page 14: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

14 Maart 2019 Sport

POTTIES SWEM DAT DIE WATER SPAT Pietie Vogel

Van Piet Pot se beste swemmers het vroeg in Feb-ruarie by die Polokwane Munisipale Swembad hulle kragte teen van die bestes in die provinsie gemeet. Met swemmers van Ben Vorster, Merensky, PHS, Stanford Lake College en meer van die topskole in Limpopo, het die gala gesorg vir groot opwinding. Die Limpopo Skole Kampioenskappe dien ook as ’n uitdunrondte vir die Suid-Afrikaanse Skole Kam-pioenskappe, waar die verkose verteenwoordigers van Limpopo teen die ander 9 provinsies kragte meet. Puik resultate is deur die Piet Pot-swemmers behaal. Swemmers soos Ruben Glover, Johann Neethling, Franco Botha en Immere Botha en meer het die Piet Pot-naam hoog gehou met fantastiese prestasies. Die swemmers wat aan die bogenoemde gala deel-geneem het, gaan ook die kern van die Hoërskool Piet Potgieter Interhoër Swemspan vorm. Met prag-tye, en hope goue medaljes, lyk dit na ’n goeie jaar vir swem by Hoërskool Piet Potgieter. Pottiekaner sien uit na verdere prestasies van ons swemmers deur die jaar.

Foto: HPP Facebook

Page 15: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

Sport March 2019 15

Why should you donate blood? It’s simple! Every time that you donate blood, some-one’s life is saved. Every time that you donate blood, you feel good about yourself. A lot of high school learners are scared of needles. Making a difference and saving a life should help you to overcome that fear. Every year, Mrs Wilma van Rooyen, the teacher who is responsible for the First Aid at our school, goes to great lengths to help the learners who need medical assistance. She also ensures that there is a first aid team at our school, with learners who attend

courses. Members of the first aid team are taught exactly what to do to help someone who is injured or whose life is in danger. She also organizes the blood donation days that are held at school. Consider this: one day you might need the first aid team to come to you to help you out with an injury. You’ll appreci-ate their assistance. Shouldn’t you then pay it for-ward by donating blood and helping someone who desper-ately needs blood? Life is short. We don’t get many opportunities to make a difference and save a life. Let

2019 be the year where you step forward to be the hero. Come on. Donate some blood! You can do it! To find out more about the next blood donation drive or join the first aid team, speak to Mrs van Rooyen.

HAVE NO FEAR FOR FIRST AID

Foto: HPP Facebook

Salomina Joubert

The cheerleaders of Hoër-skool Piet Potgieter put all their hard work and sweat into weeks and long hours of prac-tice for the Bosveld Athletics Interhigh that took place in Warmbaths. On Thursday, 21 February 2019, the theme was revealed at the annual Big Brag. This year we were Egyptians and the banner read: ‘POTTIES. WAAR ALLES BEGIN.’ On that day of the Big Brag, the hearts of the cheerleaders were pounding as they got dressed. “I wasn’t nervous be-fore, but as soon as we started preparing ourselves before the dance, I felt like I couldn’t breathe,” said Siphiwe Tjale.

Each moment be-came harder for them as the time for show-casing what they had worked so hard for had arrived. Before dancing, the cheer-leaders saw Mr. Hansen, our former principal. It was a spe-cial moment to see him sup-port the school. Interhigh came in the blink of an eye for the cheerleaders. When it was our school’s turn to dance on that wonderful day, there was exhilaration in the air. The dance and the battle cry left the audience flabbergasted. It was almost as if they were flushed with fear. For the first time in history, the

seven schools sang a com-mon song. Cheerleaders joined forces and made a massive wave. Once again, Piet Pot left not only their footprints in the grass, goosebumps on the Piet Pot community, but also a lasting impression of better things to come. The cheerleaders are grateful for this wonderful experience and would like to thank every-one who contributed to making the day a huge success.

Mmotegi Mothiba

Photo: HPP Facebook

Page 16: MAART/MARCH 2019 VOLUME 1 JAAR/YEAR 39 WHEN IN … · God lankal vir ons gedra. Ons moet nooit op ons eie krag probeer steun nie. God se krag maak onmoontlike deure oop. Hy het die

INTERHOËR: ONS WAS AMAZING!!!

Fotos: HPP Facebook