hoe om krag te spaar

25
www.eskom.co.za Powering your world = + # ÷ Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede H o e o m k r a g t e s p a a r J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 1 2018/05/31 1:09 PM

Upload: others

Post on 30-Nov-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaarGrondslagfase (Graad 3)

OpvoedersgidsHuistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

www.eskom.co.za

Powering your world

=

+

#

÷

Grondslagfase (Graad 3)Opvoedersgids

Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Hoe om krag te spaar

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 1 2018/05/31 1:09 PM

Page 2: Hoe om krag te spaar

12018

Hoe om krag te spaar

Elektrisiteit word gemaak van materiale soos steenkool, water, diesel en uraan, wat

beperkte hulpbronne is. ’n Materiale opsie as om nuwe kragstasies te bou om die groei

in die vraag na elektrisiteit te voorsien, is om wat ons het, doeltreffender te gebruik

(d.w.s. sonder om te mors). Een van die maniere om dit te doen, is om die manier waarop

ons elektrisiteit gebruik, te verander. Eskom se Geïntegreerde Aanvraagbeheer (GAB)

kragopvoedingsprogram motiveer mense om die manier waarop hulle elektrisiteit gebruik,

te verander. Eskom het ‘n veldtog om mense te leer om krag anders te gebruik. As deel

hiervan het Eskom besluit om energiedoeltreffendheid in die skoolleerplan in te sluit.

Die kragopvoedingsprogram word in die Intermediêre Fase ingesluit sodat leerders

kragbesparing as ’n belangrike deel van hulle lewe kan sien en dit toepas wanneer hulle

grootword. Die aktiwiteite is eenvoudig en kan deur die opvoeder aangepas word. Die

aktiwiteite is binne die konteks van die Kurrikulum en Assesserings-beleidsverklaring

(KABV) van die Departement van Basiese Onderwys (DBO).

Die vakke in Graad 3 is:

Huistaal

Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Lewensvaardighede

Let wel: Die Eskom-gidse is in Afrikaans. Die opvoeder sal dit in die Huistaal moet vertaal.

Opvoeders moet die Departement van Onderwys se KABV-beleidsgidse raadpleeg vir

besonderhede oor die vaardighede, inhoud en assessering in die toepaslike fase en grade.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 1 2018/05/31 1:09 PM

Page 3: Hoe om krag te spaar

22018

• Luister en praat

• Lees en klanke

• Skryf en handskrif

Dink, redeneer en taalstruktuur en -gebruik is in al vier taalvaardighede geïntegreer (luister, praat, lees en skryf).

HuistaalDie vaardighede in Huistaal is (KABV, DBO, 2011):

’n Geïntegreerde benadering word gevolg om die vaardighede wat vir Huistaal nodig is in die konteks van kragopvoeding te ontwikkel.

Wiskunde

In die laer grade moet kinders blootgestel word aan wiskundige ondervindinge wat hulle baie geleenthede gee om hulle wiskundige denke “te doen, te praat en te demonstreer” (KABV, DBO, 2011, bl. 12). Die kragopvoedingsaktiwiteite kan gedoen word gedurende onderwysergerigte syfervaardigheidsleergeleenthede wat gedurende ringtyd gedoen word. Die Eskom-kragopvoedingsprogram is ontwerp in ooreenstemming met die ‘doen, praat en demonstreer’-benadering.

Lewensvaardighede

Die vak Lewensvaardighede is daarop gemik om leerders vir die lewe en die moontlikhede daarvan voor te berei, insluitende om leerders toe te rus vir ’n betekenisvolle en suksesvolle lewe in ’n gemeenskap wat vinnig verander en transformeer (KABV, Lewensvaardighede Gr 1-3, DBO, 2011, bl. 8). Deur middel van Lewensvaardighede word leerders blootgestel aan ’n verskeidenheid kennis, vaardighede en waardes. Gestruktureerde lewensvaardighede-aktiwiteite moet kort onderwysergerigte aktiwiteite wees (KABV, Lewensvaardighede Gr 1-3, DBO, 2011, bl 12). Die aktiwiteite in die Eskom-kragprogram kan deur die opvoeder by die Graad 3-program aangepas word.

Hierdie ikoon beteken dat jy die toepaslike opvoederaksie in die aktiwiteit versigtig moet lees en uitvoer.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 2 2018/05/31 1:09 PM

Page 4: Hoe om krag te spaar

32018

Vir die opvoeder om op te let:

• Om kragslim te wees is die boodskap wat sentraal is aan al die aktiwiteite.

• Jy kan die aktiwiteite gebruik soos hulle is.

• Jy kan die aktiwiteite aanpas of verander.

• Jy kan ander hulpbronne gebruik wanneer dit na jou mening gepas is.

• Pas die aktiwiteite aan by die graad waarvoor jy klas gee.

• Pas die aktiwiteite aan volgens die vlak van die leerders (neem taal en ander omstandighede in ag).

• Deel en bespreek die aktiwiteite met ander opvoeders in dieselfde fase en graad.

• Jy kan aktiwiteite van die verskillende grade gebruik, maar pas dit aan by die vlak van jou leerders.

• Jy kan jou eie aktiwiteite ontwerp wat die beste pas by die vlak van die leerders en die graad vir wie jy klas gee.

• Pas asb die besparingswenke self toe, sodat jy as ‘n voorbeeld kan dien van wat verwag word.

• Deel jou kennis en gedrag oor kragslim onderwys met almal by die skool, huis en in die gemeenskap.

• As almal krag spaar, hoef ons nie soveel krag op te wek nie - so spaar ons natuurlike hulpbronne, verminder besoedeling deur sommige kragstasies en help ons omgewing.

Dankie dat jy vir ons aarde sorg

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 3 2018/05/31 1:09 PM

Page 5: Hoe om krag te spaar

42018

Met verwysing na die Kragbesparende lig:

• Die kragbesparende lig word nie so warm soos die ou gloeilamp nie.

• Dit het gas binne-in.

• Die kragbesparende lig hou baie langer as die ou gloeilamp.

• Ons moet die kragbesparende lig gebruik – dit gebruik minder krag.

Met verwysing na die Ou gloeilamp:

• Die ou gloeilamp het ’n dun draadjie binne-in.

• Dit word baie warm – dit gebruik meer krag.

• Ons moenie die ou gloeilamp gebruik nie – dit gebruik meer krag.

[Opvoeder] Inleiding vir die leerders:

• Leerders in die Grondslagfase leer die beste wanneer hulle konkrete voorwerpe kan sien. Die opvoeder moet met die volgende inleiding begin.

• Wys die leerders die werklike ou gloeilamp (gloeidraadlamp) en die kragbesparende lig (kompakte fluoresseerlig – CFL). Moenie die woorde gloeidraadlamp of kompakte fluoresseerlig gebruik nie.

• Jy kan ook A4-grootte prente van die lampe langs mekaar plaas.

Aktiwiteit 1 Kragbesparende ligte

Krag spaar

Kompakte fluoresseerlig (CFL) Kragbesparende lig

Gloeidraadlamp Ou tradisionele gloeilamp

[Let wel: Dit is noodsaaklik vir Suid-Afrika dat CFL’e of kragbesparende ligte veilig weggegooi word. CFL’e wat almal saam in stortingsterreine weggegooi word, kan jare later gevaarlik wees vir waterhulpbronne. Die kragbesparende lig het kwikgas in en as dit breek, sal die opvoeder dit met spesifieke voorsorgmaatreëls moet opruim en die klas 15 minute lank moet ontruim.]

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 4 2018/05/31 1:09 PM

Page 6: Hoe om krag te spaar

52018

Afrikaans – Huistaal

Komponent Aktiwiteit Term Hulpbron

- Luister en praat- Lees en klanke

- Luister na die verskille tussen die gloeilampe

- Beantwoord mondeling vrae oor die gloeilampe

- Gebruik visuele leidrade om oor grafiese teks te praat

1 - Werklike gloeilampe

- A4-grootte prent van ’n kragbesparende lig

- A4-grootte prent van die ou gloeilamp

- Prent van die 2 vroue

• Gebruik prestik of ’n magneet om die A4-grootte prente van die kragbesparende lig en die ou gloeilamp langs mekaar op die bord aan te bring.

• Verwys na die prent van die kragbesparende lig as A en die ou gloeilamp as B.

• Sê die leerders dat jy vrae oor die ligte gaan vra en dat hulle hulle hande moet opsteek as hulle wil antwoord.

• Jy kan meer toepaslike vrae byvoeg.

Vrae:

1.1 Watter prent wys die kragbesparende lig? [A]

1.2 Watter prent wys die ou gloeilamp? [B]

1.3 Watter lig moet by die huis gebruik word? [A – kragbesparende lig].

1.4 Waarom is dit nie goed om die ou gloeilamp te gebruik nie? [Dit word baie warm, gebruik baie krag, hou nie lank nie.]

1.5 Moet kinders met die gloeilamp speel of dit omruil as dit uitbrand? [Nee]

1.6 Wie moet die gloeilamp omruil as dit uitbrand? [Ouers of ’n volwassene.]

1.7 Waarom gebruik meer mense nie die kragbesparende ligte as hulle jou krag kan spaar nie? [Hulle is duurder wanneer jy hulle koop.]

1.8 Waarom moet ons eerder die kragbesparende ligte as die ou gloeilampe gebruik? [Dit sal krag en ook geld op jou elektrisiteitsrekening spaar.]

1.9 Wat dink jy kan jy vir die mense wat in jou huis bly, vertel oor gloeilampe? [Gebruik kragbesparende ligte, hulle spaar elektrisiteit, hulle spaar jou geld.]

1.10 Watter soort gloeilamp sou jy kies as jy jou eie huis gehad het? [Kragbesparende ligte.]

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 5 2018/05/31 1:09 PM

Page 7: Hoe om krag te spaar

62018

Prent A Prent B

1. Gebruik kragbesparende ligte

2. Die vuilgoedblik is leeg

3. Die vrou glimlag

4. Die vrou se hare is swart

5. Die rekening is laag

6. Die temperatuur is laag

1. Gebruik ou gloeilampe

2. Die vuilgoedblik is vol

3. Die vrou lyk hartseer

4. Die vrou se hare is grys/wit

5. Die rekening is hoog

6. Die temperatuur is hoog

• Gee elke leerder ’n A4-werkblad van die vroue.

• Die prent aan die regterkant is A en die prent aan die linkerkant is B.

• Sê vir die leerders dat hulle op hulle eie verskille tussen prent A en prent B moet vind.

• Leerders moet ’n ingekleurde kolletjie (●) langs die ooreenstemmende verskille op elke prent maak.

• Gee die leerders omtrent 10 minute om die aktiwiteit te voltooi.

• Gebruik prestik of ’n magneet om ’n A2-grootte plakkaat van die 2 vroue op die bord te plaas.

• Sê vir die leerders dat hulle oor die verskille tussen die prente moet gesels. Hulle moet na die bord kom en elke verskil op die plakkaat aandui.

• Skryf elk van die verskille neer wat die leerders op die bord aandui.

• Leerders moet saam met jou die verskille tussen prent A en B lees.

Hier is vrae wat jy die leerders mondeling kan vra:

• Waarom dink jy glimlag die vrou in prent A? [Sy spaar krag en geld.]

• Waarom is die vuilgoedblik in prent B vol? [Die ou gloeilampe hou nie lank nie.]

• Watter gloeilamp word baie warm? [Ou gloeilamp – prent B.]

Prent A Prent B

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 6 2018/05/31 1:09 PM

Page 8: Hoe om krag te spaar

72018

Aktiwiteit 2 Gebruik krag slim … Moenie krag mors nie (Piktogram 1)

Wiskunde

Komponent Aktiwiteit Term Hulpbron

Datahantering - Versamel en organiseer data- Stel data voor - Piktogram - Analiseer en interpreteer data

1 Prent van die gesin

’n Piktogram is ’n manier om inligting aan te bied deur prente of beelde te gebruik. Dit is ’n eenvoudige manier om leerders bekend te stel aan die aanbieding van inligting in tabelle en grafieke lateraan.

Om ’n piktogram te teken het ’n mens inligting nodig. Die inligting oor ’n spesifieke onderwerp of tema kan van die leerders verkry word, of die opvoeder kan die inligting voorsien. In hierdie aktiwiteit word inligting oor aspekte van kragverbruik gebruik om piktogramme te teken.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 7 2018/05/31 1:09 PM

Page 9: Hoe om krag te spaar

82018

2.1 Kleur die ligte wat jy dink behoort af te wees, rooi in. [badkamer, middelste slaapkamer, regterkantste slaapkamer, 2 in sitkamer]

2.2 Tel hoeveel ligte aan moet wees. [3 – kombuis/eetkamer, trap. Skryf die nommer op die bord.]

2.3 Tel hoeveel ligte af moet wees. [6 – badkamer, 2 in middelste slaapkamer, regterkantste slaapkamer, 2 in sitkamer. Skryf die nommer op die bord.]

2.4 Kom ons sit al die inligting op ’n piktogram. Sê vir die leerders wat ’n piktogram is.

• Gebruik die piktogramvoorbeeld wat voorsien word.

• Besluit op ’n simbool/prent vir die ligte wat aan moet wees.

• Besluit op ’n simbool/prent vir die ligte wat af moet wees.

• Teken die sleutel vir die grafiek – teken die prent of die korrekte simbool langs die woord aan en af.

• Voorsien die grafiek van byskrifte. [Gebruik eenvoudige woorde vir die byskrifte – aan, af. Onderskrif: Ligte aan – af.]

• Teken die prent of die korrekte simbool langs die woord aan en af op die tabel.

• Teken die korrekte aantal ligte in die korrekte kolom.

• Verwys na die vooraantal ligte wat gegee word.

Piktogram 1

Gebruik die prent van die gesin: “Gebruik krag verstandig.”

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 8 2018/05/31 1:09 PM

Page 10: Hoe om krag te spaar

92018

Krag spaar en ou ligte

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 9 2018/05/31 1:09 PM

Page 11: Hoe om krag te spaar

102018

Die piktogram hierbo is ’n voorbeeld van hoe ’n piktogram uiteengesit kan word. Jy kan ander maniere gebruik. ’n Ander voorbeeld word onder gegee.

2

7

Aan

Af

Ligte - aan of af

Ligte aan Ligte af

Piktogram

2 7

Pkitogram van ligte aan en ligte af

Geel – Ligte aan

Rooi – Ligte af

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 10 2018/05/31 1:09 PM

Page 12: Hoe om krag te spaar

112018

Aktiwiteit 2 Gebruik krag slim … Moenie krag mors nie (Piktogram 2)

Piktogram 2

Hierdie piktogram kry die inligting van die leerders.

Hoeveel leerders het net kragbesparende ligte by die huis? [Vra die leerders om hulle hande op te steek en tel hardop saam. Skryf die nommer op die bord.]

Hoeveel leerders het net ou gloeilampe by die huis? [Vra die leerders om hulle hande op te steek en tel hardop saam. Skryf die nommer op die bord.]

Kom ons sit al hierdie inligting op die piktogram.

• Verwys na die voorbeeld wat voorsien word.• Besluit op ’n simbool/prent vir ’n kragbesparende lig.• Besluit op ’n simbool/prent vir die ou gloeilamp.• Voorsien die grafiek van byskrifte. [Gebruik eenvoudige woorde vir die byskrifte – spaar, mors.

Onderskrif: Ligte by die huis.]• Teken die prent of die korrekte simbool langs die byskrif.• Teken die sleutel vir die grafiek.• Teken die korrekte aantal ligte in die korrekte kolom.• Verwys na die vorige voorbeeld.

Inligting moet op die bord geskryf word. (LW. Dit is net ’n voorbeeld):

3

2

Leerders – Kragbesparende

ligte

Leerders – Ou gloeilampe

Leerders – Kragbesparende ligte of ou gloeilampe

Vrae Aantal leerders

1. Hoeveel leerders het net kragbesparende ligte by die huis? 32. Hoeveel leerders het net ou gloeilampe by die huis? 23. Leerders wat nie hulle hande opgesteek het nie? 5Totale aantal leerders in die klas 10

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 11 2018/05/31 1:09 PM

Page 13: Hoe om krag te spaar

122018

Aktiwiteit 2 Gebruik krag slim … Moenie krag mors nie (Piktogram 2)

Aktiwiteit 2 Gebruik krag slim … Moenie krag mors nie (Piktogram 3)

Piktogram 3

Hierdie piktogram kry die inligting van die leerders.

Vra die leerders hoeveel van hulle ’n televisie by die huis het. [Skryf dit op die bord neer.]

Vra die leerders hoeveel van hulle nie ’n televisie by die huis het nie. [Skryf dit op die bord neer.] Wees sensitief omdat jy nie dié leerders uitgesluit wil laat voel nie. Dui aan dat dit soms ’n voordeel is om nie ’n televisie in die huis te hê nie. Jy het tyd om baie ander dinge te doen, soos om te speel, te teken en met jou gesin te gesels.

Die leerders wat gesê het dat hulle ’n televisie by die huis het – steek julle hande op as julle die TV met die afstandbeheer aan- en afskakel. [Demonstreer hoe om ’n afstandbeheer te gebruik.] Skryf die aantal leerders op die bord.]

Die leerders wat gesê het dat hulle ’n televisie by die huis het – steek julle hande op as julle die TV by die skakelaar op die televisie aan- en afskakel. [Demonstreer hoe om die televisie aan en af te skakel deur die televisie se skakelaar te gebruik.] Skryf die aantal leerders op die bord.]

Wat is die regte manier om die TV aan en af te skakel? Waarom dink jy so? [Regte manier – skakel die televisie aan en af deur die skakelaar op die televisie te gebruik. Wanneer die televisie met die afstandbeheer afgeskakel word, is die televisie nie heeltemal af nie – ons kan sien ’n klein liggie is nog aan – ons mors krag.]

Kom ons stel die inligting op ’n piktogram voor.

• Verwys na die voorbeeld wat voorsien word• Besluit op ’n simbool/prent vir die afstandbeheer.• Besluit op ’n simbool/prent vir die televisie se skakelaar.• Voorsien die grafiek van byskrifte. [Gebruik eenvoudige woorde vir die byskrifte – afstandbeheer,

TV-skakelaar, Onderskrif: TV aan of af.]• Teken die prent of die korrekte simbool langs die byskrif.• Teken die korrekte hoeveelheid afstandbeheer/TV in die korrekte kolom.• Skryf die onderskrif vir die grafiek in.• Verwys na die voorbeelde wat gegee word.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 12 2018/05/31 1:09 PM

Page 14: Hoe om krag te spaar

132018

Piktogram

Afstandbeheer

Afstandbeheer

TV aan en af – afstandbeheer of skakelaar

TV-skakelaar

TV-skakelaar

Piktogram van TV wat met die afstandbeheer of met die TV-skakelaar afgeskakel word

Skakel die TV met die TV-skakelaar af

Skakel die TV met die afstandbeheer af

Hierbo is ’n voorbeeld van hoe ’n piktogram uiteengesit kan word. Jy kan ander maniere gebruik. ’n Ander voorbeeld word onder gegee.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 13 2018/05/31 1:09 PM

Page 15: Hoe om krag te spaar

142018

Afrikaans – Huistaal

Komponent Aktiwiteit Term Hulpbron

Luister en praat (mondeling)

Doen ’n mondelinge aanbieding

3 - Prent van ’n kragbesparende lig

- Prent van die 2 vroue

Aktiwiteit 3 Aanbieding/Rolspel/Drama

3.1 Leerders moet ’n mondelinge aanbieding doen van ’n kragbesparende lig of ’n ou gloeilamp.

• Vertoon A4-grootte prente van die ou gloeilamp en ’n kragbesparende lig.

• Sê vir die leerders om na die prent van die ou gloeilamp en ’n kragbesparende lig te kyk en oor die verskille tussen die ligte te dink.

• Vra enige leerder/s om ’n prent te kies en daaroor te praat.

3.2 Leerders moet ’n mondelinge aanbieding/rolspel oor die prent van die 2 vroue doen.

• Vertoon ’n A2-grootte plakkaat van die 2 vroue.

• Sê vir die leerders dat hulle oor die verskille tussen die 2 vroue moet gesels.

• Vra enige leerder/s om oor die prente te praat.

Voorsien die sinne hieronder aan die leerders om in hulle aanbieding te gebruik.

1. Ek is ’n kragbesparende lig.

2. Ek gee lig af (wys flikkerende aksie).

3. Almal moet ligte soos ek gebruik.

4. Ek gebruik minder krag.

5. Ek kan gevaarlik wees – ek breek maklik.

6. Kinders moenie aan my raak nie.

7. Ek gee vir die aarde om en daarom gebruik ek minder krag..

8. Maar onthou, kinders moet nooit aan my raak nie.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 14 2018/05/31 1:09 PM

Page 16: Hoe om krag te spaar

152018

Voorbeelddialoog wat gebruik kan word om leerders in hulle rolspel te rig.

Kragbesparende lig: [Gelukkige stem.] Hallo, ek is ‘n kragbesparende lig, ek spaar geld vir jou huis. Wat doen jy?

Ou gloeilamp: Hallo, ek is ’n ou gloeilamp wat krag mors. Ek maak lig, maar ek gebruik baie van my krag om warm te word.

Kragbesparende lig: As jy ’n gloeilamp is, hoekom gebruik jy jou krag om warm te word? Is jy ’n verwarmer?

Ou gloeilamp: [Kwaai stem.] Nee, ek is nie ’n verwarmer nie, maar die draad wat ek gebruik om lig te maak, word ook warm, en daarom maak ek warmte en lig.

Kragbesparende lig: [Gelukkige stem.] Maar dit is mos goed as jy warmte ook maak, nie waar nie?

Ou gloeilamp: [Teleurgestelde ou stem.] Nee, glad nie. Mense koop my om lig te maak. Wanneer ek lig maak, maak ek ook warmte en dit gebruik al my krag. Wanneer mense warmte wil hê, koop hulle ’n verwarmer. Ek is net veronderstel om lig te maak, maar die draad binne-in my word so warm dat ek ook warmte maak.

Kragbesparende lig: Ek het jou nog nie hier gesien nie.

Ou gloeilamp: Ek weet. Ek is nog nie lank hier nie. Ek hou nie so lank soos jy nie. Jy is al lank, lank, lank hier. Ek kan nie so lank brand nie, dan moet ek vervang word.

Kragbesparende lig: [Gelukkige, aanmoedigende stem.] Maar jy is ten minste goedkoper, dis mos goed, of hoe?

Ou gloeilamp: [Hartseer stem.] Nee, nie eintlik nie. Mense hou daarvan om my te koop omdat ek goedkoper is, maar ek gebruik baie krag sodat hulle die geld wat hulle gespaar het omdat ek goedkoper is in elk geval moet uitgee om te betaal vir die krag wat ek gebruik. Ek dink jy is baie beter, want al is jy duurder, hou jy langer en gebruik jy nie soveel krag nie.

Kragbesparende lig: [Beïndrukte stem.] Ek het kwikgas!

Ou gloeilamp: Goeiste, is dit gevaarlik? Ek gaan nie aan jou raak nie!

Kragbesparende lig: [Streng stem.] Dis nie gevaarlik nie, tensy jy my laat val en ek breek. [Wys ’n vinger vir die ou gloeilamp.] Jy moenie my kwikgas inasem nie!

Ou gloeilamp: [Lag.] Aaaa, as jy breek, gooi ons jou net in die vuilgoedblik!

Kragbesparende lig: Nee! Jy moet my nooit in die vuilgoedblik gooi nie. My kwik moet nooit by die stortingsterrein uitkom nie. Ek moet na die winkels geneem word waar hulle ou gloeilampe bymekaarmaak, of jy kan my in ‘n verseëlde houer na die stortingsterrein toe neem.

Ou gloeilamp: Is jy regtig spesiaal? Hoekom is jy so spesiaal?

Kragbesparende lig: [Trotse stem, stoot bors uit.] Ja, ek is! Ek is spesiaal omdat krag skaars en duur is en, ek gebruik nie baie nie.

Ou gloeilamp: Jy is regtig slim, ek het baie by jou geleer. Ek hoop ons kan vriende wees.

Kragbesparende lig: Ek is jammer, maar ek dink nie so nie, want jy sal nie lank genoeg hier wees nie.

Ou gloeilamp: [Hartseer stem.] Uiteindelik gaan hulle my nie meer maak nie, nè?

Kragbesparende lig: Ek hou van jou, ou vriend, maar nee, hulle gaan jou nie meer maak nie, want ons moet krag spaar anders gaan daar nie genoeg wees vir almal nie.

Ou gloeilamp: Ek verstaan, my vriend, ons moet dit doen om ons aarde te red.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 15 2018/05/31 1:09 PM

Page 17: Hoe om krag te spaar

162018

Lewensvaardighede

Komponent Aktiwiteit Term Hulpbron

Skeppende Kunste Improviseer en interpreteer – dramatiseer in groepe en gebruik ’n bestaande storie gebaseer op gepaste onderwerpe om hulle eie einde te ontwikkel

2 Prent van die gesin

Gebruik die A4-grootte prent van die kragbesparende lig vir hierdie aktiwiteit.

Dramatisering: Dramatisering behels leerders wat aksies uitvoer om iets uit te beeld. Die leerders kan ’n kort storie van net ’n paar sinne uitdink wat gebaseer is op ’n boks interessante voorwerpe – ’n voorwerp word gekies en hulle verbeel hulle dit lewe.

Leerders moet ’n kragbesparende lig en/of ’n ou gloeilamp dramatiseer/’n mondelinge aanbieding daaroor doen. Leerders moenie toegelaat word om aan die gloeilampe te raak nie omdat hulle maklik breek. Die kragbesparende lig het kwikgas in en kan skadelik wees.

Vertoon die prent van die kragbesparende lig en die ou gloeilamp.

• Sê vir die leerders om na die prent van die ou gloeilamp te kyk.

• Die opvoeder lees die eerste vers van die lied en demonstreer die wysie. (Die lied word gesing op die wysie van Vader Jakob, Bana ba Sekolo en Frere Jacque.)

• Die leerders moet die eerste vers van die lied sing wanneer die opvoeder klap. [Opvoeder klap] – leerders sing die lied terwyl die opvoeder klap

• Herhaal dieselfde vir elke reël op die volgende bladsy.

• Sê vir die leerders om na die prent van die kragbesparende lig te kyk.

• Lees die tweede vers van die lied soos dit vir die eerste vers gedoen is.

• Die kinders sing die tweede vers terwyl die onderwyser klap.

• Dan word die hele lied herhaal totdat die kinders dit op hulle eie kan sing. Vra die klas wie dit vir almal wil sing.

Aktiwiteit 4 Rolspel/Drama

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 16 2018/05/31 1:09 PM

Page 18: Hoe om krag te spaar

172018

Ou gloei-lam-pe!Ou gloei-lam-pe!Mors ons geld, mors ons geld.Hul word baie warm, hul word baie warm.Gooi hul weg, gooi hul weg!

C-F-L’eC-F-L’eHul hou lank, hul hou lankHulle mors nie krag nie, hulle mors nie krag nie,Gebruik en spaar, gebruik en spaar.

Va - der Ja - kob

Slaap jy nog?

Hoor hoe lui die kerk - klok,

Dieng dong del. Dieng dong del.

Hoor hoe lui die kerk - klok,

Slaap jy nog?

Va - der Ja - kob

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 17 2018/05/31 1:09 PM

Page 19: Hoe om krag te spaar

182018

Afrikaans – Huistaal

Komponent Aktiwiteit Term Hulpbron

Luister en praat (mondeling)

- Luister na stories.- Gebruik visuele leidrade om oor grafiese

teks te praat, bv. kyk na ’n foto en bespreek waaroor dit gaan, waar dit geneem is, ens.

3/4 - Prent van die

gesin- Storie

Lees en klanke - Herken oorsaak en gevolg in ’n storie. Die seun het in die moeilikheid gekom omdat hy die ligte aangelos het.

- Beantwoord oop vrae wat gebaseer word op die teks wat gelees is.

4 - Storie

Lewensvaardighede

Komponent Aktiwiteit Term Hulpbron

Skeppende Kunste Improviseer en interpreteer – dramatiseer in groepe en gebruik ’n bestaande storie gebaseer op gepaste onderwerpe om hulle eie einde te ontwikkel

2 Storie

Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn

Onderwerp: Regte en verantwoordelikhede – 6 uur:• Leerders se regte en verantwoordelikhede• Regte en verantwoordelikhede van ander

mense:- By die huis- By die skool- In ons gemeenskap- In die omgewing

1 - Prent van die gesin

- Storie

Aktiwiteit 5 Storie vertel en rolspel

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 18 2018/05/31 1:09 PM

Page 20: Hoe om krag te spaar

192018

Gebruik die prent van die gesin “Gebruik krag verstandig” om leerders te help om die storie te visualiseer.

• Jy kan leidende vrae vra om die leerders se aandag te hou.

• Wanneer jy die storie lees, herhaal die reëls wat stemming uitbeeld (as ’n leidende vraag) sodat die leerders ’n aksie kan uitvoer vir die stemming – bv. Pa het in ’n sagte maar duidelike stem gesê: “Ssssjjjjj.” Die opvoeder moet vir die leerders vra – Wat het Pa gesê? Die leerders moet hulle wysvinger op hulle lippe sit en sê: “Ssssjjjjj.”

• Lees die storie vir die leerders voor met aksie en emosie.

• Opvoeders word aangemoedig om hulpmiddele te gebruik wanneer hulle stories vertel.

• Vervang of verduidelik woorde wat dalk moeilik is.

• Jy kan jou eie kort storie uitdink deur die prent van die gesin te gebruik. [Bring die storie in verband met kragbesparing.]

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 19 2018/05/31 1:09 PM

Page 21: Hoe om krag te spaar

202018

Goeie gewoontes

My naam is Max, en dit is wat gisteraand by aandete gebeur het. Pa het kom sit om saam met Ma en my aandete te kom eet. Ma het ’n heerlike ete gekook.

Ma het na ’n program op die televisie gekyk terwyl sy aan tafel gesit het. Pa het baie vriendelik vir Ma gevra om die TV af te skakel. Toe skreeu ek: “Ag nee, Pa, my program gaan netnou begin.”

Pa het in ’n sagte maar duidelike stem gesê: “Ssssjjjjj. Ons moenie eet en op dieselfde tyd televisie kyk nie. Dis nie ’n goeie gewoonte nie. Geniet die kos en moenie TV kyk terwyl jy eet nie. Dis in elk geval ongeskik om mekaar aan tafel te ignoreer.”

“Max,” het Pa gesê, “ek sien dat jy al die ligte bo aangelos het. Ou seun, ek vra mooi dat jy die ligte bo gaan afskakel.” “Maar hoekom, Pa?” het ek gevra. Pa het geglimlag en geantwoord: “Elke keer as ons iets aanskakel, gebruik ons krag. Ons is nou hier onder, en daarom is dit glad nie nodig dat die ligte bo aan moet wees nie. Ons mors nou net krag. Onthou ek moet betaal vir elke bietjie krag wat ons elke dag gebruik.

Moenie kos mors nie, moenie water mors nie, moenie krag mors nie, moenie geld mors nie en moenie tyd mors nie. Ons moet wat ons het, verstandig gebruik – dis die regte ding om te doen.”

“Ek het na my pa geluister en Ma het ook. Al het ons verkeerd gedoen, was Pa geduldig en het hy baie mooi verduidelik dat dit ’n goeie gewoonte is om krag te spaar en slim te gebruik.”

1. Vrae oor die storie:Aangesien dit Graad 3-leerders is, moet die vrae mondeling gestel word. Moenie jaag nie en gee die leerders kans om te antwoord. Wanneer jy die vrae vra, wys na die prent – “Gebruik krag verstandig”.

5.1 Wie is die mense wat by die etenstafel sit? [Ma, pa en Max.]

5.2 Wat het Ma verkeerd gedoen? [Sy het televisie gekyk terwyl sy geëet het.]

5.3 Wat het Max verkeerd gedoen? [Hy het aan tafel geskreeu; hy wou ook televisie kyk terwyl hy eet; hy het die ligte bo aangelos.]

5.4 Wat het Pa die gesin oor krag geleer? [Wanneer jy enigiets aanskakel, gebruik jy krag; jy betaal vir krag; skakel af wat jy nie gebruik nie.]

5.5 Noem 3 ander dinge wat Pa die gesin geleer het. [Moenie water mors nie, moenie tyd mors nie, moenie kos mors nie, moenie geld mors nie, moenie eet wanneer jy televisie kyk nie, wees kalm.]

5.6 Was Pa kwaad? Wat laat jou so dink? [Nee. Pa het kalm en sag gepraat.]

5.7 Wat is al die dinge wat jy uit die storie geleer het? [Moenie mors nie; praat kalm; ...]

[Luister na die leerders se antwoorde.]

Jy kan ander verwante vrae by die storie voeg.

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 20 2018/05/31 1:09 PM

Page 22: Hoe om krag te spaar

212018

2. RolspelSê vir die leerders jy wil hê dat hulle die storie moet opvoer.Verdeel die leerders in groepe van 3.Elkeen sal ’n rol hê – ma/pa/kind.Gee die leerders tyd om hulle rolle te oefen volgens die storie.Stel ’n etenstafel met 3 stoele voor die klas op.Laat een groep vorentoe kom.Help die leerders met die storie as hulle hulp nodig het.

OFSê vir die leerders jy wil hê dat hulle die storie moet opvoer.Stel ’n etenstafel met 3 stoele voor die klas op.Vra die leerders wie die pa wil speel – roep die leerder vorentoe.Vra die leerders wie die ma wil speel – roep die leerder vorentoe.Vra die leerders wie die kind/seun wil speel (’n meisie kan ook hierdie rol speel) – roep die leerder vorentoe.Vra hulle om die storie op te voer.Help die leerders met die storie as hulle hulp nodig het.

Storie skryfSê vir die leerders jy wil hê dat hulle ’n kort storie moet skryf (5 reëls).Die leerders moet die prent van die gesin (“Gebruik krag slim”) gebruik om hulle te help.Vra party van die leerders om hulle stories vir die klas voor te lees.

WerkbladGee elke leerder ’n werkblad oor die storie.Lees die storie.Lees saam met die leerders deur die vrae op die werkblad.Laat die leerders hulle antwoorde neerskryf.Gee die leerders tyd om die vrae te beantwoord.Gaan saam met die leerders deur die antwoorde.Jy kan ook jou eie werkblad ontwerp of oop vrae byvoeg, bv. Waarom dink jy Max is ’n soet seun?

OFGee elke leerder ’n werkblad oor die storie.Lees die storie, maar stop voor jy ‘n toepaslike vraag vra - lees die vraag van die werkblad af, bv. Ek gaan vir julle ‘n storie lees. Die naam van die storie is Goeie gewoontes.Vra dan die leerders: Wat is die naam van die storie – skryf dit nou op jou werkblad neer.Laat die leerders hulle antwoorde neerskryf.Gee die leerders tyd om die vrae te beantwoord.Gaan saam met die leerders deur die antwoorde.Jy kan ook jou eie werkblad ontwerp of oop vrae byvoeg, bv. Waarom dink jy Max is ’n soet seun?

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 21 2018/05/31 1:09 PM

Page 23: Hoe om krag te spaar

222018

Wat is die naam van die storie?

_________________________________________________________

Wie is die mense in die storie?

_________________________________________________________

Wat doen hulle?

_________________________________________________________

Pa het vir Max geleer om krag te _____________.(Spaar) (Mors)

Skakel ligte_____________________ wat jy nie gebruik nie.

(Aan) (af) (Water) (Krag) (geld) (Tyd)

Pa het gesê:

Moenie __________________mors nie.

Moenie __________________mors nie.

Moenie __________________mors nie.

Moenie __________________mors nie.

Moenie __________________mors nie.

Waarom dink jy Max is ’n soet seun?

_________________________________________________________

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 22 2018/05/31 1:09 PM

Page 24: Hoe om krag te spaar

232018

2905_11 January 2017

Notas:

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 23 2018/05/31 1:09 PM

Page 25: Hoe om krag te spaar

www.eskom.co.za

Powering your world

How to save energyFoundation Phase (Grade R,1,2 & 3)Educator GuideEnglish Home Language

=

+

#

÷

Vir verdere inligting besoek asseblief www.eskom.co.za/idm

J2085 Eskom Grade 3_Educator guide_AFR Rev 3.indd 24 2018/05/31 1:09 PM