die krag van onafhanklike advies internasionale … · die krag van onafhanklike advies ... onthou...

2
Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833 BLADSY 1 MAADELIKSEVERSLAG I Januarie 2017 MAANDELIKSE MARK VERSLAG MAANDELIKSEVERSLAG JANUARIE 2017 JANUARIE 2017 BELEGGINGS AFTREEBEPLANNING BUITELANDSE BELEGGINGS BELASTINGBEPLANNING BOEDELBEPLANNING LEWENSVERSEKERING DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES INTERNASIONALE MARKTE NUWE HOOGTEPUNT VIR DOW JONES Bronne: Fin24.com USAtoday.com Businesslive.co.za Anchor Capital Telegraph.co.uk Moneyweb.co.za . In die VSA het die Dow Jones Nywerheidsindeks in Desember gereeld marknuus oorheers met stygings tot nuwe hoogtepunte. Hoewel markte aanvanklik negaef op die uitslag van die verki- esing van Donald Trump as die volgende President gereageer het, het markte lopies begin aanteken nadat beleggers begin het om gereed te maak vir posiewe moontlikhede tydens sy Presidentskap. USA Today het aan die begin van Desember berig dat aandeelpryse besig is om te styg en dat die Dow op pad is na ‘n nuwe hoogtepunt. Die lopies het ander beurse ook geraak en die S&P500, die Dow Vervoer Indeks en die Russell 2000 het ook rekord sluings aangeteken. Die Dow het die jaar op 13.42% hoër afgesluit terwyl die S&P500 net-net ‘n dubbelsyfer styging vir die jaar misgeloop het. Die Nasdaq het die jaar op 7.5% hoër as 2015 afgesluit. In Europa het die FTSE100 Indeks +5.3% vir die maand aangeteken (+14.3% jaar op jaar) danksy ‘n verswakking in die waarde van die pond wat uitvoerders gesteun het. Duitsland se DAX het die maand 7.9% sterker afgesluit (6.7% hoër vir die jaar) terwyl die CAC in Frankryk vir die maand 6.2% hoër was (+4.6% vir die jaar). Die Nikkei in Japan was die maand 4.4% stewiger terwyl China se Shanghai Saamgestelde Indeks in Desember met 4.5% gedaal het. Waarskynlik die grootste ekonomiese nuus van Desember was die aankondiging deur die Ameri- kaanse Federale Reserweraad (Fed) dat rente- koerse verhoog word, slegs die tweede keer die afgelope dekade. Janet Yellen, Voorsier van die Fed, het ná die besluit gesê dit weerspieël die ver- troue wat daar is betreffende ‘n meer gesonde Amerikaanse ekonomie en die verwagng dat die oplewing sal voortduur. Beleggers verwag nou ‘n heelwat sterker oplewing in die VSA het het aan effekte markte en ontluikende markte onrek ten gunste van Amerikaanse aandele. Die begin van ‘n nuwe kalenderjaar is altyd ‘n goeie tyd om finansiële planne en ‘n huisdhoudelike begrong te heroor- weeg en ook om seker te maak dat belangrike elemente van ‘n omvaende plan – byvoorbeeld ‘n testament, bespar- ing vir aſtrede – aangepas word; sou omstandighede verander het. Skakel gerus u Brenthurst Wealth adviseur as wysigings vereis word. As u enige van die mediaberigte waarin Brenthurst Wealth aangehaal word misgeloop het, onthou dat dit by www.bwm.co.za SLIM WENK

Upload: others

Post on 01-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES INTERNASIONALE … · DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES ... onthou dat dit by SLIM WENK. MARKTE EINDIG JAAR OP STILLER NOOT PLAASLIKE MARKTE SE ERSLAG

Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833

BLADSY 1 MAADELIKSEVERSLAG I Januarie 2017

MAANDELIKSE MARK VERSLAG

MA

AN

DEL

IKSE

VER

SLA

G

JAN

UA

RIE

20

17

JANUARIE 2017

BELEGGINGS • AFTREEBEPLANNING • BUITELANDSE BELEGGINGS

BELASTINGBEPLANNING • BOEDELBEPLANNING • LEWENSVERSEKERING

DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES

INTERNASIONALE MARKTE

NUWE HOOGTEPUNT VIR DOW JONES

Bronne: Fin24.com USAtoday.com Businesslive.co.za Anchor Capital Telegraph.co.uk Moneyweb.co.za

.

In die VSA het die Dow Jones Nywerheidsindeks in Desember gereeld marknuus oorheers met stygings tot nuwe hoogtepunte. Hoewel markte aanvanklik negatief op die uitslag van die verki-esing van Donald Trump as die volgende President gereageer het, het markte lopies begin aanteken nadat beleggers begin het om gereed te maak vir positiewe moontlikhede tydens sy Presidentskap. USA Today het aan die begin van Desember berig dat aandeelpryse besig is om te styg en dat die Dow op pad is na ‘n nuwe hoogtepunt. Die lopies het ander beurse ook geraak en die S&P500, die Dow Vervoer Indeks en die Russell 2000 het ook rekord sluitings aangeteken. Die Dow het die jaar op 13.42% hoër afgesluit terwyl die S&P500 net-net ‘n dubbelsyfer styging vir die jaar misgeloop het. Die Nasdaq het die jaar op 7.5% hoër as 2015 afgesluit. In Europa het die FTSE100 Indeks +5.3% vir die maand aangeteken (+14.3% jaar op jaar) danksy ‘n verswakking in die waarde van die pond wat uitvoerders gesteun het. Duitsland se DAX het die maand 7.9% sterker afgesluit (6.7% hoër vir die jaar) terwyl die CAC in Frankryk vir die maand 6.2% hoër was (+4.6% vir die jaar). Die Nikkei in Japan was die maand 4.4% stewiger terwyl China se Shanghai Saamgestelde Indeks in Desember met 4.5% gedaal het.

Waarskynlik die grootste ekonomiese nuus van Desember was die aankondiging deur die Ameri-kaanse Federale Reserweraad (Fed) dat rente-koerse verhoog word, slegs die tweede keer die afgelope dekade. Janet Yellen, Voorsitter van die Fed, het ná die besluit gesê dit weerspieël die ver-troue wat daar is betreffende ‘n meer gesonde Amerikaanse ekonomie en die verwagting dat die oplewing sal voortduur. Beleggers verwag nou ‘n heelwat sterker oplewing in die VSA het het aan effekte markte en ontluikende markte onttrek ten gunste van Amerikaanse aandele.

Die begin van ‘n nuwe kalenderjaar is altyd ‘n goeie tyd om finansiële planne en ‘n huisdhoudelike begroting te heroor-weeg en ook om seker te maak dat belangrike elemente van ‘n omvattende plan – byvoorbeeld ‘n testament, bespar-ing vir aftrede – aangepas word; sou omstandighede verander het. Skakel gerus u Brenthurst Wealth adviseur as wysigings vereis word. As u enige van die mediaberigte waarin Brenthurst Wealth aangehaal word misgeloop het, onthou dat dit by www.bwm.co.za

SLIM WENK

Page 2: DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES INTERNASIONALE … · DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES ... onthou dat dit by SLIM WENK. MARKTE EINDIG JAAR OP STILLER NOOT PLAASLIKE MARKTE SE ERSLAG

MARKTE EINDIG JAAR OP STILLER NOOT

PLAASLIKE MARKTE M

AA

ND

ELIK

SEV

ERSL

AG

JA

NU

AR

IE 2

017

Die plaaslike mark het geen betekenisvolle akti-witeit in Desember aangeteken nie maar het die maand effens stewiger as aan die einde van November afgesluit. Daar was geen drama soortge-lyk aan Desember 2015 (toe President Zuma die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, met die onbekende Des van Rooyen vervang het) nie en dus geen drastiese markbewegings nie. Die JSE Indeks van Alle Aandele het aan einde Desember op +0.94% vir die maand gesluit. Die indeks het geen beweging vir die jaar aangeteken nie. Die rand het ook in die laaste dae van die jaar effens verstewig toe die dollar teen verskeie internasionale geldeen-hede verswak het.

Die Suid-Afrikaanse mark, soos die meeste inter-nasionale markte is in 2016 deur ‘n verskeidenheid politieke skokke getref en politieke risiko word deur kommentators as die grootste kwessie genoem wat markprestasie in 2017 kan raak. Daardie faktore was die dryfveer agter die sterk oplewing in die prys van ystererts (28% hoër vir die jaar) wat die aandeel-pryse van Kumba Iron Ore en Assore laat styg het. Dié twee aandele het die beste prestasie van 2016 op die JSE aangeteken en onderskeidelik met 285.9% en 281.51% gestyg. Die aandeelpryse van PPC (-64.09%) and Capital and Counties (-51.71%) het die skerpste dalings teenoor 2015 aangeteken.

Aan die ekonomiese front is berig dat SA in Novem-ber ‘n handelstekort van R1.09 miljard aangeteken het. Bloomberg se paneel het verwag dat die tekort in die omgewing van R750 miljoen sou wees terwyl Trading Economics ‘n syfer van R1 miljard voorspel het. Business Day het berig dat die opgelope tekort nou op R14.61 milard staan teenoor die R59.28 miljard van die vergelykbare tydperk die vorige jaar.

Die SA Reserwebank se indeks wat ekonomiese ver-wagtinge vir ses maande meet het vir die derde agtereenvolgende maand verbeter. Die bank se saam-gestelde sakesiklus aanwyser het op ‘n maand-tot-

maand grondslag in Oktober 2016 met 0.8% gestyg.

Dit volg op ‘n styging van 1.1% in September en 0.6% in Augustus. Die verbetering was onder meer danksy groei in die M1 geldvoorraad, het die bank in ‘n verklaring gesê. Negatiewe faktore was ‘n swakker sakevertroue syfer en ook dalings in advertensies vir nuwe werkgeleenthede. Die sakevertroue indeks het in die vierde kwartaal met vier punte tot 38 gedaal ná dit in die derde kwartaal tot 42 punte verbeter het. Dit beteken dat 60% van deelnemers vir die bepaling van die indeks swakker saketoestande verwag. Die ekonomie het met slegs 0.2% van die tweede na die derde kwartaal gegroei, aldus seisoen-aangepagste syfers wat deur Statistiek SA bekend gemaak is.

Suid-Afrika het rommelstatus in 2016 afgeweer maar kommentators meen dit bly ‘n sterk moontlikheid in 2017. Aldus ‘n berig in Business Day verwag die Japanse beleggingsbank Nomura dat SA se ekonomiese groei in 2017 effens sterker sal wees op 1% teenoor 0.5% in 2016. Die bank se hoof van ontluikende markte in Europa, Midde-Ooste en Afrika, Peter Attard Montalto, meen die grootste faktor is die negatiewe groei van per kapita inkom-ste. Die goeie nuus is dat inflasie na verwagting tot binne die regering se teiken van minder as 6% sal daal. Verwagting is dat die rentekoers nie vroeg in die jaar verhoog sal word nie.

Fin24 berig dat die gesaghebbende tydskrif Time SA as een van die tien grootste risiko’s vir die wêreld aangewys het. “Die uiters ongewilde President Zuma wat verskeie korrupsieklagtes moet teenstaan is bang om die mag aan iemand oor te dra wat hy nie vertrou nie,” sê die Amerikaanse politieke ontleder Ian Bremmer in die berig. “Die binnegevegte oor sy opvolger demper enige noodsaaklike ekonomiese hervorming en beperk die land se vermoë om ‘n leierskaprol vir die beheer van konflik in buurlande te speel.”