2020 - eligwa · 4 etenstye: ontbyt is uiters belangrik: sien asb. toe dat u kind ontbyt geëet het...

4
1 Liewe Ouers Baie Welkom! Ons glo dat dit vir u en u kind ‘n positiewe ervaring gaan wees om deel van ONS skool te wees. Die Gr. R- en RR klasse is deel van Laerskool Eligwa se grondslagfase. Ons het ‘n afsonderlike, veilig omheinde gebied waar die klassies en speelterrein spesiaal ingerig is vir hierdie ouderdomsgroep en dus spesifiek in hulle opvoedings-behoeftes voorsien. Ons benadering is informeel en ons wil graag ‘n atmosfeer skep waarbinne u kleuter se selfbeeld ontwikkel kan word en hy/sy die vaardighede kan aanleer om gemaklik in die volgende jaar of twee in ‘n Gr een klas in te skakel. Elke kleuter is uniek, met sy/haar eie moontlikhede en potensiaal. Ons wil graag saam met u ‘n gedugte span maak om dit te ontdek en te ontwikkel! Laerskool Eligwa het tans drie Gr RR-klasse vir kinders wat in die jaar 5 jaar oud word en drie Gr R-klasse vir kinders wat in die jaar 6 jaar oud word. Daar is baie navraag om kinders van 4 jaar oud en jonger in die Gr RR-klas te akkommodeer. Ons kan SLEGS kinders aanvaar wat in die jaar 5 word. Hierdie is ‘n bepaling wat deur die Departement van Onderwys gedoen is. Dit is dus wetgewing van die Gautengse Departement van Onderwys. Maak asseblief seker dat ‘n afskrif van u kind se geboortesertifikaat, afskrifte van beide ouers se ID- dokumente, ‘n afskrif van u kind se immuniseringskaart en u munisipale rekening u inskrywingsvorm vergesel, asook R350 registrasiegeld vir Graad R- en RR leerders. Let asb. op ons taalbeleid. Huistaal: Die huistaal van die gesin moet Afrikaans wees. (Sien inskrywingsvorm vir volle besonderhede). INLIGTINGSDAG:- 18 SEPTEMBER 2019 om 10:00vm Skoolsaal 2020

Upload: others

Post on 26-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2020 - Eligwa · 4 Etenstye: Ontbyt is uiters belangrik: Sien asb. toe dat u kind ontbyt geëet het as hy/sy skool toe kom. Ons eet tussen 10:00 en 10:20 by die skool. Dit is ons

1

Liewe Ouers Baie Welkom! Ons glo dat dit vir u en u kind ‘n positiewe ervaring gaan wees om deel van ONS skool te wees. Die Gr. R- en RR klasse is deel van Laerskool Eligwa se grondslagfase. Ons het ‘n afsonderlike, veilig omheinde gebied waar die klassies en speelterrein spesiaal ingerig is vir hierdie ouderdomsgroep en dus spesifiek in hulle opvoedings-behoeftes voorsien. Ons benadering is informeel en ons wil graag ‘n atmosfeer skep waarbinne u kleuter se selfbeeld ontwikkel kan word en hy/sy die vaardighede kan aanleer om gemaklik in die volgende jaar of twee in ‘n Gr een klas in te skakel. Elke kleuter is uniek, met sy/haar eie moontlikhede en potensiaal. Ons wil graag saam met u ‘n gedugte span maak om dit te ontdek en te ontwikkel! Laerskool Eligwa het tans drie Gr RR-klasse vir kinders wat in die jaar 5 jaar oud word en drie Gr R-klasse vir kinders wat in die jaar 6 jaar oud word. Daar is baie navraag om kinders van 4 jaar oud en jonger in die Gr RR-klas te akkommodeer. Ons kan SLEGS kinders aanvaar wat in die jaar 5 word. Hierdie is ‘n bepaling wat deur die Departement van Onderwys gedoen is. Dit is dus wetgewing van die Gautengse Departement van Onderwys. Maak asseblief seker dat ‘n afskrif van u kind se geboortesertifikaat, afskrifte van beide ouers se ID-dokumente, ‘n afskrif van u kind se immuniseringskaart en u munisipale rekening u inskrywingsvorm vergesel, asook R350 registrasiegeld vir Graad R- en RR leerders. Let asb. op ons taalbeleid. Huistaal: Die huistaal van die gesin moet Afrikaans wees. (Sien inskrywingsvorm vir volle besonderhede).

INLIGTINGSDAG:- 18 SEPTEMBER 2019 om 10:00vm

Skoolsaal

2 0 2 0

Page 2: 2020 - Eligwa · 4 Etenstye: Ontbyt is uiters belangrik: Sien asb. toe dat u kind ontbyt geëet het as hy/sy skool toe kom. Ons eet tussen 10:00 en 10:20 by die skool. Dit is ons

2

Skoolfonds:

Skoolfonds vir 2020 sal op die begrotingsvergadering in Oktobermaand gefinaliseer word. Die helfte van die 1ste skoolfondspaaiement is vooruitbetaalbaar. Dié paaiement is betaalbaar voor

of op 29 NOVEMBER 2019. HIERDIE PAAIEMENT VERSEKER U KIND SE TOELATING VIR 2020!

Indien u nie November 2019 dié paaiement betaal nie, kan u kind ongelukkig NIE vir 2020 toegelaat word nie.

Skoolgeld is STIPTELIK VOORUIT betaalbaar voor die 7de van elke maand – uitstel van betaling kan ongelukkig nie gegee word nie. Laaste paaiement November 2020.

Internet oorbetalings of debietorders word aanvaar. Reël asb. met Mev. Van Wyk in die finansiële kantoor.

Vir uitstappies, foto’s, die gradeplegtigheid en alle gebeurtenisse buite die normale, word ekstra geld gevra.

‘n Skoolfondskaart sal aan u kind voorsien word wat maandeliks huis toe gestuur word om rekord te hou van u betalings.

Graad R- en RR-leerders deel ook in die voorreg van korting indien u binne die eerste drie maande u skoolfonds volledig betaal, maar moet steeds te alle tye maandeliks vooruit betaal wees.

Al die lopende onkostes van die Gr. R- en RR klasse word deur die skoolfonds gedra. Die Graad R en RR-klasse word deur die Beheerliggaam bedryf, daarom moet skoolfonds stiptelik betaal word. Leerders wat agterstallig raak met skoolfonds sal hul plek in die skool verbeur om sodoende plek te maak vir leerders wat op die waglys is. Daar kan geen uitsondering gemaak word nie. Die Gr. R- en RR klasse se finansies funksioneer onafhanklik van die res van die skool. Ons is van skoolfonds afhanklik om salarisse en alle ander lopende uitgawes te betaal en dit is die rede waarom u nie mag agterstallig raak nie. Subsidies of finansiële hulp is ongelukkig nie vir Gr. R- en RR leerders beskikbaar nie. Die skool bied ‘n SMS-diens waar een selfoonnommer outomaties gekoppel word. Indien u wil gebruik maak van meer nommers moet u ‘n addisionele bedrag betaal. Meer inligting sal volgende jaar op die omsendskrywes aan u deurgegee word. Dit is ook u plig om te sorg dat u nommer, nie net vir die sms-diens nie, maar ook op u kind se inskrywingsvorm altyd ‘n aktiewe selfoonnommer (of telefoonnommer) is. Ons moet deurgaans met u kan kontak maak.

Skooltye: Vanaf 07:30 tot 12:30 Vanaf 07:00 sal die hek by die Gr. R- en RR klasse oopgesluit wees en sal daar ‘n

toesighoudende personeellid teenwoordig wees. (LW. Daar is geen toesig vir leerlinge wat voor 07:00 afgelaai word nie.) Die ander personeel is vanaf 07:15 op die terrein vir toesig.

Een personeellid woon die personeelvergadering in die personeelkamer by. As u dus nie u kind se betrokke juffrou die week vroeg in die oggend sien nie, weet dan dat sy die vergaderings moet bywoon.

Page 3: 2020 - Eligwa · 4 Etenstye: Ontbyt is uiters belangrik: Sien asb. toe dat u kind ontbyt geëet het as hy/sy skool toe kom. Ons eet tussen 10:00 en 10:20 by die skool. Dit is ons

3 Die hekke word weer om 12:30 oopgesluit en u kan dan weer u kind by die klassie afhaal. (Wag

asseblief by die hekke, totdat die betrokke personeellid die hekkie oopsluit. Indien u kind afgehaal is moet u asb. dadelik weer die skoolterrein verlaat en nie agter die senior klasse by die hekkie staan en gesels nie. Dit steur die groter leerders wat nog klas het.

NB! Alle leerders moet teen 13:00 afgehaal wees, aangesien straathekkie om 13:00 sluit vir die res van die skool se veiligheid. Personeel begin om 13:00 met naskoolse aktiwiteite.

Dagprogram: ‘n Basiese Dagprogram: 07:15 – 08:00 Aankoms, vryspel en toiletroetine 08:00 – 10:00 Georganiseerde binnekringe en spel asook Godsdiensperiode en onderwysbegeleide

aktiwiteite 10:00 – 10:20 Pouse 10:20 – 10:50 Gestruktureerde buitespel 10:50 – 11:20 Vryspel buite 11:20 – 11:30 Toiletroetine 11:30 – 12:00 Onderwysbegeleide aktiwiteite 12:00 – 12:30 Storie 12:30 Verdaag Bogenoemde dagprogram is op die “NKABV-program” gebasseer waar daar vaardighede gestel word in vier groot ontwikkelingsareas nl. Sosiale ontwikkeling, Fisiese ontwikkeling, Emosionele ontwikkeling en Kognitiewe ontwikkeling. Ons volg die kurrikulum en assesseringsbeleid CAPS soos voorgeskryf vir Graad R deur die Departement van Onderwys.

Wat benodig my kind vir die jaar? - 3 toiletrolle per kwartaal (12 in totaal) - 2 x tissues (boksies) - 1 x boksie pleisters - 4 x koekies handewas seep - 1 x 2 liter roomysbak met deksel vir skryfbehoeftes - 1 x groot Pritt gomstafies - 1 pakkie Monami uitdraaivetkryt - 1 x Inkleurboek met gróót prente. Inkleurboeke moet slegs inkleurprente wees en nie aktiwiteite soos

bv. natrek van kolletjies of getalle nie. - 1 x Legkaart (hoeveelheid stukke word deur u kind se vermoë om te bou, bepaal.

Gr. RR ± 12 – 24 stuk. Gr. R ± 24 – 48 stuk. Let asb. daarop dat elke individuele legkaartstuk agterop met u kind se naam gemerk moet wees.)

- 2 x dik plastieksakkies met rits of toeknipdrukker vir omsendbriewe en klasaktiwiteite. - 1 x skêr (regs- of linkshandig) - 4 X 10 sakkie flipfiles vir klaswerk. (1 per kwartaal) - Rugsak of tassie groot genoeg vir ‘n A4-papier om in te gaan-geen bokstasse nie

Géén ander gom of vetkryt. Word deur ouers aangevul deur die jaar soos nodig. Geen gekleurde pritt (groen/pienk nie.) Slegs die wit Pritt.

Page 4: 2020 - Eligwa · 4 Etenstye: Ontbyt is uiters belangrik: Sien asb. toe dat u kind ontbyt geëet het as hy/sy skool toe kom. Ons eet tussen 10:00 en 10:20 by die skool. Dit is ons

4

Etenstye: Ontbyt is uiters belangrik: Sien asb. toe dat u kind ontbyt geëet het as hy/sy skool toe kom. Ons eet tussen 10:00 en 10:20 by die skool. Dit is ons enigste eet-geleentheid in ons skooldag. Stuur asb. ‘n gesonde kospakkie skool toe en

beperk asb. maar die lekkers. Snoepie:

Vrydae is snoepiedag. Leerders mag ‘n R5 of R10 pakkie klaar opgemaakte lekkernye koop. Leerders wat die naskoolsentrum bywoon mag na skool by die “groot-skool” se snoepwinkel

broodjies en koeldrank koop.

Klere: Gedurende die eerste kwartaal kan u ‘n Eligwa-hempie aankoop, wat saam met ‘n vlootblou “rugbybroekie” (seuns) en ‘n broekrompie (dogters) op Vrydae gedra word. Hierdie is ons “Amptelike drag” wat op alle uitstappies en spesiale geleenthede gedra sal word. Hierdie klere is by MG’s Schoolwear in die dorp beskikbaar. Telnr. 016 9311173. Vir die res van die week is ou klere reg!! Vuil word, mors en nat word, is mos deel van ons werk! Dit sal dalk goed wees as u die eerste paar maande ‘n skoon stelletjie klere in die tassie sit, vir die onvoorsiene ongelukkies.

Speelgoed: Groot asseblief: GÉÉN speelgoed nie! Dit veroorsaak net probleme.

Fondsinsamelings: Fondsinsamelings word by die groot skool ingelyf. U sal merk al die omsendskrywes van die groot skool word ook aan die Gr. R- en RR leerders uitgereik.

Die eerste skooldag : 2020 Die skool open op 15 Januarie 2020 (D.V.) Ons wil u egter versoek om u kind reeds die 14de Januarie tussen 8 en 9 skool toe te bring. U kind kan dan reeds sien waar hul klassies is, hul juffrou ontmoet en al hul skryfbehoeftes in hul rakkies bêre. U sal begin Desember ‘n sms ontvang om u in te lig waar u kind ingedeel is. Neem dus u kind sommer direk na sy/haar klas. Maak die afskeid so normaal en kort as moontlik. U kind sal die eerste amptelike skooldag ‘n naamkaartjie ontvang wat dan asb. vir die daaropvolgende 2 weke gedra moet word. Skool sluit vanaf die eerste dag om 12:30 .

Belangrik: Leerders word volgens geboortedatums gelykop in klasse ingedeel. Geen verskuiwings na ander

klasse sal gemaak word nie. Gesels asb. met juffrou NA skool, die nuwe maatjies gaan al haar aandag nodig hê in die oggend. Ons maak staat op u ondersteuning en hulp, baie dankie daarvoor!!

Ons sien uit na ‘n opwindende jaar hier by Laerskool Eligwa! Graad R- en RR-onderwyseresse