geloof in aksie mosselbaai moedergemeente · 2020-06-23 · ons kan maar net op god vertrou om ons...

5
GELOOF IN AKSIE Mosselbaai Moedergemeente Ons geloofsoffers aan die werk… Junie 2020 Liewe gemeente! Vir baie van ons is die grendeltyd ‘n besondere tyd van retrospeksie, nadenke, besinning oor ons verhouding met God. Waar pas ek en jy in God se prentjie in? Waaraan herinner die Heilige Gees ons, en leer Hy ons nuut van die Vader, die Seun en van Homself? En van gebed? En waar pas ek in God se groter prentjie in? Henri Nouwen skryf só oor ons verhouding met God: When I bring myself into the presence of God, I imagine Him in many ways: as a loving father, a supporting sister, a caring mother, a severe teacher, an honest judge, a fellow traveller, an intimate friend, a gentle healer, a challenging leader, a demanding taskmaster. All these ‘personalities’ create images in my mind that affect not only what I think, but also what I actually experience myself. I believe that true prayer makes us into what we imagine. To pray to God leads to becoming like God. . . .The more we come to depend on the images offered to us by those who try to distract us, entertain us, use us for their purposes, and make us conform to the demands of a consumer society, the easier it is for us to lose our identity. The imposed images actually make us into the world that they represent, a world of hatred, violence, lust, greed, manipulations, and oppression. But when we believe that we are created in the image of God himself and come to realize that Christ came to let us reimagine this, then meditation and prayer can lead us to our true identity.” Jesus:”Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie,: Hy sal net sê wat Hy hoor….Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”(Joh.16:13). Mag ons elkeen oop wees vir die werking van die Gees in ons lewens en alhoemeer soos Christus lyk en optree… ook teenoor ons sendelinge… In verlede maand se nuusbrief het ons nuus uit Europa, Panama, Madagaskar en Nepal met julle gedeel. Vandag gee ons terugvoer oor Kobus van Zyl se besoek aan Suid-Soedan, ds. Henri en Wessel Crous se besoek aan Mosambiek en ons finansies Kobus vertel: My besoek aan Suid-Soedan in Maart vanjaar het heeltemal anders daar uitgesien as my vorige besoeke. Hierdie keer het ek nie gaan klasgee nie; ek moes die Imotong Bible School in Torit gaan besoek om te evalueer of die skool ná 4 jaar se onbruik vanweë die oorlog weer heropen kan word. Voor ek Torit toe is, moes ek eers vergader met kerkleiers, o.a. Rev. Angelo Geri van die AIC (wat my genooi het vir hierdie besoek) om presies te hoor wat hul behoeftes rondom die heropening van die Bybelskool is. Daarna is ek 3 weke lank bos toe, o.a. om die evaluering te gaan doen. Wat die Bybelskool betref: die hele terrein is in ‘n baie verwaarloosde toestand. Die geboue kort baie herstelwerk, en die 5 hektaar landbougrond, wat tussen 2010 en 2015 vir goeie mielieopbrengste gesorg het juis ook ter wille van selfonderhouding is vergroeid en verwaarloos. Dat daar wel potensiaal is om die geboue op te knap en die grond weer plantbaar te maak is ‘n feit. Maar dat die koste daaraan verbonde baie sekuur eers bereken sal moet word, is ook ‘n feit. Daar is ‘n groot behoefte daaraan om ‘n heropende Bybelskool meer doelmatig te laat funksioneer: om bo en behalwe die teologiese opleiding ook kursusse in kinderevangelisasie en vrouebediening, ens. aan te bied. Die Bybelskool is goed geleë om ook die Woord te versprei in die onherbergsame Imotongberge waar die Evangelie nog nie verkondig is nie. Die studente aan die Bybelskool kan aktief deelneem aan uitreiksaksies in die berge; om mettertyd al dieper die berge in te beweeg en kerke te plant. Die Bybelskool

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GELOOF IN AKSIE Mosselbaai Moedergemeente · 2020-06-23 · Ons kan maar net op God vertrou om ons elke maand te help om ons verantwoordelikhede na te kom. Hy is ons Voorsiener! Hy

GELOOF IN AKSIE Mosselbaai Moedergemeente

Ons geloofsoffers aan die werk… Junie 2020

Liewe gemeente! Vir baie van ons is die grendeltyd ‘n besondere tyd van retrospeksie, nadenke, besinning oor ons verhouding met God. Waar pas ek en jy in God se prentjie in? Waaraan herinner die Heilige Gees ons, en leer Hy ons nuut van die Vader, die Seun en van Homself? En van gebed? En waar pas ek in God se groter prentjie in? Henri Nouwen skryf só oor ons verhouding met God:

“When I bring myself into the presence of God, I imagine

Him in many ways: as a loving father, a supporting sister, a

caring mother, a severe teacher, an honest judge, a fellow

traveller, an intimate friend, a gentle healer, a challenging

leader, a demanding taskmaster. All these ‘personalities’

create images in my mind that affect not only what I think,

but also what I actually experience myself. I believe that

true prayer makes us into what we imagine. To pray to

God leads to becoming like God. . . .The more we come to

depend on the images offered to us by those who try to

distract us, entertain us, use us for their purposes, and

make us conform to the demands of a consumer society,

the easier it is for us to lose our identity. The imposed

images actually make us into the world that they represent,

a world of hatred, violence, lust, greed, manipulations, and

oppression. But when we believe that we are created in the

image of God himself and come to realize that Christ came

to let us reimagine this, then meditation and prayer can

lead us to our true identity.” Jesus:”Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie,: Hy sal net sê wat Hy hoor….Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”(Joh.16:13). Mag ons elkeen oop wees vir die werking van die Gees in ons lewens en alhoemeer soos Christus lyk en optree… ook teenoor ons sendelinge… In verlede maand se nuusbrief het ons nuus uit Europa, Panama, Madagaskar en Nepal met julle gedeel. Vandag gee ons terugvoer oor Kobus van Zyl se besoek aan Suid-Soedan, ds. Henri en Wessel Crous se besoek aan Mosambiek en ons finansies Kobus vertel: “My besoek aan Suid-Soedan in Maart vanjaar het heeltemal anders daar uitgesien as my vorige besoeke. Hierdie keer het ek nie gaan klasgee nie; ek moes die Imotong Bible School in Torit gaan besoek om te evalueer of die skool ná 4 jaar se onbruik vanweë die oorlog weer heropen kan word. Voor ek Torit toe is, moes ek eers vergader met kerkleiers, o.a. Rev. Angelo Geri van die AIC (wat my genooi het vir hierdie besoek) om presies te hoor wat hul behoeftes rondom die heropening van die Bybelskool is. Daarna is ek 3 weke lank bos toe, o.a. om die evaluering te gaan doen. Wat die Bybelskool betref: die hele terrein is in ‘n baie verwaarloosde toestand. Die geboue kort baie herstelwerk, en die 5 hektaar landbougrond, wat tussen 2010 en 2015 vir goeie mielieopbrengste gesorg het – juis ook ter wille van selfonderhouding – is vergroeid en verwaarloos. Dat daar wel potensiaal is om die geboue op te knap en die grond weer plantbaar te maak is ‘n feit. Maar dat die koste daaraan verbonde baie sekuur eers bereken sal moet word, is ook ‘n feit. Daar is ‘n groot behoefte daaraan om ‘n heropende Bybelskool meer doelmatig te laat funksioneer: om bo en behalwe die teologiese opleiding ook kursusse in kinderevangelisasie en vrouebediening, ens. aan te bied. Die Bybelskool is goed geleë om ook die Woord te versprei in die onherbergsame Imotongberge waar die Evangelie nog nie verkondig is nie. Die studente aan die Bybelskool kan aktief deelneem aan uitreiksaksies in die berge; om mettertyd al dieper die berge in te beweeg en kerke te plant. Die Bybelskool

Page 2: GELOOF IN AKSIE Mosselbaai Moedergemeente · 2020-06-23 · Ons kan maar net op God vertrou om ons elke maand te help om ons verantwoordelikhede na te kom. Hy is ons Voorsiener! Hy

kan selfs ook dien as ‘n soortvan retreatsentrum vir pastore in Suid-Soedan: ‘n plek waar hul kan rus van hul alledaagse verantwoordelikhede en net weer tot rus kom in die Here.” Kobus en een van die ouderlinge het ook op ‘n uitreik in die berge gegaan: te voet. Geen paaie nie! Na waar die Evangelie nog nooit gehoor is nie. Vir baie van die mense wat hul in die gehuggies raakgeloop het, was Kobus die eerste blanke persoon wat hul gesien het. Van die kinders was skoon verskrik! Sy begeleier het die basiese boodskap van Jesus Christus met die inwoners in die Lotoko-taal gedeel…met die belofte dat hulle weer sal kom. Die geestelike nood van die mense daar is vir Kobus oorgenoeg motivering waarom die Bybelskool weer moet open. Die kosteberekening moet gemaak word…en die sinode sal dan besluit oor die toekoms van die skool. Intussen vra Kobus ons voorbidding vir hierdie belangrike saak. Ps. 127:1:”As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs.”

In hierdie village naby Gilo was Kobus die eerste blanke wat ooit daar was. Die chief staan heel regs. Hy het vir Kobus-hul ‘n stuk land uitgewys waar hul ‘n gastehuis kan bou vanwaar werkers na die inwoners kan uitreik.

Kobus het hierdie doopgeleentheid bygewoon waar 62 jongmense naby Katire ( nie ver van die Bybelskool nie) hul lewens aan God gewy het. Kobus saam met pastor Geri van Katire in die Imotongberge. Daar is nog baie verlore mense in die berge wat die evangelie moet hoor!

Die church council by Katire aan die voet van die berg. Hulle het ‘n visie om die mense daarbo met die evangelie te bereik.

Page 3: GELOOF IN AKSIE Mosselbaai Moedergemeente · 2020-06-23 · Ons kan maar net op God vertrou om ons elke maand te help om ons verantwoordelikhede na te kom. Hy is ons Voorsiener! Hy

Mosambiek uitreik - Maart 2020 (Ds. Henri is aan die woord): “Ek en Wessel Crous het die lang tog Mosambiek toe aangepak. Chimoio toe. Waar Israel Domingo bly. Israel is ’n dominee daar. ’n Toegewyde dominee wat lief is vir sy Here en vir sy mense. Ek het van Israel te hore gekom. Ek het gehoor dat die gemeente wat hom tot nog toe ondersteun het, hul ondersteuning gestaak het. Op whatsapp het ons vriende geword. Hierdie vriendskap is verder gesmee deur ons besoek daar. Ek en Wessel het doodmoeg en opgereis by hom aangekom in sy nederige huisie. Sy familie het ons met oop arms verwelkom en vir ons net die beste gegee. Wat ’n voorreg. Ons het ’n dag saam met hom beleef. ’n Uittog na een van sy vele buiteposte toe. Lang, ongemaklike ritte in taxis en ver stap daarna. Ek weet nie hoe doen hierdie man dit sonder ’n voertuig nie. Elke keer kon ek die respek en liefde van die mense teenoor hom beleef. En natuurlik sy liefde vir sy mense. Na die geweldige vloede in Mosambiek is daar natuurlik niks van hul kerkgebou oor nie. Hulle hou kerk onder ’n mangoboom, of in die oopte sommer onder ’n seiltjie. Hulle is met so min tevrede. Dit het my en Wessel aan die hart geruk. Ons het so baie en hulle het absoluut niks. Ons broer in Chimoio, Mosambiek, het my diep aan die hart geraak. ’n Man van God met ’n roeping. ’n Roeping vir ’n stukkende, geweldige arm land. Hy bly en

werk onder moeilike omstandighede. Hy en sy gesin kom klaar met die basiese en minder.

Ds. Israel Domingo

Kerkhou onder die bome…

Page 4: GELOOF IN AKSIE Mosselbaai Moedergemeente · 2020-06-23 · Ons kan maar net op God vertrou om ons elke maand te help om ons verantwoordelikhede na te kom. Hy is ons Voorsiener! Hy

….want só lyk die kerk na die vloed…

Dank ons Vader dat ons geld ingesamel het met die Thabazimbi-na-Mosselbaai -fietstoer. Met hierdie geld kan ons hierdie bediening in Mosambiek regtig seën.”

Ons finansies: Ons het besef dat die Covid 19-situasie ons finansies gaan beïnvloed, daarom het ons besluit om op ons uitgawes te besnoei waar ons enigsins kan. Ons kan net nooit ons sendelinge afskeep nie! In ag genome die swak R/$ wisselkoers het die bediening dit goed geag om die sendelinge se maandelikse bedrag met 8% te verhoog in die nuwe boekjaar. En steeds gaan dit broekskeur met hulle om finansieel die mas op te kom. Vaste maandelikse uitgawes: Sendelinge R33,974.00 Arbeidsbediening R 5,705.00 InContext R 5,000.00 FEBA radio R 1,500.00

Makhathini R 500.00 The Haven R 3,200.00 TOTAAL: R49,879.00 Geloofsoffers ontvang die afgelope 3 maande: Maart R75, 329.00 April R93, 521.00 Mei R31, 327.00 Daar is ook ‘n skenking van R10,000.00 aan die Nagskuiling (The Haven) en ‘n skenking van R4,800.00 aan Kobus van Zyl ontvang. Baie dankie daarvoor!

Julle sal onthou dat ons berig het oor die nood aan kospakkies aan die armste van die armes in Nepal (waar Paul dit met die hulp van 3 pastore versprei); ons het uit ons geloofsoffers (met die wonderlike inkomste van April!) R9,000.00 daarvoor gegee. Paul vertel dat hul versorging van die “honde”” (soos die hoër Hindoeklasse na die armes verwys) groot aandag getrek het…wat op sigself weer ‘n geleentheid gee om van God se liefde te getuig. En die armes het op praktiese wyse ervaar dat hul menswaardig is. Paul het pas sy visum kon hernu. Nepal het sy inperkingsvereistes verskerp: ons bid dat hy toestemming sal kry om na die koffielande in die berge te reis waar hulle ‘n klomp avokadoboompies wil aanplant ter wille van skadu vir die koffieplante, maar ook om ‘n verder projek op die been te bring nl. ‘n inkomste vir die armes uit die avo’s.

Baie dankie aan elkeen wat in hierdie moeilike tye getrou hul belofte aan God nakom!”As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.”(2 Kor. 8:12). Ons kan maar net op God vertrou om ons elke maand te help om ons verantwoordelikhede na te kom. Hy is ons Voorsiener! Hy ken ons harte! Hý moet ook deur ons rentmeesterskap verheerlik word!

Uit Engeland is daar ‘n gebedsversoek van Ina Steyn vir ‘n wonderwerk van God: om haar eie huis te kan koop. Kortliks beteken dit: om maandeliks ‘n verband af te betaal sal vir haar minder uit die sak jaag as om maandelikse huur te betaal. Sy het aansoek gedoen by die sg staatshulp vir eerste kopers. Bid asb. ernstig saam met ons dat sy guns sal geniet by God! Want dit sal werklik ‘n wonderwerk kos om hierdie wens waar te maak! By God is NIKS onmoontlik nie!

Page 5: GELOOF IN AKSIE Mosselbaai Moedergemeente · 2020-06-23 · Ons kan maar net op God vertrou om ons elke maand te help om ons verantwoordelikhede na te kom. Hy is ons Voorsiener! Hy

Liewe gemeente! Die Heilige Gees is uitgestort… en God Drie-enig het daardeur die kerk tot stand gebring. Ons is sy kerk! Ons is sy liggaam op aarde. Sonder die werking van die Gees kan die koninkryk nie uitgebou word nie: die Gees + gelowiges = uitbou van die koninkryk op aarde. Dis ek en jy… Wees ‘n sendeling in jou eie omgewing en binne jou eie invloedsfeer. Maar bid asb. in besonder vir hulle wat nie aan sy eie belange dink nie, maar aan dié van ander…ander wat nog nooit die evangelie kon hoor nie: Kobus van Zyl, Paul en Toni Ferreira, Ina Steyn, Nic en Tina Strydom en Johan en Esté de Nysschen. Mag God deur ons toewyding aan sy werk verheerlik word! Ds. Henri, Ena, Hennie, Mareta, Eric, Erica, Monica, Jenny, Leana, Annali, Hannes en Helen

Sendingrekening: GO NG Kerk Mosselbaai ABSA spaar 9305467263 takkode 632005