graad 8 opsommings: kwartaal 1. inleiding: …...kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk...

13
Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: EENHEID 1 - HOE HET DIE INDUSTRIELE REVOLUSIE BRITTANJE VERANDER? WATTER FAKTORE HET BRITTANJE GRETIG GEMAAK OM SUID-AFRIKA TE KOLONISEER/OOR TE NEEM? HOE HET DIE ONTDEKKING VAN DIAMANTE IN SUID- AFRIKA DIE LAND VERANDER? Minerale revolusie in Suid-Afrika: Het plaasgevind na die ontdekking van diamante in 1867 in Kimberley, en het voortgeduur met die ontdekking van diep goud in 1886 aan die Witwatersrand. Die Britte het reeds dele van Suid-Afrika koloniseer teen die tyd wat die diamante ontdek was. Brittanje het dit ʼn magtiger en meer vasberade moondheid gemaak – die nuwe diamantrykdom in Suid-Afrika het die Britte geleidelik betrek by die beheer van die hele Suid-Afrika. HOE HET DIE INDUSTRIELE REVOLUSIE BRITTANJE VERANDER? 1. RYKDOM UIT SLAWEHANDEL: Die driehoekige handelsroete tussen Europa, Afrika en Amerika het in die 18de eeu ʼn hoogtepunt bereik. Die hoeksteen van die handelsroete was die trans-Atlantiese slawehandel. Met ander woorde slawehandel het bygedra tot die ekonomiese groei van Europa en Amerika. Brittanje het die grootste rol in Slawerny gespeel wat in die 18de eeu 3 miljoen mense uit Afrika na ʼn lewe van slawerny vervoer. 2. Die BRITTE HET BAAT GEVIND BY DIE HANDEL DEUR: EERSTE was Londen en Bristol die belangrikste stede gewees in slawehandel. Later was Liverpool die grootste slawehandelhawe in die Atlantiese stelsel. In die middel van die 18de eeu was daar net in Liverpool – ongeveer 175 slaweskepe. Die grootste inkomste is verkry deur invoer en uitvoer wanneer skepe deur die hawens gevaar het. Brittanje het tekstielware (bv. steenkool, skeepsbou en katoenvesel), fabrieksware (bv. masjiene) en kommoditeite ’n natuurlike hulpbron (uit die aarde gehaal) word, soos byvoorbeeld goud, diamante, olie en aardgas.) na Afrika uitgevoer... Gewere was in ʼn groot aanvraag in Afrika. Birmingham het goedkoop gewere (wat `n goeie wins maak - deur dit vir duurder te verkoop), vir die Afrika-mark gemaak deur dit te verkoop. Lloyds en Barclays, een van die vroegste banke in Brittanje het baie van hulle rykdom uit slawehandel verdien. Sommige mense het ryk geword en was invloedryk in die politiek. Revolusie in BRITTANJE: Ekonomie voor die Industriële Revolusie: a) Voor die industriële revolusie het ʼn groot deel van die land se bevolking op die platteland gewoon. Hulle was afgesonder en het klein gemeenskappe gevorm. b) Hulle het graan verbou of skape vir wol geteel, wat handearbeid geverg het . c) Plaasgereedskap was algemeen, maar nie masjiene nie. Al was die diere geteel, het hulle nie die diere gebruik om die grond te bewerk nie. d) Goeie somers het goeie oeste beteken en lang winters het hongerte en ongerief ingehou. Landbou – ekonomie: Kleinboere (werkers) moes ʼn verhouding gehad het met grondbesitters (baas), sodat hulle op die grond kon woon, die grondbesitters het met die oeste sy arbeid betaal. – (lyfeienskap - vir die werk wat hulle doen.) Hoewel Lyfeienskap verdwyn het teen die einde van die 17de eeu in Engeland, maar meeste plase was klaar op gemeenskaplike grond gevestig gewees. – Beteken klomp mense het op een stuk grond gewoon.

Upload: others

Post on 18-Jul-2020

54 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1.

Inleiding: EENHEID 1 - HOE HET DIE INDUSTRIELE REVOLUSIE

BRITTANJE VERANDER? WATTER FAKTORE HET BRITTANJE

GRETIG GEMAAK OM SUID-AFRIKA TE KOLONISEER/OOR TE

NEEM? HOE HET DIE ONTDEKKING VAN DIAMANTE IN SUID-

AFRIKA DIE LAND VERANDER?

➢ Minerale revolusie in Suid-Afrika: Het plaasgevind na die ontdekking van diamante in

1867 in Kimberley, en het voortgeduur met die ontdekking van diep goud in 1886

aan die Witwatersrand.

➢ Die Britte het reeds dele van Suid-Afrika koloniseer teen die tyd wat die diamante

ontdek was. Brittanje het dit ʼn magtiger en meer vasberade moondheid gemaak –

die nuwe diamantrykdom in Suid-Afrika het die Britte geleidelik betrek by die

beheer van die hele Suid-Afrika.

HOE HET DIE INDUSTRIELE REVOLUSIE BRITTANJE VERANDER?

1. RYKDOM UIT SLAWEHANDEL:

• Die driehoekige handelsroete tussen

Europa, Afrika en Amerika het in die 18de

eeu ʼn hoogtepunt bereik.

• Die hoeksteen van die handelsroete was die

trans-Atlantiese slawehandel. Met ander

woorde slawehandel het bygedra tot die

ekonomiese groei van Europa en Amerika.

• Brittanje het die grootste rol in Slawerny gespeel wat in die 18de eeu 3 miljoen

mense uit Afrika na ʼn lewe van slawerny vervoer.

2. Die BRITTE HET BAAT GEVIND BY DIE HANDEL DEUR:

• EERSTE was Londen en Bristol die belangrikste stede gewees in slawehandel. Later

was Liverpool die grootste slawehandelhawe in die Atlantiese stelsel.

• In die middel van die 18de eeu was daar net in Liverpool – ongeveer 175 slaweskepe.

Die grootste inkomste is verkry deur invoer en uitvoer wanneer skepe deur die

hawens gevaar het.

• Brittanje het tekstielware (bv. steenkool, skeepsbou en katoenvesel), fabrieksware

(bv. masjiene) en kommoditeite ’n natuurlike hulpbron (uit die aarde gehaal) word,

soos byvoorbeeld goud, diamante, olie en aardgas.) na Afrika uitgevoer...

• Gewere was in ʼn groot aanvraag in Afrika. Birmingham het goedkoop gewere

(wat `n goeie wins maak - deur dit vir duurder te verkoop), vir die Afrika-mark

gemaak deur dit te verkoop.

• Lloyds en Barclays, een van die vroegste banke in Brittanje het baie van hulle

rykdom uit slawehandel verdien.

• Sommige mense het ryk geword en was invloedryk in die politiek.

Revolusie in BRITTANJE:

Ekonomie voor die Industriële Revolusie:

a) Voor die industriële revolusie het ʼn groot deel

van die land se bevolking op die platteland

gewoon. Hulle was afgesonder en het klein

gemeenskappe gevorm.

b) Hulle het graan verbou of skape vir wol geteel,

wat handearbeid geverg het .

c) Plaasgereedskap was algemeen, maar nie

masjiene nie. Al was die diere geteel, het hulle nie die diere gebruik om die grond te

bewerk nie.

d) Goeie somers het goeie oeste beteken en lang winters het hongerte en ongerief

ingehou.

Landbou – ekonomie:

• Kleinboere (werkers) moes ʼn

verhouding gehad het met

grondbesitters (baas), sodat hulle op die

grond kon woon, die grondbesitters het

met die oeste sy arbeid betaal. –

(lyfeienskap - vir die werk wat hulle

doen.)

• Hoewel Lyfeienskap verdwyn het teen die einde van die 17de eeu in Engeland,

maar meeste plase was klaar op gemeenskaplike grond gevestig gewees. – Beteken

klomp mense het op een stuk grond gewoon.

Page 2: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

• Die grond is net so groot en moes verdeel word tussen al die mense (kleinboere)

sodat elke huishouding ʼn strook grond kan ontvang om te kan boer.

Dit het beteken dat die landbou - ekonomie nie kon groei nie want niemand kon hul

boerdery groter maak nie as gevolg van die hoeveelheid grond wat hulle gehad het.

Landbouproduksie kon nie toeneem nie en al die grondbesitters het arm gebly. Daar

was nie plek om die boerdery te laat groei nie.

Vroeë 17oo`s het ontwikkelings plaas gevind

1) Landbouproduksie het skerp gestyg en tot ʼn landbou-oorskot gelei:

Die ontwikkelings het uitvindings, nuwe

boerderymetodes en die omheiningstelsel ingesluit

(Elke kleinboer het sy volle grond terug gekry). Deur

die volgende:

Eerstens...Jethro Tull – Engelse landboukundige – het

ʼn saaimasjien ontwerp - Sade kon diep in die grond

geplant word in stede wat weggespoel is.

Hy het ook ʼn skoffelmasjien ontwerp – Dit het dit

moontlik gemaak dat ʼn perd ʼn ploeg vinnig kan trek.

Tweedens...Lord Townshend – ʼn Engelse edelman - Hy het die

viergang-wisselbou bekend gestel wat gehelp het met die heeljaar

se boerdery

Derdens...Robert Bakewell – ʼn Engelse

landboukundige - Hy het die veeteelt grootliks

verbeter, wat die diereproduksie vermeerder het.

Laastens - was daar die omheiningstelsel – die stelsel waar die gemeenskaplike

oopvelde waarop boere hulle gewasse geplant het afgekamp is en grond eienaars

weer volle beheer daarop gehad het

• Dit het in die 1750`s begin gebeur wat die kleinboer in staat gestel het om hulle

boerderyproduksie te vermeerder en te spesialiseer in die verbouing (voortplant)

van spesifieke gewasse (lande).

• Grondbesitters is van hulle grond onteien, maar het beteken dat Brittanje ʼn oorskot

voedsel kon produseer, wat nodig sou wees om ʼn bevolking te voed wat in die 18de

eeu verdubbel het.

• Dit het ook beteken dat grondbesitters gedwing was om vir hulle werk te kry in die

fabrieke wat op die dorpe en stede begin opskiet het.

• Gevolglik het die landbou – ekonomie voor die industriële revolusie op die twee

maniere tot sowel die kos as die arbeidsmag bygedra wat nodig was om die

revolusie aan die gang te hou.

2) Tuisnywerhede:

Tuisnywerhede is die ander gedeelte van Brittanje se

ekonomie:

• Dit is ʼn gewilde soort ekonomiese bedrywigheid in die 17de

en vroeë 18de eeue.

• Boere en hulle gesinne het dikwels die tyd en begeerte gehad om ʼn ekstra

inkomste te verdien in die deel van die winter wanneer daar met min plaaswerk te

doen was. Hulle het werk soos (naaldwerk, kantmakery of huishoudelike

vervaardiging gedoen)

• In die vroeë 18de eeu het tuisnywerhede meer gespesialiseerd geword. Sakelui en

handelaars het begin rondreis – hulle het

grondstowwe gekoop en afgelewer by die mense

wat dit bewerk het. Hulle het dan die voltooide

goedere gaan haal en plaaslik verkoop, of meer

dikwels na ʼn mark gevat.

• Hier is die manier, wat mense gebruik het om klere

en ander produkte by die huis te maak. Om lap te

maak het mense wol tot gare gespin op die spinwiel

en die gare het hulle dan met hulle hande tot lap

geweef

Page 3: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

Die bydra van tuisnywerhede in die Industriële revolusie:

• Dit was winsgewend vir die stedelike handelaars en het die Engelse ekonomie

verstewig

• Brittanje het oorsee bekend geword vir goedkoop uitvoer van hoë gehalte

• Landelike handelaars het ondervinding opgedoen van die invoer van grondstowwe en

uitvoer van fabrieksware.

• Baie mense wat in die tuisnywerhede gewerk het, het vaardighede ontwikkel wat

nodig was in die fabrieke van die Industriële revolusie, soos bv. tekstielfabrieke.

3) Wat was die Industriële Revolusie:

❖ Dit was ʼn verandering wat in Brittanje begin het.

❖ Dit was ʼn verskuiwing van mense wat op grond gewerk het en moes toe na stede

trek. Nuwe vervaardiging het plaas gevind.

❖ Daar was nuwe uitvindings, idees en metodes.

❖ Ontwikkelings het beteken dat produkte veel doeltreffender vervaardig kon word.

❖ Die gebruik van nuwe materiale soos yster en steenkool het gelei tot die uitvindings

van ʼn stoomenjin

❖ Die industriële revolusie het ʼn enorme toename in doeltreffendheid beleef

4) Maatskaplike veranderings tydens die industriële revolusie

Tydens die 1800`s het die Industriële revolusie regdeur Brittanje versprei.

➢ ʼn Aantal fabrieke is tot stand gebring en mense het van die

platteland af getrek om werk toe soek met beter betalings

➢ Die loon van ʼn plaaswerker was baie min en daar was min

werksgeleenthede op plase weens die nuwe masjiene soos

dorsmasjiene.

4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede

• Duisende werkers was nodig om masjiene in meule en smelterye te bedien.

• Nadat al die mense van die plase af getrek het stede toe het al die stede vol geword

en Londen was die meeste nie voorbereid in die hoeveelheid mense nie.

• Mense moes hulle huise voller prop wat reeds vol was. As daar geen huise was nie

moes die mense losieshuise huur. Losieshuis (Huis met baie kamers waar mense een

of meer nagte kon huur)

4.1.1 Die WERKERSKLAS

Die industriële revolusie het die lewe van die werkersklas

verander:

1. Massaproduksie en meganisering het tot werkloosheid

gelei. Massaproduksie: vervaardiging van groot

hoeveelhede gestandardiseerde produkte Meganisering:

Wanneer masjiene die werk doen wat mense eers gedoen

het.

2. Werkers en werkgewers moes aanpas by nuwe masjinerie.

3. Meeste werkers het onder strawwe omstandighede in die

groeiende nywerheidstad gewerk en gewoon.

4. ʼn Werkdag destyds in fabrieke- sowat 12 tot 14 uur vir ses dae per week, is

omtrent dieselfde in tuisnywerhede.

5. Werkers wou masjiene solank moontlik laat loop en is so gedwing om vinniger en

sonder rus te werk. Werk het meer gespesialiseerd geword en was vervelig.

6. Omdat die produksie wat ou tegnologieë gebruik het relatief duur geword het, het

mense die vermoë om inkomste te verdien verloor en is gedwing om onder lae lone

te werk.

7. Vroue en kinders moes ook gewerk het as ongeskoolde arbeiders vir lae lone.

Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en

kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne werk.

4.1.2 Oorbevolkte behuising

➢ Werkers se huise was gewoonlik naby aan fabrieke en kon

werk toe stap

➢ Die huise was vinnig en goedkoop gebou. Meeste huise

het 2 tot 4 vertrekke gehad met 1 of 2 vertrekke op die

grondverdieping en 1 of 2 vertrekke op die boverdieping

➢ Victoriaanse gesinne was groot met 4 of 5 kinders. Daar

was geen lopende water of binnenshuise toilette nie – ʼn

hele straat moes ʼn buitemuurse pomp en ʼn paar

buitetoilette deel.

➢ Die meeste huise in die noorde was rug aan rug in dubbel

rye gebou, sonder vensters aan die voorkant, sonder

agterplase en met ʼn riool in die middel van die straat, die strate is nou.

Page 4: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

➢ Meeste van die stede was vuil en ongesond. Die huishoudelike vullis was in die strate

uitgegooi.

➢ Hierdie krotbuurt-omstandighede (baie vuil, onhigiëniese en oorbevolkte

lewensomstandighede) was ʼn teelwaarde vir siektes. Meer as 31 000 mense het in

1832 gesterf in ʼn uitbreking van cholera en nog veel meer is dood gemaak deur tifus

(bakteria siektes), pokke en disenterie.

4.1.3 Armoede

Daar was ʼn verskriklike armoede wat ontwikkel het in meeste dorpe

en stede:

• Daar was nie genoeg werk nie

• Fabrieke kon nie meer mense hoë lone betaal nie en mense het

gesukkel om te oorleef

• Meganisering het tot werkloosheid gelei – masjiene het mense se

werk oorgeneem

• Gesinne het hulle kinders weg gestuur om werk te soek. 7 en 8 jariges

kon van 4 uur die oggend tot 7 uur die aand as voëlverskrikkers op die

lande werk, ouer kinders het as tydelike werkers gewerk

• Vuil groepe mense en kinders wat verflenterd is het rondgesweef

op strate sonder enige inkomstes. Straatkinders was gewoonlik

weeskinders waar niemand vir hulle sorg nie – hulle het gesteel en

het in deuropeninge geslaap.

• Sommige straatkinders het klein werkies gedoen net om geld te

verdien, hulle kon werk as straatveërs, ander het weer muffins,

blomme, vuurhoutjies en lap verkoop

4.1.4 Armhuise

ʼn armhuis is ʼn huis wat opgerig is om armes te huisves:

• Dit was oor die hele land gebou as gevolg van die inwerkstelling van die nuwe wet op

armes van 1834.

• Die wet van die parlement het bepaal dat mense wat baie arm, oud, siek of werkloos

was, versorg moes word in die armhuise. Die geboue was dikwels baie groot en is

mettertyd gevrees deur die armes en ou mense.

• Die armhuis sou kos, drank en werk aan sy inwoners gee, dit was ʼn onaangename

plek, mense moes hulle besittings in klein bondels bymekaar maak en armhuis toe

gegaan het en verwag dat hulle bly tot hulle gesterf het

Die beelde het waarnemers ontstel in die 18de eeu. Daar was destyds baie min

staatsorg vir die armes en geen veiligheid wat aan almal ʼn minimum standaard van

welsyn verseker het nie. Die vereniging vir verwaarloosde en verlate kinders was een

van die eerste organisasies wat probeer het om kinderarmoede op `n nasionale skaal

te verlig.

DIE INDUSTRIËLE REVOLUSIE VAN DIE KINDERS

4.2 Die myne en fabrieke

• Myne en fabrieke het werk aan mense gebied, dit was nie altyd veilig nie en

baie mense en kinders is al beseer of doodgemaak.

• Die fabriekstelsel is gekritiseer oor:

• Streng dissipline

• Kwaai strawwe

• Ongesonde werksomstandighede

• Lae lone

• Onbuigsame werksure

• Die fabriek het nie goeie werksverhouding tussen die werkgewer en

werknemer aangemoedig nie en is aangeval omdat dit die werkers hulle

vryheid en kreatiwiteit ontneem het

4.2.1 kinderarbeid

Kinderarbeid is wanneer kinders van ʼn baie jong ouderdom gebruik word om vir

goedkoop arbeid te werk en min of geen betaling ontvang nie. Tydens die

industriële revolusie het fabriek en mede-eienaars kinders as werkers gebruik

om die volgende redes:

1. Fabriekeienaars het gemeen kinders was ʼn goedkoop bron van arbeid wat

hulle in staat gestel het om mededingend te bly

2. Kinders was ideale fabriekwerkers omdat hulle gehoorsaam en onderdanig

was. Hulle sou nie op straf reageer en nie vakbonde vorm nie

3. Veral die ratse vingers, klein portuur en soepelheid van kinders was geskik vir

die nuwe masjinerie en werksomstandighede in daardie tye

4. Kinders het ʼn relatiewe voordeel gehad met die masjiene wat klein en naby

die grond gebou was, en ook in die smal ondergrondse tonnels van steenkool

en metaalmyne

5. Die industriële revolusie het in die geval van die aanvraag na kinderarbeid

verhoog deur werksituasies te skep waar hulle baie produktief kon wees

Page 5: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

4.2.2 Kinderarbeid in katoenfabrieke

• Duisende kinders het in katoenfabrieke gewerk, die

fabriekeienaars het dikwels weeskinders ingeneem en hulle ʼn

plek gegee om te bly, maar hulle het hulle dan so hard

moontlik laat werk sonder betaling.

• Die kinders het meeste van hulle werksure by die masjiene

deurgebring. Hulle het selfs ʼn deel van Sondae gebruik om

masjiene skoon te maak.

• Daar is ernstige ongelukke wat gebeur dat kinders geskalpeer word wanneer hulle

hare in die masjiene vas gevang word – hare en vel word van die kop verwyder. Hulle

hande is vergruis en party kinders het gesterf deur aan die slaap te raak en in die

masjien geval het.

4.2.3 Kinderarbeid in myne

Steenkoolmyne was gevaarlik oor:

1. Dakke wat soms ingestort het

2. Ontploffings wat gebeur het

3. Daar was baie min veiligheidsmaatreëls

4. Die sny en vervoer van steenkool wat die masjiene doen is destyds deur

mans, vrouens en kinders gedoen.

5. Kinders het dikwels as vangers gewerk wat valdeure beheer het – Hulle het in

ʼn gat gesit wat uitgehol was en ʼn tou vasgehou wat aan die deur vasgebind

is. Wanneer hulle die waens hoor aankom moes hulle die tou trek dat die

deur oopmaak. Dit was een van die maklikste werke in die myn maar baie

eensaam en die holtes was gevul met koue lug.

6. Ouer kinders is soms in diens geneem as draers en moes vragte steenkool op

hulle rug gedra het in groot mandjies

• Kinders was gesien as waardevolle werkers omdat hulle klein was en kon in

baie klein spasies rondbeweeg, veral in fabrieke en in myne waar volwassenes

nie kon pas nie. Kinders het gewerk om te help om hul gesinne te onderhou. Dit

het veroorsaak dat hul op onderwys uitmis.

6. Weerstand teen werkomstandighede

Daar was verskillende vorme van weerstand in die Industriële revolusie wat

heersend gebeur het – dikwels. Dit sluit in:

1. militante optrede (aanvallend, opstandig) en

2. organisering van vakbonde

5.1 Swing-onluste en Luddiete

Swing onluste – wydverspreide opstand deur

landbouwerkers/plaaswerkers wat begin het in Augustus 1830.

Hulle het dorsmasjiene/landbou masjiene vernietig,

Luddiete – groepe Engelse werkers wat fabriek masjiene vernietig het,

veral katoen en wol-meule, wat hulle geglo het hulle poste bedreig. Hulle

bedrywighede het in 1811 begin.

Swing – onluste was afkomstig van die naam (kaptein swing) wat beskou

word as mitiese skynhoof van die beweging) wat dikwels geheg was aan die

dreigbriewe wat gestuur is aan boere, magistrate, predikant en andere

5.1.1 Swing-onluste - landbou

• Weens die omheiningstelsel (boere volle beheer terug gekry het van plase) Het

kleinboere arm geword en grond verloor waarop hulle geboer het.

• Grondbesitters wou kleinboere lae lone betaal sodat hulle meer wins kon kry. Dus

het hulle al die kleinboere afgedank en dorsmasjiene begin gebruik.

• Die armoede en onteiening van die Engelse lanbou-werkmag oor 50 jaar saam

met die bedreiging van groter werkloosheid was weens die gebruik van die

dorsmasjiene, wat die werkers vervang het en die kleinboere in aksie gesit het

• Op 28 Augustus 1830 het die Swing onluste begin en hulle het die eerste

dorsmasjien verwoes. Teen die derde week van Oktober was meer as 100

dorsmasjiene verwoes. Na dit het die grondbesitters ingestem om die lone te

verhoog en meer kleinboere in diens te neem. Maar baie van hulle het nie hulle

belofte gehou nie en dit het die oproer vererger

Page 6: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

• Vele liberale mense het begin sê dat Brittanje politieke hervorming nodig gehad het

wat plaaswerkers verteenwoordig wat die laerhuis (Britse parlement) sou gee.

• Die premier, die hertog van Wellington, het nie saam gestem nie. Toe sy mening

bekend geword het, het ʼn menigte sy huis in Londen aangeval en die onluste het na

ander dele van Brittanje versprei.

• Op 15 November 1830 is Wellington se regering ʼn stemming in die laerhuis (Britse

parlement) verslaan. Twee dae later is ʼn nuwe, meer liberale regering gevorm ʼn Whig-

regering (- ʼn liberale politieke party in Brittanje terwyl die Tories ʼn konserwatiewe

party is). Die Swing onluste het bygedra tot die maatskaplike, politieke en landbou

onrus regdeur Brittanje in die 1830`s.

• Dit het die Whig- regering sover gebring om die hervormingswet in 1832 in te stel, wat

kleinboere ʼn bietjie verteenwoordiging in die laerhuis gegee het.

• Die Whig- regering het ook ʼn ketting armhuise oor die land tot stand gebring.

Waarheen die armes kon gaan as hulle hulp nodig gehad het.

Dorsmasjien: Die oproermakers

het tydens die Swing – onluste

dorsmasjiene verwoes.

5.1.2 Luddiete – nywerede

1. Die Luddieteprotes was anders. Wewers was mans (wat weefstof bewerk) en was

baie vaardig (weet wat hul doen).

2. Daar was begin om hulle oortollig – (wanneer werkers nie meer nodig is nie omdat

hulle deur masjiene vervang word) te maak d.m.v masjiene in te bring by

katoenfabrieke.

3. Die wewers was onstoke oor hulle verlies van status en relatiewe rykdom. Hulle word

toe die Luddiete – beswaarmakers.

4. Hulle beplan toe om die rame van die masjiene te verwoes wat vir hulle penarie –

(situasie) verantwoordelik was

5. Ongeskoolde werkers kon die weeftoestelle met die hand bedryf en die produksie was

veel groter as wat dit tevore was.

6. Die ontwrigting wat die Luddiete veroorsaak het, was so erg dat die premier,

Stanley Perceval, die wet teen raambrekery ingestel het.

7. Dit het die vigilante (tree op soos wetstoepassers) taktieke van die Luddiete

onwettig verklaar en doodstraf ingestel vir enigiemand wat skuldig bevind is dat

hy ʼn raam stukkend geslaan het.

8. Die wewers gelei deur die mitiese generaal Nedd Ludd, het hulle nie hieraan

gesteur nie. Hulle het voortgegaan om dreigemente aan fabriekeienaars te stuur

en katoenfabrieke aan te val.

9. Die regering het oorgegaan tot die aanvaarding van verder wetgewing, bekend as

die ses wette (strawwe wette teen daardie tyd wat die Luddiete moes keer om

meganiese weefmasjiene te verwoes), om die Luddiete se optrede te onderdruk.

10. Die Luddiete het eers begin om hulle optrede te staak toe 3 Luddiete gehang is

nadat hulle in 1813 die eienaar van n katoenfabriek voorgelê en doodgemaak het.

Die ingebruikneming van masjienerie tydens die

Industriële Revolusie het ernstige onrus geskep onder

werkers wat in die tekstielbedryf betrokke was. In die

vroeë 1800`s het sommige werkers, wat as die

Luddiete bekend was, begin om outomatiese

weefmasjiene in fabrieke uitmekaar te slaan. Teen

1812 is baie beswaarmakers opgehang en die breek

van masjiene is tot misdaad verklaar.

11. In 1816 het die geweld en

masjienbrekery egter weer opgevlam na `n swak oes

en insinking in handel.

12. In Junie 1816 het die Luddiete `n katoenfabriek

aangeval en 52 weeframe stukkend geslaan.

13. Hulle is in hegtenis geneem. 6 mans is tereggestel en

nog 3 is tronk toe gestuur. Na die hofsaak het die

Luddisme bedaar.

Page 7: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

5.2 Groot nasionale verenigde vakbond:

• In die 1800`s het werk begin om van landbou na

nywerheidsproduksie te beweeg.

• Lae lone, swak werksomstandighede en stygende kospryse het

daartoe gelei dat werkers byeengekom het in die vroeë vorm

van ʼn vakbond – ('n groep werkers wat in die algemeen

indieselfde bedryf werk, wat ʼn unie gestig het om ʼn

gesamentlike doelwit te bevorder om hulle

werksomstandighede te verbeter)

• Die reaksie van die opeenvolgende regerings was

samespanning (werkers wat bymekaarkom om ʼn vakbond te

vorm) te beperk deur dit onwettig te maak.

• Die Franse Revolusie 1789 wat die monargie (regeeringsvorm) beëindig het, het

gehelp om meer radikale idees te ontwikkel en te versprei. Betogings, opstande en

politieke pamflette en koerante is deur die algemeen deur werkers gebruik om hul

teëstand teen Tory – en liberale regerings uit te spreek.

• In 1834 het Robert Owen, ʼn maatskaplike hervormer, die Groot Nasionale Verenigde

Vakbond (GNVV) gestig. Dit was ʼn koalisie – (groep organies of samewerking tussen

organisasies) met breë basis van werkende mense wat daarop gemik was om hulle

regte te beskerm. Dit het 500 000 lede gehad - wat gewerf is uit ʼn aantal ambagte,

waaronder mynwerkers, kleremakers, bakkers en gaswerkers is.

• In 1834 het die regering

probeer om die vakbond

te verpletter deur ses

plaaswerkers van die dorp

Tolpuddle in Dorset (nou

bekend as die Tolpuddle -

martelaars) in hegtenis te

neem.

• Die ses mans, wat by die GNVV aangesluit het, is aangekla en skuldig bevind. Hulle is

gevonnis tot deportasie na Australië (wat ʼn Britse strafkolonie was) vir 7 jaar.

• Die NGVV het net ʼn jaar gehou. Daar was te veel meningsverskille oor hoe om die

vakbond te organiseer, en na Tolpuddle - was die werkers bang om aan te sluit.

• Nie temin is die idee van ʼn verenigde werkersunie geplant en dit het 1845 aanleiding

gegee tot die stigting van die Nasionale assosiasie van verenigde ambagte vir die

beskerming van arbeid.

6. Vergrote mag en rykdom van Brittanje en Wes - Europese lande:

1 - Daar was ʼn enorme toename in die vervaardiging van baie goedere geskep. 2 -

Die toename in produksie was die gevolg van die ingebruikneming van kragaandrewe

masjinerie en die ontwikkeling van fabriek organisering. 3 - Private beleggers en

finansiële instellings was nodig om geld te voorsien vir verdere uitbreiding van

industrialisasie. 4 - Finansiers en banke het dus net so belangrik geword soos

nyweraars en fabrieke. 5 - Ryk sakeleiers, wat kapitaliste genoem is, het die beheer

van vervaardiging oorgeneem.

Vergrote mag en rykdom van Brittanje: Vergrote mag en rykdom van Wes – Europese ekonomieë:

- Brittanje het wydverspreide krediet,

sakekorporasies, beleggings en

grootskaalse aandelebeurse meer

algemeen gemaak.

- Banke is gestig om die toename in die

vloei van geld te hanteer. In 1750 het

Londen 20 Banke gehad. Teen 1800 het de

stad 70 gehad. Die meeste banke het nie

direk belê in fabrieke of lenings aan die

fabriekeienaars toegestaan om masjinerie

te koop nie.

- Sommige banke het egter

korttermynlenings aan nyweraars in staat

gestel om hulle eie geld te gebruik om

toerusting te koop en hulle fabrieke te

verbeter en uit te brei.

- Banke het hoofsaaklik krediet voorsien

aan boere, groothandelaars en

kleinhandelaars, wat dan bestellings by

vervaardigers geplaas het.

- Omdat masjinerie en fabrieke duurder

geword het, het individue wat kapitaal

voorsien het, al hoe belangriker geword.

Die Industriële kapitalisme het spoedig een

van die magtigste kragte in die Britse

kommersiële en politieke lewe geword.

- Baie van dieselfde beginsels wat

onderliggend aan die Franse

revolusie was, is ontwikkel deur die

industriële revolusie in Brittanje.

- Industrialisasie nasies het

middelklasse ontwikkel, wat begin

het om politieke mag te gebruik.

- Verder sou die industriële

revolusie aan Wes – Europa die

ekonomiese stelsel en tegnologie

gee om ʼn groot deel van die wêreld

te oorheers in die koloniale

periode na die einde van die 19de

eeu toe.

- Die lande wat nie na die

Industriële stelsels verander het

nie, is spoedig agtergelaat, en het

uiteindelik dikwels satelliete –

(Onder die invloed van ʼn ander

land) van die groot moondheid

geword.

Page 8: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

EENHEID 2: SUIDER – AFRIKA TEEN 1860

Inleiding: Watter faktore het Brittanje lus gemaak om Suid-Afrika te koloniseer?

In 1860 het die land Suid-Afrika nie bestaan nie. Daar was baie wydverspreide

gemeenskappe, in konflik oor grond en arbeid, wat Suider – Afrika gevorm het.

In graad 7 het jy geleer hoe wit setlaars – Hollandse boere, die Britte en die

Voortrekkers – die Suid – Afrikaanse binneland ingetrek het. Teen 1860 het swart

gemeenskappe baie van hulle grond aan wit mense verloor. Die Britte het die Kaap

en Natal beheer. Die Transvaal (of Zuid- Afrikaansche Republiek) en die Oranje

Vrystaat was onafhanklike Boererepublieke. Etlike Afrika – kapteinsgebiede soos die

Zoeloe`s en die Sotho`s, het steeds sterk gestaan. Die Tswanas en die Pedi`s het

steeds beheer oor grond, arbeid en handel in die binneland gehad. Die Britte het nie

baie in die binneland van die Suidelike Afrika belanggestel nie, tot die ontdekking van

diamante en goud dit egter verander het.

1. Die Britte het die kaap beset, wat hulle tot ʼn Britse kolonie verklaar het. In 1853 is ʼn

verteenwoordigende parlement aan die kaapkolonie toegestaan in ooreenstemming

met Britse beleid.

2. Brittanje kon uitbrei omdat die Xhosas verswak was in 1857 asgevolg van die

veeslagting - (voorspelling deur ʼn tienderjarige Xhosa meisie in 1857 wat gesê

het dat die doodmaak van beeste die ou Xhosa-hoofde sou terugbring, hulle sou

dan die wit mense die see in terug jaag en ʼn nuwe era vir die Xhosas inlui)

3. Die Xhosas is van die grondgebied van Natal in 1843 geannekseer –(oorgeneem)

en het hulle invloed in daardie streek versprei, hoewel die Zoeloe koninkryk

steeds onafhanklik was onder koning Mpande kasenzangakhona.

4. In die binneland was die

Boere, wat die Kaap in 1838

met die Groot trek verlaat

het. Hulle was op soek na

grond waar hulle vry van

Britse beheer kon leef.

5. In die verre noorde het sommige hulle gevestig in die Soutpansberg, terwyl ander

na die ooste die Lydenburg – republiek gevorm het.

6. In die vroeë 1850`s het ʼn ander groep boere die oranje – Vrystaat en Transvaal

gevorm – Albei sogenoemde boerepublieke – (onafhanklike selfbestuurde

republieke) wat in 1856 die Zuid – Afrikaanche republiek geword het. Teen 1860 is

Soutpansberg en Lydenburg in die republiek opgeneem

2. Ingeboekte arbeid van Indië

• Indiërs het vanaf 1860 in Suid – Afrika aangekom.

• Die eerste 342 Indiërs het aangekom aan die boord van Truro van Madras,

gevolg deur die Belvedere van Kalkutta.

• Indiërs is ingeboekte werkers – (ʼn werker in ʼn stelsel van dwangarbeid) ingevoer

om in die suikerplantasies van Natalkolonie te werk.

• Die ingeboekte arbeiders het ʼn maandelikse besoldiging (loon) van twee Britse

pond ontvang. Hulle was ook geregtig op gesondheid en proviand – (besittings

wat gevat is).

• Aan die einde van die aanvanklike drie-jaarkontrak het die ingeboekte arbeiders

ʼn gratis oorvaart terug na Indië gekry of Landbougrond gelykstaande aan die

waarde wat ʼn oorvaart terug na Indië.

• Sommige het ook as steenkoolmyners en spoorweg - konstruksiewerkers

gewerk.

• Elke Indiese arbeiders het nommers gehad en nie name nie. INGEBOEK MET `N

NOMMER.

Page 9: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

2.1 Indië as ʼn Britse kolonie:

• Britse handelaars het die Oos – Indiese

Kompanje – (geskiedkundige Engelse

maatskappy in 1600 gestig) om met Indië

handel te dryf. In die tyd het wanordelike

koninkryke in Indië onder mekaar baklei.

• Die Britte het die geleentheid benut om baat te vind by die rusies en een koning

teen ʼn ander koning gehelp. In die ooreenkoms het die Britte meer mag en rykdom

verkry.

• Hulle het die Indiese soldate opgelei en hulle in hulle leër in diens

geneem. Die leër was veel beter opgelei en gedissiplineerd as die leërs

van klein Indiese konings wat net geworstel het om te oorleef.

• Geleidelik het die Britte daarin geslaag om baie groot dele van Indië te

verower. Hulle het verdrae gesluit met konings wat die gesag van die

Britte aanvaar het.

• Die Britte het daarin geslaag om enorme rykdom van die mense en die

konings in te samel.

• Wewers van voortreflike katoen en is verplig om hulle

weefstof net aan Britse handelaars te verkoop. Enigiemand

wat betrap is dat hulle weefstof aan ʼn ander handelaar as die

Britte verkoop het, is swaar gestraf.

• Geen belasting is gehef op Britse goedere na Indië nie. Indiese

uitvoerprodukte na Brittanje was onderworpe aan hoe

invoerbelasting.

• Die Indiese tuisnywerhede het ook gely onder die Britse handelaars. Indië het groot

handelbedryf gehad.

• Die Britte het egter met baie groot katoenfabrieke in Engeland begin. Hulle het baie

katoen vir hierdie fabrieke nodig gehad.

• Dus is katoen in baie lae pryse in enorme hoeveelhede weefstof in Indië gekoop en

na Engeland gestuur. In ruil is enorme hoeveelhede weefstof (materiaal) verkoop.

• Die gevolg was dat die groot wewersklos in Indië werkloos geword het. Mense

moes duur Britse materiaal koop. Die Britte het baie rykdom hieruit vergaar en die

Indiese boere, wewers, handelaars, koningsen ambagslui was almal ontevrede.

• Dit het gelei tot ʼn Indiese Rebellie van 1857 (ook bekend as Indië se eerste oorlog

van onafhanklikheid, die groot rebellie staan bekend as die opstand van 1857, die

oproer van 1857, die Sepoy – muitery). Die volgende beeld verwys na die rebellie.

• In 1857 is die mag oorgedra van die Oos-Indiese Kompanjie aan die Britse kroon

en Indië het ʼn Britse kolonie geword. Die Britte het moderne tegnologie

bekendgestel met die voorneme om fabriekgoedere soos tekstiele en masjiene

teen wins te verkoop.

• Indië het baat gevind met die bou van spoorweë,

geregshowe, staatdienste, vervoerstelsels, fabrieke, skole en

universiteite.

• Sendelinge het na Indië gegaan

2.2 Redes waarom Indiese arbeid ingevoer is:

1. Suikerriet het wild in Natal gegroei lank voordat die wit setlaars aangekom het.

2. Toe die Britte Natal gekoloniseer het, het hulle besluit om suikerplantasies te

begin om die kweek van suikerriet kommersieel haalbaar te maak

3. Dit was omdat daar ʼn groot aanvraag na suikerriet in Brittanje was.

4. Die verbouing van suikerriet verg egter baie arbeid, maar mense in die Zoeloe

koninkryk, wat steeds onafhanklik was, was onwillig om arbeid te voorsien. Hulle

het geweier om die onderworpe – (het die eienskappe van ʼn slaaf) posisie van

arbeiders te aanvaar.

5. Gevolglik het die Britte hulle tot hul Indiese kolonie gewend/oorgevat.

6. In 1860 het die SS Truro by die Durban hawe aangekom met meer as 300 Indiërs

aan boord. Oor die volgende 50 jaar het nog 15 000 ingeboekte en passasier

Indiërs – (Indiërs wat in 1869 self hul eie reis na Natal betaal het bv.

Vliegtuigkaartjie gekoop om te gaan werk.) het die grondslag gevorm van wat die

grootste Indiese gemeenskap buite Indië sou word.

Page 10: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

2.3 Die aanvraag na suiker in Brittanje:

In die vroeë 1600`s het 2 ontdekkings kort op mekaar gevolg wat die aanvraag na

suiker in Europa grootliks vergroot het:

• Die ontdekking dat vrugte in suiker ingelê kon word, en die maak

van konfyt met suiker.

• Brittanje, met kolonies in Amerika en ʼn rol in die driehoekige

slawehandel, het ʼn beheerde posisie die suikerhandel ingeneem.

• `n Toename in teedrinkery in Brittanje, wat tee uit die Indiese

kolonie ingevoer het, het ook die aanvraag van suiker vergroot.

• Gedurende die 18de eeu het tee selfs nog gewilder geword. Die

vergrote aanvraag na suiker is in ʼn groot mate veroorsaak deur ʼn

groot verandering in eetgewoontes van baie Britte en Europeërs.

• Hulle het begin om soet kosse in veel groter hoeveelhede te

verbruik. Dus het die aanvraag van suikerproduksie selfs meer

gegroei vir binnelandse gebruik en uitvoer na Europese lande.

• Teen 1752 was suiker die waardevolste kommoditeit in Europese

handel. Daar was `n groot en winsgewende aanvraag na suiker in

Brittanje wat – in ʼn groot mate Britte gemotiveer het om Natal te

koloniseer (die klimaat is ideaal vir die verbouing van suikerriet)

en ingeboude Indiese arbeid in te voer.

• In die 18de en 19de eeu het die drink van tee deel geword van Brittanje se

nasionale kultuur en die aanvraag na suiker vergroot.

2.4 Omstandighede van ingeboekte Indiese arbeiders

• Plantasiewerkers het hulle eie hutte opgerig en was in staat

om klein lappies van die omringende grond vir hulle eie

gebruik te bewerk – as hulle nie uitgeput was deur die dag se

werk nie.

• Later was plantasie-eienaars verplig om akkommodasie te

verskaf. Hulle het barakke van sinkplate, modder of klip gebou, waarin die werkers

ʼn beknopte of ongerieflike bestaan sonder enige privaatheid gevoer het.

• n Afdakskuur, gewoonlik sonder skoorsteen, is gebruik om die rantsoene rys,

mieliemeel en ghi – (ʼn soort botter) te kook. Hoewel gesinne nie veronderstel was

om uitmekaar te gaan nie, het dit met baie van hulle gebeur.

• Werkgewers van meer as 20 Indiërs as

veronderstel om elementêre hospitale te

voorsien, maar dit was meestal nie nagekom nie.

• Daar was ʼn hospitaal by die ontvangsdepot, maar

die omstandighede daar was sleg. Die pasiënte

is almal saam geplaas – mans, vroue en kinders

– ongeag of hulle aan aansteeklike siekte gely het.

• Latrines was 4 gate in die grond - toilette, en daar

was nie wasbakke of baddens nie. Lyke is oop en

bloot uitgelê. Teen 1885 het die 3 plantasies

siekekamers ingerig en dit was erger as by die

depot

Werksomstandighede van ingeboekte Indiese werkers:

1. Elke dag voor sonsopkoms het die sidar (voorman) `n klok gelui om die werkers

wakker te maak.

2. Na `n onaptytlike ontbyt van koue pap

het die werkers na die lande gemasjeer

om te begin werk terwyl die son opkom.

3. Hulle het gewerk, geplant, gespit, geoes,

gedra en gebou totdat die son

ondergegaan het.

4. Werkers het `n kort pouse vir middagete

gehad, wat `n herhaling van ontbyt was.

5. Dit was donker teen die tyd dat hulle hulle huise bereik het, waar

hulle nog `n basiese ete gekry het voordat hulle uitgeput aan die

slaap geraak het. Sondae was veronderstel om hulle afdag te

wees, maar min plantasie – eienaars het dit eerbiedig.

6. Elke werker is weekliks sowat 250 gram gedroogte vis gegee –

dit was hulle enigste lekkerny.

7. Net `n paar barakke het toilette gehad.

8. Ontledings van water wat gedrink is, het geblyk heeltemal

onveilig vir gebruik, maar daar was geen alternatiewe

waterbron nie.

Page 11: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

2.5 Passasier – Indiërs na 1869

• Passasier – Indiërs het ʼn ander golf Indiërs gevorm wat na

Natal gekom het. Die woord passasier (boek vliegtuig-

kaartjies) word gebruik om die status van die Indiërs te

onderskei van hulle ingeboektes (kry nommers).

• Die vernaamste verskil is dat die passasier – Indiërs hulle eie

reiskoste betaal het. Hulle het vrylik gekies om na Natal te beweeg en was nie

gebonde aan enige arbeidskontrak as hulle eers daar was nie.

• ʼn Aantal van die passasier - Indiërs was uit ʼn handelaars agtergrond en

sakegeleenthede in Natal het hulle uit Indië laat emigreer – (verlaat jou eie land om

jou permanent in ʼn ander land te vestig)

• `n Paar faktore het dit vir die passasier – Indiërs

moontlik gemaak om na Natal te immigreer – (kom

woon permanent in ʼn ander land). Sommige van hulle

het kinders of familie gehad wat hulle kontrakte

voltooi het en in Natal aangebly het.

• Die mense het hulle na Natal genooi om te kom help

om ondernemings te vestig. Die groeiende nywerhede

in Natal en die diamantbedryf (na de ontdekking van

die diamante ʼn 1867 in Kimberley) het ook arbeid gehad, wat dit moontlik gemaak

het dat die passasier - Indiërs permanent aangebly het.

EENHEID 3: Die ontginning van diamante in Kimberley vanaf 1867

Inleiding: Hoe het die ontdekking van diamante Suid-Afrika die land

verander ?

1. Die diamant is die hardste en die skitterendste

van al die natuurlike stowwe, wat dit duursaam

en pragtig maak.

2. Die hardheid van diamante maak dit nuttig om mee te sny,

boor of poleer.

3. Die fatsoen, helderheid, kleur en karaat van ʼn diamant

bepaal die geldelike waarde daarvan.

4. Dit is skaars en verteenwoordig dus eksklusiwiteit en

rykdom.

2. Britse oorname van diamantryke grond in Griekwaland – Wes:

• In graad 7 het jy reeds geleer oor die Griekwas. Die gebied noord van die

Oranjerivier en wes van die Vaalrivier staan bekend as Griekwaland-Wes. Kyk op

die kaart van ZAR en vind Griekwaland-Wes.

• Die Britte het min belanggestel in Griekwaland-Wes totdat diamante

daar ontdek is.

• Die Griekwas is ʼn gemengde volk wat ontstaan het uit Nederlandse koloniste in

die Kaap met die Khoi en San wat reeds daar gewoon het.

• In 1834 het die kaapkolonie Andries Waterboer (Griekwaleier) se soewereiniteit

oor die gebied erken en die verdrag met hom onderteken. In die vroeë 1870`s is

ryk diamantvelde in die gebied ontdek. In 1871, na die ontdekking van diamante,

het die Griekwas, gesê dat die

landstreek hulle land was.

• Die ZAR (Transvaal

en Oranje – Vrystaat

het die grond gesoek), Brittanje het eers gesê dat hulle nie die

grond wou hê nie. Brittanje het op die ou einde die grond

gekoop. Dit het ZAR tevrede gestel.

• Die Griekwas het geweet dat die boere – die swart mense en basters – (ʼn

beledigende term van mense van gemengde afkoms) baie sleg behandel het, en

het die Britse beskerming eerder as beskerming deur die

boere gevra.

• Dit het die Britte in staat gestel om

die gebied in 1871 tot ʼn

protektoraat te verklaar. – (ʼn staat

wat beheer en beskerm word deur

ʼn ander staat).

Page 12: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

• Twee jaar later het Brittanje verklaar dat Griekwaland-Wes ʼn Britse kolonie sou

word. Sewe jaar later is Griekwaland – Wes by die kaapkolonie ingelyf.

• Dit was na die Griekwas se ontevredenheid oor die eienskap van hulle grond en

die reg om aansprake op die diamantvelde te maak. Dit het in 1878 tot ʼn rebellie

teen Britte gelei het, wat die Britte onderdruk het.

3. Ontwikkeling van ʼn monopolie op die diamantmynwese:

Tot en met die ontdekking van

diamante was Suider-Afrika se

ekonomie hoofsaaklik op landbou

gegrond. Die ontdekking van

diamante en die ontwikkeling van monopolie – (wanneer een organisasie algehele

beheer het). Die diamante het die begin van die Industriële Revolusie in Suid – Afrika

aangedui. > kom ons kyk verder

3.1 Een mens een kleim

• Myne is in die produksie gebring by Colesberg,

Du Toit span, De Beers – (familie van

maatskappye wat die diamantbedryf oorheers –

broers wat die plaas besit het waar sommige

van die produktiefste myne gekry is),

Bultfontein en Wesselton, wat almal naby aan Kimberley was.

• Van 1870 tot 1873 het die wêreldhandel ʼn bloeityd beleef, wat tot ʼn styging in die

prys van diamante gelei het.

• Duisende mense het na die omgewing gestroom, met die hoop dat hulle ʼn fortuin

sou maak, en die mededinging om kleims – (ʼn stuk grond wat aan iemand gegee

word of wat gevat word om gemyn te word) het hewig geword. Daarom het die

mynbou-reël bepaal dat een mens net een kleim kon hê.

3.2 Wat het met swart mense in kleimhouers gebeur?

• Wit mense het met mekaar meegeding om rykdom te kry, en daarop aangedring

dat hulle die base van die swart arbeid was.

• Swart kleimhouers is verdink van onwettige

diamanthandel, omdat hulle dieselfde taal gepraat het

en ʼn soortgelyke agtergrond gehad het as baie van die

werkers.

• Dit het in 1875 tot onluste gelei, waarin wit mense

swart kleimhouers aangeval het.

• Die Britse owerhede het gereageer deur alle kleims wat

aan swart mense behoort te kanselleer.

3.3 Probleme van die dieper delf:

• Omdat die oppervlak van die kleims klein was

(sowat 10m²> 10m by 10m) moes delwers afgaan

tot die aarde se oppervlak. Die gate het egter te

diep geword en daar was ʼn groter moontlikheid dat

hulle sou inkalwe.

• Boonop het die diamante op ʼn sekere diepte

opgeraak.

• Die delwers moes deur ʼn laag rots breek om by die

volgende pyp – (ʼn ondergrondse strook waar

diamante gekry word) uit te kom.

• Daarom moes ʼn nuwe manier van mynbou ingestel word, naamlik

ondergrondse mynbou. Dit het gelei tot nuwe wette oor die hou van kleims.

3.4 Die stigting van maatskappye:

• Teen die einde van die 1870`s het die prys van

diamante ineengestort.

• Dit, saam met die hoë koste wat betrokke was in

die ontwikkeling van ondergrondse werke, het daartoe gelei dat baie van die

kleinskaalse myn-eienaars moes uitverkoop onder groter mynmaatskappye.

• In die vroeë 1870`s was daar 1 600 kleims by die Groot Gat in Kimberley. Teen

1880 is die getal verminder tot minder as 400.

Page 13: Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1. Inleiding: …...Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne

3.5 Cecil John Rhodes en Barney Barnato:

Cecil John Rhodes en Barney Barnato was verantwoordelik vir die amalgamasie –

(die proses van kombinering of vereniging) van die maatskappy wat begin verskyn

toe oppervlakmynbou onprakties geword het. Gesamentlik het hulle De Beers

Consolidated Mines gevorm (3.6)

Cecil John Rhodes Barney Bernato

1. 5 Julie 1853 in Engeland gebore. 2. 26 Maart 1902 gesterf. 3. Hy het om gesondheidsredes in 1870 na

Natal getrek en die volgende bereik: 4. Hy het skatryk geword as `n

diamantprospekteerder. 5. In 1873 het hy met `n graad aan die

universiteit van Oxford begin. 6. In 1881 het hy lid geword van die

kaapkolonie se parlement. 7. Hy het De Beers Consolidated Mines in

1888 gestig. De Beers het voortgegaan en diamantproduksie in Kimberley gemonopoliseer.

8. Hy het in 1890 die eerste minister van die kaapkolonie geword.

9. In 1895 was hy betrokke by `n komplot om die ZAR omver te werp, wat misluk het. Hy is gedwing om as eerste minister te bedank.

10. Hy het Kimberley van 1899 tot 1902 in die Suid – Afrikaanse oorlog verdedig.

1. 4 Julie 1852 in Londen gebore.

2. Verskeie van sy familielede het na Suid – Afrika vertrek nadat hulle van die ontdekking van diamante gehoor het, en hy het hulle gevolg.

3. Hy het 4 kleims in die middel van die Kimberleymyn gekoop en skatryk geword.

4. Later het hy die Bernato diamantmynmaatskappy gestig.

5. Soos Rhodes, het Bernato voortgegaan om kleims te koop. In 1885 het Bernato sy maatskappy laat saamsmelt met die Baring Gould se Kimberley – sentraal - mynmaatskappy.

3.6 Stigting van De Beers Consolidated Mines:

• Teen die laat 1800`s het Rhodes en Barnato afsonderlik die meeste van die

diamantmynmaatskappye besit. Die toestande vir die mynbou het egter moeilik

geword, omdat myne inmekaar gestort het.

• Rhodes het Barnato se steun verkry om hulle maatskappye te amalgameer om

in 1888 De Beers een van die 4 lewenslange direkteurs te maak, deur te reël dat

hy verkies word as ʼn lid van die Kaapse Parlement (Barnato was Kimberley se LP

van 1889 tot 1897) en hy het vir hom lidmaatskap gekry van eksklusiewe

Kimberleyklub.

3.7 Regulering van voorraad en die prys van diamante:

• Na die stigting van die De Beer Consolidated Mines

was daar `n groep vooraanstaande

diamanthandelaars wat as die sindikaat bekend was.

• Hulle wou soveel diamante verkoop as wat hulle kon.

Rhodes het geweet dat ʼn ooraanbod op diamante die

mark se prys sou verlaag. Daarom het hy die mark

oorstroom sodat die prys geval het. Die sindikaat het baie geld verloor.

• Toe het hy die diamantvoorrade gestapel – (ophoop vir latere gebruik), wat

beskikbaarheid skaars gemaak het.

• Die taktieke het gewerk. In April 1892 het Rhodes en die sindikaat ʼn

ooreenkoms bereik om die produkte en bemarking van die diamante te beheer.

• Dit het tot die stigting van die Diamantkorporasie – (korporasie om produksie en

bemarking van diamante te beheer) in 1930 gelei. Dit was jare lank die enigste

instelling waardeur diamante op die Internasionale mark verkoop kon word.