gereformeerde kerk benoni

4
HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN BESOEKERS BY DIE EREDIENS. KOM GENIET GERUS ‘N KOPPIE TEE / KOFFIE IN DIE SAAL SAAM MET ONS NA DIE DIENS. Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose. OUDERLING DIENSBEURTE Vandag Henco Smit Volgende week Pieter du Plessis TEESKINKBEURTE Vandag Wyk F3 olv Ilse du Plessis Volgende week Wyk F2 olv Johan Ligthelm Gereformeerde Kerk Benoni GEMEENTE - NUUS Br. Peet Muller word vandag onthef van die roeping as ouderling. Liewe lidmaat van GK Benoni. Die predikante doen graag huisbesoek by lidmate. Ons vra egter dat die gemeente kennis neem dat ons huisbesoek nie agtereenvolgens by al die wyke plaasvind nie, maar dat die volgende riglyne gebruik word om te bepaal waar daar huisbesoek gedoen word: 1. Wanneer lidmate ‘n besoek versoek. 2. Wanneer die predikante bewus is van ‘n beproewing of aanvegting (siekte, ens.). 3. Wanneer daar nuwe lidmate of intrekkers aanmeld. 4. Wanneer spesifieke lidmate aangespreek moet word. 5. Daar word probeer om ouer lidmate wel van tyd tot tyd te besoek. Jy kan jou wyksleier, blokouderling, die kerkkantoor of die predikante direk nader as jy ‘n besoek wil hê. Groetnis in Christus; Braam & Rynhardt KOINONIA Ons dra die volgende lidmate op in gebed: Die begrafnis van Corrie van den Berg vind Woensdag, 17 Julie @ 10;00 by die graf plaas, en die troosdiens sal 11:30 hier by die kerk plaasvind. Sterkte aan Nelie, Alie en Hannes met die voorbereidings. Hettie Viljoen sterk tuis aan na ‘n operasie. Gert Moller gaan in die komende week ‘n hartspesialis in Kaapstad sien met die oog op hartkepvervangings. Lorainne Krugel sterk tuis aan na sy ‘n histerektomie ondergaan het. Dawie Jacobs moet vir bestraling gaan. Hendrien van Staden gaan die 31ste Julie vir ‘n baie groot rugoperasie. VANDAG SE EREDIENSTE 09:00 OGGENDDIENS Dr. Braam Krüger Skrifgedeelte: Handelinge 2:43-47 Fokusvers: Handelinge 2:46 Tema: Wat koinonia régtig inhou! Jaartema: Praktyke - Bybelse gemeenskap 17:00 5-UUR DIENS Dr. Braam Krüger Skrifgedeelte: Jakobus 3:9-10 Fokusverse: Jakobus 3:9-10 Tema: Hou op met vloek! 18:30 AANDDIENS Ds. Abe Keyser Skrifgedeelte: Fokusverse: Tema:

Upload: others

Post on 19-Feb-2022

12 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN BESOEKERS BY DIE EREDIENS. KOM GENIET GERUS ‘N KOPPIE TEE / KOFFIE IN DIE SAAL SAAM MET ONS NA DIE DIENS.

Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose.

OUDERLING DIENSBEURTE

Vandag Henco Smit

Volgende week Pieter du Plessis

TEESKINKBEURTE

Vandag Wyk F3 olv Ilse du Plessis

Volgende week Wyk F2 olv Johan Ligthelm

Gereformeerde Kerk Benoni

GEMEENTE - NUUS

Br. Peet Muller word vandag onthef van die roeping as

ouderling.

Liewe lidmaat van GK Benoni.

Die predikante doen graag huisbesoek by lidmate. Ons vra egter dat die gemeente kennis neem dat ons huisbesoek nie agtereenvolgens by al die wyke plaasvind nie, maar dat die volgende riglyne gebruik word om te bepaal waar daar huisbesoek gedoen word:

1. Wanneer lidmate ‘n besoek versoek. 2. Wanneer die predikante bewus is van ‘n beproewing of aanvegting (siekte, ens.). 3. Wanneer daar nuwe lidmate of intrekkers aanmeld. 4. Wanneer spesifieke lidmate aangespreek moet word. 5. Daar word probeer om ouer lidmate wel van tyd tot tyd te besoek.

Jy kan jou wyksleier, blokouderling, die kerkkantoor of die predikante direk nader as jy ‘n besoek wil hê.

Groetnis in Christus; Braam & Rynhardt

KOINONIA

Ons dra die volgende lidmate op in gebed:

Die begrafnis van Corrie van den Berg vind Woensdag, 17 Julie @ 10;00 by die graf plaas, en die troosdiens sal 11:30 hier by die kerk plaasvind. Sterkte aan Nelie, Alie en Hannes met die voorbereidings.

Hettie Viljoen sterk tuis aan na ‘n operasie. Gert Moller gaan in die komende week ‘n hartspesialis in Kaapstad sien met die oog op hartkepvervangings. Lorainne Krugel sterk tuis aan na sy ‘n histerektomie ondergaan het. Dawie Jacobs moet vir bestraling gaan. Hendrien van Staden gaan die 31ste Julie vir ‘n baie groot rugoperasie.

VANDAG SE EREDIENSTE

09:00 OGGENDDIENS

Dr. Braam Krüger

Skrifgedeelte: Handelinge 2:43-47

Fokusvers: Handelinge 2:46

Tema: Wat koinonia régtig inhou!

Jaartema: Praktyke - Bybelse gemeenskap

17:00 5-UUR DIENS

Dr. Braam Krüger

Skrifgedeelte: Jakobus 3:9-10

Fokusverse: Jakobus 3:9-10

Tema: Hou op met vloek!

18:30 AANDDIENS

Ds. Abe Keyser

Skrifgedeelte:

Fokusverse:

Tema:

2

2

KAN JY ONTHOU . . . . ???

In aanloop van die 10-jaar

samesmelting- feesvieringe

wat DV Saterdag 27 Julie plaasvind

deel ons graag

nog ‘n lekkerlees-artikel.

In die tru-spieël…

Die Gereformeerde Kerk Benoni is alreeds tien jaar oud!

Ten opsigte van my bedieningstyd dui die GKSA se

almanak aan dat 2015 tot 2011 drie ‘standplase’ ingesluit

het. Weliswaar was hierdie ’n vol en ryk bedieningstyd.

Vanaf 2005 tot 2007 bedien ek die kombinasie van Benoni

-Noord en Noord-Oosrand, vanaf 2007 Benoni-Noord en

vanaf 2009 tot April 2011 die nuwe gemeente van Benoni

nadat Benoni-Noord en Benoni in 2009 een gemeente

geword het.

Ek en Anina was maar pas 2 jaar ryp in die bediening toe

ons vanaf Bethulie in Benoni-Noord aangekom het. Die

Here het egter goed geweet tot watter leerskool hy ons

geroep het. Ons arriveer in Benoni op 29 Januarie 2005

met ’n drie-weke oue Pieter(tjie). Ons ontvangs en

bevestiging vind plaas op Saterdag 29 Januarie 2005 by

Noord-Oosrand se kerkgebou. Die volgende dag, Sondag

30 Januarie 2005 lewer ek my intree-preek in Benoni-

Noord se kerk waartydens Pieter ook gedoop word deur sy

oupa Pieter. Die warm ontvangs in Benoni-Noord (en

Noord-Oosrand) sal ons altyd bybly.

In Benoni-Noord was die belofte van (en behoefte aan)

groei van die begin af werklik tasbaar, die vraag was altyd:

HOE? Die antwoord hierop moet altyd wees om die wil

van die Here vir sy kerk te soek en hoe die kerk haar taak

in die gemeenskap en koninkryk moet uitvoer. Hierdie

besef het ons en die gemeente nederig voor God gehou,

maar uiteindelik ook hande laat vat met ons

buurgemeente, Benoni. Ek onthou hoedat ons, in die

gesprekke wat eenwording voorafgegaan het, baiekeer

gevra het: Hoe kan ons twee gemeentes, wat geografies

so naby mekaar is, ons Here en ons gemeenskap die

beste dien? Dupliseer ons nie soveel dat ons, deur kragte

saam te span, meer effektief liggaam van Christus kan wees nie?

Die antwoord hierop het mettertyd uitgeloop op die

eenwording tussen Benoni en Benoni-Noord. Die nuwe

Benoni-gemeente was ‘n dinamiese gemeenskap van

gelowiges met ‘n groot poel van gawes. Soms kan ‘n mens

bloot maar net in verwondering staan en toekyk hoe die

Here werk, en hoedat Hy in sy Kerk en deur sy Kerk werk.

Ook in hierdie nuwe gemeente kon die bedieningswerk

voortgaan met ‘n hartlikheid wat kenmerkend van hierdie

laaste twee jaar van ons in Benoni was.

Dit was wonderlike bedieningsjare... groei-jare... nie alleen

vir my en Anina en Pieter en Carmi nie, maar ook vir die

gemeente(s) saam met wie ons gegroei het en ’n

bepaalde pad saam met die Here gestap het.

Ons kyk (en verlang) terug met erkenning aan elkeen met

wie ons paaie gekruis het; met erkenning aan elkeen wat

op sy of haar unieke manier help bou het aan die kerk van

ons Here Jesus Christus. Ons is dankbaar dat die Here

ons vir ‘n wyle in die leerskool van Benoni geplaas het.

Ons glo dat ons boublokke vir julle kon wees soos wat julle

boublokke vir ons was, in diens van die groot Bouer!

’n Tien jaar oue Benoni-gemeente staan nederig klein in

God se ewigheid, maar dit is ’n onmisbare bousteen in

God se Koninkryk.

Soli Deo gloria!

- Sarel van der Walt

SO

EK

DIE

BY

BE

KV

ER

S /

E

Verlede keer se antwoord: Handelinge 1 : 18 & 19

“ Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ,n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en

oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. Dit het bekend geword onder al die Inwoners van Jerusalem.

Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond .”

Die volgende Bybellesers het korrekte antwoorde ingestuur:

Chrissie Pretorius; Una Steyn; Martie Gibson; Evert Bolt; Elma Jansen; Klein de Kock

Hierdie week se Soek die Bybelverse

“ In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van ??????? , in die woestyn gekom. Hy het deur

die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. “

Vraag: Wie was Johannes die Doper se pa?

Lees gerus Lukas en noem Johannes die Doper se pa se naam en noem die verse waar dit staan, en SMS die

antwoord met jou Naam en Van na 082 873 3173.

3

3

VERJAARSDAE 14 - 20 Julie

Baie geluk aan almal met hul verjaarsdae vandag en in die komende week!

Mag dit ‘n geseënde lewensjaar wees.

DATUM NAAM KONTAK NO.

14 /07 Tinka van der Walt * Hanlie Buys Lelani Cronje Stephan Jansen ☺

072 200 1155 083 294 5014

15/07 Jacoba du Raan Jan van den Berg Jacques Wigget

072 322 3695 072 068 2521 083 230 2479

16/07 Simone Potgieter

17/07 Zanta du Plessis 082 330 8939

18/07 Hettie Rencken 083 441 3554

(☺ doop-l) (* 70 ≤ 79) (** 80 ≤ 89) (*** 90≤ )

19/07 Nyika Buys JaapJan Sterkenburg Uhltzen Steytler

082 054 4060 082 890 9476 072 353 3460

20/07 Ria Booysen * Tersia Alberts Alice Pearce

082 853 0820 083 299 0568 084 680 6492

OP DIE PROGRAM VIR HIERDIE WEEK 14 - 21 JULIE 2019

DAG TYD GELEENTHEID KONTAKPERSOON

Vandag

09:00 17:00 18:30

Oggenddiens & Katkisasie gr 1-7 5-uur Diens & Katkisasie gr 8-10 Aanddiens

Maandag 09:30 19:15

Rynpark 5 Bybelstudie Dust Bybelstudie

Adri Goede 083 654 4821 Melani van Wyk 072 587 2236

Dinsdag 08:30 Koördineringsvergadering Ronel Ritchie 081 218 3048

Donderdag 18:30 Wyk F1 Bybelstudie vir jong werkendes/studente

Vrydag 06:00 Manne gebedsgroep Schalk van Eeden 082 561 9409

Sondag 21 Julie

09:00 17:00 18:30

Oggenddiens & katkisasie gr 1-7 5-uur diens & katkisasie gr 8-11 Aanddiens

Datums & geleenthede om te onthou!

14 & 21 Aug. TOERUSTING-GELEENTHEID

HOE HANTEER MENS LYDING?

Dr. Vorster Combrink (Pastorale berader) kom toerusting by ons aanbied oor die sin van lyding en hoe om dit saam met God te hanteer. Almal wat swaarkry, of familie en/of vriende het wat deur moeilike tye gaan, word genooi om hierdie geleentheid by te woon. Wanneer: 14 & 21 Augustus 2019 Tyd: 19:00 - 21:00 Koste: R100 p/p vir albei geleenthede

RSVP asb. by Ina Bolt op 084 339 1136 voor 10 Augustus 2019.

Kontak Adrie van Tonder 082818 6063

4

4

KOLLEKTES

KOLLEKTES VAN 7 JULIE: Diens van Barmhartigheid: R 6218 Emeritaatsversorging : R 2119

KOLLEKTES VANDAG:

Kollekte in die banke: Diens van barmhartigheid

Deurkollekte: GKSA Sustentasie Deurkollektes vir 21 Julie: Thuso

Ons gemeente is bevoorreg om baie bedienings te behartig. Hierdie werk word gedra deur ons

lidmate se vrywillige offergawes.

GK BENONI BANKBESONDERHEDE :

BANK: ABSA TJEK REK : 220 340 333

VERWYSING: Volle Naam, Van & Doel

WEBBLAD: www.gkbenoni .co.za

BERIGTE: [email protected]

FACEBOOK: https://www.facebook.com/GKBenoni/ VRA JOU VRAE:

https://goo.gl/WFtT3F

Diens van Barmhartigheid GKSA Sustentasie

BAIE DANKIE!

Baie dankie aan elke lidmaat wat gereeld

melk, suiker, koffie en/of tee

vir die spenskas skenk.

Dit word opreg waardeer!

PREDIKANTE:

dr. Braam Krüger

☎ 082 459 5636

ds. Rynhardt Pretorius

☎ 074 944 7769

ADMINKANTOOR: Ma-Vr 09:00-14:00 Ina Bolt

☎ 011 849 2054

☎ 084 339 1136

[email protected]

TUINWOONSTEL/ BEHUISING GESOEK

2 Slaapkamer plekkie word gesoek wat geskik is vir

3 volwassenes. (1 egpaar en 1 volwassene)

Hulle kan saam R3000 - R3500 bekostig.

As jy kan help, kontak Charmaine op 067 327 4067

TUINWOONSTEL TE HUUR

1 slaapkamer tuinwoonstel geskik vir enkel-persoon in Northmead. R2500 per maand + helfte water en ligte rekening. Sluit in DSTV , onderdak parkering vir een voertuig & sekuriteit in. Vir meer inligting kontak: Heinrich Keyser op 082 210 4389

KERKLIKE TYDSKRIFTE

Intekening op Kerklike Tydskrifte vanaf

1 Julie 201 9 tot 30 Junie 2020

Die Kerkblad – individuele intekening R434.00 –

11 uitgawes [posgeld + BTW ingesluit]

Die Kerkblad – groepsintekening R407.00 – 11

uitgawes [posgeld + BTW ingesluit]

Die Kerkblad – elektroniese intekening R126.00 –

11 uitgawes

Kontak Ina Bolt op 084 339 1136