van die gereformeerde kerk wilropark -...

88
1 Huisbesoekstukkies Van die Gereformeerde Kerk Wilropark

Upload: others

Post on 26-May-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

1

Huisbesoekstukkies

Van die

Gereformeerde Kerk Wilropark

Page 2: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

2

Inhoudsopgawe Inleiding ................................................................................................................................................... 3

1 Samuel 15:22-23 .................................................................................................................................. 4

Psalm 84 .................................................................................................................................................. 7

Psalm 128 ................................................................................................................................................ 9

Psalm 139:23-24) .................................................................................................................................. 12

Jesaja 40:27-31...................................................................................................................................... 15

Habakuk 3: 17-19 .................................................................................................................................. 18

Sagaria 4 ................................................................................................................................................ 21

Matteus 9:35-38.................................................................................................................................... 23

Matteus 16:13-20 (16) .......................................................................................................................... 26

Matteus 18:1-14 (6) .............................................................................................................................. 30

Matteus 20:1-16.................................................................................................................................... 33

Markus 4:26-32 en Lukas 10:38-42 ....................................................................................................... 36

Lukas 11:1-13 ........................................................................................................................................ 38

Lukas 17:11-19 ...................................................................................................................................... 41

Johannes 13:31-35 ................................................................................................................................ 44

Johannes 14:1-17 (12) ........................................................................................................................... 46

Johannes 18:37-38 ................................................................................................................................ 49

Handelinge 5:1–11 ................................................................................................................................ 52

Handelinge 19:11-20 ............................................................................................................................. 54

1 Korintiërs 2:1-16 ................................................................................................................................ 56

Efesiërs 4:1-16 ....................................................................................................................................... 60

Filippense 1:1-11 ................................................................................................................................... 62

2 Timoteus 3:16-17 ............................................................................................................................... 65

Hebreërs 10:19-25 ................................................................................................................................ 68

Hebreërs 10:32-39 ................................................................................................................................ 70

Jakobus 1:1-8 ........................................................................................................................................ 72

Jakobus 5:13-18 .................................................................................................................................... 76

1 Petrus 2:9 ........................................................................................................................................... 80

1 Petrus 3:15 ......................................................................................................................................... 83

1 Johannes 4:7-21 ................................................................................................................................. 86

Page 3: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

3

Inleiding

Dit is die gebruik by die Gereformeerde Kerk Wilropark dat die ouderlinge op 'n gereelde basis saam

Bybelstudie doen. Uit hierdie Bybelstudie vloei dan gewoonlik die stof vir die kwartaalikse huisbesoeke.

Hierdie PDF-weergawe bevat 'n aantal van hierdie stukke wat oor die afgelope paar jaar versamel is.

Dit word aangebied met die hoop dat ander ouderlinge ook nut daaruit mag put en dat dit tot eer van ons Skepper aangewend mag word.

Kontak besonderhede:

Ds. Stefaans de Bruyn

e-pos: [email protected]

Telefoon: 082-497-8191

Willem Swanepoel

e-pos: [email protected]

Telefoon: 079-190-1111

Page 4: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

4

1 Samuel 15:22-23

Tema: Gehoorsaamheid is beter as offerande: Geen halwe gehoorsaamheid nie

Agtergrond Saul was die eerste koning van Israel. Hy was 'n koning wat sy koningskap pragtig begin het – hy was nederig in sy eie oë en het homself nie waardig geag vir die koningskap nie; die Gees van God het kragtig in hom gewerk (1 Sam 11:6). Sy groot sonde was egter later ongehoorsaamheid en eiewilligheid: Hy het self besluit hoever hy die Here wou gehoorsaam. Vanaf 1 Samuel 13 lees ons dat Saul se koningskap begin wankel het. Hy moes wag vir Samuel om 'n offer aan die Here te bring en toe Samuel nie betyds opdaag nie, het Saul sommer self die offer gebring. In 1 Samuel 14 lees ons hoedat Saul onnadenkend met die eed omgaan. Dit het tot gevolg dat Israel die Filistyne nie so groot slag toegedien as wat hulle kon nie en dit het byna die dood van Saul se seun Jonatan tot gevolg gehad. In 1 Samuel 15 lees ons dat die Here by monde van Samuel aan Saul die opdrag gee om Amalek uit te roei. By Amalek was daar 'n diep gewortelde haat teen Israel. Hulle as die eerste volk wat Israel aangeval het op hul reis na Sinaï. Die vernietiging van die Amalekiete sou die vervulling wees van die oordeel wat God oor hulle uitgespreek het (vgl. Eks. 17:8-16 en Deut. 25:17-19). Dit was 'n heilige oorlog en God se oordeel het bestaan in die banvloek. 'n Banvloek is voltrek deur alles en almal dood te maak: manne, vroue, kinders, diere – alles word aan die vernietiging gewy; die Here eis dit op. Saul het die opdrag gaan uitvoer. Hy het na Amalek getrek, hulle verslaan en ver agtervolg. Hy het die hele volk met die banvloek getref. (Dit beteken egter nie dat daar nie 'n enkele Amalekiet op die aarde oorgebly het nie – daar het dikwels vlugtelinge ontkom. Die strafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik nie sy opdrag heeltemal uitgevoer nie. Hy en sy manskappe het die beste en mooiste van die vee gespaar. Al die vee wat swak en waardeloos was, het hulle wel van kant gemaak. Ook het Saul vir Agag, die koning van Amalek gespaar (1 Sam. 15:9). Die motief vir die spaar van Agag kon wees om later in die openbaar die spot met hom te dryf en so Saul se oorwinning nog meer te beklemtoon. In plaas van 'n heilige oorlog waarin God se oordeel voltrek is, word die ekspedisie deur Saul se ongehoorsaamheid niks anders as 'n rooftog nie. Terwyl Saul op sy terugtog was, het die Here met Samuel gepraat en hom daaroor ingelig dat Hy bedroef is dat Hy vir Saul koning gemaak het, want Saul het van die Here af weggedraai en sy opdragte nie uitgevoer nie. Saul het met sy ongehoorsaamheid vir God as Koning verwerp en nou het God hom as koning oor sy volk verwerp. Samuel het hom klaargemaak om Saul te gaan ontmoet en op pad hoor hy dat Saul vir homself 'n gedenkteken opgerig het. Hierdie gedenkteken ter ere van Saul is in skrille kontras met wat Moses destyds gedoen het toe die Israeliete die Amalekiete verslaan het: Moses het 'n altaar as gedenkteken gebou en dit genoem: Die Here gee my die oorwinning (vgl. Eks 17:15,16). Tydens die ontmoeting tussen Samuel en Saul sê Saul dat hy die opdrag van die Here uitgevoer het. Toe Samuel hom egter konfronteer met die geblêr en gebulk van die in sy

Page 5: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

5

ore, skuif Saul die blaam daarvoor na sy manskappe: Die manskappe het volgens hom die mooiste kleinvee en grootvee gespaar met die doel om dit aan die Here te offer. Op hierdie punt (met die verontskuldiging van Saul) het Samuel hom skerp in die rede geval en hom daarop gewys dat hy tog die hoof is van die stamme van Israel en dat God hom tot koning oor hulle gesalf het. As dit moontlik onder druk van die manskappe was dat Saul geswig het, dan was dit tog nie 'n verskoning nie: Hy was immers die koning wat sy verantwoordelikheid moes nakom en moes leiding neem. Saul hou vol dat hy gedoen het wat die Here hom beveel het, hy het net die koning van Amalek gespaar. Verder was dit die manskappe wat die vee gespaar het met die doel om dit aan die Here te offer. Hierdie verskoning van Saul gaan nie heeltemal op nie. Iets wat met die banvloek getref was, was reeds aan die Here gewy (vgl. Lev. 27:28). (Dit sal sinvol wees om tydens huisbesoek by hierdie punt, nadat die agtergrond kortliks geskets is, vanuit die Bybel te lees van vers 20 tot 30 [1 Sam. 15:20-30]). Saul se berou? Saul erken dat hy teenoor die Here gesondig het. Sy berou oor dit wat hy gedoen het, is egter baie oppervlakkig. Uit 1 Sam. 15:30 sien ons dat sy motief vir sy skulderkenning baie nou saamhang met sy versoek dat Samuel saam met hom die Here moet gaan aanbid. Daardeur sou Samuel vir hom voor die leiers van die volk en voor die volk eer. Ook sy skulderkenning moet daartoe dien dat hy wat Saul is, geëer word.

Verklaring 1 Sam. 15:22 Gehoorsaamheid is beter as offerande Op Saul se herhaalde verskonings dat hulle die vee gespaar het om aan die Here te offer, wys Samuel hom daarop dat gehoorsaamheid beter is as offerande. Hiermee bedoel hy nie dat die offers niks werd is nie. God het hulle immers beveel om offers te bring. Gehoorsaamheid aan God weeg egter swaarder as uitwendige godsdienstige handelinge. Die uiterlike godsdienste handelinge (offerande) moet met die regte gesindheid gebring word. Die Here het nie 'n behae in offers wat met die verkeerde gesindheid gebring word nie. Jy moet nie uiterlik formeel die Here dien wanneer ander jou sien, terwyl jy innerlik ver van die Here af lewe nie. 1 Sam. 15:23 Weerspannigheid en eiesinnigheid so goed soos waarsêery en beeldediens Saul het die Here gehoorsaam so ver dit hom gepas het – tot daar waar dit wat die Here vra, nie te veel met sy eie wil gebots het nie. Het dit egter wel gebeur dat gehoorsaamheid aan die Here 'n verloëning van sy eie wil meebring, dan was hy ongehoorsaam. As jy die Here so wil dien – self besluit wat jy gehoorsaam en wat nie; self besluit hoe jy die Here wil dien – dan is jy eiesinnig. Dan dien jy in werklikheid net jouself. Eiesinnigheid word hier vergelyk met afgodery en beeldediens (OAV). Dit is 'n oortreding van die tweede gebod, waarin die Here bepaal dat ons nie beelde van Hom moet maak om Hom deur die beelde te dien nie. God wil gedien word, soos wat Hy ons beveel en nie soos wat ons goed dink nie. As jyself wil besluit wanneer jy die Here wil gehoorsaam en wanneer nie; as jyself besluit hoe jy die Here gaan dien, dan kan jy net sowel waarsêers gaan raadpleeg of beeldediens bedryf. Saul was nie ongodsdienstig nie, maar hy het 'n godsdiens bedryf volgens sy eie opvatting. Hy het wel rekening gehou met die wil van die Here, maar net sover as wat die

Page 6: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

6

omstandighede dit toelaat en dit strook met sy eie opvatting: Wanneer dit nie te veel selfverloëning vra nie. Hy het nie in alles eerste gevra: Here wat wil U hê moet ek doen nie. As eerste koning van Israel was dit krities belangrik dat Saul met sy voorbeeld aan die volk sou wys dat God steeds hulle Koning is. En Saul moes dit doen deur die Here te gehoorsaam. Toe hy God se Woord as Koning verwerp, het God sy koningskap verwerp. Ironies genoeg het Saul wat hier weerspannig en eiesinnig was, kort voor sy dood die waarsêer (dodebesweerster) van Endor gaan raadpleeg. Dit was ook 'n Amalekiet (iemand uit die volk wat Saul hier met die banvloek moes tref) wat 'n swaargewonde Saul doodgemaak het (vgl. 2 Sam 1:6-10). Toepassing Ons moet ons voortdurend afvra, ook met selfondersoek voor die nagmaal, hoe lyk ons gehoorsaamheid aan die Here: Is dit nie miskien net halwe gehoorsaamheid waarin ons self besluit wat ons wil doen en wat nie? Hoe lyk ons kerklike meelewing en betrokkenheid? Hoe rig ons ons lewens gedurende die week in? Watter plek het huisgodsdiens, persoonlike omgang met God se Woord en gebed in ons lewe? Hoe belangrik is dit vir ons om die uiterlike godsdienstige dinge met die regte gesindheid te doen? Waar ons nog te kort skiet, moet ons met berou genade by die Here soek en met daardie gesindheid na sy tafel kom. Daar hoor ons dat Christus se volmaakte gehoorsaamheid ons toegereken word en geskenk word, sodat ons deur sy krag God kan gaan gehoorsaam.

Page 7: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

7

Psalm 84 Indeling van Psalm 84:1-13

Ps. 84:1-5 Die seëning om toegang tot die huis van die Here te mag hê (verlange)

Ps. 84:6-8 Die seëninge wat voortspruit uit 'n lewe in gemeenskap met God. (reispad)

Ps. 84:9-10 Gebed dat die koning geseën sal word Ps. 84:11-13 Die seën wat daarin lê om die Here van die tempel te

vertrou

Agtergrond Die meeste verklaarders sien die agtergrond van die Psalm in die pelgrimstogte wat die volk Israel na Jerusalem onderneem het om die groot feesgeleenthede by te woon. Gedurende die lang en moeisame tog was daar by die pelgrims 'n verlange, 'n smagting na die heiligdom van die Here wat hulle gemotiveer het om aan te hou met die reis, ten spyte van teëspoede. Moontlik is die Psalm gesing by die aankoms van 'n pelgrimsgeselskap by die tempel. Die skrywer(s) word aangedui as die kinders van Korag. (ook Ps. 42; 43; 44; 45; 46; 47; 85; 87; 88). Moontlik was hulle die nageslag van Korag (rebel) van Num. 16 (vgl. Num. 26:11) wat later as drumpelwagters (1 Kron. 9:19) die toegang tot God se heiligdom moes bewaak. Moontlik druk die Psalm ook die drumpelwagters se verlange uit om toegang tot God se heiligdom te kon hê en nie net op die drumpel wag te staan nie. Maar selfs 'n plek op die drumpel van God se tempel maak sy lewe geseënd (welgeluksalig).

Nadere verklaring van verse In Ps. 84:2-3 word uiting gegee aan die liefde vir die huis van die Here. Maar selfs in hierdie verse waarin die tempel so besing word, word dit duidelik dat dit nie gaan om die plek as sodanig nie, maar om die teenwoordigheid van die Here. Vgl. Ps. 84: “Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God. Ps. 84:4 roep die beeld van die mossies en swaeltjies wat nes maak by die heiligdom van die Here – die rus wat hulle daar mag ervaar, die versorging (kleintjies). Altare (prominent) verwys na tempel. Ps. 84:5 maak die toepassing van die beeld van die mossies – daarom is hulle vir wie U huis 'n woonplek is, welgeluksalig/ geseënd. Ps. 84:6-8 beskryf die reispad. Dit beskryf die seëninge wat voorspruit uit 'n lewe in gemeenskap met God. Hulle vind hul krag, moed en motivering in God se huis (by God self). Hulle kan hoopvol lewe. OAV – “ in wie se hart die gebaande weë is”. NIV “who had set their hearts on pilgrimage”. Die hartsbesluit om na die huis van die Here te gaan motiveer hulle om te midde van struikelblokke wel daar uit te kom. Hulle teenwoordigheid by die huis van die Here wys wat in hulle harte aangaan. God baan allereers die weë (paaie) in hulle harte, voordat hulle dit bewandel.

Page 8: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

8

Ps. 84:7 – hulle kan in die dorre laagtes, in die moeilikhede van hulle reispad steeds glo en hoop hê. Selfs te midde van dorheid, kan hulle lewe asof daar fonteine is, vroeë reëns wat seëninge gebring het. (vgl. OAV- hulle bring self die seën) Ps. 84:8 – hulle gaan van krag tot krag. Omdat God die bron is, daarom wie Hom opsoek sal Hom meer en meer opsoek en in sy teenwoordigheid lewe. Ps. 84:11 – “huise sonder God” OAV – “tente van goddeloosheid” nie noodwendig heidene of growwe sondaars nie, drinker en hoereerders nie, maar diegene wat nie in gemeenskap met God lewe nie, wat nie sy teenwoordigheid opsoek om daaruit te lewe nie. Ps. 84:12 – Here is soos die son en skild, beskerming wat sy genade gee. Sluit af met “Welgeluksalig is die mens!”

Riglyne vir huisbesoek gesprek As van Kerkbesoek praat, moet ons ook daar wil wees, omdat ons God daar in besonder ontmoet. Dit gaan om God! Jesus Christus openbaar Hom besonderlik daar waar twee of drie in sy Naam vergader, want die gelowiges saam vorm die geestelike liggaam van Christus, die tempel van die lewende God. As ons nie daar is nie:

Mis ons die gemeenskap met die lewende God, sorg, rus en geborgenheid (mossies). As ons nie daar is nie, kan ons nie die reispad van die lewe met moed en geloof bewandel nie. Kan ons nie hoopvol lewe nie. Is ons harte verkeerd ingestel (slegte kerkbesoek wys wat in ons harte aangaan) Kan ons nie in die dorre laagtes van reispad steeds glo nie. Kan ons nie seën in ander se lewens bring nie (vgl. OAV)

Wanneer ons wel daar is:

Is dit vir ons duidelik dat ons God se genade ervaar, word dit vir ons (op die reispad van die lewe) duidelik dat Hy ons skild en son is (beskerming). Kan ons groei in geloof (vertroue) op God. Dan is ons geseënd (Welgeluksalig)!

Page 9: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

9

Psalm 128

Tema: 'n Werklik gelukkige mens. Struktuur: Vers 1: Die mens wat die Here vrees (dien) en wandel in sy weë word gelukkig

verklaar. Vers 2 - 3: Hoe so 'n gelukkige mens, geluk en voorspoed sien:

Dit is as jy die vrug van jou hande kan eet. Dit is as jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou

huis. Dit is as jou kinders soos jong olyfboompies rondom jou tafel

is. Vers 4: Die man wat die Here vrees (dien), word geseënd verklaar (sluit aan

by vers 1). Vers 5 – 6: Gebed om die seën van die Here wat bestaan uit: die voorspoed van

Jerusalem en uit 'n baie lang lewe en vrede vir Israel.

Inleidend: In hierdie Psalm vind ons in Ou Testamentiese vorm die ryke versekering van die Here Jesus dat “alle ander dinge bygevoeg sal word” vir hom wat in die “soek van God se Koninkryk” sy lewensrigting gevind het (Matt 6:33). Soos wat 'n klippie wat in die water val, rimpelings na buite veroorsaak, so sien ons die seëninge van iemand wat die Here vrees. Dit brei uit na sy huweliksmaat, na sy gesin en uiteindelik na sy volk.

Verklaring: Ps. 128:1 Die sleutel vir ware geluk word hier gegee. Dit is om die Here te vrees (dien) en om te wandel in sy weë. In Ps. 128:4 word die sleutel herhaal. Die man word geseën wat die Here vrees. Om die Here te vrees kan beskryf word as 'n gesonde respek en eerbied (ontsag) vir God wat voortvloei uit die kennis van God en wat uitloop in gehoorsaamheid aan God. Dit is dus 'n houding en 'n optrede. Die houding van respek en eerbied wat gevolg word deur die optrede van gehoorsaamheid. Dit word hier in vers 1 uitdruklik gestel dat die mens wat die Here vrees, ook wandel in sy weë. Jy kan nie sê dat jy die Here eer en dan nie op die pad van die Here loop nie. Ons liefde vir God bestaan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam (1 Joh 5:3). Iemand wat waarlik gelukkig is, vrees die Here en wandel in sy weë. Sy geluk kom nie uit sy omstandighede nie. Sy vreugde is in die Here. Ps. 128:2-3

Page 10: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

10

Die seëninge word hier beskryf. Hoe sien iemand wat die Here vrees, geluk en voorspoed? Hy sien dit in die opbrings van sy hande wat hy kan geniet. Hy kan werk en daardeur voorsien God in sy fisiese behoeftes. Vergelyk ook Matteus 6:25 – 34 waar Jesus beloof dat ons 'n Vader het wat vir ons sorg. Vir die landbouer was daar baie dinge wat kon verhinder dat hy die vrug van sy hande geniet: misoeste as gevolg van droogte, sprinkane en ander plae. Ook vyande wat die oeste verniel of gesteel het. Vir iemand wat die Here vrees is dit 'n seën van die Here as hy die vrug van sy hande kan geniet. Die geleentheid om te werk en die vrug op ons werk is seën van die Here. 'n Verdere seën vir die man wat die Here vrees is dat sy vrou soos 'n vrugbare wingerdstok in sy huis is. Die wingerd is beeld van vrugbaarheid en feestelikheid. Daar word klem daarop gelê dat sy “in sy huis” is. Sy is getrou aan haar man. Sy maak van haar huis 'n tuiste. Haar man en kinders is vir haar prioriteit. In teenstelling met hierdie vrou is die vrou wat in Spreuke 7:11,12 beskryf word: “Sy is luidrugtig en uitdagend, haar huis is te nou vir haar; sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine, sy staan op loer by elke hoek.” Die 1933/53 vertaling het dit as: “haar voete kan nie in haar huis bly nie”. Die kinders om die tafel is soos jong olyfboompies. Hulle is die hoop en die belofte van die toekoms. Hulle moet opgekweek (Ps 144:12 OAV) en gevorm word terwyl hulle nog jonk is. Buig die boompie terwyl hy nog jonk is. Die vorming van ons kinders is 'n voorreg en verantwoordelikheid wat ons as ouers het. Kinders moet ook geleer word om die Here te vrees en om in sy weë te wandel. Rondom die tafel (en nie voor die televisie nie) is 'n baie goeie geleentheid vir die vorming van ons kinders. Dit is baie goeie gesinstyd. Die feit dat ons kinders deur ons voorbeeld leer, is goeie nuus, maar ook slegte nuus. Slegte nuus, omdat hulle maklik die slegte en sondige gewoontes van ouers aanleer. Dit is egter ook goeie nuus, omdat hulle deur 'n goeie en godsvresende voorbeeld ten goed beïnvloed word. Ps. 128:5-6 Die seën wat die Here gee is nie net individualisties bedoel nie. Dit word nie net tot die enkeling en sy huis beperk nie. Dit werk ook wyer deur. Die gebed dat die Here jou uit Sion mag seën, herinner daaraan dat die tempelberg simbolies was van God se teenwoordigheid onder sy volk. Die volk het God daar by Sion ontmoet. Sion, die tempelberg, is waar die gelowiges bymekaar kom. Daar kan jy verwag om seën te vind. Jou en jou gesin se geluk en toekoms, is nou verbonde aan die geluk en toekoms van Sion en van Israel. As gelowiges is ons geluk en voorspoed nou verbonde aan die geluk van die Kerk van die Here. Die seën wat gesonde gesinne bring, kring ook wyer uit na die gemeente en na die samelewing. Toepassing Die sleutel tot 'n ware gelukkige lewe is om die Here te vrees en om in sy weë te wandel. Dit vra aan ons of ons die Here vrees. Het ons respek en eerbied vir Hom, omdat ons Hom ken. Hoe goed ken jy Hom? Is dankbare gehoorsaamheid die uitvloeisel daarvan dat jy die Here vrees? Wandel jy in sy weë? As jy dit doen, vind jy jou geluk nie in jou omstandighede nie, maar jou vreugde is in God. As jy in die weë van die Here wandel, sal jy Hom gehoorsaam ten opsigte van dit wat die Hy ons leer oor ons werk, ons huwelike en gesinne en sy Kerk en ons verantwoordelikheid daarin. Vir baie mense is die seën en geluk waarvan ons in Psalm 128 lees, iets kleins en minderwaardig. Hulle het baie groter ideale in die lewe as om net versorg te wees deur die

Page 11: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

11

arbeid van hulle hande en om daarby 'n gelukkige huweliks en gesinslewe te hê waarin jy ook die voordeel van die kerk en van die koninkryk van God soek. Die duiwel het mos ook aan Adam en Eva “baie groter geluk” beloof as dit waarvan ons hier lees. Hy het aan hulle belowe dat hulle “soos God” sal wees (Gen 3:5). Op die spoor daarvan sien baie mense mag en geld en goed as die dinge wat hulle werklik gelukkig sal maak. Hulle lewens is egter nie geseënd nie en hulle vind nie geluk nie. Hoe sien jy ware geluk? Ook ons moet dit wat Psalm 128 beskryf as seën en geluk, sien as seën en geluk en ons moet ons daarvoor beywer. As ons dit sien as seën en geluk sal ons dankbaar daarvoor wees, dit waardeer en ook wil hê dat ander sulke seën moet ervaar. Selfs as bejaardes moet ons sulke geseënde lewens vir ons kinders begeer en bid dat God dit sal gee, terwyl ons die vreugde het van ons kleinkinders. Psalm 128 is beskryf as die bloudruk van 'n gelukkige huis. Dit beskryf in algemene terme die seëninge vir 'n ideale wêreld. Ons wêreld is deur die sonde besmet en daarom is daar baie gebroke huwelike en gesinne. As jy deel is van so 'n gesin, beteken dit nie dat jy nie 'n geseënde en gelukkige lewe kan lei nie. Die Here seën ons ook in ons omstandighede in hierdie gebroke wêreld, al verander Hy nie noodwendig die omstandighede nie. Hy gee ons die krag wat ons nodig het daarin. Die apostel Paulus was nie getroud nie en tog het hy 'n gelukkige en geseënde lewe gehad. Het ons nie in 'n groot mate die wêreld se siening ons eie gemaak nie; die siening wat nie 'n hoë premie plaas op eerlike werk, op gesonde huwelike en gesinne en dat dit die boustene van 'n gesonde samelewing is nie? Die Here het ons deur sy Seun Jesus Christus verlos, sodat ons dit as seën en geluk kan sien, wat God seën en geluk noem en dat ons dit kan soek en ons moet die Here daarvoor dank. As ons dit as seën sien, hou ons ook die Kerk en die Koninkryk van God in gedagte en soek ons God se seën ook daarvoor.

Page 12: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

12

Psalm 139:23-24) Indeling van Psalm 139

Ps. 139:1 – 4 Lof aan God wat Alwetend is. Ps. 139:5 – 12 Lof aan God wat Alomteenwoordig is. Ps. 139:13 – 18 Lof aan God wat die Skepper is.

(Wending) Ps. 139:19 – 22 Gebed dat God die goddelose uit die weg moet ruim. Ps. 139:23 – 24 Gebed dat God hom moet deurgrond en toets

Agtergrond

Ons moet selfondersoek / voorbereiding doen voordat ons nagmaal gaan gebruik. In die formulier sê ons dat hierdie selfondersoek die volgende insluit:

Ons moet nadink oor ons sonde en vervloeking en ons met diepe berou hieroor voor God verootmoedig.

Ons moet die vaste belofte van God glo dat al ons sondes alleen op grond van die soenverdienste van Christus vergewe is en dat sy volkome geregtigheid ons toegereken en geskenk is.

Ons moet die opregte begeerte hê om met ons hele lewe dank aan God te bewys, opreg voor Hom te wandel en in ware liefde en eensgesindheid met ons naaste te lewe.

Ons moet met die regte gesindheid na die nagmaalstafel kom. In 1 Kor 11:27–33 lees ons dat die selfondersoek ten doel het dat ons nie op ongepaste wyse nagmaal gebruik nie. Deur so 'n ongepaste gebruik van die nagmaal sondig jy en bring jy 'n oordeel oor jouself. Daarom is die selfondersoek voor die nagmaal so uiters belangrik. As jy lewe as iemand wat die Here en sy soenverdienste nie nodig het nie, moet jy liewer nie na die nagmaalstafel kom nie.

Nadere verklaring

L.W. Dit wat hier (Ps. 139:1-18) van God bely word, het eintlik geen verklaring nodig nie. Dit is baie prakties en verstaanbaar. Dit kan ook nie in ander woorde beter of mooier gesê word nie. Die verdeling wat gemaak word ten opsigte van die eienskappe van God (alwetend, alomteenwoordig, Skepper) is nie absoluut nie en oorvleuel wel tussen die verse. Ps. 139:1 – 4: Lof aan God wat Alwetend is. In hierdie verse word God geloof as die God wat alles weet. God deurgrond jou. Hy sien dwarsdeur jou. Hy ken jou. Hy weet of jy sit of opstaan. Hy ken jou gedagtes nog voordat dit by jou opkom. God weet wat die woorde op jou tong gaan wees, nog voordat jy dit uitgespreek het. Ps. 139:5 – 12: Lof aan God wat Alomteenwoordig is. Nie alleen weet God alles nie (Ps. 139:1-4), maar God is ook oral teenwoordig. Jy kan God se Gees nie ontvlug nie. Jy kan nie aan sy teenwoordigheid ontkom nie. In die hemel is

Page 13: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

13

God. Selfs in die doderyk. Ook in die ooste en die verre weste. Niks kan jou voor God wegsteek nie. Duisternis is vir Hom so goed soos lig. Ps. 139:13 – 18: Lof aan God wat die Skepper is. God moet geloof word as die Almagtige Skepper. Hy het jou gevorm, jou aanmekaar geweef in die skoot van jou moeder. Al jou lewensdae was in sy boek opgeskrywe toe nog nie een van hulle daar was nie. God se gedagtes in wonderlik en magtig. (Wending) Ps. 139:19 – 22: Gebed dat God die goddeloses uit die weg moet ruim. Nadat God geloof is in die eerste deel van die Psalm – God wat Alwetend is, wat Alomteenwoordig is, wat die Almagtige Skepper is – is daar 'n wending in die Psalm. God word gebid om die goddeloses uit die weg te ruim. Die goddeloses word hier beskryf as moordenaars (1953 vertaling – manne van bloed). Hulle smee bose planne, hulle tree vals op (1953 – hulle spreek arglistig teen U, hulle verhef U Naam ydellik, U teëstanders). Hulle is in opstand teen God. Die digter verklaar dat hy hulle haat met 'n uiterste haat, want hulle is ook sy vyande. Let daarop dat dit nie in die eerste plek die digter sy vyande is nie, maar God se vyande. Hierdie gedeelte leer nie dat ons ons vyande moet haat nie. Die digter haat egter God se vyande. In die lig van die Nuwe Testament moet ons ook die sonde en die sondaar van mekaar probeer losmaak. Die sonde moet ons haat, maar die sondaar moet ons liefhê. Bly 'n moeilike vers om te verklaar. Alles wat tot voor hierdie gebed van God bely is en waaroor God geloof moet word (Alwetend, Alomteenwoordig, Skepper) word nie deur die goddeloses erken nie. Hulle lewe asof God nie nie weet wat hulle doen nie, asof Hy nie daar is as hulle arglistig teen Hom spreek en sy Naam ydellik verhef nie. Hulle bewonder en erken God nie as die Een wat hulle wonderlik geskep het nie. God se gedagtes is nie vir hulle wonderlik nie. Ps. 139:Vers 23 – 24: Gebed dat God hom moet deurgrond en toets. Nadat die Psalmdigter in sy gebed so uitgevaar het teen die goddeloses, is dit asof die vraag by hom opkom: Maar hoe lyk dit werklik by jouself? Jy bely nou wel dat God se vyande ook jou vyande is, maar verskil jou ingesteldheid werklik van hulle s'n? Lewe jy uit die wete dat God alles weet en dat Hy oral teenwoordig is en dat Hy jou wonderlik geskep het? Hoe lyk dit in jou eie hart? Is jy nie dalk op dieselfde pad as die goddelose nie? Dan bid die digter die gebed van Ps. 139:23-24. Hy vra God om hom te deurgrond, om in sy hart in te kyk en sy gedagtes te ondersoek (Ps. 139:23). Hy vra dat God moet ondersoek instel of hy nie dalk op die verkeerde pad is nie (1953 'n weg van smart) en dat God hom dan op sy ewige pad sal lei (Ps. 139:24). Verkeerde pad of weg van smart is 'n pad wat vir jou in hartseer en smart eindig. Die ewige pad van God is die pad wat uitloop op die ewige lewe. Waarom is dit belangrik dat God Self die ondersoek moet doen? Jy kan ander mense, selfs jouself bluf, maar jy kan nie vir God bluf nie. Vir 'n eerlike ondersoek, moet God Self ons harte deurgrond. Niemand kan dit beter doen as God nie.

Page 14: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

14

Vir ons selfondersoek voor die nagmaal, moet ook ons vir God bid om ons harte te deurgrond en te ondersoek. Ons selfondersoek kan alleen so goed gedoen word, as ons dit in gebed en in afhanklikheid van God doen. Ons moet onsself afvra: Lewe ek met die besef dat God alles weet, oral teenwoordig is en my wonderlik geskep het? Is daar nie dele of tye van my lewe waarin ek God uitsluit nie? Nog implikasies wat die belydenis in hierdie Psalm vir ons teweegbring: Vind ek werklik troos en geloofsversterking uit die feit dat God alles weet en dat Hy orals by my is? Bewonder en loof ek God vir hoe Hy my geskep het. Troos dit my dat al my dae in God se boek opgeskrywe was, nog voordat daar een was? Ons moet selfondersoek doen en weet dat God in Christus ons op 'n liefdevolle wyse deurgrond en ondersoek. Met berou oor my sonde en gebreke – dit wat verkeerd gevind word in my hart – moet ek na die nagmaalstafel van die Here kom, met geloof in die Here Jesus se soenoffer aan die kruis, en ek moet die opregte voorneme hê om op God se ewige weg te wandel.

Page 15: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

15

Jesaja 40:27-31

Tema: Die wat op die Here wag, kry nuwe krag!

Geloof in God se beloftes bemoedig sy volk om te volhard.

Gedagte opbou van Jesaja 40:1-31 Vers 1-11: Die Here troos se volk en beloof dat Hy aan hulle uitkoms gaan gee Vers 12 -26: Nie alleen wil die Here uitkoms gee nie, Hy kan dit ook gee, want Hy is die

Almagtige Skepper en Regeerder; Hy is nie soos die afgode nie. Vers 27-31: 'n Kragtige bemoediging om met God rekening te hou; Hy wat wil en kan red. Inleidend Hierdie gedeelte moet ons heelwaarskynlik verstaan teen die agtergrond van die Babiloniese ballingskap. Jerusalem is deur die Babiloniërs ingeneem en die tempel van die Here is verwoes. Die bevolking is na Babel weggevoer. Baie jare voor die ballingskap al, het die profeet Jesaja opgetree en geprofeteer van uitkoms en redding uit die ballingskap. Hieraan moes die ballinge vashou. Daaruit moes hulle ook hulle troos put. Hulle moes nie moedeloos word en dink dat die Here hulle as sy volk vergeet het nie. God sal sy plan uitvoer en uiteindelik nie net vir hulle verlos nie, maar ook die Verlosser van die wêreld stuur en deur Hom al sy uitverkorenes verlos. Jesaja 40 begin met die woorde: “Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier!” In die 33/53 vertaling is dit vertaal met: “Troos, troos my volk, sê julle God.” Die Here kom en Hy gaan sy volk verlos. Hy wil aan hulle uitkoms gee. Jes. 40:10-11 vertel daarvan: “Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, dié wat aan Hom behoort, is by Hom. Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.” In Jes. 40:12-26 word die Almag van God beskryf. Hy het die waters in die holte van sy hand afgemeet. Die nasies is vir Hom soos 'n druppel aan 'n emmer, soos 'n stoffie op 'n skaal. Hy is nie soos die afgode wat mense vir hulleself maak nie. Niemand en niks kan 'n vergelyking met Hom deurstaan nie. God het die sterre geskep en met sy mag sorg Hy dat nie een van hulle ontbreek nie. Hy is Almagtig en kan doen wat Hy wil. As Hy dan vir sy volk beloof dat Hy hulle wil help (Jes. 40:1-11) moet hulle ook weet dat Hy dit kan doen (Jes. 40:12-26). Jes. 40:27-31 sluit dan hierdie gedeelte af. Dit wil die volk van die Here bemoedig deur hulle te wys op Wie God is en wat Hy doen. Hulle moet met Hom rekening hou in hulle dag tot dag bestaan en in die uitleef van hulle roeping. Al is hulle omstandighede nog moeilik, kan hulle krag put uit Wie hulle God is. Hulle moet dan op die Here wag, hulle moet Hom vertrou. Drie maal “moeg en mat” In hierdie gedeelte kry ons drie maal die uitdrukking “moeg en mat/afgemat”. In Jes. 40:28 word die uitdrukking in verband met die Here gebruik: “Hy word nie moeg of mat nie!”

Page 16: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

16

In Jes. 40:30 word die uitdrukking ten opsigte van jongmanne gebruik: “Selfs jongmanne word moeg en mat.” En in Jes. 40:31 word die uitdrukking gebruik ten opsigte van die mense wat op die Here wag, wat Hom vertrou, wat op Hom hoop: “Hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie mat nie.” “Moeg en mat” en hoe jy as gelowige dit moet hanteer wanneer jy moedeloos wil word, word in hierdie gedeelte beklemtoon. Die volk van die Here het in die ballingskap begin dink dat God nie sien en nie omgee wat van hulle word nie. Jesaja vra dan aan hulle retoriese vrae om hulle te laat besef dat dit nie so is nie. Hulle moes immers al geweet het en gehoor het Wie God is. Hy is die ewige God. Hy is die Skepper van die hele aarde – as jy wonder oor God se Almag, kyk maar net na wat Hy geskep het en hoe wonderlik Hy dit geskep het. Hy word nie moeg nie en Hy raak nie afgemat nie. God is die bron van krag. Hy kry sy krag nie elders nie, maar Hy het dit in Homself. Dit is immers Hy wat geskep het deur net 'n spreek! Sy insig is ondeurgrondelik – ons kan God en wat Hy doen en waarom Hy dit doen, nie altyd verstaan nie. Maar al verstaan ons dit nie en al kan ons dit nie deurgrond nie, neem dit niks weg van die feit dat God 'n doel het en vir sy kinders 'n goeie doel het waarom Hy sekere dinge met hulle en in hulle lewens laat gebeur. Selfs wanneer Hy swaarkry in hulle lewens toelaat. Dit is hierdie ewige God wat vermoeides krag gee en wat dié versterk wat nie meer kan nie. Daarom moet vermoeides en dié wat nie meer kan nie, hulle krag by Hom gaan soek. Hulle moet nie hulle krag gaan soek by mense nie. Selfs nie by die sterkste van mense nie. Selfs nie by jongmanne en by manne in die fleur van hulle lewe nie, want ook hulle raak moeg en afgemat. Hulle struikel en val. Dié wat op die Here wag, wat Hom vertrou, kry nuwe krag. Hulle krag word hier vergelyk met 'n arendsvlerke. Hulle koester God se beloftes deur die geloof en dan vind hulle krag. Dit is vir hulle 'n oneindige bron van krag. Hulle kan dan hardloop en nie moeg word nie en loop en nie afgemat raak nie. Toepassing Om verskillende redes raak ons geloofsmoeg. Dit kan moeilike omstandighede wees – soos wat Israel dit moeilik gehad het in die ballingskap. Die taal van jou omstandighede kan so hard praat dat jy nie meer die beloftes van God hoor nie. Dit kan wees dat ons begin dink dat God se beloftes nie vir ons is nie, of nie in ons tyd in vervulling sal gaan nie. Dit kan wees dat ons klein van God begin dink.

Page 17: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

17

Wat moet jy maak wanneer jy moeg en mat word? Weet Wie God is! Hoor wat Hy doen! Lees dit in jou Bybel, luister daarna in die erediens. Besef dat Hy Ewig en Almagtig is; dat Hy nie moeg en mat word nie en dat sy insig ondeurgrondelik is. Soek dan jou krag by Hom. Onthou dat selfs die sterkste van mense moeg en afgemat raak. Hulle is nie en het nie 'n onuitputlike bron van krag nie. Moet daarom nie in mense jou krag of jou sekerheid soek nie. Wag op die Here! Al gee Hy nie dadelik uitkoms nie. Vertrou Hom, al verstaan jy nie alles nie. Bid die Here om jou geloof te versterk, om jou te help om sy Almag raak te sien, om op Hom te wag. Vra die Here om jou nuwe krag te gee, sodat jy sy beloftes sal koester en daarin krag sal vind om te volhard. Ons word moeg as gevolg van die geestelike stryd wat ons moet stry. Ons word moeg om in gehoorsaamheid aan God te lewe. Dit gebeur maklik, as gevolg van ons sondige natuur, om agteruit te gaan in ons geloof en die Here met minder toewyding en ywer te dien. Ons word moeg as lidmate om getrou ons roeping uit te leef, baiekeer omdat ons sigbare resultate soek en dit nie vind nie. Ook nie in sulke resultate moet ons nie ons vertroue stel nie. Mag die Here ons geloof versterk deur die herinnering aan Wie Hy is en wat Hy doen. Mag Hy gee dat ons op Hom sal wag en Hom sal vertrou en op Hom sal hoop.

Page 18: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

18

Habakuk 3: 17-19 Tema: Nogtans sal ek in die HERE jubel

Agtergrond Om die diepte van die woorde van Habakuk 3:17-19 te waardeer, is dit nodig om 'n oorsig oor die hele boek te kry. In die boek word Habakuk se worsteling met God verwoord. Habakuk het 'n brandende liefde vir die eer van die Here (Hab. 1:12; 3:3). Hy bevind hom in 'n geestelike krisis, omdat dit lyk asof die Here nie omgee vir die geestelike verval van sy volk nie (Hab. 1:2-4). Die ongehoorsaamheid van die volk was nie net gevaarlik nie, dit was boonop 'n verwerping van die verbond van God en 'n belediging vir God Self. Omdat net Goddelike ingryping hierdie doodse situasie kon verander, het Habakuk sy toevlug tot God geneem, al het dit tevergeefs gelyk (Hab. 1:2). Die Here antwoord dan vir Habakuk. God gaan iets doen. Hy gaan die Galdeërs gebruik as sy instrument van oordeel (Hab. 1:6). Hierdie “geneesmiddel” blyk egter nog erger te wees as dit waaroor Habakuk aanvanklik gekla het. Dit dra by tot die profeet se worsteling (Hab. 1:12-17). Hoe kan die heilige God (Hab. 1:12) so 'n goddelose nasie gebruik as instrument om sy doel te bereik? God kan tog nie toekyk (Hab. 1:13) dat daar verkeerd gedoen word nie? Onderskei God werklik tussen goed en sleg in sy soewereine heerskappy oor die geskiedenis? Habakuk is oortuig dat die gebeure in die geskiedenis nie bepaal word deur toeval nie, maar deur die regverdige en heilige God van Israel. Daarom wag hy op die Here om 'n antwoord te kry op sy pynlike worstelvrae (Hab. 2:1). Die Here se antwoord kom in 'n gesig/openbaring (Hab. 2:2,3 e.v.) wat perspektief gee op die geskiedenis en dit gee ook 'n goddelike belofte oor die toekoms. Die antwoord los nie al die worstelvrae op nie, maar dit leer God se volk die pad van verbondsgehoorsaamheid vir die hier en nou (2:3,4). In 2:4 lees ons in die 33/53 vertaling: “Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.” Hierdie antwoord vorm as‟t ware 'n keerpunt in Habakuk se worsteling. Die pad van verbondsgehoorsaamheid is om te volhard in die hoop en om geduldig te wag op die vervulling van God se beloftes. Alhoewel God se weë ondeurgrondelik is, is dit konsekwent. Dit kulmineer in ware lewe vir die regverdige, maar ellende en dood vir die hoogmoedige (2:4). Die openbaring van die Here se soewereiniteit oor die geskiedenis verander Habakuk se klagte in 'n lied van vreugde (3:2-20). In plaas daarvan dat hy passief wag dat God moet ingryp, bid hy nou dat die Here moet optree in ooreenstemming met sy dade wat Hy in die geskiedenis gedoen het tydens die uittog en by Sinaï. Terwyl Habakuk die toekoms vooruitloop, herdenk hy in sy gebed die Here se koms (Hab. 3:3-7), sy oordeel oor die nasies (Hab. 3:8-12) en sy oorwinning oor al sy teëstanders (Hab. 3:13-15). Uit daardie geloofsperspektief kan selfs nie eers die bedreiging van ernstige rampe Habakuk se oorweldigende vreugde oor die toekomstige verwagting van verlossing demp nie. 'n Verlossing wat verseker word deur die Here se getrouheid aan Homself en aan sy openbaring (Hab. 3:17-19)

Gedeeltes om te lees tydens huisbesoek: Lees: Hab. 3:17-19 Habakuk jubel en juig in die Here ten spyte van neerdrukkende omstandighede: vyebome wat nie bot nie, wingerde sonder druiwe, 'n mislukte olyfoes, geen oes op die lande nie,

Page 19: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

19

geen kleinvee in die kampe en beeskrale sonder beeste. God is sy Redder, wat aan hom krag gee, wat hom op hoë plekke veilig laat loop. Hoe kom Habakuk by hierdie belydenis? Wat is sy omstandighede?

Lees: Hab. 1:1-2:4 Dit gaan nie geestelik goed met die volk van die Here nie. Habakuk kla daaroor teenoor die Here, oor onreg en geweld en onderdrukking en die wet wat nie meer sy krag het nie Die Here antwoord dat Hy iets gaan doen. Hy gaan die onreg van sy volk straf deur die Galdeërs te stuur. Die antwoord is vir Habakuk verskriklik. Hoe kan God so 'n goddelose nasie as instrument gebruik? Dit waarvoor hulle bekend is, is baie erger as die onreg wat onder die volk van die Here was. Die Here antwoord deur 'n openbaring wat Habakuk bekend moet maak.

Die regverdige sal deur die geloof lewe. Wie onreg doen, sal sy verdiende loon kry.

Hoe moet ons lewe te midde van onreg en geweld? Doen wat reg is. Lewe deur die geloof. Hoop op God se beloftes. Oor die Galdeërs sal die oordeel van God kom (Hab. 2:5-3:19). Hulle sal gestraf word vir hulle goddeloosheid. Uiteindelik sal God toesien dat reg geskied. Dit bring vir Habakuk berusting, alhoewel die Here se weë ondeurgrondelik is. Hoofstuk 3 is 'n gebed van Habakuk waarin Hy die Here se dade in die geskiedenis in herinnering bring. God het ingegryp in die geskiedenis. Hy is in beheer. Habakuk se erkenning daarvan maak dat hy sidder, sy lippe bewe, sy hele liggaam het lam geword en sy bene het aan die ruk gegaan (Hab. 3:16). Hy het heilige ontsag vir die Here en die werke van die Here. Dan kom hy by die "nogtans" aan die einde van die gebed en van die boek (Hab. 3:17-19). Sy omstandighede het nie verander vandat hy in hoofstuk 1 met die Here geworstel het nie. Hyself het egter verander. Hy bekyk die situasie vanuit die geloof dat God in beheer is. God is goed en Hy maak nie foute nie. En God is by hom – hy kan sy toevlug tot God neem. Daarom kan hy juig en jubel te midde van moeilike omstandighede. Hy kan die toekoms inkyk en hoop en uit die geloof lewe – die uiteindelike volkome verlossing van God is seker; God sal reg laat geskied. Ons leef in die tyd waarin die Here Jesus reeds op Golgota die oorwinning behaal het. Ons sien egter ook uit na die volkome verlossing aan die einde van die tyd wanneer die Here op die wolke van die hemel sal verskyn.

Page 20: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

20

Ons leef dus in die tyd van die “reeds” en die “nog nie”. “Reeds” verlos, maar “nog nie” volkome nie in dié sin dat ons nog met die sonde en die gevolge daarvan te doen het. Die onreg wat ons sien, soos wat Habakuk dit gesien het, laat ons ook, soos vir hom, worstel met vrae. Om met die Here te worstel en ons lewensvrae aan Hom te stel, is nie verkeerd nie. Ons sien dit baie duidelik uit die gedeelte. Dikwels is die Here se antwoord ook nie wat ons wil hê nie. Habakuk moes hoor dat daar nog groter onreg kom. Ons moet egter ons toevlug tot die Here neem en dan vind ons uiteindelik berusting in die feit dat Hy in beheer is (Sondag 10 HK), dat Hy regverdig is, dat Hy uiteindelik reg sal spreek en ons finaal sal verlos en alles nuut sal maak. Ons moet God se dade in herinnering bly roep. Vir die hier en nou moet ons daaraan vashou dat die regverdige deur sy geloof sal lewe (Hab. 2:4). Dan word ons “waaroms” nie noodwendig in “daaroms” verander nie, maar in “nogtans”.

Page 21: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

21

Sagaria 4 Indeling van Sagaria 4:1-14

Sag. 4:1-3 Inleiding en gesig wat gesien word Sag. 4:4-7 Uitleg van die engel van die gesig Sag. 4:8-10 Uitspraak ingelei deur die “Die Woord van die HERE het

tot my gekom” Sag. 4:11-14 Vraag van Sagaria en uitleg van die engel

Agtergrond 'n Oorblyfsel het uit die ballingskap teruggekeer om Jerusalem en Tempel te herbou. Werk kom maar net nie van die grond af nie. Daar is allerhande teëstand en probleme. Moedeloosheid neem toe onder teruggekeerde ballinge dat die tempel ooit weer herbou sal word. Die Here gee 'n belofte in hierdie naggesig dat die tempel wel herbou sal word.

Beeld van die kandelaar Kandelaar in tent van ontmoeting. Blykbaar tien kandelare in tempel van Salomo wat verwoes is. Uniek aan hierdie kandelaar in die gesig

– dit bevat 'n oliebak of oliekan met aanvoerpype – daar is twee olyfbome weerskante van die oliekan wat die oliekan voed.

Die kandelaar is 'n teken van die herstelde tempel, 'n teken van die Nuwe-Testamentiese Kerk van die Here. Die kandelaar moet brand. Dit word nie deur mensehande aangesteek nie. Dit word gevoed deur die oliekan wat gevoed word deur die olyfbome – die bron van olie. Olie en salwing word in die Bybel gebruik in verband met die Heilige Gees. In die bemoediging in vers 6 word Gees ook in verband hiermee gebring. Die herbou van die tempel was nie afhanklik van Serubbabel se krag of mag nie, maar van die Gees van die Here. Ons moenie vaskyk teen die menslike beperkings en middele nie, maar moet let op die Gees. God laat Sagaria nie mure of dak of boë van herstelde tempel sien nie, maar die kandelaar. Hiermee gee Hy te kenne dat die belangrikste van nuwe tempel sal wees die lig wat sy moet versprei. Dit kan net lig versprei, solank as wat dit self deur die Gees gevoed word. As dit nie lig versprei nie en nie brandend is nie, is daar ook geen voeding van die Gees nie. Wesenlike om te bly brand – moet in kontak wees met die Olyfbome. Vir ons om lig te wees, is die allerbelangrikste die band met Christus deur sy Heilige Gees. In Joh. 15 sê Jesus in die beeld van wingerdstok – sonder My kan julle niks doen nie.

Page 22: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

22

As God nie die tempel bou nie, bou die bouers tevergeefs, hulle sal nie slaag nie. – Nie Serubbabel se krag nie, maar die van Gees, verseker dat die bouwerk voltooi kan word. God skakel egter nie ons mense uit nie, maar in. Die hande van Serubbabel sal die fondamente lê en sal dit ook voltooi. Hande deur die Gees gemotiveer en gedryf. Een paar hande deur Gees gedryf vermag meer as duisend lou en lakse hande wat

nie in God hule krag vind nie. Ons moet nie begin by menslike beperkings nie of vaskyk daarteen nie. Ons moet lig wees waar ons ons ookal bevind. Ons kan net slaag as ons ons krag in God vind.

Page 23: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

23

Matteus 9:35-38

Tema: Bid dan vir arbeiders vir die oes!

Gedagte opbou van Matteus 9:35-38

Vers 35: Beskrywing van Jesus se bediening:

Hy leer in die sinagoges

Hy verkondig die evangelie

Hy genees elke soort siekte en kwaal Vers 36 en 37: Die motief van Jesus se bediening:

– Hy kry die menigte innig jammer

mense is moeg en hulpeloos

die oes is groot en die

arbeiders min Vers 38: Opdrag om die Here te bid vir arbeiders in sy oes

Verklaring

Oorsig oor vers 35-38 Hierdie paragraaf vat die bediening van Jesus saam soos wat dit beskryf is in Matteus 5-9 en dit dien ook as inleiding vir die sending van die apostels in Matteus 10. Jesus is die Goeie Herder (Joh 10) wat omgee vir sy skape. Vergelyk ook Esegiël 34:5, 6, 11-16. Matt. 9:35 Ons kry 'n beskrywing van Jesus se bediening. Hy leer die mense in hulle sinagoges. Hy verkondig die Evangelie van die Koninkryk en Hy genees elke soort siekte en kwaal. Matteus herhaal hier byna woordeliks wat hy in Matt. 4:23 geskryf het. Tussen “leer” en “verkondig” is daar 'n verskil, alhoewel dit waar is dat goeie verkondiging ook lering is. Die klem is nietemin nie dieselfde nie. Die woord wat in die oorspronklike gebruik word vir “verkondig” beteken om “aan te kondig”, “om te proklameer”. “Leer” aan die ander kant, dui op meer detail inligting wat gegee word oor die aankondiging wat gemaak is.

Page 24: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

24

Jesus het die evangelie van die Koninkryk verkondig. In die breedste sin dui die Koninkryk op God se Koningskap, sy heerskappy, wat erken word in die harte van sy kinders en wat 'n uitwerking in hulle lewens het en wat hulle volkome verlossing tot gevolg het. Jesus se genesings het sy boodskap bevestig (Joh 14:11) en dit het gewys dat Hy inderdaad die Messias is wat in die profesie beloof is (Jes 53:4). Dit het ook iets laat sien van die realisering van die Koninkryk van God in hierdie wêreld (Matt 12:28). Matt. 9:36 Wat was die motief van Jesus se bediening? Waarom het Hy geleer en verkondig en genees? Hy het die menigtes innig jammer gekry. Ons lees meermale van Jesus se meegevoel of medelye met die mense (vgl 14:14 en 15:32). Dit was trouens ook die rede waarom Jesus in die wêreld ingekom het en as mens gebore is. Sy meegevoel, sy innige jammerte vir die mense. Die rede waarom Jesus die menigtes jammer gekry het, word ook gegee: “want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n herder het nie.” Die woord wat met “moeg” vertaal is, bring die volgende betekenisse na vore: “gehawend”, “mishandel”, “gewond”, “vermink”, “uitgeput” en die woord wat met “hulpeloos” vertaal is, het die betekenis van “neergeslaan”, “uitgestrek op die grond en heeltemal hulpeloos”. Jesus het die menigte gesien en hulle was innerlik gehawend as gevolg van hulle geestelike en hopelose toestand. Die leiers wat na hulle moes omsien, die Skrifgeleerdes en Fariseërs, het meegehelp aan hulle uitgeputte toestand. Hulle het van die mense verwag om swaar en ondraaglike laste te dra, wat op hulle eie oorlewering gegrond was en nie in die Woord van God nie. Sonder God en God se genade in en deur Jesus Christus is elke mens innerlik vermink en neergeslaan as gevolg van die sonde, of jy dit wil weet of nie. Jy is in 'n ellendige toestand. Jesus sien dit en kry die skare innig jammer. Matt. 9:37 Jesus vertel van die oes wat groot is en die arbeiders wat min is. Wanneer daar na “oes” en “oestyd” verwys word, kom die eindoordeel dikwels in die oog (vgl Matt 13:30, 40-42; Open 14:14-20). Dit laat ons Jesus se medelye met die mense sien, in die lig van die eindoordeel. In hulle gehawende geestelike toestand, sonder God, hou die eindoordeel vir hulle net verskrikking in. Dit boonop, terwyl die arbeiders min is! Die arbeiders wat hier bedoel word, is nie die engele (wat die oes gaan bymekaarmaak nie (Matt. 13:49), maar dissipels wat vir Christus navolg deur die koms van die Koninkryk te verkondig (Matt. 10:7). Matt. 9:38 Die oes wat groot is en die arbeiders wat min is, moet ons die erns van die saak laat besef. Vir sy dissipels destyds het die Here opdrag gegee om te bid tot die Here aan Wie die oes behoort om arbeiders uit te stuur vir sy oes.

Page 25: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

25

Terwyl die oes aan God behoort en Hy weet hoeveel arbeiders daarvoor nodig is, beveel Hy ons tog om daarvoor te bid. Ons moet dit begeer en soek wat God wil en wat sy belange bevorder. In hierdie verband kan ons dink aan die eerste drie bedes van die Onse Vader gebed wat Jesus ons geleer het om te bid – deur daarvoor te bid moet ons wys dat dit vir ons in ons lewens ook in die eerste plek gaan om God se Naam, sy Koninkryk en sy Wil wat moet geskied. God moet die arbeiders uitstuur in sy oes. Niemand kan as arbeider werk sonder dat hy daartoe geroep en toegerus is deur God nie. Ons kan hier dink aan persone in die besondere ampte, maar ons mag die arbeiders nie net tot hulle beperk nie. Elke gelowige word tog deur God geroep en toegerus. As jy ernstig bid vir arbeiders in God se oes, sal jy vind dat die Here jou ook op jou skouer klop en sê dat jy ook daarin moet werk. Jesus beveel sy dissipels hier om te bid vir arbeiders in die oes en dan lees ons hoedat Hy juis vir hulle net daarna uitstuur (Matt 10)!

Toepassing

Ons moet die motief van Jesus se bediening baie goed raaksien en God daarvoor dank dat Hy ons innig jammer gekry het. Elkeen wat nie in Hom glo nie, wat Hom nie het nie, is moeg en hulpeloos, innerlik gehawend en vermink. Sonder God se genadewerk in ons lewens, lyk ons niks anders as die menigte wat Jesus daar jammer gekry het nie. As jy dit besef, moet jy die Here ook vra dat Hy aan jou die genade sal gee om mense wat nie in God glo nie, jammer te kry. Ons moet met die ingesteldheid van Jesus na hulle kyk. Al besef hulle dit dikwels nie, is hulle geestelik moeg en hulpeloos en wag daar met die eindoordeel 'n verskriklike lot op hulle. Hulle moet God se Evangelie hoor. Dit moet aan hulle verkondig en geleer word. Sonder die Evangelie probeer mense met allerhande ander dinge iets aan hulle geestelike moegheid en hulpeloosheid doen. Hulle maak vir hulle herders bymekaar wat nie die Goeie Herder volg nie en wat nie hulle heil in die oog het nie. Om die Evangelie aan hulle te leer en te verkondig, is daar arbeiders nodig. Daarvoor moet ons die Here van die oes bid. Ons bid gewoonlik vir dinge wat vir ons belangrik is. Jy bid byvoorbeeld vir jou gesin of vir jou gesondheid wanneer jy siek is. As die oes van die Here vir jou belangrik is, sal jy daarvoor bid. Hoe belangrik dit vir jou is dat ander wat gehawend en hulpeloos is, van God se genade hoor, hang saam met jou eie besef van die genade wat jy van God ontvang het. Dit hang saam met jou dankbaarheid teenoor die Here. As jy God bid vir arbeiders in sy oes, sal jy ook daarop ingestel wees om te hoor wanneer Hy jou die geleentheid gee en roep om te werk in sy Koninkryk.

Page 26: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

26

Matteus 16:13-20 (16) Tema: Wie sê jy, is Jesus?

Indeling van Matteus 16:13-20

Mat. 16:13-14 Jesus se vraag oor wie die mense sê dat Hy is en die

dissipels se antwoord..

Mat. 16:15-16 Jesus se vraag oor wie sy dissipels sê dat Hy is en

Petrus se antwoord namens die dissipels. Mat. 16:17-19 Jesus se woorde in reaksie op Petrus se belydenis: Mat. 16:17 Petrus word salig gespreek, want die Vader het dit aan

hom geopenbaar. Mat. 16:18 Belofte dat Jesus sy Kerk sal bou op die belydenis wat

deur Petrus en die ander apostels die wêreld ingedra sal word en dat dit nie oorweldig sal word nie.

Mat. 16:19 Belofte van die sleutels van die Koninkryk van die hemel.

Mat. 16:20 Jesus se bevel dat die dissipels nie moet vertel dat Hy die Christus is nie.

Oorsig In hierdie gedeelte vra Jesus twee vrae aan sy dissipels. Die eerste vraag, waarskynlik om by die tweede vraag uit te kom. Eers vra Hy wie die mense sê dat Hy is en nadat die dissipels geantwoord het, vra Hy (met nadruk) wie hulle (die dissipels) sê dat Hy is. Petrus antwoord namens die dissipels dat Jesus die Christus, die Seun van die lewende God is. In reaksie op Petrus se belydenis sê Jesus dat hy salig (gelukkig, geseënd) is, omdat die belydenis van die Vader af kom. Jesus beloof verder dat Hy sy Kerk sal bou op die belydenis wat deur Petrus en die apostels die wêreld ingedra sal word en dat sy Kerk nie oorweldig sal word deur die poorte van die doderyk nie. Verder beloof Jesus die sleutels van die Koninkryk van die hemel aan die dissipels. Aan die einde van die gedeelte beveel Jesus die dissipels om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie.

Verklaring Mat. 16:13-14 Die mense sien Jesus as Johannes die Doper, Elia, Jeremia of een van die profete. Johannes die Doper was reeds deur Herodes vermoor. Party mense het egter gedink dat Johannes uit die dood uit opgewek is (vgl Luk 9:7-9). Jesus Self het na Johannes verwys as die Elia wat sou kom (Matt 11:14). As die dissipels dus antwoord wie die mense sê dat Jesus is, dan is dit duidelik dat die mense Hom as 'n besondere mens gesien het, op die meeste as die voorloper van die Christus/Messias. Die mense het tog gesien dat Hy wonderwerke doen en dat Hy hulle op 'n besondere wyse geleer het. Hy was 'n besonderse mens, iemand wat 'n navolgenswaardige voorbeeld gestel het, maar niks meer nie. Mat. 16:15-16 Met nadruk/klem op julle vra Jesus vir sy dissipels wie hulle sê dat Hy is. Die mense dink dat Hy hoogstens die voorloper is van die Messias, maar wat is die dissipels se oortuiging? Petrus neem die leiding en hy antwoord namens die dissipels, dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God. Hulle dissipels sien Hom as die Christus (Grieks – Christus – dieselfde as in Hebreeus – Messias) wat met Gesalfde vertaal kan word. Hy is die Gesalfde

Page 27: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

27

van God, die lank beloofde Messias. Hy is die Seun van die lewende God, die tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid. “U is die Christus (Gesalfde)” Uit die Ou Testament weet ons dat priesters, profete en konings gesalf is vir hulle spesifieke ampswerk/ dienswerk. Jesus as die Christus is tot al drie hierdie ampte gesalf. (vgl. Sondag 12 en 13 van die Kategismus) As jy Hom bely as die Christus, sê jy dat jy glo dat Hy jou enigste Hoëpriester, jou hoogste Profeet en jou ewige Koning is. Hy is ons enigste Hoëpriester. Hy het met sy offerbloed aan die kruis die pad na die Vader vir ons gebaan. Ons kan met vrymoedigheid na God gaan. Die werk van die Ou Testamentiese hoëpriester wat in die allerheiligste deel van die tempel ingegaan het met die soenoffer, was 'n skaduwee van die versoeningswerk van die Here Jesus, sy offer, waarmee Hy in die hemel ingegaan het. As jy bely dat Hy jou enigste Hoëpriester is, sê jy dat jy van nature sondig is en dat jy sonder Hom nie by God kan uitkom nie. Jy sê dat Hy jou verlos het van die straf op die sonde en dat Hy jou verlos het van die mag van die sonde. Die sonde is nie meer jou baas nie. Jy sê dat jy deur Hom die vrymoedigheid het om tot God te nader en dat jy dit ook wil doen. Hy is ons hoogste Profeet. 'n Profeet se werk het ingehou dat hy noukeurig moes luister na dit wat God sê en dat hy dit dan vir die volk moes gaan vertel. Dink maar net hoe baie hoor ons die profete sê: “So sê die HERE...” As ons hoogste Profeet maak Jesus God se Wil aan ons bekend. Nie net met sy woorde nie, maar ook met sy gedrag. Selfs in so 'n mate dat Hy kon sê: “Wie My sien, sien die Vader.” (Joh 14:9). Hy verkondig dat Hyself die weg en die waarheid en die lewe is (Joh 14:6). As jy Hom bely as jou hoogste Profeet, dan sê jy dat sy woorde en dade ter harte wil neem; dat jy dit glo en dat jy dit wat Hy sê (en doen) wil navolg. Hy is ons ewige Koning. 'n Koning se werk is om te regeer oor sy onderdane. Die koning oefen gesag uit oor sy onderdane en sy onderdane moet hulle aan sy gesag onderwerp. Jesus as ons ewige Koning het ons verlos uit die heerskappy van die Bose. Die Bose het nou nie meer die sê oor my lewe nie, maar my ewige Koning het. Ek moet myself en my wil aan Hom onderwerp en Hom gehoorsaam. As jy Hom as Koning bely, sê jy dat nie die Duiwel nie, ook nie jyself nie, maar die Here Jesus op die troon in jou lewe sit, dat Hy oor jou lewe regeer. Mat. 16:17 Jesus reageer op Petrus se belydenis deur hom gelukkig (salig) te noem. Hy is salig, omdat hy nie uit homself tot hierdie belydenis gekom het nie. 'n Mens het dit ook nie in sy hart gelê nie. Die Vader in die hemel het dit aan Petrus geopenbaar. Petrus word aangespreek as Simon Barjona wat ons ook kan vertaal met Simon, seun van Jona/Johannes. Die aanspreekvorm stel Petrus se menslike swakheid in die kollig. Ten spyte egter daarvan dat hy 'n nietige mens is, het die Vader dit aan hom geopenbaar dat Jesus die Christus is. Petrus se belydenis getuig van God se bemoeienis met hom. Ons kom nie uit onsself daartoe om Jesus as die Christus, die Seun van die lewende God te bely nie. God moet Hom so aan ons openbaar. God moet deur sy Gees in ons harte werk en die geloof daar plant en dan sien jy deur die geloof Jesus vir Wie en Wat Hy is. As jy oortuig is dat jy 'n kind van die Here is, dan moet jy Petrus se belydenis glo en nasê, want dit is hoe die Vader Hom openbaar. En as jy die belydenis nasê, dan weet jy dat jy nie uit jou eie daartoe gekom het nie, jy besef jou eie kleinheid en nietigheid, en tegelykertyd God se bemoeienis met jou.

Page 28: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

28

Mat. 16:18 In reaksie op Petrus se belydenis beloof Jesus dat Hy sy kerk op hierdie rots sal bou en dat die magte/poorte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie. In Mat. 16:17 spreek Jesus vir Petrus as Simon Barjona aan en sy menslike swakheid word in die kollig gestel. Nou sê Jesus: Jy is Petrus. Petrus beteken rots. Petrus is die rotsman. Tussen Simon Barjona en Petrus as name waarmee die Here Petrus aanspreek, staan dat die Vader in die hemel dit aan Petrus geopenbaar het. God en God se werk (openbaring hier) maak van Simon Barjona, Petrus. Hierdie verandering in naam herinner aan toe Jesus vir Petrus as dissipel geroep het. (Vgl. Joh 1:42: “Jy is Simon seun van Johannes; jy sal Sefas genoem word.” Sefas beteken dieselfde as Petrus.). Daar is uiteenlopende standpunte oor wat die “rots” waarop Jesus sy kerk sal bou, beteken. Die Roomse Kerk het daarvan gemaak dat dit Petrus in sy persoon is en toe gesê dat Petrus die eerste Pous was. Aan die ander kant word daarop gewys dat die Griekse woord vir die “rots” waarop Jesus sy kerk sal bou, hier 'n vroulike vorm het en dat dit dan dui op die “belydenis” van Petrus. Jesus sê: Jy is Petrus en op hierdie petra (vroulik) sal Ek My kerk bou. Nog 'n moontlik verklaring is dat Jesus se woorde hier nie net op Petrus as persoon en ook nie net op die belydenis slaan nie, maar op die belydenis wat deur Petrus en die ander apostels die wêreld ingedra sou word. Op daardie fondament het Christus sy kerk gebou. Sy Kerk wat die belydenis glo en uitdra dat Hy die Christus, die Seun van die lewende God is, sal nooit deur die magte van die doderyk oorweldig word nie. Mat. 16:19 Jesus beloof dat Hy die sleutels van die Koninkryk aan Petrus (en die Kerk) sal gee. Wat hulle op aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly en wat hulle op aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly. Ons bely dat die sleutels van die koninkryk die verkondiging van die Woord en die kerklike tug is (Sien Sondag 31 van Kategismus). Waar die Woord verkondig word, sluit dit die koninkryk oop en toe – oop as dit geglo word en toe as dit verwerp word. Die tug word toegepas op lidmate wat met hulle leer en lewe wys dat hulle eintlik buite die koninkryk val. As hulle hul bekeer, word die koninkryk oopgesluit en as hulle hul verhard, bly die koninkryk vir hulle toegesluit. Mat. 16:20 Jesus beveel sy dissipels om vir niemand te vertel dat Hy die Christus is nie. Toe kon baie mense dit verkeerd verstaan dat Hy die Messias is. Die Jode het 'n Messias verwag wat vir hulle politieke bevryding sou bring. In daardie verwarrende omstandighede moes dit dissipels dit nie bekendmaak nie. Jesus was boonop nog op pad om aan die kruishout die oorwinning te behaal. Vandag geld hierdie swyggebod nie meer vir ons nie. Die apostels het immers ook na die opstanding en hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees vir Jesus as die Christus gaan verkondig.

Wie sê jy is Jesus? Die antwoord op hierdie vraag bepaal elke mens se lewe. Vir baie is Jesus net 'n besondere mens met 'n mooi voorbeeld om na te volg. Hy is nie die Christus nie en ook nie die Seun van God nie. As jy egter 'n kind van die Here is, moet jy die belydenis van Petrus uit jou hart uit kan nasê. Jy moet Jesus sien as die Christus, die Seun van die lewende God. As jy dit glo en bely, het God dit in jou hart gewerk. Vlees en bloed openbaar dit nie aan jou nie, maar die

Page 29: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

29

Vader wat in die hemel is, deur sy Heilige Gees. Dit is God en God se openbaring wat van Simon Barjona Petrus gemaak het. Jy moet weet en bely wie Jesus is en bereid wees om die konsekwensies daarvan te dra. (Sien die verklarings hierbo vir ons enigste Hoëpriester, ons hoogste Profeet en ons ewige Koning.)

Page 30: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

30

Matteus 18:1-14 (6) Tema: Geen struikelblok vir die kleintjies nie.

Indeling van Matteus 18:1-14

Mat. 18:1-5 Wees goedhartig teenoor die kleintjies. Mat. 18:6-9 Pas die kleintjie op om te voorkom dat hulle en julle in

versoeking kom. Mat. 18:10-14 Ag die kleintjies hoog en as hulle afdwaal, gaan vind

hulle en bring hulle terug.

Oorsig Die dissipels kom na Jesus met die vraag oor wie die belangrikste in die koninkryk van die hemel is. Jesus roep 'n kindjie nader en laat hom tussen hulle staan en sê dan dat as die dissipels nie verander en soos kindertjies word nie, hoef hulle nie eers te wonder oor wie die belangrikste in die koninkryk gaan wees nie, want hulle gaan nie daar wees nie. Die vraag na die belangrikste is die verkeerde vraag wanneer dit gaan oor die koninkryk van God. Wie gering is in sy eie oë is die belangrikste in die koninkryk. Jesus waarsku dan dat jy nie 'n struikelblok moet wees vir kleintjies nie, maar dat jy radikaal moet breek met dit wat 'n struikelblok kan wees vir die kleintjies. Dan gee Jesus perspektief op hoe belangrik die kleintjies is: God gee selfs opdragte aan die engele in die hemel oor die kleintjies. As een afdwaal moet hy/sy gesoek en gevind word.

Verklaring: Mat. 18:1-5 Wees goedhartig teenoor die kleintjies Die dissipels het onder mekaar geloop en stry oor wie die belangrikste in die Koninkryk van die hemel sal wees. Matteus vertel nie van die stryery nie, maar ons vind dit wel by Lukas (Luk. 9:46-47). Waarskynlik het die feit dat ons in die voorafgaande hoofstukke van Matteus so baie van Petrus lees, iets te make met die stryery onder die dissipels. Petrus is die een wat uit die skuit spring en na Jesus toe begin loop op die see. Petrus is die een wat in hfst. 16 [Mat. 16:16] vir Jesus bely as die Christus, die Seun van die lewende God. Petrus, saam met Jakobus en Johannes, is deur die Here saamgeneem na die berg toe, toe Jesus verheerlik is en Moses en Elia aan hulle verskyn het. Die amptenare gaan vra vir Petrus uit oor of Jesus tempelbelasting betaal of nie en Petrus kry die opdrag om 'n vis te gaan vang en die silwermuntstuk wat hy in die bek van die vis sou vind, sou dien as betaling van Jesus se belasting en Petrus s'n. Moontlik het die vraag toe ontstaan of Petrus die leier van die dissipels sou wees en dit het dan aanleiding gegee tot die stryery onder hulle. Jesus antwoord hulle deur 'n klein kindjie nader te roep en terwyl die kleintjie (verleë) tussen hulle staan, sê Jesus dat as hulle nie verander en soos kindertjies word nie, sal hulle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Hulle loop en stry oor die rangorde wat sal geld in die koninkryk, maar as hulle nie word soos daardie kindjie en alle hoogmoed en eiedunk laat vaar nie, hoef hulle nie eers te wonder oor wie die belangrikste in die koninkryk van die hemel sal wees nie, want hulle sal self nie daarin kom nie. Hulle hoogmoed en eiedunk is by voorbaat 'n diskwalifikasie om in die koninkryk van die hemel in te gaan.

Page 31: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

31

Eienskappe wat gewoonlik geassosieer word met klein kindertjies is eenvoud, opregtheid, nederigheid en vertroue. Hulle is swak en besit beperkte kragte en insig. Hulle is afhanklik van hulle ouers en kyk dikwels met verwondering na grootmense op. Van al die eienskappe het Jesus waarskynlik veral die eienskap van nederige vertroue in die oog, wanneer Hy sê dat ons moet verander en soos kindertjies word. Ingaan in die koninkryk van die hemel vra van jou nederige vertroue op God. Dit kos jou jou selfvoldaanheid, jou hoogmoed en eiedunk. Dit kos jou jou vertroue in jouself en jou eie vermoëns en jou goeie werke. Dit vereis dat jy van jou vertroue in jouself sal afsien en Christus en sy Verlossing sal aangryp. Dit is 'n totaal onverdiende genadegawe van God en daarom het niemand enige rede om daaroor in hulleself te roem nie. Al die eer daarvoor kom God toe, wat Hom in Christus oor ons ontferm het en as sy kinders aangeneem het. Jesus sê dat iemand wat so 'n kindjie in sy Naam ontvang, ontvang Hom ook (Mat. 18:5). Die waarheid hiervan geld nie net vir die kindertjies nie, maar van almal wat deur die genade van God klein geword het soos die kindertjies. Deur so 'n kindjie (kleintjie) wat aan Jesus behoort ontvang/verwelkom, ontvang/verwelkom jy ook vir Jesus.

Mat. 18:6-9 Pas die kleintjies op om te voorkom dat hulle en julle in versoeking kom Nadat Jesus die dissipels daarop gewys het dat hulle moet verander en soos kindertjies word om in die koninkryk van die hemel in te gaan, praat Hy van die kleintjies wat in Hom glo en wat tot afvalligheid verlei kan word (Mat. 18: 6). Met kleintjies bedoel Jesus nie net die kindertjies nie, maar elkeen wat in Hom glo en wat klein geword het in sy eie oë; wat nederig aan Christus vasgryp en alles van Hom verwag. Ons kan onder kleintjies ook dink aan hulle wat nog jonk is in hulle geloof en wat dalk maklik verlei kan word om afvallig te raak. In vers 6 stel Jesus die negatiewe of die teenoorgestelde van wat Hy in Mat. 18:5 positief gesê het. Die teenoorgestelde daarvan om iemand in sy Jesus se Naam te ontvang/verwelkom, is om vir daardie persoon 'n struikelblok in die geloof te word. Vir iemand wat die kleintjies van Christus afvallig maak, sou dit beter wees as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diepsee verdrink. 'n Verskriklike verdrinkingsdood sou vir so 'n mens beter wees as om die gevolge daarvan te dra dat hy een van die kleintjies van Christus afvallig gemaak het. Die meulsteen waarvan Jesus hier praat is waarskynlik nie dié van 'n handmeul nie, maar een wat deur 'n donkie gedraai is. Die boonste van die twee meulstene het 'n gat in die middel gehad, waarin die graan gegooi is. Daar is 'n hele klomp dinge wat die kleintjies afvallig kan maak. In die konteks hier kan ons veral dink aan die stryery van die dissipels en hulle vraag aan Jesus oor wie die belangrikste en grootste is in die koninkryk. Daarom kan ons dink aan hoogmoed en selfverheffing ('n wêreldse gesindheid) wat vir ander, vir die kleintjies, 'n struikelblok kan wees in hulle geloof. Kindertjies kyk op na die grootmense vir leiding. Moenie so optree dat jou optrede (ongehoorsaamheid aan die Here, traak my nie agtigheid in die godsdiens, vir ander 'n struikelblok word nie. Breek eerder radikaal met daardie sonde van jou. So radikaal soos wat dit sou wees om jou hand of voet af te kap of om jou oog uit te pluk wat jou afvallig wil maak. Die kleintjies sien jou kleinheid voor God, gehoorsaamheid aan God en vertroue in God raak. Wees daarvan bewus en tree so op dat hulle dit kan navolg. Moenie deur swak toewyding vir hulle 'n struikelblok word nie.

Mat. 18:10-14

Page 32: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

32

Ag die kleintjies hoog en as hulle afdwaal, gaan vind hulle en bring hulle terug Moenie die kleintjies minag nie. Moenie op jou broer of suster in die geloof neersien nie. Veral nie op hulle wat klein is of wat nog jonk is in die geloof en moontlik nie dieselfde mate van geloofsvolwassenheid as jy vertoon nie. Waarom nie neersien op die kleintjies nie? “Want” – sê Jesus – “Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by My hemelse Vader is.” Met ander woorde: Wie dink julle is julle om op die kleintjies neer te sien, terwyl My Vader hulle so hoog ag dat Hy sy engele ter wille van hulle opdragte gee. Op grond van dit wat Jesus hier oor die engele sê het baie mense in die verlede die gevolgtrekking gemaak dat elke gelowige en veral die kinders, 'n permanente persoonlike beskermengel het wat altyd by hulle bly. Ons moet versigtig wees om hier so ver met ons afleiding te gaan. Wat die Bybel ons wel duidelik laat verstaan is dat God sommer baie engele stuur in belang van sy kinders en veral hier ter beskerming en bewaring van struikelblokke wat op hulle pad gelê kan word. God sorg vir hulle wat aan Hom behoort, selfs die kleintjies, deur van engele gebruik te maak. Hemelwesens word ingespan om in belang van die kleintjies op te tree en wie is julle dan om hulle te minag en op hulle neer te sien. Calvyn het opgemerk by Mat. 18:10 dat dit nie 'n ligte aangeleentheid is om neer te sien op hulle wat engele as hulle metgeselle en vriende het nie. Ons moet daarom waak dat ons nie hulle verlossing minag nie, want die engele word gestuur om dit (hulle verlossing) te bevorder.

Page 33: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

33

Matteus 20:1-16 Tema: Moenie onder die eerstes wees wat laaste gaan kom nie.

Indeling van Matteus 20:1-16

Mat. 20:1 – 7 Die eienaar van die wingerd gaan telkens deur die dag uit om arbeiders op die mark te gaan huur.

Mat. 20:8 – 10 Ongewone wyse van vergoeding (laastes eerste) en ongewone hoeveelheid vergoeding.

Mat. 20:11 – 12 Ontevredenheid onder die eerstes. Mat. 20:13 – 15 Antwoord van die eienaar aan die eerstes. Mat. 20:16 Afsluiting van die gelykenis met die opmerking oor

“eerstes” en “laastes”

Agtergrond Die gelykenis word voorafgegaan deur die geskiedenis van die ryk jongman wat na Jesus gekom het en nie bereid was om alles te verkoop en Jesus te volg nie (Mat. 19:16-30). In reaksie op die ryk jongman se onwilligheid sê Jesus dat dit makliker is vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom (Mat. 19:24). Die dissipels is ontsteld oor hierdie woorde van die Here en wonder wie dan gered kan word, waarop Jesus hulle antwoord: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”(Mat. 19:26). God wat die onmoontlike moontlik maak, red mense. Die geskiedenis van die ryk jongman word gedra deur die onverdiende genade van God. Petrus wonder wat sal hulle beloning wees, omdat hulle alles verlaat het om Jesus te volg (Mat. 19:27). Jesus gee die belofte dat hulle saam met Hom sal regeer (Mat. 19:28,29). Gedeelte word afgesluit met “eerstes” en “laastes” en dan vertel die Here die gelykenis van die arbeiders in die wingerd, waardeur God se onverdiende genade weereens onderstreep word.

Verklaring Mat. 20:1 – 7 Eienaar van die wingerd gaan telkens deur die dag uit om arbeiders te huur. Opmerklik uit hierdie verse is dat die eienaar net met die arbeiders wat hy vroeg die oggend gehuur het oorgekom het om hulle die gewone dagloon te betaal. Hulle het 'n ooreenkoms/kontrak gehad vir die gewone dagloon vir die dag se werk. Die arbeiders wat teen nege uur gehuur is, kon nie meer aanspraak maak op 'n volle dagloon nie en die eienaar kom ooreen om hulle “wat billik of reg is”, te betaal. Dieselfde gebeur twaalfuur en drie-uur. Hierdie arbeiders het hulle dus op die billikheid of regverdigheid van die eienaar beroep toe hulle gaan werk het. Hulle het nie 'n ander ooreenkoms gehad nie. Dié wat vyfuur gehuur is, gaan werk ook sonder 'n loonooreenkoms vir die eienaar. Mat. 20:8 – 10 Die vergoeding die aand, kom as't ware as 'n skok. Dit was ongewoon dat die laastes eerste hulle loon ontvang het. Verder is die bedrae betrokke ook ongewoon. Die laastes ontvang presies soveel soos die eerstes. Vir 'n gesonde arbeidspraktyk en vir die ekonomie kan dit

Page 34: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

34

wat hier gebeur het, nie werk nie. Die Here sê egter nie dat dit met die ekonomie so moet gaan nie. Hy sê dat dit met die koninkryk van die hemel so gaan. Mat. 20:11 – 12 Ons kan die ontevredenheid van die eerstes verstaan. Hulle het die hele dag hard gewerk, terwyl die wat later en laaste gehuur is, baie minder gewerk het. En tog ontvang almal dieselfde loon. Iets waarop ons ook kan let, is dat as die gewone orde met die uitdeel van die lone gegeld het, sou die eerstes hulle loon eerste ontvang het en huis toe gegaan het. Hulle sou nie eers geweet het dat die laastes net soveel soos hulle ontvang het nie. Mat. 20:13 – 16 Die eienaar se antwoord aan die eerstes wat verontreg gevoel het, wys duidelik dat hy hulle in geen opsig benadeel het nie. Hulle het immers 'n ooreenkoms gehad, waarop die eerstes hulle sou beroep as die eienaar nie vir hulle die ooreengekome loon gegee het nie. Uit die antwoord staan die goedheid van die eienaar sterk in die fokus. Omdat hy goed is, wil hy vir die laastes dieselfde gee as vir die eerstes. Die laastes ontvang hulle loon nie ten koste van die eerstes nie, maar omdat die eienaar goed is. Op hierdie punt sluit die gelykenis aan by die gebeure met die ryk jongman (wat die gelykenis voorafgaan). Dit wat vir die mense onmoontlik is, maak God moontlik. Hy red mense. Die onverdiende genade wat die geskiedenis van die ryk jongman dra, kom ook baie sterk uit in hierdie gelykenis wat God se goedheid beklemtoon.

Toepassing - Moenie onder die eerstes wees wat laaste gaan kom nie. Die eerstes wat laaste gaan kom, kan ons bestempel as gelowiges wat wel in die koninkryk van God werk, maar wat hulle oog net hou op die loon aan die einde van die dag. Hulle het 'n ooreenkoms met die Eienaar en daarvolgens verwag hulle om beloon te word. Vir hierdie eerstes is dit nie 'n vreugde om wel in die wingerd te werk en om op dié wyse naby die Eienaar te wees nie. Hulle kyk al hierdie genade voorregte mis, soos ook die feit dat hulle die hele dag deur die sekerheid kan hê dat hulle werk het en dat hulle sal kan voorsien in die behoeftes van hulle gesinne. Die arbeiders wat later en laaste gehuur is, is gelowiges wat nie van kindsbeen af gelowig was nie. Vir 'n groot gedeelte van hulle lewens het hulle werkloos op die mark rondgestaan. In dié tyd was daar vir hulle geen sekerheid of hoop op 'n loon aan die einde van die dag nie. Toe die Eienaar hulle egter wel kom huur, hou hulle hul oë nie net op die loon nie. Hulle het geen ooreenkoms gehad nie, maar moes vertrou op die Eienaar se billikheid en regverdigheid. Hulle sien die genade en die goedheid van die Eienaar duideliker raak as die eerstes wat net na die loon aan die einde van die dag gekyk het. Ons moet onsself afvra of ons besef watter geweldige voorreg dit is om kinders van die Here te wees en om in sy Koninkryk werksaam te mag wees. Sien ons die goedheid en die genade van die God daarin raak? Verbly ons ons daarin dat ons nou reeds naby die Here mag lewe, of hou ons net ons oog op die loon aan die einde van die dag? As ons nie die goedheid en genade van die Here in ons deel wees van en werk in die Koninkryk raaksien nie, dan word ons jaloers en verbitterd teenoor ander wat later die genade van die Here ontvang. Ons dink dan dat dit “goeie tyd” was wat die laastes werkloos op die markplein deurgebring het.

Page 35: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

35

As ons egter die goedheid en genade van God raaksien, dan sal dit ons motiveer om met nog meer ywer in die Koninkryk te werk. Ons sal leef uit die sekerhede en die hoop wat God aan ons gee.

Gebedsriglyn Dank die Here dat ons as sy kinders wel in sy Koninkryk mag werk. Vra dat God ons sal laat besef watter voorregte ons geniet; dat ons sy goedheid en genade duidelik sal raaksien; sodat ons met die regte oë sal kyk na hulle wat groot gedeeltes van hulle lewens werkloos op die markplein mors; sodat ons met nog meer ywer kan werk en die Here dien; sodat ons met sekerheid en hoop kan lewe.

Page 36: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

36

Markus 4:26-32 en Lukas 10:38-42 Tema: Ons besorgdheid en prioriteite op die regte plek.

Opmerkings oor Markus 4:26-32: Die gelykenis van die saad wat spontaan groei kom net in Markus voor. Net na die gelykenis volg die gelykenis van die mosterdsaad. Die mosterdsaadjie word 'n groot boom. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak (Markus 4:32). Hierdie boom word deur Markus geskryf in dieselfde terme as die boom in Nebukadnesar se droom in Dan 4 – ook sprake van voëls wat in sy takke nesmaak. In Dan 4 is die boom simbool van Nebukadnesar se koningskap. Nebukadnesar sê van sy koninkryk (Dan. 4:30): “Kyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan 'n koningstad gemaak, tot my eer en roem.” Hierteenoor stel ons gelykenis dat die koninkryk van God soos die saad is wat ontkiem en groei – hoe weet hyself nie. Vanself gebeur dit. Die Griekse woord wat met vanself vertaal is, is ook die woord waarvan die woord outomaties afgelei is. Dit gebeur outomaties. Met die saad wat opkom, staan ons voor 'n wonder van God, waaroor ons as mense nie kan beskik nie. God werk. God is besig. Presies so gaan dit met die Koninkryk van God. Wanneer Jesus ons in die Koninkryk van God wil laat glo, wys Hy ons eenvoudig op die werk van God. Dan praat Hy oor die wonder van God. Hy praat nie oor die bekwaamheid van ons mense en oor ons moontlikhede nie – dit wat ons kan vermag nie. Die Koninkryk van God, is iets wat God self oprig, wat Hy doen. Dit is sy Koninkryk! Dit word nie deur mense voortgebring nie. Hierdie gedeelte is uiters belangrik vir ons siening van ons eie roeping en verantwoordelikheid in God se Koninkryk. Moenie vergeet dat dit God self is wat sy Koninkryk laat kom nie. Verantwoordelikheid daarvan lê nie primêr by ons nie. Ons moet wel saai, maar ons kan nie laat ontkiem en groei nie. Ons kan nie geloof tot stand bring nie. Moet onsself daarom ook nie moeg maak en rondhardloop om dinge te doen wat ons in elk geval nie kan doen nie. Kan programme en aksies in plek hê, maar ons fokus moet op die regte plek lê. Lukas 10:38-42 help ons met ons fokus.

Opmerkings oor Luk 10:38-42 Met Jesus en sy dissipels se tuisgaan by die huis van Marta en Maria, het hulle 'n huis vol mense gehad. Marta spring dadelik aan die werk Sy wil die Here dien met al haar gawes en goed. In haar geskarrel sien ons haar besondere liefde vir die Here. Volgens Marta het Maria nie goed gedoen deur by die Here se voete te sit en luister nie. Jesus het egter ook nie goed gedoen, deur dit toe te laat nie. Daarom haar verwytende vraag aan die Here. Jesus wys haar daarop dat sy haar besorgd en bekommerd maak oor baie dinge wat op daardie stadium onnodig was. “Een ding is nodig” – wat Marta gedoen het, was

Page 37: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

37

dus “onnodig”. Martha het verkeerde beeld gehad van wat die Here van haar verwag het. Die beste deel het Maria gekies. Sy het verstaan dat elke geleentheid wat Christus praat, moet ten volle benut word. Dit wat die Here sê is noodsaaklik vir die lewe. Dit is nodig om met jou hele hart te luister na wat die Here sê, na elke woord. Martha moes leer dat die dieptepunt van ons diens aan die Here nie lê in ons aktiwiteite nie. Ons moet hoor en gehoorsaam. Moenie uit die gedeelte aflei dat ons hoor en doen teenoor mekaar kan afspeel nie. Asof dit nie belangrik is dat ons ook moet doen wat ons gehoor het nie. Gedeelte gee ons egter die volgorde: Moet eers luister, dan doen! Nie andersom nie. Ons kerklike lewe moet nie gegrond wees op die fondament van ons aktiwiteite nie, maar op ons luister na die Here. Dan kan ons ons dienswerk in die Koninkryk van God al luisterende doen. Net een ding is nodig en dit is om aan Jesus se voete te sit en te luister. Met die versekering dat dit God is wat laat ontkiem en groei. Met die troos dat God gee wat Hy vra. Augustinus se gebed: “Here, gee wat U vra en vra dan net wat U wil.”

Page 38: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

38

Lukas 11:1-13 Tema: Volhard in die gebed!

Indeling van Lukas 11:1-13 Luk. 11:1 Jesus bid en sy gebed gee aanleiding tot die vraag om

gebedsonderrig. Luk. 11:2-4 Jesus leer die Onse Vader gebed. Luk. 11:5-8 Gelykenis van die man wat sy vriend in die nag nader

om hulp. Luk. 11:9-12 Toepassing van die gelykenis waarin die Here ons

oproep om te vra, te soek en te klop, want die Vader gee sy Heilige Gees vir dié wat vra.

Verklaring Luk. 11:1 Net nadat die Here op 'n keer gebid het, kom een van die dissipels met die versoek dat Hy hulle moet leer bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het. Uit hierdie versoek kan ons twee dinge aflei:

Hulle was in hulle gedagtes besig met Johannes die Doper. Hulle was heel waarskynlik in dieselfde omgewing waar Johannes enkele jare gelede gepreek en gedoop het. Sommige van die dissipels (o.a Andreas en Johannes) was ook vroeër volgelinge van Johannes.

In die tweede plek sien ons uit die vraag dat die dissipels hulleself hoe langer, hoe kleiner sien. Moet hulle dan nog leer bid? Hulle het tog al toe hulle kindertjies was, by hulle pa en ma geleer hoe hulle moet bid. In die ongeveer drie jaar wat hulle saam met Jesus was, het hulle al soveel maal gebid. Hoe gebeur dit dat hulle nou, aan die einde van die drie jaar vir Jesus vra om hulle te leer bid?

Hieruit sien ons dat die dissipels besef het hoe moeilik dit is om te bid. Dis maklik om net 'n gebed op te sê – dit kan enigiemand doen. Maar om so te bid dat jy God werklik ontmoet, dat jy daardeur versterk en vertroos word – dit is moeilik. So kon Jesus bid. Wanneer Hy bid, gebeur daar iets: Hy ontvang krag uit sy gebed. By ons is bid baiekeer net 'n opsê van woorde. Hoe meer die dissipels die gebed van Jesus gesien het, hoe meer het hulle verlang om ook so te leer bid soos wat Hy bid. Luk. 11:2 – 4 Op die versoek, leer Jesus sy dissipels nog 'n keer die Onse Vader gebed, soos Hy ook vroeër in die Bergrede aan die skare geleer het (Matt. 6:7-13). Op enkele plekke verskil die woorde van die Onse Vader gebed hier met dit wat in die Bergrede staan. Daaruit (uit die enkele verskille) kan ons die afleiding maak dat ons nie elke keer as ons bid, net die woorde van die Onse Vader gebed hoef te bid nie. Ons kan ook ander woorde gebruik. Uit Jesus se gebedsonderrig is dit baie duidelik hoe ons gebede ingeklee moet word. Dit moet vir ons in die eerste plek oor die belange/saak van God gaan en in die tweede plek oor ons belange. Wat die Here se belange betref bid ons vir die heiliging van sy Naam en die

Page 39: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

39

koms van sy Koninkryk. Dan bid ons ook vir ons belange. Vir stoflike/liggaamlike versorging (ons daaglikse brood) en vir geestelike versorging (vergewing van sonde, bewaring van versoeking en verlossing van die bose). Daarby is die klem by ons belange en behoeftes op “ons” en nie op “my” nie. Die Here leer ons om aan mekaar se belange te dink, wanneer ons bid. Luk. 11:5 – 8 In hierdie gelykenis leer die Here ons dat ons vir God met vrymoedigheid moet nader, soos die man wat in die nag die vrymoedigheid neem om sy vriend te gaan pla. Baie klem word gelê op die die volharding in die gebed en die verhoring van ons gebede dan. Die man in die gelykenis het nie leë hande van sy vriend af weggegaan nie. Hy het die brood gekry waarvoor hy daarheen gegaan het. Calvyn het gesê: “Nothing is better adapted to excite us to prayer than a full conviction that we shall be heard.” Die gelykenis beskryf 'n gebeurtenis in daardie dae. 'n Reisiger het onverwags by sy vriend aangekom. Daar was nie winkels wat reg deur die nag oop was nie. Ook het hulle nie yskaste of vrieskaste gehad nie. Gasvryheid was belangrik in daardie kultuur en het vereis dat jy vir jou reisiger vriend iets te ete gee. Daarom gaan pla die man sy vriend om middernag. Dis donker binne en die deur is al gesluit. Hulle is egter vriende en daarom begin hy aan die deur klop en roep. Die geraas maak die vriend wakker. Die kinders is egter al aan die slaap en 'n gewoel (om die brood te soek en die deur oop te maak) kan hulle wakker maak. Veral met klein kindertjies kan dit nogal baie lastig wees! Die vriend binne in die huis sien nie sy weg oop om op te staan en aan die versoek te voldoen nie. Die vriend buite hou egter aan om te klop en te vra. Uiteindelik besef die vriend in die bed dat die vinnigste wat hy weer gaan slaap, sal wees om op te staan en aan die versoek te voldoen. Daar is aan die vriend se versoek voldoen omdat hy hom nie geskaam het om aan te hou vra nie (83 vertaling). Ons kan ook vertaal as gevolg van sy “skaamtelose vrymoedigheid” of sy “hardnekkige volharding”. Uit hierdie gelykenis is dit duidelik dat die besef van ons nood en ons gebrek om self daarin te voorsien, ons tot volhardende gebed bring. (Die vriend in die gelykenis was in die knyp, omdat hy nie vir sy reisiger vriend iets gehad het om te eet nie). Heel dikwels bid ons nie, omdat ons nie ons nood besef nie. Ons besef nie ons totale afhanklikheid van God nie. Ons dink ons kan self regkom, as God ons net so hier en daar 'n bietjie help. Wat ons ook moet raaksien is dat dit vir die man in die gelykenis gegaan het om die nood van sy reisiger vriend. As dit net hyself was wat honger was, sou hy nie sy vriend in die nag gaan pla het nie. Ons moet God met vrymoedigheid bid om ons te help in ons nood, maar ons moet nie uit die oog verloor dat gebed nie net oor ons persoonlike nood gaan nie, maar ook oor die nood van ander. Luk. 11:9 – 12 Jesus pas in hierdie gedeelte die voorafgaande gelykenis toe deur ons aan te spoor om te vra, te roep en te klop. Die vorm van die werkwoorde (vra, roep, klop) dui aan dat dit 'n durende aksie moet wees. Die gedagte van volharding word ook verder beklemtoon deur die toenemende intensiteit van die woorde “vra”, “soek” en “klop”. “Soek” is sterker as “vra” en “klop” is weer sterker as “soek”. “Klop” hou verder verband met die gelykenis van die man wat sy vriend in die middel van die nag gaan opklop het.

Page 40: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

40

Die Here gee dan ook die belofte dat wie vra, ontvang, wie soek kry en vir wie klop, sal oopgemaak word. God is immers nie soos 'n onwillige vriend om middernag nie. Hy is soos 'n liefdevolle vader wat in die behoeftes van sy kinders voorsien. As ons mense (wat sleg en sondig is) vir ons kinders goeie dinge wil gee, hoeveel te meer sal ons Vader in die hemel dit doen. Jesus noem dan spesifiek die Heilige Gees wat die Vader aan hulle sal gee wat vra. Die Heilige Gees, wat Self God is, is die grootste Gawe denkbaar wat ons kan ontvang. Alhoewel elke gelowige die Heilige Gees het, moet ons in ons lewe van elke dag nog meer en meer vervul word met die Gees. Wat ookal ons nood is, ons grootste nood is om voortdurend met die Gees van God vervul te wees. Daarom beveel die Here ons om soos afhanklike kinders te kom en ons hemelse Vader te vra dat sy Gees steeds meer en meer in ons sal werk. Jesus praat spesifiek van die Heilige Gees hier. Hy beloof nie om aan ons alle aardse en materiële dinge te gee wat ons begeer nie. Hy beloof dat as iets vir ons geestelike welsyn is, kan ons soos kinders na ons liefdevolle Vader kom en vertrou dat Hy dit vir ons sal gee.

Toepassing In die kategismus bely ons (Sondag 45) dat die gebed die vernaamste deel van ons dankbaarheid is. Iemand verwys na die gebed as die asemhaling van die siel. Daarsonder kan 'n gelowige nie lewe nie. Kan jy God nie ontmoet nie. Die gedeelte begin met Jesus wat Self besig was om te bid. So tref ons Hom gedurigdeur aan, terwyl Hy besig was om te bid. Juis deur die gebed het Hy sy hemelse Vader ontmoet en die krag ontvang om met sy roeping te volhard. Op die versoek van een van die dissipels leer die Here nie alleen vir ons die Onse Vader gebed nie, maar spoor Hy ons ook aan om te bid, volhardend te bid. In die Onse Vader gebed leer die Here ons waarvoor ons moet bid. Waarvoor ons eerste moet bid – die belange van ons Vader. En waarvoor ons tweede moet bid – “ons” belange. As jy nie jou nood en afhanklikheid van God besef nie, sal jy nie bid nie. As jy dit egter besef, sal jy bid. Vra, soek en klop. Ons mag dit doen met die heerlike versekering dat die Vader ons gebede verhoor. Hy verhoor dit vir ons ten goede. Hy gee sy Gees aan hulle wat vra. Sonder gebed kan ons nie ons roeping uitleef nie. Kan ons nie weerstand bied teen die bose nie. Kan ons nie as Kerk die Lig van die Evangelie uitdra nie.

Page 41: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

41

Lukas 17:11-19 Tema: Omgedraai en God gedank.

Indeling van Lukas 17:11-19 Lukas 17:11-13 Jesus se reis, plek waar Hy melaatses teëkom en hulle

versoek. Lukas 17:14 Jesus stuur hulle na die priesters en op pad daarheen

word hulle gesond Lukas 17:15-16 Een draai om, prys God en dank Jesus. Hy was 'n

Samaritaan. Lukas 17:17-18 Jesus vra drie vrae. Lukas 17:19 Jesus verseker die man dat sy geloof hom gered het.

Verklaring Lukas 17:11 Jesus is op pad na Jerusalem. Blykbaar sou die Samaritane 'n Jood nog toelaat om deur hulle gebied te trek as hy noordwaarts gegaan het. Wanneer hy egter suidwaarts, in die rigting van Jerusalem getrek het, was hulle meer vyandig gesind. Waarskynlik was dit die rede waarom Jesus al met die grens langs tussen Samaria en Galilea gegaan het op sy pad na Jerusalem. Lukas 17:12-13 Buitekant 'n sekere dorpie, kom tien melaatse mans Jesus tegemoet. Hulle bly egter op 'n afstand staan. Die siekte wat hulle gehad het, was aansteeklik en as gevolg daarvan moes hulle buite die dorp bly. Hulle toestand was werklik ellendig: hulle het 'n ongeneeslike siekte gehad, hulle het hulle werk verloor, kon nie saam met hulle gesinne en families bly nie, is van die samelewing vervreem. En waar hulle saam in die nood was, kyk hulle verby dit wat die Samaritane en die Jode verdeel het. Hierdie tien het saamgewerk om mekaar te help. In die groep was daar ook 'n Samaritaan gewees. Terwyl hulle op 'n afstand staan, roep hulle hard, sodat Jesus hulle kan hoor. Hulle vra dat Hy Hom oor hulle moet ontferm. Hiermee bedoel hulle dat Hy hulle van die melaatsheid moet verlos. Hulle het wel geglo dat Jesus hulle kon help. Lukas 17:14 Al antwoord wat hulle van Jesus kry, is dat Hy hulle na die priesters toe stuur. Hulle het waarskynlik iets anders van Jesus verwag. Dalk het hulle geweet van die melaatse wat Jesus gesond gemaak het deur hom eers aan te raak (Lukas 5:12). Jesus se opdrag dat hulle hulle aan die priesters moet gaan toon, het die belofte van genesing vir hulle ingehou. Hulle glo in Jesus se genesende krag en daarom gaan hulle. Dalk het hulle maar gedink om te gaan, want hulle het tog niks gehad om te verloor nie. Jesus wil egter hulle geloof in sy genesende krag tot iets beter maak. Dit word die dag van hulle lewe. Hulle gehoorsaam Jesus en op pad na die priesters, word hulle gesond. Iemand skryf dat dit lyk of hulle nog net 'n klein entjie gestap het, toe hulle

Page 42: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

42

gesond geword het. Die priesters moes iemand wat as gevolg van siekte onrein was en daarna weer genees is, rein verklaar. Dan kon hulle weer in die samelewing opgeneem word en met ander mense meng. Lukas 17:15 Een van hulle het omgedraai, toe hy sien dat hy genees het. Jesus het gesê hulle moet hulle aan die priesters gaan wys, maar hierdie een draai om. Dit is egter nie asof hy ongehoorsaam was aan Jesus nie. Hoe lank sal dit per slot van rekening daarna vir hom geneem het om hom vir die priester te gaan wys? Hy draai om, want in sy hart het sy geloof in Jesus se genesende krag, gegroei tot iets beters – tot geloof in die Geneser. Hy kyk by die gawe van gesondheid verby en hy sien die Gewer van daardie gawe raak. Daarom dat hy omdraai en God hardop prys. Daarom dat hy voor Jesus se voete gaan neerval en Hom dank. En hy was 'n Samaritaan. En waar hulle tien nog 'n tydjie gelede hardop na Jesus geroep het vir ontferming, prys hierdie een God nou hardop. Lukas 17:17-18 Uit Jesus se drie vrae, is dit duidelik dat Hy verwag het dat die ander nege ook moes omdraai en God dank. Verder wys dit ook dat God geëer is deur hierdie Samaritaan se optrede van dankbaarheid. Lukas 17:19 Jesus het vir die Samaritaan gesê: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.” Jesus praat van geloof en redding vir hierdie Samaritaan. Die Samaritaan het die gawe van gesondheid wat hulle ontvang het, gesien in verband met die Gewer daarvan. Daarom het hy die ware seën van die gesondheid ontvang, naamlik Jesus Christus. Die ander nege se geloof in Jesus se genesende krag het hulle noodroep om hulp voortgebring, maar niks meer nie. Hulle het ver van Jesus af gebly. Hulle het hulle gesondheid teruggekry, maar dit as iets op sigself gesien. Hulle het dit nie in verband gebring met die Gewer daarvan en Hom gaan dank nie. Terwyl hulle vantevore hulle familie en hulle werk en die gemeenskap verloor het as gevolg van hulle siekte, het hulle dit nou alles weer eensklaps terug ontvang. Dit is egter al wat hulle gekry het – net dit wat hulle verloor het. Hulle het ver van Jesus af gebly. Die Samaritaan het ook alles teruggekry wat hy verloor het EN nog baie meer. Sy liggaamlike gesondheid het vir hom ook geestelike en ewige wins gebring. Die geheim van sy gesondheid het hy gesien en erken, naamlik Jesus Christus, en hy het God gedank.

Toepassing Jesus het ons genees van ons geestelike melaatsheid, waardeur ons verlore sou gaan. Hy het ons gered op Golgota. Soos die tien melaatses die gawe van gesondheid van Jesus ontvang het, so ontvang ons baie gawes van die Here; verlossing van ons sonde, gesondheid, voedsel en drank, klere en huise, ens. Vir alles wat ons van God ontvang, moet ons Hom dank. Ons geloof moet vrugte van dankbaarheid voortbring. Ons moet uiting gee aan ons geloof deur ons dankbaarheid. Ondankbaarheid is 'n kenmerk van 'n ongelowige.

Page 43: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

43

Agter al die gawes wat ons van God ontvang, moet ons Hom as die Gewer daarvan raaksien. Dan eers is die gawes werklik 'n seën, as ons God daarvoor prys en dank en ons naaste daarmee dien. Nege van die tien wat genees is, het nie tyd gemaak om die Here te gaan dank nie en hulle het nie dit ontvang wat die Samaritaan ontvang het nie. Ons sê baie keer dat ons nie tyd het vir die dinge van die Here nie. Dan gebruik (verbruik) ons net sy gawes. Dan is die gawes ook nie vir ons in dié mate tot 'n seën wat dit moet wees nie. Hoe dank jy God vir dit wat jy van Hom ontvang?

Page 44: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

44

Johannes 13:31-35 Tema: “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My

is.”

Indeling van Johannes 13:31-35

Joh. 13:31 – 32 Judas se weggaan gee aanleiding tot Jesus se woorde oor die verheerliking

Joh. 13:33 Jesus vertel van sy weggaan waar die dissipels Hom nie heen kan volg nie.

Joh. 13:34 – 35 Jesus se nuwe gebod wat die kenteken is van die gelowiges.

Agtergrond: Dit is die aand waarin Jesus gevange geneem sou word. Hy het sy dissipels se voete gewas (Joh. 13:1-17). Daarna is Jesus saam met sy dissipels aan tafel en het Hy vertel dat een van hulle Hom sou verraai. Hy het vir Judas 'n stukkie brood gegee en hom die opdrag gegee om dit wat hy wil doen, gou te doen. Judas het nadat hy die stukkie brood gevat het, dadelik uitgegaan. Nou was dit net Jesus en die elf dissipels daar in die bovertrek.

Gedagtes rondom elke vers Joh. 13:31 Toe Judas uit is, was Jesus se dood seker. Nie dat daar enige onsekerheid was rakende die Goddelike plan dat Jesus sou sterf ter wille van sy volk nie. God se ewige raadsplan is onveranderlik en sal sekerlik realiseer. Maar nou, noudat Judas uit is, het die realisering van daardie plan van God in die geskiedenis 'n volgende definitiewe fase bereik. Jesus se opdrag aan Judas dat hy dit wat hy wil doen, gou moet doen, wys sy gewilligheid om verder op die lydenspad te gaan. Jesus het immers geweet met watter doel Judas die vertrek verlaat het, naamlik om Hom te gaan verraai, sodat Hy gevange geneem kan word. Deur sy gehoorsaamheid en gewilligheid om verder op die lydenspad te gaan, word Hy verheerlik. Hy het as‟t ware die storm sien aankom en in plaas daarvan om dit te probeer vermy, het Hy reguit daarin geloop. Soos 'n hen wat haar kuikens onder haar vlerke toevou, sodat die reën op haar rug val, terwyl die kuikens beskerm word, so het Jesus gedoen deur vir Judas weg te stuur. Nie die reën nie, maar die toorn van God sou op Hom kom, terwyl Hy hulle wat aan Hom behoort beskerm. Iemand wat na die hen kyk, is vol verwondering vir haar gedrag. Op so 'n wyse was dit ook Jesus se verheerliking en eer. Joh. 13:32 Dit wat nou net gebeur het, is ook 'n belofte vir die toekoms. Aangesien God deur die daad van die Seun verheerlik is, dal God Hom ook verheerlik. Die Vader en die Seun is wel twee persone, maar hulle is een in wese. Deur die lyding, opstanding, hemelvaart en troonsbestyging, sal die Vader die Seun verheerlik. Joh. 13:33 Jesus noem die elf dissipels daar “My kinders”. Dit is die enigste plek in die evangelies waar die Griekse woord wat hier met kinders vertaal is, voorkom. In die NT word die woord een keer deur Jesus gebruik en dan ook 'n paar kere deur Johannes. Jesus sê deur die woord

Page 45: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

45

dat die dissipels, alhoewel hulle geestelik nog onvolwasse is, baie dierbaar is vir Hom. Iemand maak die opmerking dat Jesus gewag het dat Judas uit is, voordat Hy die dissipels so as sy kindertjies aangespreek het. Vantevore het Jesus vir die Jode gesê dat hulle nie saam met Hom kan gaan nie (Joh. 7:33 en Joh. 8:21). Volgens sommige verklaarders het Jesus met die Jode wat nie in Hom geglo het nie, bedoel dat Hy na sy Vader gaan, waarheen hulle a.g.v. hulle ongeloof nie kon gaan nie. Vir die dissipels verwys Hy egter hier na sy dood, waarheen hulle Hom nie kan volg nie. Volgens ander verklaarders bedoel Jesus in beide gevalle “sy Vader”. Die ongelowiges kan nie daar kom nie, weens hulle ongeloof. Die dissipels kan nou nog nie daar kom nie, omdat Jesus eers moet sterwe en hulle ook sal moet sterwe. Joh. 13:34 Jesus gee dan vir hulle 'n nuwe gebod. Hulle moet mekaar liefhê. Is dit dan nie 'n ou gebod wat al van lankal af die samevatting van die wet was nie? Een verklaarder skryf dat die Jode die gebod van die liefde so lank verwaarloos het, dat dit uit Jesus se mond as‟t ware 'n nuwe gebod was. 'n Ander verklaring (beter?) vir die nuwe van die gebod is Jesus se motivering. “Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhet.” Jesus stel sy eie liefde as voorbeeld en norm. Jesus se voorbeeld, sy self-opofferende liefde, moet die patroon wees wat sy dissipels navolg. Hulle moet mekaar bly liefhê. Joh. 13:35 Die kenteken (“badge”) dat hulle sy dissipels is, is die liefde liefde. Dit is die sjibbolet van Jesus se dissipels. Dit maak hulle uniek in die wêreld. Vgl. Joh 17:23; 1 Joh 3:23. (hele briewe van Johannes). Tertullianus het rondom 200 geskryf: “But it is mainly the deeds of a love so noble that lead many to put a brand upon us. „See‟ they say, „how they love one another,‟ for they themselves are animated by mutual hatred; „see how they are ready even to die for one another,‟ for they themselves will rather put to death” As dit dan ons kenteken is, wat maak ons daarmee?……

Page 46: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

46

Johannes 14:1-17 (12) Tema: Groter dinge as Jesus doen, omdat Hy na die Vader gegaan het.

Indeling van Johannes 14:1-17

Joh. 14:1 Jesus bemoedig die apostels dat hulle nie ontsteld moet wees oor sy weggaan nie. Oproep om in God te glo en om ook in Jesus te glo.

Redes waarom hulle nie ontsteld moet wees nie: Joh. 14:2a In die huis van sy Vader is daar baie woonplek Joh. 14:2b Hy gaan om vir hulle plek gereed te maak Joh. 14:3 Hy kom terug om hulle na Hom toe te neem. Joh. 14:4 Hulle ken die weg van die plek waarheen Hy gaan. Joh. 14:5-10 Thomas en Filippus se onderbreking en Jesus se

antwoorde aan hulle Joh. 14:11 Oproep om in Jesus te glo (2 maal). Joh. 14:12 'n Versekering oor wat hulle wat in Hom glo, sal kan

doen: Groter dinge as wat Hy gedoen het, omdat Hy na die Vader toe gaan.

Joh. 14:13-14 'n Verdere versekering dat Jesus sal doen wat in sy Naam gevra (gebid) word.

Joh. 14:15 Wie vir Jesus liefhet, voer sy opdragte uit. Joh. 14:16-17 Belofte van die Voorspraak, die Heilige Gees wat die

Vader sal stuur.

Agtergrond Jesus sê hierdie woorde aan sy dissipels in die nag waarin Hy die nagmaal ingestel het. Later daardie nag sal Hy gevang word en die volgende dag gekruisig word. Op hierdie stadium is Judas uit die vertrek om sy verraad te gaan pleeg. Jesus het vertel dat sy heengaan naby is (Joh. 14:28-30) en Hy het ook vir Petrus vertel dat hy Hom nog in daardie nag sal verloën. Joh. 14:1-10 Jesus se woorde (weggaan, verraad, verloën) was alles dinge wat die dissipels ontstel het. Daarom die bemoediging in vers 1 dat hulle nie ontsteld moes wees nie, maar in God en in Jesus moes glo. Jesus motiveer ook sy bemoediging en sê dat dit tot die dissipels se voordeel is dat Hy weggaan. In die huis van sy Vader is daar baie woonplek; Hy gaan om vir hulle plek gereed te maak; Hy kom terug om hulle na Hom toe te neem; Hulle ken die weg waarheen Hy gaan. Thomas vra aan Jesus vrae oor die plek en die weg waarheen Hy gaan. Filippus wil die Vader sien en Jesus verseker hom dat Hy en die Vader een is. Wie Jesus sien, sien die Vader! Joh. 14:11 Uit die eenheid tussen Jesus en die Vader, spruit weer die oproep dat hulle in Hom moet glo. As hulle dan nie glo, op grond van die eenheid tussen Jesus en die Vader nie, moes hulle glo, op grond van die werke wat Jesus gedoen het. Daaruit was dit duidelik dat Hy en die Vader een is.

Page 47: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

47

Joh. 14:12 Versekering (Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle...) dat wie in Hom glo, sal ook die dinge doen wat Jesus doen. Selfs nog groter dinge, omdat Hy na die Vader toe gaan. Joh. 14:13 -14 Jesus se gaan na die Vader hou verband met wat Hy gaan doen. Hy gaan vir hulle voorspraak doen. Aan Hom gaan alle mag in die hemel en op die aarde behoort. Daarom kan hulle in sy Naam van Hom dinge vra (bid), en Hy sal dit doen. Joh. 14:16-17 Jesus se gaan na die Vader het ook tot gevolg dat die Voorspraak, die Heilige Gees, die Gees van die waarheid sal kom om by hulle te bly en in hulle te wees. Joh. 14:12 Ons moet t.o.v. die belofte van vers 12 , die verband mooi raaksien. Net voor vers 12 die sterk oproep tot geloof in Christus en die Vader. Net na vers 12 die klem op die gebed, Jesus aan Wie die mag behoort (wat ookal in sy Naam gevra word, kan Hy doen) en ook die belofte van die Heilige Gees wat sal kom. Wie is dit wat dieselfde werke sal doen, as wat Jesus gedoen het? “Wie in My glo,...” Sommige verklaarders wil hier nie alle gelowiges verstaan nie, maar spesifiek hulle (die apostels) aan wie Jesus die belofte in daardie aand toegesê het. Ons weet van die wonderwerke wat die apostels gedoen het. In Matt 10:8 lees ons dat Jesus aan die twaalf wat Hy uitgestuur het die volgende opdragte gegee het: “Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf duiwels uit...” Hy beveel hulle selfs om dooies op te wek!! In Handelinge lees ons ook dat Petrus en Paulus wonderwerke gedoen het, siekes gesond en dooies opgewek (vgl. Hand 19). Jesus beloof egter ook dat wie in Hom glo, nog groter dinge sal doen as wat Hy gedoen het. Hoe moet ons dit verstaan? Wat kan groter wees as om dooies op te wek? Ons moet dit verstaan in die lig van die omvang van Jesus se werk. Jesus het sy werksveld hoofsaaklik beperk tot Israel. (wel na die Samaritane gegaan en so hier en daar iemand van heidense afkoms) Maar dit was hoofsaaklik gelowiges uit Israel. As Jesus voor sy hemelvaart aan die apostels die opdrag gee om te wag op die gawe van die Heilige Gees, dan beloof Hy dat die Gees die krag sal gee om sy getuies te wees in Jerusalem, en in Judea en Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld.(Hand. 2:8) In Matteus 28:18-20 met die groot sendingopdrag stuur Jesus die apostels uit om na al die nasies toe te gaan en om die mense sy dissipels te maak. Kyk ook wat Jesus sê in Joh. 12:23-32 en Joh. 17:20 om duidelik te maak dat die groter werk na die nasies in Jesus se gedagtes was daardie aand. Die groter werk as wat Jesus gedoen het, dui op die omvang van die werk.

Page 48: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

48

Iemand sê ook dat die geestelike wonderwerke (wedergeboorte, geloof en bekering) groter is as die fisiese wonderwerke wat destyds deur Jesus en die apostels gedoen is. Die fisiese wonderwerke was selfs destyds in diens van die geestelike wonderwerke. Ons is in staat om groter dinge te doen as toe Jesus op die aarde was. Waarom sien ons so min daarvan? Is die fout by ons geloof in die Here Jesus? Of by ons gebedslewe? Of by ons perspektief dat Jesus in die hemel ons Voorspraak is en dat alle mag aan Hom behoort? Of lewe ons nie bewus van die Heilige Gees se teenwoordigheid hier nie? Die groter werke het te doen met die omvang van die werk, die uitbreiding na buite.

Hoe dien ons die Here daarin?

Page 49: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

49

Johannes 18:37-38

Tema: Jesus het na die wêreld gekom om van die waarheid getuienis af te lê.

Oorsig Johannes 18:28-40: Jesus is na Pilatus gebring om verhoor te word. Die Jode het dit duidelik gemaak dat hulle 'n teregstelling vir Jesus in gedagte gehad het (vers 31). Pilatus vra dan vir Jesus of Hy die koning van die Jode is. In sy antwoord op hierdie vraag kom Jesus daarby uit om te verklaar dat Hy gebore is en na die wêreld toe gekom het om van die waarheid getuienis af te lê. Jesus sê ook dat elkeen wat aan die waarheid behoort na Hom sal luister. Hierop vra Pilatus die vraag: “Wat is waarheid?” Hy wag egter nie vir 'n antwoord op sy vraag nie, maar gaan uit en begin met die Jode praat. Hy verklaar dat hy geen skuld in Jesus vind nie en probeer Jesus loslaat deur die volk voor 'n keuse te stel. Hulle kies egter dat nie Jesus nie, maar Barabbas wat 'n rower was, vrygelaat moet word.

Verklaring: Joh. 18:33-34 Pilatus vra vir Jesus of Hy die koning van die Jode is. Op hierdie vraag antwoord Jesus met 'n teëvraag: “Vra u dit uit u eie, of het ander dit vir u van My gesê?” Jesus wil vasstel waarom Pilatus die vraag vra. Hy kon nie eenvoudig “ja” of “nee” antwoord nie, omdat Pilatus sy Koningskap verkeerd kon verstaan. As hy die vraag uit sy eie gevra het, kon hy deur die vraag probeer agterkom of Jesus 'n bedreiging vir die Romeinse owerheid was. Uit sy eie sou Pilatus dan eenvoudig verstaan het dat Jesus 'n opstandeling is wat die Jode van die juk van die Romeine wou bevry. Jesus was nie Koning van die Jode in daardie sin nie. Die antwoord sou dus “nee” wees. “Of het ander dit vir u van My gesê?” Die “ander” wat dit vir Pilatus van Jesus sou gesê het, sou die Jode wees. In die betekenis van die verwagting van die Jode van die Messias wat moes kom, was Jesus inderdaad die Koning van die Jode. Die antwoord daarop sou dus “ja” wees. Jesus was die Koning van die Jode. Hy was die Messias wat God in die Ou Testamentiese bedeling beloof het. Hy was egter nie 'n rebel of opstandeling wat politieke bevryding vir die Joodse volk in die oog gehad het nie. Joh. 18:35-36 Pilatus se antwoord aan Jesus spreek van spot en minagting. Hyself is nie 'n Jood nie. Hy kan nie oordeel of Jesus voldoen aan die verwagting van die Messias volgens die Jode nie. Dit is Jesus se eie mense wat Hom aan Pilatus uitgelewer het en hulle moes tog seker 'n geldige rede daarvoor gehad het. Dit lyk egter nie vir Pilatus of Jesus se Koningskap beteken dat Hy 'n bedreiging vir die Romeinse keiser is nie. Daarom vra Pilatus Hom: “Wat het jy gedoen?” Dan vertel Jesus van die aard van sy Koninkryk. Dit is nie van hierdie wêreld nie. Dit is geestelik en Goddelik. Jesus maak daarna die punt dat as sy Koninkryk 'n gewone aardse

Page 50: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

50

koninkryk was, sou sy onderdane geveg het. Hulle het egter nie. Jesus het Homself gewillig oorgegee in die tuin van Getsemane in die hande van sy vyand. Hy het die slaaf van die hoëpriester se oor genees, wat Petrus met geweld afgekap het. Die aard van sy Koninkryk en sy onderdane se optrede moes Pilatus gerusstel dat Jesus nie 'n oproermaker teen die Romeinse owerheid was nie. Joh. 18:37-38 Pilatus se gevolgtrekking is dat Jesus dan tog 'n Koning is en Jesus bevestig dit. Jesus gaan dan voort en sê dat Hy van die waarheid getuienis moet aflê. Hiervoor is Hy gebore en hiervoor het Hy na die wêreld gekom. Jesus het na die wêreld toe gekom. Dit wys op sy bo-natuurlike herkoms. Hy is die Eniggebore Seun van God wat Homself verneder het om in hierdie wêreld in te kom. Hierdie getuienis van Jesus van die waarheid wys ons ook op die aard van sy Koninkryk: dit bestaan nie daarin om na mag te gryp of om weermagte te versamel, of om nasies in oorloë te onderwerp nie. Die aard van sy Koninkryk is om die waarheid aan die mens te bring. Dit oefen heerskappy uit deur die waarheid. In sy Koninkryk is die enigste mag wat uitgeoefen word om die boosheid te bedwing, om die sondaar te oortuig, om die hart te bekeer, om sy volk te lei en te heilig, is deur die waarheid te leer en toe te pas. Jy kan nie mense met mag en geweld in die Koninkryk van God in dwing nie. Hulle moet die waarheid hoor en glo dat hulle sondaars is, dat God genadig is, dat hulle 'n Verlosser nodig het, dat die Here Jesus die Verlosser is en dat hulle hulleself geheel en al aan Hom moet onderwerp. In hierdie getuienis van Jesus sien ons watter waarde Hy aan die waarheid geheg het. Dit is die rede waarom Hy na die wêreld gekom het! Hy het daarvan kom getuig. Daarom moet ons die waarheid ook hoog ag en ons moet dit soek en uitleef. Jesus se antwoord het 'n totale nuwe wêreld vir Pilatus oopgemaak. Daar is meer as net die koninkryke van hierdie wêreld. Daar is so iets soos waarheid. Jesus se woorde dan “elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê” is ook 'n uitnodiging aan Pilatus om ag te slaan op wat Jesus gesê het. Pilatus antwoord egter met 'n vraag: “Wat is waarheid?” Uit sy optrede nadat hy die vraag gevra het, is dit duidelik dat hy nie die antwoord wil hoor nie. Hy wag nie vir 'n antwoord nie, maar gaan uit na die Jode en begin met hulle praat. Sy antwoord suggereer dat alles wat godsdienstig is, is nuttelose spekulasie. Hy is 'n voorbeeld van praktiese, heidense, skeptisisme. Iemand skryf dat Pilatus se optrede later om Jesus oor te lewer om gekruisig te word, terwyl hyself oortuig was dat Jesus onskuldig was, wys dat as jy jou geloof verloor in die feit dat daar absolute waarheid is, dan is daar net een maatstaf waaraan jou dade gemeet kan word en dit is politieke korrektheid. Die maatstaf, as ek nie glo dat daar waarheid is nie, sou ook kon wees: Wat is vir my die mees voordeligste? In 1 Timoteus 6:13-14 herinner Paulus ook van hierdie getuienis van Jesus as hy skryf: “Voor God, wat aan alle dinge die lewe skenk, en voor Christus Jesus, wat teenoor Pontius Pilatus getuienis afgelê het van die goeie belydenis, beveel ek jou: “Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom.” In Openbaring 1:5 word Jesus Christus die geloofwaardige Getuie genoem.

Toepassing In die tyd waarin ons leef word die waarheid as relatief gesien. Daar word ontken dat daar iets soos absolute waarheid is. Wat vir my waar is, hoef nie noodwendig vir iemand anders waar te wees nie. Daar is waarheid en ook waarheid. Enige aanspraak op die waarheid

Page 51: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

51

word afgemaak as fundamentalisties en onverdraagsaam. Alle sienings is aanvaarbaar, behalwe die siening dat alles nie aanvaarbaar is nie. Die vraag van Pilatus “wat is waarheid?” word as't ware vandag ook spottend en minagtend gevra. Die maatstaf waarmee dan gemeet word, is nie die waarheid nie, maar dit wat polities korrek is, of dit wat my saak die beste dien. Jesus het gekom om van die waarheid getuienis af te lê. Daar is absolute waarheid wat by God gevind kan word. Alles is nie relatief nie. As Jesus vir die waarheid gekom het, moet ons dit ook soek. Ons moet by die Here onderskeidingsvermoë soek en dit ook beoefen (vgl. Spreuke 2:1-7). As ek aan die waarheid behoort, sal ek luister na wat Jesus sê. Sy Woord is die waarheid. Ek sal nie soos Pilatus net vra “wat is waarheid?” en dan opstaan en loop nie. Ek sal ook luister wat dit is en my lewe daarvolgens inrig. Spreuke 23:23 sê: “Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie; hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig.” Ek moet die waarheid hoog ag, getrou wees daaraan en dit uitleef en daardeur wys dat die vader van die leuen, nie oor my heerskappy voer nie. Ek pas nie die waarheid aan na gelang van omstandighede nie. Ek laat my uitkyk op die werklikheid, my wêreldbeskouing, bepaal deur die waarheid wat die Here my in sy Woord leer.

Page 52: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

52

Handelinge 5:1–11 Lees: Hand 4:32-5:11

Tema: In die Kerk het jy met die Heilige Gees te doen.

Oor hierdie gedeelte is Bybelverklaarders dikwels verleë. Lieg is wel erg, maar het Petrus nou werklik reg gehad om so hard op Ananias en Saffira af te kom? Petrus het self 'n tyd gelede gelieg toe Christus gevange geneem is. Dit rym nie met Christus se vergewensgesindheid nie.

- Hy vergewe vrou wat met owerspel bestraf is, selfs moordenaar aan kruis. - Moord tog erger as leuen. Moordenaar kry plek in paradys, maar Ananias en Saffira

word doodgeslaan. - Is nie in lyn met gees van evangelie nie, is nie Christelik nie. - Moet daarom skrap uit die Bybel.

Ander uitwegte

- Dit het nie letterlik so plaasgevind nie. Petrus spreek vloek uit oor Ananias en Saffira en tyd daarna sterf hulle en toe word die afleiding gemaak dat dit a.g.v. die vloek was.

- Ananias en Saffira was eerstes van gelowiges wat gesterwe het. Gelowiges het so in besef geleef van Jesus se opstanding uit die dood en het gedink dat hulle nie self sal sterf nie. Toe Ananias en S sterf, moes hulle 'n verklaring daarvoor kry en vind dit in verhaal dat hulle geld teruggehou het.

- Hulle leuen was so te sê gelyk aan sonde teen Heilige Gees wat 'n onvergeeflike sonde is en daarom so 'n erge straf. – Satan het Ananias se hart vervul.

Nie een van bogenoemde bevredig nie. Uit Hand. 4:32 is dit duidelik dat ons met gemeenskap van heiliges te doen het. – Deur die Gees was hulle een van hart en siel. Hulle kerkwees het nie Sondag na erediens opgehou nie. Gaan nie uitmekaar uit om mekaar eers weer volgende Sondag te ontmoet nie – Was Sondag een liggaam, maar daarom ook Maandag. Sien om na mekaar – ook finansieel. Moet nie een swaarkry nie. Ananias en Saffira het ook hulle eiendom verkoop

- was hulle te vas aan hulle besitting (materialisties of gierig)? - was hulle te besorg oor hulle oudag (bekommernis)?

Bybel sê niks daarvan nie. Praat net van leuen. Moenie hulle swarter smeer as wat hulle is nie. Hulle het ook opofferings gehad om gelowiges te wees. Dit was gevaarlik. Vervolging het in die lug gehang. Hulle het ook Gees ontvang en het ook medegelowiges liefgehad. Waarom het hulle gelieg. Ander het volle koopsom gebring. Dalk oor reputasie. Wou nie dat ander oor hulle skinder. Skynheiligheid waarskynlik. Tog nie onvergeeflike sonde teen HG nie! Petrus vra: “Waarom deur Satan laat omhaal / het Satan jou hart vervul?” Kan Ananias daarom nie van duiwelbesetenheid beskuldig nie.

Page 53: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

53

Met Pinkster word almal met die HG vervul en tog het hulle nog sondige gedagtes gehad en dade gedoen. Paulus vertel in Rom. 7 van goeie en slegte wat in hom stryd voer. Met Satan vervul beteken dat hulle in die oorweging, in die stryd uiteindelik vir die leuen gelyk gegee het. Petrus sê vir Saffira dat hulle ooreengekom het om Gees te versoek / uit te tart – dus om te kyk hoe Hy sal reageer. Tog lieg hulle nie doelbewus vir Gees nie, maar vir mense. Petrus vra waarom. Agter sy waarom sit dit dat hy die HG raaksien. Die Gees van liefde wat Hom verbly oor die waarheid. Hoe is dit dan moontlik om Satan 'n plek te gee in ons hart wat hom verbly oor die leuen. Hulle het dit waarskynlik nie so bedoel nie.

Toe hulle by die Apostels kom, toe staan daar mense. Tog het hulle daar met die Gees te doen. (Na Pinkster het die HG van Christus tog in die gemeente kom woon.)

Al het hulle nie daaraan gedink nie, was die Gees tog daar gewees en die leuen word in die eerste plek in sy ore gespreek. Na Pinkster kom ek nooit meer met 'n gelowige broer of suster in aanraking nie, of ek ontmoet God die HG! “What this narrative does emphasize is the reality of the Holy Spirit‟s indwelling presence in the church, and the solemn practical implications of that fact.” (1 Kor 3:16). Al dink ek dalk die meeste van die tyd nie daaraan nie, is Hy tog altyd daar. Watter sonde ek ookal teen die gemeenskap van die gelowiges doen, klein of groot, in die geheim of in die openbaar, het ek met Hom te doen – is dit 'n uitdaging, uittarting, versoeking vir Hom. Dink ons daaraan wanneer ons met mekaar te doen het, dat ek nou die Gees ontmoet? Met Hom te doen het. Dat Hy ons oor mekaar se pad stuur. Nie net op Sondae nie, maar ook in die week. Die liefdesdaad van Ananias-hulle was tog in die week gedoen. Na Pinkster kan die hand nie vir die voet sê ek het jou nie nodig nie. Ek kan nie sê dat ek nie my broer se wagter is nie. Want wat ek aan my broer of suster doen, het ek aan die Gees gedoen. Beteken die dood van Ananias en Saffira vir hulle die ewige dood? Kan dit nie sê uit die teks. God het Moses laat sterf voor die beloofde land, maar hy is tog nie vir ewig verlore nie. Gees het Ananias en Saffira gedood, sodat ons die leuen kan haat.

Page 54: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

54

Handelinge 19:11-20 Tema: God se Woord toon sy krag en versprei al verder.

Indeling van Handelinge 19:11-20

Hand. 19:11 – 12 God doen wonderbaarlike dinge deur Paulus. Hand. 19:13 – 14 Seuns van Skeva gebruik die Naam van die Here Jesus

as 'n towerspreuk. Hand. 19:15 – 16 Bose gees oorweldig hulle. Hand. 19:17 – 19 Reaksie: Naam van die Here Jesus is geprys

(Hand. 19:17) Towerpraktyke is openlik bely (Hand.

19:18) Boeke gebring en verbrand (Hand.

19:19) Hand. 19:20 Gevolg van alles: Woord van die Here toon sy krag en

versprei al verder.

Gedagtes rondom elke vers

Hand. 19:11-12 Baie tekens vind deur Paulus plaas. Die beskrywing van die wondere herinner duidelik aan wat ons van Jesus (Mark 6:56) en Petrus (Hand 5:15) lees. Efese moes sien wat in Galilea en Jerusalem gesien is (Mark 16:17-18). God bevestig die waarheid van die Woord wat Paulus verkondig deur die tekens wat plaasvind. Tekens wys immers na iets anders. Lukas (skrywer) was 'n dokter en hy maak pertinent daarvan melding dat die genesings op 'n wonderbaarlike wyse plaasvind. Nie soos gewoonlik nie. Hand. 19:13-14 Uit Matt 12:27 en Luk 11:19 is dit duidelik dat sommige Jode die gawe ontvang het om duiwels uit te dryf. Hier was ook rondtrekkende “duiwelbesweerders” – die seuns van die Joodse priesterhoor Skeva. Hulle het allerlei metodes gebruik. Daar word nie vertel met hulle sukses nie. Hulle hoor van Paulus se sukses en besluit om sy metode te gebruik en om die Naam van Jesus te gebruik. Hulle wil Jesus se Naam bloot as 'n towermiddel gebruik, sonder enige geloof in die Here. Hulle het nie verstaan dat dit by Jesus gaan om geloof, oorgawe en persoonlike betrokkenheid. Hulle wou Jesus eenvoudig annekseer vir hulle bedryf. Alles bly dieselfde, hulle lewensingesteldheid, hulle ambisies, maar nou net met Jesus daarby. Hy moet vir hulle sukses bring. Hulle het nie verstaan dat die Naam van die Here nie bedoel is om magies gebruik te word nie, maar om openlik verkondig en geglo te word. Hand. 19:15-16 Bose gees antwoord hulle. Ontmasker hulle ongeloof in die Here Jesus. Jesus en Paulus sou by magte wees om hom uit te dryf. Hulle nie. Man oorweldig hulle en hulle moes kaal en stukkend geslaan uit die huis vlug. Besetenes was blykbaar normaalweg sterk (vgl. Mark 5:3 e.v.).

Page 55: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

55

Reaksie – Naam van die Here word geprys (Hand. 19:17) – Dat hulle die Naam van die Here Jesus grootgemaak het, beteken nog nie dat hulle in Hom geglo het nie (Dan 4:37; Matt 9:33; 15:31). Towerpraktyke word openlik bely (Hand. 19:18). Krag van towerpraktyke en formules het dikwels gelê in die geheimhouding daarvan. Boeke word gebring en verbrand (Hand. 19:19). Radikale breuk met hulle vorige lewens. Reaksie klink half vreemd. Waarom sal hulle die Here prys, as die gebruik van sy Naam nie by magte was om die bose gees uit te dryf nie? Moet alles wat daar gebeur het in ag neem. Die mense sien wat gebeur as Paulus die Naam van die Here gebruik. By Paulus was daar geloof en gehoorsaamheid aan die Here Jesus. Hy het geleef uit die roeping waarmee God hom geroep het. En daar gebeur wonderbaarlike dinge. Daarteenoor: Gebruik die seuns van Skeva die Naam van die Here Jesus, sonder geloof en gehoorsaamheid aan Hom en daar is tragiese gevolge vir hulle. Die gebruik van die Here Jesus se Naam moet dus hand aan hand gaan met geloof en gehoorsaamheid aan Hom. Daarom die bekering en die praktyke wat bely word en die boeke wat verbrand word. Hand. 19:20 Gevolg van alles: Woord van die Here toon sy krag en versprei al verder. Krag van die Woord word gewys deurdat God daardeur in en deur gelowiges werk. Woord werk bekering en gehoorsaamheid, toewyding en 'n lewe in gemeenskap met God deur Christus. As dit by gelowiges gebeur dan sien ander die krag van die Woord en so versprei dit. Hoe lyk ons verhouding met die Here Jesus? Ons in sy diens of Hy in ons diens? Is Hy maar net vir ons 'n noodsaaklike versekering wat bykom om sukses in die lewe te behaal, of is dit ons wat bykom en leef uit die roeping en geloof en gehoorsaamheid aan Hom? Dan toon die Woord sy krag en versprei dit.

Page 56: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

56

1 Korintiërs 2:1-16

Tema: Niks anders as Jesus Christus nie.

Gedagte opbou van 1 Korintiërs 2:1-16 1Kor. 2:1-5: Die eenvoud van die Evangelie vers 1-2: Die aard van die prediking vers 3: Paulus se teenwoordigheid vers 4-5: Die aard van die prediking: die doel van Paulus se koms

1Kor. 2:6-16: Die wysheid van die Evangelie vers 6-9: God se verborge wysheid vers 10-11: God se geopenbaarde wysheid vers 12-13: Die wysheid wat ons ontvang het vers 14: Die wysheid van God verwerp vers 15-16: Die wysheid van God erken

Inleidende opmerkings In 1 Korintiërs 1:18-31 het Paulus dit duidelik gemaak dat die boodskap van die kruis van Christus vir diegene wat verlore gaan onsin is, maar vir die wat gered word is dit die krag van God en die wysheid van God. Dit het God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red (1 Kor. 1:21). Vir die Jode was 'n gekruisigde Christus 'n struikelblok of 'n aanstoot – so 'n Messias voldoen nie aan hulle verwagtinge nie en sou hulle godsdienstig tot 'n val bring. Vir die Grieke was 'n gekruisigde Christus dwaasheid – wie wil nou so 'n Koning hê, want wat kan 'n Koning wat aan 'n kruishout sterwe per slot van rekening vir jou beteken? Ten spyte van die Jode en die Grieke se voorkeure en verwagtinge het Paulus-hulle Christus verkondig wat gekruisig is (1 Kor. 1:23).

Verklaring

1 Kor 2:1-2 In hierdie verse maak Paulus dit duidelik hoe sy prediking nie was nie en hoe dit wel was. Hoe het Paulus die geheimenisvolle waarheid van God verkondig? Hy het dit nie verkondig met hoë woorde of met groot geleerdheid nie. Die geleerdes en filosowe van daardie tyd het met hoë woorde, retoriese tegnieke en groot geleerdheid vir hulle volgelinge bymekaar gemaak. Alhoewel Paulus geweet het dat dit mense sou beïndruk en dat hy op dié manier hulle aandag sou kry, het hy nie hierdie tegnieke gebruik nie. Hy het 'n eenvoudige boodskap gebring. Hy het hom voorgeneem om met hulle oor niks anders te praat as oor Jesus Christus, en Hom as gekruisigde. Jesus Christus, sy Persoon en werk is waaroor die Evangelie gaan. Die Ou Testament profeteer van Jesus Christus en die Nuwe Testament verkondig Hom. Christus en sy Verlossingswerk is sentraal in die Bybel en in die Christelike geloof.

Page 57: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

57

Daar was baie mense wat al probeer het om die morele leerstellings van die Christelike geloof los te maak van die boodskap van die kruis. Dit het nie gewerk nie. Sulke leerstellings (los van Christus en die kruis) is kragteloos en betekenisloos. Die kruis maak dit duidelik dat Christus ons sondes op Hom geneem het en dat Hy daarvoor betaal het. Aan die eis van die wet is aan die kruis voldoen. Deur die kruis word ons na God gebring. Baie mense dink dat hulle na God gesoek het en dat hulle Hom uiteindelik gevind het en toe gered is. Die Bybel sê egter dit gebeur andersom. Die Bybel leer dat Christus gesterf het sodat Hy ons na God kan bring. “Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is.”(1 Petrus3:18). As jy dus 'n Christen is, is dit omdat Christus jou na God gebring het. Die ongelowige soek nie na God nie. Hy is nie geïnteresseerd om God of die Bybel te ken nie. Die enigste god wat hy wil hê, is die god wat hy vir homself gemaak het. In Romeine 3:10-11 lees ons: “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.” Daar is niemand wat God soek nie. Die enigste rede waarom mense na God kom, is omdat Christus op grond van sy verlossingswerk op die kruis, deur die Heilige Gees, in daardie persoon se lewe werk en hom na God bring. Dit is die boodskap wat Paulus in Korinte verkondig het. Hy het nie lesings gegee oor die toekomstige gebeure nie. Hy het nie probeer om mense te leer om in tale te praat nie. Hy het die boodskap van die kruis verkondig. 1 Kor. 2:3 Ons dink soms dat Paulus 'n formidabele prediker van God moes wees. Hy was nie noodwendig 'n welsprekende spreker nie. Hy het na die Korintiërs gekom terwyl hy bewus was van sy swakheid. Hy het selfs met angs en huiwering na hulle toe gegaan. Hy was nie vol van homself nie. En so het hy ook na die Korintiërs gekom. Calvyn het gesê dat die verkondiger van die Woord 'n stofmannetjie is wat al hoe minder moet word in die prediking, sodat die gemeente nie vir hom nie, maar vir God sal hoor. 1 Kor. 2:4-5 Paulus het dit vanaf hoofstuk 1:18 duidelik gemaak dat daar 'n teenstelling is tussen die wysheid van hierdie wêreld en die dwaasheid van die kruis. Die punt van die gedeelte is nie dat die kruis self dwaas is nie, maar die gedeeelte wys dat die metodes wat die wêreld gebruik, in teenstelling is met die manier waarop die Here werk. Paulus het nie allerhande foefies probeer om die Korintiërs vir Christus te wen nie. Hy het hulle nie beïndruk met groot woorde nie. Hy het hulle nie met 'n kontemporêre musiekprogram probeer lok nie. Al hierdie dinge sou nie sy doel dien nie. Om dit in te span, sou die doel waarmee hy na Korinte gekom het, ondergrawe. Wat was Paulus se doel? Dit was dat die geloof van hulle wat geglo het, nie op die wysheid van mense sou rus nie. Hulle moes die boodskap wat Paulus verkondig het, nie glo op grond van die geleerdheid of die welsprekendheid van Paulus nie, maar deur die Gees van God. Die Korintiërs se geloof moes rus op die krag van God. Die krag van God word gesien aan die kruis. Die kruisiging van Jesus is die uiteindelike openbaring van God se krag. Dit is daar wat die sonde oorwin is. Dit is daar wat die Satan verslaan is. Dit is daar wat ons verlossing verwerf is. 1 Kor. 2:6-16

Page 58: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

58

In hierdie gedeelte maak Paulus dit duidelik dat wat hy verkondig, wysheid is. Dit is egter nie die wysheid van die wêreld nie. Dit is God se verborge wysheid. Jy het God se Heilige Gees nodig om God se wysheid te verstaan en te glo. Toepassing Op die Ouderlinge vergadering is die vraag gevra: Wat is 'n Gereformeerde preek? Wat kan lidmate verwag om in die prediking te hoor? 1 Korintiërs 2 leer ons dat ons die Evangelie moet hoor in die prediking. Die Evangelie sentreer rondom Jesus Christus se Persoon en werk, sy kruisiging en opstanding. Die kruisiging en opstanding van Christus het die wêreldgeskiedenis verander. Sy kruisiging en opstanding verander ons lewens. Geleerde woorde en retoriese tegnieke is nie wat ons moet verwag nie. Ook nie om interessante feite of stories te hoor nie. Ons moet verwag om die Evangelie te hoor en die uitwerking wat die Evangelie in ons lewens het en moet hê. 1 Korintiërs 2 maak dit ook baie duidelik dat ons die Evangelie nie kan glo en die uitwerking daarvan vir ons lewens kan waardeer sonder die kragtige werking van die Heilige Gees nie. As jy dus die Gees van God in jou lewe weerstaan en sonder die ingesteldheid na 'n preek gaan luister dat die Gees in jou moet werk en dat jy werklik wil hoor wat God vir jou sê, gaan die prediking nie op jou die uitwerking hê wat dit moet hê nie. In hierdie verband kan ons ook verwys na Hebreërs 4:2 waar ons die volgende lees: “Want ons het die blye boodskap (die Evangelie) ontvang net soos hulle, maar alhoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.” Die verkondigde Evangelie wat gehoor word, word met geloof of met ongeloof ontvang. As jy dit nie glo nie, baat dit jou nie. In 1 Tessalonisense lees ons die volgende: “Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie maar die woord van God. En dit is ook inderdaad die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys.” Die gelowiges in Tessalonika het die boodskap wat Paulus-hulle verkondig het, ontvang in die oortuiging dat dit die woord van God is. Dat dit hulle oortuiging was, kon gesien word in die uitwerking wat die verkondigde Woord op hulle gehad het. Ons moet na die prediking luister met die verwagting om die Woord van God te hoor. By die Ou Testamentiese profete is die refrein “So sê die Here” telkens gehoor. Ons moet luister met die verwagting om te hoor wat die Here vir ons sê. Wanneer die Bybel gelees word in die erediens is God direk aan die Woord. In die prediking moet die predikant daardie direkte Woorde van die Here uitlê en toepas vir die lewe van elke dag. 'n Vraag wat soms opkom is wat die verhouding van “uitleg” teenoor “toepassing” moet wees in die preek. Dit is in 'n sekere sin nie moontlik om al die toepassing vir elke lidmaat uit 'n sekere gedeelte te maak nie. Nie almal se omstandighede is heeltemal dieselfde nie. Hoe beter/deegliker die uitleg en verstaan van die betrokke gedeelte, hoe beter kan lidmate dit ook self verder in hulle lewens van toepassing maak. Dit verg dus aktiewe luister na 'n preek en nie net 'n passiewe hoor daarvan nie.

Page 59: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

59

In die uitlê van 'n teksgedeelte in die prediking moet ons onthou dat die Here elke teks binne 'n bepaalde konteks/verband geplaas het. Daar moet deeglik rekening gehou word met die verband waarin die teks staan om dit reg te verstaan. As 'n teksgedeelte uit sy verband uitgelig word, kan dit misbruik word om iets te sê wat dit nie sê nie. Die Here het sy Woord vir ons laat opskryf en noukeurig toegesien dat dit neergeskryf is in die volgorde/verband waarin dit staan. Daarom moet ons om dit goed en reg te verstaan, ook deeglik rekening hou daarmee. Ek kan help dat my kinders dit wat gepreek is in die erediens beter verstaan deur met hulle oor die preek te praat. In Deuteronomium 6:7 lees ons dat ons die Here se gebooie moet inskerp by ons kinders en met hulle daaroor moet praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Ook as jy op pad is van die Kerk af huis toe, kan jy met hulle daaroor praat en hulle uitvra en hulle selfs help om dit beter in hulle lewens toe te pas. As jy in die prediking die Woord van God wil hoor, moet jy daarvoor bid. Jy moet jou daarop voorberei. Bid dat die Gees in jou sal werk. Bid ook vir hom wat die preek moet maak en die Woord moet verkondig. In Efesiërs 6:19 lees ons dat selfs Paulus die gelowiges in Efese versoek: “Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.” Lees ook die teksgedeelte waaroor die preek gaan, vooraf biddend deur. Met watter ingesteldheid en met hoeveel voorbereiding gaan luister ek na die verkondiging van God se Woord? Wat wil ek hoor? Wil ek woorde van menslike wysheid hoor, of die Woord wat van God kom? Wil ek die Evangelie van Jesus Christus hoor en die ingrypende uitwerking wat dit op my lewe het?

Page 60: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

60

Efesiërs 4:1-16 Tema: Eenheid en groei in die Kerk van die Here

Indeling van Efesiërs 4:1-16

Ef. 4:1-3 Algemene en inleidende opdrag: Lewe waardig die roeping waarmee julle geroep is.

Ef. 4:4-6 Opdrag om waardig die roeping te lewe is gegrond in eenheid van die kerk en van God.

Ef. 4:7-10 Christus het opgevaar en gawes gegee. Ef. 4:11-16 Die gawes wat Christus gegee het en die doel daarvan

– groei.

Inleidend Dit is baie duidelik sommer reeds van die begin verse van die gedeelte dat hier baie sterk klem gelê word op eenheid. Hierdie eenheid is nie uiterlik en meganies nie, maar innerlik en organies. Dit kom deur die krag van Christus wat woon in sy Kerk. Die eerste 6 verse [Ef. 4:1-6] kan opgesom word: Die Kerk is geestelik een, daarom laat dit geestelik een wees. Dit wil sê dat gelowiges moet alles in stryd werp om daardie eenheid te verkry. Ons word geestelik een wanneer ons groei soos in Ef. 4:11-16 beskryf. Die eenheid is nie 'n doel opsigself nie. Nee, dit is 'n eenheid met die doel om 'n seën te wees vir mekaar, sodat die Kerk opgebou kan word en daardeur 'n seën vir die wêreld kan wees. Daar is werk om te doen, soos wat veral uit Ef. 4:12 duidelik blyk. En om daardie werk uit te voer, moet gelowiges elkeen sy/haar deel doen vir die innerlike groei van die Kerk. Dit is veral baie nodig, omdat die teëstanders van die Kerk (vgl. Ef. 4:14) baie slim is. Uit die hele gedeelte blyk dit dat groei, net so belangrik is soos eenheid.

Gedagtes rondom elke vers Ef. 4:1: Die beste evangelisasie metode is 'n ware toegewyde lewe deur gelowiges. Ef. 4:2: Die deugde wat Christus van ons verwag, is dit wat Hyself ook uitgeleef het. Ef. 4:3: Alhoewel vrede 'n kosbare gawe is wat die Heilige Gees aan ons gee, is dit

tegelyketyd die produk van menslike inspanning. Ef. 4:4: Die Kerk is nie 'n menslike instelling nie, maar die produk van die Heilige Gees.

Die Heilige Gees se roepstem om ons te bekeer en om Christus te volg in dienswerk moet ons gehoorsaam. Gehoorsaamheid aan daardie roepstem bring vir ons hoop.

Ef. 4:5: Die een Here Jesus in Wie alle Christene glo en in Wie se Naam hulle gedoop is, voeg al God se kinders in een liggaam saam – dié wat nog op aarde is en dié wat alreeds in die hemel is.

Ef. 4:6: As die eerste persoon van die Goddelike Drie-eenheid is die Vader “oor almal”, want Hy oefen beheer uit oor almal. Hy is ook “deur almal” , want Hy seën ons almal deur Christus ons Middelaar. En Hy is “in almal” want Hy trek ons nader aan sy hart deur sy Gees.

Ef. 4:7: Christus gee gawes. Niemand besit al die gawes nie. Daarom moet jy onthou dat jou gawe een onder baie is Die feit dat jy jou gawes ontvang het, moet jou nederig maak. Maar dit moet jou ook aanspoor om dit te gebruik, nie vir jou eie eer nie, maar tot voordeel van die hele liggaam en daardeur tot eer van God.

Ef. 4:8: Nie alleen was Christus se lyding, dood, begrafnis en opstanding tot ons voordeel nie, maar ook sy hemelvaart. Hy het opgevaar, nie alleen om eer te ontvang nie, maar ook om sy gawes aan ons te gee.

Page 61: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

61

Ef. 4:9: Die leer van Christus se neerdaal in die hel aan die kruis op Golgotha moet ons beklemtoon. As Christus nie die angste van die hel gely het nie, kan Hy ons dan waarlik daaruit verlos – is Hy dan in die volle sin van die woord ons plaasvervanger?

Ef. 4:10 As Christus se neerdaal aan ons sy liefde vir ons bewys, dan kan ons seker wees dat Hy ons na sy hemelvaart nie minder liefhet nie.

Ef. 4:11: Christus gee gawes vir sy Kerk, die ampsdraers. Hy gee hulle met 'n spesifieke doel.

Ef. 4:12: Die gawes wat die Here gee het ten doel om die heiliges (elke gelowige) toe te rus vir hulle diens. Niemand in die Kerk van die Here moet dus werkloos wees nie. As die ampsdraers en die gelowiges hulle dienswerk doen, dan word die liggaam van Christus opgebou.

Ef. 4:13: Wanneer elkeen sy funksie verrig, wanneer die liggaam opgebou word, dan ware eenheid in Christus. So volmaak en volwasse soos Christus – wanneer jy volkome jou roeping uitleef, waarvoor God jou afgesonder het.

Ef. 4:14: In negatiewe terme wat die voordeel van die groei en eenheid van geloof is – nie rondgeslinger deur dwaalleer nie. Daarom moet ons as kerk klem lê om die regte leer by lidmate in te skerp.

Ef. 4:15: In positiewe terme wat die voordeel van groei en eenheid van geloof is – groei na Christus toe, vervul ons roeping.

Ef. 4:16: Net soos 'n liggaam wat saamgebind word deur senings en senuwee en ledemate, so groei die Kerk ook deur die aktiewe bydrae van elke lid.

Page 62: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

62

Filippense 1:1-11 Fokus op Fil 1:9-11

Indeling van Filipense 1:1-11

Fil. 1:1-2 Aanhef: Afsenders, Geadresseerdes, Seëngroet Fil. 1:3-11 Danksegging:

Fil. 1:3-4 Dank: “Ek dank my God elke keer …” Fil. 1:5-8 Rede vir dank: ”omdat julle van die eerste …” Fil. 1:9 Voorbidding: “Ook bid ek dat julle…” Fil. 1:9-11 Inhoud van gebed

Opbou van gebedsinhoud (Fil. 1:9-11) Hoofinhoud: Dat die Filippense se liefde nog sal toeneem (oorvloediger mag word).

Agtergrond Paulus skryf die brief vanuit die gevangenis aan die gelowiges in Filippi. As hy aan hulle dink, het hy baie rede om God te dank, dink hy met groot blydskap aan hulle. Hulle was vir hom na aan die hart. Hulle het gedeel in die genade wat God vir hom gegee het. Paulus skryf die brief omdat hy geweet het dat hulle bekommerd oor hom was. Hulle het aan hom geld gestuur vir sy versorging. Epafroditus afgevaardig deur gemeente om geld af te dra en Paulus te ondersteun. Epa word siek. Vertel van probeleme wat gelowiges ondervind. Paulus skryf om hulle te bemoedig. Berigte van onderlinge twiste lei waarskynlik tot gebed dat die Filippense se liefde nog oorvloediger mag word.

Nadere verklaring van begrippe Paulus bid dat hulle liefde sal toeneem.

Page 63: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

63

Hy bid dit tot God, omdat God die Gewer van die gawe van die liefde is. Kan van Hom dit verwag.

Filippense het reeds liefde beoefen, daarom nie 'n gebed dat hulle mekaar sal liefhê nie, maar dat dit wat reeds daar was, moes toeneem – dat dit oorvloedig mag word. Liefde is egter ook 'n opgawe en 'n eis aan elkeen van God se kinders. (vgl. o.a. 1 Joh 4:7 “Ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God.”)

Hulle liefde moet toeneem t.o.v. begrip en fyn aanvoeling.

Begrip (kennis): Dit gaan hier oor 'n toename in die vermoë om te ken. Hou verband met die kennis van die wil van God. Kennis van God se Openbaring. Kennis oor hoe God ons verlos het, hoe Hy vir ons sorg, hoe Hy regeer, hoe Hy ons liefhet, hoe Hy ons sien, sy Kerk en Koninkryk sien, is nodig. Wie toeneem in daardie kennis, sal ook toeneem in liefde vir God en medemens. Fyn aanvoeling (ervaring): Dit het te make met waarneming en oordeelsvermoë. Die vermoë om sake te kan beoordeel. Taktvolheid. Hou verband met ervaring en insig t.o.v. wat goed en wat kwaad is. Moet die waarheid ken (begrip) en dit toepas (fyn aanvoeling). Nie net uit die kop uit ken nie, maar dit ook gehoorsaam. Blyk dat God die liefde voed deur twee gawes aan die mens te gee: kennis van wil van God en oordeelsvermoë oor wat goed en kwaad is. Wie die wil van God met geloofsinsig ken en ervare is oor wat goed en wat kwaad is, kan werklik in liefde teenoor ander optree.

Sodat julle dié dinge waarop dit werklik aankom, kan onderskei.

Die doel/gevolg begrip(kennis) en fyn aanvoeling(ervaring/oordeelsvermoë) is dat 'n mens die werklik belangrike sake kan onderskei van die minder belangrike sake. Iemand met begrip en fyn aanvoeling sal nie net weet wat goed en wat kwaad is nie, maar ook wat in die sentrum en wat op die periferie geleë is. Christus in sentrum van lewe (1:21), uiterlike dinge op periferie (3:3-6). So iemand kies die dinge wat werklik saak maak. Daarom kan so 'n mens werklik meer en meer tot eer van God en tot voordeel van sy medemens optree. Met ander woorde in die liefde groei.

Sodat julle onberispelik en sonder blaam kan wees. Die gelowige wat die geloofskennis het om te weet wat die wil van God is, en die gevolglike oordeelsvermoë om goed en kwaad van mekaar te onderskei asook belangrike en middelmatige sake van mekaar kan onderskei, kan boonop onberispelik en sonder blaam in die samelewing optree. So iemand sal 'n reguit paadjie sonder bymotiewe loop, nie 'n struikelblok nie, maar 'n voorbeeld vir ander wees. Daaruit juis jou liefde – nie 'n struikelblok vir ander nie.

met die oog op die dag van Christus.

'n Lewenswandel wat onberispelik en sonder blaam is, is nie net 'n kenmerk van die lewe van 'n gelowige in hierdie bedeling nie, maar sal ook kenmerk wees van die lewe na die wederkoms. Ons hele lewe, leef ons met die oog op Christus se koms. Sy koms bepaal nou reeds hoe ons optree.

“en deur Jesus Christus is ons geheel en al in die regte verhouding met God”

Christus het ons verlos en daarom word ons vrygespreek deur God. Ons ontvang die geregtigheid van God, die vryspraak en versoening (vgl. 33-vertaling – vervul met die vrug van die geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus) Daarom kan ons in die liefde groei en toeneem.

Page 64: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

64

“tot lof en eer van God”

Die doel en die inhoud van die hele gebed, is sodat God verheerlik kan word. Paulus rig die inhoud van die gebed nie op die voordeel of die eer van mense nie, maar op die eer en verheerliking van God.

God laat liefde by sy kinders toeneem deur aan hulle die vermoë te gee om insig te hê in sy wil, en om goed en kwaad en belangrike en onbelangrike sake te onderskei. Die gevolg van hierdie vermoë is 'n lewe van liefde, waarin ons weet wat werklik bydra tot die belange van ons medemens en tot eer van God: 'n gehoorsaamheidslewe lei ook ander mense na God toe, en strek tot sy eer.

Riglyne vir huisbesoek gesprek As kerk van die Here is ons 'n liefdesgemeenskap. Ons moet steeds groei in die liefde. God is Gewer van die gawe van die liefde, daarom moet ons Hom daarvoor bid. Maar die liefde is ook iets wat God van ons eis as 'n opgawe. Ons groei in die liefde wanneer ons toeneem in begrip (geloofskennis) van die wil van God en ook in fyn aanvoeling (oordeelsvermoë) oor wat reg en wat verkeerd is. Daarom moet ons oefen in ons kennis van God se wil (Woordstudie) en ons oordeelsvermoë (wanneer ons nie net ken nie, maar ook gehoorsaam). Liefde nie net 'n gevoel nie, maar baie meer. Wanneer ons kennis en aanvoeling groei, kan ons dié dinge onderskei waarop die werklik aankom. (bv. Nie die uiterlike dinge in die lewe is al wat saakmaak nie, veral die innerlike dinge – God en sy Koninkryk. God se belange en belange van sy Koninkryk het ewigheidswaarde. Paulus kon onderskei, daarom is die lewe vir Hom Christus, Fil. 1:21, wanneer ons so kan onderskei, wyk selfsug en eiebelang, tree die liefde na vore) As ons so in liefde toeneem, dan word ons 'n voorbeeld vir die mense onder wie ek leef en werk, nie 'n struikelblok om die Here te sien nie. Hou Christus se koms in gedagte. Kan so in liefde lewe, omdat Christus ons in regte verhouding met God geplaas het. Dan ontvang God die eer en heerlikheid – dit is tog die hoogste doel in ons lewens!!!!

Page 65: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

65

2 Timoteus 3:16-17 Tema: Die Skrif het groot waarde om jou toe te rus in die geloof.

Indeling van 2 Timoteus 3:1 – 4:8 Paulus spoor vir Timoteus aan om te bly by die gesonder leer.

2 Tim. 3:1-9 Bly in die gesonde leer: daar kom swaar tye waarin vyande die leer nie sal verdra nie.

2 Tim. 3:10-17 Bly in die gesonde leer, want dit is gegrond op die Heilige Skrif en jy het dit van betroubare mense geleer. 2 Tim.3:10-13 In teenstelling met die vyande van

die gesonde leer (2 Tim. 3:1-9) het Timoteus vir Paulus nagevolg in leer, lewenswandel, ens.

2 Tim. 3:14-17 Vir die toekoms moet Timoteus bly by wat hy geleer het.

2 Tim. 4:1-8 Verkondig die gesonde leer, tydig en ontydig.

Agtergrond Vir die tweede Timoteusbrief is die tema geformuleer: Pastorale bemoediging vanuit die dodesel. Paulus skryf die brief met twee oogmerke: (1) om vir Timoteus opdrag te gee om na Rome te kom (4:9,21), hy gee instruksies oor wat en wie Timoteus moet saambring; (2) hy wil vir Timoteus 'n finale brief van persoonlike bemoediging vir sy bediening gee. Timoteus is in Efese en uit die brief (en die vorige een) is dit duidelik dat daar valse leraars was, wat van binne die kerk gekom het, wat dwaalleer verkondig het en wat verdeeldheid veroorsaak het. Regdeur die brief word Timoteus aangespoor om by die gesonde leer te bly. In 2 Tim. 3:1-9 skryf Paulus dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Hy beskryf dan die mense van die laaste dae. Hulle sal eerder liefde vir genot as liefde vir God hê. Hulle sal nog die uiterlike skyn van godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Timoteus word beveel om weg te bly van sulke mense af. Die Bybel gebruik die uitdrukking “die laaste dae” dikwels om te verwys na die tyd tussen die Here Jesus se eerste koms en sy wederkoms. Dit is dus die tyd waarin ons leef, maar ook die tyd waarin Timoteus geleef het. Daarom dat Timoteus beveel kan word om weg te bly van hierdie mense wat net die uiterlike skyn van godsdiens het.

Verklaring 2 Timoteus 3:10 – 13 Sowel 2 Tim. 3:10 as 2 Tim. 3:14 begin met dieselfde woorde, naamlik: “Maar jy....” In 2 Tim. 3:10 word 'n teenstelling gestel tussen Timoteus en die mense van die laaste dae wat net die uiterlike skyn van die godsdiens het, maar die krag daarvan nie ken nie (die mense wat in 2 Tim. 3:1-9 beskryf word).

Page 66: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

66

In 2 Tim. 3:14 word 'n teenstelling gemaak tussen Timoteus en die bedrieërs wat van kwaad tot erger gaan, wat ander mislei en wat self ook mislei word (vers 13; hulle is waarskynlik dieselfde mense wat in 2 Tim. 3:1-9 beskryf word). Anders as diegene wat net die uiterlike skyn van godsiens het, het Timoteus vir Paulus nagevolg. Hy het hom nagevolg in dit wat hy geleer het (leer) en in dit wat hy gedoen het (lewenswandel) en in sy lewensdoel. Paulus noem ook in geloof, geduld, liefde en volharding, in vervolging en ontbering. In dit alles het dit duidelik geblyk dat Paulus se godsdiens nie net skyn was nie. Paulus se lewensdoel was om mee te werk aan God se doel. Timoteus het vir Paulus nagevolg, omdat Paulus vir Christus gevolg het. Die vervolgings en ontberings waarvan Paulus melding maak, was in Antiogië, Ikonium en Listra. Dit het tydens sy eerste sendingreis gebeur (vgl. Hand. 13; 14). In Listra het hulle vir Paulus by geleentheid met klippe gegooi en hom vir dood buite die stad gelos (Hand. 14:19). Listra was die stad waar Timoteus vandaan gekom het. Daardie gebeure tydens Paulus se eerste sendingreis moes 'n groot indruk op Timoteus gemaak het. Die Here het Paulus uit al die vervolging gered. Soms red God gelowiges van die dood. Ander kere red Hy hulle deur die dood. Selfs die dood kan hulle nie van God se liefde skei nie (Rom. 8:38). Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Soms is die vervolging meer subtiel, ander keer is dit blatant en bloedig. Elke gelowige kan weet dat vervolging in die een of ander vorm jou deel is. Goddelose mense en bedrieërs mislei ander en word self ook mislei. Hierdie is die mense wat in 3:1-9 beskryf word. Dit is die mense wat nog die uiterlike skyn van godsdiens het, maar die krag daarvan verloor het. Hulle werk het 'n bose kringloop. Terwyl hulle ander mislei en probeer mislei, word hulleself ook mislei. Hulle glo hulle dwalinge en word daardeur mislei. 2 Tim. 3:14 – 15 Teenoor die bedrieërs word Timoteus aangespoor om te bly by wat hy geleer het en wat hy vas glo. Ons sou ook kon vertaal met: wat hy geleer het en waarvan hy oortuig is. Dit wat hy geleer het, het sy oortuiging geword. Dit wat ons leer in die Skrif, moet ons oortuiging word. Twee redes word aangevoer waarom Timoteus daarby moet bly, want (1) hy weet wie sy leermeesters was en (2) hy ken van kleins af die Heilige Skrif. As ons mooi daaroor dink, dan is die Heilige Skrif eintlik die enigste rede waarom Timoteus moet bly wat hy geleer het. Hulle wat sy leermeesters was, het hom immers presies dit geleer – die Heilige Skrif. Die Here gebruik mense as instrumente om sy Woord aan ander te leer. Timoteus se leermeesters was Paulus, maar ook sy ouma Loïs en sy ma Eunice (1:5), wat hom van kleins af die Heilige Skrif geleer het. Die Skrif gee kennis wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus. 2 Tim. 3:16 – 17 Waarom is die Skrif nuttig? Waarom moet jy daarby bly as jy nie mislei wil word deur valse leraars nie?

Page 67: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

67

Die Skrif het sy oorsprong in God. Die hele Skrif is deur God ingegee, geïnspireer, “God-breathed”. Dit kom van God af. Hy is die Einlike Outeur daarvan. Daarom is dit betroubaar en waar en onfeilbaar. Dit is nuttig om jou te leer (NAV - in die waarheid te onderrig). Die Bybelse leer, die gesonde leer, leer jy uit die Skrif uit. Die Bybel leer jou Wie God is, wie jy is en wat God se wil vir jou lewe is. Dit is nuttig tot weerlegging (NAV - dwaling te bestry). Die Bybel wys dit wat verkeer is uit. Verkeerdhede in leer, maar ook in die manier waarop jy lewe. Dit wys jou op jou sonde, waaroor jy berou moet hê. Dit is nuttig tot teregwysing (NAV - verkeerdhede reg te stel). Die Bybel leer jou nie net wat verkeer is in jou lewe nie, dit wys jou ook die regte pad aan. Dit leer jou nie net hoe jy nie moet maak nie, maar ook hoe jy moet maak. Dit is nuttig tot onderwysing in die geregtigheid (NAV - om die regte lewenswyse te kweek). Alles wat jy nodig het om te weet om 'n heilige lewe te lei, waarin jy groei in jou geloof en waarin God verheerlik word, leer die Bybel jou. 2 Tim. 3:17 is vertaal in die NAV “sodat die man wat in diens van God staan”. Die OAV het dit meer letterlik vertaal met “sodat die mens van God”. Dit dui dus nie net op Timoteus as ampsdraer nie, maar op die mens van God. Elke gelowige in die amp van gelowige word deur die Skrif toegerus om te doen wat God wil. Elke gelowige word volkome voorberei deur die Skrif vir elke goeie werk. Wil jy dus groei in jou geloof en 'n navolger wees van Jesus Christus in geloof en lewenswandel en lewensdoel (2 Tim. 3:10), dan moet jy jou verdiep in die Heilige Skrif. God die Heilige Gees wat dit ingegee het, moet jou lei in die verstaan en die toepas daarvan in jou lewe.

Toepassing Die “laaste dae” wat Paulus in hierdie gedeelte beskryf, is ook kenmerkend van ons tyd. Al hoe meer hoor ons vandag dat gelowiges en die Kerk nie te veel klem moet lê op die leer, leerstellings, of dogma nie. Die gesonde leer kom egter uit die Skrif en daarom is dit ontsaglik belangrik vir ons lewe. Die Here leer ons deur die Skrif en laat ons groei in ons geloof, sodat ons lewenswandel en lewensdoel in ooreenstemming met sy Wil kan wees. Ons kan en moet die Skrif vertrou as nuttig, want dit kom van God Self. Daarsonder kan ons nie. Dit is God se Woord aan ons. Daarsonder kan ons nie voorberei en toegerus wees vir die goeie werke waardeur ons God moet verheerlik nie. Die ondersoekende vrae wat dus na vore kom is: Vertrou jy die Here om deur sy Woord jou die gesonde leer te leer? Glo jy dat God deur sy Woord jou toerus vir elke goeie werk en dat die Heilige Gees jou deur die Woord in die geloof opbou en laat groei? Hoeveel tyd spandeer jy aan persoonlike Bybelstudie? Bid jy dat die Gees jou sal lei om die Bybel reg te verstaan en toe te pas, wanneer jy daarmee besig is? Glo jy dat die Woord van die Here en die verkondiging daarvan onontbeerlik is vir die groei en toerusting van die gemeente?

Page 68: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

68

As ons besig wees met die Bybel onontbeerlik is vir ons geloofsgroei en vir ons groei en toerusting as gemeente, kan ons dan bekostig dat daar in ons gemeente net ongeveer vyf Bybelstudiegroepe is? Hoe kan ons meer lidmate by Bybelstudiegroepe betrokke kry?

Hebreërs 10:19-25 Tema: Ons het toegang tot die heiligdom en ons moet dit aangryp

Indeling van Hebreërs 10:19-25

Heb. 10:19 – 21 Opsomming van die voorafgaande hoofstukke. Verduideliking van wat God in Christus vir ons gedoen het. Hy het ons vrye toegang tot die heiligdom gegee.

Heb. 10:22 – 25 Drie aansporings – ingelei deur “laat ons…”. Heb. 10:22 Laat ons tot God nader… Heb. 10:23 Laat ons styf vashou aan die hoop… Heb. 10:24 Laat ons na mekaar omsien deur

aansporing tot liefde en goeie dade Heb. 10:25 Moenie van die samekomste wegbly

nie Spoor mekaar eerder aan Terwyl julle die oordeelsdag sien naderkom.

Inleidend Wat ons van die lesers weet, is dat hulle van die tweede geslag Christene was (Heb. 2:3) en dat daar reeds 'n geruime tyd verloop het sedert hulle gelowig geword het (Heb. 5:12). Reeds pas nadat hulle gelowig geword het, is hulle swaar beproef deur bespotting en vervolgings, deur konfiskering van hulle eiendom en deur gevangenskap (Heb. 10:32-34). Hulle het oorspronklik baie ywer en entoesiasme aan die dag gelê (Heb. 6:10-11), maar het nou in hulle geestelike lewe verflou en verslap (Heb. 5:11-14; Heb. 12:12). Dit lyk of daar veral weer 'n hunkering terug was na die Joodse geloof. Daarom regdeur die brief die Ou Testamentiese terminologie. Daar word beklemtoon dat Christus die vervulling van die Ou Testamentiese wette en beloftes was. In die brief word die lesers aangespoor om te volhard in die geloof!!

Gedagtes rondom elke vers Heb. 10:19: Sedert Heb. 3:12 is dit die eerste keer dat die lesers weer direk as broers

aangespreek word. Hy gaan sy voorafgaande boodskap nou baie persoonlik toepas. Eers die opsomming van die voorafgaande. Triomfantelik som Herbreërs God se verlossingsweg op: Ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom. Die Grieks beklemtoon dat ons vrymoedigheid het tot toegang tot die heiligdom. Die vaste grond vir ons vrymoedigheid om die heiligdom van God te betree, is die bloed van Jesus. Dis die onfeilbare toegangskaartjie. Weg is die vrees, die onsekerheid en die skuldgevoelens.

Heb. 10:20: 'n Nuwe en lewende weg. Lenski skryf dat daar na 'n weg verwys word, omdat dit die enigste weg is. Daar hoef nie 'n lidwoord (die) gebruik te word nie. Die weg is nuut. In Heb. 9:8 word gesê dat die pad na die Allerheiligste nie oop is nie, so lank as die ou heiligdom nog funksioneer nie. Hierdie oop pad na God is dus iets totaal nuut. Hierdie nuutheid is die kenmerk van al

Page 69: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

69

Jesus Christus se werk. Die Grieks praat letterlik van 'n “lewende pad”. Lenski sien daarin 'n verwysing na Christus wat Die Weg is. Du Toit sien dit as dat dit na die lewe lei. In Heb. 6:1 en Heb. 9:14 is daar sprake van 'n leefwyse of dade wat tot die dood lei. Hierdie pad (Christus) lei in die teenoorgestelde rigting. Waar God werk, lewe dit. Jesus het die pad vir ons oopgemaak. Dit oopgebeur met sy liggaam aan die kruis. Voorhangsel was simbool van die ontoeganklikheid tot God. God se ontoeganklikheid is vir altyd beeïndig vir die gelowige.

Heb. 10:21: Die huis van God. Waarskynlik aan Jesus se priesterdiens in die hemelse heiligdom gedink. Jesus is werksaam in sy gemeente op aarde, maar Hy is ook werksaam in die hemel. Hy behartig God se saak by ons, maar Hy behartig ook ons saak by God. Hy sit op die troon langs God. Kern van die bemoediging: Vir gelowiges wat besig is om lam in die knieë te raak, beteken die versekring van die oop pad na die troon, oneindig baie.

Heb. 10:22: Eerste “laat ons” oproep. Dit help niks om 'n oop pad te hê as dit nie voluit gebruik word nie. Grieks wil sê: Laat ons voortdurend tot God nader. Dit moet 'n lewenstyl wees. Volle geloofsekerheid lê naby aan die vrymoedigheid van Heb. 10:19. Kan daarvan sekerheid hê, omdat dit God se werk is.

Heb. 10:23 Tweede “laat ons” oproep. Moet voortdurend vashou aan die hoop wat ons bely. Betrokke Griekse woord vir “styf” kom net hier in die NT voor. God is getrou. Hy doen wat Hy beloof. Daarvan kan ons seker wees. Hoop nie onseker nie.

Heb. 10:24: Derde “laat ons” oproep. Eerste een het gegaan oor ons verhouding met God. Tweede oor ons verhouding met God. Nou oor verhouding met medegelowiges. Moet na mekaar omsien. As mekaar se geestelike bloedfamilie hoort ons bymekaar. Liefde wat uitloop op dade.

Heb. 10:25 Konkrete teken van agteruitgang by Hebreërs. Sommige het reeds in die gewoonte verval om van die samekomste weg te bly. Ons moet nie net self nie wegbly nie, maar ons moet ook ander aanspoor om te gaan. Die motivering daarvoor is die naderende oordeelsdag. Ons moet waarsku. As ons goedsmoeds van die samekomste wegbly, leef ons nie met die oog op die wederkoms van Christus nie; is dit nie vir ons 'n werklikheid nie; verstaan ons nie die genade van vrye toegang (Heb. 10:19) tot God in werklikheid nie. Antwoord nie op “hoeveel” eredienste per Sondag nie. Antwoord wel dat jy nie moet wegbly nie!!

Page 70: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

70

Hebreërs 10:32-39 Tema: Dink terug en volhard in die geloof!

Indeling van Hebreërs 10:32-39

Heb. 10:32 – 34 Herinnering aan die geloofsmoed wat hulle vroeër aan die dag gelê het.

Heb. 10:35 – 36 Geloofsvertroue hou groot beloning in en net deur volharding kan hulle ontvang wat God beloof het.

Heb. 10:37 – 39 Kragtige aansporing – tyd van wederkoms is naby en wie nie terugdeins sal lewe. Ons (solidariteit met lesers) is nie van dié wat terugdeins nie.

Inleidend Wat ons van die lesers weet, is dat hulle van die tweede geslag Christene was (Heb. 2:3) en dat daar reeds 'n geruime tyd verloop het sedert hulle gelowig geword het (Heb. 5:12). Reeds pas nadat hulle gelowig geword het, is hulle swaar beproef deur bespotting en vervolgings, deur konfiskering van hulle eiendom en deur gevangenskap (Heb. 10:32-34). Hulle het oorspronklik baie ywer en entoesiasme aan die dag gelê (Heb. 6:10-11), maar het nou in hulle geestelike lewe verflou en verslap (Heb. 5:11-14; Heb. 12:12).

Gedagtes rondom elke vers Heb. 10:32: Die lesers het gevaar geloop om van die lewende God af te val. Hulle het

begin vervlou in hulle geloof. Die skrywer herinner hulle dat dit vroeër anders was. Daar was 'n tyd dat hulle uitgeblink het in geloofsdade. Vroeër toe hulle pas tot bekering gekom het, was hulle liefde vir die Here groot. Die bekering noem die skrywer 'n kom tot die lig. Christus die vleesgeworde Woord (Joh 1:14). God het sy volk bevry uit die mag van die duisternis en hulle gering na die ryk van die Seun van sy liefde (Kol 1:13). Vroeër het hulle in die stryd staande gebly. Stryd wys na die worstelstryd van 'n atleet. Dieselfde Griekse woord waar ons woord vir atletiek vandaan kom. Kan ook “staande bly” vertaal met volhard, vasbyt, vasstaan.

Heb. 10:33: Hulle is beledig en moes smeertaal verduur (Matt 5:11; 1 Pet 3:16). Hulle is

as goddeloos uitgekryt omdat hulle in 'n onsigbare God geglo het. Is beskuldig as rusverstoorders omdat die oppergesag van die keiser ontken het. Bestempel as kannibale, omdat nagmaal verkeerd verstaan is. Uit reaksie op die maagdelike geboorte is daar beweer dat Jesus uit 'n buite-egtelike verhouding tussen Maria en 'n Romeinse soldaat gebore is. Daar is 'n skouspel van hulle gemaak. Hulle is openlik tot 'n bespotting gemaak.

Heb. 10:34: Hulle het solidariteit met mekaar gehad. Soos Paulus skryf: as een lid ly, ly al

die lede saam (1 Kor 12:26). Hulle het hulle swaarkry met blymoedigheid aanvaar, omdat hulle gereken het op 'n besitting wat beter is. Hulle toekomsvisie was so sterk dat dit hulle lyding heeltemal gerelativeer het.

Heb. 10:35: Teen die agtergrond van hulle mooi begin, word hulle nou opgeroep om nie

die pragtige geloofsvertroue van hulle beginjare prys te gee nie.

Page 71: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

71

Heb. 10:36: Volharding hier beteken om vol te hou in die gehoorsaamheid. Dit gaan nie

om die verwerkliking van ons eie ambisie nie, maar om die doen van die wil van God. Derde bede van die Onse Vader gebed hou hiermee verband. Beloning word voorgehou – dit wat God beloof het, sal kan ontvang deur volharding.

Heb. 10:37: Gedeeltes uit Jes 26:20 en Hab 2:3-4 word hier aangehaal. Daar word

beklemtoon dat die wederkoms naby is. Saam met die wederkoms kom die oordeel. . Vg. 2 Pet 3:8-9 oor wederkomsverwagting.

Heb. 10:38 Diegene wat glo, sal vrygespreek word. Diegene wat volhard en staande bly

en nie terugdeins nie. Heb. 10:39: Dieselfde woord wat hier met terugdeins vertaal word, ook in Gal 2:12 oor

Petrus se optrede. Sluit op 'n positiewe en pastorale noot af. Skrywer vereenselwig hom met die lesers: “Ons”

Om soos die Hebreërgemeente met groot entoesiasme te begin en lyding dapper te verduur is een saak. Om vol te hou wanneer die eerste opgewondenheid afgeskaaf het en die kerk hom op die woestynpad bevind, vra baie meer. Totius het gesê: Daar is nie alleen martelare wat sterf nie, maar ook martelare wat lewe.

Page 72: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

72

Jakobus 1:1-8

Tema: God gee sonder voorbehoud en sonder verwyt wysheid aan dié wat dit van Hom vra.

Gedagte opbou van Jakobus 1:1-8 Vers 1: Inleiding tot die brief waarin die skrywer en die geadresseerdes vermeld word. Vers 2 – 4: Blydskap in beproewings, omdat gelowiges weet dat hulle geloof getoets word. Vers 5 – 8: Oproep om sonder om te twyfel om wysheid te bid. Vers 5: Wie wysheid kortkom, moet dit van God vra. Belofte dat God sonder onderskeid en sonder verwyt gee. Vers 6: Oproep om nie te twyfel wanneer jy bid nie. Beeld van die brander in die see om so 'n twyfelaar te beskryf. Vers 7-8: So iemand wat twyfel moet nie dink dat hy iets van God sal ontvang nie. Inleidende opmerkings Die skrywer van die brief dui homself aan as Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Volgens alle aanduidings was hy een van die broers van die Here Jesus. Jakobus was aanvanklik afwysend teenoor die werk van Jesus (Mark 3:21, 31-35) en het nie in Jesus geglo nie (Joh 7:3-10). Nadat die opgestane Jesus aan hom verskyn het (1 Kor 15:7), het hy tot geloof gekom en een van die leidende figure in die Jerusalemse kerk geword (Hand 12:17; 15:13, e.a.) Daarom was hy goed bekend onder die gelowiges en is dit nie vreemd nie dat hy hom in sy brief net as “Jakobus” bekendstel nie. By die Jode het hy vanweë sy opregte vroomheid bekend gestaan as “die regverdige”. Tydens 'n opstand in die jaar 62 nC het hy 'n marteldood gesterf. Jakobus rig die brief aan “die twaalf stamme wat in die verstrooiing is. Ons moet dit nie verstaan asof die brief tot die twaalf stamme van die volk Israel gerig is nie. As gevolg van die vervolging wat losgebars het, het die gelowiges destyds gevlug. Die twaalf stamme wat in die verstrooiing is, dui op die Nuwe Testamentiese Kerk – gelowiges wat oor die wêreld van destyds versprei is.

Verklaring

Jak. 1:2-4 Geen mens kan aan beproewings ontkom nie. Die Griekse woord het „n dubbele betekenis, naamlik beproewing (in die sin van deur lyding of teëspoed) of versoeking (in die sin van

Page 73: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

73

verleiding). In hierdie vers dink die skrywer nie aan sonde nie, maar aan teëspoed soos wat „n mens kan verwag by vlugtelinggelowiges. „n Christen kan gelukkig wees, omdat Christus diegene gelukkig ag in die saligsprekinge wat t.w.v. hulle Christenskap vervolg en beledig word (Matt 5:10,11). Die beproewing waarvan hier sprake is, is ook nie net beperk tot vervolging nie. Calvyn dink hier aan siekte, gebrek, ballingskap, gevangenskap, kritiek en dood. Dit word hier in die algemeen bedoel: Die veelvormige arsenaal van teenslae wat in die gang van die “gewone” lewe deur die gelowige ondervind word. Vir hulle moet al die soorte beproewings egter „n saak van vreugde wees, want dit oefen die geloof. Dit is „n toets vir hulle geloof. Die blydskap of vreugde is natuurlik nie oor die feit van die beproewing nie, oor die swaarkry nie, maar omdat hulle geloof daardeur getoets word. Beproewing is dus niks anders nie as geloofsoefening nie en wie dié strawwe oefening deurstaan, word instaat gestel om te volhard. „n Gelowige kan te midde van swaarkry gelukkig wees, want beproewings laat jou jou nietigheid besef en dryf jou om jou krag in God te soek, soos met Paulus in 2 Kor 12:7-10. Jy kan gelukkig wees, omdat jy weet dat jy „n beter en blywende besitting in die hemel het (Heb 10:34). Jy kan gelukkig wees omdat jy jou nie blindstaar teen die swaarky nie, maar met geloof daaroor heen kyk na die uiteindelike vrug wat dit gaan lewer. Want God gebruik die beproewing om jou te oefen en taai te maak sodat jy nie uitsak nie (Heb 12:11). Jak. 1:5 – 8 Wanneer Jakobus skryf: “As een van julle wysheid kortkom,...” dan bedoel hy nie dat baie daardie wysheid het en dat ander dit kortkom nie. Hy sê op baie taktvolle manier: “Ek weet julle sal dit nie erken nie, maar julle het wysheid nodig.” Niemand wil hoor dat hy dwaas is, dat hy foute maak en dat hy hulp nodig het nie. Ons wil van nature onafhanklik wees. Jakobus kon net sowel gesê het: “elkeen het wysheid nodig”, maar sy benadering is meer takvol: “As een van julle wysheid kortkom,...” Hy wil sy lesers die geleentheid gee om huleself te ondersoek en tot die gevolgtrekking te kom, dat hulle wysheid nodig het. Dan moet jy dit vir God gaan vra. Met wysheid word nie geleerdheid of akademiese kennis bedoel nie, maar insig of onderskeidingsvermoë. Insig ten tye van beproewings om steeds die ware lewenskoers raak te sien as jy nie meer weet waarheen nie. Insig om te kan volhard in die geloof en om bly te wees in die Here. Onderskeiding om ten tye van verleiding die verkeerde weg raak te sien en daarvan af te wyk. Ware wysheid volgens die Bybel is om met insig en onderskeiding die verkeerde pad raak te sien en daarvan af te bly en om die pad van die vrees van die Here te loop (Job 28:28). Ons moet dus onderskeid maak tussen die wysheid van hierdie wêreld en die wysheid van bo. Die wysheid van hierdie wêreld wil God nie ken nie en bepaal sy eie koers. In hulle selftevredenheid meen die wyses van hierdie wêreld dat hulle wys is, maar die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God (1 Kor 3:18-20). Die wysheid van bo is rein, vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins (Jak 3:17). Dit is die hartlike uitlewing van die Wet van God, 'n afwyk van die kwaad en 'n wandel in die vrees van die Here. 'n Leefwyse wat ewigheidswaarde het. Hierdie wysheid is 'n vaardigheid (“skill”) om as God se kind voor God se aangesig volgens sy Wil te lewe. Jakobus wek die lesers dus ook op tot gebedsvertroue. Die gebed van die Christen kan sonder twyfel wees, omdat jy bid tot die lewende God wat in Christus jou Vader is. God gee

Page 74: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

74

sonder voorbehoud en verwyt. Hy kyk nie na wat ons skuld, voordat Hy gee nie. En wanneer God gee, is dit die goeie gawes, ten goede. Hy gee nie „n klip as ons brood vra nie en nie „n skerpioen as ons „n eier vra nie. Ons kan sonder twyfel bid want ons hemelse Vader weet wat ons nodig het nog voordat ons van Hom vra (Matt 6:8). Ons moet ook onthou dat dit hier gaan om die gebed om wysheid. Die belofte dat God aan almal gee sonder voorbehoud en sonder verwyt, is nie 'n skoon tjek nie. Jy kan nie enigiets van die Here vra en jou dan op hierdie belofte beroep nie. Vra vir wysheid van God en Hy sal dit sonder voorbehoud en sonder verwyt gee. Jakobus gee ook die waarskuwing om nie te twyfel nie. In vers 8 lees ons van 'n “dubbelhartige man” wat onbestendig is en nie moet dink dat hy iets al ontvang nie. Die twyfelaar sal niks van die Here ontvang nie, want hy bid en ten diepste twyfel hy of God instaat is om te kan gee. Hy vra dus, maar bedoel dit nie opreg nie – dit is maar „n kans wat hy vat. Hy is dubbelhartig, want hy bid met woorde en nie vanuit sy hart nie. Deur sy gedurige twyfel hou hy „n agterdeur oop, „n alternatiewe opsie indien sy onderhandeling met God nie bevredigend sou afloop nie. Die twyfelaar is onbestendig en is soos „n golf van die see wat deur die wind gedryf word. Hy sal nou iets van God in die gebed vra, maar net daarna deur sy onrus en bekommernis verlei en gedryf word om elders sy hulp te soek. Hy is inderdaad soos „n onstuimige see wat onrustig is en in sy twyfel vertroebel hy sy geloofsvertroue met al die slyk en modder van twyfel en kleingeloof. So „n twyfelaar is iemand wat nog nie volkome oortuig is dat God se manier die beste is nie. So iemand sal God se Woord net soos „n ander mens se raad beoordeel en self besluit of hy daaraan gehoorsaam wil wees of nie. By so iemand is daar voortdurend „n botsing tussen sy eie begeertes, ander mense se idees, en God se opdragte. So iemand moet nie dink dat hy iets van God sal ontvang nie. Die rede waarom hy nie ontvang nie, is nie omdat God nie sy beloftes hou nie, maar dit as gevolg van sy eie twyfel en kleingeloof. Die pa van die siek seun (Mark 9:24) het nie in hierdie kategorie van twyfel geval nie. Hy het vir Jesus gesê: “Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is.” Jesus het sy gebed verhoor, want hy het my sy swak geloof na Jesus gegaan vir hulp. Hy het geglo dat die Here hom kan help. Anders as daardie pa, glo die twyfelaars van wie Jakobus skryf nie dat God kan help nie. Hulle glo ook nie dat God se pad die beste is nie. Hulle twyfel of dit vir hulle goed sal wees om te doen wat God wil. Hulle twyfel of die Here die beste weet. Toepassing Onthou ons, wanneer dit met ons swaar gaan, dat die Here met ons besig is en dat Hy ons beproef? Is ons in beproewings bly, omdat ons weet dat die Here ons geloof toets en dat Hy dit versterk. 'n Student is nog nie werklik 'n student as hy net by die universiteit geregistreer het nie. Hy moet eers die toetse slaag, voordat hy as student kan kwalifiseer. As kinders van die Here moet ons geloof ook getoets word, sodat ons in ons geloof kan groei en sodat ons uiteindelik volmaak en sonder gebrek kan wees en niks in ons geloof kortkom nie. Wanneer ons wysheid nodig het oor die beproewings wat oor ons kom, moet ons dit van God bid. Ons het daardie wysheid nodig, om bly te kan wees in die beproewings en om die hand van die Here daarin raak te sien. Ons het ook wysheid nodig om as kinders van die Here tot sy eer te lewe.

Page 75: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

75

Ook vir daardie wysheid moet ons God bid. Dan moet ons nie twyfel oor of God vir ons die wysheid kan gee nie. Ons moet ook nie twyfel oor of dit vir ons reg is om te lewe soos wat God vir ons dit uitspel in sy Woord nie. As ons twyfel in hoe wys en goed God se bepalings vir ons is, dan sal ons ook nie daardie wysheid van God ontvang nie. Dan is ons soos 'n brander op die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gewaai word. Ten opsigte van ons selfondersoek voor die nagmaal die volgende ondersoekende vrae: Besef ek dat ek wysheid kortkom? In hoe 'n mate soek ek daardie wysheid by God? Vra ek dit vir die Here en glo ek sy belofte dat Hy dit sal gee? Glo ek dat die Here sonder voorbehoud en sonder verwyt sal gee: dat Hy nie vir my sal sê: “Jy het dit al so baie van My gevra, Ek is nou al moeg om na jou te luister?” Twyfel ek oor dit wat God van my in sy Woord eis en dat dit vir my die beste is? (Enkele voorbeelde)

As die Here van my eis om gereeld die eredienste by te woon en ek bly willens en wetens daarvan weg; As dit vir my te veel moeite is, dan volg ek nie God se raad nie, maar dan besluit ekself wat vir my die beste is.

As die Here van my eis om 'n dankoffer te gee, uit dit wat Hy vir my gegee het en ek gee dit nie of ek gee ongereeld of ek gee baie min, dan is ek ook soos daardie brander in die see wat heen en weer gedryf word, dan besteel ek die Here (vgl. Mal 3:8: “Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes.”)

As die Here van my eis om my kinders in die vrese van sy Naam groot te maak en ek doen so min as moontlik om hulle van die Here te leer, self 'n voorbeeld te wees, dan mis ek God se wysheid.

As ek self wil besluit, sonder om die Here se wil in ag te neem, met wie ek 'n verhouding aangaan, of ek gehoorsaam nie God se wil vir my huwelik nie, dan is ek soos die dubbelhartige mens.

Soek wysheid by God, die vaardigheid om te lewe tot sy eer, en die Here sal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt

Page 76: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

76

Jakobus 5:13-18

Tema: Die gebed van 'n regverdige het 'n kragtige uitwerking.

Gedagte opbou van Jakobus 5:13-18 Vers 13 – 14: Drie kort vrae met antwoorde. Kry iemand swaar? Bid dan. Is iemand opgeruimd? Sing lofliedere. Is iemand siek? Laat die ouderlinge kom om vir hom te bid. Vers 14 – 16a: Die ouderlinge moet vir die sieke bid en hom met olie salf. As hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring. Sondes en die bely van sondes is ook hier ter sprake. Vers 16b: Stelling: Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking. Vers 17 – 18: Illustrasie van die stelling dat 'n regverdige se gebed groot krag het. Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid en dit het nie gereën nie. Hy het weer gebid en die hemel het reën gegee.

Inleidende opmerkings Jakobus wat hierdie brief geskryf het, was ook bekend as “ou kameelknieë”. Die tye wat hy op sy knieë in gebed deurgebring het, kon gesien word aan hoe sy knieë later gelyk het. Hy het die krag van gebed geken. Hy het geweet hoedat God die gebede van die gelowiges verhoor het toe Hy vir Petrus uit die tronk verlos het (Handelinge 12:17). Dat gebed sentraal staan in Jakobus 5:13-18 is duidelik uit die feit dat die woordjie “bid” in elkeen van die verse voorkom. Verklaring Jak. 5:13 Die eerste kort vraag wat Jakobus vra, gaan oor gelowiges wat swaarkry of ly. Hulle moet bid. Baiekeer is ons eerste reaksie wanneer ons moeilikheid beleef, nie om te bid nie. Ons kyk eers wat ons kan doen om die probleme die hoof te bied. Daarna sal ons bid en die Here vra om ons pogings te seën. As ons ons totale afhanklikheid van God besef en met daardie besef leef, sal ons ons oefen om, wanneer ons moeilikheid beleef, eers te bid en dan planne te maak en pogings aan te wend om die swaarkry die hoof te bied. Die opdrag om te bid, hef nie ons verantwoordelikheid op om werk te maak van die probleem nie. Ons moet egter nie in eie krag werk voordat ons gebid het nie. Die tweede kort vraag wat Jakobus vra, gaan oor gelowiges wat opgeruimd is. Hulle moet lofliedere sing. Hulle moet God daarvoor dank en loof. In Sondag 10 van die Kategismus bely ons dat die feit van God se voorsienigheid ons dankbaar moet maak in tye van voorspoed. Hierdie tweede vraag en antwoord van Jakobus beklemtoon dieselfde gedagte. Dit is soms selfs nog moeiliker om in tye van voorspoed lofliedere te sing, as wat dit is om in tye van swaarkry te bid. Voordat die Here sy volk die beloofde land ingelei het, het Hy hulle

Page 77: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

77

ook gewaarsku om Hom nie te vergeet wanneer dit met hulle goed gaan in die land wat Hy aan hulle gaan gee nie. Ons moet onsself ook voortdurend daaraan herinner, wanneer dit met ons goed gaan, dat ons dit uit God se hand ontvang en daarom moet ons Hom dank en lofliedere sing tot sy eer. Jak. 5:14-16a Die derde kort vraag wat Jakobus vra, handel oor iemand wat siek is. So iemand moet die ouderlinge laat kom en dan moet hulle vir hom bid. Hierdie gedeelte (Jak. 5:14-16a) is in sekere opsigte moeilik om te verstaan en toe te pas. Ons moet 'n paar sake in gedagte hou wanneer ons dit probeer verstaan. Sommige verklaarders noem dat die woord wat met “siek” vertaal is, ook vertaal kan word met “swak”. Dan is hulle gedagte dat hier nie na 'n “liggaamlike siek” persoon verwys word nie, maar na gelowiges wat “geestelik swak” geword het. Verreweg die meeste verklaarders vertaal die woord egter met “siek” en verstaan die gedeelte as sou dit na 'n liggaamlike siek gelowige verwys. Ongelukkig word hierdie gedeelte misbruik deur mense wat sê dat dit altyd God se wil is dat 'n gelowige gesond moet word. Hulle sê dan dat as daar net genoeg geloof is en as die prosedure hier gevolg word (van ouderlinge wat kom bid en die sieke salf) dat dit dan genesing sal bring. Hierdie gedeelte moet egter nie verstaan word as 'n towerprosedure wat altyd genesing vir 'n sieke sal bring nie. As dit so was, sou Paulus nie nodig gehad het om te worstel met die doring in sy vlees wat God nie op sy herhaalde gebede weggeneem het nie (2 Kor 12). Boonop sou Paulus nie nodig gehad het om vir Trofimus in Milete siek agter te laat nie (2 Tim 4:20). Paulus sou ook nie besorg gewees het oor Epafroditos se siekte nie (Fil 2:26-27) en hy sou nie nodig gehad het om vir Timoteus te skryf om 'n bietjie wyn te gebruik vir sy maag en vir sy herhaalde ongesteldhede nie (1 Tim 5:23). Die mense wat beweer dat as jy net met genoeg geloof bid, sal daar vir jou genesing kom, veroorsaak baiekeer ook groot worsteling by gelowiges wat nie gesond word nie. Dit lyk dan asof hulle gebrek aan geloof die oorsaak daarvan is dat hulle nie gesond word nie. Ons sou sulke dwase verkondigers daarop kon wys dat hier (Jak. 5:15) nie sprake is van die geloof van die sieke nie, maar van die geloof van die ouderlinge wat vir die sieke kom bid. Hier staan immers: “En as hulle gelowige bid, sal dit vir die sieke genesing bring.” Sommige versklaarders sien hierdie belofte dat daar vir die sieke genesing sal kom, as iets wat net van toepassing was op die Nuwe Testamentiese tyd voor die afhandeling van die Nuwe Testamentiese Kanon. Ons weet byvoorbeeld dat die apostels vir 'n sekere tyd vir sekere omstandighede gawes van gesondmaking gehad het. Dink maar net aan Paulus self. In Handelinge 19:11-12 lees ons: “God het deur Paulus wonderbaarlike dinge gedoen. Selfs doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het, is op siekes gesit en dan het hulle siektes verdwyn; en die bose geeste het uit hulle uitgegaan.” Dit wat daar gebeur het, het nie aanhou gebeur nie, anders sou Paulus bloot 'n doek of 'n voorskoot op Trofimus, Epafroditos of Timoteus gelê het en hulle sou gesond geword het (sien Skrifverwysings hierbo). Wanneer ons gelowig bid, bid ons met die geloof dat God genesing kan gee. Niks is vir Hom onmoontlik nie. Ons weet egter nie altyd of genesing op daardie stadium God se wil is nie. Gelowig bid is dus nie dieselfde as om dit vir die Here te noem en dan van Hom te eis nie (name it and claim it).

Page 78: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

78

Hierdie gedeelte verbind ook sonde met die siekte wat die gelowige ondervind. Soms is sonde die direkte oorsaak van 'n siekte wat iemand opdoen, maar ons kan nie sê dat 'n spesifieke sonde die oorsaak is van elke siekte wat iemand opdoen nie. In hierdie gedeelte sê Jakobus ook nie dat sonde altyd die oorsaak is nie. Hy sê: “As hy gesondig het,...” Dit kan ook wees dat hy siek is, sonder sonde wat die direkte oorsaak daarvan is. Hoe moes die ouderlinge die sieke met olie salf? Sommige verklaarders sien in die salwing met olie 'n handeling wat medisinale waarde gehad het. Ander verklaarders sien die salwing as teken van die teenwoordigheid en toerusting deur die Heilige Gees. Dit is 'n praktyk wat vir ons grootliks onbekend is. By alles wat moeilik is om te verklaar uit hierdie gedeelte, kan ons wel die volgende sê: As iemand siek is, lê die onus op hom om die ouderlinge te laat weet. Ouderlinge weet nie alles nie. Die ouderling/e moet vir hom bid. As die Here wil, sal daar vir hom genesing kom. So iemand (die sieke) moet ook selfondersoek doen en nadink of daar 'n spesifieke sonde is wat tot hierdie siekte aanleiding gegee het. Ons vind in vers (16a) die opdrag om julle sondes eerlik teenoor mekaar te bely en om vir mekaar te bid. Blykbaar is hierdie teks een van die “bewys” tekste wat die Roomse Kerk aanvoer vir hulle praktyk van die “bieg”. As dit as bewysteks vir die bieg gebruik kon word, sou die priesters ook teenoor die lidmate hulle sonde moes bely. Hier staan immers: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar...” 'n Vraag wat opkom is: Waar moet gelowiges hulle sondes teenoor mekaar bely? Vir wie se ore is daardie belydenis bedoel? Die konteks waarin ons die opdrag hier kry van sondebelydenis teenoor mekaar, is ouderlinge wat 'n sieke/swakke besoek en vir hom bid. Dus daar met huisbesoek waar die sonde ter sprake kom. Daarby kan die bekendheid van die sonde, hoe openbaar dit is, ook dien as riglyn vir die waar van die sondebelydenis. As dit byvoorbeeld net aan jou en die persoon wat jy te na gekom het, bekend is, sou 'n sondebelydenis aan die persoon van pas wees. As dit 'n openbare sonde is waarvan almal weet, sou 'n openbare skuldbelydenis van pas wees. Jak. 5:16b Na die oproep om te bid as jy swaarkry (Jak. 5:13) en die opdrag dat die ouderlinge vir die siekes moet bid (Jak. 5:14) en ook die oproep om vir mekaar te bid (Jak. 5:16a) kry ons die stelling: “Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking” (Jak. 5:16b). Dit dien as motivering vir al die oproepe om te bid, wat die stelling voorafgegaan het. Jy moet bid as jy swaarkry, ouderlinge moet vir siekes bid, ons moet vir mekaar bid, want die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking. Jakobus het dit geweet, daarom dat die tye wat hy in gebed deurgebring het, aan sy knieë gesien kon word. Letterlik staan hier, soos ook in die 33/53 vertaling, “'n regverdige”. Die gebed van 'n regverdige het 'n kragtige uitwerking. 'n Regverdige is iemand wat in Jesus Christus glo en wat deur Hom regverdig gemaak is. Christus stel ons in die regte verhouding met God. So iemand wat deur Christus in die regte verhouding met God geplaas is, wil ook reg voor God lewe en wil doen wat God behaag. So iemand se gebed het 'n kragtige uitwerking. Jesus sê immers: “Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word.” (Luk 11:9). Jak. 5:17-18

Page 79: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

79

Jakobus gee dan 'n voorbeeld van 'n regverdige wie se gebede 'n kragtige uitwerking gehad het. Die profeet Elia was 'n besondere mens gewees. Deur hom het God wonderwerke laat gebeur. God het Elia weggesteek en deur die kraaie van kos voorsien. Later het Elia by 'n weduwee en haar seuntjie gaan bly en haar meel en olie het nie opgeraak gedurende die hele tyd wat hy daar was nie. God het boonop deur hom 'n weduwee se seuntjie uit die dood opgewek. In 'n sekere sin voel dit of die voorbeeld van Elia eerder 'n belemmering as 'n aansporing vir ons sal wees om te bid. Wie is immers soos Elia? Daarom dat Jakobus uitdruklik sê dat Elia 'n mens net soos ons was. By alles wat besonder was aan Elia en wat van hom gesê kan word, was hy bloot 'n mens. Hy was niks meer as 'n mens nie en God het sy gebede verhoor. Hy het nie 'n hoër status as ons by God gehad nie. Elia het ook sy tye van geloofsinsinking gehad toe hy onder die besembos gaan lê het. Die krag van die gebed lê nie in die bidder self nie, maar dit lê in God. Daarom: Bid! Elia het God geken en hy het God se wil geken en geweet dat die Here vir Israel vantevore al gesê het dat as hulle Hom sou verlaat en agter ander gode aangaan, dat Hy dan die reën sal weerhou. Dit was inderdaad ook in so 'n tyd dat Elia gebid het dat dit nie moet reën nie. Agab was koning in Israel en hy het met Isebel getrou wat die Baäldiens in Israel ingevoer het. Isebel het probeer om die diens aan God in Israel deur geweld te onderdruk. Elia se gebed dat dit nie moet reën nie, het daarom gegaan dat die volk na die Here moes terugkeer. Elia het “ernstig” gebid, omdat hy geweet het dat hyself nie by magte was om die goddeloosheid te stuit nie. Hy het sy eie onvermoë besef. Toe die Here later Elia se gebed verhoor het en reën gegee het, het dit duidelik vir Israel gewys dat God en nie Baäl, die Een is wat in beheer is en wat vir hulle sorg.(Vergelyk 1 Konings 17 – 19 vir geskiedenis) Kan dit in jou gebedslewe (die tye wat jy bid en die ywer waarmee jy bid) gesien word dat jy glo dat die gebed van 'n gelowige 'n kragtige uitwerking het?

Page 80: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

80

1 Petrus 2:9 Tema: Wie en wat ons as gelowiges is.

Gedagte opbou 1 Petrus 2:1-10: Vers 1: Oproep om elke vorm van kwaad af te lê. Vers 2-3: Oproep om dan te smag na die suiwer geestelike melk van die Woord. Vers 4-5: Deur na Jesus te kom, die lewende steen, word ons as geestelike huis opgebou. Vers 6-8: Aanhalings uit die Ou Testament oor die lewende steen. Vers 9-10: Wie en wat ons as gelowiges is en watter verantwoordelikheid dit vir ons meebring.

Agtergrond Petrus skryf hierdie brief om christene te bemoedig en om hulle aan te spoor om vas te staan in die geloof (5:12). Die eerste lesers van die brief is eenkant toe geskuif in die samelewing. Daar is teen hulle gediskrimineer oor hulle geloof. Daar is kwaad van hulle gepraat asof hulle misdadigers was. Hulle is beledig en moes lyding verduur omdat hulle in God geglo het en uit hulle geloof gedoen het wat reg is. Om hulle te bemoedig en aan te spoor wys Petrus hulle telkemale op die vreugde en die heerlikheid van die ewige erfenis wat op hulle wag. Hy leer hulle ook hoe hulle as christene moet optree te midde van onregverdige lyding. Op grond van hierdie brief word Petrus met reg “die apostel van die hoop” genoem (vgl. 1 Petrus 1:3, 13, 21; 3:15). Verklaring In hoofstuk 1 roep Petrus die lesers op om heilig te lewe. Hulle moet hulle lewens nie inrig volgens die begeertes wat hulle vroeër gehad het nie. Hulle is gekoop deur die bloed van Jesus Christus en daarom moet hulle heilig wees in hulle hele lewenswandel. As jy God wil gehoorsaam in jou lewenswandel, hou jy op met elke vorm van kwaad, bedrog, huigelary en kwaadpratery (1 Petrus 2:1). Jy smag verder soos 'n pasgebore kindjie na die onvervalste melk van die Woord, om daardeur op te groei (1 Petrus 2:2). Jy het reeds “gesmaak” dat die Here goed is en daarom het jy 'n begeerte na meer. Ons word 'n lewende gemeente deur na Jesus Christus, die lewende steen te kom (1 Petrus 2:4-5). Sonder Hom kan die Kerk nie bestaan nie en het dit ook geen bestaansreg nie. Jesus maak van ons lewende stene. Gelowiges is nie bedoel om as enkelinge te lewe nie. 'n Steen op sy eie is waardeloos. Dit kry sy betekenis as dit saam met ander stene in 'n gebou ingemessel word. Die heilige priesterdom wat geestelike offers bring, is elke gelowige (steen) in die geestelike huis. Ons bring geestelike offers. Dus geen bloedoffers as versoening vir ons sondes nie. Dit is offers van dankbaarheid. Geestelik bedoel nie dat daar nie 'n stoflike kant aan ons offers is nie, maar dit is offers wat deur die Gees in ons gewerk word en wat ons ook in die krag van die Heilige Gees doen.

Page 81: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

81

Die voorreg van die Ou Testamentiese priesters om na God te gaan, om toegang tot God te hê, is nou die voorreg van elke gelowige. Die voorhangsel van de tempel het immers met Jesus se sterwe op die kruis, geskeur. 'n Priester is iemand wat self toegang tot God het en wie se taak dit is om ander na God te bring. Die Latynse woord vir priester is “pontifex” wat brugbouer beteken. 'n Priester is iemand wat brue vir ander bou om na God te kom. As priesters wil ons sien dat God en mens versoen moet wees. “Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie” (1 Petrus 2:6). Niemand wat hulle vertroue in Jesus Christus plaas, sal teleurgestel word nie. Nooit nie. 'n Wonderlike belofte. Hy bring hulle na God en hulle kan deel in die genade wat Hy verwerf het. Afgesien van die mense wat in Jesus Christus glo en wat nooit teleurgestel sal word nie, is daar ook diegene wat teen Hom stamp en oor Hom struikel (1 Petrus 2:7-8). Hulle struikel, omdat hulle aan Hom ongehoorsaam is. Geloof en gehoorsaamheid is baie nou verbonde. 1 Petrus 2:9 Julle daarenteen! Julle wat in Hom glo, is anders as diegene wat oor Christus struikel. Julle is dit, God het julle dit gemaak! 'n Ontsaglike voorreg om dit te kan wees. Alles wat van die Kerk hier gesê word, is in die Ou Testament van Israel gesê. Julle is 'n uitverkore volk – God het julle sonder enige verdienste van julle kant af uitgekies. Julle is 'n koninklike priesterdom – weer die gedagte van priesters wat in vers 5 ter sprake was. Hier die gedagte van priesters wat die Koning dien; priesters wat in die Koning se paleis werk. Julle is 'n nasie wat vir God afgesonder is ('n heilige volk). Julle is die eiendomsvolk van God. Ons behoort aan Hom. Vergelyk ook Sondag 1 van die Kategismus oor ons enigste troos in lewe en in sterwe, naamlik dat ons aan Jesus Christus behoort. Hy het julle uit die duisternis geroep na sy wonderbare lig – moet daarom nie meer in die duisternis lewe nie. Moenie besig wees met die werke van die duisternis nie. Julle het lig en is ook die lig vir die wêreld. Al hierdie wonderlike dinge wat van gelowiges gesê word, bring vir ons verantwoordelikheid mee. Ons moet die “verlossingsdade” verkondig van Hom wat ons gered het. Die 33/53 Afrikaanse Vertaling vertaal die “deugde van Hom” moet ons verkondig. Ons moet vertel Wie God is en wat Hy aan ons gedoen het. God se genade, sy liefde, sy skeppingswerk, sy verlossingswerk, sy herskeppingswerk deur sy Heilige Gees. Ons moet dit vertel en om dit te kan vertel moet ons dit eers self weet. Ons moet ons daarin verdiep – soos pasgebore kindertjies moet ons smag na die Woord (1 Petrus 2:2). Die eerste lesers van hierdie brief moes weer hoor wie hulle is, wie en wat God hulle gemaak het. Hulle is vervolg en het swaargekry, omdat hulle in Jesus Christus geglo het. Die gevaar was daar dat hulle a.g.v. die druk sou swig en weer sou insmelt by die samelewing om die verdrukking vry te spring.

Page 82: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

82

Uit die gedeelte kon hulle hoor dat dit ook die lot van hulle Here was – Hy is ook deur die mense afgekeur, maar God het Hom vir 'n ereplek uitverkies is (1 Petrus 2:4). Hy is deur die bouers afgekeur, maar Hy het die belangrikste klip in die gebou geword (1 Petrus 2:7). Diegene wat nie nou in Jesus Christus wil glo nie, die vervolgers van die gelowiges, struikel en val oor Jesus Christus. Die gelowiges moet hulle nie blindstaar teen hulle vervolgers of teen hulle omstandighede nie. Hulle moet in gedagte hou wie en wat hulle is. As hulle dit in gedagte hou, sal hulle besef hoe bevoorreg hulle is om gelowiges te wees – hulle kan toegang tot God hê, hulle behoort aan God, hulle is geroep uit die duisternis, hulle moet die deugde, die verlossingsdade van God verkondig. Hulle is geroep om as heilige priesterdom geestelike offers te bring, hulle moet as lewende stene opgebou word en om dit te kon doen, moes hulle na die lewende steen, Jesus Christus kom. Ondersoekende vrae wat uit hierdie gedeelte na vore kom: Besef jy werklik wat jou identiteit as Christen is, wie en wat God jou gemaak het? Hoekom is dit belangrik dat jy dit moet weet? As ons weet wie en wat ons is, watter uitwerking moet dit op ons toewyding aan die Here hê?

Page 83: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

83

1 Petrus 3:15 Tema: Altyd gereed met 'n antwoord van hoop.

Indeling van 1 Petrus 3:13-22 1 Pet. 3:13-17 Bemoediging aan gelowiges wat onverdiend moet

ly. 1 Pet. 3:18-22 Ook Christus het onskuldig gely.

Agtergrond Petrus skryf hierdie brief om vervolgde Christene te bemoedig en om hulle aan te spoor om vas te staan in die geloof (1 Pet. 3:5:12). Die eerste lesers van die brief is eenkant toe geskuif in die samelewing. Daar is teen hulle gediskrimineer oor hulle geloof. Daar is kwaad van hulle gepraat asof hulle misdadigers was. Hulle is beledig en moes lyding verduur omdat hulle in God geglo het en uit hulle geloof gedoen het wat reg is. Om hulle te bemoedig en aan te spoor wys Petrus hulle telkemale op die vreugde en die heerlikheid van die ewige erfenis wat op hulle wag. Hy leer hulle ook hoe hulle as Christene moet optree te midde van onregverdige lyding. Op grond van hierdie brief word Petrus met reg “die apostel van die hoop” genoem (vgl. 1 Pet. 1:3, 13, 21; 1 Pet. 3:15).

Verklaring 1 Pet. 3:13 – 17 (in besonder 1 Pet. 3:15) Ons kry die opdrag in 1 Pet. 3:15: “Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” Gelowiges wat ly omdat hulle goed/reg doen, moet dit as 'n voorreg beskou. Hulle moenie vir mense bang wees of hulle laat afskrik nie. Hulle moet onthou watter hoop hulle het en hulle moet altyd gereed wees om hulle daaroor te verantwoord. Wat behels die hoop wat ons moet hê en waaroor ons rekenskap moet kan gee? Die betekenis van hierdie hoop hou verband met die eerste sin van vers 15. Dit is daarom ook nie verniet dat hierdie eerste sin die oproep om reg te wees met 'n antwoord van hoop voorafgaan nie. In die 83 vertaling is hierdie eerste sin vertaal as: “In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here.” Die sin kan letterlik vertaal word as: “Heilig vir Christus, die Here, in julle harte.” of: “Heilige vir Christus as Here, in julle harte.” Die woordjie “heilig” dra onder andere die betekenis van “afsonder” of “eenkant sit”. Daarom kan ons die eerste deel van vers 15 vertaal met “Sonder Christus as Here af in julle harte.” In die reël is dit God wat mense heilig. God sit ons eenkant en sonder ons af om aan Hom te behoort en in sy diens te staan. God doen die werk van heiliging. In vers 15 lees ons egter, as ons dit letterlik moet vertaal: “Heilig vir Christus as Here in julle harte.” In die reël doen God die werk van heiliging. As ons mense iets moet heilig, dan beteken dit eenvoudig dat ons die werk van God erken. Dit wat God heilig maak en heilig verklaar, erken ons as heilig en ons volg God daarin.

Page 84: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

84

Hierdie betekenis van heilig hoor ons ook wanneer die Here Jesus ons die opdrag gee om te bid: “Laat U Naam geheilig word.” In daardie bede vra ons nie vir God dat sy Naam heiliger en meer besonder moet word, as wat dit reeds is nie. God is immers heilig en sy Naam is volmaak heilig. Ons vra met hierdie gebed dat ons en alle mense daartoe sal kom om God se Naam as heilig te erken; dat sy Naam vir ons so besonder sal word, soos wat dit in werklikheid is. Die opdrag om Christus as Here in ons harte te heilig, hou in dat ons Hom as Here in ons harte sal erken, dat ons Hom sal erken as die Een wat seggenskap het oor ons lewens; dat ons aan die Here Jesus in ons harte die plek sal gee wat Hom toekom. Dan maak die opdrag om nie vir mense bang te wees nie, ook mooi sin in hierdie verband. Mense het nie die sê oor julle lewens nie. Erken die Here Jesus as die Een wat daardie sê het en dan hoef julle nie vir mense bang te wees nie. Die hoop waaroor ons rekenskap moet kan gee, hou verband daarmee om die Here Jesus in ons harte te heilig. Ons erken Hom as Here. Ons erken ook sy werk van heiliging. Sy werk van heiliging is dat Hy ons duur gekoop het met sy bloed en so seggenskap oor ons lewens gekry het. Dit hou in dat Hy ons afgesonder het en eenkant gesit het om sy eiendom te wees, om aan Hom te behoort. Daar is geen groter troos in die lewe as juis dit nie. Niks wat ons meer hoop kan gee as dat ons aan Jesus Christus behoort nie. (Vgl. Sondag 1 van die Kategismus: My enigste troos in lewe en dood.....) Deur Christus behoort ons aan God die Vader en die Gees van God woon en werk in ons. My lewe is in God se hande. Die omstandighede waarin ek my mag bevind is nie buite God se beskikking of beheer nie. Dié dinge wat vir my te groot is en my hoop en my vrede wil wegneem, is nie groter as God nie. Ons moet altyd gereed wees om rekenskap te gee oor die hoop wat in ons lewe. Dit wil sê dat ons dit weer en weer sal moet doen. Die rekenskap is nie eenmalig nie. Daar kom ook nog by dat ons wel die hoop moet hê. As jy nie hoop het nie, kan jy immers nie rekenskap gee daaroor nie. Maak seker dat jy wel die hoop het waarvan hier gepraat word.

1 Pet. 3:18 – 22 Uit ons Bybelstudie bespreking van die gedeelte het dit geblyk dat dit 'n baie moeilike gedeelte is om te verstaan. Ek volstaan dus by die volgende opmerking. Ook Christus het onskuldig gely om ons na God te bring. Uiteindelik het Christus se lyding daarop uitgeloop dat Hy aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is (1 Pet. 3:22). Christus wat ons in ons harte heilig as Here, wat seggenskap het oor ons lewens, is ook die Een aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort.

Toepassing Kinders van die Here is nie hooplose mense nie. Ons is nie uitgelewer aan mense of slegte omstandighede nie. Ons het Jesus Christus as Here. Aan Hom behoort alle mag. Ons hoef dus nie vir mense of situasies bang te wees nie. Ons lewens is in God se hande en Hy wil vir ons die goeie. Daarom kan ons selfs blymoedig onreg ly. Ons is immers kosbaar vir Hom aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort. Daar sal nie 'n haar van ons

Page 85: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

85

koppe val sonder die Wil van ons Hemelse Vader nie. God hou vir ons 'n hemelse erfenis in bewaring en Hy bewaar ons so dat ons dit in besit sal kan neem (1 Petr 1:4-5). Uit daardie hoop kan en moet ons lewe. Ons moet Jesus erken as Here, as die Een wat die seggenskap oor ons lewens het en ons wil daarom doen wat Hom behaag. Ondersoekende vrae wat uit hierdie gedeelte na vore kom:

Het jy die hoop in jou waarvan ons hier lees? Is jy altyd gereed om daaroor rekenskap te gee aan elkeen wat van jou 'n verduideliking daaroor eis? Kan ander sien dat jy hoopvol lewe? Hoe maak jy om daardie hoop lewend te hou?

Page 86: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

86

1 Johannes 4:7-21 Tema: Omdat God liefde is, moet ons mekaar liefhê.

Gedagte uiteensetting van 1 Johannes 4:7-21 1. Volgens Johannes is daar net een werklike liefde en dit is toe God vir Jesus gestuur het

om vir ons sondes te sterf. (1 Joh. 4:10) 2. Daarom behoort ons mekaar lief te hê. (1 Joh. 4:11) 3. As ons mekaar dan liefhet, bly God in ons. (1 Joh. 4:12) 4. Hoe weet ons God bly in ons en ons in Hom? (1 Joh. 4:13)

· Hy het ons sy Gees gegee. · Wie bely dat Jesus die Seun van God is, God bly in hom. (1 Joh. 4:15)

5. Wanneer het die liefde sy doel volkome bereik? (1 Joh. 4:17) · Wanneer ons nie die oordeelsdag vrees nie (1 Joh. 4:17) · Wanneer jy as mens dus nog vrees vir die oordeelsdag het jy nog nie volkome

liefde in jou nie. · Bly God dus nog nie in jou en jy in Hom nie. · Het jy dus nie jou broer, medemens en selfs vyand waarlik lief nie.

Ons kan die gedeelte ook opdeel in:

God se liefde in die verlede – Hy het sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur (1 Joh. 4:7 – 11)

God se liefde in die hede – Hy het ons sy Gees gegee, Hy bly in ons (1 Joh. 4:12 – 16)

God se liefde in die toekoms – Ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie (1 Joh. 4:17 – 18)

Dis 'n leuen om te sê dat jy God liefhet, terwyl jy jou broer nie liefhet nie (1 Joh. 4:19-21)

Agtergrond:

Die kerkvader, Jeronimus, vertel dat toe die apostel Johannes al baie oud en swak was, hy na die kerkbyeenkomste gedra moes word. Aan die einde van die diens is hy op sy voete gehelp om 'n woord van bemoediging in die kerk te spreek. Sonder uitsondering het hy sy boodskap herhaal: “Liewe kinders, laat ons mekaar liefhê.” Die volgelinge het moeg geraak vir dieselfde boodskap elke keer en hulle het hom uiteindelik gevra waarom hy altyd dieselfde sê. Sy antwoord was: “Want dit is die Here se gebod en as net dit gedoen word, is dit genoeg.” Die apostel Johannes word dan ook genoem die “apostel van die liefde”. As ons hierdie brief lees, is dit duidelik waarom hy die naam gekry het. Hy kom telkens weer terug na die gebod van die liefde toe. Ons lees daarvan in 1 Joh. 2:7-11, ook in 1 Joh. 3:11-18.

Gedagtes rondom die gedeelte In hierdie gedeelte motiveer of begrond Johannes die liefde wat ons vir mekaar moet hê baie sterk. Liefde kom van God (1 Joh. 4:7). Hy gaan selfs verder en skryf dat God liefde is

Page 87: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

87

(1 Joh. 4:8, 13). God se aard is liefde en as jy dan 'n kind van God is of uit God gebore is (letterlike vertaling van 1 Joh. 4:7) dan spreek dit vanself dat jy ook moet liefhê. Aangesien jy uit God gebore is, deel jy immers in sy aard. God se liefde is die bron van jou liefde. Johannes motiveer die liefde wat ons as gelowiges het ook nog verder. Nie alleen is God se aard liefde nie, maar God het ook sy liefde aan ons geopenbaar deur sy eniggebore Seun na hierdie wêreld te stuur (1 Joh. 4:9-10). God het sy liefde aan ons bewys deur sy Seun as versoening vir ons sondes te stuur en daarom behoort ons mekaar ook lief te hê. In 1 Joh. 4:12 lees ons: “Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.” Deur mekaar lief te hê, maak ons iets van God sigbaar in hierdie wêreld. Dan wys jy dat jy deel in sy aard, dat jy uit Hom gebore is, dat jy glo dat Hy sy eniggebore Seun in hierdie wêreld ingestuur het. Die onsienlike maak ons sigbaar deur mekaar lief te hê. Johannes het dit by die Here Jesus Self gehoor. Die aand voor sy gevangenisneming het die Here gesê: “As julle mekaar liefhê, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Hierdie gedagte is baie belangrik vir evangelisasie. Ons moet deur ons liefde vir mekaar iets sigbaar maak in hierdie wêreld van God wat onsienlik is. Hoe weet ons dat ons uit God gebore is, dat ons deel het in sy aard (wat liefde is)? Ons weet dit uit die feit dat God aan ons sy Gees gegee het (1 Joh. 4:13). Ons weet dat die Gees van God in ons is, deurdat ons bely dat Jesus die Seun van God is (1 Joh. 4:14-15). In 12 Joh. 4:2 lees ons immers: “Hieraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.” As jy werklik glo in Jesus Christus, dan het jy die Gees van God, dan is jy uit God gebore. Wie in Christus glo, het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want die straf van God het op Christus gekom (1 Joh. 4:17-18). Wie nog vrees, wys daardeur dat hy hom nie gelowig aan Christus oorgegee het nie, daarom verwag hy nog straf. Jy is 'n leuenaar as jy sê dat jy God liefhet, maar jou broer nie liefhê nie (1 Joh. 4:20-21). Lees ook hiermee saam 1 Joh. 3:17,18: “Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees? Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.”

Toepassings gedagtes Baie mense wil die uitspraak hier “God is liefde” verander na “God is net liefde”. Dan wil hulle daardeur sê dat God alles sal verdra, dat God nie sal oordeel nie. Hierdie selfde gedeelte weerspreek egter so 'n eensydige en verkeerde verstaan van die woorde “God is liefde”. Hierin word trouens verwys na die oordeelsdag en vrees daarvoor. 1 Joh. 4:1-6 (wat die gedeelte voorafgaan) maak ook 'n baie duidelike onderskeid tussen die Gees van die waarheid en die gees van dwaalleer. Ons moet nie die waarheid van God en die liefde van God op die manier teen mekaar probeer afspeel, asof God se liefde sou maak dat Hy leuens maar sal verdra en nie sal oordeel nie. Die oproep om mekaar lief te hê word baie sterk begrond in hierdie gedeelte: God se aard is liefde, sy werke is liefde. As jy uit Hom gebore is, as jy 'n kind van God is, dan moet jy jou broers en susters in die geloof liefhê. As jy jou broers en susters nie liefhet nie, lieg jy as jy sê dat jy vir God liefhet.

Page 88: Van die Gereformeerde Kerk Wilropark - enigstetroosenigstetroos.org/pdf/GKWilropark_Huisbesoekstukkies.pdfstrafekspedisie het 'n bepaalde deel van Amalek getref). Saul het egter opsetlik

88

Die Here gee ons as gelowiges vir mekaar, met ons gebreke en tekortkominge, en Hy eis van ons om mekaar lief te hê. So maak ons iets van God se liefde (van die onsienlike God) in hierdie wêreld sigbaar. Vir die groei van die Kerk van die Here is dit uiters noodsaaklik. Hierdie liefde vir ons broers en susters in die geloof is baie meer as net 'n emosionele gevoel jeens hulle. Jy moet selfs lief wees vir dié van hulle van wie jy nie hou nie. Die Here gee dalk juis vir ons broers en susters van wie ons nie hou nie, om ons hierin (in die liefde) te oefen en te laat groei. Hoe bewys jy jou liefde aan jou broers en susters in die geloof? Wat doen jy? Dit moet iets konkreets wees, anders sê jy maar net so. (Voorbeelde: Ek is daar om Sondae die liefdegawe af te dra – wat die armes sou verbeur as ek weggebly het van die erediens af; ek doen voorbidding vir hulle wat beproef word; ek kontak hulle wat nood het, selfs hulle wat nie nood het nie; ek gaan uit my pad uit om meer mense in die gemeente te leer ken as net dié wat ek tot dusver ken; ek help dien as daar op my knoppie gedruk word; ek beywer my vir die waarheid; ek praat met hulle wat afdwaal en wil wegraak.)