afkondigings 24 januarie 2010

8
AFKONDIGINGS 24-30 Januarie 2010

Upload: vanessa-van-wyk

Post on 23-Mar-2016

259 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Muldersdrif Gemeente Afkondigings 24 Januarie 2010

TRANSCRIPT

AFKONDIGINGS 24-30 Januarie 2010

SONDAG 24 JANUARIE 2010

08:30 Gelei deur Ds Neels Kloppers

Teks: Ef 2: 11-22 Tema: Ons is familie

3de week na

Epifanie Lukas 4: 14-21

Nehemia 8: 1-3, 5-6, 8-10; Psalm 19; 1 Korintiërs 12: 12-31a

Januarie 2010 Vandag 24 08:30: Erediens 08:30: JEEP-diens en Kinderkerk 19:00: Begin - Week van Gebed

Maandag 25 tot Donderdag 28 19:00: Week van Gebed

Woensdag 27 GEEN BYBELSKOOL

Sondag 31 08:30: Gebedsimfonie - Erediens, NAGMAAL 08:30: JEEP-diens en Kinderkerk

Vergadering VANDAG na die erediens: alle dames wat belangstel

om te help met tee-skink en verversings op Sondae.

Ons vergader voor in die kerk. Hester Breytenbach

ONTHOU:

Week van Gebed begin vanaand 24 Januarie tot Donderdagaand 28 Januarie, ELKE AAND om 19:00 In afsluiting vir die Week van Gebed: Sondag 31Januarie is GEBEDSIMFONIE en Nagmaal, gedurende die erediens

‘Mag julle ‘n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 24 Januarie 2010 Danie Theron 072 381 7914 Rene Uys 082 888 9702

Maandag: 25 Januarie Thys Beukes 011-958 1021 Chanelle de Swardt Danita Strydom 076 384 7800 Alienka Coetzee 011-662 2243 Elize le Roux

Dinsdag: 26 Januarie Darius Cornelius 083 307 7946 Denice Rachstein Marina Schreiber 083 256 7000

Woensdag: 27 Januarie Johan Meintjes 082 776 1097 Madeleine Osmers 072 449 0033 Elzette le Roux 073 986 0451

Donderdag: 28 Januarie geen

Vrydag: 29 Januarie Lidea Wessels 082 210 5679 Lana de Jong 011-662 1955 Hettie Barnard Ruan Wolfaardt 082 335 4762

Saterdag: 30 Januarie Bets de Lange 076 891 0829

Kalender

Verjaarsdae

Fokustekste

Teks en Tema vir vandag:

Vroueaksie

Week van gebed & Gebedsimfonie

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES: Johan Jv Rensburg: beroerte aanval, sterk aan in Olivedale hospitaal (083 702 5110) Wynand JvVuuren: prys die Here vir herstel, waardeer al die gebede (011-662 1177) Tannie Nellie Wasmuth: sal res van lewe op suurstof moet wees, toestand onveranderd, maar bly vol moed (083 356 8130) Erna Coetzee: lupuslyer, vra nog voorbidding (082 333 0353) Jenny Marais: gebreekte arm , sien spesialis einde Jan, sal dan besluit of moet opereer (084 529 7637) Suster van Corrie Brink: terminale kanker, gaan bietjie beter (Corrie – 072 446 2612) Ida Victor: operasie gehad 20/1 (074 418 6674) Fanie Human: nekoperasie gehad 20/1, sit reeds regop (082 310 1905) Moeder van Nadia de Jager: borskanker (Nadia – 084 572 2287) Kol 3:12 “Julle is die uitverkorenes, die

heiliges en geliefdes van God”

Baie welkom in die gemeente!

Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Ons verwelkom graag die volgende lidmate wie se vorms ontvang is:

Thinus en Faye Greyling met seun Rendré van Ndovu Estate (011-958 2269) Ryno en Nedean Arangies met seun Nico van Featherbrooke (082 928 9598)

Erediens Portefeulje leier: - ‘n persoon wat alles in en om die erediens kan bestuur bv. klank, data, eredienswerkers, ens. 2x Addisionele lede: - Om opgelei te word in ‘n portefeulje.

Indien u belangstel: Kontak die kerkkantoor of gesels met enige van die

leraars.

Saterdag 13 Februarie

9:00 vir 9:30 Sprekers Hannelie Schoonraad

& dogter ook Krugersdorp-welsyn

R40 + blikkie kos

Meer besonderhede volg binnekort...

Dorkas Groep Bestuursraad vakatures

Dames Valentynsoggend

Besoekers & Nuwe Intrekkers

Belangrike datums

Ons is nog steeds besig met ons 10de maand

dankoffer en koeverte is beskikbaar in die voorportaal.

Ons mikpunt (begrote bedrag) is R215 000. Ons het sover R189 390 ontvang. BAIE DANKIE!

Help ons om ons doel te bereik. Gebruik die

koeverte om u bydrae in die kerk in te gooi of betaal verkieslik direk in die bankrekening.

Meld asb 10de maand

BANKBESONDERHEDE

Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023

LOPENDE REKENING (TJEK)

Koördineerder: Ansie du Plessis : 082 853 6532 / 011– 662 1281

1 Pet 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”

Gebed is die sleutel wat al die pakhuise van God se eindelose genade, krag en voorsiening oopsluit. Alles wat God is, en alles wat God het, is beskikbaar deur gebed.

Gebedskamer en gebed Indien u graag wil hê dat iemand vir u of saam met u moet bid, hetsy vir ‘n versoek of lofprysing, sal daar elke Sondag iemand beskikbaar wees na die diens. Saam dra ons mekaar se laste en saam deel ons in mekaar se vreugde en prys Sy Naam!

Voorbidding Laat weet asb die kerkkantoor, die leraars of

koördineerders waarvoor ons vir jou kan bid.

’n GROOT GROOT DANKIE aan elkeen wat sover bygedra het en

kos gebring het. ONS WAARDEER DIT!

In die voorportaal is daar sakke met ’n voedsellys wat gebruik kan word om die

kos aan te koop. Alles wat op die lys genoem word, hoef nie gekoop te word nie, maar elke item kan ’n verskil maak aan ’n honger maag. Neem asseblief

vandag nog ’n sak ... Ons beurt is tot Februarie 2010

Koslys vir NG-Welsyn Pasta Soppoeier Olie Grondboontjiebotter Mieliemeel Blikkies vleis, vis, groente Koekmeel Konfyt Suiker Sout Koffie Rys Tee Stampmielies Poeiermelk “Soja-mince” Oatspap Aanmaak koeldrank

Ietsie lekkers vir die kinders Toiletware: Seep Waspoeier Toiletpapier Sjampoe Tandepasta Tandeborsels

R = Regverdige Regter, Raadgewer, Realiteit, Reddi1ngsboei, Regter-advokaat (advokaat wat ook regter is), Regverdigmakend (in die geloofsin regverdig, heilig maak, deur vergifnis van alle sondeskuld), Rigtinggewer, Rots

God gooi die REDDINGSBOEI na jou uit... (Romeine 5:8)

Deur: Benescke Botha

Voel die lewe se hartklop…

NG Welsyn 10de Maand

Gebedsaksie

Dit was doodstil in die volgepakte kerkie toe die ouerige man vorentoe stap. Die predikant van die kerkie het hom toe pas voorgestel met die woorde: “Ek het ’n ou vriend gevra om vandag met ons enigiets te deel wat hy op sy hart het.” Hier is die storie wat hy gedeel het:

Dit was ’n koelerige dag toe ’n pa, sy seun en ’n

vriend van sy seun met opgewondenheid die

viswaters aangedurf het. Binne al drie mans se

harte was ’n verwagting om met groot visse terug

te keer huis toe. Dit is egter net toe hulle enige

teken van land uit die oog verloor dat ’n storm

vanuit nêrens opgesteek het.

Gou het die stormwind so sterk geblaas dat die

seuns skaars die pa se opdragte en waarskuwings

kon hoor van watter kant toe die seile getrek

moes word. Soos die reusagtige branders nou

aanhoudend oor die klein vissersbootjie begin

breek het, het die drie mans besef het dat hulle

magteloos teen die woedende storm staan.

“Pasop!” Dit was nog ’n waarskuwing van die pa

aan die twee jong seuns. Maar die keer was dit te

laat. ’n Fratsgolf het die boot se mas vir ’n oomblik

plat teen die water gedruk voordat dit weer terug

boontoe geskiet het. Dit was egter genoeg om

die twee jong seuns die diep waters in te slinger.

Waar die pa nou desperaat met een arm aan die

boot se mas vasgeklou het, het hy met die ander

hand na die reddingsboei op die boot gereik om

dit na die seuns in die malende water uit te gooi.

Dit is toe dat dit hom tref. Daar is net een

reddingsboei op die boot. Die pa sal dus net een

van die twee seuns uit die water kan red. Dit was

’n besluit wat hy binne sekondes moes neem. Die

pa het geweet dat sy seun ’n gelowige was, maar

dat sy seun se vriend nie een was nie.

Deur sy rou snikke het die pa die reddingsboei nou

na sy seun se vriend uitgegooi – oomblikke

voordat hy magteloos moes staan en kyk hoe sy

seun onder die watermassa in verdwyn. Dit was

die laaste keer dat hy sy seun ooit lewend gesien

het.

Op pad na die kaai het die pa daardie dag vir

die eerste keer verstaan hoe God moes voel toe

die soldate vir Jesus aan die kruis op Golgota

vasgespyker het. Tog het God geweet dat Jesus

se kruisdood elkeen van ons van ’n ewigheid in

die hel sou spaar...

Dit was na die kerkdiens, terwyl die gemeente tee drink in die kerksaal, dat ’n jong meisie reg op die ouerige man afgepyl het. “Ekskuus tog, meneer,” het sy begin. “Uh... dit was ’n baie mooi storie wat u daar vertel het. Daar is egter net een ding waaroor ek wonder. Sal ’n pa regtig sy seun se lewe opgee in die hoop dat sy seun se vriend tot bekering kom? Wat as die vriend nooit tot bekering kom nie?”

Die ouerige man het vir ’n oomblik gehuiwer voordat hy haar geantwoord het: “God het die risiko geneem om sy Seun, Jesus Christus na die wêreld toe te stuur. Net so was daardie dag op die boot vir my ’n risiko om die reddingsboei na my seun se vriend uit te gooi. Ek is net bly julle predikant het gekies om Jesus die Here van sy lewe te maak. Hy was my seun se vriend... ”

Romeine 5:8: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

God het die reddingsboei ook na jou uitgegooi. Jesus het ook in jou plek gesterf. Wat gaan jy met die lewe maak wat Hy vir jou gegee het? Sterkte.

Vader God, baie dankie vir U oneindige liefde en

genade in my lewe. Dankie Jesus dat U in my plek en vir my sondes gesterf het. Help my om vandag

’n lewe te lei waarop U kan trots wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

SA Turn 2 God!! Uniegeboue in Pretoria

6 Maart 2010 vanaf 9:30 – 15:30 gevolg deur ’n Lofprysingsbyeenkoms

Sprekers: Angus Buchan, Graham Power, Elza Meyer, Bennie Mostert Sangers: Louis Britzz, Retief Burger, Joe Niemand en Soweto Gospel Choir

Kaartjies en inligting: 0861 T2G NOW [email protected] www.turn2god.co.za

Omgeegroep skriffundering: Heb 10:19-25 & Gal 6:9-10

Kontakbesonderhede

Portefeuljeleier: Danie Knipe 082 493 3908

Geestelike Leier: Ds Neels 083 560 3814

Kontak enige van die leiers in u omgewing as u wil inskakel by een van die groepe Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Chris Meyer 083 650 6082 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif

Ronnie Collatz 011 662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Abraham van Wyk weg 45, Muldersdrif (Jong gesinne)

Vermaak & Vanessa van Wyk

083 419 3883 [email protected] Donderdae 19:00

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Donderdae 19:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011 662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010 222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

‘n Omgeegroep Gemeente

Leraars Ds Neels Kloppers Tel: 083 560 3814 e-pos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie Tel: 084 455 3267 e-pos: [email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager

Tel: 079 697 1163 Faks: 086 698-7605 e-pos: [email protected]

Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel e-pos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso 083 548 8263

Kommunikasie Jacqueline Klem 082 920 6679 Epos: [email protected]

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous 082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug

Portefeulje Leier Wessel Duif 083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Dag & tyd word deur Ds Kenneth vasgemaak.

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes Bemarking Vermaak van Wyk 083 419 3883 Erediens VAKANT Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Kommunikasie Jacqueline Klem 082 920 6679 Bedienings Portefeuljes Gemeente Theda Human 011- 704 1261 Getuienis Stefan Rudman

082 567 5586 Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human

082 678 1905

ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected] Spyseniering: Hester Breytenbach 083 601 7475

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers

Gemeente Besonderhede

Vakatures BESTUURDER

Karwasbesigheid in Fourways is opsoek na eerlike, energieke manspersoon. Eie vervoer en kode 8 rybewys ’n vereiste.

Kontak Sybrand op 083 633 4719 of Liana op 084 584 1389

Werk gesoek REKENAARWERK

Jack Segomotso, ons koster, se dogter is opsoek na ’n posisie wat rekenaarwerk behels. Ingrid het reeds gematrikuleer. Weet julle van enige beskikbare poste?

Skakel Jack op 083 548 8263

Dienste

GEHOORTOETSE Sukkel jy om te hoor? Vra jy aanhoudend vir mense om te herhaal wat hulle sê? Dis tyd vir ’n gehoortoets! Ons offer: 1x Gratis gehoortoets, R1000 afslag op nuwe gehoortoestel, 1x maand se battery voorraad, 3x gratis opvolg sessies. Offer geldig tot 22 Februarie 2010.

Skakel vir afspraak: Cordelia Fairlie op 011-475 8906 Dragmestraat 874, Strubensvallei

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.

� Jaareind state – nie net vir maatskappy nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Huwelike & verhoudings, Individuele terapie, Volwassenes & Adolossente. Eis terug van mediese fonds.

Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455 / 011-954 0987

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke

Kontak Dirk op 082 784 7856

Dienste

Spyseniering Spyseniering vir alle funksies / Groot en klein 3 Gang Maaltyd – Voorgereg / Hoofgereg / Nagereg =

2 Vleise + 2 groentes + 2 stysels) vanaf R95 per persoon. Kontak Dirk Barnard op 082 809 3791 of

[email protected]

Vir alle naaldwerk, verstellings ens. Kontak Hantie du Toit op

082 797 1623 of 011-958 1030

Elektriese werk !!! Alle elektriese instandhouding, netwerk

bekabeling, kragopwekkers, data en telefoon. Elektriese sertifikate.

Kontak Nantes Snyman op 083 690 8859

Tuisgebakte Kleinkoekies Ideaal vir daardie laataand-“cravings”, kinders se kosblikke of in die kantoor. By die dosyn of wat van ’n koekblik vol (R150)? Enige kleinkoekies, gebak per bestelling. Kontak my vir ’n pryslys...

Skakel Rensia op 071 819 2822 of [email protected]

Te huur

HUIS TE HUUR Rietfontein, Mountainviewrylaan – 2 slpk, 2 badk, verkieslik pensioenarisse. R3000 p/m + elek. Nou beskikb.

Kontak Wanda op 082 464 6001

VAKANSIE WOONSTEL TE HUUR MARGATE – Costa Smerelda vakanswnstl, te huur vir 1 wk in Feb 2010. Grondvloer, by strand, pragtige see uitsig. Slaap 6, privaat braai area, DSTV, R2 300 vir 7 dae (Sat-Sat), of tyddeel te koop R9 500.

Kontak Stienie of Ben op 011-698 1946/082 839 4449

Gesoek

VIDEOBANDE Ons is opsoek na enige ou video-flieks geskik vir kinders tot op ouderdom 13 jaar. As julle enige het wat agter in die kas rondlê en jy weet nie wat om daarmee te doen nie – bring dit vir ons...

Skakel Fanie Human op 082 678 1905

YSKASTE EN/OF VRIESKASTE Dringend benodig vir voedingskema in Burgershoop. Bedien 200 gesinne per week.

Kontak Ansa op 011-660 2052 of 072 473 1892

VERBLYF GESOEK 2x Afrikaanse dames dringend opsoek na verblyf in Muldersdrif of omliggende areas. Soek plek met 2 slaapkamers, veilige parkering vir 2 voertuie. Nie-rokers met sober gewoontes. Huur ongeveer R3500-R4000 p/m.

Skakel Luzaan Kriel op 082 780 8022 of 011-668 1617

Kennisgewingbord